heuwelsein€¦ · daar enigiemand is wat belangstel kan hulle asb die kantoor/spreekkamer: ons is...

4
Liturgie Prediker: Ds Hendrik van Zyl—DEGNOS & Tsumkwe Teks: 1 Korintiërs 1 : 1—9; 2 : 10—3 : 1 Tema: Vertrou ons die Heilige Gees? Loflied: Lied 411 : 1—3 Verootmoediging: Lied 190 : 1—3 Slotlied: Lied 438 : 1 & 2 S O N D A G 07 Mei 2017 Pase 4 Heuwelsein Draers van die lig ... se Koning leef! Alle nuwe lidmate! Hartlik welkom hier by ons! Ons hoop dat jy hier tuis is en jou liefde vir Jesus hier wil uitleef. Gee asb. jou naam na die diens in die voorportaal by die ouderling op en iemand sal jou kontak. By Kruiskerk, meld asb by die leraar aan. Huisbesoek: Indien u ʼn behoefte aan huisbesoek het, kontak asb u Blok-leraar. Indien u bewus is van iemand wat dringend huisbesoek benodig kan u ons daaroor skakel. Dr Charles—079 895 3911 Blokke D/F, E/G, H/I, L en M. Ds Mauritz—079 895 3916 Blokke A, B, C, J/K, N, O Ons is hier vir u! Laat weet asb jou leraar van siekte, veral hospitalisasie. Die hospitale het nie meer lyste beskikbaar waarmee ons lidmate kan opspoor nie. As jy ons nie laat weet nie, kan ons jou nie besoek nie ... en dis vir ons dominees baie sleg as dit gebeur. Laat weet ook asb wanneer persone step downs” toe gaan Ouers met peuters wat formele diens bywoon, is welkom om in die kapel te gaan sit. Daar is klank en beeld en dit laat die kinders ook deel van die diens voel Tee: u word genooi om saam te kom tee drink by die luik by die saal. Jeugwerker: Elna vd Walt (0824625507) 09:00 Formele diens: Ds Hendrik van Zyl Teks: 1 Korintiërs 1 : 1—9; 2 : 10—3 : 1 Tema: Vertou ons die Heilige Gees? 09:50 Kinderkerk (Voorskool—Gr. 2): Ds Mauritz 09:50 Kategese 10:30 Kruiskerk: Ds Hendrik van Zyl Teks: 1 Korintiërs 1 : 1—9; 2 : 10—3 : 1 Tema: Vertou ons die Heilige Gees? 15:00 Diens vir Sothosprekendes: Ds Mauritz 17:30 Aanddiens: Ds Mauritz (Drienie Lombard kom vertel van haar werk in Teks: Lukas 24 : 13—35 Borgerhout, Antwerpen, België) Tema: Die Emmausgangers Diakens aan diens: 7 Mei Margaret, James, Petrusa, Trudie, Retha, Clarina, Deon 14 Mei Izak, Clasina, Manie, Mare, Rina, Annie, Deon Dr Charles is tans met Sabbatsverlof tot 31 Mei. Indien jy ‘n leraar benodig, kontak asb. vir ds Mauritz by 079 895 3916

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Heuwelsein€¦ · daar enigiemand is wat belangstel kan hulle asb die KANTOOR/SPREEKKAMER: Ons is op soek na gemakstoele en/of ‘n rus-bank, asook ‘n klein lessenaar wat ons kan

Liturgie

Prediker: Ds Hendrik van Zyl—DEGNOS & Tsumkwe

Teks: 1 Korintiërs 1 : 1—9; 2 : 10—3 : 1

Tema: Vertrou ons die Heilige Gees?

Loflied: Lied 411 : 1—3

Verootmoediging: Lied 190 : 1—3

Slotlied: Lied 438 : 1 & 2

S O N D A G 07 Mei 2017

Pase 4

Heuwelsein

Draers van die lig ... se Koning leef!

Alle nuwe lidmate! Hartlik welkom hier by ons! Ons hoop dat jy hier tuis is en jou liefde vir Jesus hier wil uitleef. Gee asb. jou naam na die diens in die voorportaal by die ouderling op en iemand sal

jou kontak. By Kruiskerk, meld asb by die leraar aan. Huisbesoek: Indien u ʼn behoefte aan huisbesoek het, kontak asb u Blok-leraar. Indien u bewus is

van iemand wat dringend huisbesoek benodig kan u ons daaroor skakel. Dr Charles—079 895 3911 Blokke D/F, E/G, H/I, L en M.

Ds Mauritz—079 895 3916 Blokke A, B, C, J/K, N, O Ons is hier vir u!

Laat weet asb jou leraar van siekte, veral hospitalisasie. Die hospitale het nie meer lyste beskikbaar waarmee ons lidmate kan opspoor nie. As jy ons nie laat weet nie, kan ons jou nie

besoek nie ... en dis vir ons dominees baie sleg as dit gebeur. Laat weet ook asb wanneer persone “step downs” toe gaan

Ouers met peuters wat formele diens bywoon, is welkom om in die kapel te gaan sit. Daar is klank en beeld en dit laat die kinders ook deel van die diens voel

Tee: u word genooi om saam te kom tee drink by die luik by die saal. Jeugwerker: Elna vd Walt (0824625507)

09:00 Formele diens: Ds Hendrik van Zyl Teks: 1 Korintiërs 1 : 1—9; 2 : 10—3 : 1 Tema: Vertou ons die Heilige Gees?

09:50 Kinderkerk (Voorskool—Gr. 2): Ds Mauritz 09:50 Kategese

10:30 Kruiskerk: Ds Hendrik van Zyl Teks: 1 Korintiërs 1 : 1—9; 2 : 10—3 : 1 Tema: Vertou ons die Heilige Gees?

15:00 Diens vir Sothosprekendes: Ds Mauritz

17:30 Aanddiens: Ds Mauritz (Drienie Lombard kom vertel van haar werk in Teks: Lukas 24 : 13—35 Borgerhout, Antwerpen, België) Tema: Die Emmausgangers

Diakens aan

diens:

7 Mei Margaret, James, Petrusa,

Trudie, Retha, Clarina, Deon

14 Mei Izak, Clasina, Manie, Martie,

Rina, Annie, Deon

Dr Charles is tans met Sabbatsverlof tot 31 Mei. Indien jy ‘n leraar

benodig, kontak asb. vir ds Mauritz by 079 895 3916

Page 2: Heuwelsein€¦ · daar enigiemand is wat belangstel kan hulle asb die KANTOOR/SPREEKKAMER: Ons is op soek na gemakstoele en/of ‘n rus-bank, asook ‘n klein lessenaar wat ons kan

Christ@work

Geen selbyeenkoms die week, agv kerkraadsvergadering.

Dankie vir jou positiewe gesindheid rondom dankoffers. Vir u gerief, veiligheid en ’n konstante inkomste vir die gemeente, word u vriendelik gevra om

elektroniese inbetalings te oorweeg. Neem asb u lidmaatnommer saam wanneer u daarvoor gaan reël. NG Gemeente Heuwelkruin, ABSA; Rek no: 470 583 266;

Takkode: 632 005; Verw: U lidmaatnr

LET WEL:

10 Mei—Kerkraadsvergadering om 18:00

13 Mei—Ringsitting te Woodland Hills

Sondag 14 Mei om 9:30 gesamentlike nagmaalsdiens—GEEN Kruiskerk, Kinderkerk en/of Kategese

14 Mei—Moedersdag

14 Mei—Pinksterboekies beskikbaar aan kerkraad vir uitdeel in Blokke

BASAARVERGADERING VAN 15 MEI VERSKUIF NA 5 JUNIE

18 Mei—Aliquando nagmaal 11:00

25 Mei—Hemelvaart (Instapnagmaal 18:00)

28 Mei—Christ@Work koekverkoping

28 Mei—Pinkster begin!

Wen ‘n Inkleur-Bybel ter waarde van R800!!! Jeug vir Jesus en Christ@work van NG Kerk Heuwelkruin,

samel geld in vir ‘n motiverings-middag vir onderwysers tydens

hul Xhariep-Uitreik. Koop ‘n kaartjie vir slegs R10!!! Jy kan

dalk die wenner wees van ‘n pragtige Inkleur-Bybel! Die

persoon wat die meeste kaartjies verkoop w en ook ‘n Inkleur-Bybel. Kaartjies beskikbaar by Heuwelkruin se kerkkantoor in

Lukas Steyn Weg, Heuwelsig, Bloemfontein Of by Elna vd

Walt Balletskool Kantoor op die hoek van Lukas Steyn Weg en Dan Pienaar (Maandae tot Woensdae (14:00-17:30) Meer

info: Kontak Elna by [email protected] of 082 462 5507

Trekkingsdatum: 25 Junie 2017—Wenner sal telefonies in

kennis gestel word.

Word stil en luister: Johannes 10 : 1—16

Sondagaand (Gesinsgesels):

Was julle al op ‘n plaas waar daar skape is? Boere gebruik nie meer vandag

regtig skaapwagters nie, want hulle het heinings en skaaphonde.

Wat is die werk van ‘n herder/skaapwagter? Wat bedoel Jesus as Hy sê:

“Ek is die goeie herder?”. Wat beteken dit vir jou om Jesus as Herder te

ken?

Maandag:

Jesus gebruik die beeld van ‘n skaapkraal om ons iets te laat verstaan van

hoe kosbaar ons vir God is (Joh 10 : 28—29).

Wat beteken dit dat Jesus ons geloof en redding “veilig bewaar”? Lees

ook bv Rom 8 : 31—39.

Dinsdag:

Vir die skape om veilig in die kraal te wees, moet hulle deur die hek/ingang

ingaan. Jesus sê: “Ek is die ingang vir die skape”.

Wat dink jy wil Jesus ons leer wanneer Hy sê dat Hy die ingang is? (Sien

ook verlede week se teks: Joh 14 : 6)

Woensdag:

Binne die kraal is Jesus se skape veilig. Maar buite die kraal is daar rowers en

diewe en slagters wat die skape van Jesus wil wegsteel!

Watter “rowers” en “diewe” is daar alles in die wêreld wat ons as

gelowiges van Jesus wil wegsteel? Hoe hou Jesus ons veilig teen hulle?

Donderdag:

Lees Joh 10 : 11 saam met Ps 23.

Hoe gee Jesus in Joh 10 nuwe betekenis aan Dawid se woorde in Ps 23?

Hoe het Jesus se woorde in vers 11 waar geword? Wat beteken dit vir jou

om hier te sien dat Jesus die waarheid praat en nie leë beloftes maak

nie?

Vrydag:

Die sleutel tot ons verhouding met die Goeie Herder is dat ons sy stem ken,

m.a.w “hoor” én “luister”!

Hoe hoor ons Jesus se stem? Watter ander/vreemde stemme is daar?

Die kerk se identiteit lê daarin dat ons in ‘n verhouding met Jesus leef.

Hoe volg ons die Herder om self herders te wees?

Saterdag:

Lees môre se teksgedeelte ter voorbereiding vir die erediens. Wat hoor jy?:

Johannes 6 : 1—15, 25—59

Page 3: Heuwelsein€¦ · daar enigiemand is wat belangstel kan hulle asb die KANTOOR/SPREEKKAMER: Ons is op soek na gemakstoele en/of ‘n rus-bank, asook ‘n klein lessenaar wat ons kan

LIEF EN LEED

Gert Pienaar snr (C) ICU Netcare

Jan vd Westhuizen (H/I) Koma tuis

Hennie Combrinck (M) Geval en heup beseer

Rehanna Smit (B) Kornea oorplanting

Sussara Pretorius (M) Mediese toetse

Rina Prinsloo (D/F) Operasie gehad

Afgevaardigdes na die Ringsitting: Herklaas Smit, Willie Henning, Johannes Beckmann, Ds Mauritz

Geluk aan Ernest Marx (E/G) wie se ma 102 jaar geword het.

Skakel 5: Aan God die Vader kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. So het Hy, nog voor die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees Efes. 1:3-4. Vir Heuwelkruin: Mag ons uitreik die mense van Fauresmith instaat stel om U liefde, genade en seën waarlik te leer ken.

Ons BID vir: België

Bevolking van net minder as 11 miljoen. Tweede rykste

land in die wêreld. Hoofstad is Brussels—hoofstad van die

Europese Unie, sowel as NAVO.

Rooms Katolieke kerk is grootste kerk (ongeveer 58% van

sg. Christene in België). Slegs ongeveer 7% van Katolieke

lidmate is egter nog betrokke by die kerk. Evangeliese

Christene is slegs ongeveer 1,6%.

Bid vir:

effektiewe sendingwerk in een van ons lande van Christelike herkoms;

vreemdelinge/Moslems dat hulle die bekende God van die Christene sal

ontmoet;

groter betrokkendheid van nominale Christene by kerke;

die impak van rykdom, sekularisasie, immoraliteit en liberalisme wat

veroorsaak dat mense voel hulle het God nie nodig nie, en landswette

skep wat nie volgens Bybelse beginsels is nie;

die toegewyde Christene in Beligië, dat hulle sal volhard in geloof en

getuienis;

die kerk in België, dat sy ‘n kragtige getuienis tot eer van God sal wees.

Page 4: Heuwelsein€¦ · daar enigiemand is wat belangstel kan hulle asb die KANTOOR/SPREEKKAMER: Ons is op soek na gemakstoele en/of ‘n rus-bank, asook ‘n klein lessenaar wat ons kan

BARMHARTIGHEIDSMAAND 2017 – HEUWELKRUIN

Liewe Gemeente, baie dankie dat ons weer ons Barmhartigheidsprogram van 2017

onder die naam van Heuwelkruin kan begin. Ons deel graag die volgende met die

gemeente. Soos in die verlede vra ons u ondersteuning gedurende Mei-maand (kos en

klere) en Pinkster 2017 (kombersprojek deur sop- en broodtjieverkope met Pinkster en

donasies).

Ons benodig veral voedsel (in die vorm van pasta, meel, blikkieskos, langlewemelk en

graankos). Ook klere, veral mans- en kinderklere. Dit kan in die waentjie by die

hoofingang van die kerk geplaas word. Ander lewensmiddele soos seep en tandepasta is

ewe welkom. Selfs speelgoed vir kinders sal ʼn plek kry. Kontantbydraes maak altyd ʼn

reuse verskil.

ONS PROGRAM VIR DIE SONDAE IN MEI-MAAND

7 Mei – Ans Coetzee van Atalia (behoeftige bejaardes)

14 Mei – Elna van der Walt en Christ@Work

(na Fauresmith-uitreik)

21 Mei – Martie Erasmus van Tant San (vlagskip)

28 Mei – Pinkster begin. Kombersprojek begin ook

met sop/broodverkope

Heuwelkruin is deur die jare bekend “Warmhartigheid” met

Barmhartigheidsmaand en Pinkster (waartydens ons kombersinsamelings het)

Met groot vrymoedigheid en dankbaarheid.

Griesel Muller en Barmhartigheidskommissie 2017

ENGO projekte

Daar is weer penne

by Kantoor

beskikbaar wees

vanaf 29 Mei 2017.

Daar is ook kaartjies

vir die gelukkige

trekking vir die Bakkie teen R30-00 per kaartjie

by ENGO beskikbaar.

Ondersteun asb die projekte .

Ons benodig mense om te help by die klank /data. As

daar enigiemand is wat belangstel kan hulle asb die

kerkkantoor skakel.

KANTOOR/SPREEKKAMER: Ons is op soek na gemakstoele en/of ‘n rus-

bank, asook ‘n klein lessenaar wat ons kan gebruik om ‘n kantoor/spreekkamer by

die kerk toe te rus vir gebruik vir kleiner vergaderings en waar lidmate die leraars

kan kom sien. Kontak Ds Mauritz (079 895 3916) as jy hiermee kan help.

Die volgende litmatekommissies se voorsitters tree uit:

ADFIN

Ampsbediening– en Evangelisasie

Barmhartigheid Dit is baie belangrik dat hierdie leemtes so spoedig moontlik gevul moet word. Indien jy belangstel in een van hierdie funksies, of indien dit binne die gawe(s) val wat die Here jou gegee het, vra ons dat jy asb. so spoedig moontlik die kerkkantoor of Ds Mauritz hieroor sal skakel.

Tema: “In die voetspore van Jesus ...”

( Wat is ware dissipelskap?)

28 Mei tot 4 Junie