daar rus en vrede te vind op die bodem van vera vroeg ... · sloot grawe, kom geheime op die lappe...

7
1 Toneel Toneel: Drama As Met Francois Jacobs, Adriaan van As en Leandie du Randt Teks: Kanya Viljoen Regie: André Odendaal Gradering: Geen o/14 (Taal) Tydsduur: 80 min Datum en tyd: Di 23 Jun 19:00; Wo 24 Jun 10:00; Do 25 Jun 15:00; Vr 26 Jun 13:00; Sa 27 Jun 17:00 Venue: Mbombela Stadsteater Prys: R152 Debuut Ondersteun deur NATi en Standard Bank Innibos. Drie skoolvriende oorleef ’n tragiese motorongeluk waarin van hul skoolvriende dood is. Nou, 16 jaar later, ontmoet die drie mekaar weer onverwags in ’n kroeg en probeer sin maak van wat daardie nag gebeur het. Soos hulle ou koeie uit die sloot grawe, kom geheime op die lappe en word skokkende onthullings gemaak. Is daar rus en vrede te vind op die bodem van die glas en skuldige gewetes? ’n Kragtoer die verlede in wat jou aan die hart sal raak. Toneel: Drama Dobbel Met Antoinette Louw, Cintaine Schutte, Susanne Beyers en Marguerite van Eeden Teks: Retief Scholtz Regie: Nicole Holm Vervaardigers: Artist Warehouse & Retief Scholtz Produksies Gradering: Ouerbegeleiding Gesin Tydsduur: 75 min Datum en tyd: Wo 24 Jun 19:00; Do 25 Jun 09:00; Vr 26 Jun 18:00; Sa 27 Jun 09:00 Venue: Mbombela Stadsteater Prys: R152 Debuut Ondersteun deur NATi en Standard Bank Innibos. Jy kan baie dinge oor Vera Rossouw sê, maar sy het wraggies haar beste probeer. Vera vroeg reeds kromgetrek deur die lewe, haar lyf moeg, maar haar gees steeds bloedjonk en haar humorsin vlymskerp se dae was eens op tyd besig. Haar geheue is volgepak met herinneringe, bymekaar gemaak oor ’n leeftyd. Maar hier waar sy nou is het “Hoe meer dae, hoe meer dinge” verander in “Hoe meer dae, hoe mínder dinge”. Gister was wat môre gaan wees, elke dag presies dieselfde. Máár, vandag is Vera se dag vol geboek, of sy nou daarvan hou of nie. Besluite moet gemaak word… Waaraan hou jy vas wanneer jy ná ’n leeftyd net één ding gaan onthou, belangriker nóg wat kan jy meer doen as om net jou beste te probeer? Toneel: Tragi-komedie Leengoed Met Tobie Cronjé en Wynand van Vollenstee Teks: Wynand van Vollenstee Regie: Gert van Niekerk Gradering: Geen o/14 (Taal) Tydsduur: 70 min Datum en tyd: Wo 24 Jun 18:00; Do 25 Jun 10:00; Vr 26 Jun 16:00; Sa 27 Jun 10:00 Venue: Nelspruit Laerskool Prys: R152 Debuut Ondersteun deur NATi en Standard Bank Innibos

Upload: others

Post on 25-Mar-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

1

Toneel

Toneel: Drama

As

Met Francois Jacobs, Adriaan van As en Leandie du Randt Teks: Kanya Viljoen Regie: André Odendaal Gradering: Geen o/14 (Taal) Tydsduur: 80 min Datum en tyd: Di 23 Jun 19:00; Wo 24 Jun 10:00; Do 25 Jun 15:00; Vr 26 Jun 13:00; Sa 27 Jun 17:00 Venue: Mbombela Stadsteater Prys: R152 Debuut Ondersteun deur NATi en Standard Bank Innibos.

Drie skoolvriende oorleef ’n tragiese motorongeluk waarin van hul skoolvriende dood is. Nou, 16 jaar later, ontmoet die drie mekaar weer onverwags in ’n kroeg en probeer sin maak van wat daardie nag gebeur het. Soos hulle ou koeie uit die sloot grawe, kom geheime op die lappe en word skokkende onthullings gemaak. Is

daar rus en vrede te vind op die bodem van die glas en skuldige gewetes? ’n Kragtoer die verlede in wat jou aan die hart sal raak. Toneel: Drama

Dobbel

Met Antoinette Louw, Cintaine Schutte, Susanne Beyers en Marguerite van Eeden Teks: Retief Scholtz Regie: Nicole Holm Vervaardigers: Artist Warehouse & Retief Scholtz Produksies Gradering: Ouerbegeleiding Gesin Tydsduur: 75 min Datum en tyd: Wo 24 Jun 19:00; Do 25 Jun 09:00; Vr 26 Jun 18:00; Sa 27 Jun 09:00 Venue: Mbombela Stadsteater Prys: R152 Debuut Ondersteun deur NATi en Standard Bank Innibos.

Jy kan baie dinge oor Vera Rossouw sê, maar sy het wraggies haar beste probeer.

Vera — vroeg reeds kromgetrek deur die lewe, haar lyf moeg, maar haar gees steeds bloedjonk en haar humorsin vlymskerp — se dae was eens op tyd besig. Haar geheue is volgepak met herinneringe, bymekaar gemaak oor ’n leeftyd. Maar hier waar sy nou is het “Hoe meer dae, hoe meer dinge” verander in “Hoe meer dae, hoe mínder dinge”. Gister was wat môre gaan wees, elke dag presies dieselfde. Máár, vandag is Vera se dag vol geboek, of sy nou daarvan hou of nie. Besluite moet gemaak word… Waaraan hou jy vas wanneer jy ná ’n leeftyd net één ding gaan onthou, belangriker nóg — wat kan jy meer doen as om net jou beste te probeer? Toneel: Tragi-komedie

Leengoed

Met Tobie Cronjé en Wynand van Vollenstee Teks: Wynand van Vollenstee Regie: Gert van Niekerk Gradering: Geen o/14 (Taal) Tydsduur: 70 min Datum en tyd: Wo 24 Jun 18:00; Do 25 Jun 10:00; Vr 26 Jun 16:00; Sa 27 Jun 10:00 Venue: Nelspruit Laerskool Prys: R152 Debuut Ondersteun deur NATi en Standard Bank Innibos

2

Foto’s Jaco Bothman 072 7800 7555

Vanjaar smee die legendariese Tobie Cronjé en Wynand van Vollenstee saam kragte en bring ʼn splinternuwe tragikomedie na Innibos. Wat kan ʼn voormalige karaoke afrigter wat jare in Japan gewerk het en ʼn wyse ou man tog in gemeen hê? Wat gebeur wanneer hierdie twee wêrelde mekaar ontmoet – en dit nog by ʼn vlooimark? ʼn Aspirerende internasionale operasanger ontvang slegte tyding en hy besluit om al sy mooiste antieke meubels en versamelstukke sommer by ʼn vlooimark te gaan verkoop vir ʼn appel en ʼn ei – die huis moet leeg. Maar die lewe loop sy eie draaie met jou, want hier ontmoet hy die 72-jarige oom Hennie, ʼn kort-van-draad man wat ook geen kind of kraai het nie. Oom Hennie is ʼn bekende by die vlooimark met sy stalletjie aan die voorkant wat lees: VRA ’N OU MAN ’N VRAAG VIR R50. Hierdie is die aangrypende verhaal waar twee oënskynlike vreemdelinge, vanuit twee

verskillende wêrelde, onwetend by mekaar antwoorde vind. ’n Verrassende ommekeer en onvoorspelbare slot sal die gehoor boei tot die einde. In hierdie verhaal kom elke swerwer tog huis toe en alle soeke na onsself vind ons in ander. Soms in dié van wie ons dit die minste van verwag... Leengoed is uitstekend, oorspronklik en verrassende vermaak vir elke persoon wat al ooit nagedink het oor die lewenspad wat ons kies en dit wat vanself ons pad kruis. Toneel: ʼn Absurde komedie

Die grapmakers

Met Neels van Jaarsveld en Michelle Botha Teks en Regie: Lizz Meiring Vervaardiger: Giep van Zyl Gradering: Geen o/16 (Taal ) Tydsduur: 65 min Datum en tyd: Wo 24 Jun 10:00; Vr 26 Jun 18:00; Sa 27 Jun 12:00 Venue: Nelspruit Hoërskool Ouditorium Prys: R152 Debuut Ondersteun deur NATi en Standard Bank Innibos Dis ʼn ernstige saak – komedie is geen grap nie! “Waar kom grappe vandaan?” is ʼn vraag wat telkens in gesprekke opduik. Wie skep die humor rondom gebeure? Wie draai binne minute die tragiese om in die humoristiese? Hier is die antwoord. Oftewel, die fiktiewe antwoord. Iewers, in ʼn stowwerige, vergete

kantoor, sedert die begin van tyd – sit twee uitgeworpe muse. Dié twee hanteer die humor afdeling, maar hulle is in die moeilikheid. Die mensdom is nie meer mensslim en oopkop genoeg om humor te verstaan, te aanvaar en te waardeer nie.

En as hulle hul werk en doel verloor, verdwyn hulle in die universele groot swart gat van depressie en hopeloosheid. Die verhaal wat volg is verrassend, aweregs en uniek en lewer skerp en spitsvondige kommentaar oor die waarde van humor vir die mens. Dit bevat sterk, slim satire oor die verlies van die vermoë om vir onsself en andere met deernis te lag. Toneel: Komedie

Geen pille vir domgeit

Met Reynard Slabbert, Edrien Erasmus en Rowlen von Gericke Teks: Barry van Rensburg Regie: Cobus Venter Gradering: Gesin

3 Tydsduur: 70 min Datum en tyd: Wo 24 Jun 11:00; Do 25 Jun 19:00; Vr 26 Jun 09:00; Sa 27 Jun 15:00 Venue: Bergland Laerskool Prys: R152 Debuut Ondersteun deur Standard Bank Innibos

Dikbek oor die kaarte wat die lewe jou gedeel het? Sou jy byvoorbeeld ryker of slimmer of mooier wou wees? Wat as jy kon teruggaan in tyd om dinge wat verkeerd geloop het, te gaan regmaak? In die heerlike komedie Geen pille vir domgeit onderneem topakteurs Reynard Slabbert, Edrien Erasmus en Rowlen von Gericke tydreise die verlede in om hulle lot te verbeter. Slaag hulle? Hierdie produksie gee ʼn komiese kyk op ons motiewe en strategieë om vir onsself ʼn beter lewe te probeer skep. Hierdie komedie, uit die pen van Barry van Rensburg, gaan jou lag- en dinkspiere prikkel. Gewaarborg.

Toneel: Drama

Kamphoer – die verhaal van Susan Nell

Met Sandra Prinsloo Teks: Cecilia du Toit, Sandra Prinsloo en Lara Foot Gegrond op die topverkoper en debuutroman Kamphoer deur Francois Smit en die niefiksie-publikasie The Boer Whore deur Nico Moolman Regie: Lara Foot Stel- en beligtingsontwerp: Patrick Curtis Klankontwerp, klankbaan en komposisie: Simon Kohler Kostuumontwerp: Mariechen Vosloo en Birrie le Roux Verhoogbestuurder: Jeanne Steenkamp Vervaardig deur Theatrerocket Moontlik gemaak deur KunsStig Gradering: Geen o/14 (Geweld, Seks, Vooroordeel) Datum en tyd: Do 25 Jun 10:00; Vr 26 Jun 14:00; Sa 27 Jun 09:00 Venue: Nelspruit Hoërskool Ouditorium Tydsduur: 75 minute Prys: R152 Gegrond op ʼn ongelooflike ware verhaal, vertolk Suid-Afrikaanse legende Sandra Prinsloo die uitdagende rol van Susan Nell wat gedurende die Anglo-Boereoorlog (1899–1902) in ʼn konsentrasiekamp beland waar sy deur twee Britse offisiere en ’n joiner wreedaardig verkrag en vir dood agtergelaat word. Sy oorleef die

gruweldaad en reis gedurende die Eerste Wêreldoorlog na ʼn psigiatriese hospitaal in Engeland waar haar paaie kruis met een van haar verkragters, waar hy as pasiënt aan bomskok lei. Met dié herontmoeting word Susan opnuut gekonfronteer met die pyn en vernedering van haar verlede.

Beeld skryf: “Sandra Prinsloo speel dié rol met oorgawe.” Stronk beskryf dit as “ ’n kragtige drama wat diep tref” en “Prinsloo se kragtoer as Susan Nell het die gehoor verdwaas gelaat. Trane het in baie oë geblink ná ’n staande ovasie.” Jan-Jan Joubert skryf in sy resensie vir Maroela Media: “Dit is meesleurend. Beter teater gaan jy nie sommer kry nie, en as jy dit misloop, is dit onontkenbaar jou verlies”. Dié kragtige drama het talle toekennings ingeryg na vyfster-resensies en uitverkoopte vertonings. Hierdie pragstuk is bekroon met ʼn kykNET Fiësta-toekenning vir die Beste Solo-vertoning.

4 Toneel: Komedie

Die Pomporrelkonsert

Met Johny Klein Teks: Ferdinand Deist verwerk deur Frans Swart Regie: Frans swart Gradering: Gesin Datum en tyd: Vr 26 Jun 15:00 Venue: Laeveld Laerskool Tydsduur: 75 minute Prys: R142

Ferdinand Deist het die wonderlikste stories oor die Sandveld geskryf, daardie smal landboustreek tussen die Swartland en die Weskus. Daar waar karakters gebore word en net groter karakters word. Ferdinand Deist was Professor in Teologie maar hy het die gawe gehad om die stories en die spreektaal van die Sandveld perfek neer te pen. Die akteur, Johny Klein, het onlangs Deist se boeke op RSG voorgelees en dit was ongelooflik gewild by die luisteraars. Dit was dus die logiese

keuse dat Die Pomporrelkonsert verhoog toe moes gaan. Toneel: Klug

My oom se Vrou se Plekkie

Met Etienne du Plessis, Johan Joubert, Ana van Achterbergh, Marissa Claasen, Elma Potgieter, Botha Enslin, Francois van Rensburg, Janè Swanepoel, Juanita Mardon Teks: Ray Cooney en John Chapman, vertaal deur Cobus Venter en Estelle Venter Regie: Frans swart Gradering: Ouerbegeleiding Geen o/13 Datum en tyd: Wo 24 Jun 10:00; Do 25 Jun 18:00; Vr 26 Jun 10:00; Sa 27 Jun 15:00 Venue: Laeveld Laerskool Tydsduur: 135 minute Prys: R162 My Oom se Vrou se Plekkie speel af in die baie elegante dakwoonstel van Phillip en Jeanette Martins. Die woonstel is pas opgeknap en het grootliks leeggestaan. Phillip is ʼn baie eerbare kinderboekuitgewer, en deel ʼn kantoor met sy vennoot Henry Loots, op die grondvloer van dieselfde gebou. Phillip stem teen sy sin in dat Henry die woonstel een aand leen om sy nuutste vriendin te trakteer. Terselfdertyd word Jeanette deur Linda, Henry se vrou, oortuig om dieselfde woonstel vir haar te leen sodat sy haar nuutste minnaar kan trakteer.

Maar wat niemand weet nie, is dat die binnehuisversierder, wat die afgelope drie maande aan die woonstel gewerk het, besluit het om vir die au pair, Sylvie, die nuwe, ronde bed te wys. En ja, dit alles gebeur op dieselfde aand! Kom lag jouself ʼn papie vir al die misverstande, onderduimshede en guitighede. Toneel: Drama

Klippe wat val

Met Wilhelm van der Walt, Dean John Smith, Gideon Lombard Teks en Regie: Philip Rademeyer Stel- en beligtingsontwerp: Juanita Ferreira Gradering: geen o/16 Taal, Geweld, Volwasse Temas Datum en tyd: Wo 24 Jun 19:00; Do 25 Jun 10:00; Vr 26 Jun 19:00; Sa 27 Jun 10:00 Venue: Laeveld Laerskool

5 Tydsduur: 85 min Prys: R152

Op ʼn afgeleë plaas kruip ʼn jong man, Kannetjie, in ʼn hondehok weg. Om hom in die werf dien netjiese stapels klippe as ʼn konstante herinnering aan mense en diere wat reeds weg is – party onlangs, ander lankal. Sy boesemvriend van lank gelede, Abrie, keer na amper twintig jaar terug na die plaas. As seuns was hulle onafskeidbaar, nou is hulle vreemdelinge vir mekaar. Kannetjie se sterwende ma roep van binne die huis na hom; Abrie se ma is lankal dood en hy wil kom afskeid neem. Soos Kannetjie en Abrie hulle verlede opgrawe, verskiet die een ster na die ander. Vir Kannetjie is dit ʼn teken: dis op pad en hy moet alles gereed kry. Klippe Wat Val is die aangrypende verhaal van twee seuns - nou jong manne - en hulle lotgevalle. Wilhelm van der Walt en Dean John Smith het beide kykNET Fiëstas vir hul spel gewen en die veelbekroonde

Gideon Lombard is op kitaar. Toneel: Komedie

Tussen die bokse

Met Christel van den Bergh en Markus Haywood Teks en Regie: Christo Davids Gradering: Geen 0/13 Datum en tyd: Do 25 Jun 10:00; Vr 26 Jun 18:00; Sa 27 Jun 10:00 Venue: Bergland Laerskool Tydsduur: 60 min Prys: R152

Harry en Jackie is besig om te trek. Die huis staan vol bokse en dit is die dag wat die vervoermaatskappy die trek moet kom haal. Vir Harry beteken ʼn nuwe huis ʼn nuwe begin, maar duidelik voel Jackie nie dieselfde nie. Sy noem uit die bloute dat sy, na 7 jaar se getroude lewe, wil skei. Na ʼn paar onderonsies beland ʼn boks foto’s op die vloer wat hulle terugneem na die ups and downs van hulle lewe saam. Harry is ʼn interessante karakter wat tot groot vermaak lei. Met die fokus op ʼn handvol ernstige, dog aktuele temas, beloof

die produksie om jou op ʼn hartsreis te neem. ʼn Reis wat jou sal bybly lank nadat jy die teater verlaat het. Uit die pen van Christo Davids, bekroonde skrywer / regisseur van My seuns en Queenie-hulle. Toneel: Stand-up Komedie

Schalk sing sleg

Met Schalk Bezuidenhout en Wesley van der Westhuizen Feesdebuut: Vervaardiger: Erns Grundling Gradering: Geen o/16 (Taal) Datum en tyd: Sa 27 Jun 16:00 Venue: Nelspruit Hoërskool ouditorium Tydsduur: 70 min Prys: R142 Schalk Bezuidenhout het geen bekendstelling nodig nie. Dié 27-jarige krulkop met die kenmerkende truitjies van Kempton Park is volksbesit sedert hy in 2015 vir Trevor Noah geopen het. Met drie puik eenmanvertonings, die hoofrol in die veelbekroonde rolprent Kanarie, die rol van die geliefde Danny in die kykNET-reeks Hotel en as nuusanker van die satiriese Die Ware Naarheid, ook op kykNET, het Schalk die afgelope vier jaar in kykers en gehoorlede se harte gekruip. Deesdae tree hy ook gereeld oorsee op in plekke soos Dubai, Londen en Edinburgh. Hy is bekend as ’n vreeslose én skreeusnaakse komediant. Vanjaar is Schalk terug by Innibos met ’n splinternuwe vertoning, wat

6 stand-up komedie met vlymskerp liedjies - oor alles en nog wat - kombineer.

Hy mag dalk in die koor gesing het en hy was selfs ʼn Kanarie op die silwerdoek, maar die slotsom is: Schalk sing sleg. Of sing hy regtig sleg? Schalk deel die verhoog met die talentvolle musiekonderwyser, komponis en uitvoerende kunstenaar Wesley van der Westhuizen. Wesley speel verskeie instrumente, Schalk tree dus nie op met backtracks soos een of ander snotkop met ʼn snor nie. Kom tuit jou ore en lag jouself ’n papie, want Schalk se liedjies sal jou laat mis, eet, slaap, herhaal én skater! Toneel: Eenmanvertoning

Die Hart Verklap

Met Chris Vorster Teks: ʼn Vertaling en verwerking van Edgar Allan Poe se The Tell-Tale Heart deur Chris Vorster en Dion van Niekerk Regie: Dion van Niekerk en Chris Vorster

Gradering: Gesin Datum en tyd: Wo 24 Jun 19:00; Do 25 Jun 16:00; Vr 26 Jun 13:00 Venue: Bergland Laerskool Tydsduur: 55 minute Prys: R142

Die Hart Verklap is ʼn klassieke verhaal oor obsessie, vervolgingswaan en moord. ʼn Onbeholpe moordenaar probeer sy bes om ʼn onsigbare gehoor te oortuig dat hy nie versteurd is nie, maar hoekom wil hulle hom nie glo nie? Sy argument is dan so duidelik, sy dade so slinks, sy sintuie so skerp ... hoe durf hulle sê hy is mal en boonop skuldig? “Die spronge tussen 1843 en 2019 en tussen fiksie en realiteit is natuurlik net moontlik met ʼn akteur wat sy liggaam en stem ten volle beheer. Chris Vorster gee hier ʼn meesterklas in interpretasie.” (Naomi Morgan) Die Hart Verklap is ʼn innoverende en komiese riller wat in 2019 reuse sukses behaal het by die Vrystaat Kunstefees en spog met vier Blinker-nominasies en twee Blinker-

toekennings vir Beste Debuut Produksie en Beste Kunstenaar. Vorster is ook genomineer vir ʼn kykNET Fiësta vir Beste Spel in ʼn Solo-vertoning. Toneel: Drama

Die Dinge van ʼn Kind

Met Cintaine Schutte Teks: Francois Toerien na gelang van die boek van Marita van der Vyver Regie: Nicole Holm Beligting: Nicholaas de Jongh Vervaardig- Arena Produksiehuis Tegniese regisseur: Jeanne Steenkamp Gradering: Geen onder 14- Taal en Seks Datum en tyd: Do 25 Jun 16:00; Vr 26 Jun 10:00; Sa 27 Jun 15:00 Venue: Nelspruit Laerskool Tydsduur: 80 min Prys: R142 Moontlik gemaak deur Aardklop Nasionale Kunstefees, NATi en LW Hiemstra Trust “Stick with me, baby. Ek kan nie belowe dat ek jou famous sal maak nie. Maar jy sal fun hê langs die pad”. Mart se opwindende, maar ook ontnugterende inisiasieproses begin met hierdie woorde van haar rebelse kamermaat. Die traumas van grootword, swangerskap en selfmoord word geplaas teen die agtergrond van die 70’s se politieke leuens en die verminking van jong mans in die grensoorlog. ʼn Produksie vir elke ma, elke dogter, en die mans in hulle lewens.

7

Die produksie word beloon met die Aardklop Trofee vir beste spel in ʼn solovertoning en is genomineer vir kykNET Fiësta:Teks en Solovertoning. Genre: Ice Show

Skating through the decades, an i’langa Mall Ice Spectacular

With the SA School of Skating Director: Susan Marais Producer and set design: Susan Marais Grading: Family Date and time: Tue 23 Jun 17:00; Wed 24 Jun 09:00; Thu 25 Jun 09:00; Fri 26 Jun 09:00 and 17:00; Sat 27 Jun 09:00 Duration: 40 minutes Venue: The Ice Rink at i’langa Mall Price: R115 (includes a complimentary ice skating ticket (entrance and skate hire) worth R80) i’langa Mall is proud to announce their new nommerpas Ice Skating Spectacular: Skating through the decades.

Featuring South Africa’s finest figure skating talents, we will pay tribute to the most remarkable artists of the decades, bringing to life the music that formed our fondest memories and once again delivering a complete family experience… on ice! Genre: Contemporary Dance

Noah

With Nicholas Tishang Aphane, Shawn Mothupi, Oupa Sibeko Producer: The Forgotten Angle Theatre Collaborative Grading: Family Duration: 45 min Date and time: Fri 26 Jun 10:00; Sat 27 Jun 13:00 Venue: Mbombela City Theatre Price: R142 “Noah” is the final part of Sabbagha’s “Noah’s ....“ trilogy, started in 1998 with

“Noah’s Phobia” and followed by “Noah’s Drowning”.

This final act dives through the metaphor of the Noah narrative and uses a beguiling interplay of visual projection, shadow and moving bodies to evoke a not too distant future, or possibly even the present. A present that is marked by irreversible climate change. Within this frame the work is an immersion in the moment of crisis, the point of no return - what surfaces in the deluge are the notions of loss, love and letting go, of looking forwards and backwards at the same time. Hierdie program is onderhewig aan verandering.