dankbaar dinamiet op orania - · pdf filejoey van schalkwyk (gr. 12) ... ons wil net baie...

14
1 Die atletiek seisoen het aangebreek en ons het sommer al sedert die nuwe skooljaar aangebreek het, gees gebou deur al ons atletiekliedjies te oefen. Al die kinders het getrou vir „n hele week lank elke tweede pouse kom sing en gees bou. Toe breek die eerste atletiekbyeenkoms aan. Ons het op 27 en 28 Januarie die atletiek by CVO Orania bygewoon! Die byeenkoms het die 27ste om 13:30 begin. Vooraf het almal eers hulle gesigte laat verf om in die gees te kom. Daarna het ons almal op „n vragmotor geklim as deel van ons optog na die atletiek. Orania CVO het soos gewoonlik weer uitgeblink met hulle optog en met perde en motorfietse daar geparadeer en daar aangekom. Dankbaar het deelgeneem as die oranje span met „n leuse van „„Dankbaar is dinamiet‟‟ wat ons wel later waar laat word het… Na n lang dag van atletiek is almal na die swembad om lekker af te koel na die besige dag. Juf. Deonie is skoon ingeduik deur van die kinders. Die Dankbaar ouers het daarna almal lekker gaan braai en die aand saam geniet. Saterdag moes almal reeds half sewe daar wees. Ons het aangegaan met die atletiek waar ons gister opgehou het. Baie van Dankbaar se kinders het uitstekend gevaar. Na die amptelike atletiek was dit tyd vir aflos, „n gebeurtenis wat altyd groot pret is, veral as die ouers en onderwysers eers hulle hardloop tekkies begin aantrek, dan moet jy weet hier kom „n ding. Saterdag se atletiek was vroegmiddag reeds klaar en daarna is almal weereens swembad toe om te gaan afkoel na „n lang dag van atletiek. Elzaan Pretorius (Gr. 10) Lees binne: Orania Foto‟s 2 Hartjie-my-liefie dag 3 Gedigte kompetisie 4 Nuwe personeel 5 Vaarwel 6 Dankie kolom 7 Hengel 7 Volkspele 8 Bekende skrywers 9 Foto kompetisie 10 Majuba 11 Veiling 12 Reünie 13 Sport 13 Japsnoete 2012 14 Agtiende jaargang, Volume 1 Mei 2012 “Elkeen wat een van sulke kinder-tjies ontvang in my Naam, ontvang My…” Mark. 9;37 Telefoon 051-451 1334 Faksnommer: 0865709785 E-pos: [email protected] Webtuiste: www.cvodankbaar.co.za CVO Dankbaar Posbus 17662 BAINSVLEI 9338 Dankbaar Dinamiet op Orania

Upload: hamien

Post on 19-Feb-2018

277 views

Category:

Documents


18 download

TRANSCRIPT

Page 1: Dankbaar Dinamiet op Orania -  · PDF fileJoey van Schalkwyk (Gr. 12) ... Ons wil net baie dankie se aan ons graad ... Ons s ê totsiens aan meneer Pieter Bothma

1

Die atletiek seisoen het aangebreek en ons

het sommer al sedert die nuwe skooljaar

aangebreek het, gees gebou deur al ons

atletiekliedjies te oefen. Al die kinders het

getrou vir „n hele week lank elke tweede

pouse kom sing en gees bou.

Toe breek die eerste atletiekbyeenkoms

aan. Ons het op 27 en 28 Januarie die

atletiek by CVO Orania bygewoon! Die

byeenkoms het die 27ste om 13:30 begin.

Vooraf het almal eers hulle gesigte laat

verf om in die gees te kom. Daarna het ons

almal op „n vragmotor geklim as deel van

ons optog na die atletiek. Orania CVO het

soos gewoonlik weer uitgeblink met hulle

optog en met perde en motorfietse daar

geparadeer en daar aangekom.

Dankbaar het deelgeneem as die oranje

span met „n leuse van „„Dankbaar is

dinamiet‟‟ wat ons wel later waar laat

word het…

Na n lang dag van atletiek is almal na die

swembad om lekker af te koel na die

besige dag. Juf. Deonie is skoon ingeduik

deur van die kinders. Die Dankbaar ouers

het daarna almal lekker gaan braai en die

aand saam geniet.

Saterdag moes almal reeds half sewe daar

wees. Ons het aangegaan met die atletiek

waar ons gister opgehou het. Baie van

Dankbaar se kinders het uitstekend gevaar.

Na die amptelike atletiek was dit tyd vir

aflos, „n gebeurtenis wat altyd groot pret

is, veral as die ouers en onderwysers eers

hulle hardloop tekkies begin aantrek, dan

moet jy weet hier kom „n ding.

Saterdag se atletiek was vroegmiddag

reeds klaar en daarna is almal weereens

swembad toe om te gaan afkoel na „n lang

dag van atletiek.

Elzaan Pretorius (Gr. 10)

Lees binne:

Orania Foto‟s 2

Hartjie-my-liefie dag 3

Gedigte kompetisie 4

Nuwe personeel 5

Vaarwel 6

Dankie kolom 7

Hengel 7

Volkspele 8

Bekende skrywers 9

Foto kompetisie 10

Majuba 11

Veiling 12

Reünie 13

Sport 13

Japsnoete 2012 14

Agtiende jaargang, Volume 1 Mei 2012

“Elkeen wat een van sulke kinder-tjies

ontvang in my Naam, ontvang My…”

Mark. 9;37

Telefoon 051-451 1334

Faksnommer: 0865709785

E-pos: [email protected]

Webtuiste: www.cvodankbaar.co.za

CVO Dankbaar

Posbus 17662

BAINSVLEI

9338

Dankbaar

Dinamiet op Orania

Page 2: Dankbaar Dinamiet op Orania -  · PDF fileJoey van Schalkwyk (Gr. 12) ... Ons wil net baie dankie se aan ons graad ... Ons s ê totsiens aan meneer Pieter Bothma

2

Links bo: JD in aksie met gewigtoot.

Links middel: Dankbaar is Dinamiet

Links onder: Geesbou

Regs bo: Dankbaar klim op die trok en om

vervoer te word na die atletiekbaan

Regs onder: Marli besig om te hardloop.

Orania

Foto’s

Page 3: Dankbaar Dinamiet op Orania -  · PDF fileJoey van Schalkwyk (Gr. 12) ... Ons wil net baie dankie se aan ons graad ... Ons s ê totsiens aan meneer Pieter Bothma

3

Hartjie-my-liefie-dag My hartjie my liefie die son sak weg, die

son sak weg, die son sak weg. My hartjie

my liefie die son sak weg, daar ander kant

die Blouberge.

Wat „n beter manier is daar om ons

hartjie-my-liefie dag anders te begin as

met die gepaste liedjie wat ons sommer

vroeg oggend met saalopening al gesing

het?

Van vroeg die week af al is almal

opgewonde oor die Hartjie-my-Liefie bal.

Daar is al lank voor die tyd rokke en pakke

gemaak vir die spesialeaand. Briefies is

geskryf vir daardie spesiale meisie en as jy

meer gewaagd is (dis mos skrikkeljaar) vir

die oulike ou! Pragtige gedigte is geskryf

en daar het klomp verskuilde talent onder

die skool se leerders uitgekom. Lees die

wengedigte bl .4.

Die heerlikste piekniekpakkies was te

koop en almal het die laaste periode hulle

gate uit geniet, op die gras met die

piekniek. Almal se briefies was toe

alreeds uitgedeel en jy kon orals die

opgewondenheid en verliefdheid in die

lug voel.

Joey van Schalkwyk (Gr. 12)

Die klok lui en elkeen spat in sy eie rigting

van die meisies na die haarsalon vir die

perfekte kapsel vir die aand, ander het nog

nie eers klere nie en is gou winkel toe om

te gaan soek en koop.

Die koshuiskinders was almal al redelik

vroeg daar, want hulle het sommer daar

gestort en aangetrek vir hierdie

opwindende aand. Die gevoel was

wonderlik.

18:30 het die motors daar begin aankom

met „n paar ouers wat nou eers „n foto wil

neem van haar dogter en die kêrel of van

haar seun en die meisie. Die kinders wat

daar was, het regtig elkeen baie mooi

gelyk.

Toe 19:00 aanbreek, vat elke seun sy

meisie aan die hand en gaan in vir die

eerste dans. Almal het die dans baie

geniet. Ons koshuismoeder en –vader het

self ook „n draai kom maak op die

dansbaan.

Die hoogtepunt van die aand breek aan

met die kroning van Mnr. en Mej. Hart.

Ons sê baie geluk aan Cobus en Michelle

wat met die

titel weggestap

het.

Die aand het

vir almal baie

vining verby

gegaan en toe

ons weer hoor

sê Juf. Deonie

alreeds „laaste dans almal‟.

Ons wil net baie dankie se aan ons graad

11‟s wat die reëlings vir dié heerlike aand

getref het. „n Spesiale dank aan elke

onderwyser, veral aan Juf. Gerty, Juf. Deo-

nie en Juf. Ilisna en elke ouer wat gehelp

het met die reëlings en die opmaak van die

saal.

Ludwick van Heerden (Gr. 12)

Page 4: Dankbaar Dinamiet op Orania -  · PDF fileJoey van Schalkwyk (Gr. 12) ... Ons wil net baie dankie se aan ons graad ... Ons s ê totsiens aan meneer Pieter Bothma

4

Gedigkompetisie

Daar bo is die lig die son,

o so mooi, so rooi

en hy kan darem looi.

Maar ek en my meisie

met „n vreeslike vry puisie

geniet die dag en nag.

Die nag is lekker sag

en die dag is vir vir lekker lag.

Die eende kwaak en die visse slaap.

Maar al wat oorbly is ek en my meisie

met die hengse vry puisie.

Jy is so mooi soos rooi.

Ek hou van jou

en as ek jou sien word ek flou,

baie gou.

Jy is my dag en my nag,

my lig in die duisternis.

As jy my soen word ek groen

en as jy my hand vashou

voel ek goed in my bloed.

Jy is my lewe,

jy gee my vrede,

jy is my toekoms

en my verlede.

Alles wat jy vir my beteken

die enigste persoon waarop ek kan reken

dit wat jy vir my is

kan geen ander persoon laat misgis.

Soos „n liedjie wat oor en oor

speel in my dop

is jy die heeldag in my kop

niemand sal ons saam kan stop

soos die bloed wat pomp

… in elke hartklop…

„n dag sonder jou

is baie moeilik om uit te hou

maar saam kan ons,

net dalk eendag trou

want jy lyk soos die perfekte vrou.

If you‟ll be my strong and steady

I‟ll be your soft and sweet,

you‟ll be my glass of wine

I‟ll be your shot of whiskey!

You‟ll be my sugarbaby

and I‟ll be your sweet ice tea

… I‟ll be your honeybee!

Somerson en engelsoene

Het jy dit al gevoel,

As die strale oor jou vel dans,

Wanneer die engele soene oor jou blaas.

Weet jy wat ek bedoel?

Wanneer die droëwind

Wegkruipertjie in jou hare speel

En die blydskap in jou oë skyn, helder geel?

Wanneer die vreugde jou laat lag soos 'n kleine

kind?

Of het jy al beleef

Hoe jou voete die ritme hou

Op die maat van voëls se gesang?

Weet jy hoe dit voel om op stille musiek te

sweef?

Nou vra ek jou weer, weet jy hoe dit voel?

As somersonstrale oor jou vel spoel

As jy in blouwater plons soos 'n klip

En engelsoene op jou vel val soos water wat

drup?

Afrikaans - Graad 4 - 6

Jean-Christiaan Bothma

Afrikaans - Graad 7 - 9

Evan Coetzee

Afrikaans - Graad 10 - 12

Reynard de Villiers

Engels - Graad 10 - 12

Ludwick van Heerden

Afrikaans - Onderwysers

Juf. Ilisna Nel

Page 5: Dankbaar Dinamiet op Orania -  · PDF fileJoey van Schalkwyk (Gr. 12) ... Ons wil net baie dankie se aan ons graad ... Ons s ê totsiens aan meneer Pieter Bothma

5

Riëtta van der Walt—kantoor

Riëtta is gebore in

Pinetown en het

grootgeword in Port

Elizabeth en

Bloemfontein. Sy

beskryf haarself as

energiek, gelowig, stil en getrou. In haar

vrye tyd sal sy stap, lees en kralewerk

doen. Sy hou graag vakansie in Santos,

Mosselbaai.

Dawie Naudé - busbestuurder en

faktotum

Baie welkom aan ons

nuwe busbestuurder en

faktotum, Dawie Naudé.

Mnr. Eben Swanepoel—Engels

Mnr. Eben is gebore

in Klerksdorp en het

op skool koor gesing

en gedans. Hy studeer

aan die Universiteit

van die Vrystaat en

UNISA. Hy beskryf homself as energiek,

passievol en gemaklik. Hy vereenselwig

hom met die arend wat hoog mik en

doelgerig is. Hy hou graag vakansie in

Kaapstad. Hy sê hy het nie baie vrye tyd

nie, maar as hy het, slaap hy graag, lees of

skryf aan sy boek.

Juf. Ilisna Nel—RTT

Juf. Ilisna is gebore in

Bloemfontein en het op

skool netbal gespeel, perd

gery en atletiek gedoen. Sy

studeer tans by die Sentrale

Universiteit van Tegnologie. Sy beskryf

haarself as laf, spontaan en ongeduldig. Sy

is lief daarvoor om gedigte en stories te

skryf. In haar vrye tyd sal sy lees, radio

(RSG) luister en skryf. Sy sal graag in die

Kaap wil vakansie hou.

Juf. Liza Edwards—Wiskunde

Juf. Liza is gebore in

Klerksdorp en het op

skool geswem, koor

gesing, debat gedoen en

ballet geneem. Sy het by

Stellenbosch en die

Universiteit van die Vrystaat studeer. Sy

beskryf haarself as optimisties,

taakgeoriënteerd en bietjie van ‟n introvert.

„n Baie interessante stokperdjie van haar is

kaasmaak. In haar vrye tyd sal sy

tuinmaak, met haar honde of papegaaie

speel of saam met haar man gaan stap. Sy

hou graag vakansie by die see.

Juf. Anna-Maria Flanegan—musiek

Juf. Anna-Maria is getroud met drie

kinders wat reeds almal uit die huis is. Sy

is lief vir lees, die natuur, musiek, kuns,

kwiltwerk en stap. Sy het vir nege jaar klas

gegee by die Universiteit en daarna gee sy

privaat onderrig in musiek. Sy het in

Harrismith grootgeword, maar sy is in

Holland, Tilburg gebore. Sy het ook „n

graad in Verpleegkunde behaal. Sy wou

egter nog altyd musiek studeer en sy begin

in 1994 daarmee.

NUWE PERSONEELLEDE

ADVERTENSIES

A5 (volblad): R 200

A6 (halwe blad): R 100

Klein (10cm x 7 cm): R 50

Kontak ons by

[email protected]

Page 6: Dankbaar Dinamiet op Orania -  · PDF fileJoey van Schalkwyk (Gr. 12) ... Ons wil net baie dankie se aan ons graad ... Ons s ê totsiens aan meneer Pieter Bothma

6

Mnr. Pieta Oosthuizen—Skoolhoof

Ons is baie gelukkig dat Mnr. Pieta ons

nie heeltemal verlaat het nie, maar

gelukkig net „n ander pos beklee. Mnr

Pieta het na 8 jaar as skoolhoof uitgetree

en is nou ‟n voltydse onderwyser.

Gedurende hierdie 8 jaar het Mnr. Pieta die

skool met „n ysterhand regeer en elke seun

se grootste vrees was om vir die

„Generaals“ te kyk. Mnr Pieta was nie net

„n skoolhoof nie, hy het in sy besige

skedule ook tyd gemaak vir rugby – of het

hy in sy besige rugby skedule tyd gemaak

vir skoolhoof?

Hy het in sy hoedanigheid as skoolhoof die

skool baie patrioties op elke terrein

verteenwoordig.

Baie dankie Mnr. Pieta vir al die goeie en

slegte tye waar meneer die skool se

belange altyd op die hart gedra het.

Ons hoop meneer geniet dit baie meer om

klas te gee as om die skool bymekaar te

hou en nog klas te gee ook.

Tannie Sienta—kantoor

Baie dankie aan tannie Sienta wat die

kantoor en kantoorwerk altyd met die

nodige grasie op datum gehou het. Tannie

het waarlik gehelp om alles onder beheer

te hou. Baie sterkte vir Tannie se aftydjie

op die plaas.

Oom Chris Visagie—busbestuurder en

factotum

Ons sê totsiens aan Oom Chris wat altyd

getrou die skoolbus bestuur het om ons na

al die plekke te neem waarheen almal altyd

moes gaan. Ons sal Oom mis en wens

Oom alle voorspoed en geluk toe vir die

toekoms.

Mnr. Pieter Bothma—Wiskunde

Ons sê totsiens aan meneer Pieter Bothma

wat die afgelope twee jaar se Wiskunde vir

graad 7 tot 9 en Wiskundige geletterheid

van graad 10 tot 12 asook tegnologie

klasse behartig het. Baie sterkte vorentoe.

Vaarwel

DIE PENDORING is elektronies

beskikbaar op ons webtuiste. Indien u dit

egter per pos wil ontvang, kan u inteken

teen R15 per eksemplaar of R40 per jaar.

Ons kan dit ook per e-pos vir u stuur.

Stuur u e-posadres aan ons by

[email protected]

REDAKSIE

Beskermheer

Mnr Pieta Oosthuizen

Redakteur

Juf Nienke Nieuwenhuizen

Subredakteur

Cobus Venter

Redaksie

Elzaan Pretorius

Joey van Schalkwyk

Ludwick van Heerden

Pietman Oosthuizen

Tarien Venter

Page 7: Dankbaar Dinamiet op Orania -  · PDF fileJoey van Schalkwyk (Gr. 12) ... Ons wil net baie dankie se aan ons graad ... Ons s ê totsiens aan meneer Pieter Bothma

7

In hierdie nuwe “Dankie” kolom wil ons

persone of instansies bedank wat „n

positiewe bydrae gelewer het. Ons vra u

om vrymoedigheid te hê om die skool in

kennis te stel as u iets vir die skool gedoen

het of weet van so iemand. Ons vra

verskoning as ons dalk u naam uitgelos

het. Stel ons asseblief in kennis sodat ons

die fout kan regstel.

In hierdie uitgawe bedank ons graag:

Mnr. Jean van Heerden vir die

uitverf en mooimaak van die

meisiesbadkamer en –koshuis.

Mnr. Fanie Venter wat aan ons sy

wa geleen het om vullis weg te ry.

DSS wat die terrein skoongemaak

het.

Mnr. Marius van Rooyen, baie

dankie dat jy Saterdag met die

atletiek op Excelsior, teruggedraai

het Bloemfontein toe om klappers

vir die pistool te kry.

Mnr. Theo du Plessis vir die stoel

vir die koshuissitkamer.

Mnr Koos Myburgh vir die DVD

speler vir die koshuissitkamer.

Mnre. Marius van Rooyen, Pieter

Marx, Me. Drienie Le Roux en

Annemarie Scholtz wat gehelp het

met die vervoer van ons atlete na

Bethlehem.

Alle ouers wat Vrydag, 9 Maart,

kom help het met die skoonmaak

en regmaak by die skool. Dit word

opreg waardeer.

Baie dankie aan Mnr. Wayne Paton

wat die leerling na die

buitelugskool vergesel het.

Baie dankie aan Mev. Valencia

Pieterse wat die grad-11 leerlinge

vergesel het na die leierskamp.

Baie dankie aan Mev. René Janse

van Rensburg vir die hulp met die

foto‟s van verlede jaar.

Baie dankie aan menere Willem

Venter, Fanie Venter en Pieta

Oosthuizen vir die rugbytoer.

Ons het op die 4de Februarie „n

hengelkompetisie gehou om te help met

die fondsinsameling vir ons nuwe

rugbyveld.

Die dag het aangebreek na „n lang gewag

vir baie mense. Die hekke het 05:00 die

oggend geopen, maar die mense het

alreeds van 04:00 af gestaan en wag sodat

hulle die perfekte plek kan kry om te gaan

visvang. Toe die hekke opgaan het almal

die lelike pad aangepak om by die

kompetisie gronde uit te kom. Baie van die

mense het eers „n bietjie vasgesit maar na

so „n halfuur was almal waar hulle wou

wees. Almal begin opslaan en regkry vir „n

dag van hengel.

Op die kop sewe uur gaan die sirene af en

die lyne begin trek. Daar was seker so 5

minute stilte en daar byt die eerste vis van

DANKIE KOLOM

Hengelkompetisie

Page 8: Dankbaar Dinamiet op Orania -  · PDF fileJoey van Schalkwyk (Gr. 12) ... Ons wil net baie dankie se aan ons graad ... Ons s ê totsiens aan meneer Pieter Bothma

8

die dag en die ys is gebreek. Almal het die

geleentheid gekry om „n vis te vang, al

was dit net „n ou kleintjie. Daar was ook

groot hengelaars wat die dam se tegnieke

ken en sommer van die begin af al groot

visse uitgetrek het.

Dit dag was nog jonk toe daar „n karp van

oor die 6 kg uitgetrek is. Dit het almal

aangespoor om te bewys dat hulle die

grootste vis kán vang. Die visse het toe

lekker gebyt tot so om en by 12 uur.

Daarna het dit baie stil en warm geraak en

almal het die koelte gaan opsoek. Toe die

klok drie uur slaan begin almal weer

hengel, maar nou het die wind begin waai

en dit het teen hulle getel.

Vier uur het die mense begin oppak en

inweeg. Dit was goed om te sien hoeveel

groot visse daar aangekom het.

Die hengelaar met die grootste baber, van

13,7 kg, het weggestap met „n kontantprys

van R 2000. Die hengelaar met die

grootste karp, van 6,3 kg, het ook

weggestap met „n kontantprys.

Daar was ook „n hele klomp gelukkige

trekkings. Om die waarheid te sê daar was

soveel gelukstrekkings dat elke persoon

met „n kaartjie iets gewen het. Dit was

veral vir die jongspan baie lekker.

Hierdie hengelkompetisie was verseker „n

reuse sukses. Dit het „n hele R15 200 vir

die rugbyveld ingesamel. Ons wil net baie

dankie sê aan elkeen wat bygedra het tot

die sukses van hierdie dag. Met „n baie

spesiale dankie aan ons wonderlike

skoolhoof, mev. Gerty van Aswegen.

Ludwick van

Heerden (Gr. 12)

Volkspele by die skool

Op Dinsdae is dit Volkspele

tyd! Daar heers natuurlik

gemengde gevoelens onder

die kinders as daar oor die onderwerp

gepraat word. Na pouse is dit die

hoërskool se beurt om te gaan tiekie draai.

Dit vat „n rukkie om almal uit die

wegkruip gate te kry, maar uiteindelik is

almal in die kring. Tannie Gerda Gutter

van Vleilaer in Brandfort kom help ons

met die passies en met tannie Sonja agter

die klavier verloop alles seepglad. Dit is

nie net die kinders wat met die polka en

skuifpassies sukkel nie, maar die

onderwysers maak net so hard foute soos

die kinders. Hiermee wil ons net vir tannie

Gerda baie dankie sê vir al die opoffering

en tyd wat sy sonder aarseling aan ons

afstaan. Baie dankie ook aan tannie Sonja

vir die tyd wat sy afstaan om vir ons

klavier te speel.

Volkspele dinee 10 Februarie 2012

Op Vrydagaand, 10 Februarie 2012 is daar

„n spogdinee aangebied om die nuwe

Beskermheer en Voorsitter van die

nasionale Volkspele beweging in te wy.

Terwyl prof. Raath (Beskermheer) en Oom

Mike Jacobs (Voorsitter) hul redes gelewer

het, is daar heerlik gesmul aan die vis-

voorgereg. Hierdie dinee is bygewoon deur

verskillende verteenwoordigers van

kultuurorganisasies en het ook

mediadekking soos Radio Rosestad,

Volksblad en natuurlik die Pendoring

gehad. Lede van die Jan van Riebeeck

volkspelelaer het „n paar van die

oorspronklike liedjies uit Sweeds vertaal

Volkspele

Page 9: Dankbaar Dinamiet op Orania -  · PDF fileJoey van Schalkwyk (Gr. 12) ... Ons wil net baie dankie se aan ons graad ... Ons s ê totsiens aan meneer Pieter Bothma

9

en vertoon en daarna het juniors van

regoor die Vrystaat opgetree. Uit hierdie

groep was daar „n paar skoolkinders

teenwoordig nl. Cobus Venter, Pedri Janse

van Rensburg, Rensche Janse van

Rensburg, Meri Cornelissen en Carien

Marx. Die kos was uit die boonste rakke.

„n Koningsmaal van Boerekos wat nie gou

vergeet sal word nie. Dit was voorwaar „n

suksesvolle en pragtige dinee.

Volkspele saamtrek 11 Februarie 2012

Die naweek van 10 en 11 Februarie was „n

besige naweek vir die wat in

Volkspelekringe rondgaan. Na die

suksesvolle dinee van Vrydagaand was

daar net so „n suksesvolle saamtrek die

Saterdagaand. Dit was Christiaan de Wet

Volkspelelaer se jaarlikse saamtrek. Laers

van regoor die land het die aand saam met

die Bloemfonteiners kom geniet. Die

persoon wat die verste gereis het vir die

saamtrek het van Springbok af gekom.

Die aand is waarlik geniet en die tweede

helfte is oudergewoonte afgeskop met

samesang. Tydens hierdie saamtrek is die

nuwe “Volkspele Paspoort” ook bekend

gestel om kwaliteit Volkspele te bevorder.

Baie dankie aan Christiaan de Wet se

mense vir die heerlike saamtrek

Cobus Venter (Gr. 11)

Op 2 Maart 2012 het ek die eer gehad om

die bekende skrywers Deon Meyer en

Marieta van de Vyver by die skrywersfees

in Kimberley te ontmoet.

Ek het die volgende vrae aan hulle

gestel:

1. Op watter ouderdom het u begin skryf?

Deon meyer: Proffesioneel op 36, maar

tegnies al in die hoërskool toe ek „n 60

bladsye opstel vir Afrikaans ingehandig

het.

Marieta van der Vyver: Van kleins af.

Op 6 het ek al my eerste storie geskryf.

2. Wie het u geïnspireer om te begin

skryf?

Deon Meyer: Ek glo aan persperasie nie

inspirasie nie. Ek het net „n drang in my

gehad om te skryf en moes net daarnaan

uiting gee.

Marieta van der Vyver: Digters soos

Antjie Krog en Breyten Breytenbach was

my groottste inspirasie toe ek begin skryf

het.

3. Persoonlik watter een van u boeke is u

gunsteling?

Deon Meyer: Geen een nie, almal is my

gunsteling. Dis nou soos om vir my te vra

watter een van my vier kinders is my

gunsteling. My boeke is ook maar vir my

soos my kinders.

Marieta van der Vyver: Die volgende

Bekende skrywers

Page 10: Dankbaar Dinamiet op Orania -  · PDF fileJoey van Schalkwyk (Gr. 12) ... Ons wil net baie dankie se aan ons graad ... Ons s ê totsiens aan meneer Pieter Bothma

10

boek is altyd my gunsteling. Dis tog

waarna jy strewe dat die volgende boek

beter sal wees as die huidige een.

4. Wie of wat is u huidige inspirasie?

Deon Meyer: Weereens kom die

perspirasie en nie die inspirasie nie.

Marieta van der Vyver: Die lewe en

dinge om my.

5. Kan ons binnekort „n nuwe boek van u

verwag?

Deon Meyer: Nee, eers weer seker so

teen April tot Desember 2013.

Marieta van der Vyver: Ja, dit sal iets

wees wat met die titel “onthou” te doen

het.

6. Hoe belangrik is onderwys vir „n kind

se skryfvernuf?

Deon Meyer: Lees bly die belangrikste.

Ja, onderwys is ook belangrik maar

verseker nie dié belangrikste faktor nie

Marieta van der Vyver: Baie, baie

belangrik. Dis waar jy tog die basis van

jou lees- en skryfvermoë vorm.

7. Interessante inligting oor albei:

Deon Meyer: Sy boeke word in 25

verskillende tale vertaal. Hy bly vir 6

maande van die jaar in Loxton in die

Noord-Kaap.

Marieta van der Vyver: Was eers „n

joernalis voor sy voltyds begin skryf het.

Op die ouderdom van 21 is haar eerste

boek gepubliseer.

Joey van Schalkwyk (Gr. 12)

FOTOKOMPETISIE:

(NATUURTONELE)

Die Pendoring hou „n foto-kompetisie vir

die volgende uitgawe. Jy kan enige

natuurfoto inskryf . Die tydstempel moet

op die foto wees. Sodoende beskerm jy net

jouself, want dan weet ons jy het die foto

geneem en nie iewers afgelaai nie. Moet

asseblief nie die foto redigeer

(“photoshop”) nie. Wanneer jy jou foto

inhandig, moet jy ook jou tema vir die foto

gee. Wees asseblief oorspronklik met jou

tema. Gebruik byvoorbeeld die

bewoording “God se goudpot elke dag vir

ons” vir „n sonsondergang. Die

kompetisie sluit 30 Augustus 2012. Slegs

leerlinge van CVO Dankbaar kan inskryf.

Die twee beste foto‟s sal in volkleur in die

Pendoring geplaas word, met die leerling

se naam. Daar is ook lekker pryse om te

wen. Vir meer inligting gaan sien vir Joey

van Schalkwyk.

Page 11: Dankbaar Dinamiet op Orania -  · PDF fileJoey van Schalkwyk (Gr. 12) ... Ons wil net baie dankie se aan ons graad ... Ons s ê totsiens aan meneer Pieter Bothma

11

Op 24 Februarie trek ons skoolbussie in

„n stofwolk by die hekke uit. Ons is oppad

om „n “ou wêreld” op „n nuwe manier te

gaan verken. Met elke kilometer wat

verbyrol op die meter word ons met hart en

siel ingetrek in „n wêreld wat ver lê, maar

tog so diep in ons menswees gewortel is.

Die eerste paar honderd kilometer ry ons

deur Vrystaat se plat, maar tog mooi

vlaktes. My hart word warm wanneer die

kinders in die bus lag en ontspan. „n Paar

sit getrou agter hul boeke en leer vir

Maandag se toetse. Maar kort voor lank

word hulle ook in die joligheid meegevoer.

Die pad is lank en die hitte ongenadig.

Gelukkig is die opgewondeheid groter en

beter. Dan iewers steek ons „n grens oor,

die Vrystaatse vlaktes verander in die

ongelooflikste landskappe van berge wat

trots hul plek volstaan. Ek vergaap my aan

die skepping. Die son wat stadig sy oë laat

hang en lang gape gaap. Ek groet hom vir

die dag en verwelkom die maan. Die lig

wat ons die laaste ent sal lei.

Dis al goed nag toe ons wiele die Majuba

gronde ingaan. Meteens het almal weer

opnuut krag en lus vir die naweek. Nadat

ons die beste kampplek gesoek het, is dit

„n geskarrel van „n klomp Vrystaters op

soek na flitse en tente. Dis nie „n ewigheid

nie toe pronk ons tente trots in „n sirkel.

Die vuurtjie brand, die water kook! A!

Boeretroos! Party van die dapperes het nog

genoeg krag om met fakkels die berg te

klim. Ander verken eerder hul slaapsakke.

Dis onbeskryflik wanneer jy koud uit jou

tent klim, die dou vars tussen jou tone, en

die son wat ons weer groet vir „n nuwe

dag. Wat maak „n kamp so lekker? Koffie

en beskuit.

Na almal se mae vol is, is dit tyd vir

parade. Dis perdekomando‟s en vlae. Dis

Die stem en Transvaalse volkslied.

Hoedervleis hardloop oor my hele lyf. Dis

ons volk, ons eie bloed wat vereer word.

Na die verhaal oor die slag van Majuba,

word waterbottels gevul en sonroom

gesmeer. Dit tyd vir die berg. En mense dit

is „n bérg! Dis „n straf en plesier tegelyk,

want sodra jy voel jy gaan sterf aan

asemnood sien jy „n ongelooflike uitsig en

kry nuwe moed. Tot my verbasing maak

ons dit almal in een stuk tot bo. Ons

verken die monumente en neem foto‟s.

Dan is dit weer die “groot trek” af.

Pootuit ontspan ons die res van die dag,

natuurlik met „n vleisie op die kole en „n

koue koeldrank vir lafenis. Toe die dag

begin einde toe staan is dit stort en hare

kam vir Cantus, die gróót gebeurtenis van

die kamp. Dis blikbekers wat kap op die

tafels, Tant Sakkie se boeredans, De La

Rey en Osbraai op Kromdraai so eie aan

ons volk.

Sondag word kamp opgeslaan en ons gaan

saam kerk toe. „n Swaarte oorval my hart

aan die gedagte om te groet. Die bussie

trek swaar weg. Vir oulaas sien ek die

Majuba berg. In my hart salueer ek elke

Boer, vrou en kind wat vir ons vryheid

geveg het. Die enigste woorde wat oorbly

om te sê is: “Ons sal lewe, ons sal sterwe,

ons vir jou Suid-Afrika”.

Juf. Ilisna

Oues– en jonges van dae verken Majuba

Page 12: Dankbaar Dinamiet op Orania -  · PDF fileJoey van Schalkwyk (Gr. 12) ... Ons wil net baie dankie se aan ons graad ... Ons s ê totsiens aan meneer Pieter Bothma

12

Ons lewer kwaliteit vleis direk van die

plaas.

Produkte:

· Lam

· Maalvleis

· Ouma‟s boerewors

· Sosaties

· „Patties‟

· Vark

· Gerookte vark (boud, eischbein en

ribbetjies)

Alle produkte word verpak en „vacuum‟

verseël volgens u behoefte.

Voorsien u eie bees- en wildvleis en ons

verwerk dit.

Aangesien vleispryse op weeklikse basis

verskil, kan u ons gerus skakel vir pryse.

Van verkope wat voortspruit uit hierdie

advertensie, word 7% kommissie oorbetaal

aan CVO Dankbaar.

Pieter 078 801 3516

Susan 071 770 0220

[email protected]

Ons hou ‘n veeveiling op

12 Junie 2012 by Tobie

Myburgh afslaers om

geld in te samel vir die

skool.

U kan op twee maniere ‘n

bydrae lewer. U kan u

vee bring en verkoop,

waar ‘n deel van die

kommissie aan die skool

gaan of u kan ook vee

skenk.

Vir meer inligting skakel:

Pieter Van Heerden

by

078 801 3516

Pieter Marx by

073 273 3957

BLESBOKFONTEIN

VLEISVERSPREIDERS Ons kwaliteit is ons trots

VEEVeiling

Page 13: Dankbaar Dinamiet op Orania -  · PDF fileJoey van Schalkwyk (Gr. 12) ... Ons wil net baie dankie se aan ons graad ... Ons s ê totsiens aan meneer Pieter Bothma

13

Reünie Glo dit of nie, maar Dankbaar is

hierdie jaar reeds

20 jaar oud.

Ons vier dit met ons jaarlikse

Reünie wat plaasvind op

13 Oktober 2012

Hou maar daardie aand oop,

want daar gaan groot fees

gevier word om Dankbaar se

20ste bestaansjaar te vier.

Ons begin die naweek met ons

Prysuitdeling op 12 Oktober.

Die Saterdagoggend is daar die

gebruiklike rugby en netbal wat

deel uitmaak van die reünie en

die Saterdagaand kan daar

uitgesien word na „n

fantastiese opvoering deur die leerlinge, „n ete en vei-

ling.

Skakel gerus die skoolkantoor

vir meer inligting.

Excelsior

Ons jaarlikse

streeksbyeenkoms het op 11

Februarie te Excelsior plaasgevind. „n

Heerlike bui reën het die vorige nag

uitgesak en „n pragtige sonskyndag het

aangebreek. Dit was reeds ons atlete se

tweede byeenkoms van die seisoen en „n

mens kon dit aan hulle goeie prestasies

sien.

Die topprestasie van die byeenkoms was

egter Michal Marx se 100 en 200m

naellope. Die 100m rekord is in 1999 deur

Hennie Geldenhuys opgestel en die 200m

rekord in 2001 deur sy broer, Helgaard.

Ons glo en vertrou dat Michal sommer

nog baie rekords hierdie seisoen gaan

breek en ons skool se naam hoog sal hou

op die atletiekbane van ons mooi land.

Ons skoolhoof, mevrou Gerty van

Aswegen, het self „n goeie prestasie behaal

toe sy op vernuftige wyse daarin geslaag

het om haar been van die vroue aflos

heelwat korter te maak.

Pietman Oosthuizen (Gr. 5)

betlehem

Die Vrystaat atletiekbyeenkoms op

Betlehem het gesorg vir lekker opwinding.

Op Vrydag, 2 Maart, was al Dankbaar se

atlete reeds vroeg aan die gang. Die bussie

het reeds om 05:00 van die skool af

vertrek, net om by „n vulstasie „n probleem

op te tel. Danksy ouers en van die

onderwysers het almal veilig in Betlehem

aangekom. Dankbaar se atlete het goed

Sport

Page 14: Dankbaar Dinamiet op Orania -  · PDF fileJoey van Schalkwyk (Gr. 12) ... Ons wil net baie dankie se aan ons graad ... Ons s ê totsiens aan meneer Pieter Bothma

14

gevaar.

Baie van ons atlete het met „n medalje

weggestap en deurgedring na die SA‟s wat

gedurende die vakansie in Roodepoort

plaasvind. Daar is selfs rekords gebreek

deur somige atlete, terwyl ander rekords

met „n haarbreedte gemis het.

Na die atletiek het Dankbaar fluks gehelp

met die opruim van die atletiekstadion.

Met moeë liggame en seer voete het almal

teruggekeer huis toe. Met of sonder „n

medalje, maar elkeen was trots op hul

prestasie.

Ons wil al ons atletete wat op Betlehem

deelgeneem het, bedank en ook geluk sê

aan die wat deurgedring het na die SA‟s.

Geluk en sterkte vir Roodepoort.

Juf. Deonie

Agter van links na

regs: Michelle van

Deventer (Matriek);

Meri Cornelissen

(Pippie); Carla

Myburgh (Giggels);

Joey van Schalkwyk

(Matriek)

Voor van links na

regs: Dirkie

Venter (Faffa);

Hannes Venter

(Hitler)