jordaniaprimer.co.za · dat leerders moet ontwikkel op alle gebiede – akademies, sport, kultuur...

32

Upload: others

Post on 05-Jan-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: jordaniaprimer.co.za · dat leerders moet ontwikkel op alle gebiede – akademies, sport, kultuur en sosiaal tot die beste wat sy/hy kan wees. Ons tema is nie verniet “100% Jorries”
Page 2: jordaniaprimer.co.za · dat leerders moet ontwikkel op alle gebiede – akademies, sport, kultuur en sosiaal tot die beste wat sy/hy kan wees. Ons tema is nie verniet “100% Jorries”
Page 3: jordaniaprimer.co.za · dat leerders moet ontwikkel op alle gebiede – akademies, sport, kultuur en sosiaal tot die beste wat sy/hy kan wees. Ons tema is nie verniet “100% Jorries”
Page 4: jordaniaprimer.co.za · dat leerders moet ontwikkel op alle gebiede – akademies, sport, kultuur en sosiaal tot die beste wat sy/hy kan wees. Ons tema is nie verniet “100% Jorries”

Boodskap van die Skoolhoof

Geagte Voornemende ouer

U staan voor 'n groot besluit in u kind se lewe. U kind moet met sy/haar skoolloopbaan begin. In Bethlehem kan u as ouer baie dankbaar wees dat u nog 'n keuse het tussen uitstekende skole.

Hoekom dan Jordania? Hier by Primêre Skool Jordania sal u kind gelukkig wees en 'n legio geleenthede kry . Ons glo dat leerders moet ontwikkel op alle gebiede – akademies, sport, kultuur en sosiaal tot die beste wat sy/hy kan wees. Ons tema is nie verniet “100% Jorries” nie, want ons werk en speel met oorgawe en gee absoluut 100% in alles wat ons doen. Hier by Jordania is ons een familie wat saam aan elke kind se toekoms bou.

Baie welkom hier by Jordania. Ons hoop van harte dat ons 'n lang en suksesvolle verbintenis met u gaan hê.

Dr. André Smith Skoolhoof O

NS

JORDANIA

PRIMÊR

UOB

1

Page 5: jordaniaprimer.co.za · dat leerders moet ontwikkel op alle gebiede – akademies, sport, kultuur en sosiaal tot die beste wat sy/hy kan wees. Ons tema is nie verniet “100% Jorries”

ELKE KIND IS BELANGRIK

ONS

JORDANIA

PRIMÊR

UOB

2

Page 6: jordaniaprimer.co.za · dat leerders moet ontwikkel op alle gebiede – akademies, sport, kultuur en sosiaal tot die beste wat sy/hy kan wees. Ons tema is nie verniet “100% Jorries”

PROSPEKTUS

1. SKOOLURE

1.1 Aanvang van die skooldag: 07:28

1.2 Einde van die skooldag: Maan tot Don: Gr 1 & 2 - 13:05 Gr 3 - 13:30 Gr 4 - 7 - 13:35 Vrydae : Gr 1 & 2 - 12:45 Gr 3 - 12:50 Gr 4 - 7 - 13:00

1.3 Kortpouse: 08:45 - 09:00 (Slegs Gr. 1 - 3)

1.4 Langpouse: Maandag: Dinsdag tot Donderdag: Vrydag: 09:50 - 10:15 Hierdie tye is onderhewig aan verandering.

2. SKOOLGELDE

Skoolgelde word gedurende Oktober van elke jaar deur die Beheerliggaam bepaal. Dit kan op die volgende wyses betaal word:

2.1 In een bedrag voor die einde van die vorige skooljaar, waar daar dan ’n afslag van 7,5% per kind op die volle bedrag toegestaan word.

2.2 Tien gelyke paaiemente met die finale paaiement voor of op die einde van Oktober. Indien daar 3 of meer kinders in Jordania is, is daar 'n afslag van R300 vir elke kind meer as 2.

2.3 Metode van betaling:• Per tjek: aan Jordania Primêre Skool uitgemaak en as NIE OORDRAAGBAAR gemerk. Vooruitgedateerde tjeks vir die hele jaar.• Aftrekorder: Wat u by u eie bank reël, inbetaalbaar op die skool se rekening. Baie belangrik dat u oudste kind se naam en graad waarin hy/sy is, op die inbetaling verskyn, asook die verwysingsnommer wat regs bo op u rekening is (bv. 351).

10:20 - 10:45

3

10:13 - 10:38

- - - - - -

Page 7: jordaniaprimer.co.za · dat leerders moet ontwikkel op alle gebiede – akademies, sport, kultuur en sosiaal tot die beste wat sy/hy kan wees. Ons tema is nie verniet “100% Jorries”

• Elektroniese inbetaling: Oudste kind se naam en graad waarin hy/sy is, moet op die inbetaling verskyn, asook die verwysings- nommer wat regs bo op u rekening is (bv. 351). Bewys van inbetaling moet aan die skool voorsien word.

• Kontantinbetaling: bv. by u bank op die skool se rekening. Oudste kind se naam en graad waarin hy/sy is, asook die verwysingsnommer op die rekening regs bo (bv. 351) moet op die inbetaling verskyn. Die inbetaalstrokie moet asb. aan die skool voorsien word.

3. SKOOLDRAG Die voorgeskrewe skooldrag is by Le Roy en Fanas verkrygbaar. Ons doen 'n vriendelike, dog dringende beroep op ouers om ter wille van eenvormigheid te hou by die voorgeskrewe skooldrag. Merk asseblief al die skoolklere. Jordania-Kleurbaadjie : Opsioneel vir Graad 4 tot 7 leerders. Verpligtend vir raadsleiers.

3.1 Skooldrag vir seuns Somer: Grys kortbroek, blou kortmou hemp, skoolkouse en swart skoolskoene met veters. Op koel dae mag 'n v-nek vlootblou (navy) trui, sweetpakbaadjie en oortrektrui (pull- over) gedra word. Winter: Grys langbroek, blou langmou hemp met skooldas, swart skoolskoene met veters, grys kouse en v-nek vlootblou trui, sweetpakbaadjie en oortrektrui mag gedra word.

3.2 Skooldrag vir meisies Somer: Blou skoolrok, kort wit sokkies en swart skoolskoene (bandjie oor voet en lae hak - geen skoene met veters). Op koel dae mag 'n vlootblou v-nek trui, sweetpakbaadjie en oortrektrui (pull-over) gedra word.

ABSA BANK - Kerkstraat - Jordania Primêre Skool T jek rek. 770 4300 38 - Takkode 623005

V erwysing - Kind se naam en rekeningnommer

4

BANKBESONDERHEDE

Page 8: jordaniaprimer.co.za · dat leerders moet ontwikkel op alle gebiede – akademies, sport, kultuur en sosiaal tot die beste wat sy/hy kan wees. Ons tema is nie verniet “100% Jorries”

Winter: Vlootblou (navy) langbroek, vlootblou of wit kouse, swart skoolskoene, blou langmou hemp met skooldas, vlootblou v-nek trui, sweetpakbaadjie en oortrektrui mag gedra word.

3.3 Algemeen Meisies: Haarlinte mag slegs in skoolkleure wees. Geen bont linte. Haarrekkies mag slegs swart, wit of vlootblou wees. Kopbande wat wit of vlootblou is - sonder blinkertjies - mag gedra word. Geen ringe, hangertjies of armbande is toelaatbaar nie. Fyn goue of silwer oorknoppies of oorringetjies mag gedra word - slegs een in elke oor. Kleur van hare is nie toelaatbaar nie. Geen grimering mag gedra word nie. Seuns: Geen haarlyne, hare moet eweredig gesny word. Kleur van hare is nie toelaatbaar nie. Selfone: Selfone word by kantoor ingehandig en weer na skool afgehaal. Horlosie-selfone mag gedra word. Geen gebruik daarvan tydens skoolure nie, anders sal dit gekonfiskeer word.

3.4 Sportdrag

Atletiek: Jordania-atletiekdrag met skoolsweetpak. Netbal: Jordania sporthempie, vlootblou rompie en broekie, wit kouse, sportskoene en skoolsweetpak. Rugby: Vlootblou LO- broekie, rugbytrui word deur die skool voorsien. Hokkie: Jordania sporthempie, vlootblou rompie en broekie, hokkiekouse en sportskoene. Krieket: Jordania sporthempie en vlootblou LO- broekie met krieketkouse en skool- sweetpak. Tennis: Jordania sporthempie met vlootblou rompie / broekie en wit kouse.

5

Page 9: jordaniaprimer.co.za · dat leerders moet ontwikkel op alle gebiede – akademies, sport, kultuur en sosiaal tot die beste wat sy/hy kan wees. Ons tema is nie verniet “100% Jorries”

4. GEDRAGSKODE VIR LEERDERS VAN PRIMÊRE SKOOL JORDANIA

Ten einde die skool se missie en visie te bereik, sal die volgende aspekte bevorder word:

• Onderlinge respek tussen leerders; • Respek teenoor opvoeders en alle volwassenes; • Respek vir eiendom van die skool en ander se eiendom; • Respek vir die omgewing, wat insluit die bewaring van Natuurlike Hulpbronne; • Respek vir en verdraagsaamheid teenoor alle landsburgers se taal, kultuur en geloof; en • Gehoorsaamheid aan die skoolreëls en landswette.

4.1 Taalbeleid

Die taal van onderrig by Primêre Skool Jordania is Afrikaans, soos spesifiek bepaal deur die Beheerliggaam. Respek vir ander landstale sal egter bevorder word.

4.2 Gedragskode en Dissiplinêre maatreëls

a) Inleiding

Die grondslag van Primêre Skool Jordania se Gedragskode en Dissiplinêre maatreëls is:

Visie: Ons is mede verantwoordelik vir ons leerders se toekoms.

M issie:O ns missie is dat elke ouer, leerder, opvoeder,

administratiewe personeellid en werker hier by die skool, deel sal wees van 'n h egte band, gesmee deur wedersydse

lojaliteit, vertroue en l iefde.

O ns bied lewensruimte, geleenthede, kennis en geleerdheid binne gemeenskaplike waardes en norme.

6

Page 10: jordaniaprimer.co.za · dat leerders moet ontwikkel op alle gebiede – akademies, sport, kultuur en sosiaal tot die beste wat sy/hy kan wees. Ons tema is nie verniet “100% Jorries”

• om 'n omgewing te skep waar leerders in 'n geordende en

gedissiplineerde omgewing hulleself ten volle kan uitleef in

groepsverband, maar ook as individue; • om maatreëls in plek te stel wat leerders se houding en

gedrag in ooreenstemming bring met die etos van die

skool; • om enersyds afwykende gedrag te straf en andersyds te

poog om afwykende gedrag te normaliseer; • om maksimale betrokkenheid van ouers te bevorder by die

toepassing van dissiplinêre maatreëls; • om die filosofie by leerders te vestig dat alhoewel hulle

regte het, hulle insgelyks ook verpligtinge en verantwoordelikhede

het.

Die Gedragskode en dissiplinêre maatreëls is opgestel met

inagneming van die bepalings van die volgende statutêre

verordeninge:

• Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996 • Wet op Vrystaat Skoolonderwys 2 van 2000 • Regulasies uitgevaardig kragtens PK156 van 2001 • Riglyne vir Gedragskodes soos afgekondig in Staatskoerant 18900 op 15/05/1998 • Oorkoepelend met inagneming van die Suid-Afrikaanse Grondwet 108 van 1996

b) Fundamentele beginsels Die volgende fundamentele beginsels sal te alle tye gehandhaaf

word by die toepassing van tug:

• Die reëls van Natuurlike Geregtigheid vorm die basis van die

dissiplinêre proses. • Straf moet in verhouding tot die erns van die oortreding toegepas

word. • Geen leerder sal onderwerp word aan lyfstraf of enige onmenslike

of vernederende straf nie. • Geen leerder sal voor mede-leerders verneder word nie.

7

Page 11: jordaniaprimer.co.za · dat leerders moet ontwikkel op alle gebiede – akademies, sport, kultuur en sosiaal tot die beste wat sy/hy kan wees. Ons tema is nie verniet “100% Jorries”

• Elke leerder wat beskuldig word van, of aangekla word van

enige oortreding, sal die geleentheid kry om sy/haar kant van

die saak te stel. • Elke leerder sal die geleentheid gebied word om by tugverrigtinge

m.b.t. Kategorie B & C oortredings deur sy/haar ouers of

gedelegeerde volwassene bygestaan te word. • Tugmaatreëls is daarop gerig om die goeie orde te handhaaf en

is primêr, korrektief van aard.

c) Die reg op visentering van leerders of hul eiendom

Wanneer die Skoolhoof of enige Opvoeder 'n redelike vermoede

het, gegrond op inligting dat 'n leerder in besit is van enige

onbehoorlike voorwerp(e) en/of artikel(s), mag so 'n leerder of

sy/haar eiendom gevisenteer word. Onbehoorlike artikels of

voorwerpe sluit o.a. die volgende in, welke lys egter nie 'n geslote

lys is nie, maar in die diskressie van die Skoolhoof of Adjunkhoof

uitgebrei mag word: gevaarlike wapens, soos vuurwapens, soos

messe; dwelms, sterk drank, pornografiese materiaal of voorwerpe,

of vermoedelik gesteelde eiendom.

Visentering sal nie geskied in die teenwoordigheid van ander

leerders nie. Seuns sal net fisies gevisenteer word deur 'n manlike

opvoeder wat verkieslik deur 'n tweede manlike opvoeder

bygestaan sal word. Dogters sal slegs deur 'n vroulike opvoeder

gevisenteer word, verkieslik bygestaan deur 'n tweede vroulike

opvoeder. Visentering sal volgens die aanvaarbare riglyne geskied.

8

Page 12: jordaniaprimer.co.za · dat leerders moet ontwikkel op alle gebiede – akademies, sport, kultuur en sosiaal tot die beste wat sy/hy kan wees. Ons tema is nie verniet “100% Jorries”

d) Grondbeginsels waarop die ordestelsel gegrond is:

Die algehele stelsel is gefundeer op waardes en beginsels.

Ø Hierdie stelsel word geïmplimenteer om die beheer en dissipline effektief en vaartbelyn te maak.

Ø Hierdie stelsel is daarop gemik om kommunikasie tussen ouers en opvoeders te verbeter sodat 'n gesamentlike poging aangewend kan word om 'n sukses van leerders se opvoeding te maak.

Ø 'n Opvoeder by die skool sal oor dieselfde regte as 'n ouer beskik om die leerder ingevolge die gedragskode te dissiplineer gedurende die tyd wat die leerder die skool, asook enige klas, skoolfunksie, skooluitstappie of skoolverwante aktiwiteite bywoon.

Ø Die uitsluitlike doel is om leerders op te voed, te leer en te lei om uiteindelik welaangepaste leerders en volwassenes te word, en ons nie sal verslap in hierdie strewe van ons nie. M.b.t. uitstappies, toere, ligabepalings, ens. word 'n baie groot verantwoordelikheid op die Opvoeders geplaas wat hier betrokke is. Leerders wat ongedissiplineerd is, klasse ontwrig en geen respek betoon vir Opvoeders, mede-leerders en ander se eiendom nie, sal dus nie oorweeg word vir bogenoemde aktiwiteite nie. Opvoeders behou hulle die reg voor om te weier dat sulke leerders 'n span of groep vergesel.

Sulke aangeleenthede sal hanteer word deur die bestuurspan van die skool asook die volle personeel van die skool. Die ouers van die betrokke leerders sal ook geken word in die aangeleentheid.

9

Page 13: jordaniaprimer.co.za · dat leerders moet ontwikkel op alle gebiede – akademies, sport, kultuur en sosiaal tot die beste wat sy/hy kan wees. Ons tema is nie verniet “100% Jorries”

5. DISSIPLINÊRE STELSEL

5.1 Algemeen: Die oortreding van reëls bring mee dat daar strawwe moet wees. Om egter te voorkom dat daar, wat gedrag betref, slegs gekonsentreer word op die negatiewe, word leerders ook beloon vir positiewe gedrag. Leerders wat deur die jaar getrou hul werk doen en wat nooit gestraf moet word omdat hulle gedrag onberispelik is, ontvang aan die einde van die jaar ‘n sertifikaat van verdienste as beloning. Leerders wat vir 7 (sewe) jaar hul volle punte behou het, ontvang ‘n spesiale toekenning sowel as ‘n vermelding op sy / haar getuigskrif. So ‘n stelsel sal die personeel help met die identifisering van potensiële leiers wanneer daar aan die einde van Graad 6 ‘n nuwe raadsleiers aangewys moet word. Oortredings word in drie kategorieë verdeel, naamlik kategorie A, B en C - oortredings. Aan elkeen van hierdie oortredings word ‘n sekere puntewaarde geheg.

5.2 Kategorie A - oortredings sluit in: • Huiswerk nie gedoen nie; • Let nie op in die klas nie; • Huiswerk nie voltooi nie; • Boeke tuis vergeet; • LO-klere vergeet; • Taak nie voltooi of ingehandig nie; • Slordige werk.

Pligsversuimboek Na elke oortreding word dit aangeteken in die pligsversuimboek waar die onderwyser en leerder teken. Nadat die leerder 80 (tagtig) punte afgestaan het, besoek hy / sy die hoof. Die ouers word ook ingeroep sodat die leerder se probleem bespreek kan word.

5.3 Kategorie B of Gedragsoortredings word verdeel in drie kategorieë: • Lastige oortredings • Ernstige oortredings • Baie ernstige oortredings

10

Page 14: jordaniaprimer.co.za · dat leerders moet ontwikkel op alle gebiede – akademies, sport, kultuur en sosiaal tot die beste wat sy/hy kan wees. Ons tema is nie verniet “100% Jorries”

Lastige oortredings sluit in: • Laatkom; • Slordigheid; • Verkeerde kleredrag; • Sonder om te reël wegbly van buitemuurse aktiwiteite; • Geen afwesigheidsbrief na ‘n afwesigheid van die skool; • Swak taalgebruik; • Eet in die klas; • Laat aankom by klas; • Toetse en / of skrifte nie geteken nie; • Omsendbriewe / rekeningstate - koevert nie geteken nie; • Skeurstrokies nie terugbring; • Leerder in besit van selfoon.

Oortredings in hierdie kategorie word net soos die akademiese oortredings hanteer.

Die volgende word as ernstige oortredings beskou en word ook op ‘n ander manier hanteer: • Rook op die skoolterrein; • Sigarette in sy / haar besit; • Stokkiesdraai; • Afwesig van klas sonder toestemming; • Die ouers word ook ingeroep.

5.4 Kategorie C - oortredings: Die volgende word as baie ernstige oortredings van die skool se gedragskode gesien en na gelang van die erns van die saak, kan dit lei tot onmiddellike skorsing of uitsetting of kan ‘n finale waarskuwing dadelik aan so ‘n oortreder gegee word: • Aanranding; • Diefstal; • Vandalisme; • Oneerlikheid in toetse en eksamens (wat hierdie oortreding, betref kan dit daartoe lei dat die leerder 0 kry vir die hele vraestel of vir sekere vrae wat hy beantwoord het); • Pornografiese leesstof in sy / haar besit; • Bedrog; • Gebruik of in besit van alkoholiese drank; • Uitdagende, onbeskofte gedrag teenoor die personeel; • Dwelms; • Rassediskriminasie.

11

Page 15: jordaniaprimer.co.za · dat leerders moet ontwikkel op alle gebiede – akademies, sport, kultuur en sosiaal tot die beste wat sy/hy kan wees. Ons tema is nie verniet “100% Jorries”

In die grondslagfase sal leerders tydens kortpouse in die vierkant by die saal sit vir elke 10 punte wat afgetrek word.

5.5 Leerderbetrokkenheid: Lede van die leerlingraad kan ook oortredings van die gedragskode aan die hoof rapporteer. Leerders word ook gedurig op hoogte gehou van die gedragskode, die skoolreëls en die Strafstelsel.

Beloning: Leerders wie uitstekende werk, diens of gedrag lewer, sal kredietpunte ontvang of sal ‘n brief van die hoof ontvang, aanbeveel deur die onderwyser.

Toere of uitstappies (opvoedkundig): Indien ‘n leerder meer as 100 (eenhonderd) punte verloor het vir gedragsoortredings, verbeur hy / sy die geleentheid om aan bogenoemde geleenthede deel te neem. 5.6 Doel Volgens Artikel 8 (2) van die SA Skolewet (8)(2), 84 van 1996 is die doel van ‘n gedragskode om ‘n gedissiplineerde en doelgerigte skoolomgewing, wat toegewyd is aan die bevordering en instand- houding van die leerproses, te vestig.

Primêre Skool Jordania se doel met die gedragskode is dus: • Om positiewe dissipline te bevorder • Om selfdissipline aan te leer • Om voorbeeldige gedrag te bevestig.

Alhoewel artikel 5(3) (b) van die SA Skolewet bepaal dat ‘n leerder nie toelating tot die skool geweier kan word omdat sy of haar ouers nie die missiestelling van die skool onderskryf nie, word dit in Artikel 8(4) van hierdie wet baie duidelik gestel dat “Geen bepalings van hierdie wet stel ‘n leerder vry van die verpligting om die gedragskode van die skool wat deur sodanige leerder bygewoon word, nie na te kom nie.”

Dit beteken dat alle leerders van Primêre Skool Jordania aan die vereistes van die gedragskode moet voldoen.

12

Page 16: jordaniaprimer.co.za · dat leerders moet ontwikkel op alle gebiede – akademies, sport, kultuur en sosiaal tot die beste wat sy/hy kan wees. Ons tema is nie verniet “100% Jorries”

5.7 Primêre Skool Jordania debietstelsel

Die registeronderwysers van ’n klas hanteer die debietpunteboek van daardie klas. Die registeronderwysers moet ook seker maak dat die briefies betyds na die ouers toe uitgaan.

Tydens die tugverhoor sal daar besluit word of die leerder nog ‘n kans gegee sal word en of dit na die dissiplinêre komitee verwys sal word.

Die ouers moet onmiddellik in kennis gestel word met enige van die stappe deur die registeronderwyser. Die skeurstrokie moet die volgende dag teruggebring word.

NB: Die registeronderwyser moet dit bêre. Indien daar ‘n verhoor gehou moet word, moet alle stappe getoon kan word wat uitgevoer is deur die skool se dissiplinêre stelsel.

5.8 Algemeen

• Die kennisbriewe moet volledig ingevul word. • Die gee van punte aan die kinders moet oordeelkundig en konsekwent wees. • Pasop om vir ‘n hele klas punte te gee wat se huiswerk onvoltooid is. • ‘n Leerder kan nie meer as een keer punte in ‘n periode vir dieselfde oortreding kry nie. • Huiswerk van ‘n leerder is nie gedoen, maar die onderwyser kyk eers twee dae later daarna, mag die kind nie 20 punte kry nie, dit bly 10. • Indien ‘n leerder deur die jaar meer as 100 punte vir gedragsoortredings kry, diskwalifiseer hy / sy hom / haarself vir toere en vir die verkiesing tot die leierraad.

40 punte verloor: Brief aan ouers wat hulle in kennis stel.

80 punte verloor: Brief aan ouers, hulle moet die hoof kom sien.

120 punte verloor: Brief wat ouers in kennis stel van detensie. Een en ‘n halfuur.

160 punte verloor: Brief wat ouers in kennis stel van detensie. Een en ‘n halfuur.

200 punte verloor: Een week uitsetting uit klasse uit.

240 punte verloor: Tugverhoor.

13

Page 17: jordaniaprimer.co.za · dat leerders moet ontwikkel op alle gebiede – akademies, sport, kultuur en sosiaal tot die beste wat sy/hy kan wees. Ons tema is nie verniet “100% Jorries”

• Die week waartydens die leerder klasbywoning geweier word, mag hy / sy aan geen ander skoolaktiwiteit deelneem nie, sport ingesluit. • Kredietpunte kan nie gebruik word om debietpunte teen te werk nie.

Uit wie bestaan die tugkomitee? Hoof, Adjunkhoof, registeronderwyser betrokke, die SO opvoeder en ‘n leerder verteenwoordiger (registeronderwyser is verantwoordelik vir die hou van ‘n notule).

Uit wie bestaan die dissiplinêre komitee? Voorsitter van die Beheerliggaam, Hoof, Adjunkhoof, Registeronderwysers betrokke, SO opvoeder en ’n leerder verteenwoordiger (Registeronderwyser is verantwoordelik vir die hou van ‘n notule).

5.9 Dissiplinêre prosedures

• Die leerder het die reg om teen die dissiplinêre komitee se uitslag te appelleer by die hoof van die Departement; • Elke saak sal volgens die graad van oortreding so hanteer word dat die leerder en die gemeenskap bevoordeel sal word; • Die menswaardigheid en regte van die leerders sal ten alle tye gerespekteer word; • Die ouers mag die verhoor bywoon en ook insae lewer, die leerder het ook die reg om iemand te kry wat as getuie kan dien; • Die totale verloop van die gebeure sal in die komitee se verslag verskyn en in die leerder se lêer geliasseer word; • Die Onderwysdepartement gee finale goedkeuring vir handeling met die leerder, veral in die geval van skorsing.

Aanbevelings wat deur die dissiplinêre komitee gemaak kan word: • Gemeenskapsdiens by die skool of elders; • Geldelike vergoeding vir die party teen wie die oortreding begaan is; • ‘n Finale waarskuwing; • Tydelike uitsetting; • Permanente uitsetting.

14

Page 18: jordaniaprimer.co.za · dat leerders moet ontwikkel op alle gebiede – akademies, sport, kultuur en sosiaal tot die beste wat sy/hy kan wees. Ons tema is nie verniet “100% Jorries”

5.10 DEBIETPUNTE

1.

2.

3.

4.

5.

6.

7.

8.

9.

10.

11.

12.

13.

14.

15.

16.

17.

18.

19.

20.

21.

OORTREDINGS

ALGEMENE OORTREDINGS

Verlaat die skoolterein sonder verlof / stokkiesdraai

Slip periode / daag nie op vir sport - of kultuuraktiwiteit

ERNSTIGE OORTREDINGS

Gebruik of besit of onder invloed van alkohol / dwelmmiddels

Aanranding met die doel om te beseer

Kriminele oortreding, aanranding, steel, ens.

Pornografiese leestof / ongewenste materiaal

Huiswerk afskryf: Lener en afskrywer (N.V.T. op GSF)

ONEERLIKHEID

Doen van huiswerk in ander vak (N.V.T. op GSF)

Toetse / Eksamens afskryf (krip)

Handtekening vervals

BESKADIG EIENDOM

Badkamers, mors van toilet papier, rommel strooi

Krap op skoolbanke / mure.

Vandalisme. Herstel / Betaal

SWAK GEDRAG

Spuug

Baklei / afknouery / intimidasie van ander leerders

Vloek / opmerkings teenoor leerders en personeel

Gesels tydens aantree en saal / nie in regte ry nie / laat kom saal / klas

Gesels onnodig in klas, doen nie werk nie

Boeke nie by skool / Huiswerk nie gedoen of ontbreek/LO klere vergeet (N.V.T. op GSF)

Toetse / Eksamens nie geteken nie

Rassediskriminasie

-80

-20

-120

-120

-120

-120

-80

-40

-20

-40

-40

-40

-40

-40

-20

-40

-40

-10

-10

-10

-10

-40

PUNTE

22. Selfoon in besit van leerder

15

Page 19: jordaniaprimer.co.za · dat leerders moet ontwikkel op alle gebiede – akademies, sport, kultuur en sosiaal tot die beste wat sy/hy kan wees. Ons tema is nie verniet “100% Jorries”

5.11 VOORBEELDE VAN DIE BRIEWE AAN OUERS

5.11.1 JP 1 Datum __________________ Geagte _________________

Dit is met groot spyt dat ons u moet meedeel dat u kind,

______________________ in Graad _______ reeds 40 punte verloor het. Ons glo en vertrou op u samewerking

_________________________ ______________________ Voogonderwyser Hoof

5.11.2 JP 2

Datum __________________ Geagte _________________

Dit is met groot spyt dat ons u moet meedeel dat u kind,

______________________in Graad _______ reeds 80 punte verloor het. Volgens die skool se tugstelsel moet u asseblief die hoof kom sien. Ons glo en vertrou op u samewerking.

_________________________ ______________________ Voogonderwyser Hoof

5.11.3 JP 3 Datum __________________ Geagte _________________

Dit is met groot spyt dat ons u moet meedeel dat u kind,

_____________________in Graad _______ reeds 120 punte verloor het. Volgens die skool se tugstelsel moet hy/sy nou een en half uur detensie bywoon. Ons glo en vertrou op u samewerking.

_________________________ ______________________ Voogonderwyser Hoof

OORTREDINGS PUNTE

SWAK GEDRAG (Vervolg)

Ontwrig klas en algemene byeenkomste

VOORKOMS

Eet in klas / kougom kou

Skooldrag nie reg (ook sportdrag en Kinetix klere)

Graffiti / Slagspreuke / simbole op tas, dagboek, handboek,penneblik (skoonmaak / vervang)

23. -40

-10

-10

-10

-10

24.

25.

26.

27.

Hare gekleur / abstrakte styl, jel in hare

16

Page 20: jordaniaprimer.co.za · dat leerders moet ontwikkel op alle gebiede – akademies, sport, kultuur en sosiaal tot die beste wat sy/hy kan wees. Ons tema is nie verniet “100% Jorries”

5.11.4 JP 4

Datum __________________ Geagte _________________

Dit is met groot spyt dat ons u moet meedeel dat u kind,

______________________ in Graad _______ reeds 160 punte verloor het. Volgens die skool se tugstelsel moet hy / sy weer een en half uur detensie bywoon. Ons glo en vertrou op u samewerking.

_________________________ ______________________ Voogonderwyser Hoof

5.11.5 JP 5

Datum _________________ Geagte _________________

Dit is met groot spyt dat ons u moet meedeel dat u kind,

______________________in Graad _______ reeds 200 punte verloor het en volgens die skool se tugstelsel het u kind nou alreeds 3 ure detensie gesit. Ons glo en vertrou op u samewerking.

_________________________ ______________________ Voogonderwyser Hoof

As gevolg van u kind se volgehoue pligsversuim / swak gedrag laat hy / sy die skool geen ander keuse as om u kind vir ‘n week van die klasse te weier nie. U kind moet egter nog steeds na die skool kom waar hy / sy in afsondering sal sit in kamer ______.

Die week uitsetting is van Maandag _______________________ tot Vrydag __________________.

Ons glo en vertrou dat u die erns van die saak sal besef en ernstig in gesprek met u kind sal tree.

________________________ ______________________ Voogonderwyser Hoof

17

Page 21: jordaniaprimer.co.za · dat leerders moet ontwikkel op alle gebiede – akademies, sport, kultuur en sosiaal tot die beste wat sy/hy kan wees. Ons tema is nie verniet “100% Jorries”

5.11.6 JP 6

Kennisgewing om voor die Tugkomitee te verskyn.

Datum __________________ Geagte _________________

Dit is met groot spyt dat ons u moet meedeel dat u kind,

_____________________ in Graad _______ reeds 240 punte verloor het, en volgens die skool se tugstelsel moet u kind voor die Tugkomitee verskyn.

Die Tugverhoor sal plaasvind op ___________________________(dag)

_________________________ (datum) om __________(tyd).

Die verhoor sal plaasvind in die hoof se kantoor. U as ouer is welkom om die verhoor by te woon. Hy / sy mag ook gebruik maak van getuies om hom / haar kant van die saak te stel.

U as ouer sal skriftelik in kennis gestel word van die besluit wat deur die Tugkomitee gemaak is.

Sy / haar verskyning staan in verband met:

_________________________________________________________

_________________________ Voorsitter: Tugkomitee

5.11.7 JP 7

Kennisgewing van ‘n Dissiplinêre verhoor

Datum __________________ Geagte _________________

Dit is met groot spyt dat ons u moet meedeel dat u kind, ______________________in Graad _______ voor die skool se dissiplinêre Komitee moet verskyn. Volgens die skool se tugstelsel het u kind deur al die prosedures gegaan en sy / haar saak is verwys na die Dissiplinêre Komitee. Die verhoor sal plaasvind op ______________________________(dag)

_____________________(datum) om _____________(tyd). Die verhoor sal plaasvind in die hoof se kantoor. U as ouer is welkom om die verhoor by te woon. Hy / sy mag ook gebruik maak van getuies om hom / haar kant van die saak te stel.

U as ouer sal skriftelik in kennis gestel word van die besluit wat deur die Dissiplinêre Komitee gemaak is.

Sy / haar verskyning staan in verband met:

_________________________________________________________

_________________________ Voorsitter: Dissiplinêre Komitee

18

Page 22: jordaniaprimer.co.za · dat leerders moet ontwikkel op alle gebiede – akademies, sport, kultuur en sosiaal tot die beste wat sy/hy kan wees. Ons tema is nie verniet “100% Jorries”

5.12 KREDIETPUNTE

Opruiming1.

Dienslewering na skoolure

Hulpvaardigheid

Bywoning van skoolfunksies, Redenaars, Sport, ens.

Rapportering van oortreders

Skoolbywoning / per week (100%)

Akademies: Diamant (85 - 100%) (per kwartaal)

Akademies: Goud (70 - 84%) (per kwartaal)

Akademies: Silwer (60 - 69%) (per kwartaal)

Deelname aan sport- of kultuuraktiwiteite (per aktiwiteit)

Wen van ‘n liga (elke lid van die span)

Goeie gedrag (per week)

Deelname aan koor, skaak & drama (per jaar)

2.

3.

4.

5.

6.

7.

8.

9.

10.

11.

12.

10

15

10

5

5

1

15

10

5

15

10

5

30

Indien die leerders aan die einde van ‘n jaar kredietpunte het, sal hulle ‘n beloning ontvang. Die einde van die jaar se punte word bepaal deur die

debietpunte by die kredietpunte af te trek.

60 - 119 Gewone klere vir twee dae

120 - 199 Melkskommel of roomys en gewone klere vir twee dae

200+ Hamburger, skyfies en koeldrank. Gewone klere vir twee dae

19

13.

Page 23: jordaniaprimer.co.za · dat leerders moet ontwikkel op alle gebiede – akademies, sport, kultuur en sosiaal tot die beste wat sy/hy kan wees. Ons tema is nie verniet “100% Jorries”

1. AKADEMIESE STANDAARD

Akademie is Primêre Skool Jordania se hoogste prioriteit. Ons streef na 'n hoë akademiese standaard, waar die maksimale ontwikkeling van elke leerder nagestreef word. Ons maak gebruik van die jongste metodes en nuutste tegnologie in ons klaskamers en deur addisionele beheerliggaamposte, sien ons toe dat klasgetalle so laag as moontlik gehou word. Jordania se leerkragte werk met entoesiasme om 'n positiewe onderrig- en leerklimaat in die skool te skep.

2. KURRIKULUM

3. ONDERSTEUNING EN AANVULLING TOT DIE KURRIKULUM

• Goed toegeruste klaskamers • Skootrekenaars, Smart Boards en digitale projektors wat leerkragte in staat stel om Powerpoint lesse aan te bied • Koordlose Internettoegang in alle klasse wat geleenthede skep om lesse te verryk • Mediasentrum- met 'n magdom splinternuwe fiksie en nie-fiksie boeke • Rekenaarsentrum vir rekenaargesteunde onderrig: EduSciMath, Wiskunde & Wetenskapprogram • Leerderondersteuningssentrum (OO, SO, Arbeidsterapie)

Graad R tot 3 (CAPS)

Graad R (CAPS)

Graad 1AfrikaansEngels FALWiskundeLewensvaardigheidSuid-Sotho

Graad 2AfrikaansEngels FALWiskundeLewensvaardigheidSuid-Sotho

Graad 3AfrikaansEngels FALWiskundeLewensvaardigheidSuid-Sotho

Graad 4 tot 6 (CAPS)

Afrikaans HuistaalEngels FALWiskundeNatuurwetenskappe & Tegnologie

Sosiale Wetenskappe

Graad 7 (CAPS)

Afrikaans Huistaal

Engels FAL

WiskundeNatuurwetenskappe

Tegnologie

Sosiale Wetenskappe

Lewensvaardigheid

Skeppende Kuns

Ekonomiese en

Bestuurswetenskappe

Lewensvaardigheid bestaan uit:Liggaamlike OpvoedingSkeppende KunstePersoonlike Ontwikkeling

Akademie

20

Page 24: jordaniaprimer.co.za · dat leerders moet ontwikkel op alle gebiede – akademies, sport, kultuur en sosiaal tot die beste wat sy/hy kan wees. Ons tema is nie verniet “100% Jorries”

4. VERDERE GELEENTHEDE

• Kunskompetisies, Kunswedstryde, Departementele vasvra- wedstryde, Expo's, Redenaarskompetisies, Entrepreneursdae, deelname aan Nautilus- en Amesa Wiskundekompetisies, Conquesta Olimpiade en opvoed- kundige uitstappies. • Privaat studiesentrum vir middagstudie leerders. • Ondersteuningsklas waar leerders met leerprobleme of -agterstande ondersteun word. • Samewerking met nodige terapeute vir leerders met probleme. 5. GRAAD R (JORRIEVALLEI)

Ons spog met 3 Graad R klasse, wat die jaar al 23 jaar oud is, en ‘n Graad RR klas. By Jordania graad R fokus ons op individuele aandag en die ontwikkeling van elke kleuter tot gereedheid vir Gr. 1 (daarom word daar slegs 'n beperkte hoeveelheid kleuters toegelaat). Jordania Graad R kleuters het geen probleem met aanpassing in Graad 1 nie, omdat hulle stelselmatig blootgestel word aan alles wat die groot skool bied.

Jordania Graad R - Waar elke kleuter spesiaal is!!!

Jordania het sedert 2013 hul eie koshuis. Daar is plek vir ongeveer 30 kinders. Hier leer die kinders om meer selfstandig te word, weg van die ouerhuis. Die kinders geniet dit baie, speel en kuier lekker in die koshuis. Ons is ’n familie van boeties en sussies wat omsien na mekaar. Ons is trots om te sê dat daar leiers gekweek word in die koshuis, deurdat 2013 se skool-hoofdogter en 2013 tot 2017 se skool-hoofseuns almal koshuisinwoners was.

Jordania Koshuis - Jou tuiste weg van die huis.

21

Koshuis

Page 25: jordaniaprimer.co.za · dat leerders moet ontwikkel op alle gebiede – akademies, sport, kultuur en sosiaal tot die beste wat sy/hy kan wees. Ons tema is nie verniet “100% Jorries”

Dit gaan uitstekend met die kultuur by Jordania. Die skool poog om elke vierde jaar ‘n groot konsert in die vorm van ‘n musiekblyspel of Revue aan te bied. In 2018 bied Jordania selfs ‘n Pantomime aan en kry elke kind die geleentheid om hierdie vorm van toneelspel te beleef.

Ons is baie trots op Jordania se JUNIOR- EN SENIOR KOOR. Die koorlede handhaaf ’n hoë standaard en beide die kore presteer elke jaar baie goed by die Kunswedstryd. Die kore hou elke jaar ‘n konsert en daar is al saam met bekende kunstenaars soos Emo Adams en Laurika Rauch opgetree.

Die REDENAARS is baie aktief by ons skool. Leerders neem deel aan verskeie kompetisies deur die jaar. Een van ons leerders het verlede jaar deurgedring tot die landswye ATKV-redenaarskompetisie. Ons het ook ‘n leerder gehad wat aan die landswye finaal van die Radikale Redenaars deelgeneem het in die kategorie Engels Addisionele taal. Ons redenaars het ook baie goed gevaar by die Super 8 redenaars, asook die Senekal redenaarsfees.

KUNSWEDSTRYD EN SPREEKKOOR is verrykend vir elke leerder vir die toekoms. Die drama-leerders oefen elke jaar aan ’n Spreekkoor wat ’n gedramatiseerde opvoering tydens spesiale geleenthede opvoer. Die skool skryf ook elke tweede jaar 10 leerders per graad in om aan die Kunswedstryd deel te neem in verskillende afdelings.

MUSIEK gee elke leerder selfvertroue om te presteer en ontwikkel hulle aanvoeling vir die fynere kunste.

SKAAK is baie goed vir konsentrasie, om kinders se denkvermoë te verbeter vir die "harde lewe" eendag en om probleme en konflik te hanteer. Skaak dra ook by tot 'n kind se redenasievermoë en is voordelig vir Wiskunde.

NOODHULP leer leerders hoe om op te tree in noodsituasies; kalm te bly, bystand te bied en beserings te behandel. Elke leerder ontvang 'n sertifikaat na afloop van die kursus. Die kursus word aangebied vir Graad 7 leerders.

Die VOORTREKKERS is ‘n jeugbeweging wat se leuse “Hou Koers” is. ‘n ABC konsep word nagestreef wat dui op A - as moderne Afrikaners, B - positiewe Burgerskap en C - konsekwente Christenskap. Verder fokus ons op avontuurlike aktiwiteite in die natuur en verken ook ons land.

Kultuur

22

Page 26: jordaniaprimer.co.za · dat leerders moet ontwikkel op alle gebiede – akademies, sport, kultuur en sosiaal tot die beste wat sy/hy kan wees. Ons tema is nie verniet “100% Jorries”

JORDANIA SE DOELWITTE IN SPORTŸ Hier by Primêre Skool Jordania glo ons dat 'n gesonde liggaam 'n gesonde gees huisves. Sport is 'n medium wat gebruik kan word om lewenslange vriende te maak, sportmangees aan te leer, gesonde wedywering te bevorder en gelukkiger kinders te ontwikkel.

Ÿ Sport is die universele aktiwiteit wat mense van regoor die wêreld bymekaar bring en 'n atmosfeer van entoesiasme en afwagting skep. Hierdie gevoel van opgewondenheid en samehorigheid is aansteeklik soos wanneer ons na Toetsrugby, die Olimpiese Spele of die Sokker Wêreldbeker kyk. Hierdie gevoel is wat saak maak, nie net altyd die wen of verloor nie

Ÿ Die afrigters woon gereeld afrigting- en skeidsregterskursusse by en bly so op hoogte van die nuutste afrigtingstegnieke. Dit word gebruik om vir alle leerders die nodige vaardighede aan te leer. Spelers wat so toegerus is geniet hul sport meer en neem deel omdat daar 'n liefde vir die sport by hulle gekweek word.

Ÿ Rugby Ons is baie trots op Jordania se rugby. Meer as 200 seuns is aktiewe deelnemers. Formele afrigting geskied vanaf Gr. 1 (Mini-rugby) tot o/13 vlak. Sedert 2015 bied ons die Jordania/Witteberg Rugbyweek aan waar 6 skole van die Vrystaat, Noord-Wes, Mpumalanga en Gauteng se o/11- en o/13-spanne deel neem. Ons neem ook die afgelope 6 jaar aan die Goudveld-liga deel om meer wed- stryde en nog sterker kompetisie vir die spelers te verseker. Ons het jaarliks liga- en naaswenners in hierdie afdeling en in 2017 het Jordania die o/9B-, o/11B- en o/13B- ligas gewen. Die o/11A-spanne was naaswenners. In 2017 is daar 11 spelers vir die Griffonspanne gekies.

23

Sport

Sportsoorte wat Jordania aanbied:Ø AtletiekØ NetbalØ RugbyØ Hokkie (seuns en dogters)

�Tennis�Krieket�Landloop

Vir die afgelope agt jaar word POM-POMS by Jordania aangebied. Dit is slegs vir dogters van graad 1 tot 3. Dit kweek selfvertroue by die meisies, aangesien hulle optree voor ander mense.

Page 27: jordaniaprimer.co.za · dat leerders moet ontwikkel op alle gebiede – akademies, sport, kultuur en sosiaal tot die beste wat sy/hy kan wees. Ons tema is nie verniet “100% Jorries”

Ÿ Netbal Ÿ Jordania speel netbal van o/7 tot o/13. Ons poog om elke jaar van o/10 af 3 spanne vir die liga in te skryf. O/7 en o/8 neem deel aan 4 verpligte netbalfeeste wat gedurende die seisoen aangebied word. Afrigters word jaarliks blootgestel aan kursusse en klinieke om op Ÿ hoogte te bly met afrigtingstegnieke. Skeidsregters gradeer jaarliks Ÿ om hul gradering te behou of te verbeter. Hul woon ook elke jaar ‘n reëlbespreking by aan die begin van die seisoen. Gedurende die Maartvakansie word toere / afrigtingskursusse spesifiek vir die o/12 en o/13 A en B spanne gereël. Die 1ste naweek van die 2de kwartaal Ÿ neem al die A en B spanne aan ’n toernooi in Bloemfontein deel. Ÿ Die C en D spanne neem deel aan ’n jaarlikse toernooi by TKS. Ÿ Jordania lewer elke jaar verskeie Vrystaatspelers op waarop ons baie Ÿ trots is.

Ÿ Hokkie-dogters Mini-hokkie word in die derde kwartaal aangebied vir o/7 tot o/10. Die dogters neem jaarliks aan 3 Oos-Vrystaat Festivals deel asook aan die Tjokkies hokkiedag in Bloemfontein en die Jordania hokkiefees. Grootveld-hokkie is vir die Gr. 5 - 7 dogters. Hulle neem deel aan ’n Oos-Vrystaat Liga en ons spog vir die afgelope paar jaar met verskeie spanne as ligawenners in die eerste liga. Ons eerste hokkiespan toer jaarliks na Bloemfontein en Potchefstroom en neem ook deel aan uitnodigingstoernooie. Ons het 6 ope dogtersspanne wat deelneem in die Oos-Vrystaat liga.

Ÿ Hokkie-Seuns Ons is baie trots om te kan sê dat ons seunshokkie van krag tot krag gaan. Vanaf 2014 lewer ons jaarliks Noord-Vrystaat hokkiespelers op wat ons skool by Interprovinsiale Toernooie verteenwoordig. Jordania tree telkemale as ligawenners uit die stryd in die Thabo Mofutsanyana distrik. Ons het in 2015 deurgedring na die “Kampioen van Kampioene” toernooi in Potchefstroom. Tydens die 2017 liga wen ons 1ste span die liga en eindig onder die Top 3 tydens die Super 8 hokkie toernooi.

Ÿ Krieket Ons neem al vir jare aan die Oos-Vrystaat se nie-amptelike liga bepalings deel en slaag daarin om elke jaar ten minste 3 spanne in elke ouderdomsgroep te kan afrig. Ons neem deel in die mini- krieket, o/9, o/11 en o/13 ouderdomsgroepe. Elke jaar is daar heelwat van ons spelers wat die Oos-Vrystaat verteenwoordig tydens die Vrystaat Krieketweek. Daar word elke jaar ’n groot Jordania toernooi aangebied waaraan al die spelers van die skool mag deelneem sodat almal wedstrydkans kry. Sowat ’n honderd seuns van 12 skole neem jaarliks deel aan Jordania se o/13 Sewe- aan-’n-kant toernooi.

24

Page 28: jordaniaprimer.co.za · dat leerders moet ontwikkel op alle gebiede – akademies, sport, kultuur en sosiaal tot die beste wat sy/hy kan wees. Ons tema is nie verniet “100% Jorries”

Ÿ Tennis By Jordania is tennis vir ons ’n baie hoë prioriteit. Daar word aan elke leerder die geleentheid gebied om tot sy/haar volle potensiaal te ontwikkel. Daar word aan almal die geleentheid gegee om die sport te geniet, vanaf Beginners tot Oos-Vrystaat spelers. Jordania spog met 27 leerders op die Oos-Vrystaat tennisleer en 3 spelers in die Vrystaat Tennisspan. Spelers kry die kans om aan verskillende toernooie en afrigtingsklinieke deel te neem. In 2018 neem 8 spanne deel aan die grootste Laerskole Tennistoernooi in Suid-Afrika. In die 3de kwartaal toer die top 8 spelers van die skool ter voorbereiding vir die liga wedstryde. Ons skool het tans 15 liga spanne, waarvan vele onoorwonne was in die verlede. Ons beginnersgroep van 40 spelers geniet tennis geweldig baie en word ontwikkel tot spelers van goeie en uiters hoë kwaliteit.

Ÿ Atletiek Atletiek by Jordania lê baie na aan ons hart veral omdat atlete vanaf 6 tot 13 jaar kan deelneem. Dit maak atletiek by Jordania sowaar ‘n geheelskool aktiwiteit. Atlete en afrigters beoefen die sport met groot passie en toewyding. Afrigters gaan jaarliks op afrigtings- kursusse waar die nuutste tegnieke en afrigtingsmetodes bemeester word. Hierdie toegewydheid sien mens duidelik in ons uitslae van die 2018 seisoen. Jordania eindig algeheel 3de in die Super 8 atletiekbyeenkoms in Vereeniging. Tydens die byeenkoms kompeteer ons teen top skole van Gauteng en Noordwes provinsies. In ons plaaslike Thabo Mofutsanyana streek (Oos-Vrystaat) vaar ons uitstekend en lewer die meeste atlete op van enige skool in ons streek. Ons neem deel aan Bethlehem Skole met 141 atlete, Graanveld byeenkoms met 105, TBM-streek met 38 en Vrystaat Kampioenskappe met 26 atlete. 4 Van ons atlete verteenwoordig die Vrystaat by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe waar ons 2 brons medaljes verwerf. Voorwaar ‘n uitstekende prestasie.

Ÿ Landloop Onder die afrigting van Ebarnie Cilliers is landloop besig om baie vinnig te groei by Jordania. Daar is gereelde oefeninge en wedlope waaraan die atlete deelneem. In 2017 lewer ons 3 Vrystaat landloopatlete en 2 driekampatlete op.

25

Page 29: jordaniaprimer.co.za · dat leerders moet ontwikkel op alle gebiede – akademies, sport, kultuur en sosiaal tot die beste wat sy/hy kan wees. Ons tema is nie verniet “100% Jorries”

JO

RD

AN

IAS

PR

T

EN

K

UL

TU

UR

Spo

rto

rga

nis

eerd

er

Mn

r J

Tru

ter

(se

un

s)

08

3 5

52

94

96

Atl

etie

k

Mn

r P

C S

chu

tte

07

6 3

40

33

92

Net

ba

l

Mev

R v

Sta

de

n

07

3 6

69

18

90

Ru

gb

y

Mn

r J

Tru

ter

08

3 5

52

94

96

Ho

kkie

Mev

R v

Sta

de

n

07

3 6

69

18

90

Ten

nis

Me

v C

van

Sch

oo

r7

74

32

56

Ku

ltu

ur

Mev

T v

an N

ieke

rk

08

24

92

37

27

Sen

ior

Ko

or

Red

ena

ars

Mev

R S

mit

h

07

9 5

17

92

43

Mu

siek

Mev

A F

ürs

ten

bu

rg(k

lavi

er)

08

2 6

51

44

00

No

te W

hac

kers

(kit

aar,

blo

kflu

it, o

rke

s)

Spre

ekko

or

Ska

ak

Mev

T v

an N

ieke

rk0

82

49

2 3

72

7

Entr

epre

neu

rs

Mev

E K

ruge

r-Sm

it0

82

82

0 1

56

3

Med

iase

ntr

um

/

Bib

liote

ek

Mev

E L

ou

w0

83

28

9 1

63

1

Pr

iva

at

Ak

ad

em

ies

Mev

T v

an N

ieke

rk0

82

49

2 3

72

7

Mev

C G

roe

new

ald

08

3 5

60

71

24

Jun

ior

Ko

or

Mev

E L

ou

w0

83

28

9 1

63

1

08

2

Kri

eket

Mn

r J

Tru

ter

08

3 5

52

94

96

Vo

ort

rekk

ers

Na

sorg

Fran

za

Mar

iaan

Saro

n

Mev

M P

iete

rs0

84

44

1 1

84

2

08

3 2

10

78

03

08

2 5

62

63

62

07

9 7

59

63

62

26

Gh

olf

Ro

lf B

usc

h

08

2 3

77

95

33

Ten

nis

Lyn

do

n v

/d H

aer

08

2 4

41

63

79

Mar

ette

du

To

it

08

2 3

78

26

55

Kri

eket

De

on

Sch

oo

mb

ie

07

2 7

40

76

00

Da

ns

Gai

l de

Vill

iers

08

3 4

63

24

39

Ho

kkie

Emile

Od

en

daa

l

07

1 6

08

32

26

Gim

na

stie

k

Jaco

Cill

iers

08

2 0

84

41

11

Ku

ns

Vin

ia W

he

atly

08

2 5

65

07

01

Dra

ma

/ R

eden

aa

rs

Ald

iné

v/d

Me

rwe

08

2 8

86

28

51

Mev

R v

Sta

de

n (d

ogt

ers

)

07

3 6

69

18

90

07

2 2

14

49

41

Nad

ine

Bre

wis

07

4 4

68

67

10

Na

sorg

Kid

die

s C

lub

M

arle

ne

Lean

dra

07

2 4

13

72

06

07

1 8

81

64

44

08

2 4

95

12

07

Page 30: jordaniaprimer.co.za · dat leerders moet ontwikkel op alle gebiede – akademies, sport, kultuur en sosiaal tot die beste wat sy/hy kan wees. Ons tema is nie verniet “100% Jorries”

27

BE

HE

ER

LIG

GA

AM

Co

bu

s St

eyn

08

3 6

44

00

90

An

dré

Sm

ith

Sko

olh

oo

f &

Oo

rho

ofs

08

3 6

44

00

62

Ge

rard

de

Bo

er

Vo

ors

itte

r, G

eb

ou

e &

Te

rre

in,

Fin

ansi

es,

Ko

shu

is

08

4 5

13

77

28

Eld

a Lo

uw

Aka

de

mie

, Waa

rde

s,

Dis

sip

line

& L

ee

rde

rsak

e

08

3 2

89

16

31

Zile

tte

Lo

tte

rin

gK

ult

uu

r &

Te

rre

in0

83

23

3 6

99

4

Ebar

nie

Cill

iers

07

6 7

07

60

77

Tert

ius

Ne

lO

ue

rko

mit

ee

07

4 5

81

23

51

Cas

pe

r K

no

est

er

Ve

iligh

eid

, Vo

ert

uie

& P

ers

on

ee

lsak

e0

83

68

8 4

08

8A

nd

ré le

Ro

ux

O/v

oo

rsit

ter

& F

inan

sie

s 0

83

37

5 3

11

3

Dr.

A. S

mit

h

Sko

olh

oo

f

M

nr.

J. v

an R

oo

yen

Ad

jun

kho

of

Mev

. S. K

ruge

rD

ep

arte

me

nts

ho

of

Gro

nd

slag

fase

Mev

. N. d

e B

ruin

Mn

r. J

. Tru

ter

(Ad

dis

ion

ele

led

e)

Mev

. E. L

ou

w

Aka

de

mie

se

Ho

of

Mn

r. P

. J v

Re

nsb

urg

De

par

tem

en

tsh

oo

f

Inte

rme

diê

r/Se

nio

rfas

e

Mn

r. C

. Ack

erm

an

De

par

tem

en

tsh

oo

f

Inte

rme

diê

r/Se

nio

rfas

e

BE

ST

UU

RS

PA

NONS

JORDANIA

PRIM

ÊR

UO

B

Tel:

05

8 3

03

41

16

Faks

: 0

58

30

3 4

26

4E-

po

s: jo

rdan

ia@

jord

ania

pri

.co

.za

We

btu

iste

: w

ww

.jo

rdan

iap

rim

er.

co.z

a

Car

li va

n S

cho

or

Ou

erk

om

ite

e &

Pe

rso

ne

els

ake

08

2 7

74

32

56

Nat

ash

a B

urg

er

Sekr

eta

ress

e, B

em

arki

ng

&

Ou

erk

om

ite

e

08

2 5

18

05

73

Sp

ort

Teso

uri

er

(Fin

ansi

es)

& F

ed

sas

sake

Page 31: jordaniaprimer.co.za · dat leerders moet ontwikkel op alle gebiede – akademies, sport, kultuur en sosiaal tot die beste wat sy/hy kan wees. Ons tema is nie verniet “100% Jorries”

ONS

JORDANIA

PRIMÊR

UOB

28

Skoollied

Op die Hoogland van Jordania

Staan ‘n skool volwaardig sterk!

Dis die volkskool van Jordania

Waar ons met ywer werk.

Ons snoer ons lewenskragte saam

om toekomswerk te bou.

Ter ere aan ons skool se naam

En aan ons leuse trou.

Ons bou. Laat dit ons strewe sy.

Ons bou! Ons skool aan jou.

Ons bou! Daarmee wil ons bely.

Aan onsself en aan God getrou.

Page 32: jordaniaprimer.co.za · dat leerders moet ontwikkel op alle gebiede – akademies, sport, kultuur en sosiaal tot die beste wat sy/hy kan wees. Ons tema is nie verniet “100% Jorries”