debbie shore maak mooi sakke - books | metz press · inleiding 8 ontwerphulp 10 benodigdhede 10...

9
Maak Mooi Sakke Debbie Shore Kies uit 12 pragtige projekte en leer jou eie sakke ontwerp

Upload: others

Post on 16-Sep-2019

21 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Debbie Shore Maak Mooi Sakke - Books | Metz Press · Inleiding 8 Ontwerphulp 10 Benodigdhede 10 Nuttige tegnieke 14 Ritssluiters 14 Skuinsband 17 Hoeke knip 17 Kepies in rondings

Maak Mooi Sakke

Debbie Shore

Kies uit

12 pragtige

projekte en leer

jou eie sakke

ontwerp

Page 2: Debbie Shore Maak Mooi Sakke - Books | Metz Press · Inleiding 8 Ontwerphulp 10 Benodigdhede 10 Nuttige tegnieke 14 Ritssluiters 14 Skuinsband 17 Hoeke knip 17 Kepies in rondings

Inleiding 8

Ontwerphulp 10

Benodigdhede 10

Nuttige tegnieke 14 Ritssluiters 14 Skuinsband 17 Hoeke knip 17 Kepies in rondings 17 Handvatsels en bande 18 Spesifieke plasing 20 Buisboorsel 20 Vierkantige basis 21 Sakbodemknoppe 21 Veterogies 22 Drukknopies 23 Draaiknip 24

Nuttige steke 25

Druk jou eie stempel af 26

Ontwerp jou eie sakke 28

Projekte 30

Indeks 96

Inhoud

Page 3: Debbie Shore Maak Mooi Sakke - Books | Metz Press · Inleiding 8 Ontwerphulp 10 Benodigdhede 10 Nuttige tegnieke 14 Ritssluiters 14 Skuinsband 17 Hoeke knip 17 Kepies in rondings

Inleiding

8

Ek hou van enige stikwerk, maar as ek moet kies, sal sakke my gunstelingprojekte wees. Dis vir my heerlik om uit te pluis hoe die sak aan mekaar gesit moet word en dan afwerkings te gebruik wat dit uniek maak.

Hierdie boek bevat twaalf lieflike projekte wat jy kan aanpak. Daar is heelwat verskillende sakstyle en stiktegnieke waaruit jy dan kan kies om jou eie sakke te ontwerp en te maak. Jy kan byvoorbeeld smokwerk (bladsy 84–89) as paneel in ’n groter sak eerder as in ’n toetreksak gebruik, of ’n kantsak met ’n flap by die inkopiesak (bladsy 58–61) en ’n buishandvatsel by die strandsak (bladsy 30–35) voeg. Eksperimenteer met verskillende soorte lap: gebruik denim in plaas van katoen vir die werksak (bladsy 42–49), of jute of goiing in plaas van seildoek vir die drasak (bladsy 50–53).

Wanneer jy sakke maak, is daar nie reg of verkeerd nie; daar is wel etlike praktiese oorwegings en ek deel graag ’n klompie nuttige wenke wat jou sal help seker maak dat jou sak professioneel lyk. Hierdie inligting word vervat in die eerste gedeelte van die boek: Ontwerphulp. Tensy anders gemeld, moet naattoelatings 1cm wees.

Die hoofdoel van die boek is om jou te inspireer, te help en aan te moedig om kreatief te wees en die sakmakery te geniet!

Page 4: Debbie Shore Maak Mooi Sakke - Books | Metz Press · Inleiding 8 Ontwerphulp 10 Benodigdhede 10 Nuttige tegnieke 14 Ritssluiters 14 Skuinsband 17 Hoeke knip 17 Kepies in rondings

17

SENTRALE RITSSLUITER

Dit word in die strandsak (bladsy 30), die skouersak (bladsy 36) en die werksak (bladsy 42) gebruik.

1 Plaas die ritssluiter met die skuifknip na onder op die borand aan die regte kant van jou lap. Ryg dit vas en stik met die masjien al langs die rits se borand vas.

2 Plaas ’n tweede stuk lap regte kant na onder met die rand op die ritssluiterrand en herhaal. Probeer om op dieselfde stiklyn te stik.

3 Vou die stukke lap om en pars.

4 Herhaal aan die ander kant van die ritssluiter met nog twee stukke lap. Let op hoe die lap geplaas is wanneer jy klaar is (kyk foto by stap 5).

5 Knip oortollige ritssluiter af en werk die voetjies by die oop ent met die hand vas. Dit sorg dat die ritssluiter netjies bly wanneer jy dit in ’n naat vasstik en keer dat die skuifknip afgly.

6 Pars weer en bring bostiksel aan weerskante van die ritssluiter aan. Dit lyk netjies en hou al die lae by mekaar.

7 Wanneer jy so ’n stuk as binnesak gebruik, soos by die Werksak, vou dit met die ritssluiter bo.

SkuinsbandEk gebruik meestal 2.5cm-skuinsband wat ’n omgevoude 5cm-strook is. Jy kan dit met ’n skuinsbandmaker self maak (kyk regs), of gebruikgereed koop. As jy skuinsband aaneenlopend gebruik (waar die ente by mekaar kom), vou dit by die beginpunt om voor jy begin stik.

1 Speld of ryg die skuinsband regte kant na onder op die regte kant van die lap vas. Stik in die boonste voulyn vas. Wanneer jy terug is by die beginpunt moet die ente oorvleuel.

2 Vou die skuinsband om die laprand na die verkeerde kant en werk dit so na as moontlik aan die vourand netjies met die hand vas. Hou die stekies so klein as moontlik.

Kepies in rondingsAs jy in die naattoelatings by rondings inknip, maak dit die lap minder en lyk jou nate netjieser.

Hoeke knipAs jy die lap by gestikte hoeke skuins afknip, sal die hoeke mooi skerp en netjies wees wanneer jy die stukke omkeer met die regte kant na buite. Knip naby die stiklyn, maar wees versigtig om nie die steke raak te sny nie.

Knip met ’n skerp skêr V-vormige kepies in die naattoelating in. Werk versigtig sodat jy nie die steke raaksny nie.

By kleiner rondings kan dit makliker wees om die naattoelating met ’n tandskêr te verminder.

ONTW

ERPH

ULP ONTW

ERPHULP

Page 5: Debbie Shore Maak Mooi Sakke - Books | Metz Press · Inleiding 8 Ontwerphulp 10 Benodigdhede 10 Nuttige tegnieke 14 Ritssluiters 14 Skuinsband 17 Hoeke knip 17 Kepies in rondings

7744

3 Plaas die flap se buite- en voeringpante met hulle verkeerde kante op mekaar (gebruik ’n bietjie tydelike aanspuitkleefmiddel om hulle op mekaar te hou). Stik die skuinsband om die kante en onderrand vas (kyk bladsy 17).

4 Meet 5cm van die middel van die onderrand af op die flap se voering en maak ’n merk. Plaas die oop kant van die draaiknip oor die merk en teken die binnekant af. Maak ook merke waar die skroewe moet kom. Maak seker dat die gleuf parallel aan die omgewerkte flaprand loop.

5 Sny die gleuf versigtig uit en sny in die merke in waar die skroewe moet kom. Jy moet ’n klein bietjie tekstielstof wegsny, maar die knip moet knus pas sonder enige openinge; neem dus jou tyd en sny dit stukkie vir stukkie reg.

6 Druk die boonste deel van die knip van die regte kant af deur. As jy tevrede is met die posisie, wend ’n bietjie lapgom om die opening aan om dit stewig in posisie te hou.

8 Dit is hoe die flap van voor af lyk.

9 Maak die toeritsbinnesak. Plaas die ritssluiter met die regte kant na onder op die lang rand op die regte kant van een van die voeringpante. Speld en ryg vas en stik dan met die masjienvoetjie oor die ritssluiterband.

10 Plaas die tweede voeringpant regte kant na onder bo-oor, speld en ryg vas en stik hierdie pant vas. Stik in die middel van die ritssluiterband.

11 Herhaal met die ander twee voeringpante om hulle aan die ander kant van die ritssluiter vas te stik.

12 Vou oop en pars. Knip enige oortollige ritssluiter af en werk die twee kante van die oop ent met die hand aan mekaar vas.

7 Plaas die ander helfte van die knip op sy plek en draai die skroefies stewig vas.

13 Bring bostiksel versigtig aan weerskante van die ritssluiter aan. Vou die sak in die helfte sodat die ritssluiter bo is.

Page 6: Debbie Shore Maak Mooi Sakke - Books | Metz Press · Inleiding 8 Ontwerphulp 10 Benodigdhede 10 Nuttige tegnieke 14 Ritssluiters 14 Skuinsband 17 Hoeke knip 17 Kepies in rondings

5958

InkopiesakHoewel die sak taamlik groot is, is dit eintlik een van die maklikste projekte in die boek en ’n goeie keuse vir ’n beginner. Omdat die sak nie toemaak nie, het ek vir veiligheid ’n toeritsbinnesak ingesit.

1 Bring die aanstrykvliesstof agter op die twee geblomde reghoeke aan, asook op die kollereghoek vir die bodem en twee kollereghoeke vir die sypanele.

2 Meet 2.5cm van die kant van al vier sypanele se lang rande en knip van hierdie merk af na die boonste hoek.

Benodigdhede46cm lap met ’n blompatroon soos volg verdeel:2 reghoeke van 34.5 x 30.5cm vir die buitekant1 reghoek van 34.5 x 20.5cm vir die toeritsbinnesak

46cm lap met ’n kolpatroon soos volg verdeel:2 reghoeke van 34.5 x 30.5cm4 reghoeke van 30.5 x 18cm vir die sypanele2 reghoeke van 34.5 x 13cm vir die bodem1 reghoek van 4.5 x 20.5cm vir die toeritsbinnesak

aanstrykvliesstof vir al die buitedele4 bodemknoppe1 plastieksakbodem van 32 x 10cmkleurlose lapgom40cm nylonritssluiter2 stroke seilband van 36cm vir die handvatsels4 groot en 4 klein knope

3 Merk op die bodemstuk 2.5cm van elke hoek af. Dit is waar die bodemknoppe later sal kom.

4 Stik die twee sypanele aan een van die blompanele vas met regte kante op mekaar. As jou geblomde lap rigtingspesifiek is, maak seker dat die breë deel van die sypanele bo is. Werk nou die sypanele net so aan die agterste buitepaneel vas en vorm so ’n “buis”. Pars die nate oop. Keer om met die regte kant buite en bring bostiksel op albei kante van elke naat aan.

Wenk Nog ’n toeritssak aan

die buitekant kan nuttig wees…

Page 7: Debbie Shore Maak Mooi Sakke - Books | Metz Press · Inleiding 8 Ontwerphulp 10 Benodigdhede 10 Nuttige tegnieke 14 Ritssluiters 14 Skuinsband 17 Hoeke knip 17 Kepies in rondings

9190

Gekwilte toetrek-drasakHierdie stewige drasak het die voordeel van ’n toetrekpaneel in die bokant wat die inhoud van die sak wegsteek. Ek het skuimstabiliseerder gebruik sodat die sak regop staan. Jy kan ook bodemknoppe en buitesakke byvoeg.

Benodigdhede2 reghoeke van 43 x 25cm vir die buitekant van die sak2 reghoeke van 43 x 25cm skuimstabiliseerder vir die buitekante2 reghoeke van 43 x 25cm voeringlap1 reghoek van 30.5 x 10cm vir die buitekant se bodem1 reghoek van 30.5 x 10cm aanstrykskuimrubber vir die bodem1 reghoek van 30.5 x 10cm voeringlap vir die bodem1 reghoek van 85 x 40.5cm vir die toetrekgedeelte 2 stroke van 5 x 61cm buitelap en 2 stroke van 5 x 61cm voeringlap vir die bande90cm bypassende skuinsband2 veterogies van 2.5cm102cm buiskoordkoordstuitertydelike aanspuitkleefmiddelpen met uitwisbare ink10cm-sirkelpatroonplaat – ek het ’n lintrol gebruik

1 Meet en merk 5cm van die onderste hoeke van die reghoekige buitekante, skuimstabiliseerder en voeringpante van 43 x 25cm en sny teen ’n hoek tot by die boonste hoeke soos getoon.

2 Wend die skuimstabiliseerder met ’n bietjie tydelike spuitkleefmiddel agter op ’n buitepant aan.

3 Begin in die middel en trek teen ’n hoek van 30 grade ewewydige lyne 4cm van mekaar op die buitepant. Draai die buitepant om en herhaal in die teenoorgestelde rigting sodat jou lap bedek is met ’n ruitrooster.

Page 8: Debbie Shore Maak Mooi Sakke - Books | Metz Press · Inleiding 8 Ontwerphulp 10 Benodigdhede 10 Nuttige tegnieke 14 Ritssluiters 14 Skuinsband 17 Hoeke knip 17 Kepies in rondings

MAAK MOOI SAKKEKies uit 12 pragtige projekte en leer jou eie sakke ontwerpDebbie Shore

204 x 260 mm96 ppSagtebandRRP: R200.00ISBN 978-1-928201-68-7Publikasie datum: Januarie 2016Beskikbaar in Engels: Sew Beautiful Bags

ISBN 978-1-928201-67-0

Metz Press is ’n onafhanklike uitgewer van topgehalte inligtingboeke en geïllustreerde nie-fiksie vir die plaaslike mark, asook die internasionale koproduksiemark. Regte vir ons boeke word deur uitgewers vanoor die wêreld opgeraap danksy die uitstaande kwaliteit van ons inhoud en produksie, die kreatiewe aanslag van ons skrywers en ons leweringsvermoë.

Uitgewer: Wilsia MetzTel: +27 (0)21 913 7557Faks: +27 (0)21 913 5102E-pos: [email protected]: www.metzpress.co.zaPosadres: PO Box 7322, Welgemoed, 7538, Suid-AfrikaStraat adres: Cameronianslaan 1, Welgemoed, 7535, Suid-Afrika

OOK BESKIKBAAR VANAF METZ PRESS

Page 9: Debbie Shore Maak Mooi Sakke - Books | Metz Press · Inleiding 8 Ontwerphulp 10 Benodigdhede 10 Nuttige tegnieke 14 Ritssluiters 14 Skuinsband 17 Hoeke knip 17 Kepies in rondings

METZ PRESSwww.metzpress .co.za

< Maak 12 stylvolle sakke in verskillende groottes en vorms.

< Volg Debbie se maklike aanwysings en die duidelike stap-vir-stap-foto’s; al die tegnieke word uitvoerig verduidelik en al die projekte kan met ’n basiese naaimasjien gemaak word.

< Gebruik Debbie se “ontwerphulp” om die projekte volgens jou eie smaak aan te pas en sommer ook jou eie sakke suksesvol te ontwerp en te maak.