deel 1: woorde, betekenisse en name · 2015-07-22 · die persoon wat verantwoordelik is vir die...

62
4 Deel 1: Woorde, betekenisse en name Versamelwoorde Aantal persone wat ‘n minister kom spreek afvaardiging, deputasie ‘n Lys van wat op ‘n vergadering behandel gaan word agenda ‘n Gedeelte uit ‘n letterkundige werk wat deur ‘n enkelpersoon voorgedra word alleenspraak Tafels, stoele, hangkaste, ens. ameublement ‘n Versameling koffers, tasse, trommels, ens. bagasie ‘n Versameling lakens, komberse, kussingslope, ens. beddegoed bemanning Die groepie persone in bevel van ‘n vliegtuig bemanning ‘n Klomp rowers of kwaaddoeners bende ‘n Groot versameling boeke biblioteek, boekery ‘n Klomp vrugtebome in rye geplant boord Blomme, aanmekaar gebind bos, ruiker Klomp klein vissies saamgeryg aan ‘n tou bossie, sloer Planke, sement, sinkplate, bakstene, ens. boumateriaal ‘n Trein wat by al die klein stasies stilhou boemeltrein ‘n Geskrif waarin een of ander belangrike saak behandel word brosjure ‘n Kort nuusberig oor een of ander gebeurtenis bulletin Die manne en masjiene wat ‘n brand blus brandweer Versameling borde, glase, skottels, ens. breekgoed Aantal eiers wat deur een hen uitgebroei word broeisel ‘n Versameling gedigte in boekvorm bundel ‘n Tydperk van tien jaar dekade Die aantal direkteure van ‘n onderneming direksie Whisky, brandewyn, wyn, ens. drank

Upload: others

Post on 08-Feb-2020

6 views

Category:

Documents


3 download

TRANSCRIPT

4

Deel 1: Woorde, betekenisse en name

Versamelwoorde

Aantal persone wat ‘n minister kom spreek afvaardiging,deputasie

‘n Lys van wat op ‘n vergadering behandel gaan word agenda

‘n Gedeelte uit ‘n letterkundige werk wat deur ‘n enkelpersoon voorgedra word alleenspraak

Tafels, stoele, hangkaste, ens. ameublement

‘n Versameling koffers, tasse, trommels, ens. bagasie

‘n Versameling lakens, komberse, kussingslope, ens. beddegoed

bemanning

Die groepie persone in bevel van ‘n vliegtuig bemanning

‘n Klomp rowers of kwaaddoeners bende

‘n Groot versameling boeke biblioteek, boekery

‘n Klomp vrugtebome in rye geplant boord

Blomme, aanmekaar gebind bos, ruiker

Klomp klein vissies saamgeryg aan ‘n tou bossie, sloer

Planke, sement, sinkplate, bakstene, ens. boumateriaal

‘n Trein wat by al die klein stasies stilhou boemeltrein

‘n Geskrif waarin een of ander belangrike saak behandel word brosjure

‘n Kort nuusberig oor een of ander gebeurtenis bulletin

Die manne en masjiene wat ‘n brand blus brandweer

Versameling borde, glase, skottels, ens. breekgoed

Aantal eiers wat deur een hen uitgebroei word broeisel

‘n Versameling gedigte in boekvorm bundel

‘n Tydperk van tien jaar dekade

Die aantal direkteure van ‘n onderneming direksie

Whisky, brandewyn, wyn, ens. drank

5

‘n Persoon se eerste toespraak in die parlement eenlingtoespraak,groentjietoespraak

Al die gereedskap wat aan ‘n eettafel gebruik word eetgerei

elektrokardiogram

‘n Boek wat inligting bevat oor alle fasette van die wetenskap en kuns ensiklopedie

‘n Tydperk van vier-en-twintig uur etmaal

‘n Dringende berig per radio of televisie

‘n Telegram wat telefonies versend word fonogram

‘n Toestel waarmee die snelheid van ‘n voertuig gemeet word gatsometer

Mense wat na ‘n toespraak of konsert luister gehoor

Baie mense wat na een kerk gaan gemeente

‘n Aantal toneelspelers geselskap

Die groep mense wat altyd by ‘n koning is gevolg

Koring, hawer, gars, ens. graan

Wortels, radyse, kool, spinasie, ens. groente

Perde, muile, beeste, ens. grootvee

Leeus, olifante, buffels, ens. grootwild

‘n Oorlog gevoer deur sabotasie en hinderlae in moeilike terrein guerilla-oorlog

‘n Misdaad wat met die doodstraf gestraf word halsmisdaad

‘n Boodskap wat met behulp van ‘n spieël en sonlig oorgesein word heliogram

‘n Wetenskap wat handel oor wapens van lande, stede en families heraldiek

‘n Klomp barbare horde

‘n Dokument wat bepaal of jy die persoon is wat jy voorgee om te wees identiteitsdokument

‘n Vinnige, klein seilvaartuigie jag

‘n Ligte motreëntjie jakkalsdoutjie

Aangestelde mense wat die regter moet help in sy beslissing jurie

Horlosies, ringe, silwergoed, ens. juweliersware

Al die ministers wat ‘n land se regering vorm kabinet, ministerie

‘n Klomp perderuiters in optog kavalkade

6

Die groep mense wat ‘n sportspan kies keurkomitee

Die mense wat by ‘n winkel koop klandisie, klante

Skape, bokke, ens. kleinvee

Duikers, springbokke, rooibokke, ens. kleinwild

Broeke, baadjies, hemde, ens. klerasie

‘n Klomp miere kolonie

‘n Groep sterre konstellasie, gesternte

Skepe wat ter see deur slagskepe beskerm word konvooi

‘n Klompie mense wat saam sing koor

Huishoudelike artikels en snuisterye kramery

Die klomp kinders van ‘n ouerpaar kroos

Speserye, sout, suiker, meel, konfyt, ens. kruideniersware

Baie mak diere bymekaar kudde

‘n Klomp mense van dieselfde land landgenote

‘n Ploftoestel wat begrawe en ontplof as dit aangeraak word landmyn

leër

‘n Hond wat blindes lei leihond

‘n Gedeelte uit ‘n prent wat as advertensie vertoon word lokprent

‘n Geskrewe of getikte stuk wat gedruk moet word manuskrip

‘n Vals eed wat gesweer word meineed

Messe, vurke, lepels, ens. messegoed, -ware

Die voorletters van ‘n persoon wat ineen geskryf is, soos dié van ‘n skilder monogram

‘n Klomp klein muisies nes

‘n Besondere ou motor Noagsmotor

‘n Opsomming of verslagdoening van die punte wat op ‘n vergadering bespreek is notule

Aantal mense wat saam musiekinstrumente speel orkes

Die klomp onderwysers van een skool personeel

‘n Klomp bome plantasie

7

‘n Klomp vere pluksel

Hoenders, eende, ganse, ens. pluimvee

Onwelvoeglike literatuur

Die reguit en laaste stuk van die baan waarop ‘n atleet na die wenpaal toe hardloop

pylvak

‘n Klomp skote tegelyk ter ere van ‘n vername persoon saluut, salvo, sarsie

Lemoene, nartjies, pomelo’s, ens. sitrusvrugte

‘n Klomp visse skool

Pêrels wat saam ingeryg is snoer

Klomp osse wat ‘n wa trek span

Aantal kamers wat bymekaar hoort stel

Aantal rytuie wat agter ‘n lykswa na die kerkhof ry stoet

Diere wat aangehou word vir teeldoeleindes stoet

Melk, botter, kaas, ens. suiwelprodukte

‘n Klomp bye swerm

Aantal mense wat ‘n sportbyeenkoms bywoon toeskouers

‘n Tydelike mag met ‘n besondere opdrag taakmag

‘n Huurmotor taxi

‘n Drukker tipograaf

‘n Ongeluk waarin iemand betrokke is en dan wegjaag tref-en-trapongeluk

‘n Lang ry mense wat op iets wag tou

‘n Klomp skape trop

Grawe, pikke, harke, ens. tuingereedskap

‘n Groot aantal oorlogskepe bymekaar vloot

‘n Klomp patryse, ‘n paar vliegtuie vlug

‘n Klomp pasgebore varkies van een sog werpsel

‘n Windwyser in die vorm van ‘n haan weerhaan

Dryfsand waarin mens kan wegsak welsand, wilsand

8

Beroepe

Iemand wat aandele koop en verkoop aandelemakelaar

Iemand wat in bevel van ‘n vloot is admiraal

Iemand wat groot sake in die hoër hof bepleit advokaat

Iemand wat atlete of perde by ‘n wedren laat wegspring afsitter, seingewer

Iemand wat dinge verkoop op openbare veilings afslaer

Iemand wat waaghalsige gimnastiese toertjies uitvoer akrobaat, gimnas

Iemand wat wiskundige adviseur by ‘n versekeringsmaatskappy is aktuaris

‘n Dokter wat algemene werk doen algemene praktisyn

Die hoogste amptenaar wat sy land by ‘n vreemde land verteenwoordig

ambassadeur,ambassadrise

Iemand wat oudhede verkoop antikwaar

Iemand wat medisyne en skoonheidsmiddels verkoop apteker

Iemand wat ‘n amptenaar by ‘n argief is argivaris

Iemand wat oudheidkunde bestudeer argeoloog

Iemand wat ‘n bank bestuur bankbestuurder

Iemand wat ‘n bank besit bankier

Iemand wat beelde skep beeldhouer

Iemand wat ‘n kenner is van bakterieë bakterioloog

Iemand wat klokke speel beiaardier

Iemand wat belastings invorder belastinggaarder

Iemand wat o.a. ‘n boedel in orde moet bring beredderaar

Iemand wat aan ‘n sport deelneem vir winsbejag beroepspeler

Iemand wat aan ‘n sport deelneem vir die genot daarvan amateur

Iemand wat inligting verskaf oor die keuse van ‘n beroep beroepsvoorligter

Iemand wat blomme in ‘n winkel verkoop bloemis

briewebesteller,posbode

Iemand wat geboue oprig bou-aannemer

Iemand wat besondere kennis van ‘n saak het deskundige

9

Iemand wat ru diamante bewerk diamantslyper

Iemand wat gedigte skryf digter

Iemand wat ‘n orkes lei dirigent, orkesleier

Iemand wat toneelstukke skryf dramaturg

Iemand wat geduikte bakwerk van motors regmaak duikklopper,paneelklopper

Iemand wat ‘n studie van ekonomiese sake maak ekonoom

Iemand wat met elektriese apparate werk en hulle regmaak elektrisiën

Iemand wat goedere in groot hoeveelhede met masjiene vervaardig fabrikant

Iemand wat in groot handel handeldryf groothandelaar

Iemand wat in klein handel handeldryf en produkte aan verbruikers verskaf kleinhandelaar

Iemand wat geld beheer

Iemand wat foto’s neem fotograaf

Iemand wat geld uitleen geldskieter

Iemand wat in bevel van ‘n leër is generaal

Iemand wat hare sny of kap haarkapper

Iemand wat gereedskap aangee handlanger

Iemand wat sy land se handelsbelange in die buiteland verteenwoordig handelskommissaris

Iemand wat winkels besoek om bestellings vir ‘n groothandelaar te werf handelsreisiger

Iemand wat trekdiere beslaan hoefsmid

Iemand wat groot damme en brûe ontwerp ingenieur

‘n Dokter wat alle inwendige siektes bestudeer internis

Iemand wat artikels vir koerante en tydskrifte skryf joernalis

Iemand wat gholfstokke op ‘n baan ronddra joggie (baljoggie)

Iemand wat kaartjies op ‘n trein nagaan kaartjiesondersoeker

Die persoon wat in bevel van ‘n skip is kaptein

Iemand wat goedere vervoer karweier

Die persoon wat geld ontvang en uitbetaal by die bank kassier

10

Iemand wat mense met kos en drank bedien kelner

Iemand wat gebeure uitsaai oor die radio kommentator

Iemand wat musiek skryf komponis

kruidenier

Die persoon wat bagasie op die stasie rondstoot kruier

Iemand wat houtvate maak kuiper

Die persoon wat in bevel van ‘n museum of kunsgalery is kurator

Die persoon wat vir voorrade in die leër of polisiemag sorg kwartiermeester

Iemand wat letters afsonderlik met die hand set lettersetter

laaimeester

‘n Dame wat lesings gee lektrise

‘n Man wat lesings gee lektor

‘n Persoon wat goedere verskaf leweransier

Iemand wat met pype, krane, geute, ens. werk loodgieter

Iemand wat ‘n vliegtuig bestuur loods, vlieënier

Iemand wat skepe help om die hawe binne te kom en te verlaat loods

Iemand wat velle vir gebruik voorberei looier

‘n Dame wat lugpassasiers bedien lugwaardin

‘n Man wat lugpassasiers bedien vlugkelner

Iemand wat verantwoordelik is vir die reëlings van ‘n begrafnis begrafnisondernemer

Iemand wat telefoon- en telegraafdrade in stand hou lynwagter

Die persoon wat voorrade in ‘n pakhuis beheer magasynmeester

marconis

Iemand wat ‘n lokomotief bestuur masjinis

Iemand wat spiere vryf, knee, ens. masseur, masseuse

Die persoon wat met troffel, sement en bakstene werk messelaar

Die persoon wat besluit of die eksaminator se punte billik is moderator

Die voorsitter van die sinode van die kerk moderator

Iemand wat nuwe motors en groot masjiene aanmekaar sit monteur

Iemand wat monogramme skryf

11

‘n Weerkundige meteoroloog

Iemand wat die bedwelmingsmiddel tydens ‘n operasie toedien narkotiseur

Iemand wat ‘n aandeel in ‘n nywerheid het nyweraar

Iemand wat programme oor die radio aanbied omroeper

Die dame wat gaste by ‘n hotel ontvang ontvangsdame

Iemand wat masjiene en apparate bedien operateur

Iemand wat toesig hou oor die werk van andere opsigter

ouditeur

Iemand wat boeke skryf outeur

Iemand wat reukwater maak en verkoop parfumeur

‘n Kenner van fossiele paleontoloog

Iemand wat ‘n rukkie ‘n ander se werk aanneem plaasvervanger

Iemand wat erdewerk vorm en bak pottebakker

Iemand wat iets produseer produsent

Die persoon wat drukproewe lees en verbeter

Iemand wat ‘n boks- of stoeigeveg reël promotor

Iemand wat ‘n opvatting wil bekend stel propagandis

Iemand wat soek na edelmetale prospekteerder

Die persoon wat sielsiekes dokter psigiater

Iemand wat opgelei is om met X-straalapparate te werk en X-strale kan interpreteer radioloog

Iemand wat trokke en waens rangskik rangeerder

Die persoon wat verantwoordelik is vir die inhoud van ‘n koerant of tydskrif redakteur

Iemand wat toneelspelers afrig regisseur

Die sekretaris van ‘n universiteit registrateur

Iemand wat as prokureur of advokaat praktiseer regspraktisyn

Die persoon wat ‘n saak in die hooggeregshof verhoor regter

Die administratiewe hoof van ‘n universiteit rektor

Iemand wat van sy rente lewe rentenier

Iemand wat dakke met riet of gras dek rietdekker

12

Iemand wat romans skrywe romanskrywer,romansier

Iemand wat ruite in ‘n huis se vensters sit ruitwerker

Iemand wat x-straalfoto’s neem

Die persoon wat die gevangenes in ‘n tronk oppas sipier, tronkbewaarder

Iemand wat die verspreiding van koerante en tydskrifte beheer sirkulasiebestuurder

Die sekretaris van die Sinode Scriba Synodi, aktuaris

Die sekretaris van ‘n kerkraad skriba

Iemand wat hout bewerk met sae, beitels, skawe, ens. skrynwerker

Die dame wat snelskrif en tikwerk doen snelskriftikster

Iemand wat die skilderwerk van motors doen spuitskilder

Iemand wat namens die staat vervolg in ‘n kriminele saak staatsaanklaer

Iemand wat ‘n snelskrifskrywer is stenograaf

Iemand wat stoele, rusbanke, ens. beklee stoffeerder

Die persoon wat skepe laai en ontlaai stuwadoor

Die hoof van ‘n groot hospitaal superintendent

Iemand wat mense se tande versorg tandarts

Iemand wat met ‘n instrument boodskappe oorsein

telegrambesteller

Iemand wat sonder medisyne en net met oefeninge genees terapeut

Iemand wat die geldsake van ‘n vereniging of klub behartig tesourier, penning-meester

Iemand wat siek diere ondersoek en behandel veearts

Iemand wat saam met jou ‘n sakeonderneming behartig vennoot

Iemand wat op straat groente en vrugte verkoop venter

Iemand wat siek mense versorg verpleegster, verpleër

Iemand wat van visvang ‘n bestaan maak visser

Iemand wat motors in ‘n motorhawe herstel werktuigkundige

Iemand wat wiele vir karre en waens maak wielmaker

Iemand wat in ‘n winkel bedien winkelassistent

Iemand wat wyne proe vir ‘n koper wynproewer

13

Plekke

Die plek waarop ‘n vliegtuig beweeg voordat dit opstyg aanloopbaan

Die plek waar monnike woon abdy

Die ingeslote plek agter ‘n gebou agterplaas

Die plek waar lewende visse vir besigtiging gehou word akwarium

Die woning en kantoor van ‘n ambassadeur ambassade

Die plek waar ou dokumente en stukke bewaar word argief

Die plek waar gewere en ammunisie gebêre word arsenaal, magasyn

Die plek waar stiervegters en sirkusartieste optree arena

‘n Deurloopgang tussen geboue met winkels aan albei kante, gewoonlik met ‘n naam arkade

Die werkplek van ‘n kunstenaar ateljee

Die plek waar brood en koeke gebak word bakkery

Die plek waar besoekers inligting omtrent ‘n dorp of stad ontvang

besoekersburo,inligtingsentrum

Die plek waar met aandele gehandel word beurs

Die plek waar boeke bewaar word biblioteek

Die gebou waar plante onder glas of plastiek gekweek word kweekhuis

Die plek waar bier gemaak word brouery

Die plek waar gedobbel word casino, dobbelhuis

Die plek waar klein kindertjies opgepas word creche

Die plek waar polisie oefen en uitrus depot

Die plek waar diamante bewerk word diamantslypery

Die plek waar wilde diere in kampe gehou word vir besigtiging dieretuin

Die plek waar lyke voor ‘n begrafnis gehou word dodehuis, lykshuis

Die plek waar drank by die bottel verkoop word drankwinkel

Die plek waar skepe herstel word droogdok

Die plek waar boeke, koerante, ens. gedruk word drukkery

Die plek waar passasiers op ‘n trein eet eetsalon

Die plek waar goedere op ‘n stasie bewaar word goedereloods

14

Die plek waar graan bewaar word graansuier

Die plek waar graan geberg word graansilo

Die plek waar gruis of klippe uitgehaal word gruisgroef, steengroef

Die plek van skepe vasmeer hawe

Die plek waar siek mense verpleeg word hospitaal

Die plek waar ‘n mens ‘n versameling van gedroogde plante kry herbarium

voertuie ingaan inryteater

Die plek waar insekte gekweek en bewaar word insektarium

Die plek waar juwele, horlosies, ens. verkoop word juwelierswinkel

Die gemesselde aanlêplek vir skepe kaai

Die plek waar kaartjies vir ‘n reis of ‘n vertoning verkoop word kaartjieskantoor

Die plek waarin ‘n mens op ‘n skip slaap kajuit

‘n Restaurant waar klante hulself bedien kafeteria

‘n Klein kerkie kapel

Die plek waar soldate gehuisves word kaserne, barak

Die plek waar wyn gemaak en gebêre word kelder

Die plek waar allerhande vermaaklikhede en verkoopkraampies gevind word

kermis

Die plek waar kinders van 3 - 6 jaar skoolgaan kleuterskool

Die plek waar mediese raad en dienste gratis verskaf word kliniek

Die plek waar nonne woon klooster

Die plek waar geld en dokumente bewaar word kluis

Die plek waar bederfbare goedere bewaar word koelkamers

Die plek waar musiekleerlinge opgelei word konservatorium

Die plek waar die kerkraad vergader konsistorie

Die plek waar elektriese krag ontwikkel word kragsentrale

Die plek waar lyke veras word krematorium

Die plek waar drank bedien word kroeg

Die plek waar twee boksers teen mekaar optree kryt

15

Die plek waar goeie skilderye besigtig kan word kunsmuseum

Die plek waar predikante opgelei word kweekskool

Die plek waar plante, struike, ens. verkoop word kwekery

Die plek waar eksperimente en navorsingswerk uitgevoer word laboratorium

Die plek waar melaatses verpleeg word afsonderings-hospitaal, lasaretlasaret

Die plek waar velle tot leer verwerk word looiery

Die plek waar goedere geberg word magasyn

Die plek waar melk, botter en kaas verkoop word melkery

‘n Gesamentlike huis wat in twee afsonderlike gedeeltes verdeel is en dus deur twee gesinne bewoon kan word

meenthuis

Die eet- en drinkplek vir soldate, polisie, ens. menasie

Die plek waar Mohammedane aanbid moskee

Die plek waar geldstukke geslaan word munt

Die plek waar oudhede en natuurverskynsels vertoon word museum

Die plek waar water opgegaar word opgaardam, reservoir

‘n Sterrewag observatorium

Die gehoorsaal van die universiteit ouditorium

Die plek waar ‘n mens jou besittings kan verpand pandjieshuis

Die plek waar parlementslede vergader parlementshuis

Die plek waar die predikant woon pastorie

Die venster waardeur ‘n mens by ‘n kajuit uitkyk patryspoort

Die plek met oordak waar toeskouers by ‘n sportbyeenkoms sit pawiljoen, paviljoen

Die plek waar petrol by die groot maat geberg word petrolopslagplek

Die plek waar na ‘n voorstelling van die beweging van die hemelliggame gekyk kan word

planetarium

Die plek vanwaar ‘n predikant preek preekstoel, kansel

Die plek waar ‘n mens sy geld op vermaak kan uitgee pretpark

Die plek waar allerhande proewe i.v.m. boerderymetodes uitgevoer word

proefplaas

Die plek waar goud, suiker of olie gesuiwer word

Die plek waar ‘n trein gerangeer word rangeerwerf

16

Die plek in ‘n skip waar die lading gebêre word ruim

Die plek waar Jode kerk hou sinagoge

Die plek waar skepe gebou word skeepswerf

Die plek waar dames hulle laat mooi maak skoonheidsalon

Die plek waar ‘n boer sy oes bêre skuur

‘n Gebou vir toneelopvoerings - ‘n teater skouburg

Die plek waar rondloperdiere aangehou word skut

Die plek waar diere geslag word slagpale, abattoir

Die plek waar ‘n dokter iemand ondersoek of uitvra spreekkamer

Die plek waar groot sportbyeenkomste en feeste gehou word stadion

Die plek waar ‘n koei of ‘n perd gehuisves word stal

Die plek waar sterrekundiges hulle waarnemings doen sterrewag

‘n Nou straatjie steeg

Die plek waar brandewyn gemaak word stokery

Die plek waar telefoonoproepe deurgeskakel word telefoonsentrale

‘n Glaskas waarin broeikasplante en insekte gehou word terrarium

Die plek waar studente na matriek verder studeer universiteit

Die plek waar manuskripte nagegaan en voorberei word vir die drukker

uitgewery

Die plek waarna mense met vakansie gaan vakansieoord

Die plek waar vendusies gehou word vendulokaal

Die plek waarheen kinderoortreders gestuur word verbeteringskool

‘n Verplaasbare hospitaal vir gewonde soldate veldhospitaal

Die plek waar vliegtuie gebêre word vliegtuigloods, hangar

Die plek waar ‘n groot lig seine uitstuur om skepe teen gevaarlike rotse te waarsku

vuurtoring

Die plek waar motors herstel word werkwinkel, werkplaas

Die plek waar wilde diere in hulle natuurstaat besigtig kan word wildtuin

Die plek met ‘n stel kamers wat in ‘n groot gebou as woonhuis dien woonstel

17

Persone

Iemand wat aandele in ‘n saak besit aandeelhouer

‘n Onselfsugtige persoon altruïs

Iemand wat aas aan hengelaars verskaf aasjoggie

Iemand wat geen sterk drank gebruik nie afskaffer, geheelont-houer

Iemand wat aan sport deelneem sonder om wins daaruit te maak amateur

‘n Persoon wat buite die hof ‘n geskil tussen persone besleg arbiter

Iemand wat aan ‘n bevoorregte klas behoort aristokraat

Die regters of landdroste wat ‘n ander regter bystaan by die verhoor van ‘n saak assessore

Iemand wat homself van wêreldse genot weerhou askeet

Iemand wat van avonture hou avonturier

‘n Kenner van bakterieë bakterioloog

Iemand wat oral aalmoese vra bedelaar

Die leier van ‘n klomp kwajongens bendeleier

Die persoon wat verantwoordelik is vir die betaling van belasting belastingpligtige

Iemand wat ‘n besondere kennis van boeke het bibliograaf

Iemand wat deur bloed aan ‘n ander verwant is bloedverwant

Die persoon wat vleis in ‘n slaghuis in stukke verdeel blokman

Iemand wat doelloos rondtrek boemelaar

Iemand wat boete doen boeteling

‘n Liefhebber van boeke

‘n Wreedaard, veral teenoor vroue bloubaard

Iemand wat die eerste keer sosiaal in die openbaar verskyn debutant

Die hoof van ‘n fakulteit aan ‘n universiteit dekaan

‘n Kenner van huidsiektes dermatoloog

Iemand wat ‘n besondere kennis van ‘n onderwerp dra deskundige

Die persoon aan die hoof van ‘n totalitêre staat diktator

Iemand wat glo in regering wat deur die volk verkies is demokraat

18

Iemand wat donasies skenk donateur

Iemand wat gedoop word dopeling

Iemand wat aan drank verslaaf is dranksugtige

Iemand wat besig is om te verdrink drenkeling

‘n Persoon wat uit die leër wegloop droster

‘n Persoon wat net soos ‘n ander een lyk dubbelganger

Iemand wat die toepassing van elektrisiteit in die praktyk beoefen elektrotegnikus

‘n Kenner van insektekunde entomoloog

‘n Selfsugtige, eiegeregtige persoon egoïs

Iemand wat tot die uiterste toe gaan ekstremis

‘n Persoon wat sy geboorteland verlaat om hom in ‘n ander land te vestig emigrant

Iemand wat die gewoontes van volkere ken etnoloog

‘n Persoon wat die herkoms van woorde bestudeer etimoloog

Iemand wat jou gelyke is eweknie

‘n Oordrewe voorstander van ‘n sekere saak fanatikus, dweper

‘n Persoon wat in die noodlot glo fatalis

Iemand wat vir vroueregte veg feminis

Iemand wat graag aan andere liefdadigheid bewys

‘n Taalgeleerde

Iemand wat hom toelê op die uitspraak van ‘n taal fonetikus

Iemand wat ‘n baie fyn smaak vir lekker kos het fynproewer

Iemand wat andere onthaal gasheer, gasvrou

‘n Besonder intelligente persoon genie

Iemand wat ‘n hotel verlaat sonder om sy rekening te betaal glyjakkals

Iemand wat grafte verniel grafskender

Iemand wat lief is vir visvang hengelaar

Die voorsitter van die appélhof hoofregter

‘n Persoon wat hipnose op ander toepas hipnotiseur

‘n Deskundige op die gebied van visse igtioloog, viskundige

19

‘n Persoon wat afkomstig is uit ‘n ander land immigrant

‘n Afrikaner wat sterk Engelsgesind is Jingo

Iemand wat ‘n slegte tyding bring Jobsbode

Amptelike hoof van ‘n universiteit kanselier

Iemand wat landkaarte teken kartograaf

Iemand wat toesien dat alles volgens wet by ‘n verkiesing verloop kiesbeampte

Iemand wat altyd alleen lewe kluisenaar, hermiet

‘n Persoon wat aan steelsiekte ly kleptomaan

Iemand wat met ander in sake-ondernemings meeding konkurrent

Iemand wat ‘n konsessie aanvra en kry konsessionaris

Iemand wat opgelei word kwekeling

Iemand wat onigelig is oor ‘n vak of saak leek

‘n Taalgeleerde linguis

Iemand wat toesighou oor ‘n groep werkers mandoor, ploegbaas

Iemand wat as stiervegter optree matador

Iemand wat help om ‘n misdaad te pleeg medepligtige

‘n Weerdeskundige meteoroloog

Iemand wat ander naboots mimikus

Iemand wat sy medemense haat misantroop

‘n Dame wat damesklere maak modemaakster

‘n Matroos of soldaat wat teen gesag in opstand kom muiter

Iemand wat dieselfde naam as ‘n ander persoon het naamgenoot, genant

Iemand wat altyd die blink kant van die lewe sien optimis

Iemand wat ‘n geleentheid gryp wanneer dit hom voordoen opportunis

Iemand wat ‘n kenner van voëls is ornitoloog, voëlkundige

‘n Alleenheerser outokraat

‘n Persoon wat deur selfstudie sy kennis opgedoen het outodidak

Iemand aan wie ‘n mens jou besittings kan verpand pandjiesbaas

‘n Persoon uit die laer stand wat skielik ryk geword het, maar by wie die beskawing ontbreek parvenu

20

Iemand wat in beginsel teen oorlog is

Iemand wat sy land baie lief het en dit ten volste dien patriot

Iemand wat ‘n deskundige op opvoedkundige gebied is pedagoog

‘n Persoon wat reis na ‘n heilige plek om te aanbid pelgrim, bedevaart-ganger

Iemand wat glo dat ‘n mens perfek kan wees perfeksionis

Iemand wat altyd die donker kant van die lewe sien pessimis

Iemand wat ‘n petisie onderteken petisionaris

‘n Persoon wat letterdiefstal pleeg plagiaris

Iemand wat ‘n pennestryd voer polemis

Die lansruiter by ‘n stiergeveg picador

Iemand met ‘n magtige invloed en aanhang potentaat

Iemand wat aanspraak maak, veral op ‘n troon pretendent

Die hoofstudent in ‘n dameskoshuis primaria

Die hoofstudent in ‘n manskoshuis primarius

Iemand wat gebeure voorspel profeet

Iemand wat namens die staat optree en besluit of ‘n betrokkebeskuldigde vervolg moet word

prokureur-generaal

Iemand wat onbeduidende gedigte of verhale skryf prulskrywer

Iemand met ‘n streng Calvinistiese lewensbeskouiing puritein

‘n Voorstaander van taalsuiwerheid puris

Iemand wat hom by die leër of polisie aangesluit het rekruut

Iemand wat toneelstukke afrig regisseur

‘n Verraaier of afvallige persoon van sy land renegaat, joiner

Die sekretaris van ‘n universiteit registrateur

Die hoof van ‘n kollege of universiteit rektor

Iemand wat nuwe boeke resenseer,bespreek resensent

‘n Aanhanger van ‘n koningsgesinde party rojalis

Iemand wat sabotasie pleeg saboteur

Iemand wat daarvan hou om ander te pynig sadis

21

Iemand wat uit ‘n ander se sakke steel sakkeroller, goudief, grypdief

Iemand wat by plegtighede die leiding neem seremoniemeester

Iemand met ‘n gawe om in die toekoms te kan sien siener

Iemand wat spottend en bitter teenoor sy medemens staan sinikus

Iemand wat skelm of onverwags ‘n ander om die lewe bring sluipmoordenaar

‘n Eredraer by ‘n begrafnis slippedraer

Iemand wat alleen voor ‘n gehoor optree solis

Iemand wat ‘n skip bestuur stuurman

‘n Dierkundige soöloog

Die administratiewe hoof van ‘n hospitaal superintendent

Manlike persoon wat sy testament laat opstel

Vroulike persoon wat haar testament laat opstel testatrise

Iemand wat in dieselfde tyd as ‘n ander geleef het tydgenoot

Iemand wat geen vleis eet nie vegetariër

Iemand wat hom op ‘n skip versteek verstekeling

‘n Predikant wat vir die leër sorg veldpredikant,kapelaan

Iemand wat toesighou oor gebiede waar bosse en diere is veldwagter

‘n Baie begaafde kunstenaar op die gebied van sang of die bespeling van musiekinstrumente virtuoos

Iemand wat gevind word vondeling

Iemand wat voor ‘n ander ‘n pos beklee het voorganger

Iemand wat uit vrye wil by die leër aansluit vrywilliger

Iemand wat die toebehore in ‘n winkel aanbring winkeluitruster

Idiomatiese name

Iemand wat op ander teer aasvoël

Iemand wat baie nuuskierig is agie

Iemand wat agter ‘n ander aanloop en sy bevele uitvoer agterryer

Iemand wat alleen uitgaan alleenloper

22

Iemand wat gedurig almal se guns soek allemansvriend

‘n Strydbare, manhaftige vrou amasone

Vabond, niksnut(s) askoek

Iemand wat ‘n sukkelaar is asjas

Iemand wat baie babbel babbelkous

‘n Jong meisie tussen 14 en 18 jaar bakvis(sie)

Iemand wat baie bang is bangbroek

Iemand wat die voortou neem met kwajongstreke belhamel

Iemand wat aanhou veg tot op die laaste bittereinder

Iemand wat lomp en dom is bobbejaan

Vryerige persoon blinkoog

Vrystater blikoor

Iemand wat aaneen boeke lees boekwurm

Iemand wat ontevrede is en altyd brom brompot

Iemand wat baie nors en stuurs is buffel

Iemand wat ander afknou bullebak, boelie

Iemand wat baie stadig en altyd laat is derdegelui

Iemand wat ‘n knap stukkie werk verig het doring

‘n Ongewenste derde persoon, veral by verliefdes derdemannetjie

Iemand wat nie openlik kan kant kies nie draadsitter

Iemand wat draai en nooit klaar kry nie drelkous

Iemand wat baie koppig en dwaas is dwarskop

Iemand wat met geweld baasspeel dwingeland, tiran

Iemand wat hom van die groep afskei eenloper

Iemand wat baie dom is esel, bobbejaan, pampoenkop

Onbeskaafde vent ghwar

‘n Baie kwaai vrou geitjie

Iemand wat baie gierig na geld is geldwolf

Iemand wat dit baie gelukkig tref geluksvoël

23

‘n Kind wat gedurig huil grensbalie, tjankbalie

Vabond, lummel hierjy

Iemand wat baie veglustig en parmantig is haantjie

Iemand wat baie eiewys is hardekop

Iemand wat baie stadig is harmansdrup

Iemand wat driftig van geaardheid is heethoof

Iemand wat beheer het oor baie geld Hoggenheimer

‘n Lelike persoon ietermagô

Iemand wat altyd stuurs en suur is iesegrim

‘n Verspotte, lawwe persoon Jan Kalbas

Die gewone mens Jan Publiek

Iemand wat altyd ja sê en saamstem jabroer

Iemand wat baie geslepe en skelm is jakkals

Iemand wat baie slap en dooierig is jansalie

‘n Agterlike persoon japie

‘n Onbenullige jong mens japsnoet

‘n Persoon wat altyd kla Jeremia

Iemand wie se poging om te troos sake eintlik vererger Jobstrooster

Hollander kaaskop

Iemand wat opsetlik snaaks is kaartman

‘n Geniepsige, skindersiek vrou kat

Iemand wat baie lief is vir kinders kindervriend

Iemand wat baie vervelig kan gesels kletskous

Iemand wat op ‘n baie klein skaal boer knapsakboertjie

Iemand wat gou kwaad word en rusie maak korrelkop

Iemand wat in die staatsdiens werk kripvreter

Iemand wat gou aanstoot neem kruidjie-roer-my-nie

‘n Onervare kind kuiken

Iemand wat mense bedrieg deur hom as dokter voor te doen kwaksalwer

24

Iemand wat pap en karakterloos is lamsak

Iemand wat nie kan klaar kom om iets te sê nie langasem

Iemand wat uitsoekerig is en van lekker kos hou lekkerbek

Iemand wat andere in ‘n lokval lei lokvink

Iemand wat ‘n ander deur gesanik wil dwing om iets te doen lolpot

luistervink

Iemand wat baie vuil is lunsriem

Iemand wat baie verspot is maltrap

Iemand wat kort-kort van opinie verander manteldraaier

Iemand wat tot snags laat altyd op is nagwolf

Iemand wat altyd neul en fout vind neulkous, neulpot

‘n Onervare jong seun penkop

Die persoon of ding met wie ‘n mens banggemaak word paaiboelie

Iemand wat ‘n lafaard is papbroek

Iemand wat op ‘n ander lewe parasiet

Iemand wat baie skriftelik werk doen penlekker

‘n Baie ondeunde grapmaker platjie

‘n Kort, swaar persoon pokkel

Iemand wat lekker rond en vet is potjierol

Iemand wat wilde en onverskillige dinge doen rabbedoe

Iemand wat altyd ‘n saak strem remskoen

‘n Baie ervare persoon ringkop

Iemand wat baie bitsig en kwaai is rissie

Iemand wat rou en onervare is rouriem

Iemand wat minder verfynd is sandtrapper

‘n Lomp, sku vent semelbroek

‘n Baie senuweeagtige mens senuwee-orrel

Iemand wat baie skinder skinderbek

Iemand wat hom oor niks bekommer nie sieltjie-sonder-sorg

Iemand wat baie slordig is slodderkous

25

‘n Vuil persoon of ‘n skurk smeerlap

‘n Astrante, parmantige persoon snip

Iemand wat skuldig is sondebok

Iemand wat baie gelukkig is Sondagskind

‘n Slordige persoon sloerie

Iemand op wie die skuld van ander gelaai word sondebok

Iemand wat lief is om met alles te spot spotvoël

Iemand op wie ‘n mens altyd kan reken staatmaker

‘n Grootprater snoeshaan

Iemand wat altyd stuurs en suur is suurknol

Iemand wat daarvan hou om lekker en baie te eet smulpaap

Iemand wat die skurk van ‘n gesin is swartskaap

Iemand wat agterlik in maniere en opvatting is takhaar

Iemand wat baie vuil en smerig is teerputs

‘n Geveinsde persoon tweestertjakkals

Iemand wat baie lank is telegraafpaal, hemel-besem

Iemand wat baie graag terg terggees

Iemand wat vir sy genot boer tjekboekboer

‘n Dwaas, grapmaker uilspieël

‘n Onnosel, onkundige jong mens uilskuiken

‘n Baie lelike persoon voëlverskrikker

‘n Veranderlike persoon verkleurmannetjie

Iemand wat die leier in kattekwaad is voorbok

Iemand wat altyd te veel eet vraat

Iemand wat erg suinig en inhalig is vrek

Iemand wat baie driftig en eiewys is vuurvreter, heethoof

Iemand wat altyd gedwee die harde werk doen werkesel

‘n Praatsieke persoon windorrel

Iemand wat baie grootpraat en niks beteken nie windlawaai

26

‘n Kind wat baie woelig is woelwater

‘n Suiplap, dronkaard wynvlieg

Iemand wat altyd beter weet as ‘n ander wysneus, weetal

Iemand wat baie ingenome met homself is ydeltuit

Algemeen

‘n Skriftelike invordering van skuld aanskrywing

‘n Verbinding tussen twee treine aansluiting

Die studie van grond, klippe, rotse, ens. aardkunde, geologie

‘n Toevoegsel of ‘n bylaag addendum

‘n Boek met alfabeties gerangskikte adresse adresboek

‘ n Skriftelike opdrag om ‘n sekere som geld gereeld af te trek aftrekorder

Bewys van lidmaatskap van ‘n kerk attestaat

‘n Produk wat uit industriële afval vervaardig word afvalproduk

‘n Lys met die sake wat op ‘n vergadering bespreek gaan word agenda, sakelys

Die wetenskap van grondbestuur agronomie

Die bewerking en bestuur van gesaaides akkerbou

Die voortplanting en teruggolwing van klanke in ‘n saal akoestiek

‘n Opeenvolging van dieselfde beginletters in ‘n paragraaf alliterasie

Die herhaling van vokaalklanke in ‘n reël (gedig) assonansie

Die voertuig wat mense van en na ‘n hospitaal vervoer ambulans

‘n Ronde, oop teater met oplopende rye banke

Algemene kwytskelding van straf amnestie

Die instrument wat elektriese stroom meet ampèremeter,ammeter

Die wetenskap van die bou van die menslike liggaam anatomie

‘n Boot wat modder onder water uithaal baggerboot

‘n Land van ontstaan (oorsprong) bakermat

27

Die instrument wat lugdruk meet barometer

‘n Skrif wat begrippe deur beelde aandui beeldskrif

‘n Berekening en verslag van ‘n verwagte inkomste en uitgawes begroting

‘n Artikel wat gebêre word tot alle paaiemente betaal is bêrekopie

‘n Lys van boeke oor ‘n sekere onderwerp

Die lewensgeskiedenis van ‘n persoon

‘n Laer in die oop veld bivak

‘n Geldsom wat as present aan werknemers gegee word bonus

Die stuk grond waarop gebou gaan word bouperseel

‘n Tipe solder wat ‘n huis brandvry maak brandsolder

‘n Klein staatjie tussen twee groot state bufferstaat

Ete waar die kos klaar op die tafel staan en deur gaste self gehaal word buffetete

‘n Boek waarin die gebeure van elke dag aangeteken is dagboek

‘n Geneesheer se bevinding nadat hy ‘n pasiënt ondersoek het diagnose

Die studie van diere dierkunde, soölogie

‘n Winsuitkering aan aandeelhouers dividend

Die temperatuur waarop waterdamp in dou kondenseer doupunt

Los goed wat op water dryf drifsel, opdrifsel

Goedere wat in die buiteland verkoop teen laer pryse as tuis dumping

‘n Siekte wat ‘n groot deel van die bevolking aantas epidemie

‘n Paar vliegtuie onder een aanvoerder eksadrielje

Die wetenskap van die verskillende menserasse etnologie

‘n Noukeurige afbeelding of kopie faksimilee

Die leer van geneesmiddels farmakologie

Die diere wat eie is aan ‘n streek fauna

Die plante wat eie is aan ‘n streek

faux pas

Vlei om iets te kry

‘n Vasgestelde bewoording om te lees by plegtige verrigtings formulier

28

‘n Kort artikel wat deur ‘n reeks foto’s geïllustreer word foto-artikel

Om posvry te maak frankeer

Jolige eet- en drinkparty fuif

Geweefde metaaldraad met klein openinkies gaasdraad

‘n Groepie bymekaar staande huise gehuggies

Die intrument wat radio-aktiwiteit aandui Geigerteller

Die steel van geld deur bedrog geldverduistering

Skriftelike bewys van iemand se wettige benoeming geloofsbriewe

Die beendere van ‘n liggaam geraamte

‘n Punt waaroor daar meningsverskil bestaan geskilpunt

Die soort sement waarin ‘n gebreekte arm of been geset word gips

‘n Dokument waarin regsbeginsels van ‘n internasionale organisasie vasgelê is handves

‘n Baie kort afstand hanetreetjie

Woordelike verslag van die verrigtings en debatte in die parlement Hansard

‘n Versameling gedroogde plante herbarium

‘n Geldelike vergoeding vir professionele dienste honorarium

Verraad teenoor ‘n land se regering hoogverraad

Grond wat grotendeels uit verrotte blare bestaan humus

huwelikskontrak

Onvermoë om jou skulde te betaal insolvent

‘n Klein grondmannetjie kabouter

‘n Klokkespel met verskillende tone kariljon

Die teken van landkaart

Die praatstoel van ‘n spreker kateder

‘n Woning wat onderkant die grondvlak is kelderwoning

Die vervaardiging van erdewerk keramiek

‘n Bed op die vloer gemaak kermisbed

‘n Reeks opeenvolgende reaksies van snel toenemende aard kettingreaksies

‘n Houtgeboutjie waar rookgoed, verversings, ens. verkoop word kiosk

29

Die rangskikking volgens soorte, grade, ens. klassering

‘n Polisiestrooptog teen bv. smokkelhandel klopjag

‘n Dieresoort gekenmerk deur twee skerp voortande aan elke kakebeen knaagdier

‘n Bylae tot ‘n testament kodisil

Die reg van ‘n skrywer of uitgewer om sy skrifte uit te gee of te verkoop kopiereg

‘n Verstelbare skroefsleutel vir pype en moere kraaibek

Die gedwonge verblyf op een plek uit vrees vir aansteeklike siekte kwarantyn

‘n Grappige gesegde kwinkslag

Minimum aantal stemhebbende lede nodig vir ‘n wettige besluit kworum

‘n Bevel van die hof om ‘n sekere persoon in hegtenis te neem lasbrief

‘n Mengsel van metale legering, leëring, allooi

Sleutel wat op baie slotte pas loper

‘n Verklaring deur ‘n regering manifes

Gemeenskaplike dorpsgrond meent

Die instrument waarmee baie klein voorwerpe vergroot word mikroskoop

Die instrument waarmee baie klein afstande gemeet word mikrometer

Die gereedmaak van troepe, ens. vir oorlogsdiens mobilisasie

Die alleenreg om sekere goedere te verkoop monopolie

Inlegwerk met stukkies marmer, teëls of glas mosaïek

Kunsmatige verdowing narkose

‘n Hoë gedenknaald wat as monument dien obelisk

Die proses waarvolgens ‘n klein plantjie begin groei ontkieming

Die plankie waarop ‘n skilder sy verf aanmaak palet

‘n Plant of dier wat op ‘n ander teer parasiet

Die nominale waarde pari

Die letterlike diefstal van woorde of sinne plagiaat

Verhoog vir ‘n spreker of dirigent podium

Afdeling van die staatsdiens aan ‘n kabinetsminister toevertrou portefeulje

Posgeld wat betaal word porto

30

Die jaarlikse of maandelikse vooruitbetaalbare som geld op ‘n polis première

premiére

Die strewe om ‘n sekere opvatting ingang te laat vind propaganda

‘n Telegram wat per radio gestuur word radiogram

‘n Saak wat in ‘n hof betwis word regsgeding

Aanwysings vir die voorbereiding van ‘n spesifieke kossoort, nagereg, ens. resep

‘n Los, onbevestigde gerug riemtelegram

‘n Lys wat die werksaamhede van ‘n tydperk aandui rooster

Afdeling van ‘n koerant of tydskrif aan ‘n bepaalde onderwerp gewy rubriek

Die studie van ‘n mens se gedagtes sielkunde

Die instrument wat aardbewings meet seismograaf

‘n Kierie met ‘n oopvoubare sitplek sitkierie

Verbode handel wat skelm gevoer word smokkelhandel,sluikhandel

Leesstof wat prul en onsinnig is snertlektuur

‘n Aandenking wat ‘n mens ter herinnering van een of ander gebeurtenis hou soewenier

Die werktuig waarmee gesoldeer word soldeerbout

‘n Prent van ‘n persoon wat so geteken is dat almal daaroor lag spotprent

‘n Lys van die kossoorte wat by ‘n maaltyd bedien word spyskaart

‘n Meganiese skrop vir die gelykmaak van paaie stootskraper

Die soort horlosie wat gebruik word om tye te meet by ‘n atletiekbyeenkoms stophorlosie

Die luglaag waar temperatuur nie meer met hoogte verander nie stratosfeer

Die foto wat ‘n ongewone beeld van ‘n reeks bewegings gee strobofoto

Eienaardigheid wat kenmerkend is vir ‘n bepaalde taal taalverskynsel

‘n Middel wat teen gif gebruik word teengif

Die instrument wat gebruik word om die hemelruim te bestudeer teleskoop

Die einde van ‘n busroete terminus

Die instrument wat temperatuur meet termometer

Die inhoud van ‘n skip in tonne uitgedruk tonnemaat

31

‘n Venster waarin goedere uitgestal word toonvenster

Die toestel waarmee weddenskappe by ‘n perdewedren gereël word totalisator

Die bewerking en bestuur van tuine tuinbou

Iets wat oordrewe modern is ultramodern

‘n Woordeboek van tegniese terminologie vakwoordeboek

Huwelik met meer as een vrou op dieselfde tyd veelwywery,poligamie

Middel om ‘n mengsel dunner te maak verdunningsmiddel

‘n Persoon wat verstoot of misken word verstoteling

Namaak met die doel om te bedrieg vervalsing

‘n Toneel soos ‘n voël, wat op sy vlerke hang, dit sien voëlperspektief

Die instrument wat die potensiaalverskil in ‘n stroombaan meet voltmeter

Die instrument om te meet of iets loodreg of horisontaal is waterpas

‘n Tydskrif wat weekliks verskyn weekblad

Die paal met ‘n bordjie wat die pad aandui wegwyser, padwyser

Die toestel wat die windrigting op ‘n lughawe aantoon windkous

Onverantwoordelike geklets wolhaarpraatjies

‘n Baie hoë gebou wolkekrabber

Kweek van druiwe en verwerking tot wyn wynbou

Algemene idiome

A

Waar die aas is, vergader die aasvoëls Die hebsugtiges is altyd waar iets te buit is

Dis aan sy adres gerig Dis teen hom bedoel

Hy bewaar ‘n appeltjie vir die dors Hy bewaar dit vir die dag dat hy dit mag nodig kry

Al dra ‘n aap ‘n goue ring, hy bly tog maar ‘n lelike ding

Mooi klere kan nie ‘n lelike mens nie mooi maak nie.

Die aarde aanneem Hard val

Aartappels nie twee maal skil nie Iemand wat nie dieselfde ding sê of doen nie

32

Adam sê dis Eva, Eva sê dis die slang Skuif skuld altyd op die ander

Dis nou nie almiskie nie Nie te betwyfel nie

Van twaalf ambagte en dertien ongelukke

Iemand wat alles probeer, maar niks goed kan doen nie

Met sy siel onder sy arm loop Wanneer ‘n persoon niks het om te doen nie

Altyd op dieselfde aambeeld slaan Praat gedurig oor dieselfde saak

Sy aand- en môrepraatjies kom nie ooreen nie Hy is onbetroubaar

Iets aandurf Iets aanpak

Die toon aangee Die voortou neem

Aanhouer wen Volharding bring sukses

‘n Gesprek aanknoop ‘n Praatjie begin

Hoog in aansien wees Hoog geëerd wees

Sonder aansien des persoons Sonder om onderskeid te maak

Aanstaltes maak Voorbereidsels begin tref

Aardjie na sy vaartjie Net soos sy pa

Op die afdraand wees Agteruitgaan

Afgehaal voel Beledig voel

Iemand die loef afsteek Iemand uitoorlê

Van uitstel kom afstel Deur uitstel kom niks gedaan nie

Die aftog blaas Teruggaan, retireer

Agteros kom ook in die kraal Die laaste persoon kry ook ‘n kans

Alkant selfkant Dit is vir my om’t ewe

Die appel val nie ver van die boom nie Die kind aard gewoonlik na sy vader (moeder)

Vir ‘n appel en ‘n ei verkoop Byna verniet weggee

Ook ‘n stuiwer in die armbeurs gooi Ongenooid saampraat

Iemand se hand in die as slaan Iemand uitoorlê

B

Balsem in die wonde giet Troos bring

33

Sy boeke is deurmekaar Hy is in die moeilikheid

Sy is ‘n bloukous Sy is ‘n geleerde vrou

Botter by die vis Betaal kontant

Dis botter aan die galg smeer Dis vergeefse moeite

Hy het my ‘n bril op die neus gesit Hy het my bedrieg

Hy pak die bul by die horings Hy tree moedig op, hy gebruik die geleentheid

Die geel baadjie aanhê Om jaloers te wees

Bietjie baard, maar klipsteenhard ‘n Geslepe persoon

Iets op die lange baan skuiwe Iets uitstel

Die kind met die badwater weggooi Om van die goeie saam met iets slegs ontslae te raak

Die bal misslaan Om jou te misgis

Balke saag Wanneer jy snork

Met die verkeerde voet uit die bed klim As jy in ‘n slegte bui is, humeurig opstaan

‘n Nuwe blaadjie omslaan ‘n Nuwe begin maak

In iemand se goeie boeke te wees In guns van iemand te wees

Die boer die kuns afvra Om ‘n geheim te probeer uitvind

‘n Ou bok hou van ‘n jong blaartjie ‘n Ou man kyk soms na jong meisies

Deur die hele bos loop om die kromste lat te sny

‘n Seun het ‘n mooi meisie gehad, maar trou met die lelikste

Die ys breek Om ‘n gespanne verhouding te breektussen persone

Die vrou dra die broek in die huis Die vrou neem die gesag oor

‘n Klip in die bos gooi Iets snaaks sê om reaksie te lok

Van die buik ‘n afgod te maak Te veel te eet

Besin eer jy begin Dink voordat jy begin

Die bruid is in die skuit, nou is die mooi- praatjies uit

As hy gekry het waarna hy gesoek het, is die gedienstigheid verby

Tussen die boom en die bas, meer los as vas Hy is maar middelmatig

Blommetjie vyf al wat jy het, sit aan jou lyf Die persoon bestee al sy geld aan klere

Hy kry op sy baadjie Hy kry ‘n pak slae

34

Kaatjie van die baan wees Die voorbok wees

Eers baas, dan klaas Eers baas, dan kneg

Van bakboord na stuurboord Iemand hot en haar stuur

Uit die band spring Oor die tou trap

Liewer bang Jan as dooie Jan Dis voordelig om versigtig te wees

Sy bene dra Weghardloop

Met een been in die graf staan Oud en afgeleef wees

Ou bene kou Onaangename herinneringe oprakel

Te laat vir jou eie begrafnis wees Baie stadig wees

‘n Goeie begryper het ‘n halwe woord nodig

‘n Goeie verstaander het nie ‘n volle verduideliking nodig nie

Belofte maak skuld ‘n Mens moet jou beloftes nakom

Van ‘n molshoop ‘n berg maak Iets oordryf

Nuwe besems vee skoon ‘n Nuwe persoon in ‘n betrekking gee dikwels die meeste bevrediging aan die begin

Die mens wik, maar God beskik Die mens maak planne, maar God alleen kan dit tot verwesenliking bring

Op heterdaad betrap Op die daad betrap

Op sy binnevet teer Hy lewe van sy kapitaal

In die land van die blindes is eenoog koning Onder dommes is ‘n halfgeleerde ‘n groot man

‘n Bloutjie loop Gesê van ‘n persoon wie se huweliksaansoek geweier word

Sy blus is uit Dis klaarpraat met hom

Die bobbejaan agter die bult gaan haal Moeilikhede tegemoet loop

‘n Geslote boek Onbegryplik

‘n Bok skiet ‘n Groot fout begaan

So bang wees soos ‘n bok vir ‘n skoot hael Baie bang wees

Bokerf trek Swaarkry

Hoë bome vang die meeste wind Mense wat hoë posisies beklee, word skerp gekritiseer

Die kat uit die boom kyk ‘n Onpartydige houding aanneem en so jou kans afwag

35

Vanweë die bome die bos nie sien nie Kan die werklike probleem nie raaksien nie as gevolg van onbenullighede

Boontjie kry sy loontjie Elkeen kry wat hom toekom

Teen die bors stuit Dit mishaag iemand

Om die bos lei Iemand bedrieg

Diep in die bottel kyk Baie drink

In die botter val ‘n Groot geluk tref

‘n Bril op die neus sit Iemand bedrieg

Dit sal broekskeur gaan Dit sal swaar gaan

Die een se dood is die ander se brood Die een se skade lei tot ‘n ander se voordeel

Die bul by die horings pak

Die spoor byster wees Verdwaal wees

In die stof byt Sneuwel

D

Elkeen is ‘n dief op sy eie nering Elkeen sorg vir homself

Hy sal sy dreuning teëkom Hy sal uitvind dat hy hom gekul het

Hy sal dit nie weer terug kry nie

Ledigheid is die duiwel se oorkussing As jy niks te doen het nie, doen jy maklik kwaad

Daar kom dadels van Daar sal niks van kom nie

Moenie die dag voor die aand prys nie Moenie vooraf die verloop van sake beoordeel nie

Elke dassie prys sy eie kwassie Elkeen dink sy goed is die beste

Aan die verkeerde deur klop By verkeerde persoon hulp of raad vra

Sagte dokters maak stinkende wonde Halwe maatreëls doen meer kwaad as goed.

Die daad by die woord voeg Handelend optree

Rome is nie in een dag gebou nie ‘n Mens moet nie te haastig of ongeduldig wees nie

Voor dag en dou Baie vroeg

So helder soos die dag Baie duidelik

Die poppe is aan die dans Die moeilikheid het begin

36

Na iemand se pype dans Doen wat ‘n ander verlang

Die put demp as die kalf verdrink is Voorsorgmaatreëls wat te laat is

Voor jou eie deur vee Eers aan jou eie gebreke dink

Met die deur in die huis val Dadelik met ‘n saak voor die dag kom

Voor dooiemansdeur kom Niemand tuis kry nie

Met een dief ‘n ander vang Een dief weet hoe ‘n ander te werk gaan

Iemand iets diets maak Iemand iets wysmaak

So dig soos ‘n pot Nie ‘n geheim verklap nie

Deur dik en dun Onder alle omstandighede

Nie doekies omdraai nie Reguit praat

Die doel heilig die middele As die doel maar goed is kan slegte middele gebruik word

Die kat in die donker knyp Heimlik kwaad doen

Die dood moet ‘n oorsaak hê Dis maklik om ‘n ekskuus te kry

Op ‘n dooie punt uitloop Nie vordering maak nie

Aan dowemansdeur klop Niemand tuis vind nie

Jou pen in gal doop Baie bitsig skrywe

‘n Doring in die vlees wees Om ‘n ergenis te wees

Kort van draad wees Gou kwaad word

Die draad kwyt wees Gesteur wees in jou gedagtegang

Met iemand die draak steek Met iemand gekskeer

Nog nie droog agter die ore wees nie Onervare wees

Die druiwe is suur Iets verkleineer wat jy graag wil hê, maar nie kan kry nie

‘n Dubbeltjie in die viool hê ‘n Aandeel in iets hê

Uit sy duim suig Iets versin

Duim vashou Na iemand se sukses verlang

Stille waters, diepe grond, onder draai die duiwel rond

Stil mense is soms ondeunder as wat jy ver-wag

37

E

Die belofte is goed, maar die eend lê die eier Dade tel en nie beloftes nie

Die eier wil slimmer wees as die hen As jy jou ouer, meerdere, deskundige wil leer

Vir evangelie aanneem Iets as die grondige waarheid beskou

Hy het daar geen erg in nie Hy stel daar geen belang in nie

Op sy eentjie iets doen Stoksielalleen iets doen

Eendrag maak mag As mense saamwerk kan hulle meer uitrig

Eerlikheid duur die langste Dit betaal op die lange duur om eerlik te wees

Ter elfder ure Op die laaste oomblik

Wie die kleine nie eer nie, is die grote nie werd nie

As jy nie spaarsaam is nie, moet jy nie verwag om ryk te word nie

Hy loop op eiers Hy loop versigtig en stadig

‘n Halwe eier is beter as ‘n leë dop Iets, hoe min ookal, is beter as niks

Dit gaan so eenkant op en anderkant af Eendag gaan dit goed en soms sleg

‘n Esel stoot hom nie twee keer aan dieselfde klip nie Maak nie twee keer dieselfde fout nie

Soos water op ‘n eend se rug Om jou nie aan iets te steur nie

End goed, alles goed As ‘n saak goed eindig, is alles goed

Hy het daar geen erg in nie Hy stel glad nie daarin belang nie

FMoenie sê: “Fonteintjie ek sal nooit weer van jou drink nie.” Moet nooit ‘n ander se hulp versmaai nie

Tussen Farao en die Rooi See Tussen twee groot moeilikhede wees

Sy fut is uit Hy het nie meer moed of krag nie

Hy het swak vertoon

Sleg, mismoedig lyk

Die een dag volop die ander dag niks

Familie van Adam se kant af Verlangs familie

Iemand is ‘n Fariseër ‘n Skynheilige persoon

38

Vol voorkeure wees

In die volle krag van jou lewe wees

Flikkers gooi Jou bes doen om aandag te trek by iemand van die teenoorgestelde geslag

Die fort hou Vir sake sorg as die verantwoordelike persoon weg is

Iemand se forte Iemand se sterk punt

Fyn besnaard wees Fyngevoelig wees

G

Sê groete aan die vrate Spottend aan iemand gesê wat baie eet

Iemand goue berge beloof Beloftes maak wat nie uitgevoer kan word nie

Iemand ‘n gat in die kop praat Iemand ompraat

Dit lyk of hy van die galg gewaai het Hy sien baie sleg daaruit

Die kind vir die galg grootmaak ‘n Kind sonder tug grootmaak

Bou ‘n galg vir ander, dan hang jy self daaraan

Om self in die strik gevang te word wat jy vir ander stel

Hy doop sy pen in gal Hy skryf verbitterd oor iets

Wie in glashuise woon, moenie met klippe gooi nie

Moenie oor ander kritiek uitspreek as jy dieselfde doen nie

Elke gek het sy gebrek Elkeen het sy foute

Geld wat stom is, maak reg wat krom is Met geld kan ‘n mens veel doen

Hy staan of hy geld in die bank het Hy is hoogmoedig

Van lotjie getik wees Gek wees

Gogga maak vir baba bang Baie lelik wees

Die gort is gaar Die moeilikheid het begin

Nie alles wat blink, is goud nie Skyn bedrieg

Alle grappies op ‘n stokkie Sonder skerts

Nie die gras onder sy voete laat groei nie Hy laat nie op hom wag nie, dadelikhandel

Die gras aan die brand steek Iets opspraakwekkends doen

Aan die voete van Gamaliël sit ‘n Leerling (student) van ‘n beroemdegeleerde wees

39

Alte goed is buurmansgek As jy te goedhartig is sal hulle met jou spot

Die graf maak almal gelyk Die dood maak geen verskil tussen ryk of arm nie

Met geweld kan jy die duiwel van die berg afja Met geweld kry jy alles reg

Hoe groter gees, hoe groter bees Slim mense gedra hul soms onbeskof,beesagtig

Sou ons die goeie ontvang en nie diekwade nie?

Ons moet tevrede wees om voor- enteëspoed te ondervind

Genadebrood eet Om onderhou te word sonder om dit te verdien

Waar jy mee verkeer, word jy mee geëer Jy word geken aan jou vriende

Hy het sy goed romp en stomp verkoop Hy het alles verkoop

So skelm soos die houtjie van die galg Baie slim wees

Die gelag betaal Alleen in die moeilikheid kom

Alle gekheid op ‘n stokkie In alle erns

Van gunste en gawes lewe Met die hulp van ander lewe

Rondloop vir kwaadgeld Ledig rondloop

Meer geluk as wysheid Die welslae is meer aan geluk as wysheid te danke

Hy het twee gesigte Agterbaks wees

Die gewoonte maak die gewente Dis moeilik om ‘n ou gewoonte af te leer

Soos ‘n groot speld verdwyn Skielik verdwyn

H

Hy het hare op sy tande Hy het moed

Daar sal geen haan na kraai nie Niemand sal dit ooit te wete kom nie

Eie haard is goud waard Jou eie huis is die beste plek

Dit is soos ‘n hand vol vlieë Dit is waardeloos

Die hand in eie boesem steek Jouself ondersoek

Sy is nie ‘n katjie om sonder handskoene aan te pak nie ‘n Gedugte teenstaander

Die heuningkwas gebruik Vleiende woorde gebruik

40

Nie om die hond nie, maar om diehalsbandjie

Eintlik om ‘n bykomstige doel as dieskynbare een

Sy hare het orent gestaan Hy het geskrik

Iets by die hare insleep Iets onaangenaams insleep wat niks te doen het met die saak onder bespreking nie

Mekaar in die hare vlieg Mekaar te lyf gaan

Van die hak op die tak spring Rondspring in jou gesprek

Met die hand in die hare sit Nie meer weet wat om te doen nie

Die hand aan die ploeg slaan Handelend optree

Met hand en mond belowe Vas belowe

Van die hand in die tand lewe Alles verteer wat jy verdien

Nie ‘n moordkuil van jou hart maak nie Om te sê wat in jou hart is

Sy hart lê op sy tong Alles sê wat op jou hart is

Die hef in die hande hê Die mag in die hande hê

Met die hoed in die hand kom jy deur die hele land ‘n Beleefde mens is oral gewild

As jy ‘n hond wil slaan, kry jy maklik ‘n stok

As jy iemand verdink, dan sit jy al sy dade in die verkeerde lig

Moenie slapende honde wakker maak nie Moenie onaangename sake aanroer nie

Hy blaf met die honde en ruil met die wolwe Hy praat saam met albei partye

Daar is ‘n hen met spore Daar is ‘n kwaai vrou

Die hoof bied Teenstand bied

Te veel hooi op sy vurk Meer onderneem as wat hy kan behartig

‘n Naald in ‘n hooimied soek Tervergeefs na iets soek

Elke huis het sy kruis Elke familie het sy eie las

So slim soos die houtjie van die galg Baie geslepe

Die huis op horings neem ‘n Groot lawaai maak

Met die deur in die huis val Sonder omweë met iets voor die dag kom

‘n Huis op sand bou ‘n Onderneming op swak grondslag aanpak

As jy ‘n huis na elkeen se raad bou, is hy krom

As ‘n mens na almal se raad wil luister, sal jy niks uitvoer nie

Van huis uit Oorspronklik van geboorte

41

Al is ‘n huis hoe arm, hy dek warm Al is ‘n mens se tuiste armoedig, voel jy tog daar die gelukkigste

Maljan onder die hoenders Die enigste man onder ‘n klomp dames

Iets word onder die hamer verkoop Iets word op vendusie verkoop

Hy hou sy hand bo my hoof Hy hou my onder sy beskerming

Hy lewe van die hand in die tand Hy is arm

Hy neem die handskoen op Hy neem die uitdaging aan

Die hekke is verhang Die toestande het nou verander

Die husse met lang ore Dit word vir kinders wat baie nuuskierige vrae vra, gesê

Baie honde is ‘n haas se dood As mense saamwerk kan hulle moeilike take maklik maak

Elke haan is koning op sy eie mishoop Elkeen voel hom die meerdere op sy eie gebied

Kan geen hond haar-af maak nie Kan niks uitrig nie

Jou iets op die hals haal Deur eie toedoen vir jou iets onaangenaams aanbring

Met hand en tand verdedig Baie hewig veg

Hand aan eie lewe slaan Selfmoord pleeg

Sy hande staan vir niks verkeerd nie Hy kan enigiets doen

Jou hand in eie sak steek Self vir iets betaal

Aan iemand se lippe hang Aandagtig luister

Hy het al harde bene gekou Hy het al baie swaar gekry

Waar die hart van vol is, loop die mond van oor

Jy praat gewoonlik oor waarmee jy baie besig is

‘n Riem onder die hart steek Aanmoedig

Uit die oog, uit die hart Iemand wat jy nie meer sien nie, gou vergeet

Die bordjies het verhang Omstandighede het verander

Heuning om die mond smeer Vlei

Hoed agterna gooi ‘n Goeie slag slaan

Dit lyk of die honde sy kos afgeneem het Verleë lyk

Hoenderkop wees Gedrink wees

Deur jou eie honde gebyt word Dis jou eie mense wat jou benadeel

42

Blaffende honde byt nie Hy is nie so gevaarlik as wat hy voorgee nie

Twee honde veg om een been, die derde loop daarmee heen

As twee mense om ‘n ding twis, raak dit dikwels in die besit van ‘n derde

Honger is die beste sous As jy honger is, smaak alles lekker

Soveel hoofde, soveel sinne Hoe meer mense daar is, hoe meer opinies

Te veel hooi op jou vurk neem Meer onderneem as wat jy kan behartig

I

Jou eie woorde moet insluk Jou woorde terugtrek

Hy is ‘n Isrealiet sonder bedrog ‘n Eerlike opregte persoon

Hulle hou indaba Hulle beraadslaag

Dis jou indaba Dis jou moeilikheid

Hy is maar net ‘n instrument Hulle gebruik hom maar net

J

Hoe kaler jakkals hoe groter stert Arm mense pronk gewoonlik die meeste

Jakkals prys sy eie stert Jou eie roem besing

‘n Jakkals met twee sterte ‘n Huigelaar, ’n manteldraaier

‘n Kaal jakkals Iemand wat niks besit nie

Jakkals trou met wolf se vrou Dit reën terwyl die son skyn

Dis die klein jakkalsies wat die wingerde verniel

Dis die klein foutjies wat groot moeilikheid veroorsaak

Jakkals verander van hare, maar nie van streke nie

‘n Mens ontgroei nie jou ingeborekaraktertrekke nie

‘n Klein jukskeitjie met ‘n groot kop ‘n Baie nuttige ding

Jan en alleman was daar Almal was daar

Is jy ‘n vreemdeling in Jerusalem? Hoe is dit dat jy nie daarvan weet nie?Almal weet dit mos?

Pas op as dom Jan vir slim Jan vang Jy kan in die moeilikheid beland as jy te slim probeer wees

Dis goed dat ‘n mens sy juk in sy jeug dra

Dis in jou voordeel dat jy swaarkry terwyl jy jonk is

Jan Rap en sy maat Sommer enigiemand

43

K

Die kalf is in die put As jy noodgedwonge op ‘n Sondag moet werk

Dit is kasaterwater

Met ander man se kalwers ploeg Om ‘n ander se werk te gebruik as jou eie

Hy is nie onder ‘n kalkoen uitgebroei nie Hy is nie so dom soos wat hy lyk nie

Die kar voor die perde span Agterstevoor te werk gaan of argumenteer

Dit is nie die koeie wat die hardste bulk wat die meeste melk gee nie

Die wat die meeste praat doen dikwels die minste

Nog groen koring op die land hê Nog jong kinders hê wat die pad byster kan raak

Elke swart kraai dink sy eier is die witste Elkeen dink sy goed is die beste

Moenie jou beste kaarte eerste speel nie Moenie jou beste argumente eerste gebruik nie

Die gemeste kalf slag Iemand op die allerbeste voedsel en drank trakteer

Aan die kaak stel Openbaar maak

Oor een kam skeer Almal eenders behandel

Vir iemand die kastaiings uit die vuur krap ‘n Ander se moeilike taak verrig

Die koeël is deur die kerk Dis nou te laat

Kommandeer jou eie honde en blaf self Doen jou eie onaangename werk

Tevrede wees met die behandeling soos dit is

Kop bo water hou Net nie te erg in die moeilikheid raak nie

Die kreeftegang gaan Agteruitgaan

Jou kop in ‘n bynes steek Jouself moeilikheid op die hals haal

Kind nog kraai hê Geen familie hê nie

Jou lig onder die koringmaat verberg Nie gebruik maak van jou talente nie

Iets op die keper beskou Baie noukeurig beskou

Dit is net so in my kraal Dit bevorder my planne

Jou ‘n kat in die sak koop Jou laat kul

Vir iemand ‘n klip uit die pad rol Iemand ‘n guns bewys

Krokodiltrane huil Vals wees

Ek laat my nie met kaf vang nie Ek laat my dit nie wysmaak nie

44

Hy is ‘n kind van die rekening Hy moet vir ‘n ander se skuld boet

Dit gaan nie in sy klere sit nie Hy trek hom dit baie aan

Hy stuur my met ‘n kluitjie in die riet Hy maak beloftes sonder om hulle te hou

Dié kaf kan jy op ‘n ander mark gaan verkoop Vertel die onsin aan iemand anders

Hy het al harde korsies gebyt Hy het al swaar gekry

Eers die koutjie, dan die vroutjie Hy bou eers die huis voordat hy trou

Oop kaarte speel Eerlik handel

In iemand se kaarte kyk Op skelm wyse iemand se geheime ontdek

Laaste sien van die blikkantien Hy is vir goed weg

Van kindsbeen af Van jongs af

Hy het die klok hoor lui, maar weet nie waar die klepel hang nie

Hy het so iets van ‘n saak gehoor, maar weet maar min daarvan

Die kluts kwytraak Nie meer weet wat ‘n mens doen nie

L

‘n Lansie vir iemand breek ‘n Persoon se saak verdedig

Op die lappe bring Openbaar gemaak, ter sprake bring

‘n Vlieg het oor sy lewer geloop Hy is in ‘n slegte bui

Lepel in die dak steek Sterf

Iets uit die lug gryp Iets versin

Lugkastele bou Groot planne maak wat nooit uitgevoer sal word nie

Die arbeider is sy loon werd As jy hard werk verdien jy jou betaling

Die vrou dra meer uit met ‘n lepel as wat die man inbring met ‘n skepel

Deur bietjies-bietjies te verkwis kan ‘n vrou ‘n man se hele inkomste verteer

In ligtelaaie Aan die brand wees

Lont ruik Agterdogtig raak

Van lotjie getik wees Mallerig wees

Sy hang alles aan haar lyf Sy gee al haar geld aan klere uit

Jy kan maar jou lyf vetsmeer Jou klaarmaak vir slae

So lank as die lepel in die pappot staan Solank omstandighede gunstig is

45

Leef en laat leef Andere ook iets gun

Al gaan die leuen nog so snel, die waarheid agterhaal hom wel ‘n Leuen word altyd ontdek

Dit lyk of hy ‘n laaistok ingesluk het Hy loop baie regop

Hy gee hom die volle laag Hy val hom heftig aan

Hy het baie letters geëet Hy is goed geleerd

Jy sal ‘n ander liedjie sing Jy sal anders praat

Hy lewe van liefde en koue water Hy eet min en is waarskynlik verlief

Tussen lip en beker lê soveel onseker Ter elfder ure kan daar nog ‘n teleurstelling kom

M

Die mantel na die wind draai Kies die maklikste kant

Iets op jou maag skrywe Tevergeefs iets verwag

Met twee mate meet Onregverdig wees

Die wet van Mede en Perse ‘n Reël wat nie verander of herroep kan word nie

As meerderman kom, moet minderman wyk Die beste persoon kry voorkeur

Met modder gooi Jou opponent slegmaak

Met ‘n mond vol tande staan Sprakeloos staan

Iemand die mond snoer Iemand tot stilswye bring

Bitter in die mond maak die maag gesond Medisyne wat sleg is, is gewoonlik die beste

Sy moses teëkom Sy gelyke ontmoet

Die môrestond het goud in die mond Dit is tot jou voordeel om vroeg op te staan

Mosterd na die maal Te laat

Iets uit die mou skud Iets maklik doen

Klein muisies het groot ore Kinders luister na die gesprek

Van ‘n muggie ‘n olifant maak Iets baie vergroot

Baie myle lê tussen doen en sê Dis makliker om oor iets te praat as om iets te doen

Munt slaan uit iets Voordeel trek uit iets

Met dieselfde munt betaal Op dieselfde wyse handel as wat iemandjou behandel het

46

As die muis vol (dik) is, is die meel bitter As mens versadig is, is die kos nie meerlekker nie

Die muisie sal ‘n stertjie hê Die saak sal sekere gevolge hê

Mossie maar man Hy is klein, maar pure man

Murg in sy pype hê Sterk wees

Sonder murg wees Papbroekig wees

Deur murg en been gaan Dwarsdeur ‘n mens gaan

In murg en been Deur en deur

Hy vra my op die man af Hy vra my sommer reguit

Met man en muis Almal aan boord

Hy draai sy mantel na die wind Hy praat met almal saam en verander standpunt as dit hom pas

Daar is altyd meester bo meester Elke persoon kry sy meerdere

Ek het korte mette met hom gemaak Ek het gou met hom klaar gespeel

So ‘n mond kan jêm kry Dis goed gesê

Liewer dood as uit die mode Ten alle koste in die mode wees

N

Op iemand se nek lê Misbruik maak van iemand se gasvryheid

Die tol van die natuur betaal Sterwe

Die tering na die nering sit Nie meer uitgee as wat jy verdien nie

Op die neus kyk Teleurgesteld wees

Iemand aan die neus lei Iemand wat doen net wat jy sê

Nood leer bid As die nood kom, maak jy ‘n plan

Nie om dowe neute Nie verniet nie

Noustrop trek Swaarkry

Dit is neusie verby Die kans is verby, die gunstige geleentheid is verby

Dis neusie verby Jy het nie geslaag nie, jy sal nie kry wat jy wil hê nie

Iemand iets onder die neus vrywe Iemand iets verwyt

‘n Fyn neus hê Iets gou agterkom

47

Met die neus in die lug loop Hoogmoedig wees

Snuf in die neus kry Iets agterkom, op die spoor van iets kom

Iemand se neus uitsnuit Iemand se mond snoer, iemand laat swyg

Hy is ‘n noot in die psalm Hy wil altyd saampraat

Naberou is galberou Berou is bitter, want dit kom altyd te laat

‘n Draad vir elke naald hê Gereed wees met ‘n antwoord

Iets in die nek kyk Iemand bedrieg

‘n Harde neut om te kraak ‘n Moeilike taak

Wat die naaste lê, moet die swaarste weeg Sorg eers vir jou eie familie, dan vir ander

Hy kyk my met die nek aan Hy maak of hy my nie sien nie

Hy het tussen neus en vinger verdwyn Hy het skelmpies verdwyn

Hy vertrek met die noorderson Hy vertrek in die nag

Hy is ‘n ou noot in die psalm Hy het baie te sê, maar weet nie waarvan hy praat nie

OOlie op die vuur gooi ‘n Twis aanhits

Na vrolikheid kom olikheid Na plesier kom droefheid

Onbekend maak onbemind ‘n Mens hou nie van ‘n onbekende mens of saak nie

Die oog van die meester maak die perd vet

Wanneer iemand self na sy goed kyk, gaan dit voorspoedig

Vir ‘n oulap en ‘n bokstert Baie goedkoop

Ondank is wêreldsloon Wat ‘n mens in hierdie ou lewe doen, word nie waardeer nie

Oor die onderdeur begin loer In kêrels begin belangstel

Onkruid vergaan nie Slegte mense lewe die langste

‘n Doring in die oog Hinderlik wees

Sy oë is te groot vir sy maag Hy het uit gulsigheid meer kos gevat as wat hy kon opeet

Iemand se oë vol sand skop Iemand bedrieg

Onder vier oë Iemand alleen aanspreek om hom te berispe

48

Iets in (aan) die oor knoop Inspan om iets te onthou

Nog nie droog agter die ore nie Nog ‘n bogkind, nog onervare

Met ‘n halwe oor luister Nie met volle aandag luister nie

Mens kan mielies in sy ore plant Sy ore is baie vuil

Jy het pluisies in jou ore Jy luister nie

Tot oor die ore verlief wees Baie verlief wees

‘n Ope oor hê Tegemoetkomend wees

Oorhoop lê met iemand Met iemand rusie maak

Van die os op die jas (esel) Om oor te gaan tot ‘n ander onderwerp

Ouer as twaalf wees Ervare wees

Hy gooi olie op die water Hy doen of sê iets wat die gemoedere laat bedaar

Daar is onweer in die lug Daar is moeilikheid aan die kom

Hy steek my die oë uit Hy maak my jaloers

Dis sy enigste ooilam Dis sy enigste dogter

Ek is oorgehaal vir hom Ek is gereed om hom die waarheid te vertel

Ouderdom kom met gebreke As jy oud word, ly jy aan allerhande kwale

Ondervinding is die beste leermeester Deur ondervinding weet ‘n mens hoe om te handel

Ongenooide gaste hoort agter die deur met ‘n bord vol bene Mense wat ongenooi is, is onwelkom

Een oog in die pot en die ander in die skoorsteen Skeel kyk

In die roes van die oorwinning Uitbundige vreugde oor ‘n oorwinning

Ploeg met die osse wat jy het Gebruik die middele tot jou beskikking

P

Aan iets paal en perk stel ‘n End maak aan iets, ‘n grens bepaal

Iemand in die pad steek Iemand afdank

Van ‘n padda vere probeer pluk Probeer doen wat onmoontlik is

Met die hele mandjie patats te voorskyn kom Alles vertel

Gou op sy perdjie wees Gou kwaad word

49

Die kar voor die perde span Agterstevoor te werk gaan

Moenie ‘n gegewe perd in die bek kyk nie ‘n Geskenk moet nie gekritiseer word nie

As die perde horings kry Nooit

Jy kan ‘n perd na die water bring maar jy kan hom nie maak drink nie

Mens kan vir iemand gunstige geleenthede skep, maar jy kan hom nie dwing om dit te gebruik nie

Die maerste perd skop die seerste Wat ‘n mens die minste verwag, gebeur dikwels

‘n Verkeerde perd opsaal ‘n Saak, waarvoor jy nie opgewasse is nie aandurf

Al is ‘n pot hoe skeef, hy kry ‘n deksel Selfs die lelikste meisie kry ‘n man

Die pot verwyt die ketel Om ‘n ander vir ‘n fout te verwyt wat jy self baie maak

Aan die pen ry Verantwoording moet doen

Met die gebakte pere sit Met iets opgeskeep sit

Wie met pik omgaan, word daarmeebesmet

Wie met slegte mense omgaan, word self sleg

In die pekel sit Hy is in die verleentheid,moeilikheid

Hy het ‘n padda in die keel Hy is hees

Dit staan soos ‘n paal bo water Dit is beslis so, dis heel duidelik

Die perke oorskry Ter ver gaan

Hy het nog ‘n pyl in sy koker Hy het nog ‘n plan waarop hy kan reken

Dis vir my ‘n pak van die hart Nou hoef ek my nie te bekommer nie

Ek sit in die penarie Ek sit in die moeilikheid

Hy klim die verkeerde perd op Hy ondersteun die verkeerde saak

Die gewillige perd moet die laste dra Die gewillige persoon doen die meeste werk

Hy is oor die perd getel Van al die lof het hy hoogmoedig geword

Jy moet die pot verteer Jy moet die gevolge dra

Op hom kan jy peil trek Jy kan op hom reken

Probeer is die beste geweer Deur te probeer, sal ‘n mens die saak die beste regkry

Hy is klein van persoon, maar groot van patroon

Hy is klein van liggaamsbou, maar sien vir groot dinge kans

50

Twee is ‘n paar, drie onpaar Twee verliefdes hou nie altyd van ‘n derde persoon se geselskap nie

Praat asof hy warm pap in sy mond het Onduidelik praat

Op eie pote staan Onafhanklik wees

In die kleinste potjies bewaar ‘n mens die beste salf

Waardevolle dinge is altyd baie skaars en word in klein dingetjies bewaar

Praatjies vul nie gaatjies nie Dis tyd om handelend op te tree

Die ou profete is dood en die jonges eet brood

‘n Mens kan nie op enigeen se voorspelling staatmaak nie

‘n Lelike pyp rook ‘n Baie onaangename ondervinding deurmaak

R

‘n Saak in die reine bring So te werk gaan dat daar duidelikheid oor ‘n saak is en so die moeilikheid oplos

Ons moet die saak in die reine bring Ons moet regmaak wat onaangenaamheid veroorsaak het

Dis nie alles rosegeur en maanskyn nie Dit is nie altyd so aangenaam en maklik nie

Met raad en daad bystaan Op praktiese wyse help

In die moeilikheid kom

Rammetjie-uitnek wees Jou grootman hou, hardekoejawel hou

Van ‘n ander man se vel breë rieme sny Spandabelrig te werk gaan met ander se goed

‘n Riem onder die hart steek Moed inpraat

‘n Rou riem ‘n Onbeskaafde persoon

Die rieme neerlê Weghardloop

Iemand se rieme is los Iemand is verlief

Jy kan sy ribbes tel Hy is baie maer

Iemand in die rug steek Iemand in die geheim benadeel

Geld groei nie op ‘n mens se rug nie Mens moet hard werk vir jou geld

Baie jare agter die rug hê Baie oud wees

Met die rug teen die muur staan Sonder uitkomkans

As dit op die een reën, drup dit op die ander Sommige ontvang meer seëninge as ander

Ek sit dit op sy rekening Ek hou hom verantwoordelik

51

Hy het sy ribbebeen gekry Hy gaan trou

As jy met roet speel, word jy swart As jy in slegte geselskap is, word jy sleg

Rome is nie in een dag gebou nie ‘n Groot stuk werk neem lank om te voltooi

Sy rug is breed Hy kan baie verdra

Hy lieg op ‘n rympie Hy lieg baie

Iemand ‘n rat voor die oë draai Bedrieg

Rottangolie kry ‘n Pak slae kry

Onder iemand se arm gaan ruik Om iemand as jou meerdere te erken

S

Onder een sambreel boer Kop in een mus wees, saam verkeerde dinge doen

Jou seile na die wind hang Jou na omstandighede skik, jou aanpas

Gedane sake het geen keer nie Wat gedoen is, kan nie herroep word nie

Iemand in die sak hê Met iemand doen net wat jy wil

Meng jou met die semels dan vreet die varke jou op

As jy met slegte mense omgaan, versleg jy ook

Iemand uit jou sak skud ‘n Voorbarige persoon op sy plek sit

Hoe meer siele hoe meer vreugde Hoe meer mense, hoe groter die vrolikheid

Met jou siel onder jou arm loop Jou verveel

Siende blind wees Iets nie merk nie, al is dit daar

Deur skade en skande word ‘n mens wys Deur ondervinding leer ‘n mens

Baie mak skape gaan in een kraal Vredeliewende mense woon maklik saam

Met spek skiet Leuens vertel

As die skoen pas, trek dit aan Wie hom skuldig voel, moet dit wat gesê is, op homself toepas

Skoenmaker, hou jou by jou lees ‘n Mens moet jou by jou eie werk bepaal

Skouer aan (teen) die wiel sit Jou bes doen, iets met krag aanpak

Op die skouers dra Iemand ophemel

Sy kyk al oor haar skouer Sy loer al na seuns

Daar is ‘n slang in die gras Daar skuil iets gevaarliks

‘n Slag slaan ‘n Goeie koop doen

52

Vir soetkoek opeet Alles glo

Iets met ‘n knypie sout neem Nie alles glo nie

‘n Sak sout saam opeet Baie saam deurmaak

Vir spek en boontjies Sonder om mee gereken te wees

Die spil waarom alles draai Die persoon van wie alles afhang

Die spit afbyt Die swaarste werk doen

Hoe meer haas, hoe minder spoed As ‘n mens oorhaastig te werk gaan, vorder jy nie altyd goed in jou werk nie

Twee rye spore loop Gedrink wees

Die spyker op die kop slaan Die regte ding sê

Steen en been kla Baie kla

‘n Stel aftrap ‘n Onaangename ondervinding deurmaak

Op twee stoele sit Albei kante probeer tevrede stel

Met die stroopkwas loop Vlei

Die beste stuurlui staan aan wal Dit is makliker om te kritiseer as om die werk self te doen

Een swaeltjie maak nog geen somer nie ‘n Mens kan nie van een geval ‘n algemene gevolgtrekking maak nie

Saam met die swerm vlieg Met die meerderheid saamgaan

Sak Sarel Moenie so oordryf nie

Die skepe agter jou verbrand Jou wegkomkans vernietig

Die stoute skoene aantrek Dit waag

Daar het suurlemoensap deurgeloop Daar is geknoei

Dis ‘n hele Sabbatsreis Dis ‘n hele ent

Hy staan in sy eie son Hy benadeel homself

Hy hang sy siel na die wind Hy kies kant soos dit hom pas

Hy het sekretarisbene Hy het lang bene

Hy sit my skaakmat Hy keer my so vas dat ek geen uitweg het nie

Dit skrei ten hemel Dis baie erg, dis verregaande

Hy skud die stof van sy voete Hy gaan kwaad-kwaad weg

Dit dien tot spoorslag Dit bemoedig ons

53

Bewaar elke splinter vir die winter Bewaar elke bietjie vir tye wanneer dit baie nodig is

Kwade saad saai Moeilikheid versoorsaak

Met rukke en stote iets doen Nie egalig werk nie

Aan hom is geen salf te smeer nie Nie vir verbetering vatbaar wees nie

So gesê, so gedoen Wat gesê word, uitvoer

Een brandsiek skaap steek die hele trop aan

Een slegte persoon bederf die gesindheid van ‘n hele geselskap

Van ‘n skilpad vere probeer pluk Probeer doen wat onmoontlik is

‘n Skroef los hê ‘n Bietjie mal wees

‘n Slag om die arm hou ‘n Agterdeurtjie oophou

Die hande nie laat slap hang nie Moed hou

Die kroon span Die beste wees

Spykers op laagwater soek Skoor soek

Die spyker op die kop slaan Die regte ding sê

Spyt kom altyd te laat ‘n Mens kry altoos te laat spyt

Die staf breek oor iemand Berispe

Stilbly is ook ‘n antwoord Dis soms beter om stil te bly

‘n Stokkie voor iets steek Iets verhinder

Stokkies draai Sonder verlof uit die skool bly

Hy het ‘n streep Hy is mal

Niemand ‘n strooitjie in die weg lê nie Niemand aanstoot gee nie

In swang kom In die mode kom

T

Met lang tande eet Nie smaaklik eet nie

Sy tande slyp vir iets Na iets uitsien

Op die tande byt Vasberade wees

Tot die tande toe gewapen Besonder goed gewapen wees

Hare op sy tande hê Sy man kan staan

Met ‘n mond vol tande sit Niks te prate hê nie

54

Oumense se tande tel Oopmond sit en luister na grootmense se geselskap

Iets op die tapyt bring Iets ter sprake bring

Aan iets torring Jou met iets bemoei

Oor die tou trap ‘n Misstap begaan

Tou opgooi Moed verloor

Lang trane huil Baie spyt hê oor iets

Van uitvra is die tronk vol Gesê van iemand wat altyd nuuskierig is

Met Jan Tuisbly se karretjie ry Nie weggaan nie

Sy turf sit Nie sy doel bereik nie

Twak verkoop Onsin praat

Laat hom sy twak op sy eie manier kerwe Laat hom sy eie gang gaan

Sy twak is nat Tevergeefs probeer

Kom tyd, kom raad As die tyd daar is, maak ons wel ‘n plan

‘n Mens kan hom nie met ‘n tang aanraak nie Hy is baie vuil

Die Trojaanse perd binnehaal Onbewus die ongeluk (gevaar, ondergang) op die hals haal

Koop die tyd uit Maak die beste gebruik van die tyd

Ek sal hom op sy tabernakel gee Ek sal hom klop

Hy maak ‘n ander se tee bitter Hy vat ‘n ander se nooi af

Hy kan goed met die tong slaan Hy kan goed praat

Dit gaan op die ou trant Dit gaan op die ou manier

Hy lei my om die tuin (bos) Hy bedrieg my

Haastig trou, bring gou berou ‘n Haastige trouery is nie altyd gelukkig nie

Die teerling is gewerp Die beslissing is geneem

Iemand die rug toekeer Iemand koel behandel

U

Elkeen meen sy uil is ‘n valk Elkeen meen sy eie goed is die beste

Hom nie uittrek voor hy gaan slaap nie Nie al sy goed uitdeel voor hy doodgaan nie

Jou vir ‘n ander uittrek Baie vir ander opoffer

55

Soos ‘n uil op ‘n kluit Eensaam en verlate

Soos ‘n uil op ‘n tak Verleë

Soos ‘n uil onder die kraaie Die bespotting van almal

Uile na Athene bring Oorbodige werk verrig

Sy uurtjie het geslaan Sy sterwensuur het aangebreek

Iets by die uur opsê Baie lank aanhou met iets

Ter kwader ure Op ‘n ongelukkige, ongeskikte oomblik

Alles wat myne is, is uwe Alles wat aan my behoort, behoort aan u

Hy moet uitkruip vir sy suiker Hy moet begin werk, selfstandig word

V

In iemand se vaarwater kom Op sy gebied kom, hom belemmer

Hy kan nie vark vang nie Hy het krom bene

Uit die veld geslaan Verbaas wees, nie weet wat om te doen nie

Eerste viool speel Die meeste te sê hê

Tweede viool speel ‘n Ander se bevele moet uitvoer

Die vlag stryk Oorgee, die stryd gewonne gee

Deur die vingers sien ‘n Oortreding ooglopend toelaat

Hy is soos ‘n vis op droë grond Ontuis, verlore voel

Met vlieënde vaandels Met oorwinning

Hoër vlieg as wat jou vlerke lank is Te weelderig lewe vir sy vermoë

Naaste aan die vuur sit Die meeste voordeel trek

Leë vate maak die meeste lawaai Mense wat min weet, spog die meeste

Met ander man se vere pronk Met iets spog wat nie joune is nie

Voëls van eenderse vere Hulle het dieselfde geaardheid

Op die vingers tik Berispe

Jou vingers verbrand Boet vir ‘n begane fout

Om die vinger draai Met iemand maak net wat jy wil

Vlerksleep by ‘n nooi Na ‘n nooi vry

56

Twee vlieë met een klap slaan Twee sake tegelyk afhandel

Vlieë vang Met oop mond sit

Met een voet in die graf Naby die dood

Voet by stuk hou Jou by jou onderwerp bepaal

Voet in die wind slaan Weghardloop

Sy voet in die stiebeuel hê Op pad wees om in sy loopbaan hoër te klim

Tussen twee vure sit Tussen twee moeilikhede wees

Met vuur speel Jou bemoei met gevaarlike dinge

Hulle sit nie langs een vuur nie Hulle kom nie met mekaar klaar nie

Dit is bokant my vuurmaakplek Dit is buite my vermoë

Volstruispolitiek volg Soos ‘n dwaas sy oë sluit vir die werklikheid

Hy verlang terug na die vleispotte van Egipte

Hy verlang terug na die dae toe dit beter met hom gegaan het

Laat hom in sy eie vet gaar bak Laat hom oor aan sy lot

Ek wil ook ‘n vers in die psalm sing Ek wil ook iets sê

Ek wil hom dit aan die verstand bring Ek wil hom dit verduidelik

Ek is nie hier om vlieë te vang nie Ek is nie verniet hier nie

Hulle is soos vinkel en koljander Hulle is baie dieselfde

Uit ‘n ander vaatjie tap Heeltemal anders praat

Sy bont varkie is weg Getik wees

Nie al sy varkies in die hok hê nie Hy is bietjie mal

Hy het laat vat Hy het gevlug

Jou mond verbypraat Te veel sê

Verder sien as wat sy neus lank is Hy dink vooruit

Nie Vermaak se kind wees nie Ek sal nie verleë of afgunstig raak nie. Jy sal my nie in ‘n ongunstige posisie dwing nie.

Vet om die oë smeer Bedrieg

Lang vingers hê Steel

Lekker is net ‘n vinger lank Plesier duur nie lank nie

Op droë grond visvang Tevergeefs iets probeer uitvind

57

Met hoë visier skiet Vergroot

‘n Vlieg in die salf Iemand wat onaangenaamheid veroorsaak

Iets in die beste voue (voeë) lê Iets so goed moontlik voorstel

W

Voor op die wa wees Vrypostig wees

Wie nie waag nie, sal nie wen nie As jy nooit waag nie, sal jy nooit iets bereik nie

Van die wal in die sloot help Van een moeilikheid in ‘n ander help

Dis water op sy meul Dis net wat hy wil hê

Water na die see dra Onnodige werk doen

In diep water beland In moeilikheid raak

Daar sal nog baie water in die see moet loop Baie dinge sal nog moet gebeur

Water in ‘n mandjie probeer dra Die onmoontlike probeer doen

Met iets in die weer wees Gedurig oor iets praat

Die wêreld was te koud vir hom Niks was vir hom goed genoeg nie

As die son sak in die weste, is die luiaard op sy beste

As dit laat word, is lui mense op hulle

In die wiele ry Dwarsboom

Deur die wind wees Verstrooid wees

Voor die wind gaan Voorspoedig wees

Witvoetjie soek Probeer om in iemand se guns te kom

Wolf skaapwagter maak ‘n Skelm in ‘n verantwoordelike posisie plaas, ‘n dief te veel vertrou

‘n Wolf in skaapsklere ‘n Skynheilige

Met die wolwe in die bos huil Jou skik na omstandighede, met die meer-derheid saamgaan

Met wortel en tak uitroei Heeltemal uitroei

Wie wind saai, sal storm maai Jou slegte dade sal in intensiewe vorm vir jou ongeluk bring

Koue water op iemand omkeer Iemand se geesdrif demp

In troebel water visvang Uit moeilike en stormagtige tye voordeel probeer trek

58

Hy sit daar warm in Hy is ryk

Op eie wieke drywe Selfstandig wees, vir jouself sorg

Goeie wyn prys homself Wat goed is, hoef nie geprys te word nie

Wyn in die man, wysheid in die kan Wysheid kan nie by ‘n dronk persoon verwag word nie

Hy kyk uit watter hoek die wind waai Kyk hoe sake staan

Woorde wek, maar voorbeelde trek ‘n Goeie voorbeeld is beter as baie gepraat

Ek het so ‘n windjie hoor waai Dit word vertel

Y

Die ys breek Die eerste moeilikheid oorwin

Dit laat my yskoud Ek steur my glad nie daaraan nie

Smee die yster terwyl dit warm is Neem jou kans waar as jy dit kry

Te veel ysters in die vuur hê Te veel sake tegelyk aanpak

Op gladde ys staan In gevaar verkeer

Jou op dun ys waag Iets gevaarliks onderneem

Mens kan nie yster met jou hande breek nie ‘n Mens kan nie die onmoontlike doen nie

Hy is van yster en staal Hy is baie sterk

‘n Hart van yster Ongevoelig wees

Iemand in die ysters slaan Om iemand te boei

59

Idiome met alliterasie

Hy weet nie waar hy aan of af is nie.

Sonder om te blik of te bloos.Iemand met bed en beddegoed huis toe stuur.Hulle bak en brou met die werk.Hy is met skuld belas en belaai.Hy kon nie boe of ba sê nie.Hulle het hom bont en blou geknyp.Buig of bars, vanaand moet ons klaar wees.

Voor dag en dou (douvoordag) vertrek.Hulle het die geheim dig en donker gehou.Iemand deur dik en dun bystaan.Ons het oor ditjies en datjies gesels.Hulle het die oorwinning dubbel en dwars verdien.

Frank en vry wees om dit te doen of nie.Die blompot het gebreek.

Hy lewe van gunste en gawes.Hy is in die Transvaal gebore en getoë.Dit is gaaf en goed, maar nie presies wat ek wou hê nie.Hy sal dit vir geen geld of goeie woorde afstaan nie.Hy was gestewel en gespoor vir die onderneming.Dit word groen en geel voor sy oë.

Huis en haard verloor in die oorlog.Hulle het hot en haar na my gesoek.Hy het dit met huid en haar gesluk.

Hulle was kant en klaar met die gebou.Die oumense het nie meer kind of kraai nie.Kinders klim en klouter maar altyd in bome rond.Hulle gesels maar net oor .Die voorsitter se toespraak was kort maar kragtig.Hy wil alles kort en klein slaan.Hy het werklik krag na kruis ontvang.Jy kan maar kwik of kwak, ek sal dit nie doen nie.Op die basaar was lekkernye te kies en te keur.

Hulle het jare lief en leed saam deurgemaak.Visvang is sy lus en lewe.

Die vyand het met man en mag aangeval.Die vissersboot het met man en muis vergaan.

60

Hy het dit min of meer verduidelik.Ons is al moeg en mat van die eksamens.

Hy sal dit nooit of te nimmer doen nie.Maak die werk klaar, want dit is nou of nooit.

Paal en perk stel aan iets.Iemand pimpel en pers slaan.Die hond lê pens en pootjies op die stoel.Hulle het my eenvoudig van Pontius na Pilatus gestuur.Hulle het die prag en praal van die kroning aanskou.

Die stad is in rep en roer.

Deur skade en skande wys word.Alles lê skots en skeef.Hulle het die stad sonder slag of stoot ingeneem.Hulle twee ken die soet en die suur van die lewe.Ek was al die jare my moeder se staf en steun.Dit gaan maar met stampe en stote.By hom is dit altyd sus of so as jy hom iets vra.Die onweerswolke is swaar en swart.Ons sien hom altyd swoeg en slaaf in sy werkplaas.Met snaar en stramboel êrens heen gaan.Daardie werk moet op stel en sprong gedoen word.Die sout en salpeter slaan op die jaende perde uit.

Hy het nog geen taal of tyding van sy seun ontvang nie.Hulle het trane met tuite gehuil.

Vuur en vlam vir ‘n saak wees.Iets is nog vis nog vlees.Ons moet altyd in die bres tree vir ons volk en vaderland.

Jy moet goed wik en weeg voor jy daaroor besluit.Hy het die mense wild en wakker verskree.Iets willens en wetens doen.Daardie kinders loop net vir wind en weer rond.

Idiome met kontraste, rym en sinonieme

Iemand van bakboord na stuurboord stuur.Ek gaan met dapper en stapper.Ek weet niks van sy doen en late nie.Die kanonne saai dood en verderf.Die kinders was een en al daar.Hemel en aarde beweeg om dit reg te kry.Wat nie dood maak nie maak vet.

61

Groot lantern, weinig lig.Moenie alles maak en breek nie.Oop en toe aankom.Dis net twee dae uit en tuis daarheen.Veel lawaai, weinig wol.Om die waarheid te sê, moet ek lieg.Iets van hawer tot gort ken.Hy doen sy werk met horte en stote.Hy weet nie herwaarts of derwaarts met die probleem nie.Hy hink en pink as hy loop.Mense het van heinde en verre gekom.Hulle raas dat hoor en sien vergaan.Hy leer haar in die handel en wandel ken.Hy ken geen jota of tittel van die werk nie.Geen kop of stert van ‘n saak kan uitmaak nie.Die Kretie en Pletie was ook by die fees.Los en vas lieg.Die geskreeu dring deur murg en been.Die seun ken nie die verskil tussen myn en dyn nie.Dit is van nul en gener waarde.Hy val rond en bont na hulp.Sy plaas is met romp en stomp verkoop.Hy het geen rus of duurte vir sy siel nie.Met sak en pak vertrek.Dikwels ontvang ‘n mens stank vir dank.Die stoele en banke luister alleen na sy preek.Die geld is net genoeg om siel en liggaam aanmekaar te hou.Job het in sak en as gesit.Jy moet my nie vir spek en boontjies hier hou nie.Die boemelaar is ‘n sonde en ergenis vir die buurt.Vir my is sy optrede vinkel en koljander.Met vers en kapittel die saak bewys.Die kermis word wyd en syd verkondig.Die euwel met wortel en tak uitroei.Ons sal vir die wis en onwis ekstra klere saamneem.Ons is al moeg en sat van baie leerwerk.Aardjie na sy vaartjie.Amper is nog nie stamper nie.Eers baas en dan klaas.Besin eer jy begin.Boontjie kry sy loontjie.Donkerwerk is konkelwerk.So koel soos ‘n komkommer.Ou profete is dood, die jonges eet brood.

drink soos die kan dit skink.Erfgeld is swerfgeld.Hoe geleerder, hoe verkeerder.Die deler is net so goed soos die steler.Hoe kaler, hoe rojaler.Hoe later, hoe kwater

62

Probeer is die beste geweer.‘n Oulap se rooi maak mooi.Wat jy saai, sal jy maai.Die tering na die nering sit.Jakkals trou met wolf se vrou.Wie nie pas op sy tyd, is sy maaltyd kwyt.Na vrolikheid kom olikheid.Woorde wek, maar voorbeelde trek.Iets wyd en syd bekendmaak.Sy blaf is erger as sy byt.Dis botter op sy brood.Die gewete maak die gewoonte.Die kaf van die koring skei.Daar is ‘n kinkel in die kabel.Dis klaar met kees.Hy is met geen swaarde of stokke hier weg te kry nie.Gou by die bak, maar lui by die vak.Hy besit van ‘n naald tot ‘n koevoet.Ver van jou goed, naby jou skade.Alkant selfkant.Tussen hange en wange iets regkry.Hy hik of mik nie daaroor nie.Met stamper en stoter reis.Die baas maak die plaas.Reg uit die bed maak die beursie vet.‘n Goeie begin sit voordeel in.Die een dag , die ander dag niks.Ongenooide gaste hoort agter deure en kaste.Alles op hare en snare sit.Vra is vry maar weier daarby.Hy spring van die hak op die tak.‘n Pak op sy tyd is soos brood en konfyt.Blad en blom het doodgeryp.Liewer aldag wat as eendag sal.Boompie groot, plantertjie dood.Geleentheid gee geneentheid.Jy sien hom voor die kop, maar nie in die krop.Ek meneer en jy meneer, wie sal dan die wa moet smeer?Hy is ‘n ou kalant, lank in die land.Dit gebeur in die jaar nul as die hingste vul.Hy is ‘n man van toet, was hy beter dan was hy goed.Wat jy bewaar vir die mond, is vir die kat en die hond.‘n Haastige hond verbrand sy mond.Hoe groter gees, hoe groter bees.Met dapper en stapper êrens heen gaan.Goed en bloed vir jou land opoffer.Hy is nie onder ‘n kalkoen uitgebroei nie.Die aap uit die mou laat.Die aap aan die stert beethê.Hy steek die draak met hom.

63

As die vlooi byt, moet jy krap.‘n Uiltjie knip.‘n Bok skiet.Dassie het ‘n stert.Soos ‘n kraai met pouvere voel.Van ‘n muggie ‘n olifant maak.Die swart skaap.Soos ‘n uil onder die kraaie.Hy is ‘n Afrikaner in hart en niere.Van kop tot tone met modder besmeer wees.Kruis of munt roep.Kruit en vuur wees.Moord en brand skree.Met raad en daad bystaan.Raap en skraap.Iemand rot en kaal steel.Agter slot en grendel sit.Sy kla steen en been.Tot tyd en wyl.

Idiome uit die Bybel

Op Abraham se skoot sit (opgroei) Sonder sorge wees, in weelde opgroei

Die ou sondige natuur laat vaar

Nie van Adam se kant ken nie Glad nie ken nie, ‘n totale vreemdeling

Die knieë voor Baäl buig ‘n Afgod dien, die ware leer versaak

Die Benjamin (van die familie) Die jongste kind

Boekevat - uit die Bybel Huisgodsdiens hou

Jou brood op die water werp Aan ander mense goed doen (dan word daar later aan jou ook goed gedoen)

Van Dan tot Berseba Die hele land deur

Soos Dawid en Jonatan Boesemvriende

‘n Delila ‘n Verleidelike, listige vrou

‘n Debora ‘n Dapper, onverskrokke vrou

‘n Dorkas ‘n Vrou wat liefdadigheid doen

‘n Enakskind ‘n Reus

Aan die voete van Gamaliël sit Deur ‘n groot geleerde onderrig word

Van waar Gehasi? Word gesê as jy iemand onverwags teëkom

64

Die gees word oor hom vaardig Hy word besiel om ‘n taak te onderneem (bv. om te skryf)

Sy gesang (kerk) is uit Sy rol is uitgespeel, hy het geen invloed meer nie

‘n Gideonsbende Bymekaar staan en onwrikbaar ‘n doel nastreef

‘n Goliat ‘n Persoon met ‘n groot liggaamsbou

Jou hande in onskuld was Die verantwoordelikheid vir iets van jou afskuif

Die huisaltaar Die huisgodsdiens

So geduldig soos Job Baie geduldig

‘n Jona Iemand wie se teenwoordigheid veronderstel is om ‘n ongeluk te laat plaasvind

‘n Judas ‘n Verraaier, huigelaar

‘n Judaskus ‘n Verraderlike kus

‘n Vreemdeling in Jerusalem Onbekend wees met dit wat algemeen bekend is

Met ‘n ander se kalwers ploeg Die kennis, middels of planne van andere so aanwend asof dit jou eie is

Die gemeste kalf slag Iemand rojaal onthaal

Die goue kalf aanbid Rykdom najaag

Jou lig onder ‘n koringmaat (maatemmer) verberg Nie jou goeie invloed laat geld nie

Die Kretie en die Pletie (oorspronklik koning Dawid se lyfwag) Jan Rap en sy maat, die hele gespuis

Nabot se wingerd Iets wat ‘n mens sterk begeer, maar waarop jy geen reg het nie.

‘n Profeet is nie in sy eie land geëerd nie ‘n Verdienstelike persoon kry elders meer waardering as in sy omgewing

‘n Sabbatsreis ‘n Kort reisie

‘n Simson ‘n Persoon met buitegewone krag

Iemand op sy tabernakel gee (speel) Hom afransel

‘n Ongelowige Thomas Iemand wat nie maklik iets glo nie

Versene teen die prikkels slaan Jou verset teen hoër mag waarteen jy niks vermag nie

Woordeskatuitbreiding

65

Godsdienstige lewensbeskouings:‘n Monoteïs glo in die bestaan van een god.‘n Ateïs (godloënaar) glo nie dat God bestaan nie.‘n Panteïs glo dat God en die natuur een is.‘n Agnostikus sê dat hy nie weet of daar ‘n God bestaan nie.‘n Fatalis glo in ‘n onvermydelike noodlot.‘n Epikuris (genotsoeker) glo dat ‘n mens die lewe ten volle moet geniet. (Gedurende die tydperk van die Grieke en Romeine het hulle beweer dat daar gode bestaan, maar dat laasgenoemdes hul nie oor die mensdom bekommer nie.)‘n Stoïsyn is ‘n veragter van gemaksug en genot op aarde. (Onder die Romeine het die Stoïsyne die hand van die gode in die menslike lotgevalle erken.)

Heilige boeke

Die Talmud is die heilige aanvullende boek van die Jode.Die Koran is die heilige boek van die Mohammedane.Die Veda is die heilige boek van die Hindoes.Die Apokriewe Boeke is Bybelse boeke wat as oneg beskou word.Die Kanonieke Boeke is die Bybelse boeke wat deur God geïnspireer is.Die Pentateug is die eerste vyf boeke van Moses.