deo gloria - withtank.commedia.withtank.com/62da538fcc/deo_gloria_junie_2015.pdfeerste vyf woorde...

6
Deo Gloria aan God alle eer Nuusbrief van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika Gemeente Ermelo 1909 - 2015 Volume 2 van 2015 Junie 2015 Redaksie: Piet van Zyl, eresa Weideman, Chantel Neveling, Soekie Human, Drieka Engelbrecht Medewerker: Willie van Zyl Epos: [email protected] Webblad: www.nhkermelo.co.za Oordenking - 1 | Kaalvoet kerk toe - 2 | Bingo aand - 6 Slaggat op slaggat - 7 | Dames Aktueel - 9 PSALM 23 Psalm 23 is een van die bekendste gedeeltes in die Bybel. Dis ‘n ge- deelte wat mense lees as hulle bly is en as hulle hartseer is. Dis ‘n gedeelte wat mense lees wanneer ‘n baba ge- bore word en wanneer iemand sterf. Vandag wil ek saam met jou na die eerste vyf woorde van die Psalm kyk, naamlik Die Here is my Herder... Ons begin by die woord, die. Die, is soos julle almal weet ʼn bepaalde lid- woord. Dawid praat nie van ʼn Here nie, van ‘n soort onbekende God nie. Die God wat ons dien is nie een van baie gode sodat ons, wanneer ons bid, so 'n skoot in die donker skiet en hoop dat dit iewers een van die baie gode sal tref nie. Nee, ons praat met ʼn spesifieke God, die Here.... Here is God se ver- bondsnaam. Wan- neer ons Here sê, bevestig dit die verbond wat Hy met elke gelowige gesluit het of nog wil sluit. Die doop is die bevestiging van die kontrak wat God met ons aangegaan het. Daardie kontrak sê, Hy wil vir ons ʼn God wees en ons moet vir Hom seuns en dogters wees. Dit bring ons by die woordjie is. Die Here is.... Hy was en sal wees... dit weet ons. Maar Hy is ook nou ons God. Hy het nie die wêreld geskape en toe laat staan totdat Hy eendag in die toekoms terugkom en dan weer sal God wees nie. Hy is ook nou God – in die hede - vir elkeen wat Hom nou wil dien. Hy is ʼn persoonlike God, my God... Die Here is my... Hy het dit só per- soonlik gemaak dat ons Hom selfs Vader kan noem. Wat ʼn wonderlike voorreg om te weet die oneindige Skepper God, is my God, my Vader en my Here. Hierdie oneindige skepper God wil vir ons ʼn Herder wees... Die Here is my Herder... Ek het vroeër gesê, die woord Here, verwys na die kontrak wat Hy met ons het. Die woord Herder sê vir ons hoe Hy Sy deel van die kontrak uitvoer. Hy doen dit soos ʼn Herder... soos ‘n Herder wat omgee en sorg, ‘n Herder wat elke skaap op sy/haar naam ken. Amen. (Piet van Zyl) DIE HERE IS MY HERDER...

Upload: others

Post on 10-Aug-2020

11 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Deo Gloria - withtank.commedia.withtank.com/62da538fcc/deo_gloria_junie_2015.pdfeerste vyf woorde van die Psalm kyk, naamlik Die Here is my Herder... Ons begin by die woord, die. Die,

Deo Gloriaaan God alle eer

Nuusbrief van dieNederduitsch Hervormde

Kerk van Afrika

Gemeente Ermelo1909 - 2015

Volume 2 van 2015 Junie 2015

Redaksie: Piet van Zyl,Theresa Weideman,

Chantel Neveling, Soekie Human, Drieka Engelbrecht

Medewerker: Willie van ZylEpos: [email protected]

Webblad: www.nhkermelo.co.za

Oordenking - 1 | Kaalvoet kerk toe - 2 | Bingo aand - 6 Slaggat op slaggat - 7 | Dames Aktueel - 9

PSALM 23Psalm 23 is een van die bekendste gedeeltes in die Bybel. Dis ‘n ge-deelte wat mense lees as hulle bly is en as hulle hartseer is. Dis ‘n gedeelte wat mense lees wanneer ‘n baba ge-bore word en wanneer iemand sterf. Vandag wil ek saam met jou na die eerste vyf woorde van die Psalm kyk, naamlik Die Here is my Herder... Ons begin by die woord, die. Die, is soos julle almal weet ʼn bepaalde lid-woord. Dawid praat nie van ʼn Here nie, van ‘n soort onbekende God nie.

Die God wat ons dien is nie een van baie gode sodat ons, wanneer ons bid, so 'n skoot in die donker skiet en hoop dat dit iewers een van die baie gode sal tref nie. Nee, ons praat met ʼn spesifieke God, die Here.... Here is God se ver-bondsnaam. Wan-

neer ons Here sê, bevestig dit die verbond wat Hy met elke gelowige gesluit het of nog wil sluit. Die doop is die bevestiging van die kontrak wat God met ons aangegaan het. Daardie kontrak sê, Hy wil vir ons ʼn God wees en ons moet vir Hom seuns en dogters wees. Dit bring ons by die woordjie is. Die Here is.... Hy was en sal wees... dit weet ons. Maar Hy is ook nou ons God. Hy het nie die wêreld geskape en toe laat staan totdat Hy eendag in die toekoms terugkom en dan weer

sal God wees nie. Hy is ook nou God – in die hede - vir elkeen wat Hom nou wil dien. Hy is ʼn persoonlike God, my God... Die Here is my... Hy het dit só per-soonlik gemaak dat ons Hom selfs Vader kan noem. Wat ʼn wonderlike voorreg om te weet die oneindige Skepper God, is my God, my Vader en my Here. Hierdie oneindige skepper God wil vir ons ʼn Herder wees... Die Here is my Herder... Ek het vroeër gesê, die woord Here, verwys na die kontrak wat Hy met ons het. Die woord Herder sê vir ons hoe Hy Sy deel van die kontrak uitvoer. Hy doen dit soos ʼn Herder... soos ‘n Herder wat omgee en sorg, ‘n Herder wat elke skaap op sy/haar naam ken. Amen. (Piet van Zyl)

DIE HERE IS MY HERDER...

Page 2: Deo Gloria - withtank.commedia.withtank.com/62da538fcc/deo_gloria_junie_2015.pdfeerste vyf woorde van die Psalm kyk, naamlik Die Here is my Herder... Ons begin by die woord, die. Die,

2 3

Niemand van ons hou van rommel rondom ons nie. In Suid Afrika is ons baie ver agter ander lande wat herwinning betref. Alhoewel ons agter is, is dit nooit te laat om te be-gin nie. Mense word by die dag meer bewus van herwin-ning. Dis lekker om te sien hoe mense sedert ons met ons herwinningsprojek begin het, al meer herwinbare afval by die kerk in die houers kom gooi. Die rommel wat ons om ons sien, is dikwels nie die enig-ste rommel in ons lewe nie. Soms laat ons die rommel van ons lewe ophoop omdat ons vergeet wat God met sulke rommel kan doen. Die boodskap van die Bybel is dit: God kan die slegte neem en dit in die beste verander! Is dit nie verblydend om te weet, God verander die ou rommelmens in ʼn nuwe mens met ʼn splinternuwe identiteit. Dit laat my aan die bekende lied dink: Doen slegs U wil Heer, U wil met my. U pottebakker, met my die klei. Wanneer ʼn pottebakker besig is met ʼn pot en hy nie daarvan hou nie, gooi hy nie die klei weg nie. Nee, hy begin eerder om iets nuuts daaruit te skep. God sal nooit ʼn stuk rommel (ou klei) weggooi nie. Hy neem daardie stuk rommel en deur Sy liefde herwin (recycle) Hy dit en maak Hy iets nuuts daaruit. Die Bybel is vol bewyse van God wat “rommel” neem en dit herwin tot iets nuuts. Dink bv. aan Jakobus en Judas (nie Iskariot nie), broers van Jesus wat Hom verwerp het, en wat Hy “herwin” het en uiteindelik van Sy grootste dissipels en selfs briefskrywers geword het (sien die briewe van Jakobus en Judas in die Bybel.Dis so wonderlik om te weet wanneer God die rommel van ons lewe sien, verwerp of verstoot of verag Hy ons nie. Daar-om hoef ons onsself ook nie te verag nie. Ons kan net bid: O God van tweede kanse, hier is ek al weer... (Theresa)

ALMAL MOET HERWINHet jy al goed kerk toe gebring en in een van die herwinningshouers gegooi? Fantasties! Nou moet ek en jy die res van die dorp oortuig om dit saam met ons te doen – d.w.s. as hulle dit nie reeds doen nie. Ons moet ʼn boodskap uitstuur na mense van Ermelo dat ons omgee vir die omgewing. Ons moet die hele ge-meenskap inspireer om saam met ons te herwin… besighede, skole, elkeen in die dorp. Ons moet mense wat onthale hou soos troues of partytjies daarop wys dat hulle al die glas, plastiek en papier in ons sakke kan kom sit. So help ons nie alleen om die omgewing skoon te hou nie, maar kan ons selfs geld gene-reer uit die verkoop van die herwinbare materiale. Dit op sy beurt, kan bydra tot die algehele gesondheid en welstand van ons gemeenskap. (Drieka)

Hoe herwin ek mylewe vir Christus?

KAALVOET KERKTOE VIR KINDERSORGOp die 31e Mei het ons gemeente Kaalvoet Kerk toe gekom vir Kinder-sorg. Ons het vooraf besluit dat almal (behalwe ons ouer mense en mense wat siekerig is) op dié betrokke Sondag kaalvoet kerk toe sal kom. Die gedagte was om te voel hoe dit is vir mense en veral kinders wat nie skoene het om te dra nie. Die projek is gekombineer met ʼn kombersie-brei projek wat aan die begin van die jaar deur die diakens geïnisieer is. Al die kombersies sou op die dag kerk toe gebring word en almal wat wou, kon goed saambring vir kindersorg. Die liturgiese ruimte was behoorlik vol van kombersies en skoene en kos en nog vele meer. Dankie aan almal wat kaalvoet gekom het en dankie dat julle julle harte oop gemaak het en dat julle altyd bereid is om te deel.

Page 3: Deo Gloria - withtank.commedia.withtank.com/62da538fcc/deo_gloria_junie_2015.pdfeerste vyf woorde van die Psalm kyk, naamlik Die Here is my Herder... Ons begin by die woord, die. Die,

4 5

André en Retha Coetzee het in 2003, vyf King Pie winkels

gekoop. Die winkels was in Ermelo, Piet Retief, Pongola,

Vryheid en Standerton. Die groot winkel in De Jager-

straat was ʼn fabriek waar hulle elke dag duisende pasteie

vervaardig het en vandaar na die ander winkels versprei

het. Hulle het egter gou besef, ver van jou goed naby jou

skade. Daarom het hulle die winkels in ander dorpe een vir

een verkoop.

In 2006 het hulle ʼn winkel by die nuwe Game sentrum

oopgemaak en twee jaar later ʼn winkel by die ou Sanlam

sentrum wat nou bekend staan as die Ermelo Mall.

King Pie Holdings het ʼn paar jaar gelede die vervaar-

digingsregte van die fabriek op Ermelo uitgekoop.

Alle King Pie pasteie word nou by ʼn sentrale fabriek in

Midrand vervaardig. Die winkel in De Jagerstraat is steeds

ʼn groothandel winkel wat pasteie, gaar of rou, lewer aan

kafees, skole en ander instansies. Kom loer gerus in vir

heerlike pasteie, cocktails, samoesas, doughnuts en sagte

draai roomys.

Retha 017 819 7583 of 082 494 4596

ONTMOET ONS BESIGHEIDSMENSE

KUNSTENAAR IN ONS MIDDEOns gemeente beskik oor lidmate met uitsonderlike talente. Een van hulle is Soekie Human. Sy is ʼn gekwalifiseerde grafiese ontwerper wat alreeds baie advertensies en webblaaie vir besighede ontwerp het. Sy het ook ons gemeente webblad ontwerp en hou dit saam met een of twee ander persone in stand. Sy doen werk vir indiwidue en besighede reg oor die land.Wat baie nie weet nie is dat sy ʼn passievolle skilder is. Die afgelope 12 jaar het sy haar eie unieke styl ontwikkel wat beskryf kan word as ʼn los tekstuur kwas werk met ryk, warm kleure. Hierdie jaar gaan Soekie van haar skilderye by die jaarlikse Inniebos fees in Nelspruit (1-4 Julie) uitstal. Ander bekende kunstenaars wat daar gaan uitstal is Wendy Malan, Griet van der Merwe en Tanisha Bhano. Dit gaan aan haar 'n unieke geleentheid gee om haar skilderye baie wyd bekend te stel. Haar werk sal te sien wees by die kunstepark nommer KP15. Ons wens haar alle sterkte toe.

As daar een ding is waarmee die meeste lidmate uitermatig bekwaam is, is dit in die uitdink van verskonings. ʼn Mens staan soms verstom as jy na mense se verskonings luister en jy dink, hulle wil hê jy moet dit glo. Ek wonder partymaal – wat dink die Here van ons verskonings? Jimi le Roux (jimileroux.com) noem vyf verskonings wat hy raaklees in Moses se antwoord wanneer die Here hom Egipte toe wil stuur en hy alles in sy vermoë doen om daaruit te kom. Hy staan voor God by die brandende bos (Eks. 3–4) en kry ʼn opdrag. Hy voel homself nie bekwaam genoeg om dit te doen nie en bied inderwaarheid vyf verskonings aan: Verskoning 1: Wie is ek? (Eks. 3:11). Hy het gedink God het die verkeerde persoon as leier gekies. Hy is nie bekwaam genoeg vir die taak nie. Maar die Here wil hom gebruik en sal hom bekwaam maak vir die taak. Verskoning 2: Wie is U? (Eks. 3:13). Moses het God nie goed genoeg geken om Hom, of Sy wil, aan ander te beskryf nie. Hy vra vir God, wat moet hy vir die volk sê as

hy by hulle in Egipte kom – wie het hom gestuur?… God antwoord: Sê vir hulle, EK IS WAT EK IS... EK IS het jou na hulle toe gestuur. Verskoning 3: En wat as hulle nie luister nie? (Eks. 4:1). Moses was bekommerd oor die mense se reaksie teenoor hom. Sal hulle luister? God se reaksie: As ek klaar is, sal hulle luister. Vertrou My net. Verskoning 4: Ek is nie ʼn goeie spreker nie. (Eks 4:10). Moses het getwyfel oor sy gawes. Het hy leierskapver-moëns? Buitendien, hy hakkel. God sê: Wie het jou mond gemaak? Ek is die bron van jou gawes. Verskoning 5: U kan iemand anders kry. (Eks 4:13). Moses het homself vergelyk met ander mense. Kan hy dit doen? God wil hom gebruik. Hy is bereid om Aäron saam te stuur – maar Moses moet gaan.Wat se verkonings gebruik jy om nie jou talente in Sy kerk tot beskikking van Sy kerk en die wêreld te stel nie? Ons gemeente het jou nodig. Die Here het jou nie ver-niet in hierdie gemeente geplaas met die talente wat jy het nie. Sê net, ja Here, ek wil of ja Here, ek sal.

VERSKONINGS… VERSKONINGS… VERSKONINGS

Page 4: Deo Gloria - withtank.commedia.withtank.com/62da538fcc/deo_gloria_junie_2015.pdfeerste vyf woorde van die Psalm kyk, naamlik Die Here is my Herder... Ons begin by die woord, die. Die,

6 7

Op die 22e Mei het ʼn bietjie meer as honderd mense die kerksaal volgepak vir ʼn aand se pret sonder weerga. Dit het ongeveer vyf uur begin toe die mense wat bestel het, hulle kon verlustig het aan hamburgers en chips. Daarna het die pret begin. Frik en Ingrid Barnard wat meester Bingo aan-bieders is, het gesorg vir groot pret. Die pryse wat gewen kon word was groooooot en baie... en daarom was almal se entoesiasme voelbaar. Die idee van die Bingo aand het by Retha Coetzee en die Kuierhoekie begin. Hulle wou dit doen as ʼn fondsin-sameling vir ʼn moontlike uitstappie. Baie dankie aan Retha en almal wat kom help het met kosvoorbereiding. Dankie Dennis Duncan vir die wonderlike pryse wat jy bymekaar gemaak het. Dankie Frik en Ingrid en al die helpers en deelnemers. Dit was ʼn lekker aand. Die foto’s is ʼn bewys daarvan.

BINGO AAND - VETPRET

Page 5: Deo Gloria - withtank.commedia.withtank.com/62da538fcc/deo_gloria_junie_2015.pdfeerste vyf woorde van die Psalm kyk, naamlik Die Here is my Herder... Ons begin by die woord, die. Die,

98

Ermelo se slaggate het op elkeen wat hier woon se nerwe begin werk. Dit word by die dag meer en die bietjie wat die Munisipaliteit doen, is nie naastenby genoeg om die agteruit-gang te stuit nie. Dis toe dat ons een Sondag ʼn baie impulsiewe besluit geneem het om te begin gate toe maak. So gesê, so gedaan. Ons het 150 sak-kies sagte teer en ʼn drom SS60 by Tau Pele gekry en op die 7e Junie die 1e keer die strate ingevaar. Drie spanne gewapen met kompressors, stampers, teer en alles wat nodig is het eers “opleiding” gekry en toe weggeval. Ons het dadelik besef, die

probleem is baie groter as wat ons ooit gedink het. Waar ons gedink het ʼn span kan ʼn sekere straat op ʼn Sater-dag regmaak, het ʼn span sommer op een plek vasgehaak. Veral in kruisings is daar so baie gate dat ʼn span heel Saterdag daar spandeer en soveel as dertig gate herstel. Ons het gate her-stel wat tot 9x25kg sagte teer vat. Die gemeenskap se reaksie tot sover is oorweldigend. Mense stop in die straat en sê dankie. Hulle stop geld in die werkers se hande en sê, hier is geld vir nog teer. Ons het na die eerste 150 sakkies teer, nog 150 sak-kies geskenk gekry. Dis feitlik klaar. Ons wag vir die volgende twee

skenkings van 100 sakkies elk. Ver-huringsmaatskappye stel stampers gratis beskikbaar. Die vrouens in die gemeente dra koffie en eetgoed vir die spanne aan. Dis verskriklike harde werk en dit lyk nie of ons ʼn duik maak nie. Een ding is seker. Daar is ʼn paar strate in Ermelo waar jy baie lekkerder ry as twee weke gelede. Baie dankie vir almal se ondersteu-ning en harde werk. Coenie de Villiërs het altyd aan die einde van Kwela gesê – Gaan maak ʼn verskil. Een ding is seker. Op die oomblik maak ons ʼn reuse verskil en ons is dankbaar.

SLAGGAT OP SLAGGATOP SLAGGAT

A Nurses View

• Kroniesemoegheid.• Gewigverlies of toename.• Kroniese dors.• Versteurde visie.• Lae abdominale pyn.• Passeer oorvloedige urine (behoefte

om kort-kort te urineer)• Seertjies wat nie wil gesond word

nie, veral op voete.• Sleg-ruik asem (Halitosis)• Ledemate wat geswel mag wees.

Ken die simptome van moontlike ongekontroleerde suiker vlakke:

n Paar maande gelede het KYKNET met ‘n proses begin om die eerste Koekedoor program te vervaardig. Soos dit werk met sulke realiteitsreekse, het hulle inskrywings gevra en meer as 7000 aspirant Koekedore het ingeskryf. Na ‘n lang proses waar van die aspirant Koekedore van hulle gebak aan ‘n paneel in Johannesburg moes voorlê, is tien gekies om aan die reeks deel te neem. Omdat ons haar vermoëns ken, was ons glad nie verbaas toe ons hoor Gerda Swanepoel is onder die laaste tien nie. Van-dat die uitsendings begin het, het ons elke Donderdagaand vasgenael voor die kassie gesit. Vrydae het ons heerlik by haar Ouma Rooi Koeksisterwinkel gaan proe aan dieselfde goed wat sy die vorige Donderdagaand gebak het. Ons is gemeente is só trots op haar. Haar derde plek is uit-stekend. Baie geluk... ONS EIE KOEKEDOOR.

DERDE BESTE IN SUID AFRIKA

Page 6: Deo Gloria - withtank.commedia.withtank.com/62da538fcc/deo_gloria_junie_2015.pdfeerste vyf woorde van die Psalm kyk, naamlik Die Here is my Herder... Ons begin by die woord, die. Die,

10