deo gloria - withtank.commedia.withtank.com/53f4df99ba/deo_gloria_sept_2016.pdf · hy eers nee...

10
Deo Gloria aan God alle eer Nuusbrief van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika Gemeente Ermelo 1909 - 2016 Volume 3 van 2016 September 2016 Kinderkerk - 3 | Kuierhoekie - 5 | Basaar - 6 | Klippie in my skoen - 9 1 OORDENKING: INFLASIE Ek is seker jy het al baie keer die woord "inflasie" gehoor. Weet jy wat dit beteken? Ek moet eerlik wees, ek weet nie heeltemal nie. Dit klink vir my of dit iets te doen het met die geld wat in omloop is in die land wat nie deur dieselfde hoe- veelheid goudbates gedek word nie. Nou wil jy vra; "maar wat het dit met my as gelowige te doen?" Die eenvoudige antwoord is dat feitlik elke gemeente in die land worstel om hulle boeke te laat klop. Inflasie speel ‘n groot rol hierin in die sin dat geld se waarde minder word en pryse voortdurend styg. Dit is egter nie dié soort inflasie waaroor ek met jou wil praat nie. Ek praat van 'n ander soort inflasie wat dalk vir die kerk en vir elke gelowige baie groter gevaar inhou as die in- flasie waarvan ek vroeër gepraat het – ek praat van woordinflasie. Ek het gesê inflasie beteken dat daar meer geld in omloop is as wat daar goudreserwes is. My vraag aan jou is; "is daar nie in die kerk en in die lewe van gelowiges meer woorde in omloop as wat daar geloofsdade in reserwe is nie?" • Dink maar aan die baie bekende woord – vergiffenis; Wat van ons mooi woord Sondag, Sabbat, Rusdag? Dink maar aan 'n woord soos liefde; Hoe lyk ons medemenslikheid? • Wat maak ons met die woord "hoop?" Sien jy hoe diep inflasie ingesny het in die Kerk? Ons het baie woorde, maar nie altyd die dade om daardie woorde iets werd te maak nie. Jesus sê woorde en dade lê nie los van mekaar nie. Ons het gelees van 'n pa wat twee seuns gehad het. Hy het vir altwee dieselfde opdrag ge- gee. Die een het gesê hy wil dit nie doen nie. Later het hy spyt gekry en gaan doen wat sy pa gevra het. Die ander het dadelik gesê, hy sal, maar dit nooit gedoen nie. Jesus se vraag: "Wie het die wil van die pa uitgevoer?" Die een wat, alhoewel hy eers nee gesê het, tog later die opdrag uitgevoer het. Daarmee wil Jesus vir ons sê geloof moet meer as woorde wees. Geloof is meer as vinnige antwoorde. Jesus wil gelowiges hê wie se woorde met dade versier word. Hy wil nie 'n inflasiekoers in die Kerk hê van 500/600/700% nie. Hy hou nie van baie woorde en min dade nie. Hierdie Pa wil hê dat al twee sy seuns ja sê en ja doen. Een Seun het dit reeds gedoen. Een Seun het reeds "ja" gesê en "ja" ge- doen, al het Hy om ‘n stadium gesê; "Pa, as dit anders kan, laat hierdie lydensbeker by my verby gaan. Maar as Ek dit moet drink, dan sal Ek dit drink." En Hy het dit gedrink - leeg gedrink. Hy het die beker, wat vol was van God se toorn oor jou en my sonde, leeg gedrink aan die kruis. Kom ons kyk weer na al die ja's wat ons sê en reeds gesê het en ons vra: "het inflasie sy tol geëis?" As dit so is, moet ons voor begin. Ons moet 'n nuwe geldeenheid vir ons eie lewe kry, 'n geldeenheid wat nie deur inflasie opgevreet kan word nie, 'n geldeenheid wat nie deur motte verniel kan word of deur diewe ge- steel kan word nie. Ons moet ons kinders in ‘n liefdevolle verhouding met God en met mekaar toe bring deur van hulle ware navolgers van Jesus Christus te maak. Dankie aan die ouers wat moeite doen om hulle kinders by die huis ook van die Here se liefde te leer. Dankie dat julle hulle bring na die geleenthede wat in die gemeente aangebied word om hierdie liefde vir God en ander mense te laat groei. En dankie aan ons getroue spanne by al die vlakke van kinder- en jeugbediening. Matteus 21:28-32

Upload: others

Post on 30-Apr-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Deo Gloria - withtank.commedia.withtank.com/53f4df99ba/deo_gloria_sept_2016.pdf · hy eers nee gesê het, tog later die opdrag uitgevoer het. Daarmee wil Jesus vir ons sê geloof

Deo Gloriaaan God alle eer

Nuusbrief van dieNederduitsch Hervormde

Kerk van Afrika

Gemeente Ermelo1909 - 2016

Volume 3 van 2016 September 2016

Kinderkerk - 3 | Kuierhoekie - 5 | Basaar - 6 | Klippie in my skoen - 9

1

OORDENKING: INFLASIEEk is seker jy het al baie keer die woord "inflasie" gehoor. Weet jy wat dit beteken? Ek moet eerlik wees, ek weet nie heeltemal nie. Dit klink vir my of dit iets te doen het met die geld wat in omloop is in die land wat nie deur dieselfde hoe-veelheid goudbates gedek word nie.Nou wil jy vra; "maar wat het dit met my as gelowige te doen?" Die eenvoudige antwoord is dat feitlik elke gemeente in die land worstel om hulle boeke te laat klop. Inflasie speel ‘n groot rol hierin in die sin dat geld se waarde minder word en pryse voortdurend styg. Dit is egter nie dié soort inflasie waaroor ek met jou wil praat nie. Ek praat van 'n ander soort inflasie wat dalk vir die kerk en vir elke gelowige baie groter gevaar inhou as die in-flasie waarvan ek vroeër gepraat het – ek praat van woordinflasie.Ek het gesê inflasie beteken dat daar meer geld in omloop is as wat daar goudreserwes is. My vraag aan jou is; "is daar nie in die kerk en in die lewe van gelowiges meer woorde in omloop as wat daar geloofsdade in reserwe is nie?" • Dink maar aan die baie bekende woord – vergiffenis;

• Wat van ons mooi woord Sondag, Sabbat, Rusdag?• Dink maar aan 'n woord soos liefde;• Hoe lyk ons medemenslikheid?• Wat maak ons met die woord "hoop?" Sien jy hoe diep inflasie ingesny het in die Kerk? Ons het baie woorde, maar nie altyd die dade om daardie woorde iets werd te maak nie.Jesus sê woorde en dade lê nie los van mekaar nie. Ons het gelees van 'n pa wat twee seuns gehad het. Hy het vir altwee dieselfde opdrag ge-gee. Die een het gesê hy wil dit nie doen nie. Later het hy spyt gekry en gaan doen wat sy pa gevra het. Die ander het dadelik gesê, hy sal, maar dit nooit gedoen nie. Jesus se vraag: "Wie het die wil van die pa uitgevoer?" Die een wat, alhoewel hy eers nee gesê het, tog later die opdrag uitgevoer het.Daarmee wil Jesus vir ons sê geloof moet meer as woorde wees. Geloof is meer as vinnige antwoorde. Jesus wil gelowiges hê wie se woorde met dade versier word. Hy wil nie 'n inflasiekoers in die Kerk hê van 500/600/700% nie. Hy hou nie van baie woorde en min dade nie. Hierdie Pa wil hê dat al twee sy seuns ja sê en ja doen.Een Seun het dit reeds gedoen. Een

Seun het reeds "ja" gesê en "ja" ge-doen, al het Hy om ‘n stadium gesê; "Pa, as dit anders kan, laat hierdie lydensbeker by my verby gaan. Maar as Ek dit moet drink, dan sal Ek dit drink." En Hy het dit gedrink - leeg gedrink. Hy het die beker, wat vol was van God se toorn oor jou en my sonde, leeg gedrink aan die kruis.Kom ons kyk weer na al die ja's wat ons sê en reeds gesê het en ons vra: "het inflasie sy tol geëis?" As dit so is, moet ons voor begin. Ons moet 'n nuwe geldeenheid vir ons eie lewe kry, 'n geldeenheid wat nie deur inflasie opgevreet kan word nie, 'n geldeenheid wat nie deur motte verniel kan word of deur diewe ge-steel kan word nie. Ons moet ons kinders in ‘n liefdevolle verhouding met God en met mekaar toe bring deur van hulle ware navolgers van Jesus Christus te maak. Dankie aan die ouers wat moeite doen om hulle kinders by die huis ook van die Here se liefde te leer. Dankie dat julle hulle bring na die geleenthede wat in die gemeente aangebied word om hierdie liefde vir God en ander mense te laat groei. En dankie aan ons getroue spanne by al die vlakke van kinder- en jeugbediening.

Matteus 21:28-32

Page 2: Deo Gloria - withtank.commedia.withtank.com/53f4df99ba/deo_gloria_sept_2016.pdf · hy eers nee gesê het, tog later die opdrag uitgevoer het. Daarmee wil Jesus vir ons sê geloof

2

HERSTEL EN INSTALLEER VAN GARAGE DEURE EN OOK BOU EN INSTALLEER VAN VEILIGHEIDS DEURE EN VENSTERS GARAGE

DEUR MOTORS EN HEK MOTORS

Redaksie: Piet van Zyl,Theresa Weideman,

Chantel Neveling, Soekie Human,Drieka Engelbrecht,

Gerda van ZylMedewerkers: Willie van Zyl &

Retha CoetzeeEpos: [email protected]

Webblad: www.nhkermelo.co.za

YSKAS GRAFFITIDit was tyd om ons koeldrankyskas so bietjie te verfraai. Verskillende voorstelle was op die tafel soos o.a. om dit

met nuwe plakkers te beplak. Uiteindelik is besluit om al ons kinders op die yskas te laat skryf – so ietsie waarna

hulle in die toekoms kan terugkom en sê: "kyk wat het ek geskryf."

Elke kind het geleentheid gekry om o.l.v. Chantel Neveling, ons Kategesehoof en Soekie Human wat die projek

gekoördineer het, iets op die yskas te skryf. Baie van hulle kon nie gou genoeg die dominee gaan haal om vir

hom te wys wat hulle geskryf het nie. Daar is nog heelwat oop plek op die yskas. Vir die volgende jaar of twee

gaan nuwe kinders soos nuwe Gr. 1’s of nuwe kinders in die gemeente, geleentheid kry om daarop te skryf.

As jy nog nie gesien het hoe

spoggerig die yskas lyk nie, gaan

maak dan gerus ‘n draai in die

koffiekamer en kyk.

Page 3: Deo Gloria - withtank.commedia.withtank.com/53f4df99ba/deo_gloria_sept_2016.pdf · hy eers nee gesê het, tog later die opdrag uitgevoer het. Daarmee wil Jesus vir ons sê geloof

3

KINDERKERKOns kinderkerk, wat een maal per maand plaasvind, is goed op dreef. O.l.v. ‘n baie bekwame span onderwyseresse

word die kinders op ‘n vlak aan die Bybel en die Here bekend gestel sodat hulle dit vir altyd sal onthou. Ons doel met

al die vlakke van jeugwerk (Kategese, Kinderkerk, Pikkewouters en Spy Kids en 7Ups) is om ons kinders in ‘n liefde-

volle verhouding met God en met mekaar te bring deur van hulle ware navolgers van Jesus Christus te maak. Ons

is seker dat hierdie visie tot elke ouer wat vir sy/haar kind lief is, spreek. Dit is tog seker wat elke ouer ook vir sy/haar

kind wil hê - ‘n liefdevolle verhouding met God en met ander mense en ware navolgers van Jesus Christus.

Page 4: Deo Gloria - withtank.commedia.withtank.com/53f4df99ba/deo_gloria_sept_2016.pdf · hy eers nee gesê het, tog later die opdrag uitgevoer het. Daarmee wil Jesus vir ons sê geloof

4

Die jaarlikse besoeke aan skole voor die basaar vorm ‘n baie

belangrike deel van die bekendstelling van die basaar. Hierdie

jaar is Laerskool JJ van der Merwe en Laerskool Ermelo besoek

met windhonde van Gert en Marita Wessels. Albei skole het in-

gestem dat hulle beste atlete teen die honde resies hardloop.

Die kinders het natuurlik ‘n groot voorsprong gekry. Die honde

was geklee in die kleure van die Lions, Cheetahs, Sharks en

Bulle. Hulle kon nie ‘n hond kry wat bereid was om stil te staan

dat hulle vir hom klere van die Stormers aantrek nie.

WINDHONDETEEN ATLETE

Elke keer tydens ‘n verkiesing, hetsy algemeen of

munisipaal, “irriteer” die plakkate teen die lamppale

my geweldig. Elke paal, elke substasie is vol gesigte

wat ek nog nooit in my lewe gesien het nie. Ek kan

gewoonlik nie wag dat die verkiesing afgehandel so-

dat hulle dit weer kan afhaal nie.

Tog het ek tydens hierdie verkiesing gewonder of

- indien ons ‘n foto van God sou hê en ons sou dit op

lamppale en substasies aanbring - meer mense God

in hulle lewe sou kies?

Wanneer ons stem, moet ons sekere keuses uit-

oefen. Gaan dit net oor ‘n beter regering of gaan dit

ook oor verandering in ooreenstemming met God se

standaarde? Psalm 127 sê: "As die Here die huis nie

bou nie, swoeg dié wat daaraan bou, tevergeefs. As

die Here die stad nie beskerm nie, waak dié wat dit

beskerm, tevergeefs."

Daarom moet ons eerste vir God kies. Hy is die

enigste Een wat werklik vir ons omgee. Hy het vir my

en vir jou gekies. Daar is maar een Iemand wat altyd

vir ons kies: God. 'n Beter keuse as vir Hom kan ons

nie maak nie! (Theresa)

VERKIESING O! VERKIESING

Page 5: Deo Gloria - withtank.commedia.withtank.com/53f4df99ba/deo_gloria_sept_2016.pdf · hy eers nee gesê het, tog later die opdrag uitgevoer het. Daarmee wil Jesus vir ons sê geloof

5

KuierhoekieDa inni Kaap in skreeu hulle mos: "WP jou lekka ding!" dat

jy net gums en slagtande sien... Hier in Mpumalanga het

ons niks anders om te skreeu as: "Kuierhoekie, jou lekka

ding..." Ons skreeu dit dat ons valstande skoon uit die

gums uitval.

Lekka is dit lekka, veral as daar koek en koffie be-

trokke is. Ou Antie is erger oor koek as ‘n speedcop oor

omkoopgeld. Daarom was ek so bly toe die bestuur

besluit het dat ons by die Kuierhoekie hierdie jaar gaan

"coffeeshop crawling" doen. Jy het reg gehoor, nie "pub

crawling" nie, "coffeeshop crawling."

Die 18e Augustus maak ons toe weer so en ‘n volle 26

oues van dae en jonges van dae, met kieries en sonder

kieries, daag by Madness op. Die koek en quiche was

uit die boonste rakke. Dit saam met koffie en tee en ‘n

klomp lekker pelle... Kuierhoekie jou lekka ding...

Ek wonder net of daar nie ietsie in daardie koffie en

tee was nie, want skaars was dit in, of die spulletjie begin

hulle grappe vertel. Hulle het behoorlik hand opgesteek

soos ‘n graad een klas om ‘n beurt te kry. Party was maar

lekker onder die belt – en dit nogal van Hervormers. Ek

het so gelag dat my bra skoon skeef gesit het toe ek

daaruit is. Ek moes kort-kort my asmapompie gryp vir ‘n

bietjie hulp. Dit was lekker.

Niemand was so bly toe die oggend tot ‘n einde ge-

kom het as die personeel van Madness nie. Daardie plek

was nie net rooi geverf nie, maar sommer pienk en geel

en blou ook. Kuierhoekie jou lekka ding... Kuierhoekie jou

lekka ding... Sien jou volgende keer. Groetnis.

(Ou Antie)

Page 6: Deo Gloria - withtank.commedia.withtank.com/53f4df99ba/deo_gloria_sept_2016.pdf · hy eers nee gesê het, tog later die opdrag uitgevoer het. Daarmee wil Jesus vir ons sê geloof

6

BASAAR 2016

Page 7: Deo Gloria - withtank.commedia.withtank.com/53f4df99ba/deo_gloria_sept_2016.pdf · hy eers nee gesê het, tog later die opdrag uitgevoer het. Daarmee wil Jesus vir ons sê geloof

7

Page 8: Deo Gloria - withtank.commedia.withtank.com/53f4df99ba/deo_gloria_sept_2016.pdf · hy eers nee gesê het, tog later die opdrag uitgevoer het. Daarmee wil Jesus vir ons sê geloof

8

OP DIEVENSTERBANK

Hermie Odendaal is voorsitter van die Hotelskool by EHS en is ook lid van die Dorps - en Errie raad.

Eduan Wessels het Saterdag 13/08/2016 aan die Triton Karate Challenge te Lydenburg deelgeneem.

Hy verwerf 2 medaljes. Een silwer en een brons. Hy verwerf ook Mpumalangakleure vir karate.

Hy gaan aan die SA-Karate-Kampioenskappe deelneem wat in Oktober te Sun City plaasvind.

Anke de Kock, 1ste op Top 10 in Graad 7

Bernè de kock 1ste op Top 10 in Graad 10

Leané von Wielligh 1ste plek op die top 10 by EHS in Gr 9.

Page 9: Deo Gloria - withtank.commedia.withtank.com/53f4df99ba/deo_gloria_sept_2016.pdf · hy eers nee gesê het, tog later die opdrag uitgevoer het. Daarmee wil Jesus vir ons sê geloof

9

Die basaar is verby en ons is dankbaar – baie dankaar. Om so 'n groot basaar te hou, verg beplanning en harde werk van baie mense. Ons beplanning vir die volgende jaar se ba-saar begin altyd die Maandag na die basaar wanneer die Fondsekomitee byeen kom om die pas afgelope basaar te evalueer.

Soos elke jaar was daar ‘n groot klomp mense wat baie hard gewerk het. Hulle het nie net een kilometer gestap nie, maar twee of drie of tien. Party het die laaste twee weke voor die basaar omtrent net by hulle huise geslaap.

Dan is daar ‘n tweede groep wat bydraes gegee het in die vorm van goedere of geld en dalk op die dag van die basaar so bietjie kom help het. Daar is ‘n derde groep wat baie min of niks gee of doen nie. Hulle kom ondersteun wel die Saterdag deur by die ba-saar te kom rondloop, ietsie te koop en hier en daar te kuier. Hulle groet vriendelik en sê vir jou: "Julle is lekker besig nê!"

Dit laat my altyd wonder: "Wie is die "jul-le" waarvan hulle praat?" Joh. 1 sê elkeen wat in Jesus glo, is ‘n kind van God. As jy ‘n kind van God is en ek is ‘n kind van God, is ons mekaar se broer en suster. Om voor en tydens die basaar glad nie jou broers en sus-ters te ondersteun of by te staan nie, om van

jou broers en susters te praat as "julle"; is miskien ‘n bietjie liefdeloos.

Paulus vergelyk ‘n kerk en dus ook ‘n ge-meente met ‘n liggaam (Rom.12; 1 Kor.12). As jy aan jou eie liggaam dink, het jy een linkerkleintoontjie en een regtergroottoon. Jy het een linkeroog en een regteroor. As ‘n gemeente soos ‘n liggaam lyk, beteken dit jy is ‘n deel van die liggaam. Dalk is jy die linkerkleintoontjie of die regtergroottoon of die linkeroog of die regteroor?

Kom ek vertel vir jou waarom die “julle” waarvan jy gepraat het, so besig was. Sê nou jy is die regtergroottoon van die gemeente en jy is nie daar nie, moet die linkerklein-toontjie of die regteroor die werk van die regtergroottoon saam met die werk doen wat ‘n linkerkleintoontjie of regteroor moet doen en daarom is die “julle” so besig.

Ek verwyt niemand nie. Ons is dankbaar – baie dankaar vir dit wat ons kon doen met genade van Bo. Tog wonder ek maar net wat sal gebeur as elkeen in die gemeente sy/haar kant bring, nie net met die basaar nie, maar met elke ding wat ons in die gemeente doen, van erediens tot kategese, van NHSV tot basaar, van kerkraad tot gholfdag? (Piet)

KLIPPIE IN MY SKOEN

Page 10: Deo Gloria - withtank.commedia.withtank.com/53f4df99ba/deo_gloria_sept_2016.pdf · hy eers nee gesê het, tog later die opdrag uitgevoer het. Daarmee wil Jesus vir ons sê geloof

10

Tee vir gesondheid!MatchateeMatchatee is ‘n fyngemaalde teeblaar wat vir die eerste keer deur die Zen-monnike gebruik is vir

meer verstandelike helderheid en fisiese energie.

Die teeblare wat gebruik word om Matcha te maak, word in die skaduwee geplant sodat meer

chlorofil, antioksidante, aminosuur en L-Theanine geproduseer kan word. Die Japannese beskou

Matcha gelykstaande aan 10 koppies groen tee.

Hier is ‘n paar voordele van Matchatee:

• Hoog in antioksidante

• Verhoog energievlakke

• Gee jou immuunstel en konsentrasie ‘n hupstoot

• Verbeter jou vel

• Help veg teen kanker

• Kalmerende effek en verbeter jou bui

• Verlaag jou cholesterol

Jy kan matchatee aanlyn bestel by:

www.faithful-to-nature.co.za en www.theteamerchant.co.za