deo gloria - withtank.commedia.withtank.com/6518804778/deo_gloria_maart_2016.pdf · nuusbrief van...

6
Deo Gloria aan God alle eer Nuusbrief van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika Gemeente Ermelo 1909 - 2016 Volume 1 van 2016 Maart 2016 Redaksie: Piet van Zyl, eresa Weideman, Chantel Neveling, Soekie Human, Drieka Engelbrecht Medewerker: Willie van Zyl & Retha Coetzee Epos: [email protected] Webblad: www.nhkermelo.co.za Kerssangdiens 2015 - 2 | 7 Up's - 6 | NHSV - 8 | A Nurses View - 10 Daar's twee dinge wat alle superhelde in gemeen het: hulle het spesiale kragte en hulle het spesiale klere. Kyk maar na die flieks van Superman, Batman of The Avengers. Sonder die regte kostuums en spesiale kragte, kan hulle nie doen wat hulle moet doen nie. Het jy geweet Christene is ook superhelde? Dit beteken ons het ook spesiale klere en kragte. Hoe lyk hierdie klere? Wel, dit is nie kerkklere nie. Ek is groot gemaak met die idee dat ek altyd spesiale klere kerk toe moes dra. 'n Pak klere vir my en 'n grênd rok en hoed vir ma, want ons moes blykbaar ons beste aantrek as ons na die Here toe gaan. Maar ek het nooit gevoel ek het die Here se superkrag as ek kerkklere aangetrek het nie. Dit was warm, onprakties en duur. Die fout met hierdie idee dat ek my beste moes aantrek kerk toe, is dat dit nie 'n Bybelse leerstuk is nie. Trouens, Jakobus 2 maak dit glashelder dat as ons kyk wat mense aantrek by same- komste van gelowiges en hulle daarvol- gens beoordeel, dan doen ons sonde. Toe weet ek kerkklere is nie die regte uniform vir die Here se mense nie. In Kolossense 3 gee Paulus die antwoord oor watter superklere gelowi-ges wel moet dra. Hy skryf in vers 10 dat ons ons ou sondige self moet uittrek en die nuwe mens moet aantrek, sodat ons al hoe meer na die beeld van God kan lyk. En hoe lyk hierdie nuwe mens? Watter superklere hang in sy of haar klerekas? Hierop gee Paulus die antwoord in vers 12- 14. Volgens vers 12 is die nuwe klere van Jesus se superhelde hier op aarde dié van harte vol medelye; goedheid, nederigheid, sagmoedigheid en geduld. O ja, en in vers 14 skryf Paulus: “Tussen die klere wat God vir julle ge- gee het, is daar ’n kledingstuk wat alles perfek afrond. Jy moet dit altyd en oral dra. Hierdie kledingstuk is die liefde. As julle mekaar liefhet, leef julle presies soos God dit wil hê. Liefde hou julle naby mekaar soos julle veronderstel is om te wees (Die Boodskap).” Christene se superklere én superkrag waarmee ons die wêreld omkeer, is so vreemd omdat dit so skaars is. Min mense dra dit. Hoogmoed, haat, jaloe- sie, woede - sulke klere pas die meeste mense baie beter. Jesus se klere wat Hy aan ons elkeen uitdeel is daarom mag- neties mooi. Wanneer ons dit elke dag aantrek terwyl ons ons ou klere uitgooi, verander die wêreld in en om ons. Dan wen sagte woorde en deernisvolle dade. Dan wen liefde en haat verdamp. Dan word hemelse suurstof losgelaat wat die koolsuurgas van doodsheid verdryf. Trek vandag nog die regte klere aan; Christus s’n. Dan is die hemel se super- krag aan die werk in en deur jou. (Stephan Joubert – E-Kerk) HET JY DIE REGTE KLERE AAN? 1

Upload: others

Post on 09-Aug-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Deo Gloria - withtank.commedia.withtank.com/6518804778/deo_gloria_maart_2016.pdf · Nuusbrief van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika Gemeente Ermelo 1909 - 2016 Volume 1 van

Deo Gloriaaan God alle eer

Nuusbrief van dieNederduitsch Hervormde

Kerk van Afrika

Gemeente Ermelo1909 - 2016

Volume 1 van 2016 Maart 2016

Redaksie: Piet van Zyl,Theresa Weideman,

Chantel Neveling, Soekie Human,Drieka Engelbrecht

Medewerker: Willie van Zyl & Retha Coetzee

Epos: [email protected]: www.nhkermelo.co.za

Kerssangdiens 2015 - 2 | 7 Up's - 6 | NHSV - 8 | A Nurses View - 10

Daar's twee dinge wat alle superhelde in gemeen het: hulle het spesiale kragte en hulle het spesiale klere. Kyk maar na die flieks van Superman, Batman of The Avengers. Sonder die regte kostuums en spesiale kragte, kan hulle nie doen wat hulle moet doen nie.Het jy geweet Christene is ook superhelde? Dit beteken ons het ook spesiale klere en kragte. Hoe lyk hierdie klere? Wel, dit is nie kerkklere nie. Ek is groot gemaak met die idee dat ek altyd spesiale klere kerk toe moes dra. 'n Pak klere vir my en 'n grênd rok en hoed vir ma, want ons moes blykbaar ons beste aantrek as ons na die Here toe gaan. Maar ek het nooit gevoel ek het die Here se superkrag as ek

kerkklere aangetrek het nie. Dit was warm, onprakties en duur.Die fout met hierdie idee dat ek my beste moes aantrek kerk toe, is dat dit nie 'n Bybelse leerstuk is nie. Trouens, Jakobus 2 maak dit glashelder dat as ons kyk wat mense aantrek by same-komste van gelowiges en hulle daarvol-gens beoordeel, dan doen ons sonde. Toe weet ek kerkklere is nie die regte uniform vir die Here se mense nie.In Kolossense 3 gee Paulus die antwoord oor watter superklere gelowi-ges wel moet dra. Hy skryf in vers 10 dat ons ons ou sondige self moet uittrek en die nuwe mens moet aantrek, sodat ons al hoe meer na die beeld van God kan lyk. En hoe lyk hierdie nuwe mens? Watter superklere hang in sy of haar klerekas? Hierop gee Paulus die antwoord in vers 12-14. Volgens vers 12 is die nuwe klere van Jesus se superhelde hier op aarde dié van harte vol medelye; goedheid, nederigheid, sagmoedigheid en geduld. O ja, en in vers 14 skryf Paulus:

“Tussen die klere wat God vir julle ge-gee het, is daar ’n kledingstuk wat alles perfek afrond. Jy moet dit altyd en oral dra. Hierdie kledingstuk is die liefde. As julle mekaar liefhet, leef julle presies soos God dit wil hê. Liefde hou julle naby mekaar soos julle veronderstel is om te wees (Die Boodskap).”Christene se superklere én superkrag waarmee ons die wêreld omkeer, is so vreemd omdat dit so skaars is. Min mense dra dit. Hoogmoed, haat, jaloe-sie, woede - sulke klere pas die meeste mense baie beter. Jesus se klere wat Hy aan ons elkeen uitdeel is daarom mag-neties mooi. Wanneer ons dit elke dag aantrek terwyl ons ons ou klere uitgooi, verander die wêreld in en om ons. Dan wen sagte woorde en deernisvolle dade. Dan wen liefde en haat verdamp. Dan word hemelse suurstof losgelaat wat die koolsuurgas van doodsheid verdryf.Trek vandag nog die regte klere aan; Christus s’n. Dan is die hemel se super-krag aan die werk in en deur jou.(Stephan Joubert – E-Kerk)

HET JY DIE REGTE KLERE AAN?

1

Page 2: Deo Gloria - withtank.commedia.withtank.com/6518804778/deo_gloria_maart_2016.pdf · Nuusbrief van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika Gemeente Ermelo 1909 - 2016 Volume 1 van

2 3

KERSSANGDIENS

201

5Verlede jaar se Pikkewouters en Spy Kids het die beste vir laaste gelos. Alhoewel elke geleentheid vir die kinders só lekker was, was die afsluiting baie spesiaal. Dit het begin met ‘n poppekasstorie oor Johannes die Doper. Daarna het hulle hulle eie kerskoekies gebak. Die deeg is self uitgerol, in verskillende vorme uitgedruk en versier met kleurvolle sprinkels. Die kinders is vol vreugde huis toe, elkeen met 'n lekkergoedpakkie reg vir hulle Desembervakansie!

Die laaste uitgawe van Deo Gloria word elke jaar op die Sondag van die Kerssangdiens uitgegee, wat beteken dat ons nooit iets daaroor in ons kwartaalblad plaas nie. Die Redaksie het besluit om voortaan elke jaar in die eerste uitgawe van die nuwe jaar wel iets daaroor te skryf.

Verlede jaar se Kerssangdiens was soos altyd ‘n grote. Ons was bevoorreg om vir ‘n tweede keer vir Du Preez Stoltz en Riaan Naude (‘n blinde sanger) by ons te hê. Dr. Piet het die diens ingerig rondom die tema: Kom stap saam op die Via Liberandum. Die kerk was gepak en die gemeente het ges-ing soos net ons kan sing. Besoekers, en selfs die kunstenaars wat ons jaar-liks besoek, staan verstom oor die kwaliteit van ons gemeentesang o.l.v. Engela Franken.

PIKKEWOUTERS ENSPY KIDS AFSLUITING 2015

Page 3: Deo Gloria - withtank.commedia.withtank.com/6518804778/deo_gloria_maart_2016.pdf · Nuusbrief van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika Gemeente Ermelo 1909 - 2016 Volume 1 van

4 5

INKLEUR‘n Inkleurboek vir volwassenes waaruit jy dieselfde waarde kry as kinders. Dit is ‘n prettige manier om te ontspan en van die alledaagse stres ontslae te raak. Die hele proses van inkleur help nie net om kreati-witeit en selfuitdrukking te bevorder nie, maar ook om jou emosies te verwerk. Kry Bybelse inspirasie, terapeutiese stresont-lading en ‘n goeie familietydverdryf met inkleurboeke vir volwassenes. Gaan koop gerus: "Vandag gaan fantasties wees" – Van die Christelike Uitgewersmaatskappy by Cum Boeke(www.cumbooks.co.za) (Drieka)

Fliekflooie,Boekwurms,Webwerwe

en lekker

is nie net vir kinders nie...

Die webwerf, www.seker.co.za, word bedryf deur Hennie en Maretha Maartens. Hulle skryf self, Hennie is 'n teoloog en Maretha 'n skryfster van beroep. Hennie is die voltydse webmeester. Korrespondensie word aan hom gerig:[email protected] is ‘n artikel onder die opskrif: "Die doen-dinge in die oorwinning oor die sonde in jou siekte", om jou so bietjie te prikkel.Goed doen teenoor sleg, negatief, boos voel, die emo-sies met die kiem van bose gedrag in hulle, is eerstens die keuse om in Jesus Christus te bly: Joh 15:4-8. Maar vandag moet jy ook goed doen deur uit die alleenplek van een-same worsteling met jouself te stap en iemand - jou huwe-liksmaat of ouer - net 'n drukkie te gaan gee. Gaan sê vir iemand: Ek is lief vir jou.1. Dink hoe jy liefde kan doen. Gaan maak vir iemand tee. Gaan pluk vir haar 'n takkie roosmaryn. Gaan masseer sy/haar stywe skouers, daar waar hy/sy voor die rekenaar sit en werk. Gaan stryk 'n paar goed vir hom/haar. Gaan skop 'n bal saam met jou kinders. Gaan tel 'n kindjie op jou skoot.En dan moet jy ook goed doen aan jouself, aan jou gees wat nou in Christus is en die goeie wil soek en najaag.2. Goddank vir musiek! Vir alles wat waar en edel en lieflik en skoon en helder is. Vandag kan jy, gratis en rustig, in 'n wêreld van konsertsaalmusiek ingaan. Jy kan in 'n musiekkonservatorium ingaan, waar jy klas in musiek kan loop, klassieke musiek kan luister, hoor hoe kunstenaars operamusiek sing, kennis indrink, verryk word en die heling van musiek wat God vir die mens gegee het, kan ervaar. Dit is alles gratis. Hier is 'n internet-radiostasie waarop jy kan inskakel vir plafonlose luistergenot, vir baie-baie keuses. http://www.accuradio.com/en hier is 'n webwerf waar jy letterlik klas kan loop in musiek, 'n musiekkonservatorium waar jy kan gaan leer sonder om enigiets te betaal: http://classicalmusic.about.com/od/classicalmusic101/gr/accuradio-internet-radio-classical-music.htm.3. Doen goed aan jouself, jou gees en jou gemoed. Bly in Christus. Gebruik jou medikasie. Gaan die wêreld van mu-siek as konsertganger en as musiekstudent in. Dit is gratis. Die Here is met jou, oorwinnaar!4. Gaan praat met die HERE. Doen dit vandag op 'n ander plek as gewoonlik, sodat die ervaring nuut en anders kan voel, soos 'n spesiale afspraak met jou Geneesheer. Want dit is. Sê alles vir Hom. Hy sal help.Kleur gerus in op deo gloria

se agterblad!

www.seker.co.za

PIKKEWOUTERSEN SPY KIDS

Op Woensdag 1 Maart het nie minder nie as 22 Pikkewouters en Spy Kids (voorskool –Gr.6) die saal bestorm. En was dit nie lekker om so klomp laggende, gillende, hardlopende kinders byme-kaar te sien nie! Die ouerkomitee het - soos altyd - groot moei-te gedoen. Die tema hierdie jaar is: Vroue van die Bybel. Eers is die kinders verras met ʼn poppekasstorie oor die weduwee van Sarfat. Daarna het tannie Madeleen vir hulle vertel van Jesus se kruisiging, veral omdat dit een van die dae Goeie Vrydag en Paassondag is. Toe het die groot verrassing gevolg. Oom Ds. nooi gereeld kinders om vorentoe te kom as hy babas doop. Maar hy het dit nog nooit met die Nagmaal gedoen nie. Die ouerkomitee het vir

hom gevra of hy nie vir die kinders die Nagmaal sal verduidelik nie. Hulle het gesorg dat daar ʼn Nagmaalbord is met klein stukkies brood. Hulle het ook vir elkeen ʼn klein plastiese glasie gekoop wat hulle met druiwesap gevul het. Oom Ds. het baie duidelik vir die kinders gesê dat dit wat hulle nou gaan doen, nie Nagmaal is nie, maar dat ons vir hulle ʼn idee wil gee wat by die Nagmaal gebeur en waaroor dit gaan. Oom Ds. het toe ʼn stukkie brood gevat en vir hulle verduidelik dat die brood ons laat dink aan Jesus se liggaam wat aan die kruis vir ons gebreek is. Hy het ook verduidelik as ons wyn/druiwesap drink, dink ons ook aan Jesus se kruisiging en aan sy bloed.

Page 4: Deo Gloria - withtank.commedia.withtank.com/6518804778/deo_gloria_maart_2016.pdf · Nuusbrief van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika Gemeente Ermelo 1909 - 2016 Volume 1 van

MATRIEKS

7 UPS!bak pannekoek

76

20151. Thalita:Uitslae: Slaag matriek en is een van die tien studente wat toelating kry om te studeer by Pasquale Hairdressing Acad-emy waar sy ‘n drie jaar kursus gaan voltooi.

2. Morné:Uitslae: Slaag Matriek.Tans: Morné werk tans in Secunda vir ‘n sekuriteitsmaat-skappy wat in alarminstallerings en elektriese omheinings spesialiseer.

3. Esmarelda:Uitslae: Goeie gemiddeld deur 2 onderskeidings, 3 vakke laat hernasien.Tans: Sy werk as joernalis en grafiese ontwerper vir die Ermelo Insig koerant. Sy is voltyds ‘n Herbalife agent en skryf deeltyds aan haar boek: "Lappop Meisiekind", wat teen 2017 op die rakke sal wees. Esmarelda doen ook deeltyds fotografie as Vintage Capture.

4: Marieke:Behaal 6 onderskeidings met 'n gemiddeld van 89%. Afrikaans 91%, Engels 90%, Wiskunde 89%, LO 45%, Rekeningkunde 94% en Lewenswetenskap 84%. Marieke studeer tans by die Universiteit van Pretoria, BCom Ekonometrie.

5. Terseus:Slaag MatriekBoer voltyds.

1

2

3

4

5

Die 7UPS is terug en dit met ʼn "bang". Sondagmiddag 28 Feb. het ʼn swetterjoel kinders (Gr.7-11) in die saal bymekaar gekom vir ʼn pannekoekbakkompetisie. Maar voor ek julle daarvan vertel, wil ek julle eers vertel wie ek is. Baie jare terug het my ouboetie, sy naam is Spanner, in elke Deo Gloria oor die 7UPS geskryf. Alhoewel hy altyd sê sy lekkerste tyd op skool was die drie jaar in Gr.10, het hy uiteindelik klaar gemaak met skool. Toe vat klein Spannertjie by hom oor en klein Spannertjie het ʼn fantastiese job gedoen, maar hy het ook te groot geword vir die 7UPS. Toe erf ek dit – SKRYWER VAN ARTIKELS VIR DEO GLORIA. My ma (dis nou tannie Knormoer as jy dalk nie weet nie) sê: "Seatbeltjie, jy gaan nog eendag famous wees". My pa, oom Shifting, wil niks hoor van famous wees nie. Hy wil net hê ek moet ʼn man kry en trou, want, sê hy, dan is

ek uit sy sak. Nou weet julle wie ek is... Seatbeltjie, SKRYWER VAN ARTIKELS VIR DEO GLORIA. Ek kan julle verseker, hierdie jaar gaan die 7UPS baie cool goed doen. Jy gaan baie spyt wees as jy dit mis. Daarom wys ek vir jou ʼn paar foto’s van die pan-nekoekbakkompetisie – net sodat jy kan sien – dit was lekkerrrrrrrrrrrrrrrr. Groetnis tot vol-gende keer. (Seatbeltjie)

Page 5: Deo Gloria - withtank.commedia.withtank.com/6518804778/deo_gloria_maart_2016.pdf · Nuusbrief van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika Gemeente Ermelo 1909 - 2016 Volume 1 van

98

Wenke vir jou vakansietas Ja, ja, ons weet jou Billabongswembroek of bikini is die belangrikste ding in jou tas, maar pak dié vakansie ook ’n noodhulp-sakkie.Hier is ’n paar voorstelle; Dit klink voor die hand liggend, maar jy sal bly wees jy hoef nie jou vakansiegeld in die apteek te blaas nie.(i) After-sun vir daardie plekke waar jy nie sonbrandroom gesmeer het nie.(ii) Pak waterdigte pleisters, verbande, gaas en anti-bakteriese salf in om klein sny- en krapplekke te dokter.(iii) ’n Yspak kan vir enige swelling of pyn van steek-, brand- en kneusplekke gebruik word.(iv) Allergiemedisyne (antihistamien) soos Benadryl sal help vir enige allergiese reak-sie. (Stopitch is ’n kortisoonsalf wat fan-tasties werk as jy en ’n bloublasie van na-der kennis gemaak het.)(v) ’n Tweezer vir splinters of angels.(vi) Pynmedisyne vir swelling en pyn en iets vir pyn of koors (vra jou apteker).(vii) Iets vir sooibrand. ’n Kitskos-dieet het ’n prys.(viii) Oog- en oordruppels.Praat met jou dokter of apteker vir ’n volle-dige lys. (Bron: teenhealth.about.com)

NHSVDie tehuise wat geld ontvang het is die:Van Rensburg tehuisPiet Potgieter tehuisAndries Mari Oosthuizen tehuisLouis Trichardt tehuisEmily Hobhouse tehuisSAVF - Tehuis in Ermelo

Fondse word geïn deur jaffels wat een keer per maand gebak word en nagereg wat op Sondae verkoop word.

OP

DIE

VE

NS

TE

RB

AN

K

Nita Boshoff2016 Interhoër Byeenkoms te Ligbron- 3de plek Dogters O/19 Aflosspan - brons medalje- 1ste plek Dogters O/19 Gewigstoot - goue medaljeGekies vir Gert Sibande-Span - Byeenkoms is gehou Vrydag 26 Februarie 2016 in Se-cunda.Daar kry Nita ook die 1ste plek - goue medalje vir gewigstoot met 'n afstand van 9,6 meter.Sy kwalifiseer ook om vir die Mpumalanga - Span te gaan deelneem.

Henrico MeyerHenrico het Saterdag, 20 Februarie in Groblersdal aan Atletiek streekskampioen-skapper deelgeneem. Na afloop van die byeenkoms is hy vir die Oos-Transvaal SA- Atletiekspan gekies, wat die 18-19de Maart in Sasolburg gaan deelneem.

A Nurses View

Wat om in jou strandsak te pak(i) Sonskerm, sonskerm, sonskerm! Volgens Sue Janse van Rensburg, hoof van Kansa, hoef jy slegs twee keer voordat jy 18 jaar oud is erge sonbrand op te doen om jou kans te ver-hoog om velkanker te kry. (ii) ’n Lipsalf met ’n SPF van minstens 15. Gebarste, sondroë lippe lyk nie sexy nie.(iii) ’n Goeie boek of jou iPod met lekker somer-tunes.(iv) ’n Sonbril wat nie net cool lyk nie, maar ook 100% UV-beskermend en gepolariseer is.(v) ’n Hoed is ’n moet. Vir ’n hoed wat SPF-be-skerming bied, kan jy by ’n dermatoloog of ’n ge-sondheidswinkel ’n draai maak.(vi) Haaropknapper. ’n Bietjie conditioner ná elke swemsessie sal keer dat jou hare teen die einde van die vakansie na strooi lyk.(argief/berigte/beeld/2012/11/19/.../cgSomerHoof.html)

BELANGRIKE DATUMS

18 Maart Skole sluit20 Maart 9:45 – Erediens Ermelo24 Maart 18:30 – Nagmaal – Er Suid27 Maart 09:00 – Erediens – Er Suid3 April 09:00 – Erediens – Er Suid

5 April Skole heropen5 Mei 18:30 – Hemelvaartdiens – Ermelo22 Mei 09:45 – Nagmaal5 Junie 09:45 – Kaalvoetsondag24 Junie Skole sluit

Page 6: Deo Gloria - withtank.commedia.withtank.com/6518804778/deo_gloria_maart_2016.pdf · Nuusbrief van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika Gemeente Ermelo 1909 - 2016 Volume 1 van

10