deo gloria - withtank.commedia.withtank.com/15f6f59a9d/deo_gloria_may_2017.pdftel boggerol help. jy...

6
Deo Gloria aan God alle eer Nuusbrief van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika Gemeente Ermelo 1909 - 2017 Volume 1 van 2017 Mei 2017 Kinderkerk - 2 | Tolderia 2017 - 4 | Kerssangdiens - 7 1 OORDENKING: AS JOU KOP RAAS Nou die middag luister ek hoe ’n skoolhoof vertel dat sy snags nie kan slaap nie, want haar kop kom net nie tot rus nie. Ek is seker almal van ons weet presies waarvan sy praat, want die meeste mense ken dié gevoel. Dit is daardie vroegoggend, magtelose gevoel dat skape tel boggerol help. Jy het alles (behalwe drank) probeer, maar jy kán net nie die geraas in jou kop stil kry nie! Dit voel kompleet of jou kop ’n leë konfytblik vol klippe is. En om sake te vererger, onthou jou brein, wat deesdae die onbenulligste feite nie kán onthou nie, al die idiome oor leeg en klippe wat jy geleer het! Die kopdokters sal natuurlik verskeie redes kan aanvaar waarom dit vir jou voel dat jou kop raas. Vir die skoolhoof wil ek eintlik net sê dat sy nie bekommerd moet wees nie. Dit is nie ’n mediese probleem nie. Die klippe in die kop kom eintlik maar saam met die job! Die persone wat haar aan-gestel het, het net vergeet om te sê dat dit een van die newe-effekte van dié posvlak is. Maar sy moet tog die uit- drukking, "uneasy lies the head that wears the crown", ken? Vir die res van ons gewone voetvolk is dit ook nie vreemd dat jou kop raas nie. ’n Gewone dag in Mzanzi is genoeg om enige Amerikaner, Brit of Griek nooit ooit weer te laat slaap nie! Maar laat my toe om net ’n paar alledaagse wakkerblyklippe in jou pad te rol. Eerste voorbeeld: Hoe kan enige iemand, behalwe ANC- lede, slaap na jy die opening van ons parlement aanskou het? Tweede voorbeeld: Die waarde van jou kosbare Suid- Afrikaanse rand teenoor omtrent enige ander geldeen- heid in die wêreld. Derde voorbeeld: Die droogte in ons land en wêreldwye klimaatsverandering. Vierde: Armoede en korrupsie. Vyf: Soek jy regtig nog? Ok, jy gee toe. Maar hoe gemaak om dié geraas af te skakel? Ek wil my nou nie as ’n doktor Phil uitgee nie, maar ek dink die maklikste is om eers al die klippe uit te gooi. Spreekwoordelik, natuurlik. Want dit is tog wat jy met ‘n regte blik met klippe sou doen. Keer die blik om en gooi die klippe op ‘n hoop. Die mak- likste is natuurlik om die hele hoop klippe net daar te los, jou blik te vat en weg te stap. As jy dít kan regkry, is jy van die gelukkiges. Jy gaan ‘n verkwikkende nagrus hê. Maar vir die ander van ons wat nie van die hoop klippe kán wegstap nie, wil ek voorstel dat jy elke klip op sy eie sal optel, sal weeg en dan besluit of dit die moeite werd is om dit weer in die blik te sit. ‘n Mens kán mos nie elke klip kop toe vat nie! Kan jy enigiets aan die klip se saligheid verander deur dit in die blik terug te sit? Indien nie; los dit op die hoop. Net klippe wat die potensiaal het om te verander, beland weer in die blik. As jy met hierdie proses klaar is, het jy hopelik minder klippe wat minder geraas sal maak. Klippe wat in plaas van ‘n kakofonie ‘n rustige melodie in jou kop speel. Maar of al die klippe ooit sal verdwyn; dit sal ek nie kan sê nie. Myne raas nog gereeld! Worry does not empty tomorrow of its sorrow, it empties today of its strength. – Leo Buscaglia Fear can keep us up all night long, but faith makes one fine pillow. – Philip Gulley (Rian Truter - http://riantruter.co.za/

Upload: others

Post on 06-Mar-2020

5 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Deo Gloria - withtank.commedia.withtank.com/15f6f59a9d/deo_gloria_may_2017.pdftel boggerol help. Jy het alles (behalwe drank) probeer, maar jy kán net nie die geraas in jou kop stil

Deo Gloriaaan God alle eer

Nuusbrief van dieNederduitsch Hervormde

Kerk van Afrika

Gemeente Ermelo1909 - 2017

Volume 1 van 2017 Mei 2017

Kinderkerk - 2 | Tolderia 2017 - 4 | Kerssangdiens - 7

1

OORDENKING: AS JOU KOP RAASNou die middag luister ek hoe ’n skoolhoof vertel dat sy snags nie kan slaap nie, want haar kop kom net nie tot rus nie. Ek is seker almal van ons weet presies waarvan sy praat, want die meeste mense ken dié gevoel.Dit is daardie vroegoggend, magtelose gevoel dat skape tel boggerol help. Jy het alles (behalwe drank) probeer, maar jy kán net nie die geraas in jou kop stil kry nie! Dit voel kompleet of jou kop ’n leë konfytblik vol klippe is. En om sake te vererger, onthou jou brein, wat deesdae die onbenulligste feite nie kán onthou nie, al die idiome oor leeg en klippe wat jy geleer het!Die kopdokters sal natuurlik verskeie redes kan aanvaar waarom dit vir jou voel dat jou kop raas. Vir die skoolhoof wil ek eintlik net sê dat sy nie bekommerd moet wees nie. Dit is nie ’n mediese probleem nie. Die klippe in die kop kom eintlik maar saam met die job! Die persone wat haar aan-gestel het, het net vergeet om te sê dat dit een van die newe-effekte van dié posvlak is. Maar sy moet tog die uit-drukking, "uneasy lies the head that wears the crown", ken?Vir die res van ons gewone voetvolk is dit ook nie vreemd dat jou kop raas nie. ’n Gewone dag in Mzanzi is genoeg om enige Amerikaner, Brit of Griek nooit ooit weer te laat slaap nie! Maar laat my toe om net ’n paar alledaagse wakkerblyklippe in jou pad te rol.Eerste voorbeeld: Hoe kan enige iemand, behalwe ANC-lede, slaap na jy die opening van ons parlement aanskou het?Tweede voorbeeld: Die waarde van jou kosbare Suid-Afrikaanse rand teenoor omtrent enige ander geldeen-heid in die wêreld.Derde voorbeeld: Die droogte in ons land en wêreldwye klimaatsverandering.

Vierde: Armoede en korrupsie.Vyf: Soek jy regtig nog?Ok, jy gee toe. Maar hoe gemaak om dié geraas af te skakel?Ek wil my nou nie as ’n doktor Phil uitgee nie, maar ek dink die maklikste is om eers al die klippe uit te gooi. Spreekwoordelik, natuurlik. Want dit is tog wat jy met ‘n regte blik met klippe sou doen.Keer die blik om en gooi die klippe op ‘n hoop. Die mak-likste is natuurlik om die hele hoop klippe net daar te los, jou blik te vat en weg te stap. As jy dít kan regkry, is jy van die gelukkiges. Jy gaan ‘n verkwikkende nagrus hê.Maar vir die ander van ons wat nie van die hoop klippe kán wegstap nie, wil ek voorstel dat jy elke klip op sy eie sal optel, sal weeg en dan besluit of dit die moeite werd is om dit weer in die blik te sit. ‘n Mens kán mos nie elke klip kop toe vat nie!Kan jy enigiets aan die klip se saligheid verander deur dit in die blik terug te sit? Indien nie; los dit op die hoop. Net klippe wat die potensiaal het om te verander, beland weer in die blik.As jy met hierdie proses klaar is, het jy hopelik minder klippe wat minder geraas sal maak. Klippe wat in plaas van ‘n kakofonie ‘n rustige melodie in jou kop speel.Maar of al die klippe ooit sal verdwyn; dit sal ek nie kan sê nie. Myne raas nog gereeld!Worry does not empty tomorrow of its sorrow, it empties today of its strength. – Leo BuscagliaFear can keep us up all night long, but faith makes one fine pillow. – Philip Gulley(Rian Truter - http://riantruter.co.za/

Page 2: Deo Gloria - withtank.commedia.withtank.com/15f6f59a9d/deo_gloria_may_2017.pdftel boggerol help. Jy het alles (behalwe drank) probeer, maar jy kán net nie die geraas in jou kop stil

2 3

Stoffel skryf ‘n brief vir die dominee. Hy wil graag ‘n diaken of ‘n ouderling word. Wysneus, sy beste maat, vra hoekom en Stoffel verduidelik ons mooi omdat hy belangrik wil wees, belangriker as ander...Hy wil die kat se snor wees!Wysneus leer die kinders dat dit nie reg is om te dink jy is beter as ander nie, maak nie saak wie jy is of wat jy doen, of het nie. Dit is goed om nederig te wees, net soos Jesus. Jesus het aarde toe gekom, nie om gedien te word nie, maar om te dien. Hy wat God se Seun is, is in ‘n stal gebore en het selfs Sy dissipels se voete gewas!In Johannes 13 : 14 – 17 sê die Here vir ons: “As Ek, wat julle Here en julle Leermeester is, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was. Ek het vir julle 'n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen. Dít verseker Ek julle: 'n Slaaf is nie belangriker as sy

eienaar nie, en 'n gesant ook nie belangriker as die een wat hom gestuur het nie. Julle weet dit nou; gelukkig is julle as julle dit ook doen."Liefde maak almal gelyk. En ja, Jesus het selfs Judas se voete gewas. Moet ek en jy nie ook soms tot die uiterste gaan om liefde en respek vir mekaar te bewys nie?Die juffrouens by die Kinderkerk het elke kind se voete lekker gewas terwyl hul ‘n prentjie ingekleur het! (Drieka Engelbrecht)

KINDERKERK – POPPEKAS – DIE KAT SE SNOR

Dit het nou al gebruik geword dat die nuwe Graad 1’s op die eerste Sondag nadat die skole begin het, met hulle skoolklere Sondagskool en kerk toe kan kom. Onder is al ons Katkisante!

GRAAD 1’s 2017

Redaksie: Piet van Zyl,Theresa Weideman,

Soekie Human,Drieka Engelbrecht

Medewerkers: Willie van Zyl & Retha Coetzee

Epos: [email protected]: www.nhkermelo.co.za

Hier is van die Gr.1’s wat dapper genoeg was om met hulle skoolklere kerk toe te kom

Page 3: Deo Gloria - withtank.commedia.withtank.com/15f6f59a9d/deo_gloria_may_2017.pdftel boggerol help. Jy het alles (behalwe drank) probeer, maar jy kán net nie die geraas in jou kop stil

4 5

TOLDERIA 2017 BYBELSTUDIEDaar word dikwels na hierdie lewe verwys as ‘n "rat race" waarmee mense iets probeer sê van ons gejaagde lewe. Elektronika, wat deel geword het van ons bestaan, dra by daartoe dat ons minder en minder tyd het vir die mense om ons. Ons praat met selfone, enige plek en enige tyd... ons het vier en twintig uur ‘n dag kontak met wie ons wil, deur SMS'e, Whatsapp, Mixit, Instagram, Fa-cebook, Messanger, E-pos en vele meer. Ons ken mense van ver en wyd, maar raak soms vreemde-linge vir die mense naby en om ons. Ons maak tyd om na onsself te kyk... oefen, eet ge-sond, doen velsorg, maar vergeet om ons siel te voed. Dit is algemeen bekend (volgens navorsing) dat mense, selfs belydende Christene min/nooit Bybellees, hier en daar ‘n skietgebedjie opsê. Selfs die Bybelstudie in die gemeente wat t.w.v. almal se gerief twee maal op dieselfde dag (9:30 en 18:30) aangebied word, word nie deur massas by-gewoon nie. Miskien het dit tyd geword om te vra of ons nie dieselfde tyd en “onderhoud” aan ons geestelike lewe wil doen as wat ons aan ons lig-gaamlike welstand doen nie ? Om ‘n verhouding met God te bou, neem tyd en aandag – so ook alle ander verhoudings. Tog bly dit moeilik vir mense om tyd met Hom te span-deer. En om tyd te vat om Bybelstudie by te woon kan jou net nader aan God bring. Paulus vertel in Handelinge (Hand. 5:42; 20:20) hoe daardie vroeë gelowiges tyd afgesonder het om saam met me-kaar te wees waar hulle oor God kon praat en saam kon bid. Dalk was dit jou nuwejaarsvoorneme om meer tyd

aan die mense om jou en veral meer tyd met God deur te bring. Het jy dit gedoen? Indien nie, is dit tyd om te begin. Lees gerus Rian Truter se raad in die oordenking. Dalk is daar ‘n paar klippe wat jy uit jou blik kan uithaal en dalk, net dalk het jy dan ‘n bietjie meer tyd om aan die dinge te spandeer wat regtig saak maak. Kom maak gerus ‘n draai by die Bybelstudie. Kyk op die jaarprogram en luister na die afkondigings. Dis lekkerder as wat jy dink. (Soekie)

Hier is ‘n foto van die oggendgroep wat aan die einde van verlede jaar by Keniet

en Kenot gaan koffie drink het.

Tolderia 2017 was ‘n reuse, reuse sukses. Kan ons genoeg dankie sê vir ‘n wonderlike sonskyndag, baie mense wat dit bygewoon het en dat alles be-seringvry afgeloop het. Ons wil graag vir André en Mariaan van Rooyen wat Tolderia vir die twee Hervormde gemeentes beskikbaar stel vir hierdie tweejaarlikse projek, bedank. Ons wil vir hulle dankie sê vir hulle lei-ding om die projek te beplan. Dankie aan Ermelo Suid-gemeente dat ons hierdie projek saam met julle kan doen. Ons wil ook graag vir elkeen in die gemeente dankie sê wat gehelp het om kaartjies te verkoop en wat gehelp het om die dag te bemark. Baie dankie aan almal wat voor die tyd en dié dag daar gewerk het. Julle is ysters.

Page 4: Deo Gloria - withtank.commedia.withtank.com/15f6f59a9d/deo_gloria_may_2017.pdftel boggerol help. Jy het alles (behalwe drank) probeer, maar jy kán net nie die geraas in jou kop stil

76

KERSSANGDIENS 20167UPS djou lekka ding... 7UPS djou lekka ding... soos hulle in goeie WP taal sê. Seatbeltjie het nog altyd geweet WP en Stormer ondersteun-ers is nie die slimste mense in die wêreld nie, veral die met die min voortande. Maar een ding wat Seat-beltjie nie verstaan is hoe die WP ondersteu-ners skreeu, WP djou lek-ka ding... maar eintlik bedoel hulle “double you. (WP), djou lekka ding..."Ag, raak ek al weer in vervoering oor die rugby en vergeet. Ek is hier om vir julle te vertel van die 7UPS. By die 7UPS worry ons nie of jy ‘n Shark of ‘n Lion of ‘n WP is nie. Jy kan selfs ‘n Bull wees. Ons hou niks teen nie-mand nie. Daar djol ons net. En het ons gedjol die 26e Februarie toe ons vir die eerste keer die jaar bymekaar was. O!, dit was lekker, sommer baie lekker. Die speletjies wat oom Frik uitgedink het en al die eetgoed wat die tannies aangedra het. Ek het drie dae daarna nog maagpyn gehad van eet en lag. Baie dankie aan al die ooms en tannies vir al julle moeite en dankie aan al ons maatjies wat daar was. Een van die dae maak ons weer so. My ma, tannie Knormoer en my Pa, oom Shifting stuur vir julle almal baie groete... 7UPS djou lekka ding... 7UPS djou lekka ding.(Seatbeltjie)

7UPSDie Kerssangdiens in ons gemeente is die afgelope 13 jaar een van die hoogtepunte op ons kalender. 2016 se Kerssangdiens was geen uitsondering nie. Om die waarheid te sê, dit was waarskynlik ons beste Kerssang-diens ooit. Louis Loock het homself oortref. Tog praat die meeste mense nou nog oor die Flashmob. Die belangrikste deel van ‘n Flashmob is dat niemand daarvan moet weet nie, en niemand het daarvan geweet nie. Terwyl die meeste mense die paar Sondag-middae voor die Kerssangdiens geslaap het, het agt sangers uit Ermelo en Bethal in die Kerk geoefen. Daardie aand, toe die eerste een opstaan en begin sing, en daarna een vir een inval, het die mense se monde behoorlik

oopgehang. Dit was absoluut fantasties. Van fantasties gepraat, ons gemeentesang was die aand met die Kerssangdiens iets uit ‘n ander wêreld. Ons is so trots op ons ge-meentesang. Dit is elke Sondag fantasties. Ons sou egter saam met die mannetjies van die Isuzu-advertensie kon sê, daardie aand was dit fantastieser. Elke kunstenaar wat nog hier opgetree het, het gesê (en hulle tree in baie kerke op), sulke gemeentesang het hulle nog nooit gehoor nie. Daar is waarskynlik twee redes daarvoor – ‘n fantastiese orrelis en mense wat sing, hoog, laag, vals, op die noot... Ons sing want ons wil. Ons sing, want ons het die Here lief.

Page 5: Deo Gloria - withtank.commedia.withtank.com/15f6f59a9d/deo_gloria_may_2017.pdftel boggerol help. Jy het alles (behalwe drank) probeer, maar jy kán net nie die geraas in jou kop stil

98

Verlede jaar het die gedagte in die gemeente ontstaan om ‘n kankerondersteuningsgroep te begin. Na vele afkondigings is ‘n aand opsy gesit om bymekaar te kom en dit te oorweeg en te beplan. Intussen het ons uitgevind dat daar wel ‘n kankerondersteuningsgroep in die dorp funksioneer onder die naam Mishha. Ons het hulle voorsitter na ons geleentheid genooi om vir ons te vertel waarmee hulle besig is en wat ons graag wil doen. Na deeg-like bespreking en nadat ons gehoor het dat Mishha hoofsaaklik op borskanker fokus, het die mense wat daardie aand teenwoordig was, besluit om eerder een groot groep te vorm wat ondersteuning aan enige iemand met enige vorm van kanker kan bied. Daar is besluit om voort te gaan om onder die naam Mishha te funksioneer. Op die oomblik lewe die toegewyde groep mense hulp aan mense

met kanker en hulle families op ‘n wye terrein. Indien enige iemand by die groep betrokke wil raak of donasies aan die groep wil maak in die vorm van geld of groente wat gebruik word om sap vir kankerpasiënte te maak, kan Dr. Piet (017 8112434) of Karin Grobler (082 774 7723) geskakel word.

MISHHA – ONS KANKERONDER-STEUNINGSGROEP

Fliek Resensievan die fliekHacksaw Ridge (2016)2h 19min - Biografie, Drama Direkteur: Mel GibsonAkteurs: Andrew Garfield, Sam Worthington,Theresa PalmerHacksaw Ridge vertel die ware verhaal van Des-mond Doss wat tydens die Tweede Wêreldoorlog die moed van sy geloofsoortuigings gehad het om oorlog toe te gaan sonder ‘n geweer! Desmond wou ‘n verskil maak vir sy land en hom laat inskryf as ‘n noodhulpbeampte in die Amerikaanse weermag tydens die inval in Okinawa, Japan. Almal het egter gedink hy is van sy sinne beroof, selfs sy mede-soldate en vriende. Tydens hierdie donker dae op Okinawa het hy geweier om mense dood te maak. Doss het die ontmoontlike reggekry nadat sy eie weermag teruggeval het en hulself onttrek het, hy het agtergebly op hierdie slagveld en tot God ge-bid: “Lord, help me get one more... help me get one more” en sodoende het hy homself versteek teen die vyand en vyf en sewentig mede-soldate wat ge-wond was, gered en hul teruggekeer na veiligheid. Desmond het die oorlog het oorleef en selfs die Amerikaanse medalje van Dapperheid ontvang. Bronne: www.imdb.com en www.ekerk.org

KERSFEES 2016 VOOR

DIE MARAIS'S SE HUIS

Frikkie en Petra Marais het besluit om van Kers-fees 2016 iets besonders te maak. Op hulle stoep het hulle ‘n kriptoneel nageboots en in hulle tuin verskeie ander tonele uit die Jesus- verhaal. Party mense wat daar verby gery het, het gestop en gestaar. Ander het gewonder of hulle reg gesien het en omgedraai en weer kom kyk. Sommiges het selfs gevra of hulle kan inkom om alles van nader te sien. Dit was voor-waar iets om te sien.

Helen Oberholzer wat onlangs haar B.Ed. Honneurs in

Kleinkindontwikkeling - spesialisering in Gr.R-3 gedoen

het. Sy is ‘n onderwyseres by Laerskool Ermelo..

Baie geluk!

Page 6: Deo Gloria - withtank.commedia.withtank.com/15f6f59a9d/deo_gloria_may_2017.pdftel boggerol help. Jy het alles (behalwe drank) probeer, maar jy kán net nie die geraas in jou kop stil

10

BASAAR 2017Toe die kontantbeloftelyste aan die einde Februarie in die konsistorie uitgedeel is, het een van die ou- derlinge opgemerk: "Is dit al weer daardie tyd van die jaar?" Ja dit is en soos elke jaar, doen ons weer ‘n beroep op elkeen: "Bring jou kant." Ons het verlede jaar die grootste basaar tot nog toe gehad. Ons kon dit reg-kry met baie genade van bo en baie mense wat deel was van die poging van begin tot end. Ons probeer nooit om beter te doen as die vorige jaar nie. Ons probeer net ons beste doen waarmee ons besig is. Ons leuse vir 2017 is: "MY ALLERBESTE VIR DIE ALLERHOOGSTE." Maak nie saak wat jou allerbeste is nie. Hoe klein of groot dit ook al mag wees. Dis al wat ons vra – jou allerbeste – nie vir die predikant of president of vir enige iemand waarvan jy baie hou nie, maar vir DIE ALLERHOOGSTE.

BELANGRIKE DATUMS13 Mei Ringsvergadering Ermelo-Suid25 Mei 18:30 Hemelvaartdiens Er. Suid4 Junie KaalvoetSondag vir Barmhartigheid24 Junie Basaarontbyt30 Junie Skole sluit

Op 13 Maart het die NHSV in samewerking met die Diensgroep vir Siekes ‘n toerustingsgeleent-heid gereël oor traumahantering. Dr. Nelia Drenth van Pretoria het die toeligting waargeneem. Sy is ‘n maatskaplike werker wat haar dok-torsgraad oor die onderwerp ge-doen het. Dit was ‘n baie leersame aand waar almal uit haar kennis en ondervinding kon put.

NHSV en DIENSGROEP VIR SIEKES