die bybelse waarheid oor die wegraping/wederkoms van jesus ... · wegraping/wederkoms van jesus...

170

Upload: others

Post on 16-Jul-2020

33 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor
Page 2: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[2]

Die Bybelse Waarheid oor die

Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus.

Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor die “geheime wegraping” en die wederkoms van Jesus Christus beantwoord.

Geskryf deur Loretta Vosloo Filippense 3:8, 10-11 - “Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry...sodat ek Hom kan ken en die krag van Sy opstanding en die gemeenskap aan Sy lyde, terwyl ek aan Sy dood gelykvormig word, of ek miskien die opstanding uit die dode kan bereik.”

Erkenning word gegee: Aan my Hemelse Vader wat my geroep het om hierdie openbaring van Sy wederkoms te boekstaaf. Hy het my tong die pen van ‘n vaardige skrywer gemaak. Die Here het my ‘n geoefende tong gegee, sodat ek kan weet hoe om die vermoeide te verkwik met Sy woorde. Die Here het ook my ore geopen, ek was nie wederstrewig nie en ek het nie agteruitgewyk nie, maar in gehoorsaamheid aan Sy opdrag het hierdie boek vorm aangeneem. Ek gee die Here alleen die eer en die lof vir die skrywe en die uitgee van hierdie boek. Dankbaar vir my geliefde man wat my bygestaan het met die skrywe van hierdie boek. Aan my dogter Anja Vosloo, wat die finale verwerking van die boek behartig het, dankie Anja-kind jou waarde is ver bo korale. Aan Marietjie Becker-Goosen, wat so wonderlik uitgehelp het met die vertaling van sekere dele in my boek.

Page 3: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[3]

Aan almal wat my deur die jare bygestaan het en geluister het wanneer ek hierdie waarheid met hulle gedeel het.

Deur die jare heen het ek op ‘n hele paar bronne afgekom wat ook dieselfde openbaring gedeel het oor die wederkoms van Jesus Christus. Dit was net weereens vir my ‘n bevestiging dat ek die Woord van God in waarheid bestudeer en reg verstaan het, deur Sy wonderlike Gees van waarheid. Die meeste hiervan het geen kopiereg gehad nie en van die inligting kon ek vrylik gebruik vir die skrywe van hierdie boek. Ek het toestemming verkry van die volgende bronne vir die gebruik van hulle inligting:

Die Tydskrif “Juig” van Oktober 2011 - “Hoe die Apostels gesterf het”.

Dr. Peter Hammond se artikels in die tydskrif “Juig” van November 2010 - “Is alle gelowe nie dieselfde nie?” en “Lyding”.

Omdat ek grotendeels hierdie boek gebaseer het op die Woord van God en onder leiding van die Heilige Gees geskryf het, het ek baie Skrifte gebruik. Ek het daarom ‘n verwysings-lys aan die einde van die boek aangebring vir self-studie.

Gebed vir die publikasie van hierdie boek: Gee vlerke aan my woorde Here. Mag hulle saggies gaan sit op die takke van mense se gedagtes, Hulle buig voor die winde van U wil. Mag hulle hoop vlieg om alle mense aan te raak, Laag genoeg om ‘n briesie van soete aanmoediging oor die honger en soekende siel na U waarheid te laat kom. Gee vlerke aan my woorde, Here. Mag hulle vinnig en ver vlieg, om die wedloop te wen teen die woorde, van aardse wysheid oppad na mense se harte. Gee vlerke aan my woorde Here!

Page 4: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[4]

Onderskrywing van Boek deur Dr. Henk Grobler. Wat ’n wonderlike ervaring met die lees van hierdie boek! Reeds met die voorwoord kom jy agter dat die boek gemik is op Bybelse waarhede en nie soos heelwat ander manuskripte wat oor sensasie handel nie. Die skrywer het duidelik ’n deeglike studie gemaak oor die onderwerp en daarby het sy ook baie kennis oor die profesieë van Openbaring. Dat sy erns gemaak het met die navorsing en skryf van hierdie boek sien ’n persoon reeds in die voorwoord.

Ek haal die volgende gedeelte aan van haar voorwoord: Dit het my tot stilstand geruk en aan die dink gesit. Ek was so vas oortuig daarvan dat hierdie leerstelling die waarheid was, dat ek elke dag begin wonder het wanneer die Here gaan terugkeer na hierdie aarde toe? Vir dae aaneen het ek dus oor hierdie stelling gepeins, maar my oplaas na die Here gewend en Hom gevra om die waarheid oor die wegraping aan my te openbaar. Nie lank daarna nie, het die Here my genadiglik geantwoord en my van hierdie opinie verlos deur die waarheid van Sy Woord aan my te openbaar. Nadat ek dan die Skrifte oor die wederkoms, in waarheid en opregtheid ondersoek het, het ek tot die besef gekom dat hierdie leerstelling nie die waarheid is nie. Ek kon nie een enkele vers in die Bybel kry wat hierdie leerstelling volledig ondersteun het nie.

Waar die wegraping in vandag se tyd deur baie mense en kerke aangehang word as die waarheid, kom die skrywer onbevrees en bewys die teendeel sistematies en ondersoekend. Alhoewel sy ander belangrike temas bespreek, word die hoofdoel telkens gevestig op die wederkoms van Christus soos die Woord ons leer. Ander temas, soos byvoorbeeld die Antichris, Eindtyd, Armagéddon en Jesus se finale Koninskap oor die wêreld word dienooreenkomstig goed gebruik om die hele gedagte van die wederkoms deur te gee. Ek kan hierdie boek ten sterkste aanbeveel aan elkeen wat die waarheid, soos gegee in God se Woord, wil hoor oor Jesus se wederkoms. Dr. Henk Grobler

Page 5: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[5]

INHOUDSOPGAWE

VOORWOORD ............................................................................. 7

Vrae wat ek begin vra het oor die "Geheime Wegraping" teorie………………………………………………………………………… 8

HOOFSTUK 1 ............................................................................. 19

Die waarheid van God se Woord sal jou vrymaak van valse

leerstelling en ook vry hou van misleiding in die eindtyd.

HOOFSTUK 2 ........................................................................... 24

Hoe belangrik is die Wederkoms van Jesus Christus?

HOOFSTUK 3 ........................................................................... 30

Hoe beskryf Jesus Sy Wederkoms en wie se weergawe gaan

jy glo?

HOOFSTUK 4 ........................................................................... 44

Moet ons as Christene ook gereed wees vir die koms van die

Antichris?

HOOFSTUK 5 ........................................................................... 54

Wie gaan gedurende die groot verdrukking verdruk word

en waarom?

HOOFSTUK 6 ........................................................................... 66

Wat is die verskil tussen verdrukking en die toorn van God?

HOOFSTUK 7 ............................................................................. 77

Sal God Sy kinders bewaar tydens die regering van die

Antichris?

Afdeling 1 ................................................................................... 88

Bybelse opdragte vir die laaste dae voor Jesus Christus se

Wederkoms.

Page 6: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[6]

HOOFSTUK 8 ........................................................................... 92

Wat gaan die gevolge van die merk van die dier wees?

HOOFTUK 9 ............................................................................ 102

Hoeveel opstandings van die dode is daar en wanneer gaan dit

gebeur?

ADELING 1 .............................................................................. 114

Met Jesus se Wederkoms sal daar weerligte, stemme,

donderslae, aardbewings en groot hael wees.

AFDELING 2 ........................................................................... 128

Die tyd van U toorn het gekom om die verderwers van die

aarde te verderf - Die slag van Armagéddon!

AFDELING 3 ........................................................................... 135

Loon sal gegee word aan diensknegte, die profete, die

heiliges en aan die wat Jesus se Naam vrees.

AFDELING 4 ........................................................................... 140

Jesus aanvaar Sy Koningskap oor die koninkryke van die

wêreld: Die duisendjarige-vrederyk.

HOOFSTUK 10 ......................................................................... 150

Wie gaan van die aarde af weggeneem word met die

Wederkoms en wie gaan die aarde beërwe om saam met Jesus

daarop te woon?

Laaste woorde van bemoediging: ............................................ 158

Skrifverse wat in die boek gebruik is: ...................................... 164

Page 7: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[7]

VOORWOORD

Dit was in ongeveer 1985 toe die Here duidelik deur Sy Gees

met my begin praat het oor die “geheime wegraping” of dan die

opstanding van die heiliges. Dit gaan gebeur met die

Wederkoms van onse Here Jesus Christus na hierdie aarde

toe, soos Hy ons beloof het deur Sy Woord. Ek het die

leerstelling oor die “geheime wegraping” voor die groot

verdrukking baie goed leer ken deur Past. Peacock se leringe.

As ‘n jong Christen het ek dus vas geglo in hierdie

leerstelling en sodoende ‘n baie sterk opinie daaroor gevorm

omdat ek so geleer was deur ‘n menslike leerstelling, totdat ‘n

leraar eendag die volgende stelling gemaak het: “As jy die boek

Matthéüs deurgelees het, sal jy weet of daar ‘n wegraping voor

die groot verdrukking gaan wees of nie”.

Dit het my tot stilstand geruk en aan die dink gesit. Ek

was so vas oortuig daarvan dat hierdie leerstelling die waarheid

was, dat ek elke dag begin wonder het wanneer die Here gaan

terugkeer na hierdie aarde toe? Vir dae aaneen het ek dus oor

hierdie stelling gepeins, maar my oplaas na die Here gewend en

Hom gevra om die waarheid oor die wegraping aan my te

openbaar. Nie lank daarna nie, het die Here my genadiglik

geantwoord en my van hierdie opinie verlos deur die waarheid

van Sy Woord aan my te openbaar.

Ek kan ook soos Paulus se: “Maar ek maak julle

bekend…dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die

mens is nie. Want ek het dit ook nie van ‘n mens ontvang of

geleer nie, maar deur ‘n openbaring van Jesus Christus” –

Galasiërs 1:11.

Nadat ek dan die Skrifte oor die wederkoms, in waarheid

en opregtheid ondersoek het, het ek tot die besef gekom dat

Page 8: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[8]

hierdie leerstelling nie die waarheid is nie. Ek kon nie een

enkele vers in die Bybel kry van ‘n “pre-trib rapture” wat hierdie

leerstelling volledig ondersteun het nie.

Ek het toe ontdek dat dit ‘n valse leerstelling was wat

deur mense as die “waarheid” oor Jesus Christus se wederkoms

na hierdie aarde toe verkondig het. Ek het nou nie meer net ‘n

opinie gevorm wat van ‘n valse leerstelling afkom nie, maar het

die openbaring uit God se Woord, wat lewe gebring het in my

gees en waaraan ek nou vashou, verkry!

Dis net soos met jou bekering, as God eers deur sy Woord

die waarheid aan jou geopenbaar het en die skille van jou oë

afgeval het, dan weet jy dat jy weet! Jy huldig nou nie meer ‘n

menslike opinie nie, maar die waarheid deur die Woord van

God het jou vrygemaak. Prys Sy Naam!

Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering.

Die boek Openbaring is die plan wat God deur die Apostel

Johannes vir Sy kinders gegee het, om te verduidelik wat in die

laaste dae gaan gebeur. Die Boek Openbaring berei Christene

voor, juis sodat hulle met die nodige kennis deur die groot

verdrukking sal kan gaan. Salig is hy wat die woorde van die

profesie (Openbaring) lees, en die wat dit hoor en bewaar wat

daarin geskrywe is (Hoofstuk 1-22), want die tyd is naby.

As die heiliges dan weggeraap word na Openbaring 3, vir

wie is die res van Openbaring dan geskrywe? Openbaring is juis

geskrywe om die kind van God voor te berei vir die groot

verdrukking. As ons die waarheid in God se Woord wil sien,

moet ons ontslae raak van alle menslike leerstellinge en

sieninge wat ons oë verblind vir die waarheid van God se

Woord. As jy die Bybel werklik gaan bestudeer oor die

wederkoms, sonder om die “geheime wegraping" in ag te neem,

sal al die kennis oor die wederkoms in die hele Bybel vir jou

begin sin maak en soos ‘n legkaart inmekaar begin pas.

Page 9: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[9]

Dit is juis ‘n gebrek aan kennis oor die wederkoms, wat

Christene laat glo in hierdie leerstelling. Hulle glo maklik,

sonder om self die Skrifte te gaan ondersoek. Die Bybel leer ons

baie duidelik dat die wederkoms van Jesus Christus net een

keer, direk na die verdrukking – (Matthéüs 24) en nie twee

keer gaan plaasvind nie en daarmee saam sal ons opgeneem

word om die Here in die lug te ontmoet saam met diegene wat

opgewek is met die eerste opstanding. As ons vashou aan wat

die Skrif sê kan ons nie verkeerd gaan nie.

Dit was dus vir my skokkend om te sien hoe ver hierdie

menslike leerstelling oor die sogenaamde “geheime wegraping”

van die waarheid af is en hoe groot hierdie misleiding geraak

het. Dis dan ook die oorgrote meerderheid van die

pinkster/charismatiese bewegings wat in hierdie leerstelling

glo. Snaaks genoeg word dit nie geglo in lande waar daar wel

verdrukking is nie.

Meestal word dit dus net aangehang in lande waar mense

nie verdruk word nie en dis daarom ‘n baie gerustellende

leerstelling wat die oor streel en baie Christene laat glo in ‘n

gemaklike lewe sonder enige vervolging of verdrukking.

Hulle sê: “God sal mos nie toelaat dat ons bo ons kragte

versoek word nie, Hy sal mos met die versoeking ook die

uitkoms gee!” Die sogenaamde “geheime wegraping” word dan

gesien as die uitkoms wat God hulle gee, uit die groot

verdrukking uit. Een vraag: Van wanneer af word verdrukking

en versoeking in dieselfde konteks gestel?

Versoekinge kan deur die hulp van die Heilige Gees

oorwin word, wanneer ons op die Here vertrou, want wanneer

ons swak is, versterk die Here ons. Verdrukking is ‘n heel ander

saak, hier word die vervolgde gewoonlik geforseer om teen

sy/haar wil, hulleself te onderwerp aan die vervolger of dan die

nagevolge daarvan te dra.

Page 10: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[10]

Ons as Christene gaan deur verdrukkinge sowel as

versoekinge in hierdie wêreld. Jesus self sê dat ons, Sy kinders,

in hierdie wêreld verdruk sal word. Dis nie opsioneel vir

Christene nie. Van die kerk se ontstaan af word Christene

vervolg ter wille van Jesus Christus en die Evangelie van

verlossing.

‘n Duitse vrou met die naam van Corrie ten Boom was

gevange gehou in ‘n Nazi strafkamp, maar het na die oorlog

China toe vertrek. Daar het sy pastore ontmoet nadat die

kommunistiese regering oorgeneem het. Hulle het haar vertel

wat die rede was waarom van die Christene hulle geloof in

Jesus Christus prys gegee het. Dit was omdat hulle nooit deur

sendelinge geleer was dat hulle verdrukking en vervolging sal

moet verduur ter wille van hulle geloof in Jesus Christus nie.

Hulle het hulle wel geleer dat Jesus weer sal terugkeer en hulle

sal wegneem met die “geheime wegraping”, sodat hulle nie deur

verdrukkinge en vervolging hoef te gaan nie.

Maar in plaas daarvan dat Jesus teruggekeer en hulle

weggeneem het, het die kommuniste gekom en hulle vervolg

en doodgemaak. Dit was nie net vir 7 jaar soos geglo word nie,

dit was jaar na jaar na jaar. Later het sy 'n Biskop van China

hoor sê, helaas: "Ons het gefaal, ons moes die mense deur

die woord sterk gemaak het vir vervolging, eerder as om hulle

te vertel dat Jesus eerste sou kom”. Daarna het hy na haar

gedraai en gesê, "Jy het nog tyd, vertel die mense hoe om sterk

te wees in tye van vervolging, hoe om op te staan wanneer die

verdrukking kom – “to stand and not faint”.

Hierdie valse leerstelling berei mense glad nie voor vir die

groot verdrukking wat gaan kom nie. Dit stel hulle net gerus

dat hulle nie deur vervolging en verdrukking hoef te gaan nie,

want “Ons is nie bestem vir die toorn van God nie!” Maar die

groot verdrukking gaan grootliks oor die verdrukking van die

heiliges en die heerskapy van die “dier”. Teen die einde word

Page 11: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[11]

God se grimmigheid oor almal wat nie in Jesus Christus geglo

het nie, uitgestort deur die sewe skale. Daarna volg die slag van

Armagéddon, waar God die goddelose mense gaan verdelg,

maar verder in die boek sal ons meer hieroor uitwy.

Dit is dus uiters belangrik dat die leiers van kerke hulle

lidmate moet begin voorberei om deur die groot verdrukking te

kan gaan en hulle leer hoe om aan hulle geloof in Jesus Christus

vas te hou soos ‘n “mosseltjie aan ‘n rots”. Hulle moet die volk

die onderskeid begin leer tussen wat tradisies van mense en

valse leerstellinge is en wat die waarheid oor die koms van

Jesus Christus is.

Op een of ander manier en op een of ander tyd gaan alle

Christene, ook in Suid-Afrika vervolg word vir hulle geloof in

Jesus Christus. As jy in hierdie tyd aan ‘n gemaklike lewe glo en

vashou, sal dit baie moelik met jou gaan wanneer jy

verdrukking in die oë moet staar.

Christene moet voorberei word om getrou aan die Here te

bly, maak nie saak wat vir hulle voorlê in die toekoms nie, ons

moet getrou bly tot die dood toe. Ons moet nooit ooit moed

verloor nie. Jesus het klaar hierdie wêreld oorwin en as ons aan

Hom vashou sal ons geloof in Hom nooit wankel nie.

Met tye het ek die geleentheid gekry om hierdie waarheid

met Christene te deel wat ek ken, net om weereens met 'n skok

te besef watse sterk houvas hierdie valse leerstelling op hulle

het. Net die gedagte daaraan dat hulle dalk deur verdrukking

sal moet gaan, het hulle hewig ontstel. Vir jare het ek geswyg

oor hierdie valse leerstelling juis omdat ek self deel is van die

pinkster-beweging. Daar is ongelukkig bitter min gelowiges in

die pinkster-geledere wat nie in hierdie leerstelling glo en

daaraan vashou nie.

Romeine 1:16 WANT ek skaam my nie oor die evangelie

van Christus nie, want dit is ’n krag van God tot redding,

Page 12: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[12]

(verlossing, bevryding, genesing ens.) vir elkeen wat glo, eerste

vir die Jood en ook vir die Griek.

Ek kan dan ook soos Paulus sê:

Galasiërs 1:15-16 - “Maar toe dit God behaag het, wat my

afgesonder het van die skoot van my moeder af en deur sy

genade geroep het, om sy Seun, Sy Woord, in my te

openbaar...het ek dadelik nie vlees en bloed geraadpleeg nie,…”

Ek het God vertrou om die waarheid uit Sy Woord oor Sy

wederkoms aan my te openbaar, wat Hy dan ook gedoen het.

In die boek Titus leer Paulus dat ons aan die betroubare

Woord moet vashou, sodat ons in staat sal kan wees om met die

gesonde leer te vermaan sowel as om die teësprekers te kan

weerlê.

Vrae wat ek begin vra het oor die “geheime

wegraping” teorie .

Soos ek reeds genoem het, het ek ernstig begin nadink oor wat

geleer word rondom hierdie leerstelling en hoe ek tot die besef

gekom het dat van die stellings nie sin maak as ek dit met die

Bybel vergelyk nie. Is die “geheime wegraping” ‘n feit uit die

Woord van God of is dit fiksie wat geskep is deur mense? Kan

hierdie dan ‘n leerstelling van mense wees wat die Woord van

God kragteloos maak en derduisende kinders van God mislei

daardeur?

Waar het die “geheime wegraping” sy ontstaan gehad?

Vir menigte is dit gelyktydig verstommend én skokkend om

te ontdek dat die woord “wegraping” asook die leerstelling van

‘n “geheime wegraping” nie in énige een van die

Bybelvertalings voorkom nie. Hiermee saam word dit nie eers

genoem in enige geestelike literatuur voor die jaar 1830 nie.

Page 13: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[13]

Die resultaat van omsigtige navorsing oor die oorsprong

van die “geheime wegraping” is onlangs gepubliseer deur Dave

MacPherson, outeur van “The Unbelievable Pre-Trib Origin”.

Sy ondersoek na die oorsprong en ontwikkeling van die

wegrapings-teorie, is prysenswaardig.

Sy navorsing het aan die lig gebring dat die “geheime

wegraping” in Engeland tot stand gekom het in die middel

1800’s. Hy boekstaaf ‘n groot hoeveelheid historiese materiaal

as antwoord op hierdie mistieke leerstelling. MacPherson se

navorsing het bevind dat ‘n prediker van die Kerk van Skotland,

genaamd Edward Irving, die eerste was om te predik oor die

“wegrapings-evangelie”.

In 1830 gedurende een van Irving se byeenkomste, het ‘n

jong skotse meisie, by name Margaret MacDonald, in ‘n

beswyming verval. Na ‘n aantal ure van “visioene” en

“profesieë”, het sy bekend gemaak dat Jesus Christus se

wederkoms in twee fases sal plaasvind, en dat dit nie slegs ‘n

eenmalige gebeurtenis sal wees nie. Christus sal eerstens

sigbaar aan die regverdiges verskyn, en daarna sal Hy ‘n tweede

keer kom, om wraak te neem teen die onregverdige nasies.

‘n Oog-en-gehoor-getuie, Robert Norton M.D., het ’n

handgeskrewe kopie van haar “geheime wegrapings-

openbaring” in twee van sy boeke vervat, en verklaar dat dit die

eerste maal was dat énige persoon ooit die tweede wederkoms

in twee aparte gebeure of fases omskryf het. Sy geskrifte,

tesame met menigte ander Katolieke Apostoliese Kerk

literatuur, is vir baie dekades weerhou van die hoofstroom

Evangeliese denkrigting en het eers onlangs na die oppervlak

gekom.

Ons moet die bron van hierdie leerstelling in ag neem.

Hierdie leerstelling kom nie uit die Skrifte nie, maar spruit veel

eerder uit ‘n visioen wat ‘n vrou gehad het, wat nooit volgens

die Woord daaraan gemeet was nie. Daar was nooit ondersoek

Page 14: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[14]

ingestel om seker te maak dat sy geestelik hiervoor geverifieer

of gekwalifiseerd was nie en ook nie dat sy as profetes hierdie

leerstelling kon aanmatig nie. Die feit dat haar leringe nie in

lyn met die Skrifte was of deur die Skrifte bewys kon word nie

(in die proses het sy ook ander goed-gevestigde Bybelse leringe

weerlê en vernietig), het veroorsaak om die minste te sê, dat

haar leringe onder suspisie was.

Hierdie “geheime wegraping” was toe deur Irving

gepromoveer, deurdat hy beweer het dat hy ook ‘n “stem” uit

die hemel gehoor het wat hom beveel het om dieselfde te leer.

Sommige moderne navorsers beweer dat Irving se spekulasie

van die “geheime wegraping” beïnvloed was deur die Spaanse

Jesuïte priester, Lacunza, wie se boek Irving laat vertaal het in

1827 onder die titel “The coming of the Messiah in Glory and

Majesty”.

John Darby, ‘n Engelsman en pionier van die Plymouth

Brethern-beweging was vasgevang deur die wegrapings-

filosofieë van Irving. Toe Darby verneem het van Irving se

aktiwiteite, het hy vanaf Skotland gereis om met Irving en sy

volgelinge te gaan praat oor die “geheime wegraping”.

Dit was Darby wat die meester-ontwikkelaar geword het

van “skriftuurlike” ondersteunende argumente rondom hierdie

teorie/leerstelling. Darby se ontwikkeling van die “geheime

wegrapings”-teorie het sedertdien wyd gepopulariseer in

Brittanje asook uiteindelik in die Verenigde State - hoofsaaklik

as gevolg van Cyrus Scofield se notas in sy Scofield Reference

Bible.

Geloofwaardigheid van die “geheime wegraping”

het so wyd verspreid geraak onder die hedendaagse

“evangelisasialisme” en “fundamentaliste”, dat menigte

kerkgangers dit aanvaar het en glo dat die leerstellinge terug

dateer na die Apostels en die Messias.

Page 15: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[15]

Afgesien van wie ook al as die ontdekker van hierdie

leerstelling beskou word - of dit nou Irving, Darby, Margaret

MacDonald of ‘n Jesuïte priester is, een ding is baie duidelik:

Die “geheime wegraping” is van relatiewe onlangse oorsprong.

Meer nog, dit het geen feitelike grondslag nie en dit was ook

nooit deel van die leringe van Jesus Christus, die Apostels, of

die vroeë beweging wat deur Jesus begin was nie.

Meeste Christene wat in die “geheime wegraping” glo, kan

nie volgens Skrifte grondige bewyse van hulle opvattinge gee

nie. Hulle vertrou hoofsaaklik op hul pastore en predikers om

die waarheid van hierdie leerstelling weer te gee. Hulle

is moontlik in staat om ‘n vers of twee uit die Bybel aan te haal,

maar wanneer dit by die werklike “bewyslewering” van hul

perspektiewe kom, raak hulle verward en deurmekaar en word

uiteindelik geforseer om te erken “Dit is hoe ek dit sien”. “Ek is

nie so goed daarmee om bewyse in die Bybel te vind nie.” of

“Wel, dit is hoe ek geleer was, so dit is waarom ek dit glo”.

Hierdie uitlatings lei direk na my volgende standpunt:

Die “geheime wegraping” word nie deur die Skrif

ondersteun nie. Baie van die tekste wat gebruik word om

hierdie siening te staaf, bewys in werklikheid presies die

teenoorgestelde, maar dit is omdat mense toegelaat het dat

iemand anders die Skrifte, ivm. hierdie leerstelling, vir hulle

interpreteer - wat een van die gevaarlikste dinge is wat ‘n

Christen ooit kan toelaat, ons moet ten alle tye leerstellings

toets aan die Woord van God.

Daar is een finale skakel in die ketting van die

ontwikkeling en verspreiding van die “geheime wegraping” wat

genoem moet word. Scofield en Darby het D.L. Moody

beïnvloed en Moody het die vroeë Pinksterbeweging weer

beïnvloed. Hoe dan so, word gevra?

Page 16: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[16]

Die Assemblies of God is vandag by verre die grootste Pinkster

denominasie in die wêreld.

In 1914 het hulle hul Sondagskool-en studiemateriaal

vanaf die Moody Press bestel. Daarom het die Assemblies of

God geglo wat die Moody Bible Institute geleer het, en dit

sluit in die “geheime wegraping”. En so is dit vandag dat groot

getalle van verskeie Kerke die geskiedkundige leerstelling

van die Kerk, betreffende profesieë, verwerp het en dit vervang

het met ‘n konsep wat daarop uit is om te mislei: Die

“wegraping verlossing” voor die groot verdrukking.

Kom ons kyk na die volgende stellings oor die

“geheime wegraping” en dan kyk ons na wat die

Woord van God sê:

1. Die “wegraping” (eerste opstanding) en die wederkoms van

Jesus Christus is twee verskillende gebeurtenisse.

Wat sê God se Woord:

2 Thessalonicense 2:1 – “Maar ons vra julle, broeders, met die

oog op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en ons

vereniging met Hom, om nie gou julle verstand te verloor of

verskrik te word nie...asof die dag van Christus al daar is nie.

Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet -

1) die afval kom en - 2) die mens van sonde geopenbaar word,

“die seun van die verderf”…hy wat die Here met die asem van

Sy mond sal verdelg en deur die verskyning van Sy wederkoms

tot niet sal maak...”

Ons sien duidelik hier in die Woord dat die eerste

opstanding van die heiliges, die wat in Christus ontslaap het en

die wat in die lewe oorbly, ons vereniging met Hom, eers met

Jesus se wederkoms plaasvind. Die opstanding van die heiliges

en die wederkoms is net een gebeurtenis en nie twee

gebeurtenisse soos beweer word nie.

Page 17: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[17]

Daar is dus net een wederkoms, wat nie sal plaasvind

voordat die afval nie eers gekom het nie. Daar sal Christene

wees wat van die Here afvallig word en ook moet die “seun van

die verderf” eers geopenbaar word, dit kan dan ook nie die kerk

wees wat sy openbaring teëhou nie! Want in dieselfde asem sê

Paulus dat die Here die “seun van die verderf” gaan verdelg met

die asem van Sy mond, by die verskyning van Sy wederkoms en

ons vereniging met Hom, saam met al die heiliges! Hoe is dit

moontlik dat Christene hierdie skrifvers nie reg kan verstaan

nie?

2. Die “wegraping” geskied in die geheim, net ware Christene

sal Jesus sien kom, want Jesus sal kom soos ‘n dief in die

nag.

Wat sê God se Woord:

1 Thessalonicense 5:2-5 - “…want julle weet self baie goed dat

die dag van die Here kom net soos ‘n dief in die nag. Want

wanneer hulle sê: “Vrede en veiligheid”, dan oorval ‘n skielike

verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal

sekerlik nie ontvlug nie. Maar julle, broeders, is nie in

duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie. Julle is

almal kinders van die lig en kinders van die dag, ons is nie van

die nag of die duisternis nie.”

Kom ons kyk na die betekenis “soos ‘n dief in die nag”:

‘n Dief oorval jou, hy kom skielik en onverwags op jou af en

dan beroof hy jou. Dis hoe Jesus vir die wêreld gaan kom, die

dag sal nie die kind van God oorval nie. Jesus kom steel nie Sy

bruid in die geheim weg nie, want elke oog sal Hom sien.

2 Petrus 3:10 – “Maar die dag van die Here sal kom

soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal

verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die

aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand.” Duidelik

verwys Petrus na die enigste wederkoms van Jesus Christus na

die verdrukking, die dag van die Here waarin die hemele met

Page 18: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[18]

gedruis sal verbygaan – dink u dit sal in die geheim kan

geskied, sonder dat enige iemand dit sien of hoor?

Hy gaan wel onverwags terugkom terwyl die wêreld

doodluiters voortgaan en sê: “Vrede en Veiligheid”, want dan

oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger

vrou en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie. Jesus se koms gaan

wel skielik gebeur, maar dit gaan beslis nie in die geheim

plaasvind nie. Openbaring 1:7 – “Kyk, Hy kom met die wolke,

en elke oog sal Hom sien...”

3. Die “wegraping” kan enige oomblik gebeur en dit sal chaos

op die aarde veroorsaak.

Wat sê God se Woord:

Lukas 21:8 - En Hy antwoord: “Pas op dat julle nie mislei word

nie; want baie sal onder my Naam kom en sê: “Dit is ek!” en

“Die tyd is naby!” Gaan dan nie agter hulle aan nie". Volgens

die Woord van God moet sekere profesieë eers vervul word

voordat Jesus Christus sal terugkeer na hierdie aarde toe. Ons

moet dus let op die vervulling van profesieë en die tekens van

die tye.

Matthéüs 24:31 - “En Hy sal Sy engele uitstuur met 'n

harde trompetgeluid, en hulle sal Sy uitverkorenes versamel

uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot

die ander einde daarvan”. Die Here is nie ‘n God van chaos nie.

Hy stuur Sy engele uit om ons te vergader of dan bymekaar te

maak met Sy wederkoms en daarna sal ons Hom in die lug

ontmoet.

4. Die volheid van die heidene geskied met die “wegraping”

en dan is dit weer Israel se tyd om ingeënt te word in die

olyfboom.

Wat sê God se Woord:

Romeine 11:25 - “...dat die verharding ten dele oor Israel gekom

het totdat die volheid van die heidene ingegaan het”.

Page 19: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[19]

Openbaring 1:7 - “Kyk, Hy kom...ook hulle wat Hom deursteek

het en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf…”

Sagaría 12:10 - “...hulle sal opsien na my vir wie hulle deurboor

het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos ‘n mens rouklaag oor ‘n

enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos ‘n mens bitterlik

ween oor ‘n eersgebore kind”. Die verharding van hulle harte

sal eers verdwyn wanneer hulle Jesus Christus sien met Sy

wederkoms en dan sal hulle berou hê omdat hulle hom nie as

die Messias aanvaar het nie.

5. Mense gaan met hulle eie bloed moet betaal om gered te

word tydens die groot verdrukking.

Wat sê God se Woord:

Hebreërs 9:12 - “...maar met Sy eie bloed, een maal ingegaan in

die heiligdom en ‘n ewige verlossing teweeggebring vir ons, die

bloed van Jesus Christus, Sy Seun, reinig ons van alle sonde”.

Die bogenoemde stelling is duidelik onbybels, want

behalwe vir die feit dat hulle ‘n tweede kans op redding

verkondig, na die eerste opstanding, sê die Woord van God

baie duidelik dat die bloed van ‘n dier of ‘n mens nooit

voldoende kan wees om ‘n sondige mens te red van die hel nie.

Geen mens kan dus gered word tydens die groot verdrukking

deur met sy eie bloed vir sy saligheid te betaal nie.

Openbaring 7:14 - “...dit is hulle wat uit die groot

verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit

gemaak in die bloed van die Lam”.

6. Die Heilige Gees-bedeling kom tot ‘n einde op aarde na

die “wegraping” van die kerk.

Wat sê God se Woord:

Johannes 14:16 - “En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n

ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid…” Jesus

stuur die Heilige Gees in Sy plek na hierdie aarde toe om met

ons te wees tot aan die einde van hierdie wêreld soos ons dit

ken...tot in alle ewigheid.

Page 20: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[20]

Mat 28:20 – “En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die

voleinding van die wêreld.”

7. Die eerste opstanding uit die dode gaan plaasvind tydens

die “wegraping” voor die groot verdrukking.

Wat sê God se Woord:

Let asseblief op na die 2 groepe mense wat deel is van die

opstanding.

Openbaring 20:4 - “...1) Ek het die siele gesien van die wat

onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die Woord van

God, en 2) die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die

merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie;

en hulle het geleef en as konings regeer saam met Christus die

duisend jaar lank.

En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar

voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding.”

1 Thessalonicense 4:16 - “...die wat in Christus gesterf het, sal

eerste opstaan...” Die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie

en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het

nie, gaan dan ook deel wees van die eerste opstanding, reg?

Nou, hoe kan hulle dan deel wees van hierdie gebeurtenis as die

eerste opstanding reeds voor die groot verdrukking plaasgevind

het?

8. Die Bruilof van die Lam gaan in die hemel plaasvind tydens

die groot verdrukking op aarde.

Wat sê God se Woord:

Openbaring19:6 - 9 “En ek het iets gehoor soos die stem van ‘n

groot menigte en soos die geluid van baie waters en soos die

geluid van sterk donderslae wat sê: Halleluja! want die Here

God, die Almagtige, het die koningskap aanvaar(om vir ‘n

duisend jaar op hierdie aarde te heers). Laat ons bly wees en

ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof

van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak. En

aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn

Page 21: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[21]

linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die

heiliges......salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die

Lam.....Dit is die waaragtige woorde van God.” Direk hierna

word die slag van Armaggeddon beskryf.

As die bruilof dan wel in die hemel gevier word tydens die

groot verdrukking, wanneer gaan al die martelare wat tydens

die groot verdrukking in Christus sterf, opgewek word? Hoeveel

opstandings gaan daar dan vir die heiliges wees, as die eerste

opstanding alreeds plaasgevind het? En as die opstanding dan

alreeds plaasgevind het, wanneer gaan hierdie martelare

bruilof vier as die deur dan gesluit en geen laatkommers

ingelaat word nie? M.a.w. gaan hulle dan automaties uitgesluit

word?

9. God sal nie toelaat dat sy kinders deur die groot

verdrukking gaan nie.

Wat sê God se Woord:

Johannes 16:33 - “...In die wêreld sal julle verdrukking hê,

maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin”. Dit is Jesus

se eie woorde, in die wêreld sal julle verdrukking hê, nie net

party Christene nie, almal! Almal van ons beleef van tyd tot tyd

verdrukking, party ligte verdrukking en ander sal deur die groot

verdrukking aan die einde van dae moet gaan. As dit nog in my

geslag gebeur sal dit sekerlik ook my voorland wees as ‘n

uitverkorene van God, maar die vraag is: Hoeveel van ons sal

voorbereid wees vir hierdie gebeurtenis?

Romeine 8:35 - “Wie sal ons skei van die liefde van Christus,

verdrukking of benoudheid of vervolging of honger…….

Geskiedkundiges beweer dat daar alleen 10 miljoene

Christene ‘n marteldood gesterf het gedurende die tydperk van

die Romeinse ryk. Ons weet ook van die baie verdrukkinge wat

deur die eeue heen teen Christene, sowel as teen die Jodedom

gepleeg is. Van Jesus se opstanding af tot nou toe word

Christene verdruk en gemartel ter wille van hulle geloof in

Page 22: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[22]

Jesus Christus. Ons moet egter verstaan dat die verdrukking

van Christene deur Satan, mense wat hy gebruik en regeringe

wat onder sy invloed is uitgeoefen word, nie deur God self nie.

Oordele gaan wel deur God uitgestort word oor die ongelowiges

vanweë Sy toorn. God se toorn oor die ongelowiges word

grootliks uitgestort tydens die laaste sewe plae en die slag van

Armagéddon. Voorbeeld - Lot en sy gesin.

Page 23: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[23]

HOOFSTUK 1

Die waarheid van God se Woord sal jou

vrymaak van valse leerstelling en ook vry

hou van misleiding in die eindtyd Jesus antwoord en sê vir sy dissipels: “Pas op dat niemand julle

mislei nie. Want daar sal valse christusse en baie valse profete

en valse leraars opstaan en baie mense mislei, en hulle sal

groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die

uitverkorenes te mislei.”

Johannes sê die Woord het vlees geword en het onder ons

kom woon en ons het Sy heerlikheid aanskou...vol van genade

en waarheid en ons sal die waarheid ken en die waarheid sal

ons vrymaak. Waarheid kom dan deur die Woord van God,

lewend gemaak deur die Heilige Gees, want die Woord van God

is Gees en lewe, vol van genade en waarheid. Deur die Woord

te bepeins, aanskou ons die heerlikheid van God deur Sy

Woord.

Die Emausgangers het Hom nie herken nie, waarom nie?

Jesus wou hê dat terwyl Hy die Skrifte vir hulle uitlê, hulle

Hom in Sy Woord sou herken. Jesus verduidelik ook aan ons

hoe belangrik die Woord vir ons is - “As julle in My Woord bly,

is julle waarlik my dissipels. En julle sal die waarheid ken, en

die waarheid sal julle vrymaak.”

Jy moet ‘n liefde vir die waarheid hê om vry te kan bly van

valse leerstellings waarteen die Apostels van ouds ons so ernstig

gewaarsku het. Jesus self sê ons moet in Sy Woord bly en nie

aan die woorde vashou van menslike leerstellings en

godsdienstige rituele nie. Want volgens Paulus sal party

Page 24: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[24]

Christene hul ore afkeer van die waarheid en hulle wend tot

fabels en gebooie van mense wat van die waarheid afgewyk

het. Tevergeefs vereer ons Jesus deur leringe te leer wat

gebooie van mense is.

Jy moet die waarheid van God se woord ten volle

aanneem, ten alle koste liefhê en daaraan vashou deur die hele

Woord te glo. Die volle waarheid kom net deur die Woord van

God, die suiwer water wat ‘n lewensfontein is waaruit ons

drink. Hierdie water het die Samaritaanse vrou by die put

gedrink en dit het haar vrygemaak van haar verlede en sy het

gaan vertel.

Menslike sieninge en leerstellinge besoedel die Woord

van God.

Esegiël profeteer die volgende oor die herders in Esegiël 34: “Is

dit vir julle nie genoeg dat julle die goeie weiveld afwei nie? En

moet julle die orige van jul weiveld met jul pote vertrap? En

moet julle die helder water drink, terwyl julle die wat oorbly,

met jul pote troebel maak? En moet my skape afwei wat met

julle pote vertrap is, en drink wat met julle pote troebel gemaak

is?” Terwyl die Woord in alle waarheid deur die openbaring

van die Heilige Gees tot ons beskikking is, vertroebel ons eie

sieninge en tradisies dit.

2 Timotheus 2:15 - “Lê jou daarop toe om jou beproef

voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie,

wat die woord van die waarheid reg sny.”

In Johannes 16 sê Jesus ook dat wanneer die Heilige Gees

oor ons kom, die Gees van die waarheid, sal Hy ons in die hele

waarheid lei, soos met die olie in die kanne van die vyf wyse

maagde. Want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles

wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan ons

verkondig.

Page 25: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[25]

Jesus is ons Opperherder en as ons Hom volg, sal ons Sy

stem leer ken en ons sal nie vreemde stemme van menslike

kennis en tradisies navolg nie. Die skrifgeleerdes sê die

volgende van Jesus in Lukas 20:21 - “Meester, ons weet dat U

reguit praat en leer en die persoon van ‘n mens nie aanneem

nie, maar die weg van God in waarheid leer”. Net so moet ons

as Christene in Jesus se voetspore volg. Spreek die waarheid

van die Woord reguit en moenie die persoon van ‘n mens

aanneem nie. “Want daar sal mense wees wat die gesonde leer

nie sal kan verdra nie, maar in hulle gehoor gestreel sal wil

wees, omdat hulle volgens hulle eie begeertes sal wil wandel”.

Predikers wat ore streel, preek wat mense wil hoor, nie wat

die Bybel direk en duidelik sê nie. Die probleem is dan, dat die

Skrif uit konteks geneem word, verkeerdelik-aangehaal word,

verdraai en byvoeg wat nie in die Woord staan nie en dit

veroorsaak die vorming van menslike leringe, wat die Woord

van God kragteloos stel.

Wees tog ook versigtig om ook nie van die Skrifte oor die

wederkoms oor te slaan nie, net omdat dit jou ongemaklik laat

voel omdat dit nie ooreenkom met dit wat jy glo, soos jy geleer

was nie, want tog staar die waarheid jou in die gesig, in swart

en wit, duidelik in die Woord van God.

Mense neem dan aanstoot wanneer verdrukking ter sprake

kom of wanneer iemand die waarheid praat oor die wederkoms.

Vir meeste is dit net ondenkbaar dat hulle blootgestel kan word

aan enige vorm van vervolging of verdrukking! Hulle begeerte is

om nie deur die groot verdrukking te gaan nie, maar dit sal nie

God se Woord verander nie. Moet dus nie toegee aan menslike

begeertes nie, moenie ore streel nie, dit is presies wat die

wegrapings-teorie doen.

Moet ook nie ‘n persoon se lering aanneem vir die

waarheid as jy dit nie uit die Woord van God kan bevestig nie.

Onthou, geleerdheid is nie ‘n waarborg vir waarheid en

Page 26: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[26]

salwing nie, want die krag van die Heilige Gees maak die

Woord lewendig en skryf dit op die tafels van ons harte!

Daar is altyd mense wat leer, maar nooit tot die kennis van

die waarheid kom nie. Om in die waarheid van die Woord te

bly, moet jy dus die prediking van die Woord toets óf dit dan

so is of nie. Johannes vermaan ons met die volgende woorde:

“Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die

proef of hulle uit God is”.

Spreuke 3:21 sê dit so mooi in Engels - “My son, do not let

wisdom and understanding out of your sight, preserve sound

judgment and discernment. They will be life for you...Then you

will go on your way in safety, and your foot will not stumble."

Psalm 23:5 - “U berei die tafel voor my aangesig teenoor

my teëstanders...” Wat beteken dit as iemand ‘n tafel vir jou

voorberei? Daardie persoon berei kos voor vir jou en dan

bedien hulle jou met ‘n maaltyd en sodoende eet jy dan uit

hulle hande uit. As jy uit iemand se hand uit eet, beteken

dit dat jy hulle slaafs navolg en doen wat hulle vir jou sê.

So berei Jesus ook vir ons Sy Woord voor en ons moet uit

ons Meester se hand eet en Hom navolg, want die woorde wat

Hy tot ons spreek, is Gees en dit is lewe. Hy is die brood wat uit

die hemel neergedaal het om ons geestelik te voed en te

versterk.

Jare gelede moes ek my eie tafel skoonmaak van alle

menslike leerstellinge en tradisies wat ek deur die jare geleer

het en wat nie ooreengestem het met die Woord van God nie.

Ek moes ook van my eie menslike sieninge laat vaar het.

Vandag nog, moet ek steeds waak om nie toe te gee aan

uitlatings wat nie deur God se Woord bevestig kan word nie.

My begeerte is om God se Woord van waarheid en krag suiwer

in te neem, want as ek glo soos die Skrif leer, sal lewende

waters weer uit my binneste vloei, wat mense sal bemoedig en

versterk!

Page 27: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[27]

Jesaja 58:11 - “En die Here sal jou gedurigdeur lei en jou

siel versadig in dor plekke en jou gebeente sterk maak en jy sal

wees soos ‘n tuin wat goed besproei is en soos ‘n fontein van

waters waarvan die water nooit teleurstel nie”. Waters wat

troebel is stel teleur, ons moet God se Woord suiwer hou.

Net die Heilige Gees van God kan jou in die hele volle

waarheid van die Woord inlei en ook openbaar wat in die

toekoms sal gebeur. Johannes sê ook: “Maar wanneer Hy

gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele

waarheid lei, want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar

alles wat Hy hoor, sal Hy spreek.....

Hy sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het...en die

toekomstige dinge aan julle verkondig”.

Jy is dus nie bestem om vir altyd ‘n geestelike baba te bly

wat nie kan onderskei tussen reg en verkeerd nie, jy moet ook

leer om vaste spyse van die Woord in te neem en die Woord wat

jy hoor, te beoordeel.

Page 28: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[28]

HOOFSTUK 2

Hoe belangrik is die wederkoms van Jesus

Christus? Kom ons kyk eers na die belofte van Jesus se eerste

koms na hierdie aarde toe.

In Genesis sê die Here na die sondeval vir Satan: “Ek sal

vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en

haar saad...Hy, Jesus Christus die Seun van God, sal jou kop

vermorsel…” Die doel van Jesus se eerste verskyning was dus

hoofsaaklik om die werke van die Satan te verbreek.

Die HERE gee dan self aan die mense ‘n teken van die

eerste koms van die Messias wat na hierdie aarde toe sou kom.

Jesaja 9:6 - “Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar

en julle moet Hom Immánuel noem. Want ‘n Kind is vir ons

gebore, ‘n Seun is aan ons gegee en die heerskappy is op sy

skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke

God, Ewige Vader en Vredevors.”

In Lukas 2 staan die volgende verhale opgeteken: “Daar

was ‘n sekere man in Jerusalem woonagtig met die naam van

Símeon en hierdie man het ‘n regverdige en vroom lewe voor

die Here gelei en hy het die vertroosting van Israel verwag, en

die Heilige Gees was op hom”. Daar was dus ‘n verwagting en

‘n verlange in sy hart om die Messias te sien wanneer Hy sou

kom. Hy het die profetiese woord oor die koms van die Messias

geglo en hy was dus in afwagting daarvoor.

Dit was aan hom deur die Heilige Gees geopenbaar dat hy

die dood nie sou sien voordat hy nie die Christus gesien het nie

en deur die Gees gelei was hy in die tempel , “Toe die ouers die

kindjie Jesus inbring om met Hom te handel volgens die

gebruik van die wet, toe het hy Hom in sy arms geneem en God

Page 29: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[29]

geloof en gesê: Nou laat U, Here, u dienskneg gaan in vrede

volgens u woord, omdat my oë u heil gesien het, wat U berei het

voor die oë van al die volke - ‘n lig tot verligting van die nasies

en tot heerlikheid van u volk Israel”.

Daar was ook ‘n profetes, wie se naam Anna was. Sy was

op ver gevorderde ouderdom en het van haar maagdom af sewe

jaar lank saam met haar man gelewe en sy was ‘n weduwee van

omtrent vier en tagtig jaar oud. Sy het ook nie weggebly van die

tempel af nie en met vas en gebed het sy God gedien, dag en

nag. Sy het in dieselfde uur as Símeon by die tempel aangekom

en daar die Here geprys en geloof. Sy het van die Messias

gepraat en dit met diegene in Jerusalem wat die verlossing

verwag het, gedeel.

Hier is die verhaal van twee mense wat die eerste koms

van die Messias verwag het: Símeon wat ‘n vroom en regverdige

lewe gely het terwyl hy die vertroosting van Israel verwag het.

Hy wou so graag die Messias sien voordat hy sterwe. Wanneer

hy hom dan in sy arms neem, sê hy: “Nou laat U Here, u

dienskneg in vrede gaan, omdat my oë U heil gesien het”. Daar

was Anna, ‘n profetes wat al vier en tagtig jaar oud was en

getrou die Here gedien het met vas en gebed. Sy prys die Here

en vertel dan vir almal van die verlossing van Israel! Die

Messias wat sy ook verwag het, het uiteindelik gekom!

Ons sien dan hier dat hierdie mense ‘n groot verwagting

gehad het vir die eerste koms van die Messias. Al die profesieë

van Jesus se eerste koms na hierdie wêreld toe, het presies soos

wat dit opgeskryf was deur die profete van ouds, in vervulling

gekom. Net so sal dit ook wees met Sy tweede en finale koms.

Maar die vraag bly: Hoeveel Christene sal die geloof behou en ‘n

verwagting bly koester vir Jesus se verskyning, selfs al word

hulle geloof getoets deur spotters?

Kom ons kyk wat sê Petrus hieroor: “Dit moet julle veral

weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat

Page 30: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[30]

volgens hulle eie begeerlikhede wandel en sê: Waar is die

belofte van sy wederkoms?” Wanneer die groot verdrukking

waarvan Jesus in Matthéüs 24 praat begin en Jesus dan nog nie

Sy verskyning gemaak het nie, sal baie mense begin vra - “Waar

is die belofte van Sy wederkoms?” Want baie Christene verwag

dan dat Jesus hulle sal verlos deur die “geheime wegraping”

voor die groot verdrukking en party Christene sal nie net hulle

verwagting verloor nie, maar ook hulle geloof in die wederkoms

van Jesus Christus.

Aangesien die “geheime wegraping” met die wederkoms

van Jesus Christus geassosieer word, is dit dan ook Satan se

doel daarmee om soveel voorspelde “wegrapings” as moontlik

te laat faal. Sodoende kry hy dit reg om mense af te stomp

sodat hulle later sal begin dink dat die verwagte wederkoms van

Jesus Christus dadelik na die groot verdrukking, dalk nie eers

meer gaan plaasvind nie.

Hy weet self dat hy min tyd oor het en die koms van Jesus

naby is, want ons leef in die laaste dae. Hy ken immers die

Bybelse profesieë oor die wederkoms van Jesus Christus baie

goed. As hy dus nie die mense se aandag van die naderende

koms van Jesus kan aflei nie, sal hy probeer om die mense af te

stomp deur valse gerugte en valse datums vir die sogenaamde

wegraping te versprei. Sodoende sal die mensdom hulle later

nie meer daaraan steur wanneer iemand praat oor die

wederkoms van Jesus Christus nie.

In Lukas 18 vertel Jesus ‘n gelykenis met die oog daarop

dat ‘n mens gedurig moet bid en nie moedeloos moet word nie.

“Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen…maar as die

Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde

vind? Maar die regverdige sal uit die geloof lewe en as hy hom

onttrek, het my siel geen welbehae in hom nie. Maar by ons is

daar geen onttrekking tot verderf nie, maar geloof tot behoud

van die lewe.”

Page 31: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[31]

Nadat Jesus Sy bediening op aarde voltooi het, het Hy sy

lewe vir ons afgelê en aan die kruis gesterwe. Daarna het Hy

opgestaan uit die graf en is Hy opgeneem in die hemel terwyl sy

dissipels dit gesien het en ‘n wolk het Hom voor hulle oë

weggeneem. “En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy

weggaan, staan daar twee manne in wit klere, engele, by hulle

wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die

hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel,

sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het”.

Daarop draai hulle om na Jerusalem van die berg af wat

genoem word die Olyfberg.

Volgens hierdie woord wat deur engele aan die dissipels

meegedeel is, word dit baie duidelik gestel dat Jesus gaan

terugkom net soos Hy van die Olyfberg af opgevaar het,

duidelik sigbaar vir almal om Hom te sien. Nie in die geheim

net vir ‘n sekere groep mense nie. Kom ons kyk waar dit in die

Woord dit bevestig word.

Johannes sien die volgende in Openbaring 1:7 - “Kyk, Hy

kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien…” Paulus sê die

volgende: “Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met

hulle in wolke weggevoer word, die Here tegemoet in die lug en

so sal ons altyd by die Here wees.” Die Here kom vir die hele

wêreld, party gaan in heerlikheid wees met Sy koms en ander

gaan weer uitskree: “Berge val op ons, heuwels bedek ons!”

Sagaría 14:4 - “En in dié dag sal sy voete staan op die

Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant en die

Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes, tot ‘n baie

groot dal en die een helfte van die berg sal wegwyk na die

noorde en die ander helfte na die suide.” Hierdie gebeure vind

plaas met die wederkoms en tydens die slag van Armagéddon.

Prys sy Naam! Net soos Hy opgevaar het, net so sal Hy

weer terugkom na die aarde toe. Wag u ook soos ‘n Símeon en

‘n Anna op Sy wederkoms? Dis so ‘n wonderlike vooruitsig vir

Page 32: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[32]

ons as kinders van God. Ek bid dat die Here ons ook genade sal

gee terwyl ons wag, om ‘n vroom en regverdige lewe in Jesus

Christus te lei, deur vas en gebed. Terwyl ons glo dat ons die

dood nie sal sien nie, net soos Símeon, is dit ook my begeerte

om verander te word in ‘n oomblik, om in ‘n oogwink by Sy

wederkoms met die laaste basuin wat gaan blaas, met Hom

verenig te word. Paulus se opdrag is: “Laat ons mekaar dan

vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader

kom.”

Jesus bemoedig die eindtyd-kerk voor Sy koms met die

volgende woorde: “Hou maar net vas wat julle het, totdat Ek

kom.” Jesus gaan weer terugkom na hierdie aarde toe en ons

moet net vashou totdat Hy kom soos Hy belowe het in Sy

Woord. Hy is nie ‘n mens dat Hy sou lieg nie, maar elke belofte

in die Woord is Ja en Amen. “Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy

het, sodat niemand jou kroon kan neem nie”. Ons is gekroon

met gesag en autoriteit in Jesus en ons moenie vrees nie, want

kyk Jesus gee aan ons die mag om op slange en skerpioene te

trap, en oor al die krag van die vyand en niks, maar niks sal

ons ooit skade doen nie.

Jesus is ook ‘n beloner van die wat Hom soek en Sy loon is

by Hom, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees. “Salig is

julle wanneer die mense julle beledig en vervolg…omdat julle

loon groot is in die hemele, want so het hulle die profete

vervolg wat voor julle gewees het”. Julle weet ook dat elkeen vir

die goeie wat hy doen, loon van die Here sal ontvang.

Ons moet ook geduldig wees en ons harte versterk, want

die wederkoms van die Here is naby. Geduld is een van die

vrugte van die Gees wat ons sal moet dra as ons deel van die

wederkoms wil wees. ‘n Sterk hart, onwankelbare geloof en

uithouvermoë gaan ons help om deur die groot verdrukking te

kom. Daar gaan wel mense wees wat aan hulle harte gaan

beswyk van vrees en verwagting oor die dinge wat oor die

Page 33: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[33]

wêreld gaan kom. Mense beswyk alreeds aan hulle harte omdat

hulle vrees vir die dinge wat in hierdie wêreld aangaan.

Navorsing het getoon dat dit die grootste oorsaak van

hartaanvalle is en die Bybel het dit lankal voorspel.

Ons moet in Hom bly, sodat ons vrymoedigheid kan hê

wanneer Hy verskyn en nie beskaamd van Hom af weggaan by

sy wederkoms nie. Bly dus in die Woord van die Here en jou

kan sal vol olie wees as Hy kom en jy sal nie beskaamd van

Hom af weggaan nie. Jy het genoeg olie gedurende die

middernag-uur nodig om jou lamp brandend te hou. Die tyd is

verby dat ons lewe net rokende lampitte is en net genoeg olie in

het om te oorleef van Sondag tot Sondag. Omgord jou heupe

met die waarheid van God se Woord en jou lamp sal aan die

brand bly deur die middernag-uur wat oppad is.

“Want nog ‘n klein tydjie, en Hy wat kom, sal kom en nie

versuim nie”. Die Here gaan kom en Hy gaan nie versuim om

te kom nie. God se Woord is Ja en Amen en so seker as wat Hy

die eerste keer gekom het, as die Lam wat die sondes van

hierdie wêreld weggeneem het en die bande van die vyand

verbreek het, so seker gaan Hy weer kom as die Oorwinnaar

oor die dood en hel. “Johannes het die hemel geopend gesien

en daar was ‘n wit perd en Hy wat daarop sit, word genoem

Getrou en Waaragtig en Hy oordeel en voer oorlog in

geregtigheid en sy oë was soos ‘n vuurvlam en op sy hoof was

baie krone”. Dis ons Koning Jesus Christus wat WAS, wat IS en

wat gaan KOM!

Is jy gereed met genoeg olie om jou lamp brandend te

hou? Die Émmaüs-gangers verklaar nadat Jesus met hulle

gepraat het: “Was ons harte nie brandende in ons toe Hy met

ons op die pad gepraat en vir ons die Skrifte uitgelê het nie?”

Page 34: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[34]

HOOFSTUK 3

Hoe beskryf Jesus Sy wederkoms en wie se

weergawe gaan jy glo? Jesus het in vele hoedanighede na hierdie aarde gekom, een

daarvan was profeties vir die mensdom. Dink aan Johannes die

Doper wat vir Jesus die weg voorberei het vir Sy bediening.

Jesus was ‘n Profeet, wat die hart van Sy Vader aan die

mensdom kom openbaar het. Moses profeteer dit as volg: “Die

Here julle God sal vir julle 'n Profeet verwek uit julle broeders

net soos ek is, na Hom moet julle luister volgens alles wat Hy

met julle sal spreek.” Wat Hy dus van die Vader ontvang het,

het Hy net so oorgedra aan almal wat na Hom wou luister. As

ons dan die waarheid oor Sy wederkoms wil hoor, sal dit seer

sekerlik uit Sy mond moet wees!

In Matthéüs 24 spreek Jesus profeties met Sy dissipels oor

die teken van Sy wederkoms en die voleinding van die wêreld -

m.a.w. Sy wederkoms en die voleinding van hierdie wêreld,

word in een asem genoem. As daar dan sprake van ‘n “geheime

wegraping” voor Sy wederkoms is, m.a.w. Hy kom twee keer

terug na hierdie aarde toe (eerstens in die geheim en dan

openlik), sou Hy dit dan nie in Sy profetiese rede duidelik gestel

het nie?

Kom ons kyk na Jesus se profetiese rede:

In Matthéüs 24:3-31 en Lukas 21:6-33: “En toe Hy op die

Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê:

Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees en wat is die teken

van U koms en van die voleinding van die wêreld?”

Ek is so bly dat Jesus se dissipels vir Hom hierdie vrae

gevra het sodat ons op wie dit betrekking het, sal weet waarvoor

Page 35: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[35]

ons gereed moet wees. Onthou net soos wat Johannes, Petrus,

Markus en al die ander dissipels Jesus se navolgers was, net so

is ek en u vandag Sy navolgers en wat hulle begin het saam met

Jesus, sal ons saam met Jesus moet voltooi! Hulle was deel van

Sy eerste koms, ons sal dalk deel hê aan sy wederkoms as ons in

hierdie lewe gespaar bly. Maar of ons inwoon of uitwoon by

die Here, ons sal almal deel hê aan hierdie wonderlike

gebeurtenis, waarna elke Christen behoort uit te sien.

Jesus antwoord en sê vir hulle: “Pas op dat niemand julle

mislei nie. Julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas

op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar

dit is nog nie die einde nie”. As iemand vir jou sê pas op, dan

weet jy dis ‘n waarskuwing wat jy nie ligtelik moet opneem nie.

Eerstens moet ons nie toelaat dat enige iemand ons mislei

nie, Jesus het ons teen valse menslike leerstellings gewaarsku -

wees dus versigtig dat niemand jou op ‘n dwaalspoor bring nie,

veral nie oor die wederkoms van Jesus Christus nie, ons kan nie

‘n leuen bekostig nie!

Aan die einde van die slag van Armagéddon sal God ‘n

Engel stuur wat die Satan gaan bind, sodat hy nie langer die

nasies sal mislei en verlei nie. Dit is baie duidelik dat Satan

deesdae baie nasies verlei, ons is in ‘n geweldige konflik

betrokke waar net die waarheid ons kan vrywaar van die leuen.

Maak nie saak wie die persoon is nie, ons moet in die waarheid

van die Skrifte bly soos dit deur die Heilige Gees van God

ingegee is.

Tweedens moet alles eers plaasvind wat Jesus geprofeteer

het in hierdie hoofstuk, voordat Sy wederkoms kan plaasvind.

Sy koms kan dus nie net sommer in die geheim plaasvind nie,

want hierdie stelling maak ruimte vir misleiding van valse

datums en voorspellings vir die sogenaamde “geheime

wegraping”.

Page 36: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[36]

“Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een

koninkryk teen die ander en daar sal hongersnode wees en

pessiektes en groot aardbewings op verskillende plekke...en

daar sal verskriklike dinge en groot tekens van die hemel kom.

Maar al hierdie dinge is ‘n begin van die smarte”. Almal wat

vertroud is met hierdie hoofstuk sal saamstem dat ons nou in

die tyd van die smarte lewe en dat dit net ‘n kwessie van tyd is

voordat die groot verdrukking sal begin.

As ek party dae so na al die verwikkelinge in die wêreld om

my kyk, voel dit of ons op die drumpel van hierdie gebeurtenis

is, want die tekens waarvan Jesus hier praat is al almal duidelik

sigbaar en vererger net by die dag.

Lukas 21:31 - “So moet julle ook weet dat die koninkryk

van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur”.

Watse koninkryk is naby wanneer hierdie dinge waarvan ons

die tekens moet onderskei, sien gebeur? Hoe weet ons watter

van hierdie dinge nog moet gebeur en of dit nie al vervul is, soos

sekere leerstellinge beweer nie? Met Jesus se eerste koms word

‘n koninkryk van God tot stand gebring wat nie met menslike oë

fisies gesien kan word nie. Julle sal nie sê: “Kyk hier of Kyk daar

nie!” want die koninkryk van God is binne-in julle.

Met Sy eerste koms vestig Jesus ‘n koninkryk op aarde wat

nie met hande gemaak is nie. Die Here woon nie in geboue met

hande gemaak nie, maar Hy woon in ons as sy kinders se harte.

Maar wanneer Hy weer kom, sal Hy die Koning van al die

koninkryke van die wêreld word, wanneer Hy die Antichris

verdelg en tot niet maak en die koninkryke van die wêreld by

die duiwel terugvat. Wat die eerste Adam verloor het met die

sondeval, neem die tweede Adam terug met Sy opstanding uit

die dode, eers die geestelike en dan die natuurlike koninkryk.

Toe bring die duiwel Hom op ‘n hoë berg en wys Hom al die

koninkryke van die wêreld in ‘n oomblik se tyd. En die duiwel

sê vir Hom: “Ek sal U al hierdie mag gee en hulle heerlikheid,

Page 37: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[37]

want dit is aan my oorgegee en ek gee dit aan wie ek wil. As U

my dan aanbid, sal alles aan U behoort”. Hy wou toe al die

koninkryke van die wêreld aan Jesus teruggee, maar teen ‘n

prys wat Jesus nie bereid was om te betaal nie!

Ons Meester het geweet daar sal ‘n dag aanbreek,

wanneer hierdie aarde Sy eiendom sou word, op die wyse wat

Sy Vader vooruit bepaal het, op die bestemde tyd en nie

op Satan se terme nie. So moet ons dan weet dat wanneer

oorloë, pessiektes, aardbewings ens. aan die orde van die

dag is, m.a.w. ‘n leefwyse geword het, dan eers is die fisiese

koninkryk van God naby.

Wat die Israeliete al verwag het met Jesus se eerste koms,

sal eers plaasvind met Sy tweede koms. Jesus leer ons om te

bid: “Here laat U Koninkryk kom, laat U wil geskied, soos in

die hemel net so ook op hierdie aarde...” Wanneer Jesus

terugkom, dan eers sal ons hemel op aarde belewe. Dis waarlik

iets om na uit te sien!

“Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle

doodmaak en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille

van my Naam”. Hoe gaan ons weet dat die groot verdrukking

in volle swang is? Ons, God se uitverkorenes, alle wedergebore

Christene, Jood, Griek, Suid-Afrikaner ens. sal wereldwyd

vervolg word vir ons geloof. Let op, die nasies sal ons haat en

doodmaak. Die nasies is die liggaam van die Antichris wat vir

hom sal werk, soos wat ons die liggaam van Christus is en die

nasies sal deur die Antichris gebruik word om teen Christene op

te staan en ons te vervolg. Deur die eeue heen word Christene

vervolg en doodgemaak, maar ek glo dat dit tydens die groot

verdrukking gaan toeneem en dat die hele wêreld as geheel teen

die Christendom gaan draai.

Lukas 21 - Asof die vervolging deur die nasies nie genoeg

gaan wees nie, sal ons ook uitgelewer word deur ons eie ouers,

broers, susters, bloedverwante en vriende, “…dan sal baie tot

Page 38: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[38]

struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat en

baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei...want daar

sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot

tekens en wonders doen om as dit moontlik was, ook die

uitverkorenes te mislei.”

Slaan tog ag op hierdie baie ernstige waarskuwing - Wie

gaan struikel, mekaar verraai en mekaar haat? Dit maak my

hart so seer om te dink dat families, vriende en Christene wat

mekaar nou liefhet, mekaar sal haat en verraai tydens die groot

verdrukking, juis in hierdie tydperk van groot nood en

benoudheid. Wanneer dit uiters noodsaaklik gaan wees om

bymekaar te staan, maar dis hier waar die skeidslyn getrek

gaan word.

Deel van die misleiding gaan wees dat jy die merk maar

kan ontvang, want dit sal niks aan jou redding doen nie, m.a.w.

al vat jy die merk van die dier, sal jy nog steeds kind van God

bly. Dit sal ‘n leuen wees, almal wat die merk vat, sal vir ewig

verlore wees!

Wat sal die teken van die merk van die “dier” wees? Dit

gaan wees, wanneer hulle of ‘n merk, 'n naam of 'n nommer

van een of ander formaat op jou voorhoof of op jou hand sal wil

sit. Wanneer dit gebeur, vlug geliefde kind van God, vlug!

Niemand gaan naby my voorhoof of hand kom om sy merk daar

te laat nie. Alle ware Christene is klaar gemerk deur die Heilige

Gees wat aan hulle gegee is as onderpand. Later meer hieroor.

Dis dan die groot afval wat in die kerk gaan gebeur

waarvan Paulus praat, later sal ek meer breedvoerig hieroor

ook praat. Onkunde oor wat die Skrif ons leer oor die eindtyd

gaan bydra tot hierdie wegval van die geloof in Jesus Christus.

Laat ek u toets, hoeveel verstaan u van die boek Openbaring?

Wat weet u van die wederkoms van Jesus Christus af?

Page 39: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[39]

Omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde

van die meeste verkoel. Soos ek reeds genoem het, sal daar 'n

aantal Christene afvallig raak en verlore gaan, omdat die

ongeregtigheid en die sonde vermeerder het. Baie sal nie kans

sien om deur die groot verdrukking te gaan sonder om te kan

koop en verkoop nie en hulle sal die merk ontvang. “Maar deur

julle volharding moet julle jul lewe in besit kry”.

Let dan op Vers 13: “Maar wie volhard tot die einde toe,

hy sal gered word”. Diegene wat uithou tot aan die einde van

die groot verdrukking, word gered as Jesus weer kom.

Vers 14 is net so belangrik: “En hierdie evangelie van die

koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n

getuienis vir al die nasies en dan sal die einde kom”. Die

Evangelie wat aan die hele wêreld verkondig moet word, kan

nie dui op ‘n tydperk ná die wegraping nie, maar dui op

dieselfde evangelie-tyd waarin ons nou lewe voor die Here

Jesus se wederkoms. Dit is dringend noodsaaklik dat soveel as

moontlik mense die Evangelie moet hoor, want God se wil is

dat alle mense gered moet word.

Ons sien alreeds hoe die ongeregtigheid in ons tyd

vermeerder, dit gaan van erg tot erger en net die wederkoms

van Jesus Christus gaan hierdie toestand van ongeregtigheid en

boosheid in hierdie wêreld tot ‘n einde bring. Saam met die

ongeregtigheid sal die liefde van die meeste verkoel. Verkoel

beteken ook om lou te wees en dis nie hoe ons die Here moet

liefhê nie.

Die Here waarsku ons wat sal gebeur as ons lou is: “Maar

nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my

mond spuug.” Jesus se ook: “Ek het dit teen jou dat jy jou

eerste liefde verlaat het. Onthou dan waarvandaan jy uitgeval

het en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou

na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou

Page 40: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[40]

nie bekeer nie”. As ‘n kandelaar verwyder word, beteken dit

dat sy lig nie meer sal skyn nie.

So spreek die HERE: “Ek onthou die geneentheid van

jou jeug, die liefde van jou bruidstyd, toe jy agter My aan geloop

het in die woestyn, in ‘n onbesaaide land”. Ons liefde vir die

Here mag nooit afneem in hierdie woestynland waarin ons

tydelik woon nie, veral nie in hierdie laaste dae nie. Ons moet

net aanhou om agter die Here aan te loop en ons sal behoue

bly, maak nie saak wat in die toekoms vir ons voorlê nie.

Die Here is ons goeie Herder en ons sal nie ‘n ander volg

nie, omdat ons Sy stem ken, sal ons Hom alleen volg. Paulus

bid ook dat ons liefde nog meer en meer oorvloedig mag word

in kennis en alle ervaring teenoor die Here en in ons liefdes-

wandel teenoor ons mede-broers en susters.

Jesus verwys ook na die boek Daniël:

“Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting waarvan

gespreek is deur die profeet Daniël sien staan in die heiligdom,

laat hy wat lees oplet, dan moet die wat in Judéa is, na die

berge vlug, wie op die dak is moet nie afkom om iets uit sy huis

weg te neem nie en wie op die land is, moet nie omdraai om sy

klere weg te neem nie”. Ons moet nie huiwer om te vlug

wanneer die tyd kom nie. Hierdie vlug sal letterlik wees, vir

die Jood en vir die Christen in elke land regoor die wêreld,

wanneer die nasies aggresief die Christene en die Jodedom sal

vervolg.

Daar word gesê dat hierdie groot verdrukking al gebeur

het, toe die Tempel 70 jaar na Christus verwoes was, maar let

tog op na wat Jesus in die volgende vers sê: “Want dan sal daar

groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld

af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie. En as

daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie,

Page 41: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[41]

maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort

word”.

Jesus self verklaar dat daar nog nooit so ‘n verdrukking

was nie en daar sal ook nooit weer so ‘n verdrukking wees nie,

want hierdie verdrukking sal net beëindig kan word deur die

wederkoms Jesus Christus. As Jesus nie tussenbeide tree nie,

sal geen vlees gered word nie.

Nou, as hierdie verdrukking dan alreeds plaasgevind het,

waar is Jesus dan? Sy wederkoms en heerskappy van ‘n

duisend jaar sal nie ongesiens verby kan gaan nie, die hele

wêreld sal daarby betrek word, want elke oog sal Hom sien

kom! Vers 26 sê dan: “As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die

woestyn, moenie uitgaan nie. Kyk, Hy is in die binnekamer,

moet dit nie glo nie”. Dit dui daarop dat Christus se koms juis

nie in die geheim sal gebeur nie!

Let op dat die uitverkorenes van God dan nog steeds op

hierdie aarde is. Die groot verdrukking word juis verkort ter

wille van die uitverkorenes. Wat maak die uitverkorenes

dan nog hier op aarde, in die groot verdrukking en waarom is

hulle nie weggeraap soos beweer word nie? Christus praat nie

hier van die Jode nie, die Jode het hom dan verwerp en

gekruisig, hulle het Hom nie erken as die Messias nie, eers met

Sy wederkoms sal hulle Hom as volk aanneem, maar later meer

hieroor.

Die uitverkorenes is almal wat hom aangeneem het as

Verlosser, wanneer jy Jesus aangeneem het is jy deel van

Sy uitverkorene volk - 1Pet.2:9 “Maar julle is ‘n uitverkore

geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as

eiendom verkry.....”

“Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die

weste skyn, duidelik sigbaar vir almal, so sal ook die koms van

die Seun van die mens wees. Want oral waar die dooie liggaam

lê, daar sal die aasvoëls saamkom”. - Slag van Armagéddon.

Page 42: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[42]

“En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die

son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die

sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal

geskud word”.

Handelinge 2 “Die son sal verander in duisternis en die

maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die

Here kom. En dan sal die teken van die Seun van die mens in

die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou

bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van

die hemel met groot krag en heerlikheid Jesus sal sy engele

uitstuur met’n harde trompetgeluid en hulle sal Sy

uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een

einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.”

Jesus self gee baie duidelik vir ons ‘n aanduiding van

die tyd wanneer Sy wederkoms gaan plaasvind: Dadelik na

die verdrukking van daardie dae, dis waarom dit nie enige tyd

kan gebeur soos voorspel word nie. In die volgende gedeelte

uit dieselfde hoofstuk wat handel oor dieselfde wederkoms,

word dit duidelik gestel dat ons net die dag en die uur nie sal

weet nie.

Mat 24:36 “Maar van dié dag en dié uur weet niemand

nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader

alleen...waak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Here

kom nie.” Die eerste gedeelte “dadelik na die verdrukking”

word weggelaat maar “van die dag en die uur weet niemand

nie” word in hierdie leestelling verdraai na enige oomblik toe!

Onder watter omstandighede vind die wederkoms wat

die wegraping insluit plaas?

1Thess. 4:16 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met

‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van

Page 43: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[43]

die basuin van God en die wat in Christus gesterf het, sal eerste

opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle

in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug en so sal

ons altyd by die Here wees.

1. Die Here daal neer op hierdie aarde.

2. Met die geklank van die (laaste, sewende) basuin van God

– 1 Kor.15:52.

3. Uitverkorenes word in die wolke weggevoer.

Sluit die wederkoms van Matt.24 ook die wegraping in

volgens bogenoemde skrifvers?

1. Die teken van die Seun van die mens verskyn in die hemel.

2. Met ’n harde trompetgeluid – sewende basuin wat blaas net

na die verdrukking.

3. Engele sal Sy uitverkorenes versamel uit die (1)vier

windstreke van die aarde en (2)van die een einde van die

hemele af tot die ander einde daarvan.

Sien u self uit die woord van God dat Jesus en Paulus se

weergawe van die wederkoms presies ooreenstem en dat dit nie

‘n geheime koms voor die verdrukking ook insluit nie!

Met Jesus se eerste koms na hierdie aarde toe, het God ‘n

ster gegee as ‘n teken van Sy Seun se koms - Toe Jesus te

Betlehem in Judéa gebore is, het daar wyse manne uit die

Ooste in Jerusalem aangekom en gesê: “Waar is die Koning

van die Jode, wat gebore is? Want ons het Sy ster in die Ooste

gesien en gekom om Hom hulde te bewys”. Net ‘n paar wyse

manne het die teken van Sy koms herken.

Hoeveel wyse maagde sal die tekens van Sy wederkoms

herken? Maar Jesus antwoord en sê vir hulle: “In die aand sê

julle: Mooi weer, want die lug is rooi”. En in die môre:

“Stormweer vandag, want die lug is donkerrooi...julle weet wel

om die voorkoms van die lug te onderskei, en kan julle nie die

tekens van die tye onderskei nie?”

Page 44: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[44]

Jesus stel dit ook duidelik dat net die uitverkorenes

versamel word met Sy wederkoms. Maak asb. self ‘n studie van

wie die uitverkorenes is deur ander skifte te ondersoek waar dit

in die Woord voorkom soos bv. Rom 11:7 “Wat dan? Wat

Israel soek, dit het hy nie verkry nie; maar die uitverkorenes

het dit verkry en die ander is verhard.”

Kyk oor na die volgende vers - Rom 8:33 “Wie sal

beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is

dit wat regverdig maak.”

Ek volstaan met die volgende versie - Kol 3:11 ‘...waar

daar nie Griek en Jood, besnedene en onbesnedene, barbaar,

Skith, slaaf, vryman is nie, maar Christus is alles en in almal.

Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en

geliefdes,”.....geliefde kinders van God moet asb. dat niemand

julle verder mislei nie, ons almal soos bogenoem is die

uitverkorenes wat ingesamel sal word oor die hele aarde met

Jesus se wederkoms.

Let wel: Die uitverkorenes word deur die engele van God

versamel of bymekaar gemaak. Die teorie dat die “geheime

wegraping” chaos gaan veroorsaak in die wêreld sal ook nie

gebeur nie. 1 Korinthiërs 14:33 - God is nie ‘n God van

wanorde nie, maar van vrede.

Glo u regtig dat God sal toelaat dat die wêreld verder in

chaos gedompel word, deur mense wat net sal verdwyn in die

niet, motors wat teenmekaar bots, treine wat ontspoor en

vliegtuie wat neerstort? Dink weer ‘n slag! Dis nie hoe God te

werk sal gaan nie, Sy Woord is baie duidelik hieroor. En waar

in die Bybel staan dit dat daar chaos op aarde met ‘n “geheime

wegraping” sal wees?

Die Woord is baie duidelik hieroor - Die engele van God

sal ons versamel en bymekaar maak, dan sal ons in ‘n oogwink

verander word, om dan die Here te ontmoet in die lug. Net

Page 45: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[45]

soos dit ook gebeur het in die dae van Lot - Hulle het geëet en

gedrink, gekoop en verkoop, hulle het geplant en gebou. Maar

op die dag toe Lot van Sodom uitgaan, gehelp deur die engele,

het vuur en swawel uit die hemel gereën en almal vernietig.

Net so sal dit wees in die dag wanneer die Seun van die mens

geopenbaar word met die slag van Armegéddon.

Lukas 21:28 - “En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan

na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is”.

Toe vertel Hy hulle ‘n gelykenis: “Let op die vyeboom en al die

bome. Net soos hulle bot, weet julle vanself, as julle dit sien,

dat die somer al naby is. So moet julle ook weet dat die

koninkryk van God naby is…voor die deur...wanneer julle

hierdie dinge sien gebeur. Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie

geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat alles gebeur het nie.

Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal

nooit verbygaan nie.”

Die Vyeboom Gelykenis:

Daar word geleer dat die vyeboom wat bot, Israel is, wat ná

byna 2 000 jaar van ballingskap, onder meedoënlose

vervolging, weer as ‘n nasie herstel is op 14 Mei 1948. Daarna is

toe beweer dat binne 'n geslag vanaf die stigting van die

moderne staat van Israel, die koms van Jesus Christus sou

plaasvind.

Hierdie profesie wat dus geskep was om te beweer dat

Christus se koms 40 jaar na die stigting van die moderne staat

van Israel sou plaasvind, moes dus om en by in 1988 al

plaasgevind het. Dit is vir ons almal duidelik dat hierdie

siening verkeerd was, veral omdat ons al meer as 20 jaar na die

40jaar voorspelling van 1988 leef. In hierdie geval is

aangeneem dat die gemiddelde geslag 40 jaar is.

Page 46: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[46]

Na hierdie mislukte voorspelling van 1988, was daar weer

‘n ander voorspelling gemaak. Toe Jerusalem weer onder

Israeliese beheer gekom het in 1967, het die vyeboom weer

gebot. Dit beteken dus dat die 40-jaar-generasie voorspelling

van die "geheime wegraping" sou plaasvind in 2007. Ons

weet almal dat dit ook nie gebeur het nie.

Wanneer is ‘n profetiese voorspelling vals? As dit nie

plaasgevind het nie, nie waar nie? Tyd bepaal dus of die

profesie waar of vals is. Ek verbaas my dat mense nog nie

geleer het deur die valse voorspellings van die verlede nie. Dit

is dus nie wys om sulke voorspellings te waag nie.

Die basiese probleem met hierdie siening is dat die

gelykenis wat Jesus Christus vertel van die vyeboom, verdraai

word en in 'n profetiese rede verander word. Christus illustreer

bloot deur hierdie gelykenis dat wanneer 'n mens sien dat 'n

vyeboom bot, dit nie net alleenlik die vyeboom is wat Israel

voorstel nie, maar dat die somer ook naby is.

“So moet julle ook weet dat die koninkryk van God naby

is…voor die deur…wanneer julle hierdie dinge sien gebeur”. In

die regte konteks gestel, val die klem nie op Israel as 'n simbool

vir ‘n profetiese rede nie, maar dat wanneer ons al hierdie

bogenoemde dinge in Matthéüs 24 sien gebeur, ons dan

moet weet dat ons verlossing naby is en dat Jesus se

wederkoms voor die deur is.

Opsomming van hierdie Gelykenis:

Wat is die uitleg van die gelykenis van die vyeboom?

Eerstens is 'n gelykenis 'n vergelyking wat getref word om die

bekende met die onbekende te verduidelik. In hierdie geval is

die uitleg: Wanneer 'n boom 'n sekere stadium bereik en dit

begin bot, moet ons dan weet dat die somer naby is. Die bot

van die boom voor die somer, sal verwys na die gebeure voor en

Page 47: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[47]

tydens die groot verdrukking, soos deur Jesus Christus

verduidelik.

Wanneer 'n mens dan hierdie gebeure sien gebeur, moet

‘n mens dan weet dat Christus se koms naby is, reg voor die

deur en ons verlossing daarmee saam. Hoe sal ons dan weet

dat Jesus Christus se koms naby is? Ons sal weet omdat hierdie

geslag wat die bome sien bot, sekerlik nie verby sal gaan

voordat al hierdie dinge waarvan Jesus praat, gebeur het nie.

Volgens Psalms.90 is die dae van ons jare, sewentig jaar,

of as ons baie sterk is, tagtig jaar. Dis dan ongeveer die tyd

waarin Jesus se woorde vervul sal word, hulle sal nie net

onvervuld verbygaan nie. God is nie ‘n mens dat Hy sou lieg

nie! Weet verseker dat wat Hy sê, sekerlik vervul sal word. Sy

profetiese woorde staan vas, dit sal nie leeg terukeer na Hom

toe nie.

Page 48: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[48]

HOOFSTUK 4

Moet ons as Christene ook gereed wees vir

die koms van die Antichris? Christene wat in die “geheime wegraping” glo, ondervind ‘n

valse gerustheid oor die komende groot verdrukking, want hulle

sal mos nie daardeur hoef te gaan nie. Hulle mag dalk net

onkant betrap word wanneer die openbaring van die “seun van

die verderf” plaasvind, asook die gepaardgaande merk van die

“dier”, waarsonder hulle nie sal kan koop of verkoop nie. Ek

kan myself net die skok en verwarring voorstel.

Hierdie Christene gaan te laat tot die besef kom, dat Jesus

nie Sy opwagting gemaak het op die tyd wat hulle Hom verwag

het nie. Lukas 17:22 - Jesus sê vir sy dissipels: “Daar sal dae

kom wanneer julle sal begeer om een van die dae van die Seun

van die mens te sien, en julle sal dit nie sien nie”. Tydens die

groot verdrukking sal Sy kinders uitroep: “Kom Here Jesus

kom!”

Jesus waarsku ons as Sy kinders om nie oorval te word

deur hierdie gebeurtenisse soos barensweë ‘n barensvrou oorval

nie. Net soos dit dan noodsaaklik is om gereed te wees om

Jesus te ontmoet met sy wederkoms, so is dit dan ook

noodsaaklik om gereed te wees vir die koms van die “dier” met

sy valse profeet, wat as dit moontlik is, ook die uitverkorenes

sal mislei. Hoe sal die uitverkorens mislei kan word? ‘n Gebrek

aan die nodige kennis.

Kom ons kyk na die eienskappe van die Antichris

waaraan ons hom sal kan herken:

1. Hy ontken dat Jesus Christus in die vlees gekom het.

Page 49: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[49]

Hy wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie,

hy is die verleier en die Antichris. Wie is die leuenaar wat

ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die

Vader en die Seun verloën het.

2. Hy verhoog homself bo enige ander afgod en gee voor dat

hy self God is.

Die teëstander wat homself verhef bo al wat god is of enige

voorwerpe van aanbidding, sal in die tempel van God gaan sit

en voorgee dat hy God self is.

3. Hy word deur alle goddelose mense op aarde aanbid.

En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se

name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van

die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie.

4. ‘n Mond is aan hom gegee om God te laster.

En ‘n mond is aan hom gegee en hy het sy mond oopgemaak om

te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in

die hemel woon, te laster en aan hom is mag gegee om dit twee

en veertig maande lank te doen - drie en ‘n halwe jaar.

5. Hy verlei en mislei al die nasies van die wêreld.

En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem

word Duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, met

allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore

gaan.

Hy probeer ook om as dit moontlik is, die uitverkorenes te

mislei, maar deur die Gees van God sal ons hom kan onderskei.

6. Hy sal allerhande kragtige dade, groot tekens en wonders

van leuens doen.

Hy wie se koms sal wees volgens die werking van die Satan, met

allerhande kragtige dade en groot tekens en wonders van die

leuen, sodat hy selfs vuur uit die hemel sal laat neerdaal op die

aarde, voor die oë van die mense.

Page 50: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[50]

7. Hy herstel van ‘n dodelike wond.

En ek het een van sy koppe gesien wat gelyk het asof dit dodelik

gewond was, en sy dodelike wond het genees. En die hele

wêreld het verwonderd agter die dier aangegaan. Hulle het die

wonderwerke gevolg sonder om dit te toets aan die Woord van

God!

8. Hy sal doen net soos hy wil en niemand sal voor hom kan

standhou nie.

En die koning sal doen net wat hy wil en niemand sal voor hom

kan standhou nie. Hy sal homself verhef en vergroot bo enige

ander afgod en hy sal voorspoedig wees, totdat die grimmigheid

tot op ‘n einde kom.

9. Hy sal die wêreld se ekonomie deur ‘n merk beheer.

Hy sal sorg dat aan almal, klein en groot, die rykes, die armes,

die vrymense en die slawe, ‘n merk gegee word op hulle hand of

op hulle voorhoofde. Sodoende sal niemand kan koop of

verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier

of die getal van sy naam aanvaar het.

10. Hy sal slaag daarin om met sy vleitaal baie mense afvallig

te maak.

Die wat goddeloos handel teen die verbond, sal hy met vleiery

afvallig maak en hy het ‘n mond wat groot dinge spreek, maar

die volk wat hulle God ken, sal vashou en optree. “With flattery

he will corrupt those who abandon the promise”.

11. Hy sal oorlog voer teen die heiliges.

Hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en hy sal die

heiliges van die Allerhoogste mishandel. Dit is ook aan hom

gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en

aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie.

12. Wie sal teen hom kan oorlog voer? Hy sal magtiges

vernietig.

En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het en die

dier aanbid en gesê: “Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen

Page 51: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[51]

hom oorlog voer? En sy krag sal sterk word, hy sal

buitengewoon baie kwaad aanrig en dit voorspoedig uitvoer en

hy sal magtiges vernietig en ook die volk van die heiliges. En op

grond van sy slimheid sal hy met geluk bedrog pleeg, en hy sal

groot dinge onderneem in sy hart en baie mense onverwags

vernietig.

In hierdie tyd sal ons moet vasstaan in die Woord van God

soos nog nooit vantevore nie. Ons sal die gawe van

onderskeiding deur die Heilige Gees moet beoefen om die

werke van die vyand te kan onderskei, sodat ons nie deur die

Satan bedrieg sal word nie. Ons is met sy planne nie onbekend

nie, om sodoende nie mislei te word deur die geeste waardeur

die Satan gaan werk nie.

Voorbereiding vir die weg van die Antichris.

1 Johannes 2:18 - “Kinders, dit is die laaste uur en soos julle

gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie

antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is”.

Johannes maak ‘n baie interessante stelling - Hulle het gehoor

die Antichris kom, maar in hulle tyd, was daar alreeds baie

antichriste. Hy praat dus van die Antichris wat sal heers in die

laaste uur en dat al die antichriste wat al gekom en gegaan het,

soos byvoorbeeld Adolf Hitler, wat Duitsland oorheers en die

Jode vervolg en doodgemaak het, net die voorlopers sal wees

van die laaste Antichris, wat ook die “dier” genoem sal word.

Om die wêreld voor te berei vir die vernietiging van die

Christendom en die aanvaarding van die Antichris.

Tekens en wonders sal deur valse christusse en profete die

weg voorberei, om as dit moontlik is, ook Christene te

mislei.

As mense sleg begin goed noem en goed begin sleg noem,

wanneer duisternis lig gemaak word en die lig duisternis

gemaak word - Dit is alreeds besig om mense gewoond te

Page 52: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[52]

maak aan ‘n leefstyl wat subtiel oor tyd deur die Antichris

toegepas sal word.

Die enigste wet wat sal geld is om te doen net wat jy wil,

m.a.w “everything goes”.

Gelykenis van die tien maagde:

Die Antichris-regering wat oor die hele aarde gaan regeer, sal

gedurende die middernag-uur op sy ergste wees en dis dan

wanneer daar ‘n geroep sal wees: “Daar kom die Bruidegom!”

Matthéüs 25 - “Dan sal die koninkryk van die hemele wees

soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om

die bruidegom te ontmoet”. Ons weet natuurlik dat die tien

maagde ons as Christene voorstel.

Hoe moet ons die Bruidegom inwag? Ons heupe moet

omgord wees en ons lampe moet aan die brand wees. Ons

moet waak en altyddeur bid en gelukkig is daardie diensknegte

vir wie die Heer wakker sal vind as hy kom. Ons moet wees

soos mense wat op hulle Heer wag, sodat ons dadelik vir hom

kan oopmaak as hy kom en aanklop.

God se Woord wat Gees is en lewe bring deur die

openbarings-kennis van die Heilige Gees, is die olie in ons

lampe. Die Woord is ‘n lig op ons pad en ‘n lamp vir ons voete.

Vyf van die maagde was egter verstandig maar die ander vyf

was dwaas. Die Here sê dat Sy volk ten gronde gaan weens 'n

gebrek aan kennis, maar ook omdat hulle die kennis verwerp

het.

Wanneer jy nie die nodige kennis uit die Woord het om jou

toe te rus vir sekere omstandighede nie, is jy soos die vyf

dwase maagde. “En toe die wat dwaas was, hul lampe neem,

het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie. Maar die

verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe

geneem”.

Page 53: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[53]

Wat was die verskil tussen die dwase en verstandige

maagde? Kennis - geopenbaar deur die Heilige Gees uit die

Woord van God. Johannes 6:63 - “Dit is die Gees wat lewend

maak, die vlees is van geen nut nie, die woorde wat Ek tot julle

spreek, is Gees en is lewe.

En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle

almal vaak geword en aan die slaap geraak en om middernag

was daar ‘n geroep”. Middernag is die donkerste tyd van die

nag. Middernag-duisternis beteken dus dat die verdrukking op

sy ergste gaan wees en dan eers kom die bruidegom. “En

dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal hulle die Seun

van die mens sien kom in ‘n wolk, met groot krag en

heerlikheid!”

Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe

gereed. Hulle moes nog olie in hulle lampe gooi sodat hulle vir

nog ‘n tyd lank kon lig hê, want as hulle dadelik kon ingaan, was

dit mos nie nodig vir nog ekstra olie nie? Hulle moes voor die

tyd voorsorg tref, sodat hulle genoeg olie in hulle kanne kon

hê vir die middernag-uur. En toe hulle die geroep hoor en

besef dat die Bruidegom oppad was, het die wyse maagde met

die ekstra olie wat in hulle kanne was, hulle lampe volgemaak.

Die vyf maagde wat nie die ekstra olie gehad het nie, het

geglo dat hulle nie deur die middernag-duisternis sou hoef te

gaan nie, want Jesus sal hulle kom “wegraap” voor die

duisternis nog sou begin. Hulle het gereken dat die olie in

hulle lampe genoeg sou wees tot dan. Hoekom sou hulle die

moeite doen om nog bykomende olie saam met hulle te dra?

Maar Jesus noem hulle dwaas.

Die ander vyf maagde was voorbereid vir die duisternis,

want hulle het voor die tyd geweet dat hulle deur hierdie

duisternis sou moes gaan. Daarom het hulle die moeite gedoen

om die bekomende olie te koop en om dit saam met hulle te

dra. Jesus noem hulle verstandig.

Page 54: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[54]

Die dwase maagde vra toe vir die verstandige maagde om

vir hulle ook van hulle olie te gee: “Gee vir ons van julle olie,

want ons lampe gaan uit”. Maar die verstandiges antwoord

hulle en sê: “Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir

julle nie...” m.a.w. hulle weet nie hoe lank hulle lampe nog

brandend sou moes bly nie. “Maar gaan liewer na die verkopers

en koop vir julleself”. Hierdie verstandige maagde moes voor

die tyd olie by die regte verkopers gekoop het, want waar het

hulle die olie vir hulle kanne vandaan gekry om deur die

duisternis te gaan?

Olie word normaalweg verkry by ‘n oliebron in die grond

en dan word daar baie moeite gedoen om dit te ontgin. Lande

wat dan nie genoeg olie het nie, koop en berg hierdie olie vir

latere gebruik. Hulle vind dus baat by die olie wat deur ander

lande ontgin word. Daar is dan wel Christene wat die tyd

uitkoop en by die voete van Jesus die olie deur die Gees van

waarheid verkry, wat hulle dan verstandig maak. Jesus alleen

kan ons in die hele volle waarheid van God se Woord inlei vir

die uur waarin ons lewe.

Hierdie suiwer olie word nou beskikbaar gestel aan

Christene wat nie self tyd maak om by die Bron, Jesus Christus

hulle olie te verkry nie. Die olie-handelaars, wat dus die leraars

is, wat die Woord in waarheid leer deur die Heilige Gees, dis

dan hulle wat help om die wyse maagde se kanne vol te maak

en vol te hou.

En onderwyl die dwase maagde gaan om olie te koop, was

daar nie meer genoeg tyd om die Heilige Gees-olie te bekom

nie, want hulle moes die tyd daarvoor voor die tyd uitkoop het

en onderwyl hulle weg was, het die Bruidegom gekom en die

deur is gesluit.

Later kom die dwase maagde ook by die bruilof aan en sê:

“Meneer, meneer, maak vir ons oop!” Maar Hy antwoord en

sê: “Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie”. Hoekom ken die

Page 55: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[55]

Bruidegom hulle dan nou eweskielik nie, hulle is dan nog

steeds maagde? Watter olie was beskikbaar gestel in hierdie

middernag-uur? Waarmee het hulle, hulle lampe gevul? Die

Bruidegom wou hulle dan nie meer ken of inlaat nie?

Hierdie dwase maagde was ongelukkig ook nie nog ‘n

geleentheid gegin om op ‘n later stadium die bruilof by te woon

nie. Die deur was gesluit en laatkommers was nie meer

toegelaat nie, die Bruidegom het hulle dan ook nie meer geken

nie. Volgens die “geheime wegraping” word hulle wel ‘n tweede

kans gegin deur “met hulle eie bloed te betaal” vir hulle

verlossing gedurende die groot verdrukking van sewe jaar.

Maar as die bruilof dan reeds aan die gang is in die hemel

volgens die “geheime wegraping”, wanneer gaan daar ‘n tweede

bruilof vir die vyf dwase maagde gehou word of wanneer gaan

hulle ‘n tweede kans gegun word om dit wel by te woon?

Nêrens in die Bybel is daar eers sprake van die viering van ‘n

tweede bruilof nie.

Ons moet nou tyd maak om self olie vir ons kanne by die

Here te verkry, of ons moet by die regte “verkopers” gaan koop

– leraars wat deur die Heilige Gees, die Woord kennis van

waarheid, oor die wederkoms verkondig. L.W. Nie menslike

leerstellinge wat mense laat dwaal nie, want menslike

leerstellinge kan nie jou kan vol olie maak nie!

Wat kan jou ondergang tydens die groot verdrukking

beteken? My volk gaan ten gronde weens ‘n gebrek aan

kennis! Watse kennis? Woord-kennis, geopenbaar deur die

Heilige Gees van God. Ons lampe moet dus brandend wees met

die kennis van waarheid uit God se Woord. God sal in hierdie

tyd waarin ons lewe, nie ‘n rokende lamppit uitblus of ‘n

geknapkte riet verbreek nie! Maar jou lamp sal genoeg olie

moet hê om brandend te kan bly en jy sal nog ekstra olie in jou

kan moet kry, om deur die groot verdrukking te kan gaan,

Page 56: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[56]

Wat die middernag-duisternis is, sodat jy uiteindelik voor die

Seun van God sal kan staan.

In die dae voordat die sondvloed gekom het, het die

mense geëet en gedrink en getrou. In die geloof het Noag, deur

'n goddelike waarskuwing aangaande wat nog nie gesien was

nie en met eerbiedige vrees, die ark gereed gemaak tot redding

van sy huisgesin. Noag se waarskuwings het op dowe ore geval

en niemand het hom ernstig opgeneem nie, almal het dus kans

gehad om ook fisies voor te berei vir die vloed wat oppad was.

Ons lewe in dieselfde tyd waar daar ernstige waarskuwings

uitgaan om voor te berei vir die swaar en moelike tye wat

voorlê, maar dit val ook meestal op dowe ore. Ek onthou dat

'n prediker ons bykans 30jaar terug al gewaarsku het om nie

meer skuld aan te gaan nie. Ons moet loskom van hierdie

wêreld se sisteme voor die groot verdrukking, sodat ons

nie verantwoordelik gehou kan word vir die skuld wat ons

gemaak het nie.

Ons sal onsself dus moet voorberei vir die koms van die

Antichris, want ons almal sal op die proef gestel word. Nou

is die tyd om onsself in die Here te versterk deur in allerdaagse

omstandighede net op die Here te vertrou. Die geringe

verdrukkinge en toetse wat ons elke dag beleef by die huis,

by die werk en waar ons ook al gaan, berei ons nou al voor vir

die groot verdrukkinge en vervolginge wat sal kom in die dae

wat voorlê.

Dit is waarom dit uiters noodsaaklik is dat ons nou getrou

moet bly aan die Here. Hy sê self vir ons dat wanneer ons saam

met die voetgangers loop en hulle ons moeg maak, ons

sal moet begin wonder of ons sal kan meeding met die

perderuiters. Die pas raak net al vinniger, ons sal onsself in die

Here moet oefen om te kan by bly.

Page 57: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[57]

Daar is ‘n spreekwoord in die weermag wat sê: “The more

you sweat in peace, the less you bleed in war”. Hoe meer ons,

onsself dus voorberei in tye wanneer dit goed gaan, hoe meer

paraad en voorbereid sal ons wees om deur verdrukkinge te kan

gaan en dit te oorwin.

Jesus waarsku ons deur Sy Woord: “Julle sal gehaat wees

deur almal ter wille van my Naam, maar geen haar van julle

hoof sal verlore gaan nie, maar deur julle volharding moet julle

jul lewe in besit kry”. Ons moet volhard tot die einde toe deur

Jesus Christus wat ons die krag gee en nadat ons alles volbring

het, met die volle wapenrusting aan, dan nog staande te kan bly.

Ons is dus tot alles in staat deur Jesus Christus wat ons

elke dag die krag gee om alle verdrukkinge, vervolging en

versoekinge te kan weerstaan. Loof Sy Heilige Naam! As Hy

dan vir ons is, wie kan teen ons wees? Psalm 56:9 - “Dan sal

my vyande agteruitwyk op die dag as ek roep, dit weet ek dat

God aan my kant is”.

Page 58: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[58]

HOOFSTUK 5

Wie gaan gedurende die groot verdrukking

verdruk word en waarom? Verdrukking op aarde verwys na die vervolging van gelowiges,

die Jood, sowel as die Griek, m.a.w. alle heidene wat gered en

gewas is in die bloed van Jesus. Want ons geveg is nie teen

vlees en bloed nie...ons weet dus dat die geveg tydens die groot

verdrukking gaan oor die heerskappy van hierdie wêreld.

Israel as ‘n volk, is nog altyd vir hulle land vervolg en nie

noodwendig omdat van hulle die Messias aangeneem het nie.

Die Jode wat wel tot bekering kom, sal saam met die ware

kinders van God verdruk word en hulle sal ook nie die merk

van die dier aanneem nie.

Waaroor die groot verdrukking dan uiteindelik sal gaan?

Dit gaan oor die “dier”, Satan wat aanbid wil word asof hy

God is. Paulus stel dit duidelik: “Die teëstander, die seun van

die verderf, wat homself verhef bo al wat God genoem word of

'n voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God

sal sit en voorgee dat hy God is”.

As die “geheime wegraping” dan waar is en al die ware

kinders van God is nie meer op die aarde nie, wie gaan dan

oorbly om verdruk te word? Lou Christene wat die “geheime

wegraping” nie gemaak het nie? Of dalk die vyf dwase maagde

wat die Here weggestuur het nadat Hy vir hulle gesê het “Ek

ken julle nie?” Of dalk hulle wat nie die moed en geloof gaan hê

om nee te kan sê vir die merk van die dier nie? Maak dit

enigsins sin, kind van God? NEE!

Want eers moet die afval voor die wederkoms kom,

volgens 2 Thessalonicense 2:3. Die wêreld kan mos nie

afvallig raak nie? Dis Christene wat van die Here afvallig gaan

raak en Hom gaan verraai. Die wêreld gaan die “dier” en sy

Page 59: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[59]

beeld aanbid en sy merk gaan op hulle voorhoof of hand wees,

verseker is dit nie hulle wat verdruk gaan word nie!

Wat my die meeste bekommer oor die “geheime

wegraping” is die gesindheid van party Christene, wat hulleself

verhef bo enige verdrukkinge en dan neerkyk op die

sogenaamde agtergeblewendes, wat dan met hulle eie bloed sal

moet betaal vir hulle redding deur die groot verdrukking

(martelare) . Hoe op aarde kan ‘n mens deur sy eie bloed gered

word? Wat ‘n leuen uit die hart van Satan!

Verdrukking was nog altyd deel van die Kerk: Toe Jesus

die vyfde seël oopgemaak het, sien Johannes onder die altaar

die siele van die wat gedood is ter wille van die Woord van God

en die getuienis wat hulle gehad het. Die martelare het met ‘n

groot stem uitgeroep en gesê: “Hoe lank, o heilige en

waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die

bewoners van die aarde nie?” Aan elkeen van hulle is wit klere

gegee en aan hulle is gesê dat hulle nog ‘n klein tydjie moes rus

totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog

gedood sou moes word soos hulle, voltallig sou wees.

Medediensknegte van Jesus wat medebroers-en-susters

van die liggaam van Christus is, word gedurende die groot

verdrukking ingewag deur martelare wat deur die eeue heen

hulle geloof in God behou het. Baie Christene is deur die eeue

heen al gemartel en vermoor vir hulle geloof in die Here Jesus

Christus.

In die geval van die eerste Kerk in Rome, was daar twee

miljoen heiliges wat begrawe was onder die grond in die

grafkelders waar hulle gevange gehou was. Baie van hulle was

vervolg, gemartel en vermoor. Talle van hulle is vir die leeus

gegooi. Geskiedenis beweer dat die Romeine die Christene

blameer het vir al die rampe en ellende wat hulle getref het en

hulle daarvoor gehaat het.

Page 60: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[60]

Hulle het geglo dat die Christene die oorsaak was vir die vloeke

wat op hulle gerus het en daarom wou hulle al die Christene

vernietig. En dit is net die storie van Rome.

Kom ons kyk wat sê Paulus oor verdrukking: Paulus het

die siele van die dissipels versterk en hulle vermaan om in die

geloof te bly deur te sê: “Ons moet deur baie verdrukkinge in

die koninkryk van God ingaan. Want uit groot verdrukking en

benoudheid van hart het ek aan julle geskrywe…Geliefdes,

verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle

wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom

nie...Sodat niemand verontrus mag word onder hierdie

verdrukkinge nie, want julle weet self dat ons hiervoor bestem

is…”

Hierdeur het Paulus, Christus se volgelinge versterk en

bemoedig om die geloofspad enduit te bewandel. Dit is altyd ‘n

voorreg om vir onse Here Jesus Christus te ly, wat deur Sy

lyding vir ons ‘n voorbeeld was. Jesus is onregverdig

gearresteer, onwettig verhoor en verkeerdelik veroordeel. Onse

Here Jesus is gespot, beledig, geslaan en uiteindelik gekruisig

vir ons sondes, Hy het die sondebok geword. Christus het self

vir ons gely en ons die voorbeeld nagelaat om in Sy voetspore te

volg.

Baie mag enige onderrig oor lyding as negatief ervaar,

maar dit is beslis nie negatief om oor die werklikhede van

lyding en vervolging ter wille van ons geloof te praat nie. Om te

erken dat lyding onvermydelik is, is dus geensins negatief nie,

maar eerder ‘n realiteit waarmee Christene sal moet saamleef.

Ja, die Here bewaar ons nie altyd van lyding nie, maar

onse Here het nog nooit iets van ons verwag wat Hy nie alreeds

self deurgegaan het nie. Hy lei ons deur Sy Gees volgens die

voorbeeld wat Hy alreeds vir ons gestel het.

Page 61: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[61]

Lyding is maar net tydelik, maar die beloning wat ons

eendag gaan ontvang, is ewig.

Ons behoort kennis te neem van die voorbeeld van die Apostels,

wat i.p.v. gerief en veiligheid, gekies het om vir Hom te ly

deurdat hulle gehoorsaam was aan Sy Groot Opdrag.

Jakobus is die enigste Apostel wie se dood in die Bybel

aangeteken is volgens Handelinge 12:2. Die manier waarop die

ander Apostels tot sterwe gekom het, is volgens oorlewering

soos volg:

Matthéüs: Hy was ’n belastinggaarder wat ’n evangelis geword

het. Hy was ’n martelaar in Etiopië en is uiteindelik met die

swaard gedood.

Lukas: Hy was ’n Griekssprekende mediese dokter en is in

Griekeland gehang juis omdat hy so dikwels vir die verlorenes

gepreek het.

Petrus: Hy is onderstebo gekruisig. Volgens tradisie het hy dit

só versoek aangesien hy homself onwaardig beskou het om op

dieselfde manier as sy Meester te sterf.

Markus: Hy was die stigter van die kerk in Alexandrië in

Egipte. Hy het toe ook daar gesterf nadat hy met perde deur die

strate gesleep is.

Johannes: Hy is in olie gekook, maar het wonderbaarlik aan

die dood ontkom. Hy het in vrede gesterf op die eiland Patmos,

waar hy die boek Openbaring geskryf het.

Jakobus die Regverdige (Broer van Jesus): Hy het geweier om

sy geloof te ontken, is by die Tempelmuur afgegooi, het oorleef

en is met ’n knuppel doodgeslaan.

Paulus: Paulus het gedurende sy leeftyd gevangenisskap,

afranselings en skipbreuk deurgemaak. Hy is gemartel en toe

deur Keiser Nero van Rome in 67 n.C. onthoof.

Andreas: Hy is in Griekeland gekruisig. Nadat hy gegesel is, is

sy liggaam aan ’n kruis vasgemaak. Hy het vir sy martelaars bly

preek totdat hy na twee dae gesterf het.

Page 62: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[62]

Jakobus die Grote: Hy was bekend as Seun van die Donder. Hy

het Spanje evangeliseer en is die Beskermheilige van Spanje.

Hy is deur Herodus Agrippa onthoof.

Bartolomeus: Hy het ook as Nataniël bekend gestaan en was ’n

sendeling in Asië, waar Turkye vandag is. Hy is in Armenië

gemartel en tot die dood toe gegesel.

Thomas: Hy is ook bekend as die Ongelowige Thomas. Hy is

met ’n spies op een van sy sendingreise na Indië doodgesteek.

Hy het daar ’n kerk gevestig.

Mattias: Hy is in die plek van Judas Iskariot gekies. Hy het

onder die kannibale gewerk en die verslae oor sy dood wissel

van steniging en kruisiging tot onthoofding.

Eerstens moet ons weereens verstaan dat ons bestem is vir

die groot verdrukking, maar nie vir die toorn van God nie.

Want die toorn van God is afgewend toe Jesus vir ons sondes

aan die kruis gesterf het. Dit is egter die toorn van die Satan

op hierdie wêreld en veral op God se kinders waardeur ons

verdrukking gaan ervaar.

“Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon,

wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het

na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min

tyd het”. Die sondaar sal dus God se toorn ervaar, maar die

kind van God sal onder die Satan se toorn deurloop, want hy is

die groot vervolger van die Kerk deur al die eeue heen en sy

woede is groot omdat hy weet sy tyd raak min!

Jy mag dalk vra: “Sal God toelaat dat sy Kerk deur die

verdrukking gaan?” God het nog altyd toegelaat dat Sy Kerk

vervolg word deur die vuurgloed van vervolging en

verdrukkinge, omdat die vuur van beproewinge en

verdrukkinge ons geloof suiwer soos goud.

Page 63: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[63]

Vervolging maak net die ware volgelinge van Christus sterker.

Onthou, of jy nou deur die vuur gaan en of jy nou deur die

waters gaan, die Here jou God is met jou al die dae van jou

lewe.

As jy die geskiedenis van die Christelike kerk bestudeer,

sal jy sien dat die kerk voortdurend vervolg en verdruk was.

Miljoene mans en vroue was gemartel en vermoor vir hulle

geloof in Jesus Christus. Die bloed van die martelare was

kosbare saad, wat in die kerk gesaai was en groot oeste van

geredde siele deur die jare vir die kerk opgelewer het. In sekere

lande van die wêreld word Christene vandag nog vervolg en

doodgemaak vir hulle geloof.

Die rede waarom die leer van 'n “voor-verdrukking-

wegraping” so gewild is in van die kerke vandag, veral die wat

nie rêrig verdrukking beleef nie, is omdat hulle opsoek is na 'n

maklike uitweg. Hulle is op soek na 'n eenvoudige vorm van

Christendom, ‘n vorm waar jy kan eis om 'n Christen te wees,

met geen negatiewe nagevolge nie, wat nog verdrukking

deurstaan.

Sekere kerke wil regeer saam met Christus, maar hulle

wil nie ter wille van sy Naam ly nie. Paulus sê: “As jy nie

bereid is om vir Christus te ly nie, (lyding kan verskillende

vorms aanneem) sal jy nie saam met Christus kan regeer nie!

Al die martelare wat uit die groot verdrukking kom, sal saam

met Jesus Christus regeer ‘n duisend jaar lank - Openbaring

20:4. Wanneer die tyd kom, sal ons deur baie verdrukkinge in

die koninkryk van God moet ingaan.

Selfs Johannes noem homself ‘n broeder en deelgenoot in

die verdrukking en in die koninkryk van Jesus Christus. Hy

was verdruk op die eiland wat Patmos genoem word ter wille

van die Woord van God en as ‘n getuie van Jesus Christus.

Johannes verwys hier na homself, as 'n mede-deelgenoot in die

verdrukking wat in Jesus Christus is.

Page 64: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[64]

Elke kind van God moet hulleself voorberei, sodat hulle

deur hierdie groot verdrukking sal kan gaan as die tyd daarvoor

kom. Solank as wat ons in hierdie wêreld is, sal ons een of

ander vorm van lyding vir Jesus deurgaan. Johannes het nie

hierdie openbaring gekry terwyl hy in gemak gelewe het nie.

Hy het dit ontvang terwyl hy self verdrukking op Patmos ervaar

het. Om ‘n getuie van Jesus Christus te kon wees, moes hyself

eers deur verdrukking gaan. Eers toe was hy in staat om te kan

skryf oor wat die heiliges sal moet deurmaak, gedurende die

groot verdrukking van die Antichris in die laaste dae.

God is die Vader van ontferming en die God van alle

vertroosting wat ons troos in al ons verdrukkinge, sodat ons

die wat ook in allerhande verdrukkinge is, kan troos deur die

vertroosting waarmee onsself deur God vertroos word. Want

soos die lyde van Christus oorvloedig is in ons, so is ons troos

ook oorvloedig in Christus.

God help ons dus deur beproewinge en verdrukkinge sodat

ons ander weer kan help wat dieselfde verdrukkinge ervaar. Hy

troos ons ook met die belofte dat Hy altyd en in alle

omstandighede saam met ons sal wees!

Jesus self sê: “Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en

julle doodmaak en julle sal deur al die nasies gehaat word ter

wille van my Naam. Want dan sal daar groot verdrukking

wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie

gewees het en ook nooit sal wees nie. En as daardie dae nie

verkort was nie, sou geen vlees gered word nie, maar ter wille

van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word.”

Nog nooit in die geskiedenis van hierdie wêreld was daar

al so ‘n groot verdrukking nie, want as God nie ingryp deur die

wederkoms van Sy Seun nie, sal geen vlees gered word nie,

maar sal alle lewe op hierdie planeet uitgewis word. Hierdie

groot verdrukking moet dus nog plaasvind!

Page 65: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[65]

Wie is die uitverkorenes wat vervolg gaan word

gedurende die groot verdrukking?

Die “geheime wegraping” leer dat dit die volk Israel gaan wees,

maar kom ons kyk wat sê die Bybel:

1 Petrus 2:9 - “Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n

koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom

verkry”. Voor Christus na hierdie wêreld gekom het, was net

Israel God se uitverkore volk op aarde. Maar omdat hulle Jesus

as die Messias verwerp het, was hulle afgesny en die heidene

wat Jesus as Verlosser aanvaar het, word toe ingeënt op die

mak Olyfboom. Die Jode wat Jesus wel vandag aanvaar as

hulle Verlosser, is ook soos die Christene, deel van die liggaam

van Jesus Christus.

Efesiërs 2:12 - “...dat julle in dié tyd sonder Christus

was…sonder hoop en sonder God in die wêreld. Maar nou in

Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur

die bloed van Christus. Want Hy is ons vrede, Hy wat albei

een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek

het...sodat Hy, deur vrede te maak, die twee, Jood en Griek, al

die heidene, in Homself tot een nuwe mens kon skep en albei

in een liggaam met God kon versoen, deur die kruis”. Ons is

dus nou saam onder een Hoof, Jesus Christus, ‘n uitverkore

geslag, ‘n heilige volk...God se eiendom.

Daniël tref ook onderskeid tussen die volk van God, Israel

en die heiliges van die Allerhoogste. Hulle is almal

wedergebore Christene, wat gereinig en geheilig is deur die

bloed van die Lam. Daniël het die mishandeling van die

heiliges gesien. “Ek het gesien dat hierdie horing oorlog voer

met die heiliges en hulle oorwin, en hy sal woorde spreek teen

die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste

mishandel...en hulle sal in sy hand oorgegee word gedurende ‘n

tyd en tye en die helfte van ‘n tyd” - Drie en ‘n half jaar. Dis

hoe lank die groot verdrukking min of meer gaan wees,

Page 66: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[66]

miskien korter, want die Here gaan die dae korter maak sodat

ons as Sy kinders, hierdie tydperk sal kan oorleef.

Johannes sien dieselfde in Openbaring: “...dit is ook aan

hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te

oorwin...en die draak het gestaan voor die vrou (Joodse volk)

wat op die punt was om te baar, sodat hy haar kind (Jesus

Christus) sou verslind sodra sy gebaar het. En sy het ‘n

manlike kind gebaar, wat al die nasies met ‘n ystersepter sou

regeer en haar kind is weggeruk na God en sy troon.

En die draak was vertoornd op die vrou (Joodse volk) en

hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander

nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis

van Jesus Christus hou...” Let wel: Die draak is vertoornd op

die vrou, wat dan die Joodse volk voorstel en haar ander

nakomelinge, wat die gebooie van God bewaar en die

getuienis van Jesus Christus hou. Christene het hom oorwin

deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle

getuienis en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad

nie.

“Tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad het nie?” Dit

klink nie vir my soos ‘n klomp lou Christene wat halfhartig die

Here gedien het en dan agtergelaat word deur die Here met die

“geheime wegraping”, sodat hulle vir hulleself sal moet baklei

nie. Want hulle word mos verlaat deur die Heilige Gees,

wanneer die Geesvervulde kerk wat die ”verderf teëwerk”, uit

die weg geruim word en sal dan met die “geheime wegraping”

die aarde agterlaat, terwyl die Woord sê dat God ons nooit sal

verlaat nie. Die waarheid is, dat die Heilige Gees deur God na

hierdie aarde toe gestuur is en Hy sal met ons wees tot aan die

einde van hierdie wêreld soos ons dit tans ken. Dis ‘n belofte

wat deur Jesus self gemaak is – Matthéüs 28:20.

Page 67: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[67]

Jy moet die Here waaragtig liefhê - gees, siel en liggaam

voordat jy jou lewe en jou liggaam sonder twyfel vir Hom sal

kan aflê, net soos Hy dit vir jou aan die kruis gedoen het.

Johannes sien ook onder die altaar die siele van die wat gedood

is ter wille van die Woord van God en die getuienis wat hulle

gelewer het. Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en

hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed

van die Lam, let wel, nie deur hulle eie bloed nie.

“Alle dinge werk ten goede mee vir die wat God liefhet”,

ook vir die wat deur die groot verdrukking sal moet gaan. Baie

sal dus gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar die

goddelose sal goddeloos handel. “Wie onreg doen, laat hom

nog meer onreg doen en wie vuil is, laat hom nog vuiler word en

laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog

heiliger word. Dan sal julle weer die onderskeid sien tussen die

regverdige en die goddelose, tussen die wat God dien en die

wat Hom nie dien nie”.

In die eindtyd sal daar ‘n duidelike onderskeid kom tussen

heilig en onheilig, tussen die regverdige en die onregverdige.

Daar gaan nie meer langer ‘n grys area wees waar mense gaan

wonder oor jou Christenskap nie, almal sal sien en weet wie die

Here dien en wie Hom nie dien nie.

Nog ‘n rede waarom Christene deur die groot verdrukking

sal moet gaan, is sodat hulle onberispelik en opreg sal kan wees,

sodat die kinders van God sonder gebrek te midde van ‘n krom

en verdraaide geslag sal kan skyn soos ligte in hierdie

wêreld. Ons sal aan die Woord van die lewe moet vashou. Net

soos Christus ook die gemeente moes liefhê en net soos wat Hy

Homself ook moes oorgee om die gemeente voor Hom te kon

stel, sonder vlek of rimpel of iets dergliks, net so moet die

gelowiges ook heilig en sonder gebrek wees by Sy wederkoms.

Page 68: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[68]

Die Here se skop is in Sy hand en Hy sal sy dorsvloer deur

en deur skoonmaak en Sy koring in die skuur saambring, maar

die kaf sal Hy met onuitbluslike vuur verbrand. “Kyk, Ek het

jou gelouter, maar nie soos silwer nie, Ek het jou beproef in die

smeltkroes van ellende”.

Die koring moet skoongemaak en van die kaf geskei

word. In die tyd van verdrukking sal Christene alles as drek

beskou om Christus as wins te verkry. Die vuur van vervolging

gedurende die verdrukking sal alle kaf uit ons lewe uitbrand en

ons sodoende suiwer.

Kom ons kyk wat het met Daniël se drie vriende gebeur

wat geboeid in 'n vuuroond gegooi is, omdat hulle nie die beeld

wou aanbid wat koning Nebukadnésar gemaak het nie. Die

vuuroond is sewe maal warmer gemaak as wat dit eintlik nodig

was. Die oond was so warm dat die manne wat hulle in die

vuuroond gegooi het, dadelik doodgebrand het.

Terwyl die koning in die vuuroond kyk, skrik hy baie groot

want hy sien nou vier manne, los binne-in die oond wandel.

Hulle het geboeid in die vuuroond geval, maar die vuur het

hulle boeie afgebrand. Netso sal die vuur van vervolging, wat

sewe maal warmer kan wees in die groot verdrukking, ons

losbrand van dinge wat ons bind en gevange hou in hierdie

wêreld.

Ons verwag dus volgens Sy belofte 'n nuwe hemel en ‘n

nuwe aarde waarin geregtigheid sal woon. Daarom terwyl ons

hierdie dinge verwag, beywer ons onsself daarvoor om

vlekkeloos en onberispelik voor Hom te kan staan. Die wat rein

van hart is sal God sien! Christene wat deur die groot

verdrukking sal moet gaan, sal dus gelouter en gesuiwer word,

hulle sal geskei word van al hulle kaf sodat hulle voor Christus

sal kan staan, sonder vlek en sonder rimpel. Want as daar

verdukking op aarde is, sal die mense geregtigheid leer.

Page 69: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[69]

Die groot verdrukking sal beslis nie gaan oor mense wat

Christus halfhartig gedien het en dan ‘n tweede kans op

redding gaan kry nie. Ons het reeds gesien hoe die vyf dwase

maagde, nie ‘n tweede kans gaan kry om die bruilof by te woon

nie. Die Bruidegom het dan vir hulle gesê: “Voorwaar ek sê vir

julle, Ek ken julle nie!” ‘n Bruidegom laat nie mense inkom by

die bruilof as Hy hulle nie ken nie, nie waar nie?

Page 70: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[70]

HOOFSTUK 6

Wat is die verskil tussen verdrukking en die

toorn van God? Christene wat in die “geheime wegraping” glo, vind dit

partykeer moeilik om te onderskei tussen die verdrukking van

die heiliges en die toorn van God oor die goddelose. Hulle is

geneig om teen die term “toorn van God” vas te kyk en dan

sodoende die rede vir die groot verdrukking heeltemal mis te

verstaan.

Daar is 'n paar algemene verskille in sienswyse rondom die

“wegraping” en hoekom die “wegraping” dan gaan geskied.

Kom ons kyk na een van die stellings: “Maar God het ons nie

bestem vir toorn nie!” Hierdie is een van die groot redes

waarom Christene in die “geheime wegraping” glo.

Nog 'n weergawe van die beswaar gaan soos volg: “Ek kan

nie glo dat Jesus eers Sy Bruid gaan aanrand deur die

uitstorting van Sy toorn en haar dan gaan kom haal nie!” Altwee

hierdie sieninge sinspeel dan daarop dat die toorn van God en

die groot verdukking in dieselfde lig gesien kan word?

God se toorn word wel uitgestort gedurende die groot

verdrukking en veral met die slag van Armaggédon –

Openbaring 6:15 ...die konings van die aarde en die grotes en

die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die

slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke

en in die rotse van die berge en vir die berge en die rotse gesê:

Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die

troon sit, en vir die toorn van die Lam; want die groot dag van

sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?

Daarna sal Sy toorn op die goddelose ewigdurend wees,

met die hel van verdoemenis. “Ons moenie vrees vir die mense

wat die liggaam kan doodmaak, maar die siel nie kan

Page 71: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[71]

doodmaak nie, maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die

liggaam in die hel kan verderwe.

Want God het ons nie bestem tot toorn (die hel) nie, maar

om die saligheid (hemel) te verkry deur onse Here Jesus

Christus, wat vir ons gesterf het, sodat ons saam met Hom

kan lewe (ewige lewe)”. As ons in Christus is en bly, word God

se toorn (ewige verdoemenis) vir altyd afgewend.

Hierdie sieninge is dus gebaseer op 'n misverstand van die

omskrywing van God se toorn teenoor die groot verdrukking.

Hulle kan nie in dieselfde asem genoem word nie! Die heiliges

van God, Sy kinders, is beslis nie vir Sy toorn bestem nie! Nie

in hierdie lewe nie en ook nie na die afsterwe van ‘n Christen

nie, dit word duidelik in die bogenoemde skrif gestel. Hoekom

word hierdie tydgleuf dan aan die einde van hierdie wêreld,

die groot verdrukking genoem en nie die groot toorn van God

nie?

Let tog op dat Jesus self die redes gee vir die verdrukking

en vervolging waardeur christene sal moet gaan. En nêrens in

die Woord waar verdrukking van christene ter sprake kom, is

‘n wegraping as uitkoms deur Jesus belowe nie.

Matthéüs 5:10 Salig is die wat vervolg word ter wille van die

geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die

hemele.

Matthéüs 13:21 maar hy het geen wortel in homself nie, hy is

net vir ‘n tyd, en as daar verdrukking en vervolging kom ter

wille van die woord, struikel hy dadelik.

Lukas 6:22 Salig is julle wanneer die mense julle haat, en

wanneer hulle julle verstoot en beledig en jul naam weggooi

soos iets wat sleg is, ter wille van die Seun van die mens.

Christene sal veral gedurende die groot verdrukking

vervolg word omdat hulle in die Woord van God glo en Jesus as

hulle Verlosser aangeneem het en Hom alleen volg en nie

omdat hulle die “geheime wegraping” gemis het nie.

Page 72: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[72]

Kyk na al die volgende aanhalings van verdrukking in die

Woord, sien u dalk enige beloftes dat ons daaruit gered sal

word deur die tussenkoms van ‘n “geheime wegraping?” “Wie

sal ons skei van die liefde van Christus verdrukking of

benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of

swaard... wat ons troos in al ons verdrukking... wees geduldig in

die verdrukking...julle moet nie moedeloos word by my

verdrukkinge nie...vanweë jul volharding en geloof onder al

julle vervolginge en die verdrukkinge wat julle verduur...

aangesien dit reg is by God om aan die wat julle verdruk,

verdrukking te vergelde...vrees vir niks wat jy sal ly nie...ons

moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God

ingaan...ons het julle vooruit gesê dat ons verdruk sou word.”

Jesus verklaar vooruit sy wederkoms deur Matt.24 waar

daar geen sprake van voor verdrukking redding vir christene is

nie. Johannes 6:60 En baie van sy dissipels het gesê toe

hulle dit hoor: Hierdie woord is hard, wie kan daarna luister?

En Jesus het in Homself geweet dat sy dissipels hieroor

murmureer, en Hy sê vir hulle: Is dit julle tot ‘n aanstoot?

Lank vooruit verduidelike Jesus breëdvoerig Sy

wederkoms aan ons, sodat ons juis nie aanstoot aan Hom sal

neem wanneer mense dit verdraai en verander om hulle te pas

nie. Wanneer Hy dan nie Sy opwagting maak soos geglo word

voor die verdrukking nie, neem dan aanstoot aan die mense wat

jou so geleer het.

Let op wat is Paulus se gesindheid oor verdrukkinge

waardeur hy vir Jesus moes gaan: 2 Korinthiërs 7:4 “….ek

loop oor van blydskap in al ons verdrukking” waaruit

niemand hom verlos het nie. Baie christene loop huidiglik oor

van blydskap oor “die groot uitkoms” wat hulle dink, voor die

groot verdrukking gaan plaasvind, maar wat volgends die

Woord nie gaan gebeur nie. Paulus sê die volgende oor

verdrukking: “Sodat niemand verontrus mag word onder

Page 73: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[73]

hierdie verdrukkinge nie, want julle weet self dat ons hiervoor

bestem is. Want ook toe ons by julle was, het ons julle vooruit

gesê dat ons verdruk sou word…

Ons wat deel vorm van die liggaam van Christus, net soos

in Paulus se tyd, is dus bestem vir verdrukkinge, wat die

groot verdrukking insluit, of dit dan geestelik of fisies is. Een

ding is seker - as jy in die “pre-trib-rapture” glo, sal jy nie

voorbereid wees vir die groot verdrukking wat verseker gaan

plaasvind nie. Ons moet begin om onsself geestelik voor te

berei vir verdrukking, terwyl dit nog dag is, want die

middernag-uur kom.

Ek is seker daarvan dat niemand van ons deur hierdie tyd

van benoudheid en vervolging wil gaan nie, maar almal wat

hulleself ware Christene noem, moet weet dat hulle bestem is

vir verdrukking in een of ander vorm. As ons nog die lewe

behou teen daardie tyd, sal ons geen ander keuse hê nie.

Die enigste manier hoe ons a l hierdie dinge moontlik kan

ontsnap , is wanneer ons te sterwe kom in hierdie lewe op

aarde, voor die groot verdrukking begin. Ek het alreeds

genoem dat alhoewel Christene nie bestem is vir die toorn van

God nie, ons onder die toorn van Satan in die groot

verdrukking sal ly.

Die groot verdrukking is dus Satan se wraak teenoor

alle Christene en Jode in hierdie wêreld.

Kom ons kyk weer na Openbaring 12 - “...wee die bewoners van

die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal

met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het. En toe die

draak sien dat hy neergewerp is op die aarde, het hy die vrou

vervolg...En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het

weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat

die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus

hou.”

Page 74: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[74]

Die Bybel leer ons dat dit die Satan en sy trawante is wat

die volgelinge van Christus vervolg. Deur al die eeue heen

gebruik hy mense om sy doel te bereik. Die duiwel is al

behoorlik los op aarde en hy weet dat hy baie min tyd oor het

om te heers op hierdie aarde. Daarom gaan hy meer intens die

Christene vervolg wat in gehoorsaamheid aan die Woord van

God wandel. Maar uiteindelik sal hulle hom oorwin deur die

bloed van die Lam en die woord van hulle getuienis.

Die groot verdrukking gaan dus plaasvind as gevolg van

die toorn van Satan en is gemik teen die volgelinge van Jesus

Christus en dit is nie die toorn van God waaronder ons gaan ly

nie. Ons moet dus onderskei tussen die Christene wat verdruk

gaan word en die toorn van God wat op die goddeloses

uitgestort gaan word.

Die toorn van God sluit veral die uitstorting van die sewe

laaste plae en die slag van Armagéddon in. “Ek, Johannes, het

‘n ander teken in die hemel gesien, groot en wonderlik, sewe

engele met die sewe laaste plae, want daarmee is die

grimmigheid van God voleindig”. Die Christene sal deur die

groot verdrukking gaan, maar sal nie ly onder die toorn van

God nie. Ons sien ‘n vb. hiervan in die verhaal van die

Egiptenare en die volk Israel in Moses se tyd.

Die wederkoms sal plaasvind by die opening van die

sewende seël, die blaas van die sewende basuin, en die

uitstorting van die sewende skaal in Openbaring. Die seëls,

basuine en skale eindig almal by die slag van Armagéddon. God

sal die skeiding van die goddeloses en van die regverdiges begin

wanneer die groot verdrukking tot 'n einde gekom het.

God is van plan om twee aparte oeste op die aarde af te

haal. Hy sal eers die heiliges oes, wat genoem word “die

koringoes”, dit gebeur saam met die opstanding van die wat in

Christus gesterwe het. Daarna sal Hy die goddelose mense oes,

genaamd “die druiweoes” van Sy toorn. Joël sê: “Steek die

Page 75: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[75]

sekel in, want die oes is ryp! Kom trap, want die parskuip is vol,

die kuipe loop oor! Want hulle boosheid is groot”. Beide van

hierdie oeste word op ongeveer dieselfde tyd afgehaal.

Die graanoes en die wynoes:

“Daar was ‘n wit wolk en een soos ‘n Menseseun wat op die

wolk sit, met ‘n goue kroon op sy hoof en in sy hand ‘n skerp

sekel. En ‘n ander engel het uit die tempel gekom en met ‘n

groot stem geroep na Hom wat op die wolk sit: “Slaan U sekel in

en maai, want die uur het vir U gekom om te maai, omdat die

oes van die aarde oorryp geword het”.

En Hy wat op die wolk sit, het Sy sekel oor die aarde laat

gaan, en die aarde is afgemaai. En ‘n ander engel het

uitgekom uit die tempel wat in die hemel is en hy het ook ‘n

skerp sekel gehad en ‘n ander engel wat mag oor die vuur

gehad het, het uit die altaar uitgekom en met ‘n groot stem

geroep na hom wat die skerp sekel het, en gesê: “Slaan jou

skerp sekel in en samel die trosse van die wingerdstok van die

aarde in, want sy druiwe het ryp geword”.

En die engel het sy sekel oor die aarde laat gaan en die

wingerdstok van die aarde afgeoes en dit gegooi in die groot

parskuip van die grimmigheid van God. En die parskuip is

buitekant die stad getrap, en bloed het uit die parskuip

gekom tot aan die tooms van die perde, twee honderd myl ver.

1. Die oes van die regverdiges is die wederkoms/eerste

opstanding.

2. Die oes van die goddelose is die insameling van Israel se

vyande by Armagéddon.

Die eerste oes, die insameling van die heiliges, sal gedoen

word deur Jesus self, met 'n sekel sal Hy die oes van die aarde

insamel. Met die wederkoms van Jesus, vind die eerste

opstanding plaas. Hy het voor dit, nog niemand opgewek nie

en daarna sal daar nie weer ‘n opstanding van die heiliges wees

Page 76: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[76]

nie. Dit is die eerste en enigste opstanding van die regverdiges

– Openbaring 20:4-5. Onmiddellik daarna, is die tweede oes

deur 'n engel met 'n sekel ingesamel. Dit is die wynpers van

God se toorn, die druiwe wat in die parskuip van die

grimmigheid van God gegooi word. Dit is die bose

magte/mense wat teen Jerusalem versamel is, in die slag van

Armagéddon en op wie se lyke die aasvoëls sal feesvier na

Armagéddon.

In dieselfde tyd maak God dus ook die goddelose nasies

van die aarde bymekaar, om die “parskuip van sy toorn” te trap

by Armagéddon. Alle wedergebore Christene word met Hom in

die lug verenig saam met al die heiliges wat opgestaan het, en

daarna sal almal saam neerdaal en Jesus sal sy voete op die

Olyfberg neersit vir die groot stryd van Armagéddon, waar die

“dier” en die valse profeet verslaan gaan word. So gou as wat

hierdie twee oeste ingesamel word, sal die duisendjarige-

vrederyk van Jesus as Heerser op aarde begin.

Opsomming van eindtyd gebeure:

1. Die Antichris sal die gruwel van die verwoesting in die

tempel wat herbou gaan word pleeg.

2. Die groot verdrukking sal 'n tyd, tye en ‘n halwe tyd duur,

+/- 42 maande lank.

3. Die oes van die koring - die wederkoms en die eerste

opstanding van die heiliges sal plaasvind by Jesus se

wederkoms na hierdie aarde toe.

4. Die oes van die onkruid - die goddelose sal ook versamel

word vir vernietiging by die slag van Armagéddon.

5. Die slag van Armagéddon gepaard met die finale

uitstorting van God se toorn, sal aan die einde van die

groot verdrukking plaasvind.

Page 77: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[77]

6. Die aardse koninkryk, die duidendjarige-vrederyk van Christus, begin in Jerusalem met die Bruilofsmaal van die Lam. Openbaring 19:6 “En ek het iets gehoor soos die stem van ‘n groot menigt e en soos die geluid van baie waters en soos die geluid van sterk donderslae wat sê: Halleluja! want die Here God, die Almagtige, het die koningskap aanvaar . Laat ons bly wees en ons v erheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak.” Laat my toe om die volgende te sê: Daar is baie wonderlike openbaringe oor die eindtyd in die Bybel wat te min gepreek word in ons land. Al hierdie gebeure gaan plaasvind, of predikers dit nou wil glo of nie. Hulle sal ook moet besluit of hulle die waarheid uit die Woord van God oor die eindtyd gaan verkondig of nie.

Dit is regtig tragies dat die meeste Christene nie eers 'n vae

idee het van die eindtyd-plan wat God gereed gemaak het vir

Sy kinders, om hulle deur die groot verdrukking te lei en te

versterk nie. Hulle word deur sommige leraars geleer dat

hulle “weggeraap” sal word voor enige van hierdie gebeure in

die wêreld sal kan plaasvind.

Daar is 'n gebrek aan openbarings-kennis onder Christene

oor die ware Bybelse feite met betrekking tot die wederkoms en

die groot verdrukking. Soos die einde nader kom, het God

reeds Sy plan van aksie aan ons bekend gemaak deur die Boek

Openbaring, maar baie Christene weet nie eers wat daarin

staan nie. Johannes sê: “Salig is hy wat die woorde van die

profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin

geskrywe is, want die tyd is naby”.

Ek glo egter dat die Here alreeds Leraars regoor die wêreld

opgewek het deur Sy Gees, om Sy plan deur Sy Woord, vir die

eindtyd te verkondig, sodat die maagde genoeg olie in hulle

kanne sal kan hê. Soos ons op die Here vertrou, sal die kennis

Page 78: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[78]

van waarheid oor die aarde versprei word, sodat ons deur die

groot verdrukking sal kan gaan.

Johannes gee ook die volgende waarskuwing oor die Boek

Openbaring: “Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van

die profesie van hierdie boek (Openbaringe) hoor: As iemand

by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg

waarvan in hierdie boek geskrywe is. En as iemand iets van die

woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal

God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige

stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.”

Hou tog in gedagte dat ek geen versteekte motief het vir

die skryf van hierdie boek nie. Toe ek ongeveer 28 jaar terug

hierdie openbaring oor die Wederkoms van die Here ontvang

het, het ek nooit eers gedink dat die Here my eendag sal vra om

hierdie boek te skryf nie, alles tot eer van Sy Naam. Dit is nie

die gesindheid van my hart, om te probeer bewys dat ek reg en

u verkeerd is nie. Dit gaan oor die waarheid van God se

Woord wat u self moet ondersoek en ontdek.

Die meeste eindtyd Skrifte is baie maklik om te verstaan

wanneer ons dit in die regte konteks hou en kyk na die Gees

van die Waarheid vir ons leiding. Dit is egter baie belangrik

om ‘n liefde vir die waarheid, in die Woord van God te hê. Ons

almal moet onthou dat as 'n persoon wedergebore is, dan het

hulle God se Heilige Gees, wat in hulle woon. As 'n christen

opreg met God wandel deur die Woord en die leiding van Sy

Gees volg, dan sal almal kan verstaan wat die Skrif sê.

Onthou: Dit is nie intelligensie wat waarheid gee, dat

net slim geleerde mense die Bybel kan verstaan en reg vertolk

nie en dit is ook nie geleerdheid wat waarheid verseker nie,

alhoewel dit baie help in die bediening waarin ek self ook ‘n

geroepene is. Ek se weer: Geleerdheid is nie ‘n waarborg vir

waarheid nie!

Page 79: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[79]

Dit is die Heilige Gees, die Gees van die Waarheid, wat

goddelike waarheid openbaar. Ware wysheid en ware begrip,

kom slegs deur die Gees van Waarheid. Die Gees van die

Waarheid, sal ook veroorsaak dat jy die valse leerstellings van

mense, wat die Woord van God kragteloos stel verwerp, ongeag

of hulle hoogs geleerde ampte beklee.

Jy het ook nie Hebreeus, Grieks of kommentare van mense

nodig om die Skrifte duidelik te verstaan nie. Jesus het "vir ons

alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien", deur Sy Gees.

Die beste kommentaar vir die Woord van God is die Woord

van God! Ons kan God se Woord op ons eie verstaan en God’s

Woord is toeganklik gemaak vir alle mense wat God in

opregtheid en in waarheid deur Sy Gees soek! Volgende versies

bevestig my siening.

Jeremia 31:34 En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en

elkeen sy broer leer nie en sê: Ken die HERE; want hulle sal My

almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die HERE; want

Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie

meer dink nie.

1 Johannes 2:27 En die salwing wat julle van Hom

ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle

leer nie; maar soos dieselfde salwing julle aangaande alles leer,

so is dit ook waar en geen leuen nie; en soos dié julle geleer het,

so moet julle in Hom bly. Ek glo ook dat ons lering nodig het,

met die nodige beoordeling.

Die Woord sal dus vir homself spreek, want dit is die

Gees van God wat u oortuig van die waarheid van God se

Woord. “The truth is like a lion. You don’t have to defent it!

Let it loose. It wil defend it self.” – St Augustine. Jeremia

23:29 – “ Is my woord nie só, soos ‘n vuur, spreek die HERE

en soos ‘n hamer wat ‘n rots vermorsel nie?”

Page 80: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[80]

Die Woord, wat ‘n hamer is sal die werke van die vyand

verbreek, godsdienstige stelsels vernietig en valse

leerstelings vermorsel.

God het net een prediker, wat net een stelling gemaak

het oor die “geheime wegraping”, gebruik om my te laat

wonder oor hierdie leerstelling en sodoende my soektog na die

waarheid aan die gang gesit. Prys Sy Naam! Hier is die

geleentheid vir u om dieselfde te doen. Handelinge 17:11

“…..en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so

was”.

Vir baie van u gaan dit ‘n openbaring sowel as ‘n skok

wees, om tot die besef te kom dat ons wel deur die groot

verdrukking sal moet gaan. Ek het vir dae aaneen met die

Here geworstel oor hierdie baie belangrike en ernstige

onderwerp. Ek geniet beslis nie die gedagte, dat baie van ons

as Christene deur die groot verdrukking sal moet gaan nie,

want ek is self een.

Dit sal vir my ook verdrukking in die vlees wees, net soos

wat dit sal wees vir enige ander gelowige. Maar dit is wat die

Bybel, die lewende Woord van God, Jesus Christus, ons leer en

ek glo ek is geroep om die Woord in waarheid te verkondig tot

eer van Sy wonderlike Naam. En daarom skaam ek my nie vir

die ware Evangelie van God nie, want dit is die krag van God,

waardeur mense redding, verlossing, bevryding en genesing

vir hulle lewens ontvang.

Die volgende versies is vir my ‘n leefwyse: Ps. 17:4–5:

I'm not trying to get my way in the world's way.

I'm trying to get your way, your Word's way.

I'm staying on your trail,

I'm putting one foot in front of the other.

I'm not giving up.

Page 81: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[81]

HOOFSTUK 7

Sal God Sy kinders bewaar tydens die

regeringvan die Antichris? Die woord “bewaar” tydens die groot verdrukking sal beteken

dat God ons nooit sal begewe of verlaat nie, dit maak nie saak

of ons gaan lewe en of ons gaan sterwe gedurende die groot

verdrukking vir ons geloof nie. Die HERE sal dan ‘n

rotsvesting vir die verdrukte wees, ‘n rotsvesting in tye van

benoudheid. “En hulle wat U Naam ken, sal op U vertrou,

omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o HERE!”

Onthou wat ek gesê het: Ons moet kan onderskei tussen

die verdrukking waardeur Christene sal moet gaan en die

toorn wat op die goddeloses uitgestort gaan word. Hoe die

Here Sy toorn gaan uitstort, sodat dit nie Sy kinders tref nie, is

nog nie vir my duidelik nie, maar ons het Moses en Koning

Farao as voorbeelde in die tyd toe die Here die plae oor Egipte

laat kom het. Israel was veilig in die land Gosen en die plae het

hulle nie getref nie, nie waar nie? Ook toe die Egiptenaars hulle

in die woestyn agterna gesit het, het God hulle gered uit die

hand van hulle vyande.

Exodus 19:4 - “Julle het self gesien wat Ek aan die

Egiptenaars gedoen het en dat Ek julle op arendsvlerke gedra

en julle na My toe gebring het”. Arendsvlerke beteken

Goddelike voorsiening en beskerming in tye van benoudheid.

Dit is dan ook presies wat die Here vir Israel gedoen het in die

woestyn. Dit sal net so wees tydens die groot verdrukking. God

sal ons op Arendsvlerke dra en in veilige bewaring hou terwyl

die oordele die wêreld tref. Onthou, die Here waarsku ons net

Page 82: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[82]

voor die uitstorting van die sewende skaal dat Hy sal kom soos

‘n dief in die nag - Openbaring 16:15.

Dis ‘n duidelike aanduiding dat Hy nog nie Sy verskyning op

die aarde gemaak het met Sy wederkoms nie.

Jesus bid die volgende gebed in Johannes 17 - “Ek bid nie

dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van

die bose bewaar”. Wat sou Jesus met hierdie gebed bedoel

het? Hy bid self dat ons nie uit hierdie wêreld weggeneem of

“weggeraap” moet word nie. Dit het tog nie betrekking op die

afsterwe van ‘n Christen nie, want die dood neem ons dan juis

uit hierdie wêreld weg?

Jesus sê dat Hy vir ons plek gaan berei het en dat wanneer

Hy ons kom haal wanneer ons sterwe, ons ook sal wees waar

Hy is, in die hemelse Paradys. Dit is tog baie duidelik dat die

Here ons nie gaan kom haal deur ‘n “geheime wegraping” voor

die groot verdrukking nie. Daar gaan geen “Great Escape of the

Horrors of the Tribulation” wees nie!

Wanneer ons dus tot sterwe kom op ons bestemde tyd in

hierdie lewe, neem Jesus ons uit hierdie wêreld weg na die

hemel toe. Hy sê vir die kwaaddoener wat saam met Hom

gekruisig was: “Vandag sal jy saam met My in die Paradys

wees”. Die volgende gedeelte in Johannes 14 word baie in die

“geheime wegraping”-leerstelling gebruik: “In die huis van my

Vader is daar baie wonings, as dit nie so was nie, sou Ek dit

vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei en as Ek

gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na

My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is”.

Ons weet dit hou nie verband met die “geheime

wegraping” nie, want Paulus bevestig wat Jesus gesê het:

“...want ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek

word, wanneer ons te sterwe kom, ons ‘n woning het by

God, ‘n huis nie met hande gemaak nie, ewig in die hemele”.

Page 83: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[83]

Jesus gaan berei vir ons ‘n woonplek voor, ‘n huis nie met

hande gemaak nie.

Wanneer ons tentwoning dan hier afgebreek word, het ons

‘n woning, ‘n plek wat Jesus vir ons voorberei het sodat ons ook

kan wees waar Hy is, net soos Hy vir die kwaaddoener aan die

kruis gesê het. Weereens moet ons nie net een Skrifversie

gebruik en ons eie afleidings maak nie. God skep ‘n geheel-

beeld in Sy Woord en ons moet al die skrifverse reg interpreteer

om ‘n voltooide beeld van die volle waarheid te kan verkry.

Selfs vandag nog, wanneer die dissipels van Jesus

gemartel en vervolg word ter wille van sy Naam in baie lande

reg oor die wêreld, neem die Here hulle nie weg van die aarde

af, sodat hulle verdrukking kan vryspring nie. Dit sê tog

duidelik vir ons dat Hy ons ook nie gaan “wegraap” na die

hemel toe voor die groot verdrukking nie, sal dit dan nie

onregverdig wees teenoor al die martelare nie?

Die doel van verdrukking is juis sodat ons, ons geloof in

die Here sal beoefen en weerstand sal kan bied in die dag van

onheil en dan nadat ons alles volbring het, nog staande sal kan

bly en so voor Jesus sal kan staan met Sy wederkoms.

Jesus bid ook dat die Here ons moet bewaar van die bose,

nie dat Hy ons moet wegruk in verdrukkinge en vervolging

sodat ons dit kan vryspring nie. Psalm 91 – is 'n wonderlike

beskrywing van goddelike beskerming wat ons kan verwag

gedurende die groot verdrukking, wat sekerlik in die laaste dae

gaan plaasvind.

Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, of vir die

pyl wat bedags vlieg, of vir die pes wat in die donker wandel,

of vir die siekte wat op die middag verwoes nie! Al val daar 'n

duisend aan jou sy en tien duisend aan jou regterhand, na jou

toe sal dit nie aankom nie. Net met jou oë sal jy dit aanskou

en die vergelding van die goddelose sien, wanneer die

oordele van God uitgestort word op hierdie aarde.

Page 84: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[84]

Ons sal dus net getuienisse wees van die komende oordeel oor

hierdie wêreld.

Want U, HERE, is my toevlug. Hoekom sal die Here jou

en jou familie beskerm gedurende die groot verdrukking,? “Die

Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak. “Die naam van die

Here is ‘n sterk toring, die regverdige hardloop daarin en word

beskut”. Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent

kom nie want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou

te bewaar op al jou weë”. Hierdie Woord gee ons geloof in ons

harte, dat die Here ons sal beskerm waar ons onsself ook al mag

bevind en Hy gee sy engele opdrag aangaande ons. Ons moet

net glo en op Hom alleen vertrou, want soos jy glo, so sal dit

wees!

Die Here laat ook toe dat ons deur allerhande

verdrukkinge gaan. Hy weet dat dit die enigste manier is hoe

ons geestelik sterk sal word om verdrukking te kan weerstaan.

So 'n boodskap is 'n vreemde evangelie waaraan die gemiddelde

Christen nie gewoond is nie, maar dit is tog die boodskap wat

die Apostels van die vroeë Kerk verkondig het. Paulus en

Barnabas het die siele van die dissipels versterk en hulle

vermaan om in die geloof te bly deur te sê: “...Ons moet deur

baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan”.

Ware bloedgewaste kinders van God wat nog op die aarde

is met die openbaring van die Antichris, sal nie uit hierdie

wêreld weggeneem word soos die “geheime wegraping" beweer

nie, maar sal veral bewaar word van die invloed wat die

Antichris op die wêreld sal hê. In Openbaring sê die Here:

“Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, 1) sal Ek

jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele

wêreld kom om die 2) bewoners van die aarde op die proef te

stel”.

Page 85: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[85]

1 Thessalonicense 5:23 - “En mag Hy, die God van die

vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en

liggaam geheel en al onberispelik bewaar word, by die

wederkoms van onse Here Jesus Christus”. Sal die Here ons

bewaar of dan staande hou wanneer ons in ‘n dal van

doodskaduwee kom gedurende die groot verdrukking?

Natuurlik, ek het geen twyfel daaroor nie.

Ek sal geen onheil vrees nie, want die Here is met my, Hy

sal my nooit begewe of verlaat nie, of ek deur siekte, probleme

of verdrukking moet gaan, Hy sal my onberispelik bewaar, gees,

siel en ligaam totdat Hy weer terugkom na hierdie aarde toe!

Dit is ‘n belofte van God wat ons sal deurdra wanneer ons deur

tye van verdrukking moet gaan.

Hoekom sal God Sy kinders bewaar/versterk

gedurende hierdie uur van beproewing wat oor die

hele wêreld gaan kom?

Jesus se bloed versoen ons met die Vader deur die vergewing

van ons sondes. Alhoewel die Here Sy kinders gaan beskerm,

gaan daar wel ook baie martelare wees. Stefanus was die eerste

van die vroeë Christene wat ter wille van sy geloof in Jesus, sy

lewe vir Hom opgeoffer het. Johannes het die martelare

gesien, iets soos ‘n see van glas gemeng met vuur en die

oorwinnaars oor die “dier” en oor sy beeld en oor sy teken, oor

die getal van sy naam, het hy by die see van glas sien staan, met

siters van God en hulle het die Here geloof en geprys.

In Exodus 12 moes die Israeliete die bloed van ‘n

lammetjie aan die deurposte van hulle huise smeer om

sodoende te verhoed dat hulle oudste kind in die gesin sterf.

“Julle moet ‘n lam hê sonder gebrek, ‘n jaar-oud rammetjie en

julle moet van die bloed neem en dit stryk aan die twee

deurposte en aan die bo-drumpel...want die bloed sal vir julle ‘n

teken wees aan die huise waarin julle is en as Ek die bloed sien,

Page 86: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[86]

sal Ek by julle verbygaan en die verderwer nie toelaat om in

julle huise in te gaan om te slaan nie…Want Ek sal in hierdie

nag deur Egipteland trek en al die eersgeborenes in

Egipteland tref”.

Dit was ‘n paasoffer aan die HERE. Dit het veroorsaak

dat Hy by die huise van die kinders van Israel in Egipte

verbygegaan het. Hy het die Egiptenaars getref, maar ons

huise het Hy gered. Jesus was die offerlam sonder gebrek,

wat vir die sondes van die wêreld gesterf het en Sy lewe vir ons

kom aflê het sodat ons en ons huise gered kan word.

Want dit is Sy bloed, die bloed van die Nuwe Testament

wat vir baie uitgestort was tot vergifnis van hulle sondes en

sodat God deur Jesus Christus weer alles met Homself versoen

het, nadat Hy vrede gemaak het met ons, deur die bloed van die

kruis. In Hom het ons die verlossing deur Sy bloed, die

vergifnis van die misdade na die rykdom van Sy genade, wat Hy

oorvloedig aan ons bewys het.

Net soos die bloed van ‘n lam die Israeliete gered het van

die verderwer, net so gaan die bloed van Jesus nodig wees om

ons te beskerm tydens die groot verdrukking op hierdie aarde.

As die kosbare bloed van Jesus nie aan die deurposte van jou

hart gesmeer is ter vergifnis van jou sonde nie, sal daar geen

beskerming vir jou wees teen die komende Antichris se toorn

nie. Want dis net die bloed van Jesus wat ons geestelik gaan

red van die komende regering van die Antichris.

Om op te som:

Die Here beskerm dus sy eie volk in die Ou Testament wat slegs

‘n skaduwee was van die Nuwe Testament en Hy beloof om ons

dan ook te beskerm as gelowiges van die nuwe verbond! Die Ou

Verbond gelowiges het die bloed van 'n lam op die deurposte

van hulle huise gesmeer sodat hulle gered kon word van die

oordeel.

Page 87: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[87]

Ons het weer die Bloed van die Lam in ons harte wat ons

sal red van die komende oordeel gedurende die groot

verdrukking, of ons skuiling gaan vind en of ons vervolg gaan

word! Prys die Here vir Sy waarheid, so reguit en kragtig gestel,

selfs in die mees grafiese voorbeelde van die Bybel.

Die seël of die Naam van God op ons voorhoofde:

Johannes sien die volgende in Openbaring 9: “Uit die rook het

daar sprinkane gekom op die aarde en aan hulle is mag gegee

soos die skerpioene van die aarde mag het. En aan hulle is gesê

dat hulle nie die gras van die aarde of enige groenigheid of

enige boom moet beskadig nie, maar net alleen die mense wat

die seël van God nie op hulle voorhoofde het nie”. Die mense

wat dus wel die seël van God op hulle voorhoofde dra, sal nie

gepynig word deur hierdie sprinkane nie.

Kom ons kyk na die seël van God vir ‘n oomblik, want dan

sal ons ook die “merk van die dier” beter verstaan, wat net

weereens ‘n nabootsing is van wat God al klaar vir Sy kinders

gedoen het. As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou

hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered

word. Wanneer ‘n persoon dan waarlik gered word, plaas God

sy “merk” of dan “seel” wat Sy Naam is, op jou voorhoof.

Openbaring 22 - “...Hulle sal Sy aangesig sien, en sy Naam sal

op hulle voorhoofde wees”.

Paulus leer in Efesiërs 1 die volgende hieroor: “Sodat ons

kan wees tot lof van sy heerlikheid, ons wat reeds tevore op

Christus gehoop het, in wie julle ook, nadat julle die woord van

die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie

julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees

van die belofte.....

en die Gees as onderpand in ons harte ontvang het”.

Elkeen wat wedergebore is, het God se naam of Sy seël op

hulle voorhoofde. Dit beteken dan dat hulle sy dienaars is en

Page 88: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[88]

hulle aanvaar ook Sy Woord as die gesag in hulle lewe,

waardeur hulle dan in gehoorsaamheid aan God wandel.

Mense wat net kennis dra van God, m.a.w. wat net in naam

Christene is en nie in hulle harte besny is deur ware bekering

nie, sal ongelukkig hier kortkom.

God se seël is natuurlik onsigbaar, want ons word verseël

deur die Heilige Gees van God wat aan ons as onderpand gegee

is. Mense kan dus nie fisies ons merk sien soos dit dalk die

geval van die “merk van die dier” gaan wees nie, want

daarsonder sal niemand kan koop of verkoop nie. Op die

oomblik is daar baie bespiegelinge oor hierdie merk, maar tyd

sal ons meer daaroor leer. Ons kan ook duidelik sien wanneer

iemand verseël is met die Heilige Gees, want dit wys deur die

vrugte wat hulle dra. Die belangrikste vrug is die liefde, want al

die ander vrugte werk deur die liefde en Jesus sê ook dat aan

hierdie vrug sal die wêreld weet dat ons Sy dissipels is, as

daar liefde onder ons is.

Ons moet ook nie die Heilige Gees van God bedroef deur

die “merk van die dier” te aanvaar deur wie ons verseël is tot

die dag van verlossing nie - Efesiërs 4:30. Wat beteken die dag

van verlossing anders as dat die Here ons uit die groot

verdrukking gaan verlos? As ons deur die “wegraping”

weggeruk word voor die groot verdrukking, waarvan moet die

Here ons dan verlos?

Ons is dus verseël deur die Heilige Gees, wat ons as

kinders van God sal bewaar van die toorn van God wat op

die goddelose mense uitgestort sal word. Wat die duiwel nog

vir die wereld se nasie beplan deur sy merk op hulle af te

dwing, het God lankal vir sy kinders deur Sy Gees gedoen,

verseeling deur die Heilige Gees.

Page 89: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[89]

Die groot verdrukking gaan die bewoners van die

aarde op die proef stel.

God het Abraham verskeie kere op die proef gestel. Hy het sy

familie agtergelaat en na die beloofde land getrek wat God hom

sou aanwys. Hy het Lot eerste laat kies oor die landstreek waar

hulle vee sou wei. Lot kies die beste deel, maar nogtans seën

die Here vir Abraham.

Genesis 22 - Ná hierdie dinge het God Abraham op die

proef gestel en aan hom gesê: “Abraham!” En hy antwoord:

“Hier is ek!” Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet, Isak, en

gaan na die land Moría en offer hom daar as brandoffer op een

van die berge wat Ek jou sal aanwys…Ek sweer by Myself,

spreek die Here, omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou

enigste, nie teruggehou het nie...sal Ek jou ryklik seën en jou

nageslag grootliks vermeerder…en in jou nageslag sal al die

nasies van die aarde geseën word, omdat jy na my stem

geluister het”.

Abraham was verskeie kere deur God op die proef gestel

om te kyk wat in sy hart was. Die finale toets was toe hy sy seun

Isak op die berg Moría moes gaan offer, alles wat vir hom

kosbaar was, het hy daar op die altaar voor God geplaas en hy

het die toets geslaag!

Hoekom word ons op die proef gestel?

Daar was ‘n regter in ‘n stad wat God nie gevrees en geen mens

ontsien het nie. En daar was in daardie stad ‘n weduwee, en sy

het gedurig na hom gekom en gesê: “Doen reg aan my teenoor

my teëparty!” En ‘n tyd lank wou hy nie, maar daarna het hy by

homself gesê: “...tog sal ek, omdat hierdie weduwee my moeite

gee, aan haar reg doen sodat sy nie eindelik kom en my in die

gesig slaan nie…"

Page 90: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[90]

Sal God dan nie reg doen aan Sy uitverkorenes wat dag en

nag tot Hom roep nie? “…Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle

reg sal doen, maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel

die geloof op die aarde vind?” Hierdie weduwee was knaend en

het nie opgehou om hierdie regter te pla met haar versoek

totdat hy aan haar reg gedoen het nie. Maar sal Jesus hierdie

tipe geloof wat Abraham en hierdie vrou geopenbaar het, nog

op hierdie aarde vind by Sy Wederkoms?

Petrus leer die volgende oor geloof: “Verheug julle daarin,

al word julle nou as dit nodig is ’n kort tydjie bedroef onder

allerhande beproewinge, sodat die beproefdheid van julle

geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan, maar deur

vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en

heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus.”

“Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van

vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets

vreemds oor julle kom nie, maar namate julle gemeenskap het

aan die lyde van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook

by die openbaring van Sy heerlikheid met blydskap kan jubel.

Vrees dan vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die duiwel gaan

sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die

proef gestel kan word”.

Dit het al met baie gelowiges deur die eeue heen gebeur.

Vat maar vir Paulus en Silas in die tronk, terwyl hulle lofsange

tot God gesing het, kom daar ‘n aardbewing wat die tronk skud

en hulle boeie laat afval. Petrus word deur ‘n engel van God uit

die tronk verlos en wie weet hoe die Here ons gaan uitred

tydens die groot verdrukking? Maar die Woord sê: “Wees

getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe

gee”.

Page 91: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[91]

Paulus bemoedig ons deur die volgende woorde: “Want

ons ligte verdrukking wat vir ‘n oomblik is, bewerk vir ons ‘n

alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid, omdat ons nie

let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare, want die

sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig. Want ek

reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen

die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie. Die Here

sal my verlos van elke bose werk en my red om in sy hemelse

koninkryk, (of dan aardse koninkryk na die verdrukking) in te

gaan…Want ek word alreeds as ‘n drankoffer uitgegiet en die

tyd van my heengaan is naby. Ek het die goeie stryd gestry, ek

het die wedloop voleindig en ek het die geloof behou. Verder is

vir my weggelê die kroon van die geregtigheid …”

Die Apostels van ouds se lewe is vir ons ‘n voorbeeld en ‘n

aansporing van hoe hulle verdrukking en vervolging hanteer

het. Al lyk dit of die groot verdrukking ‘n verskrikking is wat vir

ons voorlê, vir die wat nog in hierdie lewe gaan wees, is dit net

‘n ligte verdrukking wat vir ‘n oomblik gaan duur, in

vergelyking met die alles oortreffende ewige gewig van

heerlikheid saam met God, wat vir ewig gaan duur. Prys Sy

wonderlike Naam! Hy dra ons deur al die storms wat hierdie

lewe kan oplewer.

Lukas 21:36 - Ek haal in Engels aan omdat die afrikaans

dit nie so goed stel nie, nog ‘n Skrifversie wat verkeerdelik vir

die “geheime wegraping” gebruik word: “But keep watch at all

times with prayer, that you may be strong enough to come

through all these things and take your place before the Son of

man.” (“God’s Word” en “Bible in Basic English”-vertalings)

Page 92: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[92]

Afdeling 1

Bybelse opdragte vir die laaste dae voor Jesus Christus se wederkoms.

1. Ons moenie die dood vrees aan die hand van ons

vervolgers nie!

God bewaar sy kinders van die bose invloede in hierdie wêreld

en alles wat daarmee gepaard gaan. “Onse Vader, bewaar ons

van die bose en lei ons nie in versoeking nie...”, maar dit

beteken nie noodwendig dat ons nie dieselfde pad sal moet loop

as Stefanus wat die eerste martelaar vir Jesus was nie. Baie het

al getuig van hoe hulle die dood vrygespring het as ‘n martelaar,

maar ander is gefolter en wou geen bevryding aanneem nie, om

sodoende ‘n beter opstanding uit die dode te kon verkry.

Toe die vyfde seël oopgemaak is sien Johannes, Jesus se

martelare: “Ek sien onder die altaar die siele van die wat

gedood is, ter wille van die woord van God en die getuienis wat

hulle gehad het. En hulle het met ‘n groot stem uitgeroep en

gesê: Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en

wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie?” En

aan elkeen van hulle is wit klere gegee en aan hulle is gesê dat

hulle nog ‘n klein tydjie moes rus totdat ook hulle

medediensknegte wat nog gedood sou word soos hulle, voltallig

sou wees.

Onthou, Jesus bemoedig ons deur die volgende woorde:

“Moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak en daarna niks

meer kan doen nie...”, maar Hy wys ons wie ons moet vrees:

“Vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak het, by magte is om in

die hel te werp, Ek sê vir julle, vrees Hom!” So geliefde, onthou

tog wie ons eintlik moet vrees met ‘n heilige vrees, nie met ‘n

bang–wees vrees nie.

Page 93: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[93]

2. Ons moet onsself aan die Here toevertrou en nie op

die arm van vlees vertrou nie.

So laat dan ook die wat volgens die wil van God ly, hulle siele

aan Hom as die getroue Skepper toevertrou met goeie dade.

Sadrag, Mesag en Abednégo het hulleself aan die Here

toevertrou, nadat koning Nebukadnésar hulle gevra het wie die

God is wat hulle uit sy hand kan verlos? Hulle wou nie die goue

beeld van die koning aanbid nie.

Hulle ag dit nie eers nodig om die koning se vraag te

beantwoord nie, maar hulle bely dat as die God wat hulle dien

in staat is om hulle te verlos, Hy hulle ook uit die brandende

vuuroond en uit die hand van die koning sal verlos. “Maar so

nie, laat dit u dan bekend wees, o Koning, dat ons u gode nie sal

dien nie en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid

nie”.

Is dit nie ‘n wonderlike getuienis en ‘n voorbeeld wat

hierdie drie manne vir ons nagelaat het vir die uur waarin ons

leef nie? Net soos hulle, gaan ons ook voor ‘n keuse gestel word,

of ons die beeld van die “dier” gaan aanbid of nie. “En dit is

hom gegee om ‘n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier

se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die

dier se beeld nie aanbid nie”.

As kinders van die lewende God, sal ons ook soos hierdie

Joodse manne weier, om voor enige beeld te buig wat die

Antichris gaan oprig. Christene wat waarlik Jesus se naam

bely, sal voor Hom alleen die knie buig. Om ander afgode te

dien en voor hulle neer te buig is nie ‘n opsie nie, laat ons die

Here God wat hemel en aarde gemaak het alleen dien en voor

Hom alleen die knie buig. Laat ons getrou wees aan Hom, soos

Hy getrou bly aan ons, deur gedurig Sy Woord aan ons te

openbaar.

Page 94: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[94]

3. Ons moet bid en waak en in liefde wandel teenoor

ons medegelowiges.

Petrus verklaar dat die einde van alle dinge naby is, ons moet

dan ingetoë en nugter wees en in staat wees om te kan bid.

Jesus vermaan ook sy dissipels: “Wat slaap julle? Staan op en

bid, dat julle nie in versoeking kom nie”.

So moet ons dan elke dag lewe: “Laat julle heupe omgord

wees en julle lampe aan die brand. En julle moet wees soos

mense wat op hulle heer wag wanneer hy...terugkom”.

Gelukkig sal daar diensknegte wees vir wie die Heer wakker sal

vind as Hy terugkom. “Voorwaar Ek sê vir julle, Hy sal hom

omgord en hulle aan tafel laat gaan en hulle kom bedien”.

“Maar bo alles moet julle mekaar vurig liefhê...” Mag die

Here ons ryk en oorvloedig maak in ons liefde vir mekaar. Deur

ware goddelike liefde gaan ons mekaar help om deur die groot

verdrukking te kom. Maar wees gewaarsku dat valse en

voorgee-liefde aan die lig gaan kom met die groot verdrukking,

wanneer die bedoelinge van die hart aan die lig gebring sal

word. Want dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar

verraai en mekaar haat en julle sal oorgelewer word ook deur

ouers en broers en bloedverwante en vriende, en hulle sal van

julle doodmaak. Ons sien dat dit alreeds gebeur met van die

ander gelowe regoor die wêreld.

4. Terwyl ons geduldig op die koms van ons Koning

wag, moet ons, ons harte versterk.

Jakobus 5:7 – 8 - “Wees dan geduldig, broeders, tot op die

wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die

kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit

die vroeë en die laat reën ontvang het. Julle moet ook geduldig

wees, versterk julle harte, want die wederkoms van die Here is

naby”. Die Landbouer - die Here wag op die kostelike vrug van

die aarde, die graanoes wat aan die voleinding van die wêreld

Page 95: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[95]

ingesamel gaan word, maar ons het reën nodig, die vroeë en die

laat reën.

Die vroeë reën is reeds uitgestort met die geboorte van die

Kerk op Pinksterdag, daar het al sederdien baie geestelike reëns

geval, maar ons wat nou deel is van die liggaam van Christus

wag op die laat reën. Ek glo in hierdie laaste dae sal dit nog

uitgestort word. Soos die aarde voortdurend reen nodig het, so

het ook die liggaam van Christus reen nodig.

Die woord van die Here het ook tot Hoséa gekom: “Laat

ons dit najaag om die HERE te ken, sy opgang is so seker soos

die dagbreek, en Hy sal tot ons kom soos die reën, soos die laat

reëns wat die aarde besproei. Ons moet dus geduldig wag op

hierdie reëns, terwyl ons, ons harte in die Here versterk.

5. Ons moet volhard tot die einde toe tydens die groot

verdrukking.

“Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak en

julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam.

En as die Here dié dae nie verkort het nie, sou geen vlees gered

word nie, maar ter wille van die uitverkorenes wat Hy uitverkies

het, het Hy dié dae verkort en die wat volhard tot die einde toe,

hulle sal gered word”.

Die groot verdrukking gaan so erg wees dat die Here die

dae gaan verkort, anders sal geen vlees gered word nie en ook

ter wille van al die Christene, sodat ons kan volhard tot die

einde toe. Matthéüs 28:20 - “En kyk, Ek is met julle al die dae

tot aan die voleinding van die wêreld...”, nie net tot die

sogenaamde “geheime wegraping” plaasgevind het nie. God se

Woord is duidelik - Hy sal ons nooit begewe of verlaat nie.

Let op jouself en op die Woord van die Here, volhard

daarin, want deur dit te doen, sal jy jouself red sowel as die wat

jou hoor. Ons moet volhard in ons wandel deur aan die Woord

gehoorsaam te wees en dit in waarheid te verkondig.

Page 96: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[96]

HOOFSTUK 8

Wat gaan die gevolge van die merk

van die dier wees? Ons weet dat ons in die laaste dae lewe en dat daar in die laaste

dae swaar tye gaan kom. Want die mense sal liefhebbers van

hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars,

ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder

natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos,

wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos,

verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God,

mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag

daarvan verloën het.

Die Een-Wêreldorde wat reeds besig is om vorm aan te

neem, is nie meer ‘n onbekende onderwerp waarvan mense niks

weet nie. Sodra die nuwe wêreld-geldstelsel in werking tree en

mense geforseer word om ‘n merk op/in hulle voorhoof of hand

te ontvang, gaan daar onmiddelik twee groepe mense ontstaan:

1. Diegene wat wel die merk van die dier sal aanvaar.

2. Diegene wat teen die Antichris gaan opstaan - ware

Christene wat die merk sal weier.

Daar sal ook diegene wees wat sal opstaan teen die regering van

die Antichris, maar nie noodwendig Christene gaan wees nie.

1. Diegene wat die merk sal aanvaar.

Al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se

name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van

die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie. Die name

wat wel in die boek van die Lam geskrywe is, is bloedgewaste

kinders van God, wat nie die “dier” sal aanbid nie. Die “dier”

sal maak dat aan almal, klein en groot en die rykes en die armes

Page 97: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[97]

en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle hand en op hulle

voorhoofde gegee word, sodat niemand kan koop of verkoop

nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die “dier” of die

getal van sy naam het.

“As iemand die “dier” en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy

voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die

wyn van die grimmigheid van God, wat ongemeng ingeskink is

in die beker van Sy toorn en hy sal gepynig word met vuur en

swawel voor die heilige engele en voor die Lam en die rook van

hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid en hulle het dag en

nag geen rus nie, hulle wat die dier en sy beeld aanbid en

elkeen wat die merk van sy naam ontvang...en kwaai en bose

swere het aan die mense gekom wat die merk van die dier

gehad het en sy beeld aanbid het”. Die wat dus die merk van

die dier aanvaar, sal gepynig word met vuur en swawel tot in

alle ewigheid en daar sal kwaai en bose swere op hulle kom

gedurende die groot verdrukking.

2. Diegene wat die merk sal weier.

Hier kom wysheid te pas. “Wie die verstand het, laat hom die

getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens en

sy getal is ses honderd ses en sestig”. Deur die Gees van

onderskeiding sal ons nie in die duisternis gelaat word nie,

maar sal ons die kennis van waarheid ontvang.

Daniël het gesien hoe hierdie horing oorlog voer met die

heiliges en hulle oorwin, net totdat die Oue van dae kom en aan

die heiliges van die Allerhoogste reg verskaf en die bepaalde tyd

gekom het dat die heiliges, die koninkryk van God in besit

geneem het - die duisendjarige- vrederyk.

Johannes sien dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer

teen die heiliges en hulle te oorwin en aan hom is mag gegee

oor elke stam en taal en nasie. En die draak, die Satan,

Page 98: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[98]

was vertoornd op die vrou en hy het weggegaan om oorlog

te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van

God bewaar, Christene wat die Here aanbid en die merk van

die dier weier en die getuienis van Jesus Christus hou.

En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en

deur die woord van hulle getuienis en hulle het tot die dood

toe hulle lewe nie liefgehad nie. Daar sal vervolging en

marteling plaasvind tydens die groot verdrukking, maar ware

Christene sal Jesus nie verloën nie. Omdat hulle, hulle lewe

nie liefhet het nie, sal hulle ook hulle lewe kan aflê vir die Here.

Jesus moedig ons dan aan om wanneer al hierdie dinge gebeur,

ons hoofde moet ophef en na bo kyk, want ons verlossing is

dan naby.

Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon,

want die koms van die Here is nou op hande en wee die

bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle

neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.

Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas en hier is

hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar.

Lydsaamheid is nodig om te volhard tot die einde toe, want

dan sal ons gered word deur die wederkoms van Jesus Christus.

Johannes het ‘n stem uit die hemel aan hom hoor sê:

“Skryf, salig is van nou af die dode wat in die Here sterwe. Ja,

sê die Gees, sodat hulle kan rus van hul arbeid en hulle werke

volg met hulle…Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom

en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die

bloed van die Lam. Daarom is hulle voor die troon van God en

dien Hom dag en nag in sy tempel en Hy wat op die troon sit,

sal sy tent oor hulle oopspan. Hulle sal nie meer honger en nie

meer dors hê nie en nooit sal die son of enige hitte op hulle val

nie.”

Page 99: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[99]

Daar is dus net twee groepe tydens die groot

verdrukking:

1. Diegene wat die “dier” en sy beeld aanbid en die wat sy

merk op hulle voorhoof of hand sal ontvang. Hulle sal gepynig

word met vuur en swawel en die rook van hulle pyniging sal

opgaan tot in alle ewigheid. Ek glo daar sal ook mense wees wat

alhoewel hulle God nie dien nie, die merk van die “dier” sal

weier omdat hulle nie onder die heerskappy van die “dier” sal

buig nie. Waar anders kom al die mense vandaan wat in die

duisenjarige-vrederyk sal voortbestaan?

2. Die heiliges wat deur lydsaamheid die Woord van God

bewaar en nie die merk ontvang het nie. Hulle hou vas aan

hulle geloof in Jesus Christus as hulle Verlosser en hulle oorwin

die “dier” deur die bloed van die Lam en deur die woord van

hulle getuienis. Daar is dus geen ander manier vir gelowiges

om oorwinning oor die “dier” te verkry nie. Net Jesus kan ons

help om deur Sy triomf, triomfanklik deur die groot

verdrukking te kan gaan.

Daar sal dan ‘n duidelike onderskeid tussen die twee

groepe wees: Die wat God dien en die wat die “dier” aanbid.

Daar sal geen midde-weg meer wees nie. Die louwarm,

halfhartige Christen sal moet kies tussen die merk van die

“dier” wat ook sy naam of nommer kan wees OF hulle sal moet

kies om in die vlees verdrukking te verduur aan die hand van

die Antichris, om sodoende getrou te bly aan die Woord van

God. Sommige lou of sogenaamde “Christene” sal skielik

anders voel oor hulle Christenskap, omdat hulle nie sal kans

sien vir die eise wat aan Christene gestel gaan word nie, dit sal

net te groot wees.

Page 100: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[100]

Wat is die ware doel van die merk van die dier?

Wat is dit omtrent die merk van die “dier” wat 'n Regverdige en

Heilige God so ontstel, soveel so dat Hy elkeen wat kies om

hierdie merk te aanvaar, laat drink van die wyn van Sy

grimmigheid wat ongemeng ingeskink is in die beker van Sy

toorn? Hoekom sal hulle gepynig word met vuur en swawel in

alle ewigheid, en dag en nag geen rus hê nie?

Die uiteindelike doel van die merk is dat dit 'n merk van

lojaliteit en aanbidding aan die “dier” of dan die Antichris gaan

wees en die totale verwerping van 'n Heilige God. Jy sal ook

eers moet buig voor die “dier” en hom aanbid voordat jy die

merk van die “dier” sal ontvang.

Kyk na die volgende verse:

Openbaring 14:9.

“...As iemand die dier en sy beeld aanbid en sy merk ontvang ..”

Openbaring 14:11.

“...Hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die

merk ...”

Openbaring 16:2.

“...Wat die merk van die dier gehad het en sy beeld aanbid

het…”

Openbaring 19:20.

“...Wat die merk van die dier ontvang het, en sy beeld aanbid

het ...”

Openbaring 20:4.

“...Wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk...”

Slegs een vers verbind “koop en verkoop” aan die merk

van die “dier”. Maar daar is baie verse wat die aanbidding van

die “dier” en sy beeld aanspreek. Dit is wel so dat niemand sal

kan koop of verkoop sonder die merk nie, maar dit is nie die

hoofrede vir die ontvangs van die merk nie. Die “niemand sal

Page 101: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[101]

kan koop of verkoop nie” is maar net die gevolg van die wat nie

die merk sal ontvang nie. Satan begeer wat slegs aan God

behoort - Aanbidding! Satan begeer om God te wees!

Laat ons nie vergeet wat Jesaja 14 sê nie - En jy het in jou

hart gesê: “Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die

sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke

van die Noorde. Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my

gelykstel met die Allerhoogste!”

Satan het die Here Jesus Christus ook in Matthéüs 4

probeer oorreed om hom te aanbid. Die duiwel sê vir Hom: “Al

hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid”. Die

duiwel smag dus na aanbidding.

Hoe het die Here Jesus op Satan se versoeking

gereageer?

Toe sê Jesus vir hom: “Gaan weg, Satan!” Want daar is

geskrywe: “Die Here jou God moet jy aanbid, en Hom alleen

moet jy dien”.

Aanbidding behoort dus net aan God, maar dit is wat Satan vir

homself deur al die eeue heen begeer.

Paulus beskryf die aanbidding van die Antichris tydens die

groot verdrukking soos volg:

2 Thessalonicense 2:4 - “Die seun van die verderf, die

teëstander wat hom verhef bo al wat god genoem word en

voorwerp van aanbidding is, sodat hy as God sal sit in die

tempel van God, en voorgee dat hy God is”. Onthou dus

asseblief dat die merk gaan oor die aanbidding van die “dier”.

Die “koop en verkoop” is maar net die gevolg van die merk op

die mensdom, waarmee daar oor mense wêreld-wyd, beheer

uitgeoefen sal word.

Die term “seun van die verderf” kom slegs twee keer

in die Bybel voor:

Page 102: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[102]

2 Thessalonicense 2:3 - “...want eers moet die afval kom en die

mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf...”

In Johannes 17 spreek Jesus ook vir Judas Iskariot aan as die

“seun van die verderf”. Dit gaan dus oor geld, die afgod

Mammon.

Judas se liefde vir geld was dan ook die rede waarom hy

Jesus verraai het vir net 30 silwerstukke. Jesus self sê:

“...niemand kan twee here dien nie...”, want òf hy sal die een

haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander

verag. Ons kan nie God én Mammon dien nie! Ons leef dus in

‘n wêreld wat grootliks onder die beheer van die Satan in sy

hoedanigheid as “Mammon” is, die afgod van geld.

Maar hierdie geld gaan niks vir jou beteken of enige iets

vir jou kan doen wanneer die einde van die werêld aanbreek

nie. Sefanja 1:18 Hulle silwer of hulle goud sal nie in staat

wees om hulle op die dag van die grimmigheid van die HERE

te red nie, maar deur die vuur van sy ywer sal die hele aarde

verteer word, want Hy bring vernietiging, ja, ‘n verskriklike, oor

die inwoners van die aarde.

Toe Jesus dus gepraat het van hierdie twee meesters, het

Hy 'n duidelike onderskeid getref tussen die twee: God en

Mammon. Predikers het mense nog altyd aangemoedig om te

kies tussen God en Satan. Wanneer mense dan gekonfronteer

word, is hulle keuse heel dikwels die Here, want die oorgrote

meerderheid wil nie die Satan dien nie. Jesus stel dit in die

geval egter anders, die keuse moet gemaak word tussen God en

Mammon, die geldgod.

Satan is 'n meester-konkelaar. Hy weet dat wanneer

mense 'n keuse moet maak tussen God en hom, niemand hom

sal kies nie. Maar wanneer die keuse tussen God en Mammon

gemaak sal moet word, weet die Satan dat selfs sommige

gelowiges dit moeilik sal vind om 'n beslissende keuse vir God

te maak.

Page 103: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[103]

Satan weet ook dat van die Christene wat in die wêreld

werk vandag, baie meer afhanklik is van Mammon - geld en

eiendom, as wat hulle afhanklik is van die leiding van die

Heilige Gees. Ons moet dus nie onkundig wees oor Satan se

liste en planne nie, want ons is nie onbekend met sy planne nie.

Dit is teen Satan se liste wat ons vas moet staan en die volle

wapenrusting van God moet aantrek, sodat ons staande kan bly

teen die liste van die Satan in die eindtyd.

Satan weet ook dat hy mense beter mislei wanneer hy nie

op die voorgrond en duidelik sigbaar is nie. Wanneer hy te

voorskyn kom, gee hy homself voor as ‘n “engel van die lig”. Hy

weet baie goed dat wanneer 'n gelowige se besluite beïnvloed

word deur sy/haar liefde vir geld, hulle eintlik in die bediening

van die vors Mammon is, selfs al is hulle onder die indruk dat

hulle God behaag. Wanneer 'n gelowige se motiewe wat geld

aanbetref, verkeerd is, kan hy/sy deel word van hierdie

toekomstige sataniese wêreld-sisteem en dan val vir die merk

van die “dier”.

Mense se liefde vir Mammon gaan dus bepaal of hulle

Jesus gaan verraai vir die merk van die “dier” tydens die groot

verdrukking en of hulle gehoorsaam gaan bly aan die Woord

van God tot die eiende toe. Dit is die misleiding van Satan wat

party gelowiges vandag verblind, hulle is nie bekend met Satan

se planne vir die eindtyd nie. Terwyl die Here sê dat ons nie

onbekend met sy planne moet wees nie.

Koning Dawid bid die volgende: “Aanskou tog, verhoor

my, HERE, my God! Verlig my oë, sodat ek nie in die dood

inslaap nie”. Ons het waarlik verligte oë van ons verstand nodig

om nie deur die vyand se listige planne mislei te word nie.

Tydens die groot verdrukking sal daar ‘n weg wees wat reg lyk

maar die einde daarvan sal in die ewige dood eindig.

Voor Jesus aan die kruis gesterf het, het Hy aan Sy

dissipels gesê: “Die prins van hierdie wêreld kom en hy het geen

Page 104: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[104]

mag oor My nie”. Die geldgod Mammon het dus geen krag of

houvas oor Jesus gehad nie! Satan het ongelukkig wel ‘n sterk

houvas oor sommige gelowiges deur middel van Mammon. So

sal die Satan dit dan regkry om die gelowiges te manipuleer en

van God se volmaakte plan vir hulle lewens te beroof.

Lukas 18:18, 22-23 - 'n Man van aansien het aan Jesus die

vraag gestel: “Goeie Leermeester, wat moet ek doen om die

ewige lewe te verkry?” Toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hom: “Een

ding kom jy nog kort – Gaan verkoop alles wat jy het en deel

die geld aan die armes uit. Dan sal jy 'n skat in die hemel hê.

Kom dan terug en volg My”. Toe hy dit hoor, was hy diep

teleurgesteld, want hy was baie ryk. Hy het nie die Mammon

toets geslaag nie.

Dis dan ook een van die redes waarom Christene aan die

“geheime wegraping” vashou, alhoewel hulle dit nie sal erken

nie. Hulle kan hulleself nie ‘n lewe sonder geld voorstel nie,

want hulle sal nie kan koop of verkoop nie. Vir baie mense het

geld ‘n afgod geword waarsonder hulle net nie kan klaarkom

nie. Die liefde vir geld gaan veroorsaak dat Christene die merk

van die “dier” gaan aanvaar. Dit is dan hierdie “Christene” wat

gaan deel wees van die groot afval in die eindtyd. Vir geld sal

hulle, hulle geloof in Jesus Christus prysgee, net soos ‘n Judas

Iskariot, dis amper ondenkbaar, maar dit gaan gebeur.

Maar ware Christene sal egter vashou en optree volgens

die boek Daniël. Hulle sal hulle geloof in God behou om vir

hulle te sorg en skuiling te bied. Want as Hy van een mossie

weet wat op die grond val, hoeveel te meer sal Hy nie vir ons

sorg tydens die groot verdrukking wat oor die hele aarde gaan

kom nie? Hy het Sy volk Israel vir veertig jaar in die woestyn

onderhou deur ‘n wolk-kolom en ‘n vuur-kolom. Hulle klere

het nie verslyt nie en hulle het hulle skoene nie deurgeloop nie.

Die Here het Elia deur ‘n kraai gevoed vir drie en ‘n half jaar.

Die weduwee se kruik olie en meel het nie opgeraak nie.

Page 105: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[105]

Die Here het Noag en sy gesin verlos van die vloed. Hy

verlos Daniël in die leeukuil deur die bekke van die leeus te

sluit. Hy verlos Sadrag, Mesag en Abednégo in die middel van

‘n vuuroond, terwyl Hy self by hulle was. Vir ‘n skare van vyf

duisend mense het Hy vyf brode en twee vissies vermeerder,

sodat almal genoeg gehad het om te eet.

Hoekom sal die Here dan nie ook vir ons sorg wanneer

geld nie meer vir ons iets kan beteken nie? Ek glo dat ons as

Christene nog in die wêreld sal wees gedurende die groot

verdrukking, maar God sal ons red en versterk teen ons vyande,

soos Hy deur die eeue heen Sy kinders bygestaan en versorg

het. Hy sal ons deur die groot verdrukking dra en bystaan soos

net ‘n Vader dit vir sy kinders kan doen. As ons vir ons kinders

alles doen wat ons moontlik kan, hoeveel te meer sal ons

hemelse Vader nie vir ons sorg as ons op Hom vertrou nie?

Hoor wat sê die Here vir ons in Jesaja 26:20–21 - “Kom,

my volk, gaan in jou binnekamers en sluit jou deur agter jou

toe, verberg jou vir ‘n klein oomblik, totdat die grimmigheid

verbygaan. Want kyk, die HERE sal uit sy plek uitgaan om die

ongeregtigheid van die bewoners van die aarde oor hulle te

besoek en die aarde sal die bloed openbaar maak wat deur hom

gedrink is en die wat op hom gedood is, nie langer toedek nie.”

Page 106: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[106]

HOOFSTUK 9

Hoeveel opstandings van die dode is daar

en wanneer gaan dit gebeur? Johannes 5:28 - “Moenie julle hieroor verwonder nie, want

daar kom ‘n uur wanneer almal wat in die grafte is, Sy stem sal

hoor en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot 1) die

opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, 2) tot

die opstanding van die veroordeling”. Ons sien dat Johannes

hier van twee opstandings praat - die opstanding van die lewe

en die opstanding van veroordeling. Daar is ook ‘n wesenlike

verskil tussen die Christendom en die wêreld se gelowe,

rondom die opstanding.

Ons as Christene glo aan ‘n opstanding uit die graf met ‘n

verheerlikte liggaam, waar ons dan vir ewig in God se

teenwoordigheid sal wandel. Ons glo nie in rëinkarnasie waar

mense weer ‘n geleentheid gegun word om in ‘n ander persoon

of vorm van lewe terug te keer na hierdie aarde toe nie. Net

soos wat 'n mens bestem is om een maal te sterwe en daarna

die ewige oordeel, net so sal Christus ook, nadat Hy een maal

geoffer was om die sondes van baie weg te neem, vir die tweede

maal, sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot

saligheid.

Paulus praat ook in 1 Korinthiërs 15 oor die opstanding

van die dode. Daar was sommige mense wat geglo het dat daar

geen opstanding van die dode sal wees nie. Hulle het ook dan

verklaar en geglo dat Christus nooit opgewek was na Sy

kruisiging nie. Nou as Christus dan nie opgewek was nie, dan

was hulle prediking mos tevergeefs en hulle geloof nutteloos?

Dan het hulle ook nog in hulle sondes gelewe en die wat in

Christus ontslaap het, het verlore gegaan, nie waar nie?

Page 107: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[107]

Maar Christus was opgewek uit die dode en Hy het die

eersteling geword wat ontslaap het. Want aangesien die dood

deur ‘n mens was, is die opstanding van die dode ook deur ‘n

mens. Want soos ons almal in Adam gesterwe het, so sal ons

ook almal in Christus lewend gemaak word, maar elkeen in sy

eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus

behoort by Sy koms. Daarna sal die einde kom...

In 1 Thessalonicense 4 leer Paulus ons die volgende

waarheid rondom die wederkoms: “Maar, broeders, ek wil nie

hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die

ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen

hoop het nie. Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan

het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met

Hom bring. Want dit sê ons vir julle deur die woord van die

Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van

die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie.”

Hier is duidelik twee groepe christene wat met die Here se

wederkoms in die wolke weggevoer sal word.

Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n

geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die

basuin van God en die wat in Christus gesterf het, sal eerste

opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle

in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug en so sal

ons altyd by die Here wees. Laat ons mekaar dan bemoedig met

hierdie woorde: “Jesus kom weer!”

In Openbaring 20 sien Johannes die volgende gebeur: “Ek

het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit en aan hulle is die

oordeel gegee en ek het (1) die siele gesien van die wat onthoof

is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God en (2)

die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie en die merk op

hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie en hulle

het geleef en as konings regeer saam met Christus die duisend

jaar lank.”

Page 108: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[108]

“En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar

voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding. Salig en heilig

is hy wat deel het aan die eerste opstanding, oor hulle het die

tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en

van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer

duisend jaar lank.”

Daar is dus slegs twee opstandings van die dode:

1. Die Eerste opstanding - Die wat aan Jesus Christus

behoort met sy wederkoms, net voor die duisendjarige-vrederyk

begin. In hierdie skrifgedeelte word daar drie voorregte aan

die eerste opstanding gekoppel:

1. Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding.

2. Oor hulle het die tweede dood geen mag nie.

3. Hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal

saam met Hom as konings regeer 'n duisend jaar lank. Die

ander dode het nie herleef totdat die duisend jaar voleindig was

nie.

2. Die Tweede opstanding - “En ek het ‘n groot wit troon

gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en

die hemel weggevlug het en daar is geen plek vir hulle gevind

nie...En die see sal die dode gee wat daarin was en die dood en

die doderyk het die dode gee wat daarin was en hulle is

geoordeel, elkeen volgens sy werke. En die dood en die doderyk

is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.”

Soos hierbo genoem sal diegene wat Jesus as hulle

Verlosser aangeneem het, genoem word die “heiliges van God”

en hulle sal deel hê aan die eerste opstanding. Die wat die Here

nie aangeneem het nie en aan die Evangelie van onse Here

Jesus nie gehoorsaam was nie, hulle is deel van die tweede

opstanding.

Page 109: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[109]

Hulle sal na die duisendjarige-vrederyk veroordeel word by die

wit troon en in die poel van vuur gewerp word.

Die Eerste Opstanding:

Dit is baie duidelik uit die Woord van God dat die mense

wat nie die “dier” en sy beeld aanbid het nie en nie die merk

ontvang het nie, duidelike verwysing na die groot verdrukking,

ook deel sal wees van die eerste opstanding. Dus is dit

duidelik dat die heerskappy van die “dier” en sy merk voor die

eerste opstanding gaan plaasvind, want hoe anders is dit vir

hierdie martelare moontlik om ook deel uit te maak van die

eerste opstanding?

Hierdie mense is nie gedood as gevolg van hulle lou

geestelike toestand toe hulle agtergebly het na die sogenaamde

“geheime wegraping” nie. Niemand gaan agtergelaat word nie,

want daar is nie ‘n opstanding van die dode voor die groot

verdrukking nie. Almal wat nog lewe op aarde in daardie tyd,

sal deur die groot verdrukking gaan. En dadelik ná die groot

verdrukking gaan die eerste opstanding van die dode plaasvind,

wat natuurlik die heiliges van God sal wees.

Daar is dus twee groepe christene wat deel is van die

wederkoms van Jesus Christus op die wolke waar elke oog Hom

sal sien. Die ontslapenes en die wat nog in die lewe gaan wees.

Die eerste opstanding (onthou daar het nog geen opstanding

van die dode met ‘n onverganklike verheerlike liggaam voor

hierdie opstanding plaasgevind nie) wat altwee hierdie groepe

christene insluit volgens

1 Thessalonicense 4. Dit gebeur dan eers dadelik na die

verdrukking soos verduidelik deur Jesus in Matthéüs 24 - En

Hy sal sy engele uitstuur met ‘n harde trompetgeluid, en hulle

sal sy uitverkorenes (1)versamel uit die vier windstreke, (2)van

die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.

Page 110: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[110]

Daar word ook verkondig dat daar meer as een opstanding van

die heiliges is, om die “geheime wegraping” teorie te

ondersteun, waarvan een opstanding met Jesus se opstanding

uit die dode plaasgevind het. Kom ons kyk daarna in

Matthéüs 27:50 – “Daarop het Jesus weer met ‘n groot stem

geroep en die gees gegee. En kyk, die voorhangsel van die

tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde

het gebewe en die rotse het geskeur en die grafte het oopgegaan

en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan. En

ná sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die

heilige stad ingekom en aan baie verskyn.”

Toe Jesus sterf was daar ‘n aardbewing en het

hierdie ontslape heiliges opgestaan uit die dode en met Sy

opstanding het hulle eers hulle verskyning gemaak. Watse

opstanding van die dode was dit dan?

Kom ons kyk weer na – 1 Korinthiërs 15:20 “ Maar nou,

Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword

van die wat ontslaap het. Want aangesien die dood deur ‘n

mens is, is die opstanding van die dode ook deur ‘n mens. Want

soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in

Christus lewend gemaak word(met onverganklike verheerlikte

liggame) maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus,

daarna die wat aan Christus behoort by sy koms.

Volgens hierdie skrif was Jesus die eerste persoon wat uit

die dode opgestaan het met ‘n onverganklike verheerlikte

liggaam en daarna die wat aan Hom behoort met Sy

wederkoms, want ons gaan hierdie verheerlikte liggame nodig

hê om saam met Hom op hierdie aard e te heers as konings

en priesters.

As Jesus dan die eerste een was om hierdie liggaam te

ontvang met Sy opstanding, wat eers drie dae later gebeur

het, met watse liggame is die heiliges dan opgewek met

Page 111: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[111]

Jesus se kruisiging? Hulle fisiese liggame is uit die dood

opgewek soos dit met Lasarus die geval was – onthou hy was vir

vier dae in die graf voordat Jesus hom opgewek het uit die

dode. En daarna het hierdie heiliges in Jerusalem in gegaan en

aan baie verskyn met hulle fisiese liggame en net soos Lasarus

met hulle lewe op aarde voortgegaan.

Hulle het dan ook nie saam met Jesus opgevaar na die

hemel toe soos beweer word nie. Hy het alleen van die Olyfberg

af opgevaar met sy dissipels as getuies en daarom weet ons daar

was nie ‘n wegraping van die heiliges saam met Jesus toe Hy

opgevaar het nie. As hulle op aarde agtergebly het moes hulle

met hulle onverganklike liggame nog steeds gelewe het, nie

waar nie?

Want as ons hierdie liggame ontvang is ons onsterflik en het

ons die dood finaal oorwin – 1 Korinthiërs 15:54 En wanneer

hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie

sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die

woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning.

Daar is dus ‘n opstanding uit die dode met jou vleeslike

liggaam, wat vandag nog met mense gebeur. Dan is daar die

opstanding uit die dode met jou onverganklike verheerlikte

liggaam, waarvan Jesus die eerste een was om met hierdie

liggaam beklee te word en daarna die wat aan Hom behoort met

Sy wederkoms. Net Jesus alleen het tot dusver ‘n onverganklike

verheerlikte liggaam ontvang met Sy opstanding uit die dode.

In Johannes 6 belowe Jesus die volgende aan Sy dissipels:

“Dit is die wil van die Vader wat My gestuur het, dat al wat Hy

My gegee het, ek daarvan nie sal verloor nie, maar dit opwek in

die laaste dag...dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat

elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag

hê en Ek sal Hom opwek in die laaste dag…Niemand kan na My

Page 112: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[112]

toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie en

Ek sal hom opwek in die laaste dag…Hy wat my vlees eet en my

bloed drink, het die ewige lewe en Ek sal hom opwek in die

laaste dag.” Wanneer gaan Jesus sy volgelinge opwek?

In hierdie verse praat die Here Jesus vier keer met sy

gelowige volgelinge en beloof aan hulle ‘n opstanding in die

laaste dag! Nie voor die groot verdrukking of enige oomblik

soos die “geheime wegraping” verkondig nie. In die laaste dag

sal Hy ons opwek en Hy belowe dat Hy met ons sal wees tot aan

die voleindig van hierdie wêreld soos ons dit tans ken.

Selfs Martha, Lasarus se suster, het die opstanding van

die dode reg verstaan wanneer sy met Jesus praat nadat haar

broer gesterf het. Jesus se vir haar: “Jou broer sal opstaan” en

sy antwoord: “Ek weet dat hy sal opstaan in die opstanding

in die laaste dag!” Hier sien ons weer dat die opstanding van

die heiliges op die “laaste dag” van die huidige wêreld soos ons

dit nou ken sal plaasvind en nie 'n dag voor die tyd nie.

Hoekom het die mense in Jesus se tyd dit reg verstaan? Almal

sal dan uiteindelik opstaan, maar die eerste opstanding gaan

‘n besonderse opstanding en 'n voorreg wees, wat bedoel is

vir die ware Christen.

Dit is ook waarin die Christen-martelare hulle hoop

gestel het. Die Apostel sê hulle het in hulle lyding en

beproewinge geen bevryding aangeneem nie, want hulle het

geweet ‘n beter opstanding wag vir hulle. Hoe kan dit dan ‘n

beter opstanding wees? Dit is ‘n beter opstanding omdat daar 'n

duidelike onderskeid tussen die opstanding van die heiliges en

dié opstanding van die sondaars gaan wees.

Die een is ‘n opstanding van krag en heerlikheid en die

ander een ‘n opstanding van ewige verskrikking, pyn en lyding.

Dit is in ooreenstemming met die onderskeid, wat die Here

van die begin af tussen die kinders van God en die kinders van

die duiwel gestel het. God se kinders wat in die lig van Jesus

Page 113: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[113]

wandel en die kinders van Satan wat in die duisternis wandel.

Want ons kan nie, twee here dien nie.

Ons weet nog nie wat die volle omvang van die majesteit

en vreugde sal wees waarmee die Here ons gaan beklee met

die opstanding van die heiliges nie. Maar ons weet egter wel

dat die veroordeling van die tweede dood geen mag oor ons sal

hê nie. Hoe kan veroordeling kom oor enigeen behalwe die

sondaars, wat weier om Jesus as enigste Verlosser te aanvaar?

Persone wat Jesus aangeneem het, was ook eens op ‘n tyd

sondaars wat van nature kinders van die toorn was, maar hulle

sonde is vergewe en weggeneem. Hulle dra as gewastes in die

bloed van die Lam, die Verlosser se kleed van geregtigheid.

Daarom het die tweede dood geen mag oor hulle nie.

Die dood en die hel het dus geen mag oor ons nie, omdat

ons meer as oorwinnaars is deur Hom wat ons liefhet. Ons

sterflike liggame sal opgewek word uit die dood, in die ewige

lewe saam met Jesus Christus ons Heer en Meester.

Jesaja 25:8–9 - “Hy sal die dood vir ewig vernietig en die

Here HERE sal die trane van alle aangesigte afvee en Hy sal die

smaad van sy volk van die hele aarde af wegneem, want die

HERE het dit gespreek”. En hulle sal in dié dag sê: “Kyk, dit is

onse God op wie ons gewag het, dat Hy ons kan verlos, dit is die

HERE op wie ons gewag het, laat ons juig en bly wees oor sy

hulp.”

Laat ons wat God vrees en in die Here Jesus glo, hierdie

belofte van die eerste opstanding as ‘n venster neem waardeur

ons kan kyk na die ewigheid. Wanneer ons dan deur moeilike

tye gaan en ons in ellendige omstandighede verkeer, laat ons

met verwagting vooruitsien na die dag wanneer Jesus Christus

ons met die Wederkoms kom haal of dan sal kom opwek, sou

ons voor die tyd tot sterwe kom! Ons sal saam met Hom regeer

as konings en priesters, terwyl ons in Sy heerlikheid sal deel en

die tweede dood geen mag meer oor ons sal hê nie.

Page 114: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[114]

Die Tweede Opstanding:

Ek wil nou ook kortliks verwys na hierdie tweede opstanding,

die oordeel en verdoemenis wat wag op die onregverdiges wat

Jesus Christus as Verlosser verwerp het en die kaptein van hulle

eie skip gebly het. Jy het nou gehoor van die opstanding van

die regverdiges wat in Christus gesterwe het. Vir die

ongelowige/sondaar is die woord “opstanding” geen goeie nuus

nie. Daar is nie vrede in hulle gemoed wanneer hulle hoor dat

die dode gaan opstaan of dat hulle verantwoordig gaan moet

doen vir al hulle dade wat hulle op aarde gedoen het nie.

Hulle verkies om die leun te glo dat as hulle sterf, daar geen

lewe na die dood is nie.

Nogtans wil ek jou verseker dat jy wél opgewek gaan word,

of jy aan ‘n opwekking uit die dode glo of nie. Nie net alleen

jou siel nie, maar ook jou liggaam gaan lewe tot in alle

ewigheid. Daardie oë wat soveel verkeerde dinge begeer het,

sal tonele van verskrikking aanskou en daardie ore wat geluister

het na die versoekinge van die bose, sal die geluid van oordeel

hoor. Daardie voete wat jou na die verkeerde plekke toe

geneem het, sal kragteloos onder jou word wanneer jy die Here

God, Almagtige wat lewe en dood in Sy hande hou, op die

groot Wit troon sien sit. Vrees Hom wat in staat is om jou

liggaam én siel in die hel te werp.

Wanneer daardie boeke geopen word, sal elke daad, elke

woord en elke gedagte van jou hardop gelees word. Al die

verkeerde begeerlikhede en wraakgedagtes wat jy in jou hart

gekoester het en uitgevoer het, sal op daardie dag as getuienis

teen jou gebring word. Naakte vrees en verskrikking sal jou

aangryp, soos vir Belsásar toe hy die skrif aan die muur gesien

het en sy gelaatskleur verander het.

Sy gedagtes het hom verskrik, die gewrigte van sy heupe

het losgeraak en sy knieë het teen mekaar geslaan. Dink mooi

aan al die geleenthede, wat al jou pad langs gekom het om

Page 115: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[115]

Jesus Christus as jou Verlosser te aanvaar, maar jy het tot

dusver net eenvoudig geweier om Jesus as jou Verlosser aan te

neem. Jy het Jesus nodig!

Ná die dood kom die oordeel en ná die oordeel die

verdoemenis. Ongelowige, jy wat geen geloof in Jesus as

Redder het nie, ek kan nie eers ‘n volledige denkbeeld vorm

van die skrikwekkende bestemming wat op jou wag nie. Ek bid

dat jy ten minste die feit hiervan sal besef en dat die Here deur

Sy genade sal gee, dat jy nooit hierdie plek van afgryse hoef te

beleef nie.

Vlug daarvan weg terwyl jy nog in die tyd van genade lewe.

Laat die Here toe om jou kaartjie na die hel te kanselleer, sodat

dit nie meer jou bestemming hoef te wees nie! Want ons almal

het gesondig en dit ontbreek ons aan die heerlikheid van God.

Ek smeek jou, dink aan die einde, dink! Hierdie mag

dalk die laaste waarskuwing wees wat jy ooit sal ontvang, omdat

jy dalk nie weer 'n kans gaan kry om reg te maak voor dit dalk te

laat is nie. Gryp dus hierdie geleentheid met jou hele hart aan

en maak jou saak met God reg!

Ek verhoog Christus, die Gekruisigde, nou voor jou.

Elkeen wat in Hom glo, sal nie sterwe nie, maar sal die ewige

lewe beërwe. Soos Moses die slang in die woestyn verhoog het,

word die Seun van die mens vandag voor jou verhoog. Kyk na

Sy wonde en die doringkroon op Sy hoof. Kyk na die spykers in

Sy hande en voete. Sien jy Hom in jou gedagtes en sien jy hoe

Hy vir jou verlossing betaal en gely het aan die kruis?

Luister terwyl Hy sê: “Kom nou en laat ons die saak

uitmaak, sê die HERE: al was jou sondes soos skarlaken, dit sal

wit word soos sneeu, al was dit rooi soos purper, dit sal word

soos wol. Kyk, Ek staan by die deur (van jou hart) en Ek klop.

As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan

na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My”.

Page 116: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[116]

Die verlossende genade van Christus word vryelik aan jou

verkondig. Glo in die Here Jesus Christus met jou hele hart en

jy sal gered word. Vertrou op Hom, en die verskrikking van die

komende oordele sal geen mag meer oor jou hê nie. Die belofte

van die eerste opstanding sal vir jou vervul word. Kies dan die

lewe in Jesus Christus, sodat die tweede dood geen mag oor jou

sal hê nie.

Paulus deel ook ‘n verborgenheid met ons oor die

Eerste Opstanding:

“Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal

verander word, in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste

basuin want die basuin sal weerklink, en die dode sal

onverganklik opgewek word en ons sal verander word, want

hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word…”

Let wel: By die laaste basuin. Hier word die tyd wanneer

die basuin gaan blaas baie duidelik aangegee. Waar in die

Woord van God word die basuine geblaas? Kom ons gaan kyk.

Openbaring 8 - “En toe Hy die sewende seël oopgemaak

het, kom daar stilte in die hemel omtrent ‘n halfuur lank. En ek

het die sewe engele gesien wat voor God staan, en sewe basuine

is aan hulle gegee”. As daar sewe basuine deur sewe engele

geblaas gaan word, is die logiese gevolgtrekking dat die

sewende basuin dan die laaste basuin is, nie waar nie?

Openbaring 10:7 - “…maar in die dae van die stem van die

sewende engel, wanneer hy met die basuin sal blaas, dan is die

verborgenheid van God volbring, soos Hy die blye tyding

verkondig het aan sy diensknegte, die profete.”

Openbaring 11 - En die sewende engel het geblaas, en

daar was groot stemme in die hemel wat sê: (4) “Die

koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here

geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle

ewigheid...en (3) die tyd van die dode om geoordeel te word en

Page 117: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[117]

om die loon te gee aan u diensknegte, die profete, en aan die

heiliges en aan die wat u Naam vrees, klein en groot...(2) En die

nasies was vertoornd, en u toorn het gekom om die verderwers

van die aarde te verderf…(1) en daar was weerligte en stemme

en donderslae en aardbewings en groot hael.”

Hier sien ons dat wanneer die sewende engel die

sewende basuin blaas, daar ‘n hele paar dinge gebeur:

1. Met Jesus se wederkoms sal daar weerligte, stemme,

donderslae, aardbewings en groot hael wees.

2. Die tyd van U toorn het gekom om die verderwers van die

aarde te verderf, die slag van Armagéddon.

3. Loon sal gegee word aan diensknegte, profete, heiliges en

aan die wat Jesus se Naam gevrees het.

4. Jesus aanvaar Sy Koningskap oor die koninkryke van die

wêreld, die duisendjarige-vrederyk.

Page 118: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[118]

Afdeling 1

Met Jesus se Wederkoms sal daar weerligte, stemme, donderslae,

aardbewings en groot hael wees.

Dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel

verskyn en ons sal die Seun van die mens sien kom in ‘n wolk,

met groot krag en heerlikheid en elke oog sal Hom sien, ook

hulle wat Hom deursteek het en Hy sal sy engele uitstuur met 'n

harde trompetgeluid en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit

die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die

ander einde daarvan.

Die wederkoms van Jesus Christus en die eerste

opstanding, wegvoer van die heiliges is een wonderlike

gebeurtenis, wat duidelik sigbaar gaan wees met weerligte,

donderslae, aardbewings en 'n basuingeklank. Want elke oog

sal Hom sien kom - Johannes sê: “Kyk, Hy kom met die wolke

en elke oog sal Hom sien”.

Terwyl ons hierdie salige hoop het en die verskyning van

die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser,

Jesus Christus. Die wat in Christus gesterf het, sal eerste

opstaan en daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met

hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug en

so sal ons altyd by die Here wees.

Die skrifversies verduidelik dat Jesus Christus uit die

hemel sal neerdaal met ‘n geroep en die wat in Christus gesterf

het sal uit hulle grafte opgewek word en hulle sal opstaan uit

die dode. Hulle en die Christene wat nog in die lewe is, sal dan

weggevoer word in die wolke om die Here in die lug te

ontmoet.

Page 119: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[119]

Wat is die doel van ons vereniging met Christus in die

lug?

As jy Paulus se verduideliking in 1 Thessalonicense 4 lees, sal jy

gou agterkom dat hy vanuit 'n historiese perspektief praat. Hy

verwys na van die rituele wat beoefen is, deur die Romeinse leer

in die dae toe Paulus nog geleef het.

Wanneer die Romeinse leër 'n ver land verower het, het

hulle oorwinnend teruggekeer na Rome. Wanneer hulle dan

ongeveer 'n kilometer van Rome af was, het hulle gestop en

gekamp. Dan was boodskappers in die stad ingestuur, om te

verkondig dat die weermag die oorwinning behaal het en terug

is in die land. Die burgers het dan die stad verlaat en die

Romeinse Weermag by hulle kampplek ontmoet. Wanneer

hulle dan almal bymekaar was, het hulle saam as een volk

opgetrek na Rome toe. Beide die weermag en die burgers van

Rome het dan saam gedeel in die heerlikheid van die

oorwinning wat behaal is oor die vyand.

Dit is 'n perfekte prentjie van die wederkoms van Jesus

Christus. Sy wederkoms word nie in twee gebeurtenisse verdeel

nie, maar Jesus kom net een keer as 'n oorwinnende Koning

terug. As hy terugkeer na die aarde toe in die heerlikheid van

Sy Vader, wat baie duidelik sigbaar vir die goddelose wêreld

gaan wees, vertoef Hy vir ‘n wyle en roep dan Sy Bruid, sy

uitverkorene kinders. Hulle word dan versamel deur die engele

en saam sal die wat opgewek word uit die dode en die lewendes,

met Hom verenig word in die lug. Hoekom? Om te verseker

dat al Sy uitverkorenes kan deel in Sy glorieryke terugkoms na

hierdie aarde toe.

“Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet

wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie

treur soos die ander wat geen hoop het nie”. Die doel van

Paulus se skrywe hier was gefokus op die ontslapenes sodat ons

nie moes treur oor die dode soos ander wat geen hoop het nie.

Page 120: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[120]

Want as ons glo dat Jesus Christus gesterwe en opgestaan het,

sal Jesus saam met Hom bring diegene wat in Hom ontslaap

het, die gelowiges wat gesterf het.

Gaan Jesus Christus die gelowiges uit die groot

verdrukking “wegraap”? Niks word daarvan gesê nie, daar’s

geen sprake van nie. Ook is daar niks in hierdie gedeelte wat

daarop dui dat Jesus Christus gaan neerdaal na die aarde toe

en dan in die verbygaan Christene gaan “wegraap” en hulle dan

hemel toe neem, waar daar bruilof gehou word sonder die

martelare van die groot verdrukking nie.

Hierdie verse verwys slegs na die opstanding van die

ontslapenes met die wederkoms, wat openlik plaas vind met

die blaas van die laaste basuin. “Want die Here self sal van die

hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel

en met geklank van die basuin van God en die wat in Christus

gesterf het, sal eerste opstaan.”

Die “geheime wegraping” beweer dat Jesus Christus se

koms uit twee fases bestaan naamlik:

1. Die eerste fase begin wanneer Jesus kom soos ‘n dief in die

nag net halfpad in die lug, in die geheim om Sy Bruid te kom

haal, waarna die Bruilofsmaal van die Lam dan in die hemel

gevier gaan word. Hierdie gebeurtenis vind dan aan die begin

van die sewe jaar van die groot verdrukking plaas.

So, waarop word die “geheime wegraping” dan gebaseer?

Die meeste volgelinge baseer hierdie teorie op die verse wat leer

dat die koms van Christus sal wees soos 'n dief in die nag.

Hierdie “dief in die nag” beteken nie dat Jesus Sy Bruid enige

tyd gaan kom wegsteel nie, maar dat Sy koms skielik en

onverwags op die wêreld gaan neerkom soos ‘n dief in die nag.

Paulus sê in 1 Thessalonicense 5 - “Want julle weet self

baie goed dat die dag van die Here kom net soos ‘n dief in die

Page 121: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[121]

nag...Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons

waak en nugter wees”.

Die term “dief in die nag” word gebruik wanneer hulle

sê:

“Vrede en veiligheid!” Dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos

barensnood ‘n swanger vrou en hulle, die wêreld wat in

duisternis gehul is, sal die koms van die Here sekerlik nie

ontvlug nie.

Maar ons is almal kinders van die lig en nie van die duisternis,

dat Jesus se koms ons soos ‘n dief gaan oorval nie. Hierdie vers

maak dit baie duidelik dat Jesus nie soos 'n dief in die nag gaan

kom vir Sy kinders nie. Hoekom nie? Omdat ons kinders van

die lig is en ons nugter en waaksaam is.

Ons sien dus dat die “dief in die nag” term nie in die regte

konteks gebruik word nie. Die regte bedoeling is, dat die hele

wereld, die kind van God en die goddelose saam, die

wederkoms, of dan die dag van die Here, gaan beleef. Die

ongelowiges wat in die duisternis wandel gaan oorval word,

maar nie die kind van God nie! Dit sal wees net soos in die dae

van Noag, Noag en sy gesin was gereed vir die vloed, dit het

hulle nie oorval nie, maar wel vir die goddelose.

Jesus sê: “Maar van dié dag en dié uur weet niemand

nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader

alleen”. Ons sal dus nie die dag en uur weet nie, maar ons sal

weet wanneer Jesus se koms op hande is. Ons verwag Sy koms,

want as ons al hierdie dinge sien gebeur, waarteen Jesus ons

waarsku, sal ons, ons hoofde ophef want ons weet dan dat ons

verlossing naby is.

2. Die tweede fase of dan die tweede koms van Jesus Christus

sal duidelik sigbaar vir elke oog wees wanneer Hy met sy voete

op die Olyfberg gaan staan om deel te wees van die slag van

Armagéddon. Hy sal dan die “seun van die verderf” met die

Page 122: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[122]

asem van Sy mond verdelg. Hierdie tweede fase wat geglo

word, is dan eintlik die enigste keer wat Jesus as die Koning

van alle Konings triomfanklik na hierdie aarde sal terugkeer.

Maar kyk self wat Paulus ons leer uit die Woord i.v.m. die

wederkoms:

Let asseblief mooi op na die volgende Skrifverse:

2 Thessalonicense 1:5–10 - “...dat julle die koninkryk van God

waardig geag mag word, waarvoor julle ook ly. 2) Aangesien dit

reg is by God om aan die wat julle verdruk, verdrukking te

vergelde, en

1) aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in

die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy

magtige engele in vuur en vlam, 2) wanneer Hy wraak

uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die

evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie. Hulle sal

as straf ondergaan ‘n ewige verderf, weg van die aangesig van

die Here en van die heerlikheid van sy sterkte, 1) wanneer Hy

kom om verheerlik te word in Sy heiliges en bewonder te word

in almal wat glo”.

Hierdie is ‘n wonderlike skrifgedeelte oor die wederkoms,

maar ek het nog nooit iemand hieroor hoor praat/preek nie!

Kom ons kyk wat Paulus in hierdie gedeelte vir ons sê.

Weereens is hierdie gedeelte uit die Woord tweeledig van aard:

Kom ons herrangskik die Skrifvers soos ek dit gemerk het, om

die uitleg daarvan duidelik te verstaan:

1. “Dat julle die koninkryk van God waardig geag mag word,

waarvoor julle ook ly. Om aan julle wat verdruk word,

verligting te gee saam met ons, (Paulus en al die mense wat

al ontslaap het), in die openbaring van die Here Jesus uit

die hemel met sy magtige engele in vuur en vlam, wanneer

Hy kom, (met Sy wederkoms), om verheerlik te word in Sy

heiliges en bewonder te word in almal wat glo”. Hoe gaan Hy

Page 123: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[123]

in Sy heiliges, verheerlik en bewonder word as hulle dan alreeds

in die hemel is?

2. “Aangesien dit reg is by God om aan die wat julle verdruk,

(die antichris, valse profeet en al die goddelose mense),

verdrukking te vergelde, wanneer Hy wraak uitoefen, (met Sy

wederkoms), op die wat God nie ken nie en op die wat aan die

evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie. Hulle sal

as straf ondergaan ‘n ewige verderf, weg van die aangesig van

die Here en van die heerlikheid van sy sterkte.”

Met die openbaring van Jesus Christus uit die hemel, Sy

wederkoms na hierdie aarde, saam met sy magtige engele sal

die volgende geskied: God gaan aan diegene wat ons verdruk,

verdrukking vergelde en aan ons verligting gee, deur terug te

kom vir ons aan die einde van die groot verdrukking. Alles

gebeur dus met Sy enigste wederkoms na hierdie aarde toe.

Opsomming van Skrifgedeelte:

Om aan ons as Christene wat die koninkryk van God waardig

geag mag word en gaan beêrwe op hierdie aarde, wat al

verdruk is deur die kerkgeskiedenis en aan ons wat deur die

groot verdrukking moet gaan, verligting te gee saam met die

ontslapenes wat gaan opstaan, in die openbaring van Jesus

uit die hemel met Sy koms, vergesel deur Sy magtige engele in

vuur en vlam.

Dit lyk nie vir my of hier sprake is van ‘n “geheime

wegraping” voor die groot verdrukking in hierdie skrifgedeelte

nie, want Jesus gaan juis aan ons verligting bring van ons

verdrukkers en terselfdetyd gaan Hy ook afreken met hulle,

deur wraak te neem op almal wat ons verdruk het.

Wanneer Hy kom sal Hy ook verheerlik word in sy heiliges

en bewonder word in almal wat in Hom glo. Prys Sy Naam!

Wat ‘n oomblik van verlossing sal dit nie wees vir ons wat tot

die einde toe sal volhard gedurende die groot verdrukking nie.

Page 124: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[124]

God gaan aan die wat ons verdruk, die “dier” met sy valse

profeet en al die nasies wat hom volg, verdrukking vergelde.

Hoe en wanneer? Hy gaan wraak neem met die slag van

Armagéddon op die opstandige nasies en die wat aan die

Woord ongehoorsaam was. Hulle straf sal wees ‘n ewige

verderf weg van die aangesig van God en die heerlikheid van

Sy sterkte.

Ons moet voorbereid wees vir die wederkoms van

Jesus.

2 Thessalonicense 2: “Maar ons vra julle, broeders, met die oog

op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en ons

vereniging met Hom, (our being gathered together to be with

him) om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word

nie - deur gees of deur woord of deur brief wat van ons

afkomstig sou wees - asof die dag van Christus al daar is nie.”

“Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers

moet (1) die afval kom en (2) die mens van sonde geopenbaar

word, die seun van die verderf, die teëstander wat hom verhef

bo al wat God genoem word en voorwerp van aanbidding is,

sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy

God is. Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe

ek nog by julle was nie?” En nou, julle weet wat hom teëhou,

sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word. Want die

verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net

totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is en dan sal die

ongeregtige geopenbaar word, (3) hy (die dier) wat die Here

met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning

van sy wederkoms tot niet sal maak.”

Paulus maak dit duidelik in hierdie Skrifvers dat

die wederkoms en ons vereniging met Jesus Christus een

gebeurtenis gaan wees en nie twee soos geglo word nie! Hierdie

Skrifvers alleen skakel die “geheime wegraping” heeltemal uit.

Page 125: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[125]

Dit waarteen Paulus ons gewaarsku in die begin van hierdie

gedeelte, dat ons niemand moet toelaat om ons te mislei nie,

laat ons juis toe met hierdie “geheime wegraping” leerstelling.

Hy vermaan die Christene om nie gou hulle verstand te

verloor of verskrik te word nie want eers moet daar twee dinge

gebeur en voordat dit nie gebeur het nie, sal die Here nie kom

nie en met Sy koms word die dier dan ook verdelg met die asem

van Sy mond, by die slag van Armageddon. Dit word eenvoudig

gestel maar hierdie leersteling verblind sommige Christene se

oë en hulle kan nie die waarheid sien nie.

1. Wie is die afval waarvan Paulus praat?

Dit kan moontlik Christene wees wat huidiglik glo dat God hulle

voor die groot verdrukking gaan wegraap, wat ongelukkig

onkant gevang gaan word wanneer hulle vervolg en moontlik

doodgemaak gaan word vir hulle geloof. Hulle geloof sal dan

getoets word, want hulle kan dan glo dat God hulle verlaat het

en dat die profesieë van die wederkoms nie meer waar is nie.

Die gevaar van hierdie leerstelling is dat hulle moontlik nie

meer sal glo in ‘n opstanding en ‘n wederkoms net na die groot

verdrukking nie.

Onder sulke omstandighede sal van die gelowiges wegval

en hulle geloof betwyfel, hulle sal die Here se Woord dus in

twyfel trek. Die predikers wat voorstaanders van hierdie

leerstelling was, sal dan ook oorgesien word vir die leuen wat

hulle verkondig het. Die dwaling oor Jesus Christus se koms na

hierdie aarde toe, is dat dit in die geheim en voor die groot

verdrukking gaan plaasvind, soos dit genoem word “pre-trib

rapture.”

Sal die geskiedenis homself herhaal deurdat Christene net

soos Petrus voor Jesus se kruisiging, Hom sal verloën omdat

hulle, hulle eie lewens en die van hulle gesinne sal wil red,

asook om die toorn van die “dier” vry te spring?

Page 126: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[126]

Paulus rig dan ook 'n waarskuwing aan ons in 2 Timótheus

2:12: “As ons verdra, sal ons met Hom regeer. As ons Hom

verloën, sal Hy ons ook verloën”. Jy hoor ook wanneer die Skrif

aangehaal word en hulle sê: “Kom gou, Here Jesus!” Dan is

hulle op soek na 'n ontsnappings roete na die hemel, uit die

groot verdrukking, wat in die laaste dae gaan plaasvind in

hierdie wêreld.

Wanneer dinge rêrig gaan versleg en daar nie 'n “geheime

wegraping” gaan plaasvind nie, sal sommige Christene hulle rûe

op Jesus draai omdat hulle nie gered gaan word deur die

“geheime wegraping” nie. Dit is dan presies hoe die Satan sy

doel sal bereik deur die onderrig van hierdie valse leerstelling.

Gedurende die groot verdrukking sal daar geestelike

duisternis oor die aarde kom wanneer niemand meer sal kan

arbei vir die Meester nie. Ons moet nou werk terwyl dit nog

dag is en ons nog gunstige tye beleef. Elke kind van God sal

hard moet stry met die volle wapenrusting aan teen die onheile

wat gaan kom. Die doel van Satan, sy self-opgelegde taak, is

om te steel, te slag en te verwoes.

Jesus waarsku ons: “Kyk, Ek kom gou! Hou maar net vas

wat julle het, totdat Ek kom, sodat niemand jou kroon kan

neem, of dan steel nie”. Dit gaan ‘n worstelstryd wees, dink net

hoe dit voel wanneer iemand iets van jou probeer afvat. Is dit

nie so dat jy dan met al jou krag en vermoë daaraan sal vashou

nie? Onthou net, Satan begeer jou kroon wat spreek van jou

outoriteit, gesag en posisie in Jesus Christus.

Paulus gebruik weereens die taal van die weermag as ‘n

vergelyking in Efesiërs 6:10-18. Net soos 'n bevelvoerder het hy

‘n beroep op die soldate van die kruis gedoen om die volle

wapenrusting van God aan te trek, sodat ons staande kan bly

teen die liste van die duiwel.

Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen

die bose geeste in die lug, wat deur mense werk.

Page 127: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[127]

Sal mense nog tot bekering kom tydens die groot

verdrukking?

“En die mense is geskroei met ‘n groot hitte en hulle het die

Naam van God gelaster wat mag het oor hierdie plae en hulle

het hul nie bekeer om Hom heerlikheid te gee nie...en hulle het

die God van die hemel gelaster oor hulle pyne en oor hulle

swere en het hulle nie bekeer van hul werke nie”. Ons sien in

die bogenoemde Skrif dat die goddelose mense in plaas daarvan

om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë, hulle die God van

die hemel laster oor die toestand van hulle lyding.

Daar sal ook kinders van God wees wat mekaar gaan haat

en gaan verraai. Dan sal baie tot struikel gebring word en

omdat die ongeregtigheid vermeerder, sal die liefde van die

meeste verkoel. Aan die ander kant is daar die oorwinnaars

oor die “dier” en oor sy beeld, sy teken en oor die getal van sy

naam. Die martelare wat gedurende die groot verdrukking sal

sterf ter wille van hulle geloof in Jesus, sal staan soos ‘n see van

glas voor die Troon van God.

2. Die “seun van die verderf”

Hy gaan homself eers verhef en dan in die tempel van God sit

asof hy God is. Dit is ook een van die dinge wat nog sal moet

gebeur voordat ons met Jesus Christus verening word met Sy

wederkoms. Dit beteken dat die “hy” nie die Kerk of die

Heilige Gees is wat hom teëhou nie. Die Heilige Gees en die

kerk gaan bly tot aan die einde van die wêreld toe, niemand

gaan nêrens heen nie.

3. Deur die verskyning van sy wederkoms, sal Hy hom

tot niet maak

“Maar die Here sal die aarde slaan met die roede van sy mond

en met die asem van sy lippe die goddelose doodmaak en die

“seun van die verderf” verdelg en deur die verskyning van sy

wederkoms, sal Hy hom tot niet maak”.

Page 128: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[128]

As Jesus dan die Antichris eers met Sy verskyning,

wanneer ons met Hom verenig word, tot niet maak, hoe is dit

dan moontlik dat ons al voor die groot verdrukking

“weggeraap” gaan word? Hierdie leerstelling maak regtig

net nie sin nie, ek kan dit nie verstaan waarom dierbare kinders

van God dit aanhang en glo nie!

In Matthéüs 24 sien ons wanneer die wederkoms gaan

plaasvind: “Maar dadelik ná die verdrukking van daardie dae

sal daar wondertekens in die hemel wees, aan die son en maan

en sterre, die son sal verduister word en die maan sal sy glans

nie gee nie en die sterre sal van die hemel val, voordat die groot

en deurlugtige dag van die HERE kom en die kragte van die

hemele sal geskud word.”

Die aarde word geheel en al verbreek, die aarde is geheel

en al aan die wankel, die aarde word geheel en al geskud. Die

aarde waggel geheel en al soos ‘n dronkaard en swaai heen en

weer soos ‘n naghut en sy oortreding is swaar op hom…Want

die sluise uit die hoogte het oopgegaan, en die fondamente van

die aarde bewe.

Op die aarde sal daar dan benoudheid van nasies in hulle

radeloosheid wees, wanneer see en branders dreun en mense se

harte sal beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor

die wêreld kom. Want die dag kom, en dit brand soos ‘n oond.

Dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid bedrywe,

‘n stoppel wees en die dag sal hulle aan die brand steek en wie

sal standhou voor sy grimmigheid en wie sal bestand wees teen

die gloed van sy toorn?

Sy gramskap word uitgegiet soos vuur en die rotse word

stukkend geruk voor Hom. Die berge bewe voor Hom en die

heuwels smelt weg en die aarde rys op voor sy aangesig, ja, die

wêreld en almal wat daarin woon en Sy stem het die aarde

geskud.

Page 129: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[129]

Hebreërs 12 - “Toe het sy stem die aarde geskud...nog een

maal laat Ek nie alleen die aarde nie, maar ook die hemel

bewe...” Dit wys duidelik op die verandering van die

wankelbare dinge as geskape dinge sodat die onwankelbare kan

bly! Wat bly oor wanneer God se stem die aarde skud? Net die

gelowiges wat deel uitmaak van die geestelike koninkryk,

waarvan Jesus die Koning is, sal staande kan bly.

Hier sien ons duidelik dat die wankelbare dinge, die

tydelike koninkryke van hierdie wêreld en mense wat nie op die

Rots Jesus Christus geanker is nie, nie staande sal kan bly nie.

Onthou, waarop jou geestelike huis gebou moet wees.

Wanneer Jesus Sy koningskap oor hierdie aarde

aanvaar, maak die vrou van die Lam haar gereed vir

die Bruilof.

Johannes beskryf die wederkoms vanuit ‘n hemelse oogpunt in

Openbaring 19 - Hy hoor die stemme van ‘n groot menigte en

soos die geluid van baie waters en soos die geluid van sterk

donderslae wat sê: “Halleluja! want die Here God, die

Almagtige, het die koningskap aanvaar”.

Watse koningskap gaan Jesus dan hier aanvaar as Hy

alreeds Koning van ons harte is? Met Sy eerste koms as die

Lam van God wat vir ons geslag was, het die Israeliete gedink

Hy gaan die Romeinse Ryk omverwerp en koningskap aanvaar

oor Israel. Ons weet natuurlik dat dit nooit gebeur het nie.

Eers met Sy tweede koms is Hy bestem om die koningskap te

aanvaar en oor hierdie hele aarde te heers.

“Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die

heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy

vrou het haar gereed gemaak. En aan haar is gegee om bekleed

te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die

regverdige dade van die heiliges...salig is die wat genooi is na

die bruilofsmaal van die Lam”. Eers met die wederkoms van

Page 130: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[130]

Jesus Christus, maak die vrou van die Lam haar gereed vir die

bruilof. Maar volgens die “geheime wegraping” vind hierdie

bruilof al voor die groot verdrukking plaas.

“Toe het ek die hemel geopend gesien en daar was ‘n wit

perd en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig

en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid. En sy oë was soos

‘n vuurvlam en op sy hoof was baie krone en Hy het ‘n Naam

wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self”. En Hy

was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was en sy Naam

is: “Seun van God”. En die leërs in die hemel het Hom gevolg

op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne.

Hoe moet ons as kinders van God wag op ons

Bruidegom? Luk 12:35 – 40. “Laat julle heupe omgord

wees en julle lampe aan die brand. En julle moet wees soos

mense wat op hulle heer wag

wanneer hy van die bruilof terugkom, sodat hulle dadelik vir

hom kan oopmaak as hy kom en aanklop. Gelukkig is daardie

diensknegte vir wie die heer wakker sal vind as hy kom.

Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom omgord en hulle aan tafel

laat gaan en hulle kom bedien. Julle moet dan ook gereed

wees, omdat die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit

nie verwag nie”. Ons Heer moet ons gereed en wakker vind,

ons heupe omgord en ons lampe aan die brand. Dan sal Hy ons

omgord, ons aan tafel laat gaan en ons bedien.

Kom ons staan vas in die waarheid, wat die Woord van

God ons leer en verwerp hierdie mensgemaakte leerstelling.

Die Christene wat dit aanhang, het nog nie werklik intens die

Woord van God bestudeer en hierdie leerstelling getoets aan

die Woord van God nie. Kom ons keer ons ore af van hierdie

fabel en gryp die waarheid van God se Woord aan. Jeremia

23:16 – “So sê die HERE van die leërskare: Luister nie na die

woorde van die profete wat vir julle profeteer nie, hulle vervul

Page 131: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[131]

julle met ydele verwagtinge, gesigte uit hul eie hart verkondig

hulle, nie uit die mond van die Here nie.

Soos ons reeds opgemerk het, leer die Bybel ons duidelik

dat Jesus Christus die tweede keer, as Ruiter op die wit perd,

in heerlike majesteit, oorwinnend en met groot krag gaan

terugkeer na hierdie aarde toe. Die Here sal duidelik sigbaar

wees vir almal in hierdie lewe, niemand gaan dit mis nie en

almal gaan deel wees daarvan. Of dit nou al die heiliges uit ‘n

hemelse oogpunt saam met die Here gaan wees en of dit nou uit

verskrikking gaan wees vir die ongelowige goddelose mense op

die aarde. Baie mense sal uitroep: “Berge val op ons, heuwels

bedek ons!”

Die regverdige sal bymekaar gemaak word om die Here in

die lug te ontmoet, saam met die ontslapenes, wat opgestaan

het, terwyl die bose verslaan sal word deur die glans van Sy

koms en deur die asem van Sy mond. Laat ons, ons Bybels self

deeglik bestudeer sodat ons nie mislei word nie. Ons het

hierdie wonderlike hoop vir die toekoms - Die wonderlike

wederkoms van onse Here Jesus Christus na hierdie aarde toe!

Page 132: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[132]

Afdeling 2

Die tyd van U toorn het gekom om die verderwers van die aarde te verdelg, die

slag van Armagéddon! Openbaring 16:14-17 - “Want dit is geeste van duiwels wat

tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die

hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie

groot dag van die almagtige God. Kyk, Ek kom soos ‘n dief.

Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien

naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie. En hulle het hul

versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word

Armagéddon”. In bogenoemde Skrifvers, net voor die slag van

Armagéddon, tussen die sesde en sewende laaste plae wat vol

van die grimmigheid van God is, waarsku Jesus Sy kinders

weereens om te waak en hulle klere te bewaar en nie naak rond

te loop nie.

“Kyk, Ek kom soos ‘n dief in die nag en as jy dan nie

wakker is nie, sal Ek op jou afkom soos ‘n dief en jy sal nie weet

in watter uur Ek op jou afkom nie”. Ons moet dan gereed wees,

omdat die Seun van die mens kom op ‘n uur wanneer die wêreld

dit nie sal verwag nie. Party mense is geneig om sonder klere te

gaan slaap en dan wanneer hulle skielik oorval word, word dit

bevind dat hulle naak is, dan sien mense hulle skaamte. Net so

moet ons ook waak en nie aan die slaap gevind word nie en as

ons te laat wakker skrik miskien naak rondloop en die wêreld

ons skaamte sien nie.

As die “geheime wegraping” dan alreeds plaasgevind het,

waarom rig Johannes weereens hierdie waarskuwing aan die

Kerk wat alreeds deur ander Apostels ook gedoen is en dit net

voor die slag van Armagéddon? U kan self hier sien dat Jesus

Page 133: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[133]

in 'n gesprek met die Kerk is! En dit terwyl die laaste sewe plae

uitgestort word, net voor die slag van Armagéddon en Jesus

Christus het nog nie gekom soos 'n dief in die nag nie. Hy sal

kom soos 'n dief in die nag vir die wêreld,

met die slag van Armagéddon en terselftertyd gaan Hy ook kom

om Sy uitverkorenes te versamel.

Die dag van die Here.

Die wederkoms van Jesus word ook beskryf as die dag van die

Here. Weereens wys hierdie skrifversie op twee gebeurtenisse.

Mal 4:1 – 3. 1) “Want kyk, die dag kom, en dit brand soos ‘n

oond. Dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid

bedrywe, ‘n stoppel wees en die dag wat kom, sal hulle aan die

brand steek, sê die HERE van die leërskare, sodat dit vir hulle

geen wortel of tak sal oorlaat nie. 2) Maar vir julle wat my

Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal

genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel

soos kalwers uit die stal. En julle sal die goddelose vertrap,

want hulle sal soos stof wees onder julle voetsole op die dag wat

Ek skep, sê die HERE van die leërskare.”

Joël profeteer ook van hierdie groot dag van die HERE -

“Dié dag is ‘n dag van grimmigheid, ‘n dag van benoudheid en

angs, ‘n dag van woestheid en verwoesting, ‘n dag van

duisternis en donkerheid, ‘n dag van wolke en wolkenag, ‘n dag

van basuingeklank en krygsgeskreeu”.

Kyk wat gebeur wanneer Die Lam die sesde seël oopmaak:

“En daar was ‘n groot aardbewing en die son het swart geword

soos ‘n harige sak en die maan het geword soos bloed en die

sterre van die hemel het op die aarde geval, soos ‘n vyeboom

wat deur ‘n groot wind geskud word, sy navye laat afval en die

hemel het weggewyk soos ‘n boek wat toegerol word en al die

berge en eilande is uit hulle plekke versit en die konings van die

aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en

die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle

Page 134: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[134]

weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge en vir

die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die

aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van

die Lam, want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie

kan bestaan?”

“Huil julle, want die dag van die HERE is naby, hy kom as

‘n verwoesting van die Almagtige. Daarom word al die hande

slap en elke mensehart versmelt en hulle is verskrik, kry

krampe en weë, hulle krimp inmekaar soos een wat baar en die

een kyk die ander verbaas aan, hulle gesigte is vlammende

gesigte”. Hier sien ons dan, dat die wêreld deur Jesus se koms

oorval word soos barensweë ‘n barensvrou oorval. “Kyk, die

dag van die HERE kom, verskriklik, met grimmigheid en

toorngloed, om die aarde ‘n woestyn te maak en sy sondaars

daaruit te verdelg”.

“Die nasies moet hulle klaarmaak en optrek na die dal van

Jósafat, want daar sal Ek sit om gerig te hou oor al die nasies

rondom. Steek die sekel in, want die oes is ryp! Kom trap, want

die parskuip is vol, die kuipe loop oor!”

“Want hulle boosheid is groot. Menigtes, menigtes in die

dal van beslissing, (Armagéddon), want naby is die dag van die

HERE in die dal van beslissing! Die HERE brul uit Sion en uit

Jerusalem verhef Hy sy stem, sodat hemel en aarde bewe. Maar

die HERE sal ‘n toevlug wees vir sy volk en ‘n skuilplek vir die

kinders van Israel.”

Die tyd het aangebreek vir die volheid van die heidene

en die redding van Israel.

“In die ganse land, spreek die HERE, twee-derdes sal daarin

uitgeroei word, sal sterwe, maar een-derde daarin oorbly. Dan

sal Ek die derde deel in die vuur bring en hulle smelt soos ‘n

mens silwer smelt en hulle toets soos ‘n mens goud toets. Dan

sal hulle my Naam aanroep en Ek sal hulle verhoor. Ek sê: Dit

Page 135: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[135]

is my volk! En hulle sal sê: Die HERE, my God! Daarna sal Ek

terugkom, (die wederkoms van Jesus) en die vervalle hut van

Dawid weer oprig en wat daarvan verwoes is,

sal Ek weer oprig en dit herstel, sodat die oorblyfsel van die

mense die Here kan soek, en al die nasies oor wie my Naam

uitgeroep is,” spreek die Here wat al hierdie dinge doen”.

Ons sien hier dat die volheid van die heidene aangebreek

het, by die wederkoms van Jesus Christus, wanneer die eerste

opstanding van die heiliges plaasgevind het met die vereniging

van al die heiliges wat nog op aarde is en nie voor die tyd nie.

Dan sal die Here ‘n toevlug en ‘n skuilplek vir die kinders van

Israel wees. Paulus praat ook van hierdie verborgenheid...dat

die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid

van die heidene ingegaan het en so sal die hele Israel gered

word.

“Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie

verborgenheid nie moet weet nie…dat die verharding ten dele

oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene

ingegaan het en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe

is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van

Jakob afwend en dit is van my kant die verbond met hulle as Ek

hulle sondes wegneem. Maar oor die huis van Dawid en oor die

inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en

smekinge en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het

en hulle sal oor Hom rouklaag soos ‘n mens rouklaag oor ‘n

enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos ‘n mens bitterlik

ween oor ‘n eersgebore kind.”

In die boonste skrifgedeeltes sien ons dat die volk Israel

met die wederkoms van Jesus Christus na Hom sal opsien, selfs

hulle wat Jesus aan die kruis van Golgota deurboor het. Met Sy

eerste koms na hierdie aarde toe, het hulle Jesus nie herken as

hulle Messias nie en hulle het Hom gekruisig. Met Sy tweede

koms, rouklaag en ween hulle oor Hom, omdat hulle dan eers

Page 136: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[136]

besef dat Hy die hele tyd hulle Messias was, wat hulle verwerp

het. Hulle ween dan bitterlik oor Jesus as die eersgebore kind

wat hulle nie aanvaar het met Sy geboorte nie. Dan eers

aanvaar hulle Hom as die Messias wat gesterf het vir hulle

sondes!

Hy word dan eers hulle Redder, Verlosser en Saligmaker,

want hulle Verlosser sal uit Sion kom om al hulle sondes weg te

neem en hulle te red van ondergang as ‘n volk. Dan eers word

die verharding van hulle harte weggeneem en so sal die hele

Israel as volk gered word.

Opsomming:

Fisies sal die volk Israel dan gered word van al die nasies wat

teen hulle opgetrek het om teen hulle oorlog te voer. Hulle

word ook geestelik deur die bloed van Jesus gered, net soos alle

sondaars wat Jesus aangeneem het, redding deelagtig geword

het. Tydens die groot verdrukking erken hulle Jesus nog nie as

hulle Verlosser nie. Daarom weet ons dan dat hulle nog harte

van klip het, want net Jesus kan met wedergeboorte, wanneer

hulle Hom aanneem as hulle Verlosser, hulle klipharte uithaal

en vir hulle ‘n vleeshart gee om Hom lief te hê en te dien as

hulle God.

Slag van Armagéddon

Met die slag van Armagéddon sal die HERE God kom. Hy sal al

die heiliges saam met Hom bring en die HERE sal uittrek en

stryd voer teen dié nasies soos op die dag van Sy stryd, die dag

van oorlog! Die “dier” en die konings van die aarde sal hulle

leërs versamel om oorlog te voer teen Hom wat op die wit perd

sit, en teen sy leër, al die heiliges van God.

Jesus se voete sal dan op die Olyfberg staan wat voor

Jerusalem lê, aan die oostekant en die Olyfberg sal middeldeur

gesplyt word van oos na wes, tot ‘n baie groot dal en die een

Page 137: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[137]

helfte van die berg sal wegwyk na die noorde en die ander helfte

na die suide. Israel sal vlug in die dal van my berge...dit sal ‘n

enige dag wees wat aan die HERE bekend is—geen dag en geen

nag nie, die son sal verduister word en die maan sal sy glans nie

gee nie, maar teen die aand sal dit lig word.

Die HERE sal dan brul uit die hoogte en sy stem verhef uit

sy heilige woning! Geweldig sal Hy brul oor sy woonplek, soos

druiwetrappers sal Hy ‘n vreugdegeroep aanhef teen al die

inwoners van die aarde. Die “druiweoes” word nou afgehaal.

“Oorlogsrumoer het gekom tot by die einde van die aarde, want

die HERE het ‘n twis met die nasies, Hy hou gerig oor alle

vlees...Kyk, onheil gaan uit van volk tot volk, en ‘n groot storm

word opgewek uit die agterhoeke van die aarde. Ook sal Ek in

dié dag daarna soek om al die nasies wat teen Jerusalem

aankom, te verdelg.” Ons moet vir die vrede van Israel bid en

hulle seen.

Want dit sal die plaag wees waarmee die HERE al die

volke sal tref wat opgetrek het om teen Jerusalem te veg: “Hy

sal hulle vlees laat wegteer, terwyl hulle nog op hul voete staan

en hulle oë sal wegteer in hulle holtes en hulle tong wegteer in

hulle mond. En in dié dag sal ‘n groot verwarring van die

HERE onder hulle kom, sodat die een die hand van die ander

sal gryp en die hand van die een hom sal verhef teen die hand

van die ander.”

“Uit sy mond gaan daar ‘n skerp swaard om die nasies

daarmee te slaan en Hy sal hulle met ‘n ysterstaf regeer en Hy

trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die

toorn van God, die Almagtige.” En Hy dra op sy kleed en op sy

heup die Naam wat geskrywe is:

“Die Koning van die konings en die Here van die here".

“Want die toorn van die HERE is oor al die nasies en

grimmigheid oor al hulle leërskare, Hy het hulle met die

banvloek getref, Hy het hulle oorgegee om geslag te word. En

Page 138: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[138]

hulle gesneuweldes sal weggewerp word en die stank van hulle

lyke gaan op en die berge smelt van hulle bloed en al die

leërskare van die hemel vergaan…”

“Die wat deur die HERE verslaan is, sal dié dag lê van die

een einde van die aarde tot die ander einde van die aarde en ‘n

engel wat staan in die son het met ‘n groot stem uitgeroep en vir

al die voëls gesê wat in die middel van die lug vlieg: Kom

hierheen en versamel julle tot die maaltyd van die grote God,

dat julle kan eet die vlees van konings….en al die voëls is

versadig van hulle vlees….hulle sal nie beklaag of versamel of

begrawe word nie, hulle sal mis op die aarde wees.”

“Die dier is gevange geneem en saam met hom die valse

profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het,

waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang

en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die

vuurpoel wat met swawel brand. En die ander is gedood met

die swaard wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit”.

Dis hoe die slag van Armagéddon dan eindig, met die

vernietiging van die dier en die valse profeet wat lewend, in die

poel van vuur gewerp word wat brand met swawel tot in alle

ewigheid! Daarna word die Satan vir ‘n duisend jaar gebind.

Page 139: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[139]

Afdeling 3

Loon sal gegee word aan diensknegte, die heiliges en aan die wat Jesus se

Naam vrees. Jesaja 3:10–11 - “Sê van die regverdige dat dit met hom goed

sal gaan, want die vrug van hul handelinge sal hulle eet. Wee

die goddelose! Met hom gaan dit sleg, want wat sy hande

gewerk het, sal hom aangedoen word”. Wat ons saai op hierdie

aarde gaan ons eendag maai as Jesus met Sy wederkoms

terugkeer na hierdie aarde toe. Jesus self sê: “Ek kom gou, en

my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees”.

Wat presies is die regterstoel van Christus?

Die Here het voor sy regterstoel ‘n afspraak met diegene wat

aan Hom behoort. Dus het alle Christene ‘n afspraak met die

Here voor Sy regterstoel, of hulle goeie diensknegte was of nie.

Sommige sal loon ontvang, terwyl ander met leë hande daar sal

staan – moet ek gaan met leë hande, moet ek so my Heer

ontmoet? Die feit bly dat die Here se diensknegte rekenskap

van al hulle dade sal moet gee.

Paulus sê aan die gemeente in Korinthe: “Want ons moet

almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen

kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy

gedoen het, of dit goed of kwaad is”. Die woord “kwaad” en

“nutteloos” kan in een asem genoem word. Daar gaan baie

werke wees wat Christene gedoen het, maar dit gaan op dié dag

blyk nutteloos te wees, want dit gaan geen ewigheidswaarde hê

nie. Die Here Jesus sê aan elke gemeente: “Ek ken jou werke…”

Hy gaan elkeen volgens sy eie werke vergeld, of dit goed of

nutteloos was.

Page 140: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[140]

Aan die Christene in Rome rig Paulus dieselfde boodskap:

“Ons sal almal as gelowiges voor die Regterstoel van Christus

gestel word, want sê die Here, voor My sal elke knie buig en

elke tong sal God bely”. So sal elkeen van ons dan aan God

rekenskap moet gee, of hy ‘n slaaf is of ‘n vryman was. “Sodat

elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, omdat

julle weet dat elkeen vir die goeie wat hy gedoen het, loon van

die Here sal ontvang”.

Aan die Korinthiërs verduidelik Paulus in veel meer

besonderhede, hoe die werke van gelowiges aan God se

vuurproef onderwerp sal word. Hieruit blyk dit duidelik dat dit

ons geloofs- werke is, wat ná ons bekering gedoen word, omdat

dit op die Rots, Jesus Christus gebou word. Die werke van

sommige Christene sal egter verwerplik wees omdat dit vleeslik

was. In die lig hiervan stel Paulus dit baie duidelik aan ons.

As medewerkers van God het ons ‘n besliste taak om in

die koninkryk van God te verrig. Ons moet egter versigtig wees

hoe ons dit doen – nie op ons manier soos ons wil, deur die

werke van die vlees nie, maar deur die krag van die Heilige

Gees.

“Maar hy wat plant en hy wat natmaak, is een, maar elkeen

sal sy eie loon volgens sy eie arbeid ontvang. Want ons

is medewerkers van God, die akker van God, die gebou van

God is julle. Volgens die genade van God wat aan my gegee is,

het ek soos ‘n bekwame boumeester die fondament gelê en ‘n

ander bou daarop, maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou.

Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is

nie, dit is Jesus Christus.”

“As iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare

stene, hout, hooi, stoppels – elkeen se werk sal aan die lig kom,

want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar

gemaak word en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel,

hoedanig dit is.

Page 141: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[141]

As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal

hy loon ontvang en as iemand se werk verbrand word, sal hy

skade ly, alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur

heen.” As medewekers van God sal ons elkeen loon ontvang vir

wat ons op die fondament, Jesus Christus, gebou het.

Was dit goud, silwer of kosbare stene, sal ons loon

ontvang. As dit hout, hooi of stoppels is waarmee ons gebou

het, sal dit deur vuur verbrand word en ons sal dan net self

gered word, sonder enige loon. Goud, silwer of kosbare stene

het ewigheidswaarde en word deur die Heilige Gees beoefen,

maar hout, hooi en stoppels het nie veel waarde nie, dis werke

van die vlees wat nie gaan standhou wanneer jy voor Jesus

Christus gaan staan nie. Nadat God se vuur deur jou werke

gebrand het, sal jy sien hoeveel het oorgebly, waarvoor jy

dan loon gaan ontvang.

Die Here sê dat Hy sy kinders se werke ken en aan hulle

genadeloon sal gee wanneer Hy weer kom. Kort nadat ons deur

die Gees weggevoer word, die Here tegemoet in die lug met ons

verheerlikte liggame, sal ons ook by die regterstoel van Christus

krone vir getroue diens verkry. Ons moet onsself beywer om

dié werke te doen wat vir die Here wel behaaglik is en waarvoor

Hy ook krone sal toeken. Dan weet ons dat ons lewe op aarde

nie tevergeefs was nie, maar deur die krag van die Heilige Gees,

werke opgelewer het wat ewigheidswaarde het. Ons moet

ons skatte bymekaar maak waar mot en roes nie kan kom nie,

want dan bou ons op goud, silwer en kosbare stene.

Jesus vertel ook die volgende verhaal om te verduidelik

hoe ons beloning bepaal gaan word: ‘n Man van hoë geboorte

het na ‘n ver land gereis om vir homself ‘n koningskap te

ontvang en dan terug te kom. En nadat hy tien van sy

diensknegte geroep het, gee hy hulle tien ponde en sê vir hulle:

“Dryf handel daarmee totdat ek kom.” En toe hy terugkom, het

Page 142: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[142]

hy hierdie diensknegte laat kom sodat hulle kon rekeningskap

gee van die handel van die ponde.

Wanneer ontvang Jesus dan Sy koningskap hier op

aarde?

“Toe die sewende engel sy basuin blaas, die sewende basuin,

was daar groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van

die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy

Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid.”

Die eerste dienskneg het verskyn en gesê: “Meneer, u

pond het tien ponde wins gemaak. Hy sê vir hom: Mooi so,

goeie dienskneg, omdat jy in die minste getrou gewees het,

moet jy gesag hê oor tien stede”...die volgende dienskneg het

vyf ponde wins gemaak en hy is aangestel oor vyf stede maar

die laaste dienskneg sê: “Meneer, hier is u pond wat ek in ‘n

doek weggesit het, want ek was bang vir u…u maai wat u nie

gesaai het nie”.

Toe sê hy vir hom: “Uit jou mond sal ek jou oordeel, slegte

dienskneg! Jy het geweet dat ek ‘n strawwe man is wat

wegneem wat ek nie uitgesit het nie en maai wat ek nie gesaai

het nie…” En aan die wat daarby staan, sê hy: “Neem die pond

van hom weg en gee dit aan hom wat die tien ponde het” — en

hulle sê vir hom: “Meneer, hy het tien ponde….Aan elkeen wat

het, sal gegee word, maar van hom wat nie het nie, sal

weggeneem word ook wat hy het.”

Ons sien in hierdie gelykenis dat Jesus van Homself praat

en oor wanneer Hy die koningskap gaan aanvaar om op hierdie

aarde te kom regeer. Hy gee aan al Sy diensknegte dieselfde

gelyke voordele. Wanneer Hy terugkom met Sy wederkoms, sal

almal verantwoording moet doen vir hulle tyd op aarde en hoe

hulle dit spandeer het. As jy in die minste getrou was in hierdie

lewe, sal Hy jou aanstel oor meer in die toekomstige lewe!

Page 143: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[143]

Almal van ons kry elke dag by die Here 24 uur om

daarmee te maak soos ons wil. Party van ons het baie tyd

uitgekoop vir die Here en ander het weer minder tyd vir die

Here gemaak. Maak nie saak hoe ons Hom dien nie, ons moet

tyd uitkoop vir die Here in ons allerdaagse bestaan. Die een

wat tien ponde wins gemaak het, sal oor tien stede aangestel

word, die een wat vyf ponde wins gemaak het, sal oor vyf stede

aangestel word.

So sal ons, ons beloning ontvang wanneer ons saam met

Jesus gaan regeer in die duisendjarige-vrederyk. Die woorde

wat ons almal graag sal wil hoor is: “Mooi so, goeie en getroue

dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor vele sal ek jou aanstel.

Gaan in in die vreugde van jou heer”.

Geliefde kind van God – Die Seun van die mens staan

gereed om met sy engele in die heerlikheid van sy Vader te kom

en dan sal Hy elkeen van ons vergeld volgens ons dade -

Matthéüs 16:27. Die verstandiges sal glinster soos die glans

van die uitspansel en die wat baie tot regverdigheid gelei het,

soos die sterre vir ewig en altoos. Hoeveel tyd koop jy uit vir die

Here? Ons almal sal voor die Regterstoel van Christus moet

verskyn, waar elke ware gelowige 'n afspraak met Jesus

Christus het en waar genadeloon vir getroue diens toegeken sal

word.

Onthou mensekind, dat die lewe wat jy hier op aarde lewe

is aan jou gegee deur die Here en of jy dit nou glo of nie, daar

sal ‘n dag kom wat jy sal moet rekenskap gee teenoor God wat

jou geskape het. Hy het jou nie sonder ‘n doel, vir jou lewe hier

op aarde geplaas nie. Met die goddelose sal dit baie sleg gaan,

want wat sy hande gewerk het, sal hom aangedoen word in die

dag van oordeel.

Page 144: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[144]

Afdeling 4

Jesus aanvaar Sy Koningskap oor die koninkryke van die wêreld:

Die Duisendjarige Vrederyk Die sewende engel het geblaas en daar was groot stemme in die

hemel wat sê: “Die koninkryke van die wêreld het die eiendom

van onse Here geword en van sy Christus en Hy sal as Koning

heers tot in alle ewigheid…Ons dank U, Here God, Almagtige,

wat is en wat was en wat kom, dat U u groot mag aangeneem en

as koning geheers het.”

Jesaja 25:6–9 - “En die HERE van die leërskare sal op

hierdie berg, vir al die volke berei ‘n maaltyd van vetspyse, ‘n

maaltyd van ou wyn, van vetspyse vol murg, van gesuiwerde ou

wyn. En Hy sal op hierdie berg vernietig die uitgespreide sluier

wat al die volke omsluier en die omhulsel waarmee al die nasies

bedek is”.

Die mag van misleiding waarmee die Antichris en die valse

profeet die wêreld mee mislei het word deur Jesus vernietig met

Sy koms. Die uitgespreide sluier waarmee die nasies besluier

was en die omhulsel wat hulle bedek het, word finaal vernietig.

“Hy sal die dood vir ewig vernietig en die Here HERE sal

die trane van alle aangesigte afvee en Hy sal die smaad van sy

volk van die hele aarde af wegneem, want die HERE het dit

gespreek. En hulle sal in dié dag sê: Kyk, dit is onse God op wie

ons gewag het, dat Hy ons kan verlos, dit is die HERE op wie

ons gewag het, laat ons juig en bly wees oor sy hulp.”

Jesus se wederkoms gaan dus gepaard met die redding van

al die uitverkorenes. Onse Here Jesus Christus, op wie ons

gewag het, verlos ons uit die hand van ons vyande. Want Hy

sal ons verligting gee van die verdrukkinge waarin ons sal wees,

Page 145: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[145]

met die groot verdrukking en ons sal juig en bly wees oor

Sy hulp, want ons nood sal groot wees. Hy sal dan die dood vir

ewig vernietig, met die opstanding van al die heiliges en die

Here self sal die trane van alle aangesigte afvee, nie in die hemel

soos geglo word nie, maar hier op aarde en Hy sal die smaad

van sy kinders af wegneem, waarmee al die nasies hulle

gesmaad het.

Dit alles vind plaas met die slag van Armagéddon, die

finale uitstorting van God se toorn op die goddelose, gevolg

deur die duisend jaar van vrede en rus hier op ons pragtige

planeet aarde. Want ons weet dat die hele skepping tesame

sug en tesame in barensnood is…Want selfs die skepping wag

met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die

kinders van God...in die hoop dat ook die skepping self

vrygemaak sal word van die slawerny, van die verganklikheid

tot die vryheid, van die heerlikheid van die kinders van God.

Daar is dan talle profesieë in die Woord oor hierdie toekomstige

tydperk van ongekende rus, vrede en voorspoed, met die stad

Jerusalem as fokuspunt.

Kom ons kyk wie gaan saam met Jesus in hierdie

tydperk regeer:

“Johannes het die siele gesien van die wat onthoof is oor die

getuienis van Jesus en oor die Woord van God. Die wat die

“dier” en sy beeld nie aanbid het nie en die merk op hulle

voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie, hulle het geleef

en as konings regeer saam met Christus die duisend jaar lank”.

Al die martelare wat vir Jesus gesterwe het, vorm deel van al

die Christene wat as konings saam met Jesus gaan regeer.

Maar ons wat in die lewe oorbly en eers verander word by

Sy wederkoms, gaan ons ook saam met Jesus heers? Aan hom

wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, m.a.w. die

groot verdrukking oorleef, sal Ek mag oor die nasies gee en die

Page 146: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[146]

heiliges van die Allerhoogste sal die koningskap ontvang en

hulle sal die koninkryk in besit neem tot in ewigheid, ja, tot in

alle ewigheid.

Wanneer die verganklike dan met die onverganklikheid

beklee word en hierdie sterflike liggaam met die onsterflike

liggaam beklee word by die wederkoms, gaan ons Hom

tegemoet in die lug en sal ons vir altyd by Hom wees. Nêrens in

die Bybel vind ons dat die Bruilof van die Lam in die hemel

gaan plaasvind tydens die groot verdrukking hier op aarde nie.

Wanneer Jesus Sy koningskap hier op aarde aanvaar, dan

eers maak die Bruid haar gereed vir die bruilof van die Lam.

Ons kan dan uit die Woord van God aflei dat die bruilof van die

Lam, die begin van die duisendjarige-vrederyk gaan inlei.

In Daniël 7:21 -22 sien ons ook hoedat hierdie horing, die

“dier”, oorlog voer met die heiliges en hulle oorwin. Die Oue

van dae gaan kom en aan die heiliges van die Allerhoogste reg

verskaf en op die bepaalde tyd sal die heiliges saam met Jesus

Sy koninkryk op aarde in besit neem.

Wat sien Daniël hier?

1. Dat die “dier” oorlog voer teen die heiliges en hulle

oorwin totdat:

2. Die Here aan die heiliges reg verskaf en tot hulle

redding kom,

3. Die tyd het gekom dat die heiliges die koninkryk op

aarde (nie in die hemel nie), in besit neem.

In Daniël 2 het Koning Nebukadnésar ‘n droom gehad, sodat

sy gees onrustig geword het en dit met sy slaap gedaan was.

Niemand kon sy droom uitlê nie, maar Daniel het die Here

aangeroep en daarop is in ‘n naggesig, die geheim aan hom

geopenbaar. Toe het Daniël die God van die hemel geloof.

Ek gaan net ‘n gedeelte van die droom bespreek maar

gaan lees asseblief self die hele droom - “U het gekyk totdat

daar sonder toedoen van mensehande ‘n klip losraak wat die

Page 147: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[147]

beeld getref het aan sy voete van yster en van klei en dit

fyngestamp het. Toe is tergelykertyd die yster, die klei, die

koper, die silwer en die goud fyngestamp, en dit het soos kaf

geword van die dorsvloere in die somer, wat die wind wegneem,

sodat daar geen spoor van gevind is nie, maar die klip wat die

beeld getref het, het ‘n groot rots geword wat die hele aarde

gevul het.”

Wat is die uitleg van hierdie gedeelte? “Maar in die dae

van dié konings sal die God van die hemel ‘n

koninkryk(waarvan Jesus die koning is) verwek wat in

ewigheid nie vernietig sal word nie en die heerskappy daarvan

sal aan geen ander volk oorgelaat word nie, dit sal al daardie

koninkryke verbrysel en daar ‘n einde aan maak, maar self

sal dit vir ewig bestaan.

Die beeld stel al die koninkryke op aarde voor wat heers -

van die goue hoof wat die heerskappy van Koning

Nebukadnésar was, tot die laaste regering wat gedeeltelik voete

het van klei en yster, wat in die laaste dae die regering van die

Antichris sal wees.

Maar in die dae van die Romeinse ryk het Jesus ‘n

koninkryk op aarde kom verwek wat tot in ewigheid nie

vernietig sal word nie – ware christene. Petrus verklaar dat

Jesus die Christus is, die Seun van die lewende God en op

hierdie Rots, Jesus die Christus, sal Ek my gemeente bou –

die klip het klein begin maar al hoe groter geword todat dit

die aarde gevul het.

Dit het nie hemel toe gegaan en weer terug gekom

aarde toe nie en die klip het sonder die toedoen van

mensehande losraak en die beeld tref. Die poorte van die

doderyk sal dit nie kan oorweldig nie en die heerskappy

daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie.

Page 148: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[148]

Hierdie klip of rots – is dan die fondasie, Jesus Christus

waarop die Here sy gemeente gebou het, hulle het al die

koninkryke verbrysel en ‘n einde daaraan gemaak. Die

koninkryke wat Hy getref het, het soos kaf geword en die

wind het dit weggeneem sodat daar niks van oorgebly het op

die aarde nie. Maar self het dit ‘n groot rots geword wat die

hele aarde gevul het en dit sal vir ewig voort bestaan.

Opsomming van skrifgedeelte:

Hierdie Rots is dus die Here self wat gaan kom met sy

heilige tien duisendtalle, die wat in Christus ontslaap het,

asook die wat in die lewe oorgebly het, saam sal almal met

verheerlikte liggame, die Here tegemoet gaan in die lug by

Sy wederkoms. Wanneer Jesus dan oorlog voer met die “dier”

en die valse profeet en hulle oorwin, sal al die koninkryke die

eiendom van onse Here Jesus Christus word en hierdie Rots

sal die hele aarde vul.

Daniël sien ook in naggesigte hoe die koningskap van

die volke en nasies aan Jesus gegee word: “Kyk, met die wolke

van die hemel het Een gekom soos die Seun van ‘n mens,

(Jesus se wederkoms) en Hy het gekom tot by die Oue van

dae en hulle het Hom nader gebring voor Hom. En aan Hom

is gegee heerskappy en eer en koningskap en al die volke en

nasies en tale het Hom vereer, sy heerskappy is ‘n ewige

heerskappy wat nie sal vergaan nie, en sy koninkryk een wat

nie vernietig sal word nie.”

Prys die Here, ons het deel aan hierdie koningskap, want

ons gaan as konings saam met Hom regeer vir ‘n duisend jaar

lank. Baie mense beny die glansryke lewe van konings en

prinse in hierdie lewe, maar eendag gaan ons deel hê aan ‘n

Koninkryk hier op aarde, wat ver verhewe is bo dit wat enige

koning nou op aarde kan besit of beleef.

Page 149: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[149]

God het vir die wat Hom liefhet, berei ver bo dit wat ons

kan bid, dink, droom of vra. Hou net vas aan die ewige Koning

van Konings, want sy koninkryk sal bestaan tot in alle ewigheid

en Hy sal Koning wees oor die hele aarde.

“Dan sal die HERE Koning wees oor die hele aarde…En

baie nasies sal hulle in dié dag by die HERE aansluit, en hulle

sal My tot ‘n volk wees en Ek sal in hulle midde woon. Want

dan sal Ek aan die volke rein lippe toebring, sodat hulle almal

die Naam van die HERE sal aanroep en Hom met ‘n eenparige

skouer sal dien. Die huis van die HERE sal vasstaan op die top

van die berge en verhewe wees bo die heuwels en al die nasies

sal daarheen toestroom”.

Baie volke sal heengaan en sê: “Kom laat ons optrek na

die berg van die HERE…want uit Sion sal die wet uitgaan en die

woord van die HERE uit Jerusalem en laat ons wandel in die lig

van die HERE! Hy sal ons sy weë leer en ons sal in sy paaie

wandel en die HERE alleen sal in dié dag verhewe wees en die

afgode sal geheel en al verdwyn”. Prys Sy Naam, ‘n

samelewing sonder enige afgode, wat ‘n wonderlike vooruitsig!

Al die nasies sal een God aanbid en Hom alleen dien, daar

sal eenheid en ongekende vrede heers, want die duiwel sal

gebind wees en mense sal vry wees om Jesus Christus te aanbid

met hulle hele hart.

“Hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese

snoeimesse, nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef

nie en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie. Dan wei

die wolf by die lam en die luiperd gaan lê by die bokkie en die

kalf en die jong leeu en die vetgemaakte vee bymekaar en

‘n klein seuntjie sal hulle aanja. Die koei en die berin wei en

hulle kleintjies lê bymekaar en die leeu eet strooi soos die os

en die suigling speel by die gat van ‘n adder en die gespeende

kind steek sy hand uit na die kuil van ‘n basilisk.”

Page 150: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[150]

“Hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele

heilige berg nie, want die aarde sal vol wees van die kennis van

die HERE soos die waters die seebodem oordek. En in dié dag

sal die nasies vra na die wortel van Isai, wat daar staan as ‘n

banier van die volke en sy rusplek sal heerlik wees.” Het

hierdie wêreld al so ‘n tydperk op aarde beleef? Nee, sekerlik

nie, maar ons wat vashou aan die Here, sal vasstaan en oorwin,

om deel daarvan te wees en dit te beleef.

Sekere leerstellinge van mense leer dat ons alreeds in

hierdie vredetyd lewe, waar Christene uiteindelik op alle

vlakke van die wêreld gaan heers. As jy glo dat ons alreeds in

die vredestydperk leef, vat ‘n lammetjie en gaan sit hom by ‘n

leeu in ‘n hok, kyk dan wat gebeur, dit sal jou vinnig oortuig

van die waarheid. Ander verkondig weer dat dit nie gaan

gebeur nie, dat die duiwel en sy demone vir die duisend jaar

op die aarde, wat verwoes is na die slag van Armagéddon,

gebind sal wees, nie fisies nie, maar hulle sal net toegang

tot die aarde hê, nadat dit verwoes is.

Maar wat sê die Woord van God? “Die ootmoediges

daarenteen sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot

vrede”. Hierdie tydperk sal gekenmerk word deur groot vrede,

daarom word dit die duisendjarige-vrederyk genoem. Vandat

die Satan toegang verkry het tot hierdie aarde deur Adam en

Eva, is daar nie sprake van vrede op hierdie aarde nie. Behalwe

as jy in Jesus Christus lewe natuurlik en jy Sy vrede in jou hart

ervaar, want Hy gee ons Sy ware vrede, nie vrede soos van

hierdie wêreld nie.

Die ootmoediges het dan nog nie die aarde op enige

noemens- waardige wyse beërwe nie. Daarom moet ons vir

die vervulling van hierdie belofte na ‘n toekomstige bedeling

kyk. Laat ek ook die woorde van Christus aanhaal: “Salig is die

sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe”.

Page 151: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[151]

Hoe? Waar? Wanneer? Dit kan ontmoontlik nie al gebeur

het nie, want dan sou Jesus al teruggekom het na die aarde toe

en ons weet nou al dat Sy koms alombekend gaan wees. Dit kan

sekerlik ook nie huidiglik wees nie, want daar is glad nie vrede

op aarde nie, al roep hulle ook “Vrede en Veiligheid!” en ook

omdat Jesus wat die Heerser van hierdie aarde gaan wees, nog

nêrens te siene is nie.

Wat het die sagmoediges in hierdie wêreld tot dusver

beërwe? Verdrukking, vlamme, pynbanke en tronke - veral in

die verlede. Op materiële gebied het die meerderheid van hulle

ook nie veel van ‘n erfenis in hierdie wêreld geniet nie.

Die skatte wat hulle bymekaar gemaak het, het wel hemelse

waarde gehad waar mot en roes dit nie sou verniel en verwoes

nie. Hulle was verlate, bedroef en gefolter, hulle het

rondgeloop in skaapvelle en in bokvelle.

Wanneer die ootmoediges die aarde beërwe, sal dit

sekerlik in ‘n toekomstige bedeling moet wees, omdat hulle

tot dusver nog nie die aarde beërwe het nie. Maar die belofte

staan vas in Openbaring 5 - Toe sing hulle ‘n nuwe lied en sê:

“U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak...het

ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as

konings op die aarde heers”.

Dis duidelik dat die Satan steeds die god van hierdie

wêreld is wat rondloop soos ‘n brullende leeu om te kyk wie

hy kan verslind. Hierdie koninkryk soos ons dit vandag ken,

gaan seer sekerlik tot ‘n einde kom met die slag van

Armagéddon en dan eers sal die Satan gebind word. Johannes,

het ‘n engel uit die hemel sien neerdaal met die sleutel van

die afgrond en ‘n groot ketting in sy hand. “En hy het die draak

gegryp, die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy het

hom gebind duisend jaar lank en hom in die afgrond gewerp en

hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie

meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie”.

Page 152: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[152]

Die Satan gaan gebind word, dan word hy toegesluit en

die plek van sy gevangenis word bo hom verseël. Hy word goed

weggebêre vir ‘n duisend jaar lank, sodat hy die nasies wat

oorbly na die slag van Armegéddon, nie meer sal kan verlei

totdat die duisend jaar voleindig is nie. Dankie tog, watter

wonderlike duisend jaar van vrede gaan dit nie wees vir die wat

in Christus lewe nie!

Alles werk ten goede mee vir ons almal wat Hom liefhet.

Onthou dit tog net in die toekoms, wanneer die lewens oseaan

rof raak en sy golwe jou wil oorweldig. Soos die spreekwoord

se: Dit gaan eers baie slegter raak in hierdie lewe voordat die

verlossing en oorwinnig oor die Antichris deur Christus Jesus

gaan kom, maar hou goeie moed, Hy kom!

Daar sal dan uiteindelik vrede op hierdie aarde wees. Wat

Adam en Eva prys gegee het voor die sondeval, sal ons sekerlik

in hierdie tydperk beleef, ook die natuur sal herstel word soos

dit in die Paradys was. Onthou, Paulus sê ook dat die skepping

self vrygemaak sal word van die slawerny van die

verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die

kinders van God. Want die hele skepping tesame sug en is

tesame in barensnood. Al die kinders van God en die natuur is

gesamelik in barensnood met die vervulling van die wederkoms

belofte.

Die tye van die wederoprigting van alle dinge, waarvan

God van ouds af gespreek het, deur die mond van al sy heilige

profete, het gekom. Alles wat Adam dus verloor het in die

paradys, het die tweede Adam, Jesus Christus, herstel toe Hy

aan die kruis gesterwe het. Hyself het gesê: “Dis is volbring”.

Eerstens word mense versoen met God deur die kruisdood

van Jesus Christus en net soos Adam en Eva voor die sondeval,

kan ons ook met God wandel in ‘n persoonlike verhouding

wanneer ons Jesus aanneem as ons Verlosser, Redder en

Saligmaker. Ons is nie meer geestelik dood vanweë ons

Page 153: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[153]

misdade en sondes nie, ons is opgewek uit die dood en lewend

gemaak deur die Gees van God.

Tweedens sal ons liggame, met Jesus se wederkoms, in ‘n

oomblik verander word en sal ons met die onverganklike,

verheerlikte liggame beklee word, wat onsterflik sal wees. Die

dood wat deur sonde ingekom het is dan finaal oorwin!

Derdens sal hierdie aarde sal weer nuut gemaak word en

in ‘n paradys omskep word met Jesus as die Koning. Hy sal

deur alle nasies gedien en aanbid word, prys Sy heilige naam!

Wanneer die Apostels die gelowiges tot geduld,

arbeidsaamheid, hoop, volharding en heiligheid aanspoor, het

hulle ook gewoonlik iets oor die wederkoms van Jesus Christus

gesê: “Julle moet ook geduldig wees en versterk julle harte, dat

Hy aan julle mag gee, na die rykdom van sy heerlikheid, om met

krag versterk te word, deur sy Gees in die innerlike mens.

Want die wederkoms van die Here is naby en daarom

moet julle nie voor die tyd oordeel nie, voordat die Here kom

nie, wat die verborge dinge van die duisternis, in die lig sal

bring en die bedoelinge van die harte openbaar sal maak en dan

sal elkeen lof (loon) van God ontvang. Hou as herders toesig

oor die kudde van God…En wanneer die Opperherder verskyn,

sal julle die onverwelklike kroon van heerlikheid ontvang.”

Kom ons bemoedig mekaar dan met hierdie woorde, veral

omdat ons weet dat die dag van die Here sekerlik sal kom.

Page 154: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[154]

HOOFSTUK 10

Wie gaan van die aarde af weggeneem

word met die wederkoms en wie gaan

die aarde beërwe om saam met Jesus

daarop te woon? Lukas 17:34 – 37 - “Ek sê vir julle: In daardie nag sal daar

twee op een bed wees, die een sal aangeneem en die ander

verlaat word”. 'n Baie bekende deel in die Bybel om hierdie

“geheime wegraping” te probeer staaf. As ek dan hierdie teorie

verwerp as onwaar, hoe verklaar ek dan hierdie Skrifvers

wat sê dat die een word aangeneem en die ander een word

agtergelaat? Kom ons kyk wat die Skrif sê:

“Net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die

Seun van die mens wees”

“Want net soos dit was in die dae voor die sondvloed toe

goddelose mense geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik

uitgegee is, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het en dit

nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal, (die

goddelose), weggevoer het nie, so sal ook die koms van die

Seun van die mens wees.” Wie is weggevoer van die aarde af?

“In daardie nag sal daar twee op een bed wees, die een sal

aangeneem en die ander verlaat word. Twee vroue sal saam

maal, die een sal aangeneem en die ander verlaat word. Twee

sal op die land wees, die een sal aangeneem en die ander verlaat

word. En hulle antwoord en sê vir Hom: Waar, Here? En Hy sê

vir hulle: Waar die liggaam lê, daar sal die aasvoëls

saamkom.”

Page 155: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[155]

Weereens kan die Afrikaanse verklaring verkeerd

geïnterpreteer word as die “geheime wegraping”. “Een sal

aangeneem word en die ander verlaat word...” Dit is een van

die Skrifversies wat verkeerdelik toegepas word as die “geheime

wegraping”. Kom ons kyk na die Engelse vertaling:

“I say to you, In that night two will be on one bed, the one

will be taken and the other will be left. Two will be grinding

together the one will be taken and the other will be left. Two

will be in the field, the one will be taken and the other will be

left. They asked him, “Where, Lord?” Jesus told them,

“Vultures will gather wherever there is a dead body.”

Ons moet verstaan dat hier ‘n vergelyking getref word

tussen die dae toe Noag geleef het voor die sondvloed en hoe

die mense vandag lewe voor die wederkoms van die Seun van

die mens. Dit sal weer wees soos in die dae van Noag,

die goddelose mense sal eet en drink, trou en in die huwelik

uitgegee word en nie verstaan dat volgens die tekens van

die tye, Jesus Christus se koms voor die deur is nie.

Ons sal nie die dag of die uur weet nie, maar Paulus sê dat

ons kinders van die dag en van die lig is en dat ons nie

onverhoeds deur die wederkoms betrap sal word nie. Die

sondaar en die vyf dwase maagde wat nie olie in hulle kanne

gehad het nie, sal oorval word soos barensweë ‘n barensvrou.

Twee sal saam maal, die een sal geneem word (nie aangeneem

word deur Jesus met die “geheime wegraping” nie) en die ander

sal agtergelaat word. Twee mans sal in die veld wees die een

sal geneem word en die ander sal agtergelaat word.

Die twee op een bed, twee vroue wat saam maal en twee

wat op die land werk en waarvan een geneem word en die

ander agtergelaat word, is dus ‘n manier om die oordeel van

God te verduidelik. Een word agtergelaat om saam met

Christus te regeer en die ander word geneem tydens die slag

van Armageddon vir die ewige dood.

Page 156: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[156]

M.a.w. tydens die wederkoms sal die dooies, wat deur die

dood weggevoer is, kos word vir die aasvoëls.

Die “geheime wegraping” leer dat die wat agtergelaat

word, op aarde sal bly en sewe jaar van verdrukking sal

deurgaan. Maar volgens die Skrif sal dit wees soos in Noag

se tyd voor die sondvloed gekom het. Die mense wat nie in

die ark was nie, is deur die dood weggeneem en hulle het in

hulle sondes gesterwe. Maar Noag, die prediker van

geregtigheid en sewe ander saam met hom, is bewaar toe

die Here die sondvloed oor die wêreld gebring het en alle

goddelose mense weggevoer het deur die dood.

Noag en sy gesin, altesaam agt siele, het dus behoue in

die ark agtergebly en het weer die aarde bewoon. Dit is juis dié

wat geneem word wat in die moeilikheid was. Die vloed was

veertig dae lank op die aarde en die waters het vermeerder

en die ark was opgehef, sodat dit opgerys het bo die aarde.

God se toorn word hier vir veertig dae lank oor die goddeloses

uitgestort en niemand het ontkom nie.

Die hele aarde was uiteindelik met water bedek en al sou

jy na die hoogste berg toe gevlug het, was daar geen ontkoming

aan die toorn van God nie. Diegene wat dus “geneem” word,

is juis dié wat nie gereed gaan wees wanneer Jesus Christus

kom nie. Hulle word deur die dood weggeneem net soos die

goddelose mense in Noag se tyd weggeneem was deur die vloed.

Let tog op dat die Apostels Jesus juis vra waar diegene is

wat geneem gaan word en waar hulle sal heengaan? Hulle

vra toe vir Hom: “Waar, Here?” En Jesus antwoord: “Waar die

liggaam lê daar sal die aasvoëls versamel word”. Hulle word

weggeneem deur die dood van hierdie aarde af en hulle dooie

liggame sal ‘n feesmaal vir die aasvoëls word, net soos dit

in Openbaring 19 voorspel word.

“Ek het een engel sien staan in die son en hy het met ‘n

groot stem uitgeroep en vir al die voëls gesê wat in die middel

Page 157: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[157]

van die lug vlieg, kom hierheen en versamel julle tot die

maaltyd van die grote God, dat julle kan eet die vlees van

konings en die vlees van owerstes oor duisend en die vlees van

sterkes en die vlees van perde en van die wat daarop sit, en die

vlees van almal, vrymense sowel as slawe, klein sowel as groot.”

Die oestyd van die wêreld gaan eers aan die voleinding

van die wêreld wees!

Kom ons kyk wie gaan uitgeroei en weggeneem word van

hierdie aarde af en wie gaan oorbly. “Want die kwaaddoeners

sal uitgeroei word, maar die wat die HERE verwag…die

regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon”.

Ons sien in verskeie Skrifverse dat die kwaaddoeners of

sondaars die onkruid is wat uitgeroei gaan word, maar die

regverdiges sal die aarde besit en hulle gaan dus nêrens heen

nie. Onthou die beeld van Nebukadnésar bevestig dit - Die

klein klippie word ‘n groot rots wat die aarde vul.

Matthéüs 13 verklaar vir ons die gelykenis van die onkruid

in die saailand: Jesus het geantwoord en vir hulle gesê: “Hy

wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens, en die

saailand is die wêreld. Die goeie saad is die kinders van die

Koninkryk en die onkruid is die kinders van die Bose en die

vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding

van die hierdie wêreld soos ons dit nou ken en die maaiers is

die engele.

Net soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur

verbrand word, so sal dit wees in die voleinding van hierdie

wêreld, die Seun van die mens sal sy engele uitstuur en hulle

sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die

wat die ongeregtigheid doen en hulle sal in die vuuroond

gegooi word. “Daar sal geween wees en gekners van die tande.

Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van

hulle Vader”.

Page 158: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[158]

Die onkruid is dus die kinders van die Bose - “Wil u dan hê

dat ons die onkruid moet gaan bymekaarmaak? Nee, dat julle

nie miskien, as julle die onkruid bymekaarmaak, die koring

daarmee saam uittrek nie. Laat altwee saam groei tot die oes

toe en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die

onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand,

maar bring die koring bymekaar in my skuur”.

Hier sien ons dat niemand nêrens heen gaan nie, almal bly

op hierdie aarde tot aan die voleinding van hierdie wêreld

wanneer die oestyd aanbreek. Sodat wanneer die engele die

onkruid uittrek, hulle nie daarmee saam die koring ook uittrek

nie. Altwee oeste moet saam groei tot aan die voleinding van

die wêreld toe en die onkruid word eerste bymekaar gemaak en

met vuur verbrand en dan word die koring in die skuur

bymekaar gebring - Die aanbreek van die duisendjarige-

vrederyk.

So sal dit dan ook in daardie laaste dae wees. Wanneer die

oordeel van God op die aarde losbars in die laaste drama van

die eeue met die wederkoms, sal die onkruid eers bymekaar

gemaak en met vuur verbrand word. Onthou dis die wat

geneem word in die bed by die meul en op die land.

Die regverdiges sal onaangeraak bly en vir Jesus in die

lug ontmoet met onverganklike liggame by die wederkoms van

Jesus Christus en hulle sal die aarde beërwe en saam met

Christus daarop heers vir ‘n duisend jaar lank.

Matthéüs 13:47 – 50 - “Verder is die koninkryk van die

hemele ook soos ‘n net wat in die see gegooi word en van elke

soort bymekaarbring word en as dit vol geword het, trek hulle

dit op die strand uit en gaan sit en maak die goeies in bakke

bymekaar, maar gooi die slegtes weg”. So sal dit wees in die

voleinding van die wêreld, die engele sal uitgaan en die slegte

mense onder die regverdiges uit afskei en hulle in die

vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.

Page 159: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[159]

Die slegte mense of dan die onkruid, word dan aan die

einde van die wêreld weggeneem – “Saamskraap, wegraap sal

Ek alles van die aardbodem af weg, spreek die HERE. Ek sal

wegraap mense en diere, Ek sal wegraap die voëls van die hemel

en die visse van die see en die struikelblokke saam met die

goddelose, ja, Ek sal die mense uitroei van die aardbodem af

weg, spreek die HERE.”

“Die regverdige sal vir ewig nie wankel nie en hulle sal

skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader, maar die

goddelose sal in die land nie bly woon nie, maar uitgetrek en in

die vuuroond gegooi word. Want die opregtes sal die land

bewoon en die regskapenes daarin oorbly, maar die goddelose

sal uit die land uitgeroei en die ontroues sal daaruit weggeruk

word.”

Hier is genoeg Skrifverse (lys aan die einde van die boek),

wat vir ons wys dat die Seun van die mens, die mensdom in

twee groepe gaan verdeel. Daar sal dus twee oeste wees:

Diegene wat geoordeel word en weggeneem word. Dan diegene

wat oorbly op die aarde na die slag van Armagéddon, wat dan

gaan leef om saam met Jesus Christus te regeer.

Hoe lyk die aarde na die slag van Armagéddon?

Jesaja 24 - “Kyk, die HERE maak die aarde leeg en verwoes dit,

en Hy keer sy oppervlakte om en verstrooi sy bewoners.

Dieselfde lot tref die volk en die priester, die slaaf en sy heer,

die slavin en haar meesteres, die koper en die verkoper,

die uitlener en die lener, die skuldeiser en die skuldenaar. Die

aarde word heeltemal leeg gemaak en heeltemal geplunder,

want die HERE het hierdie woord gespreek.”

“Die aarde treur, dit verwelk, die wêreld versmag, dit

verwelk en die hoogstes van die mense van die aarde versmag.

Want die aarde is ontheilig onder sy bewoners, want hulle

het die wette oortree, die insetting geskend, die ewige

Page 160: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[160]

verbond verbreek. Daarom verteer die vloek die aarde en moet

sy bewoners boet, daarom word die bewoners van die aarde

deur ‘n gloed verteer en bly daar min mense oor. Die mos treur,

die wingerdstok verwelk, almal wat bly van hart is, sug.”

“Weg is die vreugde van die tamboeryne, die gedruis van

die uitgelate mense hou op, weg is die vreugde van die siter!

Hulle drink geen wyn onder gesang nie, die sterk drank

smaak bitter vir die wat dit drink. Verbreek is die verlate

vesting, al die huise staan toegesluit, sodat niemand daar

kan inkom nie.”

“Daar is ‘n gejammer oor wyn op die strate, al die

vrolikheid het ondergegaan, die vreugde van die aarde is

verban. Wat in die stad oorgebly het, is verwoesting en die

poort is tot ‘n puinhoop stukkend geslaan. Want so sal dit wees

op die aarde, onder die volke, soos by die afslaan van die olywe,

soos by die na-oes as die druiweoes verby is”. Die druiweoes,

afhaal van die goddeloses, wat verby is, is na die slag van

Armagéddon.

Die Glorieryke Koninkryk op aarde waarvan Jesus die

Koning van alle Konings sal wees:

“Hulle daar hef hul stem op, hulle jubel, vanweë die majesteit

van die HERE en juig hulle van die see af. Daarom, eer die

HERE in die lande van die son, op die kuslande van die see die

Naam van die HERE, die God van Israel! Van die einde van die

aarde af hoor ons lofgesange: Glorie aan die regverdige!”

“Al die eindes van die aarde sal daaraan dink en hulle tot

die HERE bekeer en al die geslagte van die nasies sal voor U

aangesig aanbid. Want die koninkryk behoort aan die HERE,

en Hy heers oor die nasies. Die koninkryke van die wêreld het

die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy

sal as Koning heers tot in alle ewigheid.” Amen!

Page 161: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[161]

Joël. 3:16 – 21. “En die HERE brul uit Sion en uit

Jerusalem verhef Hy sy stem, sodat hemel en aarde bewe. Maar

die HERE sal ‘n toevlug wees vir sy volk en ‘n skuilplek vir die

kinders van Israel. Dan sal julle weet dat Ek die HERE julle God

is, wat woon op Sion, my heilige berg, dan sal Jerusalem ‘n

heiligdom wees waar geen vreemdes meer deur sal trek nie.

En op dié dag sal die berge drup van mos en die heuwels

vloei van melk en al die spruitjies van Juda stroom van water en

uit die huis van die HERE sal daar ‘n fontein uitkom om die dal

Sittim te besproei….Maar Juda sal vir ewig bly en Jerusalem

van geslag tot geslag. En Ek sal hulle bloed onskuldig verklaar,

wat Ek tevore nie onskuldig verklaar het nie en die HERE sal op

Sion bly woon”.

Page 162: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[162]

Laaste woorde van bemoediging om te

volhard tot die einde toe.

Wat kan ons verwag gaan in die laaste dae gebeur, net

voordat Jesus terugkom?

1. Ons kan verwag dat baie valse profete sal opstaan en deur

hulle woorde en die wonders en tekens wat hulle sal doen,

baie mense sal mislei. Moenie in onkunde leef nie, pasop vir

misleiding en moenie toelaat dat enige mens jou op enige

manier mislei nie. Vra die Here om jou deur Sy Gees te help om

te onderskei waarop dit neerkom. Jy besit geestesvermoëns

van die Heilige Gees deur die gewoonte geoefen, oefen jou in

die godsaligheid, om goed van kwaad te kan onderskei.

2. Ware Christene sal deur almal gehaat word ter wille van

Jesus Christus. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal

gered word. Ons moet nou al moelike tye kan deurstaan, dit

oefen ons vir die swaar tye, wat gaan kom gedurende die groot

verdrukking.

3. Sommige mense wat hulleself Christene noem, sal tot

struikel gebring word en hulle geloof in Christus verloën en

hulle sal mekaar verraai en mekaar haat. Christene sal dus

uitgelewer word deur hulle eie families, hulle ouers, broers,

bloedverwante en selfs vriende, om self vervolging vry te spring.

Die ware gesindheid van harte sal onder druk na vore kom.

4. Goed sal sleg genoem word en sleg goed! Ons sien dat

hierdie toestand aan die orde van die dag is. Huwelike is aan

die afneem en dit is goed as paartjies saamwoon, hulle het

dan tyd om te kyk of dinge tussen hulle sal uitwerk. Aborsies

Page 163: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[163]

word sterk aanbeveel, wat ongewenste ouerskap en

kindermishandeling sal verminder. Christenskap word al

hoe meer ongewild, godsdiensvryheid geld vir al die

godsdienste wat hierdie wêreld kan oplewer, maar Christene

word nogsteeds vervolg!

5. Waak en bid altyddeur, sodat jy sterk genoeg sal wees om

deur al hierdie verdrukkinge te kan gaan en voor die Seun

van die mens te kan staan. Dawid skryf in Psalm 138: “Die

dag toe ek geroep het, het U my verhoor, my moedig gemaak

met krag in my siel. ” Ons is tot alles in staat, sodat ons ook

deur die verdrukking sal kan gaan, omdat Jesus Christus ons

die krag sal gee, om staande te kan bly.

6. Wie op die dak is moet nie afkom om iets uit sy huis weg te

neem nie en wie op die land is, moet nie omdraai om sy klere

weg te neem nie. Ons moet dus nie bekommerd wees oor

aardse besittings, wat ons sal eet, aantrek of waar ons gaan bly

nie. Die Here sal vir ons sorg soos Hy vir Sy volk Israel gesorg

het, vir 40 jaar lank in die woestyn.

7. En wanneer ons gevange geneem en oorgelewer word, moet

ons onsself nie vooraf kwel oor wat ons sal spreek nie en ons

moenie daaroor nadink nie, maar wat in dié uur aan ons gegee

word, dit moet ons spreek, want dit is nie ons wat sal spreek

nie, maar die Heilige Gees in ons.

8. Moenie die “dier” aanbid nie, onder geen omstandighede

nie! Moet ook nie sy naam, sy nommer of sy merk aanvaar nie.

Enige iets wat hulle op jou voorhoof of jou hand wil sit, weier

dit, met tyd sal ons meer duidelikheid hieroor kry.

Page 164: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[164]

Die wat die “dier” aanbid, hyself sal ook drink van die wyn van

die grimmigheid van God, wat ongemeng ingeskink is in die

beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel

voor die heilige engele en voor die Lam.

9. Ons gedrag moet vry van geldgierigheid en hebsug wees.

Ons moet tevrede wees met wat ons het, anders kan ons in die

versoeking kom om die “merk van die dier” te aanvaar omdat

Mammon ons afgod is en sal wees.

10. Maak nie saak wat mense leer nie, die Heilige Gees sal nie

hierdie aarde verlaat nie. Die Here sê dat Hy jou nooit sal

begewe en jou nooit sal verlaat nie! Hy is met ons tot aan die

voleinding van hierdie wêreld en Hy sal jou bystaan en versterk

gedurende die groot verdrukking.

Page 165: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[165]

Jesus Christus ons Lewensredder

Die mensdom is besig om te verswelg in ‘n sonde-oseaan. Die

wêreldgodsdienste is besig om “swemhandleidings” uit te deel

en probeer om die drenkelinge te leer swem. Jesus Christus is

egter die Lewensredder wat Self in die oseaan ingeduik het om

die wat besig was om te vergaan, te red – ten koste van Sy eie

lewe.

“Daar is geen redding by iemand anders nie. Daar is geen

ander naam op aarde wat mense kan aanroep om gered te word

nie.” – Handelinge 4:12. Is Jesus Christus jou Heer en

Verlosser? Of sal Hy jou ewige Regter wees? Die vraag is nie:

Sál jy voor Hom buig nie, maar wánneer sal jy voor Hom buig?

Daarom het God Hom ook tot in die hoogste posisie

verhoog en aan Hom die Naam gegee wat belangriker is as elke

ander naam. So sal by die noem van Jesus se heerlike Naam

elke knie in die Hemel en op die aarde en onder die aarde buig,

en elke tong sal erken: “Jesus Christus is Here!” En so sal God

die Vader verheerlik word! – Filippense 2:9-11.

Die eerste keer het Jesus gekom as Lam wat die sonde van

die wêreld weggeneem het. Die tweede keer, wanneer Hy weer

kom, kom Hy nie as Redder nie, maar as Regter, Koning van die

konings en Heer van die here, ‘n Oorwinnaar en ‘n ewige

Regter.

Ons buig òf vandag, terwyl dit nog genadetyd is, voor

Hom, òf ons sál eendag op die Oordeelsdag voor Hom móét

buig – sonder die vryheid van keuse wat ons nou gegun word.

Die Genadedeur sal dan dig gesluit wees en alle hoop en

vergifnis sal tot niet wees. Ons buig òf nou voor Hom wat ons

Heer en Meester is, òf op die Oordeelsdag, wanneer Hy sit as

die ewige Regter wat gaan oordeel.

Is Jesus jou Redder of jou Regter?

Page 166: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[166]

Sondaarsgebed vir die wat die Here wil

aanneem as hulle Redder en Verlosser:

Romeine 10:9–11 “As jy met jou mond die Here Jesus bely en

met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal

jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en

met die mond bely ons tot redding.” Want die Skrif sê: “Elkeen

wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.”

Sondaarsgebed: Here Jesus, ek is ‘n sondaar. Ek bely en erken dat ek vandag

verlore is. Dankie vir die kruis waar U vir my sonde betaal het.

Al verdien ek die hel, hoef ek nie daarheen te gaan nie.

Vergewe asseblief nou al my sondes en was my nou skoon deur

U bloed. Beklee my nou met U geregtigheid en maak my ‘n

nuwe mens in Christus Jesus. Ek vra U nou om in my hart in te

kom en die Koning van my lewe te word. Neem U nou beheer

van my nuwe lewe. Ek erken U as my Here en my God. Ek gee

my totale lewe aan U om te maak soos U wil in en deur my lewe.

Ek neem dit as ‘n feit dat U my nou vergewe het, dat ek skoon

gewas is deur U kosbare bloed en dat ek nou ‘n nuwe mens is

wat ‘n nuwe lewe van vandag af begin. Dat ek weergebore en U

kind is van hierdie oomblik af. Ek verklaar dat U die Here van

my lewe is. Amen.

My gebed vir al die lesers: 1 Thessalonicense 5:23.

“En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak,

en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik

bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!

Maranata, Jesus kom weer!”

Page 167: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[167]

Biografie van die skryfster:

Loretta Vosloo is ‘n toegewyde Christen wat haar lewe daaraan toewy om die Woord van God in waarheid te verkondig. Sy is gebore in 1958 in Virginia (Vrystaat), en het tot bekering gekom in 1976. Daarna is sy getroud met Dawid Vosloo. Twee dogters is uit die huwelik gebore, waarvan die jongste in ‘n ambulans-ongeluk sterf in 2008. Sy bekwaam haarself in pastorale teologie op die ouderdom van 45 en betree die bedieningsveld.

Tans spits sy haarself daarop toe om haar roeping deur die verkondiging van die Woord deur ‘n radio bediening, asook op ander geleenthede uit te leef. Sy gebruik ook skryfkuns as ‘n media om gewilde en relevante onderwerpe soos die Wederkoms van Jesus Christus te bespreek. Hierdie is dan ook haar eerste publikasie genaamd: “Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus”. Die volgende boek waarmee sy besig is: “Lewe na ‘n kind se dood” sal ook binnekort op die mark wees.

Dit was in ongeveer 1985 toe die Here deur Sy Gees met haar begin praat het oor die “geheime wegraping”. Nadat sy dan die Skrifte oor die wederkoms, in waarheid en opregtheid ondersoek het, het sy tot die besef gekom dat hierdie leerstelling nie die waarheid is nie. Sy kon nie een enkele vers in die Bybel kry wat hierdie leerstelling volledig ondersteun nie. Sy het ook van toe af by ander predikers wat dieselfde siening oor die wederkoms gehuldig het, bevestiging ontvang dat hierdie waarheid oor die wederkoms, absoluut gestaaf kon word uit die Woord van God.

Haar doel met hierdie skrywe is om mede-gelowiges aan te moedig tot self-studie van God se Woord, asook om “menslike leerstellings” te toets aan die waarheid van die Woord. Sy glo dat ons in die laaste dae lewe en dat ons alleenlik deur die openbarings-kennis van God se Woord genoeg olie in ons kanne sal kry om die middernag-uur wat oor die hele wêreld sal kom, te kan oorwin. Besoek gerus haar webwerf by: www.wegrapingenwederkomsvanjesus.co.za

Page 168: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[168]

Skrifverse wat in die boek gebruik is: Baie Skrifverse word as verwysing vir self-studie in hierdie boek gebruik. Die boek is dan hoofsaaklik op die Bybel gebaseer. Van die Skrifverwysings in die boek word hier gelys: Hoofstuk 1: Die waarheid van God se Woord: Matthéüs 24:4 + 11 + 24; 2 Thessalonicense 2:3; Johannes 1:14, 8:31-32, 16:13; 2 Timótheüs 3:7, 4:3-4; Titus 1:14; Markus 7:7; Lukas 20:21; 1 Johannes 4:1; Spreuke 3:21; Psalm 23:5; Jesaja 58:11 Hoofstuk 2: Hoe belangrik is die wederkoms van Jesus Christus vir ons? 2 Petrus 3:3-4; Openbaring 2:25, 3:11, 22:12, 19:11; Jakobus 5:8; Hebreërs 10:38-39; 1 Johannes 2:28; Lukas 10:19, 21:26-28; 24:13 – 32; Matthéüs 5:11-12; Efésiërs 6:8 Hoofstuk 3: Hoe beskryf Jesus Sy wederkoms en wie se weergawe gaan jy glo? Matthéüs 2:1, 16:2-3; 24:3-31; Lukas 4:5-7, 17:21 + 28-30; Handelinge 3:22; Openbaring 2:4-5, 3:16; Jeremia 2:2; Filippense 1:9

Hoofstuk 4: Moet ons as Christene gereed wees vir die

koms van die Antichris?

Lukas 17:22; Matthéüs 24:24, 25:1-12; Openbaring 3:10; Hoséa 4:6; Jeremia 12:5; Lukas 21:17-19; Hebreërs 11:7 Hoofstuk 5: Wie gaan gedurende die groot verdrukking verdruk word en waarom? Handelinge 14:22; 2 Korinthiërs 1:3-5, 2:4; 1 Thessalonicense 3:3; 2 Thessalonicense 2:4; Daniël 3:22-25; 7:21-26; 12:9; Jesaja 48:10; 2 Timótheüs 2:12; Matthéüs 3:12, 24:9 + 22, 5:8; 1 Petrus 2:9; Openbaring 1:9, 6:9-11, 13:7, 12:11-12, 12:17, 7:14, 22:11; Efésiërs 2:12-16, 5:25-27; Maleági 3:18, 4:1-3; Filippense 2:15; 2 Petrus 3:13-14

Page 169: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[169]

Hoofstuk 6: Wat is die verskil tussen verdrukking en die toorn van God? Matthéüs 10:28; 1 Thessalonicense 3:3, 5:9-10; Joël 3:13; Openbaring 1:3, 12:12-17, 14:14-20, 22:18-19; Job 14:13 Hoofstuk 7: Sal God die heiliges bewaar tydens die regering van die Antichris? Psalm 9:9-10, 91:5-11; Johannes 17:15, 14:2-3; Openbaring 2:10, 3:10, 9:3-4, 15:2, 22:4; Lukas 18:2-8, 21:16 + 36, 23:43; 2 Korinthiërs 5:1, 4:17-18; Exodus 12:1-12; Matthéüs 24:10, 26:28, 28:20; Romeine 8:18, 10:9; Kolossense 1:20; Efésiërs 1:13, 4:30; 1 Petrus 1:6-7, 4:7-8, 12-13; Génesis 22:1-18; 2 Timótheüs 4:6-8, 4:18; Handelinge 14:22 Afdeling 1 - Bybelse opdragte vir die laaste dae voor Jesus se Koms Openbaring 6:9-11, 13:15; Lukas 12:4-5, 22:46, 12:35-37; 1 Petrus 4:19; Daniël 3:16-18; Matthéüs 10:22; Markus 13:20; 1 Timótheüs 4:16; 1 Thessalonicense 3:12; Hosea 6:3

Hoofstuk 8: Wat is die gevolge van die merk van die

dier?

2 Timótheüs 3:1-6; Openbaring 13:7-8 + 16-18; 14:9-13, 16:2, 12:11-12 + 17, 7:14-16; Matthéüs 4:9-10; 6:24; Lukas 21:28; Efésiërs 6:11; Johannes 14:30; Ps.13:4; Jesaja 14:13-14, 26:20

Hoofstuk 9: Hoeveel opstandings is daar?

Johannes 5:28-29; 6:39-40, 44, 54; 11:23-24; Hebreërs 9:27-28, 11:35; Daniël 5:6; Openbaring 3:2o, 20:4-6, 11-15, 11:15-19; Matthéüs 24:29-31; 1Korinthiërs 15:12-24; 52-53; 1 Thessalonicense 4:13-17; Jesaja 1:18; 25:8 – 9.

Afdeling 1 - Wederkoms

1 Thessalonicense 5:2-6; 2 Thessalonicense 1:6-10; 2:1-8; Matthéüs 24:10-12, 29-31; Jesaja 11:4; Lukas 21:25-27, 23:30; 2 Timótheüs 2:12; Titus 2:13; Hebreërs 12:26 – 28; Maleági

Page 170: Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus ... · Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus. Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor

[170]

4:1; Nahum 1:5-6; Openbaring 1:7; 16:9-11, 19:6-14; Jesaja 24:18

Afdeling 2 - Slag van Armegéddon

Openbaring 16:15, 6:12-17, 19:15; Handelinge 15:16-17; Lukas 12:40; Romeine 11:25-27; Jesaja 13:6-9; Jesaja 34:2 – 3; Jeremia 25:30-33; Sagaría 12:9-10, 13:8-9, 14:1-7 + 12-13; Sefánja 1:14-16; Joël 3:12-16; Afdeling 3 - Ons sal loon ontvang Jesaja 3:10; Romeine 8:1, 14:10-12; 2 Korinthiërs 5:10; Efésiërs 6:8; 1 Korinthiërs 3:8-15; Openbaring 22:12; Matthéüs 16:27, 25:23; Daniël 12:3; Lukas 19:12-26 Afdeling 4 - Jesus aanvaar Sy Koningskap oor die koninkryke van die wêreld: Die Duisendjarige-Vrederyk Openbaring 2:25-26; 3:11; 20:4; Romeime 8:19-22; Daniël 2:1-45, 7:13-14 + 21-22; Matthéüs 16:16-18; Judas 1:14; Sagaría 2:11, 14:9; Sefánja 3:9; Jesaja 2:2-18, 11:6-10; Psalm 37:9 + 11; Jakobus 5:7-8; 1 Korinthiërs 4:5; 1 Petrus 5:2-4; Openbaring 20:1-3; Efésiërs 3:16; Handelinge 3:21 Hoofstuk 10: Wie gaan van die aarde af weggeneem word met die wederkoms en wie gaan die aarde beërwe om saam met Jesus daarop te woon? Matthéüs 24:37-41, 13:24-43, 13:47-50; Lukas 17:34-37; 2 Petrus 2:5; Openbaring 19:17-18; Génesis 7:17; Psalm 37:9 + 29; Sefánja 1:2-3; Spreuke 2:21-22, 10:30

Hoe lyk die aarde na die slag van Armagéddon?

Jesaja 24:1-16; Psalm 22:27-28; Openbaring 11:15