die covid-19-pandemieseisoen...onthou dat jy die inskrywingsvorm en bewys van betaling vooraf (vanaf...

11
Deelnemersgids Die Covid-19-pandemieseisoen

Upload: others

Post on 04-Jul-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Die Covid-19-pandemieseisoen...Onthou dat jy die inskrywingsvorm en bewys van betaling vooraf (vanaf 1 Junie) reeds na jj@atkv.org.za moes e-pos. Jy sal ’n e-pos ontvang wat aandui

Deelnemersgids

Die Covid-19-pandemieseisoen

Page 2: Die Covid-19-pandemieseisoen...Onthou dat jy die inskrywingsvorm en bewys van betaling vooraf (vanaf 1 Junie) reeds na jj@atkv.org.za moes e-pos. Jy sal ’n e-pos ontvang wat aandui

ATKV-Tienertoneel gaan nie die impak van die virus verder voed nie!

Die jaar 2020 is beslis ’n uitdagende jaar vir elke wêreldburger en ons word geforseer om ons huidige gedragspatrone en denkwyses te ondersoek en te verander, anders daarna te kyk en werklik te bepaal wat belangrik en noodsaaklik is.

Die ATKV het tot die besef gekom dat die ontwikkeling van kreatiwiteit en die stimulasie van ’n sterk psige sentraal staan tot die verandering van gedragspatrone en aanpassing van denkwyses.

Die ontwikkeling van kuns en kultuur was nog nooit so noodsaaklik vir die mensdom nie, maar hoe gemaak met al die beperkings en maatreëls om die verspreiding van die virus te bekamp, en steeds die vaardighede van toneelspel en teaterkuns te vervolmaak sonder sosiale interaksie?

Kan ons die virus se impak verder voed deur dit waarvoor ons lief is net prys te gee?Altesaam 217 produksies het vanjaar hul plek in die ATKV-Tienertoneelkompetisie bespreek wat weereens om en by 4 000 leerders die geleentheid sou bied om ’n liefde vir toneelskepping in Afrikaans, toneelspel en teater-kyk te bevorder. Alhoewel skole verplig word om buitemuurse aktiwiteite te staak, teaters om hul deure toe te hou en geen groepering van mense toegelaat word nie, het die ATKV met ’n innoverende konsep vorendag gekom om steeds binne hierdie beperkings aan al 4 000 sy deelnemers dieselfde geleentheid te bied.

ATKV-Tienertoneel gaan hierdeur weereens in sy doel slaag om die liefde vir toneelskepping en teater-kyk te bevorder deur vanjaar te fokus op spel en die skryf van tekste voordat ons die planke einde 2020 tref met die vervaardiging van ’n professionele produksie, asook ’n uitgebreide speelvak bied vir nasionale finaliste in 2021.

Ons doen daarom ons grootste beroep op skole en regisseurs om al die toneelspelers en toneelliefhebbers in jou skoolgemeenskap te motiveer om steeds vanjaar aan ATKV-Tienertoneel deel te neem. So kan ons keer dat die impak van die virus ons stroop van die belangrikste menswees- en karakterbou-eienskappe waarsonder ons nie kan lewe nie.

Staan sterk, staan saam en kom ons veg vir die dinge in die lewe wat ons onderskei van middelmatigheid.

Inspirasie!

(ATKV-Tienertoneel-projekorganiseerder)

VOORWOORD 01

Page 3: Die Covid-19-pandemieseisoen...Onthou dat jy die inskrywingsvorm en bewys van betaling vooraf (vanaf 1 Junie) reeds na jj@atkv.org.za moes e-pos. Jy sal ’n e-pos ontvang wat aandui

Die ATKV vervaardig ’n professionele produksie saam met die volgende beroepsteaterlui:

Skrywer (samesteller) en regisseur:Dr. Andrè Gerber

Akteurs:Henriëtta Gryffenberg | Cintaine Schutte | Jacques Bessenger | Amalia Uys Wilhelm van der Walt | Ira Blanckenberg | Waldemar Schultz

HOE WERK ATKV-TIENERTONEEL SE AANGEPASTE KONSEP VIR 2020?

…en die ATKV-Tienertoneel 2020 se

02

Hierdie produksie word in Desember 2020 vervaardig ná afloop van die beoordeling van alle ATKV-Tienertoneelinskrywings deur bogenoemde beroepsteaterlui, wat ook die beoordelaarspaneel vorm.

Top-20-akteurs

Geleenthede tot veelvlakkige speelvakke van die produksie word deur die ATKV ondersoek en bemark, en sluit die volgende geleenthede in:

• Televisie- en/of digitale uitsendings• Optredes by vakansie-oorde• Optredes by kunstefeeste (Toyota US Woordfees en KKNK)

Die kompetisieformaat gaan daarom plaasvind deur middel van ’n kreatiewe proses waaraan ATKV-Tienertoneelspelers deelneem en dan digitaal indien, ten einde hul pad oop te speel na die nasionale finaal in Desember wanneer die professionele produksie vervaardig word.

JY HET REG GELEES!!! Vanjaar se tienertalent gaan saam met beroepsakteurs en regisseurs op dieselfde verhoog speel, waar

deure oopgemaak en geleenthede geskep gaan word soos nog nooit vantevore nie.

Page 4: Die Covid-19-pandemieseisoen...Onthou dat jy die inskrywingsvorm en bewys van betaling vooraf (vanaf 1 Junie) reeds na jj@atkv.org.za moes e-pos. Jy sal ’n e-pos ontvang wat aandui

03HOE NEEM EK DEEL?

Jy moet ’n hoërskoolleerder wees en jy kan as individu of

deur jou skool ingeskryf word. Inskrywingsfooi beloop slegs R200 per

deelnemer.

Voltooi die inskrywingsvorm en stuur saam met jou bewys van betaling na [email protected] .za.

Inskrywings open op 1 Junie 2020.

Jou inskrywing gaan tweeledig wees:

(a) ’n Nuutgeskrewe monoloog volgens die

voorgeskrewe wolk-tema.

(b) Jou voordrag van hierdie monoloog

op kamera (tussen 3 en 5 minute) om jou speltegniek te wys.

Gaan dan na die ATKV se webwerf (https://atkv.org.za/neem-deel/jeugprojekte/

tienertoneel/) vanaf 15 Junie en laai jou

inskrywing (video en teks)

Beoordelaars beoordeel dan

jou inskrywing en gee individuele en

pasgemaakte repliek deur ’n stemnota aan

jou te stuur.

Die ATKV akkrediteer die beoordelaarstoekenning aan jou gemaak vir spel

en jou nuutgeskrewe teks. Jou brons-, silwer-

of goue sertifikaat word dan aan jou, of

jou skool gepos. Tekste wat deel vorm van of gebruik gaan word in die professioneel

vervaardigde produksie, ontvang vanjaar ook ’n

goue toekenning.

Die Top-20-finaliste word dan genooi na die nasionale finaal wat die vorm van ’n vervaardigingsweek

sal aanneem saam met ons

beroepsteaterlui. Elke finalis ontvang ’n goue sertifikaat

vir deelname aan die nasionale finaal.

Die nasionale finaal vind van 7 tot 13 Desember 2020 plaas. ’n Geskikte

venue sal saam met die aankondiging van die

finaliste bekendgemaak word. Indien die

datum met ’n finalis se eksamen bots, sal

die vervaardingsweek dienooreenkomstig uitgeskuif word na

’n geskikte datum in Desember 2020.

01 02 03

04 05 06

07 08

Die Top-40-leerders word dan identifiseer en hulle dring deur na die nasionale semi-finaal.

Hierdie semi-finaliste sal dan ’n tweede opdrag

ontvang. Elkeen van die semi-finaliste ontvang

ook ’n deelname-sertifikaat vir deelname

aan die nasionale semi-finaal wat

gelykstaande is aan provinsiale deelname.

09

Page 5: Die Covid-19-pandemieseisoen...Onthou dat jy die inskrywingsvorm en bewys van betaling vooraf (vanaf 1 Junie) reeds na jj@atkv.org.za moes e-pos. Jy sal ’n e-pos ontvang wat aandui

Nuutgeskrewe monoloog volgens die voorgeskrewe tema-wolk.

Jou skryftalent dra vanjaar gewig tydens ATKV-Tienertoneel.

• Die teks moet oorspronklik (nuut geskryf) wees;• mag nie vantevore opgevoer gewees het nie;• moet ’n speeltyd van tussen 3 en 5 minute hê;• kan in enige genre wees en in enige periode (tyd) afspeel; en• moet verkieslik ouderdomgepas wees (met ander woorde, moet verkieslik nie ’n ouma speel nie).

04JOU INSKRYWING

DEEL 1:

Hierdie teks sal moontlik in die finale produksie ingesluit word. Die skrywer stem in om die opvoerregte van die teks aan die ATKV oor te dra, selfs al word die akteur/aktrise nie gekies nie.

Die teks sal moontlik aangepas/geredigeer word vir die doeleindes van die produksie. Volledige erkenning sal gegee word.

Indien iemand anders vir jou die monoloog skryf, moet daar volledige erkenning aan die skrywer gegee word en moet die skrywer ook die opvoerregte van die teks oordra aan die ATKV vir die doeleinde van gebruik soos hierbo voorgehou.

Die akteur hoef dus nie self die monoloog te skryf nie. Enige iemand kan vir die akteur die monoloog skryf.

Indien daar leerders is wat SLEGS vir hierdie kategorie wil inskryf en dus nie hulle teks voordra nie, is hulle welkom. Beoordeling sal dan plaasvind gegewe die teksafdeling en sertifikate sal dienooreenkomstig uitgereik word.

Die tema-wolk moet nie gesien word as ’n voorskrif nie, maar eerder as ’n riglyn. Die tema-wolk is dus nie genre-gebonde nie.

Sien die tema-wolk as ’n bron waaruit jy inspirasie kan put!

Huis | Alleen | Isolasie | Ingeperk | Stil | Staties

TEMA-WOLK

Page 6: Die Covid-19-pandemieseisoen...Onthou dat jy die inskrywingsvorm en bewys van betaling vooraf (vanaf 1 Junie) reeds na jj@atkv.org.za moes e-pos. Jy sal ’n e-pos ontvang wat aandui

SPEL (video-opname)

Jou video-opname (tussen 3 en 5 minute) moet aan die volgende vereistes voldoen:

• Begin die video deur jouself voor te stel (NAAM en VAN);• moet opgeneem word met ’n neutrale agtergrond;• moet verkieslik geen redigering behels nie (edits of cuts) ;• dit moet een skoot wees;• klank- en videogehalte moet van só ’n aard wees dat die akteur duidelik hoorbaar en sigbaar is; en• moet horisontaal verfilm word, en nie vertikaal nie.

DEEL 2: 05

INSKRYWINGSGELD

Inskrywingsgeld beloop R200 per inskrywing.

Betaal asseblief die inskrywingsgeld in die volgende rekening in:Bank: Absa, RandburgRekeninghouer: ATKVTjekrekeningnommer: 017 016 67 28Takkode: 632 005Verwysing:

OPLAAI VAN INSKRYWING

Wanneer jy gelukkig is met jou monoloog en video-opname, is jy gereed om jou inskrywing op te laai.

Gaan vanaf 15 Junie na die webwer (https://atkv.org.za/neem-deel/jeugprojekte/tienertoneel/) en laai die teksdokument en video op.Onthou dat jy die inskrywingsvorm en bewys van betaling vooraf (vanaf 1 Junie) reeds na [email protected] moes e-pos.

Jy sal ’n e-pos ontvang wat aandui dat ons jou inskrywing suksesvol ontvang het.

’N PAAR WENKE

• Internaliseer die gedagteprosesse van die karakter.

• Wees eerlik! Die kamera kan sien as jy nie 100% opreg is nie.

• Dink aan gebare.• Oogfokus... Waar kyk die karakter?

*Indien individuele inskrywing, sal die verwysing wees:“Tienertoneel” en dan leerder se voorletters en van.

*Indien die skool leerders inskryf, sal die verwysing wees:“Tienertoneel” en die skool se naam.

Page 7: Die Covid-19-pandemieseisoen...Onthou dat jy die inskrywingsvorm en bewys van betaling vooraf (vanaf 1 Junie) reeds na jj@atkv.org.za moes e-pos. Jy sal ’n e-pos ontvang wat aandui

Webwerf aktief (https://atkv.org.za/neem-deel/jeugprojekte/tienertoneel/) waar inskrywings opgelaai kan word.

DATUMS 061 JUN. Amptelike opening van inskrywings.

15 JUN.

Beoordeling van alle inskrywings.

31 JUL. Inskrywings sluit. Alle videos moet reeds op die webwerf opgelaai wees.

1 - 31 AUG.

Semi-finaliste word bekendgemaak.

1 - 15 SEP. Terugvoering van beoordelaars aan deelnemers, asook versending van sertifikate.

18 SEP.

Semi-finaliste se opdragwerk se sperdatum.

21 SEP.Semi-finaal-opdrag word aan finaliste gestuur.Semi-finaliste se eerste ronde werk is op die webwerf beskikbaar en dien as ’n digitale kykfees vir alle belangstellendes.

21 OKT.

6 NOV.Semi-finaliste ontvang deelname-sertifikate vir deelname aan ’n nasionale semi-finaal (provinsiale deelname-status).Finaliste word aangekondig, asook waar die finaal vir 2020 gehou sal word.

7 - 13 DES.Nasionale finaal (vervaardigingsweek)*Onderhewig aan verandering indien eksamens steeds plaasvind. Vervaardiging vind wel in Desember 2020 plaas.

21 DES. Produksie-voorskou en trekpleister word bekendgestel saam met speelvak vir 2021.

Page 8: Die Covid-19-pandemieseisoen...Onthou dat jy die inskrywingsvorm en bewys van betaling vooraf (vanaf 1 Junie) reeds na jj@atkv.org.za moes e-pos. Jy sal ’n e-pos ontvang wat aandui

’n Brons ATKV-sertifikaat vir ’n spesifieke aspek = vanaf 65%

(65% ≤ BRONS < 75%)

’n Silwer ATKV-sertifikaat vir ’n spesifieke aspek =vanaf 75%

(75% ≤ SILWER < 85%)halwe erekleure

’n Goue ATKV-sertifikaat vir ’n spesifieke aspek = vanaf 85%

(85% ≤ GOUD ≤ 100%) volle erekleure

TOEKENNINGS 07

SERTIFIKATE VIR SPESIFIEKE ASPEKTE SLUIT IN:

Akteur of aktrise vir die vertolking van ’n nuutgeskrewe monoloog.

Skrywer vir ’n nuutgeskrewe teks.Tekste wat gebruik word as deel van die professioneel vervaardigde produksie ontvang erkenning asook, ’n goue sertifikaat.

Deelname aan ’n nasionale semi-finaal.

Deelname aan ’n nasionale finaal en professionele produksie.

Page 9: Die Covid-19-pandemieseisoen...Onthou dat jy die inskrywingsvorm en bewys van betaling vooraf (vanaf 1 Junie) reeds na jj@atkv.org.za moes e-pos. Jy sal ’n e-pos ontvang wat aandui

Die beoordelaars sal die volgende kriteria gebruik om die punte toe te ken volgens die gewigte hieronder aangedui.

*Onthou, die akteur hoef nie self sy monoloog te skryf nie! Hy of sy kan enige iemand nader om die teks te skryf.

*Indien ’n leerder slegs vir die teks-afdeling inskryf sal sy gewig verwerk word na 100 om toekenning te bepaal.

BEOORDELING 08

SPEL12345

Geloofwaardige en boeiende spel.Tempo (sluit in tydsberekening. ritme, beweging, invalle).Beweging, lyftaal, gebare en gesigspel.Stemgebruik, artikulasie, intonasie en diksie.Toepaslike moeilikheidsgraad.

PUNT UIT100

GEWIG70

TEKS1234

Struktuur Kreatiwiteit volgens tema-wolk Toneelmatigheid (Hoe speelbaar is die teks vir die akteur?) Gepas vir akteur

PUNT UIT100

GEWIG30

TOTALE PRODUKSIEPUNT 100

Page 10: Die Covid-19-pandemieseisoen...Onthou dat jy die inskrywingsvorm en bewys van betaling vooraf (vanaf 1 Junie) reeds na jj@atkv.org.za moes e-pos. Jy sal ’n e-pos ontvang wat aandui

Die inskrywingsvorm moet volledig ingevul word en ge-e-pos word na [email protected] 1 Junie 2020.Die video en teks moet opgelaai word op die ATKV se webwerf tussen 15 Junie en 31 Julie by https://atkv.org.za/neem-deel/jeugprojekte/tienertoneel/

Onvolledige en valse inligting kan lei tot die diskwalifikasie van die inskrywing.

Slegs hoërskoolleerders word toegelaat om ingeskryf te word.

Individuele inskrywings word verwelkom.

Skole is ook welkom om ’n groep leerders onder die skool se naam in te skryf.

Die tydsduur van die monoloog mag nie korter as 3 minute en nie langer as 5 minutewees nie.

Monoloë moet oorwegend Afrikaans wees (60%).

Indien kragwoorde gebruik word, moet dit binne konteks wees.

Leerders mag van professionele hulp gebruik maak. Hierdie toegewing is omwisselwerking tussen die professionele teaterbedryf en amateurtoneel te bewerkstelligdeur die oordra van kennis en vaardighede. Monoloë mag in enige genre of styl aangebied word en hoef nie deur die leerder selfgeskryf word nie.

Finaliste is self verantwoordelik vir hul vervoerreëlings na die finaal.

Die ATKV behou hom die reg voor om te bepaal watter en hoeveel deelnemers na diefinaal kan deurdring.

Die ondertekening van die inskrywingsvorm bring ’n basiese ooreenkoms tussen dieATKV en die persoon/persone of instansie wat ingeskryf word, tot stand.

09REËLS EN RIGLYNEHierdie ooreenkoms impliseer dat die persoon/persone of instansie wat ingeskryf word streng volgens die reëls van die kompetisie sal optree en dat die ATKV die kompetisie streng volgens die reëls sal aanbied.

Oortreding of die nie-nakoming van die reëls van hierdie kompetisie kan lei tot die diskwalifikasie van die inskrywing.Die persoon/persone of instansie wat ingeskryf word, vrywaar die ATKV teen enige eise wat mag ontstaan as gevolg van skade of verlies van watter aard ook al wat so ’n persoon/persone of instansie mag ly gedurende die hele verloop van die kompetisie. Die ATKV behou hom die reg voor om die kompetisie enige tyd op te skort of tebeëindig indien buitengewone omstandighede dit noodsaak.

Die persoon/persone of instansie wat ingeskryf word, moet beskikbaar wees om tydens die finaal van die kompetisie op te tree sonder vergoeding en die ATKV behou hom die reg voor om indien ’n finalis nie die finaal van die kompetisie kan bywoon nie, die betrokke finalis te vervang met ’n ander deelnemer.

Die persoon/persone of instansie wat ingeskryf word, magtig die ATKV om foto’s en video’s van die deelnemer te gebruik vir verslaggewing, beoordeling- en bemarkingsdoeleindes.

Die ATKV aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige stappe wat gedoen word teendeelnemers wat nie die nodige opvoerregte vir reeds bestaande tekste bekom nie.

Die beslissing van die beoordelaars is finaal en geen korrespondensie sal deur die loopvan of ná afloop van die kompetisie daaroor gevoer word nie.

KANSELLASIEBELEID

Geen inskrywingsgeld is terugbetaalbaar nie. Inskrywingsgeld sal slegs terugbetaal word indien die geleentheid deur die ATKV gekanselleer word.

NAVRAE

Enige navrae, hulp of ondersteuning kan direk aan die ATKV-Tienertoneel se projekorganiseerder gerig word:

JJ van [email protected] | 076 391 3414

Page 11: Die Covid-19-pandemieseisoen...Onthou dat jy die inskrywingsvorm en bewys van betaling vooraf (vanaf 1 Junie) reeds na jj@atkv.org.za moes e-pos. Jy sal ’n e-pos ontvang wat aandui

1930-2020

Besoekwww.atkv.org.za

vir kursusse en projekte.