die doringtak 50

10
1065 Die Doringtak Nr. 50 November 2011 Nuusbrief van die JOHAN JOST STEINBERG FAMILIEBOND Posbus 3501, Pietersburg 0700 ( (015) 291 1421 083 377 7402 Faks (015) 295 7016 E-pos: [email protected] GROET EN HULDE Ds Nico Steenberg, jarelange voorsitter van die Steinberg Familiebond skryf: Dit is met ‘n groot mate van hartseer dat ek hierdie Groet– en Huldeartikel skryf. ‘n Groet omdat ons na vele pogings nie daarin kon slag om jonger familielede te betrek by die bestuur en voortgang van die Familiebond nie. As daar in hierdie late stadium dalk nog persone na vore kan kom wat sê: ék sal dien as voorsitter, redakteur, bestuurslid ens., dan sal ons sê: Baie welkom! en Baie Dankie! Die Familiebond sal self darem nie ontbind en tot niet gaan nie, maar in ‘n rustende winterslaap gaan tot iémand met genoeg dryf en liefde vir die saak na vore kom. “Uiteindelik doem ‘n stofwolk soos ‘n profeet uit die verte op.” Mag dit spoedig gebeur. Wat die Doringtak betref, lyk dit wel na die einde. Hierdie uitgawe, nr. 50, is soos al die vorige uitgawes die afgelope 8 jaar met groot sorg én op eie koste deur Ron Steynberg as redakteur saamgestel. Om bloot ‘n omsendbrief aan die 424 familielede op ons adreslys te stuur, kos aan posgeld alleen R1100. Om die Doring- tak in ‘n A5- koevert uit te stuur kos aan posgeld R2332! En dan kom tel- kens ‘n stuk of 30 koeverte nog “onafgehaal” terug, omdat lede nie hulle adresverander- ings deurgee nie. Dit blyk dus ‘n onbegonne taak te wees om met die huidige ledegeld al die kostes aan die Doringtak verbonde te verhaal. Nou kom ons by die hulde: Allereers aan Lieselore Steynberg en wyle Oom Ulrich Steynberg wat die Bond gestig het en met bomenslike arbeid van meer as dertig jaar as ‘n geskenk aan ons gegee het. Om al die familie- Lieselore Steynberg 1066 navorsing te doen en dit in die prag- boek “Een Familie” saam te vat, was reusewerk waarop al die familie met reg kan trots wees. By sy verskyning was “Een Familie” die omvattendste en volledigste van alle familieregisters in Suid-Afrika. Lieselore het selfs in Duitsland in die argiewe gaan delf om ons voorsate op te spoor. Aan haar: alle dank en eer. Sy het ook vir die eerste byna twintig jaar die Do-ringtak behartig, en met die goedgunstige gratis drukwerk van gehalte deur Michael Zinn Steynberg (b11.c1.d4. e11.f3.g1.) van Kaap-stad ons telkens verras met ‘n keurige produk. Ook baie dankie aan Michael! Lieselore verjaar op 2 November en vier dan haar 90ste verjaardag. By die geleentheid wil elke familielid ons innige dank en waardering, ons liefde en hoogagting aan dié formidabele vrou bring. As ek Jan Celliers mag aanpas: Stil broers (en susters) daar gaan ‘n vrou verby. Iemand van haar kaliber kom net eenkeer in ‘n leeftyd. Daarom aan Lieselore: Lekker verjaar en Gods rykste seën vir die toekoms. Dan aan Ron Steynberg, ons redakteur, kan ons net sê: “Cometh the hour, cometh the man”. Hy het op sy eie drukmasjien die Doringtak gedruk en die koste (ink en papier) self gedra. Om gereeld Die Doringtak te laat verskyn, propvol nuus met uitmuntende taalversorging, vra eweneens ‘n man van formaat. Aan Ron, die familie se dankbare hulde vir die groot werk wat jy gedoen het. Ook vir die dae en nagte se voorbereiding van die teks (dis rugbreekwerk vir dié wat weet) sodat ons ‘n heerlike lees- ervaring kan hê. Geniet die rus, Ron, sonder die knaende wete van ‘n spertyd wat wag. Aan al die famlielede wat gereeld die feeste bygewoon het: dit was heerlik om julle te leer ken en te waardeer. Laat ons trots wees op ons herkoms en die Stein-berg/Steynberg/ Steenberg-naam met ere dra, waardig en trou as Afrikaners, kinders van Suid -Afrika. Hartlike familiegroete. Nico Steenberg Voorsitter Barbara Wildner - suster van Lieselore vertel: My suster Lieselore Steynberg (geb. Wildner - 2 Nov. 1921, eggenote van wyle Ulrich Steynberg (b7.c6.d3.e9.f3. d.v. Fritz Wildner uit Oostenryk en Frieda Wesener uit Duitsland) het geluk-kige kinderjare beleef saam met ‘n ouer broer en jonger suster. Toe die Tweede Wêreld-oorlog egter in 1939 uitbreek, was die familie swaar getref. Ons vader, toe nog steeds ‘n Duitse burger, is in 1939 geïnterneer. Die bandwewery wat hy gestig het, is tot vyandseiendom verklaar en is gekonfiskeer. Ons broer het in die oorlog gesterf. Lieselore moes met ‘n Ron Steynberg

Upload: johann-steynberg

Post on 13-Mar-2016

395 views

Category:

Documents


21 download

DESCRIPTION

Nuusbrief van die JOHAN JOST STEINBERG FAMILIEBOND

TRANSCRIPT

Page 1: Die Doringtak 50

1065

Die Doringtak Nr. 50 November 2011

Nuusbrief van die JOHAN JOST STEINBERG FAMILIEBOND Posbus 3501, Pietersburg 0700 ( (015) 291 1421 083 377 7402 Faks (015) 295 7016

E-pos: [email protected]

GROET EN HULDE Ds Nico Steenberg, jarelange voorsitter van die Steinberg Familiebond skryf: Dit is met ‘n groot mate van hartseer dat ek hierdie Groet– en Huldeartikel skryf. ‘n Groet omdat ons na vele pogings nie daarin kon slag om jonger familielede te betrek by die bestuur en voortgang van die Familiebond nie. As daar in hierdie late stadium dalk nog persone na vore kan kom wat sê: ék sal dien as voorsitter, redakteur, bestuurslid ens., dan sal ons sê: Baie welkom! en Baie Dankie! Die Familiebond sal self darem nie ontbind en tot niet gaan nie, maar in ‘n rustende winterslaap gaan tot iémand met genoeg dryf en liefde vir die saak na vore kom. “Uiteindelik doem ‘n stofwolk soos ‘n profeet uit die verte op.” Mag dit spoedig gebeur. Wat die Doringtak betref, lyk dit wel na

die einde. Hierdie uitgawe, nr. 50, is soos al die vorige uitgawes die afgelope 8 jaar met groot sorg én op eie koste deur Ron Steynberg as redakteur saamgestel. Om bloot ‘n omsendbrief aan die 424 familielede op ons adreslys te stuur, kos aan posgeld alleen R1100. Om die Doring-

tak in ‘n A5-koevert uit te stuur kos aan posgeld R2332! En dan kom tel-kens ‘n stuk of 30 koeverte nog “onafgehaal” terug, omdat lede nie hulle adresverander-ings deurgee nie. Dit blyk dus ‘n onbegonne taak te wees om met die

huidige ledegeld al die kostes

aan die Doringtak verbonde te verhaal. Nou kom ons by die hulde: Allereers aan Lieselore Steynberg en wyle Oom Ulrich Steynberg wat die Bond gestig het en met bomenslike arbeid van meer as dertig jaar as ‘n geskenk aan ons gegee het. Om al die familie-

Lieselore Steynberg

1066

navorsing te doen en dit in die prag-boek “Een Familie” saam te vat, was reusewerk waarop al die familie met reg kan trots wees. By sy verskyning was “Een Familie” die omvattendste en volledigste van alle familieregisters in Suid-Afrika. Lieselore het selfs in Duitsland in die argiewe gaan delf om ons voorsate op te spoor. Aan haar: alle dank en eer. Sy het ook vir die eerste byna twintig jaar die Do-ringtak behartig, en met die goedgunstige gratis drukwerk van gehalte deur Michael Zinn Steynberg (b11.c1.d4. e11.f3.g1.) van Kaap-stad ons telkens verras met ‘n keurige produk. Ook baie dankie aan Michael! Lieselore verjaar op 2 November en vier dan haar 90ste verjaardag. By die geleentheid wil elke familielid ons innige dank en waardering, ons liefde en hoogagting aan dié formidabele vrou bring. As ek Jan Celliers mag aanpas: Stil broers (en susters) daar gaan ‘n vrou verby. Iemand van haar kaliber kom net eenkeer in ‘n leeftyd. Daarom aan Lieselore: Lekker verjaar en Gods rykste seën vir die toekoms. Dan aan Ron Steynberg, ons redakteur, kan ons net sê: “Cometh the hour, cometh the man”. Hy het op sy eie drukmasjien die Doringtak gedruk en die koste (ink en papier) self gedra. Om gereeld Die Doringtak te laat verskyn, propvol nuus met uitmuntende taalversorging, vra eweneens ‘n man van formaat. Aan Ron, die familie se dankbare hulde vir die

groot werk wat jy gedoen het. Ook vir die dae en nagte se voorbereiding van die teks (dis rugbreekwerk vir dié wat weet) sodat ons ‘n heerlike lees-ervaring kan hê. Geniet die rus, Ron, sonder die knaende wete van ‘n spertyd wat wag. Aan al die famlielede wat gereeld die feeste bygewoon het: dit was heerlik om julle te leer ken en te waardeer. Laat ons trots wees op ons herkoms en die Stein-berg/Steynberg/Steenberg-naam met ere dra, waardig en trou as Afrikaners, kinders van Suid

-Afrika. Hartlike familiegroete.

N i c o S t e e n b e r g

Voorsitter

Barbara Wildner - suster van

Lieselore vertel: My suster Lieselore Steynberg (geb. Wildner - 2 Nov. 1921, eggenote van wyle Ulrich Steynberg (b7.c6.d3.e9.f3. d.v. Fritz Wildner uit Oostenryk en Frieda Wesener uit Duitsland) het geluk-kige kinderjare beleef saam

met ‘n ouer broer en jonger suster. Toe die Tweede Wêreld-oorlog egter in 1939 uitbreek, was die familie swaar getref. Ons vader, toe nog steeds ‘n

Duitse burger, is in 1939 geïnterneer. Die

bandwewery wat hy gestig het, is tot vyandseiendom verklaar en is gekonfiskeer. Ons broer het in die oorlog gesterf.

Lieselore moes met ‘n

Ron Steynberg

Page 2: Die Doringtak 50

1067

Standerd 8 sertifikaat die skool verlaat en begin werk. Met haar flukse en skrander brein het sy binne ses maande haar matrieksertifikaat by wyse van ‘n korrespondensiekursus verwerf. Daar was egter nie geld om haar verder te laat studeer nie. Haar moeder het ‘n naaldwerkwinkel

genaamd “Nerina” in Stellenbosch begin en Lieselore het daar gehelp totdat sy in 1949 getroud is met Ulrich Steynberg.

Ulrich het in Tamboerskloof, Kaapstad, ‘n huis gekoop. Lieselore was ‘n aktiewe lid van die Vroue Landbou-Unie. Sy het ook baie ywerig gehelp tydens Nasionale verkiesings. Sy was ook baie betrokke met die Suiderkruis-beweging ten bate van die soldate aan die grens waar haar oudste seun destyds in die Caprivi diens gedoen het. Ulrich en Lieselore was ook baie betrokke by die Duitse skool in Kaapstad waar hulle altyd die braaivleis-afdeling behartig het. Lieselore het ‘n kenmerk-ende kunstalent wat sy op vele terreine aangewend het. Lesers van Die Doringtak en die pragboek Een Familie sal haar kunstige, treffende en uiteenlopende illustrasies onthou. Haar eie ontwerpe, dikwels met Suid-Afrikaanse blomme as tema, verskyn op talle tafeldoeke en kussings wat in haar huis gebruik word. ‘n Groot tapisserie wat sy ontwerp en uitgewerk het, hang vandag nog in die Sanlamgebou in Kaapstad. Sy maak nog steeds haar eie klere en hou haar besig met die skep van groete-kaartjies pragtig versier met fyn

patrone gemaak uit geparste blomme. Lieselore woon nog steeds in daardie pragtige huis in Tamboerskloof met een van die mooiste tuine in Kaapstad. Tallose Steynbergs het oor die jare mekaar hier ontmoet en is fyn, gesellig en keurig onthaal. Familie is vandag nog daar welkom. ‘n Vrou duisend!

FAMILIE-VARIA André Peter Steynberg and his wife Bev (b7.c6.d12.e2.f2.g1.) recently suffered the tragic loss of their son Craig. Craig went missing after attending the Splashy Fen festival near Underberg in April 2011 and his body was found in a river after a four-day search. (See report elsewhere in this letter.) Their daughter Kristen has graduated from the Uni-versity of Pretoria and she is now working at ARC Archi-tects doing her internship. She has already designed an extension to a school and she is now working on an up-grade to the Eastgate shop-ping centre in Johannesburg.

Oor die bedrywige Ds. Pierre Francois Steenberg (b11.c1.d5. f3.g2.h4) is die eerste maal reeds in Doringtak No. 7 in Maart 1987 berig toe hy as 16-jarige in die Teletien TV-program ‘n kamera in ‘n foto-kompetisie gewen het. Hy het in Mei vanjaar ’n D.Min (Doctor of Ministry) graad by die Pacific School

of Religion in Berkely, Kali-fornië, Cum Laude ver-werf. Die graad is in Pasto-rale Sielkunde en Familie Terapie. Hy skryf ook elke week ‘n blog oor verhoudings by:

1068

http://www.designinghearts.com Daarby bied hy ook gereeld huweliks-seminare aan. Sy eerste doktorsgraad in Nuwe Testament het hy by die Universiteit van Pretoria (Ph.D.) verkry. Hy het twee boeke geskryf (een oor die Nuwe Testament en ‘n ander een oor emosionele intimiteit) wat binne-kort beskikbaar sal wees. Hy is nog steeds predikant van die Sewendedag-Adventiste-gemeente in Hollister in Kalifornië. Simeon Steynberg - (b7.c6.d7.e9.f3. g4.) is gebore te Graaf Reinet waar sy vader destyds op Katbos en Rynheath geboer het. Toe hy 8 jaar oud was, het die familie na die destydse Suidwes-Afrika verhuis waar sy vader tussen Rehoboth en Kalkrand geboer het. Later het hulle weer verhuis na ‘n plaas in die Khomas Hochland, wes van Windhoek. Simeon het 28 jaar gelede begin onderwys gee op Mariental. In 1999 het die gesin verhuis na Carnarvon waar hy steeds onder-wys gee. Sy vakrigting was Hout– en Metaal-werk, maar dié vak is later deur die Onder-wysdepartement ver-wyder uit die leergang vir akademiese skole en Simeon moes twee jaar verdere opleiding by die Universiteit van Stellenbosch deurloop om Rekenaarstudie te kan onderrig. Hy was vir 18 jaar sekretaris van die

Nasionale Skole Skietvereniging (SANNSU). Hy het op skolevlak skyfskiet (.22) afgerig en verskeie nasionale skuts opgelewer. Sy lewensuitkyk is om in Jesus te lewe, en hy

benader elke “probleem” as ‘n uitdaging.

Hy is hartseer omdat daar waarskynlik nie weer ‘n Doringtak uitgegee sal word nie. Sy suster, Manda wat in Windhoek woon, laat weet dat Simeon se seun Jan-Petrus ‘n kranige skut is. Dit loop maar in die familie – ons Steynberg’s weet hoe om ‘n geweer te hanteer. Hy het

vanjaar vir die 3de agtereen-volgende jaar die WP skole skietspan verteenwoordig by die SA’s wat in Kaapstad plaasgevind het. Dié jaar was ’n minder suksesvolle jaar vir die WP-span en noemenswaardige prestasies waar hy van deel is, was daar ongelukkig nie. Jan-Petrus is tans besig met sy matriek-eksamen en gaan volgende jaar in Stellenbosch studeer in B Com Aktuariele Wetenskappe. JP Steynberg (b7.c6.d7.e5.f4.g2.) van Ganora, Nieu-Bethesda, se moeder Susanna Helena Steynberg geb : 1921, (weduwee van Louis Steynberg - f4.) was 90 jaar oud op 28 Oktober. Hulle het vir haar 'n heerlike ete gereël om dit te vier op Ganora. Dit gaan goed met Jacobus Lodewikus (Wikus) Steenberg - b11.c11.d4.e1.f6.g5.h2. en Marlien, die stigterslede van die Alberton Lewensentrum Gemeente, (sien www.als.org.za), tans die vinnigste groeiende kerk in S.A met ‘n ledetal van oor die 6500 nadat dit ontwikkel het uit ‘n huis-selgroep van 14 lede. Hulle is tans die enigste kerk wat om 8:30 Sondae dienste beeldsend op Kyknet en oordenkings elke oggend om 6h00 op kanaal 111 op DSTV.in Afrikaans.

Page 3: Die Doringtak 50

1069

Aletta (Lettie) Johanna Steynberg, (Geb. Jordaan), weduwee van wyle Willem Jacobus Steynberg (b11.c5.d1.e6.f5.g3) vind dat die tyd nie stilstaan nie - Kersfees is al feitlik weer op hande. Sy het enkele weke gelede by Ihlati Protea aftreeoord, Primrose, ‘n tweeslaapkamer woonstel ge-koop. Die huis in Edenvale waar sy en Willem 34 jaar gewoon het, het sy verkoop gekry binne ‘n week nadat sy dit in die mark gesit het. Die 4-slaapkamer-huis, swembad ens. was naderhand vir haar net ‘n las. Sy het vir drie jaar na Willem se afsterwe alleen daar gewoon. Nou bly sy lekker, neem aan oefeninge en uit-stappies deel en het genoeg geselskap. Daarby woon haar seun Jaco en sy gesin ongeveer 2½ km van haar af. Haar skoondogter werk op die terrein as boekhoudster en Lettie sien haar gereeld. Haar dog-ter Annamarie Grové (geb. Steyn-berg) en gesin woon al amper 13 jaar in Brisbane, Australië. Haar oudste kleinseun Ivan Grové skryf vanjaar daar Matriek en sy broer Rynhardt volgende jaar. Sy het hulle in Mei 2008 laas gesien maar beplan om in Mei 2012 daar te gaan kuier. Frederik (Fred) Johannes STEYNBERG (b7.c6.d3.e6.f2.g1.) bekende hengelpersoonlikheid laat weet dat sy tweeling, Dirk en Carrie Steynberg, nou hulle eindeksamin skryf en altwee is aanvaar by Rhodes Universiteit volgende jaar. Dirk gaan ‘n graad in 'Media Studies' doen en Carrie ‘n graad in Omgewings-Wetenskap … hulle het 18 geword op 23 Sept 2011.

Rosina Elizabeth „Elbie“ Viljoen, geb. Steynberg (b11.c5.d1.e7.f1.g6)en haar man Dawie, vroeër van

Bloedrivierpoort, geniet hulle aftrede terdeë. Dawie sê hy wonder waar hy vroeër ooit tyd gekry het om werk toe te gaan.

Hulle boer met ’n klompie beeste wat nie arbeidsintensief is nie - hoef net periodiek bespuit te word vir bosluise en verdere roetine-inspuitings. Gelukkig is die swart

arbeiders op die plaas vir hulle baie goedgesind en hanteer sommer hulle beeste saam met die beeste van ander boere wat ook grond huur. Hulle maak ook duisen-de braai-hoenders groot. Die aanvraag is so groot dat hulle nie kan voorbly nie. Hulle het wonderlike bure in die omgewing - mense wat nog omgee vir ander en sommer ‘n trekker oorstuur om te help om wilde gras te sny, of sommer inloop vir ‘n koppie tee. Hulle het ‘n groot woonhuis met ruimte vir familie om te kom kuier. In die omgewing is daar baie

besienswaardighede. Hulle is op die Amajuba - Bivane voëlkyk-roete en die slagveld-roetes.

__________________

IN MEMORIAM - CRAIG STEYNBERG

1070

Craig Steynberg (b7.c6. d12.e2.f2.g1.) was a very talented and attractive blue-eyed young man who distinguished himself in many fields since childhood. At primary school he got the best all-rounder award and attained 6 distinc-tions in matric and graduated Cum Laude from the University of Pretoria with several academic awards. He was an avid reader and this

evolved into a love for com-munication in general. Craig never wanted rich-es or fame. He under-stood that money was something to be used to achieve his goals and he

was careful with how he used it. He wanted to make a difference in the world. Craig was still exploring his op-tions on how to make his contribution but he knew that he wanted to teach. Two quotes from a letter he wrote to the Japanese embassy illustrate his attitude: “In my 4th year at university, while studying Honours, I was offered the opportunity for an assistant lecturing post. I happily accepted, lecturing 3rd year programming practicals and 2nd year information systems architecture. If there was ever any doubt in my mind about an unrealized love for teaching, it was banished in my year as an as-sistant lecturer.” “The JET Programme is the perfect means for me to combine all my loves: language, Japan’s culture and teach-ing.” The multi-talented Craig was faced with some particularly tough choices. An aptitude test he took at North West University simply stated that Craig had the ability to do anything he wanted to; he should do what interests him. Craig taught himself German, Spanish

and Japanese. His recent acceptance from the Japanese embassy on the JET Programme was a highlight in his life. Craig understood well that to reach your full potential you can’t only rely on your God-given talents but you have to push yourself outside your comfort zone. This is something he did con-stantly and he also found ways to push others around him outside their com-fort zones. All who knew him under-stood that Craig was very special. He was a very careful listener and ex-tremely perceptive and remembered everything he heard, saw or read. He would never knowingly hurt anyone and he would be upset by the grief that his passing has caused. His pa-rents and sister cherish many happy memo-ries and hope to put the grief behind them as quickly as they can. The loss has happened; one needs to accept it now. This is what Craig would want. If family and friends wish to honour his friendship, then they should go for-ward, beyond their comfort zones, de-termined to apply their talents to make a difference, to make the world a bet-ter place. Do this for Craig. This is what he would want. ____________

Page 4: Die Doringtak 50

1071

STEENBERG STAAN VAS

In Die Doringtak No. 37 het ons ‘n kort beriggie geplaas oor Renier Steenberg (b11.c11.d5.e9. f4.g7) van Pieterburg wat probleme gekry het omdat hy sy werk te deeglik gedoen het. Ons het nou vasgestel wat verder met hom gebeur het. Hy was ‘n ondersoeker van kriminele optrede vir SARS. Die Suid-Afrikaanse Polisie het hom genader om onder-soek in te stel na ‘n sekere nie-blanke persoon se belasting-situasie. Die man

het ‘n kontrak gehad met die Departe-ment van Gesondheid vir die herstel van

masjiene by hospitale. Die klagte teen hom was dat hy fakture uitgereik het en geld geëis het vir onderdele wat hy nie vervang het nie. Renier het ondersoek ingestel en gevind dat, hoewel die man al redelik oud was, hy nog nooit in sy lewe persoonlike belasting betaal het nie. Renier het ook gevind dat hy verskeie beslote korporasies gebruik om sodoende belasting te ontduik. Renier het ‘n belastingaanslag teen hom laat uitreik vir R30 miljoen. Daar was ook 200 kriminele klagtes teen die belasting-pligtige. ‘n Werknemer by die persoon se besigheid het as informant vir Renier opgetree. Dié het hom besoek en hom meegedeel dat hy, Renier, uit sy pos ontslaan sou wees voordat die saak hof toe gaan. Ongeveer ‘n week later het Renier ‘n oproep van die interne ondersoek-eenheid ontvang wat aangedui het dat hulle sý sake ondersoek. Hy het kort tevore ‘n rekenaar-program

geskryf vir ‘n besigheid in Durban en dié het sy kostes betaal om hulle ge-durende ‘n naweek te besoek. SARS het hierdie betaling beskou as ‘n geskenk wat hy nie mog ontvang nie en ‘n dissipinêre verhoor is gehou en Renier is ontslaan. Hy het ‘n saak teen SARS geopen by die CCMA. Op ‘n dag het hy weer die informant besoek en gesien dié se voertuig was erg beskadig. Hy het Renier vertel dat ‘n voertuig hom van die pad gedruk het en dat hy na die ongeluk moes uitspring en vlug vir sy lewe. ‘n Week later het hy Renier geskakel en gesê dat as hy in ‘n ongeluk te sterwe kom moes Renier weet hy is vermoor. Twee dae later het Renier verneem die man is in ‘n motorongeluk oorlede. Die CCMA saak is etlike male uitgestel en eers ‘n jaar later is die uitspraak gelewer wat SARS beveel het om aan Renier een jaar se salaris te betaal aangesien hy onskuldig bevind is. Renier was egter nie hiermee tevrede nie want hy het onder andere heraan-stelling geëis. Toe begin hy ‘n hersieningsaak in die Arbeidshof. Omdat die staat die saak teengestaan het, het dit ‘n jaar geneem voordat die saak voorgekom het. Dit blyk toe dat die prokureur die

dokumente twee weke te laat gelias-seer het en die hof weier kondonasie vir laat liassering. So was Renier verplig om aansoek te doen vir verlof tot appél. Met die hofverskyning voor dieselfde regter, daag Renier se prokureur en advokaat nie op nie en probeer hy toe ten einde raad om self sy saak te hanteer. Die staat se advokaat en die regter het egter vir hom gelag en sy aansoek is

1072

van die hand gewys. Hy rig toe ‘n petisie aan die hoofregter van die Arbeidshof wat toe vir hom verlof toegestaan het om te appélleer. Hy het die hof oorkonde laat tik en die appél-rekords voorberei. Gedurende Desember 2009, nadat hy reeds 5 jaar werkloos was, het die drie regters van die Arbeids-appélhof in sy guns besluit en vir SARS beveel om hom weer aan te stel in ‘n posisie wat nie minder gunstig mag wees as wat dit was op die datum van sy ontslag nie. Intussen is die saak teen die belasting-pligtige teruggetrek aangesien die ondersoekbeampte wat die saak by Renier oorgeneem het ook skielik in ‘n voertuigongeluk oorlede is. Die dag na die appél-uitspraak het hy by sy ou kantoor aangemeld vir diens. Hy is egter beveel om huis toe te gaan. Hulle sou hom laat weet wanneer hy moet kom werk. Hy was nie daarmee tevrede nie en vra die opdrag moet op skrif wees. Hy het ‘n brief ontvang en toe huis toe gegaan en SARS het ‘n hofaansoek gebring om nie die uitstaande salaris vir die 5 jaar aan hom te betaal nie. Die hof het egter weer in sy guns beslis en sy werkgewer beveel om hom te betaal vanaf die datum van die CCMA uitspraak. Hy het weer ses maande by die huis deurgebring en na die uit-spraak weer aangemeld by die kantoor. Die saak is nog steeds nie finaal afgehandel nie om-dat SARS R500 000 terughou vir belasting en nou weier om IRP5 doku-mente aan hom uit te reik. Hulle weier ook om sy aanstellingsdatum terug te verander na 7 Januarie 1981. Die aanstellingsdatum is tans Desem-ber 2005 wat heeltemal verkeerd

is. Verder het hy ook 365 werksdae opgeloopte verlof gehad tydens sy onslag. Dié is ook nog nie herstel nie aangesien SARS nou beweer dat daar ‘n onderbreking in sy diens was en dat hy daardie geld verbeur het.

Hy werk nou weer. Geen van die mense met wie hy voor sy afdanking saamgewerk het, is meer daar nie. Hy werk saam met

vreemdelinge wat nie eers weet van sy lang stryd nie.

Die stryd is steeds nie verby nie. Hy berei reeds voor vir

regsoptrede om alle skade wat hy weens sy onreg-matige afdanking gely het, reg te stel. Sterkte, Renier. BLINK JONG TALENT Melody Steynberg, is die dogter van Matthys Jacobus Steynberg (b11.c1.d2.e6. f1.g2.h4.) en Rosemary Gail (Martin) Steynberg, en sy werk vir haar pa se vervoerbesigheid in Tzaneen. Melody het ons aandag gevestig op die musiekprestasies van Althea Steynberg, dogter van Matthys Jacobus Steynberg (b11.c1.d2.e6.f1. g2.h4.) en Aletta Jacomina (de Jongh) en kleindogter van Matthys Jacobus Steynberg en Rosemary Gail (Martin) Steynberg.

Musiek is Althea se passie. Haar hele lewe draai om musiek. Sy

speel vandat sy vyf jaar oud is blokfluit en het die

afgelope jaar tot die publieke verhoog

toegetree. In Januarie 2011 het sy in Los Angeles die SA Span van Uitvoerende Kunste verteenwoordig by World Championships for performing Arts deel te neem in haar ouderdoms-groep met haar blokfluite. Sy het

Page 5: Die Doringtak 50

1073

weggestap met twee goue medaljes, twee silwer en ook ‘n toekenning as afdelingwenner. Sy was ook gekies as een van die vier top Junior instrument-aliste om in die finaal deel te neem. In September 2011het sy by die Hubert van der Spuy Musiekkompetisie vir laerskool kinders (voorheen die San-lam Kompetisie) as kategoriewenner weggestap, en ook met die prys vir die beste Romantiese Stuk wat uitgevoer is. Sy was ook een van die agt finaliste by die gala-aand. Althea het reeds saam met die Johannesburgse Filharmoniese en Simfonie-Orkeste deelgeneem as solis. Sy het pas die Graad 5 Unisa praktiese eksamen op die alt blokfluit met ‘n verstommende finale punt van 96% behaal. Sy het hierdie jaar ook met dwarsfluit begin en speel ook klavier. Ons gaan beslis nog baie van haar hoor. Vir meer inligting en ook video’s, loer gerus in by: www.AltheaSteynberg.com .

STERFTES

David Jacobus Steenberg (b11. c11.d4.e5.f5.g6.) was 68 jaar oud toe hy op 23 Junie 2011 in Goodwood in die Kaap oorlede is. David en sy weduwee Margareth Elizabeth (gebore Ungerer) was gereelde besoekers by funksies van die Familiebond in die Kaap. Hulle het vier kinders gehad, David, Anthony, Charlene, Glaudina en Irene. Johannes Joost (John) Steynberg (b11.c10.d7.e10.f2.g2.) gebore op 9 September 1973 in die destydse Rhodesië is op 27 Junie 2011 oorlede. Hy is in 1973 in Salisbury getroud met Myfanwy Moragg Pryse neé Irvine. John was ‘n stigterslid en tesourier van die Familiebond. ‘n Paar jaar nadat sy

ouers, Johannes Joost (f2) en Lacia afgetree het en Harare verlaat het om hulle in Gansbaai te vestig, het John en Myfanwy hulle

Kaap toe gevolg. Hulle het alle vergaderings en gesellighede van die familie by-gewoon. Hy laat sy weduwee en twee dogters, Myfanwy Moragg (Woodley) en Jeanette Myfanwy agter.

ZASTRON SE

KRUIS Marthinus Toerien (Steynie) Steynberg (b11.c10.d5.e8.f2.) het vroeg een oggend in September 2005 wakkergeskrik met ‘n dringende vraag in sy gedagtes: “Waar is Zastron se Kruis?” Hierdie gedagte het by hom bly spook tot hy eendag besluit om iets daaromtrent te doen. Hy stel toe vas dat die gemeenskap van Zastron positief daaroor voel en teen 28 Desember 2005 verkry hy toestemming by die munisipaliteit, met die bede: “We wish you all good luck with this project.” Zastron is ‘n landbou-dorp in die Vrystaat, ongeveer 30 km van die Lesotho grens af. Dit lê aan die voet van die Aasvoëlberg, vernoem na die rare Kaapse Aasvoëls vir wie daar ‘n voedingsprojek net ‘n entjie buite die dorp is. ‘n Eienaardige rotsformasie op die berg, genoem Die Oog, is aanvaar as die dorp se nie-amptelike embleem. Die dorp is in 1876 aangelê op die plaas Verliesfontein en het sy vreemde naam te danke aan aan die nooiens-van van Johanna Sibella Brand, neé Zastron, die eggenote van President Brand.

1074

Op Donderdag18 Mei 2006 het hulle ‘n geskikte plek vir die kruis gaan soek en bevind dat op die koppie waar die naam Zastron met wit klippie uitgelê is, die mees geskikte plek daarvoor sou wees. ‘n Stuk staal van 9 meter lank en twee stukke van 3 meter elk is aan hulle geskenk. Hy nader toe ‘n ou vriend - wat hy bestempel ‘n absolute kunstenaar met staal - en dié onderneem met groot entoesiasme om die kruis te maak. ‘n Klompie onfikse vriende gaan toe die berg op en daar waar die panoramiese uitsig voor hulle uitstrek, van Lady Grey se berge tot doer by Egmont Dam en Elandsberg, bid Steynie tot die Here om vir hulle die plek aan te wys waar hulle die kruis moes plant. ‘n Vriend wys toe op ‘n stukkie grond van omtrent een vierkante meter waar lang rooi gras groei. Steynie tel daar ‘n stomp op met ’n skerp punt en boor daarmee in die grond in en tot almal se verbasing is daar ’n stukkie sagte grond tussen die klippe. Dit was duidelik ‘n geskik-te plek om die kruis op te rig. Een Saterdagoggend bestyg Steynie en ‘n seun genaamd Danese, met grou-gereedskap die berg en op daardie stukkie sagte grond begin hulle grawe, maar op ongeveer 40 cm diepte kom hulle op ysterklip af. Steynie se moed wil-wil hom begewe, maar die seun sê, “Oom, die klip beweeg aan die agterkant.” Hulle grawe dit toe oop en lig dit met ‘n hefboom uit en grawe verder. So het hulle nog vyf of ses los rotse uitgehaal en toe sagte grond verder gekry en ‘n opening van ongeveer 30 cm tussen twee rotswande gemaak. Op ‘n diepte van 1,1 meter kom hulle op soliede

ysterklip af en kon hulle nie verder grawe nie. Toe glo hulle dat die Here miljoene jare gelede hierdie plek voorberei het waar ‘n kruis ter ere van Sy naam op Zastronberg opgerig kon word. Goedgesinde vriende het ses sakke

sement, verf, sand, klip en staal byge-dra en op 8 Julie is die

voetstuk en aangemaakte beton in emmers opge-dra en die voetstuk vasgegiet in ‘n posisie om

oor die NG Kerk en die Metodiste kerkie van Zastron af te kyk. Daarna het hulle en ‘n swart broeder wat gehelp het gaan sit en die kruis

in gebede aan die Here opgedra.

Die middag het hulle weer opgegaan om die sement ‘n bietjie nat te maak en toe het Steynie die woorde “Soli Deo Gloria” (Aan god al die eer) in die nat sement geskryf. Op 5 Augustus het ‘n groep gewapen met toue en gereedskap en ‘n lied in die hart en gebed op die lippe, die berg bestyg. Die stukke van die kruis is aanmekaargesit en baie stadig is die groot konstruksie met toue orent getrek. Almal is vervul met ‘n gevoel van dankbaarheid dat die projek sonder ongeval verloop het. ‘n Geseënde wydingsdiens is daarna in die saal van Zastron Hoërskool gehou en seënwense van die Christen-gemeenskap is deur die Burge-meester oorgedra terwyl die teen-woordigheid van die Heilige Gees deur almal aangevoel was. Die kruis staan nou daar en dra aan almal die boodskap oor van: “Dit is volbring,” en dat Jesus vir ons sondes aan die kruis in Golgota gesterf het, maar dat die kruis leeg is, want Hy het

Page 6: Die Doringtak 50

1075

opgestaan en almal wat in Hom glo, het die ewige lewe.

Soli Deo Gloria

_________________________

MEDALJES EN ONDERSKEIDINGS

In Die Doringtak No. 25, April 1996, het Lieselore Steyn-berg, destyds sek-retaresse van die Familiebond en red-akteur van Die Doringtak, die beskrywing gegee van hoe neef Ulrich Steynberg die medalje van sy oupa Jan Ulrich in die hande gekry het. Die naam Jan Ulrich Steynberg was daarop. Dit was sy Oupa Jan Ulrich wat in Aberdeen was toe Gen. Wynand Malan in die Anglo-Boere-oorlog die grens oorgesteek het en met ‘n klompie rebelle in die Kaap-kolonie opgetree het. Oupa Jan Ulrich was 18 jaar oud toe hy by Malan se groep rebelle aange-sluit het en tot die einde van die oorlog as rebel gedien het. Neef Ulrich was baie familievas. Hy het hierdie medalje vir Lieselore-hulle gewys. Sy het dit geneem na ‘n vriend wie se stokperdjie die versameling van oorlogs– en onderskeidingsmedaljes was. Hy het die spesifieke bont stukkie lint wat daarby hoort, aangewerk en dit met oupa Jan Ulrich se besonderhede binne-in ‘n raam gemonteer.

Toe ontstaan die vraag - in wie se besit moes dit gegee word?

Die antwoord was maklik en regverdig. Dit sou altyd aan die oudste seun gaan. Frederik Johannes (b7.c6.d3.e9.f1.) was die oudste seun. Na hom was neef Ulrich (g1.)

weer die oudste en hy was die man wat die medalje opgespoor en laat raam het. Neef Ulrich is in 2001 oorlede en sy seun Frederik (h1.) beskou dit as ‘n kosbare erfstuk.

—————- In 1902 is Vrede gesluit en was Suid-Afrika ‘n Engelse kolonie. In 1910 het die Unie van Suid-Afrika tot stand gekom en in 1930 het die Graaf van Athlone vir Oupa Ulrich benoem as Majoor in die Unie se verdedigings-mag. Lieselore vind dit moeilik om te verstaan hoe ‘n gewese rebel uit die Anglo-Boereoorlog in daardie hoë pos in sy vyand se verdedigingsmag be-noem kon word. Kan dit wees dat die 1820 Setlaars in die Oos-Kaap soveel Engelsgesindheid in die klein Karoo-dorp Aberdeen kon veroorsaak het?

—————- ‘n Blink geelkopermedalje hang in Lieselore se eetkamer en trek baie aandag. Dit beeld die ou wapen van die Unie van Suid-Afrika uit, omring deur die stervormige strale wat ‘n balju kenmerk. Dit was deel van haar man, wyle Oom Ulrich se polisie-uniform. Hy het nie veel van sy jare as polisieman vertel nie. Toe hy die skool verlaat het, was daar ‘n depressie. Daar was nie geld vir verdere studies nie. Die wolhandelaarsfirma in Port Elizabeth waar hy sou begin werk, was gesluit. By sy vader se winkel op Aberdeen was sake pateties. Volkies het ingekom en gevra vir koffie, suiker en meel en dan ‘n tiekie of drie pennies (2½ sent) op die toonbank gesit. Dan het hy dit maar gegee want daardie drie pennies wou hy hê. Maar so kon dit nie aangaan nie. Gelukkig het die Spoorweë en die Polisie gehelp deur mense aan te stel. Sodoende is baie jongmense deur die moeilike tye gehelp. Ulrich het geen

1076

keuse gehad nie en hy het by die polisie aangesluit. Dit moes in die jare ‘30 gewees het en die S.A. Polisie Credo lê vandag nog in Lieselore se kluis. Tot haar verbasing is dit in Afrikaans. Toe sy Oom Ulrich geleer ken het, was hy sy polisie-uniform. Dit was nog in die Tweede Wêreldoorlog, maar hy het nooit die Rooi Eed geteken nie.

______________________

WHERE ON EARTH?

Nicholas (Nick) Jacobus Steynberg (b11.c5.d3.e.5f.g1.) married Elaine Bailie Lyal in 1979. (Elaine’s name is erroneously shown as Elzine in EF on page 147).

The couple had three sons, Paul Nick (h1. - born 6.03.1969), Gary Luke (- born 15.09.1970), and Mark Bailie (h3. - born 15.08.1972; who passed away 27.02.2009). Elaine passed away in 1977 from cancer. Nick subsequently married Janet Patricia Jenner and they have one daughter born to them: Carryn Jane (h4. - born 29.10.1981). Nick and Janet own a gem of a B&B called Causeway House in Castleton in the Peak District in the UK where they have been living for some years now. It offers comfortable 21st century accommodation in a 14th century cruck cottage with original oak timbers

Page 7: Die Doringtak 50

1077

that literally ooze history. On 13.05.2006 Paul married Ruth Dews (born 18.01.1977) and they have two children: Emma Reese Steynberg (i1. - born 15.04.2007),

and Kyle Nick Steynberg (i2 - born 16.02.2009) Paul and Ruth live in Stoneleigh, Surrey, Greater London Area. Paul works in the city in the insurance sector and Ruth has not started working yet as they are waiting for their children to get a bit older. Gary is still living in Johannesburg and has no plans to go over to the UK at this point. Carryn married Pete Wakelin and they have one child, Hannah Olivia Wakelin (28th May 2007). Carryn lives just up the road from her parents in the same village.

DRIE BRUILOFTE Willem Frederik Steinberg b11.c7. d2.e4.f6.g1. en Linda van Carolina laat weet dat dit met hulle goed gaan. Hulle seun Ernie (h3) is op 10 Ok-tober 2009 met Paula de Villiers,

dogter van Paul en Louise de Villiers van Douglas op Douglas getroud. Hul bruidskar, 'n donkiekarretjie, is tans op Kyknet te sien as een van 10 finaliste in 'n foto-kompetisie. Die troue is voltrek tussen die bloe-kombome op die wal van die Vaalrivier langs hul Villiera Gastehuis waar die onthaal in 'n markiestent was. Die Donkiekar het met die aankoms van die bruid teen die steilte af na die rivier gesorg vir konsternasie en 'n geskater van die lag toe die donkies moes rem en die disselboom die lug in steek met die bruidsmeisies agterop die donkiekar tesame met die remkrag net genoeg om die karretjie agtertoe te laat kantel. Geen besering behalwe die gekneusde ego’s van die bruids-meisies wat bra onelegant van die donkiekar afgespring het - met die bruid min gepla voor op die wa. Paula bedryf die Villiera gastehuis en Ernie boer saam met sy skoonpa. Hul besproei koring, mielies, katoen en lusern uit die Oranje-rivier naby die samevloeiing van die Vaal- en Oran-jeriviere. Hulle dogter Anna-Retha - (b11.c7. d2.e4.f6.g1.h2.) - is op 30 Okt 2010 getroud met Conor Rafferty, seun van Brian en Ann Rafferty van Ierland op die kaai by Kalkbaai. Die onthaal was gehou in die Harbourhouse kafee. Die trou-seremonie op die punt van die kaai was maar 'n groot risiko - die wind, die hoogte van die gety en die golwe kon dit kelder. Die weer het dit net-net moonlik gemaak met die trou foto’s wat duidelik wys dat die troue 'n karakter van sy eie gehad het met enkele mense wat 'n ligte golfsproei moes trotseer. Dit was 'n heuglike geleentheid met nuwe kennisse uit Ier-land wat groot waardering vir die land uitgespreek het. Conor die bruidegom het vertel toe hy vir die eerste keer Anna-Retha huis toe geneem het was

Causeway House - Castleton

1078

sy twee niggietjies vas oortuig dat sy nuwe meisie uit Suid Afrika swart was, toe hul haar ontmoet was hul afge-haalde reaksie, "maar sy's dan blank!" Conor is werksaam by die bank-reguleerder in Londen en Anna-Retha by die oudiologie afdeling van die Imperial College Healthcare NHS. Hulle ander seun PW en sy vroutjie Adrie het op 3 Mei 2011 in die Pano-rama Medi Clinic 'n baba dogter Lienke (b11.c7.d2.e4.f6.g1.h1.i1.) met ‘n gewig van 2.7 kg ryker geword. Die naam Lienke is afgelei van Karlien en beteken ‘geliefde een’ of ‘lied van vreugde’. Hulle woon en werk in ‘n baie besonderse omgewing op ‘n plaas 30 km van Porterville af op die skeiding tussen die Olifantsrivier en Voorberg bergreeks. PW is die produksiebe-stuurder op die plaas waar daar met bloubessies, frambose, en swart-bessies geboer word. Die koue tem-perature van die berg is ideaal vir die verbouing van spesifieke kultivars bessies wat grotendeels uitgevoer word. Die plaas grens aan die Groot Winterhoek Wildernis-area waarvan Adrie die natuurbewaarder is. Omdat die area om die plaas so ongerep is, het dit ‘n ryke natuurlewe wat Adrie baie geniet.

IN MEMORIAM : Johannes Joost (John) Steynberg

9.9.1945 - 27.06.2011 (b11.c10.d7.e10.f2.g2.)

John was named after our first South African ancestor who arrived at the Cape from Ger-many in 1748 on the Hollands Oos-Indiese Companjie ship, the Een-dracht. John is from the sixth generation (b11.c10.d.7e.f2. g2.), and like his father, grandfather and great-grandfather, he was christened Johannes Joost.

John, Boetie, Oom Boet, Dad, Mr Steynberg, Tata, Oupa: the many names by which he was called reflect the great variety of roles he played in so many people’s lives. He was a founding member of the J J Steinberg Family Association and served on the Committee as treasurer and he assisted Lieselore with a number of projects. He believed the family owed a great debt of gratitude to Michael Zinn Steynberg for printing Die Doringtak for free for so many years. He proposed that a tangible token of appreciation be given to Michael Zinn by the Family. A large Bible was decided on, preferably a large German Bible and that Michael Zinn’s family tree should be entered in it. A suitable Bible was obtained as well as a person to re-bind it in a new leather cover with gold trim. The actual handing-over ceremony that happened, thanks to John, on 29th March 1997 was a great success. It was also John’s suggestion that those members gathering in Graaff Reinet in 2003, should visit the Owl House at nearby New Bethesda. In the eight years since then The Owlhouse Museum, one of the town’s tourist attractions, has been seriously neglected and is in urgent need of renovation. Lieselore and the late Oom Ulrich met

John when the latter, a qualified Chartered Accountant, travelled from the then Rhodesia to apply for a certain position in Cape Town.

John, visited Lieselore and family and spent a few days while waiting for the outcome of his application.

Page 8: Die Doringtak 50

1079

Ulrich and John talked, smoked and drank coffee and became good friends. Then John bought a house in Cape Town in 1984 and shortly afterwards his wife Myfanwy and their two daughters joined him. He was always determined to defend his Afrikaans heritage although English was their home language. He was strongly family-oriented, hospitable and throughout his life showed integrity and respect. He enjoyed teaching others, from woodwork to helping friends with their accounts. John’s hobby was woodwork and he decided to make a wall clock for Ulrich. Unfortunately Ulrich died before the clock was completed and some time later John surprised Lieselore with the gift of a beautiful wall clock which hangs in her house to this day and its melodious chime still measures off the passing of time. Many relatives have happy memories of the annual family braais at Lieselore’s house where John was always to be found around the fire. Last year John was diagnosed with a brain tumour (Gliobastoma Multiforma) and despite an operation and treatment, he knew the prognosis was not good. He never gave up hope and his one wish, which was unfortunately not to be, was to live long enough to see his third grandchild. An old family friend typified John as a devoted husband, an immensely loving and proud father, an adoring Oupa and a loyal friend with a keen sense of humour; a true gentleman who cared deeply for those close to him. 2011 was the last braai with John at Lieselore’s home. His passing has left an empty space in the family.

___________________ EG SUID-AFRIKAANSE VAN

Ron en ‘n vriend genaamd André Louw gesels 'n keer oor die Familiebond en Die Doringtak en toe vertel André iets wat Doringtaklesers waarskynlik ook sal interesseer, naamlik hoe André se van “LOUW”, 'n eg Suid-Afrikaanse van is wat hier ontstaan het.

Hulle Suid-Afrikaanse voorvader was Jan Pieterz. Van Caspel ter Mare wat waarskynlik op 16 Desember 1659 op die skip Gecroonde Leeuw in die Kaap geland het. Sy geboorteplek “Caspel ter Mare” bestaan nie meer vandag in Nederland nie. Dit is waarskynlik 'n deel of voorstad van Bovenkarspel naby Enkhuizen in Noord-Holland wat in die 17de Eeu bekend was as “Caspel ter mare” - wat beteken “gemeente by die see”.

Na 'n aantal jare het Jan Pietersz. 'n vryburger geword en het hy 'n plaas aan die Liesbeekrivier gekry, aan die windstil kant (die louw) van die Wintberg (Duiwels Piek) (“in’t louw van Tae-felberg”). Hierdie plasie was die tweede-grootste langs die rivier (“vliet”) en was genoem Louwvliet.

Sonder om 'n lang storie daarvan te maak, die “van Caspel ter Maere” (die spelling wissel plek-plek) familienaam het mettertyd in die omgang te lomp en lank geword vir Jan Pieterz. wat op “Louwvliet” gewoon het en het hy as Jan Louw bekend geword en het die “Louw” sy van geword. 'n Eg Suid-Afrikaanse van dus.

Meer hieroor kan gelees word in:

THE LOUWS OF LOUWVLIET

The story of the first South African Louws and their neighbours. 1659/60 -1724

Deur Jannie Louw & Lalie Malan

A.A.Balkema / Cape Town / 1984

1080

Is dit nie 'n lekker genealogiese storietjie nie?

__________________________

SWERWELINGE

Ben Steenberg (b11.c1.d5.e5. f3. g4.) en Elize skryf dat hulle tans swerwelinge is in Rooinekland. Hulle geniet die kuier al hou die kinders en kleinkinders hulle besig. Oupa Ben is die 2-jarige kleindogter se amptelike spinnekop vernietiger. As sy enigiets sien wat naastenby soos ‘n spinnekop lyk, dan roep sy: “Oupa, daar is ‘n ‘kop’” en dan moet Ben maak asof hy dit vermorsel. Ouma is die amptelike kos-voerder met ‘n dreigende oupa wat ‘n kans soek om die dogtertjie se kos op te eet. Sodra Ben naby kom dan hap sy haar kos. As Oupa nie naby is nie dan roep sy hom sodat hy haar kos kan kom “be-dreig”, dan hap sy weer. Hulle dogter en skoonseun hou hulle ook besig met allerlei takies sodat daar nie juis van ‘n vakansie gepraat

kan word nie. Hulle wens vir Ron vir oulaas sterkte toe met die saamstel van Die Doringtak en bid vir die

hele familie God se rykste seën toe. ___________________

MEER OOR MELODY-HULLE

Melody Bond (neé Steynberg - b11.c1.d2.e6.f1.g3.h4.i2. - geb. 29.12. 1974) wat aan ons soveel besonder-hede oor die talentvolle jong Althea gestuur het, is op 9 Maart 1996 getroud met Norman Bond. Hulle het twee kinders, Dominique (geb. 11.02.2001) en Dylan (geb.

01.08.2004). Hulle woon in Tzaneen en werk albei vir haar vader se besigheid, Steynberg Trok en Trekker. Hulle doen meubelvervoer, algemene vervoer, meganiese herstelwerk en dieselverkope. Melody is ‘n gekwali-fiseerde tandheel-kundige assistent en het vir 10 jaar in Johannesburg by ‘n ortodontis gewerk voordat hulle na Tzaneen verhuis het om by die familiebesigheid aan te sluit. Norman was ‘n mediese tegnikus by Viking Medical in Edenvale. Hy het praktiese oplei-dingskursusse deurloop in Italië en Duitsland om hartlong-masjiene wat gebruik word tydens ope hart-operasies asook bloedgas-masjiene te kan diens en herstel in hospitale en teaters by verskeie hospitale landwyd. Haar jonger suster, Sylvia (b11.c1.d2. e6.f1.g3.h4.i3. - geb. 20.02.1980) is op15 Mei 2004 op 15.05.2004 getroud met Albert Smith (geb. 20.02.1981). Hulle het twee dogtertjies, Chanté (geb. 12.11.2004) en Sharice (geb. 04.01.2007) Sylvia het ‘n Microsoft Office diploma

en is werksaam by African Realty Trust (Letaba Estates) naby Tzaneen. Dit is ‘n sitruslandgoed wat sitrus uitvoer met ‘n sap-aanleg vir Minute Maid/Coca Cola. Sy is die HR Assis-tent en gastehuisbestuurder asook

funksiekoördineerder by African Realty Trust. Albert is werksaam by sy pa se Falcon Wood Fruit Juices in Tzaneen. Hy is die bemarkingsbestuurder vir die sappe en gebottelde water. Albert het Sportsielkunde gestudeer by Stellen-bosch en was betrokke by die Stellen-bosch Rugby-Instituut SA.

Page 9: Die Doringtak 50

1081

Haar ouer broer, Matthys (Thys) Jacobus Steynberg (b11.c1.d2.e6. f1.g3.h4.i1. - geb. 23.02.1973) is getroud met Hanlie (Johanna Christina - geb. 25.05.1976) op 2 Desember 1995. Hulle het drie kinders: Aletta Jacomina (Althea) geb. 16.04.1999, die talent -volle musikantjie, en Matthys Jacobus (Thys) geb. 07.09.2001, en Marisa (Rosemary Gail) geb. 29.09.2004). Thys is woonagtig in Nooitgedacht, Johannesburg en is tans werksaam by M & T Development as “Asset & Investment Manager”, maar hy begin volgende maand by ABSA Korporatief as ‘n bankbestuurder in Sandton. Hy is ‘n gekwalifiseerde CA met ‘n

Meestersgraad in finansiële bestuur.

Hanlie het ‘n BsC in Wiskundige Statistiek en

Rekenaarwetenskappe. Hanlie en haar pa is saam met Potchefstroom se Universiteit in besigheid waar hulle konsultasie doen vir maatskappye op die Aandelebeurs. Daarmee saam doen Hanlie ook tuisonderrig vir haar drie kinders. Dis lekker om julle van nader te leer ken, Melody.

_________________ NET GOU ...

Ebeth, eggenote van Johannes Cor-nelis (Hannes) Steynberg (b11.c5.d1. e7.f1.g5) van Bloemfontein sê dit gaan goed met hulle. Hulle dogter Elizabeth is getroud met Zane Labuschagne. Hulle dogtertjie Zaneth is op 21 Januarie 2011 gebore.

Hulle ander dogter Juanita is op 18 September 2010 getroud met Stephen Pieter Brown.

______________________

VAN TOE TOT NOU

Daar word dikwels spottenderwys gesê dat jy jou ouderdom verraai as jy sekere dinge uit die verlede onthou. Ons aan die pluskant van 50 jaar merk dikwels op hoe jonger mense geen benul het as daar gepraat word van politici, sportsterre, filmsterre en geskiedkundige gebeurtenisse en dies meer, dinge wat vir ons sonder meer deel is van ons geestesinhoud. As jy in ongeveer 1940 twintig jaar oud was, sal jy onthou hoe Finland se dapper klein weermag in Januarie in die Russo-Finse Oorlog die opmars van sewe Soviet divisies weerstaan het en vir hulle geweldige verliese toegedien het. In sommige plekke is die Russe terug-gedryf tot byna in hulle eie land. Jy sal ook onthou hoe vir die Britse bevolking vir die eerste maal sedert 1918 voedsel gerant-soeneer was. Die Britte moes rantsoen koepon-boekies by hulle dra en die volgende is voorbeelde van rantsoene wat per persoon toegelaat was : Botter 4 onse Suiker 12 onse Spek of ham (ongekook) 4 onse Spek of ham (gaar) 3½ onse Vleis sou binnekort gerantsoeneer word. Jy sal ook onthou hoe Hitler in April Denemarke en Noorweë binnegeval het. As jy in 1950 ongeveer 20 jaar oud was, onthou jy seker dat President

1082

Truman in Januarie vir die Ameri-kaanse Atoom-Energie Kommissie toestemming gegee het om voort te gaan om die waterstofbom te vervaardig, wat verwag was om 100 tot 1000 maal so kragtig te wees as die atoombomme wat op Hiroshima en Nagasaki gegooi is. Dit was Amerika se reaksie nadat Soviet-Rusland ‘n atoombom van hulle eie getoets het. Moontlik onhou jy ook die liedjies - amper sê ek songs (!) - wat die beroemde mannetjie met die grinterige Skotse aksent, Sit Harry Lauder, self geskryf en gesing het; liedjies soos “I Love a Lassie”, “Stop Yer Ticklin’ Jock”, en “Roamin’ in the Gloamin”. As jy in 1960 ongeveer twintig jaar of effens ouer was, sal jy onthou dat Senator John F Kennedy hom as kandidaat vir die Amerikaanse presidentskap beskikbaar gestel het en sommer gou voorgeloop het in die meningsopnames. Op 3 Februarie het Mnr Harold Mac-millan die Suid-Afrikaanse parlement toegespreek en sy “winde van veran-dering” toespraak rakende Afrika gemaak. Dr. Verwoerd het kortliks hierop geantwoord: “There has to be justice not only for the black man in Africa but also for the white man.” By die eerste Katolieke Sinode wat in Rome gehou is en deur Pous Johan-nes XXIII geopen is, is Katolieke vermaan om na geen TV programme te kyk wat nie deur die

Vatikaan as “veilig” geag is nie. Vroue met kaal arms of

mansklere sou uitgesluit wees

van die Sakramente. Priesters is verbied om in die openbaar te rook of om flieks of teaters te besoek. Jy wat in 1970 om en by twintig jaar oud was, sal onthou dat die eerste

“jumbo” straler op Heathrow lughawe geland het, ‘n vliegtuig wat 350 ton geweeg het en 362 passasiers gedra het - tweemaal soveel as ‘n Boeing 707! In April het die Beatles ontbind en so ‘n kreatiewe alliansie beëindig waarvan met reg gesê kan word dat hulle die wêreld verander het met hulle musiek. In Mei moes die Britse regering £20 miljoen aan Rolls Royce voorskiet om hulle te help uit die groot finansiële pro-bleme waarin hulle beland het deur nuwe vliegtuig-enjins te ontwikkel. As jy in 1980 twintig jaar oud geword het, sal jy onthou dat die Britse Union Jack vir die laaste maal in April gestryk is in die eertydse Britse kolonie, Rho-desië. Prins Charles het die Koningin by die geleentheid verteenwoordig en formeel die soewe-reine mag oorhandig aan die President, Eerw. Canaan Banana. Robert Mugabe, eerste minister, het gepraat oor swart en blanke versoening. “If yesterday you hated me, today you cannot avoid the love that binds you to me and me to you,” het hy gesê. Ook in April het Alfred Hitchcock (Sir), wêreldbekende maker van spanningsrolprente op ouderdom tagtig gesterf. In Junie het kleurling inwoners van townships buite Kaapstad die reg in eie hande geneem en begin skiet op bendelede bekend as skollies wat in die strate beweeg het en geroof en brande gestig het. Ten minste 42 mense is gedood en 200 beseer. Die Kaapse vlakte gebied was letterlik in ‘n staat van beleg met oproermakers wat voertuie en winkels aan die brand gesteek het en versperrings opgerig het. Maar, as jy so ver terug as 1983 kan onthou, sal jy veral met trots terugdink aan die Steynberg/Steenberg/Steinberg Familiefees te Graaff Reinet van 30

Page 10: Die Doringtak 50

1083

September tot 3 Oktober 1983 waar die Johan Jost Familiebond gestig is met wyle Oom Ulrich Steynberg as Voorsitter en sy knap vrou Lieselore as Sekretaresse en sy is ook aangewys as die Redaktrise van die familie se nuusbrief. Hartlike gelukwense is ontvang van alle rigtings uit Suid-Afrika, maar ook uit ons stamland, Duitsland. Hans Ahrendt, voorsitter van die Bund der Familie-verbände § (BdF), Kirchheim, Duits-land, meld in sy brief dat hierdie informasie van die Suid-Afrikaanse tak van die familie Steinberg, ‘n besonders positiewe benadering is, veral nou wanneer die stamfamilie al meer in die agtergrond verdwyn. Hy skryf: ”Besondere Freude hat beim BdF-Präsidium Ihre Information über die Gründung des Familienbundes ausgelöst. Wir gratulieren Ihnen darum ausdrüchlich und mit voller Hochachtung dazu.” (Die voorsitter van die BDF is besonder verheug oor die informasie van die stigting van die Familiebond. Ons wens u dus uitdruklik en met volle hoogagting geluk daarmee.) DORINGTAK LOOP DOOD Nou-ja, ons het die dekade tot 2010 ook verbygesteek en ons is almal bewus van haglike situasies in Afrika en die Midde-Ooste a.g.v. droogte,

massa-slagting van opponente en die aaklige werklikheid van VIGS.

Vir ons as familie, is dit ‘n hartseer dag om te weet Die Doringtak, nuusbrief van die JJ Steinberg Familiebond, nie verder sal verskyn nie. Oor die jare het verskeie ervare familielede dit genoem dat dit wêreldwyd ervaar word dat familie-verenigings vir een of ander rede ‘n

natuurlike dood sterf na ongeveer twintig jaar. Ons wou dit nie weet nie en het hardnekkig voortgegaan om Die Doringtak, amptelike mondstuk van die Bond vir ‘n verdere agt jaar uit te gee in die aangesig van ‘n verswakkende situasie. Vir my was dit ’n suiwer voorreg om so aan die diep kant ingegooi te word. Ek het voorheen so min van die familie geken en ek het nie eintlik mense wat verder as ’n neef of niggie aan my verwant was, as familie gereken nie. Deur die bond het my kennis uitgebrei

en het ek ‘n skare nuwe familie leer ken, wat rare ervaring was. Met talle van julle het ‘n interessante tipe van pen-vriende verhouding ontstaan wat ek baie waardeer. Sovele

mense wat ek nog nooit ontmoet het nie, het vir my spesiale vriende

geword en ek sal dit baie mis as ek die meer van julle sou hoor nie. Dit was baie spesiaal om saam met die destydse Komitee-lede te kon werk - waarvan wyle Hendrik Steenberg, vise-voorsitter, en wyle Koert Steynberg, Hendrik se opvolger as vise-voorsitter, nie meer daar is nie. Elkeen met wie ek op die bestuur saamgewerk het, was op sy eie ’n gedugte persoon wat ‘n besondere plek in my herinneringe vul: Oom Klein Coert van Brits, Oom Ulrich later van die Paarl, Ds Nico, ons voorsitter met sy onversteurbare rustigheid, John, voormalige tesourier, en dan natuurlik, die onblusbare, dinamiese Lieselore wat in 2003 tot lewenslange ere-president van die Bond verkies is. Onvergeetlike mense. Laat my nog ‘n keer sê: Die Doringtak kom nie tot ‘n einde omdat ek hom nie meer wil maak nie. As ek môre die Lotto sou wen en uitgawes nie meer sou saak maak nie, sou ek dit graag

1084

volhou so lank ek die krag het daarvoor. Dit is vir my ‘n sware dag om die maak van Die Doringtak te staak. Ek word skoon hartseer as ek dink aan die talle lede wat tydens die bestaan van Die Doringak spontaan nuus en herinneringe bygedra het vir die nuusbrief. Almal is steeds welkom om aan my te skryf met inligting oor geboortes, huwelike en sterftes. Ek is besig om die geslagregister volledig op rekenaar te plaas en sal alle nuwe verwikkelinge soos vir my gestuur mag word, bywerk soos ek dit ontvang.

Wees dus hiermee gegroet,

Met hartseer en

deernis

Ron