die gees van god bring lewe! -...

8
Uitgawe No 7 (2011) Die Gees van God bring Lewe! Eseg 37:5, 14: So sê die Here my God vir hierdie bene: Ek sal my Gees in julle laat kom sodat julle kan leweDie vallei van doodsbeendere in Esegiël kan ook na ons as gelowiges, as gemeente of as liggaam van Christus verwys. In Esegiël (37:11) verwys dit na Israel wat vir die Here gesê het dat hulle moeg en hopeloos was en geen toekomsvisie gehad het. Hulle was letterlik „n spul dooie bene wat niks vir niemand beteken het nie – ook nie vir God nie. Dooie bene kan nie lofprys nie, dooie bene kan nie bid nie, dooie bene kan nie getuig nie, dooie bene kan nie doen nie, dooie bene kan nie lag nie, dooie bene kan nie liefhê nie… Is jy een van hierdie doodsbeendere? Moeg, sonder hoop, sonder „n getuienis? God se Woord vertel vir ons keer op keer dat Hy lewe herstel! Hy blaas Gees in dooie beendere en herstel hulle om as kinders van God te kan funksioneer. En as jy vol van die Gees is, word jy „n kragtige getuie, soos in Hand 1: 8 belowe is: ”Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” Lewe beteken nie hier dat jy sal asemhaal , of dat jy „n nuwe motor sal ry of „n pragtige huis sal hê nie. Nee! Om die Gees van God te hê, beteken om te Lewe (met „n hoofletter!). Lewe beteken hier om God vir „n dooie, gebroke wêreld te wys en te vertel van God se grootheid. Dit is om jouself te onderskei as Kind van God en om so te leef. Lewe is om God te verheerlik! Lewe is om begeesterd te wees vir God en oor God. Dan vertel jy vir die wêreld wat God doen en gaan doen. Dan het jy „n getuienis! Jy hoef nie deur die dal van doodskaduwee te loop om „n getuienis te kan hê nie. Jy hoef nie iemand besonders te wees om te kan getuig nie. As jy die Heilige Gees het, het jy Lewe, en dan hèt jy „n getuienis! En „n opdragDie vervulling met die Heilige Gees moet altyd in sy noue verband met die sterwe en opstanding van die Here Jesus gesien word. „n Gekruisigde lewe is „n voorwaarde vir vervulling met die Heilige Gees. Ek kniel dus nie net voor die kruis om van my sondes gereinig te word deur die bloed van die Lam nie, maar om my ou, vleeslike natuur af te sterf en saam met Christus in „n nuwe lewe opgewek te word. Net die Heilige Gees kan my met die opstandingslewe van Christus beklee. Dit is waarop die dissipels in daardie tien dae tussen die hemelvaart van Christus en die uitstorting van die Heilige Gees gewag en indringend gebid het. Pinksterfees is dus die vernuwing van mense wat op God hoop en dan met God se Gees vervul word. En elke keer gaan dit met indringende gebed vooraf. (Hand 4:31) En elke keer lei hulle mense tot God. Pinksterfees beteken dus nie net om te ontvang nie, maar ook om te begin vertel!

Upload: others

Post on 13-Jan-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Die Gees van God bring Lewe! - Weeblyngwierdapark.weebly.com/uploads/7/5/5/7/7557682/pinkster_vlam7.pdfDie bome simboliseer dat ons ook êrens geplant is. Die lappe simboliseer pinkstertyd

Uitgawe No 7 (2011)

Die Gees van God bring Lewe!

Eseg 37:5, 14: So sê die Here my God vir hierdie bene: “Ek sal my Gees in julle laat kom sodat julle kan lewe”

Die vallei van doodsbeendere in Esegiël kan ook na ons as gelowiges, as gemeente of as liggaam van Christus verwys. In Esegiël (37:11) verwys dit na Israel wat vir die Here gesê het dat hulle moeg en hopeloos was en geen toekomsvisie gehad het. Hulle was letterlik „n spul dooie bene wat niks vir niemand beteken het nie – ook nie vir God nie. Dooie bene kan nie lofprys nie, dooie bene kan nie bid nie, dooie bene kan nie getuig nie, dooie bene kan nie doen nie, dooie bene kan nie lag nie, dooie bene kan nie liefhê nie… Is jy een van hierdie doodsbeendere? Moeg, sonder hoop, sonder „n getuienis? God se Woord vertel vir ons keer op keer dat Hy lewe herstel! Hy blaas Gees in dooie beendere en herstel hulle om as kinders van God te kan funksioneer. En as jy vol van die Gees is, word jy „n kragtige getuie, soos in Hand 1: 8 belowe is: ”Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” Lewe beteken nie hier dat jy sal asemhaal , of dat jy „n nuwe motor sal ry of „n pragtige huis sal hê nie. Nee! Om die Gees van God te hê, beteken om te Lewe (met „n hoofletter!). Lewe beteken hier om God vir „n dooie, gebroke wêreld te wys en te vertel van God se grootheid. Dit is om jouself te onderskei as Kind van God en om so te leef. Lewe is om God te verheerlik! Lewe is om begeesterd te wees vir God en oor God. Dan vertel jy vir die wêreld wat God doen en gaan doen. Dan het jy „n getuienis! Jy hoef nie deur die dal van doodskaduwee te loop om „n getuienis te kan hê nie. Jy hoef nie iemand besonders te wees om te kan getuig nie. As jy die Heilige Gees het, het jy Lewe, en dan hèt jy „n getuienis! En „n opdrag…

Die vervulling met die Heilige Gees moet altyd in sy noue verband met die sterwe en opstanding van die Here Jesus gesien word. „n Gekruisigde lewe is „n voorwaarde vir vervulling met die Heilige Gees. Ek kniel dus nie net voor die kruis om van my sondes gereinig te word deur die bloed van die Lam nie, maar om my ou, vleeslike natuur af te sterf en saam met Christus in „n nuwe lewe opgewek te word. Net die Heilige Gees kan my met die opstandingslewe van Christus beklee. Dit is waarop die dissipels in daardie tien dae tussen die hemelvaart van Christus en die uitstorting van die Heilige Gees gewag en indringend gebid het. Pinksterfees is dus die vernuwing van mense wat op God hoop en dan met God se Gees vervul word. En elke keer gaan dit met indringende gebed vooraf. (Hand 4:31) En elke keer lei hulle mense tot God. Pinksterfees beteken dus nie net om te ontvang nie, maar ook om te begin vertel!

Page 2: Die Gees van God bring Lewe! - Weeblyngwierdapark.weebly.com/uploads/7/5/5/7/7557682/pinkster_vlam7.pdfDie bome simboliseer dat ons ook êrens geplant is. Die lappe simboliseer pinkstertyd

Pinkster Vlam: 7e & Finale Uitgawe(2011) 12 Junie 2011 Bladsy 2 van 8

NOTA: Ons wou duiwe gebruik ipv balonne, maar al die duiwe is tans besig met wedvlugte en kon ons geen duiwe kry

wat ons kon loslaat na die diens nie. Die duiwe word algemeen as die simbool van die Heilige Gees gebruik

Die lappe om die bome is om ons te herhinner dat ons met ons lewens die Here moet verheerlik - waar ons ook al is.

Die bome simboliseer dat ons ook êrens geplant is. Die lappe simboliseer pinkstertyd waarin ons die feit herdenk dat God in ons woon deur Sy Gees wat ons in staat stel om Hom in die wêreld te

vertoon en Sy getuie te wees.

Die rooi verteenwoordig die tonge van vuur en die hoop op God, terwyl die goud God se teenwoordigheid simboliseer.

Dit is die kleur van God se altaar en van God se woonplek. Dit dui ook op ons toewyding aan God (“consecrated to God”)

Matt 7:21-28 “Ons luister na wat God sê” Of die gemeente sout en lig en 'n stad op 'n berg is, hang nie af van hoe lank mense se gesigte is

wanneer hulle vas nie, of hoeveel aalmoese hulle uitdeel of almal hulle kon sien bid op die hoek van die

straat nie. Ons lig, sout en stad-op-die-berg wees, hang af van wat ons doen. Die vrugte wat ons dra is

die vraag of die wêreld die koninkryk van God by ons in werking sien. Dit hang af of ons ander met 'n

veroordelende oog bekyk, of ons gesinne plekke van vrede is, of ons alle mense in die openbare lewe

met liefde behandel, of ons eties sake doen en ons godsdiensoefeninge op God gefokus is.

Ons is deur die Gees vervul. Kom ons gee onssself oor sodat die Heilige Gees ook nou ons manier van

doen bepaal. Dan sal ons kan vasstaan wanneer ons geloof beproef word.

Meditasie:

Watter deel van jou lewe wys nog nie dat jy die Here se kind is nie? (Medemens, gesin, etiese lewenstyl,

godsdiens op God gefokus, ens.)

.

Wat alles doen jy reeds wat wys dat jy „n kind van God is?

.

Dink daaroor na dat jy „n profeet is wat deur die Here self aangestel is. Wat beteken dit vir jou?

.

Die balonne is om ons te herhinner dat ons in hierdie wêreld moet uitgaan as Geesvervulde mense met „n hemelse perspektief!

Die balonne simboliseer dat ons ook met God se Gees gevul is.

Die loslaat daarvan simboliseer pinkstertyd waarin ons Sy getuies is en die wêreld van God gaan vertel sodat elke knie voor Hom sal buig.

Page 3: Die Gees van God bring Lewe! - Weeblyngwierdapark.weebly.com/uploads/7/5/5/7/7557682/pinkster_vlam7.pdfDie bome simboliseer dat ons ook êrens geplant is. Die lappe simboliseer pinkstertyd

Pinkster Vlam: 7e & Finale Uitgawe(2011) 12 Junie 2011 Bladsy 3 van 8

Gal 5:22 Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid,

goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie. Dié wat aan Christus Jesus behoort, het hulle

sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig. Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal.

Maak SELFBEHEERSING prakties en skryf neer hoe jy dit in jou gesin en jou werkplek kan uitleef:

Daar is gelowiges wat meen (dink?) dat hulle geestelike lewenservarings eindig by die kruis van die Here Jesus op

Golgota, waar hulle ‟n reddende ervaring beleef.

Dit het egter KRONIESE GEESTELIKE GEBREKE as gevolg, bv. soos volg in die lewe van die dissipels, waarvan ons

lees:

1. Kragtelose lamlendigheid. “Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom.” (Hand.1:8) Sonder die

HEILIGE GEES was die dissipels kragteloos, lamlendig, geestelik vermink en het hulle aan geestelike polio gely. Daarom verraai Judas Christus, verloën Petrus Hom, slaap die meeste ander volgelinge terwyl die res op die vlug slaan.

2. Weifelende getuienis: “...en julle sal My getuies wees...” Voor die uit-en instorting van die Heilige Gees was die dissipels maar, om die minste daarvan te sê, weifelende, bevraagtekende getuies (sien bo!) Wie sou ooit op grond daarvan entoesiasties oor Christus raak?!

3. Gebrek aan geloofsekerheid: Rom.8:16. G‟n wonder dat Jesus herhaaldelik aan die disspels moes verskyn om Sy werklike teenwoordigheid by hulle telkens te bevestig nie ... en vlgs Joh.21 drie keer die liefdesvraag aan Petrus, die eens Rotsman, wat totaal op ‟n stadium van sy volgelingskap as dissipel verkrummel het, moes stel nie!

4. Gebrek aan die leiding van die Heilige Gees: Joh.16:13; Rom.8:14. Sonder die besetting deur en invulling van die Gees kan gelowiges nie aanspraak maak op die leiding van die Gees nie. Daarsonder is ons dobberend op ons lewenssee en kompasloos in ons koerskies!.

5. Gebrek aan lewenstroos: Al die dissipels het pynlike ervarings tydens en na die kruising van Jesus gehad ... Judas met sy verwyt én Petrus met sy verloëning en die ander klomp met hulle deurleefde hartseer ... en ons met ons stres en beproewings en pyne en traumas en soms vermorselde en verpletterde emosies ...Wie van ons het baie keer nie troos nodig nie? Jy! Óók ... maar nie sonder die Heilige Gees nie!!!!

Page 4: Die Gees van God bring Lewe! - Weeblyngwierdapark.weebly.com/uploads/7/5/5/7/7557682/pinkster_vlam7.pdfDie bome simboliseer dat ons ook êrens geplant is. Die lappe simboliseer pinkstertyd

Pinkster Vlam: 7e & Finale Uitgawe(2011) 12 Junie 2011 Bladsy 4 van 8

6. Dit alles benadeel die beeld van die Kerk!!! “Gaan U die koninkryk vir Israel weer oprig?” (Hand.1:6) Sonder die uit-, oor- en instorting van die Heilige Gees oor die volgelinge van Jesus, wat die liggaam en Kerk van Christus is, slaan die Kerk die beeld van ‟n ruïne, ‟n murasie, ... Sonder die besetting en werking van die HG is die kerk ‟n kerkhof (Eseg. 37:1-2!) wat seersekerlik nie die wêreld kan en sal beïndruk nie.

DIE PINKSTERERVARING VAN DIE GELOWIGES, EN DUS DIE KERK, MET DIE

PINKSTERGEBEURE BRING EGTER RADIKALE EN INGRYPENDE KORREKSIES MEE:

i) Hulle harte word geraak: (Hand.2:37) “diep getref” in die oorspronklike Griekse NT teks beteken

“hulle harte was vol gaatjies geprik”. Die “swaard van die Woord” het hulle diep binne-in getref,- hulle is emosioneel aangeraak. Daar begin die Here altyd met mense, ... in en by hulle harte.

ii) Hulle het lewensveranderinge ondergaan: Hand.2:38: Gelowiges(?!), ja, juis gelowiges, het

bekerings ondergaan en ervaar. Die Grieks het 2 woorde vir bekering:

“metanoia” – om nuut oor Christus en Sy lerings te dink ... wat op „n rasionele,

verstandelike aksie dui en

“epistrofê“: om ‟n praktiese lewens-u-draai te maak .. wat daarop dui om praktiese en totale lewensomkerings te maak.

iii) Bg. het radikale aktiewe, lewendige en wonderwerkende gemeentelike aktiwiteite vir die gemeente én die samelewing in Jerusalem gevolge gehad. Die gemeente in Jerusalem het ‟n in- en aangrypende metamorfose ondergaan. Beide die gemeente én die stad én die wêreld was daarna NOOIT OOIT weer dieselfde nie. Lees maar net Hand.2:43-47(a) en snak na jou asem!!

iv) Volgehoue groei van die gemeente na binne én na buite het plaasgevind. (Hand.2:47) Die Here was

nou aan die stuur van sake in die gemeente in Jerusalem! Dït is eintlik wat hier in hierdie teksvers staan ... niks en niemand anders nie!

Die vraag is nou: WAT MOES DIE GEMEENTELEDE DOEN om hierdie fenomenale korreksies te

ervaar?

Drie dinge:

i) Hulle moes wag! (Luk.24::49; Hand.1:4) Dit was ‟n gefokusde, gemotiveerde, verwagtende wag!

ii) Hulle moes hulle blootstel: Daar sou volgens die beloftes van die Here Jesus iets UITSONDERLIKS met én in hulle plaasvind waarvoor hulle hulle hulle moes oopstel en

iii) Hulle moes daarvoor BID: Hand.1:14. Almal het eendragtig en volhardend, sonder ophou of

onderbreking, vir hierdie belofte gebid.

EN TOE? ...

TOE HET ALLES! ... NETSO! ... GEBEUR!

(Ds Janlu Kuyler Sr)

Page 5: Die Gees van God bring Lewe! - Weeblyngwierdapark.weebly.com/uploads/7/5/5/7/7557682/pinkster_vlam7.pdfDie bome simboliseer dat ons ook êrens geplant is. Die lappe simboliseer pinkstertyd

Pinkster Vlam: 7e & Finale Uitgawe(2011) 12 Junie 2011 Bladsy 5 van 8

Duiwe word op „n hele paar plekke in die Bybel genoem. Miskien juis omdat duiwe deur die jare algemeen

en deel van ons wêreld is, is „n duif beide as deel van die voëllewe maar ook as simbool belangrik.

In Genesis 8 word daar vertel van Noag wat „n duif uitgestuur het om te probeer vasstel of die water al van

die aarde af verdwyn het. Toe hy die duif „n tweede maal uitstuur en dit met „n olyfblaar terugkeer, het

Noag geweet dat die water opdroog en kort daarna kon Noag die luik van die ark oopmaak. Reeds in hierdie

vroeë verhaal vereenslewig ons die duif met „n boodskap van hoop en genade.

In Lukas 2:24 lees ons dat Josef en Maria die reinigingsoffer volgens die voorskrif van die wet van die

Here gebring het, naamlik „‟n paar tortelduiwe of twee jong duiwe.‟ Volgens die Joodse wette is duiwe as rein

beskou en duiwe is deur die armes van die gemeenskap as offer gebring. Dis waarskynlik dat die duiwe

waarna hier verwys word eintlik rotsduiwe is en eerder blougrys as wit was.

Met die doop van Jesus beskryf Matteus hoedat die hemel bokant Hom oopgegaan, en Hy die Gees van

God soos „n duif sien neerdaal en op Hom sien kom het (Matteus 3:16).

Wanneer Jesus die twaalf uitstuur in Matteus 10, gee Hy onder andere aan hulle die volgende opdrag:

„Onthou: Ek stuur julle soos skape tussen wolwe in. Wees dus versigtig soos slange en opreg soos duiwe.‟

In ons denke oor die Heilige Gees, is die duif ook vir ons „n simbool wat ons herinner aan die uitstorting

van die Gees en die verbondenheid met God.

„Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle „n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die

Gees van die waarheid… Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. (Johannes 14:16-

17)

(Bronne: Die Bybelse omgewing Laurie Smith Jannie Botha)

Soek die vetgedrukte woorde wat hierbo verskyn in die onderstaande blok.

R W O J H A P F S K I G I D R

I E W L P H O B U U N V R I O

I J F O Y B O I P I G O O E T

X J O F C F H J T M W Y Q H S

E D S N O I B R M A M V U N D

I G X G U S O L A P K Y G E U

T P E T A T G R A H R P N D I

Z G G R S S H N C A G J C N W

Z L M T P E I A I O R P O O E

N M I Y I O R E X G T C O B W

P U L D B L O O B M I S D R W

Z V O O R S P R A A K N W E X

I P I Y E Y M X I X Z Q I V P

Z D B S N F H C N Z S A J E P

P H E T V R U V B A A P S L R

Page 6: Die Gees van God bring Lewe! - Weeblyngwierdapark.weebly.com/uploads/7/5/5/7/7557682/pinkster_vlam7.pdfDie bome simboliseer dat ons ook êrens geplant is. Die lappe simboliseer pinkstertyd

Pinkster Vlam: 7e & Finale Uitgawe(2011) 12 Junie 2011 Bladsy 6 van 8

DATUM (2011)

SEISOEN KLEUR

28 Nov – 24 Des

(4 Sondae voor Kersfees)

Advent:

Herinnering daaraan dat Jesus mens geword het, maar ook die verwagting en voorbereiding op Sy 2e Koms.

Koningsblou

25 Des – 6 Jan Kersfees en Epifanie

Viering van Christus se geboorte en verskyning van God in die wêreld.

Goud

7 Jan – 8 Maart Tyd na Epifanie (“Gewone tyd”)

Fokus op Jesus se lewe op aarde as voorbeeld vir ons, en dan ook in die besonder Jesus se doop. Dit word afgesluit met Verheerlikingsondag.

Groen

9 Maart – 24 April

(Aswoensdag +46 dae)

Lydenstyd:

Verkondiging van die versoenende sterwe van Jesus deur Sy lyding in herinnering te roep. Dit word afgesluit met die sg Heilige Week wat die Donderdag met die laaste maaltyd en voetewassing begin en eindig met Jesus se kruisiging.

Purper

(Diep pers of Magenta)

24-30 April Paasfees:

Die viering van die opstanding van Jesus. Die Heilige Week en Paasfees is dus „n eksodus wat deur die dood na die nuwe lewe lei!

Wit

1 Mei – 11 Junie Pinksterseisoen:

Afwagting van die Voorspraak wat Jesus belowe het, maar die fokus is op die werk van al 3 Persone van die Drie-Eenheid (God as Skepper en Vader, Jesus as Oorwinnaar en die Gees wat ons by God se plan inskakel as ontvangers èn verspreiders van die nuwe opstandingslewe)

Vuurrooi

12 Junie Pinksterfees:

Uitstorting van die Heilige Gees en toewyding aan God, met klem op getuienis na buite.

Rooi & Goud

25 Jun – 19 Nov Koninkrykstyd:

Fokus op verskillende aspekte van die praktiese geloofslewe en die werk van die kerk in die wêreld as vrugdraers.

Groen

Nota: Daar is verskillende uitbeeldings en interpretasies van die liturgiese kalender. Die redaksie het dit goed gedink om

dit eenvoudig te hou.

Hand 28:31

Hy het die koninkryk van God verkondig en die mense alles oor die Here Jesus Christus geleer.

Dit het hy gedoen met die grootste vrymoedigheid en sonder enige verhindering.

Page 7: Die Gees van God bring Lewe! - Weeblyngwierdapark.weebly.com/uploads/7/5/5/7/7557682/pinkster_vlam7.pdfDie bome simboliseer dat ons ook êrens geplant is. Die lappe simboliseer pinkstertyd

Pinkster Vlam: 7e & Finale Uitgawe(2011) 12 Junie 2011 Bladsy 7 van 8

Gesinne Aktiwiteite

(Ds) Yolande Leiding & Insette Tot Pinkster Vlam

Adri Smidt & Gesin Voorsiening van Wind Chimes

Almal wat betrokke was Met die opsit van die rooi lappe en afhaal en opvou van die lappe

Met die Sendingmuur

Met die insette tot getuienisse vir die Pinkster Vlam

Met die bywoning van die Pinksterweek se bidure

Alpheus Bou en afbreek van “scaffolding”

Alza Van Huyssteen & Gesin Lappe Omgewerk

Anette Van Driel & Gesin Voorsiening van Wind Chimes

Anita Mynhardt Voorsiening van Wind Chimes

Annene Mullens Leiding en Insette tot Aktiwiteite

Berna Liebetrau & Gesin Lappe Omgewerk

Carlson (Sekuriteitswag) Opsit en afhaal van Rooi Lappe

Cecilia Strauss & Gesin Lappe Omgewerk

Dewald Oprigting van Sendingmuur

Ds Jan Leiding & Insette Tot Pinkster Vlam

Ds Kobus Leiding & Insette Tot Pinkster Vlam

Ds Pieter Leiding & Insette Tot Pinkster Vlam

Elsie Havenga & Gesin Lappe Omgewerk

Esther Strampe & Gesin Maak en Voorsiening Van Kerse Uitbeelding

Gerhard Bodenstein, Anru &

Vianca

Opsit van Liturgiese Kalender, Uitbeelding van Sendingmuur

Helmi De Villiers & Gesin Lappe Omgewerk

Histia Oberholster Voorsiening van Wind Chimes

HULLE Help Met Kerse Voorbereiding vir Pinksterfees

Ilse De Klerk & Gesin Lappe Omgewerk

Joelie Ondersteuning met al die aktiwiteite, koffie aandra en geduld! xxx

Kerkkoor Koorsang

Leon Pieterse & Gesin Maak van Kruis Vir Liturgiese Kalender & beligting op Kruis (elke

week)

Lorraine Van Dyk & Gesin Lappe Omgewerk

Margaret Huysamen & Gesin Voorsiening van Wind Chimes

Marietjie May & Gesin Lappe Omgewerk

Marlene Burger & Gesin Blomme vir Pinksterfees, Voorsiening van Wind Chimes

Page 8: Die Gees van God bring Lewe! - Weeblyngwierdapark.weebly.com/uploads/7/5/5/7/7557682/pinkster_vlam7.pdfDie bome simboliseer dat ons ook êrens geplant is. Die lappe simboliseer pinkstertyd

Pinkster Vlam: 7e & Finale Uitgawe(2011) 12 Junie 2011 Bladsy 8 van 8

Gesinne Aktiwiteite

Marna Roos & Gesin Voorsiening van Wind Chimes

Marnus Smith & gesin Facebook Webblad

Martha & Marius Burger,

Bernice & Michael

Uitdeel van Vlam & Opvou Van Lappe (elke week)

Loslaat van Balonne

Muriel Hoffmann & Gesin Voorsiening van Wind Chimes

Ria & Jacques Claassen Blokraaisel vir Pinkstervlam, Druk en vou van Vlam (elke week)

Ruben Kitching Reël van Vliegduiwe

Surene Lourens & Gesin Maak van Liturgiese Kalender Se Panele

Susan Van Noordwyk &

Gesin

Lappe Omgewerk

Wessel & Melanie Voorsiening van Wind Chimes

Wilna Taljaard Musiek & Koorsang

Yvette Volschenk & Gesin Voorsiening van Wind Chimes

„n Baie groot DANKIE aan almal wat gehelp en deelgeneem het. Mag jy ook, soos ek, uiters geseën wees deur jou

deelname en mag dit jou getuienis verder versterk!

Indien jy sou belangstel om volgende jaar deel te wees van hierdie wonderlike tyd van ons Liturgiese Kalender, kontak

my asseblief by [email protected] of los vir my „n boodskap op ons Pinkster webblad ngwierdapark.weebly.com. Ek

hoor graag van julle!

Die aktiwiteite behels die volgende: (en ons het regtig hulp nodig, asb?)

Pinkster Vlam redaksie en insette

Kerse voorbereiding vir Pinksterfees (saam met “Hulle”)

Pinkster deelname en aktiwiteite vir Kinders

Reël en fasilitering van voorbereiding en gebruik van simbole

---oo0oo---