die gereformeerde vroueblad des 2015-jan 2016 - lusmaker.pdf · verborge of geheime saak nie....

7
www.gksa.org.za/Tydskrifte/vroueblad-inteken DESEMBER 2015 ~ JANUARIE 2016 Vroueblad Die Gereformeerde God se liefde nou by ons God se liefde nou in ons WEERLIGAFLEIER VAN DIE WÊRELD Maar die grootste hiervan ... Dek jou Kerstafel

Upload: others

Post on 24-Mar-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Die Gereformeerde Vroueblad Des 2015-Jan 2016 - Lusmaker.pdf · verborge of geheime saak nie. “Dit het nie êrens in ‘n hoekie gebeur nie” (Hand. 26:26), sodat die wêreld die

www.gksa.org.za/Tydskrifte/vroueblad-inteken

DESEMBER 2015 ~ JANUARIE 2016

VrouebladDie Gereformeerde

God seliefdenou by

onsGod se

liefde nouin ons

WEERLIGAFLEIERVAN DIE WÊRELDMaar die grootste

hiervan ...

Dek jouKerstafel

Page 2: Die Gereformeerde Vroueblad Des 2015-Jan 2016 - Lusmaker.pdf · verborge of geheime saak nie. “Dit het nie êrens in ‘n hoekie gebeur nie” (Hand. 26:26), sodat die wêreld die

2 Desember 2015 ~ Januarie 2016

JAARGANG 69 NOMMER 7

GEREELD3 Redakteursbrief4 Briewe5 Ds. Sê my

IN DIEPTE KERSFEES6 Inkarnasie: God se liefde nou ín ons8��� ��������������� �������� 10� ������������ ������� ������� � �����������

LEEFDINGE KERSFEES 12 ������������������������14 � �����������!��� ����������� � liefdesbewys15�� �����������!�"�#���16 � $����#� !��$�������������������18�� $%#�����#�� ���!���������20 Woord-wys uit Wakkerstroom: Dek jou Kerstafel22 � ��������&!� �� �������� �������������30 Famous Flambé Filet ����������������32�� ' ���������!�(�)����#�33�� ' ���������!�*������

LEEFDINGE REIS24 I’m dreaming of a white Christmas26�� "����������� ����%�������28 Die Weskusreis

Ander Publikasiesvan die Gksa:

+�"�������#�

+�"���,����������-(���������� ���/

+�"��������� -��������������������/

Bied ook verrykende geestelike leesstof en kan bestel word by die Administratiewe Buro:

(018) 297 3986.

INHOUD

6 48 12 IN DIEPTE NUWEJAAR34 Maar die grootste hiervan...36�� "���������������0��������������� �38�� "������� ������� ����#%������� ��������12345

LEEFDINGE NUWEJAAR40�� 6��*��������7�����42�� �����������!��� �������� ������ �������123443�� �����������!�"�#���44 � $����#� !���������������� ����123446�� $%#�����#�� ���!�8������������� ����� �������������9�48�� �� �������� �������������123450 Kinta se ma: Liefde in 201652�� ��������:���;��!�<���������#%� ��� ���$���#���54�� ��������:&��;��!� ,������������123455�� ��������:&��;��!� $%#����� ���,�������������56�� ' ����������0=&:#�����57�� (�������>�#������1234�����������58�� ?������#� !���������������� ���@�������60 Mag jy in 2016...62�� 8�������!��� �������� ������#%����63 � (������� ���$%#��!�&��64�� ���� �������"����#���123AC� E������1234

Des 2015 Jan 2016

www.gksa.org.za/Tydskrifte/vroueblad-inteken

DESEMBER 2015 ~ JANUARIE 2016

VrouebladDie Gereformeerde

God seliefdenou by

onsGod se

liefde nouin ons

WEERLIGAFLEIERVAN DIE WÊRELDMaar die grootste

hiervan ...

Dek jouKerstafel

Page 3: Die Gereformeerde Vroueblad Des 2015-Jan 2016 - Lusmaker.pdf · verborge of geheime saak nie. “Dit het nie êrens in ‘n hoekie gebeur nie” (Hand. 26:26), sodat die wêreld die

3Desember 2015 ~ Januarie 2016

redakteursbrief

God se liefdenou by ons...

Foto:����������� �����Lydenburg.

Ons is opFacebook:GereformeerdeVroueblad.Gaan Like ons!

ARTIKELS OF BRIEWE KAN GESTUUR WORD AAN DIE GEREFORMEERDE VROUEBLAD:E-pos: [email protected];Faksnommer 086 714 6157;SMS: 082 555 9586;Slakkepos: Posbus 178,Lydenburg 1120

�������������� ������������������������������������������� ������������������������������������� ������� ���� liefde ������� ����� �����Hy is God met ons�������������� !����""#$�%&

Liewe gelowiges,Die rustyd waarna ‘n mens só uitgesien het, is hier. Kersvakansie. Gesinstyd. Tyd om weer bestekopname van die afgelope jaar te maak, bestekopname van jou lewe. En ’n mens moet bely: Sonder God se groot liefde en ontferming die afgelope jaar, sou jy nie altyd die krag gehad om die moeilike dinge wat oor jou pad gekom het te kon hanteer nie. Sonder God se groot genade en ontferming sou ‘n mens ook nie mooi geleer het wat dankbaarheid beteken nie en sou ons nie al die seëninge en sy liefdesbetoon in ons lewe raakgesien het nie. Daarom gesels ons skrywers hierdie maand saam oor God die Vader se liefde wat in Christus tot bý ons gekom het, ja, tot ín ons gekom het deur sy Gees. Laat ons oor Kersfees ‘n bietjie wegkom van té veel geskarrel rondom die kospotte en die feesmaal, en as families en gesinne stil raak voor die wonder van God se liefde. Daarvoor het Griet Swanepoel ‘n kort Kersprogram gegee wat ‘n mens op Oukersaand as familie of vriende saam kan doen en ons fokus sal rig op God se oneindige liefde wat Hy aan ons bewys het in sy Seun, Jesus Christus. Annelize wys met haar pragfoto’s hoe jy jou Kerstafel mooi kan dek, maar tog eenvoud kan behou. As jy hierdie vakansie in Jan Tuisbly se karretjie sit, kom reis saam met ons: Saam met die wyse manne deur ‘n yskoue winterlandskap na ‘n vreemde geboorte van ‘n Koning in ‘n stal; saam met Jo van Rooyen deur ‘n spierwit Europa in Kerstyd; saam met Annatjie du Plessis (ds. Pieter du Plessis, emeritusleraar se vrou) deur ons eie land se Weskus. Ons bederf graag ons lesers hierdie jaar met ‘n vakansie-“pasella”: ‘n Geskenkpa-pier waarin jy vir iemand ‘n geskenk kan toedraai (en terselfdertyd sommer só van Die Gereformeerde Vroueblad kan vertel!) en ‘n Rooibos- en heuningbosteesakkie van Pretti Cool-geskenke – wat nét joune is om te geniet, terwyl jy rustig agteroor sit en jou Vroueblad lees. Besoek gerus Pretti Cool se webwerf: www.pretticool.co.za vir pragtige, oorspronklike geskenke – hulle diens is puik! Kom ons gaan die Nuwejaar, 2016, in met dié versekering: God se liefde sal altyd by ons wees, in vreugde en in hartseer, in oorwinnings en beproewings. Kom ons leef uit hierdie liefde en bedien ook almal óm ons met God se liefde. Mag die liefde van God by julle almal wees.

Cobie SteynNS: Al het ons nie meer ‘n brieweblad nie, is jy steeds welkom om vir ons ‘n SMS te stuur na 082 555 9586 (begin SMS met VB:)... of ’n brief te e-pos aan [email protected] of jou mening op ons Facebookblad te gaan lug of stuur jou brief per slakkepos na Posbus 178 Lydenburg 1120. Ons hoor graag wat leef in die harte van die lesers.

(Die redaksie vra vriendelik dat hierdie selfoonnommer en adresse nie vir administratiewe sake soos inskrywings of kansellasies gebruik sal word nie – skakel die verantwoordelike persone by die Administratiewe Buro in Potchefstroom: Sien die inligting op die skutblad.)

FoFoF ttototo:::

Page 4: Die Gereformeerde Vroueblad Des 2015-Jan 2016 - Lusmaker.pdf · verborge of geheime saak nie. “Dit het nie êrens in ‘n hoekie gebeur nie” (Hand. 26:26), sodat die wêreld die

8 Desember 2015 ~ Januarie 2016

in diepte kersfees

DEUR DR PIETER BINGLE (KAAPSTAD: EMERITUS)

�������������� �� ����� ������� Die kruis van Jesus op Golgota is teken van die weer-ligafleier op die dak van die wêreld. (AA Van Ruler).

Page 5: Die Gereformeerde Vroueblad Des 2015-Jan 2016 - Lusmaker.pdf · verborge of geheime saak nie. “Dit het nie êrens in ‘n hoekie gebeur nie” (Hand. 26:26), sodat die wêreld die

9Desember 2015 ~ Januarie 2016

in diepte kersfeesGolgota is die plek wat aangewys was om in Jesus se lydensprogram en via dolorosa die geweldige saamtrekpunt op die aardbol te wees; die plek waar die ‘weerligafleier’ van die woede (toorn) van God oor die sonde van die mens sou brand; die plek waar óók die versoenende verbindingslyn van die hemel na die aarde moes ‘grondvat’ en ‘geaard’ word – die plek waar God se liefde geopenbaar word.

Die verlossing deur Jesus Christus het nie krag sonder die ‘kruis’ nie. Daarom is besinning oor die plek waar die kruis van Jesus gestaan het, besonder veelseggend wanneer ons die bitter lyding en sterwe van die Here Jesus in prent wil plaas.

Hierin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê.

Wat ’n magtige uitspraak is hierdie woorde van Johannes aan die oorspronklike lesers! Daar is by vele geleerdes min twyfel dat die Evangelie van Johannes en die drie briewe van Johannes dieselfde skrywer is.

Die kruis het gestaan –

Buite JerusalemGod het eeue tevore Betlehem aangewys as die plek van Jesus se geboorte (Miga 5:1). God het ook aan die horison die plek van Jesus se kruis aangewys. Die plek is al bepaal in Levitikus 4:12 waar van die sondoffer, wat die geweldige skadubeeld is van Christus se offer, gesê en bepaal word dat die priester dit buite die laer moet bring.

Waarom moes Jesus buite en nie binne die stadspoort ly nie? Buite die laer dui op plek van onreinheid; plek van vernietiging. Buite die poorte van Jerusalem, met die tempel.

Waarom het die plek “buite Jerusalem” so ’n besondere betekenis? Omdat Jerusalem in die Ou Testament die simbool was van God wat by sy volk woon. Van hierdie heilige plek moes die offerdier uitgeban word. Die “salem” van Jerusalem beteken “vrede” en die kruis beteken “vloek”, ’n vloekdood. Daarom moet(s) die kruis buite Jerusalem staan.

verbrand is – moes die Seun van God tereggestel word. Soos ’n onrein dier is die lot van Jesus, die Seun van God, beslis.

se lyde, naamlik dat Hy uitgestoot en verworpe was.hoboes” en

moordenaars is.

die heil en die eindbestemming nie.

waar die mens se lot moes wees, ewig buite, ewig verwerp en uitgeban, buite in die buitenste duisternis.

Op GolgotaWaarom neem juis Golgota ’n onmisbare plek in die goddelike program van Jesus se via dolorosa in?

van Jesus moes ’n openbare skouspel wees en nie ’n verborge of geheime saak nie. “Dit het nie êrens in ‘n hoekie gebeur nie” (Hand. 26:26), sodat die wêreld die kruisiging moes sien sodat niemand ’n verontskuldiging kan hê dat hy/sy nie van die kruis van Jesus weet nie.

voltrek is. Jesus is ten volle met die misdadigers gereken.

Op planeet Aarde Die kruis, geplant op/in die grond van planeet Aarde, dra die vloekhout. Die deur-sonde-vervloekte skepping dra die vloekhout van die Verlosser van die wêreld. Dieselfde skepping waarvan God ná die skeppingsweek gesê het dat dit “goed” is; en van wie die sterre en hemelinge met sy geboorte saamgesing en gejubel het (Job 38:7).

Die kruis kon nie in die hemel staan nie, want in die hemel is daar nie plek vir vervloektes nie. Die kruis is geplant in hierdie aarde. Bittere ironie – die Seun van God het geen plek gehad om sy hoof neer te lê nie, maar wel ’n plek vir sy kruis.

Die ingeplante kruis spreek van vloek ÉN ook van seën, van sondevergifnis en verlossing. Van hierdie vloek het Jesus triomfantlik kon sê: “Dit is volbring”. Die bliksemstrale is deur die kruis, die weerligafleier, afgeweer.

Die dáád waarin God se liefde geopenbaar en bewys is, is dit: God het sy enigste Seun na die wêreld toe gestuur (9b herhaal in 10b).

Die werklike liefde is God se doel met die stuur van sy Seun na die wêreld. Die finale doel is: sodat ons deur Hom die lewe kan hê (10c). Dit is BTW (Besonder Toegevoegde Waarde) in hierdie lewe. Nou kan ek en jy in ons kruisdra, losgemaak wees van die vloek wat sedert die sondeval op die lewe lê.

God se liefde is nie geborduur op lap of muurtekste nie, maar het aan die kruis gehang. God is liefde! Hierdie uitroepsin kan nooit uitgevee word nie. Dit is ’n Persoon. Die uitroep is Jesus Christus self!

Wees vir die wêreld soos vonkpos van die Jesus-kruis – die weerligafleier op die dak van die wêreld.

�����������Esther de Klerk: Tydens die

feesseisoen word God se oneindige en almagtige liefde

weereens geopenbaar deurdat ons herinner word aan die

grootste geskenk wat nóg aan ons gegee is. Jesus, die sondelose Lam

en God se enigste Seun, word mens om in ons plek te sterf.

Page 6: Die Gereformeerde Vroueblad Des 2015-Jan 2016 - Lusmaker.pdf · verborge of geheime saak nie. “Dit het nie êrens in ‘n hoekie gebeur nie” (Hand. 26:26), sodat die wêreld die

46 Desember 2015 ~ Januarie 2016

leefdinge nuwejaar

JANUARIE-ANGSDEUR��������������� ���

LESER SKRYF: Sedert my kinderjare het ek altyd ’n verwondering gehad oor die wisseling van seisoene, tye, sommer net die wisseling van die dag en die nag: Alles is vir my openbarings van God se dáár wees en in beheer wees. Nodeloos om te sê dat die wisseling in jaargange nog altyd vir my ’n vreugde was, ’n opgewonde uitsien – nes ’n kind na ’n nuwe geskenk uitsien. Maar van 2011 af het ons gesin elke jaar in Januarie óf slegte nuus ontvang, óf daar het iets slegs gebeur – letterlik elke Januarie van 2011, 2012, 2013, 2014 en 2015. In die laaste tyd bekruip ’n vrees, ’n angs my wanneer ek my nuwe dagboek aanskaf. Januarie-angs. My vreugde en verwondering oor ’n “nuwe tyd” het verdwyn. Hoe gemaak met hierdie angs?

Dr. Trudie antwoord

Volgens die eerste paragraaf waar jy God se almag so pragtig omskryf het, is dit duidelik dat jy ’n fyn aanvoeling het oor die wonderlike wyse waarop God tyd en die wisseling van seisoene geskape het. Jy moes egter baie seergekry het die afgelope vyf Januariemaande, as jy aan die betrokke maand soveel mag wil toeskryf. Traumatiese en seer insidente wat ons beleef, het gewoonlik ʼn groot invloed op ons emosionele uitkyk op ons lewe. En dit word maklik ge-“trigger” deur assosiasies, die tye wanneer dit met jou gebeur het, of selfs net soortgelyke sintuiglike ervarings.

Januarie is in elk geval ʼn besondere tydperk in almal se lewe. Die feesgety, wat waarskynlik met baie opwinding, rus, maar soms ook met baie heimwee oor wat die jaar gebeur het, gepaard gegaan het, is verby. Nou is dit as’t ware die geboorte van ʼn nuwe jaar, ʼn nuwe opstaan en aangaan vol nuwe verantwoordelikhede en verwagtings waaraan jy moet voldoen. Boonop is dit die tyd van die jaar wat met baie veranderinge en aanpassings in baie huishoudings gepaard gaan, en by

uitstek die maand waarin ʼn mens baie moed, durf en energie behoort te openbaar.

Weens die slegte tydings, of gebeure wat jy telkens in hierdie tyd ontvang het, begin jy Januariemaande egter met emosionele pyn assosieer. Jy kom in

die versoeking om die leuen te glo

dat die begin van die jaar altyd met

slegte nuus en pynlike ervarings

gepaard sal gaan. As jy nie daarteen stry nie, word jou angstige antisipasie net versterk en kan dit lei tot moontlike bygelowigheid.

Jou intense ervaring van emosionele pyn, is waarskynlik bloot ʼn teken daarvan dat die seer van die afgelope vyf jaar van so ʼn intense aard is dat jy dit glad nie kon verwerk en afhandel nie. Dit het boonop ʼn opbouende negatiewe effek op jou emosies gelaat. Dit maak jou vrees vir die tyd van die jaar net soveel erger, met die gevolg dat jy dit “Januarie-angs” noem.

Onthou God is totaal in beheer

van alles wat met jou gebeur, sowel

as van die tye wanneer dit gebeur. Hy het immers die afwisseling van tye

op ʼn wonderbaarlike wyse geskape (Gen. 1:13): Die psalmdigter stel dit in ʼn smeekgebed, soos volg: Dit is U wat fontein en stroom laat uitbreek het, U wat standhoudende riviere laat opdroog het. Dit is U aan wie dag en nag behoort, U wat aan die son en die maan hulle plek gegee het, U wat al die seisoene van die aarde vasgestel het; somer en winter is die werk van u hand (Psalm 74:15-17).

En wat die uitwerking van die

“leuen betreffende Januariemaand”

waaraan jy onbewustelik vashou betref, moet jy onthou, Satan, die vader van die leuen (Joh. 8:44), val ons aan wanneer ons op ons swakste is. Selfs vir Jesus het hy versoek, nadat Hy vir veertig dae en veertig nagte in die woestyn gevas het, en dus menslikerwys totaal uitgeput moes wees (Matt. 3:1-2). Ons weet natuurlik dat Satan se poging om Jesus te versoek tevergeefs was: Jesus het juis mens geword deur sy lewe te gee om die mag van die duiwel – en dus ook die leuens wat ons so maklik glo – te vernietig (Heb. 2:14). Daarom loop die duiwel nou verwoed rond soos ʼn brullende leeu en kyk wie hy kan verslind (1 Pet. 5:8).

Page 7: Die Gereformeerde Vroueblad Des 2015-Jan 2016 - Lusmaker.pdf · verborge of geheime saak nie. “Dit het nie êrens in ‘n hoekie gebeur nie” (Hand. 26:26), sodat die wêreld die

47Desember 2015 ~ Januarie 2016

leefdinge nuwejaar

Dink aan Josef wat groot onregte

verduur het, en hoe dit telkens met leuens

gepaard gegaan het. Sy broers het hom as slaaf verkoop en aan hulle pa gesê ʼn roofdier het hom verskeur (Gen. 37:32-33). As slaaf is hy deur ʼn leuen van Potifar se vrou in die tronk gegooi (Gen. 39:10-19). En tog het Josef geweet dat God die hele tyd in beheer was. Want toe hy uiteindelik onderkoning van Egipte geword het en sy broers baie bang geword het, het hy vir hulle gesê dat hulle nie moet sleg voel nie, God het hom vooruit gestuur (Gen. 45:3-8). Josef het besef dat alles gebeur het volgens God se groot raadsplan.

Soms bring God juis geweldige

struikelblokke en beproewings in sy kinders

se lewe, sodat hulle kan besef hoe afhanklik

hulle van sy genade is. Dink daaraan hoe Hy vir Paulus wat hom gesmeek het om hom van die doring in sy vlees te verlos, geantwoord het: My genade is vir jou genoeg, My krag kom juis tot volle werking as jy swak is (2 Kor.12:9).

As uitverkorene is jy baie kosbaar vir

God. God ken jou ten volle. Hy omsluit jou van alle kante, Hy neem jou in besit (Psalm 139:5). Jy is syne! Dit beteken dat jy oor niks besorg hoef te wees nie, al dink jy dat jy totaal vasgevang is in ʼn bose Januarie-kringloop van slegte tydings en gebeure wat jou geweldig ontstel.

Meer prakties

jy die komende Januariemaand jou fokus van jou eie vrese afwend en totaal op God se genade fokus. Ook vir jou is sy genade genoeg!

nie: Bid vir krag om elke dag net op “vandag” te fokus. Jesus het self gesê dat ons ons nie moet bekommer oor die dag van môre nie (Matt. 6:34). Ons het geen beheer oor die toekoms nie. Dit is in God se hande!

al jou bekommernisse en vrese met danksegging en gebed aan Hom bekend. Dan sal jy ervaar hoe die vrede van God wat alle menslike verstand te bowe gaan in jou hart en jou gedagtes die wag hou in Jesus Christus (lees weer Fil. 4:6-7).

ervarings gehad het, is alreeds ʼn baie goeie begin. Dit sal goed wees as jy ʼn professionele pastorale berader gaan spreek om jou te help om alles wat met jou gebeur het te verwerk en te sien as deel van jou heiligwordingsproses, naamlik dat jy minder moet word en God alles in jou moet word.