die herout 27 oktober 2013 - lyttelton-ooslytteltonoos.org.za....• johan en elmarie potgieter...

6
1 Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 27 Oktober 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Webtuiste: www.lytteltonoos.org.za NUWE INTREKKERS Ons wil julle graag so gou moontlik tuis laat voel en deel maak van ons geloofsgesin! Bly gerus na die diens agter dan ontmoet ons mekaar voor die kansel. Julle kan ook ds Freddie Schoeman (084 581 8139) of Madelaine Steyn ( 012 664 4458) SONDAG 27 OKTOBER Deurkollekte : Motorwag Groeigroep Week 8 09:00 Erediens: Lodewyk Sutton (Belydenisaflegging) 09:00 Kindereredienste Senior Kategese / Belydenisklas 12:00 Oesfees! (Sien hiernaas) MAANDAG 28 OKTOBER 19:00 Bedryfspanvergadering DINSDAG 29 OKTOBER 09:00 Sustersbiduur/Bybelstudie WOENSDAG 30 OKTOBER 17:00 Biduur SONDAG 3 NOVEMBER Deurkollekte: Noodlenigingsfonds Groeigroep Week 9 09:00 Erediens: Freddie Schoeman (Nagmaal) 09:00 Kindereredienste Senior Kategese / Belydenisklas MAANDAG 4 NOVEMBER 19:00 Bedryfspanvergadering DINSDAG 5 NOVEMBER 09:00 Sustersbiduur/Bybelstudie WOENSDAG 6 NOVEMBER 17:00 Biduur SONDAG 10 NOVEMBER Deurkollekte: Noodlenigingsfonds Groeigroep Week 9 09:00 Erediens: Freddie Schoeman (Nagmaal) 09:00 Kindereredienste Senior Kategese 11:00 Ontdek jou Potensiaal MAANDAG 4 NOVEMBER 19:00 Bedieningspanvergadering DINSDAG 5 NOVEMBER 09:00 Sustersbiduur/Bybelstudie VOORBIDDING Die matrikulante van van more af eksa- men skryf. Bid vir krag om te studeer en insig en wysheid wanneer hulle in die eksamenlokaal is. Zilla Raulstone (Krugerlaan 67, 012664 3995) se suster is hierdie week oorlede. Ons bid vir die Here se troos. Sarie De Lange (Van Riebeeck 42, 0731606165) wat hierdie week vir ope- rasie in die hospitaal was. Johan en Elmarie Potgieter (Hans Strijdomlaan 60, 082 928 5434) met Elmarie wat nog steeds in die hospitaal is. Leraarspan: Freddie Schoeman (0845818139), Bianca van Graan (0714937668), Lodewyk Sutton (0721571190) Onthou Oesfees! Vanmiddag 12:00 Gratis Potjiekos—hele gemeente word genooi. 2 Preek Sondag 20 Oktober Reeks: Die Hemel – Wat kan ons verwag Tema: Hoe gaan ons daaglikse lewe op die nuwe aarde wees? Ons kom vandag aan die einde van ons reeks oor die hemel – of beter gesê: die nuwe aarde waar ons met ons nuwe, verheerlikte liggame gaan woon. Om hierdie reeks af te sluit wil ek so ʼn bietjie nadink oor wat ons elke dag gaan doen op die nu- we aarde. Waarmee gaan ons onsself besig hou? Ons het reeds gesien dat die wolk -en-harp teologie baie ver verwyderd is van wat die Bybel vir ons sê. Baie mense verkeer onder die indruk dat die hemel baie vervelig gaan wees. Niks kan verder van die waarheid wees nie! Maar hoe gaan ons lewe lyk? Tot dusver het ons gesien dat die skepping wat die Here aan die begin goed geska- pe het, weer heeltemal gaan herstel. Daar gaan ‘n herskepping wees. Die nuwe aar- de gaan dus dieselfde kenmerke toon as die kenmerke van die skepping soos wat dit in Genesis 1 en 2 beskryf word. Dit gaan nuut wees in die sin dat dit weer gaan wees wat dit bedoel was om te wees. Alles gaan weer wees soos wat dit was. Maar dit gaan ook meer wees. Die Here het nie geskep en die skepping gelos nie. Hy is nog steeds betrokke by sy skepping, besig met voortgaande skeppingswerk – die skepping is op iewers heen – en wanneer alles nuutgemaak word, gaan hierdie proses voort. Die potensiaal van die skepping moet ontgin word. En die mense gaan betrokke wees daarby. Ons is nou reeds betrokke en gaan soveel te meer betrokke wees. Wanneer ons dus die vraag vra: Hoe gaan ons daaglikse lewe daar uit sien op die nuwe aarde moet ons dit in gedagte hou. Daarom is dit goed as ons net weer gaan kyk na Genesis 1 en 2 Genesis 1:26-28 26 Toe het God gesê: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip.” 27 God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep. 28 Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: “Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor die vis in die see, oor die voëls in die lug, oor al die diere van die aarde, ook oor die diere wat op die aarde kruip.” Genesis 2:4b-5, 15 Toe die Here God die aarde en die hemel gemaak het, 5 was daar nog nie enige struike op die aarde nie en het daar ook nog nie enige groenigheid opgeskiet nie, want die Here God het dit nog nie op die aarde laat reën nie, en daar was nog nie ’n mens om die grond te bewerk nie. 6 Daar het water uit die aarde uit opgekom en al die grond nat gemaak. 7 Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens ’n lewende wese geword het. ... 15 Die Here God het die mens in die tuin laat woon om dit te bewerk en op te pas. Deur die mens aan te stel as sy verteenwoordiger en deur aan die mense opdrag te

Upload: others

Post on 23-Jan-2020

5 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: DIE HEROUT 27 OKTOBER 2013 - Lyttelton-Ooslytteltonoos.org.za....• Johan en Elmarie Potgieter (Hans Strijdomlaan 60, 082 928 5434) met Elmarie wat nog steeds in die hospitaal is

1

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos

DIE HEROUT Sondag, 27 Oktober 2013

Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Webtuiste: www.lytteltonoos.org.za

NUWE INTREKKERS

Ons wil julle graag so gou moontlik tuis laat voel en deel maak van ons geloofsgesin! Bly gerus na die diens agter dan ontmoet ons mekaar voor die kansel. Julle kan ook ds Freddie Schoeman (084 581 8139) of Madelaine Steyn ( 012 664 4458)

SONDAG 27 OKTOBER Deurkollekte : Motorwag

Groeigroep Week 8

09:00 Erediens: Lodewyk Sutton (Belydenisaflegging)

09:00 Kindereredienste

Senior Kategese / Belydenisklas

12:00 Oesfees! (Sien hiernaas)

MAANDAG 28 OKTOBER 19:00 Bedryfspanvergadering

DINSDAG 29 OKTOBER 09:00 Sustersbiduur/Bybelstudie

WOENSDAG 30 OKTOBER 17:00 Biduur

SONDAG 3 NOVEMBER Deurkollekte: Noodlenigingsfonds

Groeigroep Week 9

09:00 Erediens: Freddie Schoeman (Nagmaal)

09:00 Kindereredienste

Senior Kategese / Belydenisklas

MAANDAG 4 NOVEMBER 19:00 Bedryfspanvergadering

DINSDAG 5 NOVEMBER 09:00 Sustersbiduur/Bybelstudie

WOENSDAG 6 NOVEMBER 17:00 Biduur

SONDAG 10 NOVEMBER Deurkollekte: Noodlenigingsfonds

Groeigroep Week 9

09:00 Erediens: Freddie Schoeman (Nagmaal)

09:00 Kindereredienste

Senior Kategese

11:00 Ontdek jou Potensiaal

MAANDAG 4 NOVEMBER 19:00 Bedieningspanvergadering

DINSDAG 5 NOVEMBER 09:00 Sustersbiduur/Bybelstudie

VOORBIDDING

• Die matrikulante van van more af eksa-

men skryf. Bid vir krag om te studeer en insig en wysheid wanneer hulle in die eksamenlokaal is.

• Zilla Raulstone (Krugerlaan 67, 012664

3995) se suster is hierdie week oorlede. Ons bid vir die Here se troos.

• Sarie De Lange (Van Riebeeck 42,

0731606165) wat hierdie week vir ope-rasie in die hospitaal was.

• Johan en Elmarie Potgieter (Hans

Strijdomlaan 60, 082 928 5434) met Elmarie wat nog steeds in die hospitaal is.

Leraarspan: Freddie Schoeman

(0845818139), Bianca van Graan

(0714937668), Lodewyk Sutton (0721571190)

Onthou Oesfees!

Vanmiddag 12:00

Gratis Potjiekos—hele gemeente word genooi.

2

Preek Sondag 20 Oktober

Reeks: Die Hemel – Wat kan ons verwag Tema: Hoe gaan ons daaglikse lewe op die nuwe aarde wees?

Ons kom vandag aan die einde van ons reeks oor die hemel – of beter gesê: die nuwe aarde waar ons met ons nuwe, verheerlikte liggame gaan woon. Om hierdie reeks af te sluit wil ek so ʼn bietjie nadink oor wat ons elke dag gaan doen op die nu-we aarde. Waarmee gaan ons onsself besig hou? Ons het reeds gesien dat die wolk-en-harp teologie baie ver verwyderd is van wat die Bybel vir ons sê. Baie mense verkeer onder die indruk dat die hemel baie vervelig gaan wees. Niks kan verder van die waarheid wees nie! Maar hoe gaan ons lewe lyk? Tot dusver het ons gesien dat die skepping wat die Here aan die begin goed geska-pe het, weer heeltemal gaan herstel. Daar gaan ‘n herskepping wees. Die nuwe aar-de gaan dus dieselfde kenmerke toon as die kenmerke van die skepping soos wat dit in Genesis 1 en 2 beskryf word. Dit gaan nuut wees in die sin dat dit weer gaan wees wat dit bedoel was om te wees. Alles gaan weer wees soos wat dit was. Maar dit gaan ook meer wees. Die Here het nie geskep en die skepping gelos nie. Hy is nog steeds betrokke by sy skepping, besig met voortgaande skeppingswerk – die skepping is op iewers heen – en wanneer alles nuutgemaak word, gaan hierdie proses voort. Die potensiaal van die skepping moet ontgin word. En die mense gaan betrokke wees daarby. Ons is nou reeds betrokke en gaan soveel te meer betrokke wees. Wanneer ons dus die vraag vra: Hoe gaan ons daaglikse lewe daar uit sien op die nuwe aarde moet ons dit in gedagte hou. Daarom is dit goed as ons net weer gaan kyk na Genesis 1 en 2 Genesis 1:26-28 26Toe het God gesê: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip.” 27God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep. 28Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: “Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor die vis in die see, oor die voëls in die lug, oor al die diere van die aarde, ook oor die diere wat op die aarde kruip.” Genesis 2:4b-5, 15 Toe die Here God die aarde en die hemel gemaak het, 5was daar nog nie enige struike op die aarde nie en het daar ook nog nie enige groenigheid opgeskiet nie, want die Here God het dit nog nie op die aarde laat reën nie, en daar was nog nie ’n mens om die grond te bewerk nie. 6Daar het water uit die aarde uit opgekom en al die grond nat gemaak. 7Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens ’n lewende wese geword het. ... 15Die Here God het die mens in die tuin laat woon om dit te bewerk en op te pas. Deur die mens aan te stel as sy verteenwoordiger en deur aan die mense opdrag te

Page 2: DIE HEROUT 27 OKTOBER 2013 - Lyttelton-Ooslytteltonoos.org.za....• Johan en Elmarie Potgieter (Hans Strijdomlaan 60, 082 928 5434) met Elmarie wat nog steeds in die hospitaal is

3

gee om die aarde te bewoon en te bewerk, betrek die Here die mens by die voort-gaande skeppingswerk. Die mens het die taak om die potensiaal wat daar in die skepping geplaas is, te ontgin. Dit gaan nie ophou wanneer die aarde nuutgemaak gaan word nie. Ons gaan dus nog steeds werk. Ons werk gaan vervullend en betekenisvol wees want ons gaan die werk doen waar-voor die Here ons geskape het en waarvoor Hy ons toegerus het met talente en na-tuurlik vermoëns. Dit gaan ook betekenisvol wees want dit gaan volledige deelname aan God se werk wees. Ons werk gaan dan volledig in diens staan van God se doel-witte vir sy skepping. Dit behoort nou reeds in ʼn mate so te wees, maar eendag gaan dit volledig wees. Ons gaan beslis ook rus. Daar gaan ʼn baie goeie balans wees tussen rus en werk. Dit ritme gaan reg wees: Ons nuwe liggame gaan moeg word van werk – maar dit gaan ʼn bevredigende moeg wees, ʼn soort moeg wat ʼn tyd van rus soveel genotvoller maak. (Wie ken nie die gevoel om op die stoep te sit na ʼn dag se harde werk in die tuin nie?) Ons gaan slaap ook. Dis ʼn goeie idee om hierdie ritme van werk / rus nou reeds in ons lewens in te bou. Om deel te wees van God se voortgaande skeppingswerk, ook nadat alles nuutge-maak is, is, soos reeds gesê, om die potensiaal van die skepping te ontgin. Hiervoor is navorsing nodig – om die geheimenisse van die skepping stelselmatig te onthul. Maar gaan dit nog nodig wees? Gaan ons nie in die hiernamaals alles weet nie? Ek dink nie so nie – maar daar is wel een vers wat dit so laat lyk – 1 Kor 13:12 12Nou kyk ons nog in ’n dowwe spieël en sien ’n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken. Wat beteken om ten volle te ken? Daar is ʼn verskil tussen “ten volle ken” en “alles” ken. Net God ken alles – net God is alwetend. Ons gaan nie alwetend word nie. Die kwaliteit van ons kennis gaan verbeter. Ons gaan ons volle intellektuele kapasiteit kan gebruik. Ons verstand gaan skerp wees – soos God oorspronklik bedoel het. Maar ons gaan nie alwetend word nie. Ons gaan bly leer en nuwe kennis opdoen. Dis opwindend? ʼn Ewigheid om elke dag nuwe dinge te ondersoek en nuwe dinge te leer. Maarten Luther het eenkeer gesê: “As God al die antwoorde in sy regterhand gehad het, en die stryd om daardie antwoorde self te ontdek in sy linkerhand, sal ek God se linkerhand kies.” Leer is deel van die opwinding van lewe. Deel van hierdie opwinding is om dit wat ons leer en ontdek met mekaar kan deel.

---ooo---000---ooo---

Dit bring my by ʼn baie belangrike komponent van ons lewe hier en nou: ons verhou-dings. Ons huweliksverhoudings, ons vriendskapsverhoudings ons verhouding met ons ouers / kinders. By ʼn vorige geleentheid het ons reeds gesien dat ons mekaar wel sal herken. Ons sal verheerlikte opstandingsliggame hê wat herkenbaar vir me-kaar sal wees. Maar gaan ons die verhoudings wat ons met mekaar gehad het, kan voortsit? Gaan daar nog huwelike en gesinne en families wees? Die eerste en belangrike ding wat ons moet verstaan is dat ons nou reeds deel is en

4

eendag ook deel gaan wees van God se gesin. In Efesiërs 2:19 stel Paulus dit so: 19Julle is dus nie meer ver van God af nie, nie bywoners nie, maar medeburgers van die gelowiges en lede van die huisgesin van God. Maar – en dit is die een ding wat in Gen 2 genoem word wat dalk nie voortgesit of vernuwe gaan word nie – daar gaan nie huwelike wees soos ons dit nou ken nie. Jesus stel dit duidelik (Matt 22:29-30): 29Maar Jesus antwoord hulle: “Julle dwaal omdat julle nie die Skrif en ook nie die krag van God ken nie. 30Met die opstanding trou die mense nie meer nie, maar is hulle soos die engele in die hemel. Let wel: ons wórd nie engele nie, maar ons word soos engele. Net soos wat engele nie trou nie, gaan ons op die nuwe aarde ook nie meer trou nie. Die huwelik is ʼn heenwysing na die band tussen Christus en sy kerk – dis ʼn teken. (Ef 5:31-32) Wan-neer die teken in vervulling gaan is die teken nie meer nodig nie. In ʼn sekere sin gaan ons almal met Christus getroud wees. (Terloops: om dieselfde rede gaan daar ook nie meer kerk wees nie.) Daar gaan dus ook nie gesinne wees in die sin waarin ons dit vandag ken nie. Maar: ons gaan mekaar nog ken en die band en die intimiteit wat daar was tussen man en vrou, dit gaan voort. (As jy nog vrae hieroor het, kontak my.) Dit is belangrik om te besef dat ons verhoudings nie meer gekontamineer sal word deur sonde nie. Selfsug, magsug en hebsug sal dus nie meer ʼn rol speel nie. Ons sal volkome openlik en eerlik teenoor mekaar wees. Daar gaan dus nie meer dinge wees soos agterdog, jaloesie, wantroue, leuens, maskers, klieks, dubbele agendas – nie meer agteraf geskinder, verdagmakery, seergemaakte gevoelens, boekhouery van die kwaad. Daar gaan volkome vergifnis, aanvaarding en liefde wees. Ons menswaardigheid gaan volkome herstel word. Dit is waarom ons hard moet werk om nou reeds al hierdie dinge deel van ons ver-houdings te maak. Wat van volke, etnisiteit en nasionale identiteite? Gaan daar nog so iets wees soos verskillende volke? Alle aanduidings wat ons in die Bybel kry sê dat daar nog steeds verskillende volke en etniese groeperings sal wees. Byvoorbeeld Openbaring 21:3 - 3Toe het ek ’n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. Die verskille tussen stamme, volke en nasies gaan bly. Maar ons sal verenig word in ons aanbidding van een God. Die vyandskap sal verwyder word. Daar sal nie meer oorlog wees nie. Jesaja 2:4 - 4Hy sal oordeel tussen die nasies, regspreek oor baie volke. Hulle sal van hulle swaarde ploegskare smee en van hulle spiese snoeiskêre. Die een nasie sal nie meer die swaard teen die ander opneem nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te maak nie. Dus: Daar sal nie meer haat en vyandskap tussen volke en nasies wees nie, daar

Page 3: DIE HEROUT 27 OKTOBER 2013 - Lyttelton-Ooslytteltonoos.org.za....• Johan en Elmarie Potgieter (Hans Strijdomlaan 60, 082 928 5434) met Elmarie wat nog steeds in die hospitaal is

5

HET JY INLIGTING OOR DIE GEMEENTE NODIG?

Wil jy meer weet oor ons aktiwiteite of oor ʼn spesifieke bediening? Het jy ʼn Bybel in Engels of ander taal nodig vir iemand?

Het jy ʼn vraag oor datums en reëlings? Wil jy graag inskryf vir ʼn kursus of ʼn kaartjie vir ʼn vertoning koop? Wil jy jou hulp aanbied? Wil jy graag

weet hoe om lidmaat te word van die gemeente?

Elke Sondag na die diens is daar ʼn inligtingstafel beskikbaar waar Tania Roos en haar span jou vrae sal antwoord.

KLANKOPNAMES VAN PREKE IS BESKIKBAAR BY http://www.lytteltonoos.co.za

sal nie meer rassisme wees nie, daar sal nie meer xenofobie wees nie, daar sal volkome eenheid, geregtigheid en versoening wees. Ons gaan nie dieselfde wees nie, maar ons verskille gaan mekaar verryk, eerder as wat dit ons gaan verdeel.

---ooo---000---ooo---

Ek wil graag die reeks afsluit deur aan te sluit by die oorspronklike bedoeling en kernboodskap van die reeks en wat hopelik soos ʼn refrein deur die reeks geklink het. As dit is hoe dit eendag gaan wees, moet ons nou reeds baie hard werk om die ‘eendag’ ‘vandag’ te maak. Die eendag moet soos ʼn magneet ons aantrek. Die een-dag moet inbreek in die vandag in; die toekoms moet inbreek in die hede – soos dit inderdaad gebeur het toe Jesus mens geword het. As daar eendag eenheid, geregtigheid en versoening gaan wees, dan moet ons nou reeds daarna streef. As verhoudings eendag volkome herstel gaan wees, as daar eendag geen jaloesie en verdagmakery gaan wees nie en as daar eendag volkome vergifnis en aanvaarding gaan wees, dan moet ons probeer om dit vandag reeds ʼn realiteit te maak. As alles eendag nuut gemaak gaan word, as alles wat stukkend, lelik, sleg, siek eendag heel, mooi, goed en gesond gaan wees, dan moet ons ons bes probeer om nou reeds ʼn stukkende wêreld heel te maak. As ʼn nuwe hemel en ʼn nuwe aarde ons eindbestemming is, dan is ons doel en ons taak vandag om die hemel aarde toe te bring. Dit is wat dit beteken as ons bid: “Laat u koninkryk kom ... op die aarde net soos in die hemel.” Freddie Schoeman

6

WORD DEEL VAN EEN VAN ONS GEBEDSNETWERKE

OP "WHATSAPP"

Skakel vir Tian Dry by 0823206477

As jy nie toegang tot

WhatsApp het nie word dan deel van ons

e-pos gebedsnetwerk deur 'n e-pos te stuur aan:

[email protected]

KLUB IMMERGROEN—BELANGRIKE DATUMS

KERSETE 3 November 2013—Shelanti—11h30 vir 12h00 - 14h00 Koste: R50 p.p. Klub Immergroen dra die res van die koste. Gee asseblief name aan komiteelede voor 24 Oktober 2013 en betaal R50 p.p. KERSSANGDIENS Sondag 24 November 2013 om 18:00. Klub Immergroen staan in vir reëlings van verversings en versiering in saal op ver-soek van Dolly Pienaar. Klub Immergroen bak en skenk koeksister vir die ge-leentheid. Daar sal op 17 November vir helpers gevra word.

BOOMSLOPING EN SNOEI VAN BOME

EN STRUKE

ONS VERSKAF OOK KAGGELHOUT

KONTAK : ERNST

083 656 4992

Page 4: DIE HEROUT 27 OKTOBER 2013 - Lyttelton-Ooslytteltonoos.org.za....• Johan en Elmarie Potgieter (Hans Strijdomlaan 60, 082 928 5434) met Elmarie wat nog steeds in die hospitaal is

7

OKTOBER IS DANKIE-SÊ MAAND!

Ons sê vir die Here dankie vir die manier waarop Hy ons geseën het die afgelope jaar, vir die ontel-

baar baie goeie dinge wat ons uit sy hand ont-vang het.

Ons bring ons tiende-maand dankoffer na die huis van die Here. (Koevertjies sal beskikbaar gestel

word.) Dit kan ook elektronies oorgeplaas word na die volgende rekening:

ABSA Bank, Lyttelton (Takkode 632005)

Rekening nommer: 0600580159 Dui asseblief aan as verwysing: TIENDEMAAND

!!OESFEES!!

Die kerkraad sê aan die gemeente dankie vir al die harde werk en opofferings die afgelope jaar. Almal word hartlik uitgenooi na 'n gratis potjiekosete op Sondag 27 Oktober 2013 vanaf 12:00. Dit is 'n heerlike saamkuiergeleentheid en een van die

hoogtepunte op ons gemeenteprogram.

BAIE DANKIE LYTTELTON-OOS

Baie dankie vir die besonderse dankwoorde van ds. Schoeman, pragtige

blomme en “EENJAARBYBEL” namens die Kerkraad en Gemeente. Dit is ‘n

baie waardevolle geskenk en ‘n blywende herinnering.

Dankie is altyd so ‘n klein “nietige” woord maar dit is werklik ‘n behoefte van

my hart om ALMAL wat al die jare deel uitgemaak het van my betrokkenheid

by die administrasie van die Gemeente met ‘n GROOT DANKIE, dankie te sê

vir elkeen se aandeel in my lewe. Ek glo nie dat julle kan besef hoe baie dit

werklik “agteraf” beteken het nie!

Soos met alles in ‘n mens se lewe help ons Hemelse Vader ons altyd om alles

wat somtyds veeleisend en nie lekker is nie, te verrig en aan Hom al die eer en

dank te bring vir die insig en krag wat Hy ons skenk om alles altyd eerstens

terwille van Hom te doen.

My seënwense vir die Gemeente op die pad vorentoe.

Max Amsenga

8

WEES DEEL VAN IETS GROOT EN OPWINDEND

HELP OM LYTTELTON-OOS SE VISIE REALISEER

Deur betrok-ke te raak by die aktiwitei-

te van die Bedie-

ningspan of Bedryfspan van die ge-meente kan jy 'n onskat-bare bydrae

lewer om dissipels

wat vrugte dra te vorm. So verheerlik ons die Va-

der (Joh. 15:8), vul

ons ons gemeenskap met liefde, vreugde en vrede en maak ons 'n stukkend wêreld heel.

Die Bedieningspan gee aandag die prosesse wat hierbo geïllustreer word, naamlik die Inkomproses (waar ons mense deel maak van die gemeente), Versorgingsproses (waardeur ons omsien na mekaar), Toewydingsproses (waardeur ons nader aan God beweeg), Toerustingsproses (waardeur ons ons potensiaal ontdek en diensbaar raak), Uitstuurproses (waardeur ons 'n

verskil maak in ons wêreld).

Die Bedryfspan se taak is om die prosesse te ondersteun deur die nodige fasiliteite daar te stel (Taakspan vir Eiendom), die administrasie van die ge-meente te behartig (Taakspan vir Administrasie), na die personeel van die gemeente om te sien (Taakspan vir Personeel), die nodige fondse in te sa-mel en te bestuur (Taakspan vir Finansies) en om te sorg dat al die lidmate op hoogte is van die gemeente se aktiwiteite (Taakspan vir Kommunikasie)

Volgende Bedryfspanvergadering: Maandag 28 Oktober 19:00 Volgende Bedieningspanvergadering: Maandag 4 November 19:00

Page 5: DIE HEROUT 27 OKTOBER 2013 - Lyttelton-Ooslytteltonoos.org.za....• Johan en Elmarie Potgieter (Hans Strijdomlaan 60, 082 928 5434) met Elmarie wat nog steeds in die hospitaal is

9

KOFFIEHUIS BESOEKE VIR 2013 Kontak SCHALK MEYER by 0825200186 as jy die Koffiehuis in Sunnyside saam met die groep wil gaan gesoek. Ons vertrek almal 6h00 van die kerk af. Besoek datums: 8 November 22 November 6 Desember

CMR

Dis ons Gemeente se beurt om hierdie maand nie-bederfbare kos te gee aan die CMR. Daar is dringende behoefte aan mans- en kinderklere. Vroue klere ook welkom. Bring asseblief u bydraes na die Kerkkantoor tussen 09h00-13h00 weeks-dae. Baie dankie

10

DIE GROOT VERHAAL

As daar één verhaal is wat almal op aarde moet hoor en lees en verstaan dan is dit God se groot verhaal. Dis ʼn verhaal vol waarheid, energie en lewenskrag. Dis opwindend, spannend, vol emosie en drama. Dit vertel van die weg, die waarheid en die lewe. Dit gee antwoorde op ons diepste lewensvrae. Dis

soms hartseer en teleurstellend – maar uiteindelik vol hoop. Ons noem hierdie aangrypende verhaal Die Groot Ver-

haal en is vir ons in die Bybel opgeteken.

Jy word uitgenooi om gedurende 2014 hierdie verhaal saam met die NG Gemeente Lyttelton-Oos te ontdek en te

ontgin.

Deur Die Groot Verhaal wat die Bybel vertel wil die Here vir ons ‘n besondere boodskap oordra – ‘n boodskap wat ons in sy

grootste omvang eers verstaan wanneer ons die Bybel as ge-heel van voor tot agter lees. Dis ‘n groot voorreg wat ons het om hierdie verhaal te kan volg. Selfs die skrywers van die on-derskeie Bybelboeke was nie eers bewus daarvan dat hulle

maar slegs ‘n gedeelte van Die Groot Verhaal op skrif stel nie.

Die Groot Verhaal van die Bybel gaan volgende jaar by 28 ere-diensgeleenthede aan die orde kom. Dit sal telkens gevolg

word deur 'n Bybelskoolgeleentheid waar dieper gedelf gaan word. Die kategeselesse sal daarby aansluit en gesinsbyeen-komsriglyne sal daarvolgens opgestel word. Groeigroepe sal

ook die groot temas van die verhaal bespreek.

Word deel van hierdie opwindende reis wat op 2 Februarie 2014 begin.

Page 6: DIE HEROUT 27 OKTOBER 2013 - Lyttelton-Ooslytteltonoos.org.za....• Johan en Elmarie Potgieter (Hans Strijdomlaan 60, 082 928 5434) met Elmarie wat nog steeds in die hospitaal is

11

Ontdek jou Potensiaal

Wat is jou lewensdoel? Waar-voor is jy in die wieg gelê? Wat-

ter natuurlike vermoëns het die Here vir jou gegee?

Die Ontdek jou Potensiaal seminaar help deelnemers om gro-ter insig hulleself te kry en so ook hulle lewensroeping en die soort dienswerk waarvoor die Here hulle geskep beter te ver-

staan.

Daar is nog net een geleentheid hierdie jaar: 10 November. Om in te skryf: SMS "Ontdek jou Potensiaal" en jou naam na

Carla Pretorius by 0723997648.

KERS-SANGDIENS

24 November 2014

18:00

GRACE MANNA

Grace Manna wil graag die Einde November vir die “Guys” elkeen ‘n kersgeskenkpakkie gee. Indien daar iemand is wat graag ‘n bydrae wil gee daarvoor is welkom om vir Heinz Meissner by 0828068530 of vir Retha Wessels by 0827720955 te skakel. Finansiële bydrae sal baie waardeer word.

12

VERJAARSDAE

BELYDENISHERDENKING Stéphan Freysen 31/10/1999 - 0848474075 Celesté Gordon 31/10/1999 - 0846271043 Daniëlle Heywood 01/11/1998 - 0126642468 Carla Olivier 31/10/1999 - 0823385858

Noemnaam Van Verjaar Landlyn Selfoon

Cá Momberg 10/27 664 8027 27722229500

Marno Gouws 10/28 082 439 3878 27827830346

Attie Nel 10/28 084 317 8820 27825756327

Heidi Van Tonder 10/28 082 570 9453 27829516999

Igna Venter 10/28 072 405 4018 27823305514

Janno Badenhorst 10/29 564 9517 27829253012

Melanie De Villiers 10/29 072 340 1670 27825558397

Elsie De Jager 10/30 664 8053 27793112471

Wilma Jonker 10/30 664 1554 27839448144

Francois Crafford 10/31 664 1568

Milané Piccioli 10/31 664 2149 27812701145

Joey Van Zanten 11/01 664 4665 27837785816

Cathy Anderson 11/02 664 7937 27726086568

Jeanne Le Roux 11/02 664 6384 27723869099

DOOPHERDENKINGS Xeney Blignaut 31/10/2005 0126643899 Jacques Bothma 28/10/2007 0126648578

HUWELIKHERDENKINGS

Johan & Lorraine Botha 29/10/1966 - 0848195205 / 0827166715 Vic & Hennie Haupt 29/10/1994 - 0826670344 / 0827748664 Willie & Tania Neü 31/10/1998 - 0824686210 / 0836282089 Werner & Heidi van Tonder 28/10/1995 - 0829516999 / 0825709453