die kandelaar - omgeekerk.co.za · jeug: 18:00 herstel. forum in davos by te woon. r 27 2019 ......

2
Prediker: Ds. Gerrit Maritz Skriflesing: Lukas 19 Tema: Die kandelaarLiedere: Ps. 100; 509; 354; 488 Rusoord: 10:30 & 16:45 Jeug: 18:00 Die Aankondiger 27Januarie 2019 Tannie Cecile Bezuidenhout is vandag 90 jaar oud, ons bid haar rykste seënwense toe. Sy het so n pragtige rol in die gebedsbediening van die gemeente gespeel en het n ywer vir sending wat vir ons al soveel beteken het. Rita Scott het n draai in die hospitaal gemaak met longfibrose bid asb. vir haar en Willie wat deur ‘’n moeilike tyd gaan. Thys Pistorius (Jr.) het gesterf. Dit bring uiteindelike n einde aan n lang koma (meer as 4 maande) as gevolg van breinbeserings. Hy het voor sy sterwe wakker geword en kon met sy oë met die familie kommunikeer. Dra asb. vir Thys, Marie, sy susters en familie op aan Jesus se troon van genade. Herinnerings diens is op Woensdag om 12:00 in die kerk. Fanie du Randt moet in die nabye toekoms weer n rugoperasie ondergaan, bid asb. vir hom dat hy die Here se sorg en nabyheid sal ervaar nadat hy die nuus ontvang het. Susan dogter van Sus Boshoff het steeds ons gebede nodig, sy hallusineer en dit maak haar moeder bekommerd en besorg. Bid asb. vir haar herstel. Katie Scott het gesterf. Sy was n inwoner hier by Parkrand, Ons bid vir haar familie dat hulle die Gees se troos en bystand sal ervaar. Danie en Marietjie Theron het ons gebed nodig. Danie loop baie moeilik en Marietjie herstel nadat sy geval en haar bobeen op 5 plekke gebreek het. Hulle het nou in Protea Aftree-oord ingetrek om weg te kom van trappe. Bid steeds vir Helene Pretorius, Erika Kambouris en Ronnie Kok wat tuis herstel. . Bid asseblief vir Zimbabwe in hierdie kritieke tyd. Op Sondag 20 Januarie het die presidensiële woordvoerder, George Charamba, aan die staatsbeheerde Sunday Mail-koerant gesê dat die onlangse brutale onderdrukking in Zimbabwe ná betogings teen brandstofprysstygings net n voorsmakie was van dit wat kom.Hierdie harde woorde het bygedra tot die toenemende kommer oor die agteruitgang in die menseregte situasie in die land, ná n week waarin die polisie en soldate burgerlikes geslaan het, 12 mense doodgeskiet en minstens 600 mense aangehou het, baie sonder aanklag. Dit is die ergste geweld in Zimbabwe die afgelope dekade, wat daartoe lei dat baie dit vergelyk met die ergste dae in die 37-jaar lange regering van die outokratiese voormalige president Robert Mugabe. Zimbabwiese president Emmerson Mnangagwa, wat tans Sentraal-Asië, Rusland en Europa besoek, in n poging om beleggings in sy land se kreupel ekonomie te verhoog, het gesê hy sal na Zimbabwe terugkeer in plaas daarvan om vandeesweek die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos by te woon. Die regering het die onrus terrorismegenoem en die opposisieparty, die Beweging vir Demokratiese Verandering (MDC), geblameer. Mnr. Mnangagwa, n stoere lid van die regerende Zanu-PF-party, het die mag bekom toe Mugabe in November 2017 in n militêre oorname ontsetel is en het verlede jaar betwiste verkiesing gewen. (Vervolg op volgende bladsy) Welkom aan die persone waarvan bewys van lidmaatskap ontvang is. Maria Johanna E. (Ria) Green (Néé Vermeulen) vanaf Langenhovenpark. Ds. Lorenzo Antonio (Lorrie) Kiek vanaf Faerie-Glen Katrina Aletta (Kita) Kriek (Néé van Schalkwyk) vanaf Faerie Glen

Upload: others

Post on 12-Oct-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Prediker: Ds. Gerrit Maritz

Skriflesing: Lukas 19 Tema: “Die kandelaar”

Liedere: Ps. 100; 509; 354; 488

Rusoord: 10:30 & 16:45

Jeug: 18:00

Die A

ankondiger 27Januarie 2019

Tannie Cecile Bezuidenhout is vandag 90 jaar oud, ons bid haar rykste seënwense toe. Sy het so ‘n pragtige rol in die gebedsbediening van die gemeente gespeel en het ‘n ywer vir sending wat vir ons al soveel beteken het. Rita Scott het ‘n draai in die hospitaal gemaak met longfibrose bid asb. vir haar en Willie wat deur ‘’n moeilike tyd gaan. Thys Pistorius (Jr.) het gesterf. Dit bring uiteindelike ‘n einde aan ‘n lang koma (meer as 4 maande) as gevolg van breinbeserings. Hy het voor sy sterwe wakker geword en kon met sy oë met die familie kommunikeer. Dra asb. vir Thys, Marie, sy susters en familie op aan Jesus se troon van genade. Herinnerings diens is op Woensdag om 12:00 in die kerk. Fanie du Randt moet in die nabye toekoms weer ‘n rugoperasie ondergaan, bid asb. vir hom dat hy die Here se sorg en nabyheid sal ervaar nadat hy die nuus ontvang het. Susan dogter van Sus Boshoff het steeds ons gebede nodig, sy hallusineer en dit maak haar moeder bekommerd en besorg. Bid asb. vir haar herstel. Katie Scott het gesterf. Sy was ‘n inwoner hier by Parkrand, Ons bid vir haar familie dat hulle die Gees se troos en bystand sal ervaar. Danie en Marietjie Theron het ons gebed nodig. Danie loop baie moeilik en Marietjie herstel nadat sy geval en haar bobeen op 5 plekke gebreek het. Hulle het nou in Protea Aftree-oord ingetrek om weg te kom van trappe. Bid steeds vir Helene Pretorius, Erika Kambouris en Ronnie Kok wat tuis herstel. .

Bid asseblief vir Zimbabwe in hierdie kritieke tyd.

Op Sondag 20 Januarie het die presidensiële woordvoerder, George Charamba, aan die staatsbeheerde Sunday Mail-koerant gesê dat die onlangse brutale onderdrukking in Zimbabwe ná betogings teen brandstofprysstygings “net ‘n voorsmakie was van dit wat kom.” Hierdie harde woorde het bygedra tot die toenemende kommer oor die agteruitgang in die menseregte situasie in die land, ná ‘n week waarin die polisie en soldate burgerlikes geslaan het, 12 mense doodgeskiet en minstens 600 mense aangehou het, baie sonder aanklag.

Dit is die ergste geweld in Zimbabwe die afgelope dekade, wat daartoe lei dat baie dit vergelyk met die ergste dae in die 37-jaar lange regering van die outokratiese voormalige president Robert Mugabe. Zimbabwiese president Emmerson Mnangagwa, wat tans Sentraal-Asië, Rusland en Europa besoek, in ‘n poging om beleggings in sy land se kreupel ekonomie te verhoog, het gesê hy sal na Zimbabwe terugkeer in plaas daarvan om vandeesweek die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos by te woon.

Die regering het die onrus “terrorisme” genoem en die opposisieparty, die Beweging vir Demokratiese Verandering (MDC), geblameer. Mnr. Mnangagwa, ‘n stoere lid van die regerende Zanu-PF-party, het die mag bekom toe Mugabe in November 2017 in ‘n militêre oorname ontsetel is en het verlede jaar betwiste verkiesing gewen. (Vervolg op volgende bladsy)

Welkom aan die persone waarvan bewys van lidmaatskap ontvang is.

Maria Johanna E. (Ria) Green (Néé Vermeulen) vanaf Langenhovenpark. Ds. Lorenzo Antonio (Lorrie) Kiek vanaf Faerie-Glen Katrina Aletta (Kita) Kriek (Néé van Schalkwyk) vanaf Faerie Glen

ONS WAARDES Lê OPGESLUIT IN EFESIëRS 4: 1 - 3

Laat julle roeping julle leefstyl bepaal. Met totale beskeidenheid en sagmoedigheid, met geduld moet julle mekaar in liefde verdra. Deur in vrede met mekaar te lewe, moet julle die eenheid

wat die Gees bewerk het, bewaar.

BRUINGELD

Tans is die daar vanaf Mei 2017 al R4650.75 ingesamel vir Sending

Doelwit vir die 10de maand Oesfees bydra

R80 000

R75 000

R70 000

R65 000 R 63 075.00

R60 000 R60 075.00 R55 000

R50 000 R49 115.00

Kombuis Verf-projek

Hou asseblief die 9de Feb. 2019 in u

dagboek vir ons oop.

Ons benodig Lidmate asook Kerkraadslede tussen 18 en 60 jaar

(asook die wat ouere en gewillig is) wat ons kan help met die Kombuis Verf-

projek.

Verdere inligting sal volg. Slegs 5 weke oor om hier ‘n verskil te maak!

Gemeente-ete Sondag 3 Februarie 2019

Die eerste gemeente-ete van 2019 sal wees op 3 Feb om 12:00. Jou teenwoordigheid is belangrik sodat ons mekaar beter kan leer ken. Op die spyskaart is koue vleis en slaaie, en ook vrugteslaai en roomys vir nagereg. Kaartjies kos R40 en is beskikbaar by Sue. Bespreek asb so gou moontlik, maar voor Woensdag 30 Januarie om 13:00. Onthou eie drinkgoed en eetgerei. Almal baie welkom.

Baie geluk aan almal wat van 27 Januarie tot 2 Februarie verjaar (vanaf vorige bladsy)

Zimbabwiërs was vlugtig verheug toe mnr. Mnangagwa Mugabe opgevolg het, en het gedink die nuwe president sal sy verkiesingsbeloftes gestand doen om die land se ekonomie te laat herleef.

‘n Week gelede het mnr. Mnangagwa egter aangekondig dat die brandstofprys meer as gaan verdubbel (wat dit die duurste ter wêreld maak). Die prysstyging was daarop gemik om tekorte aan te spreek wat veroorsaak is deur toenemende brandstofverbruik en “wydverspreide” onwettige handel, het hy gesê. Maar baie Zimbabwiërs, afgemat deur jare lange swaarkry, het skielik gevind hulle kan nie eens ‘n buskaartjie bekostig om te gaan werk nie.

“Ons het ‘n hartsverandering nodig in ons leierskap, of ons het ‘n verandering in leierskap nodig.” (Zimbabwiese Christen)

BYBELSTUDIEGROEPE : Dinsdag 09:00 Noorde Woensdag 09:00 Parkrand 10:00 La Vie 10:00 Lofdal Donderdag 09:00 Dienssentrum 10:00 La Borie en 11:00 Protea

Noemnaam Van Verjaar Landlyn Selfoon

Cecilia Bezuidenhout 01/27 012 664 3167

Marthie Fourie 01/27 072 408 4741

Anne-Marie Hanekom 01/27 082 430 2917

Catharina van Wyk 01/27 012 6442670 072 289 8657

Magdaleen Heyns 01/28 012 644 2822 082 887 3504

Steve Otto 01/28 012 664 6969 082 922 1903

Madel van der Wat 01/28 012 664 8174 082 787 0616

Retha Erasmus 01/29 012 664 4490 071 671 8887

Connor Joubert 01/29

Gert Bothma 01/30 012 664 4324 082 777 0123

Coenrad Engelbrecht 01/30 043 740 2014 083 419 7841

Helena Langenhoven 01/30 012 664 1935 084 657 0171

Johan Van Der Colff 01/30 083 276 4462

Alida Van Der Walt 01/30 084 431 2144

Alten Van Niekerk 01/31 012 664 3179

Charmazelle Erasmus 02/01

Anna Mafalo 02/02 078 683 2471