die kardinale plek van kreatiwiteit in die voorskoolse ... …  · web viewopgebou word uit :...

34
Die kardinale plek van KREATIWITEIT in die Voorskoolse Jeugbediening

Upload: tranthien

Post on 06-Feb-2018

246 views

Category:

Documents


9 download

TRANSCRIPT

Page 1: Die kardinale plek van KREATIWITEIT in die Voorskoolse ... …  · Web viewopgebou word uit : lyne, ... dinge . self te doen. ... e lewende God gestaan het en geweet het wat God

Die kardinale plek van KREATIWITEIT in die Voorskoolse Jeugbediening

Page 2: Die kardinale plek van KREATIWITEIT in die Voorskoolse ... …  · Web viewopgebou word uit : lyne, ... dinge . self te doen. ... e lewende God gestaan het en geweet het wat God

Inhoud

1. Wat is KREATIWITEIT?

2. Stadiums van ontwikkeling in Kleuterkuns.

3. Die rol van die Voorskoolse Jeugbedienaar.

4. Kom ons raak prakties.

Gereformeerde Jeugkongres: 27 Oktober 2015

Aangebied deur:

Michelle Bakker

082 [email protected]

2

Page 3: Die kardinale plek van KREATIWITEIT in die Voorskoolse ... …  · Web viewopgebou word uit : lyne, ... dinge . self te doen. ... e lewende God gestaan het en geweet het wat God

Slide 1

Buiteblad

Inleiding:

Dit is vir my ‘n baie groot voorreg om met julle te praat oor KREATIWITEIT in die Voorskoolse jeugbediening.

Ek was so bietjie meer as 30 jaar gelede betrokke by ‘n groepie ouers wat kampvegters was om Kleuterkategese aan die gang te kry by Meyerspark Gereformeerde kerk.

My naam is Michelle Bakker en ek hou tans skool by Eduplex, ‘n privaat skool in Pretoria waar ons gehoorgestremde kinders saam met horende kinders onderrig.

‘n Pragtige, goed toegeruste skool wat op Christelike beginsels bestuur word.

Ek vertrou dat hierdie aanbieding julle eie KREATIWITEIT gaan stimuleer en dat julle ‘n klomp kennis, insig en nuwe idees gaan kry oor hoe om meer KREATIEF te wees met julle Voorskool klasse.

Ek glo in dit wat ek vir julle wil aanbied want vandat ek navorsing begin doen het oor die onderwerp het ek regtig die seën van die Here intens ervaar!

Julle hoef nie notas te neem nie, daar is ‘n handleiding beskikbaar aan die einde van die lesing.

3

Page 4: Die kardinale plek van KREATIWITEIT in die Voorskoolse ... …  · Web viewopgebou word uit : lyne, ... dinge . self te doen. ... e lewende God gestaan het en geweet het wat God

Dink KREATIEF in die Voorskool:

1. Wat is KREATIWITEIT?

Slide 2

Wat is KREATIWITEIT?

Kom ons besin oor die begrip KREATIWITEIT!

Wat is jou opinie van KREATIWITEIT?

Slide 3

Vorm:

Aktiwiteit 1:

KREATIWITEIT IS:

Neem asseblief die klein vormpie en skryf baie kortliks in enkelwoorde wat jou definisie van KREATIWITEIT is.

Slide 4

KREATIWITEIT is…

Wie het gesê KREATIWITEIT is:

Verkenning Eksperimentering Toets grense Maak foute Pret Onafhanklikheid Probleemoplossing Vernuwend Dink Ongebonde Groei Neem risiko’s

Ruil papiere en merk mekaar s’n.

Wie het 10 reg? 9,8,7.....Slide 5

4

Page 5: Die kardinale plek van KREATIWITEIT in die Voorskoolse ... …  · Web viewopgebou word uit : lyne, ... dinge . self te doen. ... e lewende God gestaan het en geweet het wat God

CREATIVITY

Daar is veel meer definisies van KREATIWITEIT!

Slide 6

Oxford Dictionary:

Kom ons kyk wat sê die Oxford Dictionary.

The word “CREATIVITY” is defined by the Oxford English Dictionary as “the ability to create.”

“To create,” in turn, means“to bring into being, to cause to exist; to produce where nothing was before,to form out of nothing.”

Slide 7

HAT:

Die HAT verklaar KREATIWITEIT as:

Kreatief wees Om iets uit niks te skep Oorspronklik optree Dink Tot stand bring Skeppend wees

Slide 8

Sandpit

Alle kinders word gebore met die vermoë om te kan ontdek, skep en leer .

Dis ons verantwoordelikheid om ‘n omgewing te skep waarin hulle genoeg vryheid van keuse gegee word om dit te kan doen.

5

Page 6: Die kardinale plek van KREATIWITEIT in die Voorskoolse ... …  · Web viewopgebou word uit : lyne, ... dinge . self te doen. ... e lewende God gestaan het en geweet het wat God

Hulle het ingeligte, sensitiewe volwassenes nodig wat ingestel is op die behoeftes van elke kind.

KREATIWITEIT floreer waar daar aanmoediging, motivering, deursettingsvermoë, en verskillende geleenthede is om probleme op te los.

Slide 9

Variety of materials

Hulle het interessante materiaal nodig waarmee hulle kan eksperimenteer en hulle ontdekkings kan doen.

KREATIWITEIT is ‘n denkproses van kennis, verbeelding en evaluasie.

KREATIWITEIT is ‘n ondervinding, ‘n uitkyk op die lewe waarin elke persoon homself in ‘n nuwe lig sien.

Kom ons kyk na nog ‘n paar aanhalings!

Slide 10-21

Verskillende aanhalings

Wat het ‘n klomp definisies oor Kreatiwiteit met Kleuterbediening te doen?

Is daar dalk ‘n korrelasie tusen KREATIWITEIT en Kleuters?

Die volgende studie van Kobus Neethling is hier baie relevant.

Sy KREATIWITEITS programme tel onder die top 3 in die wêreld:

Slide 22

Die meeste jong kinders sien hulle self as baie kreatief en wys ook superior vlakke van kreatiewe gedrag.

Dit neem ongelukkig drasties af soos wat hulle ouer word.

Slide 23

6

Page 7: Die kardinale plek van KREATIWITEIT in die Voorskoolse ... …  · Web viewopgebou word uit : lyne, ... dinge . self te doen. ... e lewende God gestaan het en geweet het wat God

By die meeste volwassenes het baie van hierdie natuurlike kreatiwiteit soos mis voor die son verdwyn.

Om seker te maak dat kinders kreatief bly, moet ons hulle begelei in die proses om hulle eie idees en gedagtes vry te laat.

Slide 24

98% van kinders tussen 3 – 5 jaar toets dat hulle oor superior kreatiewe vermoëns beskik.

Op 10 jarige ouderdom wys slegs 35% hierdie vlak van kreatiewe gedrag .Op 15 jaar wys 10% hierdie vlak van kreatiewe gedrag. By volwassenes ouer as 25 reflekteer hierdie kreatiwiteit slegs by 2%.

Kobus Neethling

Wanneer ons dus met Voorskoolse onderrig besig is, is dit baie belangrik om deurgaans te onthou dat 98% van die kinders reeds oor superior KREATIEWE vermoëns beskik en dat die meeste van ons wat met hulle werk, ouer as 25 is, en slegs 2% kreatiwiteit reflekteer!

Maar, wat is regtig die Bron van alle KREATIWITEIT?

Slide 25

In die begin het God die hemel en die aarde GESKEP.

As Christen glo ek dat alle KREATIWITEIT van God afkom, Hy is immers die Skepper van alles!

Toe Hy die hemel en die aarde geskep het, het hy gespreek:

Laat daar lig wees!

En daar was lig! En dit was goed!

Slide 26

Hy is steeds besig om nuwe lewe te skep elke dag!

Net so kan ons baie goeie dinge skep in ons kinders deur dit wat ons hulle leer wanneer ons met hulle praat.

7

Page 8: Die kardinale plek van KREATIWITEIT in die Voorskoolse ... …  · Web viewopgebou word uit : lyne, ... dinge . self te doen. ... e lewende God gestaan het en geweet het wat God

Hoe bring ons KREATIWITEIT en Voorskoolse Jeugbediening by mekaar uit?

Dit beteken dat ek as volwassene, my kleuters moet ken sodat ek die evangelie, op ‘n baie, baie eenvoudige manier aan hulle kan oordra sodat hulle dit kan verstaan.

2. (Stadiums van ontwikkeling in Kleuterkuns.)

Om kleuters beter te verstaan, is dit nodig om na die verskillende stadiums van ontwikkeling in Kinderkuns te kyk.

Slide 27

Stadiums van ontwikkeling in die jong kind.

Van krabbels.

Slide 28

Na “Kopvoetertjies”.

Slide 29

Na figure wat geïdentifiseer kan word.

Slide 30

Tot egte Kinderkuns.

Kom ons kyk gou in watter stadium van ontwikkeling is die Gereformeerde Jeugbedienaars !

Slide 31

Aktiwiteit 2:

Neem ‘n skoon vel papier en wag vir instruksies…

Kom ons teken!

Plaas die papier bo-op jou kop.

Teken jou kop, lyf, arms, bene, hande, voete, oë, neus, mond, ore.8

Page 9: Die kardinale plek van KREATIWITEIT in die Voorskoolse ... …  · Web viewopgebou word uit : lyne, ... dinge . self te doen. ... e lewende God gestaan het en geweet het wat God

Enige ander detail soos horlosie, serp, krale oorbelle, ringe, skoene, ens...

Kinders openbaar hulle visuele en kognitiewe vermoëns deur hulle tekeninge, verf en konstruksies en deel so hulle leefwêreld met ons.

Aanvanklik is kleuters se skeppende werk ‘n sensoriese ervaring wat gebaseer is op manipulasie en die hantering van die media.

Die resultaat is ‘n simbool of afbeelding van die proses wat in hulle denke op hulle vlak van ontwikkeling plaasvind.

Slide 32

Stadium 1: Ongekontroleerde krabbel stadium.

Die ongekontroleerde Krabbel stadium vind plaas van dat die peutertjie in staat is om ‘n pen of kryt in sy handjies vas te hou.

Ongeveer vanaf 15 maande tot so 2 1/2 jaar.

Die krabbels is ongekontroleerd omdat hulle motoriese vaardighede nog besig is om te ontwikkel, en omdat hulle terselfdertyd leer om oog en hand aktiwiteite te koördineer.

Slide 33

Teken met houtskool

Hulle ontdek die opwindende krag van oorsaak en gevolg wanneer hulle besef dat daar ‘n ooreenkoms is tussen hulle eie bewegings en die merke wat op die papier verskyn.

Slide 34

Verf met skuim

Om KREATIEF besig te wees, is altyd baie bevredigend, maar in hierdie stadium geniet hulle veral die terugvoer wat hulle ontvang deur hulle sintuie. Die manier hoe die kryt, klei of verf lyk, voel, ruik, proe en die geluid wat dit maak!

Slide 35

9

Page 10: Die kardinale plek van KREATIWITEIT in die Voorskoolse ... …  · Web viewopgebou word uit : lyne, ... dinge . self te doen. ... e lewende God gestaan het en geweet het wat God

Groot papier

Dit is ‘n baie belangrike stadium in hulle ontwikkeling! Kleuters moet krabbel!

Om te kan loop, moet ‘n mens eers kruip en om te kan praat, moet ‘n mens eers babbel. Net so, moet ‘n kleuter eers krabbel voordat hy kan teken of skryf.

Kleuters het tyd, geskikte materiaal en aanmoediging nodig om te krabbel.

Hoe kleiner die kind, hoe groter die papier en hoe dikker die pen!

Slide 36

Gekontroleerde Krabbel stadium

Die tweede stadium is die gekontroleerde Krabbel stadium (ongeveer 2 tot 3 jaar oud)

Krabbels word meer gekontroleerd soos wat hulle beter beheer oor hulle klein handspiertjies kry en die horisontale lyne verander geleidelik na geboë lyne, sirkels en patrone.

Slide 37

“ ‘n Trok”

Hulle begin nou die krabbels te benoem en meestal is daar geen herkenbare ooreenkoms nie.

Slide 38

Skrifpatrone

Hulle begin verstaan dat skrif opgebou word uit lyne, kurwes en herhalende patrone en boots dit na. Dit is ‘n opwindende stadium wanneer kleuters begin besef dat hulle tekeninge betekenis het!

Slide 39

10

Page 11: Die kardinale plek van KREATIWITEIT in die Voorskoolse ... …  · Web viewopgebou word uit : lyne, ... dinge . self te doen. ... e lewende God gestaan het en geweet het wat God

Stadium 3:

Afbeeldings van persone of voorwerpe of voor skematiese stadium (3 tot 5 jaar oud)

Die lyne van die Krabbelstadium begin verander in figure met betekenis. Bewustelike skeppings kom nou te voorskyn. Die eerste vorms is gewoonlik sirkels met verlengde lyne vir arms en bene, die

sogenaamde “kopvoetertjies” of paddavis figure wat mense of diere voorstel

Slide 40

Lyfie

‘n Herkenbare lyfie word aan die kop vasgeteken.

Slide 41

Huis, son,bome

Hulle gebruik die vorms wat hulle geoefen het met betekenis, daarom teken hulle byvoorbeeld die son as ‘n natuurlike uitvloeisel van die sirkel.

Slide 42

Blou rok

As volwassenes dink ons aan prentjies as ’n voorstelling van iets in ons verbeelding. Hierdie vermoë om ‘n beeld in jou geestesoog te hou en dan op papier uit te druk

neem tyd om te ontwikkel.

Slide 43

Figure

Wanneer hulle begin om doelgerigte figure te teken, het hulle die fyn kuns van simbolies denke bemeester.

Hierdie belangrike mylpaal in denkvermoëns beteken dat die kleuter verstaan dat lyne op papier ‘n simbool is van iets anders soos ‘n huis of ‘n kat.

Slide 44

11

Page 12: Die kardinale plek van KREATIWITEIT in die Voorskoolse ... …  · Web viewopgebou word uit : lyne, ... dinge . self te doen. ... e lewende God gestaan het en geweet het wat God

Die basis lyn ontwikkel

‘n Gevoel van ruimtelike verhoudings begin ontwikkel tussen voorwerpe.

Hulle plaas dit op ‘n basislyn en dit hang nie meer in die lug op enige plek op die papier nie.

Slide 45

Diere

Figure kan nou beslis herken en geïdentifiseer word.

Tekeninge of modelle verteenwoordig mense, diere, huise en bome.

Slide 46

Sand

Hulle teken graag dit wat op die oomblik vir hulle belangrik is in hulle emosionele gedagte wêreld, groter en meer prominent as die res.

Slide 47

Stadium 4:

Skematiese of Visualisering Stadium (5-8 jaar oud)

Dit is die laaste stadium waarmee ons werk in die Voorskool.

Slide 48

Syfers

Hulle kan die verskil tussen prentjies en skrif nou duidelik onderskei. Dit is ‘n groot mylpaal wanneer kinders begin besef dat die geskrewe woord betekenis het.

12

Page 13: Die kardinale plek van KREATIWITEIT in die Voorskoolse ... …  · Web viewopgebou word uit : lyne, ... dinge . self te doen. ... e lewende God gestaan het en geweet het wat God

Slide 49

Huis

Spesifieke karaktereienskappe word ontwikkel vir elke persoon of voorwerp.

Proporsies en kleur word meer realisties. Gras is groen en die lug is blou.

Die meer kreatiewe kleuters is gewoonlik die gefokusde waarnemers.

Hulle teken baie detail met toenemende akkuraatheid wat dit moontlik maak om spesifieke persone of voorwerpe te herken.

Slide 50

Mamma

Die tekening van ‘n vrou word “Mamma” want sy het rooi, krul hare, dra ‘n bril, dra hoë hak skoene ens.

Slide 51

Gebruik die kennis!

3. Waarom is dit nodig om hierdie stadiums waar te neem?

Ons moet hierdie kennis gebruik om ons kinders en hulle kreatiewe ontwikkeling beter te verstaan, want soos wat hulle deur die stadiums beweeg begin hulle al hoe meer realisties dink.

13

Page 14: Die kardinale plek van KREATIWITEIT in die Voorskoolse ... …  · Web viewopgebou word uit : lyne, ... dinge . self te doen. ... e lewende God gestaan het en geweet het wat God

Maar wie is hierdie super kreatiewe spesie wat ons die voorreg het om mee te werk?

Slide 52 Ons kleuters!

Hulle is nuuskierig , onskuldig, opreg en eerlik .

Hulle het ons as opvoeders onvoorwaardelik lief !

Hulle kritiseer nie maklik nie en neem nie maklik aanstoot nie.

Hulle is meestal nog “onbesoedel” deur negatiewe invloede van die samelewing!

Slide 53

Hulle glo maklik, vergewe maklik en is so ontvanklik en leergierig!

Hulle is konkreet ingestel, en betree die wêreld van die simboliese deur die konkrete.

Hulle leer deur te speel en al hulle sintuie te gebruik.

Hulle beweeg gedurig en hulle konsentrasievermoë is baie, baie kort.

Slide 54

Don’t try to think outside the box.

Hulle is vry. Hulle hoef nie uit die boks uit te dink nie!

Hulle is nie in ‘n boks nie, behalwe as ‘n grootmens hulle daain gedruk het!

Die minste wat ons vir hulle kan doen is om ons eie denke te vernuwe, ons eie KREATIWITEIT te herontdek en hulle so tegemoet te kom.

Slide 55

Hoe doen ons dit?

Deur kennis en om ‘n lieflike atmosfeer te skep waar pret en KREATIWITEIT ontmoet!

14

Page 15: Die kardinale plek van KREATIWITEIT in die Voorskoolse ... …  · Web viewopgebou word uit : lyne, ... dinge . self te doen. ... e lewende God gestaan het en geweet het wat God

Slide 56

Kuns en KREATIWITEIT is ‘n proses waarin die kind die geleentheid kry om fisies, emosioneel, intellektueel en sosiaal te kan groei.

Kinders kry die geleentheid om liggaam, siel en gees te integreer in hierdie proses.

Slide 57

Waarom is dit so belangrik om KREATIWITEIT aan te moedig?

Kreatiewe kinders is meer selfstandig!

Om iets nuuts en buitengewoon te doen, laat hulle uniek voel.

KREATIEWE kinders voel emosioneel veilig.

Slide 58

Tydens KREATIEWE denkprosesse, leer kinders om vir hulleself te dink, dinge self te doen en nie altyd onder beheer van ander te staan nie.

Daardeur leer die kind homself beter ken, dit gee onafhanklikheid, wat vir hom ‘n gevoel gee van selfvertroue, vaardigheid en in beheer wees.

Dit gee hulle waardigheid en trots in hulle eie werk.

Slide 59

CREATIVITY is intelligence having fun

Kleuters leer op hulle beste wanneer daar pret is en dit is wanneer KREATIWITEIT floreer!

Slide 60

15

Page 16: Die kardinale plek van KREATIWITEIT in die Voorskoolse ... …  · Web viewopgebou word uit : lyne, ... dinge . self te doen. ... e lewende God gestaan het en geweet het wat God

Play is the highest form of research.

Children need the freedom and time to play. Play is not a luxury. Play is a necessity.

It is a happy talent to know how to play.

Slide 61

We are not “just” teachers, we are the managers of the world’s greatest resource: CHILDREN!

Ons kinders sal so KREATIEF wees as wat ons hulle toelaat om te wees.

Ek wil julle graag bemoedig vandag.

Ons het ‘n voorreg baie groter as wat ons besef want ons onderrig vandag die dokters, ingenieurs, argitekte, onderwysers en wetsgeleerdes, maar ook die korps van gelowiges van môre wat ‘n verskil moet maak in God se Koninkryk in hierdie laaste dae!

Wie weet, dalk sit die volgende Einstein of Nelson Mandela of ‘n klein Calvyn eendag voor jou?

Dit is dalk juis die presiese kleutertjie wat hom nie wil onderwerp aan ons voorskriftelikheid nie.

Dit is ‘n voorreg, maar ook ‘n baie groot verantwoordelikheid.

Ons moet ons kinders van kleins af bemagtig om ‘n verskil te gaan maak in ‘n baie donker wêreld!

Slide 62

Hoe kan ons, ons kinders begelei en ondersteun om hulle Godgegewe KREATIWITEIT, wat reeds beskikbaar is, te gebruik om hulle volle potensiaal te bereik?

Kleuters het nodig om dit wat hulle beleef uit te beeld op ‘n kreatiewe manier. Hulle leer deur herhaling en moet dit wat hulle gehoor het hulle eie maak deur dit met kunsmateriaal uit te beeld of deur dramatisering of deur te sing.

Daarom is dit belangrik om Bybelverhale op een of ander kreatiewe manier te versterk nadat jy dit vertel het.

Slide 63

Kleuters moet dink en praat oor dit wat hulle beleef.

Dit help wanneer hulle dit teken, verf of speel.

Dit plaas die fokus terug op dit wat die kind ervaar en voel oor die onderwerp.

Dit help hulle om hulle eie prentjie in hulle verbeelding te vorm.16

Page 17: Die kardinale plek van KREATIWITEIT in die Voorskoolse ... …  · Web viewopgebou word uit : lyne, ... dinge . self te doen. ... e lewende God gestaan het en geweet het wat God

Dit bou vertroue in hulle eie vermoëns, versterk hulle geloof en lê die waarheid vas in hulle geheue.

Slide 64

How to introduce a child to Jesus

Ons moet hulle toelaat om hulleself vrylik uit te druk op die manier hoe hulle self dink. Ons het elkeen ’n beeld van God in ons kop. Ons moet ons kleuters toelaat om hulle eie beeld te vorm omdat hulle nog nie gereed is

om formele volwasse persepsies of konsepte te verstaan nie. Hulle moet die God van die Bybel leer ken en verhouding met Hom bou. Ons moet baie goed onderskei tussen die Woord van God en slegs godsdienstige

tradisies. Ons moet ook baie goed onderskei tussen die waarheid van die Bybel en sentimentele

storietjies, net omdat ons dink die kleuters verstaan nie wat ons hulle probeer leer nie. Dieselfde Heilige Gees wat in my en julle werk, werk ook in ons Kleuters!

Slide 65

Kinders word gefassineer deur die KREATIEWE proses om nuwe, unieke, oorspronklike idees uit te dink!

“Education is not the learning of facts, but the training of the mind to think”

Slide 66

CREATIVITY is seeing what everyone else has seen, and thinking what no one else has thought

Slide 67

Geesvervulde onderwysers begelei kleuters om hulle verbeelding vindingryk en vernuftig te gebruik, leer kinders om te deel met probleme, leer hulle sosiale vaardighede en om hulle eie wêreld te interpreteer met die liefde van God wat alles omsluit, as agtergrond.

Onthou asseblief:

17

Page 18: Die kardinale plek van KREATIWITEIT in die Voorskoolse ... …  · Web viewopgebou word uit : lyne, ... dinge . self te doen. ... e lewende God gestaan het en geweet het wat God

Slide 68

KREATIWITEIT is meer as as ‘n produk- dit is ‘n proses!

Art for toddlers and preschoolers is rarely about beauty.

It’s all about exploration and personal expression.

Ons moet besef dat die proses om te skep, baie belangriker is as die eindresultaat omdat dit ‘n denkproses is!

Die finale produk en die pragtige voltooide prent is nie die doel van kunsaktiwiteite by kleuters nie.

Kom ons vergeet van die “jy moet dit reg doen” of “jy moet dit volgens my voorskrifte doen”.

Kinders moet altyd veilig en geborge voel en hulle eie oordeel vertrou.

Slide 69

Too often we give children answers to remember rather than problems to solve

Slide 70

Hulle het die vryheid nodig om te ondersoek en te verken, sonder dat hulle onbekende situasies of moontlike mislukking hoef te vrees terwyl hulle besig is om probleme op te los.

So leer hulle die konsep van genade op ‘n baie praktiese manier!

Slide 71

We cannot solve our problems with the same thinking we used when we created them.

Slide 72

Kom ons gee ons kinders die geleentheid om te ontdek, risiko’s te neem, foute te maak, antwoorde te vind en die gevolge van hulle eie besluite te dra.

18

Page 19: Die kardinale plek van KREATIWITEIT in die Voorskoolse ... …  · Web viewopgebou word uit : lyne, ... dinge . self te doen. ... e lewende God gestaan het en geweet het wat God

Slide 73

Colour outside the lines

Tydens die Kreatiewe kunsproses, gebruik die kind sy eie verbeelding en sy eie vaardighede en idees om iets heeltemal uniek te skep met kunsmateriaal sonder enige voorskrifte.

Jy vertel die verhaal, gee die feite Bybels korrek en gee hulle dan die vryheid om die inligting self te interpreteer.

Moet asseblief nie vir hulle formele intruksies gee om iets te produseer of ‘n volwasse persoon se idee te kopieer nie. Dit vra geen oorspronklike denke nie en beperk hulle denkprosesse.

Moet asseblief nie vir die kinders inkleurboeke gee nie, ook nie fotostate, lyntekeninge, of werkboeke met vooraf uitgesnyde vorms met spesifieke aanwysings nie.

Dit is eintlik ‘n manier om vir die kind te sê ”Jy is nie self instaat om dit te kan doen nie, laat ek dit vir jou doen.” Daar is hoegenaamd geen KREATIWITEIT in nie!

Slide 74

Children are not things to be moulded, but people to be unfolded

Kinders is nie klei in ons hande wat ons volgens ons eie patroon moet vorm nie.

Ons vorm hulle nie, ons begelei hulle net!

Slide 75

Aanvaar hulle pogings sonder kritiek.

Erken hulle individualiteit en uniekheid .

Daag jou kinders uit!

Skep ‘n verwagting dat dit wat hulle nou gaan doen, opwindend, uitdagend, anders, nuut en ‘n avontuur gaan wees!

Slide 76

19

Page 20: Die kardinale plek van KREATIWITEIT in die Voorskoolse ... …  · Web viewopgebou word uit : lyne, ... dinge . self te doen. ... e lewende God gestaan het en geweet het wat God

A creative mess is better than tidy idleness.

Ek stem saam, maar KREATIWITEIT beteken nie dat ons revolusie of chaos aanmoedig nie.

Dissipline en klasreëls moet altyd in plek wees. Daar moet orde, balans en harmonie wees, net soos wat ons dit in God se Skepping sien.

‘n Perfekte balans tussen liefde en dissipline!

Slide 77

Watter eienskappe het die persoon nodig wat Kleuters onderrig?

‘n Baie groot kapasiteit om klein kindertjies onvoorwaardelik lief te hê! Oneindig baie geduld ‘n Vreugde wat aansteeklik is Goedhartigheid Vriendelikheid Baie selfbeheersing Getrou wees aan die waarheid Vrede met jouself, jou medemens en met God hê In nederigheid besef dat jy nie hierdie werk in jou eie krag kan doen nie.

Kortom, moet jy ‘n geesvervulde persoon wees met die vrug van die Gees as ‘n werklikheid in jou lewe!

Ek en jy is letterlik die Bybel wat hulle lees elke dag!

By ons leer hulle prakties van geloof en vertroue en dit kan bepaal hoe hulle later sal reageer.

Persoonlik, glo ek, ek kan nie ‘n goeie Voorskool juffrou wees sonder die influistering van die Heilige Gees elke dag nie.

Ons moet leer om na God se stem te luister, want Hy praat die hele tyd met ons in ons gedagtes!

Slide 78

We do not have to teach CREATIVITY, but rather inspire its daily practice

20

Page 21: Die kardinale plek van KREATIWITEIT in die Voorskoolse ... …  · Web viewopgebou word uit : lyne, ... dinge . self te doen. ... e lewende God gestaan het en geweet het wat God

Ons kan kleuters kennis, of vaardighede leer, maar ons kan hulle nie leer om KREATIEF te wees nie, ons begelei of inspireer net hulle kreatiewe denke, deur vrae te vrae en hulle denke te stimuleer.

Wees opgewonde saam met jou kinders op hierdie ontdekkingsreis en sorg dat dit wat hulle met God en die kerk assosieer vir hulle ‘n aangename ervaring is!

Slide 79

If you want to understand your child better then see through the child’s eye!

Slide 80

If you want to be CREATIVE, stay in part a child , with the CREATIVITY and invention that characterises children before they are deformed by adult society.

Geniet die proses saam met hulle! Dink wat hulle dink en droom wat hulle droom. Hulle hoef dit nie op my manier te

doen nie. Wees lief vir hulle, ontspan, hê baie pret, leer hulle die waarheid en gee hulle alles

wat hulle nodig het om KREATIEF te kan wees!

Die volgende video illustreer dit so pragtig.

(Omdat daar kopiereg op die video is, stel ek slegs die skakel beskikbaar.)

https://www.youtube.com/watch?v=pfxB5ut-KTs

Wat het ‘n Kreatiewe onderwyser in die algemeen nodig:

Slide 81

‘n Kreatiewe onderwyser moet:

Haar eie inhibisies laat gaan

Elke kind aanvaar op die manier hoe hy self leer

Die kind die geleentheid gee om te ontdek op sy eie unieke manier

Nie maklik aanstoot neem van kollegas nie

21

Page 22: Die kardinale plek van KREATIWITEIT in die Voorskoolse ... …  · Web viewopgebou word uit : lyne, ... dinge . self te doen. ... e lewende God gestaan het en geweet het wat God

Weet dat ‘n mens nie kunstig hoef te wees om KREATIEF te wees nie, dit is ‘n denkproses en ‘n

mens kan dit oefen.

Bereid wees om uit haar eie boks te klim.

Leer om haar hart te volg en doen wat sy intuïtief voel is reg.

Bereid wees om haar hande vuil te maak en te weet die “chaos” tydens skeppende aktiwiteite is

tydelik.

Slide 82

To live a CREATIVE life, we must lose our fear of being wrong.

An essential aspect of CREATIVITY is not being afraid to fail.

Slide 83

Wat blokkeer ons eie KREATIWITEIT?

Self kritiek : Ek is nie goed genoeg nie. Aanvaarding deur ander: Wat sal “hulle” dink? Vrees vir mislukking : Ek kan dit nie doen nie. Vrees vir die onbekende : Die vrees om nie in beheer te wees nie .

Slide 84

Waarvoor moet ons versigtig wees?

Reëls wat te streng is. ‘n Lesaanbieding wat onbuigbaar en rigied is. Onderwysers wat in beheer wil wees van elke aktiwiteit. Voorskriftelikheid. Kunsmateriaal wat onbereikbaar of ontoereikend. Moet nooit kinders se werk met mekaar vergelyk nie. Moet nooit, ooit ‘n kleuter se tekening korrigeer, dit vir hulle doen, voorteken, of ‘n

voorbeeld of model gee nie. Wees versigtig met belonings. Juffrou se glimlag, om die doel te bereik, om sy

skepping uit te stal, te deel met maatjies of selfs net om dit te voltooi, is genoeg beloning.

Plakkers en sterretjies inhibeer kinders se eksperimentering, verkenning en verbeelding, want sy doel is dan slegs om ‘n beloning te kry. Ons wil gemotiveerde, betrokke kinders hê, nie werkkaarte vol sterretjies nie!

Slide 85 Kom ons raak prakties!

22

Page 23: Die kardinale plek van KREATIWITEIT in die Voorskoolse ... …  · Web viewopgebou word uit : lyne, ... dinge . self te doen. ... e lewende God gestaan het en geweet het wat God

4. Kom ons raak prakties!

Tydens Kleuterbediening moet die kindertjies ‘n ontmoeting met die lewende God hê!

Hulle moet God leer ken as hulle Vader en die Skepper en Onderhouer van alles.

God is eerstens ‘n Vader of ‘n Pappa want Hy het die hele aarde en alles daarin,

spesiaal gemaak sodat Sy kinders saam met Hom daarop kan bly.

Hy is lief vir ons, selfs al is ons stout.

Ef 1:4-5 So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus gekies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees.

Hulle moet God leer ken as Jesus, hulle Verlosser.

God wil ons almal eendag in Sy volmaakte hemel by Hom hê.Daarom het Hy uit liefde ‘n plan gemaak om die sonde weg te vat sodat ons so heilig soos Hy kan word. Mat 5:48 “Wees julle dan volmaak soos julle hemelse Vader volmaak is.”

Jesus Christus, God se Seun , het gekom om al die sonde weg te vat en die duiwel te kom wen.

Kleuters identifiseer met Jesus as ‘n Persoon en Iemand wat graag hulle vriend wil wees.

Hulle moet God, die Heilige Gees leer ken as hulle Trooster, Bemoediger, Helper, Intersessor, Advokaat, Ondersteuner en Iemand wat altyd by hulle is!

Hulle moet leer om in verhouding met Hom te wees en Sy stem te hoor.

Die Gees van God bly binne in ons , amper soos ons asem. Ons kan Hom nie sien nie, maar ons kan Hom voel en ons weet Hy is daar. Hy leer

ons presies hoe God wil hê ons moet leef en hoe om vir Hom lief te wees. Hy kan ook op baie plekke gelyk wees, amper soos die wind.

23

Page 24: Die kardinale plek van KREATIWITEIT in die Voorskoolse ... …  · Web viewopgebou word uit : lyne, ... dinge . self te doen. ... e lewende God gestaan het en geweet het wat God

Daar is verskillende kreatiewe maniere om die drie-eenheid van God op ‘n eenvoudige manier te verduidelik sodat hulle dit kan verstaan.

Slide 86

Ek verkies om ‘n gelyksydige driehoek te gebruik. Dit is neutraal en die drie hoeke is gelyk aanmekaar.

God bestaan uit 3 dele:

God is ‘n Vader of ‘n Pappa, God is die Woord (dit is Jesus) en God is die Heilige Gees.

‘n Driehoek kan jou help om dit beter te verstaan want ‘n driehoek is net een vorm maar het drie verskillende hoeke.

God, Jesus en die Heilige Gees is nie ‘n driehoek nie, Hy lyk ook nie soos ‘n driehoek nie, maar ons kan Hom daarmee vergelyk.

Nog ‘n manier om dit te verduidelik is die voorbeeld dat ek net een persoon is met verskillende name en dat ek ook verskillende verantwoordelikhede of werke het.

Wanneer ek by die skool is, noem julle my “Juffrou Michelle” en my werk is om julle te leer.

Wanneer ek by die huis is, noem my kinders my “mamma” en dan is my werk om vir hulle te sorg, vir hulle kos te gee en hulle goeie maniere te leer.

Wanneer ek by my man is, noem hy my sommer “Skattebol”.

Net so is God ook een Persoon met verskillende name en verskillende werk.

Hoe deel ons die evangelie met ons kleuters op ‘n baie eenvoudige manier?

Ek gebruik graag die “Boekie sonder woorde”!

(Gebruik gekleurde A4 of A3 karton)

Swart: Die swart of donker kleur papier stel die sonde voor.

Sonde bring skeiding tussen ons en God. Rom 3: 23-26

24

Page 25: Die kardinale plek van KREATIWITEIT in die Voorskoolse ... …  · Web viewopgebou word uit : lyne, ... dinge . self te doen. ... e lewende God gestaan het en geweet het wat God

Rooi: Plaas die rooi papier heeltemal oor die swart.

Die bloed van Jesus Christus reinig ons van al ons sonde. 1 John 1:7

Wit: Plaas wit papier oor rooi. Wanneer Jesus se bloed ons gewas het, is ons heeltemal skoon.

Ps 51:9 “ was my dat ek witter kan wees as sneeu” ....

Op 7:14 ”hulle het hulle klere gewas en dit wit gemaak in die bloed van die Lam”

Groen: Wanneer ons skoongewas is, lees ons, ons Bybel en ons bid en dan groei ons geloof.

2 Petrus 3:18 “Jy sal groei in genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus.”

Geel: Wanneer God se Heilige Gees in jou is, is jy soos ‘n lig wat skyn in ‘n donker plek!

Mat 5:16 Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle vader wat in die hemel is, verheerlik!

Hoe lyk ‘n tipiese Kleuterles?

Is daar ‘n resep om ‘n goeie Kleuterles voor te berei?

Nee, daar is nie ‘n resep nie!

Behalwe om jou lesse in biddende afhanklikheid van God voor te berei.

Elke aanbieding is uniek.

Jy hoef nie elke keer dieselfde patroon te volg nie, dit hang van die spesifieke Bybelverhaal of Skrifgedeelte af.

Dit sal wel goed wees as die volgende komponente daarin voorkom:

Slide 87

Aanbidding: Ons kan enige tyd met Jesus praat, Hy is altyd by ons.

Lofprysing: Kleuters wil sing en beweeg saam met musiek. Hulle hou van ritme en aksies want dit is hoe hulle leer en onthou.

Woordkennis Hou altyd jou Bybel byderhand. Dis God se brief aan ons. Hy leer ons hoe lief Hy vir ons is en hoe Hy wil hê ons moet leef. Indien jy prenteboeke met Bybelverhale wil gebruik, gebruik ‘n verskeidenheid prente of boeke wat dieselfde verhaal uitbeeld en maak dit baie duidelik dat dit ‘n oom of ‘n tannie is wat die prentjie vir ons geteken het. Dit is nie

25

Page 26: Die kardinale plek van KREATIWITEIT in die Voorskoolse ... …  · Web viewopgebou word uit : lyne, ... dinge . self te doen. ... e lewende God gestaan het en geweet het wat God

regtig hoe Dawid gelyk het nie. As ons byvoorbeeld ‘n klas van 20 kindertjies het en ons vertel die verhaal van Dawid en Goliat en hulle teken die gebeure daarna, gaan jy 20 verskillende prentjies met verskillende interpretasies kry!

Kleuters moet die genade van vergifnis ervaar wanneer hulle verkeerd opgetree het en hulle moet leer om jammer te sê as hulle gefouteer het.

Versterk hulle geloof en leer hulle om Jesus Christus te vertrou. Dit bou verhouding en rus hulle toe vir die lewe.

Berei die grond voor, saai die saad en vertrou die Heilige Gees om te laat groei!

Wanneer ons kinders ervaar dat ons hulle onvoorwaardelik lief het, sal hulle ontvanklik wees vir die feit dat God hulle lief het, al kan hulle Hom nie sien nie.

Kleuters verstaan God se grootheid en goedheid en assosieer Hom met dit wat goed en reg en mooi is, wanneer hulle die regte voorbeeld kry.

Wanneer ons hulle leer dat Jesus die brood en die vissies vermeerder het, moet hulle besef dat Jesus vandag nog wonderwerke doen.

Hulle moet Jesus se outoriteit leer ken wanneer hy die storm stil maak.

Leer hulle wie hulle in Christus is en dat hulle die outoriteit het om die duiwel teë te staan en te heers oor sonde.

Wanneer hulle van Dawid en Goliat leer, moet hulle leer dat God, hulle helper is. Hulle hoef nie te vrees nie, want God is altyd by ons.

Dawid se geloof het nie net homself nie maar ‘n hele volk gered het, omdat hy in verhouding met die lewende God gestaan het en geweet het wat God kan doen.

Ek klim gewoonlik bo-op my stoel en demonstreer hoe groot die reus was, ons speel dit, ons sing dit en ons teken dit.

Hier is ‘n paar prentjies wat deur ons kleuters by die skool geteken is.

Slide 88-92

Dawid en Goliat se prentjies

Let op dat die laaste prentjie Dawid uitbeeld as die reus omdat hy groter geteken word as Goliat, wat vir my ‘n aanduiding is dat die kind ‘n openbaring gehad het dat Dawid eintlik die geestelike reus was!

26

Page 27: Die kardinale plek van KREATIWITEIT in die Voorskoolse ... …  · Web viewopgebou word uit : lyne, ... dinge . self te doen. ... e lewende God gestaan het en geweet het wat God

Laastens wil ek julle graag inspireer om Tegnologie, Kreatief te gebruik vir die Kleuters!

Bill Gates, die ontwikkelaar en ontwerper van “Windows” het gesê:

Slide 93

I think it's fair to say that personal computers have become the most empowering tool we've ever created.

They're tools of communication, They're tools of CREATIVITY, and they can be shaped by their user.

Die goeie Herder:

Wys foto’s van skape en van ‘n herder, van ons stadskindertjies het nog nooit ‘n skaap gesien nie!

Slide 94-107

Skape

Slide 108

KREATIWITEIT raak nooit op nie, hoe meer jy dit gebruik, hoe meer kry jy!

Daar is ‘n onuitputlike bron van KREATIWITEIT!

Slide 109

When Christians infuse CREATIVITY in their walk with God, they experience a new level of relationship with their CREATOR!

As jy vandag iets ontvang het om aan te dink of wat jou kan help, gaan implementeer dit asseblief.

As jy moet veranderinge aanbring, soos om jou metode van lesaanbieding, of jou denkwyse te verander, wees dapper en doen dit wat jy moet doen om jou kindertjies die beste geleentheid te gee om ten volle te ontwikkel!

Hier is die uitdaging!

27

Page 28: Die kardinale plek van KREATIWITEIT in die Voorskoolse ... …  · Web viewopgebou word uit : lyne, ... dinge . self te doen. ... e lewende God gestaan het en geweet het wat God

Rom 12:2

Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur

julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom

goed en aanneemlik en volmaak is.

Die een ding wat ek geleer het is, dat dit nie eintlik oor my gaan nie, Dit gaan ook nie oor ons as opvoeders nie.

Dit gaan alles oor God se genade en die kindertjies wat Hy in ons klaskamers plaas elke dag sodat hulle voorberei kan word vir die lewe, en vir die ewigheid sodat hulle ons Skepper kan verheerlik!

Dit is die kindertjies van wie Jesus gesê het: Bring die kleintjies na My toe en moet hulle nie verhinder nie.

Mag ek vir ons afsluit met ‘n gebed?

Ons Hemelse Vader en Skepper God, ons kom na U toe in die naam van Jesus.

Ons aanbid U as die Bron van alles wat goed is.

Baie dankie vir die voorreg om met die jeug, maar spesifiek ook met die ou kleintjies te mag werk.

Here ons kan so baie by hulle leer.

Gee elkeen van ons ‘n leerbare gees en help ons om ‘n verskil te maak in ons kinders se lewens en in ons pragtige land.

Seën elke jeugwerker, kategeet en predikant wat met die Gereformeerde jeug werk, met U wysheid, U liefde en U passie vir kinders.

Help ons om na U stem te luister wanneer U ons in U KREATIWITEIT inlei.

Ons gee U al die eer en ons dank U vir U teenwoordigheid.

In Jesus se Naam

Amen

28