die kosmos - sawa · die bromvoël (bucorvus leadbeateri / southern ground hornbill) daar word...

18
DIE KOSMOS BLADSY 1 VAN 18 Die KOSMOS Jaargang 35 Uitgawe 6 Februarie 2014 Al onse kinders wat boo-boo’s gekry het die naweek omdat hul vir Oom André met water balonne bestook het. Wonder waar het hul al die balonne gekry ??? Saam met André en Alta staan Bianca, Jason, Anko, Henriko, Morgan, Kayden, Amelia en Leah. Kinders maak Kamp pret

Upload: others

Post on 25-Oct-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Die Kosmos - SAWA · Die Bromvoël (Bucorvus Leadbeateri / Southern Ground Hornbill) Daar word gereken dat die maksimum aantal Bromvoëls in Suid-Afrika tussen 1500 en 2000 is. Die

DIE KOSMOS BLADSY 1 VAN 18

Die KOSMOS

Jaargang 35 Uitgawe 6 Februarie 2014

Jaargang 35 uitgawe 6 Februarie 2013

Al onse kinders wat boo-boo’s gekry het die naweek omdat hul vir

Oom André met water balonne bestook het. Wonder waar het hul

al die balonne gekry ??? Saam met André en Alta staan Bianca,

Jason, Anko, Henriko, Morgan, Kayden, Amelia en Leah.

Kinders maak Kamp pret

Page 2: Die Kosmos - SAWA · Die Bromvoël (Bucorvus Leadbeateri / Southern Ground Hornbill) Daar word gereken dat die maksimum aantal Bromvoëls in Suid-Afrika tussen 1500 en 2000 is. Die

DIE KOSMOS BLADSY 2 VAN 18

OORDENKING

HOEKOM GENEES GOD NIE

GEAMPUTEERDES NIE?

Sommige mense gebruik hierdie vraag in ‘n poging

om die bestaan van God verkeerde te bewys. Daar

is tot self ‘n anti-Christelike webblad wat net gewy

word aan die argument “Why won’t God heal

amputees?”

http://www.whywontgodhealamputees.com/. "As

God so almagtig is en as Jesus belowe het om

enige iets te doen wat ons vra (of so dink ons gaan

dit), hoekom genees God dan nie geamputeerde

mense nie. God genees kankerlyers, diabetes ens.

maar hy laat nooit arms en bene terug groei nie. Die

feit dat ‘n geamputeerde so bly is, bewys dat God

nie bestaan nie en dat gebed doelloos is, dat

godsdiens ‘n mite is. "Bogenoemde argument word

gewoonlik aangebied in ‘n deurdagte, wel

geredeneerde wyse met teksgedeeltes om dit meer

geloofbaar te maak. Maar, dit is ‘n argument wat

gebasseer is op ‘n verkeerde siening van God en is

‘n wanvoor-stelling van Sy Woord. Die redenasie

bevat ten minste 7 vals veronderstellings:

Een van die veronderstelling is: God het nog nooit

‘n geamputeerde genees nie. Wie is ons om te sê

dat God nog nooit in die geskiedenis van die wêreld

‘n ledemaat van ‘n geamputeerde persoon laat

terug groei het nie? Dit is ‘n gevolgtrekking wat nie

water dra nie. Ons het historiese rekord dat Jesus

mense genees het, self melaatses wat sekerlik

stukkies van hulle ledemate verloor het. In elke

geval is die melaatse volkome genees. (Mark 1:40-

42; Luk 17:12-14). En so is ook Malchus se oor wat

weer gesond gemaak is nadat dit afgekap is. (Luk

22:50-51). Om nie eers te praat van die dooies wat

Jesus opgewek het nie. (Mat 11:5; Joh 11). Al

hierdie gevalle is onteenseglike bewys dat NIKS vir

God onmoontlik is nie. As God dooies kan opwek

kan Hy beslis geamputeerde mense genees.

Afgetrek van Internet: Oordenking

INHOUDSOPGAWE

Voorblad Nuus............................1

Oordenking……….…............…..2

Redaksie………..…………..........3

Van die Voorsitter………..….......3

Voogdelys…………….….…........4

Verjaarsdae……………...............5

Huweliksherdenkings…..............5

Lief en Leed................................5

Lekkerbek……..….……...…........6

Streeks Baadjies.........................7

Voorraad.....................................7

Uit God se Apteek.......................8

Uit die Natuur………………..…...9

Saamtreknuus……….…...........10

Oplossing van Blokkiesraaisel..12

Blokkiesraaisel..........................13

Tegnies.....................................14

Tieners......................................15

Senior Burgers..........................16

Kleuters……………...…….…....17

Jaarprogram………..………......18

Page 3: Die Kosmos - SAWA · Die Bromvoël (Bucorvus Leadbeateri / Southern Ground Hornbill) Daar word gereken dat die maksimum aantal Bromvoëls in Suid-Afrika tussen 1500 en 2000 is. Die

DIE KOSMOS BLADSY 3 VAN 18

‘n PAAR WOORDE VAN

ANDRE

Dagsê Geagte Vriende

Wat ‘n lekker kamp het ons gehad by

Loskopdam. Die weer het ook mooi

saam gespeel en ons het heerlike koel

weer gehad met n bietjie reën.

Die rede vir die lekker kamp was die

klompie kinders wat daar was, iets wat

ons lanklaas gehad het in Oosvaal,

kom ons hou so aan.

Ons maak nou reg vir die Toer in

Maart en die Presidente in April. Nie

baie gesinne gaan die Toer meemaak

nie, maar ons gaan voort en ander

gaan na die wildtuin by ons aansluit te

Swadini. Sien baie uit daarna.

Ek het vir almal die aansoekvorm vir

die Presidente gestuur, dankie aan

julle wat reeds jul besprekings gemaak

het. Ek nooi julle almal weer uit om die

groot geleentheid in SAWA mee te

maak. Julle mis ‘n ervaring wat nie

sommer vergeet gaan word nie en as

jy eers die eerste een doen dan mis jy

nie weer ‘n Presidente kamp nie. Kom

ons kry vir die jaar meer as 10

woonwaens daar. Dit sal wragties

lekker wees, kom ouens stuur in die

aansoekvorms en kom kamp saam.

Sien Julle by die Presidente!

Vriendelike Groete

Andre Erasmus

REDAKSIE

Hallo Vriende

Dit was nogal lekker om weer

soveel kinders te kon sien die

afgelope naweek te Loskopdam.

André het die kinders baie geniet.

Sien die boo-boo’s wat al die

kinders gekry het op die voorblad.

Lyk my die Oosvaal kinders word

al hoe meer. Bring maar nog!

Ek sien André het reeds in sy

verslag gepraat van die

Presidente, en ek wil graag van

my kant ook vir julle vra om ons te

kom ondersteun gedurende die

feestyd wat SAWA elke jaar

aanbied. Julle mis uit!

My en André se amptelike verlof

begin nou Vrydag die 7de, en ons

sien vreeslik uit daarna. Ons

begin met ‘n week in Clarens. Dit

sal die eerste keer wees wat ek in

daardie rigting ingaan. Net daarna

gaan ons op die toer na die

Wildtuin. Baie om na uit te sien!

Die volgende wat julle weer van

ons hoor is na die toer.

Hoop ons sien julle gou weer!

Marianne

Page 4: Die Kosmos - SAWA · Die Bromvoël (Bucorvus Leadbeateri / Southern Ground Hornbill) Daar word gereken dat die maksimum aantal Bromvoëls in Suid-Afrika tussen 1500 en 2000 is. Die

DIE KOSMOS BLADSY 4 VAN 18

VOOGDELYS

Andre en Marianne Erasmus (Tel Andre 0833007706; Marianne 0828902019) e-pos Adres: [email protected]; Straatadres: Middelbultstr 25, Secunda

Martiens en Alta Grobler (Tel Martiens 0824668110; Alta 0812708916) e-pos Adres: [email protected]; Straatadres: Kleynstraat 2, Secunda

Johan en Karin Burger (Tel Johan 082 923 5614) e-pos Adres: [email protected]; Straatadres: Vermeerstraat 18, Secunda

David en Rea van As (Tel David 071 867 0129) e-pos Adres: [email protected]; Straatadres: Waterberg straat 9, Secunda

John en Yolanda Brummer (Tel Yolanda 079 883 6226) e-pos Adres: [email protected]; Straatadres: Waterson straat 11, Secunda

Andre en Annemarie Fourie (Tel Annemarie 082 852 0657 ) e-pos

Adres: [email protected]; Straatadres: Krokodilrivierstr 7,

Secunda

Lance & Retha Batts; Hennie & Monica Oosthuyzen; Gregor & Ria van Deventer; Paul & Anriëtte van Schalkwyk; Neil & Henriëtte van Wyk en Henry Viviers

Kobus & Annatjie Bester; Peet & Elsie Jonker; Corné

& Christa Thirion; Chris & Thiana Bornman; Alta van

Heerden en Peter & Vernice Richard

Francis & Marlize Hodgeman; Edwin & Rene Sieberhagen en Francois & Mariane Ueckermann en Johan & Magda van Dyk

Ronnie & Magda Moorcroft; Theo & Elize Saayman;

Frans & Ohna Steyn; Brad & Astrid Blake en Neil &

Marietta Parks

Nico Botha; Danie & Annelie Meyer en Sakkie &

Gretha Mocke en Gerhard & Ankia van Niekerk

Jacques Fourie; Pierre Fourie; Div & Bella de Villiers;

Wimpie & Rita Meintjes; Gert & Lena van Rensburg

Page 5: Die Kosmos - SAWA · Die Bromvoël (Bucorvus Leadbeateri / Southern Ground Hornbill) Daar word gereken dat die maksimum aantal Bromvoëls in Suid-Afrika tussen 1500 en 2000 is. Die

DIE KOSMOS BLADSY 5 VAN 18

VERJAARSDAE

Maart

17 – Edwin Sieberhagen

31 – Annalie Meyer

HUWELIKSHERDENKINGS

Februarie

13 – André Fourie 26 – Sakkie Mocke

LIEF EN LEED

LEED

Dit is wonderlik om te noem

dat ons nie bewus is van

enige leed in ons streek nie.

Miskien is ons dalk net on-

ingelig, of miskien is ons net

geseënd?

LIEF

Michelle Parks breek die 1200m

rekord met 10 sekondes in

atletiek. Die rekord het gestaan

vir 13 jaar. Baie geluk Michelle!

Maart

04 – Kobus & Annatjie Bester

11 – Neil & Marietta Parkes

14 – Sakkie & Gretha Mocke

27 – David & Rea van As

29 – Martiens & Alta Grobler

Februarie

01 – Ronnie & Magda Moorcroft

02 – Gregor & Ria van Deventer

14 – Francis & Marlize Hodgman

Page 6: Die Kosmos - SAWA · Die Bromvoël (Bucorvus Leadbeateri / Southern Ground Hornbill) Daar word gereken dat die maksimum aantal Bromvoëls in Suid-Afrika tussen 1500 en 2000 is. Die

DIE KOSMOS BLADSY 6 VAN 18

LEKKERBEK – PATATROL

Resep ingestuur deur Rea van As

BESTANDELE: 1,5 kg patats gaar sonder suiker gekook 250ml suiker 250ml botter 5ml sout 2 rolle skilferkors 20ml kaneel METODE:

Verhit oond tot 180°C Rol deeg dunner. Skep afgekoelde patats op deeg en sny in skywe. Pak pan. Smelt botter en suiker en giet oor die rolle. Bedek met foelie en bak vir nog 10 minute tot bruin. Moenie die kaneel vergeet nie!

Page 7: Die Kosmos - SAWA · Die Bromvoël (Bucorvus Leadbeateri / Southern Ground Hornbill) Daar word gereken dat die maksimum aantal Bromvoëls in Suid-Afrika tussen 1500 en 2000 is. Die

DIE KOSMOS BLADSY 7 VAN 18

STREEKS BAADJIES

Sawanante

Ons is baie opgewonde oor die nuwe baadjies vir die die Streek. Sien foto onder.

Plaas asseblief so gou moontlik jul bestellings by Martiens en Alta Grobler

S - L XL – 2XL 3XL – 5XL

Mens All weather jacket

R 250 Ladies All weather jacket

Bogenoemde prys sluit die koste van die borduur uit. Kontant met alle bestellings

asb.

VOORRAAD

Voorraad Beampte: Annemarie Fourie

Sweetpakke Boshoed Sirkel & Snorre Windjakker Windjakker (Waterdig) Oosvaalhemde Oosvaalpette Alle verkope – Kontant met bestelling

Page 8: Die Kosmos - SAWA · Die Bromvoël (Bucorvus Leadbeateri / Southern Ground Hornbill) Daar word gereken dat die maksimum aantal Bromvoëls in Suid-Afrika tussen 1500 en 2000 is. Die

DIE KOSMOS BLADSY 8 VAN 18

UIT GOD SE APTEEK – Patats

Artikel uit TUISAPTEEK van Anna Eksteen

Patats is glad nie familie van die gewone aartappel nie en het ‘n laer glikemiese indeks as aartappels.

Patats bevat uiters min vet, werklik baie vitamien E, asook vitamien C en B6 en 'n magdom minerale, antioksidante, yster, betakaroteen, mangaan, sink, kalium en natuurlik ook 'n hoë oplosbare vesel inhoud.

Die ekstra kalium en magnesium in patats help om die simptome van menopouse te reguleer.

Patats is die antwoord vir ‘n gesonde vel. Dit bevat betakaroteen wat die liggaam help om vitamien A te vervaardig en help om jou vel gesond te hou. Betakaroteen gee ook jou immuunstelsel ‘n hupstoot.

UIT GOD SE APTEEK – Pietersielie

Artikel uit TUISAPTEEK van Anna Eksteen

Alhoewel altwee tipes baie gesond is, is die plat-blaartipe, met die sterker smaak, die een wat die meeste voordele inhou.

Pietersielie word gewoonlik vir garnering gebruik, maar het jy geweet dit is goed vir jou niere? Pietersielie bevat chemikalieë wat die niere stimuleer en sodoende urienweginfeksies en waterretensie teenwerk.

Pietersielie verskaf vitamien A, wat wondgenesing versnel, vitamien C en B12 wat belangrik is vir die vorming van rooibloedselle en vir die instandhouding van die senuweestelsel.

Te veel knoffel geëet? Kou aan 'n takkie pietersielie. Dit is 'n wonderlike mond en asem verfrisser, en die vitamien C stimuleer die proses waarmee die mond homself skoonmaak.

Dit kan jou liggaam se vermoë om yster uit ander kosse op te neem met tot 60% verbeter.

Dit ontgif die liggaam en help vir artritus, jig, rumatiek, koors, skete en pyne as gevolg van hoë suurvlak en werk sagkens om hoë bloeddruk te beheer. Dit verlig ook prostaatprobleme.

Pietersielie is ook baie goed om jou niere te reinig en kan selfs help om nierstene op te los.

Blaasontsteking gebeur met die beste van ons, maar moenie bekommer nie. Dit is ‘n goedkoop geneesmiddel vir dié kwaal wat jy sommer in jou tuin kan groei.

As jou liggaam bietjie hulp nodig het met spysvertering, is pietersielie ‘n móét in jou kombuis. Dit help jou liggaam om vinniger van ongewensde stowwe ontslae te raak.

Siende dat pietersielie anti-inflamatories is, verlig dit enige pyn in jou gewrigte en sal ook help vir stywe spiere ná ‘n strawwe oefen sessie.

Pietersielie gee die immuniteitstelsel ‘n stewige hupstoot en beskerm teen hartkwale sowel as kardiovaskulêre siektes.

Wil jy jou man vermoor so paar dae voor jy begin menstrueer? Eet eerder ‘n handvol pietersielie. Dié groen krui help ook met waterretensie, ‘n opgeblaasde gevoel, slegte spysvertering en winde.

Weereens is dit beter om pietersielie rou te eet. Sodra jy hom kook, verloor hy baie van sy voedingswaarde en gesondheidsvoordele.

Page 9: Die Kosmos - SAWA · Die Bromvoël (Bucorvus Leadbeateri / Southern Ground Hornbill) Daar word gereken dat die maksimum aantal Bromvoëls in Suid-Afrika tussen 1500 en 2000 is. Die

DIE KOSMOS BLADSY 9 VAN 18

Die Bromvoël (Bucorvus Leadbeateri / Southern Ground Hornbill) Daar word gereken dat die maksimum aantal Bromvoëls in Suid-Afrika tussen 1500 en 2000 is. Die diep roep van die Bromvoël kan tot 4 km ver gehoor word. Die mannetjies het ‘n rooi gesig, nek en keelsak en die wyfies het ´n blou merk op die keel. Hulle is karnivore. Die Breëkoparend (Polemaetus Bellicosus; Martial Eagle) Die Breëkoparend kom wydverspreid in Suid-Afrika voor. Hy is lief vir ´n omgewing met groot bome vanwaar hy sy jagveld kan bespied en waarin hy sy yslike groot nes bou - 2 meter breed en 2 meter hoog. Die Swartaasvoël (Torgos Tracheliotus; Lappet-Faced Vulture / Nubian Vulture) Dié aasvoël maak nie baie lawaai nie maar tree erg dominant op wanneer daar aan ´n karkas gevreet word. Sy nes is breër as dié van die Breëkoparend (3m in deursnee) maar nie so diep nie (wissel van 50cm tot 1m). Die Visuil (Fish Owl) Die Visuile lewe graag naby water en in groepe van twee tot drie. Hulle is nagvoëls en kan tot 2kg per dag verorber. En natuurlik, waterdiertjies is hulle lieflingsdisse - selfs ´n klein krokkodilletjie is nie te versmaai nie. Die glibberige diertjies kan hulle gemaklik vang omdat hulle kloue met hakies toegerus is wat hulle gemaklik in die prooidier kan inkap. Die Gompou (Ardeotis Kori; Kori Bustard) Die Gompou is ´n groot en indrukwekkende voël - hy het ´n wit maag en ´n grysbruin rug. As hulle nie broei nie vorm hulle groepe van ongeveer 40 lede. Behalwe sade, insekte, klein diertjies en oorskietvleisies by ´n vangs is hulle baie lief vir die gom van die Akasiabome. Dit verklaar ook die woord 'gom' in hulle naam. Die Saalbekooievaar (Saddlebilled Stork) Die langbene en die rooi snawel en statige houding is opvallende kenmerke van dié spesie.

UIT DIE NATUUR - Die Groot Ses - Voels

Onder die ongeveer 507 voëlspesies wat in die Kruger Nasionale Wildtuin aangetref word, tel

die sogenaamde "Groot Ses", naamlik die Bromvoël, Breëkoparend, Swartaasvoël, Visuil,

Gompou en die Saalbekooievaar.

Bromvoël Breekop Arend Swart Aasvoel

'n Pragtige Visuil n Pragtige Gompou Saalbekooievaar

Page 10: Die Kosmos - SAWA · Die Bromvoël (Bucorvus Leadbeateri / Southern Ground Hornbill) Daar word gereken dat die maksimum aantal Bromvoëls in Suid-Afrika tussen 1500 en 2000 is. Die

DIE KOSMOS BLADSY 10 VAN 18

SAAMTREK NUUS

Loskopdam

21 tot 23 Februarie 2014

Die kampkommandante geniet ‘n koppie

koffie

Onse “busy body” besig met iets?

Kuiertyd

Eettyd

Die eerste wa het reeds om 11 uur by die

kampterrein opgedaag – angstig om weer

te kamp en plek vir die vriende te hou. Die

Groblers het teen 3 uur opgedaag en was

net klaar opgeslaan voordat die reën

uitgesak het. Die res moes maar die reën

verduur maar teen 6 uur het almal hulle

staan gekry en kon die naweek in alle erns

begin. Ses waens en een tent het

opgedaag. Ons was bly om nuwe

Sawanate, naamlik Brad en Astrid Blake

met kinders Morgan en Kayden te

verwelkom. Kobus en Hannetjie Roets met

kinders Anko en Henriko asook Hein

Greyvenstein het as besoekers saam

gekamp. (Ons hoop om julle weer te sien).

Na boekevat het almal jaffels geëet en nog

‘n bietjie gesels voordat die kooie

opgesoek is.

Saterdag het helder aangebreek – ‘n

volmaakte kampdag. Na boekevat het

almal ontbyt genuttig en toe die dag met

swem, wildkyk en rondry deurgebring.

Vroeg middag het die vure begin brand en

is skaapskenkels- en hoenderpotjies

voorberei. Die wag was te lank vir die

kinders en hulle het Oom André vir ‘n

watergooi oorlog uitgedaag. Almal was

later papnat. Daarna het ons almal heerlik

om die kampvuur aan die potjies gesmul

en tot laat gesels.

Page 11: Die Kosmos - SAWA · Die Bromvoël (Bucorvus Leadbeateri / Southern Ground Hornbill) Daar word gereken dat die maksimum aantal Bromvoëls in Suid-Afrika tussen 1500 en 2000 is. Die

DIE KOSMOS BLADSY 11 VAN 18

SAAMTREK NUUS…Vervolg

Loskopdam

21 tot 23 Februarie 2014

Die besoekers Kobus; Annatjie; Hein en

kinders Anko en Henriko

Die kampkommandante kry erkenning

Yolanda kry die groot boo-boo omdat sy

haar skoene die naweek vergeet het en

omdat sy haar woonwa se goed by die

deur uitgooi

Paul is ons ster van die naweek omdat

hy sy kragkabel (lead) opgesny het om

vir André te help met krag na sy wa

Sondag was ook ‘n heerlike dag. Na kerk

is die formaliteite soos Boo-Boo’s uitdeel,

afgehandel. Almal het rojaal bygedra tot

die koue ete tafel. Ons het heerlik gesmul

voordat die oppakkery begin het.

Sien julle by die volgende kamp!

Johan en Karin

Die manne bespreek iets baie

ernstig...karre??

Die ete na kerk Sondag

Kuiertyd onder die boom Sondag

Page 12: Die Kosmos - SAWA · Die Bromvoël (Bucorvus Leadbeateri / Southern Ground Hornbill) Daar word gereken dat die maksimum aantal Bromvoëls in Suid-Afrika tussen 1500 en 2000 is. Die

DIE KOSMOS BLADSY 12 VAN 18

BLOKKIESRAAISEL OPLOSSING

A E I L E O F R E F N A K

G F T B E R G B I E T O U

A R F L Y G A S O N T A S

P A A O S A N V Y G I E G

A N N U D D G Y M S P O O

N G S R P I E P G S B E U

T I V E L T L L L O O K S

H P A E Y R I E A R E E B

U A A N S E E E S T R E L

S N L A B E R G T E E P O

W I S S E I U L E A J G M

H I A S I N T E E A A N T

E E P A R M L O B H S I O

U P A P I E R B L O M R P

N E P A S S T O U R Y E M

I N E G E P O S O A N I E

N S L I E K Y L A S S P O

G I L T R E S E V T O E N

B E N D I T E L Y E L I M

L S A N D U I I R R B J E

O A G S T R R E K L A T O

M S M A L P G N I S R A N

S A N O D E O G I O O K R

Affodille

Agapanthus

Angelier

Aster

Bergbietou

Bergtee

Bloureën

Boerejasmyn

Boslelie

Frangipani

Glastee

Heuningblom

Hiasinte

Kanferfoelie

Katjiepierings

Kooigoed

Kusgousblom

Lelies

Narsing

Noem-noem

Papierblom

Pensies

Roos

Sandui

Vygie

Lelies

Vygie

Page 13: Die Kosmos - SAWA · Die Bromvoël (Bucorvus Leadbeateri / Southern Ground Hornbill) Daar word gereken dat die maksimum aantal Bromvoëls in Suid-Afrika tussen 1500 en 2000 is. Die

DIE KOSMOS BLADSY 13 VAN 18

BLOKKIESRAAISEL

Soek die name van 23 boksoorte

B N R Z E B R A B E S T T

L J Y O R L E B E S E S T

O A S P T O B L O U B E S

U L E F F U B A L A A N W

S A B K N W P O T K S B A

B T O A I I U D A O A P T

O Z E B B L I N N B K O E

K R K E L D K A A S K S R

E I N A N E E L J O I O B

T E Y F K B L E S B O K O

S P P R O E O N I R L K

E O R I B E A K B O B I B

E I G E M S B O K S Y P L

B L R L U I K E R I T S Y

E K Y K L O P A B S K P K

T R S O O R K I B O S R O

R E B P E H R O B P L I B

A K O E D O E T B O A N G

H I K E E K E H O B N G N

I U K R K I N I L B I E I

O D O D R E T S O N E R R

O E R V A A R K I E S E P

R S N E P T I W T R A W S

Page 14: Die Kosmos - SAWA · Die Bromvoël (Bucorvus Leadbeateri / Southern Ground Hornbill) Daar word gereken dat die maksimum aantal Bromvoëls in Suid-Afrika tussen 1500 en 2000 is. Die

DIE KOSMOS BLADSY 14 VAN 18

Do You Need a Caravan Stabiliser?

The short answer to this question would have to be no. We don’t NEED a

caravan stabiliser and they should never be used as a replacement for careful

driving and towing but they can add an extra layer of safety and comfort while

towing high sided trailers like caravans.

Three Ways to Better Caravan Stability

Yes only three that is all it takes to ensure you have better caravan stability and

one of them is not to add a caravan stabiliser.

1. Make sure the car you have is not only capable of towing the caravan but

is safe to do so. Many small cars are more than capable of towing larger

caravans but when other factors are included like high winds or steep hills

then they are just not safe enough to be pulling something bigger than

themselves.

2. Load the caravan correctly. Heavy things should be ideally in the boot of

the car but if you must have them in the caravan ensure they are low

down secured and on or near the axel of the caravan.

3. Tyre pressure. Sounds simple I know but you would be surprised the

number of people who rely on the garage to check their tyre pressures,

even on their cars. Before any long journey back home or away you

should check the tyre pressures.

If you take head of these three simple points then you may be forgiven for asking

why do we waste our money on buying a caravan stabiliser. While it is true that

these three points will help improve the stability of your caravan while being

towed there will be external forces that no matter how much towing skills and

experience you have will cause your caravan to rock and sway. It’s for these type

of incidents that a caravan stabiliser was developed, so using this as an extra

layer of safety, is the best way to consider caravan stabilisers.

TEGNIES

Caravan Stabiliser

Page 15: Die Kosmos - SAWA · Die Bromvoël (Bucorvus Leadbeateri / Southern Ground Hornbill) Daar word gereken dat die maksimum aantal Bromvoëls in Suid-Afrika tussen 1500 en 2000 is. Die

DIE KOSMOS BLADSY 15 VAN 18

Terwyl ‘n vrou een aand die tafel

dek en haar dogtertjie haar help,

sê die dogtertjie skielik:

“As ek kon kies, sou ek liewer ‘n lepel wees!”

“’n Lepel? Wat van ‘n mes of ‘n vurk?” wou

die Ma by die dogtertjie weet.

“Vurke is te gryperig, hulle steek altyd goed

en vat goed asof dit hulle s’n is!”

“Goed, wat van ‘n mes?”

“Nee, messe is scary; hulle sny dinge op en

vernietig dit!”

“Maar lepels” het die dogtertjie gesê, “kan

baie goed optel en dit selfs aangee. Hulle is

net…..”

“Goed en glad en vriendelik?” stel die Ma toe

voor.

Die dogtertjie se gesiggie het opgehelder:

“presies! Daarom wil ek eerder ‘n lepel

wees!”

Wees ‘n lepel in ‘n wêreld vol vurke en

messe. Lepelmense dien ander. Dis wat

Maria was toe sy daardie fles parfuum

oopgebreek het en oor Jesus se voete

uitgegooi het.

Ingestuur deur Magda van Dyk

NUWE LEDE

Baie welkom aan die Blake gesin. Brad,

Astrid en die kinders Morgan en Kayden

Page 16: Die Kosmos - SAWA · Die Bromvoël (Bucorvus Leadbeateri / Southern Ground Hornbill) Daar word gereken dat die maksimum aantal Bromvoëls in Suid-Afrika tussen 1500 en 2000 is. Die

DIE KOSMOS BLADSY 16 VAN 18

SENIOR BURGERS

Herrie se kerrie:

Die afgelope paar dae het die Herries twee keer besoek ontvang van ‘n gebore Afrikaner maar nou van

Panama, Ian Eloff. Van Zastron se wêreld oorspronklik waar sy pa ‘n sendingdokter was. Oor hoe Ian sy

Engelssprekende meisie van Wellington ontmoet het, hoe haar ma haar met ‘n kennis van prins Charles wou

laat afhaak, en hoe sy toe sy op die boerklong besluit en onterf is, gaan oom Herrie nog ‘n lekker storie skryf.

Maar oom Herrie gaan nie die eerste wees nie. Een van Ian se seuns het ses boeke oor sy ouers se verhaal

geskryf, alles terwyl hy nie gebruik van sy arms gehad het nie, en met ‘n stokkie moes tik en ‘n muis wat

spesiaal vir sy voete aangepas is. Dis nie ‘n storie wat oom Herrie gou-gou kan afblits nie, en byna nog niks

van die merkwaardige verhaal is hier vertel nie. Maar Ian, op besoek aan Suid-Afrika om die 150se

bestaansjaar van St Andrews te kom bywoon, is nog ‘n boere-storieverteller ook. Hiervoor kyk hy en vroulief

doer in Panama na Vetkoekpaleis en Orkney Snork nie, maar veral lees hulle Herman Charles Bosman se

stories. Die man wat in Engels die Afrikaanse idioom en styl so meesterlik kon weergee.

Oorkant die rivier van Zastron, in die Noordoos-Kaap het ‘n jong boer, Gert, gewoon, en hy en sy maat Frans

gaan jag by geleentheid in die Kalahari. Hulle skiet ‘n leeu, en sien toe eers dat die leeu ‘n welpie gehad het.

Die welpie verhuis toe plaas toe. Hans, die welpie, word toe ‘n yslike oorlamse Kalaharileeu. So mak soos

Hans was, het dit nietemin die jong boer se kanse om vrou te vat in die wiele gery, en Gert bel die dieretuin in

Johannesburg om te verneem of hulle dalk in Hans sou belangstel. Die dieretuin is gewillig, maar weens ‘n

geldknyp verneem hulle of Gert nie maar self vir Hans sal bring nie. So vertrek Hans agterop die bakkie, met

sy baas en Frans voorin, uit die Noord-Kaap Sodom toe. Maar dis ver, en die verveling raak erg, en hoe

nader die spulletjie aan Parys kom (lank voor die tolpad), hoe meer word gewonder of daar nie dalk in plaas

van Barrage en Goldenhoofweg by Uncle Charlie’s verbygery, nie dalk liewer Fochville om gery moet word

nie.

“Wanneer laas het jy ‘n myner gem*or” wil die erg verveelde Gert by sy maat wees.

Nee, Frans kan nou nie onthou of hy al die “voorreg” gehad het nie. So is dit uitgemaak – daar sal oor

Fochville gery word. In Fochville is die kroeg toe ook goed vol myners toe hulle instap. En nie lank nie, toe

word daar geskoor, en nou ja, Frans en Gert kom toe ordentlik laaste en tweede laaste, en word na ‘n

deeglike afranseling uitgesmyt.

Hulle kom langs die bakkie tot verhaal, van waar Hans hulle vraend van bo betrag.

“Dink jy wat ek dink?” vra Gert vir Frans toe hy so in Hans se vraende oë kyk.

“Ja!”

Hans word losgemaak, en so aan die tou gelei stap Gert en Frans met Hans die kroeg in.

‘n Oomblik later is die kroeg ontruim. Hans klouter op die kroegtoonbank van waar hy die chaos van

omgekeerde tafels, stoele en glase dromerig betrag.

Gert en Frans skink weer omdat die myners laas hul glase uitgegooi het – oom Herrie meen dis waar die

uitdrukking “leeuplesier” vandaan kom – en teug rustig aan hul drankies toe die polisie opdaag.

Die seniors druk die jongste onder hulle eerste by die kroeg in, en gebruik daarvoor ‘n masjiengeweer se

loop. Maar binne gewaar almal dat Hans nou nie juis gevaar inhou nie, en Hans betrag die polisie ook net

dromerig. Die situasie word verduidelik.

Die twee boere word mooi gevra om hul drankies asseblief klaar te drink, vir Hans te vat en Johannesburg se

dieretuin toe te ry sonder om iewers weer stil te hou om met myners te skoor.

Jare daarna het besoekers aan die dieretuin nog vertel, het Hans daar op ‘n groot rots gesit en die wêreld so

betrag, kompleet soos daai dag op Fochville se kroegtoonbank.

Herman Toerien

Page 17: Die Kosmos - SAWA · Die Bromvoël (Bucorvus Leadbeateri / Southern Ground Hornbill) Daar word gereken dat die maksimum aantal Bromvoëls in Suid-Afrika tussen 1500 en 2000 is. Die

DIE KOSMOS BLADSY 17 VAN 18

VIR DIE KLEUTERS

Page 18: Die Kosmos - SAWA · Die Bromvoël (Bucorvus Leadbeateri / Southern Ground Hornbill) Daar word gereken dat die maksimum aantal Bromvoëls in Suid-Afrika tussen 1500 en 2000 is. Die

DIE KOSMOS BLADSY 18 VAN 18

KONTAK ONS

SAWA Webwerfadres - http://www.sawa.org.za/

SAWA eposadres - [email protected]

Die KOSMOS word uitgegee deur Streek Oosvaal van die SA Woonwa-Assosiasie (SAWA). Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Kommentaar en ander redaksionele artikels word

deur die Redakteur verantwoord.

OOSVAAL BANK

BESONDERHEDE

Penningmeester:

Johan Burger

Bank : Standard Bank,

Secunda

Rekeningnommer : 137501072

Takkode 05344

Nuusblad van Streek

Oosvaal van die Suid‐Afrikaanse Woonwa‐Assosiasie

Redakteur en bladuitleg:

Marianne Erasmus,

Posbus 5666, Secunda, 2302

Tel: 082 890 2019 (Sel)

Epos: [email protected]

Drukwerk en verspreiding: Andre en

Marianne Erasmus

Oosvaal 2014 jaarprogram

Datum Plek Tarief

24 – 26 Jan Tamboti Vreugdeplaas Verby

21 – 23 Febr Loskopdam Verby

21 Mrt – 4 Apr

Wildtuin Toer Onder Sabie 21-25 Maart Maroela 26-29 Maart Swadini 30 Maart – 5 April R218 per nag

17 – 21 Apr Presidente (Klipdraai) R150 per nag

23 – 25 Mei Soetdoring R250 per nag

27 – 29 Junie Badplaas R190 per nag

Tarief nie bevestig nie

18 – 20 Julie Natal Spa R110 per persoon per nag kinders (6-12j)

R70 per nag

15 – 17 Aug AJV Malonjeni R200 per nag

Tarief nie bevestig nie

19 – 21 Sept Nasionale Kamp (Koppisol)

24 – 26 Okt Riverside Lodge R160 per nag

21 – 23 Nov De Voetpadkloof R230 per nag

NB: Ons sal die tariewe insit soos dit beskikbaar kom