die krag van n vrou wat bid - cumbooks.co.za · 14 wanneer ’n vrou vir haarself biddie krag van...

24
9 Inhoudsopgawe Die krag ............................................................................................................................................. 13 1. Here, trek my nader sodat ek meer intiem saam met U kan wandel .................................................................................................................................... 26 2. Here, reinig my en maak my hart reg voor U .................................... 35 3. Here, help my om iemand te wees wat vergewe ........................... 43 4. Here, lei my om te leef in gehoorsaamheid aan u weë ........ 50 5. Here, versterk my om die vyand teen te staan ................................. 58 6. Here, wys my hoe om beheer oor my denke te neem ........... 64 7. Here, regeer oor my in elke area van my lewe ................................ 71 8. Here, neem my dieper in u Woord in ........................................................ 76 9. Here, onderrig my terwyl ek my lewe orden ....................................... 85 10. Here, maak van my ’n ware aanbidder ...................................................... 93 11. Here, seën my in die werk wat ek doen ................................................... 99 12. Here, plant my sodat ek die vrug van u Gees sal dra ............. 104 13. Here, bewaar my in reinheid en heiligheid ......................................... 111 14. Here, bring my by die doel waarvoor U my geskep het ....... 119 15. Here, lei my in al my verhoudings .................................................................. 127

Upload: others

Post on 02-Sep-2019

20 views

Category:

Documents


1 download

TRANSCRIPT

Page 1: Die krag van n vrou wat bid - cumbooks.co.za · 14 Wanneer ’n vrou vir haarself bidDie krag van ’n vrou wat bid om eendag wakker te word met daardie leë, onseker gevoel op die

9

Inhoudsopgawe

Die krag ............................................................................................................................................. 13

1. Here, trek my nader sodat ek meer intiem saam met U

kan wandel .................................................................................................................................... 26

2. Here, reinig my en maak my hart reg voor U .................................... 35

3. Here, help my om iemand te wees wat vergewe ........................... 43

4. Here, lei my om te leef in gehoorsaamheid aan u weë ........ 50

5. Here, versterk my om die vyand teen te staan ................................. 58

6. Here, wys my hoe om beheer oor my denke te neem ........... 64

7. Here, regeer oor my in elke area van my lewe ................................ 71

8. Here, neem my dieper in u Woord in ........................................................ 76

9. Here, onderrig my terwyl ek my lewe orden ....................................... 85

10. Here, maak van my ’n ware aanbidder ...................................................... 93

11. Here, seën my in die werk wat ek doen ................................................... 99

12. Here, plant my sodat ek die vrug van u Gees sal dra ............. 104

13. Here, bewaar my in reinheid en heiligheid ......................................... 111

14. Here, bring my by die doel waarvoor U my geskep het ....... 119

15. Here, lei my in al my verhoudings .................................................................. 127

Die krag van n vrou wat bid.p65 10/28/04, 2:51 PM9

Page 2: Die krag van n vrou wat bid - cumbooks.co.za · 14 Wanneer ’n vrou vir haarself bidDie krag van ’n vrou wat bid om eendag wakker te word met daardie leë, onseker gevoel op die

10 Wanneer ’n vrou vir haarself bidDie krag van ’n vrou wat bid

16. Here, hou my in die sentrum van u wil ..................................................... 135

17. Here, beskerm my en alles waarvoor ek omgee ............................ 140

18. Here, gee my die wysheid om die regte besluite te neem ..... 145

19. Here, verlos my van die Bose ................................................................................ 152

20. Here, red my van negatiewe emosies .......................................................... 158

21. Here, vertroos my in moeilike tye .................................................................... 165

22. Here, laat my sterk staan teen versoekings ......................................... 171

23. Here, genees my en help my om vir my liggaam te sorg ... 178

24. Here, bevry my van sondige vrees .................................................................... 184

25. Here, gebruik my om die lewe van ander aan te raak .......... 190

26. Here, leer my om net woorde te sê wat lewe bring .................... 195

27. Here, verander my in ’n vrou met ’n geloof wat berge kan

versit ....................................................................................................................................................... 202

28. Here, vorm my na die beeld van Christus ............................................. 206

29. Here, lig my op uit die verlede ............................................................................ 212

30. Here, stap voor my uit na die toekoms wat U vir my het .. 217

Die krag van n vrou wat bid.p65 10/28/04, 2:51 PM10

Page 3: Die krag van n vrou wat bid - cumbooks.co.za · 14 Wanneer ’n vrou vir haarself bidDie krag van ’n vrou wat bid om eendag wakker te word met daardie leë, onseker gevoel op die

13

P p

Die krag

it maak nie saak hoe oud jy is nie; dit maak nie saak wat

jou huwelikstatus of die toestand van jou liggaam of siel

is nie; dit maak nie saak hoe lank jy al ’n gelowige is of

nie is nie: as jy ’n vrou is, is hierdie boek vir jou. Ek is reeds langer

as 30 jaar ’n toegewyde volgeling van die Here en ek het in hierdie

hele tyd nooit weggedwaal van Hom af nie. Tog het ek ook hierdie

boek nodig. In werklikheid skryf ek dit net soveel vir myself as vir

jou. Dit is omdat ek soos jy is. Baie dae is die lewe vir my moeilik

eerder as maklik, kompleks eerder as eenvoudig, potensieel gevaar-

lik eerder as veilig, en uitmergelend eerder as opwindend. Dikwels

is die lewe meer soos ’n sterk, warm, droë wind as wat dit ’n sagte,

koel, verfrissende bries is.

Maar ek het geleer dat God my pad gelyk kan maak, die storms

kan laat bedaar en my en alles waarvoor ek omgee, veilig kan hou.

Hy kan selfs my pad maklik maak wanneer ek Hom vra om die

kompleksiteit van die lewe vír my te dra. Maar hierdie dinge gebeur

nie net sommer nie. Nie sonder gebed nie.

Te midde van ons besige lewe bid ons dikwels nie genoeg nie.

Of ons bid net oor die dringendste sake en doen nie moeite om tyd

te maak om werklik naby aan God te kom nie, om Hom beter te

leer ken en met Hom die diepste verlangens van ons hart te deel

nie. In ons bid-en-hardloop-bestaan versper ons juis die laan

waardeur Hy seëninge in ons lewe wil stort. En ons loop die risiko

D

Die krag van n vrou wat bid.p65 10/28/04, 2:51 PM13

Page 4: Die krag van n vrou wat bid - cumbooks.co.za · 14 Wanneer ’n vrou vir haarself bidDie krag van ’n vrou wat bid om eendag wakker te word met daardie leë, onseker gevoel op die

14 Wanneer ’n vrou vir haarself bidDie krag van ’n vrou wat bid

om eendag wakker te word met daardie leë, onseker gevoel op die

krop van ons maag, wat ons bang maak met die gedagte dat ons

fondasie dalk besig is om in sand te verander en dat ons be-

skermende harnas so broos soos ’n eierdop kan word. Dit is wat

met my gebeur het.

’n Paar jaar gelede was ek so besig met my werk, om my tieners

groot te maak, om ’n goeie vrou te wees, ’n huis te bestuur, om

boeke te skryf en te reis om hulle bekend te stel, om by elke erediens

te wees, om mense te help wat my nodig gehad het, om almal te

probeer gelukkig hou dat ek die belangrikste saak afgeskeep het:

my intieme lewe saam met God. Ek het nie opgehou om saam met

Hom te leef nie. Inteendeel. Ek kon dit nie deur ’n dag maak sonder

Hom nie. Ek het nie opgehou bid nie. Ek het in werklikheid meer

gebid vir al die ander mense op die planeet. Maar ek het nie gebid

oor my eie wandel saam met God nie. Ek het nie opgehou om sy

Woord te lees nie. Ek het ure lank gelees terwyl ek navorsing gedoen

het in die Skrif vir verskillende projekte waaraan ek gewerk en ook

vir die Bybelstudieklasse wat ek bygewoon het. Maar ek het God

nie tyd gegun om persoonlik deur die Woord met my te praat nie.

Ek was besig om goed te doen en het nagelaat om te doen wat die

beste was. Ek het Marta geword in plaas van Maria, sonder om dit

te besef (vgl. Luk. 10:38-42).

Ek het nie genoeg tyd gemaak vir my en God alleen saam nie.

As gevolg hiervan het ek so uitgemergel geraak dat ek nie kon aan-

gaan nie. Ek het gevoel soos daardie eierdop, asof ek fyngedruk

kon word deur net ’n klein bietjie druk van buite. Ek het geweet ek

het meer van God in my lewe nodig en dat niks op aarde so belangrik

soos juis dit is nie. Daar was niks anders wat die honger wat ek in

my gevoel het, kon versadig as meer van sy teenwoordigheid nie.

En ek het besef hoe belangrik dit vir my is om my persoonlike ver-

houding met God te beskerm en te bewaar deur gebed.

Mens kan hierdie situasie wat ek ervaar het, vermy deur te bid

oor elke aspek van ons lewe op so ’n manier dat dit ons geestelik

geanker sal hou en ons sal herinner aan wat God aan ons belowe

het. Dit sal ons gefokus hou op wie God is en wie Hy ons gemaak

het om te wees. Dit sal ons help om te leef op God se manier, en

nie op ons eie nie. Dit sal ons oë afwend van die tydelike en na die

ewige verplaas en aan ons wys wat werklik belangrik is. Dit sal aan

Die krag van n vrou wat bid.p65 10/28/04, 2:51 PM14

Page 5: Die krag van n vrou wat bid - cumbooks.co.za · 14 Wanneer ’n vrou vir haarself bidDie krag van ’n vrou wat bid om eendag wakker te word met daardie leë, onseker gevoel op die

15

ons die vermoë gee om die waarheid van ’n leuen te onderskei. Dit

sal ons geloof versterk en ons aanmoedig om in die onmoontlike

te glo. Dit sal ons in staat stel om dié vroue van God te word wat

ons begéér om te wees en wat ons glo ons kán wees. En wie van ons

het dít nie nodig nie?

In my vorige boeke oor gebed het ek maniere gegee hoe man

en vrou vir mekaar kan bid, hoe ouers vir hulle kinders kan bid en

hoe mens vir ’n nasie kan bid. In hierdie boek wil ek jou wys hoe jy

vir jóú kan bid. Ek wil jou help om nader te groei aan jou hemelse

Vader, om sy arms om jou te voel, om ’n rein hart voor Hom te

behou, om te leef in vertroue in die wete dat jy in die sentrum van

sy wil staan, om meer volledig te ontdek wie Hy jou gemaak het om

te wees, om heelheid en volheid in Hom te vind en om te ontvang

wat Hy aan jou bied. Met ander woorde, ek wil jou wys hoe om jou

lewe effektief te omvou met gebed sodat jy meer van God in jou

lewe kan hê.

Hoekom is dit so moeilik om vir myself te bid?

Vind jy dit makliker om vir ander mense te bid as vir jouself? Ek

weet dit is waar van my. Ek kan baie makliker bid vir my man, my

kinders, familielede, kennisse, vriende en vir mense van wie ek oor

die nuus hoor, maar wat ek nog nooit eens ontmoet het nie as wat

ek vir my eie behoeftes kan bid. Die belangrikste rede hiervoor is

dat dit vir my maklik is om hulle behoeftes te identifiseer. Myne is

so baie, soms gekompliseerd, dikwels moeilik om te bepaal en be-

slis nie maklik om te etiketteer nie. Ons vroue weet wat ons dínk

ons die meeste van die tyd nodig het. Ons kan die voor die hand

liggende herken. Maar ons is dikwels te emosioneel betrokke by

die mense rondom ons en by die daaglikse bestaan van ons lewe

om in staat te wees om vas te stel hoe ons vir onsself moet bid oor

sake wat verder strek as die onmiddellike en die dringende. Soms

kan ons so oorweldig word deur ons omstandighede dat ons gebed

eenvoudig ’n hulpgeroep is.

Ervaar jy ooit tye wanneer dit voel of jou lewe buite beheer is?

Voel jy ooit onder druk, asof jou dae so besig is dat jy bang is jy

loop ’n sekere kwaliteit van lewe mis as gevolg daarvan? Is jy be-

kommerd dat jy een of meer areas van jou lewe afskeep omdat jy

Die krag

Die krag van n vrou wat bid.p65 10/28/04, 2:51 PM15

Page 6: Die krag van n vrou wat bid - cumbooks.co.za · 14 Wanneer ’n vrou vir haarself bidDie krag van ’n vrou wat bid om eendag wakker te word met daardie leë, onseker gevoel op die

16 Wanneer ’n vrou vir haarself bidDie krag van ’n vrou wat bid

verskeie rolle probeer vervul en aan so baie verwagtings probeer

voldoen? Ek het dit ook ervaar.

Het jy al ooit gevoel dat jou lewe vasgehaak het op een plek en

dat jy nêrens heen beweeg nie? Of nog erger, dat jy agteruit beweeg?

Het jy al tye beleef dat jy jou visie vir die toekoms verloor het? Of

het jy nog nooit werklik ’n visie vir die toekoms gehad nie? Het jy al

gewonder of jy ooit kan beweeg tot by die volle doel en bestemming

wat God vir jou het? Het jy al gevoelens van leegheid, frustrasie of

onvervuldheid ervaar? Ek het ook al hierdie dinge ervaar.

Voel jy ’n behoefte na ’n groter ervaring van die Here se teen-

woordigheid in jou lewe? Begeer jy om God op ’n intiemer manier

te ken? Wil jy Hom beter en vollediger dien, maar voel dat jy nie die

tyd, die energie of die geleentheid het om dit te doen nie? Het jy

nodig om meer tyd saam met Hom in gebed deur te bring? Wil jy

hê jou gebede moet gepaardgaan met groter geloof sodat jy groter

antwoorde op jou gebede kan sien? Het jy ’n vollediger kennis en

begrip van God se Woord nodig? Het jy ooit verlang om jou arms

wyd oop te gooi en Jesus te omhels, wit kleed en al, en te voel hoe

Hy sy arms om jou slaan? Ek het ook hierdie verlangens.

Die goeie nuus is dat dit is hoe God wíl hê jy moet voel.

God wil hê jy moet na sý teenwoordigheid verlang. Hy wil hê jy

moet jou vervulling in Hóm vind, en in niks anders nie. Hy wil hê jy

moet intiem saam met Hóm leef. Hy wil hê jy moet toeneem in ge-

loof en in kennis van sý Woord. Hy wil hê jy moet al jou hoop en

drome in sy hande plaas en opkyk na Hóm om in al jou behoeftes

te voorsien. Wanneer jy dit doen, sal Hý die skatkamer van sy

seëninge oor jou lewe oopmaak. Dit is omdat hierdie dinge sý wil

vir jou is.

Maar geeneen van hierdie dinge gebeur sonder gebed nie.

Waarheen gaan ek sodat my behoeftes vervul kan word?

Elke vrou het behoeftes. Baie van ons is egter skuldig daaraan dat

ons ander mense vra om in ons behoeftes te voorsien, veral die

mans in ons lewe. Te dikwels verwag ons van húlle om in die behoef-

tes te voorsien wat net Gód kan vervul. En dan is ons teleurgesteld

wanneer hulle nie kan nie. Ons verwag te veel van húlle wanneer

ons verwagtings in Gód moet wees.

Die krag van n vrou wat bid.p65 10/28/04, 2:51 PM16

Page 7: Die krag van n vrou wat bid - cumbooks.co.za · 14 Wanneer ’n vrou vir haarself bidDie krag van ’n vrou wat bid om eendag wakker te word met daardie leë, onseker gevoel op die

17

My vriendin Lisa Bevere het dit die beste uitgedruk toe sy gesê

het dat vroue eeue lank “geworstel en oorlog gemaak het teen die

seuns van Adam in ’n poging om hulle so ver te kry om ons te seën

en ons waarde te bevestig. Maar hierdie stryd het ons net gefrus-

treerd gelaat … Op die ou end is dit alles net ’n sinlose en uitputtende

proses waarin albei partye verloor. Dit is nie die seuns van Adam se

fout nie; hulle kan ons nie die seëninge gee waarna ons soek nie,

en ons het hulle bang gemaak deur aan hulle soveel mag oor ons

siel te gee. Ons moet leer dat die seëninge wat ons werklik nodig

het slegs van God kom”.1

Ons sal nooit gelukkig wees totdat ons Gód die bron van ons

vervulling en die antwoord op ons verlange gemaak het nie. Hy is

die énigste Een wat mag oor ons siel behoort te hê.

Ons moet ons verwagtings in die Here stel, en nie in ander dinge

of mense nie. Ek weet dit is makliker gesê as gedaan. Kom ons

begin dus met die makliker deel. Kom ons sê vir God: “Here, ek

kyk na U vir alles wat ek in my lewe nodig het. Help my om al my

verwagtings in U te plaas.” En wanneer jy dan teleurgesteld is omdat

jou behoeftes nie vervul word nie, praat met jouself en sê: Net byGod vind ek rus, want op Hom vertrou ek (Ps. 62:6). Vertel dan vir

God van al jou behoeftes en van alles wat in jou hart lê. Moenie be-

kommerd wees nie. Hy sal nie verras of geskok wees nie. Hy weet

reeds alles. Hy wag net om dit van jou te hoor.

Meer as net ’n oorlewende

As jy soos ek is, wil jy nie die soort lewe hê waarin jy skaars kop bo

water kan hou nie. Jy wil nie maar net op ’n manier ’n bestaan maak,

’n manier vind om jou ellende te hanteer of net-net oorleef nie. Jy

wil die oorvloedige lewe hê waarvan Jesus gepraat het toe Hy gesê

het: “ … Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed”(Joh. 10:10).

Ons wil nie vroue wees wat die waarheid hoor, maar wat selde

optree in geloof om dit in ons lewe waar te maak nie. Ons wil nie

tot in ewigheid sukkel met twyfel, vrees, onveiligheid en onsekerheid

nie. Ons wil doelbewus leef en met ’n doel. Ons vind dit vervelend

1. Lisa Bevere, Kissed the Girls and Made Them Cry (Nashville: Tommy Nelson, 2002),

p. 189-90 (vry vertaal).

Die krag

Die krag van n vrou wat bid.p65 10/28/04, 2:51 PM17

Page 8: Die krag van n vrou wat bid - cumbooks.co.za · 14 Wanneer ’n vrou vir haarself bidDie krag van ’n vrou wat bid om eendag wakker te word met daardie leë, onseker gevoel op die

18 Wanneer ’n vrou vir haarself bidDie krag van ’n vrou wat bid

om te leef soos ’n baba wat net gevoed word met melk. Ons wil

die vaste kos van God se waarheid hê sodat ons kan groei na ’n

lewe wat opwindend en produktief is.

Nie een van ons geniet dit om net in sirkels te beweeg, om altyd

oor dieselfde terrein te beweeg en terug te keer na dieselfde pro-

bleme, dieselfde frustrasies, dieselfde foute en dieselfde beperkings

nie. Ons wil nie ongevoelig, hardvogtig, bitter, onvergewensgesind,

angstig, ongeduldig, hooploos en onleerbaar word nie. Ons wil nie

op die ou end met ’n negatiewe ingesteldheid sit wat sê: “My situasie

sal nooit anders wéés nie, want dit ís nou al ’n baie lang tyd nooit

anders nie.” Ons wil uitbreek uit enige selfvernietigende kringloop

van herhalende patrone en gewoontes. Ons wil in staat wees om bo

onsself, ons beperkings en ons omstandighede uit te styg. Ons wil

meer as net oorlewendes wees.

Ons wil oorwinnaars wees. Ons wil deel wees van iets groters as

onsself. Ons wil verbind wees aan dít wat God op die aarde doen

op ’n manier wat vrug dra vir sy koninkryk. Ons wil ’n doel in ons

lewe hê. Ons wil vol wees van God se liefde en seëninge. Ons wil dit

alles hê. Alles wat God vir ons het. Maar ons kan nooit hierdie kwa-

liteit van lewe bereik buite die krag van God om nie. En dan ook

net wanneer ons bid.

Hoe lewe ek in die krag van God?

Ons almal het al tye beleef dat ons geheel en al magteloos gevoel

het in ons omstandighede. Ons het keer op keer aan onsself bewys

dat ons nie het wat dit vra om enige permanente veranderings in

ons lewe teweeg te bring nie. Ons weet sonder twyfel dat ons beste

pogings om onsself of ons omstandighede te verander op maniere

wat betekenisvol of blywend is, nooit werk nie. Ons erken ons be-

hoefte aan ’n krag buite en baie groter as onsself. Maar daar is net

een krag in die wêreld groot genoeg om ons te help om uit te styg

bo onsself en die probleme wat ons in die gesig staar. Dit is die

krag van God.

Sonder God se krag kan ons nie ons beperkings oorkom of uit

ons groef klim nie. Ons kan nie sterk staan teenoor alles wat teen

ons is nie. Ons is gedoem tot ’n lewe van geestelike middelmatigheid.

Sonder die krag van God se Heilige Gees wat in ons werk, kan ons

Die krag van n vrou wat bid.p65 10/28/04, 2:51 PM18

Page 9: Die krag van n vrou wat bid - cumbooks.co.za · 14 Wanneer ’n vrou vir haarself bidDie krag van ’n vrou wat bid om eendag wakker te word met daardie leë, onseker gevoel op die

19

nie bevry word van dinge wat ons keer om alles te ontvang wat God

vir ons het nie.

Ons wil nie ons lewe deurbring deur te wag om verlos te word

van alles wat ons beperk en ons skei van God se beste nie. Ons wil

nóú vry gemaak word. Maar dit kan nie gebeur as ons weier om die

krag van die Heilige Gees te erken nie. Wanneer ons die eienskappe

van die Heilige Gees ontken, word ons soos daardie mense van wie

die Bybel sê: Hulle sal nog die uiterlike skyn van die godsdiens hê,maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie … (2 Tim. 3:5).

Ons word professionele Christene wat die Christen-taal praat met

so ’n blink vernislaag van oppervlakkigheid dat dit ons onaantasbaar

maak en ons onaangeraak laat. Ons word net vertoon met geen

hart nie. Ons is altyd korrek, maar sonder liefde. In ons is daar net

oordeel en geen genade nie. Ons is selfversekerd, sonder enige

nederigheid. Ons praat baie en huil nooit nie. Ons leef ’n kragte-

lose en betekenislose lewe sonder enige hoop op ware verandering.

En hoe kan ons sonder verandering ooit uitstyg bo ons beperkings

en God se instrumente word om uit te reik na die wêreld rondom

ons? Dít is immers waaroor die lewe gaan.

God wil hê ons moet verstaan … hoe geweldig groot sy krag is watHy uitoefen in ons wat glo … (Ef. 1:19). Hy wil hê ons moet ook weet:

… Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag wat Hy uitgeoefen het

toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy

regterhand laat sit het: hoog bo elke mag en gesag, elke krag en

heerskappy, en wat daar ook al sprake van mag wees …

~ EFESIËRS 1:19-21 ~

Hy wil hê ons moet verstaan dat Christus nie swak teenoor ons

optree nie, maar kragtig ín ons is (vgl. 2 Kor. 13:3). Hy wil hê ons

moet verstaan al is Hy gekruisig in die swakheid van ’n mens, leef

Hy uit die krag van God (vgl. 2 Kor. 13:4), en selfs al is ons swak,

leef ons ook uit die krag van God. God wil hê ons moet sien die …Gees wat ons ontvang het, is nie die gees van die wêreld nie, maar dieGees wat van God kom. So weet ons wat God ons uit genade geskenkhet (1 Kor. 2:12).

Ek kan jou nie die krag van God laat sien of jou help om dit óf

die manier waarop die Heilige Gees in jou wil werk te verstaan nie.

Die krag

Die krag van n vrou wat bid.p65 10/28/04, 2:51 PM19

Page 10: Die krag van n vrou wat bid - cumbooks.co.za · 14 Wanneer ’n vrou vir haarself bidDie krag van ’n vrou wat bid om eendag wakker te word met daardie leë, onseker gevoel op die

20 Wanneer ’n vrou vir haarself bidDie krag van ’n vrou wat bid

Dit lê buite my vermoë of gesag in jou lewe. Maar jy het my nie

nodig om jou te oortuig nie, want die Heilige Gees self sal dit doen.

Jesus het gesê: “ … wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak,die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aanalles wat Ek vir julle gesê het” (Joh. 14:26). Maar jy moet eers die

Heilige Gees erken en Hom nooi om vrylik in jou te werk.

Ons kan slegs in die krag van God lewe as ons heel eerste vir

Jesus as ons Verlosser aanneem. Jy moet sy liefde ken, liefde wat

ons verstand te bowe gaan, en heeltemal vervul word met die volheid

van God (vgl. Ef. 3:19). Wanneer Jesus die heerser in jou lewe is, sal

jy Hom leer ken as die Een wat deur sy krag wat in ons werk, magtig

is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink (vgl. Ef. 3:20).

Omdat sy Heilige Gees in ons is – of omdat sy krag in ons is – kan

Hy meer in ons lewe doen as wat ons kan dink of waarvoor ons kan

vra. Hoe wonderlik is dit nie!

Om vervul te wees met die Heilige Gees is nie iets wat teen ons

wil gebeur nie. Dit is iets waarvoor ons oop moet wees, iets wat ons

moet begeer, iets waarvoor ons moet vra. “As julle wat sleg is, danweet om vir julle kinders goeie dinge te gee – die Vader in die hemelnog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra” (Luk. 11:13).

Ons het ’n keuse of ons met die Heilige Gees vervul sal word of nie.

Ons moet God vra om dit te doen.

Ek gaan nie uitbrei oor die verskeie leerstellings van mense oor

die Heilige Gees van God nie. Daar is net so baie van hierdie leer-

stellings as wat daar denominasies is. Al wat ek vra, is dat jy die

Heilige Gees van God sal erken as die krag van God, en dat jy God

sal vra om jou met sy Heilige Gees te vul sodat Hy jou kan bemagtig

om alles te kan ontvang wat God vir jou het. Die Bybel sê: Laat die

Gees julle vervul (vgl. Ef. 5:18). En die lewe werk beter wanneer ons

doen wat die Bybel sê.

Die krag om alles te word wat

God jou gemaak het om te wees

Vandag word daar aan al hoe meer gelowige vroue gulde geleent-

hede gegee om alles te word waarvoor hulle geskep is om te wees.

Hulle beweeg in verskillende areas van vaardigheid en bediening

en maak ’n belangrike verskil in die lewe van dié mense wat deur

Die krag van n vrou wat bid.p65 10/28/04, 2:51 PM20

Page 11: Die krag van n vrou wat bid - cumbooks.co.za · 14 Wanneer ’n vrou vir haarself bidDie krag van ’n vrou wat bid om eendag wakker te word met daardie leë, onseker gevoel op die

21

God in hulle ryk van invloed geplaas word. Hulle leer om staat te

maak op die krag van God om hulle voor te berei en deure vir hulle

oop te maak. Hulle besef ook dat hulle nie net ’n nagedagte in die

orde van God se skepping is nie, maar dat hulle vir ’n spesiale doel

geskep is. Hulle weet dalk nie presies wat hierdie doel is of wat dit

alles behels nie, maar hulle weet dat dit is om goed te doen aan

ander en om God te verheerlik.

’n Belangrike rede waarom meer vroue uitstyg om die bestem-

ming wat God vir hulle het te bereik, is dat mans hulle plek van

geestelike gesag en leierskap inneem. Dit is ’n antwoord op die

gebede van ontelbaar baie vroue en iets waarvoor ons God moet

loof. Vroue het hierdie geestelike beskerming nodig. Wanneer dit

reg gedoen word – met krag, nederigheid, vriendelikheid, respek

en begrip en nie met mishandeling, arrogansie, selfbevordering,

wreedheid, hardheid of liefdeloosheid nie – word dit ’n plek van

veiligheid vir ’n vrou. Om ons lewe in die regte orde te hê is iets wat

ons moet begeer.

Die Bybel sê: Daarom behoort die vrou ’n teken van die man se ge-sag oor haar op haar kop te hê … (1 Kor. 11:10). Dit beteken geestelike

gesag en dit is baie belangrik. Álmal is veronderstel om onderwerp

te wees aan die gesagsfigure wat deur God aangestel is. Dit is deel

van God se orde. God sal nie alles wat Hy vir ons het in ons lewe

uitstort voordat ons in die regte verhouding staan met die gesags-

figure wat Hy in ons lewe geplaas het nie. Hulle is daar tot ons eie

voordeel en om ons te beskerm. God se krag is te kosbaar om los

te laat in ’n rebellerende siel. (Dit is iets om oor te bid, nie om jou

oor te bekommer nie. Ons praat hieroor in hfst. 9.)

God se beloftes aan jou

So dikwels ontvang ons nie alles wat God vir ons het nie omdat ons

nie verstaan wat dit is wat Hy vir ons het nie. Ons weet dalk dat Hy

baie beloftes vir ons lewe gegee het, maar as ons nie presies weet

wat hierdie beloftes is nie, kan ons nie ’n duidelike perspektief op

ons situasie kry nie.

[God se] Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om

te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons

Die krag

Die krag van n vrou wat bid.p65 10/28/04, 2:51 PM21

Page 12: Die krag van n vrou wat bid - cumbooks.co.za · 14 Wanneer ’n vrou vir haarself bidDie krag van ’n vrou wat bid om eendag wakker te word met daardie leë, onseker gevoel op die

22 Wanneer ’n vrou vir haarself bidDie krag van ’n vrou wat bid

geroep het deur sy heerlikheid en mag. Deur dit te doen, het Hy ons

die kosbaarste en allergrootste gawes geskenk wat Hy belowe het.

Daardeur kan julle die verderf ontvlug wat deur begeerlikheid in die

wêreld werksaam is, en deel kry aan die Goddelike natuur.

~ 2 PETRUS 1:3-4 ~

Ons moet hierdie beloftes goed genoeg ken om dit sonder ophou

in ons gedagtes en in ons hart te hou. Hoe dieper hulle in werklik-

heid in ons siel afgeëts is, hoe beter sal dit met ons gaan. Dit is

omdat die vyand van ons siel hierdie beloftes van ons sal probeer

steel. Hy wil nie hê ons moet die waarheid oor onsself weet nie.

Daarom moet ons hierdie beloftes vasgryp met al ons krag. Ons

moet daaraan vasklou soos aan die lewe self en weier om dit uit

ons hande te laat gaan.

Om hierdie rede is daar aan die einde van elke hoofstuk in hier-

die boek ’n afdeling wat ek noem “God se beloftes aan my”. Daar

maak ek ’n lys van al die belangrike beloftes uit God se Woord wat

van toepassing is op die spesifieke onderwerp van daardie hoofstuk.

Ek wil hê ons moet hierdie beloftes hardop verklaar wanneer ons

te staan kom voor al die hindernisse, om op hierdie manier alle

twyfel oor hierdie kosbare waarhede vir ons lewe uit te vee. Soos jy

elke belofte lees, stel vas wat God se belofte in daardie spesifieke

Skrifgedeelte spesiaal vir jou en jou lewe beteken. Bepaal in som-

mige gevalle watter belofte geïmpliseer word in daardie Skrifgedeelte.

Neem byvoorbeeld Matteus 26:41: “Waak en bid, sodat julle nie inversoeking kom nie. Die gees is gewillig, maar die vlees is swak.” Die

geïmpliseerde belofte hier is dat as jy bid en waaksaam is, jy nie

aan versoekings sal toegee nie.

Al is die meeste van God se beloftes aangenaam en positief, is

daar wel beloftes wat nie so is nie omdat hulle waarskuwings aan

ons is. Dit is soos om vir ’n kind te sê: “As jy dít doen, is daar ’n

beloning. Maar as jy dát doen, belówe ek jou daar gaan onaangena-

me gevolge wees.” Omdat God al sy beloftes nakom, is dit belangrik

om almal van hulle goed te ken.

Tyd om aan te beweeg

Al voel dit dikwels nie so nie, is daar nooit ’n tyd dat daar níks in

Die krag van n vrou wat bid.p65 10/28/04, 2:51 PM22

Page 13: Die krag van n vrou wat bid - cumbooks.co.za · 14 Wanneer ’n vrou vir haarself bidDie krag van ’n vrou wat bid om eendag wakker te word met daardie leë, onseker gevoel op die

23

jou lewe gebeur nie. Dit is omdat jy nooit stilstaan nie, of jy dit nou

besef of nie. Jy gaan óf vorentoe, óf jy gly agteruit. Jy word óf elke

dag al hoe méér soos Christus, óf jy word al hoe mínder soos Hy.

Daar is nie ’n neutrale posisie in die Here nie. En dit is juis die rede

waarom ek hierdie boek geskryf het. Ek wil hê ons moet aanhou

vorentoe beweeg. Ek wil nie hê ons moet een oggend wakker word

en besef dat ons nooit ’n stewige fondasie gelê het in die dinge van

God of dat ons nie die fondasie wat ons met gebed gebou het, be-

skerm het nie. Ek wil hê ons moet vorentoe beweeg deur elke dag

kwaliteittyd deur te bring saam met die Een wat ons liefhet. Ek wil

hê ons moet geesdriftig word oor God. Ek wil hê ons moet uitvind

wat ons veronderstel is om te doen, en dit dan doen. Dit gaan nie

daaroor om dinge ván God te ontvang nie, al het Hy baie wat Hy

aan ons wil gee. Dit gaan daaroor om ín God te wees en Hom toe te

laat om in óns te wees. Dit gaan daaroor om Hóm te vra om ons

volkome te maak.

Wanneer ons op hierdie manier leef, volgens God se Woord en

in die krag van sy Heilige Gees, kan ons vertrou dat ons op die

regte plek op die regte tyd is en dat die Here sy volmaakte wil in

ons lewe bewerk. Ons kan vertrou dat Hy ons beweeg tot in die

lewe van heelheid en seëninge wat Hy vir ons het. Sal ons begin?

My gebed tot God

Here, U sê in u Woord dat wie ook al in U glo strome

lewende water sal hê wat uit hulle binneste vloei (vgl. Joh. 7:38).

Ek glo in U en ek verlang dat u lewende water in my en deur my

sal vloei, vandag en elke dag wat ek leef. Ek nooi u Heilige Gees

om my nou opnuut te vervul. Net soos ’n fontein aanhoudend

vernuwe word met vars water sodat dit suiwer sal bly, vra ek U

om my vandag opnuut op hierdie selfde manier nuut te maak.

U Woord sê: Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: onsweet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees selfpleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie(Rom. 8:26). Here, ek besef ek weet nie hoe om te bid soos ek

moet nie. Ek bid ook nie so dikwels soos ek wil nie, maar ek nooi

U, Heilige Gees, om deur my te bid. Help my in my swakheid. Leer

h h

Die krag

Die krag van n vrou wat bid.p65 10/28/04, 2:51 PM23

Page 14: Die krag van n vrou wat bid - cumbooks.co.za · 14 Wanneer ’n vrou vir haarself bidDie krag van ’n vrou wat bid om eendag wakker te word met daardie leë, onseker gevoel op die

24 Wanneer ’n vrou vir haarself bidDie krag van ’n vrou wat bid

my die dinge wat ek nie van U weet nie.

Ek is desperaat bewus van hoe dringend ek u krag nodig het

om my en my omstandighede te verander. Ek wil nie ’n oneffektiewe

lewe leef nie. Ek wil in die dinamiese krag van u Gees leef. Ek wil

nie ’n geestelike onderpresteerder wees nie. Ek wil ’n oorwinnaar

wees. U het ’n prys vir my betaal sodat ek aan U kan behoort.

Help my om só te leef. U het ’n roete vir my lewe beplan sodat ek

omgrens kan word deur U. Help my om só op te tree. U het dit vir

my moontlik gemaak om my vyand te verslaan. Help my om dit

nie te vergeet nie. U het u Heilige Gees gestuur sodat ek met krag

kan leef. Help my om hierdie belofte te vervul. U het u lewe vir my

gegee omdat U my liefhet. Help my om dieselfde vir U te doen.

Ek stel al my verwagtings in U, Here. Ek het berou oor die kere

toe ek van ander mense of ander dinge verwag het om in my

behoeftes te voorsien in plaas daarvan om na U op te kyk. Ek

weet dat U die enigste Een is wat my volkome kan maak omdat U

alles is wat ek nodig het. Alles wat ek nog ooit in my lewe wou

gehad het, kan ek in U vind. Help my om te onthou om nie uit eie

krag te leef nie, maar uit die krag van u Gees wat in my leef.

Vergewe my die kere dat ek vergeet het om dit te doen. Stel my in

staat om te groei in die sake van u koninkryk sodat ek ’n kind

van U kan word wat heel is, goed funksioneer, ’n bydrae lewer en

produktief is, ’n kind wat vorentoe beweeg na u doel vir my lewe.

P GOD SE BELOFTES AAN MY p

Ons wat hierdie skat in ons het, is maar

kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles

oortref, kom dus van God, nie van ons nie.

2 KORINTIËRS 4:7

Die boodskap van die kruis van Christus is

wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir

ons wat gered word, is dit die krag van God.

1 KORINTIËRS 1:18

My genade is vir jou genoeg. My krag kom

hh

Die krag van n vrou wat bid.p65 10/28/04, 2:51 PM24

Page 15: Die krag van n vrou wat bid - cumbooks.co.za · 14 Wanneer ’n vrou vir haarself bidDie krag van ’n vrou wat bid om eendag wakker te word met daardie leë, onseker gevoel op die

25

juis tot volle werking wanneer jy swak is.

2 KORINTIËRS 12:9

God het deur sy krag die Here uit die

dood opgewek en so sal Hy ons ook opwek.

1 KORINTIËRS 6:14

Wanneer die Voorspraak kom wat Ek vir julle van die

Vader af sal stuur, die Gees van die waarheid,

wat van die Vader uitgaan, sal Hy oor My getuig.

JOHANNES 15:26

Die krag

Die krag van n vrou wat bid.p65 10/28/04, 2:51 PM25

Page 16: Die krag van n vrou wat bid - cumbooks.co.za · 14 Wanneer ’n vrou vir haarself bidDie krag van ’n vrou wat bid om eendag wakker te word met daardie leë, onseker gevoel op die

26 Wanneer ’n vrou vir haarself bidDie krag van ’n vrou wat bid

P HOOFSTUK EEN p

Here, trek my nader sodat ekmeer intiem saam met U kan wandel

oordat ek die Here leer ken het, was ek betrokke by

allerhande soorte okkulte praktyke en Oosterse en New

Age-godsdienste. Ek het na God gesoek in elkeen van

hierdie godsdienste, in die hoop om betekenis of ’n doel vir my

lewe te vind. Ek was desperaat om ’n manier te vind om uit die

emosionele pyn, vrees en depressie te ontsnap wat ek elke dag van

my lewe ervaar het vandat ek ’n kind was. Ek het gedink daar moes

vir seker ’n God wees en as ek net goed genoeg kon wees om naby

aan Hom te kom, sou iets van sy grootsheid dalk op my afgee en

dan kon ek beter voel oor myself en my lewe.

Natuurlik kon ek dit nooit regkry nie, want die gode wat ek

gedien het, was afsydig, koud en ver weg. Dit het my net al hoe de-

pressiewer gemaak, want ek is grootgemaak deur ’n ma wat afsydig,

koud en ver weg was, om nie eens te praat van gewelddadig, vrees-

aanjaend en wreed nie. Daar is later vasgestel dat sy geestelik versteur

was en ek het haar sedertdien vergewe vir alles wat ek onder haar

moes deurmaak. Tog het die herinnerings aan my kinderjare uit-

eindelik opgebou tot ’n sneeustorting van pyn wat so ondraaglik

geword het dat ek op die ou end deur my eie hooploosheid versmoor

is en verpletter is deur selfmoordgedagtes en wanhoop.

Maar dit was eers op die laagste punt in my lewe, toe ek 28 jaar

oud was, dat ek uitgevind het wie God regtig is en Jesus as my

Verlosser aanvaar het. Dit het ’n proses van verlossing, genesing

V

Die krag van n vrou wat bid.p65 10/28/04, 2:51 PM26

Page 17: Die krag van n vrou wat bid - cumbooks.co.za · 14 Wanneer ’n vrou vir haarself bidDie krag van ’n vrou wat bid om eendag wakker te word met daardie leë, onseker gevoel op die

27

en herstel aan die gang gesit, ’n proses wat ek nooit gedroom het

moontlik was nie.

Vandat ek die Here in my lewe ontvang en begin ervaar het hoe

sy lewe in my werk, kon ek die gemene deler sien in al daardie

ander godsdienste en praktyke waarin ek voorheen verstrengel was.

Hierdie ooreenkoms is dat die gode van elkeen van daardie gods-

dienste geen mag het om te red of ’n menslike lewe te verander nie.

Maar die God van die Bybel het. Hy is die ware, lewende God. En

wanneer ons Hóm vind en Hóm ontvang, kom woon sy Gees ín

ons. Deur die krag van sy Gees verander Hy ons van binne af na

buite én Hy verander ons omstandighede en ons lewe op ’n won-

derbaarlike manier.

Ek het ook geleer dat Hy ’n God is wat gevind kan word. ’n God

wat geken kan word. ’n God wat naby aan ons wil wees. Dit is hoekom

Hy Immanuel genoem word, wat beteken “God mét ons”. Maar Hy

nader tot óns soos ons tot Hóm nader (vgl. Jak. 4:8).

As ek saam met jou iewers kon gaan sit en persoonlik met jou

kon gesels oor jou lewe, sou ek jou vertel dat as jy die Here in jou

lewe het, die antwoord op wat jy nodig het binne-in jou is. Dit is

omdat die Heilige Gees van God in jou is en Hy jou in alle dinge sal

lei en jou alles sal leer wat jy moet weet. Hy sal jou en jou

omstandighede verander soos jy in jou hoogste verwagtings nie kon

dink moontlik is nie, as jy net sal ophou probeer om dit sélf reg te

kry en Hóm sal toelaat om dit op sý manier en op sý tyd te doen.

Dit gaan hier nie daaroor om te streef daarna om goed genoeg

te wees om tot by God te kom nie, want daar is geen manier hoe

enigeen van ons goed genoeg kan wees nie. Dit gaan daaroor om

die goedheid van God toe te laat om ín jou te wees. Dit gaan daaroor

om nader aan God te beweeg en te ervaar hoe Hy nader aan jou

beweeg. Dit gaan daaroor om intiem saam met God te lewe en oor

die heelheid wat in jou bewerk sal word as gevolg daarvan.

Ek weet wat jy wil hê

Ek het in die afgelope drie of vier jaar al baie gereis om met vroue-

groepe te gesels. Byna oral waar ek was in hierdie tydperk het ek ’n

opname gedoen vir die boek wat ek toe besig was om te skryf met

die titel The power of a praying® husband. Ek wou weet hoe vroue

Here, trek my …

Die krag van n vrou wat bid.p65 10/28/04, 2:51 PM27

Page 18: Die krag van n vrou wat bid - cumbooks.co.za · 14 Wanneer ’n vrou vir haarself bidDie krag van ’n vrou wat bid om eendag wakker te word met daardie leë, onseker gevoel op die

28 Wanneer ’n vrou vir haarself bidDie krag van ’n vrou wat bid

wou hê daar vir hulle gebid moes word. Hulle reaksie was nie ver-

basend nie, maar die feit dat dit in elke stad en dorp eenparig was,

was verstommend. Die grootste persoonlike behoefte van alle vroue

wat deel was van my ondersoek, was dat hulle geestelik sou groei

en ’n diep, sterk, lewenskragtige, lewensveranderende, geloofgevul-

de lewe saam met God sou hê. Ek het op die ou end opgehou met

die ondersoek, want die resultate was altyd dieselfde. En ek het

verstaan.

Ek is seker dat jy, soos ek en baie ander vroue, ’n diep, intieme,

liefdevolle verhouding met God wil hê. Jy sal nie hierdie boek lees

as dit nie jou begeerte is nie. Jy smag na die nabyheid, die band en

die bevestiging dat wie jy is, goed en begeerlik is. Maar God is die

enigste Een wat dít alles die hele tyd aan jou kan gee. Jou diepste

behoeftes en verlangens sal slegs vervul word in ’n intieme verhou-

ding met Hom. Niemand kan jou ooit so goed ken of so baie liefhê

soos Hy nie. Daardie onversadigbare verlange na méér wat jy ervaar,

die leegheid wat jy wil hê die mense naaste aan jou moet vul, is

daar geplaas deur God sodat Hý dit kan vul.

God wil hê ons moet smag na Hom. En wanneer ons besef dat

dit na Hom is wat ons verlang, word ons vry. Ons word vry om die

verlange, eensaamheid en leegheid binne-in ons te identifiseer as

ons teken dat ons met oop arms nader aan God moet beweeg en

Hom moet vra om ons te vul met meer van Hom. Maar hierdie diep

en intieme verhouding met God wat ons almal begeer en waarsonder

ons nie kan leef nie, gebeur nie sommer net nie. Ons moet dit

soek, daarvoor bid, dit koester en bewaar. En ons moet aanhoudenddaarna soek, daarvoor bid, dit koester en bewaar.

Vyf goeie maniere om vas te stel

of jy net oppervlakkig saam met God lewe

1. As jy die Here volg net vir wat Hy vir jou kan doen, lewe jy net op-

pervlakkig saam met God. As jy Hom lief genoeg het om Hom te

vra wat jy vir Hom kan doen, groei jou verhouding dieper.

2. As jy net tot God bid wanneer die lewe moeilik raak of wanneer jyiets nodig het, lewe jy oppervlakkig saam met God. As jy vind dat

jy baie keer op ’n dag tot God bid omdat jy daarvan hou om in sy

teenwoordigheid te wees, groei jou verhouding dieper.

Die krag van n vrou wat bid.p65 10/28/04, 2:51 PM28

Page 19: Die krag van n vrou wat bid - cumbooks.co.za · 14 Wanneer ’n vrou vir haarself bidDie krag van ’n vrou wat bid om eendag wakker te word met daardie leë, onseker gevoel op die

29

3. As jy kwaad word vir God of teleurgesteld voel in Hom wanneer Hynie doen wat jy wil hê nie, wandel jy net oppervlakkig saam met

God. As jy God kan prys ongeag wat in jou lewe gebeur, groei

jou verhouding met Hom dieper.

4. As jy God liefhet net vir wat Hy doen, lewe jy net oppervlakkig

saam met Hom. As jy Hom liefhet en aanbid vir wie Hy is, groei

jou verhouding met Hom al hoe dieper.

5. As jy dink jy moet God smeek of sy arm draai om Hom so ver te kryom jou gebede te beantwoord, lewe jy net oppervlakkig saam met

Hom. As jy glo dat God die gebede wat jy bid ooreenkomstig sy

wil sal beantwoord, groei jou verhouding met Hom al hoe dieper.

Bring tyd alleen saam met Hom deur

Ons kan nooit nader aan God beweeg, Hom goed leer ken of die

soort intieme verhouding wat ons begeer, ontwikkel as ons nie tyd

alleen saam met Hom deurbring nie. Dit is in hierdie privaat tye dat

ons verfris, versterk en bekragtig word. Dit is dan dat ons na ons

lewe kan kyk vanuit God se perspektief en ontdek wat werklik be-

langrik is. Dít is wanneer ons verstaan aan wie ons behoort en in

wie ons glo.

God het so baie om te sê in jou lewe. Maar as jy nie eenkant

gaan sit, weg van die bedrywigheid van jou dag en tyd alleen saam

met Hom deurbring in stilte en afsondering nie, sal jy nie hoor wat

Hy sê nie. Jesus self het baie tyd alleen saam met God deurgebring.

As enigiemand dit kon bekostig om dit nié te doen nie, sou dit

sekerlik Jesus gewees het. Hoeveel belangriker is dit dan nie vir

ons om dit te doen nie?

Ek weet dit kan moeilik wees om tyd te vind om alleen te wees.

Veral wanneer die vyand van jou siel nie wil hê jy moet alleen saam

met God wees nie. Maar as jy dit ’n prioriteit maak om ’n spesifieke

tyd van elke dag opsy te sit om te bid, en dit miskien ook in jou

dagbeplanner neerskryf soos jy met enige ander belangrike datum

of afspraak doen, en as jy vasbeslote is om hierdie vaste afspraak

met God na te kom, sal jy antwoorde op jou gebede sien soos nog

nooit vantevore nie.

Onthou, as jy nie baie bid nie, kan jy nie verwag dat jou lewe

oornag sal verander nie. Dit neem tyd om die massiewe skip van

Here, trek my …

Die krag van n vrou wat bid.p65 10/28/04, 2:51 PM29

Page 20: Die krag van n vrou wat bid - cumbooks.co.za · 14 Wanneer ’n vrou vir haarself bidDie krag van ’n vrou wat bid om eendag wakker te word met daardie leë, onseker gevoel op die

30 Wanneer ’n vrou vir haarself bidDie krag van ’n vrou wat bid

jou lewe om te draai en in ’n ander rigting te stuur. Jou lewe her-

posisioneer hom nie onmiddellik die oomblik wanneer jy aan die

stuur raak nie. Jy kan in werklikheid in die begin skaars enige ver-

anderings raak sien. Dit is dieselfde met gebed. Gebed kan jou

lewe radikaal verander, maar dit gebeur nie noodwendig die oomblik

wanneer jy jou eerste paar woorde uiter nie. Dit mag ’n tydperk van

aanhoudende gebed verg voordat jy uiteindelik die omgewing sien

verander. Dit is normaal; moet dus nie moed opgee nie. Jy sal sommer

gou in volle vaart in ’n nuwe rigting beweeg. Mense gee te dikwels

moed op net voor hulle eerste deurbraak tot in die ryk van beant-

woorde gebede. Onthou, hierdie reis is nie ’n minireis rondom die

hawe nie; dit is ’n lewenslange reis om jou bestemming te bereik.

Om moed op te gee is nie ’n opsie nie.

Die Name van God

Sukkel jy ooit om name te onthou? Ek sukkel daarmee. Veral wan-

neer ek ’n groot klomp mense gelyk ontmoet. Ek kan gesigte en

name afsonderlik onthou, maar ek sit nie altyd die regte naam by

die regte gesig nie. En dit laat my soms in die moeilikheid beland.

Met God is dit heeltemal anders. Hy het net een gesig, maar so baie

Name. Maar as ons nie al sy Name ken nie, verstaan ons dalk nie al

die aspekte van sy karakter nie.

God het letterlik honderde Name. Soms lyk dit egter of ons

sukkel om maar net ’n paar van sy bekendste Name te onthou. Ons

vergeet dalk een van God se Name net wanneer ons dit juis moet

onthou. Byvoorbeeld, ons dink dalk aan God as ons hemelse Vader,maar vergeet dat Hy ook ons Man en ons Vriend is. Of ons onthou

Hom as ons Trooster, maar vergeet dat Hy ook ons Redder is. Ons

dink dalk aan God as ons Beskermer, maar kan nie onthou dat Hy

ook ons Geneser is nie. Sommige mense dink nooit aan God in

ander terme as hulle Verlosser nie, wat op sigself meer is as wat

ons verdien. Maar God wil vir ons selfs meer wees as ons Verlosser.

Hy wil hê ons moet al die aspekte van sy karakter ken, want die

manier waarop ons God herken, sal die manier hoe ons lewe, beïn-

vloed.

Elkeen van God se Name in die Bybel verteenwoordig ’n manier

waarop Hy wil hê ons Hom moet vertrou. Vertrou jy God om jou

Die krag van n vrou wat bid.p65 10/28/04, 2:51 PM30

Page 21: Die krag van n vrou wat bid - cumbooks.co.za · 14 Wanneer ’n vrou vir haarself bidDie krag van ’n vrou wat bid om eendag wakker te word met daardie leë, onseker gevoel op die

31

Sterkte te wees (vgl. Ps. 18:2)? Is Hy jou Vrede (vgl. Ef. 2:14)? Is Hy

die Hersteller van jou eer wanneer jy terneergedruk is (vgl. Ps. 3:4)?

Is Hy jou Suiweraar (vgl. Mal. 3:2-3)? Jou Wysheid (vgl. 1 Kor. 1:24)?

Jou Raadgewer (vgl. Ps.16:7)? Jou Rusplek (vgl. Jer. 50:6)? Elkeen van

God se Name is heilig en ons moet elkeen van sy Name as heilig

behandel.

Toe ek in die sekulêre vermaaklikheidswêreld gewerk het, het

ek die woord “Jesus” ’n honderd keer ’n dag gehoor, uitgespreek as

’n vloekwoord deur mense met geen eerbied, liefde of begrip vir

Jesus nie. Dit was toe ek Jesus aanvaar het dat ek besef het presies

in watter mate daardie Naam ’n vloekwoord is wanneer dit so ydellik

gebruik word. Om God se Naam ydellik te gebruik bring ’n vloek

op wie dit ook al op hierdie manier gebruik, omdat dit ’n oortreding

is van een van die tien gebooie. “Jy mag die Naam van die Here jouGod nie misbruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam misbruik,nie ongestraf laat bly nie” (Eks. 20:7). Dit is ook ’n oortreding van

God se grootste opdrag, naamlik: “‘Jy moet die Here jou God liefhêmet jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en metal jou krag’” (Mark. 12:30). Niemand wat vir God liefhet, gebruik sy

Naam ydellik nie.

Dieselfde woord – “Jesus”, wanneer dit in liefde uitgespreek word

deur die een wat Hom aanbid – hou egter groot krag in. Krag om te

red, te verlos, te genees, te voorsien, te beskerm, en soveel meer.

Om sy Naam ydellik te gebruik sny al hierdie kragte uit jou lewe

uit. Daar is ook groot krag in elkeen van God se Name, en wanneer

dit in geloof, liefde, begrip en eerbied uitgespreek word, bring dit

seën in jou lewe en laat jou geloof groei.

Byvoorbeeld, God se Naam is altyd ’n veilige plek om heen te

hardloop in ’n tyd wanneer jy hulp nodig het. Die Naam van dieHere is ’n sterk vesting; die regverdige vind daar skuiling (Spr. 18:10).

As jy siek is, hardloop na jou Geneser toe. As jy nie jou rekening

kan betaal nie, hardloop na jou Voorsiener toe. As jy bang is, hard-

loop na jou Skuiling toe. As jy deur donker tye gaan, hardloop na

jou ewige Lig. Deur sy Naam met eerbied en dankbaarheid uit te

spreek nooi jy Hom om juis dít vir jou te wees. Daar is dikwels so

baie wat ons nie in ons lewe het nie eenvoudig omdat ons God nie

erken as die antwoord op daardie behoefte nie. Hoe kan jy genees

word as jy God nie erken as die Geneser nie?

Here, trek my …

Die krag van n vrou wat bid.p65 10/28/04, 2:51 PM31

Page 22: Die krag van n vrou wat bid - cumbooks.co.za · 14 Wanneer ’n vrou vir haarself bidDie krag van ’n vrou wat bid om eendag wakker te word met daardie leë, onseker gevoel op die

32 Wanneer ’n vrou vir haarself bidDie krag van ’n vrou wat bid

In die volgende lys van God se Name het ek maar net 30 ingesluit.

Daar is honderde meer in sy Woord. Al is Hy een God het Hy soveel

dimensies dat Hy aan Homself baie Name gegee het sodat ons

Hom kan verstaan. Dit is die enigste manier waarop ons, wat so

klein is, God, wat so groot is, kan begin verstaan. Ek stel voor dat jy

elke keer wanneer jy nog ’n Naam van God in die Bybel ontdek, dit

onderstreep, dit in die kantlyn neerskryf of dit by ’n lys voeg wat jy

self opstel. Dit sal jou herinner aan wie God vir jou wil wees. Terwyl

jy die volgende lys lees, vra God om elkeen van hierdie Name vir

jou te wees op ’n nuwe, werklike en lewensveranderende manier.

Dertig goeie Name om God te noem

1. Geneser (vgl. Mal. 4:2) 16. Sterk Vesting (vgl. Spr. 18:10)

2. Verlosser (vgl. Jes. 59:20) 17. Rusplek (vgl. Jer. 50:6)

3. Redder (vgl. Ps. 70:6) 18. Gees van die waarheid (vgl. Joh. 16:13)

4. Skuiling (vgl. Ps. 43:2) 19. Beskermer (vgl. Ps. 144:2)

5. Toevlug (vgl. Jes. 25:4) 20. Ewige lewe (vgl. 1 Joh. 5:20)

6. Vriend (vgl. Joh. 15:14) 21. Almagtige (vgl. Jer. 31:35)

7. Advokaat (vgl. Heb. 9:24) 22. Here wat vrede gee (vgl. 2 Tess. 3:16)

8. Hersteller (vgl. Ps. 23:3) 23. Lewende water (vgl. Joh. 4:10)

9. Ewige Vader (vgl. Jes. 9:5) 24. Rots (vgl. Ps. 18:32)

10. Liefde (vgl. 1 Joh. 4:16) 25. Man (vgl. Jes. 54:5)

11. Middelaar (vgl. 1 Tim. 2:5-6) 26. Helper (vgl. Heb. 13:6)

12. Versorger (vgl. Nah. 1:7) 27. Wonderbare Raadsman (vgl. Jes. 9:5)

13. Brood wat lewe gee (vgl. 28. Die Here wat gesond hou (vgl. Eks.

Joh. 6:35) 15:26)

14. Skuilplek (vgl. Ps. 32:7) 29. Hoop (vgl. Ps. 71:5)

15. Ewige Lig (vgl. Jes. 60:20) 30. God van bemoediging (vgl. Rom. 15:5)

As jy elke nou en dan deur hierdie lys Name lees en elke Naam

hardop sê en vir God dankie sê dat Hy dit vir jou is, sal jy ver-

stom staan oor hoe jou geloof sal groei en hoeveel nader aan God

jy sal voel.

Die krag van n vrou wat bid.p65 10/28/04, 2:51 PM32

Page 23: Die krag van n vrou wat bid - cumbooks.co.za · 14 Wanneer ’n vrou vir haarself bidDie krag van ’n vrou wat bid om eendag wakker te word met daardie leë, onseker gevoel op die

33

My gebed tot God

Here, ek nader vandag tot U, dankbaar dat U tot my sal

nader soos U belowe in u Woord (vgl. Jak. 4:8). Ek smag daarna

om in u teenwoordigheid te wees en ek begeer ’n dieper en intiemer

verhouding met U. Ek wil U ken op elke manier wat U geken kan

word. Leer my wat ek moet weet om U beter te kan ken. Ek wil nie

iemand wees wat altyd iets wil leer, maar tog nooit tot die kennis

van die waarheid kan kom nie (vgl. 2 Tim. 3:7). Ek wil die waarheid

weet oor wie U is, want ek weet dat U naby is aan almal wat U in

opregtheid aanroep (vgl. Ps. 145:18).

Ek is oop vir wat U ook al in my wil doen. Ek wil U nie beperk

deur U nie te erken op elke moontlike manier nie. Ek verklaar

vandag dat U my Geneser, my Redder, my Verlosser en my Trooster

is. Vandag het ek die spesifieke behoefte om U te ken as my (voeg

’n Naam van die Here hier in). Ek glo dat U dit vir my sal wees.

God, help my om elke dag tyd te maak om U alleen te ontmoet.

Stel my in staat om alles wat my daarvan kan weerhou te weer-

staan en uit te skakel. Leer my om te bid soos U wil hê ek moet

bid. Help my om meer te leer van U. Here, U het gesê: “As iemand

dors het, laat hy na My toe kom en drink!” (vgl. Joh. 7:37). Ek dors

na meer van U, want ek is in die woestyn sonder U. Ek kom

vandag na U toe en drink diep van u Gees.

Ek weet U is oral, maar ek weet ook dat daar dieper manifes-

tasies van u teenwoordigheid is wat ek so graag wil ervaar. Trek

my nader aan U sodat ek in u teenwoordigheid kan vertoef soos

nog nooit tevore nie.

P GOD SE BELOFTES AAN MY p

Nader tot God en Hy sal tot julle nader. Was julle

hande, sondaars, en reinig julle harte, huigelaars.

JAKOBUS 4:8

Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle ’n ander

Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees,

naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld

hh

h h

Die krag van n vrou wat bid.p65 10/28/04, 2:51 PM33

Page 24: Die krag van n vrou wat bid - cumbooks.co.za · 14 Wanneer ’n vrou vir haarself bidDie krag van ’n vrou wat bid om eendag wakker te word met daardie leë, onseker gevoel op die

34 Wanneer ’n vrou vir haarself bidDie krag van ’n vrou wat bid

kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom

nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken

Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.

JOHANNES 14:16-17

Dit was die wil van julle Vader

om die koninkryk aan julle te gee.

LUKAS 12:32

Tot nou toe het julle nog nie in my Naam

gebid nie. Bid, en julle sal ontvang,

sodat julle blydskap volkome kan wees.

JOHANNES 16:24

Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely,

want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het.

HEBREËRS 10:23

Die krag van n vrou wat bid.p65 10/28/04, 2:51 PM34