die kunstenaar as outeur kknk 2015 - hannalie taute · pdf filesy oorsprong by plato en...

Download DIE KUNSTENAAR AS OUTEUR KKNK 2015 - hannalie taute · PDF filesy oorsprong by Plato en Aristoteles. Platoniese Idealisme beklemtoon die idee of vorm as die noodsaaklike werklikheid

If you can't read please download the document

Upload: buidang

Post on 07-Feb-2018

220 views

Category:

Documents


4 download

TRANSCRIPT

  • DIE KUNSTENAAR AS OUTEUR KKNK 2015

    Kurator: Corlie de Kock onderleiding van Trent Read

    Administrasie: Leana McLean

    n Essensialistiese beskouing van kontemporre Suid-Afrikaanse kuns

    Volgens die essensialisme is daar aan enige entiteit of konsep n aantal voorafbestaande eienskappe verbonde wat hulle aard, identiteit en funksie bepaal. In die Westerse denke het hierdie beskouing sy oorsprong by Plato en Aristoteles. Platoniese Idealisme beklemtoon die idee of vorm as die noodsaaklike werklikheid agter alle entiteite; die essensile eienskappe van n voorwerp. Kontemporre eksistensialiste beskou die inherente wil tot bestaan as die eienskap wat alle entiteite gemeen het en hulle ongeskape essensie bepaal.

    Sielkundiges verduidelik nie deur die begrip essensialisme die stoflike aard van ons sintuiglike wreld nie, maar beskou essensialisme as n onderbewuste en instinktiewe geloof aan n onsigbare essensie van entiteite. Om di rede betaal mense baie vir klere of besittings van n bekende persoonlikheid, terwyl dieselfde artikels van onbekende mense as alledaags en tweedehands beskou word. Visuele kuns is tot en met die uitvinding van die kamera gemeet aan haar mimetiese kwaliteite. Die kamera het die rol van nabootser en beskrywer oorgeneem. Nou kan kuns nie langer gemeet word aan n stel ooreenkomste en verskille nie (Wittgenstein se anti-essensialistiese benadering tot taal is hier ter sake wanneer mens kuns as visuele taal beskou). Visuele kuns het in wese n konsep geword wat oopstaan vir meerdere interpretasies en kan nie meer volgens n stel familieooreenkomste gedefinieer word nie. Kuns moet nou betekenis en verpersoonliking uitdrukking bring . Daar het n verskil ontstaan tussen ons interpretasie van n alledaagse voorwerp en n kunswerk. n Essensialistiese beskouing van visuele kuns onderskei tussen fisies meetbare eienskappe en die noodsaaklike/essensiele eienskappe (Marcelle Duchamp se Fountain het hierdie punt reeds in 1917 duidelik gestel.) Hierdie uitstalling fokus op die verpersoonliking van kuns; die essensile eienskappe van die skeppende kunstenaar wat hulle kenbaar maak in sy/haar skeppende werk; die essensile betekenis wat die kunstenaar aan sy/haar skeppings gee. Hoekom het kunstenaars deur alle eeue heen selfportrette geskep? Hulle het dit gedoen omdat hulle in die visuele kuns n manier gevind het om die self te definieer. Dit het neergekom op sowel n soeke na as n uitdrukking van identiteit. Vir hierdie uitstalling word kunswerke gekies na aanleiding van die aard van die essensies wat die kunstenaar in die kunswerk ondersoek: geslag, identiteit, n bepaalde gesture , voorwerpe van persoonlike betekenis, die self as performance.

  • AIDON WESTCOTT:

    Aidon Westcott voeg gevonde objekte wat eens aan homself, familielede en selfs onbekende mense behoort het, saam tot collages. Hy beklemtoon die essensile waarde en eie identiteit wat

    alledaagse voorwerpe vir mense het. Voorwepe verteenwoordige geskiedenisse van mense en plekke dit

    dra by tot die geskiedenis van ons land in geheel.

    AIDON WESTCOTT

    A Polished Life

    mixed media collage on found object

  • AIDON WESTCOTT

    A Polished Life I- detail

  • AIDON WESTCOTT

    A Polished Life II

  • AIDON WESTCOTT

    A Polished Life II- detail

    mixed media collage on found object

  • AIDON WESTCOTT

    Oupa Pottie

    mixed media collage and oil paint on canvas

  • BARBARA WILDENBOER

    Wildenboer rekonstrueer boeke tot estetiese voorwerpe. Daar bestaan n sterk verhouding tussen waarde

    en die verloop van tyd delikate werke work deur ure se konsentrasie uit papier gesny. Die hand van die

    kunstenaar kan nie deur n masjien vervang word nie. Teks word onleesbaar en bevraagteken konsepte soos

    kennis .

    BARBARA WILDENBOER

    Odyssey

    altered book

  • LYNDI SALES

    Lyndi Sales het haar pa in die Helderbergvliegramp verloor. Al haar werke ondersoek die onsekerheid en kontroversie rondom hierdie gebeurtenis . Haar spesifieke belewenis word n metafoor vir verandering in Suid-Afrika van die bekende en ongewensde na n onbepaalde en

    ongedefinieerde toekoms.

    LYNDI SALES

    Holographic Universe

    silver dust on board ed: 2/5

  • CHRISTIAAN DIEDERICKS

    Christiaan Diedericks ondersoek seksualiteit, politiek en mag in sy werk. Hierdie visuele ondersoek is parallel aan die soeke na eie identiteit en seksualiteit. Skoonheid staan sentraal in Diedericks se werk. Sy onlangse werke beklemtoon persoonlike geskiedenisse van mense deur te verwys na onderdrukte herinneringe uit hulle kinderjare. Hy fokus spesifiek op sellulre geheue en die hipotese dat die menslike liggaam, en nie slegs die menslike verstand, self ervarings stoor nie. Die idee dat die liggaam n geheue het, word dikwels gekoppel aan die konsep van onderdrukte herinneringe- so kan herinneringe aan seksuele mishandeling byvoorbeeld deur liggaamlike sensasies behoue bly. Persoonlike geskiedenisse van mense word ook aan plekke gekoppel en so word die identiteit van die mense van ons land ondersoek.

    CHRISTIAAN DIEDERICKS

    Dance Macabre Cellular Memory I

    two colour stone lithograph on 300gsm BKF Rives etching paper

  • LEON VERMEULEN

    Leon Vermeulen se ekspressiewe skilderye beklemtoon die skeppingsproses en die identiteit van die skepper. Die kreatiewe proses word beskryf as n koue en gevaarlike plek: Art is a Cold Place. Die kunstenaar

    dra ook die las van kreatiwiteit. Hy verwys na denkers/skrywers en musici uit die geskiedenis en kyk ook

    intens na seksuele identiteit. Vermeulen se werk gaan oor die skilderproses en die skepper -die onderwerp van die skildery en die skilder se interaksie met die toeskouer.

    LEON VERMEULEN

    Die skilder, skilder

    oil on canvas

    LEON VERMEULEN

    Die Stom Moeras (van onthou)

    charcoal on paper

  • HANNALIE TAUTE

    Hannelie Taute verwys na die vrou as kunstenaar in haar soeke na identiteit los van moederskap. Interpersoonlike verhoudings word ondersoek met verwysing na familiegeskiedenisse. Taute gebruik rubber,

    n medium wat aan manlikheid en motorvoertuie gekoppel word, en kombineer dit met borduurwerk wat

    tradisioneel as n vroulike aktiwiteit gesien is. Kultuursimbole en stories van ons land word ondersoek.

    HANNALIE TAUTE

    What is essential is invisible to the eye(s)

    cotton thread, batting and rubber

  • ALEX HAMILTON

    Alex Hamilton word onmiddellik gekoppel aan stensiluitbeeldings van ikone. Die stensil is sy handtekening.

    Hy ondersoek sy eie identiteit in n popinterpretasie van die self.

    ALEX HAMILTON

    Ek/Me

    handmade stencil, acrylic and spraypaint on wood

  • RUAN HUISAMEN

    Huisamen skep superrealistiese portrette van mans en bevraagteken so identiteit, manlikheid en ook

    selfliefde en skoonheid. Sy werk is hoogs tegnies en beklemtoon die verhouding tussen materile waarde

    en die verloop van tyd. Hy maak verwysing na manlike ikone in die geskiedenis en wreldliteratuur.

    RUAN HUISAMEN

    Ecce Homo

    charcoal and graphite on cotton paper

  • SHANY VAN DEN BERG

    Shany van den Berg gebruik visuele gestaltes van haarself op verskillende ouderdomme en lewensfases om menseverhoudings te ondersoek. Sy verwys na die verhouding tussen kunstenaar en

    toeskouer en beskryf die visuele beeld as n gesprek. Gesprekke dra by tot die ondersoek na identiteit.

    SHANY VAN DEN BERG

    Kopgesprekke 12

    oil and mixed media on canvas

  • ELIZABETH BALCOMB

    Elizabeth Balcomb ondondersoek die klassifikasiestelsel waarvolgens ons plek in die samelewing bepaal

    word. Lewende wesens word in spesies verdeel. Die mens word verder ingedeel volgens, ras, geslag,

    geloofsvoorkeer en finansile status. Sy beskou hierdie stelsel as koud en onmenslik en beklemtoon die

    innerlike siel van lewende wesens. Antropromorfiese figure word dikwels in die geskiedenis van visuele

    kuns gebruik om negatiewe karaktereienskappe soos aggressie te verbeeld. Balcomb se figure verwys na

    die uitbeeldings van SAN skilderye en poog om die sluier tussen die alledaagse en die geestelike , die

    mens en die dier, te lig. Identiteit is volgens haar n oneindige konsep. Bewussyn is volgens haar n

    algemene ervaring/toestand en dit behoort nie slegs tot mense nie.

    ELIZABETH BALCOMB ELIZABETH BALCOMB

    I am You Therianthrope

    bronze ed 7/15 bronze ed 6/20

  • PETER VAN STRATEN

    Van Straten ondersoek sy rol as skepper deur te verwys na die wreld van drome en die menslike

    onderbewussyn. Hy verbeeld homself hier ook as reisiger met tas en hoed en betree die donker

    wildernis- die kreatiewe wreld van die verbeelding waarin die kunstenaar homself bevind.

    PETER VAN STRATEN "Take the narrative you have woven around yourself, and throw it over the edge."

    oil on canvas

  • CLARE MENCK

    Clare Menck skilder haarself naak en beskryf waterdompeling as n poging om haarself te reinig en nader aan haar onderbewussyn te kom. Sy plaas haarself altyd in spesifieke ruimte en beklemtoon so eie

    identiteit in verhouding t