die leeu die lamnhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2019/10/hoofstuk-5.pdf · hoofstuk 5: 1 in die...

11
DIE OPENBARING: HOOFSTUK 5: DIE LEEU & DIE LAM -DS. JG (HANNES) JANSEVAN RENSBURG

Upload: others

Post on 22-Nov-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: DIE LEEU DIE LAMnhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2019/10/Hoofstuk-5.pdf · Hoofstuk 5: 1 In die regterhand van Hom wat op die troon sit, het ek 'n boekrol gesien wat aan die voor-

DIE

OPENBARING:

HOOFSTUK 5:

DIE LEEU

&

DIE LAM

-DS. JG (HANNES) JANSE VAN RENSBURG

Page 2: DIE LEEU DIE LAMnhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2019/10/Hoofstuk-5.pdf · Hoofstuk 5: 1 In die regterhand van Hom wat op die troon sit, het ek 'n boekrol gesien wat aan die voor-
Page 3: DIE LEEU DIE LAMnhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2019/10/Hoofstuk-5.pdf · Hoofstuk 5: 1 In die regterhand van Hom wat op die troon sit, het ek 'n boekrol gesien wat aan die voor-
Page 4: DIE LEEU DIE LAMnhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2019/10/Hoofstuk-5.pdf · Hoofstuk 5: 1 In die regterhand van Hom wat op die troon sit, het ek 'n boekrol gesien wat aan die voor-

Hoofstuk 5:1 In die regterhand van Hom wat op die troon sit, het ek 'n

boekrol gesien wat aan die voor- en aan die agterkant vol

geskrywe was en wat met sewe seëls goed verseël was.2 Toe het ek 'n sterk engel gesien wat met 'n harde stem

uitroep: “Wie is waardig om die boek oop te maak deur

die seëls daarvan te breek?” 3 Maar niemand in die hemel

of op die aarde of onder die aarde was in staat om die

boek oop te maak en daarin te kyk nie. 4 Ek het baie gehuil

omdat daar niemand gekry is wat waardig was om die

boek oop te maak en daarin te kyk nie.5 Toe sê een van die ouderlinge vir my: “Moenie huil nie.

Kyk, die Leeu uit die stam van Juda, die Afstammeling van

Dawid, het die oorwinning behaal en kan die boek met die

sewe seëls oopmaak.”6 Toe het ek voor die troon wat omring was deur die vier

lewende wesens, tussen die troon en die ouderlinge, 'n

Lam sien staan, die Een wat geslag was. Hy het sewe

horings en sewe oë gehad. Die sewe oë is die sewe Geeste

van God, wat oor die hele aarde uitgestuur is.7 Hy het toe gegaan en die boek ontvang uit die regterhand

van Hom wat op die troon sit.

8 Net toe die Lam die boek neem, het die vier lewende

wesens en die vier en twintig ouderlinge voor Hom

gekniel. Elkeen van hulle het 'n siter gehad en 'n goue bak

vol wierook, die gebede van die gelowiges. 9 Toe sing hulle

'n nuwe lied: “U is waardig om die boek te neem en die

seëls daarvan oop te maak omdat U geslag is en met u

bloed mense vir God losgekoop het uit elke stam en taal

en volk en nasie. 10 U het hulle 'n koninkryk en priesters

vir ons God gemaak en hulle sal oor die aarde regeer.”11 Toe het ek rondom die troon en die lewende wesens

en die ouderlinge 'n groot menigte engele gesien. Daar

was duisende der duisende, ja, miljoene der miljoene. Ek

het hulle hard hoor 12 uitroep: “Die Lam wat geslag was, is

waardig om die mag en rykdom, die wysheid en sterkte,

die eer, heerlikheid en lof te ontvang.”13 Die hele skepping, alles in die hemel en op die aarde en

onder die aarde en op die see, ja, alles wat daar is, het ek

hoor sê: “Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam,

behoort die lof en die eer, die heerlikheid en die krag, tot

in alle ewigheid.”14 Die vier lewende wesens het gesê: “Amen!” En die

ouderlinge het gekniel en God aanbid.

Page 5: DIE LEEU DIE LAMnhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2019/10/Hoofstuk-5.pdf · Hoofstuk 5: 1 In die regterhand van Hom wat op die troon sit, het ek 'n boekrol gesien wat aan die voor-

Hoofstuk 5: Kernwoorde

Trompet: Musiek-instrument van brons.

Mense het dit geblaas.

Die Gees: Die Here stuur sy Gees uit die

hemel om te doen wat die Here wil hê.

Karneool: ’n Rooi klippie.

Smarag: ’n Groen klippie. Dit is baie

kosbaar.

Ouderlinge: Leiers in die Christelike

gemeentes. Hulle werk was om oor die

gemeentes te regeer.

Kroon: ’n Koning of hoëpriester se hoed.

Fakkels: Die mense het lappe om die

punte van stokke gedraai en hulle het die

lappe in olyf-olie gedruk. Dan het hulle dit

aan die brand gesteek om lig te maak.

Fakkels: Die mense het lappe om die punte

van stokke gedraai en hulle het die lappe in

olyf-olie gedruk. Dan het hulle dit aan die

brand gesteek om lig te maak.

Die Sewe Geeste: Die Heilige Gees.

Kristal: ’n Harde klip. ’n Mens kan deur die

klip sien.

Almagtige: Die Naam “God die Almagtige”

of “Almagtige God” of “Almagtige” is een van

die Name vir die Here. Dit beteken dat Hy

alles kan doen wat Hy wil doen.

Heilig: Net die Here is heilig. Hy is anders as

mense en Hy is belangriker as gode en

mense. Hy is die heilige God en sy Naam is

heilig. Jesus is ook heilig, want Hy is die Here.

Eer: Wanneer mense die Here eer, dan

respekteer en dien hulle Hom.

Page 6: DIE LEEU DIE LAMnhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2019/10/Hoofstuk-5.pdf · Hoofstuk 5: 1 In die regterhand van Hom wat op die troon sit, het ek 'n boekrol gesien wat aan die voor-

Hoofstuk 5:1

o Hoofstuk 4 – Skepper / Hoofstuk 5 -Verlosser

o Toe kom Jesus in die hemel aan.

o God het in sy regterhand ʼn boekrol – dit is sy raadsplan, maar dit is gesluit.

o Regterhand is simbolies van krag en gesag.

o Boekrol is vol geskryf – die geskiedenis.

o Boekrol het sewe seëls. Met die breek van die seëls – een vir een, word ‚n

groter deel openbaar gemaak.

o Dink aan die beeld van Domitianus in Efese. Hy hou boekrol in sy regterhand

vas as simbool daarvan dat hy die geskiedenis in sy hand hou.

o Boekrol kan verskillende betekenisse hê: (i) Lam se boek van die Lewe met die

name van almal wat gered sal word, (ii) Tora – die wet van God, (iii) testament

met die name van die erfgename, (iv) egskeidingsbrief: Jesus skei met die ou

Jerusalem en trou met die nuwe Jerusalem, (v) kontrak met sewe seëls (getuies)

inhou aan die binnekant en opsomming aan die buitekant, (vi) God se plan om

verlossing en oordeel.

Page 7: DIE LEEU DIE LAMnhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2019/10/Hoofstuk-5.pdf · Hoofstuk 5: 1 In die regterhand van Hom wat op die troon sit, het ek 'n boekrol gesien wat aan die voor-

Hoofstuk 5: 2-3

o Voor en agter is volgeskryf net soos in die geval van kontrak.

o SEWE seëls, volledig geslote.

o Die oopmaak van die boekrol word gekoppel aan Christus se oorwinning

as die Lam.

o Die streng engel roep met ‘n harde stem, sodat almal op aarde dit kan

hoor.

o Sterk engel tree drie keer in Openbaring op en elke keer by ‘n beslissende

oomblik: (i) 5:2 – die ontvouing van die toekomsgeskiedenis, (ii) 10: 1-2 –

by die oopmaak van die opgerolde boekrol en (iii) 18:21 – by die

aankondiging van die vernietiging van Babilon.

o Niemand in die tipiese Joodse drielaagheelal kon die boekrol oopmaak nie:

(i) hemel – bonatuurlike wesens, (ii) aarde – mensewêreld en (iii)

onderaardse – waar die geeste woon.

Page 8: DIE LEEU DIE LAMnhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2019/10/Hoofstuk-5.pdf · Hoofstuk 5: 1 In die regterhand van Hom wat op die troon sit, het ek 'n boekrol gesien wat aan die voor-

Hoofstuk 5: 4-5

o Johannes begin huil, niemand kan die boekrol oopmaak nie. As die boekrol

nie oopgaan nie, regeer God nie, dan is sy Raadsplan nie in werking nie.

o Johannes wou sien waarheen die geskiedenis op pad is. Hy wou weet wat

gaan gebeur.

o ń Leeu uit die stam van Juda is oppad = Jesus.

o Leeu dui op Jesus se oorwinning / Goddelikheid.

o Lam dui op dat Hy geslag is – die oorwinning behaal het.

o Aangrypende Christologie: Jesus is die leeu uit die stam van Juda

o Een van die 24 Ouderlinge kan dit nie vat dat Johannes huil nie, daar is nog

hoop: die Leeu uit die stam van Juda!

o Die verwagting was dat die Messias ‘n militere oorwinning sou behaal

(daarom die Leeu), maar dit was eerder ‘n geestelike oorwinning (daarom

die lam wat geslag is).

Page 9: DIE LEEU DIE LAMnhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2019/10/Hoofstuk-5.pdf · Hoofstuk 5: 1 In die regterhand van Hom wat op die troon sit, het ek 'n boekrol gesien wat aan die voor-

Hoofstuk 5: 6-7

o Jesus is nie letterlik die lam nie, dit is beeldspraak.

o Jesus het gesterf en nou leef hy = oorwinning, daarom kan hy die boekrol

oopmaak.

o Sewe oë = sewe geeste.

o Sewe horings = hy het alle mag.

o Aangrypende Christologie: Jesus is die oorwinningslam wat geslag is.

o Aangrypende Christologie: Jesus tree op as Middelaar om die boekrol by

die Vader oor te neem.

o Lam staan tussen die vier lewende wesens en die 24 ouderlinge. Die Leeu

is ‘n Lam. Nie deur militere oorwinning nie, maar deur geslag te word. Hy

is koning (messias) deur die kruis (verlosser).

o Lam kom 29 keer in Openbaring voor en is 28 keer Christus.

Page 10: DIE LEEU DIE LAMnhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2019/10/Hoofstuk-5.pdf · Hoofstuk 5: 1 In die regterhand van Hom wat op die troon sit, het ek 'n boekrol gesien wat aan die voor-

Hoofstuk 5: 8-10

o As Jesus die boekrol in ontvangs neem breek daar ʼn hemelse erediens.

o Sing nuwe lied = dankbaar dat Hy ons vrygekoop het. Ouderlinge + engele

+ hele skepping sing drie aangrypoende liedere: (i) deur die ouderling en

vier lewende wesens (5:8-10) (ii) engelekoor (5:11-12) (iii) hele skepping

(5:13-14)

o Neerval in aanbidding is tipiese Joodse aanbiddingsvorm – eerbetoon.

o Harp is ʼn aanbiddingsonstrument.

o Goue Bakke vol wierook = gebede = die soet reuk beteken die offer is vir

God aanneemlik = mense se gebede het ʼn invloed op die koers wat God

die geskiedenis laat inslaan.

o Die nuwe lied besing die oorwinning – die nuwe hemel en die nuwe aarde

en die nuwe Jerusalem.

o Die nuwe lied: (i)

o Omdat die Lam geslag is, is hy waardig om die boekrol oop te maak.

o As gevolg van die oorwinning kry ons ook nuwe status: konings en

Page 11: DIE LEEU DIE LAMnhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2019/10/Hoofstuk-5.pdf · Hoofstuk 5: 1 In die regterhand van Hom wat op die troon sit, het ek 'n boekrol gesien wat aan die voor-

Hoofstuk 5: 11-14

o Omdat die Lam geslag is, is hy waardig om die boekrol oop te maak.

o As gevolg van die oorwinning kry ons ook nuwe status: konings en

priesters.

o Aangrypende Christologie: Jesus word as God aanbid.

o Almal sluit aan by die hemelse erediens – ook al die baie engele –

miljoene & miljoene = sover jy kon sie, was daar engele – ontelbaar baie –

beklemtoon die grootsheid van die visioen.

o Die Vader en die Lam word saam aanbid – „Ek en die Vader is een”

(Johannes 10:30).

o Sewe voudige lofprysing: mag, rykdom, wysheid, sterte, eer, heerlikheid en

lof.