die lekkerste werk nÓg…intervention.roodie.co.za/assets/files/gr11... · alkoholiste het nie...

14
Bladsy 16 van 94 AKTIWITEIT 2 (GRAAD 11) Lees die onderstaande artikel goed deur en beantwoord die vrae wat volg. DIE LEKKERSTE WERK NÓG… 1. Die skrywer Frenette van Wyk vra nie wat die lewe haar kan bied nie, maar eerder wat sy het om die lewe te bied. 2. Van die eerste keer toe haar ma haar biblioteek toe geneem het tot die goeie kommentaar wat sy later by haar Afrikaanse taalonderwysers vir haar opstelle gekry het, als was saadjies wat haar liefde vir boeke en skryf in haar laat ontkiem het. Reeds op 12 het sy haar ma se boeke begin lees. “Ek het baie dikwels vir my boeties sprokies gelees toe hulle klein was en vir my sussie het ek die boekklub se liefdesverhale hardop gelees.” 3. ʼn Paar hoofrolle in skoolkonserte het haar laat droom om aktrise te word. Daar was ook drome om model te wees omdat sy toe reeds graag mooi aangetrek het. Sy wou ook ʼn lugwaardin word om sodoende eksotiese plekke te sien. Ten spyte van al hierdie drome, het sy na skool haar graad in onderwys aan Universiteit Johannesburg behaal. Dit was op universiteit wat sy haar man, Etienne, ontmoet het. Hulle is nou al 30 jaar getroud. Sy was vir ses jaar in die onderwys, maar het die onderwys verlaat toe haar eie kinders klein was. 4. As ywerige leser het dit haar baie keer gefrustreer wanneer sy soms vervelige boeke gelees het. Eendag, toe sy al in haar dertigerjare was, het ʼn vriendin vir haar gesê: “Maar waarom skryf jy nie self boeke nie?” Sy was baie opgewonde oor hierdie idee en het dadelik begin skryf. Kort daarna het sy haar eerste boek gepubliseer. 5. Verskillende dinge gee haar ʼn idee vir ʼn nuwe storie. Sy moes ʼn maskerdans reël vir haar seun se 21ste verjaardagpartytjie, en dit het haar die idee gegee vir haar roman, Maskerdans. ʼn Foto in ʼn tydskrif van ʼn Italiaanse villa wat te koop was, het haar inspireer om haar 3de roman, ʼn Roos In Ruil Vir As, te skryf. Nadat sy oor ʼn held en ʼn heldin asook die agtergrond besluit het, hou sy daarvan om navor sing te doen oor alle ander inligting wat nodig kan wees. Die internet is altyd ʼn goeie bron vir navorsing, maar sy hou daarvan om dinge self te sien en te beleef. Vir haar nuutste roman het sy twee donkie-rehabilitasiesentrums in die Kaap besoek, op ʼn donkiekar ʼn dorpstoer deur Beaufort-Wes gedoen en ook op ʼn tweedag-donkiekar- toer deur die Sederberge gereis. 6. Heeltemal tereg wys sy daarop dat redigering ʼn essensiële deel van die skryfproses is. Sy redigeer elke deel wat sy geskryf het eers die volgende keer voor sy voortgaan met die volgende deel van die storie. Frenette weet dat geen suksesvolle storie ʼn maklike taak is nie. Met elke boek begin die harde werk van voor af. Dis telkens ʼn nuwe uitdaging om alles saam te laat werk om die lesers van die begin tot die einde te boei en die held en heldin saam in ʼn gelukkige verhouding te laat eindig. 7. Hoewel dit harde werk is, bly dit vir haar die lekkerste werk wat sy ooit kon droom om te doen. Selfs al was sy al moedeloos as sy ʼn manuskrip oor en oor moes GRAAD 11 TUISWERK 7 - 11 APRIL 2020

Upload: others

Post on 20-Jul-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: DIE LEKKERSTE WERK NÓG…intervention.roodie.co.za/assets/files/Gr11... · alkoholiste het nie omgegee wat om hulle aangaan nie. Billy het nooit moed opgegee nie. Hy het altyd gedroom

Bladsy 16 van 94

AKTIWITEIT 2 (GRAAD 11) Lees die onderstaande artikel goed deur en beantwoord die vrae wat volg.

DIE LEKKERSTE WERK NÓG…

1. Die skrywer Frenette van Wyk vra nie wat die lewe haar kan bied nie, maar eerder wat sy het om die lewe te bied.

2. Van die eerste keer toe haar ma haar biblioteek toe geneem het tot die goeie

kommentaar wat sy later by haar Afrikaanse taalonderwysers vir haar opstelle gekry het, als was saadjies wat haar liefde vir boeke en skryf in haar laat ontkiem het. Reeds op 12 het sy haar ma se boeke begin lees. “Ek het baie dikwels vir my boeties sprokies gelees toe hulle klein was en vir my sussie het ek die boekklub se liefdesverhale hardop gelees.”

3. ʼn Paar hoofrolle in skoolkonserte het haar laat droom om aktrise te word. Daar was

ook drome om model te wees omdat sy toe reeds graag mooi aangetrek het. Sy wou ook ʼn lugwaardin word om sodoende eksotiese plekke te sien. Ten spyte van al hierdie drome, het sy na skool haar graad in onderwys aan Universiteit Johannesburg behaal. Dit was op universiteit wat sy haar man, Etienne, ontmoet het. Hulle is nou al 30 jaar getroud. Sy was vir ses jaar in die onderwys, maar het die onderwys verlaat toe haar eie kinders klein was.

4. As ywerige leser het dit haar baie keer gefrustreer wanneer sy soms vervelige

boeke gelees het. Eendag, toe sy al in haar dertigerjare was, het ʼn vriendin vir haar gesê: “Maar waarom skryf jy nie self boeke nie?” Sy was baie opgewonde oor hierdie idee en het dadelik begin skryf. Kort daarna het sy haar eerste boek gepubliseer.

5. Verskillende dinge gee haar ʼn idee vir ʼn nuwe storie. Sy moes ʼn maskerdans reël vir

haar seun se 21ste verjaardagpartytjie, en dit het haar die idee gegee vir haar roman, Maskerdans. ʼn Foto in ʼn tydskrif van ʼn Italiaanse villa wat te koop was, het haar inspireer om haar 3de roman, ʼn Roos In Ruil Vir As, te skryf. Nadat sy oor ʼn held en ʼn heldin asook die agtergrond besluit het, hou sy daarvan om navorsing te doen oor alle ander inligting wat nodig kan wees. Die internet is altyd ʼn goeie bron vir navorsing, maar sy hou daarvan om dinge self te sien en te beleef. Vir haar nuutste roman het sy twee donkie-rehabilitasiesentrums in die Kaap besoek, op ʼn donkiekar ʼn dorpstoer deur Beaufort-Wes gedoen en ook op ʼn tweedag-donkiekar-toer deur die Sederberge gereis.

6. Heeltemal tereg wys sy daarop dat redigering ʼn essensiële deel van die skryfproses

is. Sy redigeer elke deel wat sy geskryf het eers die volgende keer voor sy voortgaan met die volgende deel van die storie. Frenette weet dat geen suksesvolle storie ʼn maklike taak is nie. Met elke boek begin die harde werk van voor af. Dis telkens ʼn nuwe uitdaging om alles saam te laat werk om die lesers van die begin tot die einde te boei en die held en heldin saam in ʼn gelukkige verhouding te laat eindig.

7. Hoewel dit harde werk is, bly dit vir haar die lekkerste werk wat sy ooit kon droom

om te doen. Selfs al was sy al moedeloos as sy ʼn manuskrip oor en oor moes

GRAAD 11 TUISWERK 7 - 11 APRIL 2020

Page 2: DIE LEKKERSTE WERK NÓG…intervention.roodie.co.za/assets/files/Gr11... · alkoholiste het nie omgegee wat om hulle aangaan nie. Billy het nooit moed opgegee nie. Hy het altyd gedroom

Bladsy 17 van 94

herskryf, het sy geleer dat as daar ʼn roepstem in jou hart is om te skryf, jy nie sal kan ophou nie, ongeag die probleme wat opduik.

8. Sy wil graag deur haar boeke vir lesers sê dat mens die lewe wat jy ontvang, moet

geniet, jou lewensdoel moet ontdek en uitleef en jou drome en talente moet ontwikkel. Daar is altyd nuwe hoop, nuwe drome en nuwe planne vir jou lewe.

9. Frenette van Wyk is definitief iemand met integriteit wat haar eie lewensfilosofie

uitleef! [Aangepas uit: Vrouekeur, 6 Julie 2018

1.1 Haal EEN woord uit die titel aan wat impliseer dat Frenette ook

al ander werk gedoen het. (1) 1.2 Wat het Frenette se ma gedoen om ʼn liefde vir boeke by haar te

kweek? (1) 1.3 Frenette van Wyk is ʼn enigste kind.

Haal ʼn sin uit paragraaf 2 aan wat bogenoemde stelling ONWAAR bewys. (1)

1.4 Het Frenette altyd geweet dat sy eendag ʼn skrywer wou word?

Verduidelik jou antwoord. (1)

1.5 Frenette het na skool onderwys studeer.

1.5.1 Aan watter universiteit het Frenette studeer? (1) 1.5.2 Waarom, dink jy, het Frenette ophou skoolgee toe haar kinders klein was? (1)

1.6 Verduidelik die betekenis van die onderstreepte woord:

“As ywerige leser het dit haar baie keer gefrustreer as sy vervelige boeke gelees het.” (paragraaf 4) (1)

1.7 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (1.7) en die antwoord (A-D) neer. ʼn Foto in ʼn tydskrif het Frenette inspireer om haar 3de roman te skryf. Hieruit kan ons aflei dat … A Frenette baie tydskrifte lees. B Frenette haar inspirasie in die alledaagse lewe vind. C haar 3de roman oor fotografie gehandel het. D sy baie van die foto gehou het. (1)

Page 3: DIE LEKKERSTE WERK NÓG…intervention.roodie.co.za/assets/files/Gr11... · alkoholiste het nie omgegee wat om hulle aangaan nie. Billy het nooit moed opgegee nie. Hy het altyd gedroom

Bladsy 18 van 94

1.8 Noem TWEE dinge waaroor Frenette moet besluit voordat sy navorsing vir haar roman kan doen. (2)

1.9 “Die internet is altyd ʼn goeie bron vir navorsing…” (paragraaf 5)

1.9.1 Stem jy saam met hierdie stelling? Verduidelik. (1) 1.9.2 Noem die twee plekke in Suid-Afrika waar Frenette navorsing vir haar nuutste roman gedoen het. (2) 1.9.3 Na aanleiding van haar navorsing, wat dink jy is die agtergrond van haar nuwe roman? (1)

1.10 Wat is, volgens Frenette, ʼn essensiële deel van die

skryfproses? (1) 1.11 Verduidelik hoe jou antwoord in 1.10 graad 11-leerders kan

help om hul eie skryfwerk te verbeter. (1) 1.12 Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Skryf slegs

die vraagnommer (1.12) en die korrekte woord neer. Frenette weet dat dit nie maklik is om te skryf nie. Sy is dus (realisties/onrealisties) oor die skryfproses. (1)

1.13 Haal ʼn sinsdeel uit paragraaf 6 aan wat vir ons sê dat Frenette

meestal boeke met ʼn romantiese tema skryf. (1) 1.14 Noem DRIE lewenslesse wat Frenette vir haar lesers wil leer deur

middel van haar boeke. (paragraaf 8) (3) 1.15 Dink jy dat almal van Frenette se romans sal hou?

Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1)

1.16 “Frenette van Wyk is definitief iemand met integriteit wat haar

eie lewensfilosofie uitleef.” (paragraaf 9) Noem TWEE eienskappe van iemand met integriteit. (2)

Page 4: DIE LEKKERSTE WERK NÓG…intervention.roodie.co.za/assets/files/Gr11... · alkoholiste het nie omgegee wat om hulle aangaan nie. Billy het nooit moed opgegee nie. Hy het altyd gedroom

Bladsy 19 van 94

GRAFIEK TEKS B Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

[Grafieka24]

1.17 Watter visuele tegniek word gebruik om aan te dui dat KZN

die meeste totale aantal skole het? (1)

1.18 Watter provinsie het die meeste Afrikaans skole? (1) 1.19 Gee ʼn moontlike verklaring vir jou antwoord in 1.18. (1)

Page 5: DIE LEKKERSTE WERK NÓG…intervention.roodie.co.za/assets/files/Gr11... · alkoholiste het nie omgegee wat om hulle aangaan nie. Billy het nooit moed opgegee nie. Hy het altyd gedroom

Bladsy 37 van 94

AKTIWITEIT 3 (GRAAD 11) INSTRUKSIES 1. Som die SEWE maniere waarop jy jou brein jonk kan

hou, in jou EIE VOLSINNE op. 2. Skryf die maniere PUNTSGEWYS neer. 3. Skryf slegs EEN manier per punt neer. 4. Nommer die maniere van 1-7. 5. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie. 6. Dui die korrekte getal woorde aan die einde van jou

opsomming aan.

GEE JOU BREINKRAG ʼn HUPSTOOT Ons almal wil ons brein jonk hou, maar werk dit regtig om suduko’s in te vul en kan blokkiesraaisels keer dat jou brein agteruitgaan? Luisa van der Linde het na onlangse navorsing gaan kyk. ʼn Studie wat onder senior vrywilligers gedoen is, het bevind dat hul kognitiewe vermoëns dieselfde gebly het. Dié goeie resultate is omdat vrywillige werk hulle gedwing het om te sosialiseer. Wat jy ookal doen, probeer dit saam met ander mense doen. Verskeie studies toon dat oefening help om jou brein jonk te hou. Dit verbeter suurstof- en bloedtoevoer na die brein en verbeter jou kognitiewe funksie. Fisieke oefening help veral die frontale breinlob, verantwoordelik vir moeilike vaardighede. Daar is kliniese bewyse dat ʼn positiewe, dankbare lewenshouding asook spiritualiteit ʼn invloed op kognitiewe gesondheid het. Probeer om altyd die goeie kant van ʼn saak te sien – dit kan jou brein jonk hou. Meditasie verbeter ʼn mens se aandag en konsentrasie, omdat dit jou stresvlakke kan beheer. Dit is ook belangrik om genoeg te slaap. Slaap is nodig om die brein se korttermyngeheue leeg te maak en vir nuwe inligting plek te maak. ʼn Slapie verbeter prestasie, konsentrasie en oordeelsvermoë. Leer ʼn nuwe taal aan. Navorsing toon dat meertaligheid help om die brein fiks te hou. Dit sal jou brein uitdaag. Dis ʼn nuwe ervaring en een van die beste aktiwiteite om jou brein jonk te hou. Doen ou dinge anders. As jou brein ʼn taak verrig wat jy al voorheen gedoen het, doen jy dit waarskynlik outomaties. Jy doen dit sonder om eers te dink. As jy iets op ʼn nuwe manier probeer doen, is dit soos oefening vir jou brein.

[Aangepas uit: Vrouekeur, 29 Junie 2018

AKTIWITEIT 4 LEES DIE ONDERSTAANDE WERK DEEGLIK DEUR

2 opsomming

34

Page 6: DIE LEKKERSTE WERK NÓG…intervention.roodie.co.za/assets/files/Gr11... · alkoholiste het nie omgegee wat om hulle aangaan nie. Billy het nooit moed opgegee nie. Hy het altyd gedroom

Bladsy 48 van 94

By die skool het almal geweet dat die Anderson broers honger ly en dat hulle nie

aan sport of ander aktiwiteite kon deelneem nie, omdat hulle niks kon bekostig

nie. As Billy moeg tuisgekom het, nadat hy gaan grassny het of karre gaan was

het na skool, moes hy boonop die huis skoonmaak en self kosmaak, want die twee

alkoholiste het nie omgegee wat om hulle aangaan nie.

Billy het nooit moed opgegee nie. Hy het altyd gedroom van ‘n beter toekoms. Min

het hy geweet dat sy droom eendag sou waar word. Hy het ‘n volle beurs gekry

om vir ‘n elektriese ingenieur te gaan studeer.

Hy kon sy ouers se skuld betaal, sy moeder en broer stuur vir behandeling vir

hulle afhanklikheidsprobleme en vandag het hy sy eie besigheid, waar hy werk

verskaf aan baie ander mense.

Met die wil en die uithouvermoë, kan enige mens bo die omstandighede uitstyg.

Aanhouer wen. [297 woorde]

3. Hersien, redigeer, en proeflees jou opstel

Die opstel hierbo was reeds hersien, geredigeer en geproeflees. Wat beteken hierdie stappe? As jy jou opstel hersien, kyk jy krities na jou eie poging. Jy vra vir jouself: “Kom my persoonlike styl deur? Het ek

genoeg beskrywende woorde gebruik? Is my sinstrukture reg?”

Redigering is die kontrolering en polering van ‘n teks. Vra jouself af:

Is my spelling en punktuasie perfek? Het ek die beste woorde gebruik? Het elke paragraaf ‘n kerngedagte wat verder

uitgebrei is? Het ek die beste verbindingswoorde gekies in elke

paragraaf? Het ek enkelvoudige, saamgestelde en veelvoudige

sinne gebruik? Hoe kan ek die teks nog verbeter? Kan dit beter afgerond word?

Dis ‘n kwessie van skryf, gedeeltes herskryf, lees en herlees todat jy tevrede is met jou finale poging.

4.1 SKRYF 'N VRIENDSKAPLIKE BRIEF AAN EMILY, BILLY SE VRIENDIN, WAARIN HY HAAR VERTEL HOE HY NA DIE LEWE OP UNIVERSITEIT UITSIEN. JOU SKRYFSTUK BEHOORT ONGEVEER 120 WOORDE TE WEES. MAAK SEKER VAN DIE FORMAAT.

4.2 SKRYF 'N DIALOOG TUSSEN BILLY EN SY MA WAARIN HY HAAR VAN DIE GOEIE NUUS OOR DIE BEURS EN VOORNEMENS VERTEL. JOU SKRYFSTUK BEHOORT ONGEVEER 120 WOORDE TE WEES. MAAK SEKER VAN DIE FORMAAT.

Page 7: DIE LEKKERSTE WERK NÓG…intervention.roodie.co.za/assets/files/Gr11... · alkoholiste het nie omgegee wat om hulle aangaan nie. Billy het nooit moed opgegee nie. Hy het altyd gedroom

Bladsy 51 van 94

Aktiwiteit 3 Graad 10: Kies ‘n bekende sprokie soos Rooikappie, of ‘n sprokie van jou keuse en herskryf dit as ‘n riller. Graad 11: Gebruik die gedig Saalhulp as ‘n vertrekpunt en skryf ‘n opstel oor hoe moderne kinders nie hulle pligte teenoor hul bejaarde ouers nakom nie. Graad 12: Neem ‘n koerantopskif van jou keuse en neem dit as vertrekpunt vir ‘n opstel. Handig ‘n kopie van die berig saam met jou opstel in.

5

Skryf bogenoemde opstel. Jy opstel behoort 250 woorde te wees.

Page 8: DIE LEKKERSTE WERK NÓG…intervention.roodie.co.za/assets/files/Gr11... · alkoholiste het nie omgegee wat om hulle aangaan nie. Billy het nooit moed opgegee nie. Hy het altyd gedroom

Bladsy 53 van 94

Skryf ‘n konsep

1. Skryf ‘n eerste poging en hou die doel, teikengroep, onderwerp en tekssoort

in gedagte 2. Organiseer idees in ‘n logiese volgorde 3. Skep ‘n persoonlike styl volgens die formaat. 4. Lees eerste konsep krities deur

Botha straat 1 Pretoria 2001 25 Februarie 2019 Beste Jean Xxxxx Kan jy glo dis al amper die derde maand van die jaar? Vriendin ek het jou raad nodig. Ek het ‘n probleem met my verhouding met ‘n vriend in die klas..... Xxxxx Ek kan regtig nie meer met Armand oor die weg kom nie. Hy irriteer my verskriklik. Kan jy dink dat hy my elke dag uitvra vir ‘n fliek en elke dag weier ek. Wat is fout met hom?..... Xxxxx Ek het al in die moeilikheid beland omdat hy my pla tydens klas.... Xxxxx Groete aan jou ouers Xxxxx Jou vriendin Sanmarie

VOORBEELD VAN VRIENDSKAPLIKE BRIEF

Page 9: DIE LEKKERSTE WERK NÓG…intervention.roodie.co.za/assets/files/Gr11... · alkoholiste het nie omgegee wat om hulle aangaan nie. Billy het nooit moed opgegee nie. Hy het altyd gedroom

Bladsy 76 van 94

AFDELING D 4.1 WOORDORDE

S V1 T O M P V2 I subject

wie/wat? verb

1 time

wanneer? manner

wie/wat?

place hoe?

place waar?

verb 2 infinitief rede

Die orkes Die orkes Die band

oefen het sal

elke dag elke dag elke dag

die musiek die musiek die musiek

baie goed baie goed baie goed

in die saal in die saal in die sal

geoefen oefen

om vir die kompetisie voor te berei. om vir die kompetisie voor te berei. om vir die kompetisie voor te berei.

*Wanneer daar net ’n hoofwerkwoord in die sin is, dan is hierdie werkwoord V1.

*Wanneer daar ’n hulpwerkwoord en koppelwerkwoord (is/was/SAL/SOU, KAN/KON, WIL/WOU,MET/MOES, HET,MAG) in die sin is, dan is die hulpwerkwoord V1 en die hoofwerkwoord V2.

*Jy kan met enigiets anders as die S (voorwerp) begin, maar dan moet die V1 (werkwoord) volgende gebruik word.

Bv. T – Elke dag oefen die orkes die musiek baie goed in die saal om vir die kompetisie voor te berei.

I – Om vir die kompetisie voor te berei, oefen die orkes die musiek elke dag baie goed in die saal.

“STOMPI” HELP JOU OM

WOORDORDE KORREK TE GEBRUIK

Page 10: DIE LEKKERSTE WERK NÓG…intervention.roodie.co.za/assets/files/Gr11... · alkoholiste het nie omgegee wat om hulle aangaan nie. Billy het nooit moed opgegee nie. Hy het altyd gedroom

Bladsy 77 van 94

Aktiwiteit 1: Gr. 10

Skryf die volgende sinne en gebruik die korrekte woororde:

1. (die juwele) (om seker te maak dat hulle blink) (in die winkel) (ernstig) (poleer) (Die juwelier). ________________________________________________________________________________________________________________________________

2. (eet) (want ons heg waarde daaraan) (Ons familie) (elke Kersfees) (by my ouma). ________________________________________________________________________________________________________________________________

3. (kliphard) (in die son) (Die sokkerspan) (om seker te maak dat hulle fiks genoeg is) (elke Woensdag) (oefen).

Aktiwiteit 2: Gr. 11

Skryf die volgende sinne oor en gebruik die korrekte woororde:

1. (om uit te vind of hy skuldig is) (die verdagte) (bevraagteken) (in die hof) (ernstig) (Die regter). ________________________________________________________________________________________________________________________________

2. (om die gebeure van die week te bespreek) (Ons gesin) (vergader) (elke Sondag) (by ons huis). ________________________________________________________________________________________________________________________________

3. (vars pannekoeke) (Die smous) (om die week lekker af te skop) (elke Maandag) (verkoop). ________________________________________________________________________________________________________________________________

Aktiwiteit 3 : Gr. 12

Skryf die volgende sinne oor en gebruik die korrekte woororde:

1. (nooit) (Die twee tieners) (na ’n restaurant) (alleen) (gaan) ( om te kuier nie). ________________________________________________________________________________________________________________________________

2. (bak) (die vrou) (in die kombuis) (’n sjokoladekoek) (om haar kind te verras)

(vining). ________________________________________________________________________________________________________________________________

3. (piepie) (sal) (op die mat) (Die stoute hondjie).

________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 11: DIE LEKKERSTE WERK NÓG…intervention.roodie.co.za/assets/files/Gr11... · alkoholiste het nie omgegee wat om hulle aangaan nie. Billy het nooit moed opgegee nie. Hy het altyd gedroom

Bladsy 79 van 94

WOORDORDE

Aktiwiteit 4 (Graad 10-12)

4.1 Skryf die sin oor en gebruik die regte woordorde:

Die horlosie tik baie hard terwyl die leerders eksamen skryf. Begin so: Terwyl die leerders eksamen….

4.2 Rangskik die groepe woorde tussen hakies in de korrekte volgorde.

Die manne kuier (om die vuur) (baie lekker) (die hele middag). Begin so: Die manne kuier… 4.3 Skryf die sin oor en begin met die VETGEDRUKTE woorde: Ouma vier haar verjaarsdag een keer per jaar. Begin so: Een keer per jaar… 4.4 Rangskik die woorde tussen hakies in die KORREKTE VOLGORDE.

Skryf die hele sin uit. Hamlet en Sofia stap (na die park toe) (rustig) (elke week).

4.5 Skryf die sin oor. Begin met die vetgedrukte woorde: Hamlet en Sofia sit elke dag op die boomstomp.

4.6 Rangskik die groepe woorde tussen hakies in die korrekte volgorde. Skryf die hele sin oor. Die oupa en die seun sit (baie bang) (in die kar) (al die hele dag).

4.7 Skryf die sin oor. Begin met die vetgedrukte woorde.

Die toeriste sien die leeus elke oggend. 4.8 Skryf die sin met die KORREKTE woordorde oor. Die kinders gaan haastig na die park toe elke oggend.

Begin so: die kinders gaan…

Let op die verskillende maniere waarop

woordorde in ‘n vraestel gevra kan word.

VOLTOOI DIE AKTIWITEIT

Page 12: DIE LEKKERSTE WERK NÓG…intervention.roodie.co.za/assets/files/Gr11... · alkoholiste het nie omgegee wat om hulle aangaan nie. Billy het nooit moed opgegee nie. Hy het altyd gedroom

Bladsy 80 van 94

4.9 Verbeter die woordordefout.

Eric wil saam gaan met sy maats na die matriekpartytjie toe. Begin so: Eric wil saam… 4.10 Rangskik die volgende groepe woorde tussen hakies in die korrekte volgorde. Skryf die hele sin uit. Jannie se pa sit (voor die TV) (sonder skoene) (heeldag) 4.11 Verbeter die woordordefout:

Ampie voel dadelik beter omdat hy sal ‘n bietjie ontspan.

4.12 Skryf die sin korrek oor en begin soos aangedui:

By die huis moenie elektrisiteit mors nie. Begin so: Moenie… 4.13 Verbeter die woordordefout:

Thembisie was geskok toe Cell C het haar vir ‘n oudisie genooi. Begin so: Thembisie was geskok toe Cell C… 4.14 Verbeter die woordorde: Buite die kar Dawie staan. 4.15 Verander in ‘n stelsin:

Bestel Dawie nog koeldrank? Begin so: Dawie…

4.16 Skryf die sin oor en begin soos aangedui: Langs die pad moenie stilhou nie. Begin so: Moenie… 4.17 Verbeter die woordodefout: Gisteraand Thabo het lekker partytjie gehou. 4.18 Verbeter die woordordefout: Thabo sê hy moeg is.

Page 13: DIE LEKKERSTE WERK NÓG…intervention.roodie.co.za/assets/files/Gr11... · alkoholiste het nie omgegee wat om hulle aangaan nie. Billy het nooit moed opgegee nie. Hy het altyd gedroom

Bladsy 81 van 94

4.19 Skryf die sin oor en korrigeer die woordorde: (hand haar sit) op sy voorkop.

4.20 Gee die regte woordorde:

Die een gordyn (hang skeef altyd) op die vloer.

4.21 Skryf die sin oor met die korrekte woordorde:

Hard Pieter en Tendani werk elke oggend. Begin so: Pieter en Tendani… 4.22 Verander die sin in ‘n stelsin: Gaan die kinders nog ‘n toets skryf. Begin so: Die kinders… 4.23 Verbeter die woordordefout: Toe hy sê vir my dis tamatiesous. 4.24 RANGSKIK die groepe woorde tussen hakies in die korrekte VOLGORDE. Skryf die hele sin oor. Die mans sit (om die kampvuurtjie) (saans) (doodmoeg) en gesels. Begin so: Die mans sit… 4.25 Skryf die sin oor en begin met die VETGEDRUKTE woord: Piet dra ‘n kortbroek, omdat dit so warm is. Begin so: Omdat… 4.26 Rangskik die woorde tussen hakies in die KORREKTE VOLGORDE: Sebastian (deur die tuinbedding) (hardloop) (nou vinnig) 4.27 Skryf die sin oor en verbeter die woordordefout:

Jamie kyk om en sien net dat hulle agter is ‘n paar honde kom, wat aangehardloop. 4.28 Rangskik die groepe woorde tussen hakies in die korrekte volgorde: Oupa sit (rustig) (op sy stoel) (vir ‘n rukkie) Begin so: Oupa sit…

Page 14: DIE LEKKERSTE WERK NÓG…intervention.roodie.co.za/assets/files/Gr11... · alkoholiste het nie omgegee wat om hulle aangaan nie. Billy het nooit moed opgegee nie. Hy het altyd gedroom

Bladsy 91 van 94

Aktiwiteit 2 : Graad 11

Die taalvrae wat volg is op die strokiesprent gebaseer Opsetlike spelfoute kom voor. Voer die instruksies by elke vraag uit:

2.1. Noem EEN visuele teken in Raampie 1 wat daarop dui dat Willie seergekry het

2.2. Gee die korrekte spelling vir reen en huistoe ( Raampie 3 )

2.3. Skryf die VERKLEINING vir maat ( Raampie 4 )

2.4. Hoe verskil Willie se gesigsuitdrukking in Raampie 2 van sy gesigsuitdrukking in

Raampie 6?