die moller krismisbode jaargang 4: 2014 · op n meer vrolike noot, was daar heelwat vieringe...

14
Die Moller Krismisbode Jaargang 4: 2014 ‘n Groot familie van jonk en oud, wat saam kan kuier (lekker eet!) en moeite doen om samekomste te reel, is so n groot voorreg! Vir diegene wat ver bly en nie hierdie Mollerfeeste kan bywoon nie, moenie dink ons vergeet van julle nie! Ons ruil lekker stories uit en word op hoogte gehou van hoe dit met almal gaan! Ons mis julle almal! Vir die wat ver is en nie weet nie, ons hou n kersspel – hier is n paar fotos van die moller winterfees en verlede jaar se kersete. In vandag se gejaagde tye, is dit so kosbaar om familie te he wat werklik omgee vir mekaar!

Upload: others

Post on 06-Oct-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Die Moller Krismisbode Jaargang 4: 2014 · Op n meer vrolike noot, was daar heelwat vieringe hierdie jaar. Baie welkom aan kleine Alic (wat alweer so groot is dat sy selfs nou al

Die Moller Krismisbode

Jaargang 4: 2014

‘n Groot familie van jonk en oud, wat saam kan kuier (lekker eet!) en moeite doen om samekomste te reel, is so n groot voorreg! Vir diegene wat ver bly en nie hierdie Mollerfeeste

kan bywoon nie, moenie dink ons vergeet van julle nie! Ons ruil lekker stories uit en word op hoogte gehou van hoe dit met almal gaan! Ons mis julle almal!

Vir die wat ver is en nie weet nie, ons hou n kersspel – hier is n paar fotos van die moller winterfees en verlede jaar se kersete.

In vandag se gejaagde tye, is dit so kosbaar om familie te he wat werklik omgee vir mekaar!

Page 2: Die Moller Krismisbode Jaargang 4: 2014 · Op n meer vrolike noot, was daar heelwat vieringe hierdie jaar. Baie welkom aan kleine Alic (wat alweer so groot is dat sy selfs nou al

Op n meer vrolike noot, was daar heelwat vieringe hierdie jaar.

Baie welkom aan kleine Alic (wat alweer so groot is dat sy selfs nou al haar tweede moller-

paartie bywoon)!

2014 was n baie

bedrywige jaar vir almal. Baie het gebeur

in elke gesin! Ook hartseer het ons nie

ontduik nie. Ons dink spesifiek aan Ouma

Joyce wat onlangs oorlede is. Sy was n

besonderse vrou en ek glo sy word reeds baie

gemis. Ons dink aan al

die Waits.

But wait, there’s more waits!! Baie geluk James,

Corne en Ane met die nuwe klein lyfie wat oppad is!

Lyk my Ane kan nie meer wag nie!

Page 3: Die Moller Krismisbode Jaargang 4: 2014 · Op n meer vrolike noot, was daar heelwat vieringe hierdie jaar. Baie welkom aan kleine Alic (wat alweer so groot is dat sy selfs nou al

Daar was twee mondigwordings ook. Baie geluk Sonja en Mieke!

Let op die blink motor…!

Deon en Saritza het ook groot verjaardae gevier. Hul het vakansie gehou in Phuket en Bangkok om hul naughty fourties te vier. Dit klink of hulle baie FUN gehad het!!

Die Kapenaars het ook al twee kinderpartytjies saam gevier, en dit was heerlik! Liam is nou 4, maar hier onder blaas hy kersies uit op sy 3e partytjie…

Ane het al die pad van Engeland gekom om haar 3e verjaardag hier te vier! (Ons het net vir James gemis!) Toevallig is daar geen fotografiese bewyse van hierdie partytjie nie, behalwe

dat Gideon gewys het hoe baie hy van kollewyntjies hou; en hoe Mari die papparazi natspuit met n watergeweer!

Page 4: Die Moller Krismisbode Jaargang 4: 2014 · Op n meer vrolike noot, was daar heelwat vieringe hierdie jaar. Baie welkom aan kleine Alic (wat alweer so groot is dat sy selfs nou al

Uit die mond van die …kleinkinders!:

Die vraag: wat is vir jou die heeeel beste van jou Moller - ouma en oupa?

En die antwoorde…

Cassie Anne: oupa se melkies en kersboom-bou saam met ouma.

Amelia: ouma se tekkies!

Helena: ouma se shake vroeg op n maandagoggend skooltoe; haar tee-liefde; en dan die

musse en serpe hier by ons in die winter.

Ane love glo Oupa Cassie se worsies en die roomys wat ouma mannetjie vir haar koop!

Emme geniet dit om Ouma se konsert te kyk en Oupa maak die lekkerste pap!

Maia geniet dit om saam met Ouma kaart te speel en Oupa se mielie pap.

Van Zyl: hy weet nie… en FC se die feit dat ouma saam met hom koek eet!

Mari se dis so lekker om saam met Ouma te make up. (my kap en jou kap..!)

Liam is mal daaroor om by Ouma-hulle te gaan swem (en haar lekkers uit haar kas te

steel!) en om in Oupa se bappie (bakkie) rond te ry.

Ania: dis as Ouma saam met hulle swem.

Bea se van haar ouma: “She is funny and laughs a lot.”

Page 5: Die Moller Krismisbode Jaargang 4: 2014 · Op n meer vrolike noot, was daar heelwat vieringe hierdie jaar. Baie welkom aan kleine Alic (wat alweer so groot is dat sy selfs nou al

Skoolnuus Emme en FC het hierdie jaar met hul skool loopbane begin! Lyk hulle nie te oulik in hul skoolklere nie?! Dit klink my Graad 1 was n bedrywige jaar, julle twee moet dus lekker vakansie hou, graad 2 is nie speletjies nie, ne!

Tannie Liesbet en tannie Charleen het vanjaar hul 50e skool reunie gehad. DIt is wonderlik!!

En raai raai wie is die jongste

EX-matie(s)?

Baie geluk Cassie en Jana met

jul grade! Cassie het werk gekry by n Hoerskool in

Melkbosstrand. Alle voorspoed

vorentoe vir julle!

Aan die anderkant, is Amelia nou

voorwaar oppad hoerskool toe! N regte tiener, gereed vir enige

uitdaging! Slim, sportief en immers die Namibiese redenaarskampioen!

Page 6: Die Moller Krismisbode Jaargang 4: 2014 · Op n meer vrolike noot, was daar heelwat vieringe hierdie jaar. Baie welkom aan kleine Alic (wat alweer so groot is dat sy selfs nou al

En die oulike hondjie is die nuwe Matie in die

familie…

Christiaan weier om afgeneem te word terwyl hy studeer…. Geen bewyse is dus gevind nie,

maar ons is baie bly dit het ook baie goed gegaan met sy studies hierdie jaar en wens hom baie sterkte toe vir die komende jaar!!

Verwikkelinge:

Ernst-hulle bou

nuwe eiendom in Struisbaai. (Ek hoop

dis reg Desember sodat ons kan kom

inloer!)

Willem hulle het ook n nuwe huis, glo met 360

grade see uitsig! Praat van n lucky fish!!

Page 7: Die Moller Krismisbode Jaargang 4: 2014 · Op n meer vrolike noot, was daar heelwat vieringe hierdie jaar. Baie welkom aan kleine Alic (wat alweer so groot is dat sy selfs nou al

Dan is daar natuurlik ook ouma Beulah wat haar eie DRUMMER gekry het! En hier is die

bewys:

Skielik het hierdie ouma n sosiale lewe wat vir niks skrik nie! Sy is maar skaars deesdae,

maar ons is bly hulle is gelukkig! Welkom, oom Anthony!

Toerderye:

Daar was verskeie trippies oor die waters hierdie jaar. Tannie Liesbet en Oom Eric het in Australie gaan kuier by Karin hulle. Die Van Der Merwes het bietjie deur Europa getoer, sowel

as Sonja. Deon en Saritza het Phuket en Bankok gaan beleef. Tannie Annetjie was in die Richtersveld en die Bassonne het darem so ver as Pokweni gekom.

Dit was omtrent n hoogtepunt om mekaar te sien op Kuranda.

Oom Eric

geniet n ruskansie in

Singapoer.

En wie is bang vir snorkel in die

Great Barrier Reef? Nie tannie Liesbet nie! Hier is sy op die Big

Mama!

Tannie Annetjie lyk of sy heerlik ontspan het

in die Richtersveld.

Page 8: Die Moller Krismisbode Jaargang 4: 2014 · Op n meer vrolike noot, was daar heelwat vieringe hierdie jaar. Baie welkom aan kleine Alic (wat alweer so groot is dat sy selfs nou al

Die van der Merwes het na Europa gereis in Mei hierdie jaar. Hier is Amelia by die

“motorhome” – hul toer-vervoer. Jos het glo toe eers WERKLIK besef hy is die enigste m an in sy gesin…

Hulle het ook by Koam verby gery!

Kyk net hoe bang is Jos!!

Dit lyk of hul redelik koud

gekry het!

Page 9: Die Moller Krismisbode Jaargang 4: 2014 · Op n meer vrolike noot, was daar heelwat vieringe hierdie jaar. Baie welkom aan kleine Alic (wat alweer so groot is dat sy selfs nou al

Nuus Flitse:

Moller met sy netjiese PIENK serp wat hy self gebrei het!

Moller het ook sy eie besigheid begin:

Audio Pimps Sy skuil naam is MOLraadwoltemade

Oom Eric het onlangs sleg geval en moes

n heup vervanging kry. Ons is dankbaar dit gaan baie goed met hom.

Charl en sy gesin word Australiese

burgers.

Willem het ook dit sleg getref en moes n rugoperasie ondergaan. Weereens is ons

baie bly dit gaan goed met hom.

Page 10: Die Moller Krismisbode Jaargang 4: 2014 · Op n meer vrolike noot, was daar heelwat vieringe hierdie jaar. Baie welkom aan kleine Alic (wat alweer so groot is dat sy selfs nou al

Helena het vroeer in die jaar n skiet

kompetisie gewen! Kan net dink hoe trots Jos moes wees!

Behalwe goeie skutte en jagters, het ons oneindige beskerming in die familie, want hierdie familie het n hele paar Superhelde!

Page 11: Die Moller Krismisbode Jaargang 4: 2014 · Op n meer vrolike noot, was daar heelwat vieringe hierdie jaar. Baie welkom aan kleine Alic (wat alweer so groot is dat sy selfs nou al

Ons het ook nuwe modelle in die familie:

Tannie Charlene gaan binnekort op n bootreis. Ons hoop tannie geniet elke oomblik

daarvan!

Tannie Tina het op 92 nog kans gesien om die Edelweiss konsert se teks te skryf met die tema: “Ons lewe”. Dit wil gedoen wees!

So n pragtige gesinnetjie!

Hier is n seuntjie wat nie wil tweede kom nie!

Tappies doen baie goed met sy eie besigheid. Mag 2015

net nog beter gaan, Tappies!

Page 12: Die Moller Krismisbode Jaargang 4: 2014 · Op n meer vrolike noot, was daar heelwat vieringe hierdie jaar. Baie welkom aan kleine Alic (wat alweer so groot is dat sy selfs nou al

Stephen wil ‘n ondersteunings groep

begin vir mans in die minderheid. Hy kry swaar tussen al die pienk in die huis.

Oom Cassie samel Fondse in vir die Rugby World Cup kaartjies volgende jaar in UK. Alle donasies welkom!!!

En laastens,

Dankie Deon en Saritza vir julle lekker huis vir die Moller-feeste! Dis lekker om so aan

ouma en oupa se langtafel te sit! Julle laat ons almal altyd baie tuis voel!

Geseende Kersfees aan almal, en ry asseblief veilig!

Page 13: Die Moller Krismisbode Jaargang 4: 2014 · Op n meer vrolike noot, was daar heelwat vieringe hierdie jaar. Baie welkom aan kleine Alic (wat alweer so groot is dat sy selfs nou al

Toets jou kennis!

Dwars:

1. Jos se speelding

2. Hy is super skaars

4. Ons eie model

5. Ses van hulle

6. Hy is super slim

7. The pressure cookie

8. Die currie-beker kom weer

9. Hy het nuwe huis op Struisbaai

10. Namibiese redenaarswenner

13. Alic se geselsies

17. Mari se pop se naam

20. n Moller-gunsteling nagereg

21. Oupa Tappies se motor

22. n Baie trotse pappa

23. Willem het n hele paar

Af:

2. Jesus se moeder

3. Hy het n nuwe heup

5. Hy bring die blye boodskap

8. Wag net vir hulle

11. n Woelige seuntjie

12. Tappies se wiele

14. Stiller as stil, en boonop ver

Page 14: Die Moller Krismisbode Jaargang 4: 2014 · Op n meer vrolike noot, was daar heelwat vieringe hierdie jaar. Baie welkom aan kleine Alic (wat alweer so groot is dat sy selfs nou al