die nr 246 april 2017 ligdraer bro.pdf · 17 wat ‘n onsbeskryflike heerlikheid - sarel smit 21...

36
April 2017 Nr 246 Die Die Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika Ligdraer

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Die Nr 246 April 2017 Ligdraer bro.pdf · 17 Wat ‘n onsbeskryflike heerlikheid - Sarel Smit 21 Ebenhaezer - Pieter Oberholzer ... Boodskap van ons leraar op Sondag 27 Maart 2016

April 2017 Nr 246DieDie

TTyyddsskkrriiff vvaann ddiiee CChhrriisstteelliikkee VVeerreenniiggiinngg vvaann SSuuiidd--AAffrriikkaa

LLiiggddrraaeerr

Page 2: Die Nr 246 April 2017 Ligdraer bro.pdf · 17 Wat ‘n onsbeskryflike heerlikheid - Sarel Smit 21 Ebenhaezer - Pieter Oberholzer ... Boodskap van ons leraar op Sondag 27 Maart 2016

“Jesus, enkel in u bloedis daar rus vir ons gemoed!”

Gesang 43:2

Voorblad

Indien u ‘n artikel in die Ligdraer wil plaas kan u vir br Hermann Havenga kontak

Selfoon 084 437 6266E-pos [email protected]

Die Ligdraer is in PDF formaat beskikbaar op die Kerk se webwerf by www.cvsa.co.za

DieDieLLiiggddrraaeerr

Page 3: Die Nr 246 April 2017 Ligdraer bro.pdf · 17 Wat ‘n onsbeskryflike heerlikheid - Sarel Smit 21 Ebenhaezer - Pieter Oberholzer ... Boodskap van ons leraar op Sondag 27 Maart 2016

1 Here open ons oë - Leraar Fanie Visagie

5 Gebeure rondom Golgota - Neels Botha

8 In Memorium - Lizelle Swanepoel

9 God is altyd daar - Mariette Botha

11 Twee paaie na die ewigheid - Henna Pretorius

14 Kommer - Jan Smit

17 Wat ‘n onsbeskryflike heerlikheid - Sarel Smit

21 Ebenhaezer - Pieter Oberholzer

23 Is u naam ook al daar - Miemie van Heerden

25 Verjaarsdae 70

27 Nuwe lidmate

27 Dopelinge

28 Huwelike

29 Algemene inligting

31 Spesiale Dienste 2017 en 2018

IInnhhoouudd

+

Page 4: Die Nr 246 April 2017 Ligdraer bro.pdf · 17 Wat ‘n onsbeskryflike heerlikheid - Sarel Smit 21 Ebenhaezer - Pieter Oberholzer ... Boodskap van ons leraar op Sondag 27 Maart 2016

1

Fanie

Vis

agie

(Le

raar

)Here open ons oë

Lukas 24:40: “En terwyl Hy dit sê, wys Hy hulle sy hande en sy voete.”

Dierbare broer en suster, dit was die oggend waar ek glo die grootste verrassing ooit op aarde in mense se harte ingestroom het. Ek het so gedink aan die groepie van elf dissipels wat oorgebly het, saam met die vroue en 'n paar ander, wat in daardie afgelope nag al hulle hoop verloor het. As daar 'n mistroostige klompie mense was, dan was dit hierdie groepie wat enduit geglo het dat Jesus die Messias is en wat geglo het dat Hy op een of ander manier gaan oorwin en triomfeer. En daar sien hulle hoe sterf Hy aan 'n ruwe kruis. Vir hulle was alle hoop daarmee heen. Ons lees van die Emmaüsgangers wat gesê het: “Ons het gehoop dat dit Hy was wat Israel sou verlos.” Al hulle hoop en verwagting was daarmee heen.

Ons lees dat vroeg in die môre het die vroue na die graf gegaan. Daar het 'n aardbewing gekom en 'n engel uit die hemel met 'n bo-menslike glans het neergedaal. Eenkant het die Here Jesus se vyande gestaan. Ons weet nie wat in die harte van daardie

soldate aangegaan het nie, maar hulle verteenwoordig die vyande van die Here, die Romeinse Ryk wat Hom gekruisig het. Iewers het daardie groep mense gestaan, vreesbevange vir hierdie engel. Hulle het gebewe en soos dooies geword. Een engel uit die hemel het daardie hele mag op die grond laat lê. En die engel het ingegaan in die graf, en toe die vroue daar kom sê hy vir hulle: “Julle soek na Jesus, maar Hy is nie hier nie, Hy het opgestaan.” Heeltemal 'n ander vertoon wat hy aan die volgelinge van die Here openbaar. Soveel so dat hierdie vroue hom nie glo nie, dat die dissipels dit nie glo nie. Hy verskyn eers aan Maria, en toe sy dit gaan vertel glo die mense haar nie. Dit is so onwerklik! Hoe is dit moontlik dat Jesus kon opstaan? Dit is mos nie moontlik nie! Ons hoor dit ook by die Emmaüsgangers aan wie Hy die volgende aand verskyn het. Ons sien selfs dat al hulle moed en verwagting daarmee heen was. Maar terwyl Hy met hulle praat en die brood breek gaan hulle oë oop, en hulle gaan terug om vir die dissipels te vertel van dit wat

Boodskap van ons leraar op Sondag 27 Maart 2016

Page 5: Die Nr 246 April 2017 Ligdraer bro.pdf · 17 Wat ‘n onsbeskryflike heerlikheid - Sarel Smit 21 Ebenhaezer - Pieter Oberholzer ... Boodskap van ons leraar op Sondag 27 Maart 2016

2

gebeur het. Die Here het ook aan Petrus verskyn. In hierdie deeltjie wat ek vir ons gelees het was hulle almal in die bovertrek, en die deure was gesluit uit vrees vir die Jode. Skielik staan die Here daar by hulle en sê: “Vrede vir julle.” Hulle het gedink dat dit 'n spook was en kon dit steeds nie glo nie.

Ons is vanmôre op 'n baie besondere plek waar ek so min as moontlik wil praat, maar vir elkeen die geleentheid gee om 'n nuwe ontdekking te maak - s o o s w a t d i e d i s s i p e l s , d i e Emmaüsgangers, Thomas aan wie Hy verskyn het, en al die ander – toe hulle twyfel wys Hy vir hulle sy hande en sy voete en die wonde. Dit wat twee dae vantevore afgryslik en afskuwelik was word skielik die bewys van God se liefde, en Hy maak hulle oë oop en Hy kom terug na die offer wat gebring was op Golgota. Elke keer kom Hy terug na die offer wat Hy kom betaal het vir 'n verloregaande wêreld. Dit het my opgeval dat Hy vir hulle gesê het wat gaan gebeur, maar hulle kon dit nie verstaan of glo nie. Dit is eers hier waar Hy hulle oë open sodat hulle die Skrif kan verstaan. En skielik was daar blydskap in hulle harte, blydskap oor daardie wonde wat geslaan is. Blydskap dat die Here so 'n weg moes loop. Skielik het hulle verstaan wat sy lyde beteken het vir 'n verloregaande wêreld. En skielik was daar blydskap in 'n groep mense! As daar 'n kruisiging was sonder 'n opstanding was daar vir niemand hoop nie, dan was dit dieselfde as die Mohammedaan of die Boeddhis, of wie dit ook al kan wees. Maar daardie môre toe die graf oopgaan, daardie môre toe Jesus aan

die mense verskyn om te wys Hy het die graf, die dood en die hel oorwin – daardie môre het daar 'n nuwe dag aangebreek vir 'n sondaar! Wanneer ons vanmôre hier op Ebenhaezer bymekaar is lyk dit ek wil hê u moet vergeet van my. Vergeet van almal! U moet sien hoe kom staan die Here hier en Hy wys sy hande en daardie wonde wat geslaan is deur die mense wat Hom gekruisig het – maar wat die simbool van u en my redding is.

Wanneer Johannes die Doper die Here Jesus sien nader kom sê hy: “Daar is die Lam van God wat die sonde van hierdie wêreld wegneem.” Ek het ook vir u die gedeelte in Openbaring gelees waar daar 'n opskudding plaasvind omdat daar niemand waardig is om daardie boek oop te maak nie. En skielik sê die persoon wat saam met Johannes is: “Moenie ween nie; kyk, die Leeu wat uit die stam van Juda is, Hy is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak.” En toe hy kyk sien hy die Lam asof Hy geslag is. U gaan eendag voor die groot wit troon staan, en u sal die Lam sien wat geslag is. Sy wonde sal deur die eeue heen vir mense die teken wees dat Jesus van Nasaret in liefde neergedaal het om sondaars te kom koop met sy kosbare bloed. Al sou hierdie aarde nog 'n duisend jaar staan sal dit steeds die teken bly. En as die Here aan 'n mens verskyn dan maak Hy jou oë oop sodat jy die waarde kan sien van sy lewe, sy lyde en sy sterwe – die prys wat Hy vir elke mens kom betaal het.

Die Here ken ons soos ons is. Hy ken ons foute, ons swakhede en ons

Page 6: Die Nr 246 April 2017 Ligdraer bro.pdf · 17 Wat ‘n onsbeskryflike heerlikheid - Sarel Smit 21 Ebenhaezer - Pieter Oberholzer ... Boodskap van ons leraar op Sondag 27 Maart 2016

3

tekortkominge, en Hy weet ook dat elkeen van ons die potensiaal het om vir Hom iets op die aarde te beteken. Hy kan vanmôre ons verstand open sodat ons die omvang van sy liefde sal sien, die omvang van sy genade, en die omvang van sy reddingswerk! Dierbare broer en suster, 'n mens kom baiekeer op plekke waar jy as't ware weer met ander oë kyk na hierdie verlossingsplan, hierdie Goddelike plan wat die Here op aarde kom stel het, en in sy groot liefde haal Hy mense uit. Hou maar die onverskillige kinders dop van 'n pappa en 'n mamma wat op hulle knieë staan… Die Here ken elke mens se aard, Hy ken ons persoonlikhede, Hy weet hoe ons dink. Daar is niemand wat kan werk soos wat die Heilige Gees kan nie. En wanneer ouers vir kinders bid sien jy hoe gaan haal die Gees hulle terug, somtyds met soveel liefde. U moenie u eie gebede onderskat nie. In Openbaring lees ons dat dit die gebede van die heiliges is wat daar voor die troon vergader word.

Ons Here Jesus het sy lewe kom gee sodat sondaars gered kan word. Miskien het ons deur die jare heen so 'n bietjie perspektief verloor, maar ek wil vir u sê dat as dit nie vir Jesus se liefde was nie sou ek nie hier gewees het nie – my hele lewe is deurvleg met sy liefde. Ek kan nie eers vandag een ding wys waarop ek kan aanspraak maak of sê dat ek iets gedoen het wat die moeite werd was nie. Die Here het my met sy liefde oorweldig. Ek het nou die dag vir mense gesê dit lyk sy genade was so baie in my lewe en Hy het vir my so baie gegee. Baie dae sê ek: “Here, U het my oorweldig met so baie goedheid en

guns dat ek niks meer kan of wil vra vir myself nie, ek kan maar net vra as U wil kan U maar dit of dat doen.” So glo ek het die Here met ons elkeen 'n afspraak en is Hy besig om met elkeen te praat, en glo ek dat elkeen wat vandag hier ingekom het iets by die Here gaan ontvang. Wanneer ons die hand uitsteek en ons sê: “Ja Here, dit is vir my dat U gely het” en u neem die stukkie brood en die bietjie wyn, dan kom daardie kosbare krag in ons elke een se lewe in, dan word dit deel van ons, dan word dit deel van u en my lewe.

Ek weet hier is menigeen wat met krankheid opgekom het , dalk menigeen met kommer, menigeen wat die eerste keer alleen opgekom het. Elke een het 'n behoefte gehad om in hierdie naweek hierheen te kom, nie omdat hier wonderlike sprekers is nie – omdat hier 'n wonderlike God is wat mense se siele red! Wanneer u so bietjie stil word hier om die ou ruwe kruis, en u ervaar daardie Goddelike liefde, dan gaan u agterkom dit is Liefde wat gely het. Dit is Liefde wat volbring het. Wanneer mense ons wil toereken vir ons tekortkominge en ons foute kom die Here Jesus hier in en Hy sê: “Kom na My toe, Ek het gekom om te soek en te red hulle wat verlore is. Ek het gekom om te soek en te red hulle wat moed verloor het.” Ek het vanmôre gehoor sommige het dalk moed verloor, kom maar met die laaste krag. Ons sing baiemaal die liedjie: “Daar is krag, wonderbare krag in die bloed van die Lam.” Hierdie bloed het soveel krag. As jy met iemand besig is waar daar Satanisme of demoniese

Page 7: Die Nr 246 April 2017 Ligdraer bro.pdf · 17 Wat ‘n onsbeskryflike heerlikheid - Sarel Smit 21 Ebenhaezer - Pieter Oberholzer ... Boodskap van ons leraar op Sondag 27 Maart 2016

4

magte is, en jy pleit die bloed van Jesus oor daardie mens of oor die omgewing, dan vlug die vyand. Die sielemoor-denaar kan nie teen die bloed van Jesus staan nie. Die bloed sal die teken wees! As ek so oor u kyk sien ek elkeen het 'n bloedmerkie, want iewers op hierdie lewenspad was daar ouers wat gesê het: “Here, ek gaan hulle in U vrese opvoed.”

Dierbare broer en suster, u moet versigtig wees hoe u ag gee op die woord. U moet versigtig wees wat u doen met die woorde wat na u toe kom. Dit het my so verbaas dat, ten spyte van die direktheid waarmee die Here vir sy dissipels gesê het: “Ek moet gaan ly, Ek moet gaan sterf” kon hulle dit net nie glo nie. Hy moes eers hulle oë open. Is u oë al geopen? Toe Hy deur Jerigo gaan oppad na Jerusalem en daardie blinde bly roep na Hom, en Hy vra: “Wat kan Ek vir jou doen?” antwoord hy: “Here, dat ek kan sien.” Vir Bartimeüs was dit die krisis in sy lewe – hy kon nie sien nie! Vir baie kinders van die Here is dit ons krisis – ons kyk nie verby hierdie dinge nie, die wêreld het sy sluier om ons getrek. Ons kyk, maar ons sien nie. Ons luister, maar ons hoor nie. En dit is by hierdie plekke waar ons stil word en agterkom: maar die liede raak my, nie die persoon langs my nie, dit raak mý as persoon. Dit is God se liefde wat vanoggend met elkeen praat. As daardie liefde in jou hart ingaan dan val die skille van jou oë af en jy sien: maar dit is met my wat Hy praat! Dan word hierdie woorde naderhand kragdadige aansporings om te sê: “Maak jou lewe met God reg.” Ek wil nuut hier weggaan. Ek het my

gister so verwonder aan die lied wat sê: “Vernuwe my denke, verander my gees.” Ek wil ook nuut hier weggaan. Ek wil ook aan die brand hier weggaan, ek het ook 'n beker wat ek wil volmaak. Ek wil hê u moet vanmôre hier by die ou ruwe kruis 'n vaste besluit kom maak: “Here Jesus, hiervandaan verder, hierdie volgende vyftig dae gaan U my kry in my bidplek Here, en ek gaan vra dat U my sal vul met krag van bo af, en ek gaan vra dat U hierdie Christendom sal kom vul met krag van bo af.”

Die mag van die vyand is so groot, ek kan ure lank met ouers praat oor gevare wat daar is vir ons kinders. Ek het gehoor iemand sê dit is grys areas. Ons ken nie hierdie dinge nie, ons het nooit daarmee te doen gehad nie. Ek het nooit 'n dwelmsmous by my gehad nie – ek ken dit nie, maar van ons kinders kom in kontak daarmee in die skole, en hulle kyk na u en my en ons verhouding met mekaar en met die Here. Dit is op plekke soos waar ons hierdie naweek is dat die Here sê: “Kom my kinders, kom Ek maak julle nuut, vernuwe julle denke dat julle anders dink, anders kyk, anders optree hiervandaan verder.” Dit is 'n groot voorreg om vir u te sê vergeet van my, kom net 'n oomblik na die kruis toe. Kniel by die kruis, daar is plek vir ons elke een. Dit lyk elke keer as mense gesien het dit is Jesus, dan gryp hulle Hom aan. U kan Hom aangryp, u kan Hom aanbid, dit is waarom u en ek hier saam is. Mag die Here gee dat hierdie Nagmaal wat maar met eenvoudige woorde na u gekom het 'n groot verandering in u binneste teweeg sal bring.

Page 8: Die Nr 246 April 2017 Ligdraer bro.pdf · 17 Wat ‘n onsbeskryflike heerlikheid - Sarel Smit 21 Ebenhaezer - Pieter Oberholzer ... Boodskap van ons leraar op Sondag 27 Maart 2016

5

Wanneer ons by elke geleentheid, selfs deur die jaar, hierdie groot gebeure oordink dan sidder mens aan die gedagte van 'n martelende kruisdood. Daar was deur die jare so baie mense wat die intensiteit daarvan aan ons kon oordra, sodat dit dan 'n blywende indruk op baie mense gemaak het. By so 'n intense prediking van wyle oom Sarel Smit het broer Koos Botha baie jare gelede daarna geluister - asof nog nooit - en toe 'n diepe besef: dit was vir hom ook gewees. Sy lewe het hy daardie dag aan ons Jesus oorgegee, en hy het tot sy dood op die smal weg gestap. Persoonlik dink ek evangelie-boodskappe moet altyd inskakel by die bloed van ons Jesus. Ges. 120:3 se woorde bevestig dit: “O laat my nooit vergeet dié kroon, dié kleed, dié riet!”

Asof Getsemane nie erg genoeg was nie, het Hy geweet wat in Jerusalem op Hom wag. 'n Soet druppel in die bitter beker was toe Maria die geur van die kosbare nardussalf versprei het, wat spesiaal vir Hom berei was. Al kon Hy, het Hy op geen stadium egter teruggedeins of probeer ontvlug nie. Hierdie Man, nie maar sommer net 'n geseling en

kruiseling nie, dit was ons Jesus wat ons daarmee vrygekoop het. Daardie kroon van doringtakke is gevleg en dan oor sy hoof gesit en ingedruk, geslaan. Die kroon met dorings het in sy skedel ingedring en bloeding en pyn veroorsaak. Sy liggaam was gekasty en stukkend geslaan met 'n kats wat dele van sy weefsel uitgeruk en verdere bloed massas veroorsaak het.

Na die onregverdige, en ook onwettige verhoor en hierdie verskriklike marteling, moes ons Jesus daard ie ruwe s tuk houtkruis na Golgota dra. Psalm 129:3 beskryf sy liggaam op daardie stadium as: “Hulle het van my rug 'n ploegland gemaak en daar lang vore op getrek.” Geen mens kan dit verduur nie. Sy stukkende, bebloede liggaam het onder die gewig en pyn ineengestort. Hy kon nie verder nie en die Romeinse soldate en die hoofman oor honderd het rondgekyk. (Intussen is Barabbas verheug omrede hy nie daardie kruis moet dra nie. Hy was van sy daad vrygespreek en vrygelaat - in die plek van Jesus, die onskuldige Nasarener. Hulle was haastig, want môre is dit Sabbat. Dit was toe dat hulle die bruingebrande,

Nee

ls B

oth

aGebeure rondom

Golgota

Page 9: Die Nr 246 April 2017 Ligdraer bro.pdf · 17 Wat ‘n onsbeskryflike heerlikheid - Sarel Smit 21 Ebenhaezer - Pieter Oberholzer ... Boodskap van ons leraar op Sondag 27 Maart 2016

6

fris jong Afrikaman sien en hom dwing om Jesus se kruis te kom dra. Simon van Sirene. Hy was net daar om ook die Pase mee te maak, en glad nie van plan om enigsins by iets betrokke te raak nie. Maar, na 'n kyk in die oë van Jesus die , was hy verseker Nasireërtrots op die skaafmerke aan sy skouers, ter wille van 'n weldaad aan sy Meester verrig.

Volgens Markus 15:25 is ons Jesus Vrydag ongeveer 09:00 op Golgota op die kruis neergelê. Soos beskrywings dit aandui het Hy self sy sandale uitgetrek en op die houtbalk gaan lê. Die Romeinse soldate het die proses waarskynlik met 'n passie uitgevoer, want die haat het oorgeneem teenoor die Seun van God. Vierkantige spykers (of eerder penne van ongeveer 15 cm met skerp punte) is deur sy polsgewrigte aan die dwarsbalk vasgekap. Ons weet dat jou hele hand, vingers en pols senuwees deur hierdie gewrigte loop. Hierdie aksie het die kruiseling dadelik onder ondraaglike pyn en spanning geplaas. Dit het aanhoudende krampe van pyn tot gevolg gehad, soveel so dat die duimnael ingetrek en selfs in die handpalm ingesny het. So 'n beseerde en gerekte senuwee het deurentyd o n b e s k r y f l i k e p y n e n s m a r t veroorsaak. Nadat die hande so vasgeslaan is, is die voete op die vertikale balk opmekaar geplaas en die bene ietwat opgetrek teen die regop balk. Daar word nou 'n nog langer, sterker pen (spyker) gebruik om dit deur albei voete te kap. As al hierdie wreedhede afgehandel is word die kruis nou in die gat geplaas om dit

regop te kry. Weens die impak die slag van die val in die gat skeur die weefsel verder, en word ook die skouers uit hul potjies geruk.

Hier begin die wrede geveg teen dood en lewe werklik in al sy felheid. Die borsspiere word opgetrek en die longe is in 'n permanente staat van inaseming - want die lug kan dan nie weer uitgeblaas word nie. Met die spiere wat nie suurstof kry nie begin dit ondraaglike krampe veroorsaak. Die enigste manier vir verligting is om die bene reguit te maak en al die gewig op die spykers in sy voete te plaas. Dan verslap die borsspiere ietwat tydelik, en kan Hy die asem weer uitblaas. Maar omrede die geweldige pyn deur die liggaamsgewig op die spykers in die voete, kan dit nie lank gehou word nie, en is die asemteug maar vinnig en sak die gewig weer teen die skouers. Hierdie afwisseling hou so aan, soms vir lang ure, en word pyne al hoe hewiger terwyl die persoon stadig besig is om te versmoor. Soos die gewoonte was het hulle ook aan Jesus 'n verdowing aangebied, maar wou Hy dit nie neem nie. Hartversaking tree stadig in wat weens die swak suurstof toevoer, water om die hart vorm. Dit is vir die kruiseling 'n genadige uitkoms en bring die dood vinniger mee.

Indien so 'n gekruisigde teen die aand nog leef, breek die soldate eenvoudig die bene onder die knieë. Dit voorkom dat die persoon hom enigsins kan opstoot, en derhalwe ster f hy onverwyld deur te versmoor. Ons weet egter volgens Joh.19:33 dat ons Jesus se bene nie gebreek was nie, omrede

Page 10: Die Nr 246 April 2017 Ligdraer bro.pdf · 17 Wat ‘n onsbeskryflike heerlikheid - Sarel Smit 21 Ebenhaezer - Pieter Oberholzer ... Boodskap van ons leraar op Sondag 27 Maart 2016

7

Hy reeds dood was. Die Romeinse soldaat het egter met sy spies in sy sy gesteek en daar het bloed en water uitgekom - die teken dat Hy reeds dood was. Hierdie soldate was aangegryp deur die gebeure met ons gekruisigde Here Jesus, soveel so dat die hoofman oor honderd moes erken het, volgens Matt 27:54: “Hierdie man was werklik die Seun van God.” Die stemme wat net-nou nog geskree het “Kruisig Hom, kruisig Hom” is ook nou stil.

Toe alles afgehandel is, hang Hy daar, verneder, bespoeg en naak met 'n rower aan elke sy. Verder het alles wat Hy voorspel het 'n werklikheid geword. Hierdeur verwerf Hy 'n Naam bo elke naam sodat elke knieg sal buig en elke tong bely dat Jesus Christus die Here is. Die tempel is geskud en die voorhangsel, van ongeveer 20 cm dik, skeur van bo tot onder. Sy paar aardse besittings word deur die soldate verdeel. Sy sandale, die kopdoek, die wye mantel, die gordel en die kosbare lyfrok wat ineen geweef was. Daaroor is die lot gewerp. Die wêreld se mensdom het nou toegang tot die Lam

van Golgota, en die Allerheiligste is vir altyd tot ons elkeen se beskikking.

My wens is net dat u in diepte na hierdie gebeure sal kyk en u inleef van die onmenslike lyding waardeur die Heiland, na sy dood en opstanding, terwille van ons moes gaan. Lees dit weer en bepeins die werklikheid van al hierdie gebeure op Golgota. Soos so baie aangehaal, sal ons nie eens 'n dier lewendig aan 'n paal vasslaan nie. Die wêreld was wreed, maar is steeds wreed onverskillig en loop steeds nie 'n pad waar ons erken dat Hy dit gedoen het om ons vry te koop nie. 'n Mens, net soos ons, maar sonder sonde, het die hemel verlaat en is gebore en het opgegroei om uitsluitlik vir ons te kom sterf. Waardeer ons dit? Kom ons verseker Hom dat ons dit met ons hele wese aanvaar en voortaan vir Hom sal lewe. Dis 'n geskenk aan ons elkeen, wat Jesus as persoonlike Saligmaker aanneem. Gebruik die geleenthede, ook met hierdie Paastyd om ons saak met Hom reg te maak. Dit is alles die moeite werd.

“Eer ek Getsemane vergeet,eer ek die smart en hoon vergeet,eer ek sy liefde vir my vergeet,

lei my na Golgota.”

Page 11: Die Nr 246 April 2017 Ligdraer bro.pdf · 17 Wat ‘n onsbeskryflike heerlikheid - Sarel Smit 21 Ebenhaezer - Pieter Oberholzer ... Boodskap van ons leraar op Sondag 27 Maart 2016

8

My pa … 'n man wat jou reghelp as jy foute maak sonder om jou te oordeel, en jou steeds sy dogter noem en jou liefhet vir wie jy is. Ek sal altyd aan hom dink as ek 'n groenmielie skoonmaak, of die reuk van reën op 'n vars geploegde land. Sy vaste geloof was my rots, niemand kon ooit twyfel as jy my pa sien glo het nie.

Die trots in sy oë as sy kinders en kleinkinders by hom is. Die glimlag op sy mond as hy ma se hand vashou. Die lyne om sy oë van lag saam met ander mense… As hy terugkyk na ons kan hy net trots wees op sy handewerk – sy hartswerk! Die lesse wat hy jou geleer het dra jy in jou hart en koester dit totdat jy dit vir jou eie kinders kan leer. Ek sal pa vir ewig saam met my dra elke dag, elke tree…

Ons diepe dank aan ons hemelse Vader vir 'n man, pa en oupa en elkeen met wie sy pad gekruis het! Ons almal se gebed is vir ons eindbestemming – mag ons ou kringetjie eendag daarbo volmaak wees!

Lizelle Swan

epo

elIn Memorium

JAN SWANEPOEL

09/01/1942 – 29/07/2016

Page 12: Die Nr 246 April 2017 Ligdraer bro.pdf · 17 Wat ‘n onsbeskryflike heerlikheid - Sarel Smit 21 Ebenhaezer - Pieter Oberholzer ... Boodskap van ons leraar op Sondag 27 Maart 2016

9

Graag wil ek die volgende gebeurtenis met u deel:

Ons bly tans in Oos-Londen in 'n houthuis binne 'n landgoed met diere en die lieflikste natuur om ons. Maar, wanneer daar onweer, reën of weerlig is dan gaan ons elektrisiteit af en bly soms vir tot vyf dae lank af.

Op 23 November 2016 was dit dan ook weer een van daardie dae waar ons verskriklike sterk winde van om en by 60km per uur gehad het en ook erge reën met swaar weerlig daarby. Teen 3 uur die middag het dit pikdonker geword en die wind het die wolke aangebring met swaar weerlig. Ek onthou hoe het ek by myself gedink “ja, hier gaan ons nou weer vir lank sonder krag sit.”

Ek is oor die algemeen 'n baie senu-agtige persoon wat die swaar weerlig baie respekteer en soms sommer net in die gang op die vloer gaan sit totdat dit verby gaan. Maar op hierdie dag was dit anders - ek was nie so bang nie. Ek het ook nie in die gang gaan sit totdat die weer verby was nie. Ek het op die sitkamerbank langs my Jack Russell hondjie gaan sit en by die venster van die kombuis uitgekyk en gedink “sjoe, dis pikdonker en nog middag.” Ek was eintlik baie kalm en het

gesien hoe slaan die weer. Ek onthou hoe ek hardop begin bid en vir die Here gevra het om my kinders te bewaar - vir Georgie wat werk en die hele dag op die pad is, en vir Duhan wat in Ellisras met hoogspanning krag werk - groter as wat sy pappa Johann mee gewerk het. Ek onthou hoe ek Bianca en tannie Tienie van Johann se name hardop gesê en gevra het die Here moet met hulle gaan. Skielik het ek al harder gebid, ook bid ek vir my ou hondjie wat eintlik nie eers een dag moes lewe, maar wat in Januarie al tien jaar vir ons gespaar is . Ook my ou moedertjie wat so vêr is in Klerksdorp en ook worstel van dag tot dag om kop bo water te hou. My sus Zelmari en haar verloofde Danny wat ook moet weg werk, en haar twee seuns Heinrich en Zander. Ek voel so naby aan die Here en hoor myself bid vir die papegaai, Jonty; ek bid vir vrede, vir ons siek land met probleme soos dwelms, moord, doodslag en armoede. Ek bid vir my ouma Poppie - en ek voel hoe hardloop die trane en ek pleit by die Here en vra: "Here, ek weet U spaar haar vir ons, maar ek weet sy is moeg en wil gaan rus,” en ek sê: “Here, ek weet dis haar gebede wat ons staande hou.” Ek vra vir die Here dat hy haar asseblief moet seën en toevou in sy helende hande.

Mar

iett

e B

oth

aGod is altyd by my

Page 13: Die Nr 246 April 2017 Ligdraer bro.pdf · 17 Wat ‘n onsbeskryflike heerlikheid - Sarel Smit 21 Ebenhaezer - Pieter Oberholzer ... Boodskap van ons leraar op Sondag 27 Maart 2016

10

Die volgende oomblik slaan daar 'n weerligstraal dat dit vir my voel dit slaan langs my in my sitkamer. Ek skrik so groot, en onthou hoe ek my oë toegeknyp het van skrik - maar ek bid verder en sê vir die Here dankie vir al sy mildelike genade uit sy Vaderhand vir my en my gesin, en vra vir vergifnis, want ons almal is maar sondaars en nie sonder foute nie. Terwyl ek bid besef ek die weer het alles uitgeslaan - veral na so 'n harde slag. Nadat ek “amen” gesê het en opkyk na die venster sien ek hoe die sonstrale begin uitkom, en toe ek omkyk na die televisie is daar krag, en ek dink by myself hoe is dit moontlik? Daar het ek besef die Here het my gebede gehoor. Hy wou vir my laat weet: “Moenie ophou bid, moenie ophou glo, moenie ophou hoop nie - al kan jy My nie sien

nie, is Ek altyd by jou.” Ek het omgedraai en 'n rustigheid het my gevul, en ek het net gesê: “Dankie Here vir u onvoorwaardelike liefde!”

Ek het gevoel om hierdie met u te deel omdat ons ver bly en ons die Geeswerk, die Christelike Vereniging van Suid-Afrika baie mis – ek weet nie van nog so 'n Geeswerk nie!

Ook wil ek die boodskap oordra dat ons soms so vinnig sê: “Ek kan nie meer, ek wil nie meer aangaan nie”, maar as ons net aanhou glo, net met 'n klein bietjie geloof sal God jou gebede een of ander tyd beantwoord sodat jy weer voluit kan lewe met die wete God is altyd by my - al is dit ook met 'n weerligstraal.

“Ja, ek glo ... Jesus lewe,Hy is hier by my, Hy's hier by my, ja, ek glo;

ja, ek glo ... Jesus lewe,Hy is hier by my, Hy's hier by my, ja, ek glo!”

Page 14: Die Nr 246 April 2017 Ligdraer bro.pdf · 17 Wat ‘n onsbeskryflike heerlikheid - Sarel Smit 21 Ebenhaezer - Pieter Oberholzer ... Boodskap van ons leraar op Sondag 27 Maart 2016

11

Romeine 5:17 “Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Eén, Jesus Christus.”

Na 'n lang worsteling oor die ewigheid, het ek na 'n wonderlike naweek by Ebenhaezer waar ek baie gebid het vir wysheid van die Here af , 'n klein bietjie insig gekry in die twee paaie na die ewigheid.

Ek het tot die Here gebid en gevra dat ek graag ook soos sy dissipels hom wil volg op daardie smal stofpaadjies waarop Jesus geloop het. Daar was nie teerpaaie soos vandag nie, en Hy moes maar altyd in stofpaaie stap met sy verslete sandaaltjies. (So het Hy sy dissipels uitgekies om vissers van mense te maak, asook Paulus wat sy Naam aan die mense begin verkondig het nadat die Here met hom gepraat het op pad na Damaskus terwyl hy kinders van die Here vervolg het, en niks van Hom wou weet nie.)

Baie kere as kind het ek in nou of smal grondpaadjies geloop, omdat ek op die plaas groot

geword het en dus baie in die veld gespeel het. Wat kry mens in so nou paadjie? het dit by my opgekom. Soms baie klippies (kleintjies en grotes) - sondes in ons lewe. Dan kry jy ook baie dorings wat in die paadjie groei - dorings van haat, nyd, jaloesie, afguns, selfverheerliking! So langs die paadjie groei daar ook bosse en bome en van die takkies groei oor die paadjie. Die takkies kan soms seer krap, partykeer maak dit diep snye en laat letsels agter op 'n mens - Sulke snye kan wees soos om 'n geliefde te verloor, egskeiding, onvrede in 'n huisgesin, ontrou deur jou lewensmaat!

Maar so het ek deur die Heilige Gees tot die besef gekom dat die Meester wat ons Vader is, vooruit stap en as ons na Hom roep om hulp Hy sal omdraai en vra: “Wat is dit my kind? Praat maar, Ek luister.” En jy sal sê: “Maar Here, hier is 'n groot klip in my pad waaroor ek nie kan kom nie – iemand het my te na gekom” dan sal Jesus vir jou sê: “Toemaar my kind, dit is nie so erg nie, Ek rol hom sommer gou vir jou uit jou pad uit.” Of 'n doring van jaloesie steek jou en jy gaan sit en roep: “Jesus help ek kan nie meer nie!”

Hen

na

Pre

tori

us

Twee paaie na die ewigheid

Page 15: Die Nr 246 April 2017 Ligdraer bro.pdf · 17 Wat ‘n onsbeskryflike heerlikheid - Sarel Smit 21 Ebenhaezer - Pieter Oberholzer ... Boodskap van ons leraar op Sondag 27 Maart 2016

12

Dan sal Hy afbuk en saggies jou voet optel en die doring vir jou uittrek en vra: “ Hoe voel dit nou?” en jy sal sê: “Baie beter liewe Heer, sommer baie beter” die jaloesie is weg.

So loop jy verder en skielik is daar 'n laaghangende tak met dorings aan wat jy nie gesien het nie, dit krap jou en die bloed loop, dit brand tot in jou hart - want jou man of vrou het jou gekul met iemand anders, of daar is 'n kind van jou wat jou nie na waarde ag nie, of 'n geliefde is skielik van jou weggeneem - maar dan kom liewe Jesus en Hy sit 'n salfie ('n druppeltjie van sy bloed) op jou wond en verbind dit sagkens met sy deurboorde hande van liefde en sê vir jou: “Dit pyn en brand nou so bietjie, maar Ek sal jou vrede en vertroosting gee. Jou geliefde is veilig hier by My, Ek het hom/haar nodig gehad in my bouwerk - volg My net, vorentoe sal julle mekaar weer ontmoet.”

Mag die Here gee dat ons nooit sal moed verloor nie, maar dat ons sal aanhou hardloop met die doel en strewe om as oorwinnaars by die wenpaal, die 'Koningshuis' aan te kom. God gee vir ons baie kanse en geleenthede in die lewe, ons moet dit net reg gebruik. Hy is so regverdig en getrou en sal ons nooit as wese agterlaat nie. As jy somtyds moedeloos of verdwaal voel, en jy nie meer weet watter kant toe nie - miskien in 'n finansiële krisis, of die duiwel val jou aan met allerhande versoekings, gaan sit net en wag, die Here sal jou kom haal en uit al jou probleme uithelp. Hy los ons nooit alleen nie. Die Woord sê vir ons dat die wat op die Here wag kry

nuwe krag! Glo opreg en vertrou op die Here, want geloof is die uitdaging om die siel te laat gaan waar die oë nie kan sien nie!

Dankie Here vir die dorings en distels in my lewe, want dit het my op my knieë gehou, my geloof versterk en nader aan U gebring. Ek is lief vir U Heer.”

Graag wil ek ook net hierby voeg wat ek eenkeer 'n dominee gehoor sê het: Die kerke en mense moet baie versigtig wees om nie hulle geestelike waardes vir materiële dinge te verruil nie… Die Here soek nederige en gehoorsame kinders vir sy koninkryk.

Die tweede pad, die breë een, is die pad na die verderf (net 'n voorstelling!) Jy loop maklik en gerieflik daarop, want dit is glad en geteer, geen dorings of klippe in die pad nie en jy loop heel gemaklik en lekker! Daar is soveel aantreklikhede, dinge wat jy net nie kan of wil ignoreer nie. Helder liggies en opwindende musiek, ek kan net nie daar verbyloop sonder om te gaan ondersoek instel nie. Dit gaan vrolik - almal lag en gesels, drankies word vryelik uitgedeel.

So loop ek in die gees van die een plek na die ander waar dit lyk asof almal dit baie geniet! Dit lyk so of niemand enigsins 'n bekommernis het nie, ligte flits en almal is in 'n vrolike bui. Ek loop verder af in die straat en alles lyk so lekker, sjoe, ek wil eers gaan kyk wat daar aangaan - ek mòet dit sien! Dan sê 'n stem vir my: “Jy het nog nie daar ingegaan nie - gaan loer 'n bietjie in daar” … Mense lag en gesels elkeen

Page 16: Die Nr 246 April 2017 Ligdraer bro.pdf · 17 Wat ‘n onsbeskryflike heerlikheid - Sarel Smit 21 Ebenhaezer - Pieter Oberholzer ... Boodskap van ons leraar op Sondag 27 Maart 2016

13

met 'n glasie in die hand, vrouens is skamel geklee, mans probeer om mense te laat lag met vuil grappe, die musiek is so hard jou ore tuit daarvan. Ek besluit ek wil nog verder afstap in die straat, na daardie ligte wat so aan en af gaan. Dit is 'n klomp jongmense wat dans en aan mekaar hang. Hulle oë lyk dof en hulle weet nie regtig wat om hulle aangaan nie. Ek dink so by myself, waar is hulle pappas en mammas? Hoe verder ek loop hoe makliker beweeg ek, hoe lekkerder lyk alles. Ek verkyk my so aan al die mooi goed dat ek nie bewus is van die donker afgrond reg voor my nie. Skielik voel ek iets aan my skouer en ek kyk op in die mooiste paar oë wat ek nog gesien het. Ek weet dit moet Jesus wees, daardie oë en glimlag kan net aan EEN iemand behoort. “Pasop my kind” sê Hy vir my “as jy nog een tree gee, dan stort jy af in die afgrond wat reg voor jou is, en jy is vir My te kosbaar, Ek het jou te lief dat jy verlore moet gaan. Kom draai om en gaan terug na 'n baie beter plek waar Ek jou wil hê”.

Romeine 5: 15 -18: “15 Maar dit is met die misdaad nie soos met die genadegawe nie; want as deur die misdaad van die één baie gesterf het, veel meer het die genade van God en die gawe deur die genade van die een mens, Jesus Christus, vir baie oorvloedig geword. 16 En nie soos één wat gesondig het, is die gawe nie; want die oordeel was uit één tot veroordeling; maar die genadegawe is uit baie misdade tot vryspraak. 17 Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Eén, Jesus Christus. 18 Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe.”

Page 17: Die Nr 246 April 2017 Ligdraer bro.pdf · 17 Wat ‘n onsbeskryflike heerlikheid - Sarel Smit 21 Ebenhaezer - Pieter Oberholzer ... Boodskap van ons leraar op Sondag 27 Maart 2016

14

Ek gesels met iemand, die persoon sê die volgende: “As daar een teks is wat geen mens op aarde kan nakom nie, is dit die een wat sê dat ons ons nie moet bekommer nie.” Ek besef op daardie oomblik dat mens (ek) so graag sulke dinge predik, en dit self nie kan doen nie. En so kom daar in die volgende uur of twee een na die ander teks in my op, wat so lekker is om aan te haal, en mense mee te probeer bemoedig, en tog so moeilik is om uit te leef.

Die Bybel is die mees wonderlike boek op aarde, 'n handboek of gids, wat elke enkele aspek van die lewe aanspreek, wat waarsku, teregwys, leer, bemoedig en rigting gee. Daar bestaan geen ander geskrewe werk soos dit nie, en niks is so omvattend nie. Die Bybel hou vir jou die wet voor, wat besliste moets en moenies is, en tog gee die Bybel ook tonne tekste wat bedoel is om raad te gee. Ongelukkig verval die mens in teorieë oor die Bybel se inhoud, op 'n manier wat nie die bedoeling van die teksgedeelte is nie. Ons kom met vrae soos: Is dit of dat sonde, want dit staan sus of so in die Bybel. So gaan baie dinge nie oor sonde nie en staan nie geskryf om mens te verdoem as jy dit nie nakom nie. As ek vir my kind raad gee, beteken dit nie dat hy uiters ongehoorsaam en rebels is as hy

nie my raad volg nie. Hy mag dalk net sy kop stamp as hy dit verwerp, daarom oortree hy nie noodwendig my reëls en “wette” nie. Ek dink baie tekste in die Bybel is meer om raad te gee, as om 'n wet te wees.

Matt 6:25-34: “Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie? Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een enkele uur verleng? En wat bekommer julle julle oor klere? Let op hoe groei die veldlelies: hulle swoeg nie en hulle maak nie klere nie. Maar Ek sê vir julle: Selfs Salomo in al sy prag was nie geklee soos een van hulle nie. As God dan die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre verbrand word, so versier, hoeveel te meer sal Hy dan nie vir julle sorg nie, julle kleingelowiges? Ju l le moet ju l l e dus n ie bekommer en vra: Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek? nie. Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges

KommerJan

Smit

Page 18: Die Nr 246 April 2017 Ligdraer bro.pdf · 17 Wat ‘n onsbeskryflike heerlikheid - Sarel Smit 21 Ebenhaezer - Pieter Oberholzer ... Boodskap van ons leraar op Sondag 27 Maart 2016

15

begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het. Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee. Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie.”

Aan die een kant 'n wonderlike gedeelte van hoop en vertroosting. Jesus self is aan die woord tydens die bergrede. Waarmee was Jesus hier besig? Het Hy hierdie woorde gesê in die konteks van 'n wet? Iets wat jy oortree as jy sou durf waag om jou vir een oomblik te bekommer en waarvoor Hy jou sal straf? Nee, honderd maal nee! Weet u, dit maak my regtig omgekrap as mense vir jou vertel dat vrees en bekommernis van die duiwel af kom. Dit is verseker nie wat Jesus se bedoeling was toe Hy hierdie woorde uitgespreek het nie. O ja, jy stem nie saam nie? Vertel my dan van die 100 persent suksesse wat jy hiermee het? Ek glo nie daar is een mens wat dit régtig kan regkry nie. Wie het nie al wakker geword in die nag en sommetjies gemaak oor jou geldsake nie? Of getob oor die praatjies by die werk dat mense afgelê gaan word nie? Het jy al een oggend 'n oproep gekry van 'n mediese dokter wat vir jou sê: “Mnr Smit, jou vrou is met kanker gediagnoseer en sal moontlik net 6 maande leef.”? Dis daar waar die realiteit tot jou deurdring. Dalk moes ek sê: “Dokter, weet jy, dis geen probleem nie, daar is hoegenaamd niks om oor bekommerd te wees nie!” Die realiteit was egter iets heeltemal

anders. Want, u sien, ons is net mense, ons hou nie van onsekerheid nie, ons hou nie van trauma nie. Ons weet die realiteite van die lewe is nie altyd maanskyn en rose nie.

My seun kom onlangs by my en sê: “Pa, weens omstandighede gaan ek van nou af 'n klomp inkomste verloor as gevolg van oortyd wat gesny word.” Ek het vir hom twee dinge gesê: (1) m o e n i e d i n k d a t d i e s l e g t e omstandighede vir altyd gaan aanhou nie, nuwe deure sal oopgaan en (2) onthou net een ding: terwyl dit sleg gaan is ek daar vir jou en sal jou help. Ek glo dat dít juis die wete van die Mattheus 6 gedeelte is.

Dinge mag dalk nou sleg gaan, maar dit verander gewoonlik weer. Moenie dink as dit nou sleg gaan, dit sal vir altyd sleg gaan nie. En as dit nou goed gaan, moenie dink dat dit vir altyd net goed sal gaan nie. Die lewe is 'n vloeibare situasie. Voort sê Jesus: “Ek is daar vir jou, in jou moeilike omstandighede.” Toe my seun 'n paar dae later vir my sê: “Pa, ek is nou regtig bekommerd,” het ek geensins gevoel dat hy 'n rebelse en opstandige kind is wat nou willens en wetens my opdragte ignoreer en dat ek hom nou moet straf nie. Nee, ek het vir hom raad gegee omdat ek uit ondervinding kon praat. 'n Baie kort rukkie later het dinge vir hom weer reg gedraai. As die Here vra dat ons Hom moet vertrou vra Hy eintlik net bietjie geduld, want Hy is steeds in beheer.

Daar is beslis heelwat moeilike opdragte in die Bybel. Moeilik vir ons as

Page 19: Die Nr 246 April 2017 Ligdraer bro.pdf · 17 Wat ‘n onsbeskryflike heerlikheid - Sarel Smit 21 Ebenhaezer - Pieter Oberholzer ... Boodskap van ons leraar op Sondag 27 Maart 2016

16

mense om sommer net alles te doen omdat dit daar staan.

Matt 5:21-24: “Julle het gehoor dat daar van die ou tyd af aan die mense gesê is: 'Jy mag nie moord pleeg nie; en elkeen wat moord pleeg, is strafbaar voor die regbank'. Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat vir sy broer kwaad is, is al strafbaar voor die regbank. Verder, elkeen wat sy broer uitskel vir 'n gek, is strafbaar voor die Joodse Raad; en wie hom uitskel vir 'n idioot, is strafbaar met die helse vuur. As jy dus jou gawe na die altaar toe bring en dit jou daar byval dat jou broer iets teen jou het, laat staan jou gawe daar by die altaar en gaan maak eers vrede met jou broer en kom dan en bring jou gawe.”

Hoe maklik kry u dít reg? Nie so maklik nie - ek kan darem maklik omgekrap raak oor dinge. Dit lyk vir my die kwaad word, is nie soseer die probleem nie, eerder die uitvloeisel van die kwaad word. Dit wat gesê word, die nydige woorde, die paar klappe wat dalk uitgedeel word. Ons as mense het mos maar humeurtjies, of hoe?

Rom 12:17-18: “Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle mense. As dit moontlik is, sovêr dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.”

U sien, die Here waarsku ernstig teen oordrewe woedebuie, en dan kom gee Hy 'n wonderlike teenvoeter in Rom 13:10: “Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet.” Om vir iemand kwaad aan te doen, is dieselfde

as om kwaad te word. Ek sukkel daarmee. Hierdie is net nog een van die tekste wat min mense kan navolg.

Matt 5:43-46: “Julle het gehoor dat daar gesê is: 'Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.' Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê , en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen. As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag? Maak die tollenaars nie ook net so nie?” Wees lief vir jou vyand. Kry u dit miskien reg, want ek sukkel baie daarmee. Nog een van daardie tekste wat bykans onmoontlik is om na te volg.

So is daar baie tekste in die Bybel wat bokant my vuurmaakplek is. Goddank, ons het 'n Leermeester in wie se spore ons kan loop. Hy het vir ons hierdie dinge kom wys. En weet u, Hy was ook bekommerd en bang die aand voor sy kruisiging. Hy het ook kwaad geword en tafels in die tempel gaan omkeer. En nou is Hy vandag hier vir ons, ín hierdie omstandighede waarmee ons so sukkel.

Page 20: Die Nr 246 April 2017 Ligdraer bro.pdf · 17 Wat ‘n onsbeskryflike heerlikheid - Sarel Smit 21 Ebenhaezer - Pieter Oberholzer ... Boodskap van ons leraar op Sondag 27 Maart 2016

17

Ek wil graag die volgende ondervinding wat ek verlede jaar gehad het met u deel:

Ek word gevra om een Donderdag uit te help met die begeleiding van s a m e s a n g , w a t e l k e Donderdagmiddag by d ie Freemanville tehuis vir bejaardes gehou word. Dit is 'n interkerklike geleentheid en word gelei deur een van ons lidmate, broer Nico Small. Hoe ek ookal daaroor dink; ek besef net, pen en papier kan nie beskryf die stukkie hemel wat ons DIE betrokke Donderdag daar ervaar het nie.

Toe ons ongeveer drie uur wou begin, was die saaltjie waar die samesang gewoonlik gehou word w e e n s v e r b e t e r i n g s w a t aangebring word, in chaos gedompel. Al die stoele was agter teen die muur op mekaar gestapel en werkers staan op lere terwyl hulle verf en die dak afskuur.... En hier staan die groepie mense, angstig om te kom sing. As ek so na hulle kyk, lyk dit vir my soos 'n klompie honger bokkies wat naby die water staan, maar weens omstandighede nie by die water kan uitkom nie. Die bestuur laat weet dan ook dat ons nie vanmiddag kan sing nie omdat omstandighede te ongeleë is. Maar die mense WIL SING en loop

nie - hulle staan maar en wag. Ek besef toe dat ons die beste van die omstandighede moet maak en begin stoele regskuif. Gou het ons 'n klomp stoele om die klavier gerangskik wat voldoende was.

Terwyl ons sing het die werkers maar voortgegaan met hulle werksaamhede en ons het net al heerliker, meer hemels gesing - met tannie Fennie in haar rolstoel in die middel van die groepie vergader. Ek skryf die hemelse gevoel op daardie stadium toe aan die moeilike omstandighede waarin die mensies desperaat nie wou tou opgooi nie, maar doelgerig WOU SING. Broer Nico vra vooraf ek moet afsluit met gebed en dan ook spesiaal vir tannie Fennie, wat Saterdag negentig word, sal bid. Toe ek moet bid, kon ek nie, my gemoed was net te vol en ek voel hoe die Heilige Gees begin vaardig word oor my. Ek moet myself staal sodat die gebeure nie vir die ander mense (wat dit moontlik nie ken nie) kan laat aanstoot neem nie. Maar daar is so hemelse, heerlike atmosfeer, dit voel my, as ons tog net vir ewig in hierdie atmosfeer kon bly. En dit is nou hier waar aardse woordeskat en pen en papier ver te kort skiet om my toe te laat om te kan beskryf hoe daardie heerlikheid voel.

Sare

l Sm

itWat ‘n onbeskryflike

heerlikheid

Page 21: Die Nr 246 April 2017 Ligdraer bro.pdf · 17 Wat ‘n onsbeskryflike heerlikheid - Sarel Smit 21 Ebenhaezer - Pieter Oberholzer ... Boodskap van ons leraar op Sondag 27 Maart 2016

18

Broer en suster, as ek dit net tot u kan laat deurdring.... DIE HEMEL IS ‘N WERKLIKHEID!

Toe ons klaar gebid het en ek kyk vir die mense, is dit asof daar 'n hemelse glans op elkeen is, en dit het NIKS met my ou nietige, stamelende gebedjie te doen nie. Ek weet nie wat om te doen om die euforie, die heerlikheid, die harmonie waarin ons saam is, te laat aangaan nie. Ek is maar terug klavier toe en toe sing ons verder. Heerlik, hemels... later kom die vreemde mense en vat my hand en druk my vas en kan my nie genoeg bedank dat ek hulle gehelp het met die klavier, om so heerlik te kon sing nie. Weereens besef ek, dit het NIKS te doen met die paar eenvoudige nootjies wat ek probeer druk het nie. DIT IS IETS ANDERS...IETS VER VERHEWE BO DIE AARDSE. Ek groet tannie Fennie en dit voel my, die Jesus liefde is so groot, ek kan haar net styf vasdruk, so oneindig bly is ons om mekaar te sien. Onmiddellik vermeld sy van die kommer wat sy in haar hart het oor haar kleinkinders, en vra sy dat ek tog ernstig saam met haar vir hulle moet bid. So is ons uit die saaltjie en nou vergader die hele groepie in die gang, met tannie Fennie in haar rolstoel, WEER die middelpunt van ons almal. En hier staan ons, bekendes en vreemdes so bymekaar en ons wil mekaar nie los nie. Wat my verstom, is hierdie 'vreemde' mense, bedoelende mense wat nie lidmate van die Christelike Vereniging is nie, se liefde en uitreik na ons en mekaar toe. Almal staan net daar rond en kuier met mekaar. So, in daardie hemelse

atmosfeer, verlustig ons ons nog steeds. Ek dink toe, ek wil nie nou loop nie, by wie kan ek nog gaan kuier, net om nog bietjie langer in die hemelse atmosfeer te kon bly.

So is ek toe na tannie Annatjie Swanepoel toe. Weer is ons so bly om mekaar te sien. Sy lyk vir my net so hemels en alhoewel sy nie kon saamsing nie, spoel daardie heerlike hemelse atmosfeer oor daar na haar kamertjie toe. Ons gesels; ons gesels oor ons voorgeslagte en die feit dat ons ver langs familie is, as ons so van hulle (oom Neels van Rensburg (haar broer) en oom Lief, hulle vader, en ons ander voorgeslagte, oom Pieter Swanepoel, wat die Geeswerk begin het (haar man se oupa) praat, voel dit amper asof hulle hier by ons in die kamer is. Ons val later op ons knieë neer en ons bid, en dit is oop tot in die hemel. Toe ek daar wegloop voel dit vir my asof ek sweef. Ek besluit, ek STAP nou huis toe. Maar ek is so vol van die Here se dinge, eintlik wil ek op die hoogste bergtop gaan staan en uitbasuin...JESUS LEEF, EN HY IS 'N WERKLIKHEID!

Ek loop op tot in Sarel Smitstraat en ek word so bly ek kan in die straat wat so 'n merkwaardige man se naam dra, loop. To e d r a a i e k a f i n P i e t e r Swanepoelstraat en 'n hemelse trotsheid kom in my binneste op, daar kom so onuitspreeklike blydskap in my hart op dat oom Pieter so aanhou bid het en vir ses en 'n half jaar volhard het, totdat die Gees uitgestort is. Op die hoek van Pieter Swanepoel en Johannes Duminy (nog 'n lidmaat wat vernoem is) is 'n klompie werkers besig om waterpype te herstel; ek kon net nie

Page 22: Die Nr 246 April 2017 Ligdraer bro.pdf · 17 Wat ‘n onsbeskryflike heerlikheid - Sarel Smit 21 Ebenhaezer - Pieter Oberholzer ... Boodskap van ons leraar op Sondag 27 Maart 2016

19

anders, ek moes net vir hulle van die liefde van Jesus vertel en in watse besonderse strate hulle besig is om te werk. Dit is vir my so heilig, ek wil vir hulle sê hierdie straat wat hierdie godsman se naam dra is te heilig dat hulle sommer net so aan hom kan werk. So stap ek af huis toe en alles is so mooi en skoon en heilig en rein, dit voel of ek wil huppel en spring. Toe ek daar onder in Francois Roosstraat inloop kom dieselfde gevoel van heiligheid en eerbied by my op, as ek aan hom waarna hierdie straat vernoem is, dink.

Ek herinner my hoe aan my vertel is dat oom Fanie Roos so baie, baie diep in die Here geleef het. Hulle vertel dat die spruit eenkeer sy walle weens swaar reën oorstroom het sodat die brug by Trens Erasmusweg by die golfbaan, ook oorstroom was. Baie mense vergader toe daar om na die water te kyk. Van oom Fanie se familie en kinders moedig oom Fanie aan om ook te gaan kyk; waarop hy net antwoord, nee, hy mag nie na so 'n wêreldse atmosfeer toe gaan nie. Hy het so diep in die Here geleef, hy kon nie eens in so onskuldige geleentheid deel nie.

Oom Jackie, tannie Fennie se broer, staan in sy tuin en ons begin gesels. Hy vertel my hoe daar in Roosheuwel aanvanklik net vier huisies gebou was en hoe hy as negentienjarige jongman, vir die kerk se kerkkas daar begin kollekteer het. Hy vertel oom Faan, wat in daardie jare leraar was, het vir hom 'n nuwe kwitansieboek gegee en met groot nadruk en drif gesê, hy moet NET geld aanvaar van mense wat dit met 'n blymoedige hart gee. Oom Faan sê hy

wil nie geld hê wat met 'n onwillige, swaar hart gegee word nie. So vertel oom Jack ook baie staaltjies en verhale rondom die bou van ons kerke. Dit is vir my so kosbaar en soet om daarna te luister, ek wens hy wil net aanhou en aanhou.

Saterdag neem ek eetgoed, wat Stephanie vir tannie Fennie (haar mammie) se verjaarsdag bestel het na Stephanie se huis toe. (Die kinders wou 'n geleentheid, met meer familie en vriende, by die raadsaal langs die kerk, maar tannie Fennie het geweier en indien sy sou instem, sou sy nie in staat wees om dit mee te maak nie). Toe ek by Stephanie kom, neem sy my na haar moeder toe, waar tannie Fennie doodsbleek en benoud op die bed lê en my glad nie herken nie. Ek stel myself aan haar voor en noem aan haar hoe ons Donderdag daar by die tehuis so heerlik saam gesing het. Sy kyk my net onbegrypend aan en vra na oom Fanie Visagie ons evangelis, wat vir haar moet kom bid. Toe van haar kleinkinders later kom groet hoor ek waar ek en van die ander kinders en kleinkinders en geliefdes in die sitkamer sit, hoe sy skielik tot verhaal kom en die evangelie, in haar siektetoestand, aan van hulle bring. Een van haar kleinseuns sê skielik sy ouma moet hospitaal toe, hy ken die paramedici, hy reël dit gou. Toe hulle haar in die ambulans het, roep sy weer hard en dringend uit, en uit die ambulans hoor ek hoe sy dit feitlik uitskreeu: “Jy moet hard roep na Jesus toe my kind, jy moet skreeu tot Jesus jou hoor...” In my hart weet ek net, hierdie ouma wend nog 'n laaste poging (feitlik op haar sterfbed) aan,

Page 23: Die Nr 246 April 2017 Ligdraer bro.pdf · 17 Wat ‘n onsbeskryflike heerlikheid - Sarel Smit 21 Ebenhaezer - Pieter Oberholzer ... Boodskap van ons leraar op Sondag 27 Maart 2016

20

om haar kinders te evangeliseer. 'n Ervaring wat my so getref het; dit is in my gemoed ingebrand, ek sal die Here ewig dankbaar wees dat ek bevoorreg was om dit te kon meeluister. Later hoor ek hulle sê die mediese span het net betyds ingegryp, anders het tannie Fennie in die huis al aan asemnood gesterf.

Toe ek daar wegry en alles so oordink besef ek skielik, DIT WAS TANNIE FENNIE SE HEERLIKHEID VAN DIE H E M E L WAT WA G ; w a t o n s Donderdagmiddag daar by die samesang ervaar het! Daar het ons groepie van haar afskeid geneem, sonder dat ons dit besef het. Die volgende week is sy oorlede. Ek kan Jesus net dank en loof en prys dat ek bevoorreg was om so stukkie hemel op die aarde saam met haar te kon ervaar. Tog kan ek nie genoeg beklemtoon: DIE HEMEL IS 'N WERKLIKHEID!

Tydens die jongelingsvereniging by Bloempark kort daarna kom die dringende gedagte by my op om die ervaring van tannie Fennie met ons mense daar te deel en 'n lied te speel. Ek weet dit moet 'n lied wees wat oor die hemel gaan. Ek kan toe net aan die 'pelgrimslied' dink, maar dit is so 'n gewigtige, swaar lied, ek sou (as ek mag), eerder 'n ander lied wou speel en sing. Skielik hoor ek hoe sing ons jare terug saam met tannie Hester le Grange in die kerk tydens opname:

'Hulle sê daar's musiek in die hemel, alle soorte wat jy oor kan dink, wat soete klanke kan meebring, terwyl die engele sing'. Ek hoor hoe speel oom Ed op sy banjo so hard uit, en hoe die hemelse klanke van oom Jack se hawaiin kitaar die kerk vul...en ek weet net...dit is die lied wat ons moet speel en sing. Later tref dit my...maar dit is dan tannie Fennie se twee broers wat ek so hoor speel het...oom Ed wag lankal vir sy suster daar in die hemel. En die lied is ook so gepas, want ek weet tannie Fennie was BAIE lief vir musiek, sy was altyd so baie bly as ons saam met haar kleinkinders oefen en in die jongelingsvereniging sing en speel.

As ek so aan die einde van my skamele, menslike poging om die dinge van die hemel te probeer op skrif stel kom, besef ek maar net weer hoe GROOT IS GOD...HOE ONEINDIG KLEIN IS DIE MENS...maar bo dit alles: DIE HEMEL IS ‘N WERKLIKHEID!

Die geringe prys wat ons dikwels moet betaal en die stryd waarin ons gewikkel is; is NIKS in vergelyking met daardie ewige, onuitspreeklike HEERLIKHEID wat vir ons wag nie! Dit het tannie Fennie my opnuut weer geleer.

My broer en suster, stry die stryd, hardloop die wedloop! Voor by die eindpaal staan ons geliefdes saam met Jesus vir ons en wag!

“Ons gaan juig daar in die hemel,ons gaan kroon die Lam, geslag;sal dit daar nie heerlik wees nie,

want die Lam is altyd daar!”

Page 24: Die Nr 246 April 2017 Ligdraer bro.pdf · 17 Wat ‘n onsbeskryflike heerlikheid - Sarel Smit 21 Ebenhaezer - Pieter Oberholzer ... Boodskap van ons leraar op Sondag 27 Maart 2016

21

Ek het aan die begin van 2016 b e t r o k k e g e r a a k b y d i e pekanneutboom-projek op Ebenhaezer. Die transportaktes of oordragdokumente van die plase waarmee ek moes werk, het my so geïnteresseer dat ek weer in ons kerkgeskiedenis gaan oplees het oor hoe dit gebeur het dat die eerste kerk in 1940 daar gebou is. Die Here se wonderlike leiding, goedheid, getrouheid en voorsiening was vir my weer tot baie groot seën gewees terwyl ek die kerk geskiedenis gelees het. Vandat ek in 1971 die eerste keer spesiale dienste daar bygewoon het, het Ebenhaezer baie vir my geestelike lewe beteken.

Daar was ook versoek dat ek 'n opsomming oor die bou van die eerste kerk in die Ligdraer moet plaas - veral vir ons jonger mense wat dit miskien nog nie gehoor of gelees het nie. Dit kan ook vir van ons ouer mense, soos vir myself, goed wees om die geheue te verfris.

Die kerk is Ebenhaezer genoem. Dit beteken: “Tot hiertoe het die Here ons gehelp” en kom uit 1 Samuel 7:12: “Toe het Samuel 'n klip geneem en dit opgerig tussen Mispa en Sen, en dit Ebenhaéser genoem en gesê: Tot hiertoe het die HERE ons

gehelp.”

Die gebied waar die kerk geleë is, w a s v o o r h e e n B r i t s -Betsjoeanaland genoem. Vryburg was die hoofstad van dié gebied en dit het meer as 200 km n o o r d w a a r t s t o t b y d i e Moloporivier (Botswana grens) gestrek. Dit is die rede waarom van ons ouer mense soms van die kerk in Betsjoeanaland gepraat het. Dié gebied is in 1895 by die destydse Kaapkolonie ingelyf. Dit het later onder Noordkaap Provinsie geval en vandag is dit deel van die Noordwes Provinsie van Suid-Afrika.

Ongeveer in die jaar 1900 het oom Hansie Strydom (die grootvader van tannie Kitty Kriel) in die omgewing waar die kerk nou staan, gewoon. In daardie tyd het hy nog nie geweet van die bestaan van die Christelike Vereniging van Suid Afrika nie, maar veertig jaar later is die eerste kerk daar ingewy.

Hy het toe een nag 'n droom/gesig gehad waarin hy 'n groot wit voël gesien het met 'n gesig soos dié van 'n mens. In sy droom sê hy aan sy eggenote dat dit koud is en hy wil maar daardie persoon gaan innooi om in hulle huis te kom vertoef vir die nag. So nooi hy dan die voël met die gesig van 'n mens

EbenhaezerPie

ter

Ober

ho

lzer

Page 25: Die Nr 246 April 2017 Ligdraer bro.pdf · 17 Wat ‘n onsbeskryflike heerlikheid - Sarel Smit 21 Ebenhaezer - Pieter Oberholzer ... Boodskap van ons leraar op Sondag 27 Maart 2016

22

in en sê hulle huisie is maar klein en eenvoudig, maar hy is welkom om daar te vertoef. Die voël met die gesig van 'n mens sê toe dat hy Pieter Swanepoel van die Christelike Vereniging in Klerksdorp is, en hy kom soek 'n plek waar hulle vir die Here 'n huis kan bou. Op daardie moment het oom Hansie Strydom wakker geword. Toe hy later 'n geleentheid kry, is hy Klerksdorp toe met sy kar en perde - ongeveer 265 km van sy plaas af. Op Klerksdorp aangekom, het hy die aand die diens in die Christelike Vereniging van Suid-Afrika bygewoon en was teleurgesteld om te sien dat die prediker nie die man was wat hy in die droom gesien het nie. Na die diens verneem hy dat oom Pieter wel die leraar van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika is maar dat hy siek was. Hy het oom Pieter aan huis gaan besoek en hom dadelik herken as die gesig in sy droom.

Oom Pieter Swanepoel is op 14 Mei 1901 oorlede en is deur oom Fanie Roos as leraar opgevolg.

Oom Fanie Roos het ses keer die Vryburg-distrik besoek met kar en perde. Daar het hy rondgegaan en bidure by van ons dierbares gehou. Baie van die omgewing se mense het dan ook die bidure bygewoon. Die Gees het op 'n besondere wyse onder die biduurgangers gewerk waar hulle besluite en oorgawes gemaak het wat tot hulle dood toe standgehou het.Oom Kallie Strydom het 5 morg (4.3 hektaar) van sy plaas, Lekker Lach, aan die Christelike Vereniging van Suid-Afrika geskenk. Die eerste kerk wat daar gebou is, is in 1940 deur oom

Fanie Roos ingewy. Oom Fanie is op 28 Februarie 1946 oorlede en is deur oom Faan Visagie opgevolg as leraar.

Dié 5 morg is van Lekker Lach afgesny en die afgesnyde plasie is Ebenhaezer genoem. Dit is op 4 Oktober 1946 amptelik na die Christelike Vereniging van Suid-Afrika oorgeplaas, en is deur oom Faan Visagie en oom Sarel Smit, as Trustees van die kerk, in ontvangs geneem. Oom Attie Marais, seun van tannie Tienie Marais, het die plaas Lekker Lach by oom Kallie Strydom gekoop. Hy het dit in sy testament aan die Christelike Vereniging van Suid-Afrika bemaak, onderworpe aan onder andere die volgende voorwaarde:

“Dat die gesegde CHRISTELIKE VERENIGING van SUID-AFRIKA die bogenoemde plaas ewigdurend sal behou as 'n kerkplaas vir die gebruik en genot van die gemeentelede van die gesegde kerk, soos bepaal deur die Kerk se Kommissie en sal nie die reg hê om die plaas te verpand, vervreem of verkoop nie”.

Oom Attie Marais is op 18 Julie 1945 oorlede. Die plaas Lekker Lach is op 16 Mei 1947 amptelik aan die Trustees van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika oorgedra.

Page 26: Die Nr 246 April 2017 Ligdraer bro.pdf · 17 Wat ‘n onsbeskryflike heerlikheid - Sarel Smit 21 Ebenhaezer - Pieter Oberholzer ... Boodskap van ons leraar op Sondag 27 Maart 2016

23

'n Lewe saam met ons Here Jesus Chr is tus v r ywaar ons n ie noodwendig van pyn, ongemak, spanning en lyding nie. Tog verander ons lewens radikaal die dag wat ons ons lewe vir Jesus gee, want dan behoort ons mos aan Hom. En omdat ons sy eiendom, sy kinders is, beloof Hy dat Hy vir ons soos 'n vader sal sorg. God belowe ons dat sy genade elke oomblik van die dag soos 'n wolk om ons sal vou.

Liewe broer en suster, dan sit God sy Gees in ons. Die Gees wat ons in staat stel om daagliks meer en meer soos Jesus te wees. Ons Vader het ons oneindig lief. Juis daarom wil Hy ons lewe verander. As die Here eenmaal in ons harte ingekom het dan kan ons nooit weer dieselfde wees nie. Vra elke dag dat die Gees u sal help om die Vader se wil te doen. Vertrou dan dat u met God aan u sy tot enigiets in staat is. Maak ons hemelse Vader deel van elke dag van u lewe, u sal verbaas wees oor dit waartoe u in staat is.

Hoe beleef ons God se liefde? Hoe kry ons dit reg om God se liefde in ons lewens te voel? Terwyl ons Hom glad nie eens kan sien nie? Dierbare broer en suster ons word stil. Ons bid dat die Gees ons met sy teenwoordigheid sal vul. Ons wag totdat ons gedagtes werklik met die Vader in kontak is, dan kom Hy met sy oneindige liefde en

genade na ons toe en vul ons harte met sy dierbare Heilige Gees. So sal ons te midde van die gewoel om ons rus vind, ten spyte van die onrus van die wêreld. 'n Gevoel van saligheid beleef en ervaar dat Jesus ons met ongekende vrede vul. Omdat God ons so lief het, het Hy sy eie seun na die wêreld gestuur om sy lewe af te lê aan die kruis op Golgota, en het sy bloed gevloei vir die wêreld se sondes, en so het God 'n nuwe verbond gemaak. Die genadeverbond om ons vry te maak van die vloek van die wet en die ewige dood. Jesus het 'n volmaakte offer gebring. Hyself was die offerlam. Hyself het die graf oorwin en het uit die dood opgestaan en met sy eie bloed in die heiligdomme van God ingegaan om vir ewig versoening te doen vir die wêreld se sondes. Die skrif sê 'n mens is bestem om eenmaal te sterf en daarna die oordeel, maar tog leef die mense asof hulle nooit sal sterf nie. Hulle is so ingestel op vandag dat hulle omtrent nooit aan die ewigheid dink nie. Die natuur en die Bybel leer albei vir ons dat alles wat 'n begin het ook 'n einde het. Die dag begin met sonsopkoms, maar teen die einde van die dag word die skaduwees langer en die son sak weg. Daardie kalenderdag kom nooit weer terug nie. Ons kan vandag nie herhaal nie. As dit verby is is dit vir altyd verby.

Mie

mie

van

Hee

rden

Is u naam ook al daar

Page 27: Die Nr 246 April 2017 Ligdraer bro.pdf · 17 Wat ‘n onsbeskryflike heerlikheid - Sarel Smit 21 Ebenhaezer - Pieter Oberholzer ... Boodskap van ons leraar op Sondag 27 Maart 2016

24

Liewe medereisiger, op watter pad beweeg u? Word u nog voortgedryf deur die strikke van Satan op u sondige lewensweg, of het u al vir Christus aangeneem? Is u al gewas in sy bloed? Kan u uitroep: “Ek is verlos! Ek is vry”? Soek die Here nou terwyl Hy nog te vinde is, roep Hom aan terwyl Hy naby is. Kyk op na Golgota: Kom kniel by die kruis. Jesus het die duurste prys betaal sodat ons nie verlore mag gaan nie. Hy klop nou aan u hart terwyl u

hier lees. Sy bloed roep, sy genade roep. Moet tog nie uitstel nie, as u langer wag kan dit moontlik te laat word. Hoe weet u of u môre nog gaan lewe? Dan kom die ewigheid – te laat vir berou! Te laat vir vergifnis, te laat om by die poort in te gaan – want die deur is reeds gesluit. En as dit bevind is dat iemand se naam nie in die boek van die lewe geskryf is nie dan word hy in die poel van vuur gewerp. Vir ewig verlore!

Ek begeer, Heer, geen rykdom,ook nie silwer of goud,ek verlang na die hemelen ek soek my behoud,

in die boek van die lewe,in u handskrif, so klaar,

sê my, Jesus, my Heiland,is my naam ook al daar?

Is my naam ook al daar,in u handskrif so klaar?In die boek van die lewe,is my naam ook al daar?

Page 28: Die Nr 246 April 2017 Ligdraer bro.pdf · 17 Wat ‘n onsbeskryflike heerlikheid - Sarel Smit 21 Ebenhaezer - Pieter Oberholzer ... Boodskap van ons leraar op Sondag 27 Maart 2016

25

verjaardag

Verjaarsdae

+

Junie2 Frans Blom Klerksdorp

3 Marieta Visagie (Labuschagné) Klerksdorp

4 Gert Barnard Klerksdorp

6 Brechtje Labuschagné (Van Jaarsveld) Pretoria

Hannes Fouché Pretoria

12 Frikkie le Grange Klerksdorp

14 Sarie van Rensburg (Van Rensburg) Bothaville

Ben Roos Rustenburg

15 Bessie Labuschagné (Pypers) Klerksdorp

Kiewiet Stoltz (Henn) Vryburg

Dina van Rensburg (Van den Bergh) Carletonville

20 Tienie van Wyk (Duminy) Klekrsdorp

24 Ria Labuschagné (Rossouw) Klerksdorp

Sakkie Pretorius Klerksdorp25 Chris Snyman Pretoria28 Annetjie van Deventer (Swanepoel) Klerksdorp

Mei5 Dorie Strydom (Scholtz) Klerksdorp6 Marie Stehlik (Pretorius) Klerksdorp8 Duifie Brand (Duminy) Springs11 Lienie van Rensburg (Meyer) Klerksdorp Sannie Rossouw (Swanepoel) Klerksdorp13 Thys Rossouw Klerksdorp15 Ems Duminy (Botha) Klerksdorp20 Trudie Vermeulen (Pretorius) Klerksdorp21 Willie van Rensburg Klerksdorp23 Daleen Rossouw (Malherbe) Klerksdorp27 John Brazer Klerksdorp

Verjaarsdae 70

Page 29: Die Nr 246 April 2017 Ligdraer bro.pdf · 17 Wat ‘n onsbeskryflike heerlikheid - Sarel Smit 21 Ebenhaezer - Pieter Oberholzer ... Boodskap van ons leraar op Sondag 27 Maart 2016

26

verjaatsdag

Verjaarsdae

Julie1 Jan Kriel Vanderbijlpark6 Jackie le Grange Klerksdorp Jan van Rensburg Johannesburg 11 Engela Roos (Smit) Klerksdorp Lenie Pretorius (Strydom) Middelburg15 Kitty Kriel (Strydom) Klerksdorp Jannie Rossouw Klerksdorp17 Gerrit Botha Klerksdorp18 Kosie Rossouw Leeudoringstad 19 Sannie Lindeque (Roos) Klerksdorp Charles Duminy Klerksdorp Pinkie Esterhuizen Klerksdorp23 Sarie Pretoius Klerksdorp26 Drienie le Grange (Strydom) Klerksdorp27 Caroline Visagie (Van Rooyen) Klerksdorp30 Emsie Strydom (Le Grange) Vryburg

Augustus9 Sarel Lombaard Klerksdorp11 Boetie Jordan Gansbaai12 Gert Strydom Klerksdorp13 Poppie Duminy (Strydom) Pretoria14 Hannie Rossouw (Smith) Klerksdorp18 Maggie Rossouw (Le Grange) Klerksdorp21 Hannetjie Oberholzer (Delport) Vanderbijlpark Johan Pretorius Middelburg22 Ria Pretorius (Labuschagné) Klerksdorp Anne-Marie van der Merwe (Nel) Klerksdorp23 Alida Duminy (Kotze) Klerksdorp25 Tienie Duminy (Rossouw) Klerksdorp26 Marie Rossouw (Harmzen) Klerksdorp28 Bokkie Lombaard (Swanepoel) Klerksdorp

Page 30: Die Nr 246 April 2017 Ligdraer bro.pdf · 17 Wat ‘n onsbeskryflike heerlikheid - Sarel Smit 21 Ebenhaezer - Pieter Oberholzer ... Boodskap van ons leraar op Sondag 27 Maart 2016

27

Natalie Campher

Mardene le Grange

Jani van Niekerk

Veruschke van Sitter

Kobus Burger

Fanie Duminy

Sias Meyer

Gert Rossouw

André Smit

Enrique Sobreira

Arnold Steyn

Klerksdorp 24 Desember 2016

Nuwe Lidmate

DopelingePetrolé Visagie Tonie en Sujen Klekrsdorp 24/12/2016Mia-Lize Kruger Jaco en Sarin Bloempark 29/01/2017Maré Kok Johan en Elrina Pretoria 11/02/2017

Page 31: Die Nr 246 April 2017 Ligdraer bro.pdf · 17 Wat ‘n onsbeskryflike heerlikheid - Sarel Smit 21 Ebenhaezer - Pieter Oberholzer ... Boodskap van ons leraar op Sondag 27 Maart 2016

28

Huwelike

Hardie Jonck en Michelle Janse van Rensburg

is op 17 Desember 2016 by Inyala Lodge

in die huwelik bevestig

Franco Janse van Rensburg en Leandré Janse van Rensburg

is op 4 Maart 2017by Sterrietjies Kombuis in die huwelik bevestig

Page 32: Die Nr 246 April 2017 Ligdraer bro.pdf · 17 Wat ‘n onsbeskryflike heerlikheid - Sarel Smit 21 Ebenhaezer - Pieter Oberholzer ... Boodskap van ons leraar op Sondag 27 Maart 2016

29

algemeen

Algemene inligtingFinansiële ondersteuningDie Kerk se bankbesonderhede is as volg:

Christelike Vereniging van Suid-Afrika

ABSA bank (Tjekrekening) ABSA bank (Tjekrekening)Klerksdorp Pretoria Rekeningnommer 30 3023 0018 Rekeningnommer 40 5155 4280

HulpfondsABSA bank - Klerksdorp Rekeningnommer 93 0363 8806

Kerkkantoor (Klerebank en Museum)

Nina le GrangeTelefoon 018 462 2381Faks 086 551 0019 Selfoon 083 630 8148E-Pos adres [email protected] Posbus 330, Klerksdorp, 2570Kantoorure: Maandag en Donderdag 08:00 - 12:00

Adresveranderinge‘n Vriendelike versoek aan al ons lidmate om, wanneer u adres of kontakbesonderhede verander, ons so gou moontlik daarvan in kennis te stel.

Sodoende bly ons rekords op datum en kan ons u Ligdraer korrek versend en ook by u huisbesoek doen wanneer ons in u omgewing is. U kan die nuwe besonderhede aan enige van ons evangeliste verskaf, of dit e-pos na [email protected]

Page 33: Die Nr 246 April 2017 Ligdraer bro.pdf · 17 Wat ‘n onsbeskryflike heerlikheid - Sarel Smit 21 Ebenhaezer - Pieter Oberholzer ... Boodskap van ons leraar op Sondag 27 Maart 2016

30

algemeen

Kontaknommers

Leraar Fanie Visagie 018 462 1282 082 324 3248Evangelis Neels Botha 082 562 5628Evangelis Fanie Duminy 082 823 4861Evangelis Kosie Roos 076 486 6568 Evangelis Fanie Visagie 082 331 0432

Baviaanskrans S 27°20’58.08” O 26°26’06.84”

Bloempark S 26°44’00.77” O 27°44’02.14”

Ebenhaezer S 26°34’13.82” O 24°30’11.86”

Klerksdorp S 26°52’27.70” O 26°39’04.06”

Leeudoringstad S 27°14’13.45” O 26°14’42.90”

Pretoria S 25°52’31.92” O 28°05’49.73”

Vryburg S 26°56’50.10” O 24°43’09.30”

GPS Koördinate van kerkterreine

Klankopnames

Alle Jongelingsverenigings, verskeidenheid van musiek en sang asook die boodskappe op Sondae in Klerksdorp sowel as tydens spesiale dienste is beskikbaar teen die volgende pryse (versendingskoste uitgesluit):

R20 per CD R40 per MP3 CDR50 per CD in argief (10 jaar en ouer) asook alle spesiale Cd’sR80 per 8GB geheuestokkie en die laai daarvan beloop R30 per GB. Kontak vir br Gert Strydom persoonlik by 083 654 4949 of 018 462 6833 om aan te dui watter opnames u op die geheuestokkie wil laat stoor.

CD bestellings en betalings kan ook gedoen word by die kerkkantoor.

Page 34: Die Nr 246 April 2017 Ligdraer bro.pdf · 17 Wat ‘n onsbeskryflike heerlikheid - Sarel Smit 21 Ebenhaezer - Pieter Oberholzer ... Boodskap van ons leraar op Sondag 27 Maart 2016

31

dienste

2018Baviaanskrans9 tot 11 Februarie

Pretoria9 tot 11 Maart

Ebenhaezer29 Maart tot 1 April

Bloempark20 tot 22 April

Klerksdorp11 tot 20 Mei

Pretoria3 tot 5 Augustus

Baviaanskrans7 tot 9 September

Ebenhaezer5 tot 7 Oktober

Bloempark9 tot 11 November

Klerksdorp17 tot 26 Desember

2017Pretoria10 tot 12 Februarie

Baviaanskrans10 tot 12 Maart

Ebenhaezer13 tot 16 April

Bloempark5 tot 7 Mei

Klerksdorp26 Mei tot 4 Junie

Pretoria11 tot 13 Augustus

Baviaanskrans8 tot 10 September

Ebenhaezer6 tot 8 Oktober

Bloempark10 tot 12 November

Klerksdorp17 tot 26 Desember

Spesiale Dienste

Page 35: Die Nr 246 April 2017 Ligdraer bro.pdf · 17 Wat ‘n onsbeskryflike heerlikheid - Sarel Smit 21 Ebenhaezer - Pieter Oberholzer ... Boodskap van ons leraar op Sondag 27 Maart 2016

32

Page 36: Die Nr 246 April 2017 Ligdraer bro.pdf · 17 Wat ‘n onsbeskryflike heerlikheid - Sarel Smit 21 Ebenhaezer - Pieter Oberholzer ... Boodskap van ons leraar op Sondag 27 Maart 2016

33