die nuwe verbond - ngdoornpoort.co.za...31daar kom ’n tyd, sê die here, dat ek met israel en juda...

26
DIE NUWE Jeremia 31:31-34 VERBOND

Upload: others

Post on 16-Mar-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

DIE NUWE

Jeremia 31:31-34

VERBOND

31Daar kom ’n tyd, sê die Here, dat Ek met Israel en Juda ’n

nuwe verbond sal sluit. 32

Dit sal nie wees soos die verbond wat

Ek met hulle voorvaders gesluit het toe Ek hulle aan die hand

gevat en uit Egipte laat trek het nie. Hulle het daardie verbond

wat Ek met hulle gesluit het, verbreek al was Ek getrou aan

hulle, sê die Here. 33

Dit is die verbond wat Ek in die toekoms

met Israel sal sluit, sê die Here: Ek sal my woord op hulle harte

skryf en dit in hulle gedagte vaslê. Ek sal hulle God wees en

hulle sal my volk wees. 34

’n Man sal nie meer vir sy buurman of

vir sy broer voorhou: “Jy moet die Here dien” nie, want almal

sal My dien, klein en groot, sê die Here. Ek sal hulle oortredings

vergewe en nie meer aan hulle sondes dink nie.

Jeremia 31:31-34

932 v.C.

Die Ryk Skeur in twee:

ISRAEL: 10 Stamme in die Noordryk in Samaria

JUDA: 2 Stamme in die Suidryk in Jerusalem

11Daarom het die Here nou vir hom gesê: “Omdat dit so is dat jy

jou nie hou aan my verbond en aan die voorskrifte wat Ek jou

gegee het nie, sal Ek die koningskap van jou afskeur en vir ’n

onderdaan van jou gee. 1 Konings 11:11

722 v.C.

Samaria (Die Noordryk/ISRAEL) val

onder die aanslag van die Assiriërs

Word in Ballingskap weggevoer en keer nie terug nie

6In die negende regeringsjaar van Hosea het die koning van

Assirië Samaria ingeneem en het hy die Israeliete na Assirië toe

weggevoer.

2 Konings 17:6

586 v.C.

Jerusalem (Die Suidryk/JUDA) val

onder die aanslag van die Babiloniërs

Word in Ballingskap weggevoer en keer later terug

14Nebukadnesar het die hele Jerusalem weggevoer: al die

amptenare, al die soldate, tien duisend gevangenes, ook die

vakmanne en die smede. Niemand het agtergebly nie behalwe

die armstes van die landsbevolking. 2 Konings 24:14

By die riviere van Babel,

daar het ons gesit,

en ons trane het gevloei

as ons aan Sion dink.

2Aan die wilgerbome in daardie land

het ons ons liere opgehang

3toe dié wat vir ons gevange

weggevoer het,

ons gevra het om ’n lied te sing,

toe dié wat vir ons leed aangedoen het,

van ons vrolikheid wou hê:

“Sing vir ons ’n lied oor Sion!”

Psalm 137

4Hoe kan ons die lied van die Here sing

in ’n vreemde land?

5As ek jou sou vergeet, Jerusalem,

mag my regterhand dan verlam raak.

6Mag my tong

aan my verhemelte vaskleef

as ek aan jou nie dink nie,

as Jerusalem nie my grootste vreugde bly nie.

7Onthou die Edomiete, Here,

die dag toe Jerusalem ingeneem is,

hoe hulle aangehou het met sê:

“Breek af, breek af die stad

tot op sy fondamente!”

Psalm 137

8Dat jy verwoes sal word, Babel,

is seker.

Gelukkig is die man

wat jou terugbetaal

vir wat jy ons aangedoen het!

9Gelukkig is hy wat jou babatjies gryp

en teen ’n klip verbrysel.

Psalm 137

10So sê die Here: Oor presies sewentig jaar sal Ek Babel straf en

julle onder my sorg neem en dan sal Ek my belofte nakom om

julle hier na Jerusalem toe terug te bring. 11

Ek weet wat Ek vir

julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek

wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting! 12

Dan sal julle My

aanroep, tot My kom bid, en ek sal julle gebede verhoor. 13

Julle

sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle

hele hart daarna vra. 14

Julle sal My ontmoet, sê die Here, en Ek

sal julle terugbring uit die ballingskap uit. Ek sal julle

bymekaarmaak tussen al die nasies uit en van al die plekke af

waarheen Ek julle verstrooi het, sê die Here, en Ek sal julle

terugbring na die plek toe waarvandaan Ek julle in ballingskap

weggevoer het.

Jeremia 29:10-14

15So sê die Here: ’n Gekerm word op Rama gehoor,

’n gehuil vol hartseer: Ragel treur oor haar kinders,

sy wil haar nie laat troos nie,want haar kinders is weg.

16So sê die Here: Bly stil,moenie huil nie,

moenie trane in jou oë hê nie!

Vir al jou swaarkry sal jy vergoed word,sê die Here,

jou kinders sal uit die vyand se landterugkom.

17Daar is ’n toekoms vir jou nageslag,sê die Here,

jou kinders sal na hulle besitting toe terugkom.

25Ek gee nuwe krag aan dié wat moeg is,

Ek maak die moedelose weer vol moed.

Jeremia 31:15-17; 25

God hou sy verbond in stand

Verbond:

• ’n persoonlike verbondenheid aan

God, lewende geloofsverhouding,

gehoorsaamheid en volkome lewe

volgens sy wil

• NOAG in Genesis 9

• Abraham in Genesis 15

• Moses in Eksodus 24

God hou sy verbond in stand

“NUWE” Verbond:

• Hernude/”renewed”

• “Ek sal hulle God wees en hulle sal

my volk wees.”

God hou sy verbond in stand

God hou beide kante:

• God bly getrou!

• Die volk draai teen Hom:

verwerp sy liefde, aanbid

afgode, ontken sy gesag

• GOD wat die verbond GEE/OPRIG

God hou sy verbond in stand

Vir die volk in Ballingskap

• Belofte van terugkeer, toekoms

verwagting, verlossing uit hulle

noodsituasie, vertroosting,

hervestiging

God hou sy verbond in stand

Dit breek aan in Jesus

• Luk 22:20 - “Hierdie beker is die

nuwe verbond, beseël deur my

bloed, wat vir julle vergiet word.”

Die Nuwe Verbond is Anders

My WOORD op hulle HARTE

• Anders as die OU Verbond

• Eks 32:15-16

“Aan weerskante was daar op hulle

geskryf, 16

en dit was die werk van God.

Dit was ’n inskripsie wat deur God op

die klippe gegraveer is.”

Die Nuwe Verbond is Anders

My WOORD op hulle HARTE

• Anders as die OU Verbond

• “Woord” = Torah

• Deut 11:1

Julle moet die Here julle God liefhê en

altyd sy opdragte gehoorsaam: al sy

voorskrifte en bepalings

en gebooie.

Die Nuwe Verbond is Anders

My WOORD op hulle HARTE

• Anders as die OU Verbond

• “Woord” = Torah

• “Hart” = wil/verstand/karakter/

besluitneming/gevoel

• Van BINNE gemotiveer

• Inwoning deur die GEES

• Gal 5:25

25Ons lewe deur die Gees;

laat die Gees nou ook ons

gedrag bepaal.

Die Nuwe Verbond is Anders

Oortredings word vergewe

• Nie meer aan sondes DINK nie

• Gaan nie oor tot aksie nie

8Barmhartig en genadig is die Here,

lankmoedig en vol liefde.

9Hy sal ons ons sonde nie bly toereken

en nie vir ewig toornig bly nie.

10Hy handel met ons

nie volgens ons sondes nie,

vergeld ons nie vir ons ongeregtighede nie,

11want so groot as die afstand

tussen hemel en aarde is,

so groot is sy liefde

vir dié wat Hom dien.

12So ver as die ooste van die weste af is,

so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons af.

Psalm 103:8-12

Die Nuwe Verbond is Anders

Oortredings word vergewe

• Nie meer aan sondes DINK nie

• Gaan nie oor tot aksie nie

• Jesus sterf IN ONS PLEK

23Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van

God nie, 24

maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op

grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur

Jesus Christus. 25–26

Hom het God gegee as offer wat deur sy

bloed versoening bewerk het vir dié wat glo. Hierdeur het God

getoon wat sy vryspraak behels: Hy het die sondes wat Hy

voorheen in sy verdraagsaamheid tydelik ongestraf laat bly het,

vergewe. Maar Hy het ook getoon wat sy vryspraak in die

teenswoordige tyd behels: Hy oordeel regverdig deurdat Hy

elkeen vryspreek wat in Jesus glo.

Romeine 3:23-26

Die Nuwe Verbond is Anders

Oortredings word vergewe

• Nie meer aan sondes DINK nie

• Gaan nie oor tot aksie nie

• Jesus sterf IN ONS PLEK

• Oneindige Blydskap!

10Laat my weer blydskap

en vreugde belewe.

U het my verbrysel;

laat my weer jubel.

16Red my van ondergang,

o God, my Redder,

dat ek kan jubel oor u verlossingsdaad.

Psalm 51:10; 16

13Dan sal die jong meisies

dans van blydskap

saam met die jong mans en die ou mans.

Ek sal hulle droefheid

in vreugde verander,

Ek sal vir hulle uitkoms gee:

Ek sal hulle bly maak,

hulle sal geen kommer meer hê

nie.

Jeremia 31:13

9Toe beveel die Here hom: “Bring vir my ’n vers, ’n bok en ’n

skaapram, almal drie jaar oud, en ’n tortelduif en ’n jong duif.”

10Abram het dit alles vir die Here gebring en dit middeldeur

gesny. Hy het elke helfte teenoor die ander helfte neergesit. Die

voëls het hy nie verdeel nie. 11

Die roofvoëls het op die karkasse

begin toesak, maar Abram het hulle weggejaag.

12Teen sononder het ’n diep slaap Abram oorval; angs, ’n groot

donkerte het hom oorweldig.

17Toe die son ondergegaan het en dit donker was, gaan daar

skielik ’n oond wat rook en ’n fakkel wat brand, tussen die

stukke vleis deur.

18Op daardie dag het die Here ’n verbond gesluit met Abram

Genesis 15:9-12; 17-18