die posduif - februarie 2015

22
Die Posduif Februarie 2015 Uitgawe : 01 BEKERING - BESKERMING - BEVRYDING Dagsê geagte lede en vriende, Ja hier is hy die eerste uitgawe van die Geloftevolk Republikeine se koerantjie, “Die Posduif”. Hier gaan ons vir u iets van als gee, nuus, inligting, ligte humor en sommer als wat lekker en interresant is. Natuurlik kan u bydra tot Die Posduif deur artikels , nuus en enige iets wat ons met die volk kan deel vir my te e pos. Geen skeltaal, rassisme of rassehaat of enige iets nadelig vir die Geloftevolk Republikeine sal geplaas word nie. Ons behou die reg om u artikels, foto’s en berigte deur te gaan waarop daa r ‘n besluit geneem sal word t.o.v die plasing daarvan. Dis nog nie die einde nie!! U Kan ook ons webwerf gaan besoek by www.geloftevolkrepublikeine.org Hou gereeld die webwerf dop, daar sal inligting verskyn t.o.v vergaderings, samekomste en enige nuus rondom ons. Daar sal u nuus berigte kry, veiligheidswenke en baie meer. Nee dis nog nie die einde nie!! Op fb sal u die nuusblad kry genaamd “ Geloftevolk Republikeine nuusblad” Hier plaas ons op ‘n daaglikse basis nuwe nuus en berigte, asook inligting rondom ons vergaderings ens. Gaan loer gereeld. Vriende verder is daar fb blaaie van verskillende streke, Weskaap, Benoni/ Boksburg, Vrystaat, Carletonville ens, gaan loer op fb en skakel in onder jou streek en gesels saam op die blaai. Kom deel inligting en nuus wat die volk kan help en nodig het om te hoor. Binnekort sal u op die webwerf ‘n kategorie “winkel” sien, hier gaan u allerlei van die Geloftevolk Republikeine te koop kry. Kentekens, bekers met embleme op, bors of kraag vasteek vlaggies en vele meer. Daar sal ook binnekort ‘n volledige fotos wees van ons uniform en hoe alles lyk. Alle bestellings word gedoen by die Weskaap kantoor wat tans die hoofkantoor van die land is. Alle aansoeke moet asb ook ge epos word na [email protected] og [email protected] Indien u enige navrae het moenie huiwer om ons te kontak nie. Teen die stand van sake en die tempo waarteen als in die land versleg, het ons nie meer ‘n keuse as om saam te staan en op te staan vir ons regte nie. Niemand gaan vir die Boervolk opstaan behalwe onsself nie. Môre kan te laat wees, sluit nou aan en raak deel van die familie wat na mekaar omsien en mekaar bystaan. Sluit aan by die Geloftevolk Republikeine sodat ons weer ons leuse “ EENDRAG MAAK MAG” gestand kan doen. Hoe groter die massa wat saam staan hoe groter die slaankrag. Dis bewys in ons geskiedenis dat ‘n handjievol Boere ‘n baie groot verskil kan maak, so kan ‘n massa ‘n enorme verskil maak. Ons hoor so baie” Ons kan nie saamstaan nie”. Di s al so in ons in dat ons dit glo en so aanvaar. Ons KAN SAAM STAAN en ons SAL SAAMSTAAN, ons moet net mekaar ondersteun, moed inpraat, positief maak en van hulp wees waar ons kan. Die Boervolk is plat geslaan deur als wat die afgelope jare gebeur het met ons, regstellende aksie, BEE, werkloosheid, ons mense wat op straat sit, krepeer in plakkerskampe en swaarkry. Dis ons plig om ons hande uit te steek en die volk weer op te tel, ja dis nie maklik nie en dit gaan ‘n swaar taak wees, maar van wanneer af skri k die Boervolk vir hardewerk en is ons nie bereid om ons volksgenote te help nie. Boere en Boerinne maak vandag ‘n verskil, al gaan dit self swaar en is daar baie hartseer en trane, staan op, staan sterk en staan vas. Kom ons wees weer die Boervolk wat trots in ons het, ‘n volk met veglus, ‘n volk wat nie moed opgee nie wat sy toekoms en sy kinders se toekoms gaan verseker en nie ophou baklei vir Vryheid nie.

Upload: connerdoyle

Post on 15-Jul-2015

103 views

Category:

News & Politics


4 download

TRANSCRIPT

Page 1: Die Posduif - Februarie 2015

Die Posduif

Februarie 2015 Uitgawe : 01

BEKERING - BESKERMING - BEVRYDING

Dagsê geagte lede en vriende,

Ja hier is hy die eerste uitgawe van die Geloftevolk Republikeine se koerantjie, “Die Posduif”. Hier gaan ons vir u iets van als

gee, nuus, inligting, ligte humor en sommer als wat lekker en interresant is. Natuurlik kan u bydra tot Die Posduif deur artikels ,

nuus en enige iets wat ons met die volk kan deel vir my te e pos. Geen skeltaal, rassisme of rassehaat of enige iets nadelig vir

die Geloftevolk Republikeine sal geplaas word nie. Ons behou die reg om u artikels, foto’s en berigte deur te gaan waarop daar

‘n besluit geneem sal word t.o.v die plasing daarvan. Dis nog nie die einde nie!! U Kan ook ons webwerf gaan besoek by

www.geloftevolkrepublikeine.org Hou gereeld die webwerf dop, daar sal inligting verskyn t.o.v vergaderings, samekomste en

enige nuus rondom ons. Daar sal u nuus berigte kry, veiligheidswenke en baie meer. Nee dis nog nie die einde nie!! Op fb sal u

die nuusblad kry genaamd “ Geloftevolk Republikeine nuusblad” Hier plaas ons op ‘n daaglikse basis nuwe nuus en berigte,

asook inligting rondom ons vergaderings ens. Gaan loer gereeld. Vriende verder is daar fb blaaie van verskillende streke,

Weskaap, Benoni/ Boksburg, Vrystaat, Carletonville ens, gaan loer op fb en skakel in onder jou streek en gesels saam op die

blaai. Kom deel inligting en nuus wat die volk kan help en nodig het om te hoor.

Binnekort sal u op die webwerf ‘n kategorie “winkel” sien, hier gaan u allerlei van die Geloftevolk Republikeine te koop kry.

Kentekens, bekers met embleme op, bors of kraag vasteek vlaggies en vele meer. Daar sal ook binnekort ‘n volledige fotos

wees van ons uniform en hoe alles lyk. Alle bestellings word gedoen by die Weskaap kantoor wat tans die hoofkantoor van die

land is.

Alle aansoeke moet asb ook ge epos word na [email protected] og [email protected] Indien u enige

navrae het moenie huiwer om ons te kontak nie.

Teen die stand van sake en die tempo waarteen als in die land versleg, het ons nie meer ‘n keuse as om saam te staan en op te

staan vir ons regte nie. Niemand gaan vir die Boervolk opstaan behalwe onsself nie. Môre kan te laat wees, sluit nou aan en

raak deel van die familie wat na mekaar omsien en mekaar bystaan. Sluit aan by die Geloftevolk Republikeine sodat ons weer

ons leuse “ EENDRAG MAAK MAG” gestand kan doen. Hoe groter die massa wat saam staan hoe groter die slaankrag. Dis

bewys in ons geskiedenis dat ‘n handjievol Boere ‘n baie groot verskil kan maak, so kan ‘n massa ‘n enorme verskil maak.

Ons hoor so baie” Ons kan nie saamstaan nie”. Dis al so in ons in dat ons dit glo en so aanvaar. Ons KAN SAAM STAAN en ons

SAL SAAMSTAAN, ons moet net mekaar ondersteun, moed inpraat, positief maak en van hulp wees waar ons kan. Die Boervolk

is plat geslaan deur als wat die afgelope jare gebeur het met ons, regstellende aksie, BEE, werkloosheid, ons mense wat op

straat sit, krepeer in plakkerskampe en swaarkry. Dis ons plig om ons hande uit te steek en die volk weer op te tel, ja dis nie

maklik nie en dit gaan ‘n swaar taak wees, maar van wanneer af skrik die Boervolk vir hardewerk en is ons nie bereid om ons

volksgenote te help nie.

Boere en Boerinne maak vandag ‘n verskil, al gaan dit self swaar en is daar baie hartseer en trane, staan op, staan sterk en

staan vas. Kom ons wees weer die Boervolk wat trots in ons het, ‘n volk met veglus, ‘n volk wat nie moed opgee nie wat sy

toekoms en sy kinders se toekoms gaan verseker en nie ophou baklei vir Vryheid nie.

Page 2: Die Posduif - Februarie 2015

Geloftevolk Republikeine Leier

‘n Ware Leier

Gee leiding deur die Woord van die Allerhoogste

Is altyd nederig en verdraagsaam

Is bereid om met alle mense op alle vlakke te kommunikeer

Dink nie hy is beter en verhewe bo ander nie

Is altyd daar vir sy mense

Gee altyd om vir sy mense

Deel sy mense se vreugde en hartseer

Is bereid om altyd meer te gee as wat hy vra

Is altyd positief en praat sy mense moed in

Behandel sy mense met respek

Word deur sy mense gerespekteer

Andre Visagie

Page 3: Die Posduif - Februarie 2015

Wie is die Geloftevolk Republikeine

Ons is die enigste volk wat met ons hemelse Vader Geloftes gesluit het - vandaar die naam

Geloftevolk Rebublikeine

Die Geloftevolk was in die verlede, maar bly ook in die toekoms verbind met die Skepper van Hemel en aarde, die

GOD van Abraham, Isak en Jakob.

Ons herdenk en kom ons Geloftes wat ons voorvaders, die Boervolk, met ons God aangegaan het, naamlik:

Die Gelofte van Jan van Riebeeck - 6 April 1654

Die Gelofte van Sarel Cilliers - 9 - 15 Desember 1838

Die Gelofte van Paardekraal - 11 Desember 1880

Geloftevolk Republikeine is 'n volk in eie reg met sy eie taal, eie godsdiens en eie kultuur en sal vreesloos op

elke manier denkbaar volhard om te veg vir die soewereiniteit en voortbestaan van die Boervolk. Unieke

eienskappe van die Boervolk is 'n ewigdurende geloof en nouste verbintenis met God, gasvryheid, vriendelikheid,

toewyding, vredenliewendheid, streng dissipline, 1 ste wereld standaarde, streng beskaafde etniese notme en morele

waardes getrou aan uit die Skrif en 'n onblusbare strewe na vryheid sodat die Boervolk oor homself kan regeer

in 'n eie vaderland.

Die Geloftevolk Republikeine erken elke volk se reg op selfbeskikking en eis dit ook onwrikbaar ten opsigte

van die Boervolk. Geloftevolk Republikeine sal hul nooit vereenselwig of tuis voel nie in 'n land van moord, die

barbaarse, onbeskaafde wreedheid van plaasaanvalle, toenemende verkragtings, roof, huisbraak, korrupsie,

wetteloosheid, miskenning van wettige eiendomsreg, SA se status van misdaadhoofstad van die wereld en kwynende

infrastruktuur wat duidelik die seen en goedkeuring van die etniese volke in Suid-Afrika wegdra, maar

onaanvaarbaaris vir 'n ontwikkelde volk soos die Boervolk.

Die meer as 'n miljoen volksgenote van die Geloftevolk wat sedert 1994 uit SA gevlug het, is 'n tragiese verlies van

kundigheid vir die Boervolk. Geloftevolk Republikeine is verbind tot die versorging van die 600 000 volksgenote

wat werkloos in plakkerskampe sonder werk verhonger. Daardie mense bly bloed van die Boervolk se bloed en hulle

is die naaste en volksgenote van die Boervolk, totdat hulle uit vrye keuse by 'n ander volk aansluit.

Indien daar Afrikaners/ Afrikaanses is wat hulself beskikbaar stel vir assimlilasie in die Suid- Afrikaanse nasie wat

"in aanbou" is, staan dit hulle vry om, ( sooswat enige persoon die reg het ) self te besluit waar en in watter

omstandighede hy/sy wil woon en waar burgerskap aanvaar word.

Geloftevolk Republikeine streef die herstel van 'n vrye Boere - Republiek na, 'n eie land waarin die Boervolk

homself kan regeer, sy eie hoe standaarde kan instel, sy eie waardes kan uitleef en die Boervolk se

voortbestaan noodwendig volgens die beginsels en riglyne van die Heilige Skrif, kan volhou

Die Geloftevolk Republikeine is trots op die Boervolk se roemryke volksgeskiedenis en is nie bereid om die hand

van God te misken in al die veldslae wat met Sy hulp gewen is deur die Boervolk se voorvaders nie. Soos die

Republikeine weggetrek het uit die Britse onderdrukking in die Kaap ( 1837 ) , soos die Republikeine twee

vryheidsoorloe geveg het teen besetting deur imperiale kolonialiste, soos die Republikeine in 1948 die oorwinning

behaal het by die stembus, so sal die Geloftevolk Republikeine ywerig en doelgerig werk om onder die gesag

van vreemde volkere uit te kom en die verwesenliking van soewereiniteit/ selfbeskikking vir die Boervolk met

toewyding en vasbeslotenheid, volhardend vasberade te bewerkstellig.

Page 4: Die Posduif - Februarie 2015

Die Geloftevolk Republikeine

verklaar

Ons Glo

1. In God die Almagtige - Skepper van Hemel en aarde.

2. In die Wet van God as riglyn om gelykvormig te word aan

Sy seun.

3. En bely dat God van Abraham, Isak en Jakob, ons God is

en dat Sy Seun vir ons sondes gesterf het, sodat ons vir ewig

kan lewe in liggaam en dan in Gees.

4. Dat ons die reg het om ons God, ons volk en ons kultuur

binne ons eie vaderland te dien en oor onsself te regeer.

5. En ons ag onsself gebonde aan die Gelofte van Jan van

Riebeeck, van Bloedrivier en van Paardekraal wat deur ons

voorvaders afgele is.

6. Dat ons volk in Suid Afrika se veelvolkige verkiesings net

van een gevolg seker is, naamlik dat daar nie eens die geringe

kans is om te wen, sodat ons volk se belange kan voorrang

geniet nie.

7. Dat ons onself moet voorberei teen die dreigende en

toenemende aanslae op die lewens van ons Boerevolksgenote

en ons Boervolk se voortbestaan, sodat ons onsself kan

verdedig in die Naam van ons God.

8. Dat die verlede bewys het dat, die Boervolk, in staat is om

oor onsself te regeer in 'n soewereine staat en dat slegs die

vernietigingsdrang en die hebsug van die huidige regering, in

ons pad staan om 'n eie vaderland te verkry.

9. Dat ons geroepe is om ons Boervolk uit te lei uit die

misdaadnes waarin die Boervolk homself bevind.

10. Dat ons krag in die eerste instansie in ons Skepper le en

dat slegs 'n gesamentlike poging van al ons volksgenote om

ons Boervolk te bevry ( van die juk van die vreemde volke

onder wie se heerskappy ons staan ) , ons vryheid kan

bewerkstellig.

BEKERING - BESKERMING -

BEVRYDING

dit is die pad wat ons gaan loop.

Nuwejaarsboodskap :

Liewe lede van die Boerevolk, in die jaar wat verby is het

ons ongelooflik baie geleer! Ons het geleer dat swart

werkers bereid is om te staak totdat hulle werkgewer sy myn

moet verkoop - maw om hulle eie kele af te sny ter wille van

bespotlike eise soos 'n aanvangsalaris van 'n volle R12 000

per maand vir onkundige en onervare beginners. Ons het in

die algemene verkiesing gesien dat minstens 75% van die

land se kiesers opgewonde is oor die afgelope 20 jaar se agteruitgang en vernietiging van infrastruktuur in SA en dat

die paartjies van ons (in vergelyking met die tiene van

miljoene swart barbare) wat vooruitgang, groei en

ontwikkeling steun, of ons eie pad sal moet gaan, of

"demokraties" saam met die massas sal moet onontwikkelde

lewenswyses en derdewereldse standaarde ons eie maak.

Verder het ons bewyse gevind daarvoor dat die swart

regering met sy Eskom bestuur, nie oor die vermoee beskik

om te beplan nie, want in 2008 was daar ook 'n kragkrisis,

maar steeds kon die huidige krisis nie met deeglike

beplanning, verhoed word nie! Daarbenewens is die Staatspresident trots op die tragiese toestand en spog

daarmee dat hulle (die swartes) nou vir baie meer mense

elektrisiteit gee as wat die apartheidsregering gegee het en

hy wat Zuma is, sien nie die fatale afgrond waarby die ANC

ons vaderland af forseer nie! Die wereld se finansiele

kundiges, was egter nie so dwaas nie en het SA herhaaldelik

met negatiewe kredietgraderings gestraf totdat dit byna geen

sin maak vir die buitelandse beleggers om in SA te bele nie!

Ook het ons gesien dat dit nie die ANC in die minste skeel

as R246 miljoen ONREGMATIG uitgemors word op

"verbeterings" aan 'n Zuma-woonhuis nie. Die wet uit die

dae van onontwikkelde Europa "the king can do no wrong" is steeds deel van hulle. Kortom, ons Boere het finaal geleer

dat daar GEEN manier is waarop die Afrika-kultuur en die

eerstewereldse kultuur in ons vaderland, langs mekaar kan

bestaan nie! Dit sou uiters onverstandig van die Boerevolk

wees, indien ons steeds poog om die futiele pogings van die

afgelope 20 jaar wat aangewend is om die Afrika kultuur en

die eerstewereld kultuur van die Boere te vermeng, voort te

sit. Laat ons dit nou as 'n mislukking aanvaar en konsentreer

op alternatiewe wat minstens kanse op sukses bied.

Wanneer ons egter die toekoms tegemoed gaan, kan ons nie

anders nie as om te besef dat ons verlore is sonder die seen, hulp en inspirasie van ons Skepper en Hemelse Vader!

Indien ons nie leef om Sy Koninkryk te herstel en Sy Naam

groot te maak nie, het ons eintlik geen bestaansreg nie.

Daarom vra ek u, een en almal, om as Boerevolk saam in die

jaar wat voorle, te werk as soldate van ons Skepper aan die

verkryging van ons volk se selfbeskikking, onafhanklikheid

en soewereiniteit. Laat ons elke denkbare roete volg om dit

vreedsaam te verkry. Daar is eintlik geen meer gepaste

woorde as "Ons slaan ons oe op na die berge, waar sal ons

hulp vandaan kom? Ons hulp is van ons Skepper wat hemel

en aarde gemaak het!" Laat ons geen steen onaangeroer laat

om hierdie jaar, die doelwit van die verkryging van vryheid vir die Boerevolk op vreedsame wyse, te bevorder nie. Dit is

my opregte gebed, dat u elkeen in u daaglikse lewenswandel

- saam met u geliefdes, die keur van ons Hemelse Vader se

seeninge sal ontvang en voorspoed en vreugde sal ervaar.

Andre Visagie

Hoofleier van die Geloftevolk Republikeine

Page 5: Die Posduif - Februarie 2015

Veiligheids Wenke In die jongste tyd word diewe se metodes eenvoudiger, en uiters doeltreffend.

Die belangrikste beginsel is, om nie uit die huis te gaan as iets daar buite ongewoon en vreemd klink nie.

Moet dus vir geen rede uit die huis gaan nie – dit is ‟n lokval!

Diewe bestaan nie meer nie – barbaarse moordenaars en terroriste wel.

Daarom – wees bedag en bly paraat.

- Moenie uitgaan na die “krag-kas” om te gaan kyk waarom die krag afgeskakel het nie – skakel iemand anders vir hulp van buite af! – Moenie uitgaan om te kyk waarom loop die water uit ‟n buitekraan nie – die krane sal nie vanself oopgaan nie – kry hulp van buite af! – Moenie uitgaan as iemand om “hulp roep” of “gewond” by jou huis kom nie – bel die nood-eenhede soos polisie of ambulans en hou jou deure gesluit! – Moet ook nie summier vir die “polisie” oopmaak nie. Skakel die naaste polisiestasie en kry bevestiging en volle besonderhede! – Moenie uitstorm wanneer jou voertuig se alarm afgaan nie – daar buite is ‟n skelm wat op jou wag! – Moenie uitgaan om te kyk waarom die honde dringend en aanhoudend blaf nie – daar is ongewenste besoekers buite – bly binne en bel die bure of polisie! – Moenie gaan kyk as jy ‟n “baba hoor huil buite nie” – die “Suster Theresa-gevoel” kan jou lewe kos! – Moenie uitgaan as klein hondjies op jou stoep of by jou voordeur neergesit word terwyl hulle tjank van honger of koud kry nie. Skakel eerder jou naaste SAP of Buurtwag om ondersoek in te stel – dit is ‟n strik!

- Moenie reageer op “hulproep” van werkers in die nag nie – maak vooraf reëlings dat hulle jou kan bel in krisis tye, en dan skakel jy die ambulans! – Moenie vir “verkoops foefies” of “herstelwerk foefies” of “opname truuks” of “werk soek truuks ”val nie – hulle moet ‟n afspraak maak, al het hulle Telkom- of Eskom- of polisieklere aan – geen oopmaak sonder vooraf afspraak nie – en dit is afsprake vir bedags, nie na sononder nie.

- Moet nie enige vreemdes by of naby jou huis toelaat nie (dag of nag). Vreemde besoekers het vreemde planne. Kry hulp van buite en moenie uitgaan om te hoor wat gaande is nie.

- Reel en kommunikeer al hierdie noodmaatreëls met jou huismense en bure. Praat gereeld met bure en vriende. Hou selfone gereed as landlyne dalk geknip word.

- Hou alle nooddienste, SAPS, CPF, Buurtwag, Plaaswag, ens. se noodnommers op al die selfone in die huis en roep eers hulp van buite af om jou eiendom te beveilig Moenie self uitgaan na buite nie! – Volksgenoot, jy is geregtig op jou privaatheid by jou huis – moenie dat moordenaars, verkragters, diewe en boewe dit binnedring nie

- Vertrou daardie “6de sintuig”, die “stemmetjie” wat waarsku.

Onthou, terroriste en skelms sal alles doen om jou uit jou huis te lok, omdat dit sy taak vergemaklik, want dan is jy buite, dalk bewusteloos of dood, en jou huis se deur staan wawyd oop!

Veiligheids wenke — in en om die

huis

Wees waaksaam as jy by die huis kom. Kyk

eers bietjie rond en maak seker niemand hou

jou dop nie…

Ken jou buurman, kry sy selnommer,

werkstelefoon nommer…

‟n NOODPLAN vir ‟n brand, ‟n rooftog of as

ma skielik siek word…

Moenie die asblik langer op straat los as wat

nodig is nie. Rëel met jou buurman…

Moenie pos langer as een dag in posbus los

nie. Rëel met jou buurman…

Moenie jou “Flat Screen” sigbaar na straat

installeer nie…

Moenie nuut gekoopte toerusting se

kartonne/verpakking buite jou erf neersit

(uitstal/“adverteer”) vir verwydering nie…

Verwyder daagliks papiere en ander rommel,

of klippe of enigeiets wat nie voor jou erf hoort

nie…

Veiligheidswenke vir bejaardes Moenie die deur vir vreemdelinge oopmaak nie.

'n Loergaatjie of veiligheidshek sal jou in staat stel om

mense te eien voordat jy hulle in jou huis toelaat.

Versteek jou geld of beursie op 'n veilige plek aan jou

liggaam. Moet dit nie in jou handsak ronddra nie.

Indien jy 'n handsak dra, moenie jou ID en huissleutels

daarin hou nie. Dra dit eerder in 'n broeksak.

Moet nooit dat 'n vreemdeling tydens 'n telefoongesprek

agterkom dat jy alleen tuis is nie.

Voor u iemand in u huis toelaat, vra eers vir identifikasie.

Pasop vir mense wat beweer hulle is van die munisipaliteit

of 'n elektrisiën. As jy nie iemand laat kom het nie, wees

bedag!

Moenie alleen loop nie.

Dra 'n fluitjie om jou nek om aandag te trek in 'n

noodsituasie.

Loop met jou kop regop en doelgerig.

Moenie groot bedrae geld by jou hou nie.

Laat jou pensioen verkieslik in jou bankrekening inbetaal.

Pasop vir bedrog “scams”.

Moenie 'n vuurwapen by jou dra nie.

Hou 'n nota met besonderhede van jou chroniese

medikasie en allergieë in jou ID-boek of beursie.

Hou belangrike kontaknommers byderhand.

Hou jou selfoon byderhand.

Page 6: Die Posduif - Februarie 2015

Oorlewing!! Oorlewings uitrusting. Mors jy jou tyd?

Die groot vraag is hier……mors jy jou tyd en geld om „n oorlewings paket op te maak, of te koop? Nee seker nie,

dit is altyd goed om voor bereid te wees!

Dink bietjie hier aan…….. hoe weet jy waneer gaan jy jouself in „n oorlewings situasie gaan bevind? „n

Oorlewings situasie is nie „n beplande aksie nie! Jy gaan nooit ten volle voor berei wees vir „n oorlewings situasie

nie. Jy gaan tien-teen-een niks by jou he nie, nie jou “grand” survival kit, „n mes of wat ookal nie. Al wat jy gaan

he, is jou kennis, en jou self! As jy geen kennis het nie, dan gaan jy nie kan oorleef nie!

Kennis is MAG!

Sonder kennis is jy magteloos! Dit is baie belangrik dat almal van ons ten minste „n idee het hoe om te kan oorleef

in die veld. Veral as jy iemand is wat daarvan hou om iewers langs „n dam of rivier te gaan visvang, 4×4 roetes

gaan aandurf, of net iewers in „n wildtuin te gaan rondry. Enige iets kan met enige een, enige tyd gebeur dat jy in

„n oorlewings situasie beland.

Verskillende tipe oorlewing

Daar is „n groot verkeidinheid van oorlewings situasies waarin jy kan beland.

See

Woestuin

Stedelik

Oerwoud / Bos

Vlakte

Berge

Ondergrond, ens

„n Basiese kennis gaan jou lewe red! Maak seker en be-oefen „n paar tegnieke nou en dan, al is dit net speel-speel!

Ek waarborg jou, moenie dink jy kyk na „n video oor hoe om vuur te maak, en jy gaan dit regkry nie….jy gaan

nie!! Dit verg ondervinding (oefening). As jy dit eers eenkeer reg gekry het, dan sal dit altyd by jou bly! Gaan, en

gaan probeer alles, terwyl jy in die beskawing is, maak seker jy kry dit reg om die belangrikste goed te kan doen,

om te kan oorleef. Dit kan beteken dat jy GAAN oorleef, of nie. Niemand kan se, hy gaan nooit in so situasie

beland nie, nie een van ons weet werklik nie. Wees voorbereid!!

Hier is n paar voorbeelde van n 2lt bottel om kos in te bere vir n lang tyd, en n JOJO drom wat handig te pas kom.

Ons moet dalk so bietjie meer aandag skenk aan hoe ons

oor die weg kan kom met so min as moontlik, hoe om dit

wat jy het te kan gebruik tot jou voordeel. Kyk net bietjie

hoeveel mense vandag sukkel, as die krag afgaan, of die

water word toe gemaak om watter rede ookal. Skielik sit

jy met hande in die hare, waars die flits, hoe gaan ons

kos maak, en en en! Ons is almal so gewoond aan al die

tegnologie om ons, as daar die dag iets gebeur en jy het

nie die nodige kennis nie dan gaan jy sukkel!!

Hoeveel keer het jy al gaan probeer ‘n braaivleis vuur

aansteek sonder n vuurhoutjie en ‘n stukkie blits? Ek dink

meeste van vandag se mense kan nie! Hulle weet nie hoe

nie!

Hoe meer kennis jy in die veld het, hoe minder het jy nodig!

Page 7: Die Posduif - Februarie 2015

Gevaar zones

Eskom was Suksesvol Voor 1994 Onder die Volk se Gesag

Die dae voor 1994 toe Eskom nog aan die Volk behoort het, was dit „n suksesvolle nie-winsgewinde maatskappy.

Krag is teen „n hoër as produksie prys verkoop en die bykomende inkomste is gebruik vir die onderhoud,

instandhouding, herstel en oprigting van nuwe kragstasies. Dit was nooit nodig om lenings by die Wêreld bank of die

regering aan te gaan om dit te finansier nie.

Na die oorname van die regime in 1994 is Eskom tot „n staatsbate verklaar en dit is gedoen om nog meer geld uit die

belastingbetaler te “melk”. Reserwefondse wat eenkant gehou is vir die instandhouding en oprigting van nuwe

kragstasies het in die staatskoffers beland as dividende. Uitvoerende hoofde is uit die geledere van die ANC by

Eskom aangestel. Nie een het bestuursvaardighede, elektries of meganiese agtergrond gehad nie. Wat nog te sê van

voorkomende instandhouding!

Personeel uit die Volk wat die werk met sukses kon doen is afgelê en later teen astronomiese vergoeding indiens

geneem as kontrakteurs. Die werksmag is met nagenoeg 23% vermeerder op die beginsel van werkskepping. Dit het

die fondse uitgeput aangesien die werkmag vergroot is en daar was bykans geen produksie nie. Die onkundigheid van

die bestuur van Eskom het in hulle “alwysheid” die onderhoud begroting en programme met 55% verminder.

Verder het die onwettige kragaansluitings in swart woongebiede en die nie-betaling van rekenings verdere verliese

veroorsaak want daar kom geen fondse uit die gebiede nie. Toe Eskom die krag wou afskakel a.g.v wanbetaling, het

die regering dit belet. Onder andere skuld Soweto, Eskom „n bedrag van nagenoeg R670miljoen. Eskom met die

verlaagde standaarde het gepoog om self die projekbestuur te doen met die oprigting van twee nuwe kragstasies.

Fondse was geleen van die Wêreld bank maar a.g.v. ander probleme is dit „n totale mislukking.

Wat dit in kort op neer kom is dat weens hoë belastings, AAS(Aandele Afpersing vir Swartes), stakings swak

beplanning en bedrog, het Eskom se fondse opgedroog. Wat die situasie verder agteruit laat gaan is die feit dat daar

van blankes met jare se ondervinding, die nodige kennis en agtergrond ontslae geraak is en nogsteeds word. Op die

oomblik probeer Eskom om geld by „n Franse bank te leen om „n stoomopwekker by Koeberg te vervang. „n Vraag

wat deur hierdie bank gevra word voordat „n lening toegestaan kan word, is of die Fukushima veiligheid opgradering

by Koeberg plaasgevind het? Dit is nie gedoen nie want daar is nie geld om die opgradering te doen nie.

Die eindresultaat, Eskom is bykans bankrot en daar is nie geld vir onderhouds werk aan die stelsels nie. Volgens „n

anonieme werknemer van Eskom is die kragstasies “vrot” – letterlik en figuurlik

Page 8: Die Posduif - Februarie 2015

Polisiemag of barbaarse mag??

En hiervoor betaal die burgers van die

land, sodat hulle lekker kan slaap

terwyl hulle op diens is!!!

Polisie is barbaars en rassiste

Die polisie het na bewering soos barbare opgetree toe hulle ‟n vrou aan haar

voete uit die vangwa gesleep het sodat sy met haar gesig op die grond geval

het.

Die vrou wat glo epileptiese aanvalle kry, is deur die polisie in hegtenis geneem

omdat sy “dronk” was toe sy haar motor bestuur het.

Lana Stander (26) sou Maandag in die landdroshof van Randburg verskyn het

op aanklag van dronkbestuur, maar die hoofaanklaer het haar verwittig dat sy

nie meer in die hof hoef te verskyn nie.

Sy was in ‟n ligte motorongeluk betrokke toe sy ‟n aanval gekry het, waarna sy

deur die polisie in hegtenis geneem is en summier agter in ‟n vangwa gesit is

omdat sy “dronk” was.

Sy was onvas op haar voete, en die polisie het haar as ‟n dronke beskou.

Hulle het haar teen die vangwa gegooi, rond gepluk, en haar arms gekeus met

al die rondplukkery.Sy het daarna, in die vangwa, weer ‟n aanval gekry.

Ooggetuies het gesien hoe die polisielede haar aan die enkels uit die vangwa

getrek het sodat sy met haar gesig op die grond beland het.

Daarna het die polisie blykbaar om haar gedans en gemaak asof hulle ook

epileptiese aanvalle kry.

Nadat die barbaarse optrede afgehandel is, arms gekeus met al die

rondplukkery, het hulle haar vrygelaat, maar sy het koelkop gebly en dadelik

bloedmonsters laat trek om te bewys dat sy geen alkohol of enige dwelmmiddel

ingeneem het nie.

Daarna het sy ‟n vergadering gehad met die stasiebevelvoerder van die polisie,

en die dokumente as bewyse van haar bloedtoetse aan hom voorgelê.

Sy het ‟n siviele klag teen die polisie ingedien en beoog verdere strafregtelike

klagtes wat deur haar regsverteenwoordiger aanbeveel word.

‟n Woordvoerder van die Verkennersbeweging sê dat indien die bewerings oor

die barbaarse optrede van polisiebeamptes waar is, behoort nulle almal

weggejaag te word uit die polisiediens.

Dit is die soveelste keer wat polisie die afgelope ses maande hulle skuldig

gemaak het aan wangedrag teenoor die publiek, wat waarskynlik een van die

redes is waarom mense die polisie nie meer vertrou nie.

“Dit blyk dat die polisielede nie net barbaars optree nie, maar ook rassisties is”,

het hy gesê.

Page 9: Die Posduif - Februarie 2015

Weereens die bewys van onbekwaamheid,

onbevoegdheid en ongedisiplineerdheid van ‘n

land se regering. Terwyl die president lag oor die

chaos en veronderstel is om dit ernstig op te

neem en gerespekteerde beeld uit te dra na die

buiteland en sy burgers. Wie kan vir so ‘n

regering respek hê en hulle as ‘n regering sien en

ondersteun. Beslis nie regdenkende mense nie.

Weer kom die vraag. Is dit ‘n REGERING OF ‘n

SIRKUS? Lyk meer na ‘n sirkus wat die wêreld

vermaak as ‘n regering wat ‘n land moet lei en

belangrike besluite moet neem.

Sirkus of Parlement ?

Page 10: Die Posduif - Februarie 2015

Boere held.

Gee my „n Boer gee my „n held

gee my 'n man met 'n karakter

„n Boer met stamina en „n trots

Onverskrokke Boer met ware insig

vreesloos vir die onbekende dinge

wat vol hoop is vir onse Boerevolk

Gee my „n Boer gee my „n held

met wie ek saam kan gaan veg

wat geïnspireerd en doelgerig is

Wat voorspoedig is wat hy doen

vas gewortel in die ware geloof

Gee my „n Boere ‟n held en leier.

P.J.Visser.

Vryheid.

Ons soek en roep na vryheid maar die

vryheid ontwyk ons

Het ons Boerevolk dalk gesondig of

het

ons dalk God vergeet

Het ons in swakhede oortree en van

die

waarheid afgedwaal

Is ons oorgegee aan ons vyande om

oor

ons as Boere te heers

Waarom wyk ons vryheid van ons is

daar

nog hoop in ons geloof

Het ons nog die geloof in ons God

deur sy

Woord en vaste gebooie

Keer terug keer terug Boerevolk keer

terug

na God en sy genade

Vul julle hoop in gebede op gebede

want

gebede word nog beantwoord.

P.J.Visser.

Het jy medelyde saam met die

Boere.

My binneste is soos golwe van

onstuimigheid

Onstuimige hart in „n donderstorm

wat woed

Sonder kalmte en rustigheid in my

gemoed

Ek soek antwoorde ek vra en peins in

êrens

Ek worstel met die verlede en die

huidige

Êrens het daar fout gegaan maar

waar..?

Ek sien geen lig geen hoop in die

donderstorm

Mede Boere word vermoor sonder

ontferming

Ons vrouens word verkrag en wreed

aangerand

Hoe kan ek my aangesig wegdraai en

my hart

Myself regverdig in my eie

geregtigheid

Terwyl my volk skade ly en hulle

harte bloei

“O my Boerevolk” daar is soveel

hartseer en pyn

Soveel versugtinge na ware

geregtigheid

Onskuldige bloed wat vloei van ons

Boere

Solank die donderstorm van alle

Plaasmoorde

Voort woed in onstuimigheid sal my

hart nie rus

My binneste sal nie tot bedaring kom

in vrede

Dit is ons eie mense ons Boerevolk

ons bloed

“Moenie” jou aangesig en jou oë

wegdraai nie

Maar roep saam tot God vir ware

geregtigheid.

P.J.Visser.

My Boervrou.

My vrou “O” my Boerevrou

jy het ‟n hart van goud

Jou glimlag straal liefde uit

vir jou man en kinders

Jou oë is vol lewenslustigheid

soos „n groen oase

In „n woestyn vol van liefde

waar ek afsaal en rus

Jy is vir kosbaar en meer werd

as 'n verleidende delila

Jou liefde oorskadu my elke dag

as die son op sy warmste is

Jy maak my hart krank van

liefde

jou teenwoordigheid by my

Jy is op jou plek en dra die

respek

soos 'n ware Boerevrou.

P.J. Visser.

Gedigte

Page 11: Die Posduif - Februarie 2015

Resepte vir die Bos Omelet in ‘n plastiek sak

Hier is ‘n kwaai idee vir ‘n breakfast in die

bos! Omelet in ‘n sak.

Jy benodig:

2 of 3 eiers (per persoon) Gekapte groete van jou keuse; mushroom,

green pepper, uie ens. Bacon, of van gister so braaivleis (klein

blokkies gesny) Sout (en peper of ander spice) ‘n Pot Kook water

Metode:

Gooi al jou bestandele in die sakkie. Onthou die

sout of spice.

Maak die sakkie toe, en skud als goed. Druk al die

lug uit en seel die sakkie. Sit die sakkie in „n pot

kook water en kook dit vir ongeveer 10 – 13 min.

Gooi die sakkie uit in jou bord, gooi bietjie kaas

oor as jy het en geniet jou “Bos Omelet”

Lieflik vir ‘n vinnige voor gereg!

Ek vat sommer „n plastiek bakkie en gooi „n

klomp sout en water daarin, dit moet „n lekker

sterk sout water oplossing wees. Gooi nou jou

pakkie mushrooms daarin en los dit so paar

minute sodat dit die sout water optrek. Was dan

die mushrooms mooi skoon in die selfde sout

water. Gooi die water nou weg, moet dit nie

drink nie!

Rol „n bacon om die mushroom en steek „n

tandestokkie deur of ryg „n paar deur „n sosatie

stokkie. Braai dit op jou vuur totdat die bacon so

effe crispy raak. Onthou net om kort-kort om te

draai!

Stokbrood

Hierdie een is altyd lekker om die kinders mee besig te hou.

Sif saam:

2 Koppies koekmeel

2t Bakpoeier

2t Suiker

1/2 t Sout

Vryf 2 eetlepels margarien in. Meng dan 1x geklitste eier en

75ml melk en +- 25ml water by om „n stywe deeg te form.

Rol die deeg om „n stok en maak gaar oor die vuur.

Baie lekker as jy stroop in die gaatjie gooi waar die stok

uitkom!

Gebraaide Lams Skenkel

IniBos Cuisine

2x Heel Lamskenkels

1x Uie, gesny

4x Wortels, gekap

8x Knoffel huisies, gekap

3x Takkies Thyme

3x Takkies Rosemary

1/2 Bottel Rooiwyn ( Drink die ander helfte)

1x Koppie Beef stock

3x Telepels Mostert

Metode:

Meng die wyn, stock en mostert, en gooi in ‘n diep pan. Voeg die gekapte groente en knoffel by. Spice die skenkels en sit in die pan. Dek met foelie, en bak teen 160 grade vir 4-6 ure. Kyk

nou en dan of daar genoeg vloeistof is. Gooi meer stock in as die vloeistof te min raak.

Watertand Lekker!!!!!!!

Page 12: Die Posduif - Februarie 2015

[email protected]

[email protected]

www.geloftevolkrepublikeine.org

021 903 4248

072 124 9227

021 903 4248

072 124 9227

Selfoon & Whatsapp – 084 257 6769 BB Pin: 2B3F6985

[email protected]

(Selfoon & whatsapp)

Page 13: Die Posduif - Februarie 2015

Tuisonderrig, Jou Kind is Veilig en Onder Jou Toesig

Deesdae verkies ouers dit om hulle kinders tuis te onderrig, dit is veiliger en Afrikaans sprekende kinders word nie

onder die druk van Engels afdwingbaarheid geplaas nie.

Hier is „n kort saamgestelde handleiding hoe om te registreer vir tuisonderrig. Slegs 51,6% van die respondente het

aangedui dat hul kinders vir tuisonderrig geregistreer is. Van diégene wie se kinders nie geregistreer was nie, het

38,5% aangedui dat hulle nie geweet het dat hulle vir tuisonderrig moes registreer nie. Verder het 46,2% aangedui

dat hulle nie weet hóé om te registreer nie. Hierdie data het ons laat besef dat dit nodig is om weer eens hierdie

kwessie te bespreek, sodat ouers ingeligte besluite kan neem.

Wat bepaal die Wet? Die SA Skolewet (Wet 84 van 1996) bepaal dat leerders tussen die ouderdomme van sewe en

vyftien jaar leerpligtig is. Die Wet wettig ook tuisonderrig. Verder bepaal die 1999 Beleid vir die Registrasie van

leerders vir tuisonderrig dat ouers hul kinders wat hulle gaan tuisonderrig by die betrokke provinsiale

onderwysdepartement moet registreer.

Hoe registreer ek? Ouers moet by die hoof van hul provinsiale onderwysdepartement aansoek doen om tuisonderrig

toe te pas. Hierdie aansoek moet van die volgende vergesel word:

Die ouers se ID-dokumente Die kind se geboortesertifikaat, immunisasiedokumente asook vorige skoolrapporte (indien van toepassing) ’n Uiteensetting van die leerprogram wat gevolg gaan word.

Aangesien laasgenoemde dikwels vir ouers ‟n probleem is, kan hulle by ‟n kurrikulumverskaffer soos Impak

registreer (kontak hulle gerus by 087 150 2233/44). Benewens hulp met die opstel van ‟n leerprogram, bied goeie

kurrikulumverskaffers ook hulp met assessering, akademiese navrae en ‟n netwerk van ouers wat ook tuisskool en

dus waardevolle ondersteuning en raad kan uitruil.

Tuisskoolonderrig is ‟n snelgroeiende mark, met meer en meer ouers wat hierdie roete volg. Dit is belangrik om

bewus te wees van die vereistes en prosedures om te volg, maar op die lang duur is dit dikwels steeds ‟n lonende

besluit om te neem

Beskerm jou kind - Beskerm jou taal - Beskerm jou kultuur - Beskerm jou Geloof

Leer jou kind die geskiedenis van die Boervolk, die kultuur

van die Boervolk, die Geloof van die Boervolk en die taal van

die Boervolk. KENNIS IS MAG!!!! Moenie met jou kind se

toekoms speel nie, moenie tyd mors en uitstel nie!!!

Page 14: Die Posduif - Februarie 2015

Ons Onthou – Majoor Edward Richard Every van 1 Eskader

Foto geneem by LMB Grootfontein voor Maj Every se vertrek

BOSOORLOG – Op 20 Feb 1988 het 72302342PM, Majoor Edward Richard Every van 1 Eskader omgekom in

operasies teen vyandelike magte toe sy Mirage F1AZ (Serie 245) afgeskiet is deur „n Soviet SA-13 Gopher Grond-tot-

Lug Missiel by Cuatir naby Menongue.

Die voorval het plaasgevind terwyl Majoor Every „n operasionele vlug oor Suid-Angola onderneem het om

vyandelike magte te onderdruk. Die vliegtuig het in vlamme neergestort en gedisintegreer tydens die impak met die

grond. Majoor Every se oorskot is nooit gevind nie, maar gedenksteen is vir hom opgerig by die Voortrekkerhoogte

Nuwe Begraafplaas Militêre Afdeling. Hy was 31-jaar oud.

Veterane van die Suid-Afrikaanse Bosoorlog het die volgende opmerkings gemaak:

Ek was daar op die betrokke dag en onthou dit soos gister. Ek was saam met 32 Bataljon as ‘n jong dokter. Die

Mirages is ingeroep om ‘n FAPLA-konvooi wat op pad was van Menongue na Quito te bombardeer terwyl die

konvooi steeds binne reikafstand van ons MRL vuurpyl lanseerders was. Ek het van ‘n afstand gesien hoe die

missiel tref. Unita het gerapporteer dat hulle hom gesien uitskiet het, maar ek het dit nie gesien nie. Ons het die

hele nag gesoek sonder enige sukses.

Die Spesiale Magte span wat die area gedek het waar die Mirage se wrak was, het gerapporteer dat ‘n groot

groep FAPLA en Angolese Lugmag intelligensie-personeel besig was om die wrak te deursoek. Dit was binne

reikafstand, daarom het Pierre Franken ‘n aanval geloods met ‘n halwe sarsie deur sy vuurpyl-lanseerder

troep. Twee trokke was nodig om al die vyand se liggame te verwyder na die tyd. Volgens sommige bronne, is

daar tot soveel as 143 Kubane en FAPLA gedood tydens die teenaanval.

Volgens „n bron was „n halwe sarsie deur „n troep gedurende die 1980s, soos hierbo genoem, ongeveer 12 missiele per

lanseerder met tipies 4 lanseerders per troep. Dus was „n halwe sarsie sowat 24 missiele wat op die teiken afgevuur

was.

Oud-soldate aan die kant van Suid-Afrika gedurende die Bosoorlog, en hul opofferings sal nooit vergeet word nie.

Oud-soldate van die SAW en oud-lede van die SAP kan by geslote Facebook gespreksgroepe oor die Bosoorlog

aansluit, waar hul belange gedien word.

Page 15: Die Posduif - Februarie 2015

Die hartseer van droogte!!

Sasolburg. Boer sny sy mielies af weens die

droogte om veevoer te maak.

Dis hartseer! Vrystaatse boer sny sy mielies af.

Nog 'n gevaar aan voedselsekuriteit.

Page 16: Die Posduif - Februarie 2015

Wit armoede

Geen kos, werkloos,

kinders om groot te

maak… Ons lees dit

feitlik daagliks op

kartonborde in

bedelaarshande. Al meer

en meer van die

moedeloses op ons

daaglikse pad is wit.

Die harde feite:

Solidariteit Helpende Hand het onlangs „n omvattende verslag saamgestel oor wit armoede. So lyk die statistiek vir die geraamde 4,

47 miljoen wit Suid-Afrikaners.

• Volgens die Buro vir Marknavorsing het „n totaal van 1,8 miljoen wit mense van 16 en ouer in 2008 tussen R0 en R48 000 per jaar. Dus, minder as R4 000 p.m. Dié syfer sluit ook studerende jongmense, huisvroue en pensioenarisse in, maar dui steeds op „n groot groep brandarm wit mense.

• Volgens demograwe is daar 600 000 Afrikaners wat tans as arm

geklassifiseer kan word.

• 46% van wit huishoudings kan nie ‟n huis van meer as R200 000

bekostig nie.

• Daar is tans 77 wit plakkerskampe in Pretoria alleen en meer as 430

landswyd.

• Tussen 1994 en 2005 het wit armoede met 150% toegeneem.

• Daar is tans 131 000 wit huishoudings wat nie voldoende behuising het nie.

• Die behoefte aan voldoende huisvesting gaan na verwagting met

ongeveer 7 500 huise per jaar toeneem.

• Om die agterstand van behuising onder arm wit mense oor die volgende tien jaar uit te wis, moet ‟n gemiddeld van 14 000 HOP-huise

per jaar vir arm wit mense gebou word.

• Navorsing toon die grootste behoefte aan behuising onder wittes is tans in Gauteng en die Wes-Kaap.

• Vir die eerste keer sedert die dertigerjare van die vorige eeu is daar groeiende getalle armblankes en is daar „n nuwe verskynsel van blanke

plakkers-gebiede wat rondom veral groter stede soos Pretoria vorm.

• Navorsing deur Helpende Hand toon dat 63%

van die inwoners van die 77 wit informele

nedersettings in Pretoria 60 jaar en ouer is.

Die gesigte van wit armoede !!!

Page 17: Die Posduif - Februarie 2015

Brief uit ‘n wit plakkerskamp

My God, My Anker – Ek stap vanoggend weg van die plek waar dit dié slag Sarie se beurt was om haar kindjie te

begrawe, sommer hier in die kamp, op 10 Julie2010. Sal iemand ooit weet of onthou klein Jana was ook vir ‘n rukkie, ‘n

volle 16 maande, hier op aarde, of beteken dit as jy arm is en jy gaan sommer dood van koue, dat dit nie saak maak nie en

dat die lewe maar net moet aangaan sonder jou, sonder om jou te mis of om ‘n gat te los? In Sarie se hart het haar kind se

dood ‘n gat gelos -vir ewig. Die winter het ons gevang hierdie jaar. Ag, Here, hoekom is ek hier? Hoekom is my lewe en my

kinders en my hele bestaan opgesom in ‘n vuil, gemufde tent vol uitgooigoed en vrot goed?

Ek leef en oorleef met ander mense se weggooigoed op hierdie godverlate vlaktes waar nie eers „n boom of gras se wortels wil vat nie. Niks wil hier wees nie, niemand moet hier wees nie… Die kamp en sy mense en die moedeloosheid is besig om my siel lagie

vir lagie af te skil tot daar niks van my gaan oorbly nie. Dit maak my dood, maar op ander maniere as wat honger of siek wees jou

dood maak. Dit maak die rede dood „n die rede vir opstaan en die rede vir weer probeer. Dit maak dit net dood. Daar was vandag

niks om te eet nie. My maag het al so gekrimp dat ek net een keer „n dag hoef te eet.

Ja, om te dink daar was „n tyd wat ek maer wou wees. Ek wonder of dit my maag of my hart is wat pyn, want sien, Here, ék kan nog honger gaan lê, maar ek kan nie my kinders so sien nie! Dis „n pyn wat jou lyf nie kan vat nie! Ek het vanaand net water op

die gel-stofie gekook tot Magrietjie en boetie, Jan, op die ou end aan die slaap geraak het. Hulle het bly wag en mamma vertrou

en nie eers gevra of getwyfel nie. Ek kon nie sê hier‟s niks om te eet nie. Die kerk se mense het oor die naweek die afvalkos gebring wat Checkers uitgooi, maar wat jy nog kan eet – en jy sal dit eet, selfs al stink dit soos iets wat die varke moet eet. Jy

grawe die beste uit vir jou kinders en jy eet dit. Dit het gehou tot gister, maar vandag was daar niks.

Ek probeer, Here, regtig, ek probeer. Ek versamel “scrap metal” en ek pas die mense se karre op by die Spar en soms kry ek „n

“tip” of „n brood, maar ek vra nie ander mense om agter my te kyk nie, regtig! Ek sál nie vra nie! Ek kán nie, Here, ek voel ek

mág nie! Ek sal eerder iets by iemand vat en u my laat straf – al is arm wees genoeg van „n straf. Ek sal eerder nóg straf vat, maar ek kán nie „n ander mens vir iets vra nie. Asseblief, Here, moet my nooit so arm maak, dat ek moet vra nie. Ek vra net vir u, Here,

want u weet. U móét weet, want u het dan alles gemaak. Of het ék hierdie omstandighede gemaak? Is dit my skuld dat ek hier is?

Is dit iets wat ek gedoen het en nou verdien ek om arm te wees? Miskien nog ek, Here, maar nie my kinders nie! Hulle het mos nie gevra om hier te wees nie. Hulle het mos nie gekies nie… Hoe maak u kinders en laat hulle doodgaan van koue … doodgaan

omdat hulle nie medisyne kan kry wat die siekte stop nie? Hoe laat u kinders vanaand honger gaan slaap omdat hulle ma net water

het om te kook? Hoekom laat u toe dat wrede, ryk kinders hulle spot uitspoeg na dit wat ons huis noem? Hulle weet nie wat hulle

doen nie!

Hulle weet nie hoe hulle woorde, wrokke en wrakke van ons harte maak nie. Vergewe hulle, Here, want hoe móét hulle weet? En hoe kán jy, as jy alles het, jou in mense se nood indink of inleef of invoel? Maak my kinders sterk, Here, want hulle maak my

sterk. Ek wil ook opstaan as ek sien hoe hulle elke dag sonder kla of moeg raak of inkrimp op hulle voete bly en selfs trots bly. Ja,

hulle lag nog, hulle hoop nog. Ek wil selfs sê hulle vertrou nog op my as ma wat maar sal sorg en sal voorsien soos wat u vir my

gee om te kan voorsien.

Hulle leef met „n verwagting. Hoe kan ek dan opgee? Ek kan mos nie. Nee, solank as wat u my genadig is en ek vandag oorleef,

sal ek maar weer opstaan more en sal ek veg vir die more daarna vir my kinders. Ek sal more weer my kinders vertel daar kom

iets goed hierna, al kan ons dit nog nie sien nie en al kan ons dit nie eers dink nie, want op „n manier glo hulle dit. Al leef ons hier

eenkant waar die lewe ons weggegooi het. Al reën dit weer en muf dit verder en al koop niemand meer my “scrap metal” of “tip”

my vir die karre wat ek oppas nie.

Ek kies lewe! Ek kies dit, want dis in my bloed en dit loop deur my are en deur die eeue. En dit loop deur ons geskiedenis en deur

elke uithoek van hierdie land. Dit loop deur my en dit loop ook deur Oom Bertus wat die kos bring, Sarie wat treur, Liena wat te

veel drink, Pieta wat „n brandweerman wil word en selfs Magda wat wag om dood te gaan.

Lewe. En hoop. En geloof. Wees ons genadig, Heer, terwyl ons bewerig en bang die lewe kies.

Jesusliefde!

Page 18: Die Posduif - Februarie 2015

WHO STARTED THE FIRST RECORDED HATE SPEECH IN SOUTH

AFRICA- AND WHERE DID IT CAME FROM? :

“Killing whites is an action that gives hope to blacks and makes white South

Africans used to bleeding… such deaths can be beneficial. When blacks have

learnt that a white has died in the violence, that kind of thing comes like the

drop of rain after a long drought.” – Oliver Tambo to Trevor Huddlestone,

New York Times, 24 Jan 1987

Is dit dan nie HAATSPRAAK en dreiging

nie????

Is dit nie rassime nie?

Page 19: Die Posduif - Februarie 2015

Is die nie reeds ‘n

oorlogsverklaring teen

die Boervolk nie????

Page 20: Die Posduif - Februarie 2015

Vandalisties en barbaars!!

Ken niks anders as afbreek

en vernietig nie. Gee nie

om oor môre of waar die

geld vandaan jom om alles

weer te herstel en op te

bou nie.

Barbaars!!!!!!

Hoe bou jy ‘n land op

met sulke gedrag?

Maar

hulle wil

in beheer

wees?

Hoe bou jy ‘n land

met hulle op?

Page 21: Die Posduif - Februarie 2015

Hallo Antie Hannie van Brakpan

Lanklaas van Antie gehoor. Net baie donkerte hier by ons op Paterson as gevolg van een of ander moer wat moeligheid gemaak het by Koe-Koe? Ag, die Kaap se Eskom.

Ons huis lyk party aande soos 'n disco so kort opmekaar gaan die krag af en aan. Pa het toe gesê genoeg is genoeg. Net voor Krismis besluit hy hy wil oplaas 'n jenneryter koop, oorlat hy moeg was vir allie alewige kragonderbrekings.

My Oupa het al gedink die krag word afgesny omdat Pa elke maand die Munispaliteit se geld innie borrelstoor belê. Maar Pa sê hy's gatvol, dit maak nie saak nie, of dit nou daai simpel mannetjie vannie Cownsil is wat onse krag afsny, of daai onnooslike amptenaar van Eskom, hy worrie nie, hy wil 'n jenneryter hê. Hy en Ma is altwee moeg van allie episodes van Sewende Laan wat hulle nie te siene kry nie.

Nou ja, toe gat ek en Pa kooperasie toe om die ding te koop. Oppie kaart, want Pa sê my ma se kaart is baie lekker - jy koop net op Budget se rekening. Jy vertel die mense om dit op Budget se rekening te sit, dan doen hulle dit sommer. Ek weet nie lekker wie Budget issie, maar ek weet net Pa sit alles op Budget se rekening. Ek reken dié Budget gat darem lekker moerig wees as hy uitvind wat Pa alles op sy rekening koop. Maar Pa worrie nie. Hoe gaan hulle ooit uitvind, wil Pa weet. In elk geval ons loop koop toe die jenneryter, en dis net mooi daar waar die moeilikheid begin.

Kyk, as julle dink my pa weet niks van kampeer af nie, of van karre af nie, of van vroumense af nie - dis tog goed wat 'n mens kan sien - dan moet julle weet, hy weet nog minner as niks van lektriek af nie. Dis wat my ouma altyd sê.

Maar Pa is nie gepla nie. Toe hy eers ná 'n hele ellelange paragraaf se vreemde woorde daai jennerytertjie gestaart kry, toe dink hy mos lat hy 'n elektriese ingeneer is. Dis glo slim ouens wat als van krag verstaan, sê hy. So, voor my pa die ding aan die krag loop koennek, toe swiets hy eers die jennerytertjie af en hy se vir my, "Kleinboet, as 'n ou met kragwerk, dan moet jy slim wees, en nugter wees." Toe tref dit my - Pa is nie gewoonlik een vannie twee nie - só toe

weet ek: hie kom gróót stront!

Maar ek het verniet geworrie, toe Pa daai drade vat, en hy sjok nie, toe weet ek sommer hy weet weet wat hy doen. Toe maak hy die drade se punte mooi skoon solat die koper uitsteek - en hy is toe reg om die masjien aan die kragpunt te konnek. Nou ja, toe sit ek lekker en kyk hoe my slim pa die kragonderbreking ding onner die knieg kry, en ek worrie niks nie, oorlat ek kan sien Pa kén.

Toe maak hy daai swietsbord innie kombuis oop, en hy staan reg om sy jennerytertjie se drade aan die swietsbord se drade te koennek. Dis glo solat as die krag afgaan, dan staart Pa net sy jennrytertjie en dié se krag sal dan die swietsbord maak werk.

Daar's 'n gesegde wat die grootmense gebruik, hulle sê dat as die pawpaw die fan straaik, dan is daar groot moeilikheid. Daai ooms wat só sê, het nog nie gesien wat gebeur as die swietsbord se krag Pa tref nie! Kyk, Antie, toe Pa so oppie leertjie regstaan en hy konnek daai jennerytertjie se kragdraad so aan die

swietsbord se rooi draad, toe smaak dit vir my Pa is aan die hartaanval kry, of hy kry 'n senuwee instorting of 'n eleptiese aanval of 'n stroke offe ding, só beskyt hy hom! Die way wat Pa daai swietsbord ruk en pluk, met die briekdance en alles, dog ek Pa gat die ding uit die muur uitruk en net 'n gat daar los daar waar die swietsbordtjie was.

Met 'n vreemde smile op sy gesig van die ge-shock lyk dit nogal of hy dit geniet. Pa spog mos hoeka hy kon jongtyd deurnag disko sonner ophou. Hy ruk daai swietsbord of hy aan't wen is op 'n dobbelmasjien! Nou ja - die swietsbordtjie moef nie, en Pa hou nie op ruk nie, en hy maak sukke jodel-geluide wat amper klink soos Charles Jacobie op my ma se favourite langspeelplaat.

Ek dog dis van woede wat Pa so skreeu oorlat hy nou begin kwaad word virrie swietsbordtjie. Hy dans so oppie leer dat die een ná die ander boutjie uit die leer pop vannie geskud . . . en hy gooi sy dikkerige lyf rond bo-op daai leer asof hy nou inne jaaif-kompetisie deelneem, of 'n voordanser by die 20-20 krieket is!

Net toe ek vir Pa wil waarsku lat hy vannie leer gaan afval, toe gebeur dit al klaar - hy val van daai leer af, maar hy val nie grond toe soos 'n mens moet nie. Toe verstaan ek hoekom party mense sê "hy't daar afgemoer" want daai wassie 'n val nie, daai was 'n moerse gatslag!

In elk geval, Pa val toe lat dit lyk asof hy geskiet is, maar sy lyf gee nog so 'n paar rukke met dié wat hy so met 'n boog deur die lug trek, nes daai ouens op TV wat by die olimpiese spele innie swembad induik en dan sulke langarm S-draaie innie lug maak. Al verskil is nou dat daar nie water onner is nie - net die klipsteenharde kombuisvloer met die bont linoleumtapyt wat golwe maak soos hy hom daarop desmoers val. Sy splinternuwe bo-tanne sit op die

kombuistafelblad se rand vasgebyt, sonner lat Pa naby hulle is.

En toe Pa sy kop helemal misval en op sy agterent met 'n gatslag te lande kom, toe skrik ek want ek vrees toe vir harsingskudding, want my ma sê altyd Pa se verstand sit in sy agterent en dat hy sommer 'n lamsak is. Maar toe's dit nog nie al nie. Daar sit Pa oppie vloer en beginne jaaif. Toe voel ek darem beter want ek kan sien hy is nie heeltemal 'n lamsak nie, oorlat hy sy boude toe daar oppie grond lekker vinnig wikkel, en hy boonop tog te lekker jodel met die een kragdraad steeds in sy hand soos 'n wafferse sanger met 'n mike. Skielik sien ek weer vir Charles Jacobie voor my. En so tussendeur trek hy nog vir my

snaakse gesigte ook, en eindig af met die spoeg van sy onnertanne in 'n sierlike boog netjies tot innie wasbak? Wat 'n performance!

Ek kon wragtag nie anders as om vir Pa hande te klap nie. Die jennerytertjie staan deesdae vergete innie geraatsj onder 'n laag stof - niemand praat oorie voorval nie. En Pa soek nou net woes vir 'n windlaaier innie Landbouweekblad se snuffelgids!

Groetnis,

Kleinboet

Page 22: Die Posduif - Februarie 2015

Saam gestel en uit gegee deur Kol Horn Weskaap

Klap daai vlerke tot

die volgende uitgawe MATTHEüS 8 : 23 – 27

En toe Hy in die skuit klim, het sy dissipels Hom

gevolg.

En daar het ‘n groot storm op die see gekom, sodat

die skuit toe was onder die golwe, maar Hy was aan

die slaap.

Daarop kom Sy dissipels en maak Hom wakker en sê:

Here, red ons, ons vergaan!

En Hy sê vir hulle: Waarom is julle bang,

kleingelowiges? Toe staan Hy op en bestraf die winde

en die see, en daar het ‘n groot stilte gekom.

En die manne het hulle verwonder en gesê: Wat vir ‘n

mens is Hy, dat selfs die winde en die see Hom

gehoorsaam?

Het jy al ‘n sêding gehoor en dan gewonder hoe jy dit vir ‘n

anderstalige kan oorvertel? Sommige goeters is net te snaaks

en uniek in one eie taal om te kan vertaal vir iemand anders.

So in ‘n ligter trant wil ons graag hierdie week afskop met ‘n

paar van hierdie unieke sêgoed in Afrikaans:

• Sy kop is so plat, daar is nie eens plek vir n hoofpyn nie.

• Piet se huis is so vuil, jy moet jou voete afvee as jy uitstap.

Definisies:

BABA: „n Soort engel waarvan die vlerke korter word namate die

bene langer word.

ETENSTYD: Die enigste tyd wanneer „n 5-jarige kind nie wil eet

nie.

PREDIKANT: „n Karakter wie vir ses dae onsigbaar is, en dan op

die sewende dag onverstaanbaar is.

Allerlei

Van sit of staan bly lê maar die lekkerste

Ek sit nou so lekker, ek staan sommer op en sit weer.

Hy was gisteraand so dronk, toe hy die volgende dag opstaan lê

sy klere in die bed en hy hang oor die stoel.

Ek drink nie meer so baie nie…as ek dan net 1 bier drink, is ek „n

ander man, en kan hy nou vir jou suip.

Hy is so maer, as hy langs „n wit muur stap lyk dit soos n kraak

wat beweeg.

"Ons moet bly lag. Dit is al hoe ons gaan oorleef."

'n Gedig vir Ma

Hardhandig het ek vele maal myself uit jou hande geruk

Hoe dikwels was ek nie met jou ongeskik

Het nie besef jy wil net die beste vir my hê

Wou wêrelde met breë horisonne voor my voete lê

Swaar klippe uit die pad vir my gerol

Ondankbaar het ek weggehol

Het jou van my liefde vir solank ontneem

Dae en nagte het jy om geween

Vandag besef ek…nuut

Jy is die een by wie ek wil wees as daar ‘n ster in die

hemel verskiet

Jy is my lag, my frons, my traan

Die een langs wie ek vandag met trots sal staan

Ek vergewe jou sewentig maal sewe

Foute…dis die lewe

Almal het voete van klei

Dis nie nodig dat jy langer daaronder ly

Diè datum merk ons oorbegin

Ek wil soos kleintyd op jou skoot klim

My arms om jou nek slaan

In jou oë kyk en vir jou sê:

”Mamma, ek het jou lief”