die prinses en die padda - wendymaartens.co.za...vir die koning. “beloftes maak skuld, of kry vir...

8
16 Die prinses en die padda Verantwoordelikheid Eendag lank gelede, toe dit nog hoendereiers gehael het, was daar ’n prinses wat saam met haar ouers in ’n pragtige kasteel gewoon het. Al was daar oorgenoeg bediendes, het hulle haar van kleins af probeer leer om self haar bed op te maak, haar klere te bêre en met take in die paleis te help. Haar ouers het net so hard probeer om haar te leer om betyds haar biblioteekboeke in te gee en nie haar kroon enige plek neer te gooi nie. Ongelukkig het mooipraat nie gehelp nie. Ook nie straf nie. Elke keer as hulle haar wou reg- help, het sy vies gesê: “Ek is siek en sat vir ‘liefie, doen dit en liefie, doen dat’! Los my tog nou uit, ek wil gaan speel. Soek ’n slag iemand anders om oor te neul!” Dan het die prinses haar goue bal gegryp en in die paleistuin gaan speel. Dit was vir haar tog te mooi om te kyk hoe die bal in die sonlig blink terwyl sy dit hoog in die lug gooi en weer vang. Op ’n dag val die bal kaplonk! in ’n diep put. Voor sy kan keer, verdwyn dit onder die water. Die prinses wil sommer huil. Skielik hoor sy ’n stem. “Wat makeer, Prinses?” vra die stem. “My pragtige goue bal het in die put geval en nou sal ek dit nooit weer sien nie,” kla sy. “Ek kan jou help,” sê die stem en ’n lelike padda spring ploeps! op die prinses se skoot. Sy skrik eers en wil die slymerige padda afgooi, maar onthou dat hy haar dalk kan help.

Upload: others

Post on 01-Aug-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Die prinses en die padda - wendymaartens.co.za...vir die koning. “Beloftes maak skuld, of kry vir jou ’n huis anderkant die bult. Ek praat nie weer ’n keer, vandag is die dag

16

Die prinses en die paddaVerantwoordelikheid

Eendag lank gelede, toe dit nog hoendereiers gehael het, was daar ’n prinses wat saam met haar ouers in ’n pragtige kasteel gewoon het. Al was daar oorgenoeg bediendes, het hulle haar van kleins af probeer leer om self haar bed op te maak, haar klere te bêre en met take in die paleis te help. Haar ouers het net so hard probeer om haar te leer om betyds haar biblioteekboeke in te gee en nie haar kroon enige plek neer te gooi nie. Ongelukkig het mooipraat nie gehelp nie. Ook nie straf nie. Elke keer as hulle haar wou reg-help, het sy vies gesê:

“Ek is siek en sat vir ‘liefie, doen dit en liefie, doen dat’!Los my tog nou uit, ek wil gaan speel. Soek ’n slag iemand anders om oor te neul!”Dan het die prinses haar goue bal gegryp en in die paleistuin

gaan speel. Dit was vir haar tog te mooi om te kyk hoe die bal in die sonlig blink terwyl sy dit hoog in die lug gooi en weer vang.

Op ’n dag val die bal kaplonk! in ’n diep put. Voor sy kan keer, verdwyn dit onder die water.

Die prinses wil sommer huil. Skielik hoor sy ’n stem.“Wat makeer, Prinses?” vra die stem.“My pragtige goue bal het in die put geval en nou sal ek dit

nooit weer sien nie,” kla sy.“Ek kan jou help,” sê die stem en ’n lelike padda spring ploeps!

op die prinses se skoot.Sy skrik eers en wil die slymerige padda afgooi, maar onthou

dat hy haar dalk kan help.

vertel_vir_my_n_storie_binne.indd 16 2014/09/01 4:23 PM

Page 2: Die prinses en die padda - wendymaartens.co.za...vir die koning. “Beloftes maak skuld, of kry vir jou ’n huis anderkant die bult. Ek praat nie weer ’n keer, vandag is die dag

vertel_vir_my_n_storie_binne.indd 17 2014/09/01 4:23 PM

Page 3: Die prinses en die padda - wendymaartens.co.za...vir die koning. “Beloftes maak skuld, of kry vir jou ’n huis anderkant die bult. Ek praat nie weer ’n keer, vandag is die dag

“Asseblief!” soebat die prinses terwyl sy hard probeer om nie te gril nie. “Ek sal enigiets gee wat jy vra. Bring asseblief tog net my pragtige goue bal terug.”

“Enigiets?” vra die padda.“Enigiets,” antwoord die prinses. “Vra net wat jy wil.”“Ek sal jou bal gaan haal as ek saam met jou aan tafel mag sit

en op jou kussing mag slaap en as jy belowe om vir my lief te wees,” sê die padda terwyl hy sy wense een vir een op sy groen tone aftel en sy waterige ogies ondeund knip.

“Ja, ja, ek belowe,” antwoord die prinses. “Maak tog net gou en gaan haal my bal.”

vertel_vir_my_n_storie_binne.indd 18 2014/09/01 4:23 PM

Page 4: Die prinses en die padda - wendymaartens.co.za...vir die koning. “Beloftes maak skuld, of kry vir jou ’n huis anderkant die bult. Ek praat nie weer ’n keer, vandag is die dag

Terwyl die padda in die put spring om die bal te gaan haal, dink die prinses: Dit is maar net ’n padda. Ek hoef tog sekerlik nie ’n be lofte aan ’n lawwe padda na te kom nie.

Toe die prinses weer haar bal het, maak sy of sy die padda glad nie raaksien nie. Hy bly alleen in die put agter.

Daardie aand toe die prinses saam met die koning en koningin aan tafel sit, spring die padda deur die venster en land ploeps! op die tafel tussen die goue skottels.

“Jy het jou belofte vergeet,” sê hy met ’n hees stem.“Jy is ’n aaklige, slymerige padda,” sê die prinses. “Ek sal jou

mos nooit uit my bord laat eet of op my kussing laat slaap nie. En ek sal nooit ooit vir jou lief raak nie.”

“Het ek reg gehoor?” vra die koning, wat al moeg is vir sy dogter se grille en giere. “Onthou, beloftes maak skuld.”

Die prinses wil haar nog vervies, toe staan die koning langs haar.

vertel_vir_my_n_storie_binne.indd 19 2014/09/01 4:23 PM

Page 5: Die prinses en die padda - wendymaartens.co.za...vir die koning. “Beloftes maak skuld, of kry vir jou ’n huis anderkant die bult. Ek praat nie weer ’n keer, vandag is die dag

20

“Ek is siek en sat vir ’n kind wat haar aan niemand steur.Hou aan met jou nonsens en kyk wat gebeur. Jy is nie die enigste persoon in hierdie paleis.Laat die padda uit jou bord eet of kry vir jou ’n ander huis!”“Dan sal ek maar,” sê die prinses en skuif haar stoel terug sodat

die slymerige padda nie per ongeluk aan haar raak terwyl hy uit haar bord eet nie.

“O, ek gril my dood,” kla sy en loer versigtig na die koning wat haar kwaai dophou.

“Neem my nou kamer toe en laat my op jou kussing slaap,” beveel die padda toe hy klaar geëet het.

“Is dit regtig nodig?” kla die prinses met ’n lang lip en loer weer vir die koning.

“Beloftes maak skuld,of kry vir jou ’n huis anderkant die bult.Ek praat nie weer ’n keer,vandag is die dag dat jy jou les sal leer!” dreig die koning kwaai.“Dan sal ek maar,” sê die prinses en trek haar gesig op ’n plooi

toe sy die padda optel en in haar kamer op haar kussing neersit.“Maak eers hierdie deurmekaar bed op,” sê die padda. “Bêre

jou klere wat oral rondlê. Gooi jou vuil wasgoed in die was goed-mandjie. Haal jou skoene onder die bed uit en vat die vuil koel-drankglase kombuis toe.”

“Is jy laf?” roep die prinses uit.“En soek jou biblioteekboeke én gaan haal jou kroon wat nog

daar onder in die tuin lê. Of moet ek vir jou pa sê sy dogter wil eer der ’n ander blyplek soek?”

“Dan sal ek maar,” sê die prinses en begin om dit die een ná die ander te doen.

Toe sy klaar is, wikkel die padda hom reg op die kussing. “Soen my nou,” sê hy.

“Jy ís laf!” roep die prinses uit. “Eers moet ek werk en nou moet ek jou soen!”

vertel_vir_my_n_storie_binne.indd 20 2014/09/01 4:23 PM

Page 6: Die prinses en die padda - wendymaartens.co.za...vir die koning. “Beloftes maak skuld, of kry vir jou ’n huis anderkant die bult. Ek praat nie weer ’n keer, vandag is die dag

21

“Jy het belowe om my lief te hê,” waarsku die padda. “Of moet ek vir jou pa sê sy dogter kom nie haar beloftes na nie?”

“Dan sal ek maar,” sê die prinses en maak haar oë toe sodat sy nie die slymerige padda hoef te sien nie en soen hom vinnig.

“Jy kan maar jou oë oopmaak,” sê ’n sagte stem langs haar op die kussing.

En daar langs haar lê die mooiste prins wat sy nog ooit gesien het.

“’n Nare heks het my in ’n padda verander en die towerspreuk kon net verbreek word as ’n pragtige prinses my soen.”

Toe gaan hy op sy knieë en vra die prinses om met hom te trou.Sy het al klaar so baie van die prins gehou dat sy nie anders kon

as om in te stem nie.Die koninklike kok het ’n troukoek

gebak met ’n goue bal bo-op. Die prinses het nooit weer vir pad-das gegril nie. Sy het getrou haar take verrig en altyd haar beloftes nagekom. En die res van die koninkryk wonder vandag nog hoe so ’n loskop-meisiekind so ’n ver ant woor-delike prinses kon word. Net soos hulle nog steeds won der of die bal op die troukoek regtig van goud gemaak was.

Vir die kind’n Verantwoordelike persoon is iemand wat ’n mens kan vertrou. Nie net met jou besittings of geheime nie, maar ook om betyds te wees, beloftes na te kom en nooit “ja” te sê as hy of sy eintlik “nee” bedoel nie. Dis ook iemand op wie se mening jy altyd kan

Vir die kind’n Verantwoordelike persoon is iemand wat ’n mens kan vertrou.

Vir die kind’n Verantwoordelike persoon is iemand wat ’n mens kan vertrou.

vertel_vir_my_n_storie_binne.indd 21 2014/09/01 4:23 PM

Page 7: Die prinses en die padda - wendymaartens.co.za...vir die koning. “Beloftes maak skuld, of kry vir jou ’n huis anderkant die bult. Ek praat nie weer ’n keer, vandag is die dag

22

staatmaak. ’n Mens kan net ’n verantwoordelike grootmens word as jy van kleins af geleer word om verantwoordelikheid te aanvaar soos om jou kamer aan die kant te maak, getrou huiswerk te doen of jou sakgeld oor deelkundig te gebruik.

Soms dink ’n mens jou ouers is te kwaai oor dinge wat vir jou on benullig lyk. As jy nog nie verantwoordelikheid vir biblioteek-boeke kan aanvaar nie, is jy nog nie gereed om groter verant woor-delikhede te aanvaar nie. Dit is jou ouers se manier om jou voor te berei daarop om eendag jou plek in die grootmenswêreld vol te staan.

Om te leer om verantwoordelik te wees is amper soos om te leer loop. ’n Mens moet eers klein treetjies met klein takies kan gee voor jy groter treë soos die take van ’n klaskaptein of prefek kan gee en uiteindelik die verantwoordelikhede van ’n werk en gesin kan dra.

Vir die ouer en onderwyser’n Kind kan slegs ’n gebalanseerde volwassene met gesonde ver-houdings en ’n suksesvolle loopbaan word as hy van kleins af geleer word hoe om verantwoordelik op te tree. As jy ’n verant-woordelike volwassene is, is die kans goed dat jou kind reeds ’n goeie begrip van verantwoordelikheid het. Vra jouself af: Is my werk my trots of is ek tevrede daarmee om slegs die noodsaaklike te verrig? Kom ek beloftes na? Verrig ek dadelik ’n taak of stel ek gedurig uit? Is ek betyds? Werk ek verantwoordelik met geld of maak ek onver antwoordelike skuld? Hou die volgende in gedagte:

Laat die kind toe om verantwoordelikheid te aanvaar vir take wat hy reeds kan doen. Voeg gereeld nuwe take by soos die kind ontwikkel. Wees versigtig om nie te veel take te gee nie. Maak dit duidelik dat jy van die kind verwag om verantwoor-de lik op te tree. Vermy kritiek. Prys eerder die poging as die eindresultaat. Help

Vir die ouer en onderwyser’n Kind kan slegs ’n gebalanseerde volwassene met gesonde ver-

Vir die ouer en onderwyser’n Kind kan slegs ’n gebalanseerde volwassene met gesonde ver-

vertel_vir_my_n_storie_binne.indd 22 2014/09/01 4:23 PM

Page 8: Die prinses en die padda - wendymaartens.co.za...vir die koning. “Beloftes maak skuld, of kry vir jou ’n huis anderkant die bult. Ek praat nie weer ’n keer, vandag is die dag

23

die kind om te verstaan watter deel van die taak hy reg ge doen het. Jou respek en waardering is op die lange duur meer werd as geld of geskenke. Gee die kind geleentheid om die gevolge van foute te dra. So spaar jy jouself en die kind baie frustrasies. Moenie skool toe jaag met ’n boek wat by die huis vergeet is nie. Hy sal net een keer in die sop beland en dit nooit weer vergeet nie. Neem die kind se persoonlikheid in ag. ’n Kind wat gereeld suk kel om byvoorbeeld met ’n taak te begin, het miskien hulp no dig of word maklik oorweldig. Moenie ’n kind ontmoedig deur die taak vir hom te doen omdat hy nie vinnig of deeglik genoeg is nie. Maak seker dat jou stemtoon en liggaamstaal nie onwetend jou misnoeë te kenne gee nie. Dit kan meebring dat die kind ge durig op die verdediging is of jou ignoreer. Verwag dat die kind soms foute sal maak met take wat ge-woonlik sonder moeite verrig word. Ons is almal maar net mens. Stel hom gerus dat dit weer beter sal gaan. Moenie neul nie. Vermy: ‘‘Hoeveel keer het ek jou al gesê ...?” As ’n kind byvoorbeeld vergeet om sy bord in die was bak te sit, vra hom op ’n kalm manier om terug te kom en dit te doen terwyl jy toekyk. Moet nooit ’n kind “onverantwoordelik” noem of neerhalende opmerkings maak nie. Dit is nie net ’n belediging nie, dit ver-nie tig ook jul vertrouensverhouding en wedersydse respek. Maak dit duidelik dat jy die kind se optrede afkeur en nie die kind as persoon nie. Leer die kind van kleins af om met geld te werk. Moenie die kind toelaat om geld te leen nie, maar leer hom om eerder te wag tot hy genoeg gespaar het. Moedig die kind ook aan om nou en dan ’n klein deeltjie vir liefdadigheid te gee. Raak as gesin/klas by gemeenskapsprojekte betrokke. Dit help die kind om te besef dat hy deel van ’n groter geheel is wat on-der ling op mekaar aangewese is.

vertel_vir_my_n_storie_binne.indd 23 2014/09/01 4:23 PM