die redakteur skryf -...

24

Upload: dinhliem

Post on 23-Apr-2018

306 views

Category:

Documents


29 download

TRANSCRIPT

Page 1: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelseptember... · Trinitas), Rachelle Combrinck (Secunda), Wihan Janse van Vuuren (Boksburg-Suid),
Page 2: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelseptember... · Trinitas), Rachelle Combrinck (Secunda), Wihan Janse van Vuuren (Boksburg-Suid),

2 slingervel september 2012

Die redakteur skryf ...

in hierdie uitgawe ...in hierdie uitgawe ...

2 Die redakteur skryf ...3 Oom Nico se Possak4 Verjaardaghoekie6 Spreuke vir die tiener

verklaar7 Blokkiesraaisel 4408 Oordenkings vir

laerskoolkinders10 Bybelleesrooster vir

Oktober12 Die groot bruin konyn13 OLIFANT in Afrikaanse

idiome14 Kasteelmeisie (1)16 Wat het hulle geëet?18 Die belangrike “ek”19 Slingervel-

Digtershoekie20 Boekeblad22 Oordenkings vir tieners24 In Bybelse tye is koring

met 'n handmeul gemaal

Slingervel, Jaargang 54 Nommer 936, Augustus 2012

Ry met jou branderplank

in die hoogwaterin die hoogwater

Sli l J 54 Om jonk te wees, ’n tiener te wees, is ’n wonderlike geskenk van die Here aan jongmense. Daar word ’n grappige opmerking hieroor gemaak, naamlik dat dit net jammer is dit word op die jeug gemors.

Julle as Christentieners moet seker heel dikwels die verwytende klag hoor dat julle as jongmense nie altyd julle voorregte raaksien en julle geleenthede benut nie. Dan moet julle onthou dat besondere voorregte besondere verantwoordelikhede bring. In hierdie lig moet julle jul plek en plig as Christentieners in die lewe van elke dag sien.

Die Christelike samelewing waarin julle in julle tienerjare staan, is aan die een kant uiters gevaarlik, maar aan die anderkant beslis veilig.

Jy moet die lewe waarin jy optree, benader soos wanneer jy gaan branders ry. Jy doen dit rats, veilig, en versigtig. Wie in Christus lewe en dit doen met oor-ga we en vertroue in God, kan weet dat ’n lewe in die geloof nie ’n fratsgolf is wat die branderplankryer op rotsriwwe of in gevaarlike seestrome sal laat beland nie. Maar dan sal jy as Christentiener van sekere dinge van die tienerlewe iets moet weet, naamlik:• Tienerwees beteken om in die voorportaal van die volwasse lewe te staan.• Tienerwees is om onderweg te wees na jou werklike ek-wees.• Die tienerwees is die oorgaan oor ’n brug van jou tiener- en adolessente jare

na volwassenheid.• Tienerwees is om dinamies-op-die-toekoms-gerig-te-wees. Jy lewe nie reg

deur kort-kort om te kyk nie.• Jongmenswees of studentwees is ook ’n ongemaklike periode van emosio-

nele en ander storms.• Tienerwees is juis ’n worsteling deur die storms van die lewe aan die hand

van Christus, jou Leidsman.• Tienerwees is ’n lewe van keuses. Die veld waarop jy as Christentiener jou

keuses moet maak, is die hele wêreld, jou eie kultuur en jou godsdiens.Jy kan die neus van jou branderplank sonder vrees en vol goeie moed in die branders van die lewe steek. As jy voluit op God vertrou, hoef jy nie bang te wees dat stormwinde jou in die lewe sal laat ondergaan nie. Hou jou lewenskoers maar volgens die riglyne van die Bybel en jy sal enige gevaar wat oor jou pad kom, sekerlik oorleef. SV

Page 3: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelseptember... · Trinitas), Rachelle Combrinck (Secunda), Wihan Janse van Vuuren (Boksburg-Suid),

slingervel september 2012 3

Oom Oom Nico se PossakNico se Possak

Slingervel se adresse

[email protected] � Posbus 6433, Flamwood 2572

� Tel/faks 018 468 1782

Liewe Maats

’n Possak is ’n middel waarin briewe gedra word voordat dit by die verskillende adresse afgegee word. Al het die poskantoor vandag van die mees gevorderde masjiene wat die pos blitssnel kan sorteer, is die ou bekende possak waarin dit gedra en vervoer word, nog steeds nodig.

Ek onthou as kind hoe ons by die klein hekkie, waaraan die posbus vasgeheg was, gewag het op die posman met sy possak. Ons het nie baie persoonlike pos gekry nie, maar ons was altyd opgewonde met die gedagte dat die posman met sy possak propvol briewe op pad is. Dan is daar miskien ’n brief van Ouma of Oupa of dalk van ’n ne� e en niggie. Hoe lekker was dit om dit oop te skeur en die inhoud van die brief te lees.

Twintig, dertig jaar gelede was elke maand se Slingervel propvol briewe van maats wat oor alles en nog wat geskryf het. Maar die tye het verander. Vandag sal ons nou en dan ’n brie� e van ’n maat ontvang, of miskien die antwoorde van die blokkiesraaisel. Verder is die possak maand vir maand dolleeg. Ek wonder of ons nie die naam van hierdie rubriek in die Slingervel moet verander nie. Dan noem ons dit Oom Nico se e-possak, of Oom Nico se internet-posbus.

Maats, hoe dink julle kan ons die maats

weer kry om te reageer op die inhoud van die Slingervel? As julle raad het, laat weet asseblief.

Sukses en sterkte met julle skoolwerk en buitemuurse aktiwiteite.

- Oom Nico

Page 4: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelseptember... · Trinitas), Rachelle Combrinck (Secunda), Wihan Janse van Vuuren (Boksburg-Suid),

4 slingervel september 2012

verjaardagverjaardaghoekiehoekieDie volgende Vellies verjaar gedurende SEPTEMBER 2012SEPTEMBER 2012 . Baie geluk aan elkeen van julle. Geniet die dag

saam met julle ouers en maats. As jy nog nie ingeskryfi s as Velliemaat nie, skryf aan my, my adres is: Tannie

Riana Jonker, Posbus 614, Paardekraal 1752; of e-pos [email protected]. Groete, Tannie Riana

11 Aldo Opperman (Potchefstroom-Oos), Andrea Jan sen (Benoni), Anika Lubbe (Wolmaransstad),

Christopher Turner (Randburg), Dian Bovill (Laeveld), Emile Ras (Benoni), Emmerentia Kruger (Messina), Evan van Schoor (Vanderbijlpark-Trinitas), Henco Pot-gie ter (Boksburg), Henk Buys (Boksburg), Leegre Horn (De Aar), Maartin Benadie (Magol), Minette Myburgh (Boksburg-Suid), Ruben de Kock (Randburg), Tiaan Steenkamp (George).

22 Almarie Snyman (Krugersdorp), Benjamin Ter-blanche (Potch-Die Bult), Bianca Viljoen (Vander-

bijlpark-Trinitas), Caley-Lee Daschner (Boksburg), Chan tell Malebye (Randburg), Daan Erasmus (Wol-ma ransstad), Gideon van Zyl (Kaapstad), Johan Adam Enslin (Welkom-Noord), Martin Kruger (Vanderbijlpark-Trinitas), Rachelle Combrinck (Secunda), Wihan Janse van Vuuren (Boksburg-Suid), Wilmarie Kruger (Kuru man), Zander Venter (Randburg).

33 Anita du Plessis (Brackenhof), Bianca Nel (Beno-ni), Hans Marx (Randburg), Johané Senekal

(Se cun da), Mia Kruger (Randburg), Tiaan Bylsma (Kathu), WJ van der Walt (Oudtshoorn).

44 Ajanke Nienaber (Secunda), Bernard van Krieken (Boksburg), Gerhard Burger (Bethal), Katelyn

Kru ger (Randburg), Liam van Gass (Vaalpark), Mari-zelle Odendaal (Vanderbijlpark-Trinitas), Ruben Sliep (Messina), SP Malan (Randburg).

55 BJ du Plessis (Potchefstroom-Oos), Kamogele Ko bedi (Randburg), Lisa Campher (Potch-Die

Bult), Marilie Reyneke (Kathu), NJ Wallace (Wol-

ma ransstad), Palesa Mkhethani (Randburg), Zanel Neser (Bloemfontein-Suid).

66 Albert Moleka (Randburg), Anjulee Kruger (Kuru-man), Chané van der Heever (Krugersdorp),

Christelle Steyn (Kathu), Hannes Hoogendyk (Welkom-Noord), Jean-Rique Senekal (Vanderbijlpark-Trinitas), Leandri Fourie (Kuruman), Lisa van der Steen (Uping-ton), Mansia Joubert (Randburg).

77 Anrike Pienaar (Buffeldoorns), Ben Swart (Van-derbijlpark-Trinitas), Chanri van Niekerk (Rand-

burg), Chrisanlé Boshoff (Heilbron), Jacques du Ples sis (Magol), Ockert van Wyk (Waterkloofrand), Richelle van Kaam (Krugersdorp).

88 Johan Coetzee (Magol), Lauren Jansen (Elsies-rivier), Lihann Wolfaardt (Magol).

99 Carolize Buys (Bloemfontein-Suid), Dané Strydom (Magol), Elmien van Kaam (Krugersdorp), Ewald

Greyling (Secunda), Hanlou Coetzee (Magol), Itu-meleng Lefoka (Randburg), Joaneque van Dyk (Se-cun da), Leighton Gouws (Vereeniging-Oos).

1010 Andrea Cornelius (Nylstroom), Cara Strydom (Secunda), Elizra Laufs (Randburg), Elmarié

van Niekerk (Lyttelton), Janco Coetzee (Laeveld), Tjaart Steyn (Randburg).

1111 Anja Buijs (Potchefstroom-Oos), Christiaan Kru ger (Magol), Hannes Aucamp (Reitz), Litany

Viljoen (Vaalpark), Mellissa Breedt (Messina), Rinaldo Boersma (Krugersdorp), Suzanné Linde (Reitz).

Page 5: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelseptember... · Trinitas), Rachelle Combrinck (Secunda), Wihan Janse van Vuuren (Boksburg-Suid),

slingervel september 2012 5

1212 André Lategan (Middelburg Mpumalanga), Arancha Boshoff (Laeveld), Johan Rousseau

Jr (Potch-Die Bult), Leandré Roos (Vanderbijlpark-Trinitas), Nardus Mostert (Reitz), Patricia Groenewoud (Randburg), Veronica Botha (Secunda).

1313 Altus van der Merwe (Nylstroom), Amce du Plessis (Lydenburg), Henko Erwee (Messi-

na), Lourens Parker (Kuruman), Luché Leach (Bloem-fontein-Suid), Rikes de Villiers (Secunda), Thato Mo-katse (Randburg), Thea Booysen (Gobabis), Wynand van Staden (Magol).

1414 Bianca Pienaar (Potchefstroom-Oos), Frans Marx (Burgersdorp), Jaydene Wiggett (Benoni).

1515 Deonè Marx (Boksburg-Suid), NP Linde (Reitz).

1616 Duan Homan (Messina), Gerrit Alberts (Be-noni), Gideon Germishuys (Krugersdorp),

Han nes Malan (Randburg), Lerato Mokaleng (Rand-burg), Petrus Vorster (Vanderbijlpark-Trinitas).

1717 AJ Bekker (Oudtshoorn), Corlia Nortjé (Van-der bijlpark-Trinitas), Danè Bekker (Oudts-

hoorn), Esmari Rood (Potchefstroom-Oos), Jean-Pierre Retief (Krugersdorp), Johanette Retief (Kru gers dorp), Jonathan Swanepoel (Secunda), Lou-rens Kruger (Boksburg-Suid), Petro Coetzee (Lind-ley), Xantus Smit (Vereeniging-Oos).

1818 Carly-Allison Hattingh (Krokodilrivier), Chris-tiaan van der Merwe (Waterkloofrand), De

Wet Denkema (Oudtshoorn), Ethel Coetzee Jr (Water-kloofrand), Isabelle du Toit (Benoni), Morné Viljoen Jr (Randburg), Ryan Willson (Kaapstad), Serika Janse van Rensburg (Boksburg-Suid).

1919 Anrie Geldenhuys (Vanderbijlpark-Trinitas), Ger hard Jacobs (Welkom-Noord), J Conradie

(Lyttelton), Paula le Roux (Lydenburg), Sharéll Hall (Bloemfontein-Suid), Stephanie Roodt (Bergbron).

2020 Annerie du Toit (Lydenburg), Bella Plaa-tjies (Vanderbijlpark-Trinitas), M Victor (Nyl-

stroom), Maryna van Zyl (Boksburg), Nico Vermaak (Oudtshoorn), Otto Heine (Vanderbijlpark-Trinitas), Su marie Boshoff (Nylstroom).

2121 Erich Wiehahn (Hermanus), Manjé Erasmus (Duineveld), Rudolph van Niekerk (Bergbron),

Tjaart Venter (Randburg).

2222 Adriaan Erasmus (Secunda), Ashley Snyman (Magol), Charlize Nortjé (Buffeldoorns), De-

lien Düsselberg (Randburg), Deon Botha (Magol), Ignes Jonker (Vanderbijlpark-Trinitas), Marcell Kruger (Potchefstroom-Oos), Sarina du Plessis (Randburg), Wiebke van Wyk (Krugersdorp).

2323 André Friedrichs (Alberton-Wes), Bianca Els (Brackenhof), Eunice Anders (Magol), Hen-

riette de Ridder (Magol), Ian Nel (George), Jeandré Steenkamp (Bergbron), Nalizeri Pretorius (Barberton), Ristha Cilliers (Kuruman).

2424 Markus Venter (Vanderbijlpark-Trinitas), Suan dri Kotze (Nylstroom).

2525 Arno Krüger (Benoni), Elizna Joubert (Ma-gol), Heino Hoffmann (Lydenburg), Li-Marie

Coetsee (Bloemfontein-Suid), Melissa Kleynjan (Van derbijlpark-Trinitas), Shané Blignaut (Messina), Willem Kurpershoek (Middelburg Mpumalanga).

2626 Adrijaen Riekert (Stilbaai), Carissa du Plessis (Magol), Marlu Smit (Magol), Pieter Dickinson

(Middelburg Mpumalanga), Pieter-Jacob van Zyl (Potch-Die Bult).

2727 Anneke Faling (Vaalpark), Kaylee van den Berg (Boksburg), Louis Steyn (Magol), Ma ris-

ka van der Walt (Nylstroom), Reinard du Plessis (Berg-bron), Sello Ntshala (Randburg), Talent Ndiwo neyi (Rand burg), Tyler Keulder (Vanderbijlpark-Trinitas).

2828 Aiden Prinsloo (Secunda), Jacques Kruger (Magol), Janco Prinsloo (Bloemfontein-Suid),

Kobus Poolman (Kathu), Louis Buys (Nylstroom), Mia Smit (Benoni), Rüdiger Düsselberg (Randburg), Wes-sel Pretorius (Alberton-Wes), Zaanri Smith (Veree-niging-Oos).

2929 Alet Kotze (Kuruman), Beaulah du Ples sis (Randburg), Ben-Louw Marais (Kaap stad),

Deon van der Walt (Oudtshoorn), Ewan Grif � oen (Randburg), Francois Janse van Vuuren (Vander-bijlpark-Trinitas), Hennie Venter (Randburg), Wessels Reitsma (Potchefstroom-Oos).

3030 Chalista Strömbeck (Secunda), Leané Stah-mer (Randburg), Stephan du Plessis (Magol),

Veronique Vorster (Upington).

Page 6: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelseptember... · Trinitas), Rachelle Combrinck (Secunda), Wihan Janse van Vuuren (Boksburg-Suid),

6 slingervel september 2012

Dr. Nico van der MerweSpreuke vir die tiener verklaar

Die keuse wat jy as gelowige Die keuse wat jy as gelowige tiener nie kan ontwyk nietiener nie kan ontwyk nie

~ Spreuke 9:1-6 ~~ Spreuke 9:1-6 ~

Spreuke 9 het in die lig van die tema van Spreuke ’n eiesoortige inhoud. Kortliks gesê, handel Spreuke 9 oor die toepassing van die wysheid en die teenwoordigheid van dwaasheid in jou

lewe. Dit word in dié sin gegee dat daar uitnodiging is van die wysheid (Spr. 9:1-6) en van die dwaasheid (Spr. 9:13-18). Dan is daar ook ’n tussenstuk, Spreuke 9:7-12, waarin dit handel oor die ligsinnige mens.

Dit is ook goed om na die samestelling van Spreuke 9 te kyk. Dit is:

• Die uitnodiging om in die wysheid te deel (vs. 1-6).• Die uitbeelding van die ligsinnige mens (vs. 7-12).• Die verleiding om in die dwaasheid te deel (vs. 13-18.

Ons moet die beeldtaal van die skrywer verstaan. Hulle staan op die hoog ste punt van die stad, en onder hulle is die plein waar die mense saamdrom. Aan die teenoorgestelde kante van die plein staan twee groe pe mense en roep. Hulle roep na dié mense in die skare wat nog onervare is en wat kennis toekom.

• Die een groep wat roep, is die amptenare van die wysheid (vs. 1-6). Hulle nooi die jongmense uit na die wysheid se huis (vs. 4). Die tafels is gedek en die feesmaal staan reg. Hulle moet net kom.

• Die groep wat op die teenoorgestelde plek staan, is die dwaasheid (vs. 13-18) wat ook na die jongmense roep (vs. 15). Hulle nooi die jongmense uit na ’n swelgparty, ’n partytjie waar daar ’n oorvloed is om te eet en te drink, agter toe deure.

• Die verskil tussen hierdie twee feeste is die verskil tussen lewe en dood.

• Wysheid se fees lei tot insig en lewe.• Dwaasheid se fees lei tot die dood.

As ’n mens na hierdie twee uitnodigings luister wat in die alledaagse lewe na jou toe kom, en jy ignoreer die wysheid en gryp na die inhoud van die dwaasheid, lei dit tot die dood, want die fees van die dwaasheid bring net tot die dood voort. Hoe aanloklik en gerie� ik die uitnodiging

van die dwaasheid ook al lyk, dis selfmoord. Wie waarlik wil lewe, moet afskeid neem van die dwaasheid en na die wysheid toe hardloop vir al wat hy werd is.

Die ware wysheid is nét in die Bybel te vind. Daarom moet die Woord van God die allerbelangrikste plek in die lewe van die Christentiener hê. Dit moet bepalend wees vir jou gebedslewe, die plek van die Woord van God in jou dagpro-gram, die wyse waarop jy die katkisasiewerk as baie belangrik beskou en dit voorberei. Dit moet alles neerkom op die getroue wy-se waarop jy die eredienste by-woon en hoe jy jou lewe in alles laat lei deur die Heilige Gees. SV

Page 7: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelseptember... · Trinitas), Rachelle Combrinck (Secunda), Wihan Janse van Vuuren (Boksburg-Suid),

slingervel september 2012 7

REDAKTEURDr Nico vd Merwe

e-pos: [email protected]

Tipogra� e en uitlegJoey Fourie

e-pos: [email protected]

MEDEWERKERSDr. Nico van der Merwe

Oordenkings vir tieners en laerskool-kinders

Marina KotzeJunior Rubrieke en Penmaats

Riana JonkerVerjaardaghoekieSusan Lourens

BoekebladTersia van der Merwe en Rina Myburgh

Blokkiesraaisels en KopkrappersAttie Venter

Wetenskap-ArtikelsRika du Plessis en Sophia van der Walt

Stories

Artikelskrywers dié uitgaweDr. Nico van der Merwe

BasjanKalbas

Eienaars en uitgewersDeputate vir Kerklike Tydskrifte

Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaPosbus 20008, Noordbrug 2522

DrukkersV & R Drukkery

Tel. 012 333 2462

IntekeningAdministratiewe BuroAfdeling Publikasies

Posbus 20008, Noordbrug 2522Tel: 018 297 3986

IntekengeldR177,00 per jaar

(posgeld en BTW ingesluit)

AdvertensietariefOp aanvraag beskikbaar

by Wymie du Plessis, tel. 018 297 3986

Die RedakteurPosbus 6433, Flamwood 2572

Bydraes en briewePosbus 6433,

Flamwood 2572

Jaargang 54 Nommer 939, September 2012

ISSN 0037 685 X

TERSIA

Pos julle antwoorde aan: Slingervel Blokkiesraaisel, Posbus 6433, Flamwood 2572

DWARS1. Dit wat hulle praat (enkv.) (Ps. 59:13).3. Aäron en sy seuns moet hulle hande op hierdie dier se kop sit (Eks. 29:19).5. Jaïr se pa (1 Kron. 2:22).7. Hier was die huis van God (Rigt. 18:31).8. Seraja se seun (Esra 7:1).10. Die seun van Dawid en Aginoam (2 Sam. 3:2).12. Josua se pa (Num. 11:28).13. Die koning van Moab (Rigt. 3:14). AF1. Jesus sê: “My ______ is lig (Matt. 11:30).2. Die vierde van die 9 seuns van Dawid (1 Kron. 2:6).4. Sy het 3 maande by Elisabet gebly (Luk. 1:56).5. Tubal-Kain se Ma (Gen. 4:22).6. Hierdie plek se koning se naam was Og (Deut. 27:9).7. Sy ander naam was Petrus (Luk. 6:14).9. “ …. voor My sal elke ______ buig” (Rom. 14:11).11. Elimelek was dit van Naomi (Rut 1:3).

Ons sê weer baie dankie vir die Bybelstudiegroepie van Waterkloofrand vir die antwoorde wat julle gereeld instuur. Soos altyd is julle antwoorde korrek. Baie geluk! Die maats vra ook of die blokkiesraaisels in die Slingervel nie as 'n Omnibus gepubliseer kan word nie. Die redaksie sal die saak ondersoek, maar

dan moet van die ander Vellies ook laat weet hoe hulle oor die saak voel.

Page 8: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelseptember... · Trinitas), Rachelle Combrinck (Secunda), Wihan Janse van Vuuren (Boksburg-Suid),

8 slingervel september 2012

dr. nico van der merwe

97. Is jy ’n klikbek?Lees in jou Bybel Genesis 37:1-16

Jy weet wat ’n klikbek is. Dit is iemand wat van ander nuus aandra. ’n Kind wat by die skool vir die onderwysers

gaan vertel wat ander kinders kamtig doen, is ’n klikbek – ’n klikker. In die HAT Verklarende Woordeboek staan: Klik kers sal gestraf word, deur hulle vriende verwerp word. Dit is wat met Josef gebeur het. Hy het slegte stories oor sy broers by hulle pa aangedra (vs. 2). Vir sy broers was dit so erg dat hulle hom eers wou doodmaak (vs. 20). Toe het hulle hom as slaaf aan slawehandelaars verkoop (vs. 28).

As jy van verkeerde dinge weet wat iemand doen, moet jy eers met hom daaroor gaan praat. God verwag van jou om, as kind van Hom, eers te probeer om maats van hulle slegte dade te laat afsien, eerder as om daaroor by die grootmense te gaan klik.

98. Ma en Pa se witbroodjieLees in jou Bybel Genesis 25:19-34

Ouers is nie volmaak, sonder foute nie. Daarom gebeur dit dat ouers die een kind voor die ander een trek. Jy

sê sommer: Boetie of Sussie is Ma en Pa se witbroodjie Dit is presies wat in die huis van Isak en Rebekka gebeur het. Isak het vir Esau voorgetrek (vs. 28). Esau was sy pa se witbroodjie.

As dit in julle huis so is, moet jy baie mooi met Mamma en Pappa daaroor gaan praat. As jy die een is wat voorgetrek word, moet jy hulle vra om dit nie meer te doen nie. Die belangrike is dat jý iets daaraan moet doen! Dit help nie om vir jou broer en suster kwaad te wees en dit op hulle uit te haal nie. Praat mooi met Mamma en Pappa en wys hulle daarop hoeveel smart en hartseer daar in die lewe van Isak en Rebekka was omdat Esau die witbroodjie was. Om met Mamma en Pappa daaroor te praat, is die enigste uitweg.

99. Wat jy in die Bybel hoor, moet jy doen

Lees in jou Bybel Jakobus 1:19-27 (vs. 22)

’n Kind van die Here behoort elke dag in die Bybel te lees. Dit maak nie saak wanneer jy Bybellees nie,

elke oggend of elke aand of selfs in die middag. Die be-lang rike is ook nie om net sommer te lees nie. Dit help niks as jy jou Bybel lees en jy vergeet na vyf minute wat jy gelees het nie. Jakobus verduidelik waarom die gelowiges die Bybel moet lees. Die kinders van God moet Bybel lees en dan gaan doen wat God vir hulle in die Bybel sê. In die Bybel leer God ons drie dinge: 1. God leer ons wie Hy is. 2.

God leer ons wat Hy doen. 3. God leer ons wat ons moet doen.

As jy nie doen wat God vir jou in die Bybel sê nie, bete-ken dit dat jy verniet in jou Bybel gelees het. Elke keer as jy uit die Bybel lees, moet jy vir jouself vasstel wat dit is wat God van jou verwag om te doen.

100. Dit is goed om Bybelverse te kenLees in jou Bybel Ps 119:97-112 (vs. 105)

Jy vra dalk: “Wat beteken die Bybel vir my?” In Psalm 119:105 gee God vir ons die antwoord: “U woord is die

lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.” In vandag se Afrikaans kan ons vertaal: Die Bybel is soos ’n � its wat in die donker skyn. Dit wys vir my waarlangs ek kan loop. Jy sal nooit in die donker buite stap as jy nie ’n lig het waar mee jy kan sien waar om te loop nie. Dit is van jou geestelike lewe ook waar. Omdat jy ’n kind van God is, wil Satan hê dat jy moet val. As jy die Bybel ken, ja, veral as jy verskillende verse uit jou kop ken, kan dit jou help om godsdienstig die regte pad te stap.

Tydens jou Bybellees moet jy probeer om elke keer een belangrike versie uit jou kop te leer. Dan, wanneer jy die waarheid wat God in daardie versie gee, nodig het, sal jy dit dadelik onthou en kan gebruik.

101. Pasop vir verkeerde groepsdrukLees in jou Bybel Spreuke 1:9-19 (vs. 10)

Kinders het invloed op mekaar. Dit het seker al in jou lewe gebeur dat jy nie eens gedink het om iets te doen

nie, maar toe jou maats met jou daaroor praat, het jy saam met hulle gegaan. Dit kan verkeerde of regte dinge wees. Jy moet weet dat Satan mense gebruik om ander mense te laat sonde doen. Daarom sê die Here: As sondaars jou wil verlei, moenie toegee nie.

Die vraag is, hoe kan jy dit regkry? Dit is baie maklik: As jy die Bybel ken, dan weet jy wat die Here van jou verwag. God sê in die Bybel vir jou wat reg is en wat verkeerd is. Daarom is dit nodig dat elke Christen die Bybel ken. As son daars jou dan wil verlei, sal jy dadelik kan antwoord en die verkeerde pad sien waarop hulle wil hê jy moet gaan. Lees gereeld jou Bybel en maak vir jou kennis bymekaar om die sondaars teen te staan.

102. ’n Gebed om reg te kan sienLees in jou Bybel Lukas 18:35-43 (vs. 41)

As jy vandag nie goed kan sien nie, neem Mamma en Pappa jou na ’n oogarts toe en moet jy ’n bril kry. As

jy die bril gebruik, kan jy baie goed sien en sal jy nie teen iets bots of oor iemand anders struikel nie. Jy kan ook sien waar om met jou � ets te ry en waar jy kan speel.

Maar daar is ook ’n ander manier van sien. Ons praat van geloofsoë. Jy moet ook kan sien watter pad jy kan neem sodat jy nie sonde doen nie. Daar is net Een wat jou dit kan laat sien en dit is die Here. Die blinde man by Jerigo was werklik blind en die Here het sy oë gesond gemaak so dat hy weer kon sien. Dit wys vir ons dat die Here ons blind heid, as dit by die verkeerde dinge van die lewe kom, ook gesond kan maak. Dit moet jy vir die Here vra: Here, gee tog dat ek goed kan sien. Dan sit die Here vir jou die bril van die Bybel op om jou reg te laat sien.

Page 9: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelseptember... · Trinitas), Rachelle Combrinck (Secunda), Wihan Janse van Vuuren (Boksburg-Suid),

slingervel september 2012 9

103. Laat God jou woorde keurLees in jou Bybel Psalm 141:1-10 (vs. 3)

Weet jy, elke dag praat jy duisende woorde. Dit word miljoene woorde in ’n jaar se tyd. Die woorde wat jy

praat, het ook met God te doen, want God wat jou geskep het, het ook aan jou die vermoë gegee om te kan praat.

Jy dink dalk nie daaraan nie, maar elke woord wat jy sê is, vir die Here belangrik. Die mooi woorde en goeie dinge wat jy sê, is vir die Here ’n vreugde, maar die lelike dinge wat jy sê, maak die Here baie hartseer. ’n Kind van die Here wat vloek, of kwaadpraat, of leuens vertel, is vir die Here aak lig.

Wat kan jy doen om dit te keer? Psalm 141:3 sê dat jy vir God moet bid: Here, pas tog my lippe op dat ek nie iets verkeerds sal sê nie. Ná jou gebed moet jy jou inspan om lelik-pratery stop te sit. As jy jou voorneem om dit te doen, sal die Here jou help soos wat jy vir Hom gebid het.

104. Onthou die volgende as jy kwaad isLees in jou Bybel Efesiërs 4:25-31 (vs. 26)

Kinders word kwaad vir mekaar. Ag ja, dit is ’n groot swak heid van ons mense. ’n Maat doen iets waarvan

jy nie hou nie en dan is jy dadelik kwaad vir hom. Jy kan só smoorkwaad wees vir ’n maat dat jy nie eens die maat wil groet of met hom praat nie. En hoe langer jy die kwaadwees in jou hart het en daaraan dink, hoe erger word dit. Dan dink jy aan al meer en meer planne om jou maat terug te kry en seer te maak. Later het die kwaadwees só boosaardig geword in jou hart dat jy sonder om tweemaal jou oë te knip iets vreeslik lelik sal doen.

Die Here het vir jou ’n baie goeie plan as dit gebeur dat jy vir iemand kwaad word. Die Here sê jy moet nie eens daardie aand gaan slaap met die kwaadwees in jou hart nie. Voor jy gaan slaap, moet jy die saak met jou maat op-klaar en vrede maak.

105. God sien jou en ken jouLees in jou Bybel Genesis 16:1-16 (vs. 13)

Omdat Sara, Abraham se vrou, nie met haar bediende, Hagar, kon klaarkom nie, het sy haar só sleg behan-

del dat Hagar maar liewers weggeloop het. Omdat die woestyn baie naby was, het Hagar soontoe geloop. Hagar het gedink dat sy stoksielalleen in die woestyn is. Maar met eens was daar ’n engel van die Here by haar om met haar te praat en haar te bemoedig. God belowe om haar te beskerm. Daarom het Hagar gesê: “U is ’n God wat my sien, hier het ek Hom gesien wat my gesien het.”

Vir God kan die mens nie wegkruip nie, jy kan ook nie iets vir God wegsteek nie. God sien orals en altyd. Dit behoort vir jou van groot betekenis te wees. As God altyd by jou is en jou altyd sien, beteken dit dat God jou sal help as jy in ’n krisis beland, maar dat God ook sal sien as jy on gehoorsaam is aan Hom.

106. Laat die duiwel van jou af vlug!Lees in jou Bybel Jakobus 4:1-10 (vs. 7)

Dit is doodnatuurlik vir ’n mens om weg te hardloop vir iets of iemand wat sterker is as jy. As jy nie kan weg-

hardloop nie en jou nie wil laat oorrompel nie, dan moet jy jouself verdedig. Jy moet nie soos ’n lammetjie toelaat dat iets jou vang nie. Die duiwel probeer om elke kind van God te laat sonde doen. Vloekery, ongehoorsaamheid, steel, leuens is alles maniere waarop die duiwel jou wil laat sonde doen. God het vir jou ’n antwoord. Moenie eers na die duiwel luister nie. As jy aanhou om hom te ignoreer, sal hy later moed opgee.

As kind van die Here kan jy dit alleen doen as jy gehoor-saam na God luister en so die Here se hand vashou. As jy aandagtig na die Woord van die Here luister, sal jy weet wat nodig is om die duiwel teen te staan. God belowe dat hy dan van jou af sal wegvlug.

107. Sorg vir jou gedagtesLees in jou Bybel Kolossense 3:1-4 (vs. 2)

Elke mens het sy eie gedagtes. Indien jy nie daaroor met ander mense praat nie, sal niemand weet wat jy

in jou gedagtes dink nie. Jou gedagte is jou eie. In jou ge-dagtes kan jy baie dinge doen. Jy kan aan jouself dink, hoe goed jy is of hoe sleg jy is. Jy kan in jou gedagtes baie din ge beleef. As jy iets wil doen, of dit goed is of kwaad, dit begin altyd in jou gedagtes as jy daaroor dink.

Die duiwel probeer om die gelowiges te verlei om net aan slegte dinge te dink – net te dink aan verkeerde dinge om te doen. Die Here leer jou iets anders. Die Here vra van sy kinders: “Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie.”

As jy altyd aan die dinge van die Here dink, sal jy optree soos ’n kind van die Here. Al wat jy moet doen, is om jou ge dagtes te beheer.

108. God gee ons al die dinge om te genietLees in jou Bybel 1 Tim 6:11-21 (vs. 17)

Baie mense maak asof godsdiens net uit ’n klomp dinge bestaan wat jy nie mag doen nie. Hulle dink godsdiens

bestaan net uit moenie!, moenie!, moenie! Hulle maak of die gelowige niks mag geniet nie. Hulle sê sodra jy iets ge niet, sodra iets vir jou lekker is om te doen, dan is dit ver keerd. Dit is nie waar nie. God het al die dinge geskep sodat die mens dit kan gebruik en dit kan geniet. Waar die probleem begin, is wanneer jy die dinge wat God geskep het, misbruik. God sê: Hy gee alles aan die mens om te ge niet.

Jy moet onthou dat as jy die slegte dinge soek om te geniet, dan is dit net die duiwel wat lekker daaroor lag. As jy egter die dinge wat goed en mooi is op aarde geniet, dan vereer jy die Naam van die Here wat die dinge vir jou ge-gee het om te geniet.

Page 10: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelseptember... · Trinitas), Rachelle Combrinck (Secunda), Wihan Janse van Vuuren (Boksburg-Suid),

10 slingervel september 2012

Daaglikse geestelike oefeninge Bybelleesrooster vir Oktober Dr. Nico van der Merwe

Maandag 1 Oktober – Lees: 1 Korintiërs 9:1-27 (vs 24-27)In die taal van die sportwêreld skryf Paulus oor die geestelike lewe.

Dinsdag 2 Oktober – Lees: Rom. 6:15-23 (vs 19)Die mens wat nie sy ganse lewe in diens van God stel nie, is geestelik on� ks.

Woensdag 3 Oktober – Lees: Handelinge 24:1-23 (vs 16)Die Here ons God is my en jou Verlosser en vra geestelike � ksheid.

Donderdag 4 Oktober – Lees: Handelinge 3:11-26 (vs 21)Dit is nodig om deur inspanning jouself te oefen tot die nodige geestelike � ksheid.

Vrydag 5 Oktober – Lees: Hebreërs 5:11 – 6:12 (vs 14)Geestelike � ksheid groei deur oefening om goed en kwaad te onderskei.

Saterdag 6 Oktober – Lees: 1 Tim. 4:6-16 (vs 7-8)’n Christentiener moet ’n gimnas in godsaligheid wees. Oefen jou in toewyding aan God.

Sondag 7 Oktober – Lees: 1 Kor. 9:19-27 (vs 26)Die geestelike atleet en bokser moet � ks wees om doelgerig en suksesvol te kan deelneem.

Maandag 8 Oktober – Lees: Kolossense 3:5-17 (1 Kor. 9:27). Om geestelik � ks te word, vra van die gelowige uiterste inspanning en dissipline.

Dinsdag 9 Oktober – Lees: 2 Timoteus 3:10 – 4:8 (vs 8)Die � kse geloofsatleet sak in die wegspringblokke met die sekerheid dat hy gaan wen.

Woensdag 10 Oktober – Lees: Heb. 12:1-13 (vs 1)Die � kse geloofsatlete hardloop op die baan onder aanmoediging van ’n geloofskare.

Donderdag 11 Oktober – Lees: 2 Tim. 2:1-13 (vs 5)Wie geestelik � ks is en aan die wedloop van die

geloof deelneem, moet die reëls nakom.

Vrydag 12 Oktober – Lees: Filippense 3:1 – 4:1 (vs 13-14)Wie � ks is in die geloof, kyk vorentoe na die wenpaal, want daarheen is jy op weg.

Saterdag 13 Oktober – Lees: Matt. 6:5-15 (vs 6)Die oefenbaan van die geloof om geestelik � ks te word, is die binnekamer van die gebed.

Sondag 14 Oktober – Lees: 2 Pet. 2:1-22 (vs 14)Wie oefen in geestelike � ksheid, moet waaksaam wees vir die verkeerde oefenprogram.

Maandag 15 Oktober – Lees: 1 Korintiërs 10:23 – 11:1 (vs 31)Geestelike � ksheid stel die gelowige in staat om in sy hele lewe God te prys en te dien.

Dinsdag 16 Oktober – Lees: Kolossense 3:18 – 4:1 (vs 23)Oefeninge om tot geestelike � ksheid te kom, is noodsaaklik vir jou verhouding met God.

Woensdag 17 Oktober – Lees: 1 Korintiërs 9:19-27 (vs 25)Die Christentiener wat hom instel om geestelik � ks te word, sal baie genietinge moet ontbeer.

Donderdag 18 Oktober – Lees: Galasiërs 5:13-26 (vs 24)Kruisig jou sonde met alle hartstog en begeertes om geestelik � ks te wees.

Vrydag 19 Oktober – Lees: Galasiërs 5:13-26 (vs 16 & 25)Jou geestelike � ksheidsprogram sal suksesvol wees as die Heilige Gees jou Afrigter is.

Saterdag 20 Oktober – Lees: 1 Tessalonisense 5:12-28Die riglyne van verse 16-28 is goue reëls om na te kom vir die duur van die � ksheidsprogram.

Sondag 21 Oktober – Lees: Jes. 40:12-31 (vs 29)’n Fiksheidsprogram is vermoeiend. As jy moeg word, vra vir God om moed en krag.

Page 11: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelseptember... · Trinitas), Rachelle Combrinck (Secunda), Wihan Janse van Vuuren (Boksburg-Suid),

slingervel september 2012 11

vir die tiener wat God liefhetMaandag 22 Oktober – Lees: Rom. 12:1-8 (vs 1)Jou geestelike � ksheidsprogram sal net slaag in vol-le dige oorgawe aan God die Here.

Dinsdag 23 Oktober – Lees: Matt. 4:1-11 (vs 4)Die volmaakte oefenprogram vir geestelike � ksheid is uitsluitlik die Woord van God.

Woensdag 24 Oktober – Lees: Efesiërs 6:10-20 (vs 18)Uit die Bybel moet die gelowige sy geestelike � ks-heids oefeninge biddend nakom.

Donderdag 25 Oktober – Lees: Spreuke 1:1-9 (vs 2a) (1e doel van die Spreukeboek)Oefening uit God se Woord leer jou praktiese wysheid van hoe jy moet lewe.

Vrydag 26 Oktober – Lees: 1 Konings 3:1-15 (vs 9 & Spr. 1:2b) (2e doel van die Spreukeboek)Oefening uit God se Woord leer jou om insig in sake van die lewe te kry.

Saterdag 27 Oktober – Lees: Spreuke 8:1-21 (Spr. 1:3) (3e doel van die Spreukeboek)Oefening uit God se Woord leer jou om die regte verhoudinge te kweek.

Sondag 28 Oktober – Lees: Spreuke 22:1-10 (vs 3 & Spr. 1:4) (4e doel van die Spreukeboek)Oefening uit God se Woord leer jou om planmatig en ordelik te lewe.

Maandag 29 Oktober – Lees: Spreuke 1:1-7 (vs 5) (5e doel van die Spreukeboek)Oefening uit God se Woord kweek geestelike wysheid en verstandigheid by jou.

Dinsdag 30 Oktober – Lees: Luk. 9:18-27 (vs 23)Oefen jouself om Christus in geloofsgehoorsaamheid te volg en te dien in selfverloëning.

Woensdag 31 Oktober – Lees: 2 Kon. 4:1-7 (vs 5)Jou oefening in die Bybel is ’n krag tot redding vir elkeen in geloofsgehoorsaamheid.

Page 12: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelseptember... · Trinitas), Rachelle Combrinck (Secunda), Wihan Janse van Vuuren (Boksburg-Suid),

12 slingervel september 2012

“Dis my wortels daai! Los dit uit,” roep Bruine, die grootste konyn in die

hele hok vol konyne.“Dit is tog te veel vir net

jou alleen. Hoekom kan ons nie ook daarvan eet nie?” vra �n kleiner wit konyn.

“Ja,” roep klein Rita Konyn.” Dit is al besig om aand te word. Dit gaan netnou koud en donker wees, en ons is honger.”

“Julle kan van die konynpille eet. My ou tande is al stomp en die sagte wortels en blare is al wat ek nog kan eet,” brom die bruin konyn.

Die klein konyntjies gaan staan almal bymekaar. Hulle voel so alleen sonder hulle mamma hier. Toe hulle nie

meer hulle mamma se melk nodig gehad het nie, en self begin eet het, het die boer hulle van haar af weggevat. Hulle is nou almal by die nors en onbeskofte ou groot bruin konyn in die hok.

“As ons almal gelyk na die wortels toe loop en begin eet, kan hy ons tog nie almal bykom en wegjaag nie,” sê klein Dottie.

“Ja, maar hy is groot, en hy sal party van ons beet kry. Ek wil nie stukkend gebyt of gekrap wees nie. Dis nou koud in die nag, en as ek �n seerplek het, gaan ek nog kouer kry,” sê die wit konyntjie.

“Miskien is dit waar wat die ou sê. Dalk kan hy nie meer die harde pille kou nie,” waag �n klein grys konyntjie om te sê.

“Al is dit so, kan ou Bruine steeds nie al daai blare en wortels self opeet voor party daarvan nie al sal sleg word nie,” antwoord Rita Konyntjie.

“Ek het �n plan. Kom ons wag tot dit donker is. Ou Bruine gaan altyd vroeg slaap, en hy slaap baie vas. Hy sal ons nooit hoor as ons dan van die wortels en blare gaan eet nie,” sê wit konyntjie.

Almal stem nou saam dat dit �n goeie plan is. Hulle stap na die lang houtbak toe waar die konynpille in is en begin solank daaraan eet. Eenkant hop die bruin konyn na die wortels en blare toe, en begin gulsig daaraan vreet.

“My magie is nou vol, maar ek is steeds lus vir �n ou worteltjie of �n stukkie blaar,” sê Rita, en stap maar traag na hulle slaaphok toe. Die ander klein konyntjies stap in �n streep agter haar aan. Hulle gaan lê styf teen mekaar en loer vir ou Bruine.

Bruine vreet tot dit al amper heel donker is, en toe draf hy na sy slaapplek toe. Hy slaap in die hok langs die kleintjies, en het dié wat in die begin by hom wou kom slaap om warm te kry, weggejaag.

Die klein konyntjies wag tot ou Bruine begin snork. Toe sluip hulle uit na die orige wortels en blare toe. Hulle eet almal tot hulle nie meer kan nie, en toe is daar nog steeds wortels oor. Net so sag sluip hulle weer terug na hulle hok toe.

“Oooo, eina tog … eina toggie,” hoor hulle ou Bruine in sy hok kla.

“Wat sou hy makeer?” vra die wit konyn.

Die groot bruin konynTannie Rika du Plessis

Page 13: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelseptember... · Trinitas), Rachelle Combrinck (Secunda), Wihan Janse van Vuuren (Boksburg-Suid),

slingervel september 2012 13

“Eina, eina toggie, oooo, dis so seer,” kerm ou Bruine, en die klein konyntjies stap stadig, versigtig by sy hok in. Dis baie donker, maar die effense skynsel van die maan wys darem waar ou Bruine lê. Hulle gaan staan �n veilige entjie van hom af.

“Wat makeer, ou Bruine?” vra Rita sag, want sy kan nou hoor die ou konyn het baie seer.

“My maag pyn vreeslik, o, eina toggie,” mompel Bruine.

“Kry jy nie koud ook nie?” vra die grys konyntjie.

“Ja, vreeslik baie, ek bewe eintlik so koud kry ek. Los my uit, ek het baie seer,” brom-brom ou bruine met �n kla-stem.

“Nee, ons gaan nou almal styf teen jou kom lê om jou warm te maak. Jy sal sien dan sal jou jy minder bewe

en beter voel,” sê die wit konyntjie.

Ou Bruine brom nog, maar al die konyntjies loop en gaan lê styf reg rondom hom. Sommer gou broei hulle hom lekker warm, en ou Bruine se kla-geluide word al hoe minder en minder. Hy begin liggies snork.

“Hy slaap nou, so hy voel beter. Ons bly maar vannag hier. Siestog, hy is al oud, so ons moet maar nie snaaks met hom wees nie,” sê klein Rita.

So het die kleintjies vir ou Bruine die hele nag warm gehou, en die volgende oggend was ou Bruine baie dankbaar.

“Ek was altyd so snaaks met julle, maar julle was laasnag baie goed vir

my. Baie dankie vir julle warm ly� es teen myne. Ek voel sommer baie beter vanoggend. Julle kan maar enige tyd saam met my van die wortels en blare eet,” sê ou Bruine.

Hulle loer na mekaar. Hulle weet ou Bruine het gesien die wortels en blare is vanoggend minder as gisteraand, maar hy sê niks daarvan nie. Hulle is bly, want dit beteken hy is nie vir hulle kwaad nie.

“Baie dankie, Bruine. En jy kan enige tyd maar snags by ons kom slaap wanneer jy koud kry, hoor,” sê die grys konyntjie.

So het ou Bruine en die klomp jong konyntjies groot vriende geword, en snags altyd saam geslaap. SV

DDie olifant is van ons grootste diere in die veld. Vroeër eeue het dit gewemel van die olifante in die kontinent Afrika. Wat snaaks is, is dat daar in die Afrikaanse taal

net twee idiome is wat van 'n olifant af kom:

� 'n Geheue soos 'n olifant = 'n Baie goeie geheue. � 'n Wit olifant = Iets wat geen doel dien nie en 'n oorlas is.

Aan die wit olifant is 'n storie gekoppel: In ou Siam (Thailand) is 'n wit olifant as heilig beskou, en as 'n howeling die koning geïrriteer het, het hy 'n wit olifant as koninklike geskenk ontvang. Omdat die dier heilig was, moes die arme howeling natuurlik sorg dat die olifant genoeg kos en water het, en gereeld geskrop en gepamperlang word. Die olifant mag ook nie gewerk het nie, en was dus nutteloos vir die ontvanger. Dink 'n mens daaraan dat 'n olifant tot 250 kg kos per dag eet, is dit nie juis 'n ekonomiese troeteldier nie. 'n Wit olifant het vir jou niks beteken nie en dit was net 'n oorlas om vir hom te sorg.

Bron: Idiome-woordeboek. 1988. Anton F. Prinsloo: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom. 2004.

OLIFANT in Afrikaanse idiome Oom Carel

Page 14: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelseptember... · Trinitas), Rachelle Combrinck (Secunda), Wihan Janse van Vuuren (Boksburg-Suid),

14 slingervel september 2012

Begin lees aan ons nuwe vervolgverhaal vir tieners ...

Kasteelmeisie

Rika du Plessis

Yolandi stap kuier-kuier teen die kant van die watergrag af. Die welige wilgerbome

met hulle slap takke maak ’n dak oor haar kop.

Die helder, skoon water van die grag wat om die kasteel loop, lok haar. Sy het al baie in die grag geswem, maar gewoonlik ver van die huis af. Haar ma het haar eenkeer naby die kasteel in die grag betrap en behoorlik die kop gewas.

“Wat dink jy gaan gebeur as meneer Wessel jou hier betrap?” het haar ma gevra. Meneer Wessel is die eienaar van die sprokiesagtige kasteel aan die hang van die groot, blou berg. Hy is ’n baie gawe

werkgewer teenoor haar ma, maar ook baie streng.

“Ma is seker reg, hy sal nie daarvan hou om my in my skrapse swemklere hier te sien swem nie. Hy sal bang wees sy aantreklike seun kom op my af en ek verlei hom,” het sy haar ma geterg.

“Yolandi, moenie vir jou staan en verspot hou nie. Moenie dink ek sien nie hoe jy na die jong Lennert kyk wanneer jy dink niemand sien jou nie. Die jongman is nie vir jou bedoel nie, en jy weet dit,” het haar ma gemaan.

“Dis so onregverdig, Ma. Net omdat hy die seun van ’n ryk kasteeleienaar is, en ek die dogter van een van die kombuiswerkers, mag ons nou nie eens vriende

wees nie.”“Daar is baie onregverdighede

in die lewe, my kind, maar oor hierdie een moet jy maar berus, want ek kan nie bekostig om my werk hier te verloor nie. En jy weet dit sal gebeur as julle twee danig raak en meneer Wessel kom daarvan te hore.”

Yolandi stap tot teen die kant van die breë stroom water, trek haar skoene uit, en gaan sit op die wal en laat haar kaal voete in die water hang. Sy weet sy is vandag nog die verste van die kasteel af as op enige van die ander dae wat sy hier kom rondstap het. Dit is skoolvakansie, en haar ma gee nie om as sy bedags in die veld

Page 15: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelseptember... · Trinitas), Rachelle Combrinck (Secunda), Wihan Janse van Vuuren (Boksburg-Suid),

slingervel september 2012 15

rondloop nie.Die louwarm water kielie haar voetsole, en die

drang om te swem oorheers haar. Sy kyk om haar rond, maar die digte bosse en oorhangtakke van die wilgers keer dat sy ver kan sien. Sy luister, maar al wat sy hoor is die gesketter van die apies in die bome. Sy pluk haar bloes en langbroek uit en gooi dit langs haar skoene neer voor sy in die water induik. Heerlik! Hoe kan ’n mens dit nou weerstaan? Die water vou om haar lyf en sy kronkel en draai daarin rond soos sy dink ’n meermin sal doen. Eers toe sy moeg is, swem sy kant toe, maar klim nog nie uit nie. Sy hou aan ’n wilgertak vas en hang net stil daar in die water.

Meteens rek haar oë. Haar klere is weg – net haar skoene lê daar. Genugtig, sou dit dalk die apies wees wat haar klere weggedra het? Sy moet dit net eenvoudig kry, want hoe op aarde gaan sy ongesiens die kasteel bereik in hierdie skrapse swemklere? Haar ma slag haar sowaar lewendig af!

“Soek jy dalk hierna?” vra ’n sagte stem skuins agter haar en sy swaai vervaard in die water om.

Lennert staan met ’n ondeunde grinnik na haar en kyk. Hy is fors gebou, het ’n kortbroek en spierwit T-hemp aan. Hy moet seker baie in die buitelug kom, want sy arms, bene en gesig is goed songetint. Sy spierwit tande glinster deur die gleuf van sy lippe wat deur die grinnik veroorsaak word.

“Los my klere waar jy dit gekry het, en gee pad, want ek wil uitklim,” sê Yolandi vererg. Vir wat moes hy haar goed vat?

“Nie voor jy vir my sê wat jou naam is, waar jy woon en wat jy hier soek nie,” antwoord hy doodluiters en hou haar klere agter sy rug vas.

“Ek het nie nodig om dit te doen nie, want dit het niks met jou te doen nie.” Sy is nou effe benoud. Sê nou hy gaan klik by sy pa!

“O ja, jy het. Hierdie landgoed behoort aan my pa en ek het dus die reg om te weet wie hier oortree.”

“Ek weet wie jy is, en ek oortree nie. My ma ... my ma werk vir jou pa, en ek is hier met skoolvakansie.” Hoekom voel sy dan nou so verneder deur te moet erken haar ma werk vir sy pa? Is sy sowaar skaam om so iets teenoor hom te erken? Haar ma doen tog ’n eerbare werk.

“Ek sien. So, nou weet ek jy woon hier by jou ma, maar ek weet nog nie wat is jou naam nie.” Hy probeer ernstig wees, maar sy sien die lag agter in sy donkerbruin oë blink. Strepies sonlig tussen die wilgers se takke deur laat sy blonde hare koringblond skitter.

“My naam is Yolandi. Nou moet jy loop, asseblief.”

“Bly te kenne, Yolandi. My naam is Lennert. Kan ek jou uithelp?” vra hy en steek sy hand na haar toe uit nadat hy haar klere weer by haar skoene neergesit het.

“Dis nie nodig nie, en ek klim nie uit voor jy nie geloop het nie.”

“Het jy dan enige vorm van gebrek dat jy skaam is om voor my uit te klim?” terg hy steeds.

“Nee, maar ... maar my ma draai my nek om as sy ons hier saam sien,” erken sy teësinnig.

“Kan jy verduidelik hoekom?” Nou frons hy verward.

“Moet jou nie dom hou nie. Jy is die ryk eienaar se seun, en ek is die kombuiswerker se dogter. Ons hoort nie in mekaar se geselskap nie, en jou pa sal my ma wegjaag as hy hiervan hoor.”

Sy is nie voorbereid om die hartlike lagbui wat oor sy lippe borrel nie, en klim vinnig uit die water uit. Sy gryp haar langbroek en trek dit aan terwyl sy fronsend na die laggende jongman kyk. Dan volg haar bloes.

“Jy is sekerlik nie ernstig nie, Yolandi. Ek kan gesels met wie ek wil, en dis mos nou nie asof ons ’n verhouding of iets het nie. Ek verseker jou my pa sal geen besware daarteen hê as ek jou geselskap opsoek terwyl jy hier met vakansie is nie. Kom, stap saam met my, en ons gaan drink koeldrank in die huis.”

“Jy bedoel in die kasteel! Gaan vertel dit vir jou pa, en kyk wat hy sê, en dan kan ons weer gesels.”

“Jy is sowaar ernstig. Ons leef nie meer in die ou tyd nie, jong. My pa sal nie eendag kies wie my vrou gaan wees nie, en hy sal ook nie nou vir my sê met wie ek mag vriende wees en met wie nie. Maar goed, as jy wil hê ek moet eers vir hom gaan vertel, sal ek. En as hy niks daarteen het nie, sal jy dan môre saam met my hier kom piekniek hou?”

Sjoe, die kêrel is vir jou aantreklik! Hy kyk steeds met ’n terglaggie na haar toe en sy kan nie anders om ook nou te glimlag nie. Sy voel eienaardig genoeg glad nie ongemaklik in sy geselskap nie.

“Indien hy dit goedkeur, sal ek kom.”“Mooi! Ek sal jou nou in vrede los, maar ek kom

vanaand vir jou by jou huis vertel wat my pa gesê het. Ek weet in watter huis jy en jou ma woon. Ek het jou al daar sien uitkom.”

“Maar dan het jy mos netnou geweet ek woon hier,” beskuldig sy en weer lag hy tergend.

“Ek kon nie help om jou been te trek nie. Geniet jou dag verder ... sien jou vanaand!” roep hy oor sy skouer en draf met gemaklike hale van haar af weg in die kasteel se rigting.

Yolandi trek haar skoene aan en begin ook terugstap. Nou moet sy haar ma hiervan gaan vertel voor Lennert vanaand daar opdaag, en sy is nie so seker of haar ma dit sommer so sal aanvaar nie.

Haar treë is traag, want sy wil die oomblik so lank as moontlik uitstel. (Vervolg)

Page 16: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelseptember... · Trinitas), Rachelle Combrinck (Secunda), Wihan Janse van Vuuren (Boksburg-Suid),

16 slingervel september 2012

Oom Attie Venter

Wat het hulle geëet?Wat het hulle geëet?“Middag, oom Tom. Oom, ons godsdiensonderwyser het gesê

ons moet ’n bietjie uitvind oor wat die mense in die ou dae ge-eet en gedrink het, hoe hulle geëet en gedrink het, wat hulle

aan getrek het, en sulke dinge,” val Hennie sommer met die deur in die huis.

Toe hy asem skep, bring oom Tom hom terug na die werklikheid: “Bedaar, ou seun, en vertel my mooi wat die opdrag is. Watter mense en watter ou dae?” Oom Tom weet goed watter ou mense en watter tye hy bedoel.

“Die Israeliete, oom, en in die Bybelse tye. Meneer Roelofse sê ons kan sommer van die Babiloniërs ook uitvind, of die Grieke of die Romeine ... Wat het hulle met die Bybel te doen, oom? Dis mos onnodige werk!”

“Jong, niks is onnodige werk nie. As iemand ’n boom skilder wat in die veld groei, skilder hy ook die rantjies in die agtergrond, die ander bome en struike van die omgewing, sowel as ’n paar van die diere in die omtrek, as daar is. Op dié manier staan die boom sterker uit en kry die skildery as geheel ook groter betekenis. Die Israeliete was altyd, veral ná die uittog uit Egipte, omring deur ’n klomp volke in Kanaän. Nog later het hulle ook met die Assiriërs, Babiloniërs, Grieke en die Romeine te doen gekry. Hierdie volke het mekaar oor en weer beïnvloed en die wêreld voorberei en ontwikkel tot hy is soos ons hom vandag ken. Gaan asseblief na my studeer kamer en kyk of daar so ’n dunnerige boekie heel links op die derde rak van my boekrak staan. Bring hom vir my – my geheue is nie meer so watwonders nie!”

“Dankie, ou seun. Kom ons begin maar met hulle kos. Ons bly maar vir eers by die volk Israel. Onthou hierdie twee dinge:

� Daar was nie die vreeslik baie soorte kos waaruit hulle kon kies soos ons vandag nie, en

� hulle het nie die middele of die kennis gehad om kos te pre-serveer, dit is om dit te bewaar teen verrotting, nie.

Dus was kos maar taamlik skaars in daardie dae.”

Brood“Die belangrikste voedsel van die mense in die ou tyd was maar

altyd brood. As hulle praat van ‘maaltyd hou’, beteken dit maar ge woonlik ‘brood eet’ (Gen. 37:25; 1 Sam. 20:24; Mark. 3:20).

“Ryp koring is eers gestamp en dan in die vorm van ’n brood ge bak. Die deeg is geplak teen ’n oond van erdewerk of op ’n me-

taalplaat wat lyk soos ’n skot-tel wat onderstebo lê, of dit is sommer op warm klippe of gloeiende kole gaargemaak. Die brode het dus glad nie soos vandag s’n gelyk nie, maar meer soos roosterkoeke. Soms het ’n dorp ’n gesamentlike oond gehad.

“Met maaltye is vye, appels, pere, lemoene, dadels en oly we (groen en ryp) saam met die ander voedselsoorte geëet. Olyfolie is by die kos ge voeg en soos vet in ons kos gebruik.”

Vleis en vis“Wanneer daar geslag is, het

hulle gewoonlik skape, bokke en beeste geslag. Die vleis van kalwers en lammers is net by besondere geleenthede gebruik. Die Israeliete het nie die bloed van die diere gedrink nie, omdat hulle geglo het dat bloed die draer van die lewe is, en die lewe behoort aan die Here. Daarom het hulle ook die bloed van die offerdier om die altaar uitgegooi (Lev. 1:5; 3:2; 7:2). Die heupsening is ook nie geëet nie, omdat die Here Jakob se heupsening by die Jabbokrivier aangeraak en verlam het.

“Die vleis is óf gekook óf op kole óf op warm klippe ge-braai.

“Vis was volop in die meer van Galilea en is as voedsel ge bruik. Plekke soos Betsaida

Page 17: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelseptember... · Trinitas), Rachelle Combrinck (Secunda), Wihan Janse van Vuuren (Boksburg-Suid),

slingervel september 2012 17

(wat “huis van vis” beteken) en een van die poorte van Jeru-salem (wat “Vispoort” heet), dui daarop dat daar taamlik in vis handel gedryf is.

“Sprinkane – Die Israeliete het sprinkane gebraai, in olie gebak of in die son ge droog nadat die binnegoed uit-gehaal is, natuurlik. Onthou: in sekte is ’n goeie bron van pro teïene! Die sprinkane is gestamp of gemaal en van die sprinkaanpap is sop gekook. Hulle is ook ingesout om later gebruik te word. Dit was die kos van die arm mense in Pa-lestina. Johannes die Doper het byvoorbeeld sprinkane en wilde heuning geëet (Mark. 3:6).”

Bereiding en maaltye“Die bereiding van voedsel

was die werk van die vrou of slavin. Die Israeliete het met die vingers geëet, maar ’n stuk brood het as lepel gedien sodat daarmee geskep kon word (Joh. 13:26). Opgrawings het egter getoon dat hulle ook lepels geken het. Drietandvurke is vir die gaarmaak van die vleis gebruik (1 Sam. 2:13). Hulle was nogal gesteld op die bereiding van kos, want die Jode – soos alle Oosterlinge – het van smaaklike voedsel gehou.

Drank“Water, melk en wyn was die

vernaamste dranke. Die armes het hulle brood tydens maaltye in � ou asyn gedoop, terwyl die rykes hulle s’n gedoop het in wyn wat met water gemeng is. Die gewoonte om water en wyn te meng, het eers la-

ter onder Griekse invloed ontstaan. Daar was net een skottel of beker waarin almal hulle brood geskep het, of waaruit almal gedrink het.

Hoofmaaltye“Daar was twee hoofmaaltye: die eerste in die oggend, waarna

almal ’n rukkie gaan rus het, en die tweede een teen die aand. Daar is gewoonlik meer moeite met die aandete gedoen (Rigt. 2:14; Luk. 17:8).

Tafels, stoele en banke“In die paleise van die konings en in die huise van ander hoog-

geplaastes het die mense op stoele by ’n tafel gesit. In die vroeë Bybelse tye het die mense ook gevlegte matte of lae houttafels gebruik, waarom hulle gesit of gehurk het. In paleise was daar groot tafels met genoeg ruimte vir tientalle gaste (Neh. 5:17). Soms het die gevangenes brokkies brood onder die tafels opgetel (Rigt. 1:7).

“Namate die mense ryker geword het, het die rusbank in die plek van die stoele gekom. Die rusbanke wat aan drie kante van die tafel gestaan het, was opgestop en het baie kussings gehad. Wanneer daar geëet is, het die gaste op die rusbanke gelê sodat hulle met die linker-elmboog op die tafel kon leun. Jesus het waarskynlik by ’n maaltyd in Betanië in so ’n posisie gelê (Mark. 14:3-6). Die mees geëerde plek wat Johannes met die laaste Nagmaal ingeneem het, was teen die bors van die Gasheer. Ons lees: “En een van sy dissipels, hy vir wie Jesus liefgehad het, het aan tafel teen die bors van Jesus gelê” (Joh. 13:23).

Skottels en wassing“Houtskottels is gebruik om die kos op die tafels te bring. Die

vleis is deur die huisvader of gasheer op roosterkoeke of brode aan die gaste uitgedeel. Rys en bykos het in ’n skottel gekom en is met die hand geëet. Daarom was dit so noodsaaklik dat die hande voor en ná ete gewas moes word.

“By die deur is die voete van die gaste eers deur die slawe gewas. As die gasheer ’n besondere eer aan die gaste wou betoon, het hy die voete self gewas. Jesus het by die laaste Nagmaal die voete van sy dissipels gewas.”

“Dankie oom, baie dankie. Nou het ek darem iets bygeleer! Mag ek maar die boek leen om nog ’n slaggie van dié mense en hulle gewoontes te lees? Ek bring dit oor ’n paar dae weer terug.”

“Met plesier, ou seun. Dit is daar vir jou om te geniet.” SV

(Sien illustrasie op p. 24)

Page 18: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelseptember... · Trinitas), Rachelle Combrinck (Secunda), Wihan Janse van Vuuren (Boksburg-Suid),

18 slingervel september 2012

Kalbas

Die belangrike “ek”

Geen wonder nie dat die “ek” so ’n belangrike rol in elke mens se

lewe speel, en geen wonder nie dat ’n mens sy eie “ek” ook wil beskerm. Daarmee is seker niks verkeerd nie. Dit is ook selfs nie verkeerd as jy jouself liefhet nie (binne perke natuurlik). Jesus sê self: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

Dis egter juis hier waar die probleem ontstaan: ’n mens kan homself té liefhê. En dis seker nie ’n gedagte wat enig aan die Bybel is nie. Selfs die wêreldling (ongelowige) hou nie baie van iemand wat sy eie beuel blaas nie.

Paulus sê ook: ’n Mens moenie meer van homself dink as wat hy behoort nie. En Salomo: Laat ’n ander jou prys en nie jyself nie, dit wil sê as jy wel iets prysenswaardig gedoen of gesê het. ’n Persoon wat aan “eiewaan-siekte” ly, kan ure lank uitwei oor wat hy gedoen het, wat hy ervaar het, ensovoorts.

HoogmoedHoogmoed word in ’n

artikel in Reader’s Digest as die grootste sonde beskryf. Met die eerste oogopslag lyk dit na ’n onregverdige beskuldiging, maar volgens die Bybel het die Here taam-lik rof met sulke mense ge werk. Herodes is deur wurms opgevreet (lees gerus Handelinge 12 vanaf vers 20) en Nebukadnesar het soos ’n dier geword. Hoe het die Here vir Dawid gestraf toe hy die volk getel het om uit te vind hoe ’n magtige koning hy is?

Hierdie soort mens dink nie net dat hy beter as ander is nie (as hy by ander agter staan, kan hy nogal “down in the dumps” wees), maar by al sy handel en wandel geniet eiebelang en selfverhef� ng die belangrikste oorweging. Watter waarde kan dit of dat vir my inhou; hoeveel kan ek daarby baat? Hoe vreeslik dit ook al mag klink, selfs die goeie dade word dan nie tot eer van God en uit ’n ware geloof (soos die Heidelbergse

Kategismus dit stel) gedoen nie, maar uit ’n skyngeloof en tot selfverhef� ng.

SpieëlMoet tog maar nie beskul-

di gend na ander wys nie. Elk een kan homself hierin spieël as hy die moed het en eerlik genoeg is. Ek dink dis hier waar die duiwel sy grootste slag slaan, nie by drank, onsedelikheid, diefstal en korrupsie nie. Die ryke wat beswaarlik die hemel sal ingaan (soos die kameel wat nie deur die oog van ’n naald kan gaan nie) se probleem is nie sy rykdom as sodanig nie, maar sy hoogmoed waardeur hy hom onafhanklik van God voel.

Op hierdie stadium is dit amper onnodig om te sê dat die woord “opoffering” eintlik nie in sy woordeskat voorkom nie; kritiek is asseblief nie welkom nie. Nie eens op-bouende kritiek nie. Dit kan sy pragtige selfbeeld skade berokken. Om te dink dat

Een van die wonderlikste verskynsels op hierdie aarde (en dalk in die ganse heelal) is die feit dat ’n versameling lewelose materiedeeltjies, as ’n mens so genoem mag word, ’n “ek” kan

vorm. Soveel mense, soveel “ekke”. Elke mens is met ander woorde bewus van wat om hom aangaan, maar hy is ook van homself bewus. Dis dan ook vanuit hierdie persoonskern dat hy

dinge ervaar en beleef.

Page 19: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelseptember... · Trinitas), Rachelle Combrinck (Secunda), Wihan Janse van Vuuren (Boksburg-Suid),

slingervel september 2012 19

Ek voel so vry, En so bly,

As ek in die oopte kom, En en is verstom,

Oor die skoonheid hier, En elke dier,

Wat hier so vry, In die berge bly.

Die arend in sy vlug, Vlieg hoog deur die lug,

En duik dan af, Na ‘n hasie in die gras,

En vlieg dan wes, Na sy nes,

Om dit vir sy kuikens te voer,

Wat al oor die nes loer. Dan wil ek lag en sing, Oor als wat blydskap in

die wêreld bring.

Stuur julle gedigte aan:

Slingervel-DigtershoekiePosbus 6433FlamwoodKlerksdorp 2572Faks 018 468 1782

Julle kan julle gedigte ook met e-pos stuur: [email protected]

���������

������ �����

Hierdie maand plaas ons 'n gediggie van Joanette Le Cornu (Gr. 9)

ander dalk nie soveel van hom dink as wat hy van homself dink nie. Vreeslike gedagte!

Wat gaan jou reaksie wees as jou werkgewer jou eendag gaan berispe of probeer reghelp as jy in sy diens staan? Raad: Oefen solank deur vir jou ouers en onderwysers te luister as hulle jou probeer reghelp of berispe. Daar is altyd ’n rede daarvoor. Wees maar te bly as hulle dit doen. Eendag sal jy hulle daarvoor dankbaar wees!

Volwasse lidmaatEn wat gaan jou reaksie eendag wees as jy as ’n volwasse

lidmaat van jou kerk deur die kerkraad oor een of ander sonde vermaan word? Gaan jy jou vir die dominee en ouderling vererg? Gaan jy die kerk summier bedank? Raad: Leef jou van jongsaf in die kerk se jeugaktiwiteite in en raak vertroud met die Bybelse beginsels wat vir die gemeente geld.

Dieselfde geld vir jou wanneer jy eendag ’n volwasse bur-ger van die land is. Ongelukkig steek hierdie verskynsel van onverdraagsaamheid sy kop reeds vroeg in ’n mens se lewe uit in die vorm van ongehoorsaamheid en opstand teen gesag of enigiets wat die vryheid van die eie ek aan bande lê. Dit kan jou ’n groot boete of nog erger strawwe op die hals haal. Raad: Gehoorsaam die skoolreëls en moenie in opstand kom as jy oortree en die prefek met jou praat nie. Neem deel aan skoolsport en bring jouself op hoogte van die spelreëls. Sonder reëls is geen sport moontlik nie. Onthou: As jy teëpraat, is dit tien treë nader aan die teëstanders se doelpale. Sportreëls is uitstekende voorbereiding vir landsreëls.

’n Laaste vraag: Is EK dalk so ’n “eie-ek-mens”? ’n Goeie manier om uit te vind, is om nadat ’n episode plaasgevind het, of met jou aand-stiltetyd, ’n bietjie hand in eie boesem te steek. Dan is dit tyd om eerlik met jouself en jou Skepper te wees. Hoof saak is nie of jy oortree het nie (waarvoor jy in elk geval vergifnis moet vra), maar wat jy daaraan gaan doen. Gaan jy van nou af met selfbeheersing optree? Het jy die tannie oor die straat gehelp met die doel dat sy moet sê hoe ’n edele seun of dogter jy is? Sal ek meer geld in die kollektebordjie gooi, selfs al sien niemand dit nie?

Kom ons steek kers op by Paulus waar hy in 1 Tessalonisense 2:5 sê: “Met vleitaal het ons ons nooit opgehou nie ...” En in vers 6: “Ons het nooit daarna gestreef dat mense ons sou eer nie ...” Lees ook Efesiërs 6:6. SV

Page 20: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelseptember... · Trinitas), Rachelle Combrinck (Secunda), Wihan Janse van Vuuren (Boksburg-Suid),

20 slingervel september 2012

Wat kan ek lees?Wat kan ek lees?tannie susan

Wheatley, Abigail & Wray, Zöe, ontwerper.

2011. Die storie van skilderkuns.

Geïllustreer deur Uwe Mayer & Ian McNee.

Pretoria: Protea Boekhuis. 96 p. Prys:

R120,00. ISBN: 978-1-86919-502-1.

In Die storie van skilderkuns word die ontwikkeling van skil-

der kuns in ’n voëlvlug in teressant en be vatlik vir jong tieners en ander belangstellendes vertel. Interessante feite oor die ontwikkeling van verf, doeke, tegnieke en onderwerpe waaroor ge skilder is, word in een voudige taal vertel – vanaf primitiewe rots -kuns, deur al die ver-skillende tydperke tot met die moderne tyd. Daarby is ook humo-ris tiese illustrasies en ’n aantal afdrukke van be-roemde (en nie so be-roem de) werke.

Daar is ook ’n afdeling met wenke hoe om na skilder ye te kyk en dit te waardeer. Die tydlyn, woordelys en indeks is ’n nuttige toevoeging tot die boek en dra by tot die waarde daarvan. Hierdie boek is die derde boek in die “storie van”-reeks. Die ander twee is Die storie van wetenskap

en Die storie van uitvindings. Die storie van skilderkuns bied nie ’n volledige histo-riese oorsig nie, maar is bedoel om die belangstelling te prikkel sodat dit tot verdere leeswerk oor hierdie inte res sante onderwerp kan lei. Vir weetgierige tie-ners (en volwassenes) is hierdie net die regte boek daarvoor

Grobler, Piet. 2011. Die voëltjies se ABC. Pretoria: Protea Boekhuis. Prys: R75,00. ISBN: 978-1-86919-508-3.

Hierdie humoristiese prenteboek sal kleuters en jong kinders laat skaterlag. Elke letter van die alfabet (hoof- en kleinletters) word uitgebeeld deur ’n kleursketsie van voëltjies wat iets doen of sê. Die B-voëltjie drink uit ’n

bierglas en sê dan ... “Burp”, of die N-voëltjie eet ’n wurmpie “Njam njam”.Elke klein sketsie vertel ’n prettige storie op sy eie, wat heerlike geleentheid bied

vir fantaseer en taalontwikkeling wanneer oor die sketsie gesels word. Leergierige jong kinders leer sommer ook die alfabet speel-speel op die koop toe.

Die voëltjies se ABC is ’n kostelike juweeltjie en ’n goeie toevoeging tot ’n kind se boekery.

Lagerlöf, Selma. 2010. Nils Holgersson se wonderbaarlike reis. Illustrasies deur Thomas Docherty. Pretoria: Protea Boekhuis. 411 p. Prys: R225,00.

ISBN: 978-1-86919-377-5.

In Swede is Nils Holgersson ’n onnutsige, onmoont like klein seuntjie wat niks en niemand met sy poetse en kwajongstreke ontsien het nie. Op ’n dag het hy egter te ver gegaan toe hy die kabouter by hulle huis in die net gevang en

geterg het. Die kabouter het hom getoor sodat hy net so groot soos ’n kabouter was.

Nils het aan hulle mak gansmannetjie, Maarten, se nek vasgeklou om hom te keer sodat hy nie saam met die wilde ganse na Lapland vir die winter kon mi greer nie. So het hy en Maarten dan by Akka van Kebnekajse se swerm wilde ganse beland.

Nils moes leer om sy gedrag te verander en om vir ander om te gee en te help waar hy kon. Op hulle reis deur Lapland leer hy die land ken en maak baie vriende oral waar hulle gaan. Emerik die ooievaar, Ba taki die raaf, Grysvel die takbok, Karr die hond, Donsie die grys gans en nog talle ander diere het onder sy vriende getel. Smirre, die slinkse jakkals, was natuurlik ook ’n faktor waarmee Nils deeglik moes rekening hou.

Nils beleef heerlike avonture, soms wel skrikwekkend, maar hy word lief vir die wildeganse. Tog verlang hy huis toe en na sy ouers. Akka vertel aan hom die groot geheim dat hy weer ’n regte seuntjie sou kon word as hy aan sekere vereistes voldoen. Sou Nils dit kon regkry en sal hy weer ’n regte seuntjie word? Kinders sal hierdie boek as voorleesboek geniet en tieners en volwassenes sal dit graag lees. Die Afri kaan se TV-reeks van Nils Holgersson is op DVD be skikbaar en dit sal heerlik wees om die boek te lees sowel as die DVD te kyk.

Die outeur, Selma Lagerlöf, was die eerste vroulike No belpryswenner vir Letter-kunde. Hierdie klassieke storie boek sal ’n aanwins op enigeen se boekrak wees.

Page 21: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelseptember... · Trinitas), Rachelle Combrinck (Secunda), Wihan Janse van Vuuren (Boksburg-Suid),

slingervel september 2012 21

Rousseau, Leon, oorverteller & bywerker. 2011. Die kaskenades van Jakkals en Wolf. GeïIllustreer deur Johann Strauss. Pretoria: LAPA Uitgewers. 104 p. Prys: R120,00. ISBN: 978 0 7993 4965 8.

Jakkals was slim en skelm en het altyd vir Wolf, wat maar dommerig was, om die bos gelei en poetse gebak sodat Wolf die slegste daarvan afgekom

het. Wolf kon goed jag, maar deur skelmstreke het Jakkals altyd gesorg dat hy die grootste deel van die vleis kry wanneer hulle kastig saam gaan jag het. Gewoonlik het Wolf dan maar bedroë daarvan afgekom en Jakkals se maag was trommeldik geëet. ’n Mens voel eintlik half jammer vir die arme Wolf. Wolf se kwaai ma het egter op ’n dag besluit om met ’n slim plan Jakkals in eie munt terug te betaal. Wat ’n kostelike byvoeging deur Rousseau is hierdie nie!

In hierdie kostelike bundeltjie volksverhale word ’n vyftiental verhale oor Jakkals en Wolf vertel, by-voor beeld die episode met die bottervat, die keer toe hulle gaan visvang het en toe hulle in Boer se skaap-kraal sy skape gaan vang het – en nog vele ander skreeusnaakse verhaaltjies.

Die verhaalbundel is vir oud en jonk – ouer lesers sal heel moontlik nog met nostalgie van die verhale uit hulle kindertyd onthou. Kinders is deur geslagte heen al deur Jakkals-en-Wolfstories bekoor. Die hu-mo ris tiese kleurillustrasies dra by tot die genot van die verhale. Die taalgebruik is keurig en in gemaklike Afrikaans.

Die Jakkals-en-Wolfstories is oorvertellings uit GR von Wieligh se versamelings volksverhale wat hy om

en by 1900 uit verskillende dele van Suid-Afrika op-ge teken het.

Dirks, Cor. 2011. Die Uile in die Kalahari. Pretoria: Protea Boekhuis. 186 p. Prys: R100,00.

ISBN: 978-1-86919-470-3. (Die Uile-reeks, 5.)

In die vyfde boek van hierdie spannende avontuur-reeks is die vyf Uile saam met oom Phil, Philip se pa, en sy vriend, oom Sias, op ’n jagvakansie in die

Kalahari. Aan entoesiasme en avontuurlus het dit die Uile nie ontbreek toe hulle met die gewere agter die bokke aan is nie.

Hulle het egter gou besef dat wilde diere baie ge-vaarlik is toe hulle by ’n paar geleenthede byna self die prooi van roofdiere geword het. Hulle is egter telkens betyds gered – maar wie was hierdie geheimsinnige woes tynman wat hulle redder was, maar wat geen ver staanbare taal kon praat nie?

Tydens een van hulle jagtogte is drie van die Uile deur ’n gevaarlike priesterkulte gevange geneem. Die woestynman moes weereens probeer om hulle van ’n gewisse dood te red. Sou hy hierdie keer weer daarin kon slaag? Die misterie van die woestynman se identiteit is ook nog ’n tergende geheim wat ontrafel moet word.

Die Uile in die Kalahari is ’n lekkerlees spannings-ver haal wat tieners se aandag dwarsdeur die boek ge vange sal hou. Dit is ook heerlik om nog ’n naelbyt-avontuur met die nou al bekende karakters te beleef – hulle is ou bekende en geliefde vriende! SV

Page 22: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelseptember... · Trinitas), Rachelle Combrinck (Secunda), Wihan Janse van Vuuren (Boksburg-Suid),

22 slingervel september 2012

dr. nico van der merwe

129. Die vereistes vir jou gebedLees: 1 Johannes 5:14-17 Teks: 1 Johannes 5:14

Om deur God verhoor te word, moet jou gebed aan drie vereistes voldoen. 1. Jy moet in Christus bid. 2. Jy moet in ware geloof bid.

3. Jy moet volgens God se wil bid (vs. 14). So het Jesus ook gebid die nag voordat Hy gekruisig is: “Vader, as U wil, neem tog hierdie lydensbeker van My af weg. Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied” (Luk. 22:42).

God maak sy wil in die Bybel bekend. Om volgens God se wil te bid, moet jy God se Woord ken. As jy gereeld en getrou die Bybel met volle aandag lees, maak God die Heilige Gees jou gedagtes nuut. Dan sal jy weet hoe om volgens God se wil te bid. Dan sal jy weet wat vir God belangrik is om in jou lewe te doen. Kom, span jou in en maak jou gebedslewe soos die Here dit verwag en God sal dan op jou gebede antwoord (Jes. 15:7).

130. Die gebed in ware geloofLees: Matteus 18:15-20 Teks: Matteus 18:19

As jy tot God bid, moet jou gebed aan vier vereistes voldoen. 1.

Jy moet in Christus bid. 2. Jy moet in ware geloof bid. 3. Jy moet volgens God se wil bid. 4. Jy moet met gelowiges saamstem oor die inhoud van die gebed. Dit wys op God se teenwoordigheid in die ge meente (vs. 19-20). As die gemeente in biddende afhanklikheid van God na sondaars uitreik, het dit betekenis in die lewe van die son daar en dra dit Christus se goedkeuring weg. Gebed maak dat ge lowiges in pas bly met die wil van God.

Gelowiges moet met mekaar oor hulle gebede praat en so tot insig kom oor wat in die gebed van God gevra sal word. Die Hei lige Gees laat jou ook deur die gesprekke met gelowiges tot die seker-heid kom van wat God se wil is. Om saam met ander te bid, laat jou gebedslewe groei.

131. Volhard in die gebedLees: Lukas 18:1-8 Teks: Lukas 18:7

In die gelykenis vertel Jesus van die vrou wat nie opgehou het om by ’n regter te pleit om haar reg nie. Die regter het geen eer-

bied vir God gehad nie (vs. 2 & 4) en hy het hom ook nie juis aan mense gesteur nie (vs 4). Derhalwe het hy ook nie geluister na die dringende versoek van die weduwee nie. Maar sy het nie terug ge-deins en opgehou nie. Later het die regter aan haar versoek toe-gegee en haar in haar regsaak gehelp. Christus pas die gelykenis toe op God die Vader. As God se kinders tot Hom bid en werklik met diepe geloof aanhou om die saak in die gebed voor God te bring, sal God hulle gebed verhoor en hulle help.

Wat hier belangrik is, is die volhardende gebed van die gelowige. Jy mag maar aanhou en aanhou om in geloof jou saak in gebed voor God te bring.

132. Jou gebed is onderworpe aan God se wilLees: Johannes 14:1-14 Teks: Johannes 14:13

Herodes was baie ingenome toe sy stiefdogter vir sy gaste dans. Hy sê vir haar: “Net wat jy my vra, sal ek vir jou gee” (Mark.

6:22). Herodes was vrygewig, maar terselfdertyd ook dwaas, want die dogter vra toe dat hy Johannes die Doper se kop sal afkap en vir haar gee (vs. 25). Sy dwaasheid het hom ingehaal. Jesus is ook vry-gewig, maar glad nie dwaas nie. Hy sê: “Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen” (Joh. 14:13).

Jy sal seker nou sê dat dit nie waar is nie. Hoeveel keer het jy dalk al tot God gebid en daar het niks van gekom nie. Is jy teleurgesteld in die Here? Die geheim lê in die woordjie “wat”. God gee vir ons wat ons Hom vra in ooreenstemming met sy wil. Die wil van God be waar ons teen dwase gebede, dat jy ook dalk in die dwaasheid van Herodes beland.

133. Jou gebede wat onvolmaak isLees: Matteus 6:5-8 Teks: Matteus 6:8

Jou gebedslewe is belangrik. Daarom sal jy beslis daaroor dink of jy dit reg doen soos wat die Here dit van jou verwag. Het jy dalk

ook die vraag gevra: Sê nou net ek bid nie soos die Here Jesus dit wil hê nie? Sê nou net my gebede is heeltemal verkeerd, sal God my dan verlaat? Hoor en verhoor God onvolmaakte gebede? Kom ons vra ’n ander vraag: Red God onvolmaakte mense? Natuurlik! Daar is mos nie volmaakte mense op aarde nie! Ons word as onvolmaakte mense verlos, omdat Jesus wat volmaak is vir ons sonde aan die kruis betaal het.

Daar is jou antwoord: Jou onvolmaakte gebede word gehoor om dat Jesus vir jou by die Vader intree. Daarom kan die Here vir ons in die Bybel sê: “Julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra” (Matt. 6:8).

134. Jou gebede wat verlam is deur die sondeLees: Klaagliedere 3:16-26 Teks: Klaagliedere 3:20

As jy lam word in jou bene, kan jy nie loop nie. As jou arms verlam is, kan jy hulle nie gebruik nie. Kinderverlamming is ’n siekte wat

kinders kry deur polio, waardeur hulle bene grootliks verlam is. Maar het jy al ooit gebedsverlamming gehad? Dit is ’n toestand waarin jy nie kan bid nie. Jy weet jy moet, maar kan nie. Die rede daarvoor is dikwels depressie. Dit is waarvan ons teks praat. Die lyding van die lewe word te veel en toe “draai my gedagtes vas”. Depressie maak dat jy in jouself vasgedraai word. Gebed is ’n aktiwiteit waarin jy na bui te moet kyk.

As jy aan gebedsverlamming ly, moet jy jou inspan om aan God se liefde te dink en die wonderlike dinge wat die Here vir jou doen. Kyk na die kruis van Jesus Christus en sien daarin God se liefde in jou lewe. Bid dan uit dankbaarheid.

135. Bly gefokus in die gebedLees: Kolossense 1:15-20 Teks: Kolossense 1:15

’n Mens se gedagtes dwaal darem baie maklik af onder gebed. Mense erken dat hulle gedagtes onder die lang gebed in die

erediens gereeld afdwaal, sodat hulle nie weet wat die inhoud van die gebed was nie.

Die vraag is nou: Dwaal jou gedagtes ook af as jý tot God bid? Jy probeer om te bid, maar jou gedagtes wil net nie gefokus bly op God en die gebed nie. Satan sal enigiets doen om jou van God te ver vreem. Jy kan die dwaling van jou gedagtes keer deur positief op God te fokus. God kan nie gesien word nie (Kol. 1:15), maar jy kan jou gedagtes wel op God gerig hou. Voor jy bid, lees eers ’n gedeelte uit die Bybel en oordink dit. Rig jou gedagtes direk daarop dat jy besig is om met God te praat in die gebed. Onderdruk dan eni-ge ander gedagtes wat in jou mag opkom tydens die gebed.

136. As jy nie weet wat om te bid nieLees: Romeine 8:26-32 Teks: Romeine 8:26

Het jy al probeer bid, maar jy weet nie wat om te bid nie? Jou oë is toe, jou gedagtes wil die woorde van jou gebed vorm, maar

daar kom niks nie. Jy weet nie wat om te bid nie. Jy twyfel! Wat moet ek vir God sê? Hoe moet ek my sinne inspan? In Romeine 8:26 leer God jou dat Hy in sulke oomblikke hulp verleen. “Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees pleit vir ons.”

Jy moet God se Gees vertrou. Die Heilige Gees sal jou dom tong op die regte spoor kry. Die Gees sal jou woorde ordelik agter mekaar stel. As jou gebed vanweë jou sonde of die swaarkry van die lewe uitmekaar wil val, sal die Gees dit vorm in ’n aangename gebed. Vra in jou hart opreg en oorgegewe dat die Heilige Gees vir jou sal intree in jou gebedswakheid.

Page 23: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelseptember... · Trinitas), Rachelle Combrinck (Secunda), Wihan Janse van Vuuren (Boksburg-Suid),

slingervel september 2012 23

137. God se Koninkryk en jou gebedLees: Romeine 14:13-18 Teks: Romeine 14:17

Christus leer ons om te bid: “Laat u koninkryk kom” (Matt. 6:10). In die Bybel leer ons dat God Koning is. Die gebied waaroor

God regeer, is die ganse heelal wat Hy geskep het. Die inwoners van God se Koninkryk is die mense op aarde.

Satan het ook ’n koninkryk, die koninkryk van die sonde. Waar die sonde hoogty vier, is die koninkryk van Satan aktief teenwoordig. As jy bid dat God sy Koninkryk moet laat kom, bid jy dat God jou sal gebruik om die sonde en Satan te oorwin. Jy bid vir God om sy Koninkryk te laat kom, maar jy stel jouself beskikbaar in die koms van die Koninkryk.

Jy moet die stryd voer teen elke mag wat teen God in opstand kom en sy Woord wil vernietig. Jy moet nie net bid vir die Koninkryk nie, maar jou daadwerklik daarvoor beywer.

138. Jou gebed dat God se wil moet geskiedLees: Lukas 22:39-46 Teks: Lukas 22:42 en 44

Jesus leer ons bid: “Laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel” (Matt. 6:10). Daar is seker nie nog ’n gedagte wat

so verkeerd verstaan en aangewend word soos hierdie een nie. Daar word gesê as jy die bede om God se wil bid, dan beteken dit “what will be, will be”. Dit is so verkeerd soos kan kom. Toe Jesus bid “laat u wil geskied”, het Hy bloed gesweet, so intens is hierdie bede.

Baie mense se lewe is soos die liedjie lui: “I did it my way.” Je-sus moes ons sondes volgens die wil van die Vader tot op die plek van teregstelling, Golgota, dra. Daar het Hy met sy bloed vir jou son deskuld betaal.

Jy moet bid dat God se wil in jou lewe waar word. Dat jy jou hard koppige en sondige wil sal oorwin en gehoorsaam sal lewe vol-gens God se wil. Dit is wat God van jou vra.

139. Om met die aartappels te praatLees: Matteus 6:25-34 Teks: Matteus 6:11

’n Man wat baie hard gewerk het en genoeg salaris verdien het dat sy gesin goed kan eet en leef, het sy vrou kwalik geneem

as sy bid voordat hulle eet. Hy het gesê so ’n gebed aan tafel is onnodig as ’n mens eerlik werk en jou kos kan verdien. Sy kan net sowel met die aartappels praat, het hy vir sy vrou gesê.

Waarom moet ons dan vir God bid om ons daaglikse brood? Ons daaglikse kos is nie die resultaat van ons salaris nie. Jou daaglikse kos is eintlik “genadebrood”, want Christus het aan die kruis vir jou gesterf sodat jy God se genade kan ontvang – en dit is jou hele lewe, ook die kos wat jy eet. Dat God jou as sy kind in alles versorg, is net genade. Daarom moet ons nie oor ons kos kla nie. Dit is nie net ’n paar Rand nie, dit het Jesus die dood aan die kruis besorg. Bid om God se genadebrood.

140. VergifnisLees: Romeine 12:7-21 Teks: Matteus 6:12

Jy kan op twee maniere met jou verlede handel: a. Jy kan dit on-der druk, of b. jy kan dit verswyg. As dit by vergewing kom, is dit

die maklikste uitweg. In albei gevalle ignoreer jy jou plig om iemand te vergewe.

Jesus leer ons nie net bid “vergeef ons ons oortredings” nie, want dit is vas en seker in Christus. Hy leer ons om te bid “soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree”. Jesus sê dat as jy nie ander mense hulle oortredings teen jou vergewe nie, kan jy nie daarop aanspraak maak om deur God vergewe te word nie. “As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie” (Matt. 6:14-15). Hierdie is ’n saak waaraan jy elke uur moet werk.

141. Bid met oorgawe: “Verlos ons van die bose!”Lees: Kolossense 1:9-14 en Psalm 91 Teks: Kol 1:13

Jy moet nie dink Satan en sy duiwels is net iets waarmee jou ouers jou wil bangmaak nie. Satan en sy duiwels is in elke mens teen-

woordig (Ef. 6:12). Daarom is die tyd waarin ons lewe so vol van boosheid en kwaad. Selfs in die geledere van jou skool of jou vrien-dekring ervaar jy die ellende van hoe mense diep in sonde val en dan geweldig ly daaronder. Jongmense wat jy ken se lewe is dalk al verwoes vanweë die sondekwaad waarin hulle beland het.

Van God lees ons: “Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun ...” (Kol. 1:13).

Alleen sal jy nie die versoeking en die verleiding van Satan kan weerstaan nie. Daarom moet jy opreg en dringend tot God bid om jou van die Bose te bewaar en jou daarvan te verlos.

142. Fokus jou gebed op GodLees: Matteus 6:5-13 Teks: Matteus 6:7

Die volmaakte gebed is die “Ons Vader” (Matt. 6:9-15). In hierdie voorbeeldgebed wys Jesus aan ons dat dit nie die getal woorde

is wat jy gebruik wat aan jou gebed betekenis gee nie. In die tyd van Jesus het die Fariseërs lang-lang gebede gebid, maar dit was valse gebede omdat hulle hulself daardeur wou verheerlik. Ook die heidene bid tot hulle afgode met ’n stortvloed van woorde en verbeel hulle dan dat dit regte gebede is (vs. 7).

Onthou, bid is ’n gesprek met God. Jy bid nie om iets te kry nie, maar om jou hart en gedagtes op God te rig en Hom te verheerlik. Jou hart en gedagtes moet op God gefokus wees waardeur jy aan God wys dat Hy die middelpunt van jou lewe is. Dan sal God weet die woorde van jou gebed kom uit die diepte van jou hart en deur jou geloof in Hom.

143. Die Archimedespunt van die gebedLees: Johannes 14:1-14 Teks: Johannes 14:14

Julle het seker al by die skool van Archimedes gehoor. Archimedes was ’n Griekse wiskundige wat gespog het dat hy die hele wêreld

sal kan beweeg met ’n hefboom, as hy net ’n steunpunt vir die hef-boom kan kry. Teoreties was hy reg. Die groot probleem was om ’n steunpunt, ’n Archimedespunt, te kry.

Ons kan Johannes 14:14 die Archimedespunt van die gebed noem. Waar moet jy staan om die Skepper van die ganse heelal te beweeg? Op watter steunpunt moet jy kniel as jy bid? Daniël 9:18 noem die steunpunt: “Ons pleit by U om ontferming, nie omdat ons regverdig is nie, maar op grond van u groot barmhartigheid.”

Die Archimedespunt van jou gebed is die kruis op Golgota waar God se groot barmhartigheid aan jou gegee is. Daarom moet jy bid: Om Jesus wil ...

144. Jou geloof en jou gebedeLees: Markus 11:20-26 Teks: Markus 11:24

In die hitte van ’n oorlog het ’n man wat nie in God glo nie, in sy nood hardop geskree: “O God, as daar ’n God is, neem my hemel

toe, as daar ’n hemel is.” In hierdie uitroep weerspreek die man hom-self. Want so duidelik soos daglig is daar geen geloof in sy hart nie – waarom roep hy dan tot God?

In jou geloof staan of val jou gebede. Sonder geloof is gebed geen gebed nie. “Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees” (Mark. 11:24) – so het Jesus gesê. Jy moet glo dat God bestaan en glo dat Hy jou in Jesus Christus van jou sondes verlos en glo dat Hy almagtig en ewig is. Jy moet glo dat God jou gebed hoor en jy moet glo dat Hy jou gebed sal verhoor. Sonder geloof bid jy tevergeefs. Sonder geloof is jou gebed niks.

Page 24: Die redakteur skryf - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervelseptember... · Trinitas), Rachelle Combrinck (Secunda), Wihan Janse van Vuuren (Boksburg-Suid),

24 slingervel september 2012242424 sslilililililingngerervevellllll sese ttptptemembbbbbeberr 20202020201212121212

In die Bybelse tye het vroue koring met 'n handmeul gemaal. Buurvroue het mekaar met hierdie moeilike taak gehelp. (Sien die artikel op bladsy 16.)(Bron: Die lewe in Bybelse tye. Tim Dowley. Verstaan die Bybel-reeks. Lux-Verbi.BM)