die regte versekeringsdekking

1
beursie Bestuur jou René du Preez, ’n finansiële adviseur by attooh!, hanteer die reeks in Veeplaas oor finansiële onafhanklikheid. Die regte versekeringsdekking sorg vir gemoedsrus G emoedsrus is die kernwoord indien dit by versekering kom. Ek kom egter op 'n daaglikse basis met kliënte in aanraking wat steeds daarop aandring dat gevreesde siekte-dekking nie nodig is nie. Besef ons regtig wat hierdie dekking vir ons en ons gesinne kan beteken? Gevreesde siektes dek verskillende liggaamstelsels. Onder die verskillende liggaamstelsels word verskillende kondisies gelys waarvolgens jy kan kwalifiseer vir 'n uitbetaling. Huidige statistieke toon dat kardiovaskulêre kondisies onder mans en kanker onder vrouens tot die meeste eise lei. Die gemiddelde ouderdomme waartydens hierdie eise plaasvind, is tussen 40 tot 50 jaar. Die meeste kliënte beskou hierdie tyd as die fleur van hulle lewens. Indien jy met 'n gevreesde siekte gediagnoseer word, kan dit groot finansiële druk op 'n gesin plaas. Mediese limiete Daar kan geredeneer word dat jy wel vir hierdie siektes op jou mediese fonds gedek is, wat wel die geval is, maar onthou ook dat daar limiete op alle fondse is, bv. vir onkologie, en daarna volg die bybetalings. Onkologie- medikasie en -behandeling is ontsettend duur en hierdie limiete word baie vinnig bereik. Dan word die finansiële las op die gesin oorgedra. Ek sien dikwels dat huise verkoop word en beleggings afgekoop word om hierdie onkostes te dek. Indien daar ’n voordeel vir gevreesde siektes op ’n polis is, is hierdie buitensporige optrede nie nodig nie. Die doel van so 'n voordeel is om onder andere bybetalings te kan dek, asook die veranderde lewenstyl wat gewoonlik gepaard gaan met die diagnose van so 'n siektetoestand. Indien jy reeds gevreesde siekte- dekking in plek het, is dit belangrik om te weet hoe omvattend die dekking is waarvoor jy elke maand betaal. Daar is baie verskillende opsies in die mark, sommige goedkoper en sommige duurder. Daar is ook opsies beskikbaar om hierdie tipe dekking tot op 65 of lewenslank uit te neem. Maak seker dat jy weet waarvoor jy kan eis en indien jy nie sekerheid het nie, kontak jou finansiële adviseur om onsekerheid uit te skakel. Omvattende voordele ’n Polis se voordele werk soos ’n trein se trokke wat almal op die spoor klim wanneer jy dit nodig het. ’n Mens kwalifiseer as gevolg van ’n siekte vir ’n enkelbedrag wat uitbetaal word om bv. bybetalings te dek. Indien jy so siek word dat jy nie kan teruggaan werk toe nie, kan ’n inkomstebeskermer inskop om jou maandelikse inkomste te vervang. ’n Enkelbedrag onder ongeskiktheid kan op sy beurt voorsiening maak vir die delging van skuld en om aanpassings in en om jou huis te maak ten einde jou omstandighede te akkommodeer. Finansiële verligting As al hierdie voordele in plek is, beteken dit dat daar geen finansiële las is nie. Jou skuld is gedelg, jou inkomste is vervang, en daar is voorsiening gemaak vir bybetalings en aanpassings in en om die huis, indien nodig. ’n Mens kan dan daarop fokus om gesond te word. Om al hierdie voordele in plek te hê, skep gemoedsrus. Dit is tog wat elkeen van ons vir ons gesinne en onsself wil hê. Maak seker dat jy die nodige gemoedsrus het en dat al jou trokke gereed is om op die spoor te klim as die enjin wil vertrek.

Upload: rene-du-preez

Post on 05-Aug-2015

112 views

Category:

Economy & Finance


2 download

TRANSCRIPT

Page 1: Die Regte Versekeringsdekking

VEEPLAAS 106 MEI 2015

beursieBestuur jou

René du Preez, ’n finansiële adviseur by attooh!, hanteer die reeks in Veeplaas oor finansiële onafhanklikheid.

Die regte versekeringsdekking sorg vir gemoedsrus

Gemoedsrus is die kernwoord indien dit by versekering kom. Ek kom egter op 'n daaglikse basis met kliënte in

aanraking wat steeds daarop aandring

dat gevreesde siekte-dekking nie nodig is nie. Besef ons regtig wat hierdie dekking vir ons en ons gesinne kan beteken?

Gevreesde siektes dek verskillende liggaamstelsels. Onder die verskillende liggaamstelsels word verskillende kondisies gelys waarvolgens jy kan kwalifiseer vir 'n uitbetaling.

Huidige statistieke toon dat kardiovaskulêre kondisies onder mans en kanker onder vrouens tot die meeste eise lei.

Die gemiddelde ouderdomme waartydens hierdie eise plaasvind, is tussen 40 tot 50 jaar. Die meeste kliënte beskou hierdie tyd as die fleur van hulle lewens. Indien jy met 'n gevreesde siekte gediagnoseer word, kan dit groot finansiële druk op 'n gesin plaas.

Mediese limieteDaar kan geredeneer word dat jy wel

vir hierdie siektes op jou mediese fonds gedek is, wat wel die geval

is, maar onthou ook dat daar limiete op alle fondse is, bv. vir onkologie, en daarna volg die bybetalings. Onkologie-

medikasie en -behandeling is ontsettend duur en hierdie limiete word baie vinnig bereik. Dan word die finansiële las op die gesin oorgedra.

Ek sien dikwels dat huise verkoop word en beleggings

afgekoop word om hierdie onkostes te dek. Indien daar ’n

voordeel vir gevreesde siektes op ’n polis is, is hierdie buitensporige optrede nie nodig nie. Die doel van so 'n voordeel is om onder andere bybetalings te kan dek, asook die veranderde lewenstyl wat gewoonlik gepaard gaan met die diagnose van so 'n siektetoestand.

Indien jy reeds gevreesde siekte-dekking in plek het, is dit belangrik om te weet hoe omvattend die dekking is waarvoor jy elke maand betaal. Daar is baie verskillende opsies in die mark, sommige goedkoper en sommige duurder. Daar is ook opsies beskikbaar om hierdie tipe dekking tot op 65 of lewenslank uit te neem. Maak seker dat jy weet waarvoor jy kan eis en indien jy nie sekerheid het nie, kontak jou finansiële adviseur om onsekerheid uit te skakel.

Omvattende voordele’n Polis se voordele werk soos ’n trein se trokke wat almal op die spoor klim wanneer jy dit nodig het. ’n Mens kwalifiseer as gevolg van ’n siekte vir ’n enkelbedrag wat uitbetaal word om bv. bybetalings te dek. Indien jy so siek word dat jy nie kan teruggaan werk toe nie, kan ’n inkomstebeskermer inskop om jou maandelikse inkomste te vervang. ’n Enkelbedrag onder ongeskiktheid kan op sy beurt voorsiening maak vir die delging van skuld en om aanpassings in en om jou huis te maak ten einde jou omstandighede te akkommodeer.

Finansiële verligtingAs al hierdie voordele in plek is, beteken dit dat daar geen finansiële las is nie. Jou skuld is gedelg, jou inkomste is vervang, en daar is voorsiening gemaak vir bybetalings en aanpassings in en om die huis, indien nodig. ’n Mens kan dan daarop fokus om gesond te word.

Om al hierdie voordele in plek te hê, skep gemoedsrus. Dit is tog wat elkeen van ons vir ons gesinne en onsself wil hê.

Maak seker dat jy die nodige gemoedsrus het en dat al jou trokke gereed is om op die spoor te klim as die enjin wil vertrek.