die rondebossie desember 2018 - ngrondebosch.com · advent bete-ken om met afwagting na die grt...

6
DIE RONDEBOSSIE Tel: 021 686 4315 E-pos: [email protected] Besoek ons by: www.ngrondebosch.com Maandblad van die NG Kerk Rondebosch Desember 2018 Ons is ‘n inklusiewe familie wat met oop deure jubelend na die gemeenskap uitreik. We are an inclusive family which reaches out to our community with joy and with open doors. * Stille nag... 1 * Koinonia-stap.. 2 * Badisa Wynberg 2 * Gebedsimfonie 3 * Tiende-maand 3 * Leesrooster vir Des 4 * Somersaand 2018 5 en 8 * Herdenking vir Afgestorwenes 6 en 7 * Stukkies Kersvreugde 8 * Verjaardae 9 * Railway Vintage Mark 10 * Baboesjka se storie 11 * Baboesjka (vervolg) 12 Stille Nag Gesang 96 (1978) Stille nag, heilige nag Jesus kind lank verwag Lig uit lig uit die Vader se ryk word uit liefde aan mense gelyk Loof die hemelse Kind ! Loof die hemelse Kind ! Stille nag, heilige nag Hemelvors, ons gee ag op die lied van die engelekoor Herders het dit die eerste ge- hoor Juig, die Redder is daar ! Juig, die Redder is daar ! Stille nag, heilige nag ! Jesus, Heer, voor u mag, voor u ryk moet die duisternis swig; tot in ewigheid bly U die lig - Heer, gebore vir ons ! Heer, gebore vir ons ...vervolg WAAROM ‘N DILEMMA VIR BABOESJKA: KLOP .. Soos die reisigers aan Baboesjka se deur geklop het, so klop die Christuskind elke Kersfees aan die deur van ons harte. Sal ons Kersfees te besig wees om die klop te hoor? VERSKONINGS.. Baboesjka was te knus in haar warm hui- sie en maak alle verskonings. Het Baboesjka maar geweet wat sy alles sou misloop, naamlik: * die eerste Kersdiens van alle tye * die prediker was ‘n engel * die gemeentelede was die herders * die koor het bestaan uit engele wat van ‘n plek kom waar al- tyd gesing word SOEK Soek ons die plesier wat die Kersgety bring, of soek ons die vreugde wat net die Christuskind kan bring? SPEELGOEDGESKENKE. Is ons miskien so besig om geskenke te koop en uit te deel, dat ons nalaat om God se groot Geskenk aan die mensdom raak te sien? Ontdek hierdie Kersfees, by vernuwing, dat Jesus Christus die geskenk van God aan jou persoonlik is. . En bring aan Hom die geskenke van die Wyse Drie: GOUD - die beste van jou kragte en talente WIEROOK - die toewyding en liefde van jou hart MIRRE - erkenning van die kruis Dan sal Kersfees 2018 vir jou en my ‘n nuwe betekenis kry. ARRO ORDS

Upload: buikien

Post on 24-Aug-2019

214 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

DIE RONDEBOSSIE

Tel: 021 686 4315 E-pos: [email protected] Besoek ons by: www.ngrondebosch.com

Maandblad van d ie NG Kerk Rondebosch Desember 2018

Ons is ‘n inklusiewe familie wat met oop deure jubelend na die gemeenskap uitreik.

We are an inclusive family which reaches out to our community with joy and with open doors.

∗ Stille nag... 1

∗ Koinonia-stap.. 2

∗ Badisa Wynberg 2

∗ Gebedsimfonie 3

∗ Tiende-maand 3

∗ Leesrooster vir Des 4

∗ Somersaand 2018 5 en 8

∗ Herdenking vir

Afgestorwenes 6 en 7

∗ Stukkies Kersvreugde 8

∗ Verjaardae 9

∗ Railway Vintage Mark 10

∗ Baboesjka se storie 11

∗ Baboesjka (vervolg) 12

Stille Nag Gesang 96 (1978)

Stille nag, heilige nag Jesus kind lank verwag Lig uit lig uit die Vader se ryk word uit liefde aan mense gelyk Loof die hemelse Kind ! Loof die hemelse Kind ! Stille nag, heilige nag Hemelvors, ons gee ag op die lied van die engelekoor Herders het dit die eerste ge-hoor Juig, die Redder is daar ! Juig, die Redder is daar ! Stille nag, heilige nag ! Jesus, Heer, voor u mag, voor u ryk moet die duisternis swig; tot in ewigheid bly U die lig - Heer, gebore vir ons ! Heer, gebore vir ons

...vervolg

WAAROM ‘N DILEMMA VIR BABOESJKA:

KLOP .. Soos die reisigers aan Baboesjka se deur geklop het, so klop die Christuskind elke Kersfees aan die deur van ons harte. Sal ons Kersfees te besig wees om die klop te hoor?

VERSKONINGS.. Baboesjka was te knus in haar warm hui-sie en maak alle verskonings. Het Baboesjka maar geweet wat sy alles sou misloop, naamlik: ∗ die eerste Kersdiens van alle tye

∗ die prediker was ‘n engel ∗ die gemeentelede was die herders

∗ die koor het bestaan uit engele wat van ‘n plek kom waar al-tyd gesing word

SOEK Soek ons die plesier wat die Kersgety bring, of soek ons die vreugde wat net die Christuskind kan bring?

SPEELGOEDGESKENKE. Is ons miskien so besig om geskenke te koop en uit te deel, dat ons nalaat om God se groot Geskenk aan die mensdom raak te sien?

Ontdek hierdie Kersfees, by vernuwing, dat Jesus Christus

die geskenk van God aan jou persoonlik is. .

En bring aan Hom die geskenke van die Wyse Drie:

GOUD - die beste van jou kragte en talente

WIEROOK - die toewyding en liefde van jou hart

MIRRE - erkenning van die kruis

Dan sal Kersfees 2018 vir jou en my ‘n nuwe betekenis kry.

ARRO ORDS

Met die oog op Adventstyd vroeg in Desember, deel ek graag hierdie

Kersverhaal met u. J Horne

BABOESJKA se DILEMMA

In die verre en koue Rusland word daar elke jaar met Kersfees presente vir kinders by hul huise afgelewer. Dit is egter nie deur Kersvader nie, maar wel ‘n Kersmoeder, nl. Baboesjka.

Baie lank gelede het Baboesjka een aand in haar hutjie voor die lekker warm vuur gesit. Buite het die yswind woedend getier en die sneeuvlokkies het wild rondgedwarrel. Skielik word daar aan

haar deur GEKLOP.

Sy maak die deur oop en tot haar verbasing staan daar drie ou manne met lang wit baarde en deftige klere voor haar. Sy bied hul-le iets warm aan om te drink, maar hul wys dit van die hand en verduidelik dat hulle nog ver moet reis en dat hulle net vir ‘n oom-blikkie by die warm vuurtjie wil vertoef.

Sy sien dat die pakkies wat hul op haar tafel neersit, goud, wierook en mirre is. Hulle verduidelik dat hulle op pad is na ‘n pas-gebore baba en dat die geskenke vir hom bedoel is.

“Wil jy nie saam met ons kom nie?” vra een. Sy maak egter aller-hande VERSKONINGS en die mans vertrek. Onmiddellik daarna begin sy haarself verwyt. Moes sy nie maar saamgegaan het om hierdie belangrike seuntjie te sien nie?

Dit is nou baie jare later en steeds loop sy elke jaar met ‘n sak SPEELGOEDGESKENKE en SOEK sy na hierdie klein seuntjie.

(OORVERTEL DEUR: NAKKIE

Koinonia stap 10 November vanaf Muizenberg tot in Kalkbaai.

Dit was ʼn winderige maar mooiweersdag vir die stappers. Ons

nooi almal wat nog kans sien vir stap om volgende jaar weer

saam te kom stap. Ons het in hierdie jaar van dié mooiste uit-

sigte oor Kaapstad beleef.

Links:

Ons stappers wat in

November gaan stap

het. Hulle lyk nie te

moeg nie….!

Vlnr:

Deblèssé, Grant,

Gerrit, ds. Jan,

Pieter en Matthew,

Neil en Paula en

Vic.

Janita Stander van Badisa verlustig haar in al die geskenke wat Chris namens Rondebosch gemeente kom aflewer het ... kantoorbeno-digdhede, kruideniersware en kin-derklere.

BAIE DANKIE aan almal wat by-

gedra het.

Ons het ook ʼn kontantbedrag van

R1 668.10 ingesamel wat reeds aan hulle oorbetaal is.

Op 2 November hou ons gemeente ons tweede Vintage Mark.

Alhoewel die voete minder was, het ons steeds wins gemaak

by hierdie geleentheid.

Ons het heelwat meer stalletjies gehad en die kos was

heerlik. Van ‘n uitstaller met versamel-treine tot ‘n pannekoek

... daar was te kies en te keur.

Ons hoop om volgende jaar nuwe gesigte by ons mark te

verwelkom. Ons volgende datum is 1 Februarie 2019. Beplan

solank waar jy wil betrokke raak en adverteer ons mark by jou

vriende.

Hierdie ‘Vintage” Mark is ʼn mooi geleentheid om uit te reik na

ons gemeenskap. Ons buite uitstallers is opgewonde om op ʼn

permanente basis deel te wees van hierdie gemeente

inisiatief.

Laaste ... ʼn baie GROOT DANKIE ... aan elkeen

wat deel was van ons laaste twee

markaande. Hoop ons sien julle

volgende jaar weer.

24 November was die laaste Gebedsbyeenkoms vir die jaar!

Die “Gebedsimfonie” soos ons dit ken is nou nie meer net ‘n geleent-

heid om vir sendelinge in te tree nie, maar ook om vir ons land,

vriende en gemeenskap in te tree as ‘n eenheid. Ons nooi alma om

volgende jaar saam met ons te kom bid en kuier. So leer ons ook

mekaar beter ken.

Links: 13 van ons lidmate het die gebedsoggend bygewoon. Onder: Na afloop van die oggend eet almal saam ontbyt.

Tiende-maand:

Ons wil groot dank uitspreek teenoor die gemeente vir elke bydrae ... ten opsigte van die Tiende-maand.

Dit is met groot dankbaarheid sat ons die totaal van R114 883 (tot dusver) aan julle bekend kan maak.

Stukkies kersvreugde wat sal hou.….

Dis weer tyd vir ons jaarlikse hulp aan ouer persone in die siekeboeg van Huis Lückhoff. Daar is persone wat nie die basiese toiletware kan bekostig nie. Deur ons bydraes kan hulle deur die loop van die jaar voorsien word

van die nodigste.

Hier is die lysie:

Seep (koekie), medium grootte (125g)

Tandeborsels Tandepasta (100ml)

Babapoeier, groot of klein houers “Aqua” lyfroom

Aanrol deodorant (nie spuitkannetjies nie)

Vaseline Skeermesse

Waslappe (nie wit nie)

Moenie die artikels toedraai of deftig verpak nie. Dit word aan die versor-

gers oorhandig. Geen lekkers of koekies is nodig nie.

Kom ons kyk of ons genoeg kan insamel sodat dit die hele jaar kan hou!

Finansiële bydraes baie welkom.

Ons koop graag die bogenoemde self aan.

Leesrooster tekste Desember 2018

Die nuwe Kerklike jaar begin op 2 Desember en loop weer deur tot

einde November 2019. Ons betree nou die Adventstyd, die tyd

waarin ons dink aan Christus wat mens geword het. Advent bete-

ken om met afwagting na die groot gebeure van Kersdag uit te sien.

Ons gaan voortaan net die vier tekste vir die week plaas en dit nie

meer daagliks indeel nie. Ons moedig lidmate aan om die leesroos-

ter aan te skaf en die ritme daarvan te volg. (Bestel gerus by die

kantoor.) Sondag se erediens is die inleiding tot die week se tekste.

Ons poog om al vier tekste vir die week in Sondag se erediens aan

die woord te laat kom. Die vier tekste is gewoonlik 'n Evangelie en

'n brief uit die Nuwe testament, 'n Psalm en 'n Ou Testamentiese

gedeelte.

So 2 Des 2018

Eerste Adventsweek

Lukas 21:25-36

Jeremia 33:14-16

Psalm 25:1-10

1 Tessalonisense 3:9-13

So 9 Des 2018

Tweede Adventsweek

Lukas 3:1-6 Maleagi 3:1-4 Lukas 1:68-79 Filippense 1:3-11

So 16 Des 2018

Derde Advenstweek

Lukas 3:7-18

Sefanaja 3:14-20

Jesaja 12:2-6

Filippense 4:4-7

So 23 Des 2018

Vierde Adventsweek

Lukas 1:39-55

Miga 5:2-5

Lukas 1:47-55

Hebreërs 10:5-10

25 Des 2018

Kersdag

Titus 2:11-14

Jesaja 9:2-7

Psalm 96

Lukas 2:1-20

Linda Visagie 2 Des

Ulrich Pool 6 Des

Wynie Cromhout 7 Des

Pieter Salbbert 10 Des

Miemie Vermeulen 11 Des

Duncan Martin 13 Des

Carlo du Plessis 20 Des

Pieter Janse v Rensburg 20 Des

Shanon Gaffley 21 Des

Bettie van Heerden 23 Des

Tonna Delaney 24 Des

Erna Kotzé 25 Des

Gielie Vermeulen 28 Des

Jeanie Julies 30 Des

Somersaand 2018 was een van ons gemeente se hoogtepun-

te vir die jaar. Dit was lekker om saam te kuier en saam te

sing. Die dames van ons gemeente het weereens die mooi-

ste verversing voorgesit en die versierings was pragtig.

Ons het hierdie jaar ons eie koor gehad .... en dit klink vir

my of die gemeente dink die koor moet ʼn instelling word.

Ons kerk was pragtig versier!

Ons nuwe “impromptu” koor!

Die VGK koor doen dit meer gereeld!

Heelwat lidmate woon die aand by!

Almal kuier lekker saam in die saal!

Ons fotograwe vir die aand:

Leonie du Raan en Mariette Muller

Bo en regs:

Ons saal en verversings lyk

soos altyd pragtig! Dankie

aan elkeen wat bygedra het

ten opsigte van hierdie

geleentheid!

Die dames is altyd besig om te bedien!

Vlnr: Talita Momsen, Anna Shaw

en Ina du toit

Onder: ʼn Koppie koffie of tee vir jou!

Antoinette Coetzee en Anna Shaw

bedien ons vriende.

Sally Venter

Oorlede: 15/01/2018 Joy Steyn

Oorlede: 09/04/2018

Francina Liebenberg

Oorlede: 08/06/2018

Dolf Richter Oorlede: 30/08/2018

Betsie Momsen Oorlede: 31/08/2018

June Richter Oorlede: 01/09/2018

Flip Rossouw Oorlede: 08/11/2018

Pam de Klerk Oorlede: 13/05/2018

Carol Castles Oorlede: 13/11/2018

Tant Anna VGK Oorlede: 07/10/2018

Engela Martin Oorlede: 25/10/2018

Lorna du Toit Oorlede: 18/06/2018

Leslie Rix Oorlede: 10/08/2018

Oorledene Familie of Vriend/in

Sally Venter Maatjie Greeff

Joy Steyn Louie Van der Valk

Francina Liebenberg Wilhelm Liebenberg

Lorna Du Toit Rië!e Van der Merwe

Leslie Rix Dianne Rix

Dolf Richter Marietjie Basson

Betsie Momsen Talita Momsen

June Richter Adrian Richter

Anna VGK Suster Sarie Cornellison

Engela Mar+n Duncan Mar+n

Flip Rossouw Rick Rossouw

Pam de Klerk David Wingrove

Carol Castles Babe!e van der Linde

Op 25 November neem ons vir ‘n laaste keer afskeid van ons kerk-familie wat in die jaar oorlede is.

Regs: Sien op die tabel wie ‘n kers kom aansteek het ter na gedagtenis van dié lidmate wat ons vooruit gegaan het. Links: Die 13 kerse wat brand ter herdenking aan die afgestorwenes vir 2018.