die rondebossie junie 2019 · 2019. 5. 31. · arnold louw 12 junie esme vivier 14 junie madelaine...

4
DIE RONDEBOSSIE Tel: 021 686 4315 E-pos: [email protected] Besoek ons by: www.ngrondebosch.com Maandblad van die NG Kerk Rondebosch Junie 2019 Ons is ‘n inklusiewe familie wat met oop deure jubelend na die gemeenskap uitreik. We are an inclusive family which reaches out to our community 2 Junie 2019 Sewende Sondag van Paastyd Ps 97 Han 16:16-34 Open 22:12-14, 16-17, 20-21 Joh 17:20-26 Die Here se troon is gebou op reg en geregtigheid. Paulus en Silas in die tronk in Filippi. Aan Jesus, die Alfa en die Omega, al die eer: Kom, Here Jesus, kom tog gou. Jesus: “Ek bid vir dié wat deur julle woorde tot geloof sal kom.” 9 Junie 2019 Pinksterfees Han 2:1-21 Gen 11:1-11 (alternatief); Ps 104:24-34, 35b; Joh 14:8-17 (25-27) Die fees-Sondag op die 50ste dag na opstanding. Die Heilige Gees vir almal. 16 Junie 2019 Eerste Sondag in Koninkrykstyd. Drie- eenheidsondag Feesdiens Spr 8:1-4, 22-31 Ps 8 Joh 16:12-15 Romeine 5:1-5 Wysheid is om die teenwoordigheid van die Here te geniet. God ag die mens baie hoog, net minder as ’n goddelike wese. Die Heilige Gees lei ons in die volle waar- heid. Omdat God vrede tussen Hom en ons bewerkstellig het, stort Hy sy liefde in ons uit. 23 Junie 2019 Tweede Sondag in Koninkrykstyd 1 Kon 19:1-4, (5-7) 8-15a Ps 42 en 43 Luk 8:26-39 Gal 3:23-29 Elia word bang, maar God versorg hom en lei hom. Die Here luister na sy kinders wat om hulp roep in nood. Die besetene smeek Jesus, Hy luister en bevry hom van bose geeste. Deur ons doop is ons met Christus verenig, leef ons deur geloof en is ons een in Christus. 30 Junie 2019 Derde Sondag in Koninkrykstyd 2 Kon 2:1-2, 6-14 Ps 77:1-2, 11-20 Luk 9:51-62 Gal 5:1, 13-25 Die Gees het Elia gelei en toe hy weggaan het die Gees op Elisa gekom en hom gelei. God het sy volk gelei deur Moses en Aäron. Onthou hoe God gelei het as jy verlate voel. ’n Samaritaanse dorp wys Jesus af, maar Jesus wys sy dissipels tereg as hulle die dorp wil straf. Volg Jesus sonder om terug te kyk. Christus het ons vrygemaak om die vrug van die Gees voort te bring. Ons lewe nou deur die Gees. RAILWAY VINTAGE MARKET 2 Derry Road, Rondebosch 7 June 2019 between 16:00 - 20:00 [email protected] Food | Vinyl Records | Books | Clothing

Upload: others

Post on 02-Feb-2021

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • DIE RONDEBOSSIE

    Tel: 021 686 4315 E-pos: [email protected] Besoek ons by: www.ngrondebosch.com

    Maandblad van d ie NG Kerk Rondebosch Junie 2019

    Ons is ‘n inklusiewe familie wat met oop deure jubelend na die gemeenskap uitreik.

    We are an inclusive family which reaches out to our community

    2 Junie 2019

    Sewende Sondag van

    Paastyd

    Ps 97

    Han 16:16-34

    Open 22:12-14,

    16-17, 20-21

    Joh 17:20-26

    Die Here se troon is gebou op reg en geregtigheid.

    Paulus en Silas in die tronk in Filippi.

    Aan Jesus, die Alfa en die Omega, al die eer: Kom, Here Jesus, kom tog gou.

    Jesus: “Ek bid vir dié wat deur julle woorde tot geloof sal kom.”

    9 Junie 2019

    Pinksterfees

    Han 2:1-21

    Gen 11:1-11 (alternatief); Ps 104:24-34, 35b; Joh 14:8-17 (25-27)

    Die fees-Sondag op die 50ste dag na opstanding. Die Heilige Gees vir almal.

    16 Junie 2019

    Eerste Sondag

    in Koninkrykstyd.

    Drie-eenheidsondag – Feesdiens

    Spr 8:1-4, 22-31

    Ps 8

    Joh 16:12-15

    Romeine 5:1-5

    Wysheid is om die teenwoordigheid van die Here te geniet.

    God ag die mens baie hoog, net minder as ’n goddelike wese.

    Die Heilige Gees lei ons in die volle waar-heid.

    Omdat God vrede tussen Hom en ons bewerkstellig het, stort Hy sy liefde in ons uit.

    23 Junie 2019

    Tweede Sondag

    in Koninkrykstyd

    1 Kon 19:1-4, (5-7) 8-15a

    Ps 42 en 43

    Luk 8:26-39

    Gal 3:23-29

    Elia word bang, maar God versorg hom en lei hom.

    Die Here luister na sy kinders wat om hulp roep in nood.

    Die besetene smeek Jesus, Hy luister en bevry hom van bose geeste.

    Deur ons doop is ons met Christus verenig, leef ons deur geloof en is ons een in Christus.

    30 Junie 2019

    Derde Sondag

    in Koninkrykstyd

    2 Kon 2:1-2, 6-14

    Ps 77:1-2, 11-20

    Luk 9:51-62

    Gal 5:1, 13-25

    Die Gees het Elia gelei en toe hy weggaan het die Gees op Elisa gekom en hom gelei.

    God het sy volk gelei deur Moses en Aäron. Onthou hoe God gelei het as jy verlate voel.

    ’n Samaritaanse dorp wys Jesus af, maar Jesus wys sy dissipels tereg as hulle die dorp wil straf. Volg Jesus sonder om terug te kyk.

    Christus het ons vrygemaak om die vrug van die Gees voort te bring. Ons lewe nou deur die Gees.

    RAILWAY VINTAGE MARKET

    2 Derry Road, Rondebosch 7 June 2019 between 16:00 - 20:00

    [email protected] Food | Vinyl Records | Books | Clothing

  • Die Griekse woord koinonia is in Afrikaans vertaal met: gemeenskap (1933) en onderlinge verbondenheid (1983). Koinonia is afgelei van die Griekse woord koiné wat beteken: die algemene, of: wat algemeen is tussen 'n groep mense, of: dit wat 'n groep mense met mekaar deel. Koinonia verwys dus na 'n groep mense wat sekere dinge met mekaar deel, spesifiek: die nuwe lewe in Jesus Christus, wat (in die geval van Jerusalem) pas 'n werklikheid geword deur die geloof en bekering wat die Heilige Gees bewerk het. Die woord koinonia word egter in die Nu-we Testament ook gebruik vir die verhouding tussen die gelowige en die Here - vertikale verhouding, maar ook (en veral) word dit gebruik vir die verhouding van 'n gelowige met sy medegelowiges - horisontale verhouding. Onderlinge koinonia is egter onmoontlik sonder koinonia met die Here. Dit is daarin gewortel en groei daaruit. Ons nooi almal om een keer ‘n maand saam met ons te kom stap. Ons besoek van die mooiste natuur en staproetes in Kaapstad.

    Kontak gerus vir Duncan Martin vir meer inligting.

    Sel: 082 441 5188 of E-pos: [email protected]

    " Gemeenskap met die ware God maak die ware

    gemeenskap tussen gelowiges sigbaar"

    Meimaand : Opgedra aan alle Moeders

    Die jong moedertjie het haar voet op die lewenspad gesit. ”Is die pad Lank?” vra sy en haar Gids antwoord, ”Ja, maar die einde is veel beter as die begin.” Maar die jong moedertjie was so gelukkig en het met haar kinders gespeel en hulle in die helder bergstroompie gebaai. ”Niks sal ooit mooier kan wees nie!” het sy uitgeroep. Toe kom die nag en storms en die kinders het van angs en koue gebewe, maar die moeder het hulle styf teen haar vasgedruk en hulle vrees is oorwin. En die moeder sê: ”Dit was goed, want ek het my kinders geleer om dapper te wees.” Toe breek die dag aan en daar was ’n hoë berg voor hulle. Die kinders het begin klim en baie gou moeg geraak, maar die moeder het hulle gedurig aangemoedig. Toe hulle die kruin bereik, het die moeder gesê: ”Dit was nog ’n beter dag as gister, want my kinders het geleer om wilskrag te wys in die aangesig van moeilikhede.” Vreemde wolke van oorlog, haat en nyd het toe saamgepak. En die moeder het gesê: ”Hef julle oë op na die Lig.” Hierdie Ewige Lig wat hulle gesien het, het hulle uit die duister gebring. Daardie nag het die moeder gesê: ”Hierdie dag was nog die beste van almal, ek kon God aan my kinders toon.” So het sy oud, klein en swak geword, maar as die pad vir haar moeilik word, het hulle haar gehelp en ondersteun. Ten laaste het hulle weer by ’n berg gekom en anderkant kon hul-le’n pad sien wat na goue hekke lei. Toe sê die moeder: ”Ek het die einde van my reis bereik, want nou kan my kinders ALLEEN die pad bewandel.” Die kinders het bly staan en haar alleen sien voort-gaan en die hekke het agter haar gesluit. Hulle sê toe vir mekaar: ”Sy sal altyd saam met ons wees. Ons kan haar nie meer sien nie, maar ’n moeder soos sy is meer as net ‘n herinneringHHsy is ’n Lewende teenwoordigheid.”

    Verw. deur James Horne

  • Gerda Groenewald 02 Junie

    Jana Nefdt 02 Junie

    Sebastian Scott 04 Junie

    Riana Fourie 11 Junie

    Neill Marais 11 Junie

    Johan Swart 11 Junie

    Arnold Louw 12 Junie

    Esme Vivier 14 Junie

    Madelaine Willemse 15 Junie

    Lauren Benn 22 Junie

    Ansie vd Heever 25 Junie

    Ludan Theron 28 Junie

    Naomi Willemse 28 Junie

    Johan Marx 29 Junie

    HELP ONS ASSEBLIEF MET AKKOMMODASIE!

    Ons kort huisvesting vir 30 jong mense. Daar moet minstens twee

    jong mense in ‘n huis bly. Al wat ons vra, is ‘n ligte ontbyt. As ons ge-

    meente 30 jongmense huisves, word ons ‘n satalliet-gemeente waar

    daardie 30 jongmense bymekaar kom en dan saam na hulle program-

    me gaan.

    Hulle hoef nie getrakteer of rond gewys te word nie. Hulle kan self na

    die kerkkompleks stap (maksimum van 2 km radius). Gaan kyk gerus

    op ons webblad vir meer inligting. Onthou, ons is ‘n gestuurde ge-

    meente. Ons kan met ons gasvryheid ‘n verskil maak.

    Ons het reeds huisvesting vir 5 jongmense....dus kort ons nog net

    slaapplek vir 25....

    Lees meer oor hierdie uitreik hieronder:

    Together, seeking

    paths of hope

    Youth meeting

    Several thousand young

    adults will gather from

    South Africa, other Afri-

    can countries and other

    continents in a Pilgrimage

    of Trust:

    Celebrating Christ,

    Source of peace and true reconciliation. Praying, singing, being in si-

    lence and sharing faith with thousands of other young people.

    Discovering people of different cultures and their lives

    Experiencing the Church as a ferment of unity and communion in

    the human family

    Accommodation with local families

    The international meeting of young adults in Cape Town 25-29 Sep-

    tember 2019 will be a stage of the “Pilgrimage of Trust on Earth” led

    by the Taize Community. The meeting aims to encourage us in our

    search for God and help young people to have a deeper trust in them-

    selves and in others. The programme will introduce participants to

    people and places of hope in the districts of Cape Town, and en-

    courage them to become bearers of peace and trust where they live.

    Die woord Maranata kom uit die Aramese taal en beteken: die Here kom weer. Dit was die gebruik onder die vroeë

    Christene om mekaar met hierdie woord te begroet.

    Ons wil jou nooi om saam met ons by Rose-don Huis te kom kuier. Ons kuier gereeld by Rosedon Huis, Avondrus en ook Grosvenor Square se lidmate. Ons nooi almal wat die geleentheid wil bywoon en vind dat nie-lidmate baie lekker saam met ons te kuier. Waar reik jy uit? Waar maak jy ‘n ver-skil? Vind jou plekkie waar jy ‘n verskil kan maak....

  • Op die 25ste Mei het ons by gebedshuise bymekaar gekom vir ons

    kwartaallikse GEBEDSIMFONIE. Hiermee ‘n klein biejie meer oor

    die spesifieke geleenthede.

    WAT IS GEBEDSIMFONIE?

    Dit is ‘n tyd vir gemeenskaplike gebed vir spesifieke gebeure in en

    om ons gemeente, stad en land. Ons dra ook ons sending-

    gemeenskap aan die Here op.

    WAAR VIND DIT PLAAS?

    Daar is lidmate wat op dié spesifieke Saterdagoggend hulle huise

    oopstel vir hierdie saambid- en kuiergeleentheid. Normaalweg eet

    almal saam ontbyt en bid dan saam vir die verskillende gebedsitems

    op die programmetjie.

    WIE KAN DIT BYWOON?

    Ons hele gemeente en besoekers word genooi om hierdie oggend by

    te woon. Ons hoop om in die toekoms ons hele gemeente en vriende

    by hierdie geleentheid betrokke te sien.

    IS KINDERS WELKOM?

    Oud en jonk is welkom. Wat ʼn mooi voorbeeld vir ons kinders om

    hulle ouers te sien bid vir ons land en gemeenskap.

    The daily programme will include common prayers, visits and work-

    shops. The mornings will be spent in neighbourhoods throughout the

    city. From midday onwards all participants will gather at the central

    venue (grounds of St Joseph’s Marist College, Rondebosch).

    Participants from outside Cape Town will be accommodated in the

    homes of local people, in simple conditions. Personal contact is an

    important part of the pilgrimage. For full participants in the Cape

    Town meeting the programme is thus a full-time occupation for 4

    days: mornings in local host communities, afternoons at the central

    meeting venue. Programme outline

    Wednesday 25 September

    Between 07:00 and 12:00: arrival of registered participants from outside Cape Town at the central venue (Rondebosch). As they arrive, participants are given information and material for the meeting and are then transported by shuttle buses to the host

    churches. From 9:30am onwards participants start arriving at host churches, are assigned their accommodation, go to visit their hosts,

    and leave their bag. • 4 pm: participants from host churches leave for the central

    venue for supper and evening prayer. • 7:45 pm: Participants leave from central venue to the host

    neighbourhoods.

    Thursday 26, Friday 27 and Saturday 28 Breakfast with host families and go to host church (usually on foot)

    for morning prayer (8 or 8:30 am) Morning programme and local visits to people and places of hope.

    • 11 am: participants from host churches leave for the central venue for the afternoon programme:

    • lunch • midday prayer • afternoon workshops on themes of faith, social commitment

    and cultural exchange; • supper • evening prayer • 7:45 pm: Participants leave from central venue to the host

    neighbourhoods.

    Sunday 29 Breakfast with host families and go to host church for Sunday service. Lunch with host families (or possibly in host church).

    • 2 pm: participants from host churches leave for the central venue for groups to reassemble and depart.