die rondebossie oktober 2018 - e-pos · june richter is op 1 september op die ouderdom van 86 jaar...

8
DIE RONDEBOSSIE Tel: 021 686 4315 E-pos: [email protected] Besoek ons by: www.ngrondebosch.com Maandblad van die NG Kerk Rondebosch Oktober 2018 * Omgee Tel 8 * Ons sê totsiens 9 * Opknapping gaan voort 10 * Leesrooster 11 * Mark pamflet 12 * Vintage Mark 13 * Vintage Mark skop aff (Dubble foto-blad) Ons is ‘n inklusiewe familie wat met oop deure jubelend na die gemeenskap uitreik. We are an inclusive family which reaches out to our community with joy and with open doors. * Gebed vir Oktober 1 * Koinonia - “Pipetrackers” 2 * Nagmaal by Grosvenors 3 * Doopsondag 4 * Kussings vir Demensie 4 * Resensie : Jean Oosthuizen 5 * Ons groete vir Jacques en Nicole 6 * Exorcist of Apartheid - Foto’s 7 Gebed vir Oktober Gebed vir Oktober Gebed vir Oktober Gebed vir Oktober Ewige Rots, dankie vir ons nagrus en dat ons kon wakker word van- oggend met die sekerheid dat ons al die kwessies en uitdagings wat ons in die gesig staar, vandag vir U kan gee. Vader, ons het vertoue dat niks vir U onmoontlik is nie en dat niemand ons uit U hand kan ruk nie. Vader, ons wil nie Verskonings maak waarom ons soms nie U wil doen nie, maar soms voel ons onbekwaam om U hande en voete op aarde te wees. Vader, soos elke dag stel ek hoop en vertroue vandag op U en vra dat U my sal lei om daarna te strewe om ʼn beter mens te wees as wat ek gister was, om te wees soos wat U wil hê ek moet wees. Vader, ek wil vashou aan U woord en ek sal aanhou om U te vertrou en te glo wat U gespreek het en dat U wil in ons lewe sal geskied. Vader, mag ons in die skaduwee van U hand lewe en mag ons weet wat dit beteken om onder U magtige hand te skuil en beskerm te word en ek dank U daarvoor. Amen. Deur: Koos Venter Regs bo: Neil Marais is die fotograaf wat die kamera ingestel het en toe vinnig moes spring om by die vier wat vir hom glimlag aan te sluit …... Vlnr: Gerrit vd Merwe, Grant Duddy, Vic Proctor, Duncan Martin en Neill Marais was die vyf “pipetrackers” vir die dag. Bo: Die manne op die ‘Pipe Track”. Soos julle kan sien, was daar vyf manne wat hierdie maand, die Kloofnek gestap het hierdie maand. Ons het by Kloofnek parkeer en die sogenaamde “Pipe Track” gevolg - dis die bekende kontoervoet- pad wat noord-suid onder die Twaalf Apostels en bokant Kampsbaai en die Atlantiese kus loop. Ons het tot by die Slangoliekloof geloop en terug - sowat 10km. Daar was baie ander groepe, veral drawwers en jongmense, op dieselfde roete. Ons nooi steeds enige iemand wat elke eerste Saterdag van die maand wil saamstap. Deur: Duncan Martin

Upload: others

Post on 17-Feb-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Die Rondebossie Oktober 2018 - e-pos · June Richter is op 1 September op die ouderdom van 86 jaar rlede. Sy was ‘n inwoner van Huis Nuweland. June Richter, was die mder van Adrian

DIE RONDEBOSSIE

Tel: 021 686 4315 E-pos: [email protected] Besoek ons by: www.ngrondebosch.com

Maandblad van die NG Kerk Rondebosch Oktober 2018

∗ Omgee Tel 8 ∗ Ons sê totsiens 9 ∗ Opknapping gaan voort 10 ∗ Leesrooster 11 ∗ Mark pamflet 12 ∗ Vintage Mark 13 ∗ Vintage Mark skop aff (Dubble foto-blad)

Ons is ‘n inklusiewe familie wat met oop deure jubelend na die gemeenskap uitreik.

We are an inclusive family which reaches out to our community with joy and with open doors.

∗ Gebed vir Oktober 1 ∗ Koinonia - “Pipetrackers” 2 ∗ Nagmaal by Grosvenors 3 ∗ Doopsondag 4 ∗ Kussings vir Demensie 4 ∗ Resensie : Jean Oosthuizen 5 ∗ Ons groete vir Jacques en Nicole 6 ∗ Exorcist of Apartheid - Foto’s 7

Gebed vir OktoberGebed vir OktoberGebed vir OktoberGebed vir Oktober

Ewige Rots, dankie vir ons nagrus en dat ons kon wakker word van-

oggend met die sekerheid dat ons al die kwessies en uitdagings wat

ons in die gesig staar, vandag vir U kan gee.

Vader, ons het vertoue dat niks vir U onmoontlik is nie en dat

niemand ons uit U hand kan ruk nie.

Vader, ons wil nie Verskonings maak waarom ons soms nie U wil

doen nie, maar soms voel ons onbekwaam om U hande en voete op

aarde te wees.

Vader, soos elke dag stel ek hoop en vertroue vandag op U en vra

dat U my sal lei om daarna te strewe om ʼn beter mens te wees as

wat ek gister was, om te wees soos wat U wil hê ek moet wees.

Vader, ek wil vashou aan U woord en ek sal aanhou om U te vertrou

en te glo wat U gespreek het en dat U wil in ons lewe sal geskied.

Vader, mag ons in die skaduwee van U hand lewe en mag ons weet

wat dit beteken om onder U magtige hand te skuil en beskerm te

word en ek dank U daarvoor.

Amen. Deur: Koos Venter

Regs bo: Neil Marais is die fotograaf wat die kamera ingestel het en toe vinnig moes spring om by die vier wat vir hom glimlag aan te sluit …... Vlnr: Gerrit vd Merwe, Grant Duddy, Vic Proctor, Duncan Martin en

Neill Marais was die vyf “pipetrackers” vir die dag. Bo: Die manne op die ‘Pipe Track”.

Soos julle kan sien, was daar vyf manne wat hierdie maand, die

Kloofnek gestap het hierdie maand. Ons het by Kloofnek parkeer en

die sogenaamde “Pipe Track” gevolg - dis die bekende kontoervoet-

pad wat noord-suid onder die Twaalf Apostels en bokant Kampsbaai

en die Atlantiese kus loop. Ons het tot by die Slangoliekloof geloop

en terug - sowat 10km. Daar was baie ander

groepe, veral drawwers en

jongmense, op dieselfde

roete.

Ons nooi steeds enige

iemand wat elke eerste

Saterdag van die maand

wil saamstap.

Deur: Duncan Martin

Page 2: Die Rondebossie Oktober 2018 - e-pos · June Richter is op 1 September op die ouderdom van 86 jaar rlede. Sy was ‘n inwoner van Huis Nuweland. June Richter, was die mder van Adrian

Op 9 September doop

ons vir Johan Wilhelm

Claasen Swart.

Ds Roelie van der Spuy

het soos ’n trotse oupa

die voorreg gehad om sy

kleinseun te doop.

Andre en Maggie Swart

is beide dokters en lid-

mate van ons gemeente.

Hulle het drie kinders-

wat uit hulle huwelik

gebore is: Peetie (4),

Vasti (1) en klein Johan

wat 11 Junie gebore is.

Francina Underhill het 22 kussings gemaak vir die Demensie-

eenheid van Huis Lückhoff. Hierdie kussings is baie spesiaal

gemaak vir hulle rustelose hande. Baie dankie, Francina!

Nagmaal by Grosvenor Square

Ons lê een keer ‘n maand besoek af by

d i e l i d m a t e v a n G ro sv e n o r

Square.

Op 25 September het ons saam met

hulle nagmaal gebruik. Links bedien

dr Johan van den Heever die nagmaal

en Louie van der Valk druk haar

broodjie in die wyn.

Ons nooi ons gemeente om een keer ‘n

maand saam te kom kuier.

Van Noemnaam Geboortedatum Verjaar

Swanepoel Anne-Marié 06/10/1940 10/06

Willemse Albert 08/10/1979 10/08 Kitching Freddie 10/10/1938 10/10

Oosthuizen Simone 11/10/1992 10/11 Smith Sue 12/10/1919 10/12

Fourie Steyn 13/10/1934 10/13 Du Toit Johann 14/10/1939 10/14 Momsen Johan 17/10/1928 10/17

Fourie Ina 18/10/1937 10/18 Kitching Annette 20/10/1945 10/20

Edwards Henry 22/10/1934 10/22 Greeff Philip 22/10/1958 10/22

Immelman Wouter 22/10/1985 10/22 Ferreira Lizé- Mari 25/10/1995 10/25 Gertse Mel 25/10/1979 10/25

van der Merwe Jacob 25/10/1940 10/25 Swanepoel Chris 27/10/1942 10/27

Opperman Stefan 28/10/1985 10/28 Pfeiffer Herbert 29/10/1946 10/29

Van der Valk Louie 29/10/1925 10/29

Page 3: Die Rondebossie Oktober 2018 - e-pos · June Richter is op 1 September op die ouderdom van 86 jaar rlede. Sy was ‘n inwoner van Huis Nuweland. June Richter, was die mder van Adrian

Daar is nog NG-gemeentes wat jou met ope arms ontvang en in hulle midde verwelkom ongeag wie jy is, hoe jy glo en wat jy skryf. Ja, ek weet ek het dit al gesê, Maar vanaand het ek dit aan eie lyf weer persoonlik ervaar.

Die geskiedkundige NG-gemeente Rondebosch wat uit 1891 dateer se dominee, Johan van den Heever, het my genooi om deel te wees van ʼn paneelbe-spreking by sy kerk oor die dokumentêre film Exorcist of Apartheid wat handel oor Johan Heyns.

Saam met my op die paneel was Rondebosch se dominee Johan self, die akteur en filmmaker Adam Heyns wat die dokumentêre film oor sy oupa gemaak het en Johan se seun Willem wat mede-vervaardiger van die film was.

Die kerksaal was stampvol en hulle moes nog stoele indra. Daar was ook baie ander interessante mense van verskillende oortuigings en agtergronde in die gehoor. Men-se soos Waldimar Pelser van Rapport, Ernst Grundling, Laurie Gaum, Nadia Marais, ʼn dominee van die Groote Kerk, Riaan de Villiers, en selfs ʼn vorige NG-

moderator (een van die min vir wie ek nog groot respek het) Freek Swanepoel.

Met almal kon ek na die tyd lekker en eerlik gesels.

Wat my veral opgeval het van die film was onder andere die gebrek aan die morele leierskap wat die NG Kerk vandag het vergeleke met iemand soos Johan Heyns. Hy het nie geskroom om sy standpunt oor apartheid hard en duidelik te stel nie, al was dit nie oral ewe gewild nie. Waar is daardie morele leierskap vandag in die NG Kerk ten opsigte van die gay-debat? Waar is die NG Kerk se profete teen onreg vandag in die kerk se leierskapposisies?

In dieselfde kerkgebou waar Johan Heyns self predikant was en waar mense soos Hendrik Verwoerd, John Vorster en PW Botha lidmate was, kon ek vanaand presies sê wat ek hier op Facebook sê. En sowaar as padda manel dra, die kerk se toring het nie omgeval nie en niemand het my met Dordt oor die kop geslaan nie.

Johan Heyns is op Saterdagaand, 5 November 1994, in sy huis doodgeskiet deur ʼn onbekende sluipskutter terwyl hy besig was om kaart te speel saam met sy vrou en drie van sy kleinkinders wat op daardie stadium onderskeidelik 2, 8 en 11 jaar oud was.

Johan Heyns se kleinseun Adam, was ten tye van sy oupa se dood, vyf jaar oud terwyl hy saam met sy ouers in Switserland gereis het.

Deur: Jean Oosthuizen

Ons groet vir Jacques en Nicole …

..Maranata kry nuwe leier Ons het op 30 September afskeid-

geneem van Jacques en Nicole

(Moore) Kriel. Hulle verhuis na

Houston Texas.

Hulle het ook die Maranata

groepie gelei en het gereeld een

keer per maand Rosedon Huis

besoek.

Op 24 September handig Jacques

die leisels van leierskap oor aan

Talita Momsen. Die Maranata

groep gaan steeds voort.

Hulle ontmoet op ʼn gereelde basis

en besoek Rosedon Huis een keer

ʼn maand. Jy word ook saam

genooi. Kontak gerus die kerk-

kantoor vir meer inligting.

Page 4: Die Rondebossie Oktober 2018 - e-pos · June Richter is op 1 September op die ouderdom van 86 jaar rlede. Sy was ‘n inwoner van Huis Nuweland. June Richter, was die mder van Adrian

Bo: Die paneel vir bespreking het bestaan

uit: vlnr: Adam Heyns, Willem vd Heever,

Dr Johan vd Heever en Jean Oosthuizen.

Bo: Die heerlike eetgoed wat vir hierdie geleentheid voorgesit is. Sirkel regs bo: is die dames wat verantwoordelik was vir die lekker eetgoed. Ansie vd Heever, Aletta Pearce en Biebie vd Merwe.

Bo: Willem vd Heever, Thomas van der Meulen, Hannes Heyns en

Adam Heyns.

Bo: Deel van ons geskiedenis: Ds Willie Viljoen was die brugleraar in die tyd tussen ds Jan Momsen (heel regs) se aftrede en dr Johan vd Heever (middel) se beroep.

Page 5: Die Rondebossie Oktober 2018 - e-pos · June Richter is op 1 September op die ouderdom van 86 jaar rlede. Sy was ‘n inwoner van Huis Nuweland. June Richter, was die mder van Adrian

Betsie Momsen is op 31 Augus-

tus in die ouderdom van 90 jaar

oorlede. Sy was ‘n inwoner van

Huis Lückhoff.

Dolf Richter is op 30 Augustus

in die ouderdom van 83 jaar

oorlede. Hy was ‘n inwoner van

Welverdiend-woonstelle.

28/05/1935 tot 30/08/2018 15/08/1928 tot 31/08/2018

12/06/1932 tot 01/09/2018

June Richter is op 1 September op die

ouderdom van 86 jaar oorlede. Sy was ‘n

inwoner van Huis Nuweland.

June Richter, was die moeder van

Adrian Richter, ’n lidmaat van ons

gemeente wat ook ’n inwoner van Huis

Nuweland is.

Ons het onlangs die filmweergawe van Annelie Botes se boek, Raaiselkind, op TV gesien. Dit handel oor ‘n gesin se trauma-

belewenis toe hul jongste kind met outisme gebore is. Stelselmatig het hul vriende hulself onttrek en uiteindelik is die ma aan haarself oorgelaat wat die grootmaak van hierdie seuntjie betref. Behalwe vir die getroue huishulp wat haar deur hierdie beproewing bygestaan het, is sy ontnugter deur die onbetrokkenheid van die familie en gebrek aan meelewing van hul vriende. Die volgende twee Bybelverse is hier van toepassing: Genesis 4:9 Toe die Here na Abel soek, sê Kain, “Moet ek dan my broer oppas?” Filippense 2:4 Julle moenie elkeen net aan sy eie belang dink nie, maar ook aan dié van ander. Dit bring my by die verhaal van ‘n Chinees, Loo Ching, wat na die VSA verhuis het. Kort na sy aankoms, het hy ‘n basiese wet van die Chinese Tong Soon oortree en is deur hierdie Raad ter dood veroor-deel. Gelukkig was die Amerikaanse wette nie versoenbaar met dié van die Tong Soon nie en kon die vonnis en teregstelling nie voltrek word nie. Hy is toe doodeenvoudig deur die Tong Soon “dood” verklaar. Van toe af sou hy sy lewe in totale afsondering deurbring, sonder dat enigeen met hom mag praat of aan hom kos mag verskaf. Weldra is selfs sy kamer aan iemand anders verhuur. Sodoende het hy daagliks weggekwyn totdat hy uiteindelik dood aangetref is in die sneeu. U sien, mense het ander mense nodig. Loo Ching se doodvonnis het van krag geword toe mense liefdevolle uitreiking van hom weerhou het. Het u al ooit in u groot hartseer alleen gestaan? ‘n Mens kan nooit daarop aanspraak maak dat jy ‘n gelowige is en jy weerhou jou meelewing en empatie van ander nie. Maar, Goddank vir die volgende: “Ons is ‘n inklusiewe familie wat met oop deure jubelend na die gemeenskap uitreik” (ook na mekaar) sê die Rondebosch gemeente se Leuse. ‘n Plakker op die agterruit van ‘n motor voor my, sê:

“OMDAT HY LEEF, SIEN EK KANS VIR MÔRE”

Deur: James Horne

ARRO ORDS

Page 6: Die Rondebossie Oktober 2018 - e-pos · June Richter is op 1 September op die ouderdom van 86 jaar rlede. Sy was ‘n inwoner van Huis Nuweland. June Richter, was die mder van Adrian

Ons geboue en terrein is stadig, maar seker, besig om ʼn gedaanteverwisseling te ondergaan. Gaan kyk gerus in die “ou-saal”

na ons nuwe aluminium deure. Ons beoog om in die volgende twee weke ook die ander dubbeldeure na die kantore en badkamers te vervang. Ons het ʼn skenking ontvang om die voorste sekuriteits-

hek, by die kantore se ingang, te vervang. Baie dankie daarvoor! Dit lyk sommer baie mooi!

So 7 Okt 2018

Ma

Di Wo

Do

Vr Sa

Job 1:1-22

Job 2:1-10

Psalm 26

Hebreërs 1:1-14

Hebreërs 2:5-12

Markus 10:1-10

Markus 10:13-16

So 14 Okt 2018

Ma

Di Wo

Do

Vr Sa

Job 23:1-9

Job 23:10-17

Psalm 22:1-16

Psalm 22:17-32

Hebreërs 4:1-11

Hebreërs 4:12-16

Markus 10:17-31

So 21 Okt 2018

Ma

Di Wo

Do

Vr Sa

Job 38:1-7

Job 38:8-17

Psalm 104:1-9, Psalm 104:10-23

Psalm 104:24-35

Hebreërs 5:1-10

Markus 10:35-45

So 28 Okt 2018

Ma

Di Wo

Do

Vr Sa

Job 42:1-8

Job 42:9-17

Psalm 34:1-11

Psalm 34:12-23

Hebreërs 7:11-22

Hebreërs 7:23-28

Markus 10:46-52

Page 7: Die Rondebossie Oktober 2018 - e-pos · June Richter is op 1 September op die ouderdom van 86 jaar rlede. Sy was ‘n inwoner van Huis Nuweland. June Richter, was die mder van Adrian

RAILWAY VINTAGE MARKET

2 Derry Road, Rondebosch

2 November 2018

16:00 - 20:30

Food I Vinyl Records I Clothing

En so skop ons toe ons eerste “Railway Vintage” Mark af met

groot sukses.

Ons was verbaas om te sien dat mense wel kom kyk het wat ons hier by NG Rondebosch beoog

met ons nuwe mark.

Bo is David en Stella Halverson. Hulle is gereelde mark-uitstallers en was baie tevrede met die opkoms van ons eerste

mark. Hulle het gesê hulle sien ons beslis weer die 2de November en sien uit daarna om deel uit te maak van ons

gemeente se poging om ons gemeenskap en veral ons jongmense-nader aan mekaar te trek.

Die foto’s op die agterblad is van ons gemeente se uitstallers en stalletjies. Van die uitstallers het dit vir hulle self gedoen en

ander het stalletjies vir die gemeente beman.

Ons hoop om volgende keer dubbel die hoeveelheid mense by ons mark te sien. Indien jy weet van mense wat 'n stalletjie sou wou kom opsit, laat weet gerus. Ons kort nog plate- en klerestalle-

tjies. Ons verkoop egter kos en drinkgoed self vir ʼn klein inkom-ste vir die gemeente.

Kontak vir Arina by 071 594 9659 vir meer inligting.

Neem gerus ons markblaadjie in hierdie uitgawe om iemand te nooi!

Page 8: Die Rondebossie Oktober 2018 - e-pos · June Richter is op 1 September op die ouderdom van 86 jaar rlede. Sy was ‘n inwoner van Huis Nuweland. June Richter, was die mder van Adrian

Ons eerste “Railway Vintage Market” het op 28 September plaasgevind. Dit was baie lekker en ons hoop om in die toekoms ‘n groter opkoms te hê! Nooi gerus iemand saam na ons volgende mark

op 2 November tussen 16:00 en 20:30!