die sewe geestelike genadegawes · van die gawes wat meer dominant is as die ander. die bybel sal...

13
Die Sewe Geestelike Genadegawes: Om na jou gawes te soek is soos na geheime SKATTE soek!

Upload: others

Post on 07-Jan-2020

13 views

Category:

Documents


8 download

TRANSCRIPT

Page 1: Die Sewe Geestelike Genadegawes · van die gawes wat meer dominant is as die ander. Die Bybel sal jou help om te groei in wysheid, kennis en waarheid. Die Geestelike Gawes van Profeet,

Die Sewe Geestelike Genadegawes:

Om na jou gawes te soek is soos na geheime SKATTE soek!

Page 2: Die Sewe Geestelike Genadegawes · van die gawes wat meer dominant is as die ander. Die Bybel sal jou help om te groei in wysheid, kennis en waarheid. Die Geestelike Gawes van Profeet,

Amanda Buys se Geestelike Dekking

Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking van:

• Roly, haar eggenoot vir meer as 35 jaar.

• River of Life Family Church Pastoor Edward Gibbens Vanderbijlpark Suid-Afrika Tel: +27 16 982 3022 Faks: +27 16 982 2566 E-pos: [email protected]

Daar is geen kopiereg op hierdie materiaal nie. Geen gedeelte van hierdie materiaal mag egter gereproduseer en/of aangebied word vir persoonlike

gewin nie. Alle regte van hierdie materiaal word voorbehou om die Koninkryk van die Here Jesus Christus ALLEENLIK te bevorder.

Vir verdere inligting of die plaas van ‘n bestelling, kontak ons asb. by: Posbus 15253 John Vorsterrylaan 27 Panorama Plattekloof Uitbr. 1 7506 Panorama 7500 Kaapstad Kaapstad Suid-Afrika Suid-Afrika Tel.: +27 (0) 21 930 7577 Faks: 086 681 9458 E-pos: [email protected] Webblad: www.kanaanministries.org Kantoorure: Maandae tot Vrydae, 9 VM – 3 NM Kanaan In Europa - Basel Kanaan Ministries Europe Oikos International Church Stiftung b/e/t/e/ Reinacherstrasse 1-3 CH-4142 Münchenstein Basel, Switzerland Telefoon: +41 (0) 61 332 15 40 Faks: +41 (0) 61 332 15 69 E-pos: [email protected] Webblad: www.eu.kanaanministries.org

Page 3: Die Sewe Geestelike Genadegawes · van die gawes wat meer dominant is as die ander. Die Bybel sal jou help om te groei in wysheid, kennis en waarheid. Die Geestelike Gawes van Profeet,

Elke sneeuvlokkie is anders as ‘n ander sneeuvlokkie.

God het elke sneeuvlokkie gemaak en Hy het jou totaal anders as enige iemand anders in die hele wereld gemaak!

Kyk baie versigtig na jou duim ...

Het jy geweet dat jou vingerafdruk is anders as enige iemand anders sin?Geen twee mense se vingerafdrukke is dieselfde nie.

Het jy baie mooi na jou duim gekyk?Sien jy al die fyn lyntjies op jou duim?

Net soos God vir jou ‘n liggaam gegee het met jou eie spesiale DNA ketting, het Hy ook vir jou jou eie spesiale GEESTELIKE DNA ketting gegee. Niemand anders in die wêreld het dieselfde DNA ketting soos jy nie.

Jy is baie spesiaal vir die Here! Hy het jou uniek geskape!

2

Page 4: Die Sewe Geestelike Genadegawes · van die gawes wat meer dominant is as die ander. Die Bybel sal jou help om te groei in wysheid, kennis en waarheid. Die Geestelike Gawes van Profeet,

Watter gawes dink jy het God vir JOU gegee?

Geestelike Gawe van PROFEET.Geestelike Gawe van DIENAAR.

Geestelike Gawe van ONDERWYSER.Geestelike Gawe van BEMOEDIGER.

Geestelike Gawe van GEWER.Geestelike Gawe van LEIER/HEERSER.

Geestelike Gawe van GENADE.

Net soos jy jou fisiese DNA van jou aardse Pappa geerf het – soos die kleur van jou oe, die kleur van jou hare, hoe lank jy gaan word; net so het jou Hemelse Pappa vir jou Sy eie geestelike DNA gegee.

DNA is ‘n spesifieke terminologie wat beteken dis jou eie spesiale ontwerp.

Net soos jou duimafdruk en die iris in jou oog jou eie spesiale fisiese ontwerp of DNA is, net so is jou geestelike ontwerp of DNA baie spesiaal en dit is aan jou gegee deur jou Hemelse Pappa.

3

Page 5: Die Sewe Geestelike Genadegawes · van die gawes wat meer dominant is as die ander. Die Bybel sal jou help om te groei in wysheid, kennis en waarheid. Die Geestelike Gawes van Profeet,

God, die Vader en Skepper van die heelal, het vir jou hierdie spesifieke tyd en plek in die ewigheid ontwerp, en Hy het ‘n baie spesiale plan en doel vir jou lewe.

Op die volgende bladsye sal jy SEWE gawes ontdek.

Jy het ‘n klein deel van elk van die sewe gawes ontvang. Maar, daar is van die gawes wat meer dominant is as die ander. Die Bybel sal jou help om te groei in wysheid, kennis en waarheid.

Die Geestelike Gawes van Profeet, Dienaar, Onderwyser, Bemoediger, Gewer, Leier / Heerser, Genade sal jy kry in Romeine 12:6-8

Wanneer jy jou gawes ontdek, is dit soos wat jy SKATTE ontdek – skate in jou geesmens!

Watter gawes het God vir jou gegee?

Is jy reg om te ontdek watter gawes is meer dominant in JOU lewe?

4

Page 6: Die Sewe Geestelike Genadegawes · van die gawes wat meer dominant is as die ander. Die Bybel sal jou help om te groei in wysheid, kennis en waarheid. Die Geestelike Gawes van Profeet,

Volg elke bladsy soos ‘n padkaart waar X die plek aandui.

Elke X wat jy merk is ‘n WENK wat na die eindbestemming vir JOU lewe wys – so wees BAIE eerlik!

INSTRUKSIES:

Bestudeer die vrae onder elke afdeling en merk met ‘n X in die blokkie langsaan as jy daarmee kan identifiseer. Die 3 gawes waarin jy die hoogste totaal behaal, is die gawes waarmee God jou geskape het. Maar onthou, jy het ‘n bietjie van elke gawe ontvang en jy kan in

die ander gawes ook groei sodat jy eendag in die volheid van die Heilige Gees te kan lewe...

5

Page 7: Die Sewe Geestelike Genadegawes · van die gawes wat meer dominant is as die ander. Die Bybel sal jou help om te groei in wysheid, kennis en waarheid. Die Geestelike Gawes van Profeet,

Profeet : (Prophet)

Ek kan goed onderskei tussen reg en verkeerd.Ek hou daarvan om dinge te verbeter en herstel.Ek is nie bang om nuwe terreine te betree nie.Ek hou daarvan om God se Woord aan te haal.Ek is reguit en praat reguit.Ek is vrygewig en hou daarvan om te gee.Ek kan mense en situasies reg opsomEk hou nie van stilsit nie.Ek het ‘n behoefte om altyd op pad êrens heen te wees.Ek is kompeterend en hou van wen.Ek hou daarvan om kwaad of probleme te identifiseer.EK weet dis belangrik om die waarheid te praat.Ek glo onvoorwaardelik. Geloof is vir my maklik.Ek kan sonde identifiseer en ek haat sonde.Ek het ‘n heilige woede teen Satan as hy ‘n persoon of groep mense aanval.Ek kan in ‘n vertrek instap en bose /“slegte” mense en leuenaars identifiseer.

God se vereiste vir jou wat hierdie Profetiese gawe het is ‘n baie hoë standaard van Heiligmaking.

6

Page 8: Die Sewe Geestelike Genadegawes · van die gawes wat meer dominant is as die ander. Die Bybel sal jou help om te groei in wysheid, kennis en waarheid. Die Geestelike Gawes van Profeet,

Dienaar : (Servant)

Ek sien nood raak en help graag, selfs sonder dat mense daarvoor vra.Dit voel asof mense my nie eer nie, veral in my eie huis.Ek kan nie “nee” se nie.Ek is ‘n uitstekende werker, maar gee myself nie krediet daarvoor nie.Ek vra dikwels om verskoning vir my goeie dade.Ek gee eerder aan andere krediet.Ek is die eerste een wat iemand sal prys, veral as hy nie krediet kry vir wat hy doen nie.Ek sien altyd die beste in mense raak, selfs al sien ander dit nie.Ek word kwaad as my familie of vriende kwaad aangedoen word.Ek is ‘n opgaarder en ek is ongeorganiseerd.Ek hou van hard werk.Ek is baie kompeterend in sport.Ek bid graag vir my gesin en vir hulle genesing.Ek het min, indien enige vyande.Ek is getrou, betroubaar en praat altyd die waarheid.

God het aan die persoon met hierdie gawe groot gesag gegee om ander te seën en te reinig en om genesing te bring vir baie lande en hul mense.

7

Page 9: Die Sewe Geestelike Genadegawes · van die gawes wat meer dominant is as die ander. Die Bybel sal jou help om te groei in wysheid, kennis en waarheid. Die Geestelike Gawes van Profeet,

Onderwyser : (Teacher)

Ek hou daarvan om stories na te vors en akkuraat te herhaal. Ek sal niks byvoeg of oorbeklemtoon nie.Ek is betroubaar, omdat ek akkuraat is.Ek besluit stadig en ek sal inligting oor en oor bedink.Ek verwerp of ontvang nuwe dinge stadig.Ek hou daarvan om my intellek te gebruikEk is gewoonlik laat vir afsprake.Ek sukkel om take betyds te voltooi.Ek sukkel dikwels om my geldsake te hanteer.Ek het wonderlike sin vir humor – ek is snaaks en vertel graag grappies.Ek is gewoonlik die laaste een om bydrae te maak in gesprekke.Ek laat almal eers praat, sodat ek die groter prentjie kan sien.Ek hou van groep byeenkomste en luister graag na hulle denke.Ek is baie lojaal – veral teenoor my familie.Ek word nie baie kwaad nie, maar sal kwaad word as my gesin seergemaak word.Ek hou van detail, maar ek wil nie aangejaag word om taak te voltooi nie.Ek maak seker dat mense die waarheid hoor.Ek is traag om goeters reg te maak.

God het aan die persoon met hierdie gawe ‘n groot behoefte gegee om Hom te aanbid en om in intimiteit met Hom saam te wandel.

8

Page 10: Die Sewe Geestelike Genadegawes · van die gawes wat meer dominant is as die ander. Die Bybel sal jou help om te groei in wysheid, kennis en waarheid. Die Geestelike Gawes van Profeet,

Bemoediger : (Exhorter)

Ek kan met enige vreemdeling ‘n gesprek aanknoop.In ‘n groep, weet almal gou ek is ook daar.Ek is vrolik en uitgesproke.Ek kan enige iets lekker maak – ‘n partytjie daarvan maak.Ek kan redeneer en emosineel raak oor sake, sonder om mense te affronteer.Ek help graag mense met kennis oor God sodat hulle geestelik kan groei.Ek kan mense emosioneel aanraak.Ek kan mense motifeer.Ek hou daarvan om besig te wees en lang ure te werk.Ek mag bang wees om mense in te lig dat hulle gesondig het.Ek is sensitief vir verwerping en kritiek van vriende.Ek deel graag my geloof in Jesus met mense.Ek hou van groot verandering.Ek is graag tussen mense – hou nie van alleen wees.Ek hou daarvan om ingelig te wees oor wat om my aangaan, en is dan die middelpunt daarvan.Ek sien die beste im mense raak en help ander om dit ook te doen.Ek hou van nuwe idees.Ek hou daarvan om mense te bederf.

‘n Persoon met hierdie gawe van Bemoediging het die God-gegewe gesag om oor nasies te heers.

9

Page 11: Die Sewe Geestelike Genadegawes · van die gawes wat meer dominant is as die ander. Die Bybel sal jou help om te groei in wysheid, kennis en waarheid. Die Geestelike Gawes van Profeet,

Gewer : (Giver)

Ek hou daarvan om mense soos familie te laat voel.Ek is baie onafhanklik.Ek kan ‘n probleem bestudeer en dit oplos.Ek is baie betroubaar, mense kan op my staatmaak.Ek maak maklik geld.Ek het baie belangstellings, projekte en aktiwiteite.Ek kan met baie mense vereenselwig.Ek weet dadelik as iemand my om die bos wil lei.Ek hou nie daarvan as mense my nie die volle verhaal vertel nie.Ek weet wanneer persone feite van my weerhou.Ek is ‘n baie privaat persoon.Ek deel nie graag my besittings nie, ek sluit hulle selfs toe.God voorsien my behoeftes en finansies.Ek is spaarsamig en hou van winskopies.Ek kan mense laat saamwerk.Ek kan mense dinge laat doen wat hulle nie normaalweg sal doen nie.Ek is ‘n vredemaker.Ek hou daarvan om geld te skenk.Ek hou daarvan om te organiseer.Ek hou daarvan om veilig te voel.

As God vir jou die geestelike gawe van Gewer gegee het, dan het Hy jou gemaak om seëninge in jou familie en gemeenskap vry te stel vir die nageslagte wat sal nog gebore word.

10

Page 12: Die Sewe Geestelike Genadegawes · van die gawes wat meer dominant is as die ander. Die Bybel sal jou help om te groei in wysheid, kennis en waarheid. Die Geestelike Gawes van Profeet,

Heerser/Leier : (Ruler)

Ek floreer onder druk, dis vir my lekkerEk kan baie goed gelyk doen.Ek kan vinnig van een taak na die volgende beweeg.Ek kan ander motifeer om te doen wat hulle nooit gedink het hulle kan doen nie.Ek kan baie besig wees, want ek hou daarvan om besig te wees.Ek weet my vriende is baie lojaal teenoor my.Ek kan insien om take op verskillende maniere te doen.Ek hou nie daarvan om ander te blameer vir my foute nie.Ek bied myself nie aan vir projekte nie, ek moet gevra word.Ek neem graag die leiding om projekte te voltooi.Ek leer nuwe vaardighede baie maklik aan.Ek hou daarvan om my doel te bereik.Ek hou daarvan om groot groepe mense te organiseer.Ek staan vir reg en geregtigheid.Ek kan erken as ek ‘n fout gemaak het.

‘n Heerser of Leier het groot gesag en heerskappy. Leier. God het aan jou die vermoeë gegee om geestelike lewe aan ander vry te stel.

11

Page 13: Die Sewe Geestelike Genadegawes · van die gawes wat meer dominant is as die ander. Die Bybel sal jou help om te groei in wysheid, kennis en waarheid. Die Geestelike Gawes van Profeet,

Gawe van Genade: (Mercy)

Ek het nie baie vyande nie.Ek word deur baie mense bewonder en gerespekteer.Ek kan God se hart aanvoel.Ek het ‘n besondere behoefte aan intimiteit en aanraking.Ek het ‘n behoefte aan die aanraking van my ouers.Ek hou nie van verandering nie.Ek is traag om besluite te neem.Ek hou nie van konfrontasie nie.Om God te “worship” en aanbid is vir my ‘n vreugde.Ek sukkel soms om besluite te neem.Ek voel ander mense se pyn aan.Dit is vir my maklik om in God se teenwoordigheid te kom.Ek is baie kreatief en dinge moet rondom my vloei.Ek is baie sensitief.Ek het ‘n behoefte om God te aanbid en dan ervaar ek God se Heiligheid.

Die persoon met die Gawe van Genade word deur God geroep om Heiligmaking sowel as Sy Heerlikheid aan ander vry te stel. Om in Heiligmaking te wandel is jou grootste vervulling, en dit sal die grootste behoefte van die hele mensdom ontmoet.

12