die verkyker - hoërskool...

18
DIE VERKYKER HÖERSKOOL OVERKRUIN OVIES SIT NOG ‘N GOEIE JAAR AGTER DIE BLAD! In hierdie uitgawe sal jy die volgende vind: l sport boffins l kultuur sterre l Ovies se omgee projekte l Ovie Gees 2018 2018 SE LAASTE UITGAWE Hoërskool Overkruin is die plek waar jy wil wees.

Upload: others

Post on 30-Mar-2021

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: DIE VERKYKER - Hoërskool Overkruinoverkruin.com/wp-content/uploads/2018/12/Combine-Result.pdfvriendelike uilhokke te maak en dan ook bewustheid in die gemeenskap te versprei oor die

DIE VERKYKERHÖERSKOOL OVERKRUIN

OVIES SIT NOG ‘N GOEIE JAARAGTER DIE BLAD!

In hierdie ui tgawe sal jy d ievolgende vind: l sport boff ins l kul tuur sterre l Ovies se omgee projekte l Ovie Gees

2018

2 0 1 8 S E L A A S T E U I T G A W E

Hoërskool Overkruin is die plek waar jy wil wees.

Page 2: DIE VERKYKER - Hoërskool Overkruinoverkruin.com/wp-content/uploads/2018/12/Combine-Result.pdfvriendelike uilhokke te maak en dan ook bewustheid in die gemeenskap te versprei oor die

02 VERKYKER 2018Uitgawe 2

REDAK

TEURSBR

IEF

REDAKTEURSBRIEFLiewe OviesHier staan ons en ja, sowaar! Nog ‘n jaar is agter die blad en daar doer in die verte wuif 2019 ons met groot verwagting nader. 2018 was ‘n propvol jaar gevul met vreugde ,senuwees ,hartseer en baie voorspoed . Ons ovies het soos altyd uitgehaal en gewys ! Elke atleet het hul beste gegee op die veld, ons rugby manne het die trofee huis toe gebring en die sagtebalspanne het weereens hulle Tswane-wenner titel verdedig! Ons netbal en hokkie bokkies het die koppe laat draai en laaste maar nie die minste, het ons kultuur sterre weer in goud geskitter! Dit was ‘n spogjaar hier in Ovieland en ons is baie dankbaar! Dit is met swaar harte dat ons die Millennium Legacies moet groet. Dit was ‘n martiek groep wat diep spore in ons harte getrap het en so ook groot skoene nalaat vir die Class of 19 om vol te moet staan. Hulle was egter uitstekende mentors en ons is seker ons sal hulle nie teleur stel nie! Baie dankie aan my redaksie span wat deur die jaar so getrou ondersteun het om ons eie koerantjie so interresant en spesiaal te kon maak. Ovies, ek wil graag afsluit deur dankie te sê vir mev den Hond wat my so baie geleer het. Dit was ‘n voorreg om redaktrise te kon wees en ek het die jaar ongelooflik baie geniet! Dankie ook vir elke onnie, ovie en ouer wat saam gelees het en vir elke super ster wat gehelp het om in 2018 die goeie nuus te kon weergee.Ek groet julle met die volgende gedagte en hoop om julle te inspireer om elke geleenthied in 2019 aan te gryp en sodoende jou eie “berig” oor jou lewe te kan skrywe!

“I’d rather regret the things I’ve done than regret the things I haven’t done “ ~ Lucille Ball.

Geniet die vakansie. Ovie groete!Carmen Britz (Hoofredaktrise )

VOOR: Sharon Burger, Michelle Müller, Keorapetse Lesolang, Katlego Mokonoto, me. Magda den Hond, Carmen Britz, Alexi Esterhuizen, Annie Tselana, Larisa van Breda EEN: Aobakwe Sepeng, Tondi Nemasetoni,

Lize Visser, Anzél Symons, Klarissa van der Merwe, Paballo Lekgate TWEE: Cara-Lee van der Westhuizen, Erin Hughes, Mbali Moumakoe, Lerato Lekubu, Ashley Moss, Wilmari van der Westhuizen, Tumi Mohlamonyane,

Mphatso Likalimba, Mia-Leigh Loubser DRIE: Claudi Esterhuizen, Jetske Vermeulen, Modipadi Mashabela, Reitumetse Sekgothe, Zeldah Tshabalala, Charl Collett, Annecke Trollip, Charlize Nel, Lauren Müller, Jeanine Kennedy VIER: Gomolemo Mothoa, Monique Campher, Maryke Schoeman, Duduetsang Mohashwa, Kaylene

van Schalkwyk, Reyn Reyneke, Simóne Visser, Molebogeng Mashego, Tineke van der Vyver, Anke Weitz, Otsile Shuma

Page 3: DIE VERKYKER - Hoërskool Overkruinoverkruin.com/wp-content/uploads/2018/12/Combine-Result.pdfvriendelike uilhokke te maak en dan ook bewustheid in die gemeenskap te versprei oor die

OVI

ES S

AY G

OO

DBY

E!

VERKYKER 2018 03Uitgawe 2

Ons groet . . .Drie geliefde onnies waaroor ons met groot hartseer wil sê :

MEV PIKKIE PELSER

MEV R SODEN

MEV N VAN LINGEN

Page 4: DIE VERKYKER - Hoërskool Overkruinoverkruin.com/wp-content/uploads/2018/12/Combine-Result.pdfvriendelike uilhokke te maak en dan ook bewustheid in die gemeenskap te versprei oor die

WIS

HIN

G Y

OU

A W

ON

DER

FUL

HO

LID

AY

04 VERKYKER 2018Uitgawe 2

Page 5: DIE VERKYKER - Hoërskool Overkruinoverkruin.com/wp-content/uploads/2018/12/Combine-Result.pdfvriendelike uilhokke te maak en dan ook bewustheid in die gemeenskap te versprei oor die

GES

EÉN

DE

KERS

FEES

VERKYKER 2018 05Uitgawe 2

Ovie Onnies wens julle toe...........

Happy Holidays!!!!

Page 6: DIE VERKYKER - Hoërskool Overkruinoverkruin.com/wp-content/uploads/2018/12/Combine-Result.pdfvriendelike uilhokke te maak en dan ook bewustheid in die gemeenskap te versprei oor die

06 VERKYKER 2018Uitgawe 2

ROM

MEL

FEES

! / V

ROU

EDAG

ROMMELFEES! OVIES HELP!Na maande van getroue insameling kon die Ovies op 24 Augustus hul ondersteuning vir die bewaring van die omgewing toon met die ampte-like viering van die Rommelfees! Die hele skool het bygedra tot die sukses van hierdie hoogs geanti-sipeerde geleentheid deur sakke vol melk-, koeldrank- en waterbottels by die huis te versamel en skool toe te bring. Die projek het beoog om soveel as moontlik plastiekbot-tels en houers te versamel wat dan geskenk word aan die “Owl Rescue Centre” vir die Pretoria FM Skole

OMGEE wings projek. Hierdie bottels word dan gebruik om omgewings-vriendelike uilhokke te maak en dan ook bewustheid in die gemeenskap te versprei oor die belangrikheid van volhoubare leefstyle. Pretoria FM het die oggend saam ons spandeer terwyl lede van die MLR as dirigente die gees-vang gelei het. Elke graad het ‘n tema ontvang waarvolgens kreaktiewe uitbeeldings, deur die versiering van bome om die skool ontwerp is. Die Ovies het natuurlik uitstekend vertoon en met die einde van die skoolkreet kon elkeen met hoender-vleis en trots hoor hoe die laaste woorde vanaf die Magaliesberg

weergalm. Die onderwysers voer ‘n kort toneel op en vermaak die leerders op ‘n komiese wyse. Die komediant Tjekit Kwagga het ook die geleentheid bygewoon en die Ovies vermaak met sy grappies.

Die oggend is beëindig en danksy die vrygewigheid en omgee wat elkeen deur harde werk getoon het, was die projek ‘n ongelooflike sukses.

Onthou; REDUCE, REUSE, RECYCLE!

Erin Hughes

ATKV VIER VROUEDAG IN STYL . . .Op 7 Augustus 2018 is ongeveer 250 meisies gedurende pouse heerlik bederf! Die fotos soos julle sal sien, vertel hul eie storie. Dit was ‘n onvergeetlike pouse op hierdie spesiale feesdag!Die ATKV-Jeugtak van Overkruin se lede het elk sy eie tafel gedek en dit

was voorwaar pragtig versier volgens elkeen se unieke smaak. In die agter-grond het vrolike musiek gespeel en oral het die stemme opgeklink tussen al die gekuier saam met die gasvrouens. Almal het behoorlik weggelê aan die koeldrank en heerlike kolwyntjies . . en ons moet bieg, ‘n mens het heelte-mal vergeet waar jy was . . . en die skril

geluid van die klok toe pouse verby was, het mens met ‘n nare slag terug-geruk na die werklikheid!

Baie dankie aan almal vir so ‘n heer-like geleentheid – op hierdie dag was dit ‘n fees om ‘n vrou te wees!

Anke Weitz

Page 7: DIE VERKYKER - Hoërskool Overkruinoverkruin.com/wp-content/uploads/2018/12/Combine-Result.pdfvriendelike uilhokke te maak en dan ook bewustheid in die gemeenskap te versprei oor die

VERKYKER 2018 07Uitgawe 2

POET

RY C

ORN

ER

POETRY CORNERDear Ovie reader.This is quite a new project for the team, but we have had our hearts set on it for a very long time . . .It has come to our attention that there are actually a lot of aspiring poets in our school and the following quote from youngtango.com/pinter-est is the message our editorial team would love to be quoted on!

Verkyker lesers so hier is dit vir julle! Vars uit die oond . . . ons eie Poetry Corner met ‘n paar pragtige gedigte, miskien nog nie literêr korrek nie, maar dié woorde van ons eie belowende digters het ons harte sommer diep geraak. GENIET dit saam met ons!Carmen Britz & Die Redaksie span

Ek mis jou Daardie aand van hartsdinge van sang, kampsvure en herin-neringe tog dit wat ek die meeste onthou handel en omring jou Jou glimlag soos sonlig so helder en vol vreugde sonder dit is daar binne my ‘n leemte Ek mis jou

This timeThis time it is different I feel free...I feel like it’s meant to be …I feel wanted by someone You pick me up every time I fall You are the one that I want to kiss behind the wallYou make me smile every single time You make me forget what words have to rhyme We don’t have to have matching hoodies We don’t have to pretend that we are rookies We don’t have to be with each other everyday We know our love won’t go away ~SP Dyssel

Die bruinoog kind Ek wil dit fluister in jou oorwaar net ek en jy dit kan hoor Hoe vreeslik baie ek van jou hou .Saam kan ons, ons liefde bou

Blue Boy Sorrowful blue eyes stare back at me wanting ,deeply to feel love ,to be free a single tear rolls off his face then slowly another starts the race. Then I stare into the dams of tears and realize my own deepest fears to be alone, loveless and empty then he looks around him, plenty

This person is so empty with a glass complexionhe was only looking at his own reflection. ~ Carmen Britz

Jou oë soos skietende sterre die dansers in hemelse konserte ook nog so helder soos blou-diep poele in die maanlig O, vat my net terug Ek mis jou! Jou lippe so sag en soos ‘n tuiste dit laat my vergeet van die donker dinge daarbuite Kan ek jou nie net weer sien nie ? Kan ek jou nie net weer ken nie ? Ek mis jou. Maar is jy nog gekukkig daar op die heuwel ? Maak hy dit vir jou soos die hemel? Ek mis jou - al het jy my hart laat sneuwel. ~Morné du Plessis

Dit is al vele keer aan ons bewys ,Dis gevaarlik om alleen te reis.Dan vra ek jou om saam te kom as metgesel ‘n letsie vir my, ja sommer net n pêl!Ek vind jou keer op keer in my gedagtes en skielik verdwyn al my klagtes. Hoe diep my liefde vir jou lê,sal ek dit ooit vir jou kan sê …

Die bruinoog kindhet my liefde gevind.

~ Anoniem , vir A.D.

DIGKUNSDIGKUNS

DIGKUNSDIGKUNS

Page 8: DIE VERKYKER - Hoërskool Overkruinoverkruin.com/wp-content/uploads/2018/12/Combine-Result.pdfvriendelike uilhokke te maak en dan ook bewustheid in die gemeenskap te versprei oor die

08 VERKYKER 2018Uitgawe 2

MAT

RIEK

AFSK

EID

201

8

MATRIEKAFSKEID 2018Die matriekafskeid van 27 September 2018 was soos altyd ‘n reuse sukses! Die spoggeleentheid het vanjaar by Isiphiwo naby Roodeplaat plaasgevind. Hier is sowat 240 gaste keurig onthaal met ‘n onvergeetlike ete en ‘n pragsaal! Elke matrikulant en sy of haar metgesel het waarlik spoggerig gelyk. Die dansbaan was tot laat vol jongmense wat hul gate uit geniet het! Die matriekafskeidkomitee bestaande uit Mee Theron, Pelser, Labuschagne, Kotzé en van der Klashorst, het uit hul pad gegaan om seker te maak dat hierdie weereens ‘n onvergeetlike aand sal bly. Baie geluk met ‘n puik en suksesvolle funksie.

Ons wens elke matrikulant ‘n toekoms toe wat net so blink en skitter soos hierdie pragtige aand!Carmen Britz.

Page 9: DIE VERKYKER - Hoërskool Overkruinoverkruin.com/wp-content/uploads/2018/12/Combine-Result.pdfvriendelike uilhokke te maak en dan ook bewustheid in die gemeenskap te versprei oor die

MAT

RIEK

KER

KDIE

NS

2018

VERKYKER 2018 09Uitgawe 2

MATRIEK KERKDIENS 2018Die matriekkerkdiens het op 10 Oktober om 8 uur by NG Overkruin plaasgevind en die wyse woorde van die Amerikaanse digter Maya An-gelou is presies hoe die graadvoog en voogonnies hierdie wonderlike graadgroep se afgelope 5 jaar by Overkruin sou opsom: "I've learned that whenever I decide something with an open heart, I usually make the right decision. I've learned that even when I have pains, I don't have

to be one. I've learned that every day you should reach out and touch someone. People love a warm hug, or just a friendly pat on the back. I've learned that I still have a lot to learn. I've learned that people will forget what you said, people will forget what you did, but people will never forget how you made them feel."Die onnies en matrieks was dit eens dat dit 'n hartseer geleentheid was, aangesien hulle 'n heerlike tydperk afgesluit het, maar gelukkig voel

hulle ook dat die toekoms blink skyn in die verte en dat ons almal saam met ons matrieks opgewonde is daaroor! Die kerkdiens was ‘n be-sonderse geleentheid , die boodskap deur ds Thinus van Staden was fan-tasties en die optredes deur die koor en Carmen Britz was onvergeetlik mooi. Ons gaan julle baie mis - BAIE sterkte met julle toekomsplanne!

Erin Hughes & Keorapetse Lesolang

RUSTIC AND ROSES THE RCL BALL 2018A glamorous night filled with breath taking moments and memories that will forever be embedded in our hearts, the RCL ball was an event that many would never forget. Thank you to the Gr11s for planning the whole event, and turning the night into a fairy tale dream that came true. We cannot think of a better way to close off the year, and reflect on the

projects we have taken on through-out the year. A huge thank you to the RCL heads, Mrs Bierbaum, Mrs Haas-broek and Mr Terblanche. Without you we would not have been able to accomplish all we have done so brilliantly during this year.

We wish the new RCL members the best of luck and we hope that this coming year will hold many amazing things in store for all of you.

As we say farewell to the MLR of 2018, we wish them all the best on their journey forward in life. May you all succeed wherever you may find yourselves in life and remember:

Once an Ovie, always an Ovie!

Paballo Lekgate

Page 10: DIE VERKYKER - Hoërskool Overkruinoverkruin.com/wp-content/uploads/2018/12/Combine-Result.pdfvriendelike uilhokke te maak en dan ook bewustheid in die gemeenskap te versprei oor die

10 VERKYKER 2018Uitgawe 2

OVI

EMO

B / O

VIE

DRA

MA

DESPERATE PAGE :This is new to the Verkyker and we would like give a thank you to the people who took part in making this page

interesting . In the following 3 pictures we have Ashley Moss showing us how to make a recycled pony , then we have Morné du Plessis striking his stuff with a break dance move , last but not least, we have Dudu catching a Zzzz in her

hoodie at choir practice provoking some verbal action from the choir master .

OVIEMOB REVUE GROEPGedurende 2018 behaal ons eie Oviemob revuegroep sommer groot sukses! Die choreograaf Anri Bosch, met die uitstekende hulp van mnr Bernard Jacobs, lê voorwaar ‘n goeie basis vir die toekoms. Die Oviemob tree vanjaar by die Ovie Kultivaria, die “Tswane Youth Arts Festival” en die

“SA Revue Championships” op. Ons is besonders trots op die groep se volgehoue toewyding wat duidelik weerspieël was met die besonderse prestasie om deur te dring na die finale rondte van die Kaleidoskoop kompetisie. Hier behaal die groep ‘n allemintige tweede plek in die “Onervare Hoërskole Kategorie”.

Wel gedaan Ovies – julle is besig om julself as ‘n gedugte spannetjie tussen die top Hoërskoledansgroepe te vestig! Julle skitter!

Lize Visser

OVIE DRAMA 2018 - A YEAR TO REMEMBER

Page 11: DIE VERKYKER - Hoërskool Overkruinoverkruin.com/wp-content/uploads/2018/12/Combine-Result.pdfvriendelike uilhokke te maak en dan ook bewustheid in die gemeenskap te versprei oor die

VERKYKER 2018 11Uitgawe 2

JUN

IOR

STAD

RAAD

/ BE

ELD

KO

MPE

TISI

E

ONS STEL BEKEND: DIE JUNIOR STADSRAAD VAN PRETORIA!Hier by die Verkyker het ons redaksie lede ons ore maar altyd op die grond . . . en die nuutste onsekerheid wat ons opgetel het, was die vraag wie en wat is die JCC? En ons is hier om julle vraag te beantwoord liewe Ovies! The JCC is the Junior City Council of Pretoria and is known as a non-profit organisation that has been empowering the youth and serving the community for the last 40 years. They organise events where the youth of our beautiful Jakaranda city can unite, whilst raising funds for those less privileged. Die Junior Stadsraad het verskeie funksies deur die jaar wat hulle reël en dit sluit onder andere die volgende in: Die Algemene Kennis Vasvra waaraan verskeie van ons skool se spanne deelgeneem het vanjaar op 7 Augustus en daar is sommer groot

pryse gewen! Op 18 Augustus het ons ‘n Sokkerdag aangebied en dit was voorwaar ‘n reuse sukses – ‘n dag wat gevul was met pret en lag! Die Junior stadsraadslede neem ook jaar-liks vanaf 24 September to 7 Oktober deel aan die Gaufestival. Julle kan gerus bietjie loer na die program van die fees by www.gaufestival.comDie jaarlikse Mnr en Mej JCC vind rondom 6 Oktober plaas en ons moet bieg die finaliste is elke jaar beeldskoon! KREEFDAG is ‘n fondsin-sameling vir ons. Hier word ou klere ingesamel en in ruil daarvoor mag ons Ovies byvoorbeeld op die dag hul siwwies dra. ARTS-IN-THE-MAR-KET wat vroeg volgende jaar op 9 Februarie 2019 plaasvind is net eenvoudig ‘n moet-sien geleentheid! Hoop ons sien jou daar, Ovie!Die JUNIOR MAYOR’S FUNCTION is ‘n jaarlikse hoogtepunt! Volgende jaar (2019) gaan Matthew Mole daar wees wanneer die feesgeleentheid afskop

op 27 Februarie. Ons kan nie wag nie! GHOLFDAG@WINGATE GHOLF CLUB is ‘n dag waar jonk en oud hul slag wys en dit gaan plaasvind op 6 Maart 2019. Die JEUGBAL beloof weereens om sprokiesmooi te wees en die geleentheid vind plaas op 19 en 20 April 2019. Ons kan jou verseker dit is ‘n geleentheid wat jy nie kan mis nie!Die volgende raadslede is altyd beskikbaar hier by Ovieland en ons beantwoord graag enige vrae wat jy oor sou wonder ! Mia-Leigh Loubser (Gr.10 – verteenwoordiger) en Maryke Schoeman (Gr. 11 – verteen-woordiger). Ons twee neem ook swaar afskeid van Brendan Jacobs wat ons voormalige Gr.12-verteen-woordiger was! Ons hoop julle is nou meer ingelig en hoop om sommer heelwat Ovies raak te loop by ons op-windende funksies volgende jaar.

Maryke Schoeman en Mia-Leigh Loubser

VERKYKERREDAKSIE PRESTEER TYDENS BEELD SKOLEKOERANT KOMPETISIE

BAIE GELUK aan die Verkyker redaksie wat UITSTEKEND PRESTEER het tydens die BEELD NASIONALE SKOLEKOERANT-KOMPETISIE waar die Verkyker span 7e plek behaal het!

DIE STREEK KOMPETISIE SLUIT GAUTENG, KWAZULU-NATAL, NOORDWES, MPUMALANGA EN LIMPOPO IN. WELL DONE TEAM!!!

Ons is voorwaar TROTS op julle!

SKOOLKOERANTKOMPETISIE 2018Beeld

GEDRUKTE HOËRSKOOL KOERANTE

Die VerkykerOverkruin

PLEK7DE

Page 12: DIE VERKYKER - Hoërskool Overkruinoverkruin.com/wp-content/uploads/2018/12/Combine-Result.pdfvriendelike uilhokke te maak en dan ook bewustheid in die gemeenskap te versprei oor die

RED

AKTE

URS

BRI

EF //

HU

WEL

IKSK

LOKK

IES

KOO

R 20

19 /

SKAA

K

12 VERKYKER 2018Uitgawe 2

SKAAKSPAN MAAK DIE REGTE SKUIF!Ovies se eerste skaakspan het gedurende 2018 top uitslae behaal!Die 1ste span het ‘n tweede plek by die D3-distriksfinaal behaal en uit-stekend presteer by die Gauteng “Top Schools” kampioenskap. Hier het hulle 3 uit die 5 rondtes gewen en ‘n algehele negende plek behaal! Nie net het dit toewyding en breinkrag geneem nie, maar ook ‘n spangees soos min, want hierdie einste Ovies bring hulle kant op meer as een gebied! Wel gedaan, Ovies!Dit is ook met breë borskaste van trots dat ons Talita Vermaak geluk wens met haar besonderse prestasie vanjaar. Sy het Suid-Afrika by die Statebond-skaakspele in Indië gaan verteenwoodig en uitstekend presteer daar doer in die vreemde!Ovie skaakspan – julle het die spel voluit gespeel in 2018 en dit was SKAAKMAT vir die res! Baie geluk, julle maak ons trots!

Charlize Nel

ONS NUWE KOORKOMITTEE VIR 2019!Baie geluk en welkom aan ons nuwe groep koorleiers vir 2019! Ons sien geweldig uit na die nuwe jaar wat voorlê!

Vlnr voor : Dr Marlene le Roux, Lezanne Beyl, Carmen Britz, Mev Janneke LemkeVlnr agter : mnr Attie Rossouw, Jean van Onselen, mnr Ferdi Geyer en Keorapetse Lesolang.

Page 13: DIE VERKYKER - Hoërskool Overkruinoverkruin.com/wp-content/uploads/2018/12/Combine-Result.pdfvriendelike uilhokke te maak en dan ook bewustheid in die gemeenskap te versprei oor die

OVI

E-SA

GTE

BAL!

VERKYKER 2018 13Uitgawe 2

SAGTEBAL SPEEL DIE SPEL VOLUIT! 2018 was voorwaar ʼn suksesvolle jaar vir Ovie-sagtebal! In spanverband eindig die o.15-span as ligawenners en die Honey Badgers (eerste span) as naaswenners in die B-Afdeling. Drie van ons spanne, die o. 14, o. 15 en die eerste span, kwalifiseer om verder in die Tshwane Kampioen-afdeling deel te neem. Die o. 15-span, onder leiding van mnr. Drikus Jacobs, eindig derde in die Tshwane Kampioen-afdeling nadat hulle Hoërskool Centurion in ʼn naelbyt-wedstryd met 6-5 verslaan het. Die Honey Badgers, onder leiding van me. Niki Grobler, kom teen Hoërskool Oos-Moot in die finaal van die Tshwane Kampioen-afdeling te staan, waar hulle ongelukkig met ʼn telling van 2-7 as naaswenners uit die stryd getree het. Op individuele vlak behaal die Ovies uitstekende prestasies. Ons ster, Nushka de Beer, bereik nuwe hoogtes as lid van die S.A. Senior Vrouespan, wat Suid-Afrika in Japan by die Sagtebal Senior Wêreldbeker gedurende Augustus verteenwoordig. Sy word ook gekies vir die Gauteng o. 17-span

wat aan die Summer Games deel-neem. Sy word daarom ook as Sagte-balspeelster van die Jaar aangewys.Verder verwerf vier van ons dogters provinsiale kleure. Carmen Britz en Mekaela Pelzer word gekies vir die Gauteng-Noord o.19-Redsoxspan (B-span). Corissa Lansdell word vir die Gauteng-Noord o.15-Bluesoxspan (A-span) gekies en Monique Benson vir die Gauteng-Noord o. 15-Redsox-span (B-span). Tshepang Mamabolo maak ge-skiedenis deurdat hy die eerste Ovie-seunsspeler is wat provinsiale vlak bereik. Tshepang word nie net as die beste o. 14-kolwer in die seunsliga aange-wys nie, maar word ook gekies as gooier van die Gauteng-Noord o. 14-Whitesox-seunsspan (C-span). Ons kan met trots sê dat dit nie nét ons spelers was wat vanjaar uit-geblink het nie. Mnr. Drikus Jacobs word aangewys as die afrigter van die Gauteng-Noord o. 15-Redsox-dogtersspan. Hier is ‘n paar stukkies EKSTRA BELANGRIKE nuus! Nushka de Beer is aangewys as die Ovie Sagtebalspeler van die jaar, die beste kolwers en veldwerkers vir 2018 was

Danielle de Klerk (0.14 – kolwer), Meagan Pelzer (0.14 Veldwerker), Kyla Hughes (0.15 Kolwer) en Menésha Marx (0.15 Veldwerker), Chanel Viljoen (0.16 Kolwer) en Carla Vorster (0.16 Veldwerker) en Nushka de Beer (Eerstes – beste kolwer en Veldwerker!). Baie geluk - julle het julself uitstekend laat geld! Baie dankie aan elke speler, afrigter, tellinghouer, ouer en borg wat byge-dra het tot die sukses van die 2018-sei-soen. Ons sien met afwagting uit na 2019 en gesien in die lig van hierdie jaar se prestasies, beloof dit om ʼn besondere seisoen te wees. Ja, Ovies Sagtebal is als behalwe “sag” hier in Ovieland! Baie geluk, sagteballers, ons kan nie wag vir volgende seisoen nie!

Carmen Britz

Page 14: DIE VERKYKER - Hoërskool Overkruinoverkruin.com/wp-content/uploads/2018/12/Combine-Result.pdfvriendelike uilhokke te maak en dan ook bewustheid in die gemeenskap te versprei oor die

RED

AKTE

URS

BRI

EF //

HU

WEL

IKSK

LOKK

IES

NET

BAL

/ OVI

ES S

WEM

14 VERKYKER 2018Uitgawe 2

NETBALDie Ovies het hierdie jaar gesorg vir ‘n naelbyt netbalseisoen. Die dogters het ons naam hoog gehou en elke Ovie-Ondersteuner se hart warm laat klop van trots.Ons o/14 span het besonders presteer en geskitter. Hulle het as ligawenners uit die stryd getree en aanbeweeg na die Tshwane Kampioenskappe waar hulle ‘n algehele vierde plek behaal het. Hierdie span is definitief een om dop te hou in toekomstige seisoene.Ovieland se netbal is ‘n sport vol gees en opwinding soos geen ander skool! Ons is trots om Ovies te wees! Jeanine Kennedy

OVIES SWEM

Page 15: DIE VERKYKER - Hoërskool Overkruinoverkruin.com/wp-content/uploads/2018/12/Combine-Result.pdfvriendelike uilhokke te maak en dan ook bewustheid in die gemeenskap te versprei oor die

VERKYKER 2017 13Uitgawe 2

RUG

BY G

LORI

E IN

201

8W

VERKYKER 2018 15Uitgawe 2

RUGBY GLORIE IN 2018“Rugby is like war...easy to start, difficult to stop and impossible to forget” – RugbyLad.com Twee Stadsbekers, twee spanne in die Versekerbeker toernooi en een ontsagwekkende seisoen later kan ons met alle eerlikheid saamstem dat die Overkruin rugbymanne besig is om geskiedenis te maak.Die seisoen het oorgeloop van naelbyt oomblikke, teleurstellings, hoogtepunte en harte propvol Ovie trots. Die manne het ‘n voorbeeld vir almal in die skool gestel en bewys dat harde werk en vasbeslotenheid, oorwinnaars maak. Uitstekende spangees en ondersteuning tussen spelers, spanne en ovie-ondersteun-ers was die kern van die seisoen.Al die spanne het ‘n posisie in die top vier van die liga behaal met die o/16’s in die vierde plek, die o/14’s in die derde plek, die Tweede Span in die tweede plek. Beide die o/15’s

en die 1stespan(Ratels) eindig in die eerste plek! Die Ratels en die o/15’s kwalifiseer vir die Stadsbeker uitspele waartydens albei spanne deurdring na die eindstryd. Die Ratels gesorg het vir ‘n behoorlike naelbyt wedstryd en dit het verseker dat die meeste van ons ‘n paar jaar vroeër grys hare gaan kry! Albei spanne het hul merk agterge-laat tydens die Stadsbekerfinaal. Beide die Ratels en die o/15’s is as Stadsbekerwenners aangewys en hulle bring TWEE bekers huis toe vir Overkruin! Die o/15’s deel hulle Stadsbeker met HTS John Vorster. Hulle kwalifiseer vir en neem deel aan die Virseker Beker Toernooi. Die o/15 span het die ander skole bietjie touwys gemaak en het deur gedruk tot in die halfeinstryd! Hierdie was ‘n rugby-seisoen wat ons nie gou gaan vergeet nie! Baie geluk manne en afrigters met ‘n fantastiese seisoen, ons almal wag in groot

afwagting vir volgende jaar se nuwe seisoen! Ons haal graag ‘n paar van die Eerste Span groot menere aan: “Beste spangees wat ek al ooit beleef het. Dit was ‘n goeie seisoen vol goeie, harde rugby en uitdagings!” J van Onselen “Die rugby seisoen was vir my fantasties en die ystermanne van die Ratelspan het my geleer dat harde werk beloon word toe ons die Beker aan die einde van die seisoen, ten spyte van moeilike tye, huistoe kon bring.” - J Jacobs“Dit was ‘n tawwe seisoen. Ons het almal baie hard gewerk en ons het lank gevat om te kom waar tot waar ons wou kom! Dit was ‘n egter ‘n baie lekker seisoen en ek dink ons kan volgende jaar weer so goed doen as ons die geleenthede vat wat vir ons gegee word! ” – Ratels-Kaptein, A Bouwer.

Paballo Lekgate

Page 16: DIE VERKYKER - Hoërskool Overkruinoverkruin.com/wp-content/uploads/2018/12/Combine-Result.pdfvriendelike uilhokke te maak en dan ook bewustheid in die gemeenskap te versprei oor die

LAN

DLO

OP

2018

16 VERKYKER 2018Uitgawe 2

LANDLOOP DRAF FLINK DEUR DIE JAAR!2018 – ʼn Seisoen vol nuwe ervarings, hoogtepunte en puik prestasies vir Overkruin Landloop. Met ʼn rekordgetal van 40 atlete in die oefengroep was dit beslis ʼn jaar om te onthou. Die seisoen is afgeskop met padwedlope, ʼn stywe oefenprogram en die gebruiklike waterpuntkompetisie waar dielandloopspan met die trofee weg-gestap het. Gedurende die tweede kwartaal het ons aan die AGN-ligas deelgeneem en vriend en vyand verras met ons prestasies tydens hierdie ligas. Die Junievakansie is gebruik as finale voorbereiding vir die skole-liga en is afgeskop met die oefenkliniek. Die kliniek het vele aktiwiteite behels – van spanbou tot ʼn strawwe oefensessie by die Uniegebou en is afgesluit met ons eie ysterman- en ystervroukompeti-sie. Tydens die kliniek is ons nuwe bestuur aangekondig:Dogters Kaptein: Jean-Mari CoetzeeOnderkapteine: Anja Viljoen SeunsKaptein: Dries du BrutoOnderkaptein: Juan Bouwer

Ons het in 2018 vyf atlete gehad wat tot die Interprovinsiale span verkies is, wat op 16 Junie in Zeerust gaan deelneem het: Carla Britz (dogters o. 14), Anzé Nel (dogters o. 15), Juan Bouwer (seuns o. 15), Mercy Makua (dogters o. 17) en me. Milize Swanepoel (senior vrouens). Die amptelike seisoen het afgeskop op 18 Julie met die eerste ligabyeen-koms. Hierdie jaar het die atlete aan ʼn totaal van ses ligas deelgeneem en het baie goed gevaar. Na afloop van die AGN-kampioenskap te Hoërskool Eldoraigne, is drie atlete verkies om aan die S.A. Landloop-kampioenskap deel te neem in Port Elizabeth. Baie geluk aan Carla Britz, Mercy Makua en Thato Yedwa (seuns o. 17). Ons is trots op julle. Die volgende toekennings word tydens die prysuitdeling gemaak:Junior Landloopatleet van die Jaar:Seuns – Juan BouwerDogters – Carla BritzEerste span:André JansenWilhelm EsterhuizenJuan BouwerThato YedwaMattheus de BeerDaniel van der Vyver

Carla BritzAnzé NelMercy MakuaSpankapteine:Jean-Mari Coetzer Anja Viljoen Dries de Bruto Juan Bouwer Tydens die meriete-aand word die volgende toekennings gemaak:Senior Landloopatleet van die Jaar:Seuns – Thato YedwaDogters – Mercy MakuaKleure Maroen: (Verteenwoordig Gauteng-Noord tydens Interprovinsiale byeenkoms)Anzé Nel (dogters o. 15) Juan Bouwer (seuns o. 15) Kleure Goud: (Verteenwoordig Gauteng-Noord tydens SA Landloop kampioenskap)Carla Britz (dogters o. 14) Mercy Makua (dogters o. 17) Thato Yedawa (seuns o. 16) Baie geluk aan hierdie puik landloopspan – julle kan sommer al klaar uitsien na ‘n uitstekende 2019 met so ‘n gedugte span!

Ons is trots op julle!

Charlize Nel en Carmen Britz

Page 17: DIE VERKYKER - Hoërskool Overkruinoverkruin.com/wp-content/uploads/2018/12/Combine-Result.pdfvriendelike uilhokke te maak en dan ook bewustheid in die gemeenskap te versprei oor die

OVI

ES H

OCK

EY K

ICKG

RASS

VERKYKER 2018 17Uitgawe 2

OVIES HOCKEY KICKGRASS“It’s not about talent, it’s about heart. It’s about who can go out there and play the hardest. They’re not going to give you anything. So you have to go out there and take it.” – Game day quotes And the Ovies hockey players did exactly that . With an overall first place in the league, the closest school behind with 36 points, Hoërskool Overkruin’s hockey players are rewriting the school’s hockey history.With three teams qualifying for the Noordvaal Tournament, and a top three spot in the league for each team, I think it is safe to say that this was a great season for the hockey players. The u/14s, u/16s and 1st team finished in second place and the u/15s won the league! The u/14s, u/15s and u/16s all qualified for the Noordvaal Tournament, where the

best schools North of the Vaalriver compete against each other to determine who is the best of the best.The u/14s unfortunately lost all three of their games but the players of the tournament were Monika Dinkel and Danielle de Klerk. A big congratulations to this team and their coach, Coach Luan.

The u/16s lost two of their three games and won their game against H/S Hoogenhout. The player of the tournament there was Bianca Nel. A big congratulations to this team and their coach Mr Nortje. The u/15s made Overkruin history with their perfomance in the tournament. They finished first in their pool and qualified for the quarter-finals, where they won 1-0 against Frikkie Meyer. Unfortunately, they lost 0-1 to H/S

Volksrust in the semi-finals, but they closed off the tournament with a third place. An outstanding achievement considering that the same team ended 13th in the tournament in 2017. A huge con-gratulations to this team, and their coach Mr Enslin. The boys hockey teams also achieved a lot this season and finished their season fourth in the league. They are a team that we should all keep our eyes on because big things are coming from this group of hockey players. Thank you to every single hockey player who contributed to this wonderful and exciting hockey season. We hope to see more of you all next year and we expect great things in the season to come.

Paballo Lekgate

Page 18: DIE VERKYKER - Hoërskool Overkruinoverkruin.com/wp-content/uploads/2018/12/Combine-Result.pdfvriendelike uilhokke te maak en dan ook bewustheid in die gemeenskap te versprei oor die