die waarheid reeks 1 ons as tempel

43
DIE WAARHEID REEKS 1 ONS AS TEMPEL Die verhouding tussen Eenheid en Waarheid

Upload: kami

Post on 23-Feb-2016

120 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Die Waarheid reeks 1 Ons as Tempel. Die verhouding tussen Eenheid en Waarheid. - PowerPoint PPT Presentation

TRANSCRIPT

Page 1: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel

DIE WAARHEID REEKS

1

ONS AS TEMPELDie verhouding tussen Eenheid en

Waarheid

Page 2: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel

In antwoord (aanvulling) op ‘n onlangse lering wat uitgestuur is oor ons as kinders van Vader wat almal gesamentlik die tempel is en ‘n vraag wat iemand in

antwoord daarop bygevoeg het oor wie die “ons” dan is wat saam die tempel vorm.

Ek stem grootliks saam met albei - die stelling en vraag, maar glo ook daar is ‘n individuele lering waar die enkel persoon as deel van die groep aangespreek word. Dit is egter nie van belang in ons huidige gesprek nie. Ek wil graag die volgende deurgee in afwagting op u respons oor die vraag: “Wie is die ONS wat saam die tempel

moet vorm?

Daar is ‘n algemene lering en gedagtes wat rondgaan dat ons vir almal moet lief wees en dat almal, selfs met

verskille, aanvaar moet word in “eenheid”.

Page 3: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel

Klink reg – miskien hang dit af van ons verstaan van God se liefde.

Hierdie punt moet dalk eerder in persoonlike debat opgelos word, maar ek hoop om deur ‘n voorbeeld of

wat my gedagtes hieroor aan u voor te hou.

Wat is die gevolge as ek maar net by alle verskille verbykyk “in liefde”?

Mag ek dus ook wat verkeerd is in “liefde” aanvaar?

Mag ek oordeel of is dit nie “liefde” nie?

Page 4: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel

Ek mag nie oordeel nie, so ek noem die persoon wat geen Godswaarde of gehoorsame lewe het nie

“broer” en “suster.”

?

Vriende met Wêreld

Page 5: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel

Ek moet almal liefhê en hulle toelaat om saam met my te aanbid en Yeshua se liggaam te herdenk.

?Eenheid

met onreinheid

Page 6: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel

Elke persoon is verantwoordelik vir sy eie lewe en dit het niks met my te doen nie

?

Besoedeling

Page 7: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel

Niemand is volmaak nie, jy mag nie oordeel nie; as dit so is, wat dan van Sy duidelike opdragte.

?

Ons is te bang om te oordeel tussen reg en verkeerd want ons is bang ons verloor mense en vriendskappe.

Misken Vader se opdrag

Page 8: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel

Die tempel wat met hierdie stene gebou is, is wankelbaar……

Watter god sal daarin woon?

Page 9: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel

Roomse leer

Protestante

Charisma

Joods

Beheer alle leringe Emosionele ,

Oordelend – orde – so naby Wet sonder Yeshua

Page 10: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel

Humanisme

Hindoeisme Yoga

Boedhisme

New-Age

Islam

Ek doen om beloon te word Almal is goed ,

God is in alles – ek is god Myself oorgee

Ek is in beheer Look-a-like gode

Page 11: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel

Die tempel wat met hierdie stene gebou sal word kan dalk mooi wees en selfs sterk staan…..

Maar watter god sal daarin woon?

Page 12: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel

2 Kor 6:16 Watter ooreenkoms het die tempel van God met demone? Julle is die tempel van die lewende God, net soos gesê is: “Ek sal in hulle bly en Ek sal in hulle leef en Ek sal hulle God wees en hulle sal vir My ‘n volk wees.”

17 “As gevolg hiervan,” sê hwhy, “gaan van tussen hulle uit, skei jou af van hulle, raak nie die dinge wat onrein is, aan nie en Ek sal julle ontvang

18 en Ek sal vir julle ‘n Vader wees en julle sal vir My seuns en dogters wees,” sê hwhy, wat almal vashou.

Page 13: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel

Valse leer

Motiewe Trots

Eie wil Selfsug

Geldsug

Hoor nie by Vader, Beskerm my belange

Onegtheid in rede en daad Myself laat geld

Nie Woord alleen Sodat ek nie skade ly

Page 14: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel

Die tempel wat met hierdie stene gebou sal word kan dalk goed lyk van buite af…..

Maar watter god sal daarin woon?

Page 15: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel

2 Kor 6:16 Watter ooreenkoms het die tempel van God met demone? Julle is die tempel van die lewende God, net soos gesê is: “Ek sal in hulle bly en Ek sal in hulle leef en Ek sal hulle God wees en hulle sal vir My ‘n volk wees.”

17 “As gevolg hiervan,” sê hwhy, “gaan van tussen hulle uit, skei jou af van hulle, raak nie die dinge wat onrein is, aan nie en Ek sal julle ontvang

18 en Ek sal vir julle ‘n Vader wees en julle sal vir My seuns en dogters wees,” sê hwhy, wat almal vashou.

Page 16: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel

Baie plekke in die Skrif, wanneer met Yisra’el gepraat word of met die gelowiges en daar na hoerery verwys word, is metafories om te wys na die volk en mense se loop na en aanvaarding van ander gode en wêreldse gesindhede.

Page 17: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel

Daar is geen eenheid tussen Vader se Gees en die gees van die wêreld nie. GEEN!!

Daar is nie eers raakpunte nie. Die een hoort nie in dieselfde gesprek as die ander nie.

Ons behou vriende buite die waarheid vir een of ander goed-klinkende rede. Ons sal kompromie aangaan ter wille van een of ander on-Bybelse “goeie” rede.

Page 18: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel

Dit is niks anders as SELF nie en om selfsugtige redes.

Is dit waarmee ons bou?

Die Woord sê in Gees en in Waarheid – nie in vlees en in waarheid nie.

Page 19: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel

2 Kor 6:16 Watter ooreenkoms het die tempel van God met demone? Julle is die tempel van die lewende God, net soos gesê is: “Ek sal in hulle bly en Ek sal in hulle leef en Ek sal hulle God wees en hulle sal vir My ‘n volk wees.”

17 “As gevolg hiervan,” sê hwhy, “gaan van tussen hulle uit, skei jou af van hulle, raak nie die dinge wat onrein is, aan nie en Ek sal julle ontvang

18 en Ek sal vir julle ‘n Vader wees en julle sal vir My seuns en dogters wees,” sê hwhy, wat almal vashou.

Page 20: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel

In wie sal Hy kom woon? Uit liefde uit in almal?

NEE - NOOIT!!‘n Verwerplike gedagte!

In hom wat hom afsonder in hwhy se Gees, hwhy se

Waarheid, hwhy se lewenswyses, hwhy se

gesindheid en in hwhy se wil.

Page 21: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel

Om ‘n tweede aspek uit te beeld wil ek graag nog ‘n voorbeeld gebruik.

Hoeveel van die rein, skoon Waarheid moet ek by die vuil besoedelende en vernietigende meng om dit skoon te maak?

Page 22: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel
Page 23: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel
Page 24: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel
Page 25: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel

Jammer – gaan nie werk nie!

Leuen en waarheid gaan nie saam nie.

Al wat gebeur is dat die skoon water ook besoedel word.

Miskien doen ons dit verkeerd?

Page 26: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel
Page 27: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel
Page 28: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel
Page 29: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel

Jammer – ook dit werk nie!

Leuen en waarheid gaan nie saam nie.

Al wat gebeur is dat die skoon water ook besoedel word.

Jy kan nie ‘n bietjie leuen toelaat nie.

Page 30: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel

Mense is doodgemaak deur die sg. “Kerk” en mede

“gelowiges” vir so ‘n lewe en leer. Net so word die leer van waarheid dood gemaak deur sleg te praat van hulle wat dit leef en leer en deur hulle uit te skuif tot ongewenst en oorsaak van verdeeldheid ….. tot stilte.

Page 31: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel

Ek wil vandag verklaar dat ek gewilliglik, maar hartseer,

verdeeldheid tussen WAARHEID en die leuen sal en wil bring.

En ek is bereid om dit alleen te doen OF saam met elkeen wat die volle waarheid liefhet.

Page 32: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel

Yeshua verklaar:

Luk 12:51 Dink julle dat Ek gekom het om vrede in

die wêreld te bring? Nee, Ek sê vir julle, eerder

verdeeldheid,

Page 33: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel

Eenheid is net moontlik uit die selfde Geesvervulde

gedagtes wat uit een bron werk:

1 Kor 1:10 Ek versoek julle egter, broers, deur die Outoriteit en

Karakter van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, om almal uit een

mond te praat en dat daar nie verdeeldheid tussen julle sal wees

nie, maar dat julle volmaak sal word in dieselfde gedagtes en in

dieselfde opinie,

Page 34: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel

Reeds in die Reformasie is gesê: ‘Peace if possible, TRUTH at

all cost’

Wat is Waarheid?Pilatos het gevra Yog 18:38 en

elkeen vandag skyn sy eie waarheid te verkondig.

Page 35: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel

Kom ons kyk na die Woord van God se definisie van wat

Waarheid is.

Page 36: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel

Rom 3:4 - God is Waarheid1 Yog 5:7 - die Gees is die WaarheidYog 17:17 - U boodskap is die waarheid 2 Sh’ 7:28 - U boodskap is waarheid Ps 19:10 - die oordele van hwhy is waarheidPs 111:7 Die werke van Sy hande is waarheid

Page 37: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel

Ps 119:142 - U wet is waarheidPs 119:151 - al U opdragte is waarheidPs 119:160 - Die fondasie van U boodskap is waarheidDan 4:37 - al Sy werke is waarheid

Yog 14:6 Yeshua antwoord hom: “Ek is die Pad, die Waarheid en die Lewe; niemand gaan na My Vader toe nie, behalwe deur My.

Page 38: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel

Yog 14:17 - Hy is die Gees van die Waarheid, wat die wêreld nie

kan ontvang nie omdat dit Hom nie gesien het of Hom

geken het nie, maar julle ken Hom omdat Hy by julle bly en

in julle is. Gen 41:38; Num 11:17-29; Rig 6:34

Sonder Yeshua as middelpunt en voorbeeld is daar geen Waarheid

nie.

Page 39: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel

Yog 15:26 - 17 Hy is die Gees van die Waarheid, wat die wêreld nie kan ontvang nie omdat dit Hom nie

gesien het of Hom geken het nie, maar julle ken Hom omdat Hy by

julle bly en in julle is.Gen 41:38; Num 11:17-29; Rig

6:34

Sonder die Gees is alles net mensekennis.

Page 40: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel

Yog 16:23 - Ek het nog baie dinge om vir julle te sê, maar julle kan dit nie nou ontvang nie, 13 maar wanneer Hy, die Gees van die Waarheid, gekom het, sal Hy julle in die hele waarheid lei, want Hy sal nie uit Homself praat nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy sê en die toekoms aan julle openbaar. Iyov 32:8; 1 Tim 1:16

Page 41: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel

Yog 1:17 want die wet is via Moshe gegee; die

onverdiende guns en die waarheid het via Yeshua, Die

Gesalfde Een, bestaan.

As elke byeenkoms en gesprek nie by Yeshua as middelpunt uitkom nie sal jou Torah leeg

wees en jou oordeel volmaak.

Page 42: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel

Met die aanvaarding van die ganse Woord van Vader as Waarheid, is die stap tot

eenheid maklik.

Hy het reeds alles gesê wat nodig is vir ons om volgens

te leef.

Dit is die enigste Waarheid.

Page 43: Die Waarheid reeks 1 Ons  as Tempel

Eenheid sonder waarheid is vals.

Waarheid is in Yeshua en Sy Boodskap alleen.

Slegs daar is ware eenheid.

Miskien is dit die tempel waarop gekonsentreer moet word – DIT

is die tempel wat nou gebou moet word.

Gerrie C [email protected]