die wapad no 9 feb 14 - sawa · heilige gees. “julle moet in my bly en ek in julle. ’n loot kan...
TRANSCRIPT
1
Jaargang 32 Eerste uitgawe Februarie 2014
Die Wapad SAWA Oos-Kaap
Wanneer iemand iets verkeerds
wil doen, moet hy nie sê: “God verlei my” nie. Ons weet mos God kan nie verlei word om
verkeerd te doen nie, en Hý ver-lei ook niemand nie. Ons eie
sondige begeertes beproef ons, sleep ons saam en verlei ons.
Jy hoef nie ‘n boer te
wees om te kan plant nie
Mangoldspool
Kersete Summerwood
2
Jaargang 32 Eerste uitgawe Februarie 2014
INHOUDSOPGAWE
UIT DIE WOORD.....................................................................................................................................3 VOORSITTERS VERSLAG....................................................................................................................4 REDAKTEURS BRIEF!...........................................................................................................................5 LIEF EN LEED & SAWA EREKODE...................................................................................................6 IETS VIR DIE LAGSPIERE ..................................................................................................................7 WAT SÊ DIE OORD EIENAARS VAN KAMPEERDERS................................................................8 JY HOEF NIE ’n BOER TE WEES OM TE PLANT NIE & HUIS MINETTE...........................…9 MANGOLDSPOOL KAMPVERSLAG…………………………………………………........ ..10 & 11 SUMMERWOOD JEUG KAMP .................................................................................................12 & 13 OOS-KAAP HOU VAKANSIE DIE LANDVOL............…….... ........................................................14 SPITBRAAI BY SUMMERWOOD......................................................................................................15 STEVE EN ISCHKE SE “CAMPER”..................................................................................................16 SKOOL TOE IN 2014............................................................................................................................17 SAWA OOS-KAAP HOU VAKANSIE BY BOKNES........................................................................18 LEDE INDELING........................... ......................................................................................................19 VERJAARSDAE...................................................................................................................................20 JAAR PROGRAM................................................................................................................................21 SAWA STREEF DAARNA..................................................................................................................22 Tensy anders vermeld word daar ook van die Internet en Facebook gebruik gemaak vir inligting
3
Jaargang 32 Eerste uitgawe Februarie 2014
Uit die woordUit die woordUit die woordUit die woord
BOLLE EN BLOMME
Lees 1 Tessalonisense 1: 1 – 10
“…julle (het) die woord aangeneem met ’n blydskap wat van die Heilige Gees kom…
so het julle ’n voorbeeld geword vir al die gelowiges…Van julle af is die woord van
die Here verkondig…” (7,8).
In “Energy Post” vertel iemand van ’n blomme saad winkeltjie naby haar kollege in
Cambridge. Sy het menigmaal by die winkel se vensters verby gestap, sonder om
haar te steur aan die uitstalling van blomsade en blombolle. Na een Kersvakansie
keer sy terug en vir die eerste keer steek sy vas by die winkel se vensters. In die
een venster is ’n oorvloed van blomme uitgestal: hiasinte, tulpe en nog meer. In die
ander venster is die gewone uitstalling van saad en bolle. Voorheen het die kleur-
lose uitstalling van saad en blombolle haar nie in die minste geïnteresseer nie. Toe
sy egter die kleurlose bolle se kleurvolle produk van blomme in die ander venster
sien, besluit sy dadelik om uit haar plat beursie geld te neem en vir haar tulpbolle te
koop. In haar verbeelding kan sy sien hoe haar woonplek gaan lyk as die tulpe blom.
Aan die einde van haar vertelling maak sy hierdie toepassing: “The world is not
interested in the Bible. But let the world begin to see fruit in the lives of those who
profess to be in Christ Jesus; let the world begin to see beauties hither-to hidden
and realise the sweet savior of Jesus Christ, and I doubt not that men and women
will begin to ask for the way of salvation. The strongest argument for Jesus Christ
today is a convincing SPIRITUAL life!”
So ’n aangename en kleurvolle Christen lewe is nie net die produk van stipte
navolging van Christelike reëls en beginsels, soos dit in die Bybel geskryf staan en
predikante van ons verwag nie. Met ons aangebore sondige natuur kry ons dit nie
reg nie. Dit is die produk van Christus se eie lewe in ons, deur die werk van die
Heilige Gees. “Julle moet in My bly en Ek in julle. ’n Loot kan nie sy eie vrugte dra as
hy nie aan die wingerdstok bly nie; en julle ook nie as julle nie in My bly nie. Ek is
die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en ek in hom, dra baie vrugte, want
sonder My kan julle niks doen nie”
“Here, vandag vra ek U liefde in my hart.”
Geneem vanaf die Internet skrywer Manie Colyn
4
Jaargang 32 Eerste uitgawe Februarie 2014
DIE VOORSITTER Sê…DIE VOORSITTER Sê…DIE VOORSITTER Sê…DIE VOORSITTER Sê…
Eerstens, aan almal wat nie gereeld kamp nie, mag julle almal ’n voorspoedige nuwe jaar geniet. Aan die gereelde kampers, wel ek het alreeds aan julle almal ’n voor-spoedige nuwe jaar toegewens. Geluk aan al die matrieks wat hulle skoolloopbaan suksesvol voltooi het, mag daar vir julle ’n suksesvolle lewe voorlê. Aan al ons ander skoolgaande kinders, baie geluk met julle uitslae, mag die jaar wat voorlê vir julle ook net geluk en vreugde bring. Geniet alles wat die skool jou aanbied en neem aan alles deel, maar moet nie ver-geet om te leer nie.
Wat ’n begin van die nuwe jaar. Skaars klaar Kersfees gehou en ons kamp al weer. Wat ’n voorreg het ons as kampers nie. Die Gautengers is nog nie eens oor die Swartkopsrivier nie en ons gaan staan op hulle dooie gras en geniet onsself gate uit. Dankie, Zelda vir jou en jou span se suksesvolle jeugkamp. Aan almal wat kom kamp het, dankie vir die deelneem aan al die aktiwiteite. Dit is mos waar-voor SAWA daar is.
Ons is bewus daarvan dat die stygende petrolprys en rentekoerse ons maar gaan laat noustrop trek, maar kom ons probeer om so veel as moontlik van die kampe by te woon. Ons staan tans op 123 lede (gesinne), waarvan 30 gesinne, lede bo 60 jaar oud het. Sedert die AJV tot en met die Summerwoodkamp het ons ’n gemiddelde bywoning van slegs 42% gehad, wat beteken slegs 52 lede kamp gereeld. 45 lede (37%) het nog glad nie gekamp gedurende hierdie tydperk nie. Kom ons probeer om dit nader aan die 50% te kry. Begin sommer nou al te spaar vir die Gebiedskamp by Keurboomsrivier. Ons sal binnekort die koste van die kamp aan julle deurstuur.
Aan my mede bestuurslede, dankie vir die samewerking in 2013, mag die jaar wat voorlê net lekker kampe wees. Dit is ’n vol program vir Februarie, met die groot Willows kamp en die 100+ net twee weke later. Aan ons 100+ lede, hoop julle ge-niet die kamp.
Johan SteynbergJohan SteynbergJohan SteynbergJohan Steynberg
5
Jaargang 32 Eerste uitgawe Februarie 2014
RedakteursbriefRedakteursbriefRedakteursbriefRedakteursbrief
Teen die tyd dat hierdie Wapad verskyn is die Desember vakansie reeds iets van die verlede. Ons is ook almal weer amper moeg van die uitdagings wat die nuwe jaar vir ons bied. Vir die Graad een kleintjies, ek glo julle is nou groot en is dan ywerig om elke dag te leer wat die Juffrou vir julle nou leer. Die nuwe matrieks, ja Oom Johan het ons voor die skole begin het gesê dat julle slegs 120 dae skool oor het en nou is daar baie minder, so sit maar skouer aan die wiel — die einde is in sig. Vir die res van ons Skoliere en Studente ook vir julle alles van die beste en ons glo dat dit ook met julle sal goed gaan in hierdie jaar. Ons het dan almal lekker vakansie gehou en ook dan ons eerste kamp by Summerwood gehad met al sy sports. Dit is werklik aangenaam om almal so spontaan te sien deelneem aan die aktiwiteite wat daar vir ons aangebied word. Ja, dit is baie werk om hierdie programme bymekaar te sit en wanneer dit ’n sukses is voel die persoon wat dit saamgestel het hy het in sy doel geslaag. Daarom sê ons vir een en almal wat die kamp bygewoon het baie dankie vir julle op-koms. As ek ook dan so terugkyk op die tyd wat ek saam met SAWA kamp is dit ook altyd lekker om die “clowns” van die kamp te sien. Ek wil dan graag hier dink wie is die grootste “clown” tussen ons, daar was al baie maar ek sal vir Jacques Strydom wil uitsonder wat na my mening altyd weet hoe om die res van ons te vermaak. Hou so aan Jacques. Ek poog om hierdie nuusblad dan ook elke tweede maand die lig te laat sien en vra weer dat enige nuus, foto’s, Bybelverse en grappies vir my aangestuur word. Dit is ’n onmoontlike taak om hierdie nuusblad alleen vir almal interessant te maak. Ek het definitief julle hulp nodig asseblief. Al is dit nie moontlik om alle nuusbrokkies in dieselfde uitgawe te plaas nie gooi ek niks weg nie, maar plaas dit dan ’n volgende keer, vra gerus vir die persone wat reeds vir my inligting gestuur het en dan is dit dalk eers een of twee uitgawes later geplaas. Ons volgende kampe is dan Willows, die 100+, Cannon Rocks en Paasnaweek, ek glo dat hier-die kampe ook goed ondersteun sal word en sien uit daarna om julle weer daar te sien. Groete
Jan HugoJan HugoJan HugoJan Hugo
6
Jaargang 32 Eerste uitgawe Februarie 2014
EREKODE
Hiermee verbind ek myself en my gesin tot die Grond wet, asook tot die Reëls en Gedragskode van die Suid-Afrikaans e
Woonwa-Assosiasie Verder verbind ek myself tot die volgende:
1. Ek sal strewe om die Christelike grondslag van S AWA te bewaar en uit te lewe;
2. Ek sal SAWA dien sover ek kan en alles in my ver moë doen om ons Assosiasie uit te brei;
3. Ek sal ons geliefde land se natuurskoon en sy fa una en flora beskerm en bewaar;
4. Ek sal poog om alle openbare geriewe en fasilite ite tot my beskikking so te benut dat ander gaste dit sonder o ngerief
kan gebruik; 5. Ek sal poog om in alle opsigte hoflik te wees, b eleefd op te
tree en bedagsaam te handel teenoor alle padgebruik ers; 6. Ek sal daarop let om nie deur my gedrag die eer van SAWA te skend nie, maar sal poog om die agting van almal met wie
ek in aanraking kom, af te dwing.
Lief
♥ Ons dank ons Hemelse Vader vir die gesondheid wat ons geniet.
♥ Dat dit beter gaan met Dina se Pa.
♥ Alida Steynberg se toetse was negatief.
Leed
� Die vakansie is verby � Ons dink aan die volgende lede wat vir operasies moet
ingaan in die nabye toekoms, Liana, Zeldri,, Tanyia en Stienie.
� Sakkie Kinghorn wie se Pa onlangs oorlede is. � Tessa se suster wat ook nog baie siek is. � Ons dink ook steeds aan Frans Labuscagne se Ma se
gesondheid
Die volgende beroep is tydens die Bestuursvergadering van 31 Januarie 2014 aan al
ons lede gedoen: Wanneer daar onder die vaandel van SAWA gekamp word, moet alle lede hulle by die SAWA reëls hou en alle ander kampeerders en mede Sawanante in ag neem met hul doen en lattes. Dit is ook dan wat ons erekode punt no 6 hieronder van ons verwag. ♥ Oos-Kaap Bestuur
7
Jaargang 32 Eerste uitgawe Februarie 2014
Iets vir die lagspiere ‘n Maand na Koos se troue vra Piet: En hoe gaan dit met die getroude lewe? Nee wat goed se Piet. Ons gaan binnekort ˜n Klein, vet, skreeuende, tandlose dingetjie in die huis hê . Dis wonderlik!! se Piet. is jou vrou Dan swanger? Koos: Nee, my skoonma trek in.....!!! 'n Boer besluit om sy skoonma as voel verskrikker t e gebruik. Dit werk so goed, die voëls het die helfte van laas jaar se oes teruggebring. ‘Jannie, kom soen gou vir tannie Marie. Sy gaan nou ry.' sê Mamma. 'Nee Ma! gister toe Pa haar gesoen het, het sy hom geklap da t hy trek!' Watter deel van die son is die warmste? Bladsy 3... Seuntjie muskiet: "Mamma kan ek asseblief vanaand n a die teater produksie toe gaan?" Mamma muskiet: "Ja my seun maar wees asseblief vers igtig wanneer die mense begin hande klap." Juffrou: Wie het vir Simson verlei? Jannie: Dit was 'n Steyn-meisietjie, Juffrou. Juffrou: Steyn????? Jannie: Ja Juffrou, Phyllis Steyn. Baas: Glo jy in life after death? Werker: Absoluut meneer! Baas: Ek het so gedink. Gister, net na jy hier weg was na jou vriend se begraf-nis het hy hier opgedaag om vir jou te kom hallo sê . Koos daag kaalgat by 'n fancy dress party op met ru gsak vol bier. Die gasheer vra hom, ou maat, WATS jy veronderstel om te wees? Ek's 'n skilpad - hier-die is my dop... Ingestuur deur Deneal Blignaut (my sk oonseun) die eerste twee grappies is spesiaal vir s y skoonma
8
Jaargang 32 Eerste uitgawe Februarie 2014
Geneem uit die Wegsleep Desember 2013
Wat sê die Oord Eienaars/Bestuur van die Kampeerders Bass Lake-Lodge, Pretoria “Kampeerders wat ‘n mens omkrap, is in die minderheid, maar jy kry daai mense wat nie respek het vir reëls. of ander kampeerders nie. Een reël is dat n kampeerder al sy goed op sy staanplek moet inpas. Jy kry die ouens wat hulle motor sommer enige plek parkeer. ‘n Ander kopseer is die kampeerder wat bespreek in die week kort voor sy beoogde aankoms en dan nie opdaag nie. Intussen wys jy mense weg, want jy verwag die ou wat bespreek het.” Bergrivier oord, Paarl “ ‘n Mens kry die kampeerders wat sake vir jou moeilik maak. Hulle buig die reëls om by hulle aan te pas, veral wat betref musiek en die spoedperk in die oord.” Klein Paradys gasteplaas, Modimolle (Nylstroom) “Baie kampeerders het nie respek vir grasperke nie. Hulle maak sowaar vuur daarop of gooi sommer warm water daarop uit.” Thaba Monate wilds lodge, Bela-Bela “Vloek en skel laataand om die vuur, rommelstrooiery, veral van drankbottels; Woonwaens wat meer as die toegelate 15A krag trek; kinders wat wild met klippe gooi of ketties skiet; gaste wat werkers met drank beloon en kampeerders wat warm water mors deur te lank te stort.” De Rust woonwapark Bela-Bela “Dit maak n mens briesend; kampeerders wat vir een nag bespreek, dan daag hulle vroeg Saterdagoggend op en ry eers weer laat Sondag; en kampeerders wat toiletpapier na hulle staanplekke toe aandra om as va-doeke te gebruik. De Voetpad kloof oord, Middelburg (Mpumalanga) “’n Mens weet sommer daar is moeilikheid as gaste met ‘n drankie in die hand by die ontvangskantoor instap en lawaaierig is. Party kampeerders dink hulle besit die oord omdat hulle vir die verblyf betaal het en ignoreer dan geen toegang-borde. Daar is selfs mense wat die rook verbode bordjies in die badkamers vaslê . Moet ook nie van die klakouse vergeet nie. Vir hulle pla alles van die gehalte van die toiletpapier regdeur tot die buurman wat snork. Kampeerders moet die kampplek kies met reëls waarmee hulle, hul kan vereenselwig—gun jou medemens n welverdiende rus.” Bosfontein woonwa oord, Bela-Bela “ Ons grootste probleem is dagbesoekers en ekstra mense per staanplek. Sommige kampeerders reken hulle het betaal en dan behoort die oord aan hulle. Een Saterdag daag ‘n oom en tannie op wat vir die dag by hulle kinders wil kom kuier. Ons kamp prys geld vir vier mense, maar die oom en tannie reken omdat hulle kinders net twee op die staanplek is, is die ander twee mense dan hulle—en hulle hoef dus nie te be-taal nie. Hulle het seweuur die oggend daar aangekom en is eers teen tienuur die aand weg, heel ontstoke omdat hulle moes betaal. Kampeerders is soms ook oneerlik. Op n dag ry een van ons besoekers en gaan haal hulle ouers vir die dag. Toe ek die volgende oggend hieroor uitvra, het een deel van die groep niks daarvan geweet nie, terwyl die ander dit erken het.”
9
Jaargang 32 Eerste uitgawe Februarie 2014
Jy hoef nie 'n boer te wees om te kan plant nie...
As jy eerlikheid plant, sal jy vertroue oes... As jy integriteit plant, sal jy karakter oes...
As jy opregtheid plant, sal jy goeie dinge oes... As jy respek plant, sal jy vriende oes...
As jy goedheid plant, sal jy tevredenheid oes... As jy vriendelikheid plant, sal jy glimlagte oes...
As jy geduld plant, sal jy kalmte oes... As jy goeie dade plant, sal jy hoop oes...
As jy dankbaarheid plant, sal jy innerlike geluk oes... As jy nederigheid plant, sal jy grootheid oes... As jy volharding plant, sal jy bevrediging oes... As jy oordenking plant, sal jy perspektief oes...
As jy sweet plant, sal jy sukses oes... As jy vergifnis plant, sal jy versoening oes...
As jy jou hart plant, sal jy liefde oes... As jy geloof, hoop en liefde plant, sal jy die mooi van die lewe oes...
Ingestuur deur Alida Steynberg
Huis Minette
Poppie en Liana het die geld (R1977.00) wat Oos-Kaap by die Kers kamp te van Stadens vir Huis Minette ingesamel het aan die inwoners
gaan oorhandig..
Ingestuur deur Liana
10
Jaargang 32 Eerste uitgawe Februarie 2014
Oos-Kaap Mangold pool
29 November – 01 Desember 2013
Die Strydom's was die eerste om by Mangold pool te arriveer vir Oos-Kaap se laaste kamp van die jaar. Ons was darem elf wat die kamp bygewoon het. Karen Rautenbach het boekevat gehou en inbetaling is reeds vroegaand afgehandel. Almal het n vuurtjie gemaak en lekker ontspan. Daarna is die uno kaarte uitgehaal wat geëindig het dat arme ou Steve sy bussie moes afstaan. Die wind het bietjie gelol en arme Jacques moes 3uur die oggend sy rally afslaan.
Saterdag het dit lekker gereën en elkeen het sy ding gedoen soos dit hom pas. Die krieket het uitgereën, maar hulle kon dit darem laat middag speel (Dankie Chantel en Werner). Jano en Wanda het nie dat die weer hulle afskrik nie en ‘n paar gooie in die see gaan maak met ‘n uiteinde van ‘n mooi seekat (die visse het seker nog lekker geslaap). Vervolg.....................
Pragtige foto’s van die seelewe by Mangoldspool
Die omgewing Jano en Wanda se seekat
11
Jaargang 32 Eerste uitgawe Februarie 2014
..............vervolg Lee-anne Bothma het vir ons Saterdagaand boekevat gehou (dis mooi om te sien die kinders wil dit doen, Dankie)
Saterdagaand het ‘n groep heerlike Kersete gehad met boude, hoender, gammon, sout vleis, gebraaide aartappels, verskeie slaaie en trifle vir nagereg. Dankie aan almal wat daarmee gehelp het, volgende jaar betrek ons almal. Sondagoggend het Jakkie n pragtige Kersboodskap gelewer. Dankie Jakkie jy is altyd ‘n staatmaker. Die weer was fantasties en ‘n paar het nog gebly om te braai en eerste son brand te kry vir die jaar. Nogmaals dankie aan die wat die kamp bygewoon het dit altyd lekker om so naby aan die see te kan kamp. Aan almal ‘n geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige nuwe jaar. Sien julle op Summerwood! Groete
Liana LabuschagneLiana LabuschagneLiana LabuschagneLiana Labuschagne
Die tafel is gedek vir die Kersete
Lee-Ann berei haar voor vir die Boekevat
Die saamkuier
12
Jaargang 32 Eerste uitgawe Februarie 2014
Oos-Kaap Summerwood Jeugkamp
6 Januarie – 12 Januarie 2014
Ons jaarlikse jeugkamp by Summerwood van 10 – 12 Januarie 2014 was soos in die verlede ‘n groot sukses. Party van ons lede was so gelukkig dat hulle sommer die hele week daar kon kamp. Dit was pragtige weer, ‘n pragtige plek, vakansie-atmosfeer, goeie vriende….. Wat meer kan ‘n mens dan vra? Ons is veral trots op ons kinders wat self baie van die take gedoen het en op elkeen (jonk en oud) wat deelgeneem het aan die aktiwiteite. Ons was 47 karavane – waarvan 4 gaste was.
Vrydagaand se boekevat is gedoen deur Lee Ann Bothma en Chené Engelbrecht. Daarna het die LAN aand begin en die jong klomp het letterlik deur die nag gespeel.
Vervolg...............
13
Jaargang 32 Eerste uitgawe Februarie 2014
..............Vervolg Saterdag was die Watersport by die swembad en die twee spanne “Mamma Jack” en “The Minions” het mekaar die stryd aangesê. Ten spyte van ernstige kroekery deur die spelers en “beoordelaars” het die Mama Jack span met 1 punt gewen. Baie geluk julle – dit was groot sports! Saterdagmiddag was die swem gala en die kompetisie was sommer baie taai. By die meisies afdeling het die “Tawwe Cookies” gewen en by die seuns was dit die “Dam duikers”. In die Senior afdeling het ons 4 spanne gehad wat mekaar die stryd aangesê het. Tussen die “Lang Lelle”, “Slap Lelle”, “Krom Lelle” en “Bubbles” was dit uiteindelik die “Slap Lelle ”wat wen met die “Krom Lelle” in die tweede plek. Ons is ook veral trots op ons “lewensredders/pop-pom girls” wat so pragtig geklee was vir die okkasie en so vinnig Tinkie van ‘n gewisse “versuip” kon red. Dankie, manne – julle laat ons sommer veilig voel! Saterdagaand se Boekevat is hanteer deur J.J. Swanepoel, Juandré Hall, Lize Strydom en
Zelvoné Swanepoel. Sondagoggend het ons kerk gehou by die “Vetkoek paleis” en daarna het die meeste mense nog lekker saam gekuier en gebraai vir oulaas! Baie dankie aan elkeen wat hierdie kamp bygewoon het en bygedra het daartoe om dit ‘n groot sukses te maak. Baie sterkte aan elkeen vir die nuwe jaar met al sy uitdagings! Maak die beste van elke geleentheid en onthou ons moet die vetkoek met al sy verskillende vulsels (Evangelie) met almal gaan deel want ons is Jesus se kelners in Sy Vetkoek paleis! Groete,
Zelda en Jacques Swanepoel
SAWA Oos-Kaap se lewensredders
Die volledige reddingspoging
14
Jaargang 32 Eerste uitgawe Februarie 2014
Oos-Kaap
Die land vol
Hou vakansie
15
Jaargang 32 Eerste uitgawe Februarie 2014
Fotoblad van spitbraai tydens
Summerwood kamp
Die saamkuier lag en gesels
Poeding kan nie agtergelaat word nie, die vrouens sorg daarvoor
Jacques en Johan maak seker dat die vleis reg gaar en gereed is vir die gaste
16
Jaargang 32 Eerste uitgawe Februarie 2014
Die Lambrechtse besluit om hul karavaan te verkoop en in hul eie “camper” te kamp
So lyk die “camper” as die beddens opgemaak is.
Steve voor die “camper” besig om te werk
Maar lyk my vroulief het gou-gou begin “moan” en moes Pappa maar weer ’n ander karavaan koop
Hier spog Steve en Ischke met hul nuwe karavaan
Ingestuur deur Steve Lambrechts
17
Jaargang 32 Eerste uitgawe Februarie 2014
Die Weitze reg vir die nuwe skooljaar
Lyk my ousus moet nog haar skoolskoene aantrek of sy gaan laat wees
Hierdie twee is reg vir die dag, “arme Juffrou”
Nou wil ek leer
Ingestuur deur Eben Weits
18
Jaargang 32 Eerste uitgawe Februarie 2014
Boknes vakansie
Ons was altesaam 6 karavane van SAWA (mind you...dink dai verdien nogal 'n plaatjie ). Dit was ons die
Morton's, die Deysel's, die Bothma's, die Bessingers, Oom Piet hulle, en dandie "4 Pikkewyne"(tannie
Ronnie en haar susters).
Die weer was HEERLIK, behalwe vir die Mini-storm wat ons op Kersnag gehad het, wat gesorg het dat ons
almal soos een, 4uur die nag buite toe moes hol om te kyk of al die penne nog ingekap en als nog staande
was. (Sal maar niks sê van 'n sekere persoon wat sy bakkie ruit die aand oop gelos het, en ons toe nou
goudvissies in die bakkie kon aanhou na die reën sy pad in gekry het nie).
natuurlik kon ons ook nie Boknes toe gaan, en nie die byna 9km stappie Dias-kruis toe en terug aandurf
nie, hell's-bell's, ek dink DAI verdien OOK 'n plaatjie! HAHA.
Die kids is daagliks deur Jeug-stranddienste besig gehou op die strand en in die gemeenskap saal, en Ou-
Kersaand was daar die mooiste vuurwerk vertoning op die strand gehou.
Nou ja, verder was dit net eenvoudig 'n wonderlike tyd vol son, see, en lekker kuier! Beslis 'n wel verdi-
ende ruskansie na 'n BAIE besige 2013!
Groete
Annelie Morton
19
Jaargang 32 Eerste uitgawe Februarie 2014
Lede Indeling Lede Indeling Lede Indeling Lede Indeling
JOHAN STEYNBERG Stienie Grobler Willie & Martie Gummow Christo Jonker Flippie & Amanda Kapp Gerhard & Leonora Moggee Gary & Juliana Oelofse Theo & Mariana Pozyn Kobus en Lorenda v Eeden Elria Stanford Stan & Marguerite Vermeulen Anton & Rozelle van Mollendorff
RICHARD HEYMAN Werner & Charmaine Barnard Johan & Jakkie Barnardo Morne & Ruth Basson Tertuis & Latella du Toit Casper & Philna Jerling Anton & Karin Knoetze Reitz & Susie Kruger Charl & Lynette Potgieter Jaco & Elsabe le Roux Paul & Juanita van Aardt Johan & Petro Slabbert
LIANA LABUSCHAGNE Adrian & Brenda Beneke Gerhard & Michelle Bosch Eddie & Tania Deysel Kenneth & Lizelle Bothma Adriaan & Christa Viviers Dwayne & Anneke Lerm Johan & Karen Rautenbach Naas & Corné Terblanche Gato & Estelle Ferreira Johan & Sannie Williams Theo & Susan van Brouwenshaven
JOHAN VAN VUUREN Jacques & Salomie Botha Freek & Audery Buchner Pierre en Wilma Stander Johan & Sandra Fourie Auret & Annelie Morton Warren & Jannine Nance Ettiene & Michelle Smit Theo & Monique Buchner Werner & Lizelle Visser Jacques & Jacqueline Whittle Peter & Leonie v Rensburg
ANDY WAIT Willie & Jackie Conradie Johan & Gessina Vermaak Cecile Meyer Aubrey & Etrica Oelofsen Gert &Luzie Scheepers Germano & Dina Small Wouter & Alna Steenkamp Pieter & Bettie Venter Piet Kapp Leon & Liz von Waltzleben Malcolm & Sandra Wait
JAN HUGO Gerrie & Isabella Bezuidenhout Cora Brophy Louis & Mandy Brophy Ruben & Johanna Gillson Hansie & Elna Jonck Sakkie & Alida Kinghorn Eddie & Rentia Nance Tjaardt & Nelia Snyman Elmar & Elsabe Steyn Mario & Michele vd Westhuizen
DINA CLAASEN Chris & Adele Bezuidenhout George & Karin Brand Benji & Yvette Erasmus Goofey & Elmarie Fouche Frank & Kirsty Fourie Pierre & Sannett Greyling Erika & Loutjie Heunis Maruis & Beata v Rensburg Gustav & Janine Nel Eric & Wilna Noack Elsabe Pattinson Roderick & Lora v Wyk
ZELDRI STRYDOM Tinus & Eurika Claasen Duppie & Emsé du Plessis Chris & Magda Coertze Pieter & Elize du Preez Arno & Adele Engelbrecht Ferdie & Betsie du Toit Rassie & Derineé Erasmus Adri & Alta Geldenhuys Markus & Riana Pottas Susan Smith Gerhard & Annemarie Momberg Ferdi & Linda v Standen Steve en Ischke Lambrechts
TESSA BESSINGER Bossie & Ronnie Boshoff Barend & Lenie Swanepoel Cynthia Didloff Gerrie & Venesa Rens Leon & Marina Renierse Tobie & Judie Botha Johan & Kobie Rossouw Gerrie & Lorna van Rooyen Shaun & Madelyn Victor Ben & Marie Weitz Kallie & Denise Kaltenbrünn Grant & Sonette Willett
ZELDA SWANEPOEL André & Jennifer Barnard Christo & Michele Blignaut Ettienne & Zunel Fourie Tommie & René Hall Etteinne & Marohessa du Prees Steven & Sandra Meyer André & Rika Muller Sieg & Charlene Slabbert Eben Weitz Mario & Vicky Weitz Anton & Theresa Willemse
20
Jaargang 32 Eerste uitgawe Februarie 2014
Verjaarsdae
Februarie 2 SWANEPOEL Barend
2 WEITZ Vicky
3 VAN VUUREN Wanda
3 * CLAASEN Anton
5 *DU PREEZ Edmar
7 BOSHOFF Ronnie
11 ENGELBRECHT Arno
11 KAPP Piet
12 BüCHNER Monique
12 DU TOIT Ferdi
12 JONKER Chris
14 KLEU Almarie
16 WILLEMSE Anton
20 FERREIRA Gato
21 * j v RENSBURG Chloé
22 FOURIE Sandra
22 SNYMAN Tjaart
23 STANDER Lien
24 ERASMUS Derineé
24 * ERASMUS Kayleigh
26 WEITZ Ben
27 WEITZ Mario
Maart 1 *JERLING Cassandra
2 BENEKE Adrian
2 BEZUIDENHOUT Adele
3 *WEITZ Beneta
4 MOGGEE Gerhard
4 DU TOIT Bets
8 * j v RENSBURG Mia
8 * LE ROUX Marli
9 * v JAARSVELD Suzette
9 JERLING Philna
11 v BROUWERSHAVEN Susan
11 VIVIERS Christa
12 JOUBERT Morné
13 v MöLENDORFF Rozelle
14 J v RENSBURG Claude
17 * OELOFSE Joanéll
18 COERTZE Magda
21 RAUTENBACH Johan
22 ENGELBRECHT Adele
23 KRUGER Danie
23 KRUGER Lienie
23 *VISSER Divan
25 *MATTHYSEN Ryno
25 *DU PREEZ Anja
25 BLUMENTHAL Belinda 27 VAN ECK Elmarie
27 * CROUS Corné
28 BOTHA Bennie
29 STRYDOM Jacques
29 v MöLENDORFF Anton
30 * VAN AARDT Nadia
31 POTGIETER Lynette
21
Jaargang 32 Eerste uitgawe Februarie 2014
JAARPROGRAM : 2013/2014 SAWA Oos-Kaap
**(7 VAN DIE 9 STREEK SAAMTREKKE TEL VIR 100% BYWONING) **(SB— SENIOR BURG SAAMTREKKE)
MAAND DATUM KAMP OORD 100% KAMPL.
AUGUSTUS 8 – 11 AJV VAN STADENS 1 Bestuur
AUG/SEPT 30/8 – 2/9 Streek BESTUURSKAMP
SEPTEMBER 20 – 22 Streek SB WILLOWS 2 Zeldri
OKTOBER 18 – 20 Mini-Gebied JEFFREYSBAAI 3 Bestuur
NOVEMBER 15 – 17 Streek SB VAN STADENS 4 Dina
NOV / DES 29 - 01 Streek MANGOLDSPOOL Liana
JANUARIE 6 – 12 Streek SUMMERWOOD 5 Zelda
FEBRUARIE 7 – 9 NUB
FEBRUARIE 14 – 16 Streek SB WILLOWS 6 Tessa
FEB/MAART 28/2 – 2/3 100+ VAN STADENS Oos-Kaap
MAART 20 – 23 Streek CANNON ROCKS 7 Johan v V
APRIL 18 – 21 Streek PAASNAWEEK
APRIL/MEI 25/4 – 4/5 Gebied GEBIEDSAAMTREK Gebied
MEI 16 – 18 NUB
MEI 23 – 25 Streek PEARSONPARK 8 Johan S
JUNIE 13 – 16 Streek SB GAMTOOS 9 Jan
JULIE 4 – 13 Streek WINTERTOER Tjaart
JULIE 18 – 20 Streek SITRUSOEWER / ADDO Johan v V/ Richard
AUGUSTUS 8 – 10 NUB
AUGUSTUS 15 – 17 AJV SB VAN STADENS 1 Bestuur
SEPTEMBER 5 – 7 Bestuurskamp PINE LODGE
SEPTEMBER 19 – 21 Streek BOS / JEFFREYSBAAI 2 Jan
OKTOBER 17 – 19 KONGRES
OKTOBER 24 – 26 Streek WILLOWS 3
OKT/NOV 31/10 – 2/11 NUB
NOVEMBER 14 – 16 Streek SB VAN STADENS 4
DESEMBER 5 – 7 Streek MANGOLDSPOOL
22
Jaargang 32 Eerste uitgawe Februarie 2014
SAWA streef daarna om
· vir Afrikaans-georiënteerde kampeerders die geleentheid te bied om binne ‘n Christelike konteks, ‘n tuiste te bied waar hulle hul begin-sels en kultuur kan uitleef.
· vir kampeerders die geleentheid te bied om saam met geesgenote so
bekostigbaar as moontlik te kampeer. · die belange van SAWA-lede te bevorder deur onderhandeling en
samewerking met ander instansies. · die balans tussen die belange van die mens en die natuur te handhaaf. · in alles die hand van die Skepper te sien en Hom daarvoor te huldig
SAWA onderskryf die volgende waardes:
Christenskap Lojaliteit Respek
Integriteit Eerlikheid
Diensbaarheid Verdraagsaamheid
Uit die SAWA Webblad