diense-pos kerkkantoor: 028 212 1202 - ng caledon · 2020. 2. 21. · tydens hierdie lydenspad van...

5
n Pad om te stap. Dit is hierdie Woensdag (26 Februarie) alreeds Aswoensdag dit kondig vir ons Jesus se lydingspad se begin aan. Oor Aswoensdag en ons voorbereiding kan ons dalk net die volgende kortliks met mekaar deel: Waaroor gaan Aswoensdag? Die naam Aswoensdag hou verband met die gebruik in baie kerke en gemeentes om ‘n kruis van as, gewoonlik ‘n mengsel van olyfolie en as, op die voorkoppe van erediens-gangers te maak. Die naam Aswoensdag kom van die Bybelse gebruik om as op jou kop te strooi (Daniël 9:3). Die as is ‘n teken van rou en berou voor God (Job 42:3-7; Jeremia 6:26). Dit is ook ‘n geleentheid van klag vir die mense in ons samelewing wat nie geregtigheid ken nie. Die as is dus ‘n simbool van berou oor ons sonde teen God en mekaar, ander en ons omgewing. Aswoensdag vind 46 dae voor Opstandingsondag plaas en dui die begin van Lydingstyd aan. Dit is ‘n dag van skuldbelydenis, verootmoediging (nederig beskeie maak), en ‘n oproep en ‘n onderneming tot diens, groter Christelike dissipline en matigheid. Op die dag konfronteer ek myself weer opnuut met die vrae: “Wanneer is genoeg genoeg?”, en “Het ek dit regtig nodig?” Dit moet my aanspoor tot ‘n lewe van groter eenvoud, sodat ander eenvoudig kan leef. Om jouself te verootmoedig is om jouself na waarde te skat. Wie is God en wie is ek? Dit moet ons dwing tot ‘n intense nederigheid. Die askruis is ook ‘n simbool van bekering (Matteus 11:21; Lukas 10:13). Ons bekeer ons van ons verkeerde optredes en draai terug na God toe. Die askruis is ook ‘n simbool van boetedoening en aanmoediging om reg te maak waar ek verkeerd gemaak het en terug te gee wat ek ander onregmatig ontneem het. Tydens hierdie lydenspad van Jesus dink ons veral na oor hoe ek my lewenspad saam met Jesus stap, met die oog gerig op die Koninkryk van God. Mag jy die week naby aan Jesus stap, groete Dewald. Volgende Sondag is Diepgat se Blom & Teebeurt: Maak Jeanette se dag deur haar te laat weet of jy haar kan kom help. Leer leef met Jesus Sondag se diens word gelei deur: Ds Dewald du Toit Teks: Ps : 42 en 43 Tema: Jesus maak ons heel- nadenke oor my emosies ONS GEMEENTE VERLEDE SONDAG: Oggenddiens (bywoning): 306 Kollekte: R 9 375.10 Deuroffers: R 1 619.90 Dankoffers: R 2 640.00 DIENSe-POS Caledongemeente – jou Christus-familie se nuusdiens met nuus vir diens Kerkkantoor: 028 212 1202 [email protected] Ds. Marinus:028 212 2293 [email protected] Ds. Dewald: 028 212 1332 [email protected] www.ngcaledon.co.za. 21 Februarie 2020 Dagboek Sondag: 9:30 Erediens & kategese Lydensweke begin Dankoffersondag Deuroffers: Hospitaalbearbeiding Blomme en Teebeurt: Freesia 9:00 Nagmaal Solitaire Dinsdag: Kerkraadsvergadering Woensdag : Aswoensdag 13:00 Gebed by kruis voor die kerk. Vlg Sondag:Dankoffersondag 9:30 Doop & Kategese Deuroffer: Teologiese Kweekskool Blomme & Teebeurt: Diepgat

Upload: others

Post on 07-Sep-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: DIENSe-POS Kerkkantoor: 028 212 1202 - NG Caledon · 2020. 2. 21. · Tydens hierdie lydenspad van Jesus dink ons veral na oor hoe ek my lewenspad saam met Jesus stap, met die oog

‘n Pad om te stap.

Dit is hierdie Woensdag (26 Februarie) alreeds Aswoensdag – dit kondig vir ons Jesus se lydingspad se begin aan. Oor Aswoensdag en ons voorbereiding kan ons dalk net die volgende kortliks met mekaar deel: Waaroor gaan Aswoensdag? Die naam Aswoensdag hou verband met die gebruik in baie kerke en gemeentes om ‘n kruis van as, gewoonlik ‘n mengsel van olyfolie en as, op die voorkoppe van erediens-gangers te maak. Die naam Aswoensdag kom van die Bybelse gebruik om as op jou kop te strooi (Daniël 9:3). Die as is ‘n teken van rou en berou voor God (Job 42:3-7; Jeremia 6:26). Dit is ook ‘n geleentheid van klag vir die mense in ons samelewing wat nie geregtigheid ken nie. Die as is dus ‘n simbool van berou oor ons sonde teen God en mekaar, ander en ons omgewing. Aswoensdag vind 46 dae voor Opstandingsondag plaas en dui die begin van Lydingstyd aan. Dit is ‘n dag van skuldbelydenis, verootmoediging (nederig beskeie maak), en ‘n oproep en ‘n onderneming tot diens, groter Christelike dissipline en matigheid. Op die dag konfronteer ek myself weer opnuut met die vrae: “Wanneer is genoeg genoeg?”, en “Het ek dit regtig nodig?” Dit moet my aanspoor tot ‘n lewe van groter eenvoud, sodat ander eenvoudig kan leef. Om jouself te verootmoedig is om jouself na waarde te skat. Wie is God en wie is ek? Dit moet ons dwing tot ‘n intense nederigheid. Die askruis is ook ‘n simbool van bekering (Matteus 11:21; Lukas 10:13). Ons bekeer ons van ons verkeerde optredes en draai terug na God toe. Die askruis is ook ‘n simbool van boetedoening en aanmoediging om reg te maak waar ek verkeerd gemaak het en terug te gee wat ek ander onregmatig ontneem het. Tydens hierdie lydenspad van Jesus dink ons veral na oor hoe ek my lewenspad saam met Jesus stap, met die oog gerig op die Koninkryk van God.

Mag jy die week naby aan Jesus stap, groete Dewald.

Volgende Sondag is Diepgat se Blom & Teebeurt:

Maak Jeanette se dag deur haar te laat

weet of jy haar kan kom help.

Leer leef met Jesus

Sondag se diens word gelei deur:

Ds Dewald du Toit

Teks:

Ps : 42 en 43

Tema:

Jesus maak ons heel- nadenke oor my emosies

ONS GEMEENTE VERLEDE SONDAG:

Oggenddiens (bywoning): 306

Kollekte: R 9 375.10 Deuroffers: R 1 619.90

Dankoffers: R 2 640.00

DIENSe-POS Caledongemeente – jou Christus-familie

se nuusdiens met nuus vir diens

Kerkkantoor: 028 212 1202 [email protected]

Ds. Marinus:028 212 2293 [email protected]

Ds. Dewald: 028 212 1332 [email protected]

www.ngcaledon.co.za. 21 Februarie 2020

Dagboek

Sondag: 9:30 Erediens & kategese

Lydensweke begin

Dankoffersondag

Deuroffers:

Hospitaalbearbeiding

Blomme en Teebeurt:

Freesia

9:00 Nagmaal Solitaire

Dinsdag: Kerkraadsvergadering

Woensdag : Aswoensdag 13:00 Gebed by

kruis voor die kerk.

Vlg Sondag:Dankoffersondag

9:30 Doop & Kategese

Deuroffer: Teologiese

Kweekskool

Blomme & Teebeurt: Diepgat

Page 2: DIENSe-POS Kerkkantoor: 028 212 1202 - NG Caledon · 2020. 2. 21. · Tydens hierdie lydenspad van Jesus dink ons veral na oor hoe ek my lewenspad saam met Jesus stap, met die oog

Voorbidding:

Preeknota’s. Teks: Ps.42 en 43

Tema: Jesus maak ons heel – nadenke oor my emosies Ons doen in die begin van die jaar ‘n fokus op ons geloofsvorming. Die proses van geloofsvorming is ‘n lewenslange wandel saam met Jesus. Waar is jy tans besig om te leef saam met Jesus? Dink aan dinge wat jy tans in jou lewe raaksien waarmee Jesus besig is. Lees Numeri 16:1-40 Korag was die persoon na wie die Koragiete vernoem is, tog het hy ‘n groot fout begaan. Ons lees baie van die Koragiete se Psalms, soos Ps.42. Die Koragiete was die digters en skrywers en lofsangers van die Ou Testament. Wat sien jy van God wat hier genesing aan ‘n nageslag bring? Waar het jy al beleef dat jy foute in jou gesin gemaak het wat ander beinvloed? Hoe het God jou daardeur gehelp? Hoe kyk jy na die toekoms ten spyte van foute in die verlede? Hoe lyk dit wanneer jy smag na God? Hoe gee jy God se seën aan?

Nuwe intrekkers kom sê hallo by die kerkkantoor! Kantoor ure is 09:00 – 12:00 en 14:00 – 15:00.

In die rakkies by die deure in die kerk is nuwe lidmatevorms beskikbaar. Voltooi asb. en kom gee af by die kerkkantoor.

• Willem Victor – Crassula

• Martin du Toit – Sentrale

• Coba swart – Solitaire

• Christine De Kock -Heidehof

Page 3: DIENSe-POS Kerkkantoor: 028 212 1202 - NG Caledon · 2020. 2. 21. · Tydens hierdie lydenspad van Jesus dink ons veral na oor hoe ek my lewenspad saam met Jesus stap, met die oog

Veels geluk aan almal wat gedurende die week verjaar! Februarie 23 Elmarie Badenhorst Klein Wolvegat 028 212 1451 23 Hannie Bosman Frouenfelderstraat 4 028 212 1654 23 Dourina Linde Eureka 028 212 1681 083 414 2428 23 Roline Schönfeldt Heuningneskloof 028 212 2412 072 256 5111 23 Ewalda Schreve Heidehof Hoopstraat. 028 2122 130 076 775 2144 24 Lorraine Gericke Collegeweg 22 082 929 8854 24 Henriëtte Ludik Sandfontein. 084 900 6001 24 Janse Norval Krigestraat 5 028 214 1951 072 431 0809 24 Amanda Stevens Krigestraat 084 702 0665 24 Melan Swart De Hoek 083 226 3670 25 Jurie Beukes Sandkuil 1 028 212 2522 25 Jacques Crocker Joubertstraat 1 082 785 7431 25 Christie Groenewald Heidehof 26 Susan Burger Crassulastraat 19. 028 212 1875 082 874 6453 26 DC Du Toit Boskloof 028 423 3613 082 495 9379 26 Hugo Eksteen Dunghy Park. 028 2141 715 26 Danie Gunter Nerinaweg 39 084 626 3217 26 Hadre Van Deventer Mara 073 559 0544 27 James De Jager Plantasie Straat 17 083 533 7385 27 Jacomina Kellerman Konstitusiestraat 14 028 212 1566 071 208 4027 27 Sally Nel Crassulla 50 028 212 2246 082 707 9856 28 Hayley Conradie Basil Newmarkstraat 17 28 Carien De Beer Metcalfweg 15 079 972 1088 28 Joan Delport Heidestraat 8 084 655 5320 28 Sanet Erasmus Dempersstraat 25 028 212 2147 083 406 9070 28 JC Fourie Trinitystraat 10 083 444 3553

Toeka tot Nou Gemeentefees Sa. 7 Maart 2020

9 uur by die kerksaal

Tuisgebak - Koek & Tert, Koekies, Beskuit

Padstal, Pannekoek, Poeding, Kindertafel Kerrie & Rys, Hamburgers & Baie LekkerVleis

En Hope Kindervermaak.

Page 4: DIENSe-POS Kerkkantoor: 028 212 1202 - NG Caledon · 2020. 2. 21. · Tydens hierdie lydenspad van Jesus dink ons veral na oor hoe ek my lewenspad saam met Jesus stap, met die oog

Gemeente - Fees van 2020

Net 2 weke oor 14 Dae Hulp by Gemeentefees Ons het asseblief nog hande nodig by die pannekoektafel. Laat weet die kerkkantoor of skryf jou naam op lys na erediens Sondag by die tee.

Ringsitting 23 Februarie 2020 by NG Caledon

Ds. Quintus Heine van die Bybelgenootskap is Sondagaand om 18:30 aan die woord om `n aanbieding te doen oor die viering van “DIE JAAR VAN DIE BYBEL”. Dit is ook die 200 jaar viering van die Bybelgenootskap. Almal welkom!

Dankoffersondag 1 Maart Ons versorg mekaar deur die kos – gee nie-bederfbare produkte volgende Sondag. Kan ook by kerkkantoor afgegee word.

Speletjie aand

Vrydag 28 Februarie 2020

Vir Wie: Graad 1-3

Waar: Kerksaal

Tyd: 18:00 tot 19:00

Ons speel lekker saam.

Page 5: DIENSe-POS Kerkkantoor: 028 212 1202 - NG Caledon · 2020. 2. 21. · Tydens hierdie lydenspad van Jesus dink ons veral na oor hoe ek my lewenspad saam met Jesus stap, met die oog

Geniet die naweek.

Groete uit kerkkantoor