dinsdag 5 januarie 2016 delft: jong buurtwaglid geskiet...

1
6 Aktueel Die Burger Dinsdag 5 Januarie 2016 2015 Donderdag 7 Januarie 2016 Donderdag 7 Januarie 2016 Onthou om jou kopie te kry! MatrieK- Uitslae in X1QY1C65-DB050116 Terug skool toe met Vusi Help Vusi om al sy skryfbehoeftes te versamel deur elke dag in Die Burger te kyk. Vir n kans om te wen, sny hierdie produk uit en voltooi die legkaart in 5 Januarie 2016 se uitgawe van Die Burger. Al jou skoolbenodigdhede beskikbaar by takealot.com Vir meer besonderhede besoek www.onskan24.co.za. Kaapstad. – Skaars ’n dag nadat ’n bejaarde egpaar van die Over- berg deur ’n groep gewapende mans beroof en aangerand is, is ’n gesin op ’n landgoed buite Kuilsrivier aangeval. Die voorval het Oujaarsaand omstreeks middernag op die land- goed Zevenwacht op die plaas Die Eike plaasgevind. Volgens kapt. Frederick van Wyk, ’n provinsiale polisiewoord- voerder, het drie mans die gesin oorval en beroof. Die mans was glo gemasker en gewapen en het die gesinslede met elektriese kabels vasgebind. “Volgens die 53-jarige klaer het die mans hom van onder meer ’n skootrekenaar en ’n onbekende bedrag kontant beroof,” het Van Wyk by navraag gesê. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort. ) Intussen herstel die 78-jarige Danie du Toit van die plaas Wel- tevrede buite Villiersdorp nog in die Mediclinic Panorama nadat die kolf van ’n .22-geweer gedu- rende ’n rooftog op sy plaas oor sy kop gebreek is. Du Toit en sy vrou, Martie (77), is vroeg verlede Donderdagog- gend in hul plaashuis deur vier mans oorval en aangerand. Die egpaar is met elektriese kabels en skoenveters vasgebind. Martie is ongedeerd, maar haar man het ernstige kopbeserings opgedoen en word tans nog in die waakeenheid behandel. Sy toe- stand is stabiel. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. – Samantha van den Berg Gesin op landgoed oorval, beroof Alet Janse van Rensburg Kaapstad. – Die sanger en TV- aanbieder Emo Adams se bestuur ondersoek presies wie na bewe- ring in die geveg met ’n fotograaf by Adams se troue betrokke was. Adams en sy bruid, Michelle Gildenhuys, is op Nuwejaarsdag in die All Star-teater in die Cape Gate Lifestyle-winkelsentrum ge- troud. ’n Onderonsie het uitgebreek toe Lulama Zenzile, ’n fotograaf van Die Burger, se kamera na be- wering hardhandig by hom afge- neem is waar hy buite die teater steelfoto’s van die paartjie pro- beer neem het. Volgens Zenzile het twee foto- grawe en ’n lid van die bruids- paar se gevolg op hom afgestorm en hom rondgeruk. Een man het hom glo van agter gewurg, waar- na nóg ’n man opgedaag het en hom aan die keel gegryp het. Hy het ’n klag van aanranding en diefstal by die Brackenfell-polisie- kantoor aanhangig gemaak en het steeds nie sy kamera teruggekry nie. Adams het gister in ’n geskre- we reaksie aan Die Burger gesê dit is jammer dat hul spesiale dag op so ’n “onsmaaklike wyse deur ’n ongenooide persfotograaf be- derf is”. Hy het gesê sy bestuur probeer tans vasstel of dit genooide gaste of lede van die publiek was wat by die onderonsie met Zenzile be- trokke was. “Ons verstaan dat die beweerde voorval buite die teater elders in die winkelsentrum of parkeerge- bied plaasgevind het. Nie ek of Michelle was teenwoordig toe die beweerde stoeiery tussen die foto- graaf en ander persone teenwoor- dig plaasgevind het nie,” het hy gesê. “Intussen moet die reg sy be- loop neem en ons vertrou dat die polisie die saak behoorlik sal on- dersoek om die ware feite bloot te lê. Dit is jammer dat ons spesiale dag kortstondig op ’n onsmaakli- ke wyse deur ’n ongenooide pers- fotograaf bederf is. Ons het niete- min ’n baie spesiale dag gehad en ons sal net die mooi herinneringe van ons huweliksdag koester.” Emo-bestuur ‘ondersoek gestoei om foto’ Jody Nel Johannesburg. – ’n Eiendoms- agentskap oorweeg stappe teen ’n voormalige werknemer wat glo sy reputasie skade berokken het weens haar rassistiese uitla- tings op Facebook. Herschel Jawitz, uitvoerende hoof van Jawitz Eiendomme, het Sondagaand in ’n verklaring ge- sê Penny Sparrow se uitlatings hou ’n bedreiging in vir sy maatskappy, wat op integriteit en morele waardes gebou is. “Penny Sparrow se kommen- taar is verskriklik en vernede- rend, en sy is nie iemand waar- by ons ons skaar nie. “Ons konsulteer met ’n proku- reur om die kwessie en die ska- de wat die vrou ons maatskappy aangerig het, te hanteer,” het Jawitz gesê. Hoewel Sparrow Sondag nog as ’n agent op Jawitz se webblad gelys was, is sy in November by die agentskap weg. Dit hutsmerk #PennySparrow was gister die mees bespreekte onderwerp op Twitter in Suid- Afrika. Sparrow, van Scottburgh aan die KwaZulu-Natalse Suidkus, het Saterdag op Facebook uitge- vaar teen swart mense wat op strande “toegelaat” word. “Die ape wat toegelaat word om op Oujaarsdag en Nuwe- jaarsdag op openbare strande, dorpe, ens. vrygelaat te word, het duidelik geen opvoeding nie. “So deur hulle los te laat, nooi jy groot gemors en moeilikheid en ongemak aan andere,” het sy geskryf. Duisende mense het oor haar uitlatings getwiet en sy is be- hoorlik oor die kole gehaal. Mmusi Maimane, DA-leier, het getwiet: “Penny Sparrow se uitlatings is rassisties. Dit is ’n belediging vir my en ons party. “Ons het te veel van dié men- se in Suid-Afrika en ons moet sulke uitlatings kriminaliseer.” Martin Williams, ’n advokaat in die hooggeregshof, het ge- twiet: “Die is duidelik die soort rassisme wat in die gelykheids- hof vervolg moet word. So ’n op- merking is walglik.” Esethu Hasane, woordvoerder van die departement van sport en ontspanning, het ’n skakel na die Menseregtekommissie se webblad op Twitter gedeel waar Sparrow verkla kan word. Sparrow het Sondagaand ’n verskoning op Facebook ge- plaas. “Ek het nie bedoel dat dit ’n persoonlike belediging teenoor enigiemand moes wees nie. “As julle dit behoorlik gelees het, sou julle gesien het ek is nierassig en help eintlik min- derbevoorregte mense van alle rasse,” lui die inskrywing. Sparrow kon nie vir kommen- taar bereik word nie. RASSEHERRIE OOR ‘APE’-UITLATING Jawitz wil stappe doen ná ‘skade’ Een van die foto’s wat van Emo Adams en sy bruid, Michelle Gildenhuys, voor hul troue geneem is. Foto: LULAMA ZENZILE Jody Nel Johannesburg. – Jo-Ann Strauss, sakevrou en voormalige Mej. Suid-Afrika, het gister on- der kritiek deurgeloop oor haar reaksie op Penny Sparrow se rassistiese uitlatings. Die DA het Sparrow, een van sy lede, van crimen injuria aan- gekla nadat sy Saterdag op Face- book swart mense as ape be- skryf het en uitgevaar het om- dat hulle op strande “toegelaat” word. Sparrow se DA-lidmaatskap is ook opgeskort. Jawitz Eiendomme, waar Sparrow tot in November as ’n eiendomsagent gewerk het, oor- weeg ook stappe teen haar weens die skade wat haar uitla- tings die maatskappy se reputa- sie berokken het. Strauss het Sondagaand ge- twiet: “ ‘Dit is nie wat jy my noem nie, maar waarop ek ant- woord wat saak maak.’ – Afrika- spreekwoord #PennySparrow.” Baie mense wat op Strauss se twiet gereageer het, meen sy neem nie Sparrow se uitlatings ernstig genoeg op nie. Onder die kritiek is dat haar twiet te idealisties is, dat daar nie ’n kompromis is wanneer rassisme betrokke is nie en dat die aangehaalde spreekwoord die erns van die belediging neu- traliseer. Strauss, wat swanger is, het gisteroggend in reaksie op die kritiek getwiet dat sy nie rassis- me of domheid goedkeur nie en deur die kritiek op haar gewalg is. Die akteur en TV-persoonlik- heid Soli Philander het in reak- sie op Strauss se aanvanklike twiet gesê die spreekwoord bete- ken nie mense kan ander noem net wat hulle wil nie. Sy het daarop gesê: “Ek stem heeltemal saam, Soli. [Dit is] baie moeilik om ’n volledige opi- nie in 140 karakters te ver- woord. Ek moes dit nie probeer het nie.” Strauss het gistermiddag in ’n SMS aan Die Burger gesê daar was “beslis ’n misverstand” tus- sen wat sy bedoel het en hoe mense dit verstaan het. “Ek sal maar liewers van hier af stilbly.” Jo-Ann Strauss gekap ná twiet oor Penny Sparrow Jo-Ann Strauss Foto: INSTAGRAM Shantel Moses Kaapstad. – Die jongste lid van die buurtwag in Blikkiesdorp, Delft, is Sondag in die vroeë oggendure dood nadat ’n ver- meende bendelid haar glo as ’n skild gebruik het. Samantha Philander (16) wat saam met haar ma, Maureen, in die buurtwag dien, het glo by vriende gekuier toe dit ge- beur het. “Ek het haar vroeër die aand (omstreeks 23:00) gestuur om ’n brood en jogurt by die huiswinkel te gaan koop. Sy het daarna by vriende aange- gaan en daar gekuier,” het Maureen gesê. Een van die vriende was glo ’n vermeende bendelid wat on- langs op parool vrygelaat is. “Hy was in die tronk vir ’n moord. Vroeër die dag was hy by my huis en het hy gevra dat ek vir hom moet bid, want sy lewe is in gevaar. Ek het toe nog gebid dat die dood van hom moet wegbly.” Volgens Maureen het hulle die skote ná middernag hoor afgaan. “Ons het aan mekaar in die huis gesê dit klink soos ’n ma- sjiengeweer en ek het nog die polisie gebel. Min het ek ge- weet dat dit my kind is wat ge- skiet is . . . totdat iemand my kom roep het. Hulle het ge- skree dat Menta [Samantha] in ’n plas bloed lê.” Kapt. Frederick van Wyk, ’n provinsiale polisiewoordvoer- der, het die skietvoorval be- vestig. “Daar word beweer dat ’n groep gewapende mans by die voortuin van die huis waar die meisie gekuier het, ingebars het. Hulle het toe glo wild be- gin skiet. Ons ondersoek ’n saak van moord en poging tot moord.” Rowan Smith, ook ’n buurt- waglid en Samantha se beste vriend, het aan Die Burger ge- sê die aanval was op die ver- meende bendelid. “Die ander mense by wie sy gekuier het, het gesê hy het ag- ter haar geskuil en het daarna weggehardloop. Hy is steeds soek. Die skieters kom ook nog gereeld om na hom te soek.” Dan Plato, Wes-Kaapse mi- nister van gemeenskapsveilig- heid, het gister Samantha se gesin besoek en sy medelye aan die gesin betuig. “Op 16 was sy beslis een van die Wes-Kaap se jongste buurt- waglede. Ons is jammer oor u verlies.” Intussen het Maureen gesê sy gaan voort om die gemeen- skap te dien. “Daar is nog baie mense wat hulp nodig het in Blikkiesdorp. Ek het nooit geweet dat een van my familielede ’n slagoffer sal wees van geweld in ons ge- meenskap nie, maar dit het nou so gebeur. “Ons moet aangaan met die goeie werk.” Delft: Jong buurtwaglid geskiet Samantha Pilander (16) Foto: VERSKAF Maureen Philander met een van haar kleinkinders, Nakeesha Philander. Foto: DENVOR DE WEE Elsabé Brits Kaapstad. – Daar word elke dag in die Wes-Kaap 700 eenhede bloed – 332,5 liter – benodig om in al die hospitale se aanvraag te voorsien. Gedurende die vakansie is daar altyd ’n tekort aan bloed, nie net weens meer ongelukke nie, maar omdat mense in dié tyd minder bloed skenk. Die provinsie het tans ’n te- kort aan die O-bloedgroep – die universele skenker, omdat dié bloedgroep versoenbaar is met alle ander groepe. Die provinsie het tans net voorraad vir drie dae, en die ideaal is om vir vyf tot sewe dae te hê. Minder as 1,5% van mense in die Wes-Kaap skenk bloed. Volgens Marlize van der Mer- we, woordvoerder van die Wes- Kaapse Bloedoortappingsdiens, word die O-bloedgroep meestal in noodgevalle toegedien wan- neer daar nie tyd is om pasiënte se bloedgroep te toets nie. In ander gevalle kry mense bloed van hul eie bloedgroep. ) “Heel bloed” kan 21 dae lank gehou word en word net gebruik wanneer iemand reuse-bloedver- lies het. ) Plaatjies kan vyf dae gehou word en word gebruik vir die behandeling van leukemie, in orgaanoorplantings en om ’n plaatjietelling te verhoog. ) Plasma word in verskeie vorms gebruik om teenliggaam- pies te voorsien, vir die behan- deling van brandwonde en om bloedvolumes te herstel. Dit kan vir tussen een en twee jaar ge- hou word indien dit bevrore is. ) Rooibloedselle word tydens operasies en vir die behandeling van anemie gebruik. Van aar tot aar: Sodra iemand by een van die diens se klinieke bloed skenk, word dit vir verwerking na ’n laboratorium gebring. Die bloed word getoets vir ABO-bloedgroepe, rhesus-tipe, sifilis, MIV en hepatitis B en C. Besoek www.wpblood.org.za, of bel die diens by 021 507 6300, of maak kontak op Facebook (WP Blood) en Twitter @WPBlood vir meer inligting. Bloedtekort in Wes-Kaap ‘weens vakansie’ 

Upload: buicong

Post on 30-May-2018

213 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Dinsdag 5 Januarie 2016 Delft: Jong buurtwaglid geskiet ...wecan24.co.za/img/about_us/die_burger_5_jan_2016.pdf · nierassig en help eintlik min-derbevoorregte mense van alle rasse,”

6 Aktueel Die Burger Dinsdag  5  Januarie  2016

2 0 1 5

Donderdag7 Januarie 2016

Donderdag7 Januarie 2016

Onthou om jou kopie te kry!

MatrieK-

Uitslaein

X1QY1C65-DB050116

Terug skool toe met Vusi

Help Vusi om al sy skryfbehoeftes te versamel deurelke dag in Die Burger te kyk. Vir n kans om te wen,sny hierdie produk uit en voltooi die legkaart in5 Januarie 2016 se uitgawe van Die Burger.

Al jou skoolbenodigdhedebeskikbaar by takealot.com

Vir meer besonderhede besoek www.onskan24.co.za.

Kaapstad. – Skaars ’n dag nadat ’n bejaarde egpaar van die Over-berg deur ’n groep gewapende mans beroof en aangerand is, is ’n gesin op ’n landgoed buite Kuilsrivier aangeval.

Die voorval het Oujaarsaand omstreeks middernag op die land-goed Zevenwacht op die plaas Die Eike plaasgevind.

Volgens kapt. Frederick van Wyk, ’n provinsiale polisiewoord-voerder, het drie mans die gesin oorval en beroof.

Die mans was glo gemasker engewapen en het die gesinslede met elektriese kabels vasgebind.

“Volgens die 53-jarige klaer hetdie mans hom van onder meer ’n skootrekenaar en ’n onbekende bedrag kontant beroof,” het Van Wyk by navraag gesê.

Niemand is nog in verband met

die voorval in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort.) Intussen herstel die 78-jarige Danie du Toit van die plaas Wel-tevrede buite Villiersdorp nog in die Mediclinic Panorama nadat die kolf van ’n .22-geweer gedu-rende ’n rooftog op sy plaas oor sy kop gebreek is.

Du Toit en sy vrou, Martie (77),is vroeg verlede Donderdagog-gend in hul plaashuis deur vier mans oorval en aangerand. Die egpaar is met elektriese kabels en skoenveters vasgebind.

Martie is ongedeerd, maar haarman het ernstige kopbeserings opgedoen en word tans nog in die waakeenheid behandel. Sy toe-stand is stabiel.

Niemand is nog in verband metdie voorval in hegtenis geneem nie. –  Samantha  van  den  Berg

Gesin op landgoed oorval, beroof

Alet  Janse  van  Rensburg

Kaapstad. – Die sanger en TV-aanbieder Emo Adams se bestuur ondersoek presies wie na bewe-ring in die geveg met ’n fotograaf by Adams se troue betrokke was.

Adams en sy bruid, Michelle Gildenhuys, is op Nuwejaarsdag in die All Star-teater in die Cape Gate Lifestyle-winkelsentrum ge-troud.

’n Onderonsie het uitgebreek toe Lulama Zenzile, ’n fotograaf van Die Burger, se kamera na be-wering hardhandig by hom afge-neem is waar hy buite die teater steelfoto’s van die paartjie pro-beer neem het.

Volgens Zenzile het twee foto-grawe en ’n lid van die bruids-

paar se gevolg op hom afgestorm en hom rondgeruk. Een man het hom glo van agter gewurg, waar-na nóg ’n man opgedaag het en hom aan die keel gegryp het. Hy het ’n klag van aanranding en diefstal by die Brackenfell-polisie-kantoor aanhangig gemaak en het steeds nie sy kamera teruggekry nie.

Adams het gister in ’n geskre-we reaksie aan Die Burger gesê dit is jammer dat hul spesiale dag op so ’n “onsmaaklike wyse deur ’n ongenooide persfotograaf be-derf is”.

Hy het gesê sy bestuur probeertans vasstel of dit genooide gaste of lede van die publiek was wat by die onderonsie met Zenzile be-

trokke was. “Ons verstaan dat die beweerde

voorval buite die teater elders in die winkelsentrum of parkeerge-bied plaasgevind het. Nie ek of Michelle was teenwoordig toe die beweerde stoeiery tussen die foto-graaf en ander persone teenwoor-dig plaasgevind het nie,” het hy gesê.

“Intussen moet die reg sy be-loop neem en ons vertrou dat die polisie die saak behoorlik sal on-dersoek om die ware feite bloot te lê. Dit is jammer dat ons spesiale dag kortstondig op ’n onsmaakli-ke wyse deur ’n ongenooide pers-fotograaf bederf is. Ons het niete-min ’n baie spesiale dag gehad en ons sal net die mooi herinneringe van ons huweliksdag koester.”

Emo­bestuur ‘ondersoek gestoei om foto’

Jody  Nel

Johannesburg. – ’n Eiendoms-agentskap oorweeg stappe teen ’n voormalige werknemer wat glo sy reputasie skade berokken het weens haar rassistiese uitla-tings op Facebook.

Herschel Jawitz, uitvoerendehoof van Jawitz Eiendomme, het Sondagaand in ’n verklaring ge-sê Penny Sparrow se uitlatings hou ’n bedreiging in vir sy maatskappy, wat op integriteit en morele waardes gebou is.

“Penny Sparrow se kommen-taar is verskriklik en vernede-rend, en sy is nie iemand waar-by ons ons skaar nie.

“Ons konsulteer met ’n proku-reur om die kwessie en die ska-de wat die vrou ons maatskappy aangerig het, te hanteer,” het Jawitz gesê.

Hoewel Sparrow Sondag nog as ’n agent op Jawitz se webblad gelys was, is sy in November by

die agentskap weg.Dit hutsmerk #PennySparrow

was gister die mees bespreekte onderwerp op Twitter in Suid-Afrika.

Sparrow, van Scottburgh aandie KwaZulu-Natalse Suidkus, het Saterdag op Facebook uitge-vaar teen swart mense wat op strande “toegelaat” word.

“Die ape wat toegelaat word om op Oujaarsdag en Nuwe-jaarsdag op openbare strande, dorpe, ens. vrygelaat te word, het duidelik geen opvoeding nie.

“So deur hulle los te laat, nooijy groot gemors en moeilikheid en ongemak aan andere,” het sy geskryf.

Duisende mense het oor haaruitlatings getwiet en sy is be-hoorlik oor die kole gehaal.

Mmusi Maimane, DA-leier, het getwiet: “Penny Sparrow se uitlatings is rassisties. Dit is ’n belediging vir my en ons party.

“Ons het te veel van dié men-

se in Suid-Afrika en ons moet sulke uitlatings kriminaliseer.”

Martin Williams, ’n advokaatin die hooggeregshof, het ge-twiet: “Die is duidelik die soort rassisme wat in die gelykheids-hof vervolg moet word. So ’n op-merking is walglik.”

Esethu Hasane, woordvoerdervan die departement van sport en ontspanning, het ’n skakel na die Menseregtekommissie se webblad op Twitter gedeel waar Sparrow verkla kan word.

Sparrow het Sondagaand ’n verskoning op Facebook ge-plaas.

“Ek het nie bedoel dat dit ’n persoonlike belediging teenoor enigiemand moes wees nie.

“As julle dit behoorlik geleeshet, sou julle gesien het ek is nierassig en help eintlik min-derbevoorregte mense van alle rasse,” lui die inskrywing.

Sparrow kon nie vir kommen-taar bereik word nie.

RASSEHERRIE OOR ‘APE’­UITLATING

Jawitz wil stappe doen ná ‘skade’

Een  van  die  foto’s wat  van  Emo Adams  en  sy bruid,  Michelle Gildenhuys,  voor hul  troue  geneem is. Foto:

LULAMA  ZENZILE

Jody  Nel

Johannesburg. – Jo-Ann Strauss, sakevrou en voormalige Mej. Suid-Afrika, het gister on-der kritiek deurgeloop oor haar reaksie op Penny Sparrow se rassistiese uitlatings.

Die DA het Sparrow, een vansy lede, van crimen injuria aan-gekla nadat sy Saterdag op Face-book swart mense as ape be-skryf het en uitgevaar het om-dat hulle op strande “toegelaat” word.

Sparrow se DA-lidmaatskap isook opgeskort.

Jawitz Eiendomme, waar Sparrow tot in November as ’n eiendomsagent gewerk het, oor-weeg ook stappe teen haar weens die skade wat haar uitla-tings die maatskappy se reputa-sie berokken het.

Strauss het Sondagaand ge-twiet: “ ‘Dit is nie wat jy my noem nie, maar waarop ek ant-woord wat saak maak.’ – Afrika-

spreekwoord #PennySparrow.”Baie mense wat op Strauss se

twiet gereageer het, meen sy neem nie Sparrow se uitlatings ernstig genoeg op nie.

Onder die kritiek is dat haartwiet te idealisties is, dat daar nie ’n kompromis is wanneer rassisme betrokke is nie en dat

die aangehaalde spreekwoord die erns van die belediging neu-traliseer.

Strauss, wat swanger is, het gisteroggend in reaksie op die kritiek getwiet dat sy nie rassis-me of domheid goedkeur nie en deur die kritiek op haar gewalg is.

Die akteur en TV-persoonlik-heid Soli Philander het in reak-sie op Strauss se aanvanklike twiet gesê die spreekwoord bete-ken nie mense kan ander noem net wat hulle wil nie.

Sy het daarop gesê: “Ek stemheeltemal saam, Soli. [Dit is] baie moeilik om ’n volledige opi-nie in 140 karakters te ver-woord. Ek moes dit nie probeer het nie.”

Strauss het gistermiddag in ’nSMS aan Die Burger gesê daar was “beslis ’n misverstand” tus-sen wat sy bedoel het en hoe mense dit verstaan het.

“Ek sal maar liewers van hieraf stilbly.”

Jo­Ann Strauss gekap ná twiet oor Penny Sparrow

Jo­Ann  Strauss Foto:  INSTAGRAM

Shantel  Moses

Kaapstad. – Die jongste lid van die buurtwag in Blikkiesdorp, Delft, is Sondag in die vroeë oggendure dood nadat ’n ver-meende bendelid haar glo as ’nskild gebruik het.

Samantha Philander (16) watsaam met haar ma, Maureen, in die buurtwag dien, het glo by vriende gekuier toe dit ge-beur het.

“Ek het haar vroeër die aand (omstreeks 23:00) gestuur om ’n brood en jogurt by die huiswinkel te gaan koop. Sy het daarna by vriende aange-gaan en daar gekuier,” het Maureen gesê.

Een van die vriende was glo’n vermeende bendelid wat on-langs op parool vrygelaat is.

“Hy was in die tronk vir ’nmoord. Vroeër die dag was hy by my huis en het hy gevra dat ek vir hom moet bid, want sy lewe is in gevaar. Ek het toe nog gebid dat die dood van hom moet wegbly.”

Volgens Maureen het hulle die skote ná middernag hoor afgaan.

“Ons het aan mekaar in diehuis gesê dit klink soos ’n ma-sjiengeweer en ek het nog die polisie gebel. Min het ek ge-weet dat dit my kind is wat ge-skiet is . . . totdat iemand my kom roep het. Hulle het ge-skree dat Menta [Samantha] in ’n plas bloed lê.”

Kapt. Frederick van Wyk, ’nprovinsiale polisiewoordvoer-der, het die skietvoorval be-vestig.

“Daar word beweer dat ’n groep gewapende mans by die voortuin van die huis waar diemeisie gekuier het, ingebars het. Hulle het toe glo wild be-gin skiet. Ons ondersoek ’n saak van moord en poging tot moord.”

Rowan Smith, ook ’n buurt-

waglid en Samantha se beste vriend, het aan Die Burger ge-sê die aanval was op die ver-

meende bendelid. “Die ander mense by wie sy

gekuier het, het gesê hy het ag-ter haar geskuil en het daarna weggehardloop. Hy is steeds soek. Die skieters kom ook nog gereeld om na hom te soek.”

Dan Plato, Wes-Kaapse mi-nister van gemeenskapsveilig-heid, het gister Samantha se gesin besoek en sy medelye aan die gesin betuig.

“Op 16 was sy beslis een vandie Wes-Kaap se jongste buurt-

waglede. Ons is jammer oor u verlies.”

Intussen het Maureen gesê sy gaan voort om die gemeen-skap te dien.

“Daar is nog baie mense wathulp nodig het in Blikkiesdorp. Ek het nooit geweet dat een van my familielede ’n slagoffer sal wees van geweld in ons ge-meenskap nie, maar dit het nou so gebeur.

“Ons moet aangaan met diegoeie werk.”

Delft: Jong buurtwaglid geskiet

Samantha  Pilander  (16)Foto:  VERSKAF

Maureen  Philander  met  een  van  haar  kleinkinders,  Nakeesha  Philander.  Foto:  DENVOR  DE  WEE

Elsabé  Brits

Kaapstad. – Daar word elke dag in die Wes-Kaap 700 eenhede bloed – 332,5 liter – benodig om in al die hospitale se aanvraag te voorsien.

Gedurende die vakansie is daar altyd ’n tekort aan bloed, nie net weens meer ongelukke nie, maar omdat mense in dié tyd minder bloed skenk.

Die provinsie het tans ’n te-kort aan die O-bloedgroep – die universele skenker, omdat dié bloedgroep versoenbaar is met

alle ander groepe.Die provinsie het tans net

voorraad vir drie dae, en die ideaal is om vir vyf tot sewe dae te hê.

Minder as 1,5% van mense indie Wes-Kaap skenk bloed.

Volgens Marlize van der Mer-we, woordvoerder van die Wes-Kaapse Bloedoortappingsdiens, word die O-bloedgroep meestal in noodgevalle toegedien wan-neer daar nie tyd is om pasiënte se bloedgroep te toets nie.

In ander gevalle kry mense bloed van hul eie bloedgroep.

) “Heel bloed” kan 21 dae lank gehou word en word net gebruikwanneer iemand reuse-bloedver-lies het.) Plaatjies kan vyf dae gehou word en word gebruik vir die behandeling van leukemie, in orgaanoorplantings en om ’n plaatjietelling te verhoog.) Plasma word in verskeie vorms gebruik om teenliggaam-pies te voorsien, vir die behan-deling van brandwonde en om bloedvolumes te herstel. Dit kan vir tussen een en twee jaar ge-hou word indien dit bevrore is.

) Rooibloedselle word tydens operasies en vir die behandeling van anemie gebruik.

Van aar tot aar:Sodra iemand by een van die

diens se klinieke bloed skenk, word dit vir verwerking na ’n laboratorium gebring.

Die bloed word getoets vir ABO-bloedgroepe, rhesus-tipe, sifilis, MIV en hepatitis B en C.

Besoek www.wpblood.org.za,of bel die diens by 021 507 6300, of maak kontak op Facebook (WP Blood) en Twitter @WPBlood vir meer inligting.

Bloedtekort in Wes­Kaap ‘weens vakansie’