dit - laerskool helderkruin amptelikkruiners.co.za/wp-content/uploads/2015/10/kruiner-klets...22...

9
Omsendbrief 29/15 2015 10 19 Twee dinge kry ons nooit weer terug nie: Woorde wat uitgespreek en tyd wat verspeel is.” ~ Thomas Fuller~ Baie welkom terug aan al ons ouers, kinders en personeel - ‘n spesiale welkom aan al ons nuwe ouers en leerders, ons vertrou dat u sommer baie gou tuis sal voel by ons! Ons sien baie uit na hierdie kwartaal en vertrou dat u, soos ons, lekker uitgerus het en vol ywer is vir die kwartaal wat voorlê. 2 Joh 1:4: Ek het geen groter blydskap as dit nie, dat ek hoor dat my kinders in die waarheid wandel.Geagte ouers 1. PERSONALIA 1.1 Dit is met leedwese wat ons verneem het van die afsterwe van me Lethiwe Molekwa (IDSO). Ons innige meegevoel gaan uit na die gesin en familie! 1.2 Ons wil graag vir Norman Hlekani, terreinwerker, by ons verwelkom en vertrou dat hy n lang en goeie verbintenis met ons skool sal hê. (C Schutte) 2. SPORT 2.1 Krieket 2.1.1 Aandreeks Baie geluk aan ons Kwagga krieketspan wat die Sentraal-Wes krieketaandreeks gewen het. Van die twaalf deelnemende skole het die Kwaggas eerste geëindig. Die volgende seuns is as spelers van die onderskeie wedstryde aangewys: Laerskool Helderkruin vs Laerskool Horison: Worral Raymond Laerskool Helderkruin vs Laerskool RAM: Ruben Eksteen Laerskool Helderkruin vs Laerskool Florida: Ryan Coetzee Worral Raymond is ook as die “Master Blaster” aangewys. Die veldwerker van die toernooi was Andeon Olivier. 2/… Privaatsak X01, Helderkruin 1733 Telefoon: 764 2506/7 Faks: 764 5602 E-Pos: [email protected] Webblad: http://www.laerskoolhelderkruin.co.za Donderdag, 22 Oktober gedurende skoolure: Produksie 2000 vertoning en Pretdag “Inflatable day”. Geen kostes betrokke. Daar gaan baie wateraktiwiteite wees (swemklere, handdoek, droë klere).

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Dit - Laerskool Helderkruin Amptelikkruiners.co.za/wp-content/uploads/2015/10/Kruiner-Klets...22 Oktober 2015 - Produksie 2000 - vertoning - Pretdag (Wateraktiwiteite) 23 Oktober 2015

Dit

Omsendbrief 29/15

2015 10 19

“Twee dinge kry ons nooit weer terug nie:

Woorde wat uitgespreek en tyd wat verspeel is.” ~ Thomas Fuller~

Baie welkom terug aan al ons ouers, kinders en personeel - ‘n spesiale welkom aan al ons nuwe ouers

en leerders, ons vertrou dat u sommer baie gou tuis sal voel by ons! Ons sien baie uit na hierdie

kwartaal en vertrou dat u, soos ons, lekker uitgerus het en vol ywer is vir die kwartaal wat voorlê.

2 Joh 1:4: “Ek het geen groter blydskap as dit nie, dat ek hoor dat my kinders in die waarheid

wandel.”

Geagte ouers

1. PERSONALIA

1.1 Dit is met leedwese wat ons verneem het van die afsterwe van me Lethiwe Molekwa

(IDSO). Ons innige meegevoel gaan uit na die gesin en familie!

1.2 Ons wil graag vir Norman Hlekani, terreinwerker, by ons verwelkom en vertrou dat hy

’n lang en goeie verbintenis met ons skool sal hê.

(C Schutte)

2. SPORT

2.1 Krieket

2.1.1 Aandreeks

Baie geluk aan ons Kwagga krieketspan wat die Sentraal-Wes

krieketaandreeks gewen het.

Van die twaalf deelnemende skole het die Kwaggas eerste geëindig.

Die volgende seuns is as spelers van die onderskeie wedstryde aangewys:

Laerskool Helderkruin vs Laerskool Horison: Worral Raymond

Laerskool Helderkruin vs Laerskool RAM: Ruben Eksteen

Laerskool Helderkruin vs Laerskool Florida: Ryan Coetzee

Worral Raymond is ook as die “Master Blaster” aangewys.

Die veldwerker van die toernooi was Andeon Olivier.

2/…

Privaatsak X01, Helderkruin 1733

Telefoon: 764 2506/7 Faks: 764 5602 E-Pos: [email protected]

Webblad: http://www.laerskoolhelderkruin.co.za

Donderdag, 22 Oktober gedurende skoolure: Produksie 2000 vertoning en Pretdag “Inflatable day”. Geen kostes betrokke. Daar gaan baie wateraktiwiteite wees (swemklere, handdoek, droë klere).

Page 2: Dit - Laerskool Helderkruin Amptelikkruiners.co.za/wp-content/uploads/2015/10/Kruiner-Klets...22 Oktober 2015 - Produksie 2000 - vertoning - Pretdag (Wateraktiwiteite) 23 Oktober 2015

2

2.1.2 Liga

Baie geluk aan o.10, o.11 en Kwaggas wat deurgedring het na die finale van die liga.

Sterkte met die wedstryde.

2.2 Hokkie

Baie geluk aan Mienke Rossouw en Vanessa Lourens wat aan die D12 proewe deelgeneem

het. Geluk aan Christo Booysen en Brandon Jubber wat in die D12 oefenspan opgeneem is.

Ons is trots op julle.

Sterkte aan die o.12 dogters en seuns wat 20 Oktober deelneem aan hul proewe.

2.3 Tennis

Dankie vir ’n fantastiese ligaseisoen. Elke speler wat deelgeneem het en elke ouer se

ondersteuning word opreg waardeer.

Baie dankie en geluk aan die spelers wat Woensdag, 14 Oktober 2015 deelgeneem het aan

die D12 proewe.

2.4 Skaak

Die “Kampioen van kampioenne” vind vandag, 19 Oktober, om 18:30 vir 19:00 in die

Mediasentrum plaas.

2.5 Atletiek

Die atletiekseisoen het reeds afgeskop en ons is baie opgewonde oor die seisoen wat

voorlê. Daar sal dié jaar twee atletiekbyeenkomste wees, die eerste een is die huissport

wat plaasvind op 23 Oktober 2015. Die tweede byeenkoms is ‘n vriendskaplike byeenkoms

teen Maragon (tuis), op 30 Oktober 2015. Ons wil die atlete asseblief aanmoedig om aan

die huissport deel te neem. (Sien aangeheg atletiekafrigters en oefentye).

Junioratlete, graad R tot graad 2 oefen tydens skooltyd tot verdere kennisgewing.

2.6 Kruinlympics

Dit is ‘n nuwe byeenkoms wat deel vorm van atletiek en landloop. Spanne van vier ding mee

waar leerders mekaar aflos om ‘n interessante hindernisbaan (wateraktiwiteite ingesluit),

in ‘n rekordtyd, te voltooi.

Inligting rakende die byeenkoms:

Datum : 27 Oktober 2015

Tyd : Registrasie begin om 14:15

Spangrootte : 4 leerders per span

Graad : Slegs graad 3 tot 7

Inskrywingsfooi : R10 per leerder

- Merk asseblief dat daar geen atletiekoefening die middag van 27 Oktober 2015

plaasvind nie.

- Inskrywingsvorms beskikbaar by me Rolandi Minnaar.

- Aangesien daar heelwat ander atletiekbyeenkomste die kwartaal plaasvind is daar

beperkte plek. (48 leerders per graad)

- Finale reëlings vir reeds ingeskrewe leerders volg binnekort.

(E Ferreira en T Breet)

3/…

3

Page 3: Dit - Laerskool Helderkruin Amptelikkruiners.co.za/wp-content/uploads/2015/10/Kruiner-Klets...22 Oktober 2015 - Produksie 2000 - vertoning - Pretdag (Wateraktiwiteite) 23 Oktober 2015

3. KULTUUR

3.1 WOW-Spelfees

Baie geluk aan al ons spellers wat Saterdag, 17 Oktober deelgeneem het aan die Nasionale

kompetisie te Stellenbosch. Ons Kruiners is trots op elkeen van julle!

Dankie vir die personeel wat hulle vergesel het.

3.2 ATKV Redenaars

Goeie nuus! Die ATKV se temas vir 2016 is beskikbaar.

Graad 1 tot 3

Ledigheid is die duiwel se oorkussing

As die vlooi byt, moet jy krap

Elke haan is koning op sy eie mishoop

As twee hande mekaar was, word albei skoon

Om van ‘n padda vere te probeer pluk

Graad 4 tot 5

Bloed kruip waar dit nie kan loop nie

Die pap dik aanmaak

Wie wind saai, sal storm maai

Jou eie boontjies uitdop

Die oggendstond het goud in die mond

Graad 6 tot 7

Iemand se Achilleshiel

As die hoenders tande kry

‘n Man van twaalf ambagte en dertien ongelukke

Haastige hond verbrand sy mond

Elke bobbejaan het sy krans

3.3 Kersliedere by Kerslig

Ons nooi u almal, klein en groot, om Woensdag, 4 November ons

“Kersliedere by Kerslig” by te woon. Dis vir ons belangrik om

terug te gee aan die gemeenskap en om die jaar op ‘n gepaste wyse

af te sluit.

Die geleentheid gaan op die skool se rugbyveld plaasvind vanaf 18:30 tot 20:00. Bring

u kombers en piekniekmandjie en kom vier Kersfees saam met ons.

Indien moontlik, vra ons u om asseblief ‘n skoendoos met items vir minderbevoorregte

kinders op te maak.

- Die skoendoos moenie groter as ‘n medium (20 x 34 x 11 cm) grootte wees nie. ‘n

Medium grootte plastiekhouer is ook welkom.

- Wees kreatief! Versier die skoendoos met tekeninge, verf, uitgesnyde figure of

plakkers of selfs geskenkpapier.

- ‘n Naamplakker met die geslag en toepaslike ouderdom vir wie die geskenk geskik is

moet asseblief aan die regterkantste, boonste hoek geplak word.

- Hou asseblief in gedagte: NUWE en OUDERDOMSTOEPASLIKE items sal hartjies

baie bly maak. Die volgende items word versoek in al die skoendose: tandepasta,

tandeborsel, lekkergoed en ‘n speelding.

- Belangrike notas oor die inhoud:

Sjokolade moet in ‘n ziplock sakkie gesit word om te voorkom dan moontlike

gesmelte sjokolade ander produkte beskadig.

4/…

Page 4: Dit - Laerskool Helderkruin Amptelikkruiners.co.za/wp-content/uploads/2015/10/Kruiner-Klets...22 Oktober 2015 - Produksie 2000 - vertoning - Pretdag (Wateraktiwiteite) 23 Oktober 2015

4

Moet asseblief geen medikasie, geweld verwante items (speelmesse of –gewere),

breekbare items (glasprodukte of spieëls) elektronika (batterye en battery

aangedrewe speelgoed), politieke, religieuse of rasse verwante

speelgoed insluit nie.

Alle vloeistowwe soos kosmetiese produkte en “bubble” moet in

‘n ziplock sakkie verpak word.

Verseker asseblief dat geskenke ouderdomstoepaslik is en dat

geen items wat ingesluk kan word of as ‘n lekker aangesien kan

word ingesluit is nie.

Leerders gaan in hul verskillende grade ook items voordra. Meer inligting sal in die week in

‘n aparte brief gestuur word.

Dit is ‘n vrywillige projek en u is onder geen verpligting om daaraan deel te neem nie!

3.4 Revue DVD’s en Foto’s

Groot dank aan almal vir jul geduld met die lang gewag vir foto’s en dvd’s. Alle bestellings

is reeds aan leerders uitgedeel. Indien u nie u foto’s en/of dvd ontvang het nie, of

addisionele dvd wil bestel, epos me K Lourens by [email protected] met u kind

se naam, van en graad.

Geen bestellings sal deur die kantoor geneem word nie.

(K Lourens)

4. FOENDIEKLUB

Sien dokumente aangeheg.

(N van Wyk)

5. KOOR

Belangrike datums:

Kinderkooroptrede: 25 Oktober te NG Kerk Horison-Noord.

Junior- en Kinderkoorafsluiting vind op 28 Oktober 2015 plaas.

(M Nel)

6. GRAAD RR/R ONDERWYSERES AAN DIENS DIE WEEK

Mee Hanli-Mari (Graad RR), Mari Müller en Mariaan Deneys (Graad R’e) sal hierdie week aan

diens wees vanaf 06:45.

(L Kapp)

7. KLEREBANK

Skakel gerus die skool op (011) 764-2506 om ’n afspraak te maak met me Elouise van Zyl vir die

aankoop van tweedehandse klere.

(Bestuur)

8. GROEPFOTO’S

Dit kan teen R40 by afrigters bestel word. Stuur korrekte bedrag in toegeplakte koevert met

u kind se naam, graad en sport/aktiwiteite na die skool. Bestellings sluit op 4 November 2015.

5/...

Page 5: Dit - Laerskool Helderkruin Amptelikkruiners.co.za/wp-content/uploads/2015/10/Kruiner-Klets...22 Oktober 2015 - Produksie 2000 - vertoning - Pretdag (Wateraktiwiteite) 23 Oktober 2015

5

9. BOETIE- EN SUSSIEFOTO’S

Op Vrydag, 6 November word individuele foto’s en klasfoto’s geneem.

Koste: R80.00

Die pakket sluit in: 1 x 15 x 20cm (A5) Vergroting (met drukwerk)

1 x 10 x 15cm (Jumbo)

2 x 4 x 6cm foto’s

1 x Boekmerk

10.

Betaling: Slegs KONTANT - GEEN TJEKS! (Stuur asseblief die korrekte bedrag) op

6 November saam met u kind. Die geld moet by mnr Minnaar inbetaal word met die neem

van die boetie- en sussiefoto. Slegs skoliere wat die geld op 6 November by

mnr Minnaar inbetaal sal afgeneem word. Geen geld vir foto’s sal by die kantoor ontvang

word nie. Geen leerder mag onderlinge reëlings tref met mnr Minnaar of die skool om

later te betaal nie.

10. ALGEMENE JAAR- EN BEGROTINGSVERGADERING

Leerders het vandag ’n belangrike skrywe vir u kennisname ontvang van die Algemene Jaar- en

Begrotingsvergadering wat op 23 November 2015 gaan plaasvind.

11. BELANGRIKE DATUMS

Baie sterkte aan almal wat hierdie week by die onderskeie

aktiwiteite betrokke is!

19 Oktober 2015 - Skaak: “Kampioen van kampioenne” (media)

- Oueraand per uitnodiging GSF (klasse) en ISF (saal)

20 Oktober 2015 - Hokkie: Proewe o.12 dogters en seuns

- Krieket: o.10 vs WPPS (te Laerskool Horison)

21 Oktober 2015 - Hokkie: o.12 Finale

- Krieket: o.11 vs Laerskool Dr Havinga (te Ridgevale)

- Kwaggas vs Laerskool Roodekrans/Laerskool Horison te

Laerskool Dr Havinga

22 Oktober 2015 - Produksie 2000 - vertoning

- Pretdag (Wateraktiwiteite)

23 Oktober 2015 - Atletiek: Huissport

- Graad R Gradeplegtigheid foto’s

25 Oktober 2015 - Kinderkooroptrede: 25 Oktober te NG Kerk Horison-Noord

Helderkruingroete

C SCHUTTE EN REDAKSIE

HOOF ----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Page 6: Dit - Laerskool Helderkruin Amptelikkruiners.co.za/wp-content/uploads/2015/10/Kruiner-Klets...22 Oktober 2015 - Produksie 2000 - vertoning - Pretdag (Wateraktiwiteite) 23 Oktober 2015

FOENDIEKLUB

Foendieklub funksioneer in die middae na skool en bied aan leerders, wat nie by enige buitemuurs betrokke is nie,

‘n geleentheid om op ander gebiede hulle potensiaal te kan ontwikkel.

Gr. 3 leerders word hierdie jaar apart gekkommodeer deur op hulle vlak en op ‘n ligte manier die inhoud oor te dra.

Tydbestuur = Beplanning = Suksus

Soos julle reeds weet is die eksamen om die draai en by Laerskool Helderkruin is die volle potensiaalontwikkeling

van elke leerder vir ons belangrik. Ons gaan die kwartaal afskop met ‘n voorbereidingskursus vir die eksamen vir

Graad 3 – 7 leerders.

Die kursus sluit die volgende in:

Linker - regterbrein dominansies evaluering.

Hoe hanteer ek eksamenstres?

‘n Gesonder jy!

Tydsbestuur.

Leertegnieke (breinkaarte, flitskaarte, leer met behulp van kleur en prentjies, ens.)

Gebruik van Tablet of iPad tydens voorbereiding

Hersiening

Vele meer...

Al die kursusse word

aangebied in Me Elaine

Steyn se klas – Gr. 4

Maandag

19 en 26 Oktober

2 en 9 November

Dinsdag

20 en 27 Oktober

3 en 10 November

Donderdag

22 en 29 Oktober

3 en 12 November

Graad Gr. 3 Gr. 4 – 5 Gr. 6 - 7

Tyd 13:45 – 15:00 13:45 – 15:00 13:45 – 15:00

As u belangstel om u leerder in te skryf vir die opwindende studiekursus kontak gerus vir Juffrou Elaine deur

‘n epos te stuur aan [email protected]

Foendieklubgroete

Elaine Steyn

EKSAMEN VOORBEREIDING

Volle Potensiaalontwikkeling

Page 7: Dit - Laerskool Helderkruin Amptelikkruiners.co.za/wp-content/uploads/2015/10/Kruiner-Klets...22 Oktober 2015 - Produksie 2000 - vertoning - Pretdag (Wateraktiwiteite) 23 Oktober 2015
Page 8: Dit - Laerskool Helderkruin Amptelikkruiners.co.za/wp-content/uploads/2015/10/Kruiner-Klets...22 Oktober 2015 - Produksie 2000 - vertoning - Pretdag (Wateraktiwiteite) 23 Oktober 2015

GEKLASSIFISEERDE BERIGTE

A& B KUNSSENTRUM Kunsklasse met ‘n ander kleur! Net belangstelling en bereidwilligheid is hier nodig! ‘n Sessie per week sal u kind se talent, kennis en sluimerende vaardigheid stimuleer en nie frustreer! Vir meer inligting haal ‘n inskrywingsvorm af by me A Botes in die kunsklas van Laerskool Helderkruin.

Leerders vanaf graad 2 tot graad 7 is welkom!

KITAARLESSE VIR BEGINNERS

Kitaarlesse vir beginners in die Wilropark area.

Help jou kind om sy/haar passie vir musiek te

ontdek.

Vir meer inligting, asook beskikbare tye, besoek my

webwerf by leonlouw.liveteachguitar.com of skakel

my by 071 898 9228.

Handyman Vir gratis kwotasies, betroubare en lojale diens, kontak Ignatius 082 926 3485 of Retha by snoepie 082 927 1244.

-Dr. Arina Lanser- BA Ed;B. Ed(Psig);M.Ed(Psig);D.Ed PR 8614202 REG HPCSA

IS EK AS OUER GEREED VIR DIE EISE VAN

GR.1 IN 2016?

Kursus vir huidige gr.O-ouers word aangebied by

L/S Helderkruin op Vrydagmiddag

6 November 2015. Indien u sou belangstel en

meer inligting verlang, stuur ‘n epos aan

[email protected]

DIE OORGANG VAN GR.3 NA GR.4:

WAAROOR AL DIE BOHAAI?? Kursus vir

huidige gr.3-ouers word aangebied by L/S

Helderkruin op Saterdag 7 November 2015.

Indien u sou belangstel en meer inligting verlang,

stuur ‘n epos aan [email protected]

Vir hulp met boekhouding, finansiële state, belasting (persoonlik en besigheid) en sekretariële dienste skakel.

Leandra by 083 537 2898

Page 9: Dit - Laerskool Helderkruin Amptelikkruiners.co.za/wp-content/uploads/2015/10/Kruiner-Klets...22 Oktober 2015 - Produksie 2000 - vertoning - Pretdag (Wateraktiwiteite) 23 Oktober 2015