dit - laerskool helderkruin...

7
Omsendbrief 01/17 2017 01 16 Geagte ouers Baie welkom terug aan al ons ouers, kinders en personeel - n spesiale welkom aan al ons nuwe ouers en leerders, ons vertrou dat u sommer baie gou tuis sal voel by ons! Ons sien baie uit na hierdie jaar en vertrou dat u, soos ons, lekker uitgerus het en vol ywer is vir die jaar wat voorlê. Ons skop sommer dadelik af met atletiek omdat die seisoen baie kort is – sterkte aan al ons atlete vir die seisoen! Ons vertrou dat almal op alle gebiede net hul beste sal lewer. Om tussen reg en verkeerd te onderskei: “Ek gee nuwe krag aan dié wat moeg is. Ek maak die moedelose weer vol moed.” (Jer 31:25) 1. PERSONALIA 1.1 Nuwe personeel Ons wil graag die volgende nuwe personeel by ons verwelkom en vertrou dat hulle ‟n lang en goeie verbintenis met ons skool sal hê: Graad R assistent: Annene Ferreira; Personeel: Graad R – Erika Lombard; Graad 2 – Semoni Cancelliere; Graad 3 – Karen Grobler; Graad 4 – Jessica Horn; Graad 5 – Deon Gouws; Graad 6 – Gerhard Scholtz; Graad 7 – Marthinus Schutte. (C Schutte) 1.2 Baie dankie Baie dankie aan ons administratiewe personeel wat gedurende die vakansie gewerk het – dit verseker dat ons vanaf dag een voluit kan werk! Dit is lekker om te weet dat hulle altyd bereid is om die ekstra myl te loop. Die werkers wil ook hul dank aan al ons ouers en kinders oordra vir die geskenkpakke, kos, ensovoorts, wat u aan hul geskenk het vir Kerstyd! (C Schutte) 2. SKOOLKALENDER 2017 TERMYN SKOOL OPEN SKOOL SLUIT 1 11 JANUARIE 31 MAART 2 18 APRIL 30 JUNIE 3 24 JULIE 29 SEPTEMBER 4 9 OKTOBER 6 DESEMBER (Bestuur) 2/... Privaatsak X01, Helderkruin 1733 Telefoon: 764 2506/7 Faks: 764 5602 E-Pos: [email protected] Webblad: http://www.laerskoolhelderkruin.co.za

Upload: others

Post on 10-Jan-2020

15 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Dit - Laerskool Helderkruin Amptelikkruiners.co.za/wp-content/uploads/2017/01/Kruiner-Klets...noodsaaklik dat u, u kinders daaraan sal herinner dat hul enige tyd weer kan probeer om

Dit

Omsendbrief 01/17

2017 01 16

Geagte ouers

Baie welkom terug aan al ons ouers, kinders en personeel - ‘n spesiale welkom aan al ons nuwe

ouers en leerders, ons vertrou dat u sommer baie gou tuis sal voel by ons! Ons sien baie uit na

hierdie jaar en vertrou dat u, soos ons, lekker uitgerus het en vol ywer is vir die jaar wat

voorlê. Ons skop sommer dadelik af met atletiek omdat die seisoen baie kort is – sterkte aan

al ons atlete vir die seisoen! Ons vertrou dat almal op alle gebiede net hul beste sal lewer.

Om tussen reg en verkeerd te onderskei: “Ek gee nuwe krag aan dié wat moeg is. Ek maak die

moedelose weer vol moed.” (Jer 31:25)

1. PERSONALIA

1.1 Nuwe personeel

Ons wil graag die volgende nuwe personeel by ons verwelkom en vertrou dat hulle ‟n lang

en goeie verbintenis met ons skool sal hê: Graad R assistent: Annene Ferreira;

Personeel: Graad R – Erika Lombard; Graad 2 – Semoni Cancelliere; Graad 3 – Karen Grobler;

Graad 4 – Jessica Horn; Graad 5 – Deon Gouws; Graad 6 – Gerhard Scholtz;

Graad 7 – Marthinus Schutte.

(C Schutte)

1.2 Baie dankie

Baie dankie aan ons administratiewe personeel wat gedurende die vakansie gewerk het –

dit verseker dat ons vanaf dag een voluit kan werk! Dit is lekker om te weet dat hulle

altyd bereid is om die ekstra myl te loop.

Die werkers wil ook hul dank aan al ons ouers en kinders oordra vir die geskenkpakke, kos,

ensovoorts, wat u aan hul geskenk het vir Kerstyd!

(C Schutte)

2. SKOOLKALENDER 2017

TERMYN SKOOL OPEN SKOOL SLUIT

1 11 JANUARIE 31 MAART

2 18 APRIL 30 JUNIE

3 24 JULIE 29 SEPTEMBER

4 9 OKTOBER 6 DESEMBER

(Bestuur)

2/...

Privaatsak X01, Helderkruin 1733

Telefoon: 764 2506/7 Faks: 764 5602 E-Pos: [email protected]

Webblad: http://www.laerskoolhelderkruin.co.za

Page 2: Dit - Laerskool Helderkruin Amptelikkruiners.co.za/wp-content/uploads/2017/01/Kruiner-Klets...noodsaaklik dat u, u kinders daaraan sal herinner dat hul enige tyd weer kan probeer om

2

3. ATLETIEK

Die atletiekseisoen is weereens baie kort. Dit is daarom noodsaaklik dat die leerders

wat span gaan haal ELKE oefening bywoon. Die atletiekoefening het reeds begin. Dit is

noodsaaklik dat u, u kinders daaraan sal herinner dat hul enige tyd weer kan probeer om

die span te haal.

Alle nuwe kinders word ook die geleentheid gegun om te toon waartoe hulle

in staat is. Reëlings hiervoor moet met die betrokke afrigters getref

word. Indien u enige navrae insake atletiek het, kontak gerus vir

mnr Opperman of me E de Klerk, die atletiek-organiseerders. Dit is vir

ons noodsaaklik dat alle kinders die geleentheid kry om net hul beste te lewer. Indien die

tye verander, sal u kind betyds daarvan in kennis gestel word.

Oefentye 2017

1. GRONDSLAGFASE: Leerders oefen tydens skoolure.

2. INTERSENFASE:

Oefentye

Maandae Tegniek 14:00 tot 15:30

Maandae Spoeduithou 15:30 tot 16:30

Dinsdae Spoed/Veerkrag 14:00 tot 15:00

Donderdae Spoeduithou 15:00 tot 16:00

Ons sien uit na ʼn opwindende atletiekseisoen!

(E de Klerk)

4. D6 SCHOOL COMMUNICATOR

Ouers word herinner om te registreer op die D6 School Communicator om die nuutste inligting

vanaf die skool te ontvang. Laai dit af op u selfoon of rekenaar en bly op hoogte van aktiwiteite.

(I Mitchley)

5. AFLAAI EN OPLAAI VAN LEERDERS

Ons vestig net weer u aandag daarop dat leerders soggens buite die

skoolterrein afgelaai moet word en ook smiddae buite die skoolterrein

opgelaai moet word. Die leerders wat met kleuterskoolbussies vervoer

word, moet in die waghok wag waar hulle opgelaai sal word. Die kinders

moet vir veiligheidsredes binne die terrein wag. Die hek in Koedoebessie-

straat sal vroeg oopgesluit word vir leerders wat baie vroeg afgelaai word.

Alhoewel dit „n algemene padreël is, ondervind ons soms dat ouers binne/voor die

hekke parkeer. Ons wil u vriendelik versoek om die padreëls in hierdie verband te

gehoorsaam. Dit veroorsaak nie slegs ongerief nie, maar skep „n groot probleem

indien „n noodvoertuig, byvoorbeeld „n ambulans, die terrein moet binnekom en

verlaat. Dankie dat ons die vrymoedigheid kan neem om u hulp in hierdie verband

te vra.

(Bestuur)

3/...

Page 3: Dit - Laerskool Helderkruin Amptelikkruiners.co.za/wp-content/uploads/2017/01/Kruiner-Klets...noodsaaklik dat u, u kinders daaraan sal herinner dat hul enige tyd weer kan probeer om

3

6. WAGKLASSE Die graad RR tot 3-leerders wie se ouers hulle nie direk na skool kom haal nie, moet vir hulle eie

veiligheid in die wagklasse bly tot 13:45. Indien die ouers egter voor 13:45 (byvoorbeeld 13:30)

die kind/ers kom haal, moet hulle by die wagklas afgehaal word. Leerders sal nie toegelaat

word om die klas op hul eie te verlaat nie.

Indien u die kind/ers wel om 13:30 kom haal en u wag vir u ander kind/ers wat eers om 13:45

uitkom, word u versoek om toe te sien dat die kind/ers wat vroeg gehaal word by u wag en nie

tussen die klasse en in die tuine speel nie. U samewerking word hoog op prys gestel.

(L Kapp)

7. SKOOLTYE VIR GRAAD RR/R EN 1

Die grondslagfase leerders sal vanaf vandag Maandag, 23 Januarie om 13:30 verdaag.

Graad 4 tot 7 leerders verdaag om 13:45.

(Bestuur)

8. AFVALPAPIER

Dit sal waardeer word indien u alle afvalpapier soos ou tydskrifte, koerante

ensovoorts saam met u kind skool toe sal stuur. Die skool ondersteun „n herwin-

ningsprojek waarby ons finansieël baat. (R van der Watt)

9. BERIGTE EN VERSPREIDING VAN PAMFLETTE

Die volgende advertensiegeleenthede word deur die skool aangebied:

9.1 'n Kort berig (50 woorde, geen prente) in die weeklikse omsendbrief – R100,00 (per

maand, per berig).

9.2 Uitdeel van pamflette – R750,00 vir die hele skool en R400 indien dit slegs vir

grondslagfase is.

(R van der Watt)

10. SKEURSTROKIES

Ten einde 'n sinvolle kommunikasielyn tussen skool en ouers te bewerkstellig,

is dit uiters noodsaaklik dat alle skeurstrokies van harde kopie briewe deur u

geteken moet word en die volgende dag aan die skool teruggestuur

word. Dit is ons enigste bevestiging dat u wel bewus is van aangeleenthede

wat u en u kind/ers raak.

Die Kruiner Klets word slegs op die skool se webblad geplaas (sien bo by adres waarop u

kan ingaan en eenmalig registreer).

(Bestuur)

11. GRONDSLAGFASE ASSESSERING

Assessering vind deurlopend plaas en leerders word geassesseer op dit wat hulle tydens klastyd

aangeleer het. Dit is uiters noodsaaklik dat huiswerk dus getrou en met die nodige erns gedoen

moet word.

(L Kapp)

4/...

Page 4: Dit - Laerskool Helderkruin Amptelikkruiners.co.za/wp-content/uploads/2017/01/Kruiner-Klets...noodsaaklik dat u, u kinders daaraan sal herinner dat hul enige tyd weer kan probeer om

4

12. TOETSROOSTER EN VOORLOPIGE JAARPROGRAM

12.1 ‟n Toetsrooster vir die eerste kwartaal word vir u gerief aangeheg.

12.2 Toetse: Soos u op die toetsrooster sal sien, is die amptelike toetsdag

op ‟n Dinsdag. Let asseblief daarop dat daar twee aparte toetsroosters

is, een vir graad 4 tot 6 en een vir graad 7.

12.3 Jaarprogram: Is elektronies beskikbaar op D6. Elke leerder sal môre,

Dinsdag, 17 Januarie, ‟n harde kopie ontvang.

(Bestuur)

13. TERAPEUTIESE DIENSTE

Soos u reeds weet is daar 'n span kundige terapeute wat by die skool werksaam is. Ons maak,

soos in die verlede, gebruik van verskeie terapeute.

Skakel gerus me Kapp indien u meer inligting hieroor verlang.

(Bestuur)

14. AFGEE VAN BOEKE, KOS, TAKE ENSOVOORTS

U word versoek om dit by u kinders in te skerp om die nodige boeke,

take en kos vir die volgende skooldag betyds gereed te kry. Vermy

asseblief om vergete items by die kantoor te kom aflaai.

(R van der Watt)

15. “IT SMART” KLUB

Aangeheg 'n breedvoerige skrywe in verband met die skool se “IT Smart” klub.

Let asseblief daarop dat die klasse reeds 23 Januarie 2017 begin.

(E Steyn)

16. GRAAD RR/R ONDERWYSERES AAN DIENS DIE WEEK

Al die graad RR/R dames is vanaf 06:45 in hulle klasse beskikbaar .

(L Kapp)

17. GEMEENSKAPSPROJEK: INSAMEL VAN SKRYFBEHOEFTES

Ons vra u om ons te help deur enige potlode, vetkryt, liniale ensovoorts wat u

kind nie meer gebruik nie skool toe te stuur. U is ook welkom om ou lêers te

stuur. Ou legkaarte kan ook vir die jonger leerders gegee word.

U is welkom om selfs ou skooltasse, skryfbehoeftes en pennesakkies te stuur.

(Bestuur)

18. INLIGTINGSAAND GRAAD RR TOT 7 (16 JANUARIE 2017)

GRONDSLAGFASE

Personeel is in hul klasse vanaf 17:00 tot 18:00.

INTERSENFASE – 18:00 tot 19:00

Ouers van die onderskeie grade ontmoet in die volgende lokale:

Graad 4 – Saal

Graad 5 – Mnr Eddie du Plessis se klaskamer (Laboratorium)

Graad 6 – Me Amanda Botes se klaskamer (Kunsklas)

Graad 7 – Mediasentrum

Daar sal notules van die vergaderings beskikbaar wees indien u nie die vergadering kan bywoon

nie.

(L Kapp en I Mitchley)

5/...

Page 5: Dit - Laerskool Helderkruin Amptelikkruiners.co.za/wp-content/uploads/2017/01/Kruiner-Klets...noodsaaklik dat u, u kinders daaraan sal herinner dat hul enige tyd weer kan probeer om

5

19. ATLETIEK/KENMEKAAR

U word hartlik uitgenooi na ons jaarlikse atletiek kenmekaar wat gaan plaasvind op Woensdag,

18 Januarie 2017. Die verrigtinge begin om 16:00. Heelwat kos sal te koop aangebied word.

„n Skrywe met meer inligting volg spoedig. Alle ouers is welkom!

(J Breet)

20. BELANGRIKE DATUMS

Baie sterkte aan almal wat hierdie week by die onderskeie

aktiwiteite betrokke is!

16 Januarie 2017 - Inligtingsaand Graad RR tot 7

17 Januarie 2017 - Graad RR/R en 1 Atletiek begin om 11:30

18 Januarie 2017 - Kenmekaar – Atletiek begin om 16:00

21 Januarie 2017 - Atletiek vs Louw Geldenhuys (weg)

Helderkruingroete

C SCHUTTE EN REDAKSIE

HOOF

-----------------------------------------------------------------------------

SKEURSTROKIE A:

Ek die ondergetekende, …………………………………...................................................... ouer/voog van ………………………………........ ..

in graad …….erken ontvangs van omsendbrief 01/17 en bevestig dat ek die omsendbrief gelees het en

kennis geneem het van die inhoud.

HANDTEKENING: ......................................................... -------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Toetsrooster:

GRAAD 4 TOT 6 EN GRAAD 7

KWARTAAL 1

Toetsdatum Amptelike toets

Graad 4 tot 6

Graad 7

31/01/2016 Afrikaans

07/02/2016 Afrikaans Engels

14/02/2016 Engels Wiskunde

21/02/2016 Wiskunde EBW

28/02/2016 NW & TEG NW

07/03/2016 SW SW

14/03/2016 PSW LO

21/03/2016 TEG

-------------------------------------------------------------------------------------

Page 6: Dit - Laerskool Helderkruin Amptelikkruiners.co.za/wp-content/uploads/2017/01/Kruiner-Klets...noodsaaklik dat u, u kinders daaraan sal herinner dat hul enige tyd weer kan probeer om

GEKLASSIFISEERDE BERIGTE

MathAndante, ‘n skool waar nie net gefokus word op die verbetering van wiskunde punte nie, maar ook die verbetering van Selfvertroue van elke kind. Waar elke kind net so belangrik is vir die onderwyser as vir sy ouers, want ‘n kind met selfvertroue is ‘n gelukkige kind in die wiskunde klas. Waar tyd in elke kind investeer word want die kinders van vandag is die leiers van more. Vir meer inligting, kontak Andre by 082 376 5152 / [email protected].

Dagmoeder

Benodige u ‘n betroubare Dagsorg vir u kleinding!!

Ek het plek vir Babas en Kleuters

Skakel Wilna Cell: 082 560 7888

Naskool Helderkruin STUDIESENTRUM: 1.5 Km vanaf Laerskool Helderkruin. Ons vervoer u kind vanaf skool na askool. Lekker middag ete, happie tyd, vrugte en koue verversings. Help met alle huiswerk en take ens. Vervoer na en van sport ingelsuit + kospakkies. Lekker ruim speelplek vir na huiswerk. Oop vakansies. Wi-Fi binnekort vir take. Vakansie skool. Oulike crew. Koste R1000 per maand. Registrasie R200 eenmalig. Skakel Drieka 082 324 8730.

Tuinwoonstel te huur – Wilropark

Tuinwoonstel te huur, geskik vir enkel persoon. 1 Slaapkamer, 1 Badkamer , oopplan Sit-eetkamer, met alarm. Eie ingang met afdak parkering. Huur R4 300 per maand Water en Elektrisiteit ingesluit. Deposito R4 300. Kontak Elrina 084 870 8015 of Dirk 082 094 0396

Wil jou kind (of jy self) graag ’n instrument bespeel of bemeester? Kitaar, klavier of sang? Vir bekostigbare, kwaliteit musieklesse, kontak asseblief vir Karlien op 083 758 3777 of epos op [email protected]. Alle ouderdomme en vlakke welkom. Perseel is in Helderkruin geleë.

“Die PRETVOLLE manier om Wetenskaplike-, Tegnologiese-, Ingeneurs- en Wiskundige Konsepte te leer” Ons maak gebruik van gespesialiseerde Lego® produkte om u kind te leer. Ons bied die volgende twee jaar programme aan: Lego® Challenge vir Gr 1 – 4 GaliLego Technic vir Gr 5 – 7 Klasse word elke Donderdag middag by Laerskool Helderkruin aangebied. Vir meer inligting kontak ons by: [email protected] of 079 176 9796

Page 7: Dit - Laerskool Helderkruin Amptelikkruiners.co.za/wp-content/uploads/2017/01/Kruiner-Klets...noodsaaklik dat u, u kinders daaraan sal herinner dat hul enige tyd weer kan probeer om

Studio 29 - Kunsklasse

Leerders: Maandae 15.00 tot 16.30 Gr RR tot Gr3 Woensdae 15.00 tot 16.30 Gr 4 tot 7

Hoërskoolleerders: Donderdae 18.00 tot 21.00

Volwassenes: Woensdae 9.00 tot 12.00 Donderdae 18.00 tot 21.00

Saterdae: Teken en skilder, mosaiek werkswinkels op

aanvraag.

Pretverf aande 16 Aug, 6 en 20 Sept. Geen kunservaring of

talent nodig nie.

Skilder self en het baie ervaring in aanbieding en onderrig

van kuns.

Beginners welkom. Baie ontspanne atmosfeer, geen vorige

ervaring nodig nie, net ‘n liefde vir kuns

Leerders: Bevorder kreatiwiteit, konsentrasie, fyn

motories, waarneming, probleemoplossings en sommer

baie pret. Alle mediums.

Volwassenes: Teken en skilder

Kontak: Sannie Slabbert 082 938 7490 of

011 768 2956

Studio: Titaanlaan 29 Wilropark