doppertjie - gkstrand.co.za · • ’n gemeente aanbid in gees en in waarheid – johannes 4. ons...

14
Predikant Dinant Zwemstra [email protected] 083 601 8986 Kantoor Hannelie Mostert [email protected] 021 854 4584 Kantoorure Maandag-Donderdag 08:00 13:00 Webwerf Kobus Buys/Chris Joubert www.gkstrand.co.za Wagwoord:GKStrand Facebook www.facebook.com/groups/strandgk Eredienste op Internet: Eredienstye 09:00 (oggend-somer) 18:30 (aand) 09:30 (oggend-winter) 18:30 (aand) http://kerkdienstgemist.nl Skriba Hannelie Mostert [email protected] 021 854 4584 Redakteur Thys Ebersohn [email protected] 081 784 1904 Diakonie Herman Geyer [email protected] 074 279 1011 KERKINLIGTING Doppertjie Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Strand No. 26/2020 12 Julie Oggend Votum Seën Lofsang : Lied 205:1,2,3 Oordink : HK, Sondag 28, v/a 75 Sing : Psalm 145:1,2,4,9 (2001) Oordink : HK, Sondag 28, v/a 76 Gebed Skriflesing & prediking Teks : Johannes 7:37-8:11 Oordink : HK, Sondag 28, v/a 77 Sing : SB 12-3:1,2,3 Oordink : HK, Sondag 30, v/a 81 Gebed Sing : Lied 203:1,2,3 Wegstuurseën

Upload: others

Post on 11-Oct-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Doppertjie - gkstrand.co.za · • ’n Gemeente aanbid in Gees en in Waarheid – Johannes 4. Ons siele kan nie gevoed word sonder waarheid nie. Dit beteken dat Nagmaal en Woordverkondiging

Predikant Dinant Zwemstra [email protected] 083 601 8986

Kantoor Hannelie Mostert [email protected] 021 854 4584

Kantoorure Maandag-Donderdag 08:00 – 13:00

Webwerf Kobus Buys/Chris Joubert www.gkstrand.co.za Wagwoord:GKStrand

Facebook www.facebook.com/groups/strandgk Eredienste op Internet:

Eredienstye 09:00 (oggend-somer) 18:30 (aand)

09:30 (oggend-winter) 18:30 (aand)

http://kerkdienstgemist.nl

Skriba Hannelie Mostert [email protected] 021 854 4584

Redakteur Thys Ebersohn [email protected] 081 784 1904

Diakonie Herman Geyer [email protected] 074 279 1011

KERKINLIGTING

Doppertjie Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Strand

No. 26/2020 12 Julie

jJ

Oggend Votum

Seën

Lofsang : Lied 205:1,2,3

Oordink : HK, Sondag 28, v/a 75

Sing : Psalm 145:1,2,4,9 (2001)

Oordink : HK, Sondag 28, v/a 76

Gebed

Skriflesing & prediking

Teks : Johannes 7:37-8:11

Oordink : HK, Sondag 28, v/a 77

Sing : SB 12-3:1,2,3

Oordink : HK, Sondag 30, v/a 81

Gebed

Sing : Lied 203:1,2,3

Wegstuurseën

Page 2: Doppertjie - gkstrand.co.za · • ’n Gemeente aanbid in Gees en in Waarheid – Johannes 4. Ons siele kan nie gevoed word sonder waarheid nie. Dit beteken dat Nagmaal en Woordverkondiging

PREEKSKETS: SONDAG Johannes 8:1-11

Teks: Johannes 7:37-8:11

Fokus: Johannes 8:1-11

DV 26 Julie vier ons Nagmaal, en daarom gaan ons vandag so bietjie stilstaan by

hierdie bekende stuk geskiedenis in Johannes 7 en 8. Dit help ons met ons

selfondersoek... Die vraag is dan vanoggend: Wat is my houding teenoor Jesus

Christus?

In Johannes 8 word hierdie vraag nie reguit gestel nie, en tog is dit ten diepste

waaroor hierdie gedeelte gaan: wat is jou houding teenoor Jesus Christus? En hierdie vraag geld vir sowel die aanklaers as die aangeklaagde in hierdie stukkie

geskiedenis.

Die Fariseërs bring ’n owerspelige vrou na Jesus toe om hom te probeer vastrek met ’n slinkse vraag. Dan is Jesus se reaksie baie interessant!

Jesus kies vir die steniging as straf, presies soos wat die wet van Moses dit

voorskryf. En Hy roep die getuies van die vrou se sonde om sélf met die teregstelling te begin.

Die vrou, as aangeklaagde, verdwyn uit die prentjie. Jesus rig Hom tot die

aanklaers! Hy dwing die aanklaers tot selfondersoek, want Hy weet dat hulle besig is om, in hierdie spesifieke geval van die owerspelige vrou, die wet op ‘n onwettige

wyse te gebruik. Hulle misbruik die wet van Moses. Hulle reaksie is hartseer – hoewel hulle gewete hulle wel aangekla het, sluip hulle

een vir een weg, skuldig, in plaas daarvan om na Jesus te gaan.

En dan is daar nog die vrou…

Noudat die aanklaers weg is, nou bly sy alleen agter by Jesus. Nou is hierdie vrou nie meer onder die beskuldiging van die getuies nie, maar nou staan sy, en sy

alleen, voor Jesus. Hy stuur haar nie net weg nie, nee, Hy beveel haar uitdruklik: “… sondig nie meer nie.” Jesus roep hierdie vrou op om ‘n nuwe lewe te begin,

om nie meer te lewe soos wat sy voorheen gelewe het nie.

Ek en jy staan ook elke dag as’t ware voor Jesus, met al ons sondes. Maar wat doen ons? Sluip ons weg, een vir een? Of gaan ons juis na Hom toe met berou.

Voordat ons Nagmaal gebruik die 26e, kom ons vra net weer vir mekaar: Wat is

jou houding teenoor Jesus Christus?

Page 3: Doppertjie - gkstrand.co.za · • ’n Gemeente aanbid in Gees en in Waarheid – Johannes 4. Ons siele kan nie gevoed word sonder waarheid nie. Dit beteken dat Nagmaal en Woordverkondiging

HERVATTING VAN KERKDIENSTE

Liewe Lidmaat,

Ons het nou reeds drie eredienste weer in die kerkgebou gehad.

Dit gebeur met die nougesette nakoming van die voorgeskrewe protokol soos

deur die regering vereis.

Die kerkraad onderneem om in terme van die voorgeskrewe maatreëls, die

kerkgebou so veilig menslik moontlik te maak. Ons doen egter ook ’n beroep op

elke lidmaat om ag te slaan op die voorsorgmaatreëls en diensooreenkomstig

verantwoordelik op te tree.

Die dienste word steeds deur die Internet uitgesaai via YouTube en

Kerkdienstgemist.

Ons vra dat gemeentelede gedurende die week voor ’n betrokke Sondag sal RSVP,

indien die diens bygewoon gaan word. Stuur ’n whatsapp of ’n sms vir Hannelie

(072 857 2328), met jou naam en getal bywoners, bv. Dinant –5.

Ons hou by die protokol soos deur die regering voorgeskryf word. Dit sluit in die

dra van maskers – ook tydens die erediens – die byhou van bywoningsregisters,

reiniging van hande en die kerkgebou en handhawing van afstande. Die

voorskrifte is in die Staatskoerant gepubliseer en is hier beskikbaar:

https://www.gov.za/sites/default/files/gcis_document/202005/43365gon609s.p

df

Ons bly vashou aan Christus as die Koning van ons Kerk. Ons is Sy Bruid! Mag

Hy ons elkeen ook vashou en lei in hierdie vreemde tyd, en mag ons steeds getrou

bly aan Sy roeping om ware kerk te wees. Meer Christus, minder ek!

Indien daar enige navrae is, kontak my of jou ouderling gerus.

Groete,

Dinant Zwemstra

Page 4: Doppertjie - gkstrand.co.za · • ’n Gemeente aanbid in Gees en in Waarheid – Johannes 4. Ons siele kan nie gevoed word sonder waarheid nie. Dit beteken dat Nagmaal en Woordverkondiging

GK STRAND, NAGMAAL EN COVID-19 Die kerkraad het oor 3 vergaderings besin oor die viering van Nagmaal in hierdie

tyd, en ook by die Klassis gaan raad vra oor hoe ons daaroor moet dink.

Die vraag op hande is: gaan ons nie Nagmaal oorspeel deur dit nou te vier nie? Of

gaan ons Nagmaal onderspeel deur dit nie nou te vier nie? Inderdaad ’n vraag wat

baie wysheid kort en wat die kerkraad biddend benader het.

Lees gerus die volgende rustig met bepeinsing deur en indien daar enige

onduidelikheid is, kontak gerus enige ouderling of vir Dinant.

’n Paar prinsipiële sake het na vore gekom, en die belangrikste daarvan is die

volgende:

Kerkeenheid in Grendeltyd:

• In terme van die bediening van Nagmaal, moet elke Kerkraad vir homself

besluit wat die meeste tot stigting sal dien (Kerk Orde, Artikel 62)

• ’n Gemeente aanbid in Gees en in Waarheid – Johannes 4. Ons siele kan nie

gevoed word sonder waarheid nie. Dit beteken dat Nagmaal en

Woordverkondiging nie los van mekaar kan geskied nie.

• Die kerk se eenheid word gevind in ons geloof in Christus, en deur die

inwoning en werking van die Heilige Gees. ’n Fisiese bymekaarkom in ’n

erediens vergestalt daardie eenheid. Die gemeente se eenheid lê in sy wese

nie in die bymekaar kom nie, maar in ons geloof. Indien ons eenheid in ons

fisiese bymekaar kom sou wees, dan sou dit beteken dat die liggaam van

Christus (kerk) vir ’n ruk ontbind was, en dit kan nie.

• In ons eenheid (en in die manier hoe ons nou vergestalting daaraan gee), is

Christus se opdrag tot die viering van Nagmaal steeds belangrik. Ons mag

nie Nagmaal net onverwyld uitstel nie – dit sou uitloop tot ’n onderwaardering

van Nagmaal.

Page 5: Doppertjie - gkstrand.co.za · • ’n Gemeente aanbid in Gees en in Waarheid – Johannes 4. Ons siele kan nie gevoed word sonder waarheid nie. Dit beteken dat Nagmaal en Woordverkondiging

Wat van die toesig van die Ouderlinge oor Nagmaal?

• Ouderlinge neem nie verantwoordelikheid van lidmaat weg nie. Die ouderlinge

neem die verantwoordelikheid om die lidmate te herinner aan húlle

verantwoordelikheid. Die Ouderlinge roep lidmate op tot selfondersoek, hulle

doen nie die ondersoek vir en namens die lidmaat nie. Die Nagmaalsformulier

maak dit ook duidelik dat elkeen hom/haarself vooraf sal ondersoek.

• Dit is wel so dat mens nie beheer het oor wie almal saam Nagmaal aanlyn vier

nie, en in so ’n geval neem daardie persoon verantwoordelikheid, en die

formulier maak dit ook duidelik dat iemand wat liefdeloos en aanstootlik lewe

nie Nagmaal moet vier nie.

Is dit nie bygelowig om Nagmaal nou te vier nie?

• Indien iemand glo dat die viering van Nagmaal een of ander magiese krag

gaan hê (soos om jou te beskerm teen Covid 19), dan het jy ’n bygelowigheid,

en maak so ’n persoon meer van die Nagmaal as wat dit is. Dan word Nagmaal

’n towerry, of ’n manier om die Here te probeer manipuleer. (Formulier stel

dit ook duidelik: Daarom verkondig ons aan alle afgodsdienaars, towenaars

en waarsêers en die wat aan hulle glo, ... om nie na die nagmaal van die Here

te kom nie.)

• Nagmaal is ’n herinneringsmaaltyd wat ons fokus op Christus stel, op Sy liefde

vir ons. Die waarde van Nagmaal in hierdie tyd is dat ons opgeroep word en

herinner word dat Christus ons enigste Verlosser is.

• Wanneer ons aan Christus dink, word die tekens van brood en wyn telkens

weer 'n versekering dat Hy Hom in ons plek oorgegee het en dat Hy ons so

seker met sy liggaam en bloed voed as wat ons die brood en wyn eet en drink.

So wil die lewende Christus deur sy Gees ons van sy liefde verseker!

Page 6: Doppertjie - gkstrand.co.za · • ’n Gemeente aanbid in Gees en in Waarheid – Johannes 4. Ons siele kan nie gevoed word sonder waarheid nie. Dit beteken dat Nagmaal en Woordverkondiging

GK Strand, Covid-19 en Nagmaal?

• Die besluit is dat ons as gemeente die Nagmaal vier DV 26 Julie 2020. Of jy

dit saam vier in die kerkgebou, en of jy dit saam vier by jou huis (tydens die

uitsending), roep ons elke lidmaat op, om soos gewoonlik, onsself diepgrondig

te ondersoek, om onsself met ’n diep berou voor God te verootmoedig, en met

’n hartlike feestelike dankbaarheid die verlossing in Christus in die geloof te

omhels.

Mag die Here ons elkeen hierdeur versterk, en in die seëninge van die Nagmaal laat

deel!

JUIG-TYDSKRIF Ons het die volgende skrywe van die redakteur van Juig ontvang. As iemand sou

belangstel, kontak asseblief vir Thys Ebersohn (081 784 1904).

Hallo beste vriende en familie

Soos julle weet, het COVID-19 soveel lewens ontwrig, myne ook – omdat ons bedryf

baie swaar getref is. Ons maatskappy het elkeen gevra om 50 eksemplare van die Bybel

in 'n Neutedop te verkoop om die koste van ons salarisse te help dek.

Ek stuur die e-pos in die hoop dat jy sal belangstel om hierdie ongelooflike

Bybelkommentaar (teen ’n laer prys) te koop en sodoende sommer ook te help om ons

wa deur die drif te kry.

Ek het The Bible in a Nutshell: Old Testament en Bible in a Nutshell: New Testament in

Engels beskikbaar. In Afrikaans het ons net die Nuwe Testament beskikbaar. Die beste

scenario is om die Ou én Nuwe Testament saam, vir R200 te koop.

As jy kan, en gretig is om my te help, stuur ’n “ja” en ons sal iemand kry om jou by te

staan met die aankoop en aflewering van jou Bybel in ’n Neutedop.

Baie dankie, ek waardeer jou ondersteuning opreg

Liefde

Lourieke Haller

Page 7: Doppertjie - gkstrand.co.za · • ’n Gemeente aanbid in Gees en in Waarheid – Johannes 4. Ons siele kan nie gevoed word sonder waarheid nie. Dit beteken dat Nagmaal en Woordverkondiging

HUISBESOEKBRIEF Liewe Lidmaat,

As gevolg van die beperkingstyd waarin ons is, het ons as gemeente nie Nagmaal gevier

op 7 Junie 2020 nie. Nagmaal is nie iets wat ons sommer net goedskiks kan uitstel soos ons wil nie, want die viering van die nagmaal is 'n uitdruklike bevel van Christus. Hy het ten opsigte van die nagmaal beveel: "Doen dit tot my gedagtenis" (Luk 22:19; 1 Kor.

11:24). In gehoorsaamheid aan Hom wil ons dus wél Nagmaal vier. Uiteraard is die vraag dan: maar hoe? Hoe vier ons Nagmaal op ’n stigtelike en gewyde manier in ’n tyd

soos hierdie?

Na deeglike besinning, asook advies wat ons vanaf die klassis ontvang het, wil ons graag Nagmaal vier op 26 Julie 2020, DV.

Uiteraard kan en mag ons nie almal in die kerkgebou byeenkom nie, maar ons kosbare eenheid lê in ons geloof in Christus Jesus ons Here. Ons kan dus nie ons eenheid uitdruk

deur saam te wees nie, maar ons kan steeds in Gees en Waarheid die Here saam aanbid, al is ons nie fisies bymekaar nie. Die Nagmaal gaan in die kerkgebou bedien word, en, indien jy gemaklik is daarmee, is jy welkom om dit tuis saam met ons te vier.

Met die oog op die Nagmaal wat dan op ’n ander manier geskied as wat ons gewoond is,

is dit juis ’n goeie tyd om net weer te besin oor Nagmaal. Wat is Nagmaal?

Nagmaal is een van die genademiddele wat die Here vir ons gee. Onder die

genademiddele word verstaan die middele wat die Heilige Gees gebruik om die geloof in ons tot stand te bring (dit te werk) en daardie geloof dan ook weer te versterk. Daar is twee genademiddele, naamlik die Woord en die Sakramente. Deur die Woord werk en

versterk die Heilige Gees ons geloof, maar die sakramente (doop en nagmaal) as herinneringstekens, voed en versterk dan daardie geloof.

Nagmaal is ’n herinneringsmaaltyd, deur Christus ingestel, daar was nie ’n kerk wat dit self uitgedink nie. (Matt 26:17-30; Mark 14:12-25; Luk 22:7-23; 1 Kor. 11:23-29).

Nagmaal se doel is dus om ons te herinner aan die versoeningswerk en sterwe van

Christus. Die gelowiges mag dit nooit vergeet nie. Daarom het Christus ook beveel: "Gebruik dit, elke keer as julle daaruit drink, tot my gedagtenis" (1 Kor. 11:25). Die kerk moet daarmee aanhou totdat Christus kom (1 Kor. 11:26).

Die nagmaal wys egter nie net terug nie (gedagtenismaaltyd), dit wys ook vorentoe na

die Bruilofsmaal van die Lam (Op 19:7-9). So wys die nagmaal ook heen na die ewige lewe en saligheid wat wag op die kinders van God op grond van die versoeningswerk van Christus.

Nagmaal is ook ’n belydenis. Deur die gebruik van die Nagmaal bely die gelowige:

• dat hy 'n sondaar is, • dat hy glo dat God om Christus ontwil sy sonde vergeef het,

• dat hy van voorneme is om verder aan Christus gehoorsaam te wees en volgens al die gebooie van God te lewe;

• die gemeenskap (eenheid) met die ander gelowiges. (Vgl. Nagmaalsformulier: "...

almal saam een liggaam . . .".)

Page 8: Doppertjie - gkstrand.co.za · • ’n Gemeente aanbid in Gees en in Waarheid – Johannes 4. Ons siele kan nie gevoed word sonder waarheid nie. Dit beteken dat Nagmaal en Woordverkondiging

Die brood en die wyn as teken en seël...

’n Teken sê: “net soos” ’n Seël sê: “net so seker”

As teken wys die brood wat gebreek word en die wyn wat gedrink word heen na die

gebreekte liggaam en gestorte bloed van Christus. As teken verduidelik dit verder aan my dat net soos die brood gebreek en die wyn uitgegiet word, net so is Christus se liggaam gebreek en sy bloed vergiet tot volkome versoening van al ons sondes.

As seël verseker die nagmaal my dat net so seker as wat die brood voor my oë gebreek

en die wyn uitgegiet word, net so seker is die liggaam van Christus gebreek en sy bloed vergiet tot volkome versoening van al my sondes.

Selfondersoek...

Dit is absoluut noodsaaklik dat 'n mens jouself behoorlik moet voorberei vir die viering van die nagmaal. Die Bybel leer dit vir ons baie duidelik as ons lees: "Maar elkeen moet eers homself ondersoek voor hy van die brood eet en uit die beker drink . . ." (1 Kor.

11:28).

Hoe doen ons selfondersoek? Soms dink mense selfondersoek beteken dat ek oor my sonde moet nadink, en alhoewel dit waar is, is dit maar ’n derde van die volle waarheid. Selfondersoek geskied soos volg:

1. Jy moet jou sonde ken, daaroor berou hê en dit voor God bely, maar dit nie waar dit eindig nie...

2. Jy moet glo dat al jou sondes jou volkome vergewe is ter wille van Christus. 3. Jy moet jou van harte voorneem om uit dankbaarheid nie verder in jou sonde

voor te lewe nie, maar om net te lewe volgens die wil van die Here. Wanneer ons Nagmaal gebruik sonder om na te dink waarmee ons besig is, dan is die

gevaar dat ons ’n bespotting daarvan maak. Dat ons uiterlike handeling sê ons dien en eer Christus, terwyl ons harte ver van Hom af is. Hou dus dit absoluut in gedagte:

Nagmaal ’n heilige instelling van Christus, en behoort daarom met die nodige respek, agting en vreugde gebruik te word.

Selfondersoek behels ook ’n ondersoek na my siening rondom Nagmaal. Nagmaal opsigself is nie ’n magiese gebeurtenis wat een of ander krag uitstraal nie. Ons krag en

genade lê in Christus, deur die werking van die Heilige Gees. Indien ons Nagmaal gaan vier om daardeur (bv) Covid-19 van ons af weg te hou, dan is ons besig met gruwelike bygelowigheid en towery, en maak ons iets van Nagmaal wat dit nie is nie.

Die nagmaal en ons geloofslewe...

Die viering van die nagmaal moet 'n uitvloeisel van 'n gesonde geloofslewe wees en is beslis geen assuransie vir saligheid nie. Daarom is dit heeltemal teenstrydig (eintlike

leuens) om Christus in die gewone, alledaagse lewe nie te ken en te eer nie, en dan tóg begerig te wees om deel te hê aan die nagmaal (wat 'n verkondiging van Christus is).

Slot Mag ons elkeen ons identiteit in Christus herontdek wanneer ons nadink oor ons sonde,

verlossing en dankbaarheid, en mag Nagmaal (26 Julie 2020) ’n heerlike herdenking wees van ons vryheid in Christus. Want sy liggaam is gebreek, en sy bloed het gevloei as ’n

volkome versoening van al ons sondes.

Page 9: Doppertjie - gkstrand.co.za · • ’n Gemeente aanbid in Gees en in Waarheid – Johannes 4. Ons siele kan nie gevoed word sonder waarheid nie. Dit beteken dat Nagmaal en Woordverkondiging

VERJAARSDAE

Sondag, 12 Julie

Joyce Liebenberg

082 459 3212

Dinsdag, 14 Julie

Gail Buys 082 782 4954

Vrydag, 17 Julie Biance Viljoen

061 981 3024

Marcé Els

063 972 2665

Marion Aucamp

083 347 3269

Ons wens almal die seën

van die Here toe op die

nuwe lewensjaar.

Veels geluk!

OFFERGAWES Vandag

Teologiese Studentekas Bolandse Bedieningsfonds

LIEF & LEED Alta du Preez is die week oorlede. Haar troosdiens sal moontlik komende

Woensdag wees.

Linda Coetzee se operasie is uitgestel.

Hannes Styger se COVID-19 se uitslag was negatief.

Page 10: Doppertjie - gkstrand.co.za · • ’n Gemeente aanbid in Gees en in Waarheid – Johannes 4. Ons siele kan nie gevoed word sonder waarheid nie. Dit beteken dat Nagmaal en Woordverkondiging

KOSPAKKIES

Ons gemeente het kragte saamgesnoer met Hepende Hand om kos by

behoeftige mense te kry. Kontak asseblief die organisasie as u wil help.

MOSAMBIEK UITREIK: VOORBIDDING Ons gemeente het elke jaar ’n uitreik wat ons doen na Mosambiek toe. Die afgelope

paar jare stuur ons vir Danie en Bonny Murray, saam met Vinicius en Elizabeth

Bantim, wat ’n skitterende span is, omdat hulle almal Portugees magtig is. Hierdie

jaar se uitreik was beplan vir Augustus. Uiteraard gaan dit nie meer geskied soos

normaal nie. In gesprekke met Vinicius het die Evangelisasie Diensgroep voorgestel

dat ons hierdie jaar se uitreik via whatsapp/zoom/skype/ens... doen. Die predikante

in Mosambiek het redelik toegang tot selfone. Vinicius Bantim gaan met die

predikante daar gesels en hoor hoe moontlik is so ’n tipe uitreik is.

Kan julle asseblief saam met ons hiervoor bid?

Page 11: Doppertjie - gkstrand.co.za · • ’n Gemeente aanbid in Gees en in Waarheid – Johannes 4. Ons siele kan nie gevoed word sonder waarheid nie. Dit beteken dat Nagmaal en Woordverkondiging

KOLLEKTES

Weens die inperking en dienste wat deur die internet uitgesaai word, is die kollektes

uiteraard ook minder. Ons moedig ons gemeentelede aan om die kollektes deur

snapscan of elekroniese oorbetalings af te dra.

Die Diakonie se uitgawes is besig om toe te neem met die nood wat groter word.

Gebruik gerus een van die volgende ABSA rekeninge met verwysing Kollekte:

Bank: Absa (Strand)

Diakonie bydraes: Kerklike bydraes:

Rekeningnommer: 406 032 6008 Rekeningnommer: 405 910 6960

Die takkode vir beide rekeninge is 632005

GRASSY PARK UITREIK

Ons gemeente het ’n lang verbintenis met die Grassy Park-gemeente en die mede-

gelowiges in Mitchells Plein. Die nood is in die gebiede hoër as gewoonlik as gevolg

van die inperking en pandemie.

Ons versoek ons lidmate om klere, nie-bederfbare kos- en selfs kontant-bydraes te

maak vir ons broersen susters op die Kaapse Vlakte wat in nood verkeer.

Kontak vir Dinant of Elbé van der Merwe (082 931 6494) vir meer besonderhede.

BEVESTIGING VAN AMPSDRAERS Die volgende broers en susters word volgende Sondag, 19 Julie bevestig:

Ouderlinge Diakens

Konrad Ludeman Ilse Kaspers

Bernard Mostert Ria Ligthelm

Cobus Coetsee Marisa Botha

Marius Wüst

Johan Erasmus

Sarel Lubbe

Hennie Roos

Page 12: Doppertjie - gkstrand.co.za · • ’n Gemeente aanbid in Gees en in Waarheid – Johannes 4. Ons siele kan nie gevoed word sonder waarheid nie. Dit beteken dat Nagmaal en Woordverkondiging

DIE KERKBLAD Om op Die Kerkblad in te teken, skakel vir Angie Mokobi by die Administratiewe

Buro (018 297 3986) of stuur ‘n e-pos na [email protected].

Pryse is soos volg:

• Die Kerkblad (self afhaal by Admin Buro, posgeld uitgesluit, 11 uitgawes) –

R301

• Die Kerkblad (individuele intekening, posgeld ingesluit, 11 uitgawes) – R434

• Die Kerkblad (in groep, na die gemeente gestuur, posgeld ingesluit, 11

uitgawes) – R407

• Die Kerkblad (elektroniese intekening, ontvang per e-pos, 11 uitgawes –

R126

• Intekening moet skriftelik gekanselleer word

Page 13: Doppertjie - gkstrand.co.za · • ’n Gemeente aanbid in Gees en in Waarheid – Johannes 4. Ons siele kan nie gevoed word sonder waarheid nie. Dit beteken dat Nagmaal en Woordverkondiging

JEUG SPELETJIESAAND Ons hoërskooljeug word uitgenooi om die speletjies-aand mee te maak!

Page 14: Doppertjie - gkstrand.co.za · • ’n Gemeente aanbid in Gees en in Waarheid – Johannes 4. Ons siele kan nie gevoed word sonder waarheid nie. Dit beteken dat Nagmaal en Woordverkondiging

ONDERSTEUN ONS LIDMATE!

Gekwalifiseerde

versorger beskikbaar

Maandae tot Vrydae

08:00 - 16:00

Sandra

079 885 4623

Ek maak gordyne,

romeinse blindings en

kwilts.

Skakel Antonia Cloete by

073 006 0640

Grafiese ontwerper doen

logos, brosjures,

besigheids- en produk-

indentiteit en nog meer.

Skakel Ian by

084 720 9528

Avroy Shlain

Skoonheidsprodukte

Sanet Grönum

082 381 8854

Ek verskaf, en is ‘n

invoerder van mediese

toerusting en

gebruiksitems. Kontak

Erica Versteegh by

021 856 3714 of

[email protected]

Vir algemene rekenaa-

rherstel-werk en -

opgraderings (insluitend

netwerke), kontak

Dewald Koen

060 971 1009

084 678 1297

Kontak Miriam Barnard

vir natuurlike

gesondheids-produkte,

Sportron Ascendis en

handgemaakte produkte

bv. tafelmatjies,

inkopiesakke ens.

083 744 6886

Vir beter kennis oor

grondgeskiktheid en

doeltreffende besproeiing

in jou tuin, kontak gerus

vir Giel Streuderst MSc.

(Agric.) by 082 388 0064.

Kom leer om jou eie

Tiffany lampe te maak

asook vensters en deure!

Kontak Jetty Salomons op

082 320 6577 of

021 856 0736.

Bioway MULTI Insect and

Dustmite KILLER maak

alle koudbloedige insekte,

larwes en eiers dood !

Natuurlike produk, Veilig

vir mense en troeteldiere.

Salome Kruger

072 591 2667

Gratis finansiele dienste ,

gratis testamente ,

besparing op maan-

delikse versekerings

uitgawes asook die

beskerming van fondse.

Skakel vir Jannie Grimbeek

0828823638 of epos

[email protected]

a.

Kontak gerus vir Hermie

as jy ‘n ou teddiebeer wil

laat regdokter

083 300 8999

Vir Aluminiumgeute en

afvoerpype skakel vir

Hugh of Hermie Michler

083 300 8999

Vir alle verfwerk in en om die

huis, skakel Jan van der

Waals

072 424 4653

Vir enige elektriese

herstelwerk of installasies,

kontak Mossie Mostert

072 910 8244

Kontak Gerrit Earle vir enige

staal- en sweiswerk en die oprig

van Wendy-huise. Hy kan ook

klein vragte vervoer.

Kontak Gerrit by

073 654 4345

Vermy enkelgebruik plastiek

items. Kontak my vir Eko-

vriendelike produkte:

Herbruikbare Katoen

Groentesakkies en

Inkopiesakke, asook

Bamboes Tandeborsels en

Bamboes Strooitjies ens.

Karen Versteegh 0827676833

of besoek

https://hug-tree.co.za/

b. Stringligte te huur, skakel

Karen 0827676833