1
http://www.ndabavoetslaanklub.co.za
NNuuuussbbrriieeff FFeebbrruuaarriiee 22001177 e‐pos: [email protected]
2016 Foto van die jaar! – Pieter Conradie
2
2017 NDABA BESTUURSPAN
Voorsitter Paul du Preez [email protected]
Onder‐voorsitter Marietjie van Heerden [email protected]
Tesourier Pierre Rossouw [email protected]
Sekretaresse Ansa Coetsee‐Nieman [email protected]
Lede Stap & Kamp besprekings Annetjie Rossouw [email protected]
Roetebesprekings & registrasie Johan Nieman [email protected]
Lede administrasie Amanda Louw [email protected]
Kampering plek besprekings Mariëtte Botha [email protected]
Nuusbrief Luitha Dafel [email protected]
2017 lidmaatskap:
Ledegeld: R120 per pesoon per jaar
Bank besonderhede:
Bank: First National Bank E‐pos voltooide lidmaatskap vorm & betalingsbewys aan:
Rekeninghouer: Ndaba Stapklub Lede administrasie: Amanda Louw
Tak kode: 261550 [email protected]
Tjek rekening no: 62079503431 Tesourier: Pierre Rossouw
Betalingsverwysing: 2017 Jou VAN en Voorletters [email protected]
Indien jy ’n kontant of tjek inbetaling doen, voeg R30 addisioneel by jou bedrag vir die bankkostes.
Ledelys en statistieke: Stuur jou info aan Amanda Louw : [email protected]
3
Hoe werk dit by Ndaba …..
Roetebespreking:
Kontak vir Annetjie Rossouw per e‐pos [email protected]
1. Betaling moet binne 3dae geskied sodra plek bevestig is
2. Jou NAAM en ROETEVERWYSING moet as verwysing gebruik word met elektroniese betaling
3. Stuur betalingsbewys aan Annetjie en Pierre (Tesourier) om bespreking te bevestig, en sodoende enige misverstande te voorkom.
4. Indien geen betaling binne die 3 dae ontvang is, word jy van die voorlopige staplys afgehaal, sonder verdere kennisgewing.
5. As jy net vir interessantheid wil hoor of daar plek is op ‘n roete, dui dit so aan met jou navraag.
6. Indien ‘n roete VOL BESPREEK is, versoek dat jou naam op waglys geplaas word. As daar genoeg belangstelling is kan daar, indien moontlik, ‘n
addisionele stap gereël word. Jy sal dienooreenkomstig ingelig word.
7. Roetebesprekings sluit een week voor die aanvanklike stap datum, tensy anders deur bestuur gekommunikeer.
8. Nuwe stappers moet eers kort roetes saam Ndaba gestap het alvorens hulle op roetes van langer as 2dae aanvaar sal word.
Lede wat die vrywaringsvorm voltooi het en hul lede geld betaal het kry voorkeur op roetebesprekings.
Nie‐lede, asook self‐onderhoudende kinders, familie en vriende word op waglys geplaas en word slegs oorweeg indien daar nog plek op roete is. ‘n Heffing
van R30 per persoon is ook addisioneel betaalbaar. Die heffing geld nie op dagroetes nie.
AANDAG alle ervare stappers!! Dis dalk bietjie tyd vir ‘n meer avontuurlike en uitdagende staproete!
Kom durf die uitdagende Naukluft wildernis roete in Namibië aan, vanaf 17 – 24 Junie!
Dis 'n 8 dae wildernisroete van 120km met oornaggeriewe wat slegs skuilings is, met 'n puttoilet en water! Kom bemeester jou klim en klouter ondervinding met behulp van kettings deur die uitdagende dele!
Kontak Annetjie spoedig VOOR 10 Maart 2017 en bevestig jou bespreking!
Indien daar voldoende belangstelling is vir die roete sal die bespreking voortgaan en bevestig word
4
2017 Roetes:
Roetes met kostes aangedui, is oop vir bespreking by Annetjie. Hou jou e‐pos dop vir roetes wat stelselmatig bygevoeg word, waarvan die
inligting met algemene e‐pos in die klub aan al die lede uitgestuur word.
Neem kennis vir kampnaweke word gereken op ’n kleinerige tent per persoon en die staanplekke en pryse daarvolgens uitgewerk. As jy
met jou woonwa; boswa of groot tent wil kom, gee dit deur met jou bespreking‐ jou koste sal dan aangepas word na aparte staanplek.
Datum Roete Tipe Area Dae Afstand Kostes Roete
verwysing
3‐5 Maart Kameelkop Rugsak Marquard 2
12+12 R319 Kameel
11 Maart Tonquani Dagstap Magaliesberg 1
+‐12 +‐R60 Tonq
17‐21 Maart Kamp by Mahai Kamp en stap Drakensberge 4
R580 Mahai
7‐9 April Rooikrans Basiskamp Middelburg 2
12+8 R295 Rooi
15 April Faerie Glen Dagstap Pretoria‐Oos 1
Betaal by ingang
21‐23 April Suikerboschfontein Rugsak Carolina 2
10+10 R310 Suiker
28 April – 3 Mei Tsitsikamma Rugsak
[VOLBESPREEK] Stormsrivier
6 62
R785
+verblyf&vervoer Tsitsi
5‐7 Mei Silver Falls Basiskamp Middelburg 2
15+6 R220 Silver
9 ‐13 Mei Otter Rugsak
[VOLBESPREEK] Stormsrivier
5
42 R1175
+verblyf&vervoer Otter
19‐21 Mei Blue Swallow Rugsak Kaaspschehoop 2
17+15 R215 Blue
27 Mei Rustig Basiskamp Hekpoort 1
Rustig
2‐4 Junie Watervalhut ‐ Restourasie Werksnaweek Tzaneen 2
‐ Jou arbeid vir 1dag,
stap & kuier ‐
17‐24 Junie Naukluft
[Slegs ERVARE stappers] Rugsak Namibië
8
120 R1000 Naukluft
15‐17 Junie Magoebaskloof Rugsak Tzaneen 3
41 R320 Magoeb
24 Junie Moreletaspruit Dagstap Pretoria‐Oos 1
Gratis
Julie Mont Aux Sources Basiskamp
(later bevestig) Drakensberge
2
Berg
7‐9 Julie Eagle Cove Basiskamp Magaliesburg 2
12+6 R297 Eagle
29 Julie Frogs Dagstap Cullinan 1
Frogs
4‐6 Aug Uitsoek Basiskamp/Rugsak Nelspruit 4
10+10+16+14 R220 Uitsoek
12 Aug Groenkloof Dagstap Pretoria 1
Betaal by ingang
5
18‐20 Aug Ama PootPoot Basiskamp Dullstroom 2
13+6 R320 Poot
1‐3 Sept Kranskloof Basiskamp Carolina 2
R315 Kloof
9 Sept Bergheim Holiday Resort Dagstap 1
15‐17 Sept Rhenosterpoort Rugsak 2
10+8 R290 Renoster
18 – 22 Sept Oorlogskloof
[Slegs ERVARE stappers] Rugsak
5
R450 Oorlog
22‐24
September Weesgerus Kamp naweek Modimolle
2
R230 (4persone
per staanplek) Gerus
6‐8 Oktober Rietvleidam Rugsak Pretoria‐Oos 2
Riet
14 Okt Leeuwenkloof Dagstap Magaliesberg 1
20‐22 Okt Bokpoort Basiskamp 2
Bok
4 Nov Hedianga Farm Trails Dagstap 1
10‐12 Nov Sphinx Rugsak 2
16+6 R380 Sphinx
Des Grootwinterhoek/Seder
berge Rugsak(later bevestig) Clanwilliam
5+ Winter
Des Fanie Botha Rugsak(later bevestig) Graskop 5
R540 Fanie
Deel met jou mede lede jou stap ervaring/belewenis van ‘n roete?
Gedeelde plesier skep soveel meer vreugde en wakker die stap lus aan in jou mede klublid. Deel jou belewenis en ervaring van ‘n stap met al die ander lede en help so skep aan die nostalgie en lekker kamp vir stories en herinneringe…..
Stuur jou storie aan [email protected]
6
7
Waar het Ndaba hierdie maand voetspore gelos?
3 – 5 Februarie @ Arendsnes (Broodboom), Middelburg – Stapleier Andrè Bekker
Terugvoering: Annette Odendaal
Terugvoering: Andrè Bekker
Die rit was heel voorspoedig, dit was mooiweer en die grondpad het toe heel lekker gery. By my aankoms was daar niemand te vinde by die netjiese
plaaswerf en kantoor nie. Het toe maar die geriewe en braai‐area by die basiskamp gaan besigtig net ‘n klipgooi daarvandaan. Op daardie tydstip het Werner
ook opgedaag en ons afgepak en mekaar beter leer ken. Later het Johan & Ria asook Everdt & Anette opgedaag en die ou vrinne asook die van ons wat nie
voorheen ontmoet het nie, het lekker gekuier en meer oor mekaar te wete gekom. Daar was lekker gesels en ‘n kouetjie of twee, koffie, ens. is gedrink.
Die kampterrein, die hutte veral uitleg van storte ens, is regtig pragtig en mens het lekker gebly, gebraai en geslaap. Helmie en sy seun Henry het ook reeds
aangekom voor die plaasboer so voor skemer opgedaag het ‐ hy was vriendelik en hulpvaardig, het als van die “hike” vir ons vertel en ons van kleurkaarte
voorsien. Gedagtig aan die blink nr. 4 potjie wat beskikbaar was het ons natuurlik vroeër reeds vir Helmie gevra om tog asseblief mieliemeel en margarien
aan te koop. Sonder die nodige en regte grootte lepels het die papmakery nogal in ‘n avontuur verander. Everdt veral het hom goed van sy taak gekwyt en
daar was lekker pap by die braai asook selfs vir Saterdagoggend! Charles & Lesanie het eers na ete opgedaag maar gelukkig het hul gou weer die vuur kon
stook en kort voor lank lekker gebraai en gekuier.
Saterdagoggend was Werner natuurlik vroeg vort, die res het van ons kon so halfagt wegkom. Die 9 kilometers, behalwe vir daai bult op die einde was nie te
straf nie maar die natuurskoon, broodbome en uitsig oor die Krokodilrivier was uit en uit die moeite werd. Baie dankie aan Ria wat so baie vir ons geleer het
van eetbare veld‐ en stamvrugte, ons het geproe aan als en dit regtig geniet!
Die uwe, Ria & Johan het bietjie in ‘n bergstroom afgekoel en Charles‐hulle het later bygekom vir lekker gesels en ons het toe sommer ook middagete daar
geniet. Die laastes van ons het toe sopnat gesweet (daai bult darem)so net na 1 uur by die Arensneshut uitgeslaan. Wat ‘n uitsig! Sjoe, dit is besonders.
Dankie aan Werner wat alreeds die donkie gestook het. Na ‘n lekker stort is daar verder lekker gekuier, mense het tot koue bier saangedra! Ons was lekker
honger en voor son behoorlik onder was is daar reeds heerlik gebraai. Natuurlik ook fotos van uitsig, sonsondergang, ens geneem. Was ‘n pragtige aand/nag, s
en 4 stappers het toe besluit om op die dek te slaap en 4 ander op hut se stoep, net ek en Werner het toe binne geslaap.
So 8 uur Sondag terugtog aangepak, dit is kort maar ook baie mooi,besonderse rotsformasies en so aan. Net so wel dit is maar 3.6km want Charles het toe
ongelukkig sy karsleutels daar vergeet en moes toe terug om dit te kry. Johan‐hulle was toe vasgeparkeer moet het dit goed hanteer en gewag, soos hulle sê
8
– eind goed, als goed. Dit is regtig ‘n stap wat ‘n mens nie moet mis nie.
5 – 9 Februarie @ Otter, Stormsrivier – Stapleier Clifford Adendorff
Terugvoering: Bronwyn Adendorff With rain falling, we awoke and travelled to the start of the otter trail. However, once the hiking started, the
sun came out to join us. The hike down through the dense forests got everyone enthused for the next 5 days.
The sites were unrealistic, and the hike thus far was not very demanding. We arrived at a waterfall, to find it
overflowing with day visitors. This did not deter some of our group from having a swim under the magnificent
waterfall, and even a bit of rock clambering, while the rest of us enjoyed our lunch with a view. All cooled off we
continued to the first of the neat overnight huts, each with a view of the sea, and the best cold showers you
could ask for. We unpacked our bags, and while some enjoyed an afternoon nap, others went exploring in the
rock pools for some sea life. A friendly male bushbuck decided to introduce himself as host, and continuously
checked up on us throughout the night.
Fresh we awoke on day 2, with only a few stiff muscles. Coffee was enjoyed while watching the waves, and then
all of a sudden we were all ready to get moving. This day seemed like the toughest of the lot, with many steep
ups and downs to torture our knees and toes. At least all the stopping to catch our breath ensured we did not
miss any of the views the trail had to offer. There were various waterfalls in the coolness of the trees and at one
of the lookout points we saw a large pod of dolphins. A tactical river crossing at Kleinbos River Mouth and a
splash in the sea at Blou‐Baai, were just what was required to ensure we didn’t overheat before the final killer
hill of the day. That evening we enjoyed a sunset together on the beach, after which a genet decided to make
himself at home in one of the American co‐hikers food bags. Some star gazing was also able to occur, with a
bright moon and clear sky.
The third morning presented some of our group with a view of an otter splashing around the river mouth. The
rest of our hearts were broken for missing the opportunity, but we remained hopeful that more opportunities
would arise. We crossed our first river and on we marched. With the Lottering River to be crossed at low tide
(which happened to be only at 7pm), we did not rush the day, and stopped for a beach break along the rocky
coastline. At the Elandsbos River crossing we had to remove our boots and roll up our pants, but the knee high
water could be seen as training for the future. We reached the Lottering River at 1pm and was surprised to find
that it was only waist high (or at least for some of our taller group members). Although some decided to try out
their survival bags, others took the chance and carried their bags overhead, with the tall folks helping the
shorties out. It was an early night for all, as the weather was coming in, and we needed a good rest for what lay
ahead.
At 3am on day 4, we awoke to some light rain. The speedy pack‐up ensured we were all hiking early in the dark
with headlamps. You could hear the sea roar below you, but you were unable to see it. The sun rose and we all
stopped to take the view in awe. Some reached the Bloukrans before low tide at 8am, while a few were a little
late. This however had no real impact on the water level, as we all crossed the ankle deep water safely. Some
disappointment was felt, as we had expected the cool swim across the river, but as relief set in, we placed our
bags safely out of the seas reach, and went for a swim in the river mouth/sea anyway. With smiles on our faces,
we were able to complete the day, with a little rain sending its regards in the afternoon. The steep uphill
9
ensured we had a good view of a couple of whales in the ocean below. At the huts, we enjoyed a bonfire on the
beach, as the clouds cleared and an almost full moon showed us what we would be missing most after the hike.
A late rise and slow walk to Natures valley, ensured some great final views of the ocean and forests. When we
reached the beach at the end, we were once again beckoned in for a refreshing swim. The last 3 kilometres
barely touched us, as we walked through the forests with a final uphill as a farewell from the Otter trail. What
an experience we had had, with the most astounding views and some truly great company. A warm shower
later, we were all sitting around the restaurant table, saying cheers to the hike with some “Otters A@#%holes”.
17 – 19 Februarie @ Lesoba, Clarens – Stapleier Werner vd Westhuizen
Terugvoering: Laetitia Jackson
Die Lesoba staproete in Clarence is ‘n fees vir die oog. Die sandsteenberge met hul plat bergtoppe en
interessante vorms (as gevolg van erosie), troon oor die basiskamp en maak mens sommer lus vir die
klim! Die roete begin dan ook vanaf die netjiese basiskamp.
Die roete bied ‘n hele paar uitdagings met steil opdraandes en nog steiler afdraandes. Sophie het
egter weereens bewys dat ouderdom geen beperking hoef te wees op iemand wat graag staproetes
wil stap nie.
Die hoogtepunte op die staproete is die uitsig vanaf die top van die berg, die vind van die “Gat in die
Berg” wat in die plaaslike taal “Lesoba” heet, en die nader kennismaking met die rotsformasie wat
ongelooflik baie lyk soos fotos van Koningin Victoria.
Die “ster” van die roete was ‘n Jack Russel met die naam Jakkals, wat gesorg het dat mens op die
roete bly waar dit nie duidelik gemerk is nie. (Alhoewel hy ook ‘n paar “jakkalsdraaie” gegooi het!).
Hy het ook met groot bravade al die skape uit die pad van die stappers gejaag.
Ter afsluiting: dit is uit en uit die moeite werd om die Lesoba staproete aan te durf!
10
25 Februarie @ Maretlwane, Magalies – Stapleier Paul du Preez
Terugvoering: Annette Odendaal
En eindelik breek die dag aan wat ons Castle Gorge van Maretlwane/Mooinooi se kant kan benader. Ons tel die
dae, min wetende...
Opgewonde vind almal die goed-weggesteekte ingang en oorleef die grondpad ná die reën. Verrassing No. 1: Ons
gids het nie opgedaag nie!
Om 'n wildernisroete te doen sonder 'n gids ... maar so maklik word ons nie afgeskrik nie. Ons het n 22ste
stapper met vier bene in die vorm van n swart canine wat heeltyd voor ons probeer inloop...
Verrassing No. 2. Nie ver op die roete nie, verander ons pad skielik en onverwags in 'n rivier ... met geen manier
om droogvoets daardeur te kom nie - en probeer het ons, glo my! So. Uit met die skoene - plakkies, kaalvoet,
duct tape - geen einde aan die vindingrykheid nie. Maar die van ons wat gedink het die ergste is verby, het
verseker verkeerd gedink...
Weet nie of die vierbeen-stertswaaiende metgesel 'n aandeel gehad het in die verkeerde pad wat ons aanvanklik
geloop het nie maar ons het 'n paar ruwe bonus-kilos gedoen in n poging om 'n loopbare paadjie te vind. En Paul en
Johan en 'n paar ander het verseker n paar grys hare in die proses bygekry.
Die kaart van die lodge-mense het min gehelp, en is beslis nie n plaasvervanger vir n gids nie. Eventueel het Paul
moed opgegee om die stukkie papier - wat later nutteloos en nie-relevant bewys is - te probeer verstaan, en die
swart vierbeen-medestapper se baas gebel om ons die regte pad te kom wys. Hy was binne minute daar - 'n mens
wonder of hy heeltyd agter die bos weggekruip en vir ons gelag het...
'n Luuksheid op hierdie stap was toilette op die roete - en ons wys hoe stappers mekaar help deur die deur vir
mekaar toe te hou.
Maar - na 'n vinnige rus die volgende verrassing: Ons moet ons deur die sterk- vloeiende rivier kom want die
rubberbootjie was nie ingepak nie. Dit het onlangs baie gereën in die area - met nog meer reën voorspel. Ons
22ste vierbeen-stapper en sy baas het ons verlaat en ons moet op ons eie aan die ander kant van die rivier kom.
Lynette se knie het haar gekniehalter en sy besluit eventueel om terug te draai. Paul help ons deur die water
maar Ria val en sy en haar selfoon word sopnat in die proses. Sy gaan weer terug, deur die rivier, om haar selfoon
vir Lynette te gee, besluit toe om tog maar saam te kom - en geduldige Paul help haar weer oor.
Maar ... haar stapstewel val in die water aan die einde van haar binne-paar-minute derde rivier-kruising ...
Aggenee! Ridder Ayden, Charlene se seun (12 jaar) kom tot die redding, en red die watergevulde skoen voor hy
in die watermassa verdwyn.
Maar te verstane - Ria kan nie stap met een sopnat stapstewel nie, en sy moet WEER 'n keer terug oor die rivier!!Intussen het Paul nou genoeg geoefen om sy skoene aan- en uit te trek en die veters los- en vas te maak - en Ria
11
is op haar eie, en moet sonder hulp die rivier oorsteek.
Wat dink julle het gebeur? Ek laat die spasie oop, maar daar is leidrade in die foto's. Maar ek kan julle
gerusstel: Lynette en Ria het veilig by die huis gekom - lank voor ons...
Die kinders was sterretjies op hierdie stap. Die drie, Ayden en Nicolette se twee meisiekinders, het vir ons mooi gedemonstreer hoe mens n groeps-boomklim doen!
Wel. 19 dapper stappers het moedig voortgegaan en die klippe en kranse en boomwortels en neertuimelende water
bottes en dreigende wolke en ander uitdagings aangedurf, van klipstapel tot klipstapel - tot by die waterval: Wat
‘n beloning! Die waterval was pragtig.
Die Uwe probeer by die waterval tee maak maar voor ek mooi klaargedrink het moet almal vinnig sluk want daar
word weer geloop - terug dié keer; op ons spore; in die teenoorgestelde rigting.
Weer die rivierkruising, op n ander plek dié keer, weer skoene uit en aan, weer die pad-rivier om te oorkom.
“n Klompie het die afkoel geleentheid gebruik en heerlik in die i rivier baljaar!
Terug by die voertuie word daar cappuchinos en tee gemaak, en yskoue blikkies oopgemaak en vir oulaas gekuier.
En weer 'n keer ... raai wat....!! Die Uwe moet weer haar tee warm afsluk want daar word weer gejaag ... maar die
keer ... huistoe.
Dankie vir n lekker stap.
Welkom aan ons nuwe lede!
Zabeth Botha
Anje Maree
Anna-Marie Wium
Estelle Dreyer
Rod & Natie de Beer
12
Wie verjaar?
Prettyd : Foto raai!
Stuur jour “Foto raai” foto’s aan [email protected]
Enige lid kan ‘n stap foto instuur vir die foto-raai. Daar sal elke maand ‘n foto gekies word en in die nuusbrief geplaas word. Die eerste lid wat die roete en maand waarin roete gestap was regraai, ontvang R25 krediet. Lede wie se foto’s geplaas word ontvang ook R25 krediet.
So ‘n paar reëls!
Dieselfde persoon kan nie binne ‘n tydperk van 6 maande weer wen nie
As jy die kompetisie foto instuur kan jy nie deelneem aan die raai nie, en ook nie vir jou mede stappers die antwoord gee nie
Indien niemand binne een week regraai nie, sal daar ‘n algemene e-pos uitgestuur word om aan te kondig dat die prys nie gewen is nie. Indien vorige wenners dan belangstel mag hul deelneem aan die raai!
Indien niemand reggeraai het nie word die prysgeld oorgedra na die volgende nuusbrief.
Bestuurslede mag nie deelneem nie
Ons wag angstig vir jou stap foto’s!
MAART
Jansen van Rensburg Danie [email protected] 2
Oberholzer Leonie [email protected] 10
Gouws Marinda [email protected] 11
Celliers Johan [email protected] 15
Van der Westhuizen Henri [email protected] 16
Grobler Paul [email protected] 19
Le Roux Willem [email protected] 19
Roesch Andries [email protected] 21
Gruenenfelder Werni [email protected] 29
APRIL
Knoetze Lulu [email protected] 2
Reichel Erich [email protected] 5
Bartosch Sandra [email protected] 6
Odendaal Annette [email protected] 6
Moorby Sonja [email protected] 11
Rossouw Annetjie [email protected] 16
Smit Michelle [email protected] 16
Oosthuizen Andries [email protected] 18
Troskie Izak [email protected] 20
Step Etienne [email protected] 24
De Beer Rod [email protected] 27
Spies Elzabe [email protected] 27
Dafel Luitha [email protected] 29
13
Februarie maand se Foto raai:
Op watter roete... stuur jou antwoord na [email protected]
Vriendelike groete en lekker stap!
NDABA-bestuurspan