Download - 3 april 2015 gehoorsamheid bring bevordering
GEHOORSAMHEID
BRING BEVORDERING
Mark 15:22-39,Heb 5:8
Die wêreld vir ewig verander
Skuldenaars word erfgename van God
Jes 53:5 Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.
Hoe het dit alles gebeur?
Gehoorsaamheid was die deurslag
Gehoorsaamheid bring bevordering
2 Kor 5:21 Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.
Mat 26:39,42 en 44 En Hy het ‘n bietjie verder gegaan en op sy aangesig geval en gebid en gesê: My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil. Weer het Hy vir die tweede maal gaan bid en gesê: My Vader, as hierdie beker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied. En Hy het hulle met rus gelaat en weer vir die derde maal gaan bid en dieselfde woorde gesê.
Heb 5:8 Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het;
Jes 53:10 Maar dit het die HERE behaag om Hom te verbrysel; Hy het Hom krank gemaak;...
Die Vader weet die beste!
Gehoorsaamheid bring bevordering
God vra ook van jou en my gehoorsaamheid
Is jy opsoek na goddelike bevordering?