Hoërskool Montagu Maandbrief : Junie 2017
OUERGESPREKKE
Ouers het die
geleentheid gehad om
op 8 Mei gesprekke
met opvoeders te voer.
Die volgende
ouergesprekke vind
plaas op Dinsdag
1 Augustus 2017 vanaf
16:30 - 18:30.
Afsprake met die
opvoeders van u keuse
om die vordering van
u kind/ers te bespreek,
kan gemaak word deur
die skool vooraf te
skakel by 023-6141390.
Maak asseblief gebruik
van die geleentheid.
Ons wil graag saam
met u ʼn plan van aksie
uitwerk vir u kind vir
die res van die jaar.
3D : Dissipline, Diensbaarheid en Dankbaarheid
H/S MONTAGU POSBUS 85 MONTAGU 6720 TEL: 023-6141390 FAKS: 086 5447251 EPOS:
[email protected] WEB: www.hsmontagu.co.za
Geagte Ouers, Leerders en Ondersteuners
Die jaar het ongesiens sy halfpadmerk bereik. Die tweede kwartaal is nie
net ʼn eksamenkwartaal nie, dit is ook die kwartaal waarin ons winter-
sportprogram en verskeie kultuuraktiwiteite voluit funksioneer. Graag doen
ek verslag oor ʼn paar belangrike sake.
Akademie
Junie-eksamen: Ons leerders het vanaf 2 Junie tot 22 Junie eksamen
afgelê. Die eksamenperiode het baie ordelik verloop en leerders het
deurentyd hulle samewerking gegee.
Die slaagvereistes vanjaar is as volg:
Graad 08 -09 Graad 10 – 12
50%+ in Afrikaans (ses vakke slaag)
40%+ in Engels 40%+ in Huistaal
40%+ in Wiskunde 40%+ in twee vakke
40%+ in enige drie ander vakke 30%+ in drie vakke
30%+ in twee ander vakke
Die volgende leerders behaal hierdie kwartaal ‘n gemiddelde van 80% en
meer. Baie geluk met die mooi prestasies. (in alfabetiese volgorde):
Graad 12: Olivia Brunings, Marianne de Kock, Alexa Esterhuyse, Jaco
Joubert en Clarise le Grange.
Graad 11: Maryn du Toit, Zéann Sauer, Olga van Dyk en Nicole van
Zyl.
Graad 10: Ferdi Coetzee, Shalomé Neethling en Henry Viljoen.
Graad 09: Johané Cockrell, Suné den Engelsman, Tia Esterhuyse,
Enrike Groenewald, Anke le Grange en Pieter Visser.
Graad 08: Ankia Ellis, Anton Jordaan, Cobus Nel, Tanika Crafford,
Nisha Fabricius, Mechyla Schoeman, Liné Stemmet, Dirk-
Louw van der Westhuizen, Wendy Visser en John Wright.
CJ Langenhoven
“Jy kan mense huur vir jou kinders se geleerdheid - vir hul opvoeding moet jy self staan.”
Sportdag teen Robertson 22 April 2017 (Tuis): Op Sa-
terdag 22 April 2017 het 24 sportspanne deelgeneem aan ‘n
sportdag teen Robertson. Ons wen 15 van die kragmetings en 6
eindig gelykop. Die tellings van die eerste span wedstryde is as
volg: Rugby (23-12), Netbal (35-23), Seunshokkie (2-2) en Dog-
tershokkie (1-1). Ons het ook skaak gespeel teen Robertson en
van die wedstryde het langer as `n uur geduur.
Sportdag teen Swellendam 3 Mei 2017 (Tuis): Op
Woensdag 3 Mei het 16 sportspanne deelgeneem aan ‘n sportdag
teen Swellendam. Ons wen 10 van die kragmetings en 2 eindig
gelykop Die tellings van die eerste span wedstryde is as volg:
Rugby (55-7), Netbal (22-17), Seunshokkie (0-0) en Dogtershok-
kie (1-0).
Sportdag teen Stellenbosch 6 Mei 2017 (Tuis): Op Sa-
terdag 6 Mei het 26 sportspanne deelgeneem aan ‘n sportdag
teen Stellenbosch. Ons wen 14 van die kragmetings en 3 eindig
gelykop Die tellings van die eerste span wedstryde is as volg:
Rugby (24-12), Netbal (27-32), Seunshokkie (0-3) en
Dogtershokkie (0-3).
Sportdag teen Langenhoven 13 Mei 2017 (Tuis): Op Sa-
terdag 13 Mei het 19 sportspanne deelgeneem aan ‘n sportdag
teen Langenhoven. Ons wen 10 van die kragmetings en 3 eindig
gelykop. Die tellings van die eerste span wedstryde is as volg:
Rugby (22-0), Netbal (23-23) en Dogtershokkie (0-3).
Sportmiddag teen Bonnievale 16 Mei 2017 (Weg): Op
Dinsdag 16 Mei het 13 sportspanne deelgeneem aan ‘n sportmid-
dag teen Bonnievale. Ons spanne doen baie goed en wen al 13
die kragmetings. Die tellings van die eerste span wedstryde is as
volg: Rugby (36-23) en Netbal (29-24).
Sportdag teen Montana 27 Mei 2017 (Tuis): Op Saterdag
27 Mei het 23 sportspanne deelgeneem aan ‘n sportdag teen
Montana. Ons wen 16 van die kragmetings en 4 eindig gelykop.
Die tellings van die eerste span wedstryde is as volg:
Rugby (17-0), Netbal (11-18), Seunshokkie (1-2) en Dogtershok-
kie (0-2).
Atletiek: Eric Havenga was uitgenooi om aan die ASA Byeen-
koms op Groenpunt te gaan deelneem. Hy het saam met `n groot
groep 0/17 seuns aan hamergooi deelgeneem. Baie geluk met jou
SPORTUITSLAE BAIE GELUK! Rugby:
Tydens die Cravenweek
rugbyproewe is Keenan
Opperman opgeneem in
die Boland 0 / 18 Akade-
miespan wat in Pretoria
deelneem.
Netbal:
Deborah Brown is op-
geneem in die Kaapse
Wynlandspan vir die
Wes-Kaap Interdistrikte
Netbaltoernooi.
Courtney du Toit is op-
geneem in die Wes-Kaap
0/18 Netbalspan wat in
Boksburg deelneem.
Hokkie:
Nathan Maritz word na
afloop van die hok-
kieproewe in die Boland
0 / 18 Hokkiespan op-
geneem wat in Durban
deelneem.
Karate: Anton
Jordaan, John Wright,
Jayden Johnson, Johan
Jordaan, Zindi van Zyl,
Gregg Gabriel en Zean
Sauer word opgeneem in
die Boland streekspan
vir die finale Boland
proewe. Zeann Sauer
behaal `n besonderse
prestasie. Hy gaan
Suid-Afrika verteen-
woordig in die 7de Ka-
rate Wêreld Kampioen-
skap in Vancouver
Kanada. Baie geluk
Zeann!
2
KOMMUNIKASIE EN OPVOEDING
Goeie kommunikasie met u kind is belangrik. Al is elkeen
van ons baie besig en al is ons tyd min, moet ons tyd
maak.
Terwyl die skool ’n belangrike rol in `n kind se lewe speel,
is dit alle betrokkenes (ouers / voogde, die skool en
onderwysers) se verantwoordelikheid om te verseker dat
hulle die meeste kry uit hul opvoeding. Van al hierdie rol-
spelers is u as ouer / voog die belangrikste.
Moedig u kind aan en ondersteun u kind, want dit bou
selfvertroue. Om te praat oor die belangrikheid van skool
vir hul toekoms gaan hulle ook ’n blik kry op die groter
prentjie. Maak asseblief seker u kind is elke dag betyds by
die skool en moedig hulle aan om hulle samewerking te
gee. Dit gaan hulle respek vir reëls en dissipline leer. Praat
positief voor u kind oor hul onderwysers en skoolaktiwiteite.
Ouers / voogde het `n baie groot invloed op die ingesteld-
heid van hul kinders teenoor die skool en skoolgaan.
Kinders reageer op roetine; sit dus ’n spesifieke tyd uiteen
vir huiswerk. Maak seker hulle het ’n stil, ordelike plek om
te werk, en help hulle waar toepaslik. Alle huiswerk moet
volledig daagliks gedoen word. Waar u kind sukkel met `n
betrokke vraag is hy/sy welkom om dit in potlood te voltooi.
Alle opdragte en take moet betyds ingelewer word. Hoër-
skool Montagu beskik oor `n uitstekende biblioteek. Moedig
u kind aan om so veel as moontlik te lees.
Toon asseblief belangstelling in skoolaktiwiteite en doen
vrywilligers werk waar u kan. Baie dankie aan elke ouer /
voog wat help op vele terreine. Dit bewys aan u kind dat die
skool en u as ouers `n gedugte span saam maak. Ek wil
alle ouers opnuut aanmoedig om betrokke te wees.
Maak seker u kind slaap genoeg, want dit sal hul konsen-
trasievermoë verbeter.
Elke sekonde wat u spandeer met u kind is belangrik. Mag
u en u kind se verhouding groei en ontwikkel.
Selfone
Die volgende raad vir ouers en skole het onlangs in die Sunday Times verskyn: Wat ouers kan doen:
Wag so lank as moontlik voor u toestem om aan u kind ʼn slimfoon te gee met inter-netverbinding. Vroeë laer-skooltyd is hopeloos te vroeg;
Persoonlike rekenaars met internetverbinding moet in die huis se gedeelde spasies (bv. kombuis / woonkamer) opgestel wees. Verkieslik in oop areas waar ander familielede gereeld verbystap;
Gebruik filters en monitors soos Shield My Teen, Net Nan-ny en K9 wat die meeste por-nografie en geweld blokkeer;
Praat met u kind oor sexting, kuberbullebakkery en veiligheid op sosiale media;
Inspekteer u kind se selfoon in sy/haar teenwoordigheid. As u die reg het om sy/haar vriende in lewende lywe te ontmoet, het u ook die reg om sy/haar aan-lynvriende te leer ken om vas te stel of hulle is wie hulle sê hulle is;
Dring aan op u kinders se wagwoorde. Indien die wag-woorde verander word, moet u daarvan weet;
Hou gereeld openlike gesprekke met u kinders oor die gevare van sosiale media;
Wees baie versigtig met u eie gebruik van sosiale me-dia. U voorbeeld is veel meer werd as reëls.
3
NETHEID EN GEDRAG Die Monties het op 15 Mei
2017 die volgende brief
ontvang van mnr. Van Wyk
van Stilbaai:
“Ek wil net vir u baie ge-
lukwens met `n pragtige
skool. Ek is `n ouer van
Hoërskool Langenhoven.
Hoërskool Montagu, met
sy leerlinge en personeel, is
puik. Die terrein is uiters
pragtig skoon en netjies en
die leerlinge se gedrag is
puik. Ek kan sien elke leer-
ling van u skool het baie
goeie opvoeding en ma-
niere. Die sportmangees
onder die leerlinge is puik.
Ek sien daarna uit om weer
u skool te kom besoek. Eni-
ge persoon kan sien dat die
Here gedien word by Hoër-
skool Montagu.
Hou so aan Hoërskool
Montagu, julle is puik!
Voorspoed en seënwense
op die pad vorentoe.”
Pragtige komplimente vir
ons leerders, personeel en
skool. Dit is ook `n groot
kompliment vir u as ouer /
voog. Voorwaar iets om op
trots te wees en te bewaar.
Kom ons werk daaraan om
met ons gedrag en
voorkoms altyd `n voor-
beeld vir ander te stel.
Skoolkoor en musiek
Die skoolkoor word volgende kwartaal afgerig deur mev.
Ilza Saayman. Stemtoetse is reeds gedoen en afrigting sal
volgende kwartaal begin. Henry Viljoen sorg vir ‘n prag-
tige prestasie in musiek. Hy slaag sy UNISA Graad 5
klaviereksamen met 80%.
Landsdiens: Landsdienslede kry die geleentheid om aan
verskeie kampe deel te neem. Tydens die Streekkamp
word Nicole van Zyl, Albert Swart en Maritsa Terre-
blanche gekies om die Wes-Kaap by die Nasionale Pro-
jekte te verteenwoordig.
Redenaars: Die Senior Redenaarskompetisie het
plaasgevind op Donderdag 4 Mei 2017. Dit is verblydend
om te sien dat die gehalte van die aanbiedinge elke jaar
verbeter. Die toesprake was van hoogstaande gehalte. Ky-
ra Conradie en Courtney du Toit word as die naaswenners
en Nicole van Zyl as die wenner aangewys.
Winterbal: ʼn Baie suksesvolle Winterbal is op
Woensdag 28 Junie 2017 in die skoolsaal aangebied, met
die tema ‘Great Gatsby’.
Mnr. en Mej. HSM:
Ons jaarlikse Mnr. en Mej. Hoërskool het op Woensdag
23 Mei om 19:00 in die skoolsaal plaasgevind. Die wen-
ners was soos volg:
Mej. Junior :Zindi van Zyl
Mnr. Junior :Dirk-Louw van der Westhuizen
Mej. Persoonlikheid :Courtney du Toit
Mnr. Persoonlikheid :Joshua Crouwkamp
Mej. Bene :Chané Potgieter
Mnr. Lyf :Alexander Heyns
2de Prinses :Carla Swart
2de Prins :Joshua Crouwkamp
1ste Prinses :Mishka Safodien
1ste Prins :Wika Jordaan
Mej. Hoërskool :Belosly Pekeur
Mnr. Hoërskool :Jason Benjamin
KULTUUR
4
SPORTMIDDAG 2017: Moedig deelname aan, want `n
betrokke leerder is `n gelukkige leerder!
“SPORT is SPORTS”
Graad 12 Winterskool, Hereksamen en Lenteskool:
Skool gaan eerstens oor die akademie. Die verwagte akademiese standaarde
moet eers bereik word, voordat die bysake (sport, kultuur en sosiaal) aandag
kan kry.
In die lig hiervan word daar tydens die vakansie vanaf 19 tot 21 Julie 2017
’n Winterskool in Rekeningkunde, Wiskunde, Engels Huistaal en RTT vir
die graad 12 leerders aangebied.
Verder skryf die graad 12 leerders wat in die afgelope eksamen vakke gedruip
het, vanaf 24 – 28 Julie 2017 hereksamen in die betrokke vakke om hulle te
help om op die verwagte standaard te presteer. Die graad 12 leerlinge wat die
afgelope eksamen gedruip het, moet volgens die skool se Matriekbeleid die
hereksamen slaag om hulle matriekvoorregte (soos toegang tot Matriekafskeid
en tuisstudie tydens die September-eksamen op dae waarop hulle nie skryf
nie) te behou.
Ten slotte sal Matrieks ook vanaf 22 Augustus tot 30 Augustus 2017
bykomende hulp ontvang, in die vorm van ’n Lenteskool, met die oog op die
Septembereksamen.
5
KONFLIKHAN-
TERING
Op 26 Junie 2017
woon 32 klasleiers
en 10 sportkapteine
‘n sessie oor kon-
flikhantering by.
Mnr. De Wet van
Rooyen, van Monta-
gu Nuts and Dried
Fruit, het die sessie
aangebied. Hy was
hoofseun van Hoër-
skool Montagu en
het die leerders
meer bewus gemaak
van konflik en die
vyf konflikbestuur-
style.
CSV:
Die CSV het vanjaar oor
die 500 lede wat week-
liks samekomste hou.
Die tema vir die jaar is
GEBED. In die kringe
behandel ons: Ken ek
my Bybel? As ek my By-
bel ken, kan ek met die
Heilige Gees se hulp die
regte keuses maak.
PERSONEEL Mnr Johan Strydom is aangestel as opsigter. Mag u
verbintenis tot Hoërskool Montagu lank en gelukkig wees.
Ons neem later afskeid van mnr. Kobus Smuts. Hy bly in
diens om die oorgang te vergemaklik.
Dankie vir die samewerking, ondersteuning en lojaliteit van
die afgelope kwartaal. Mag dié van u wat met vakansie gaan,
veilig reis en goed uitrus.
6
SKOOLGELDE
Skoolgelde word by Mev. Beets (sekretaresse) betaal. Alle navrae moet egter gerig word aan Mev. Lewis. Mev. Lewis is Maandae tot Vrydae tussen 07:30 tot 12:30 by die skool beskikbaar en kan geskakel word by 023 614 3138. Teen die einde van Julie 2017 behoort 50% van alle skoolgelde betaal te wees.
BEHEERLIGGAAM
Die Beheerliggaam en sy onderskeie subkomitees funksioneer
voluit. Die ampsdraers is as volg: Voorsitter: Mnr. Dirk van
der Westhuizen, Ondervoorsitter: Mnr. Andries Le Grange,
Tesourier: Mnr. Theuns Carstens en Sekretaresse Mev. Susan
Esterhuyse. Die onderskeie sub-komitees funksioneer onder
die leiding van die volgende Beheerliggaamlede: Koshuis:
Mnr. Ben Esterhuyse, Dissipline en Beleid: Mnr. Ben Ester-
huyse, Geboue en Terrein: Mnr. Andries Le Grange, Finansies:
Mnr. Theuns Carstens, Bemarking: Mnr. Rhyno van Zyl,
Ondersteuning en Sosiaal: Mnr. Dean Blacklaws en Skoolakti-
witeite: Mev. Ingrid Kriel.
Die afgelope kwartaal is daar hard gewerk aan ons terrein en is
alle skooltafeltjies en -banke besig om geskuur en vernis te
word. Die volgende groot projek wat aangepak gaan word, is
die regmaak van die tennisbane en verf van die skoolgebou. Die
Departementshoofpos is geadverteer. Aansoeke sluit op 26
Junie 2017.
Daar is ook baie hard gewerk aan ons skool se beleide. Die
Dwelmbeleid (Verbode middels) is hersien en `n nuwe
Sportbeleid is opgestel. `n Samevattende Dwelmbeleid en uit-
treksels uit die Sportbeleid is apart ingesluit by die maandbrief.
Ons versoek u om dit deur te lees. Die volledige beleide is ook
beskikbaar.
MONTIE GROETE. _______________
SKOOLHOOF: MNR TERTIUS PRINS
Biblioteek:
Die biblioteek, onder
leiding van mev. Ina van
Heerden, het op Don-
derdag 20 April 2017 sy
vyfde verjaarsdag gevier.
Baie dankie vir die 13
biblioteekprefekte vir
julle harde werk. Die
biblioteek is elke dag
eerste pouse oop, asook
aktiwiteitsperiodes.
Requelle Johnson is die
hoofbiblioteekprefek vir
2017.
MY SCHOOL
Elke leerder ontvang ‘n
MySchool Aansoekvorm.
U ontvang ’n kaart wat
by sekere instansies (bv.
Engen en Waltons) ge-
bruik kan word en
sodoende sal ’n persen-
tasie van u aankope na
die skool toe kom. Ons
wil ‘n beroep op u doen
om van die kaart gebruik
te maak. Voltooi asb. die
vorm en stuur dit terug
skool toe. Vir enige ver-
dere navrae kan u mev.
Lewis kontak.
BELANGRIKE DATUMS : 3DE KWARTAAL
Julie 19-21 Winterskool (graad 12 Wiskunde, Rekeningkunde, Engels HT en RTT)
24 Skool heropen 08:00 (Skooldag 08:00-14:30)
24-28 Graad 12 Aanvullende eksamen
26-27 Netbalkliniek
27 Matriekafskeid (Ouer-ete) vergadering vir graad 9 ouers
29 Sportdag teen Overberg (Tuis)
31 Beheerliggaamvergadering 18:00
Augustus
01 KANSA Siviedag / Graad 08 – 12
Ouergesprekke 16:30 – 18:30
01 Graad 12 Engelse Mondeling (NSS Eksamen)
02 Fotodag
02-12 Jeugkunstefees
03 Matriekafskeidvergadering vir graad 11 ouers
05 Sportdag teen Langenhoven Gimnasium (Weg)
07 Interskole Gholf en Skaak
09 Vrouedag
12 Sportdag teen Charlie Hofmeyr (Tuis)
14-19 Interskole week
17 Groot Brag 18:00 (Skoolsaal)
19 Interskole (Weg)
22 Graad 12 Lenteskool begin
25 Matriekafskeid / Matriekouer-ete
28 Inoefening Graad 12 Modeparade
29 Matriek modeparade 19:00
30 Graad 12 Lenteskool eindig
September
01 Graad 12- Eksamen begin
06 Graad 08 – 11 mini-eksamen begin
15 Graad 08 – 11 mini-eksamen eindig
18 Beheerliggaamvergadering 18:00
20 Redenaars (Juniors)
22 Graad 12- Eksamen eindig
25 Skoolvakansiedag
26-28 Landsdiensweek
27 Eksamen: Vraestel 3 Tale (Gr 08-12) / Graad 12 L/S
Montagu saalbyeenkoms / Kringleiers afsluiting
28 Eksamen: Vraestel 3 Tale (Gr 08-12) / Koshuisafskeid
29 Algemene kennis / Graad 12: “Oscar-Saal” Skool sluit: 10:30
CODE OF RESPECT
The essence of good discipline is respect.
Respect for authority and respect for others; Respect for self and
respect for rules.
It is an attitude that begins at home, is
reinforced in school and is applied
throughout life.
7