1 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum
Die
Kan
del
aar –
25
Au
gu
stu
s 2
01
9
Telefoon en faks: 051 522 2547Finansies 051 522 8119
Bankbesonderhede: NG Kerk Universitas-Wes Nedbank Reknr. 1187847283 Takkode: 198765
E-pos: [email protected]
WEBADRES: www.rooikerk.co.za / nguniversitaswes Kantoorure:
Maandag, Dinsdag, Donderdag , Vrydag: 08:00 tot 13:00 Woensdag: 08:00 tot 10:00 en 12:00 tot 13:00
Sondae: Net ná die erediens tot 10:30 of tot die laaste persoon gehelp is.
Leraar: Hannes du Plessis 062 127 5300 /
Frans Oosthuizen 082 859 2092
ROOIKERK-EREDIENSTE
40-Dae-Veldtog (Elia)
09:00 Hannes
Teks: 1 Konings 21:17-22
Tema: As jou roeping jou ongewild maak.
09:00 Baba-, Peuter- en Kinderkerk 10:15 Junior- en Seniorjeug-Omgeegroepe
18:00 Hannes
Teks: 1 Konings 19:1-3
Tema: As jou roeping gevaarlik raak.
Deurkollekte: Fonds vir Bybelgenootskap SA
Volgende Sondag
Oggend: Hannes
Aand: Hannes
Teken asb hierdie datum aan vir ons GEMEENTEKAMP: 20 tot 22 September 2019. Verdere inligting volg later.
2 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum
VERJAARDAE
Baie geluk aan elkeen wat vandag of in die volgende week verjaar.
26 Aug Liandri Kennedy Esbé Louw Stiaan Nel Philip Strauss 27 Aug Kalie Cronje Ray Haywood Jan Joubert Nadine Oosthuizen Elza Potgieter Sonya Uitenweerde 28 Aug Marietjie Groenewald Madelein Jacobs Annatjie Joubert Waldo Strydom 29 Aug Lia Angela Coertz Werner Maree 30 Aug Elisna Bekker Anria De Beer Marina Fourie Sienie Oosthuizen Andries Swart 31 Aug Marie Buckley Libbie Loock Leo Vergottini
LIEF EN LEED
Oom Naas Bezuidenhout sterk steeds aan na ʼn knievervanging, maar hy en tannie Lettie is ook siek. Marina Fourie kry kankerbehandeling
Dit gaan goed met Doreen van der Berg, Hannes se suster. Sy wag egter om te hoor ivm die kankerbehandeling wat moet volg.
Kobus le Roux ontvang ook op ʼn gereelde basis dialise.
Carmen Daffue ontvang steeds dialise.
*****
Annemarie en Hennie Venter se swaer, Johan Slabbert is tans kritiek in ICU Medi-Clinic. Ons vra gebed vir Johan, sy vrou Lynette en familie.
Ons bid ook vir Edith Naude en haar familie met die heengaan van haar man Gert. Sy afskeidsdiens was Dinsdag vanuit die Rooikerk begrafnis.
Ons dink ook aan hulle gesinslede wat die versorging/bystand doen.
Volgende jaar is die gemeente
50 jaar oud.
Ons wil graag ‘n spesiale geleentheid van hierdie feesviering maak. Almal wat betrokke wil raak of vir ons kan help met stories, geskiedenis, ou foto’s, ens, kan die kantoor kontak.
WELKOM
Besoekers en nuwe lidmate kom ontmoet die Nuwelidmatespan ná die erediens by
die Inligtingstoonbank.
Baie welkom aan nuwe lidmate wat in Striata woonagtig is:
Rina Scheepers vanaf NGK Wesselsbron en Herma en Mienkie Henning vanaf NGK
Wierdapark.
3 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum
FINANSIëLE STAND VAN DIE GEMEENTE VIR DIE TYDPERK:
1 MAART 2019 - 31 JULIE 2019 (Striata ingesluit)
Begroot vir die jaar
Begroot tot op datum
Werklik tot op datum
Verskil tot op datum
INKOMSTE -2,894,028.73 -1,212,596.86 -1,091,310.01 121,286.85
Min: UITGAWES 2,894,028.73 1,180,232.65 1,020,047.64 160,185.01
* Bedryfsuitgawes 920,602.70 383,584.46 290,101.72 93,482.74
* Gemeentevisie/ Sending en Uitreik
aksies
425,630.00 171,104.17 116,175.65 54,928.52
* Salarisse en Lone 1,547,796.03 625,544.02 613,770.27 11,773.75
(-Tekort) / Surplus 0.00 32,364.21 71,262.37 38,898.16
Augustus se spesiale koevertinsameling gaan vir Ondersteuningsdiensgroep.
Diensgroep vir Finansies
Gebedsbediening
Mag God vir jou algenoegsaam wees in alle sake, te alle tye, onder alle omstandighede, van nou af tot in ewigheid.
Solly Ozrovech
Die kerktuin het ʼn paar bome, onder andere Geelhoutbome in
“verplantbare grootte”. Die bome is of te naby aan mekaar of te
naby aan die geboue geplant. Fondse is nodig om die bome uit te
haal en die areas weer te vestig. Kontak asb die Kerkkantoor indien
jy op enige manier kan help of indien jy van die bome wou koop.
4 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum
Hospitaalbediening:
Kontak asb in die toekoms vir Gerda in die Kerkkantoor indien u weet van iemand wat in die hospitaal is.
Stel die temperatuur van jou warmwatersilinder so laag moontlik. Of belê in ’n reguleerder wat die
silinder net laat aanskakel wanneer jy warm water nodig het.
5 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum
Streek Midde-Ooste Leier Koning Abdullah II
Bevolking 9 904 000 Christen 1.3%
Meederheidsgeloof Islam Regering Parlementêre Konstitusionele Monargie
Alhoewel Jordanië aanspraak maak op godsdiensvryheid, plaas die Moslemse geloofssisteem beperkinge op die uitleef van Christenskap. Kerke word deur die geheime polisie dopgehou en die verspreiding van Christelike materiaal word beperk. Ten spyte van dit als, gebruik God Jordanië se unieke ligging om ʼn veilige hawe te voorsien aan Christene wat vlug uit onstuimige buurlande.
Bid vir Christene uit Moslemagtergrond om die druk te weerstaan om tot Islam terug te keer.
#31 Jordanië
6 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum
`
“As dit nie vir die Here was nie!“
Vandag: 25 Augustus 2019
Vanoggend se erediens word gelei deur Frans Oosthuizen
Teks: 1 Konings 17
Tema: God sal sorg
PROGRAM VIR DIE WEEK
Dinsdag: Begrafnis van Celia Ackerman om 10:30. Geen gesamentlike Bybelstudie hierdie Dinsdag nie.
Woensdag: Wyksbyeenkoms van Hannetjie en Annaleen in Wyk 3 Woensdag 28 Augustus om 2.30.
25 Aug Aletta de Ru 27 Aug Gertruida Williamson 29 Aug Rina Burnett 29 Aug Ria van Heerden
Die tyd om gelukkig te wees, is nou. Die plek om gelukkig te wees, is hier. Die manier om gelukkig te wees en te bly, is om ander gelukkig te maak. Robert Ingersoll. Mag jy die jaar al die
mooi wat God gemaak het, sien en ervaar.
7 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum
Voorbidding & Gebed
Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking (Jakobus 5:16).
Gebed is om uit te reik na ʼn sterwende wêreld en te sê: “Ek gee om; God gee om.”
Bid asseblief vir Lorina Marais wat baie siek is.
Kom ons dra mekaar in gebed. Bid vir die leiersraad, gemeente (bedienings, finansies, personeel .......). Striata met haar mense. Party is siek, alleen, verswak, bekommerd, in ‘n krisis ...... bid saam met hulle vir krag, hoop en liefde. Ander is nog op en wakker, vrolik en dankbaar ...... bid saam met hulle en wees dankbaar.
Gebedsversoeke kan aan leiersraad, ds. Frans asook Hilda Human deurgegee word. Jy bepaal self of dit op die Kandelaar, gemeentelikegebedebediening of in die kleine gesirkuleer word
vir gebed.
Gebedsbediening
Jy is so welkom om saam met medegelowiges voorbidding te doen. In die proses word jy self geseën.
Laat kry my jou naam en selfoonnommer en ek gee vir jou gebedsversoeke deur en jy bid op jou eie tyd en plek waar dit vir jou gerieflik is. Dankie by voorbaat.
Hilda Human 083 732 1025
8 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum
Paar los gedagtes rondom die tema
As jy iewers ʼn pad sonder enige struikelblokke vind, lei dit waarskynlik nêrens heen nie. Frank A Clark
Dit is alleen wanneer ons probleme moet leer bemeester dat ons kan agterkom wat ons potensiaal is. Charles de Gaulle 1890-1970
Die lewe is soos ʼn slypsteen – of dit jou fyn maal of skitterblink slyp, sal afhang van die stof waarvan jy gemaak is. Charles de Gaulle 1890-1970
Struikelblokke is daardie skrikwekkende voorwerpe wat ons in ons pad sien as ons ons oë van die doelwit wegneem. Hannah Moore
Ons sal verbaas wees om te sien hoe baie mense hulle lewe van grootsheid en betekenis te danke het aan de feit dat hulle moes leer om geweldig probleme te bowe te kom. Charles Spurgeon 1834-1892
Die enigste twee probleme wat verdwyn as jy dit lank genoeg
ignoreer, is sneeu en jou kinders se tienerjare. Earl Wilson.