*Oefen om tou te spring. *Oefen om te huppel. *Oefen om ’n voorwerp op te tel terwyl hy/sy hardloop. *Oefen om op een been te spring – Albei bene.
*Ry fiets. *Loop hak-toon op ’n reguit lyn…
Tel elke dag voorwerpe soos
bv. blokkies tot by 10. Skuif die
blokkies van links na regs soos
wat jy tel.
Ken jy syfer 1, 2 en 3? Oefen om die getalname te skryf. een twee drie
Watter dag is dit vandag/môre/gister?
Watter maand is dit?
Meet die tafel met jou
hande.
Hoe lank is die tafel?
Hoe breed is die tafel?
Fynmotoriese ontwikkeling.
Wat kan jou kleuter oefen?
*Om sy/haar eie naam te skryf. *Om netjies in te kleur. *Om vorms soos sirkel, vierkant ens. op die lyn uit te knip.
*Om sy/haar vingers te klap. *Om skoenveters vas te maak. *Om ’n storie akkuraat oor te vertel.
*Om links en regs te onderskei. *Om ’n legkaart van sowat 48 stukke te voltooi.
Knip prentjies uit tydskrifte uit.
Kan jy die klankies
benoem?
s; e; m; l; a
Verf Papier Wasgoedpennetjie Watte
Verf ’n herfsboom.
Intensiewe vorm:
rooi = bloedrooi
geel = goudgeel
Kan jy woorde noem
wat met hierdie
klankies begin?
s; e; m; l; a
Lees elke dag saam
met u kleuter ’n
storieboekie. Fokus
op woordeskat.