A. Inleiding
1. Wetsbepaling: Algemeen
Die Gedragskode vir Leerders van Laer Meisieskool La Rochelle is opgestel met inagneming van
die volgende wetsbepalinge:
1.1 Die konstitusie van die Republiek van Suid-Afrika (Wet No. 108 van 1996) en
die Handves van Regte, soos ingesluit in die konstitusie.
1.2 Die Suid-Afrikaanse Skolewet (Wet No.84 van 1996, Wysiging 24)
1.3 Die riglyne vir Skoolbeheerliggame, Staatskoerant No. 18900.
1.4 Die algemene Handleiding vir skorsing en uitsetting van leerders van
publieke skole.
1.5 Omsendbrief 0030/99 – ProvinsialeAdministrasie Western Cape –
Department Opvoeding.
2. Wetsbepaling: Die Suid-Afrikaanse Skolewet
Die Suid-Afrikaanse Skolewet (Wet No. 84 van 1996) bemagtig ‘n Skoolbeheerliggaam om ‘n
skool se disspline te handhaaf. Die Gedragskode vir Leerders stipuleer die vereistes vir
aanvaarbare gedrag wat die regte van leerders en opvoeders respekteer. Die volgende punte
is tydens die saamstel van die Gedragskode in gedagte gehou:
‘n Opvoeder by die skool sal dieselfde regte as ‘n ouer hê m.b.t. die toepassing van beheer en
dissipline, in ooreenstemming met die Gedragskode van die skool - tydens skoolure, in enige
klaskamer, by skoolfunksies, tydens ekskursies, of skoolverwante aktiwiteite. Die toepas van
dissipline is egter eerstens die verantwoordelikheid van die ouer.
Die skoolhoof of ‘n opvoeder het, gebaseer op voldoende inligting, die mag om enige leerder
of haar besittings te deursoek vir gevaarlike wapens, vuurwapens, dwelms, of gevaarlike
middels, gesteelde goedere, of pornografiese materiaal wat op die skoolterrein gebring word.
(Staatskoerant No. 22754). Die waardigheid van die persoon wat deursoek word, moet ten
alle tye in gedagte gehou word. Wanneer leerders deursoek word, word dit deur ‘n vroulike
persoon in ‘n plek gedoen waar die leerder se privaatheid gerespekteer word, verkieslik in die
teenwoordigheid van een ander persoon van dieselfde geslag. Rekord moet gehou word van
Laer Meisieskool
La Rochelle Girls' Primary School
Gedragskode leerders
Aangepas op 25 Februarie 2019
die deursoekprosedures en die uitslag van die prosedure. (Staatskoerant No. 22754, asook
No. 24 van 2005: Opvoedkundige Wette Wysigingswet, 2005.)
Indien sodanige persoon ‘n leerder van die skool is, moet die ouers/voogde van die leerder
onmiddellik in kennis gestel word van die dissiplinêre prosedure, sodat sodanige prosedure
binne sewe dae van verwydering van terrein kan geskied. Indien dit onmoontlik is om die
prosedure binne die voorgeskrewe sewe dae af te handel, moet die skoolhoof by die
Kringspanbestuurder aansoek doen vir toestemming om die tydperk vir verwydering van die
skoolgrond te verleng.
Laer Meisieskool La Rochelle Visie Opvoedkundige Uitnemendheid
Laer Meisieskool La Rochelle Missie Ons strewe na ‘n holistiese opvoeding binne ‘n diverse omgewing.
Waardes Respek/Waardigheid
Elke leerder het die reg om met respek en waardigheid behandel te word. Dit impliseer
wedersydse respek en verdraagsaamheid vir ‘n ander se oortuiginge, besittings en tradisies.
Vrye meningsuiting
Vrye menigingsuiting is nie net die reg tot vryheid van spraak nie. Dit impliseer ook ander
vorme van uitdrukking. Die leerder se reg tot meningsuiting is nie onvoorwaardelik nie en
dit behoort beperk te word as dit sou lei tot ontwrigting van die skool. In die uitoefening
van vrye meningsuiting, mag leerders nie die regte van ‘n ander skend nie.
Aanvaarding
Elke leerder het die reg om onvoorwaardelik aanvaar te word, ongeag fisiese of
verstandelike beperkinge of agtergrond.
Selfverwesenliking
Elke leerder het die reg om tot haar volle potensiaal te ontwikkel. Die skool sal billike
maatreëls tref om te verseker dat hierdie doel in die akademiese en buitemuurse program
verwesenlik kan word.
Gelykheid
Alle leerders het die reg tot gelyke behandeling en sal gelyke beskerming en voordele van
die skoolreëls ontvang.
B. Regte en verantwoordelikhede
1. Leerder
Regte Verantwoordelikhede
‘n Leerder het die reg om: Vir hierdie reg sal die leerder:
1. te studeer. studiegeleenthede te respekteer;
nie ander leerders te steur nie;
nie selfone gedurende skoolure te gebruik nie;
ordelik, vinnig en stil, in enkel rye, in gange te beweeg;
nie eet, drink of kougom kou gedurende kontaktyd nie;
projekte te voltooi;
haar huiswerk doen.
2. na geluister te word. billike versoeke en menings beskaafd te stel;
aandag gee as opdragte gegee word;
ook na ander te luister;
stilbly as ander praat.
3. tyd optimaal te gebruik. ander se tyd respekteer;
deeglik beplan en prioriteite stel;
saamwerk ten opsigte versoeke vanaf opvoeders;
tydens die skool se amptelike kontakure by die skool te
wees: 07:40 in die oggend tot 14:15 in die middag (13:00
op ‘n Vrydag);
by die sekretaresse aanmeld en redes vir laatkom in die
Laatkommers Register opteken;
in die geval van afwesigheid, ‘n skriftelike verskoning van
ouers/voogde inhandig.
4. met respek behandel te
word en respek te toon
teenoor die skool/ander
mense/ander leerders se
besittings.
op sodanige manier op te tree sodat haar optrede respek
verdien;
ander mense se eiendom te respekteer;
verantwoordelik op te tree;
die skooldrag, asook die skool-en nasionale simbole te
respekteer;
erkenning toon aan die waardigheid wat met
saalbyeenkomste gepaardgaan;
die voorgeskrewe somer- en winterskooldrag dra. Die dra
van La Rochelle serpe word slegs tydens die derde kwartaal
toegelaat;
die voorgeskrewe kleredrag vir verskillende sportsoorte
gehoorsaam;
verantwoordelikheid vir eie besittings dra;
outoriteit en gedragsreëls aanvaar;
die verskillende kulture, rasse en gelowe respekteer.
5. veilig te wees. rapporteer ongemagtigde persone en vreemde insidente
wat op die skoolterrein gebeur;
geen wapens of voorwerpe wat mede-leerders kan beseer
in besit hê, hanteer of gebruik nie;
nooit ander leerders dreig, of verbal, emosioneel of fisiek
misbruik nie;
nooit betrokke raak by bende-bedrywighede nie;
nie in die gange hardloop nie;
nooit, gedurende uitstappies, in bewegende voertuie staan
nie;
nie die skoolterrein verlaat nadat sy dit in die oggend
betree het nie;
nie oor die heinings of hekke klim nie;
nooit opruiende gedrag aanstig nie.
6. in ‘n skoon omgewing te
werk.
as person netjies en skoon wees;
nie eet/drink in die klaskamers, saal of gange nie;
nie skooleiendom beskadig nie;
nie dwelms, sigarette of ander onwettige middles gebruik
nie;
enige van die bogenoemde insidente rapporteer.
7. regverdig behandel te word suiwer en eerlike motiewe hê;
objektief, redelik en beskaafd optree;
erken dat mense verskil en tekortkominge het;
ander regverdig en met deernis behandel.
8. haar kant van ‘n saak stel. ander ‘n billike geleentheid gee om hulle mening te lug;
altyd die waarheid praat;
haar kant van ‘n saak op ‘n respekvolle manier stel.
9. deel te neem aan
skoolbedrywighede.
die skool se sportbeleid eerbiedig;
‘n bepaalde seisoen van deelname voltooi in ten minste
een somer- en een wintersport (tensy ‘n geldige verskoning
van nie-deelname ingedien word);
klasse en oefening gereeld bywoon;
volle samewerking aan opvoeders en afrigters gee;
te alle tye uitstekende sportmanskap en maniere as sal
toon as spellers en toeskouers;
betrokke raak by die kulturele bedrywighede van die skool;
die skool se kulturele en sportaktiwiteite ondersteun.
10. gelukkig te wees. onvanpaste leesstof vermy;
nooit lisdjies sing, grappe vertel, skeldname of gebare
gebruik of die spot dryf t.o.v. ras, kleur, godsdiens of geslag
nie;
‘n positiewe en lohjale beeld teenoor die skool uitdra;
Altyd daarna strewe om by te dra tot die skep van ‘n
gelukkige atmosfeer.
11. erkenning vir prestasie te
geniet.
prestasies skriftelikaan die skoolhoof bekendmaak;
ander gelukwens wanneer hulle presteer.
12. emosioneel en geestelik
deur die skool versorg te
word waar enigsins
menslik moontlik.
‘n hoë standard van gedrag binne en buite die skool
openbaar;
lojaal wees aan die skool en net tot die voordeel van die
skool se reputasie optree;
integriteit en eerlikheid in alle aktiwiteite aan die dag lê;
gebruik maak van die structure wat bestaan binne die
skool.
13. die bes moontlike
opvoeding waartoe die
skool in staat is, te kry.
haar bes prober om haar akademiese potensiaal by die
skool te vervul;
met verantwoordelikheid besef dat elke leerder van die
skool die reg het om ongesteurde onderrig in ‘n veilige
omgewing te ontvang;
vroegtydig haar akademiese swakhede besef en gebruik
maak van die skool se remediërende maatreëls;
lojaal teenoor die skool wees;
trots op die skool wees;
só optree dat ander op haar trots kan wees.
15. ingelig te word watter
gedrag aanvaarbaar is en
wat die uitkoms van
bewus wees van maatreëls vir oortredings;
die skool se gesag in alle opsigte aanvaar.
onaanvaarbare gedrag sal
wees.
16. eie kulture en
godsdienstige oortuiginge
te hê in soverre dit beperk
is tot algemeen en juridies
aanvaarde vorme van
godsdiens, en mits die
uitleef daarvan nie in
stryd is met enige van die
skoolreëls, waardes en
norme vervat in hierdie
gedragskode nie.
die Laer Meisieskool La Rochelle se etos aanvaar en
respekteer.
B. Ouers
Ouers het die reg tot: Ten opsigte hiervan onderneem die ouers om:
opvoeding vir hul kinders deur
gekwalifiseerde, bevoegde,
professionele opvoeders, wie
strewe na hoë standaarde in
hul interaksie met leerders.
te verseker dat leerders die skool gereeld bywoon;
te verseker dat hul kind/ers stiptelik is;
te verseker dat leerders die korrekte skooluniform dra en
die korrekte toerusting het;
die leerder se leer te ondersteun deur die leerder aan te
moedig om huiswerk te doen, ens., sonder om self die
huiswerk vir hulle te doen.
Opvoeding vir hul kinders in ‘n
gedissiplineerde, ordelike en
veilige omgewing, waar respek
aan ander getoon word, ongag
sosiale agtergrond, kultuur,
geloofsoortuiginge,
intellektuele vermoë.
die skool, opvoeders en die skool se Gedragskode vir
Leerders te ondersteun;
hul kinders te leer om die opvoeders, die skool en
skoolreëls te respekteer, deur dit sal konsekwent uit te
voer;
hul kinders se besittings duidelik te merk;
by die Ontvangstoonbank aan te meld wanneer die
skoolterrein betree gedurende skoolure;
hulle daarvan te weerhou om ander leerders te intimideer;
die register vir Vroeë Vrylating te voltooi waanneer
leerders voor die einde van die skooldag afgehaal word;
siek leerders tuis te versorg;
skriftelik toestemming te verleen indien medikasie
toegedien moet word deur die sekretaresse/opvoeder;
betrokke te wees by die bestuur van die skool en die
aktiwiteite van die skool;
gereeld ouervergaderings en OOV-vergaderings by te
woon.
aanvaarding dat leerders
regverdig en as individue
behandel sal word.
die skool dadelik in kennis te stel van enige probleemareas
en gebruik te maak van die skool se strukture, bv die OOS.
die ondersteuning van
opvoeders, wie onderneem om
op ‘n gereelde basis beskikbaar
te wees t.o.v. akademiese en
gedragsprobleme van leerders,
te geniet.
die skool te ondersteun t.o.v. enige dissiplinêre aksies wat
geneem word teen hul leerders en ander leerders wie die
skoolaktiwiteite ontwrig;
‘n gesonde ouer-skoolverhouding te bevorder en te
ondersteun;
Die skool se in loco parentis rol te aanvaar.
die beste kulturele opleiding en
organisasie wat die skool kan
bied.
skoolfooie gereeld te betaal en die skool se funksies te
ondersteun;
hul kinders aan te moedig tot deelname aan die skool se
aktiwiteite.
professionele administratiewe
diens, asook die reg om gehoor
te word en om ingelig te word.
op ‘n professionele, opgevoede en beskaafde manier
teenoor die skoolhoof, personeel en enige ander lid van die
skoolgemeenskap op te tree.
C. Opvoeders
Opvoeders het die reg tot: Ten opsigte hiervan, onderneem opvoeders om:
die aanbied van lesse in ‘n
veilige, skoon en stil omgewing
waar goedversorgde leer-
materiaal en toerusting
beskikbaar is.
‘n omgewing wat effektiewe leer ten doel stel te skep;
goed voorbereid vir elke les te wees en dit effektief aan te
bied; voltooide werk effektief te assesseer;
‘n skoon, gedissiplineerde en veilige klaskameromgewing
te handhaaf;
administratiewe pligte akkuraat en betyds aft e handel.
die verwagting dat elke leerder
ten alle tye teenwoordig,
stiptelik, hoflik, self-
gedissiplineerd en eerbiedig sal
wees.
stiptelik, regverdig, konsekwent en sensitief t.o.v die
leerders se behoeftes te wees;
leerders as individue te behandel, om hul regte te
respekteer en om hulle te motiveer om hul volle potensiaal
in alle areas van die skool se aktiwiteite te bereik;
leerders te lei en hulle te help om problem te identifiseer
en op te los;
bewus te wees van huidige opvoedkundige ontwikkelinge.
regverdig en met waardigheid
behandel te word deur lede
van die skoolgemeenskap wat
sodoende hul professionalisme
respekteer.
professioneel te wees t.o.v. hul voorkoms en die regte
voorbeeld te stel, bv. deur alle besoekers aan die skool
vriendelik te verwelkom;
gereeld met ouers te kommunikeer en hulle op datum te
hou t.o.v die vordering van leerders;
ouers in te lig t.o.v enige problem rakende hul kinders.
die ondersteuning van kollegas,
ouers en diegene wat bo hul
aangestel is.
soortgelyke ondersteuning aan ander te bied;
nooit aan subordinasie skuldig te wees nie;
wettige opdragte it te voer;
nie van kollegas te skinder of hul naam op enige manier
skend nie;
nooit kollegas se opinies met leerders te bespreek nie;
ander kollegas se opinies met die nodige respek te
behandel;
nooit haar eie aktiwiteite ten koste van ander kollegas te
bevoordeel nie, maar kollegas se aktiwiteite te ondersteun;
in gedagte te hou dat leerders ook tuiswerk in ander
Leerareas het wanneer huiswerk gee.
ononderbroke onderrigtyd. die skoolreëls met oortuiging toe te pas;
nie ander kollegas te steur tydens onderrigtyd nie;
nie leerders onnodig agter te hou sodat hulle laat by die
volgende klas opdaag nie.
privaatheid t.o.v hul
privaatlewe, asook die
versekering dat hul besittings
by die skool gerespekteer sal
word.
ander se waardes te respekteer.
C. Spesifieke reëls
Skool en Klaskamerreëls
Skoolreëls word ontwerp om sodoende die algemene organisasie van die skool te reguleer.
Leerders is betrokke by die daarstel van klaskamerreëls. Alle reëls stem ooreen met die
bepalings in die skool se Gedragskode en steun die etos van die skool. Leerders is bewus van
die gevolge van oortreding van die skoolreëls. Nie-nakoming van reëls lei tot dissiplinêre aksie
in lyn met die oortreding.
Dit is die leerders is verantwoordelikheid om te leer en hul volle potensiaal te ontwikkel. Dit
word van leerders verwag om gereeld die skool by te woon. Dit is die verwagting dat daar ‘n
wederkerige vertrouensverhouding tussen leerders en opvoeders sal bestaan.
Opvoeding Elke leerder het die reg tot opvoeding. Dit sluit in die reg om lesse by te woon, te leer en in die betrokke Leerareas onderrig te word, asook om gereeld t.o.v hul vordering ingelig te word en toegang tot die skool se fasiliteite te hê. Skoolomgewing Elke leerder het die reg om onderrig te word in ‘n omgewing waar hulle emosioneel en fisiek veilig voel. Hierdie tipe omgewing dra daartoe by dat leerders hul volle potensiaal bereik.
D. Oortredings en dissiplinêre stappe
Vlak 1
Leerderoortredings Respons en Ondersteuning
Eerste oortredings:
Huiswerk nie voltooi nie.
Afskryf van huiswerk.
Toetse nie deur ouers onderteken nie.
Antwoordstrokies nie ingehandig nie.
Biblioteekboeke laat ingehandig.
Laatkom by klasse / rye / tydens byeenkomste/vergaderings, ens.
Praat in klas, rye, tydens byeenkomste, tydens aankondigings, ens.
In besit wees of gebruik van ‘n selfoon gedurende skoolure.
Kou van kougom.
Voer nie billike instruksies uit nie, bv. werk nie in klas nie.
Skoolboeke word verwaarloos.
Verontagsaming van reëls t.o.v. skool-en sportdrag.
Afwesigheid van buitemuurse bedrywighede.
Klasopvoeder/Leerarea-opvoeder verantwoordelik vir klaskamerbestuur van leerdergedrag:
Opvoeder spreek oortreding aan.
Weerhou van sekere voorregte.
Oortreding word in Rooi Lêer aangeteken.
Dra van grimering.
Dra van juweliersware. Slegs ‘n polshorlosie, klein knopie-oorringe of 10mm oorringe is toelaatbaar.
Besit van selfoon by die skool
Algemene onnetheid.
Strooi van Rommel.
Wangebruik en ongemagtigde gebruik van skooltoerusting (brandblussers, krane, alarmstelsel, ens.).
Verlaat klaskamer sonder toestemming.
Gebruik van vernederende en suggestiewe taal en tekens.
Disrespekvolle optrede teenoor opvoeders.
Opsetlike klasontwrigting.
Verontagsaming van klasreëls, ‘n voorvereiste vir die gedragshantering en toepassing van die maatreëls.
Aanhitsing tot bakleiery; boeliegedrag.
Wangedrag op busse tydens uitstappies.
Vlak 2
Leerderoortredings Respons en Ondersteuning
Herhaalde Vlak 1-oortredings.
Klasontwrigting (herhalend).
Diskriminerende opmerkings en gedrag.
Besit en verspreiding van onvanpaste leesmateriaal, of die kyk en/of aflaai daarvan op enige rekenaar of selfoon by die skool.
Bedrog: (vervalsing van dokumente/ouers se handtekening, eksamenbedrog, ens.).
Vandalisme: graffiti, skryf op banke, breek van vensters, ens.Bakleiery en die toediening van beserings.
Dobbelary.
Rook van sigarette en die besit van sigarette.
Ernstige ontwrigting van klas.
Verwysing na die Dissiplinêre Komitee;
OOS en Skoo Bestuurspan, met benutting van relevante adviseurs in die gemeenskap en die Distrikkantoor.
Prinsipaal;
Ouerbetrokkenheid;
Inligtings- en ontwikkelingsprogramme vir die skoolgemeenskap;
Korrektiewe maatreëls soos bepaal deur die Dissiplinêre Komitee tydens die dissiplinêre verhoor;
Detensie;
Individuele Onderwys-en-ontwikkelingsplan;
Opvoeder as mentor.
Weiering om korrektiewe maatreëls te gehoorsaam.
Vlak 3
Leerderoortredings Respons en Ondersteuning
Herhaalde Vlak 2-oortredings.
Is onder die invloed van alcohol, dwelmmiddels.
Diefstal van ‘n ernstige aard/Inbraak.
Brandstigting.
Ernstige vandalism.
Seksuele misbruik (teistering van mede-leerders).
Fisiese aanranding van mede-leerders (bakleiery, gooi van objekte, ens.).
Dreig van mede-leerders of opvoeders.
Betrokkenheid by bendeverwante aktiwiteite.
Betreding van skooltyerrein terwyl skorsingsanksie nog geldig is.
Maak van bomdreigemente.
Verwysing na Dissiplinêre Komitee;
OOS;
Ouerbetrokkenheid;
Gemeenskapsdiens;
Ontwikkelingsgerigte programme;
Opvoeder as mentor for leerder;
Kringspan;
Departmentele beleid t.o.v. skorsing en uitsetting (maks 5 dae);
Skoolbeheerliggaam.
Vlak 4
Leerderoortredings Respons en Ondersteuning
Herhaalde Vlak 3-oortredings.
Weiering om ontwikkelingsgerigte programme by te woon.
Gevaarlike wapens: bring van wapens op skoolterrein, opsetlike aanranding van persone met wapen.
Besit van dwelmmiddles op skoolterrein.
Handel met dwelms op skoolterrein.
Ernstige aanranding.
Leerder is skuldig bevind in kriminele hof (onmiddelike skorsing).
Seksuele aanranding.
Verwysing na Dissplinêre Komitee;
Prinsipaal;
Skoolbeheerliggaam;
SAPS – kriminele oortredings, bv. wapens, dwelms, ernstige aanranding, verkragting.
Ouerbetrokkenheid;
Maatskaplikewerk-diensverskaffers;
Kringspan;
Uitsettingkomitee.
E. Ernstige Oortredings
The Gedragskode is saamgestel in ooreenstemming met die Suid-Afrikaanse Skolewet van
1996, met behulp van insette van rolspelers. By die Laer Meisieskool La Rochelle word
hoofsaaklik gefokus op die toepas van positiewe dissipline.
Daar word op die volgende gefokus:
Deurlopende kweek vanself-dissipline – leerder en opvoeder.
Daarstel en skep van ‘n omgewing met positiewe atmosfeer waar effektiewe leer kan
plaasvind.
Fokus op waardes soos selfrespek en respek vir ander, hul regte en besittings.
In die geval van ernstige oortredings mag die Skoolbeheerliggaam, na ‘n regverdige verhoor,
die leerder vir ‘n periode van een week skors, of uitsetting voorstel.
Leerders wat vermoedelik ‘n reël verbreek het wat tot skorsing of uitsetting mag lei, moet voor
die skoolhoof verskyn, waarna die skoolhoof die ouers skriftelik verwittig van die voorgestelde
aksie. Reëlings vir ‘n regverdige verhoor word dan getref deur die Dissiplinêre Komitee.
Die leerder moet, met die oog op die verhoor:
Ingelig word en die klag teen haar verstaan
Die geleentheid kry om haar kant van die saak te stel
Nie verhoed word om deur ‘n regspersoon, of enige persoon op wie se
teenwoordigheid sy besluit, verteenwoordig te word
Skriftelik ingelig word t.o.v. die besluit geneem deur die Skoolbeheerliggaam
Die Leerder het die reg om appèl aan te teken by die Minister van Onderwys indien nie
saamstem met die besluit van die Beheerliggaam nie.
Vir prosedures m.b.t. skorsing en uitsetting uit ‘n Openbare skool, sowel as appèlle, verwys na:
Die Suid-Afrikaanse Skolewet, 1996,
WKOD Omsendbrief 0030/99.