Transcript
Page 1: BL.4 S.A.KAMPIOEN S.A.ATLEET BL.4 DieBurger · PROMOSIE DieBurger Drieennegentigste jaargang Heerengracht 40 Kaapstad Maandag 12 Mei 2008 Prys R4.50 (BTW ingesluit) ) Paul Roos Akademie:

PROMOSIE

Die BurgerDrie­en­negentigste jaargang Prys R4.50 (BTW ingesluit) )Heerengracht 40 Kaapstad Maandag 12 Mei 2008

Paul Roos Akademie: Leerders uit histories benadeelde gemeenskappe bevorder

Uitsonderlike Paul Roos GimnasiumKeuse van groot verskeidenheid vakke, sport en kultuuraktiwiteite

SOOS die foto’s op hierdie bladillustreer, het leerders van PaulRoos Gimnasium (PRG) op Stel-lenbosch ’n indrukwekkendeverskeidenheid geleenthede opdie gebied van sport, akademieen kultuur, sowel as op interna-sionale vlak.

Die Paul Roos AkademieDie skool erken sy bevoorregte

posisie en het daarom die PaulRoos Akademie (PRA) gestig. DiePRA se onderrigprogram word kos-teloos aan leerders gebied.

Kundigheid van (hoofsaaklik)Paul Roos-personeel en senior leer-ders vorm, saam met die skool segeriewe, die grondslag van dié pro-jek. Leerders van gr. 7 tot gr. 11word toegerus met die kennis envaardighede wat hulle benodig ophoërskool en tersiêre vlak.

Die Paul Roos Akademie funksio-neer onafhanklik van die skoolPaul Roos Gimnasium en worddeur skenkings gefinansier. On-derrig vind gedurende een weekvan elke skoolvakansie plaas, dusvier weke per jaar.

Paul Roos se Europese tweeling-skole het op hul beurt ook betrokkegeraak by die skool se gemeen-skapsprojekte. Collège de Marcquit Lille in Frankryk het tydens ’nbesoek in Augustus 2007 ’n tjek vanR30 000 aan die PRA oorhandig. Diegeld is met toneelopvoerings in hulskool ingesamel.

Die PRA het onlangs ’n nuwe di-mensie gekry met die Sanlam/PaulRoos-wiskundeprojek. Dit is moont-lik gemaak deur die goedgunstigefinansiering van Sanlam.

Vier van die omliggende hoër-skole (Cloetesville, Stellenzicht,Lückhoff en Kylemore) word be-trek. Wiskunde-onderwysers vanPRG bied weekliks gespesiali-seerde onderrig aan die tien besteleerders uit elke skool en Paul Roosse wiskunde-departement word selfdeur Sanlam ondersteun.

Verdere gemeenskapsprojekte’n Groot groep Paul Roosers is ak-

tief betrokke by Societas, ’n ver-eniging wat ’n verskeidenheid ge-meenskapsprojekte koördineer.

’n Vlagskipprojek wat onlangs ge-loods is, is die Paul Roos-stigting.Op 9 Februarie vanjaar het PaulRoos Gimnasium, in samewerkingmet die Starfish Foundation, diePaul Roos-stigting in die BritseLaerhuis (House of Commons) inLonden bekendgestel.

Die rektor het hier ’n groep voor-aanstaande sakelui toegespreek.Dis geborg deur Investec PrivateBank.

Die stigting wil seuns van voor-heen benadeelde gemeenskappewat oor sterk leierseienskappe, entalent in sport, akademie en kul-tuur beskik, by Paul Roos laatskoolgaan.

TaalvaardigheidToenemende wêreldhandel oor

grense (ook taalgrense) heen het dieskool laat besef dat kennis van ’nderde taal steeds belangriker word.Paul Roos-leerders in gr. 8 kies uitnie minder nie as ses tweedeaddisionele tale – waarvan die jong-ste toevoeging Mandaryns is.

Paul Roos is onlangs as een van500 nie-Duitssprekende skole wê-reldwyd ingesluit in ’n prestige-skoleprojek van die Duitse rege-ring. Binne hierdie internasionalenetwerk word nie net finansiële on-dersteuning vir onderrigmateriaalin die vooruitsig gestel nie, maar

ook die toeken van beurse vir kur-susse en universiteitsstudies inDuitsland.

MatriekuitslaePaul Roos Gimnasium het die af-

gelope vyf jaar as tien kandidate on-der die Wes-Kaapse top-20 in die Se-nior Sertifikaat-eksamen opgele-

wer. Jonas Bovijn (tweede), Charldu Preez (19de) en Jan Buys (20ste)was 2007 se merietelyskandidate.

’n Ongelooflike 74 A-gemiddeldesis behaal, wat 35% van die klas ver-teenwoordig – die beste ooit. PaulRoos is besonder trots op die 92%met matriekvrystelling.

Die feit dat daar 332 A-vaksim-bole was en in 14 vakke ’n gemid-deld van hoër as 70% behaal is,spreek boekdele vir die gehalte vanPRG se akademiese onderrig.

Waardes

Dis vir die rektor en personeel be-langrik dat die skool gebalanseerdejongmense met sterk karakters diewêreld instuur.

Daarom is kultuur-, sport- en lei-erskapsontwikkeling op ’n stewige

akademiese onderbou geanker.Geestelike volwassenheid word asdeel van karakterbou gesien.

In die woorde van die rektor,mnr. Jannie van der Westhuizen:“Ek plaas ’n hoë premie op die soge-

naamde old school-waardes soosgentleman-skap by dié skool.

“As elkeen die skool se leuse vanTrots, Respek enGentleman-skap syeie maak, sal die res dan daaruitvoortvloei.”

Baie bekendes in die toneelwêreld het vir die eerste keer op PRG se verhoogbegin speel. Regisseur en teksskrywer Johan Hugo se bekroonde stuk Varia­sies van Wit het in 2007 gehore op toneelfeeste aan die praat gehad, endie talentvolle spelers het talle toekennings ontvang.                                                                    Foto: JEAN­CLAUDE LECOINTRE

Madiba het met sy opening van die Paul Roos Sentrum ’n beroep op dieskool gedoen om sy vaardighede en geriewe met ander te deel. Só het diePaul Roos Akademie tot stand gekom. Dié vrolike gesiggies offer ’n weekin elke skoolvakansie op om intensiewe onderrig in sleutelvakke te ontvang.                                                                                            Foto: LIZE ROSSOUW

Hierdie gelukkige groep Paul Roos­manne het die voorreg gehad om ’n avontuurtog na Peru te onderneem. Hullehet onder meer Machu Picchu (foto), die Titicacameer, die Nazca­waterval en die Amasone eerstehands beleef.                                                                                                                                                   Foto: MARCELL CAMPBELL

’n Seunsskool vervelig? Plaaslike talent – in hierdie geval van Bloemhof – kan enige tyd ingevoer word om glans aan ’n geleentheid te verleen. HuisHofmeyr sit met reg bankvas agter hul inspirerende dirigente!                                                                                                                 Foto: ALET CONRADIE

Die dux­leerder van 2006, Jacquesde Villiers, oorhandig die eerste klas­posisie­prys aan Jonas Bovijn (regs)by die Oktober­prysuitdeling. Ná sytweede plek op die Wes­Kaapse me­rietelys is Bovijn PRG se nuwe dux­leerder.              Foto: NIC DE JAGER

Die rektor, mnr. Jannie van der Westhuizen (regs), word deur mnr. Nic Koorn­hof, voormalige minister van onderwys in die Wes­Kaap, gelukgewens na af­loop van sy toespraak in die Britse Laerhuis in Londen. By dié geleentheidis die Paul Roos­stigting aan internasionale sakelui bekendgestel. Die stig­ting ondersteun seuns met spesiale sport­, akademiese en leierskapstalente,sodat hulle by Paul Roos Gimnasium kan studeer.                                                                                   Foto: FRANS VAN NIEKERK

BL. 4 S.A. KAMPIOEN S.A. ATLEET BL. 4

Top Related