1
TEENSPANNING
SEPT - OKT 2013
WWW.ZS6MRK.ORG
fb
2
KOMITEE :
VOORSITTER
Thys Maree ZS6MJM. 082-5656087.
ONDERVOORSITTER
Brayn Jacobs ZS6YZ. 083-2559786.
SEKRETARESSE
Irene Myburg [email protected]
TESOURIER
Louis Mitchell. ZS6LWM. 082-5583817.
WEBMEESTER
Thys Maree ZS6MJM. 082-5656087.
TEGNIESE KOöRDINEERDER
Sam van Zyl. 082-4472081.
DIGITALE RADIOWERKING
Hannes Enslin ZS6JDE. 082-7839275
BULLETIN KOöRDINEERDER
Johann du Plessis ZS6PSS. 082-4461581
SOSIALE KOöRDINEERDER
Peet Greyling ZS6PGN
SKAKELBEAMPTE
Chris Smit ZS6FCS. 082-4641007
REDAKTEUR
Pieter vd Walt ZS6BVT 0823744374
2. INDEKS
3. KLUBSAKE
4. INSPIRASIE
5. MARCONI R1155 T1154
6. MARCONI VERVOLG
7. BAK EN BROU
8. HOU OP ROOK !
9. HOU OP ROOK VERVOLG
10. ONS TEENSPANNING
11 KARELTJIE
12. KARELTJIE VERVOLG
13. KARELTJIE VERVOLG
14. KARELTJIE VERVOLG
15. AJV 2013
16. AJV 2013
17. Foto’s
INDEKS
NOV / DEC 2013
JAARGANG 49/nr 6
ELEKTRONIES 56
POSBUS 13653
PRETORIA
0135
3
KLUBSAKE ROEPSEIN zs6mrk
HERHALER 145.750MHZ 51.750MHZ 438.750 438.575MHZ
POSBUS 13653, PRETORIA, 0135
BANK ABSA, TJEK REK. 060016020, TAK 335045
WEBBLAD http://zs6mrk.org
E-POS [email protected]
BULLETINS SONDAE: 11H15 145.740 MHZ FM, 14.250 MHZ USB
7.063 MHZ LSB, ECHO LINK VIA ZS6FCS
WOENSDAE: 19H30 145.750 MHZ FM, 3.640 MHZ LSB
DATUMS OM TE ONTHOU
Datums kan soms verander en ander word gereeld by-
gevoeg, luister na ons bulletins of volg ons op bakkiesblad.
HF Velddag en jaar afsluiting Ons sal die naweek van 15 tot 17 November weer deelneem aan
die HF Velddag en dit terselfdertyd kombineer met ons jaarafsluiting in die vorm van 'n bring en braai. Ons wag net om die terrein te finaliseer maar ons hoop om dit op dieselfde plek
te hou as die vorige velddagbyeenkoms.
Bestel u nuwe klubhemp nou! U kan u nuwe klubhemp, soos by die klubbyeenkoms vertoon, nou by Louw,
ZS6LME bestel. Die koste beloop R200 per hemp. Die gewone groottes is beski-baar. Betaal u geld in by MRK se bankrekening (soos onderaan die bladsy ge-toon) en gee duidelik u naam, roepsein en grootte van die hemp. Stuur ook 'n
epos na [email protected] . Voorbeeld: Sou Louw 'n hemp bestel sal hy dit soos volg toon op die betaling: "Louw ZS6LME 5XL". Myself, Thys, se bestelling
sal soos volg lyk: "Thys ZS6MJM L". Spring gou - die eerste klompie is alreeds afgelewer.
4
INSPIRASIE
n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop. — Spreuke 16:9
Het jy al ooit iets vir iemand in n tyd van krisis gese
Wat vir hom / haar baie beteken het, en daarna gewonder waar jy al die wy-
sheid en insig vandaan gekry het?
Jy hoef nie ver te soek vir n andwoord op hierdie vraag nie, want as ons eie
malende gedagtes uit die pad kry en God se lig toelaat om ons denke te verlig,
sal ons woorde Sy lig en wysheid in ons weerspieël. Hoe meer ons Hom nader
in gebed, hoe helderder word ons denke en hoe wyser ons gedagtes en
woorde.
Geïnspireer deur Hom wat in ons woon, word ons op hierdie manier n baken
van lig vir almal wat ons lewe met ons deel
Hy inspireer ons om vriendelik en mededeelsaam te wees, seuns en dogters op
wie Hy trots kan wees en wat Hy kan gebruik net daar waar Hy ons geplaas het
Om die wereld so n klein bietjie mooier en vriendeliker te maak vir n verlore
soekende siel
Hoe heerlik om te weet— ons loop soos deur die Here bepaal.
5
Ons Teenspanning
Laat my toe om eerstens baie dankie te se vir
die geleentheid om as redakteur van Teen-
spanning te kan optree, ek sien dit as n groot
eer en uitdaging wat ek nie alleen kan aanpak nie. Teenspan-
ning moet as die klub se nuusblaaitjie dien wat lekker leestof
bied oor ons stokperdjie, ons lede en ander interessanthede.
Ek wil graag ons almal in die klub betrek by die blaadjie
deur meer nuus van ons lede in die blaadjie te plaas, dit is
immers ons blaadjie.
Stuur asb vir my fotos van jul hokke, tuisgeboude toerusting,
vakansies, families , troeteldiere, ens. met n beskrywing.
Hierdie fotos gaan ons dan in die Teenspanning plaas sodat
ons almal dit kan geniet. Moet asb nie van die skinder stories
vergeet nie. Die mooi fotos kan die voorblad haal.
Stuur asb al die nuus, artikels en fotos na
Ek sien uit na al die pos
Pieter - ZS6BVT
0823744374
6
by Richard ZS6TF
Marconi R1155/T1154 Revisited by Richard ZS6TF.
There is a lot of readily available technical information on the Web about this
WW2 equipment which is enjoying a revival of interest amongst radio amateurs
concerned with the conservation and operation of airborne radios from this
era.
Marconi Wireless and Telegraph Company were the pre-WW2 world leaders in
design of airborne HF communication and direction finding equipment on the
back of the expansion of air links to Europe the Empire by Imperial Airways in
the period from 1921 to 1938. In October 1939 Marconi was contracted by the UK air ministry to develop a replacement
for the antiquated T1083/R1082( RAF) and T1115/R1116 (Fleet air arm) radios to be standard in all new multicrew
aircraft, particularly long range bombers. Contemporary accounts of how this took place lead one to the conclusion
that the Marconi design team under Christopher Cockerell (later Sir, of Hovercraft fame) had a fairly free hand
and used it to incorporate all the best features of their commercial equipment into what turned out to be the first fully
integrated HF communication and radio direction finding system ever produced. Designated the R1155/T1154 the
prototype equipment had air trials and was approved by January 1940 and by June of that year, a massive installation
campaign was under way in both new aircraft and retrofit. The equipment was still in use in civil aviation in 1950,
and the basic concept of all the component units plugging together with multicore cables is still utilized in modern
avionics.
The entire system, including the
rotary converters that supplied the
transmitter plate, receiver HT, and
LT supplies to
both units is controlled by one
master switch centrally positioned
on the transmitter. The aircraft had
3 antennas, a
fixed HF aerial strung between the
tail and an insulator above the ra-
dio, a 240ft trailing MF aerial on a
hand winch,and a calibrated ro-
tatable DF loop mounted above
theoperators head.
The antennas were selected by a massive Bakelite switch which had positions for DF, MF on fixed, normal HF and
MF operation, HF on trailing for emergencies, and earthing through a capacitor which could also be used for initial
loading. Auxiliary contacts provided interlocks to prevent transmitter operation whilst direction finding.The radio was
linked through a plug-board to the aircraft intercom system operating from separate battery power so that the rest of
the crew could be switched through to the radio for reception and the transmitter could be modulated through it for
example from the pilots headset.
POST WAR AVRO SHACKLETON MK2 BSAA AVRO TUDOR IV 1948
7
The system was a curious mixture of anachronism and innovation doubtless due to extreme pressure to produce
the equipment under wartime circumstances, and that the transmitter was designed by Marconi at Writtle near
Chelmsford but the receiver was a joint development by Ecko and Marconi at Southend on sea. In addition the
airborne military environment was hostile to fragile equipment with extreme temperatures, noise and vibration. Due
to the large quantities ordered and dispersal of key resources, production was centred on Marconi’s production
facilities at Hackbridge, Surrey but four companies were sub contracted in addition to share production under the
auspices of Marconi, namely Ekco, Plessey, Mullard and EMI. Overall production exceeded 80,000 units and serial
numbers over 100,000 were likely to have occured as a result of reservation of blocks of numbers for the 5 manufacturers
and not as some folklore would have it ”to fool the Germans”.
Mechanically, the T1154 transmitter was built within a fabricated exo-skeletal frame made of aluminium angle, or
spot welded folded steel. The Master oscillator and aerial tuning passive components could be removed as subassemblies
after unsoldering a few connections and removing many screws, leaving behind the central valve and
switching compartment which could also be dismantled with patience. The bias for the valves and HT for the MO
and modulator was derived from massive vitreous resistors mounted at the rear, operating as a divider chain
across the 1.2KV supply to the plates of the directly heated final valves. The receiver shared this design concept
with smaller components across the 200 volt supply, HT negative floating around 30 volts below earth. Both units
slid into enclosed cases for shielding with apertures only for the Jones plug, and antenna connectors and the receiver
had cork sheeting inserts to combat microphony in the valves. The transmitter was usually mounted above
the receiver, each suspended from a back plane by hooks incorporating flexible rubber blocks and secured by setscrews.
The receiver chassis was a spot welded fabrication, immensely strong and in aluminium extremely light.
Serviceability was however impeded by the non-removable front panel and myriad of different types of BA screws
each thread-locked with a dab of shellac. The T1154 transmitter frequency ranges and knobs were colour coded
Yellow for MF, 200 to 500kHz, and red and blue for HF ranges up to 10Mhz although the suffix M model had an
extra range up to 16.7mHz. Output was nominally 40-70 Watts on
CW, and 10-17.5 Watts on AM or MCW. The
receiver had corresponding coloured arcs on its dial scale but went
up to 18.5 mHz. The otherwise rudimentary
screen grid modulated, 4 valve transmitter is often overlooked for
the features of the click-stop mechanism providing
up to 8 pre-set channels on 3 ranges, the incredibly wide MF cover-
Next time you encounter a dialogue comparing the R1155 with the AR88, HRO, SX28 or maybe the WS19, you
may observe that there is no comparison because these other radios never flew and could not find the way home.
8
Bestanddele: 1 sny witbrood 250ml melk 1 kg gemaalde bees- of skaapvleis 1 ui, fyngekap 125 ml pitlose rosyne 125 ml amandels 15 ml fyn appelkooskonfyt 15 ml blatjang 25 ml suurlemoensap 5 ml gemengde vars kruie, gekap 10 ml kerriepoeier 5 ml borrie Sout na smaak 10 ml sonneblomolie 3 groot eiers 4 lourierblare Metode: Week die brood in die helfte van die melk, druk uit en hou die melk eenkant. Meng die brood met die vleis. Meng al die ander bestandele hierbo gelys vanaf die ui tot die sout daarmee saam. Verhit die olie in ‘n braaipan en verbruin die vleismengsel. Keer dit in ‘n oondskottel uit. Klits die eiers met al die melk en gooi oor die vleis. Garneer met lourierblaar bo-op en bak sowat 50 minute of tot gestol by 180ºC Bedien warm saam met geelrys met rosyne.
BOBOTIE
9
WAAR byna almal vroeër gerook het, spoeg baie mense nou vuur. En hul teikens is
juis die arme tabakverslaafdes in die nuwe, rookvrye Suid-Afrika. Uitgerangeer uit sinde-like geselskap hurk die verworpenes in die bedompige rookhoekies van kantoorge-boue—om sweerlik heimlik te wonder hoe lank hulle sal kan volhou met dié agteraf se
gestook.
As jou LUS tog maar net so groot was nie. Dan het jy sommer dadelik jou sigarette weg-
gegooi tot in die buitenste duisternis.
Hierdie drang is verskriklik onvoorspelbaar. Hy kan soos ’n groot twak by jou aanklop wanneer jy dit die minste verwag of jou met vernietigende verdrag verlei soos ’n Lorelei
vanuit die newels.
Daar is verskillende dinge wat die Groot Verlange kan aanwakker. Dit kan nikotien-ontrekking wees of stres, ’n bekende rooksituasie of ’n aangename herinnering. Bloot deur van rook te lees—soos jy nou hier doen—kan jou rooklus soos ’n tsoenami laat op-wel en al jou goeie voornemens te pletter loop om die rookgewoonte uiteindelik te bowe
te kom.
Is daar dan geen raad meer vir jou nie? Skep moed, daar is tog. Die geheim lê bloot daarin om jou hunkeringe te konfronteer en hulle op die ou, beproefde maniere op hul
herrie te gee...
Konsentreer op die lus
DIE MEESTE bevliegings om te móét rook is van korte duur. Hulle bou op en bereik hul
hoogtepunt binne ’n paar minute, net om gewoonlik binne tien tot dertig minute te ver-
vaag.
Sodra die drang opbou, is dit noodsaaklik om te onthou dat jy op jou begeerte moet kon-sentreer soos jy dit nóú ervaar en om nie daaraan te dink hoe erg dit in die nabye toe-koms gaan word nie. ’n Mens is in die reël in staat om jou teenswoordige lus te hanteer
en geneig om te oordryf oor hoe erg dit nog gaan word.
En deur die drang te oordryf, vererger jou stres tot die punt waar jy voel dat jy buite be-heer is. Stel jou dus in op hoe jy op die oomblik voel en probeer so gou moontlik om jou
lus te hanteer en te beheer. Die volgende strategieë kan jou daarmee help.
Hou op rook
OF
10
Skep asem
EEN VAN die doeltreffendste planne vir rooklus-beheer is om sagkens en diep asem te
haal—van vyf tot tien keer. Die nut hiervan is dat suurstof sowel die brein versterk en laat ontspan, wat ’n toestand van “waaksame ontspanning” teweegbring, net soos met
nikotien. Met die in- en uitaseming boots jy ook jou rook-aksies na.
Asemhaling is ’n beheer-meganisme wat jy oral en te eniger tyd kan aanwend. Jy moet dit
ook nie as ’n plig beskou nie, maar as iets lekker ontspannends.
Vul jou longe van onder af op tot by jou skouers en konsentreer om die lug in die teenoorgestelde volgorde uit te blaas. Jou ribbekas moet werklik uitswel. Ná ’n paar asem-
teue sal jy klaar anders voel—’n teken dat jou rooklus begin afneem.
As jy duiselig voel of klein wit kolletjies voor jou oë sien, is jy besig om te hiperventileer
(te veel suurstof in te neem). Staak dan die diep asemhaling en haal normaal asem.
Dis nie ongewoon dat mense wat ophou rook in die begin tydens asemhalingsoefeninge slym uithoes nie. Hoewel dit ongemaklik kan wees, is dit in werklikheid ’n goeie teken dat
jou longe besig is om van jare se teer en gemors ontslae te raak.
H.A.L.T.
NOG ’n doeltreffende strategie teen rooklus is ontleen aan ’n plan van Alkoholiste
Anoniem.
In die vroeë jare van die A.A. het lede besef dat daar sekere situasies kan ontstaan wat gerehabiliteerde drankverslaafdes weer na die bottel laat gryp. En omdat dit so dikwels kan gebeur, het hulle by hul byeenkomste selfs plakkate aan die mure aangebring om lede daaraan te herinner om te “H.A.L.T.” Dit is ’n woord wat gevorm is uit die beginletters van
die Engelse woorde Hungry, Angry, Lonely en Tired.
Die betekenis is duidelik: sorg dat jy nooit te honger, kwaad, eensaam en moeg word nie—goeie raad ook vir
die “gerehabiliteerde nikotienverslaafde”.
Eet dus gereeld wanneer jy honger is. Die paar kilogram wat jy gaan bykry, kan jy later afskud wanneer jy nie meer so verbete teen die rooklus hoef te veg nie. As roker is jou eetlus soseer deur die nikotien beduiwel dat rook maklik ’n plaasvervanger vir voedsame kos kon wees. Jy sou byvoorbeeld tevrede gewees het met
’n sigaret en koffie pleks van ’n goed gebalanseerde ontbyt.
As jy kwaad is of eensaam voel, bel ’n vriend—of gaan stap, lees iets inspirerends, skryf in jou dagboek. Jy kan selfs op die Internet probeer klets met talle medestryders oor die
wêreld heen.
En sorg beslis dat jy genoeg rus kry. Navorsers sê ons is te dikwels besig om ons slaap in te boet ten einde dinge gedaan te kry. Dan probeer ons ons-
self met sigarette en kafeïen opkruk om net deur die dag te kan kom.
So kan jy met basiese selfversorging baie doen om jou rookdrange te be-teuel. Jou gesondheid kan spoedig verbeter. En met oefeninge en diep asemhalings, en deur tyd te maak vir rus en ontspanning—en, ja, die om-helsing van geliefdes—gaan jy jou lewenskwaliteit so ten goede verander
dat jy verheug gaan wees om ’n oud-roker genoem te word!
11
Kareltjie Groet.
Dit is Sondagoggend en Kareltjie sit oudergewoonte saam met sy ma en pa in kerk. Dit is
bitterlik koud in die kerk en kareljie wens dat hy al na kerk in die sonnetjie kan gaan staan
terwyl sy pa en ma saam met dominee Jan n koppie tee geniet. Kareltjie se gedagtes dwaal
die hele wereld vol en hy kom nie eers agter dat Dominee Jan al op die preekstoel staan nie,
eers toe sy pa langs hom opstaan keer sy gedagtes terug na die werklikheid , hy spring vin-
nig op en staan penregop langs sy pa. Dominee Jan begin deur te se dat hy net graag n paar
aankondigings wil maak. Hy kondig aan dat Johan n groot rugoperasie ondergaan het en dat
die operasie n sukses was en beter met hom gaan, Hy se verder dat n ou oom in Pretoria in
die harthospitaal wat hy nie eintlik ken nie nog steeds aan een of ander masjien gekoppel
is, Ons Burgermeester Thys en sy vrou Koba is so n bietjie weg is met vakansie. Kareltjie
word yskoud toe hy sy naam hoor, Die dominie wens hom en sy pa geluk met die slaag van
hul radio amateur eksamen, hy verwys ook na Kareltjie as die renosterstroper vanger wat
op die tv was. Kareltjie wens die aarde sluk hom in toe van die mense omkyk en sommer
openlik met hul vinger na hom toe wys. Wat die heel ergste was, was toe Lynnette, n
meisie in sy klas, baie lank na hom staar met n glimlag wat hom bang maak vanwaar sy
twee rye voor hulle saam met haar ouers sit. Kareltjie voel hoe hy n koue sweet opbou met
die gedagte dat sy pa en ma dit gesien het. Dominee Jan kondig verder aan dat almal
welkom is om die dorp se dinee eerskomende Saterdagaand in die polisie se ontspanning-
saal by te woon.
Kareltjie konsentreer glad nie wat die dominee se of verduidelik nie, Lynnette kyk nog kort
kort om met n glimlag wat moeilikheid voorspel. Kareltjie besef dat hy n plan van aksie sal
moet beraam om homself uit die voete te maak wanneer die dominee die eindvluitjie
blaas.Voordat Kareltjie n foutlose plan kon beraam is die diens verby, hy voel soos n bokkie
wat vasgekeer is en besluit hy gaan die hase pad kies toe hy in Lynnette se
blou oe vaskyk wat hom soos n valk dophou. Sy pa kry hom aan sy kraag
beet met n “waar gaan jy heen mannetjie, jy gaan saam met ons uit die kerk
stap soos n normale mense”. Kareltjie se voorgevoel voorspel niks goed nie.
Die mense stap heeltemal te stadig na sy sin by die kerk uit, die deur lyk
vandag baie kleiner en verder en kom te stadig na sy sin nader. Kareltjie
draai vinng om met die plan om by een van die sydeure te ontsnap. Met die omdraai slag
kyk hy weer in Lynnette se oe vas wat so n meter of wat agter hom is, hy besef dat die plan
gefaal het voordat dit uitgevoer is en stap toe maar met die stroom saam na die voordeur
van die kerk.Terwyl hulle so aanstap voel hy hoe daardie twee blou oe gate in hom brand
soos hulle elke beweging van hom dophou. Kareltjie raak skielik bewus van sy hemp, sy
broek, sy skoene en wonder hoe dit van agteraf lyk, hy wonder of sy hare nog so mooi plat
le soos hy dit
12
vanoggend gekam het nadat hy gestort het. Hy wens dat hy eerder sy blou hemp met sy
blou broek aangetrek het, hy kyk af na sy skoene en sien dat sy skoene lanklaas politer ge-
sien het, hy vryf eers die een en toe die ander skoen sommer so in die staan teen sy
broekspype met die hoop dat sy skoene net n bietjie beter sal lyk.Hy is nou amper by die
kerkdeur en beplan dat hy gaan “verdwyn” sodra hy by die kerk uit is, wat hy nie weet nie
is dat sy pa die meisie met die glimlag gesien het en dat hy heeltemal bewus is dat kareltjie
die hasepad gaan vat. Kareltjie beweeg saam met sy pa en ma deur die deur en net toe hy
wil laat spaander gryp sy pa hom weer aan die kraag, kareltjie onstspan dadelik soos n bul
wat aan sy neusring gehaak is. Die volgende oomblik is Lynnette langshom , Sy groet hom
en vra hom dadelik of hy Saterdagaand na die dinee toe gaan. Kareltjie maak sy mond oop
om te antwoord maar daar kom nie n geluid uit sy keel nie, sy pa andwoord namens hom
en se dat hulle ook gaan en dat dit lekker sal wees om haar daar te sien. Kareltjie weet nie
of hy moet lag of huil nie, hy weet eintlik glad nie hoe hy voel nie.
Die groot dag het vir die dorp aangebreek, dit is Saterdag en vannaand is dit die dinee van
die dorp. Die hele dorp is in rep en roer, die haar salon is baie besig om al die dames van
die dorp se hare hare mooi reg te kry, die tannies van die bakery is al van vroeg af besig om
al die gebak klaar te kry, Marco het n hele span fotograwe gereel, Thys die burgermeester
oefen al van vroeg af sy toespraak in die badkamer voor die spieel. By Kareltjie in die huis
gaan dit nie veel beter nie, Kareltjie en sy pa se pakke moet reggekry word, sy ma kan nie
besluit watter rok met wat se kleur skoene die beste gaan lyk nie. Juluis is al aangetrek hy
het n wit hemp met n swart broek en strikdas aan, hy gaan werk as kroegman.
Kareltjie en sy ouers kom by die saal aan en word ontvang en na hul tafel geneem deur
een van die skool se voortrekkers. Die saal ruik na soet parfuum, en bier. Kareltjie verkyk
hom na al die dames wat amper onerkenbaar is vanaand met hul rooi lippe en nuwe haar-
style, selfs sy ma lyk vanaand vir hom anders, selfs van die ooms
lyk anders in hul kis pakke
Almal sit en gesels in die saal, n paar kindertjies jaag mekaar tus-
sen die die tafels, by die kroeg staan n klomp mans en bespreek
die jaar se gebeure , die voorste tafels is vir die dorp se senior
burgers geresirveer en Kareltjie erken n paar van hulle waar hulle
doodstil sit en hul vrugte sap drink. Die burgermeester met sy goue ketting loop deur die
tafels om almal welkom te heet en knoop hier en daar n geselsie aan met van die gaste. Ka-
reltjie sien vir lynnette waar sy by haar ouers sit, sy het n geel rok aan en skielik is dit die
mooiste mens wat hy nog in sy hele lewe gesien het.
Kobus die weerman is serimonimeester en bring die gaste tot orde, hy se dat daar van-
naand oudergewoonte n paar toesprake gaan wees, dan die prysuitdeling en na die pry-
suitdeling gaan daar lekker geeet en gedans word. Dominee Jan sal voor die ete n tafelge-
bed doen.
13
Die burgermeester begin met sy toespraak en praat oor die dorp se welstand en wat
daar beplan word vir die dorp in die volgende jaar. Die polisie se bevelvoerder se
toespraak gaan hoofsaaklik oor die veiligheid van die dorp en hy noem ook Kareltjie se
groot vangs wat onmiddelik n lekker handeklap uitlok. Die toesprake is verby en nou is
dit die hoogtepunt waarvoor almal gewag het, die prysuitdeling wat erkenning aan almal
gee wat iets vir die dorp gedoen het of wat een of ander prestasie behaal het.Kobus be-
gin deur te verwys na die tafel vol trofees wat elke jaar toegeken word. Die sport trofee
word aan John toegeken wat n maraton in die Drakensberge gewen het, Johan wen n
trofee vir sy werk met die jeug, Thursten wen die SAP trofee, Sam wen die groen erfenis
trofee, en so gaan dit aan. Elke trofee wenner stap op om sy prys te ontvang, gee dan n
kort toespraak wat gevolg word deur n handeklap. Kobus se dat die laaste trofee op die
tafel vir die nuusmaker van die jaar is, hierdie is n gesogde trofee aangesien die wenner
die trofee vir altyd kan hou. Kobus gee die agtergrond van die trofee en deel die gaste
mee dat vanjaar se trofee spesiaal is en hy vra dat die stasie bevelvoerder van die polisie
die trofee moet oorhandig. Almal word doodstil in afwagting, die bevelvoerder begin
deur te se dat dit vir hom n voorreg is om die oorhandiging te doen, hy se verder dat
vanjaar se wenner ook n kontantprys van een honderd duisend Rand wen. Die saal word
doodstil , elkeen in die saal dink dadelik wat n mens met so n klomp geld kan doen. En
toe kom die aankondiging, die wenner van vanjaar se nuusmaker van die jaar
is..........Kareltjie!! , die gaste staan almal op en klap spontaan hande, Kareltjie vra vir sy
pa, wat nou , Jy het gewen my kind, jy het gewen, gaan haal
jou prys. Juluis hardloop van die kroeg af waar hy werk, gryp
vir Kareltjie vas en soen hom op die mond, jy is die baas
skree Juluis terwyl hy een of ander sangome dans uitvoer.
Kareltjie loop vorentoe en stap op die verhoog, sy bene
bewe, sy hande sweet en dit voel vir hom of hy droom. Die
Kaptein bring die mense tot bedaring en se verder dat ka-
reltjie elke maand in die nuus was vir een of ander gebeur-
likheid en dat die geld n belonging van die SAP is vir die vang
van die renosterstroper. Die mense skree dat kareltjie iets moet se, die mikrofoon word
vinng laer gestel sodat Kareltjie kan bykom. Kareltjie weet nie wat om te se nie en toe hy
uityndelik dankie uitkry klap almal weer spontaan hande. Die kaptein vra vir Kareltjie
watter situasie die jaar vir hom die meeste beteken het, weer is daar doodste stilte, Ka-
reltjie andwoord met n krakerige stem, “dit is toe my pa gesond geword het” ek sal dit
nooit vergeet nie.
14
Die saal klap weer hande en vluit vir kareltjie. Kareltjie vat sy trofee en stap terug na sy
sitplek toe, sover hy terugstap word hy gelukgewens, lynnette keer hom voor , gee hom
n drukke, wens hom geluk en soen hom op sy wang, kareltjie voel of hy sweef. Sy pa en
ma wag hom in, die trane rol oor sy ma se wange, hulle omhels hom terwyl hulle hom
geluk wens. Toe alles tot bedaring kom vra sy pa vir wat hy met die geld gaan doen, ons
gaan n Icom koop en die res gaan bank toe se Kareltjie. Die ete word bedien en van die
mense het begin dans, Lynnette het ook intussen by Kareltjie kom sit en begin hom uit-
vra oor al sy wedervaringe deur die jaar.
Marco doen n onderhoud met Kareltjie se ma vir die koerant, Kareltjie se ma se dat
amateur radio die beste ding is wat met n mens kan gebeur aangesien dit hul hele
lewe positief verander het en sy beveel dit vir enigeiemand aan. Hulle lewe het in n
avontuur verander die dag toe die 4x4 in die gat voor die Spar beland het.
Kareltjie en sy ouers kuier to laat in die aand voordat hulle huis toe gaan.
VLUIT VLUIT MY STORIE IS UIT
15
Ajv 2013
JA dit is waar , die AJV vir 2013 is al gehou en is verby. Is dit omdat ons
almal ouer word dat die tyd so vlieg? Dit was n heerlike Saterdag en die
Klub se lede het op die Adler Cuisine Restaurant toegesak vir die ver-
gadering, oud en jonk was daar. Dit was sommer lekker om weer n gesig
aan n stem te Koppel, blad te skud en lekker te gesels. Tussen al die ge-
selsery deur het Louw, klub hemde uitgedeel wat deur van die lede be-
stel was. Thys het die vergadering geopen nadat oom Maarten n tafel ge-
bed gedoen het . Kobus het op n baie proffesionele manier gehelp met
die kies van die nuwe komitee en het ook al die pryse aan die wenners
oorhandig waarnaa almal heerlik geeet en gekuier het . Die klub wil
graag vir Brian en Anette en die mense wat hulle gehelp het bedank vir
hul harde werk met die reelings van die AJV.
16
17
Onthou asb om julle fotos aan te stuur!
BRIAN—ZS6YZ